7
Eredienste Duxbury: 09:30 Paul Grobler (Leesdiens) Skriflesing: Fil 2:1-11 (5) Eks 20:4-6 Sang: Ps 146: 1,5,6 & 8 p.700 Sb. 9-4: 1,2,5,6 Sb. 15-1 Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Kolossense 1:15-23 Sang: Die sang sal afgekondig word. Karmel en Troyestraat Waar: Karmel: 09:00 Troye: 10:00 Predikant: Ds Fanus Heystek Skriflesing: Matt 5:17 - 19 Hebreërs 9:6 - 14 Sang: SK 12-3: 1 + 2 Ps 18:14 LB 241:1 + 2 SK 7-2:1 + 2 New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derick Mashau Lees binne - Biltongfees - Disipelskapkafee - Sustersaamtrek Gereformeerde Kerk Brooklyn Saam op pad met God 1 1 7 7 F F e e b b r r u u a a r r i i e e 2 2 0 0 1 1 3 3 Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Jesus en die tweede gebod ~ ’n oortreding of vervulling Paul Grobler (Leesdiens) Wie is jou Jesus? Griffel van Wyk Alles in jou geloofslewe asook selfs in verskillende kerke staan en val by jou idee van hoe groot Jesus werklik is. Elkeen het ’n idee in sy kop... maar is jou idee so groot soos Kolossense dit beskryf? H H a a r r t t H H a a n n d d en Is daar Ou-Testamentiese wette wat vandag nog geld? Ds Fanus Heystek In die 17de eeu was die Engelse moeg vir hul koning se regeerstyl hulle wou volgens die wette van God geregeer word. Maar watter wette in die Bybel is vandag nog geldig? Die Engelse parlement het die koning (Charles 1) gedwing om ’n vergadering op te roep. Die Westminister-Belydenis het gevolg met ’n antwoord op ons vraag.

Hart en Hand 17 Februarie 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Brooklyn

Citation preview

Page 1: Hart en Hand 17 Februarie 2013

Eredienste Duxbury: 09:30 Paul Grobler (Leesdiens) Skriflesing: Fil 2:1-11 (5) Eks 20:4-6 Sang: Ps 146: 1,5,6 & 8 p.700 Sb. 9-4: 1,2,5,6 Sb. 15-1

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Kolossense 1:15-23 Sang: Die sang sal afgekondig word.

Karmel en Troyestraat Waar: Karmel: 09:00

Troye: 10:00

Predikant: Ds Fanus Heystek

Skriflesing: Matt 5:17 - 19 Hebreërs 9:6 - 14 Sang: SK 12-3: 1 + 2 Ps 18:14 LB 241:1 + 2 SK 7-2:1 + 2

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derick Mashau

Lees binne - Biltongfees - Disipelskapkafee - Sustersaamtrek

3

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Saam op pad met God

111777 FFFeeebbbrrruuuaaarrriiieee 222000111333

Baie welkom by ons

Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Jesus en die tweede gebod ~ ’n oortreding

of vervulling Paul Grobler (Leesdiens)

Wie is jou Jesus? Griffel van Wyk Alles in jou geloofslewe asook selfs in verskillende kerke staan en val by jou idee van hoe groot Jesus werklik is. Elkeen het ’n idee in sy kop... maar is jou idee so groot soos Kolossense dit beskryf?

HHHaaarrrttt HHHaaannnddd

\

en

Is daar Ou-Testamentiese wette wat

vandag nog geld? Ds Fanus Heystek

In die 17de eeu was die Engelse moeg vir hul koning se regeerstyl – hulle wou volgens die wette van God geregeer word. Maar watter wette in die Bybel is vandag nog geldig? Die Engelse parlement het die koning (Charles 1) gedwing om ’n vergadering op te roep. Die Westminister-Belydenis het gevolg met ’n antwoord op ons vraag.

Page 2: Hart en Hand 17 Februarie 2013

Predikante

verbonde aan

die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected] Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3667 073 777 1254 [email protected] Derrick Mashau (New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

082 971 2725 [email protected] Brian de Vries: (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

013 947 2179 079 933 9884

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

17 Feb Duxbury Ouderling: Jan van der

Merwe

Diaken: Elfrieda Marais

Onder die diens:

Diakonale werk

By die deure:

Uitreikfonds

Ronel

17 Feb

Troyestr

Tjaart Bosua

24 Feb Duxbury Ouderling: Gert-Lambert

Erasmus

Diaken: Erna Kruger

Onder die diens:

Diakonale werk

By die deure: ARSO

Ina/Ester

24 Feb

Troyestr

Dienste deur

Hervormde Kerk

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Phillip Loots 082 614 9415

Jaarprogram nou beskikbaar op ons

webtuiste by

gereformeerdbrooklyn.co.za volg: Inligting Kerkkalender

Page 3: Hart en Hand 17 Februarie 2013

Voorbidding – Nepal Sommige gelowiges in Nepal wat teologiese

opleiding in die stad ontvang, is weens verskeie

redes huiwerig om na hul dorpies terug te keer.

