52
GRATIS tydskrif OKTOBER 2013 Heinz Winckler ‘Verhouding met Jesus kan vergelyk word met gesonde huwelik’ Gospel Skouspel-foto’s Radio Tygerberg saam met wêreldleiers NOODROEP: ‘Ek kan nie meer nie!’ Omgee maak winterkoue warm God is ook in terugslae

Indruk Oktober 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Indruk Oktober 2013

GRATIS

tydsk

rif

ok

to

be

r 2

01

3Heinz

Winckler‘Verhouding met Jesus kan vergelyk word met gesonde huwelik’

Gospel Skouspel-foto’s

Radio Tygerberg saam met

wêreldleiers

NoodRoep: ‘ek kan nie meer nie!’

Omgee maak winterkoue warmGod is ook

in terugslae

Page 2: Indruk Oktober 2013

oktober 20132 oktober 2013 1

Barnyard

Page 3: Indruk Oktober 2013

Inhoud - oktober 2013ty d s k r i f v a n r a d i o ty g e r b e r g

Vir ander publikasies deur Angus Buchan, skakel met Maranatha Record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za

Ingeanker

Angus Buchan

GeReeld

1 Ingeanker – Uit die Woord2 My indruk – redakteursbrief34 kalender36 radio tygerberg-programme40 In beeld – DVD-resensie41 In klank – Musiek

IN oNS oMGewING

14 Gospel Skouspel20 Vuurvas gaste en projekte28 Hardus in Istanbul30 Iets kleins maak ’n groot verskil

GeSIN

38 Sy inspirasie – Wiele44 Haar inspirasie - en jy?45 Haar inspirasie - onvrugbaarheid en miskraam46 Julle vriende se huwelik48 klein inspirasie – Heidi en basjan

ARTIkelS

4 In gesprek – Heinz Winckler8 In gesprek – elain Vlok 10 Seerowers?32 God is ook in storms

IN BReë TRekke

12 ek kan nou nie meer nie39 klein is die nuwe groot voor God

ons is in ’n volskaalse geestelike oorlog gewikkel soos nog nooit tevore nie. Dit is amper soos die laaste geveg voor die wederkoms van onse Here Jesus Christus en Satan wil ons kaap. oral waar ek gaan, sê almal met wie ek praat dieselfde ding; veral mans en vroue wat die leiding neem in die voorste linie van die geloof. Dit is gevaarlik om in daardie posisie te wees, maar deur die goeie stryd te stry en jou lewe en reputasie op die spel te plaas vir Jesus, sal jy deur die vyand gewond word.

Hierdie wonde van eer is nie wonde waaroor ek en jy skaam hoef te voel nie. Dit verg moed om die evangelie te verkondig aan ’n geslag wat nie wil hoor wat ons te sê het nie. baie van ons wonde is aan ons binnekant – hartseer. Miskien het ’n geliefde jou al teleurgestel. Miskien het die predikant in die kerk waarin jy so hard werk, jou teleurgestel. Miskien het hy egbreuk gepleeg of geld verduister, of miskien het hy net heeltemal die pad byster geraak. Dit is moeilik om hierdie teleurstelling en verraad te verwerk, maar ons moet voortgaan; ons moet sterk staan en in God glo vir die oorwinning in Jesus Christus.

Wil jy nie daar wees nie,

my vriend? ek wil jou vandag vermaan. Staan op! Lig daardie arms wat slap hang op. Versterk daardie struikelende knieë. Wees deel van die wedloop. Vra Jesus

om jou wonde te verbind. Vergewe die mense wat jou seergemaak en teleurgestel het. Hulle het dit nie bedoel nie; hulle is mislei.

Die wonde wat jy opdoen in die stryd om God se heerlikheid, sal deur Jesus beloon word. Hy sal jou uitroep en ’n wit kleed en ’n kroon van geregtigheid gee as beloning. “en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Filippense 4:7).

Die stryd is egter nog nie verby nie! onthou, wanneer Jesus aan jou kant is, behaal jy altyd die oorwinning.

Gebed: Liewe Vader, ek is uitgeput en doodmoeg van baklei. Versterk my; gee

my groter geloof. Genees my wonde. Ek vra van U genesing en vrede.

Verleen my U guns in die stryd wat ek

op die oomblik stry. Wys my hoe om

my probleme te hanteer, sodat ek hulle

met behulp van U krag en genade kan oorwin.

Amen.

Wonde van eerLees FiLiPPense 4:6-13

Ek is tot alles in staat deur Hom wat

my krag gee - Filippense 4:13

oktober 20132 oktober 2013 1

Page 4: Indruk Oktober 2013

oktober 20132 oktober 2013 3

RedAkSIeInDrUk gebruik vrywilligers asverslaggewers en medewerkers– onafhanklike skrywers met onaf-hanklike menings. Hoewel ons metgroot sorg te werk gaan, is die inhoudvan alle artikels nie noodwendig inooreenstemming met standpunte vanInDrUk of radio tygerberg nie.

RedAkTeuR Marius du PlooyBeleIdHardus ZevensterTAAlVeRSoRGING riaan CruywagenSedrick taljaardoNTweRp tenille SwanepoelAmor designHooffoToGRAweEtienne Janse van RensburgPierre CoetzeeAdVeRTeNSIeS Charmaine [email protected] 066 5675uITGeweR 104 PublicationsdRukweRkPaarlmedia Cape VeRSpReIdINGon the Dot – 021 528 7920

koMMeNTAAR & [email protected]

peRMANeNTe MedeweRkeRSAngus buchanCarl kritzingerEttienne SmithJeanette KritzingerLorrein katzkeLouis AwerbuckLuané Janse van rensburgReinier Mattheeriana HanekomSedrick taljaardSuleen HammanAnder medewerkers by artikels

RAdIo TyGeRBeRG 0861 104 104www.radiotygerberg.co.za

bl. 4

Artikel op

Marius du Plooy

Redakteur

SkeWe Wêreld

o vertel vriend nico van namibië van daardie skrikwekkende dag toe hy in

Windhoek gaan inkopies doen het en skielik besef het daar is baie groot fout!

kort nadat hy uit sy bakkie geklim het, het hy agtergekom dat die helfte van alles rondom hom dof en skeefgetrek was.

Dit was vir hom baie duidelik dat hy ’n beroerte gehad het en dat die een kant van sy gesig daardeur aangetas was.

omdat hy skaam was oor die aangetaste deel van sy gesig wat sekerlik nou baie slap en skeef gehang het, het hy oogkontak met ander mense probeer vermy en sy kop voortdurend weggedraai. om seker te maak van sy toestand, het nico eers die een oog en toe die ander oog om die beurt toegedruk om seker te maak dat hy hom nie verbeel nie. Sy vrees is bewaarheid. Alles deur sy regteroog was dof en vaal.

Hy was behoorlik in ’n toestand! beroerte op sy ouderdom! Hy het aan die regterkant van sy gesig geraak, maar gelukkig het dit nie te erg gevoel nie.

terug in die bakkie wou hy aanvanklik nie na sy vrou kyk nie omdat hy te selfbewus was oor hoe verwronge

die regterkant van sy gesig vir haar sou lyk. Uiteindelik het hy moed bymekaar geskraap en sy gesig stadig na haar gedraai. “Sien jy iets snaaks?” wou hy bewerig weet.

toe sy hom vreemd aankyk oor die vraag, val sy oog op iets op die sitplek langs hom –

die regteroog se lens van sy bril!

Dit het uitgeval toe hy uit die bakkie geklim het…

nee, nico het toe nooit ’n beroerte gehad nie, eerder ’n soort angsaanval nadat sy verbeelding met hom op hol

gegaan het, vertel hy skalks-skaam. Dit laat my toe op ’n manier dink aan 1

korinthiërs 13 waar Paulus praat van ‘soos ’n spiëel in ’n raaisel.’ Die spiëel weerkaats ’n raaisel en eers eendag sal ons ten volle weet en verstaan. Aanvaar en glo nou net. ons hoef nie nou ons verstand te beproef oor die wonders en grootheid van God nie.

Maar die een wonderwerk waarvan nico sommer nou al kan getuig, is hoe vinnig skok in verligting kan verander.

Ons hoef nie nou ons verstand te beproef oor die wonders en groot-

heid van God nie

s

My Indruk

Page 5: Indruk Oktober 2013

oktober 20132 oktober 2013 3

Dis ongelooflik watterverskil ’n koppie sop

kan maak.

Page 6: Indruk Oktober 2013

In gesprek

Marius du plooy

Heinz Winckler

oktober 20134 oktober 2013 5

roL AS JeSUS WAS ’n woNdeRlIke BeleweNIS

ie produksie Jesus – Die Musiekblyspel in die staatsteater in Pretoria was ’n wonderlike en uitdagende belewenis.

dis nou al jare sedert jy die eerste suid-Afrikaanse idols-kompetisie gewen het. Hoe het jou lewe sedertdien en as gevolg daarvan verander? Idols het dit vir my moontlik gemaak om ’n professionele sangloopbaan te volg. Dit het die geleentheid en platform geskep om miljoene rande se pubisiteit te kry. Dit het ook gelei tot deelname aan World Idols, wat oudisies in Amerika en uiteindelik ook my deelname aan die internasionale musiekblyspel rent in die VSA, kanada en Japan tot gevolg gehad het. ek het ook in 2003/4 deelgeneem aan World Idols wat deur 100 miljoen mense op tV gesien is. ek het daarna in 2004 vir ’n kort rukkie in ’n produksie van West Side Story in kanada gespeel. Maar die dag toe Idols gestop het, was ek op my eie en moes ek die beste van die geleentheid maak. om skielik van twee keer per week se spitstyd-tV af te wees en

jou eie publisiteit te genereer was nogal ’n uitdaging! Maar deur die Here se genade en leiding kan ek na elf jaar sê alle eer aan Hom vir die feit dat ek dit nog steeds vir ’n lewe kan doen. ek het al ses albums uitgereik, waarvan een platinum en een goud behaal het, asook ’n eerste single wat dubbelplatinumstatus bereik het net na afloop van Idols. Ek het talle vertonings, klein en groot, agter die blad en ek sien uit na nog vele meer. sou jy dit anders wou hê? ek is oor niks spyt nie en weet dinge moes gebeur soos dit het. As ek twee goed kon verander, sou dit wees om beter leiding te ontvang van ’n bestuurder en goeie advies van ’n sakebestuurder oor hoe om met my geld te werk. op hierdie twee gebiede het ek die meeste klippe gekou en op die harde manier geleer.

was musiek destyds jou passie en fokus toe jy deelgeneem het, of was dit maar net nog iets om te doen? Dit was beslis my passie. ek het begin kitaar speel toe ek 16 was. op universiteit was ek deel van ’n kerkorkes en ’n kitaarduo en het baie optredes gehou en

geleer van klank en live shows. Hoewel ek passievol is oor die reg en dit gaan swot het, het my liefde vir musiek uiteindelik heeltemal oorgeneem. Drie weke voor ek eers gehoor het van Idols het ek in elk geval besluit om musiek my loopbaan te maak na my studies.

Hoe het jou musiek (lirieke en klank) verander sedert daardie tyd? My eerste drie albums was in engels en uiteraard gemik op die engelse kommersiële mark. Die drie albums het heelwat verkil in klank, maar was oor die algemeen al drie pop. na my nege maande in die VSA en die ervaring en groei wat ek opgedoen het, het ek my eerste Afrikaanse album kom doen. Die groei in my stemvermoë en die verandering na kommersiële Afrikaans het gesorg vir ’n nuwe soort klank in my musiek. Wat lirieke betref, wou ek nog altyd liedjies sing wat uit my hart kom en betekenis het en iets nuuts en vars bring. Dis uiteraard ’n groot uitdaging, maar ek glo ons het ’n paar baie goeie liedjies oor die jare die lig laat sien. ek het aan die begin van my loopbaan baie min self geskryf, maar uiteindelik en veral met my Afrikaanse albums baie

Page 7: Indruk Oktober 2013

oktober 20134 oktober 2013 5

Ek droom nog steeds van ’n suksesvolle

internasionale loopbaan met my

eie musiek

meer begin bydra tot die repertorium. Dit is vir my baie lekker om dit te kan doen, want sodoende kan ek meer van my eie stempel op die eindproduk afdruk. ek dink dis belangrik om ’n goeie balans op ’n pop-album te hê van fun-liedjies, mooi liedjies en hartseer liedjies. Jy moet lekker saam kan sing, saam dans en saam voel op ’n album. ek probeer dit in elkeen inwerk.

Vertel van die rol van Jesus wat jy in ’n verhoogstuk gespeel het. Ja, ek was deel van die produksie Jesus – Die Musiekblyspel in die staatsteater in Pretoria. Dit was ’n wonderlike en uitdagende belewenis. Maar die Here het my so mooi daardeur gelei en gewys dat ek net ’n instrument in Sy hand moet wees, my woorde moet ken en my beste moet gee in my sang en Hy sal die res doen. Ek glo die Here het iets kragtigs in daardie blyspel gedoen wat ’n groot impak op die geestelike wêreld in ons land gemaak het.

