10
O Here, ek smag na vrede! 18 November Baie welkom by Gereformeerde Kerk Brooklyn. Mag jy hier geestelik tuiskom en saam met ons GROEI in die ...saam op pad met God ...in Pretoria

Hart & Hand: 18 November 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Hart & Hand: 18 November 2012

Citation preview

Page 1: Hart & Hand:  18 November 2012

O Here, ek smag na vrede!

18 November 2012Baie welkom by Gereformeerde Kerk Brooklyn. Mag jy hier geestelik tuiskom en saam met ons GROEI in die geloof. ...saam op pad met God ...in Pretoria

Page 2: Hart & Hand:  18 November 2012

Waar: Duxbury 9:30Predikant:Fanie van der SchyffSkriflesing:Jes: 57: 14-21

Preekskema Die lewe is hard en deurmekaar. In die chaos van omstandighede kom die versugting soms net spontaan by mens op: “O Here, ek smag na vrede!” Is vrede in hierdie lewe moontlik?Sang:Lied 163: 1Ps 9b: 1,5

Ps 9a: 7Sk 12- 3: 1,2Ps 128a: 4Ps23a: 3Sk 18-6: 1,3,4,5Sk 19-3: 1,4Sk 10-2Sk 13-3

Waar: Duxbury 18:30

Predikant:Griffel van WykSkriflesingRomeine 12:1,2

PreekskemaSo met die jaar wat na ’n einde toe stoom dink ons gewoonlik by onsself oor hoe vinnig die jaar verby gegaan het en hoe vol die jaar was. Ons dink ook oor hoe rof die jaar was, die krisisse en begrotings wat mens deur is. Maar dit als sê nog niks oor of mens tevrede kan wees oor die jaar wat verby is nie.

Waar:Karmel 09:00Troye 10:00

Predikant: Ds Fanus HeystekSkriflesing: Genesis 2

Preekskema:Genesis is ‘n baie merkwaardige boek. Dit neem ons duisende jare terug. Regtig terug, nie eers baie jare later neer-gepen nie of oorgelaat aan die fantasie van mense nie.

Sang:Ps 89: 1 + 6LB 530: 2 + 3Ps 31: 1 + 17LB 190: 1 + 2 + 3

Vervuld oor 2012?

Die wonder van die boek Genesis

Page 3: Hart & Hand:  18 November 2012

New Life City ChurchWhere: Reitz str 09:00 and 18:00 Reverend:Prof Derick Mashau

Augustus dankofferTot op datum het ons R569 697.00 ontvang, maar u

is welkom om steeds bydraes te maak. Hartlike dank vir die wat reeds bygedra het

Stort asseblief u DANKOFFER in die koevert wat aan u gepos is, of maak ‘n oordrag na die bankrekening van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria, Rek

nr 540 340 110 by ABSA Bank, met duidelike verwysing na u naam en dat dit bedoel is vir die

AUGUSTUS DANKOFFER.

Voorbidding – MaldiveDie Bybel word nie in Maldive se moedertaal gedruk of te koop aangebied nie. Plaaslike gelowiges kan gevange geneem word wanneer hulle ’n Bybel of Christelike materiaal besit. Bid dat die Here ’n weg vir hierdie gelowiges sal baan om toegang tot Sy Woord te verkry.

Naasteliefde:Aangesien ons almal lede van die liggaam van

Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisisse neem die vrymoedigheid en kontak die Kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082

374 1974 dat ons dit onder die gemeente se aandag kan bring. Vir meer sensitiewe persoonlike sake is u

welkom om een van die predikante te kontak

Brooklyn BrokkiesAdverteer jou onderneming in Brooklyn Brokkies. Goeie blootstelling teen billike tariewe. Kontak Arthur Hall vir meer inligting: [email protected] of 083 387 3610

Vervoer:Indien vervoer na die Kerk benodig word kontak asseblief vir Bennie Aucamp by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00.

Mense wat weg is:Indien u weet van enige persoon of persone wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name in die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die Kerkkantoor

Dagboek:Vandag:NagmaalMaandag:19:00 DissipelskapkafeeDinsdag:08:30 Streeksinode by RietvalleiWoensdag:08:30 Streeksinode by Rietvallei

Troyestraat – Dagboek: Woensdag 21 November:

Bybelgesprek om 10h30 in Harmoniehof. Gasvrou: Flo Mennega

Woensdag 28 November: Bybelstudie in Nebohofsaal. Tema: 1 Samuel 23 (Moenie verskoning soek nie – kom jou plig na + wees altyd voorbereid op verraad)

EljadahuisBy die Eljadahuis het hulle al begin staatmaak op Brooklyn gemeente se warmhartigheid wat sorg dat daar aan die einde van elke maand 'n groot klomp kosse afgelaai word. Enige skenkings in die vorm van nie- bederfbare kosse sal waardeer word en kan in die saal se voorportaal in die houtkis geplaas word.