Bid dat die Here bedieningswerkers met ’n hart

vir hierdie dorpies beskikbaar sal stel sodat die

Evangelie diegene kan bereik wat nog nooit van

Jesus gehoor het nie.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van

Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed

deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u

bewus is van enige siekte of krisisse, neem die

vrymoedigheid en kontak die Kerkkantoor of

Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit

onder die gemeente se aandag kan bring. Vir

meer sensitiewe persoonlike sake is u welkom om

een van die predikante te kontak.

Siekte Tinus van Wyk sterk stadig aan. Hoewel hy nou

tydelik in ’n rolstoel is, vertrou ons dat hy spoedig

weer die kerkklok op Sondae sal kan lui. Dankie vir

jou getroue diens, Tinus.

Biltongfees 2013 Aangesien die meeste vrugte nou taamlik

beskikbaar en in seisoen is, wil ons u vriendelik

versoek om solank konfyt te begin kook vir die

bliltongfees later vanjaar!

Vervoer Indien vervoer na die kerk benodig word, kontak

Bennie Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie

later as Saterdag 21:00 nie.

Versoek van die Kerkkantoor Sal W.H. Potgieter asseblief dringend vir Rentia

kontak by 082 775 6907.

President Kruger-kinderhuise Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van

ons kinders!

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint

en multimedia, kom help ons in hierdie bediening.

Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

Voorbidding - Belydenisklas

Ons bid vir: Die vyf predikante dat hulle die Woord suiwer mag

verkondig.

Ons vra voorbidding vir: Onsself vir geestelike groei.

Troyestraat

Woensdag 27 Februarie: Bybelstudie om 10:30 in Nebohofsaal. Tema: 1 Samuel 25

Woensdag 6 Maart: Bybelstudie by Kronendal (Pretoriusstraat) om 09:30. Tema: Watter wette het Jesus vervul en watter geld vandag nog?

Vandag:

Jeug-kleingroepe

Nagmaal - Troyestraat Maandag:

19:00 Dissipelskapkafee Donderdag:

19:00 Nuwe lidmate in die moederskamer

DAGBOEK

Gemeentesake

Gedagte vir nou. Terwyl geloof alles moontlik maak, is dit liefde wat alles maklik maak.

- Evan H Hopkins

Page 4: Hart en Hand 17 Februarie 2013

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum Onderwerp Spreker

18 Dissipelskap: Waar jy bly maak saak Paul

Grace of the City: Tim Keller

25 Dissipelskap: Waar jy bly maak saak Paul

Grace in and for the City: Tim Keller

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei

ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745

Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale-kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommerr: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Sustersaamtrek Datum: 9 Maart 2013 Tyd: 08:00 tot ± 13:00 Plek: Gereformeerde Kerk Akasia Landbouhoewe 19, Renéstraat Winternest, Akasia S25.39.2.6 O28.7.30.8

Tema: Gelowig vrou altyd diensbaar waar God jou wil gebruik Spreker: Dr Marina van Loggerenberg (Vorige redaktrise van Die Gereformeerde Vroueblad) Gaskunstenaar: Fanie de Jager Koste: R100 per persoon betaalbaar voor 17 Februarie 2012

Kontakpersoon: Ronel Stronkhorst 083 299 7413

Koel vrugteslaai vir ’n warm somer Ons nooi almal hartlik uit om op Donderdag 21 Februarie om 10:00 ’n heerlike porsie vrugteslaai met roomys of vla in die Troyestraat-konsistorie te kom geniet. Dink net hoe lekker gaan die somer-hittegolwe weggesluk word. Porsies sal teen R10 per bakkie verkoop word en kan dadelik geëet of weggeneem word. Hoop om julle daar te sien!

Wol Die vlytige hande van die dames van Troyestraat is steeds besig om kniekombersies vir bejaardes en truitjies vir klein lyfies te brei, maar hiervoor het ons wol nodig. Sal almal wat dalk nog klein bietjies wol oorhet dit vir ons skenk. Maak nie saak hoe groot die hoeveelheid nie, alles word gebruik. Skenkings kan by die kerkkantore afgegee word.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema Storielyn Bybelverse Datum