Selfs die grootste ster het sekerlik ook nog drome? ek droom nog steeds van ’n suksesvolle internasionale loopbaan met my eie musiek. ek droom ook daarvan om my eie klein wynplaas teen die hange van Stellenbosch se berge te besit waar ek ’n moderne, bydertydse musiekateljee wil bou en ’n gastehuis waar ek musikante van oral ter wêreld wil huisves wat in ’n mooi kreatiewe omgewing wil kom werk. ek droom ook daarvan om deel te wees van ’n geslag sangers en musikante wat in die musiekbedryf woeker vir God se koninkryk.

Watter soort werk sou jy nooit wou doen nie? Dokter wees – ek is glad nie goed met bloed nie.

Jou gunsteling-liedjie van iemand anders?

Page 8: Indruk Oktober 2013

In gesprek

Dance With You van Live en Next Five Minutes van Steven Curtis Chapman

Jou eie gunsteling-liedjie? ek geniet dit nog steeds baie om Can’t Lose With You te doen, en op die nuwe album is ek baie opgewonde oor die titelsnit, Jy’s bonatuurlik.

Jou eie gunsteling-liriek? Hierdie is van een van my nuwe liedjies, This TrUTh is hErE To sTAY:WE WErEN’T MADE To sTAND ALoNE iN oUr FLEsh AND iN oUr BoNEs WE ArE CrEATUrEs ThAT rELATE BEiNGs ThAT CrEATE ThErE’s A “oNE” For YoU AND ME soMETiMEs WE JUsT CAN’T sEE PAsT WhAT LiFE hAs DEALT AND WhAT oUr hEArTs hAVE FELT YoU CAN WiPE YoUr TEArs AWAY BECAUsE This TrUTh is hErE To sTAY

wat beteken dit om verlief te wees? om meegesleur te word deur ’n vloed van positiewe emosie teenoor die persoon wat die emosie by jou ontlok.

Om lief te hê? Om te kies om jouself op te offer en diensbaar te wees teenoor ’n ander.

Praat bietjie oor jou gesin. ek is baie dankbaar teenoor God vir ’n wonderlike Godsvrou en twee pragtige seuns oor wie se toekoms ek uiters opgewonde is. ek geniet pa-wees terdeë en geniet dit om elke dag daaruit meer te leer van hoe lief God ons het.

Hoe hanteer mens konflik? erken iets is fout, maak duidelik wat verkeerd is, vertel met geduld en kalmte hoe dit jou ontstel het, wees nederig genoeg om jammer te sê, al verstaan jy dalk nie heeltemal wat jy verkeerd gedoen het nie. Die feit dat iets wat jy gedoen of gesê het iemand seergemaak het ondanks jou bedoelings, is voldoende rede om jammer te sê sodat genesig kan begin.

Wat doen jy as jy kwaad word? Partykeer hanteer ek dit baie sleg en kry ’n

woede- of irritasie-uitbarsting. Ander kere is ek in staat om diep asem te haal, terug te staan en dit reg te hanteer. kwaadword is nie ’n sonde nie, maar wat jy daarná doen, kan wees.

en as jy kwaad word vir ’n verkeerde besluit deur ’n rugbyskeidsregter? ek sal waarskynlik hardop skree “Aggenee man, komaan!” of “Dis belaglik!!”

Het jy rugby gespeel in jou skooldae? ek was mal oor rugby. My rugbywedstryde op Markötter as Paul Rooser is van my gunsteling-herhinneringe aan my skooldae. ek het nooit vreeslik uitgeblink in rugby nie, maar het dit baie geniet. ek het in my matriekjaar oorweeg om harder te werk daaraan, maar toe het ek ’n vergadering bygewoon waar die nuwe rugbyafrigter gesê het niks is belangriker as rugby nie en as jy vir hom wil speel, kan jy nie kom met belaglike verskonings soos: “ek het ’n CSV-kamp” of dinge soos dit nie. Ek was toe net verkies as CSV-voorsitter, so toe was ek heeltemal gelukkig om vir die vierde span te speel.

Godsdiens teenoor geloof? Godsdiens is geloof in mensgemaakte reëls wat probeer om jou in God se goeie boekies te kry deur goeie dade en ’n goeie lewe. ’n Persoonlike verhouding met Jesus is geloof gebaseer op ’n liefde vir die een wat jou gemaak het en eerste liefgehad het. Uit liefde vir jou Skepper bly jy op jou knieë voor Hom en lewe ’n lewe van gehoorsaamheid.

Word ’n mens sagter en meer wys as jy ouer word? ek dink jy ontwikkel meer genade en besef dat dinge nie altyd is soos wat dit voorkom nie. Daar is altyd ’n rede waarom iemand optree soos hulle optree. Dit wat jy sien in gedrag is gewoonlik net die vrug van ’n dieperliggende oorsaak. ek dink

die antwoord is om nooit sagter teenoor sondige dade te wees nie, maar om altyd liefde vir mense te hê. Dis wat Jesus gedoen het, so dis wat ons moet doen.wat presies is ‘verkeerd’? Volgens die bybel is als wat jy nie in geloof in Jesus doen nie, sonde. en sonde is verkeerd.

Hoe lyk ’n persoonlike verhouding met Jesus? Dit moet lyk soos ’n gesonde huwelik, maar moet nog meer intiem wees op ’n geestelike vlak.

Wat sê jy vir mense wat sukkel om te glo? Hou op probeer. ontspan. Weet dat Hy wat jou gemaak het, innig lief is vir jou. Haal diep asem en vra Hom hoe Hy jou

sien. Laat Hom toe om te praat. As jy steeds ervaar dinge is geblokkeer, is dit waarskynlik nodig vir geestelike oorlogvoering om dinge wat in die pad staan en wat jy in jou lewe toegelaat het, uit die pad

te kry. As jy nie weet hoe om dit te doen nie, gaan na gekwalifiseerde pastorale beraders en vra vir Theophostic berading.

Wat is die simpelste ding wat jy al aangevang het? ek het op universiteit een aand saam met vriende oor die draad van die supertube by Strand gespring en kaalbas en met sunlight liquid by die supertube afgegly. toe ek klaar was, het iemand my klere gesteel en moes ek met ’n swart sak terughardloop na die kar!

en die een wat jy nog wil aanvang? ek wil verder verkieslik niks simpels aanvang nie, maar ek sal nog graag wil skydive.

Met watter dier sou jy jouself vergelyk? ’n Dolfyn. ek’s net mal oor hulle.

sou jy maan toe wou gaan as jy geld gehad het? ek sal eerder net so ’n rukkie lank die aarde

Pa-wees is heerlik - daaruit leer ek hoe

lief God ons het

oktober 20136 oktober 2013 7

Page 9: Indruk Oktober 2013

vanuit die ruimte wil sien. ek dink dit sal amazing wees. op die maan gaan daar niks aan nie.

wat van lekker eet? My gunsteling is pizza en rooiwyn of fillet steak en rooiwyn. en die rooiwyn moet verkieslik uit Stellenbosch wees!

As jy enige plek ter wêreld kan gaan vakansie hou? Ek en Aletté wil albei baie graag Hawaii toe gaan!

Hoekom leef mens? om God te eer en Sy koninkryk te bou.

Hoekom word mense oud? omdat ons in ’n gebroke wêreld leef waar dinge verouder.

Hoe ver terug kan jy ’n babaliedjie onthou? Siembamba

Jou geliefkoosde TV-program toe jy klein was? Wielie Walie

SA President - wie is jy? wat glo jy?

wie dien jy?

Koningin van Brittanje - wie is jy? wat glo jy?

wie dien jy?

Skaapwagter in Lesotho wat nog nooit in ’n stad was nie -

wie is jy? wat glo jy? wie dien jy?

watter vrae sal jy wil stel aan?:

oktober 20136 oktober 2013 7

Page 10: Indruk Oktober 2013

oktober 20138 oktober 2013 9

Sy is alles wat jy verwag en baie meer – professor, doktor, berader, kommunikasiekundige, sjef, mentor, opheffer, vasbyter,

gelowige en ‘elain Lekkerlag’. Dit klink byna of mens van tien

verskillende mense praat, maar elain Vlok is ’n merkwaardige tien-in-een-mens.

Haar ervaring lê wyd – aanvanklik destyds as senior lektor by die Pukke, toe in beheer van interne kommunikasie by trustbank en sedertdien reeds 21 jaar in verskeie kommunikasieposte by Clover SA. Maar dit is veral die afgelope vyf jaar dat die ‘ware’ elain begin blom het…

Die struikelblokke wat sy moes oorkom, mee vrede maak en mee moes saamleef, is meer as waartoe gewone vlees en bloed in staat is.

elain is alleen. Sy het haar man, Deon, net meer as ’n jaar gelede aan kanker verloor. Haar ouers is albei oorlede, haar ma, enigste broer en twee susters is aan kanker oorlede en jare gelede is elain ook met borskanker gediagnoseer. Daar is kankergene in hulle familie. Intussen het elain se kanker na haar kolon en een nier versprei.

Maar as jy dink dat dit haar energie, passie en borrelende geesdrif gedemp het, dink weer. Die teendeel is waar.

“ek het min tyd oor om als te doen wat ek nog wil doen.”

toe die vorige baas van Clover, robert Wesseloo, haar ’n paar jaar gelede

in beheer plaas van die maatskappy se bemagtigingsprojekte, het die spreekwoordelike poppe begin dans. Sedertdien is elain bekend as die moeder van Mama Afrika, wat die land vol reis om Mama Afrikas te identifiseer, op te lei, te mentor en te bemagtig. Die Mamas is self in beheer van selfonderhoudende opheffingsprojekte onder weggooikinders en vigswesies.

Daar is tans 14 sentrums met 36 goed opgeleide en passievolle Mama Afrikas wat omsien na meer as 14 200 kinders. Dit is sekerlik een van Suid-Afika se suksesvolste opheffingsprojekte. Sowat 500 mense word deur al die projekte van ’n werk en ’n salaris voorsien.

Moet egter nie mislei word deur elain se groot glimlag en aansteeklike skaterlag nie. elain het geen geduld met mense wat nie bereid is om te werk nie.

“ek is amper ’n soort sersant-majoor, wat nie luiheid en mense duld wat lyf wegsteek nie. As jy jouself nie wil help

nie, doen ek dit beslis ook nie! ek het nie tyd vir mense wat net wil rondlê en bakhand staan nie.

“ons probeer om mense se selfvertroue en menswaardigheid te bou. Die boodskap is dat dit nie saak maak hoe klein jy begin nie – begin net! Daar is oorgenoeg mense wat net praat.”

Mama Afrika leer mense ’n magdom vaardighede waarmee hulle self kan voortbestaan en ander weer bemagtig.

Mama Afrika is wel deur Clover geïnisieer, maar verskeie vennote help met sekere geriewe en infrastruktuur.

elain vertel dat daar baie mense is wat vir die projek bid. onlangs het twee jong kinders van tien of twaalf jaar oud gevra of hulle vir haar mag bid. Die twee kinders het hulle hande op haar kop geplaas en haar aan die Here opgedra. “Sulke optredes voed my passie en dryfkrag, en ek besef alles is net genade.”

prof elain met Mama Glenrose en kinders van Mdantsane

NikS kry haar onder nie

In gesprek

oktober 20138

MeRkwAARdIGe PrOF. eLAin VLOk Se MAMAS sOrg Vir Meer As 14 200 seerkry-kinders

Page 11: Indruk Oktober 2013

oktober 20138 oktober 2013 9

BAsiese WiTBrOOd-reseP 980 g (7 x 250 ml) witbroodmeel; 10 ml sout; 10 ml suiker; 10 g droë kitsgis;

70 ml (65 g) Clover Mooirivier-botter; ongeveer 650 ml louwarm water

BedIeNING • Clover Butro • Clover verouderde cheddarkaas, fyn gerasper • Voorverhit oond tot 175°C. • Sif meel, sout en suiker saam. Voeg droë gis by en meng. • Vryf botter in droë bestanddele en voeg louwarm water geleidelik by om ’n sagte deeg te vorm. Voeg meer water by indien verlang. • Keer uit op ’n oppervlak liggies bestrooi met meel en knie deeg vir omtrent 10 minute tot

glad en elasties. • Plaas deeg in ’n geoliede bak, bedek, en laat rus vir 20 minute. • Klop deeg af en verdeel tussen 2 gesmeerde broodpanne.

• Bedek en laat rys tot dubbel in volume. Sprinkel water oor bokant en bak vir 35 minute of tot brood ’n hol klank maak wanneer dit met kneukels getik

word. • Bedien warm of teen kamertemperatuur met botter en kaas. Maak twee brode, afhangende van grootte.

WiTBrOOd-VAriAsies: TrAdisiOneLe VeTkOek • Volg resep vir basiese witbrood. na eerste rys, klop deeg af en verdeel in 36 gelyke dele. bedek en laat rys tot dubbel in volume. bak in warm olie.

