6
Christene en geld Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Glad nie soos De la Rey nie Niek Pienaar Om Jesus as Christus te bely. In die tyd tussen die twee testamente was Israel se messias- (christus in die Grieks) verwagting ’n eensydige soeke na ’n vryheidsvegter wat soos koning Dawid die volk sou bevry. Die feit dat hy ook die lydende kneg sou wees (kyk Jesja 53) is nie met die die ware Messias/Christus geassosieer nie. Eredienste Duxbury: 09:30 Niek Pienaar (ruildiens met Pretoria-Wes) Skriflesing: Markus 8:27-9:1 Sang: Sb 3-3:1, 3, 5, 6, [staande] Ps 19c:1, 3, 5 (p 88) [sittende] Sk 7-1:1, 2, 3 [staande] Ps 25a:2 [staande] Duxbury: 18:30 Dr Douw Breed Skriflesing: Sal afgekondig word Sang: Sal afgekondig word Troyestraat Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël. New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau 8 8 September 2013 Saam op pad met God Aanddiens Ruildiens met Waterkloofrand Dr Douw Breed Hart & Hand Hart & Hand Maandag 16 September 19:00 aangebied deur Griffel Tekens van die tye

Hart en hand 8 september 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Brooklyn

Citation preview

Page 1: Hart en hand 8 september 2013

Christene en geld

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Glad nie soos De la Rey nie Niek Pienaar Om Jesus as Christus te bely. In die tyd tussen die twee testamente was Israel se messias-(christus in die Grieks) verwagting ’n eensydige soeke na ’n vryheidsvegter wat soos koning Dawid die volk sou bevry. Die feit dat hy ook die lydende kneg sou wees (kyk Jesja 53) is nie met die die ware Messias/Christus geassosieer nie.

Eredienste Duxbury: 09:30 Niek Pienaar (ruildiens met Pretoria-Wes) Skriflesing: Markus 8:27-9:1 Sang: Sb 3-3:1, 3, 5, 6, [staande] Ps 19c:1, 3, 5 (p 88) [sittende] Sk 7-1:1, 2, 3 [staande] Ps 25a:2 [staande]

Duxbury: 18:30 Dr Douw Breed Skriflesing: Sal afgekondig word Sang: Sal afgekondig word

Troyestraat Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

New Life City Church Reitz Street: 09:00 Prof Derrick Mashau

8 8 September 2013

Saam op pad met God

Aanddiens

Ruildiens met Waterkloofrand Dr Douw Breed

Hart & Hand Hart & Hand

Maandag 16 September

19:00

aangebied deur Griffel

Tekens van die tye

Page 2: Hart en hand 8 september 2013

Gelukwense Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. (1 Tessalonisense 5:18)

8/9 Renate le Roux 082 821 5867

8/9 Nadia Taljaard 072 396 8800

9/9 Ella Jordaan 082 591 1057

9/9 Elria Steijn 082 360 8776

9/9 Marleen van Geer 082 785 0923

9/9 Linda van Vuuren 082 825 0220

10/9 Henry Hoffman 082 594 5783

10/9 Hannes Louw 082 368 6243

11/9 Annie Ferreira 083 327 6164

12/9 Yvonne Kurpershoek 071 228 2964

12/9 Danie Lowings 082 940 7241

13/9 Annatjie Jurrius 072 207 2549

13/9 Sonia Kropff 083 658 4635

13/9 Christoff Pretorius 083 283 7160

13/9 Tertia Stoker 084 754 5566

14/9 Ivan Altin 082 444 3666

14/9 Marinda Langley 082 585 7626

14/9 Jurgens Naude 076 451 6896

14/9 Braam van der Walt 012 361 1280

Ter approbasie As ouderling: Jan Breed As diaken: Carlé Erasmus

Vandag: Jeug-kleingroepe

Maandag: 18:00 Agapé

Dinsdag: UP: Kwartaal 4 begin 12:00 KVA vergader in die konsistorie

Vrydag: Agapé-lentetee

Dagboek

Troyestraat-dagboek Maandag 9 September om

10:00: Raadsvergadering van Residentia Stigting se Sunnyside-afdeling. (Brooklyn is meewerkende kerkraad met vier verteenwoordigers.)

Woensdag 11 September: Bybelstudie by Troyestraat om 10:30. Tema: 1 Petrus 4

Woensdag 18 September: Kleingroep by Harmoniehof om 10:30.

Eljadahuis Danksy gereelde voedselskenkings van gemeentes regoor Pretoria kan daar daagliks by Eljadahuis aan baie behoeftige gesinne en Koningskinders ’n maaltyd voorsien word. As jy ’n bydrae wil maak, kan nie-bederfbare kos in die houtkis in die saal se voorportaal geplaas word. In ’n vorige uitgawe van Hart en Hand het die takkode per abuis uitgeval by die bankbesonderhede. Hier volg Eljadahuis se korrekte bankbesonderhede: Rekeninghouer: Eljada Huis Rekeningnommer: 044396058 Bank: Standard Bank. Taknommer: 051001.