Multimedia en klank diensgroep.As jy iets weet van rekenaars, klank, powerpoint en multimedia – kom help ons in hierdie bediening, kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

President Kruger kinderhuise –

Page 4: Hart & Hand:  18 November 2012

Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders!!

1ste Nagmaal!Baie geluk aan die klomp jongmense wat vandag vir die eerstekeer saam met ons nagmaal vier nadat hulle verlede week hulle vertroue in Jesus bely het:Mane Bester, Bingle Cloete, Melissa Grobler, Louis KrugerLouwrens Lemmer, Jurgens Naude, Ulrike Petrick, Lize Rossouw, Petra Swanepoel, Lara van Niekerk, Shane Janse van Rensburg.

Gelukwense aan die verjarendes...”“Die Here is ‘n sterkte vir sy volk, ‘n veilige

beskutting vir sy gesalfde” Ps 28:818/11 Johann Arnold 082 925 042018/11 Wihan Landsberg 076 318 318320/11 Rudi Delport 082 899 990020/11 Charl Goodey 082 872 502121/11 Ronel Pelser 082 469 451721/11 Loureth Steenkamp 083 447 331522/11 Arno Marais 082 372 690622/11 Hannes Maree 012 093 688722/11 Anne van Rooy 082 712 540823/11 Lizel van Wyk 082 779 758024/11 Pieter Heslinga 082 551 0130

DissipelskapkafeeDie Dissipelskapkafee word more-aand, Maandag 19 Nov , afgesluit met die laaste gesprek oor “Die Wonder van die Bybel” gelei deur Ds Fanus. Ons Kafee sal weer vroeg in die nuwe jaar open. Aan een en almal wat van hierdie geleentheid so ‘n groot sukses gemaak het, wil ons baie dankie sê. Ons wil veral ons drie predikante, Fanus, Fanie en Griffel asook Paul en al die ander gesprekleiers hartlik bedank vir hulle insette. Dit was voorwaar ‘n voorreg om aan hierdie gesprekke deel te neem. Dit het ons geloofsgroei gestimuleer, ons gemotiveer om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. Ons sien daarna uit om hierdie gesprekke volgende jaar voort te sit. Ons wil ook vir Frans wat die saal elke week reggemaak het, dankie sê. Mag almal ‘n baie geseënde Kerstyd beleef.

Psalms – Siloeëte van die Gesalfde deur Rineke VisserU word uitgenooi na die openingsaand van die kunsuitstalling op 23 Nov 2012 om 18:30 by GK Wapadrant. Daar is info blaadjies by die deure.

SESTIGPLUSSERSOns gaan ons eie AFRIKAANS IS GROOT-

viering hê om die jaar mee af te sluit.WANNEER? Die vierde Donderdag: 22

NovemberWAAR? By Erna en Bingle se huis:

Borderweg-oos 314, Lynnwood. HOE LAAT? om 10:00.

WAT/WIE BRING EK SAAM? Bring jou wederhelf, buurman/vrou, beste

vriend/vriendin, sodat ons 'n leerskare kan wees.

VIR NAVRAE, bel 082-453-2417Sien uit om julle almal daardie dag te sien!

Eerstejaarskamp Pretoria 201319 – 25 Januarie 2012

R1150 vir 6 nagte en 3 lekker etes per dag.Facebook:

http://www.facebook.com/GKBrooklynNavrae: [email protected]

Skryf in by www.gkbrooklyn.org.za

Visie-Kamp 2013 (vir senior studente)

12 – 16 Januarie 2013R500 vir 4 nagte en 3 lekker etes per dag

Facebook:http://www.facebook.com/GKBrooklyn

Navrae: [email protected] in by www.gkbrooklyn.org.za

Bybel op jou selfoon: God se Woord is by jou.Mense by die miljoene gebruik die Bible App™ om God se Woord deel van hul daaglikse lewens te maak. Laai die gratis app af om toegang tot jou boekmerke, notas en leesplanne van enige plek af te verkry. Geniet honderde weergawes, insluitende klank, alles op jou mobiele toestel. Gaan na

Page 5: Hart & Hand:  18 November 2012

youversion.com/download op jou selfoon se web en laai die program gratis af. Hier is ook n skakel na 'n video: http://www.youtube.com/watch?v=uolKLDi3Ai8

Eerstejaarskamp 2013 Stellenbosch Die kamp word aangebied vanaf Saterdag 19 Jan 2013 tot en met Woensdag 23 Januarie 2013. Die kostes beloop R512. Registreer by wwwgkstellenbosch.co.za/eerstejaarskamp.htm of e-pos [email protected]. Kontakpersone Carl-Gustaf Gericke (072 569 0052 of Ds Johan van Heyningen (082 929 1733) Sien meer inligting op die kennisgewingbord.