• Dreineer op kombuispapier. Maak 36 vetkoeke.

poTBRood • Volg resep vir basiese witbrood. na eerste rys, klop deeg af en verdeel in

vuisgrootte balle. • Plaas in ’n gesmeerde swaarboom pot; bedek en laat rys tot dubbel in volume. • Vir ’n kaas-en-roombedekking, smelt 200 g Clover

Mooirivierbotter oor lae hitte. • Verwyder van hitte en voeg 100 ml Clover vars room en 25 ml suiker by. • Meng tot suiker opgelos is. • Gooi bottermengsel

oor deeg en sprinkel 250 ml (100 g) gerasperde Clover cheddarkaas oor. • Sprinkel water oor bokant van brood en bak in ’n voorverhitte oond teen

200°C of oor matige kole vir 40 – 45 minute.

oordra van vaardighede aan Clover Mamas is een van prof elain se grootste passies

oktober 2013 9

Sy vertel dat haar suster besig was om te sterf terwyl sy (elain) reeds haar eie stryd teen kanker gestry het. elain het aan haar suster gesê dat sy nie verstaan waarom dit nie eerder sy (elain) is wat moes gaan nie. “Jy het duidelik nog werk op aarde wat jy moet afhandel,” het haar suster geantwoord. Al die Mama Afrikas sal daarmee saamstem.

elain het vroeg reeds die wind van voor gekry toe sy as kind polio en breinvliesontsteking opgedoen het. Maar sy is deur haar ouers geleer dat jy enigiets kan vermag as jy glo jy kan.

Hoewel sy die seer ervaar het om haar onmiddellike gesin aan die dood af te staan, was sy nooit kwaad nie. “ek weet waar my familie is.

“Dit het my geleer om elke dag te leef asof dit my laaste dag is. ek was nog altyd haastig met wat ek gedoen het. nou is daar ’n dringendheid en ek weet ek moet die tyd uitkoop.”

Sy lewe haar lewe nou deur Mama Afrika in dankbaarheid. “ek wil nie skuil agter iets wat ek onder lede het of omstandighede nie. ek het geleende tyd en kan nog ’n verskil maak. toe ek besef ek het kanker, het ek gebid: ‘Here ek het dit, maar wat wil U hê moet ek nou doen? Help my dat die kanker my nie inhibeer nie sodat ek kan uitgaan om te kan doen.’ ek hanteer elke dag soos dit is en elke aand as ek gaan slaap, sê ek dankie dat ek kan.”

“Die Here is die enigste vaste ding in my lewe en waarheen ek gaan as ek doodgaan. ek is Sy kind.”

elain het baie ander vaardighede ook en het onlangs weer haar ou trekklavier opgediep en begin speel en neem ook nou kitaarlesse.

In Gauteng is sy ook bekend as bobaasbakster van supervrugtekoeke. Sy het nog altyd ’n liefde vir kosmaak wat sy van haar ma geërf het. elain was ook die skrywer/redakteur van 14 resepteboeke deur Clover. Haar gunsteling-disse is lamsboud en patats.

ek kon DIt nIe WeerStAAn oM HAAr Met ’n PAAr DrAAIbALLe te PePer nIe:Politiek is? ’n nodige ergernis! Skoene is? My swakpunt!As ek weer kon, sou ek? ’n Mediese

dokter word.ek kan wat nie verdra nie? oneerlikheid en ’n verskoning oor wat jy nIe kan doen nie.wat is ’n goeie eggenoot/e? Iemand wat ’n goeie maat is, saam kan doen, lief

kan hê, jou kan aanvaar soos jy is. (ek verlang na my man…)elain verwys na Jakobus 4:17: ‘As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.’

elain Vlok is ook ’n bobaas bakster en ons het haar gevra

om ’n resep met ons te deel

Page 12: Indruk Oktober 2013

In grypend

Charmaine Boshoff

oktober 201310 oktober 2013 11

iemand het eendag gesê om kinders te hê is om jou hart vir die res van jou lewe buite jou liggaam te sien klop. elke ouer kan hom

of haar op een of meer maniere met hierdie woorde vereenselwig, maar toe ’n deel van my hartklop vir sestien dae iewers in die Stille Oseaan wegraak, het ek behoorlik verstaan wat dit beteken.

Ek het twee pragtige kinders, JJ (20) en Charai (19). Vir my en my man, Rainer, was dit ’n ongelooflike geskenk wat ons lewens tot oorlopens toe vervul. Dit was egter ’n ewe pynlike ervaring toe albei kinders na matriek hulle vlerke moes sprei – Charai om in bloemfontein te gaan studeer en JJ wat met sy beroep as matroos moes begin.

op 27 April vanjaar het JJ saam met sy beste vriend, Chandre (21), en die kaptein, Gareth (23), met ’n Leopard-katamaran van 44 voet die lang vaart van kaapstad na brisbane in Australie aangepak. Die vaart van 20 000 seemyl sou vier maande duur en die seuns moes, as gevolg van seerowers aan die Somaliese kus, hulle reis in ’n westelike rigting aanpak. Die seuns sou in skofte van drie ure dwarsdeur die dag en nag seil. Die enigeste vorm van kommunikasie tydens die reis was ’n satellietfoon waarvandaan ons een keer per week koördinate sou ontvang om hulle posisie aan te dui. Af en toe sou ons dan ’n SMS of e-pos van die

kaptein se pa ontvang.Die dag van die seuns se vertrek was

’n pragtige dag in die Kaap en ek en rainer het soos twee verlore eende op ’n damwal gestaan en na die see gestaar totdat ons die seiljag nie meer kon sien nie. Met seer harte het ons besef dat ons nou net op God kon vertrou en maar geduldig op die eerste kommunikasie moes wag.

So het die eerste nuus gekom en was ons meer opgewonde oor die paar woorde as wat ons oor die grootste aardse geskenk kon wees. binne die eerste paar weke op see het ons die interessantste nuus van hulle ontvang wat ons opgewonde gelaat het oor die feit dat ons seun hierdie ervaring kon beleef. op 27 Mei het ons egter ’n e-pos ontvang waarin die kaptein aan sy pa noem dat hulle baie onstuimige seetoestande en stormweer getref het. Hy het vertel dat dit vreemd is dat daar elke keer op JJ se skof sulke groot golwe is dat dit bo-oor die seiljag breek. In daardie stadium het ek en rainer weer eens besef hoe ’n ongelooflike voorreg dit is om deel van ’n gemeenskap van gelowiges te wees. ons familie en vriende het dadelik begin bid. ek het ons bedieningshoof by radio tygerberg, Etienne Piek, gevra om vir die seuns in te tree en al ons kollegas is dadelik in kennis gestel

van die gebedsversoek. binne ’n week het ons van die seuns gehoor en was ons dankbaar dat Jesus hierdie storm ook stilgemaak het.

So het eers die weke en later die maande verbygesleep. Die eerste plek waar hulle na ’n maand op see voet aan wal gesit het, was brasillië. Daar het die seuns hulle voorraad aangevul en na twee dae was hulle weer vort in die rigting van die Karibiese eilande. Daarvandaan moes hulle deur die Panama-kanaal seil, wat vir hulle ’n ongelooflike ondervinding was.

Die volgende stilhouplek sou Santa Cruz in die Galapagos-eilande wees. ons het intussen per radiokommunikasie van ’n verbygaande olietenkskip verneem dat die seuns se satellietfoon gebreek het maar dat hulle veilig en op koers was. ’n oponthoud van sewe weke was die seuns se voorland op Galapagos. Met al die burokratiese romplslomp om ’n foon van die kaap af in Galapagos te kry, was ek in ’n stadium oortuig dat ’n posduif die ding vinniger sou kon doen. tonne frustrasie later en na baie oproepe na die maatskappy hier in Suid Afrika, het die seuns weer begin seil. Daar was nog ses weke se strawwe seil wat voorgelê het. Met die orkaanseisoen om die draai was ons bekommerd omdat die seuns sewe weke

‘My kind dryf êrens in die Stille Oseaan’

Seerowers? Storms? Tegniese probleme?

Page 13: Indruk Oktober 2013

oktober 201310 oktober 2013 11

’n Laaste wuif voordat hulle vertrek het…

verloor het. ons sou baie graag liewer net ons

seun per vliegtuig wou teruggestuur het na Suid-Afrika, maar hy het voet by stuk gehou dat hy nie sy medebemanningslede in die steek sou laat nie. ons ouerharte was baie trots op ons seun, maar wanneer ons na die enorme stuk oseaan gekyk het wat hulle moes oorsteek na hulle bestemming, het ons geweet dat ons moes bid.

Die laaste kommunikasie wat ons met JJ gehad het, was toe ons mekaar op ‘Face time’ gegroet het met die wete dat ons darem binne ’n paar dae weer van hulle sou hoor. Die paar dae het ’n week geword en die ouers het maar oor en weer met mekaar gekommunikeer om te hoor of daar dalk nuus van die seuns was. Dit was naderhand tien dae later en steeds het ons geen woord van hulle gehoor nie. Op die dertiende dag het ons almal met redelike erns begin gesels oor waarom ons nog geen taal of tyding ontvang het nie.

Die gesegde lui dat geen nuus goeie nuus is, maar wanneer dit jou kind is wat iewers op die enorme Stille Oseaan op ’n klein katamaran sit en jy nie weet waar hulle is nie, dan word daardie gesegde net woorde wat irriteer pleks van te kalmeer. toe die maatskappy vir wie hulle die katamaran vervoer sê dat

hulle nie ‘n idee het waar die katamaran is nie,dat die spesifieke plek in die Stille oseaan waar die seuns nou behoort te seil, bitter min skeepsverkeer en radioseine het, maar dat die “eperb” (noodsein) darem nog nie afgegaan het nie, was ons almal nogal in ’n toestand.

ons het net aanhoudend bly bid. Daar was letterlik nie ’n uur in die dag wat verbygegaan het sonder dat ek, rainer, Irene (Chandre se ma) en my ouers vir ons kinders ingetree het nie. op die vyftiende dag het Rainer in alle erns daarop aangedring dat alles moontlik gedoen moes word om te kyk of ons nie die seuns se ligging kon bepaal nie.

Die nuus was nie goed nie: die foon behoort te werk en daar is niks meer wat iemand kon doen om sake te verbeter nie. Maar ons het geweet daar is iets… daar is ’n God wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles daarin, en daardie God luister na ’n ouerhart wat in nood uitroep om hulp.

Op die sestiende dag het ek opgestaan en kon ek nie ophou huil nie. ek het gedroom hoe ek saam met my seun op ’n eiland is en lekker gesels. ek wou nie wakker word nie en die werklikheid was vir my op daardie dag net oorweldigend. By die werk was ek baie stil, en twee kollegas het my kantoordeur toegemaak en in erns saam met my gebid dat ons

daardie dag nog van JJ sou hoor. My ma het telefonies bevestig dat sy en my pa ook daarvoor bid. rainer het weer met die maatskappy in verbinding getree en daarop aangedring dat hulle die lugtyd op die foon moes nagaan. Daardie middag om vyfuur het ek ’n oproep van rainer ontvang dat ek my e-posse gou moes lees. Die e-pos was van rainer self waarin hy ons as ouers laat weet dat hy met JJ telefoniese kontak gehad het, dat die seuns gesond is, dat dit met hulle baie goed gaan en dat hulle geweldig verlig is om van ons te kon hoor. Die maatskappy het bevestig dat hulle versuim het om lugtyd op die foon te laai!

nodeloos om te sê dat ons jubelend en juigend verheug was! God het ons gebede verhoor.

teen die tyd dat jy hier lees sal die seuns al amper in brisbane wees. God is getrou en doen altyd ver bo dit wat ons kan bid of dink. Dit is nie maklik om buite beheer te wees nie. In die woorde van my tannie: ’n ma is op haar gelukkigste as sy haar kinders onder een kombersie kan toemaak… maar dit is van verbygaande aard. Dit is dan wanneer die een wat met Sy liefde jou geliefdes toemaak en beskerm, Homself in die kleinste en grootste besonderhede openbaar as die enigste, ware God op wie jy kan vertrou.

Seerowers? Storms? Tegniese probleme?

Page 14: Indruk Oktober 2013

oktober 201312 oktober 2013 13

Ek kan niE mEEr niE. Ek het alles opgemors!

“e k kan net nie meer nie...” Hierdie woorde is sekerlik al deur menige, indien nie

elkeen van ons nie, in ’n stadium van ons lewens geuiter.

Maar hoe maak jy in so ’n situasie? Wat moet jy doen wanneer jy voel genoeg is nou net genoeg, en ek kan nou net nie meer aangaan nie?

Dis vroeg op ’n Dinsdagoggend en daar sit ’n middeljarige man by my in die beradingskantoor. Stadig lig hy sy kop, loer na my met moeë oë, en sê: “ek kan net nie meer nie.”

Petrus (skuilnaam) se verhaal is een waaarmee verbasend baie mense te kampe het.

Soos wat ons gesels, begin die oorsaak van sy swaar gemoed baie duidelik word.

Petrus is spyt oor die keuses van sy verlede.

“Soos my ma altyd gesê het: Spyt kom te laat.”