Noag Die mens se sonde Gen 6:9-22 Ma 18 Feb

Die vloed Gen 7:1-10 Di 19 Feb

Meer oor die vloed Gen 7:11-24 Wo 20 Feb

Einde van die vloed Gen 8: 1-12 Do 21 Feb

Noag offer Gen 8: 13-22 Vr 22 Feb

Page 5: Hart en Hand 17 Februarie 2013

Gelukwense “Die Naam van die Here is ’n sterk vesting;

die regverdige vind daar skuiling” (Spr 18:10)

02/17 Leon Alberts 082 874 9468

02/17 Geraldine Jansen van Vuuren 083 442 8132

02/17 Pieter Kleynhans 072 840 5465

02/17 Geert Stevens 082 458 9135

02/19 Renier du Preez 073 492 7254

02/19 Christiaan van Vollenstee 012 460 1407

02/19 Schalk van Vuuren 083 252 9176

02/19 Léandi Venter 072 701 6609

02/20 Hennie Groeneveld 082 871 5490

02/20 Koos Sauer 082 435 3483

02/20 Johandri Venter 084 584 2715

02/21 Ida Linde 073 610 2974

02/21 Lumé Slabbert 082 822 8054

02/21 Niek Wiechers 082 491 0004

02/22 Jacques Stander 076 423 6839

02/23 Louis-Frederik

Groenewald 082 937 9081

02/23 Drikus van der Walt 082 894 7537

02/23 Lee-Anne van Rooyen 084 821 1982

Mense wat weg is: Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die Kerkkantoor.

Brooklyn Brokkies Ons kwartaalblad het ’n nuwe redaksie, ’n nuwe voorkoms en ’n nuwe aanslag. Ons gaan die nuus kort hou (onthou ons naam: Brokkies). Artikels (met foto’s) moet verkieslik nie langer as een bladsy wees nie. Artikels oor gemeentegebeurlikhede sal voorrang geniet. Ons soek veral artikels waarin ons mekaar beter leer ken. Ons soek BAIE foto’s – van al die kampe, presteerders, ens. Deel julle goeie nuus met ons. Stuur bydraes na Johanna Hellberg by [email protected] of bel my by 073 295 5848. Sperdatum: 1 Maart.

Toegangsbeheer by die hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.

SESTIG PLUSSERS Kom luister na ’n praatjie deur Marinus Wiechers oor "Mangaung en daarna" op 28 Februarie om 10:00 in die Moeders-kamer. Sien julle daar. Niek

Klankbaan van preke Klankbane van preke in Duxbury is

beskikbaar om in MP3 formaat af te laai.Besoek ons webtuiste by

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Eljadahuis Eljadahuis in die weste van Pretoria, waarby die diakonie betrokke is, voed daagliks ongeveer 44 mense . Daar is elke dag tussen 10 en 15 mense wat by dié huis werk vir hulle en hul gesinne se kos en klere. Die behoefte bly dus groot en die volgende kos word deurlopend benodig: koffie, tee, suiker, bokse melk, macaroni, spaghetti, grondboontjiebotter, stroop, Bovril, konfyt, blikkies vis en vleis, sousboontjies, enige blikkies groente, kookolie, sjampoe en deodorante. Mense wat ’n bydrae wil maak, kan die kos in die houtkis in die saal se voorportaal plaas. (Baie dankie vir die kontantskenkings wat ons kry , ons gebruik dit maandeliks om kos aan te koop vir die huis. Kontantskenkings moet asb in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkies geplaas word.)

Page 6: Hart en Hand 17 Februarie 2013

Byeenkoms vir nuwe lidmate Alle nuwe lidmate word hartlik uitgenooi na ’n byeenkoms op Donderdagaand 21 Februarie om 19:00 in die moederskamer. Kom maak kennis en vind uit wat gebeur hier en hoe lyk Brooklyn-gemeente. Laat weet Magda Richards by 082 551 3625 of Elfrieda Marais by 072 179 5847 asseblief as julle kom.

Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 kan die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.

Vertrek met attestasie Slabbert Lumé Komatipoort Erasmus Danielle Randburg Malan Freda Nelspruit Maritz Johannes J Akasia Swanepoel Johannes M Nelspruit

Ingekom met attestasie De Jager Francois B Nelspruit Kruger Mashudu D Louis Trichardt Viljoen Hanneke Centurion Nagtegaal Martyn Innesdal

Ingekom met bewys Langley Petrus J NG Meyerspark Egg: Martha FF Fourie Anna J NG Vryburg

Hartlik welkom aan nuwe intrekkers

en lidmate.