Diensgroep kontakpersone Sal alle diensgroep-sameroepers asb. vir ons by die kerkkantoor die nuutste kontakpersone vir die jaar 2014 deurgee. Ons is besig met die opdatering van die gemeente-inligtingstuk.

Jy is vir God soos ’n

papiergeldjie...maak nie saak

of jy opgefrommel, vertrap,

verniel of geskeur is deur die

lewe nie... In sy oë verloor jy

nooit jou waarde nie.

(Onbekend)

Page 3: Hart en hand 8 september 2013

Voorbidding – Nigerië Bid vir die talle Christenboere in die landelike streke wat weens aanhoudende aanvalle in daardie streke nie kan plant nie. Bid dat die Here sal ingryp in hierdie situasie en vir sy voorsiening. Bid ook dat die Christene in ander dele van die land diegene in die landelike streke met oop hart en hand sal ondersteun.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van

Christus is, wil ons graag mekaar se lief en

leed deel, meeleef en daaroor saambid.

Indien jy bewus is van enige siekte of krisis,

neem die vrymoedigheid en kontak die

kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374

1974 sodat ons dit onder die aandag van die

gemeente kan bring. Kontak gerus een van

die predikante vir meer sensitiewe

persoonlike sake.

Siekte Christie van Wyk se mangels is die afgelope tyd uitgehaal. Ons bid dat sy sommer baie gou gesond sal word.

Meelewing Fritz Eloff is Donderdag oorlede. Ons bid die familie die vertroosting van ons Hemelvader toe.

Gelukwense Baie geluk aan Jannie en Dalina Breed wat ’n kleindogter ryker geword het. Mag sy julle baie vreugde verskaf.

Multimedia- en

klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en

multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening.

Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Sodwana-uitstappie vir

die gemeente Van 13 tot 16 Desember. Duik-, visvang- en kuiernaweek. Indien u belang stel, kontak Fanie so spoedig moontlik.

NUUS VAN TROYESTRAAT Die pannekoekfunksie het R1 980 opgelewer. Dankie aan almal wat hard gewerk het en ook aan ons ondersteuners.

LENTETEE VRYDAG 13 SEPTEMBER

Alle senior lidmate, 70 jaar en ouer,

word uitgenooi na hierdie geleentheid. Tyd: 09:00 vir 09:30

Al hierdie lidmate sal telefonies gekontak word deur die Agapé-diensgroep.

Teken asb. hierdie datum in u dagboek aan.

HIERDIE SPESIALE KUIERGELEENTHEID MOET U NIE MISLOOP NIE!

Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Gereformeerde Kerk

Andeon/Bergsig se Dopperfees Dit vind plaas op 14 September 2013 by die NG Kerk in Denyssenlaan, Mountain View. Om 09:00 kan u ontbyt nuttig vir slegs R25. Om 09:35 is dit rugby, Suid-Afrika versus die All Blacks. Daar is verskeie stalletjies en om 12:00 tree Pieter Koen op teen R50 p.p. Sien u daar!

Page 4: Hart en hand 8 september 2013

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 [email protected]

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

8 Sep Duxbury Ouderling Kobie Venter

Diaken Bennie

Aucamp

Onder die diens

Diakonale werk

By die deure Uitreikfonds

Soekie

8 Sep Troyestr Dienste deur Hervormde

Kerk

15 Sep Duxbury Ouderling Gert-

Lambert Erasmus Diaken

Chris van der Meer

Onder die diens

Diakonale werk

By die deure

Deputate Jeugsorg

Bets

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Page 5: Hart en hand 8 september 2013

Dit klink als so eenvormig en eenvoudig! Maar dié land met 40 taalgroepe en omtrent drie verskillende kerke per straatblok in die digbevolkte gebiede is baie divers. En al is daar baie kerke en is die kerke baie divers – van Katoliek aan die een kant tot voorspoedteologie-kerke aan die ander kant - het ek een ding bespeur wat weer by amper almal dieselfde is. Mens kan dit in die volgende woorde saamvat: “Mens moet...”