Petrus vertel hoe goed dit gegaan het by die werk, hoe goed hy sy familie finansieel onderhou het. Hy vertel van sy beeldskone vrou en sy twee pragtige seuns. Maar hoe meer werksukses hy behaal het, hoe minder het hy sy gesin gesien en hoe moeër was hy wanneer hy tuis was.

Petrus het verlief geraak op sy werk, maar sy gesinsverhoudings het al hoe meer verbrokkel.

by die huis het sy kinders gesmag na aandag en sy vrou het met hom begin baklei oor sy onbetrokkenheid by die huis. kort voor lank het hy gesit met ’n huwelik wat op die rotse beland het.

Die spanning van ’n gebroke huwelik en die ongelukkigheid van sy kinders het sy werk begin beïnvloed. Die situasie het só erg handuit geruk, dat sy vrou hom gevra het vir ’n egskeiding en

sy werk hom gevra het om sy kantoor te ontruim.

oorval met hartseerwoede teenoor homself en spyt oor sy keuses, sit Petrus by my terwyl die trane oor sy wange loop.

Hy sit en worstel met die foute wat hy gemaak het en herleef dit elke dag.

“ek kan net nie meer nie. ek het alles opgemors, wat nou? Dit is alles my skuld. ek kan nie meer nie. Het ek die reg om dit te kan sê?”

ons kon toe lekker gesels en ek kon die verlossingsboodskap van Jesus en die beloftes van God met hom deel. En dit was wonderlik.

2 kor. 12:10 leer ons dat die wat in ’n verhouding met God lewe, altyd seker kan wees dat Hy hulle sal dra. Hy sal jou genoeg gee om te kan voortgaan,

genoeg gee om deur die moeilike tyd te kom, want wanneer jy swak is, is Hy sterk. en soos ons in Psalm 23 lees, sal God jou ook lei na ’n plek waar jy rus en vrede kan vind.

Die werklikheid is dat dit met Petrus gebeur het en dat hy foute begaan het. Jou keuse is nou om te sit en tob oor jou foute, of om vorentoe te kyk en na God te roep, en dan sy hulp en leiding te aanvaar.

elkeen van ons kort rus. Die bybel leer ons oor die belangrikheid van rus. elia vind God se stem in die stilte, in die rus, en koning Dawid

skryf oor God se wonderlike rus in

verskeie Psalms (veral Ps. 23

& 62).

God sal altyd groter wees as die storms in

jou lewe!

oktober 201312

In grypend

Rohann Cronjé uit die beradingskantoor

Page 15: Indruk Oktober 2013

oktober 201312 oktober 2013 13

Page 16: Indruk Oktober 2013

oktober 201314 oktober 2013 15

Gospel S kouspel

Vir die soveelste keer ’n fees van: Eer, lof, prys, aanbidding!

In ons omgewing

luané Janse van Rensburg

Juanta du plessis

Page 17: Indruk Oktober 2013

oktober 201314 oktober 2013 15

“D aar was ’n houtkruis; ’n redder aan ’n houtkruis vasgeslaan. Ja, daar was ’n

houtkruis en daarom kan ons sing . . .”Met hierdie treffende lied het Koos

van der Merwe, gewilde liriekskrywer en sanger, radio tygerberg se Gospel Skouspel 2013 geopen. en dit het die grondslag gevorm van ’n skou-spelagtige aand wat in samewerking met kyknet en die AtkV aangebied is.

Dertien van Suid-Afrika se beste sang- en musiekkunstenaars was saam op die verhoog vir ’n ware fees van musiek, lof en aanbidding en met aardse eer, glans en swier is die ware glans en glorie van ons Hemelse Vader besing.

Dit gebeur jaarliks dat die kunstenaars radio tygerberg se Gospel Skouspel uitsonder bo elke ander vertoning, want hulle is saam op die verhoog met net een doel voor oë – eer aan Jesus Christus.

Juanita du Plessis het dit bevestig: “Jy kon die Gees aanvoel. Jy kon voel die Here is hier. Jy kon voel hier word lof en eer gebring aan Hom. Daar is net so ’n sterk teenwoordigheid.”

Gospel Skouspel het in 2006 as ’n droom begin, maar uiteindelik gegroei

tot die grootste Gospel Skouspel in Suid-Afrika. Dit bly steeds een van die hoogtepunte op radio tygerberg se jaarlikse kalender.

Volgens Hardus Zevenster, Uitvoerende Hoof van radio tyger-berg, gaan alles daaroor om Jesus Christus ons redder, wat vir ons gesterf het, te loof en prys. “Hy is die rede waarom ons ewig in die hemel gaan woon in die teenwoordigheid van die lofprysing en aanbidding van engele en heiliges wat ons vooruit-gegaan het.”

Van radio tygerberg-luisteraars se

Skouspel-SMS’e (verbatim):• Dankie vir die ‘Grand Opening’

en dan die bymekaarsit van die beste verskeidenheid van kunstenaars en AWeSoMe liedjies met ’n boodskap vir elkeen! Die ‘vibe’ was LIeFDe en Die Heilige Gees was sooo teenwoordig!

• ’n Vriendin het my uitgenooi. Dit

was my 1ste keer gewees en dit was awesome. Die sangers, atmosfeer! Jy kon jou uitleef. Sal definitief vlg jaar weer daar wees. johanna swarts.

• Daai koor was fantasties. Daai jongmense leef!!! So lekker om positiewe jeug te sien. Die show was pragtig. Doen so voort.

• Die skouspel was ’n belewenis. Met woorde kan ek dit nie beskryf nie. Die Heilige Gees was so teenwoordig. om te sien hoe daardie duisende mense reageer. om in aanbidding voor God te wees. Die tyd het stilgestaan. ek was skoon teleurgesteld toe dit

verby was, ek sou nog drie ure daar kon bly. ek wou ’n paar keer opstaan met my hande in die lug maar ’n mens neem die toeskouers agter jou in ag. Dit was baie moeilik om te bly sit!!!! Dankie radio tygerberg en al die kuns-tenaars wat deel was van die skou-spel. Mag God se seën op julle rus.

Juanita du Plessis het dit bevestig: “Jy kon die Gees aanvoel. Jy kon voel die Here is hier. Jy

kon voel hier word lof en eer gebring aan Hom”

koos van der Merwe saam met romanz

koos

van

der

Mer

we

BlAAI oM ›

Page 18: Indruk Oktober 2013

oktober 201316 oktober 2013 17

Riana Nel Louis Brittz

Page 19: Indruk Oktober 2013

BlAAI oM ›

oktober 201316 oktober 2013 17

Juanita en kinders

SA Jeugkoor

Juanita du plessis

Rouchelle liedemann

Page 20: Indruk Oktober 2013

oktober 201318 oktober 2013 19

Riana Nel

Neville d

romanz

Joe Niemand

franja du plessis

Page 21: Indruk Oktober 2013

oktober 201318 oktober 2013 19

Ruan du plessis

Page 22: Indruk Oktober 2013

bekende gaste

oktober 201320 oktober 2013 21

dIe SANGeReS NádINe – Sy het die mees kleurvolle loopbaan tot op hede gehad, van die begin met Krappies en Krefies as tiener in 1996 tot ’n volwaardige geliefde vrouekunstenaar wat haar naam saam met ander groot sterre sien skitter! Ná 10 jaar in die musiekbedryf, CD-verkope van 350 000, agt albums, een DVD, vele nominasies en toekennings, deel sy verhoë met bekende sangers voor bekende gaste soos oud-president Nelson Mandela en Prins Charles van Brittanje. “Maar die lewe gaan nie om die beste te wees nie,” was nádine se reaksie. “’n Mens moet bewus wees dat jy een of twee mense se lewens aanraak...dit is belangrik.” Wat veronderstel was om net ’n gewone onderhoud te wees, het tot ’n eksklusiewe onderhoud gegroei waarin nádine baie persoonlik gepraat het oor haar verhouding met ons lewende Here. “Die Here is in beheer van my lewe en my toekoms, Hy weet hoe my hart klop en daarom doen ek wat ek kan en vertrou verder op Hom.”

JANIe du pleSSIS – Sy het destyds bekendheid verwerf op Suid-Afrikaanse tV as die jong-ste tV-aanbieder. Haar sjarme en pragtige voorkoms met die kenmerkende ‘punk’ haarstyl het haar baie gewild gemaak onder die publiek met die aanbied van Teletien, Graffiti en Revue Plus. en toe het haar lewe ’n wending geneem... keuses is gemaak en na baie seer én herstel, is sy vandag ’n suksesvolle sakevrou, ma van twee tienerseuns en een van die stigterslede van Cancervive. Janie het self kanker oorleef en ná 15 jaar se dankgebede is Cancervive ge-bore. Cancervive is ’n motorfietsrit van 2300km van Johannesburg na kaapstad saam met meer as 50 motorfietsryers wat deur dorpe soos Kroonstad, Klerksdorp, Christi-ana, Prieska en Agulhas ry. Saam lig hulle die publiek in oor die belang-rikheid van kankerondersoeke en die behandeling van kanker. Sy het op Vuurvas vertel van die opwin-dende roete en vir die eerste keer in die media haar hart oopgemaak oor haar hegte verhouding met God. “Hy was nog altyd daar om op te vertrou…” was Janie se woorde. “Die Here bring vrede en stilte.” (www.cancervive.co.za)

Me. PATriCiA de LiLLe, BurgerMeesTer van die Stad kaapstad, was by radio tygerberg 104FM om ’n paar vrae te beantwoord oor verantwoordelikhede van die stadsraad. Mense kon me. De Lille skakel en SMS, persoonlike probleme aanroer en raad vra. Sy het deurentyd aantekeninge gemaak en rustig die gemeenskap se vrae beantwoord. op die ou einde lê die ver-antwoordelikheid van ’n veilige gemeenskap nie net in die skoot van die kaapstadse stadsraad nie, maar by elkeen van ons. netheid, omgee, liefde en opvoeding van die gemeenskap bly die antwoord.

dis nou al ’n gevestigde gebruik dat bekende gaste gereeld by Radio tygerberg se middagprogram, Vuurvas, besoek aflê.

In Vuurvas

karien Basson

Page 23: Indruk Oktober 2013

oktober 201320 oktober 2013 21

Die naam poRTCHIe is ’n ou studentebynaam wat geklou het. Portchie (gedoop Jan Hendrik Viljoen) se skilderye word gekenmerk deur helder kleure en geluk! Hy inspireer en moedig jong kunstenaars aan om hulle eie unieke styl te ontwikkel en nie iemand na te boots nie. Hy is ’n man met baie natuurlike talent, ’n hart vir die Here, en lewe daagliks sy getuienis uit. kuns kom uit sy hart en dit is ’n gawe wat net die Here vir hom gegee het. Dié Vrystaatse seun wat aan die Paul roos Gimnasium gematrikuleer het, het ná sy b.Com.-graad speels ’n verfkwas opgetel en onbewustelik ’n splinternuwe lewenskoers ingeslaan. Vandag is hy geseën om te doen waarvan hy hou. tot dusver het hy meer as 8 000 werke geskilder en verkoop. Hy glo solank hy aanhou gee, sal die Here hom aanhou seën!

BRok HARRIS het in Augustus sy 100ste wedstryd as stut vir WP teen die Cheetahs gespeel. Hy het met Vuurvas kom gesels oor dié merkwaardige mylpaal, sy drome, sy gesin en die rol wat die Here in sy lewe en besluitneming speel. “Die Here moet in elke aspek van ’n mens se lewe betrokke wees. Hy vertrou mens met iets en gee jou die gawe en daarom moet jy Hom deel maak van alles in jou lewe…” was brok se raad aan mense.

AdAM TAs, CAren en kLArA-BeLLe – “ons wil gesien word as gewone mense wat net lief is vir mekaar.” So lag en gesels Adam en Caren agter die Vuurvas-mikrofoon. kommunikasie, eerlikheid en die Here is hulle resep vir ’n goeie huwelik. Hulle bid en hy skryf oor dinge wat sy hart raak. Sy verhouding met die Here kom uit in sy liedjies. Adam tas – goueplaatkunstenaar en die skepper van die luisterjuwele Van ’n druppel tot ’n brander, ben bicycle, Jantjie koggelman, Storm van liefde en Is dit soos die hemel lyk – se splinternuwe album Man van Stof vestig dié rocker ook as vernuftige folk-, blues- en countrysanger. Daardie stem rasper deur jou siel met sy oorspronklike kom-posisies. Hy en sy vrou Caren en hulle jaaroue baba Clara-belle was Vuurvas se gaste en ons het gesels oor hulle getuienis, hulle drome en hulle liefde vir mekaar en die Here.

TANyA VAN GRAAN was verlede jaar op pad na haar 29ste verjaarsdagpartytjie toe hy op sy knieë sak en haar vra om te trou. Sý is een van Suid-Afrika se mooiste aktrises, tanya van Graan. Hý is die Deense sakeman, Kasper Kristoffersen. In Vuurvas het sy kom gesels oor haar verlowing, haar drome, haar getuienis en die rol wat die Here in haar lewe speel. tanya van Graan is baie lief vir die Here, vir mense en lief vir dit wat sy doen. ’n Passie vir die lewe, groot drome en die Here se Hand in ’n mens se lewe is haar daaglikse brood.