Kan jy ons help met ’n faksmasjien?Ons kantoor benodig dringend ’n faksmasjien. Indien iemand ’n skenking wil maak, sal dit waardeer word. Kontak die kantoor

Aand Parkering:’n Vriendelike versoek word aan bywoners vd

aanddiens gerig om nie onder die skool se afdakke te parkeer en dan die motor oornag daar te laat

nie. Ons beset dan die personeel van die skool se parkeerplekke - dis slegs goedgunstiglik dat ons dit na –ure mag gebruik. Parkeer eerder aan ons kant

as jy jou motor oornag wil los.

BERIG OOR FRANSE RADIOBEDIENINGTeen die tyd dat julle hierdie berig lees behoort ek te wees oppad na Mali (DV), vir ‘n volle week van ontmoetings met Christelike radiostasies en ‘n twee dae seminaar (22-23 Nov.) in samewerking met die ACCM, ‘n network van Christelike radios in Mali. Br. Chris-Johan en sr. Jeanette Fourie vlieg saam, maar bly ‘n bietjie langer om ‘n behoorlike behoefte bepaling te doen met die oog op rapportering aan AbR (Africa by Radio). AbR bestaan uit verskeie rolspelers wat die Evangelie in Afrika deur die radio saai, of laat saai: FEBA-Radio, TransWorldRadio, Radio Africa Network, Reformed Faith and life en baie ander kerklike bedienings is daarby betrokke. So kan ons saam beter beplan, inligting wissel, en logistiese hulp sonder onnodige duplisering aanwend waar nodig. Terugvoer van ons Maliese besoek aan AbR gaan dus help om opvolg besoeke met die oog op verdere opleiding doelmatig te beplan. Verlede naweek het staatshoofde van Wes-Afrika lande en Europese verteenwoordigers in Abuja (hoofstad van

Nigerieë) bymekaargekom om ‘n ander soort beplanning te doen: nl. ‘n militêre veldtog met ‘n leer van omtrent 3300 soldate om die Noorde van Mali (wat onder die kontrol van Islamiste vroeër vanjaar geval het) te herwin. Daar is dus sterk gerugte van oorlog in die gebied, maar dit sal waarskynlik nie voor volgende jaar gebeur nie. Ons stryd is egter ‘n geestelike een, wat ons met geestelike wapens (die uitsaai van die Evangelie teenoor Moslems) uitvoer. Bid asb. dat die week goed sal verloop, dat ons doelwitte sal bereik en daarna veilig tuis sal terugkom met die oog op verdere geestelike oorlogsvoering t.w.v. die heerskappy van die Heerser oor die konings van die aarde. Ds Eric Kayayan

Lees ...in hierdie uitgawe van Die KerkbladDie fokus van hierdie uitgawe is: Afwagting op Christus se terugkeer. Onderwerpe soos Christus se wederkoms is 'n sekerheid! Wag geduldig op Jesus se terugkeer! Wag wakend op Jesus. Wag worstelende op Jesus se terugkeer! word deur verskeie skrywers toegelig.EN NOG BAIE MEERTeken in op Die Kerkblad!Skakel Angie Mokobi by (018) 297 3986 vir meer besonderhede; e-pos [email protected]

Ingekom met bewys:Botha Huibrecht J A Hervormde Kerk Meyerspark

Kantoor gesluit:Op Woensdag 21 November sal die kerkkantoor gesluit wees omdat Rentia en Ela op ’n Gevorderde Winkerk 7 kursus gaan. Die program word vir die gemeente databasis gebruik.

Page 6: Hart & Hand:  18 November 2012

Ons Webtuiste: Ons beleef op die oomblik groot tegniese

probleme met die webtuiste maar dit word aangespreek.

als by www.gkbrooklyn.org.za

Kontak ons…Admin-hulp op Sondae:Marga Koelman082 923 2346Sien inligtingtafel in die saalKantoor: Posbus 11168, Hatfield, 0028Rentia de Beer en Ela Mostert(012) 362 0069 Faks nr: 086 639 [email protected] www.gkbrooklyn.org.zaPosbus 11168 Hatfield 0028

Logistieke reëlings:Hierdie Sondag : 18 November 2012DiensbeurteOuderling: Hannes Otto

Diaken: Stephan v/d Merwe

KollekteOnder die diens: Diakonale werk

By die deure: Emeritaatsfonds

Volgende Sondag: 25 November 2012DiensbeurteOuderling: Josef Nienaber

Diaken: Willem Marais

Kollekte Onder die diens: Diakonale werk

By die deure:Uitreikfonds

Diensbeurte Troyestraat 18/11Tjaart BosuaDiensbeurte Troyestraat 25/11Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereëlSkinkbeurte vir Duxburyweg18/11 Sanet25/11 Almal

Page 7: Hart & Hand:  18 November 2012

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)(012) 348 2467 / 083 446 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr.):(012) 362 0320 / 082 354 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat bedieningspunt)(012) 542 3662 / 073 777 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)082 971 [email protected]

Brian de Vries: (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)(013 947 2179 / 079 933 [email protected]

Diaken betrokke by siekebesoekJoëlna Heslinga082 374 1974

www.gkbrooklyn.org.za