Mens moet ... Sedert die koloniale era (Uganda het in 1962 onafhanklik geword van Brittanje) het amper die meeste van die kerke wat daar tot stand gekom het, verander in “mens moet”-kerke. Mens moet soet wees, reg lewe, geld gee... dan sal God vir jou genade hê. Waarvan daar baie min is, is “God het”-kerke, goeie nuus-kerke, Evangelie-gesentreerde geloofsgemeenskappe. Die doel van my reis was om te kyk waar en met wie kan ek bande bou om dalk meer “God het”-kerke te help plant. Een van hierdie kerkgroepe is die Reformed Presbyterian Church in Africa. Ek het hul sinode ook bygewoon en ’n belowende vriendskap het ontstaan waar ons nog moet sien hoe die Here ons paaie vorentoe lei.

UGANDA, BUGANDA, LUGANDA In die land Uganda is die grootste etniese groep die Buganda en hulle praat Luganda.

Kerklandskap in Afrika Afgesien daarvan het ek ook die Theological Education in Africa-konferensie by the African Bible University in Kampala vyf dae lank bygewoon met sowat 300 mense uit meer as 10 lande. Daar het ek baie insig gekry in hoe die kerklandskap op die res van die Afrika-kontinent lyk. Ook het ek gesien waar en hoe die geleenthede volop is om “mens moet”-kerke te help verander in “God het”-kerke, maar veral ook om nuwe “God het”-kerke te plant. Netwerk vir kerkplanting Hoekom was ek dan eintlik daar? Afgesien van my werk in die Gereformeerde Kerk Brooklyn het my belangstelling ook al hoe meer begin groei in kerkplanting en veral kerkplant-netwerke. Ek is die laaste drie jaar saam met ander kerke besig met so ’n netwerk in Gauteng met die naam TRANS:mission (http://trans-mission.co.za/). Dit is ook in groot mate waaroor my proefskrif gegaan het. So het die Here toe vir my ’n deur oopgemaak om Uganda toe te gaan... en ek het gegaan. Waarop dit presies sal uitloop, moet ek nog sien, maar vir eers was dit vir my ’n waardevolle vormende belewenis.

- Griffel van Wyk

Page 6: Hart en hand 8 september 2013

ADVERTENSIES

1. PERSOONLIKE STILIS Verveeld en gefrustreerd met die klere in jou kas? Bestee jy te veel geld aan klere wat jy nooit dra nie? Kontak my gerus vir persoonlike stilering en ’n klerekaskonsultasie. Ek help jou om daagliks stylvol te lyk sonder al die frustrasie! Kontak Corlia by 082 960 8771. 2. MEENTHUIS: BELA-BELA (WARMBAD) Eenslaapkamer-meenthuis te koop in aftree-oord (Caritas) in Bela-Bela. Toesluitmotorhuis, verskeie verbeterings aangebring. Veilige en boomryke omgewing. Mediese sorg beskik-baar. Skakel Emmie by 012 341 8264 vir meer inligting.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

Karoo-lam van Ruiterskraal Lamsvleis van Ruiterskraal in die Karoo word geproduseer in die Steynsburg-distrik diep in die hart van die skaapwêreld. Netjies opgesaag en verpak in 8kg- of 16kg-verpakkings vir jou gerief, gereed om in jou vrieskas te pak. Prys: R58 per kg. Skakel asb. 082 825 2100 om jou bestelling te plaas of faks 086 687 0868 of e-pos [email protected] Bestellings sluit op 15 September 2013.

Hulp om twee huise te bou In noordwes Botswana kort twee sending-gesinne hul eie huise. Eben le Roux werk as koördineerder van die mondelinge Boesman-Bybelvertalings en Tim Beckendorf is een van die taalgroepe se hoofvertaler. Albei gesinne kort ’n eie blyplek. Dit sal hulle finansieel baie help as hulle nie maandelikse huur hoef te betaal nie. Daar word beplan om gietvorms te gebruik om eie stene te maak (www. Stumbelbloc.com). Die gietvorms kan oor en oor vir verskillende projekte gebriuk word en ook plaaslik werk skep, aangesien professionele bouers nie nodig is nie; 100 gietvorms, asook sement word benodig. Indien jy in Desember 2013 wil help bou, skakel die uitreikspan. Borg ’n gietvorm@ R200 per vorm. Borg sement@ R100 per sak. Kontak Phia le Roux by 00267 74 903 802 (Botswana) of [email protected] of Jan van Wyk by 083 380 9279 (Suid-Afrika).

3. FOTOGRAFIE VIR PASGEBORE BABA (binne die eerste 10 dae) Hoe geseënd is ek om met een van die wêreld se wonderwerke te kan werk! Dit is my nuwe passie en ek wil dit baie graag met julle deel. Kontak my gerus indien jy belang stel om jou baba te laat afneem en/of navrae het oor koste: Suné Taljaard by 078 460 1932 of [email protected]

4. WERK GESOEK ’n Damestudent soek ’n nauurse werk (administratief of in die gasvryheidsbedryf) vir ’n ekstra inkomste. Vir meer inligting, kontak 079 516 0959 .