Page 24: Indruk Oktober 2013

oktober 201322 oktober 2013 23

omdat Vuurvas fokus op gemeenskapsopheffing, sport, vermaak en opvoeding en die program sterk klem lê

op jeugontwikkeling, was dit ook vanselfsprekend dat die aanbieders, Anton en karien, planne gemaak het om op hulle verjaarsdag iets terug te gee. In samewerking met ’n span ‘verf-engele’, soos hulle genoem is (Optima Coating, Laminin Paints en Pierre Volschenk Verfkontrakteurs), het Vuurvas ’n splinternuwe kleurvolle verfbaadjie vir die Pikkewyntjie-kinderdagsorg in kraaifontein en SnAP in Durbanville aangetrek.

Wanneer omgee ’n hartklop het, help

mense graag en so het SPAr ingeklim om te sorg dat almal middagete kon geniet.

Die 200 kindertjies in die Pikkewyntjie-dagsorg is ook bederf met kleurvolle pare kousies van die Alta du toit-nasorgsentrum. Die bosmansdam primêre skool het 2-minuut noedels geskenk om die magies te vul.

Vuurvas se eerste verjaarsdag was ’n dag van moue oprol en sweet, ’n dag van baie lag en trane afvee toe kinderstemme dankie-sê met ’n gejuig van liedjies. ’n Paar uur van ons jaar het hulle lewens verander…

Loer op Vuurvas se Facebook-bladsy (Vuurvas radio tygerberg 104fm) en lees die volgende woorde: Winston Churchill het gesê, “We make a living by what we

get. We make a life by what we give”. op 3 oktober was dit presies ’n jaar gelede dat die Vuurvas-span hulle stemme die eerste keer op radio tygerberg 104FM laat hoor het. Die woorde van Winston Churchill het onbewustelik die grondslag van Vuurvas geword.

na slegs vier maande het Vuurvas met die Mtn-toekenning weggestap as ‘Best Drive-time Programme’. Dit het die aanbieders, karien en Anton, laat besef dat die Here werklik in beheer is van hulle lewens en van die daaglikse program van drie ure.

Spreuke 16:9 word Vuurvas se slagspreuk: “ons kan ons planne maak, maar die Here bepaal elke tree wat ons gee...”

Vuurvas vier eerste jaar met

gee

die Pikkewyntjie kinderdagsorg in kraaifontein voor die tyd.

nadat die Vuusvasvennote ‘ingegryp’ het.oktober 201322

In vuurvas

karien Basson

Page 25: Indruk Oktober 2013

oktober 201322 oktober 2013 23

Page 26: Indruk Oktober 2013

In ons omgewing

luané Janse van Rensburg

oktober 201324 oktober 2013 25

’Not a disability, but a different

ability.’

Handrem los vir loslitdag

Page 27: Indruk Oktober 2013

oktober 201324 oktober 2013 25

loslitdag by paarl Skool: Agter vlnr: Tiaan Theron (Radio Tygerberg), Johan Basson (Skoolhoof: paarl Skool), Annie pienaar (Ma van Anle), Benescke Janse van Rensburg (Radio Tygerberg), Sharon Barends (Anle se fasiliteerder by Paarl skool), Jeanette van der Merwe (Bestuurder: bemark-ing en fondswerwing, Paarl skool Ontwikkelingstiging) en voor vlnr: Sedrick Taljaard (Radio Tygerberg), Anle pienaar (13 jaar oud - paarl skool), elanza Jordaan (14 jaar oud - paarl Skool) en luane Janse van Rensburg (Radio Tygerberg)

Benescke Janse van rensburg het regstreeks vanuit die 104fm buite-uitsendingsvoertuig op die parkeerterrein van Paarl skool uitgesaai. “ek het vandag geleer om dankbaar te wees vir wat ek het. Moenie teleurgestel wees as jou kind anders is nie. Anders is nie slegter nie, dis net anders. god het met elke kind ’n plan en elke kind is vir Hom spesiaal.”

S oos elke jaar is die luis-teraars van radio tygerberg onlangs op Loslitdag aangemoedig om hulle Loslit-dagplakkers te dra, want Suid-Afrikaners se bydraes van r10 per plakker maak ’n groot verskil aan die lewens van mense met gestremdhede.

Loslitdag is ’n projek van die nasio-nale raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid, ’n nie-win-sgewende organisasie wat hom bey-wer om in die behoeftes van persone met gestremdhede te voorsien.

Die tema vir vanjaar se Loslitdag was ‘Doen dit groot’. radio tygerberg en Paarl Skool het behoorlik die daad by die woord gevoeg en die handrem losgemaak vir Loslitdag. Luis-teraars en maatskappye is genooi om by ons aan te sluit waar leerlinge van Paarl Skool met mening bederf is.

Die vure is al vroegoggend aangesteek , terwyl die ouers van leerlinge begin voorberei het om almal te bederf. Die

Vencorp-groep skenk elke jaar ’n persen-tasie van hulle wins vir liefdadigheid en was verantwoordelik vir die borg van al die rolletjies, wors en vleis vir die leer-linge. “ons word elke jaar geseën met fondse vir ons onderneming en ons wil graag weer ’n seën vir ander organisa-sies wees,” sê JP Marais, direkteur van die Vencorp-groep.

Boltfast het weer verseker dat daar genoeg lekkergoed was en die bestu-rende direkteur van Boltfast, Da-neel Herselman, sê dit is so maklik om hierdie kinders se harte bly te maak – daarom dat hulle besluit het om iets te gee wat aan hulle vreugde

sou verskaf. “We don’t have a disability, we have a

different ability” – Robert M Hensel. Jeanette van der Merwe, bestuurder:

bemarking en fondswerwing van Paarl Skool se Ontwikkelingstigting, kon nie uitgepraat raak oor die gesindheid van almal wat betrokke was nie.

Die tema vir vanjaar se Loslitdag was ‘Doen dit groot’. Radio Tygerberg

en Paarl Skool het behoorlik die daad

by die woord gevoeg en die handrem losgemaak vir

Loslitdag.

Page 28: Indruk Oktober 2013

In ons omgewing

luané Janse van Rensburg

oktober 201326 oktober 2013 27

D it was onlangs weer tyd vir radio tygerberg se jaarlikse Warm Winterprojek

om komberse in te samel en onder swaarkrymense te versprei. radio tygerberg het besluit om nie die wiel opnuut te probeer ontwerp nie, maar eerder organisasies en strukture te help waardeur mense volhoubaar ondersteun en opgehef kan word en van die strate afgekry kan word. Sedert verlede jaar se Warm Winterprojek is kragte saamgesnoer met die Stad kaapstad, VrCID en badisa.

radio tygerberg speel nou ’n reuserol om blootstelling aan hierdie belangrike projek te verleen en so sy honderde duisende luisteraars te versoek om op ’n verantwoordelike manier om te gee vir die uitgeworpenes van die samelewing. Pleks daarvan om vir haweloses en straatmense geld, kos en komberse op straat te gee en hulle so op straat te hou, versoek radio tygerberg luisteraars om eerder vir hulle stort-, ete- en werkopleidingkoepons te gee. Hierdie koepons lei die hawelose of straatmens na welsynsorganisasies soos MeS en Straatwerk waar hulle in aanraking

kom met opgeleide personeel wat hulle behoeftes kan ontleed en met rehabilitasie kan help.

Checkers, Checkers Hyper en Shoprite het weer vanjaar met radio tygerberg kragte saamgesnoer om in die winter mense in nood te help. Shiloh Synergy is as die begunstigde geïdentifiseer aangesien hulle geen individue bedien nie, maar ander nie-winsgewende organisasies ondersteun met die basiese behoeftes. Hierdie samewerking verseker dat die behoeftige mens of gesin die nodige emosionele bystand ontvang, maar dit

WARM WINTERPROJEK

’n Omgee-wonder

oktober 201326

Page 29: Indruk Oktober 2013

oktober 201326 oktober 2013 27

Hier sit radio Tygerberg se bestuurspan bo-op Tafelberg. Van links is Willem erwee (Verkoops- en bemarkingsbestuurder), etienne Piek (Bedieningshoof), Hardus Zevenster (Hoof uitvoerende beampte), Johann Louw (Operasionele bestuurder) en Sedrick Taljaard (Inhoudsbestuurder)

WARM WINTERPROJEK

’n Omgee-wonder

oktober 2013 27

tafelberg nasionale Park was net so opgewonde oor hierdie projek en het hulle volle samewerking verleen. Paddy Gordon, die parkbestuurder van tafelberg, sê hulle visie is om met die gemeenskap te skakel. “Watter beter manier as om eerstehandse ondervinding op te doen van die uitdagings waarmee sekere lede van die gemeenskap te doen kry tydens die ysige winters – die gebrek aan skuiling, aan warm komberse en aan voedsame kos. Daarom steun ons die projek heelhartig.”

nadat die trollies komberse ingesamel is, het radio tygerberg en Die burger ’n verdere beroep op die publiek, besighede en selfs skole gedoen om die projek te ondersteun en komberse na radio tygerberg se kantore te bring. Protea Hotel Durbanville het onmiddellik gehoor gegee. Volgens Mynhardt de Jongh, hoofbestuurder van die hotel, is die luukse beddegoed wat hand aan hand met Protea-hotelverblyf gaan, baie alledaags wanneer jy jou heeldag daarmee omring. Juis daarom het hulle besluit om vir ’n aand die ervaring van so baie haweloses te deel en ’n nag buite in die koue deur te bring.

Vir tafelberg Meubileerders is lekker slaap ’n missie en deel van hulle daaglikse sake. Daarom het hulle 104 komberse

geskenk.Die bestuurspanne van radio tygerberg,

tafelberg Meubileerders, VrCID en Protea Hotel Durbanville het die nag van 18 Augustus die koue aangedurf en bo-op tafelberg oornag. te danke aan tMnP is die overseers Mountain Lodge beskikbaar gestel sodat hulle nie heeltemal aan die ongenaakbare koue blootgestel was nie.

“Die panoramiese uitsig oor die kaapse Skiereiland Sondagaand het my onwillekeurig laat dink aan die visie vir Radio Tygerberg wat die stasie se stigter, oom Soon Zevenster, gehad het toe hy 20 jaar gelede op die tygerberg-heuwel gestaan en die Here gevra het hoe hy die mense van die Skiereiland kan bereik met die goeie boodskap,” sê Sedrick taljaard, inhoudbestuurder van radio tygerberg. “Dit was enersyds ’n bevestiging dat die roeping van radio tygerberg om die inwoners van die kaap te beïnvloed en te besiel met Jesus se verlossingskrag, die afgelope twee dekades onveranderd gebly het. Maar as gemeenskapsradiostasie wil ons nie net voorsien in luisteraars se geestelike behoeftes nie. As die hande en voete van Jesus wil ons ook help om prakties ’n permanente verskil in die kaap te maak. Vandaar ons Warm Winterprojek.”

Van links: estelle Veldman (Shiloh Relief), lana Boyce,

(Skakelbeampte Check-ers wC), Samantha weber,

(Skakelbeampte Shoprite wC) en luané Janse van

Rensburg, (Skakelbeampte radio Tygerberg) lê behoorlik

snoesig op die hope komb-erse wat aan shiloh relief

oorhandig is.

neem die druk van die organisasie af om die items in die hande te kry. ‘Goue’ waentjies is in alle takke van Checkers, Checkers Hyper en Shoprite geplaas, waarin mense komberse kon plaas.

Vanjaar is die aandag op tafelberg, een van die sewe natuurwonders van die wêreld, toegespits. Dit was ’n soort simbool dat kaapstad toegedraai word in ’n reuse-lappieskombers teen die winterkoue. Dis presies wat radio tygerberg wou doen met ons Warm Winterprojek – komberse insamel en tafelberg ‘bedek’ onder ’n reuse-‘lappieskombers’.

104fm se luisteraars en Die burger se lesers is versoek om ons te help om ook van tafelberg die wêreld se eerste omgee-wonder te maak! radio tygerberg se bestuurspan het selfs ’n uitdaging aanvaar en op 18 Augustus bo-op tafelberg geslaap uit meelewing met al die mense wat snags koud slaap.... MItS 10 000 komberse ingesamel kon word vir diegene wat hierdie winter koud kry!

Page 30: Indruk Oktober 2013

oktober 201328 oktober 2013 29

e lke mens, elke maatskappy en elke organisasie op aarde het ’n rol om te speel om ’n uitwerking op mense se lewens te hê. Sodra jy jou rol

uitgeklaar het, vervul jy dit na jou beste vermoë en as dit positiewe gevolge het, kan ’n mens net nederig dankbaar wees.” Aan die woord is Hardus Zevenster, Uitvoerende Hoof van radio tygeberg, na aanleiding van ’n groot eer wat hom onlangs te beurt geval het.

Danksy die profiel, impak en groei van die radiostasie, is Hardus as verteenwoordiger van radio tygerberg uitgenooi na ’n hoogaangeskrewe Hardus verken Istanbul

tydens die beraad.