Nagmaalete

Sondag 17 Maart 2013 BRING EN BRAAI Alle lidmate, nuwe lidmate, studente en nuwe eerstejaarstudente word uitgenooi om saam te kom kuier. Elke gesin bring vleis en een bykos. Alle bykosse word op een tafel uitgepak en almal skep van die lekker verskeidenheid. Vure sal vanaf 11:30 gereed wees vir braai. Agapé-diensgroep voorsien heerlike nagereg. Bring asb eie borde, eetgerei, glase, servette en drinkgoed. ELKE GESIN WAT KOM, MOET ASB EEN EKSTRA STUKKIE VLEIS BRING EN ‘N EKSTRA PORSIE BYKOS VIR ONS STUDENTE WAT GAAN SAAM EET. Laat weet asb watter gesinne kan kom sodat daar bepaal kan word hoeveel vleis daar vir die studente sal wees. Die studente moet asb laat weet wie gaan kom saam eet. Kontak vir Willem Daling by 082 929 3971. GESINNE MOET ASB VIR JOËLNA BY 082 374 1974 OF RONEL BY 083 299

7413 KONTAK VOOR OF OP10 MAART.

VERJAARSDAGTEE

SONDAG 24 Februarie Kom VIER jou VERJAARSDAG saam met die hele gemeente. Sal almal wat verjaar in Januarie, Februarie en Maart asb. ’n bordjie hand-eetgoed bring. Agapé-diensgroep voorsien lekker koffie, tee en koeldrank. Kom kuier gesellig saam en leer ’n paar nuwe gemeentelede ken asook die wat verjaar!!

BROOKLYN–DUIKKLUB (vir almal wat reeds geduik het) Dit is tyd om een te begin! Fanie nooi almal wat aktief duik (en geduik het) om deel te word van ’n gemeente-duikklub. Fase 1: Bel vir Ela by 012 362 0069. Fase 2: Stigtingsvergadering wat deur Fanie gereël sal word. Fase 3: Opknappingskursus as jy lanklaas geduik het (ons het ’n DM wat jou gratis weer sal leer duik). Fase 4: ’n Daguitstappie na Miracle Waters. Fase 5: Sodwana of ……….?

Page 7: Hart en Hand 17 Februarie 2013

ADVERTENSIEBLAD

1. TUINWOONSTEL TE HUUR ’n Privaatwoonstel in Lynnwood naby die universiteit met alle geriewe, eie ingang, parkering en binnehof beskikbaar. Nuut oorgedoen en in ’n 24-uur-veiligheidskompleks @ R3 600 per maand. Kontak Henk by 082 926 0708.

2. ELEKTRIESE HEKKE EN INTERKOMSTELSELS Vir elektriese hekke, elektriese motorhuisdeure, interkomstelsels, klein elektriese werke, installasie en instandhouding, kontak Jurie Bekker by 072 226 0606.

3. EENSLAAPKAMER-TUINWOONSTEL vir ’n enkelpersoon is beskikbaar van 1 Maart 2013 in Waverley, Pretoria. Kontak Gerda Carney asb by 084 833 0421.

4. TUINWOONSTEL Lekker ruim tuinwoonstel beskikbaar in Meyerspark van 1 Maart vir enkelstudent of professionele werkende enkelpersoon @ R3 500 per maand, volle DSTV-pakket ingesluit. Elektrisiteit uitgesluit. Skakel Eben Venter by 082 780 6674.

5. “SCOOTER” TE KOOP Vuka Scuta 125cc te koop. Slegs 1 035 km. Dienste bygehou. Goeie toestand. R6 000 onderhandelbaar. Valhelm R800, leerbaadjie en handskoene, R600. Indien jy alles neem, is die totale prys R7 000. Kontak 074 456 3303.

6. OEFENFIETS BENODIG ’n Oefenfiets word dringend benodig vir Eddie Terblanche om op te oefen vir sy knie. Kontak my by 073 588 6907 of 083 5744 310. Liza Terblanche.

7. HUISWERKER Poppie Skhosana is ’n betroubare huiswerker. Die vrou by wie sy die afgelope aantal jare gewerk het, is oorlede en Poppie is as dagwerker beskikbaar vir ’n Donderdag OF Vrydag. Mense wat haar wil kontak, verkieslik in die Menlopark-, Lynnwood-omgewing, kan vir Elmarie van der Schyff by 084 245 3935 of 012 348 2467 skakel.

8. KOM BELEEF DIE WONDER VAN ISRAEL ’n Besoek aan Israel is ’n belewenis. Dit is meer as net ’n wonderlike reis - dit is ’n geestelike ervaring! Kom toer saam van 19 Oktober tot 31 Oktober 2013 en beleef die leefwêreld van Jesus en sy dissipels. Ons bly in luukse hotelle, reis met luukse busse en word begelei deur ’n professionele gids asook twee Gereformeerde predikante. ’n Volledige program en alle inligting is by ds Gert Erasmus (GK Komatipoort) by [email protected] of by ds Gerhard van Rhyn (GK Rietvallei) by [email protected] beskikbaar.

ADVERTENSIEBLAD •

Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected].

• Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.