In ons omgewing

Marius du plooy

oktober 201328

Hardus by superberaad in Istanbul

skuur skouers met wêreldleiers

rADIo tYGerberG

Page 31: Indruk Oktober 2013

oktober 201328 oktober 2013 29

’n Spoggerige ontvangs vir die gaste van oral ter wêreld.

Hardus vertel dat mens te maklik kan dink dat dit waarmee jy besig is omvangryk is, todat jy hoor dat Coca-Cola 800 000 werknemers wêreldwyd het, dat daar elke dag meer as 2 miljard Cokes gedrink word en dat hulle 50 miljoen mense op hulle facebook-netwerk het.

een van die onderwerpe by die beraad was uiteraard kommunikasie en bemarking en alle navorsing en feite toon dat jonger mense nie voorgesê wil word nie, maar wil

“Leierskap is invloed. As ons mense se denke wil beïnvloed, moet ons daar wees waar dinge

bespreek word en gebeur, sodat ons leiers vir Jesus kan wees,” sê Hardus.

die voormalige Britse premier, Tony Blair, aan

die woord in istanbul

interaktief, wat beteken dat die gehoor direkte vrae aan die sprekers kon vra.

“Deur die besprekings en gesprekke het ek net weer besef hoe klein die wêreld is en dat beplanning en besluite wat jy neem nie sommernet-besluite mag wees nie. Alle besluite wat jy vandag neem, het langtermyn-gevolge. Van die wêreldleiers het selfs 50-jaar planne.”

Hy sê dit het baie duidelik geword hoe ingewikkeld die wêreld se ekonomieë is en dat europese en ander lande swaarkry omdat daar ’n bakhandkultuur ontwikkel het. Maatskaplike ondersteuning aan mense wat onproduktief is en geen bydrae tot die ekonomie lewer nie, melk dié lande leeg.

hê dat daar met hulle gesels word. ’n Skokkende feit wat op die beraad

geopper is, is dat meer as die helfte van die wêreld se hospitaalbeddens beset word as gevolg van swak of besmette water.

om veiligheidsredes is die inhoud van en deelnemers aan ’n verrassingspaneelbespreking geheim gehou totdat die hoof van die Joodse knesset en leier van die Palestynse bevrydingsorganisasie saam op die verhoog verskyn het. Hardus vertel dat die bespreking baie beskaafd verloop het, maar dat daar nog baie haat en wantroue is as gevolg van die diepliggende geskiedkundige verskille.

“Dit is duidelik dat geen politieke bestel

die vrede sal herstel nie, slegs die Here kan. Dit is duidelik dat albei partye vrede en oplossings soek, maar hulle is gevangenes van hulle verlede.”

indruk wou weet wat is die rol en taak van Radio Tygerberg op sulke platforms.

“Leierskap is invloed. As ons mense se denke wil beïnvloed, moet ons daar wees waar dinge bespreek word en gebeur, sodat ons leiers vir Jesus kan wees,” sê Hardus.

rADIo tYGerberG

leiersberaad in Istanbul, die Global Leadership Summit.

Duisende van die wêreld se invloedrykste sake- en ander leiers woon die jaarlikse beraad by en bywoning geskied slegs op uitnodiging. Hardus sê dit was ’n reusevoorreg om deel te kon wees van so ’n uitgelese groep.

Wêreldbekendes wat as sprekers opgetree het, was onder meer die voormalige premiers van Brittanje, Tony blair, van Griekeland, George Papandreou, en van Duitsland, Gerhard Schröder, die bestuurshoofde van British Airways, Andrew Crawley, van Coca-Cola, Muhtar kent en Ian robertson van bMW. ’n Ankeraanbieder van CNBC, Geoff Catmore, het die beraad gelei.

Gedeeltes van die beraad was

Page 32: Indruk Oktober 2013

In 0mgee-harte vir kinders

luané Janse van Rensburg

oktober 201330 oktober 2013 31

e k is spesiaal.” Dit is presies wat elke kind behoort te weet.

I am Special Ministries, in samewerking met radio tygerberg en Protea Hotel, Durbanville, het die daad by die woord gevoeg om op ’n praktiese wyse vir elke leerling van die blue Mountains primêre skool, net buite Durbanville, te laat besef hulle is inderdaad spesiaal.

’n Pragtige warm baadjie, ’n lekker koppie sop en ’n broodjie het bewys dat daar mense met omgee-harte is. Dit is mos nou hoe jy ’n verskil maak in die lewe van ’n kind. Jy trek hom of haar snoesig aan, maak seker die magie is vol en warm, en so verseker jy ’n warm hartjie.

Die nie-wins-gewende “I am Special”- bediening be-soek meer as 3 000 kinders elke week in die Wes-kaap met die boodskap: “Jy is Spesiaal”. So word die kinders vertel en gewys dat, ongeag wie hulle is, waar hulle vandaan kom of wat hulle omstandighede is, dat hulle waardig en spesiaal is omdat God hulle gemaak het. en, Hy maak nie foute nie. Hierdie boodskap word oorgedra deur middel van ’n Christelik gefun-deerde leerondersteuningsprogram.

Maar hoekom ’n klein verskil maak as jy iets groots kan doen? Die volgende

projek gaan die Wes-kaap behoorlik verander. Daar word nou reeds beplan om teen Jeugdag volgende jaar een miljoen bandjies met die woorde ek is

Spesiaal daarop, aan kinders te gee om hulle daagliks daaraan te herinner dat mense omgee. Alle maatskappye, skole, kerke of individue word dan genooi om saam hande te vat en ’n verskil te maak in die Wes-kaap. “As kinders kan besef hoe spesiaal hulle is ondanks hulle omstandighede, wat ’n wonderlike wêreld kan dit wees. Maar as almal wag op iemand anders om dit te doen, wat ’n gebreekte wêreld gaan dit bly. ons kan dalk nie hulle omstandighede verander nie, maar ons kan wel aan hulle hoop en leiding gee. en wie is beter om dit mee te deel as die leiers en volgelinge van môre?” sê Luani Oosthuizen, stigter van I am Special Ministries.

Vir meer besonderhede oor hoe om betrokke te raak by hierdie fenomenale

kinderbediening, besoek gerus www.iamspecial.org.za of kontak Luani oosthuizen by [email protected], 083 399 1685 of besoek die facebook-blad by http://www.facebook.com/ IAmSpecialMinistries.

As almal wag op iemand anders om iets te doen, sal dit ’n gebreekte wêreld bly.

Iets kleins maak ’n groot verskil

’n Pragtige warm baadjie, ’n lekker koppie sop en ’n broodjie het bewys dat

daar mense met omgee-harte is

Van links: Maryke van den Berg (Bemarkingskoördineerder: protea Hotel durbanville), luané Janse van Rensburg (Skakelbeampte: Radio Tygerberg), Mynhardt de Jongh, (Bestuurder: protea Hotel durbanville), Christine Murray (Bemarkingsassistent: protea Hotel durbanville) en Luani Oosthuizen (stigter: i am special ministries) – besig om warm baadjies uit te deel.

Page 33: Indruk Oktober 2013

oktober 201330 oktober 2013 31

ek is spesiaal! warm harte en dankbare gesiggies - die leerders van Blue Mountains Primêre skool weet nou dat daar mense is wat omgee.

maak ’n groot verskil

Radio Tygerberg se skakelbeampte, Luané Janse van rensburg, word behoorlik oorval met drukkies en glimlaggies deur die leerders van Blue Mountains Primêre skool met hulle nuwe baadjies.

Page 34: Indruk Oktober 2013

In sake

reinier Matthee, Marathon group

oktober 201332 oktober 2013 33

i n 2010 was daar ’n groot ‘storm’ aan die broei wat vir Louis en Hettie Brittz sou tref. Hulle is in die vroeë oggendure

in hulle Pretoria-woning deur ’n groepie mans oorval en dit het gelei tot huisroof, verkragting en ontvoering. Die egpaar het ondanks die intense trauma en ‘storm’ wat hulle beleef het, steeds hulle vrede behou en opnuut hulle identiteit en beskerming in die Here gevind.

Hoekom het hulle dan hierdie groot ‘storm’ so betreklik maklik oorkom, en waarom is hulle nou beter as tevore voorbereid op die volgende ‘storm’ wat die lewe hulle sou kon bied? Die kort antwoord: hulle het te alle tye, deur God se genade, die nodige perspektief behou en nie fokus verloor op die alomteenwoordige Gees van God nie!

Wat moet ons wys word uit hulle ‘stormweerbaarheid’? Hoe gaan jy jóú volgende ‘storm’ oorleef?

In die eerste plek is dit uiters belangrik om te aanvaar dat God steeds in beheer is en dat Hy te alle tye groter is as enige teenspoed wat jou kan tref. Volgens Louis is dit hoofsaaklik ’n kwessie van hoe groot God vir jou op ’n persoonlike vlak is. As jou begrip van God se grootheid beperk of skeef is, gaan jy beslis sukkel om God in Sy grootheid te ervaar ten tyde van jou ‘storm’. Uiteraard wil ons, gegewe ons menslike aard, altyd vrae stel oor wie of wat vir die ‘storm’ verantwoordelik is. Maar die fokus moet eerder val op God wat in Sy grootheid vir ons kan beklee teen die uitwerking van die ‘storm’. en soos wat Hettie getuig het, is dit die perspektief van 2 timotheus 1:7 wat haar ten tyde van die ‘storm’ laat onthou het dat sy ’n Gees het van “liefde, krag en selfbeheersing”.

Verder glo hulle dat die ‘storm’ altyd deel is van God se raadsplan vir jou

lewe. Jy moet eerder die ‘storm’ aanvaar as deel van jou karakterontwikkeling, en dit omarm as ’n geleentheid om nader aan God te kom. Jy is nie alleen in die ‘storm’ nie en soos wat Louis vertel, bekyk Hy ons nie op ’n afstand nie. Inteendeel, Hy is midde in die ‘storms’ van ons lewe en jy moet bloot jou fokus op Hom vestig en bereid wees om op sy voorsienigheid te vertrou. Hettie sê jy moet op God se stem konsentreer in die ‘storm’ en soek na wat Hy in die omstandighede vir jou wil sê of wys. Dit is nie maklik nie, maar beslis moontlik deur die Gees in ons.

Dan het die egpaar na afloop van die ‘storm’ op hulle knieë neergeval en by die Here gepleit dat Hy sy belofte in die Woord moet nakom betreffende hulle nagmerrie-ervaring, wetende dat “Hy alles ten goede sal laat meewerk” en die ‘storm’ moet gebruik om Sy koninkryk uit te bou. en dit is besig om in vele

LOuis en HeTTie BriTTZ by Sakeklub-ontbyt

God is ook in storms en teenslae

Page 35: Indruk Oktober 2013

oktober 201332 oktober 2013 33

opsigte met die Brittz-egpaar te gebeur. Hulle getuienis wat uit die ‘storm’-ervaring voortvloei, is steeds besig om mense se lewens aangrypend te raak.

ná ’n storm is daar gewoonlik ’n reënboog wat verskyn en met ons ‘storms’ in die lewe is dit presies dieselfde. Hettie het reeds ’n paar keer die ‘reënboog’ ervaar ten tyde van enersyds die ontmoetings met die verkragter, en andersyds in haar verstaan van haar verhouding tot die Here. Meer as ooit sien sy haarself as Jesus se geliefde bruid, en weet sy dat haar liggaam bloot die ‘tydelike woning’ is van haar ewigdurende siel en gees in die Here.

Louis sê ook dat ons met ’n positiewe houding moet leef en ook in die ‘storm’ moet seker maak dat ons nie onnodig negatief

word sodra ’n ‘storm’ ons tref nie. Volgens Filippense 1:6 sal “God wat die goeie werk in ons begin het, dit enduit volhou en ons nie alleen laat totdat die Here weer kom nie”.

So, waarom verloor ons dan so maklik hoop of raak ons negatief as die ‘storms’ woed? Is dit omdat ons dalk verkeerdelik aanvaar dat as ons eers in die Here is, ‘storms’ ons nie meer mag tref nie?

Louis waarsku daarteen dat ons verkeerd dink of glo. Hy herinner ons daaraan dat ‘storms’ deel is van ons lewe, en dat dit ons net meer weerbaar maak om ’n lewe van oorwinning te kan lei!

Jou God is groot en Hy is almagtig! Hy is midde-in al jou ‘storms’…

Mag die ‘storms’ ons vorentoe sterker maak en net nader aan ons alomteenwoordige God bring.

Dan het die egpaar na afloop van die ‘storm’ op hulle knieë neergeval

en by die Here gepleit dat Hy sy belofte in die Woord moet nakom

betreffende hulle nagmerrie-ervaring, wetende dat “Hy alles ten goede sal laat meewerk” en die ‘storm’ moet gebruik om Sy

koninkryk uit te bou.

Page 36: Indruk Oktober 2013

oktober 201334 oktober 2013 35

23 24

Ma

65421

14 16 1915 1817 20

7 9 128 1110

3

13

21 2622 25 27

3028 29 31

Wo VrDi Do Sa So

kalender

Oktober

gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons god bly vir ewig.

JeSAJA 40:8

oktober 201334

Page 37: Indruk Oktober 2013

oktober 201334 oktober 2013 35

Page 38: Indruk Oktober 2013

oktober 201336 oktober 2013 37

ProgrammeOnderworpe aan verandering

Maandag - okToBeR 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrOOi Anton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus07:10 – sportkollig 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 nuushooftrekke07:40 – storie van hoop08:00 – nuus08:20 – Christelike perspektief – etienne Piek08:30 – 104 nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BOnAnZA Benescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer10:00 – Bonanza Moment10:40 – Huwelik11:00 – nuus11:10 – Meer as oorwinnaars

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – 104 kook14:30 – Fokus op die Woord - dr. raymond Lombaard

15:00 - 18:00 – VuuRVAS karien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – Tema van die dag

15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – Vuurvas sport met Arnold Geerdts16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – your weekly health jab with dr M - dr. Michael Mol17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – richard de Villiers

18:00 – nuus18:05 – Hoe gemaak met geld19:30 – Aandboodskap20:15 – Wat sê die reg - frank Raymond en Rob McCreath22:00 – kerk sonder mure - dr. Hennie Lubbe

dinsdag - okToBeR 2013

01:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrOOi Anton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 nuushooftrekke07:40 – Oggendrooi ritme08:00 – nuus08:20 – Oordenking08:30 – 104 nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BOnAnZA Benescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday

life - Joyce Meyer10:00 – Bonanza Moment10:40 – Werksverskaffing & Gemeenskapsnuus11:00 – nuus11:10 – Hoe maak mens? – deon van der Berg

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek12:40 – Help jou naaste13:00 – nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – gesondheidsfokus14:30 – sout van die aarde - Ingrid Venter

15:00 - 18:00 – VuurVAs karien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – Tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – sports Wrap with Gareth Burley16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Wiele Blitz17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – richard de Villiers

18:00 – nuus18:05 – Hou my dop 19:30 – evangelie in aksie20:15 – Potpourri - Richard de Villiers21:30 – salt and light - dr. Peter Hammond22:00 – Xhosa programme

woensdag - okToBeR 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrOOi Anton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 nuushooftrekke07:40 – Hoekom?08:00 – nuus08:20 – Oordenking08:30 – 104 nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BOnAnZA Benescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer10:00 – Bonanza Moment10:40 – Ouerskap 11:00 – nuus11:10 – Vriendskapsklub

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – Hoor my!

15:00 - 18:00 – VuuRVAS karien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – Tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – Vuurvas sport met

Arnold Geerdts16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – geldsake met Hein kruger17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – denise Williams

18:00 – nuus18:05 – ek en my kind19:30 – Boodskap20:15 – Tygermedies - denise williams21:30 – shalom - esther kruger22:00 – Xhosa programme

donderdag - okToBeR 2013

24:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrOOi Anton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 nuushooftrekke07:40 – Wees veilig08:00 – nuus08:20 – Oordenking08:30 – 104 nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BOnAnZA Benescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer10:00 – Bonanza Moment10:40 – gesondheid11:00 – nuus11:10 – Boekrak - ingrid Venter11:30 – Versoeke

Page 39: Indruk Oktober 2013

oktober 201336 oktober 2013 37

ProgrammeOnderworpe aan verandering

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:15 – diere en hul dinge13:30 – Musiekmandjie14:00 – Adventures in oddessy14:30 – Program sal aangekondig word.

15:00 - 18:00 – VuuRVAS karien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – Tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – sports Wrap with Gareth Burley16:48 – Onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Brandpunt17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – Lisa Truter

18:00 – nuus18:05 – Wiele19:30 – Boodskap20:05 – Motorsportfokus - Neels Rabe21:00 – Anti-conformity - Pneumatix22:00 – Chip ingram22:30 – Xhosa programme

Vrydag - okToBeR 2013

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – OggendrOOi Anton Brink & Rouchelle liedemann

06:00 – Oggendrooi begin

06:20 – gedagte vir die dag06:30 – Hooftrekke uit die Burger06:40 – Oordenking07:00 – nuus07:10 – Vuurvas sport met Arnold Geerdts 07:20 – Verjaardae07:30 – 104 nuushooftrekke07:40 – your weekly health jab with dr M - dr. Michael Mol08:00 – nuus08:20 – Christelike perspektief – etienne Piek08:30 – 104 nuushooftrekke08:55 – groet

09:00 - 12:00 – BOnAnZA Benescke Janse van Rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce Meyer10:00 – Mans 10110:40 – Plaaslike drama11:00 – nuus11:10 – naweek joernaal

12:00 - 15:00 – Lorrein katzke

12:00 – Focus on the family12:30 – Musiek13:00 – nuus13:05 – Family time - Angus Buchan13:30 – Musiekmandjie14:00 – Wat sê jy? - Marius du plooy

15:00 - 18:00 – VuuRVAS karien Basson & Anton Treunich

15:00 – nuus15:05 – groet15:15 – Tema van die dag15:25 – Onderhoud16:00 – nuus16:05 – Verkeer en Weer16:14 – 1 Minute Leaders16:20 – Motiveringspraatjie16:30 – Verkeersverslag16:35 – Man Minute16:36 – sportkollig16:48 – Onderhoud

17:00 – nuus17:05 – 1 Minute Leaders17:25 – Wie, wat en waar17:40 – Financial minute

18:00 - 22:00 – ivan siegelaar

18:00 – nuus18:05 – sportmanne vir Christus18:40 – naweekjoernaal19:15 – Praise and Worship19:30 – Fokus op die Woord - dr. raymond Lombaard20:15 – Week wat was20:45 – Prontuit - dr. ettiene Marais21:00 – draaipunt - Lorrein katzke21:30 - Versoeke22:00 – searchlight - Past. Jon Courson22:30 – Xhosa program – umntu omtsha necebo lika Thixo - Lumka Leve

Saterdag - okToBeR 2013

03:00-06:30 – Xhosa programme

06:30 - 09:00 – ivan siegelaar

06:30 – dagbreek06:40 – Weerverslag07:00 – nuus07:05 – Musiek08:00 – nuus08:05 – Musiek08:45 – nuusoorsig van die week - Merentia van der Vent

09:00 - 13:00 – rosebud Tsobane

09:00 – Maranata Land09:30 – kom braai - dewald Visser en Richard de Villiers10:35 – Alles en nog wat11:00 – nuus11:05 – gospel Top 1012:00 – Meer as oorwinnaars - kobus Theron12:15 – Musiek

13:00 - 18:00 – ettienne smith

13:00 – nuus13:05 – Musiek13:30 – kraakvarsklanke14:00 – Musiek15:30 – kaapse klanke16:00 – Wiele - Carl en Jeanette kritzinger16:30 – Musiek

18:00 - 22:00 – André de Vos

18:00 – groet19:00 – Musiek19:30 - unshackled20:00 – Saterdagaandversoeke21:45 – Prontuit - dr. ettiene Marais22:00 – Xhosa programme

Sondag - okToBeR 2013

03:00 - 06:30 – Xhosa programme

06:30 - 09:00 – ivan siegelaar

07:00 – kerknuus07:30 – grassroots – Angus Buchan08:00 – Wie is wie van die Ou Testament – elize Parker

09:00 - 13:00 – denise Williams

09:00 – Praise and Worship10:00 – Oggendboodskap10:30 – net musiek / Just music11:30 – Musiek

12:00 – kompas vir die lewenspad - riekert Botha en eben Niemann12:30 – Musiek

13:00 - 17:00 – Louise silver

13:00 – etensuurklanke14:00 – stap deur die Bybel – dr. soon Zevenster en Marius du plooy14:30 – Musiek15:00 – goeienuus - esther kruger 15:45 – storie van Hoop16:00 – die gebedswag16:45 – draaipunt - Lorrein katzke

17:00- 20:00 – ingrid Venter

17:00 – Musiek17:15 – Hartsboodskappe – retha McPherson18:00 – Wie is ek? – Lise swart &Louis Awerduck18:45 – Pitkos vir die siel19:00 – net musiek / Just music19:30 – Aandboodskap

20:00 - 22h30 – dennis Francis

20:00 – Musiek en bemoediging20:45 – Laataand oordenking21:00 – Lewe in oorvloed - dennis francis 22:30 – Xhosa programme

Page 40: Indruk Oktober 2013

Omroepers & Program-aanbieders

Merentia vd Vent Neville Goliath Nomahlubi Msesi

Nosipho Mahlanyana

Moses swartbooi

dennis francis deon van der Berg esther kruger

ettienne smith

etienne Piek

sura swartOom soon Zevenster

pastor dlangalala Raymond lombard

siyabonga ngoboza

Richard de Villiers Rosebud Tsobane

Rouchelle liedemann

Retah Mcpherson

Mrs. MbaliMarius du plooy

louise Silver lumka leveLorrein katzke

Angus BuchanAndré de Vos

dr. ettiene Marais

Anton BrinkBenescke Janse van Rensburg

denise williams

Cois de kock Anton Treurnich

Hein kruger Hennie lubbeJeanette en CarlkritzingerIngrid Venter Ivan Siegelaar

karien Basson kobus Theron lisa Truter

oktober 201338 oktober 2013 39

Page 41: Indruk Oktober 2013

Interressant

Stephan Joubert

oktober 201338 oktober 2013 39

AKlein

is die nuwe groot voor Godlmal smag na

eenvoud. Almal wil rustiger leef. tog voel dit asof die lewe elke dag net nog meer

ingewikkeld raak. Dalk is thor Heyerdahl reg as hy sê: “Progress is man’s ability to complicate simplicity.”

Al toon vele studies aan dat die gemiddelde mens vandag meer vrye tyd het as diegene wat doer in die 18de en 19de eeu geleef het, is hedendaagse mense meer angstig, gejaagd, uitgebrand en gespanne as ooit tevore. Mense hardloop hulleself dood – letterlik en figuurlik.

Ingeval jy gedink het geloof help om mense vanself rustiger te laat leef – dis nie die geval nie. Die gelukkigste mense op aarde bly in die Skandinawiese lande, soos wat ’n paar onlangse studies aantoon, en nie in die kerk nie. om nog meer godsdienstige dinge te doen, gaan jou eintlik net nog besiger hou. o ja, en dit gaan jou boonop skuldiger laat voel as jy ontdek jy is steeds nie gelukkiger as vele nie-kerklikes nie. Godsdiens wat verkeerd verstaan en beoefen word, maak mense se lewens ingewikkelder.

Geloof moet ’n genesende effek op jou daaglikse manier van leef hê. Maar dan moet jy die volgende lewensbelangrike geheim snap: klein is die nuwe groot! net dit! kleiner is altyd groter vir diegene wat die Here se pad van eenvoud ontdek het. eenvoud in God se teenwoordigheid gebeur wannneer jy agteruit begin groei. kleiner

is altyd groter in God se oë. op sy leer van nederigheid klim jy af as jy op klim. ondertoe is hier boontoe!

Van die belangrikste woorde in die nuwe testament is dié van Jesus in Matteus 18 dat as ons nie verander en soos kinders word nie, dan sal ons nooit die koninkryk van God sien nie. nee, Hy het nooit gesê ons moet soos kinders glo nie. Jesus sê ons moet agteruit groei vanaf volwassenes tot kinders as ons God wil sien en sy vreugde wil ervaar.

om ’n kind te wees in die koninkryk van God moet jy al jou godsdienstige magstaal laat staan. Solank jy nog dink en praat in geestelike magsterme, gaan jy betower word deur alles wat groter, vinniger, sterker en beter is – soos die meeste ander mense op aarde. Dan gaan jy steeds ’n slagoffer wees van jou behoeftes aan groter dinge en dit met ’n gejaagde hart agternasit.

om ’n kind in die Vader se ryk te wees wat eenvoud ken, moet jy jou manier van kyk verander. Soos ’n klein kindjie moet jy leer opkyk na God en mense. In Paulus se woorde in Filippense 3 moet jy ander mense altyd as belangriker as jouself beskou. Dan raak jou lewe strate eenvoudiger. Dan word dit ook rustiger, omdat jy skielik nie meer in lewenslange mededinging gewikkel is om die voorste sitplekke in die kerk of die wêreld in te neem nie.

om ’n kind te wees voor God, moet jy dag vir dag vreugde in klein dingetjies vind. Maak ’n punt daarvan om gereeld te kyk hoe die son ondergaan. of om net in jou tuin te sit en God se mooi

skepping te geniet. en om elke dag iets kleins voor sonsaktyd vir iemand in Christus se naam te doen.

Word kleiner teen die spoed van een opregte gebed op ’n keer; een stukkie omgee; een woord van bemoediging; een oorwinning; een stukkie daarwees. o ja, en moenie ophou leer nie. kinders in God se koninkryk is leergierig. Hulle kan nooit genoeg ou en nuwe skatte in die skatkamers van sy Woord ontdek nie.

Word asseblief net weer ’n kind aan jou Vader se voete. Dit sal jou lewe strate eenvoudiger maak... nog belangriker – dit sal jou die koninkryk van God deelagtig maak!

Stephan Joubert

Page 42: Indruk Oktober 2013

In beeld

deur Bridgette erdey

oktober 201340 oktober 2013 41

So dikwels leef ons volgens die pad wat ons glo ons lewens moet neem. Ons beplan alles in die

fynste besonderhede en doen alles in ons vermoë om te verseker dat ons beplanning uitwerk, maar dikwels gebeur daar die onvoorsiene wat al ons planne omverwerp.

Wanneer dit gebeur kan ons nie verstaan waarom God so ’n ontwrigting toelaat nie. Die vraag is egter of ons ooit stop om te dink dat die planne wat ons vir onsself maak nie noodwendig strook met God se plan vir ons lewens nie?

Vind die doel in jou lewe..This is our time is ’n verhaal

van vyf studente wat ’n wêreld van moontlikhede aan hulle voete het. Catherine en Ryder besluit om deel te word van die korporatiewe wêreld, terwyl Ale en Lukas na Indië gaan om te werk vir “Embrace A Villiage”. Ethan is die enigste lid van die groep wat voel dat hy nog nie sy roeping gevind het nie en hy besluit om in sy pa se restaurant te gaan werk.

Al die karakters is so gefokus op wat hulle moet doen in die lewe dat hulle vergeet om te dink oor wat God wil hê hulle moet wees. As gevolg van tragiese omstandighede word hulle

geloof getoets. Dit bring ’n paar van hulle nader aan mekaar, maar dryf sommige ook uitmekaar. Aan die einde van die dag moet die groep die moed bymekaar skraap om hulle roeping te vervul, ondanks die uitdagings wat hulle in die gesig staar – ’n vraag wat ook op ons van toepassing is.

Die fliek het geloof- gebaseerde rolprent-swaargewigte, Eric Roberts en Bruce Marchiano. Roberts speel Ethan en Alé se pa, ’n man wat onsensitief en ongenaakbaar is teenoor sy kinders, veral Ethan. Marchiano beeld die wyse kollege-professor uit by wie die vriende dikwels raad kom vra. Die vervaardiger David A.R. skryf: “Ek dink die draaiboek is so van toepassing op vandag, want dit gaan oor jongmense wat net klaar is met hulle studies en derhalwe probeer om vas te stel wat hulle doel in die lewe is. Dit is ’n vraag waarmee ek dink ons ons almal kan vereenselwig.”

Die film is lighartig, maar roer tog relevante en ernstige kwessies aan wat ons almal in een of ander stadium in ons lewens ervaar. Die waarheid is eenvoudig dit: ons tyd is nie ons eie nie, dit behoort alles aan God.

weN 1 van 3 This is our Time DVD’s.

SMS Kruis + INDRUK4 en jou naam aan 33282. Elke SMS kos R1,50.

Gratis en bondel- SMS pakette is nie van toepassing nie. Die wenners sal op

1 Oktober 2013 verwittig word en op Brettian Productions se facebook-bladsy

aangekondig word.

This is our time - DVD

Page 43: Indruk Oktober 2013

oktober 201340 oktober 2013 41

Musiek van liefde en genade Brandpunt Is ’n aanbiddings- beweging wat in Schweizer-Reneke ontstaan het. Hierdie groep bestaan uit Ian en Jana Nieuwenhuizen en wil hê dat ons moet terugkeer na wat dit beteken om God en mense lief te hê. Hulle tweede album Kom nader is eerlike lof- en aanbiddingsmusiek in Afrikaans wat jou gaan uitnooi om net weer in eenvoud aan God se voete te kom sit. Luister na Hemelruim, Soos trane en Kom nader! Hierdie album bestaan uit ’n CD en DVD, met drie kort video’s wat ingesluit is. Die album sal jou op verskeie vlakke verras – dit is beslis een van die beste plaaslike aanbiddingsalbums van 2013.

One Crown Die rockers van Potchefstroom is terug met hulle derde album, Kwesbaar. Die gehalte en lirieke van hulle liedjies gaan jou beslis verras! Hierdie groep het in 2012 weggestap met ’n Ghoema- en Huisgenoot Tempo-toekenning in die beste Rock Album-kategorie. Die album fokus op die feit dat ons ’n teiken van God se liefde en ’n trofee van Sy genade is. Luister gerus na Kyk na my en Oorvloed, maar daar is tien snitte wat elkeen op sy eie briljant is en wat die album in geheel ’n meersterstuk maak.

In klank

ettienne smith

Page 44: Indruk Oktober 2013

oktober 201342 oktober 2013 43

e en ding is seker – as jy wil weet of enige 4x4 sy man kan staan in die bos, gee dit net vir my om te bestuur, want kom ons wees

nou maar eerlik: Wat ek van 4x4-ry af weet, grens aan gevaarlik.

ek weet gelukkig darem genoeg om myself te kan brandmerk as ’n gemiddelde 4x4-bestuurder. Isuzu het my genooi om die nuwe kb-reeks in die baviaanskloof (baviaan is nederlands vir bobbejaan) te gaan toets en ek het maar net gehoop dat die trek deur die kloof nie my swakhede sou uitwys nie.

Isuzu het drie weergawes van die kb beskikbaar gestel, waarvan die enigste petrolenjin in die kb240 was. Die ander twee kb’s was die 250 en 300 dieselmodelle. Met ons aankoms in Port elizabeth is ons deur die Isuzu Driving Academy-span verwelkom, wat belowe het om ons stap vir stap deur die baviaanskloof te lei. Vir die volgende dag of twee sou ons die Isuzu kb-reeks nie net blootstel aan die langpad nie, maar ook in ’n gebied bestuur waar die gewone ou dit seker nooit sal waag om te ry nie.

was nie. ons het voorwaar geklim waar ’n bobejaan ’n kierie nodig het.

Die tweede dag was ’n kombinasie van rivierkruisings, nou paadjies langs loodregte kranse, modderige en steil bergpasse. elkeen van ons het ’n kans gekry om al die modelle te bestuur en ek moet sê, die twee dieselmodelle is sonder twyfel die beste opsies. Die kb240 se petrolenjin kon op alle terreine saam met sy dieselboeties loop, maar dit was duidelik dat dit meer inspanning en bestuursvernuf geverg het.

na ure se pret en plesier het ons weer die pad Port elizabeth toe aangedurf. Vir oulaas kon ons die legendes se bene rek

en lekker gesels oor ons bestuursindrukke. Die Isuzu kb het maar net weer gewys

dat dit vir elkeen van ons moontlik is om so ’n bietjie avontuurlustig te raak, maak nie saak hoe gesout jy is as dit by 4x4-ry kom nie. Sy gedrag op die oop pad was ook baie goed en het ook weer beklemtoon dat die moderne bakkie nie net vir boere en bosbekruipers bedoel is nie, maar ook vir ons gewone ouens wat op soek is na ’n ryding wat op alle vlakke beïndruk. Moenie net nog ’n motor koop nie – koop vir jou ’n nuwe leefstyl!

oktober 201342

vir boer

e en

bosbekru

ipers ni

e!

In rat

deur Carl kritzinger. Luister na Carl en Jeanette se program Wiele elke donderdag om 18:00 en saterdae om 16:00 op 104FM

Die eerste dag was ’n kombinasie van lang, reguit teerpaaie, wat ons deur dorpies soos Willowmore en Steytlerville sou neem en lekker breë grondpaaie wat die bakkie se padhouvermoeë op los gruis goed sou toets. Soos daardie tV-advertensies egter sê, “en, dit is nie al nie!”, want daar was ’n lekker verrassing teen die einde van die dag – ’n steil rots- en gruispaadjie tot bo-op een van die uitkykpunte. ’n kort verduideliking oor hoe ons dié ou ‘bultjie’ moet aandurf, is

gevolg deur ’n versoek – en die boodskap was eenvoudig: As jy nie dink jy is opgewasse om die baie steil (300 meter) opwaartse klim in slegs 1,5km baas te raak nie, moet jy maar liewer saam met een van die ander dapper siele ry.

niemand wou bang Jan wees nie en elkeen het vol bravade agter die stuur ingeskuif – en met groot welslae. Die kb het die taai klim sommer maklik baasgeraak, danksy ’n goeie onderstel en veringstelsel, met genoeg wringkrag om jou te neem na plekke waar jy nog nooit

Isuzu het drie weergawes van die KB beskikbaar gestel, waarvan die

enigste petrolenjin in die KB240 was

Page 45: Indruk Oktober 2013

oktober 201342 oktober 2013 43

Page 46: Indruk Oktober 2013

En jyo ns word dikwels aan ons

woorde getoets. Dit is nie altyd so maklik om sommer op ’n oproep te reageer, veral wanneer jy

self planne gehad het nie. Dan kom die toets – hoe reageer jy? To walk the Talk…

Die groot stuk bevrediging kom wanneer jy uit jou gemaksone beweeg en besef dis eintlik ons God en Vader wat hierdie geleentheid orkestreer, die dialoog vorm en die vlam van hoop opnuut in harte aan die brand steek. Dan ervaar jy dat God die outeur bly wat ons lewensblaaie vol skryf met Sy onuitspreeklike genade, deernis, begrip en oorweldigende liefde. Dan weet jy dat jy hierdie reis

kan voortsit met die wete: Hy is altyd in beheer en op elke aspek van my en jou lewe ingestel.

Wanneer ons regtig gesels oor onselfsugtigheid, is Jesus Christus vir ons die enigste ware Voorbeeld van hoe om jouself te gee.

In Joh.13:1 lees ons die bekende woorde toe Jesus die dissipels se voete gewas het – Hy het sy eie mense wat in die wêreld is liefgehad, hy het hulle tot die UIterSte toe liefgehad.

ons het met Paasfees die voetewas-ritueel in ons kerk toegepas en die belewenis daarvan was oorweldigend.

Hand. 9:36 vertel van die vrou, tabita, wat altyd besig was om goed te doen en die armes te help. Sy het egter siek geword en gesterf, en Petrus word met

snikkende weduwees gekonfronteer.Hierdie vrou se goeie dade was in

die hele Joppe bekend, asook die manier waarop sy by mense in nood werklik stilgestaan het. En jy kan jou net voorstel dat hierdie gebeure geen geringe opskudding in daardie dorp veroorsaak het nie. oral waar mense byeengekom het, is hierdie gebeure oor en oor vertel, asook Petrus se gehoorsaamheid om onmiddellik op die opdrag te reAGeer.

Hoeveel is ek en jy bereid om van onsself te gee? Die Heilige Gees rus ons toe met die regte vaardighede, ’n gewillige oor en bereidwilligheid om vandag ’n verskil te maak.

ek het geleer dis slegs vandag wat tel…

In Joh.13:1 lees ons die bekende woorde toe Jesus die dissipels se voete gewas het – Hy het sy eie mense wat

in die wêreld is liefgehad, hy het hulle tot die UITERSTE TOE liefgehad

In verwondering

Jean Muller

?

oktober 201344 oktober 2013 45

Page 47: Indruk Oktober 2013

In breë trekke

Louis Awerbuck

oktober 201344 oktober 2013 45

T ot 15% van Suid-Afrikaanse egpare het ’n probleem met onvrugbaarheid (onder medici bekend as infertiliteit). Dit is ’n baie hoë syfer! Dit lyk asof mense nie altyd presies verstaan wat

onvrugbaarheid is en hoe dit met miskraam verband hou nie. onvrugbaarheid word so genoem as ’n vrou binne die

bestek van een jaar verskeie mislukte pogings aanwend om swanger te raak. As sy herhaaldelik miskrame het, word dit ook infertiliteit genoem. ’n Miskraam beteken nie noodwendig dat sy onvrugbaar is nie, maar daar kan ’n verband wees. basies is daar vyf mediese oorsake: manlike faktore (bv. impotensie, hormoontekort), verstopte Fallopius-buise by die vrou, probleme met ovulasie, en fibroïde. Dit word verder algemeen aanvaar dat emosionele faktore soos angs en depressie ’n groot rol speel, veral in die onvermoë om swanger te raak.

op baie mense wat hiermee sukkel kan dit ’n negatiewe sielkundige invloed hê, nie net vir vroue nie, maar ook vir die mans wat in die verhoudings betrokke is. navorsing toon dat mense wat onvrugbaarheid ervaar baie meer geneig is om aan simptome van depressie en/of angs te ly as ander. Verskeie mense beskryf onvrugbaarheid as die ergste en mees traumatiese ervaring van hulle lewe.

Daar is waarskynlik nie een vrou vir wie dit nie traumaties is nie. ’n Miskraam is nie net die einde van ’n swangerskap nie, dit is ook die einde van ’n droom. Selfs al was iemand net ’n paar dae lank swanger, het sy reeds oor die geboortedatum, name vir die baba en haar lewe as ’n ma gedink. Verder kry mens ook die indruk dat die samelewing nie altyd die intense verlies van ’n miskraam verstaan nie en soms selfs verwag dat die vrou na ’n paar dae “daaroor moet kom.” Dit is natuurlik baie onregverdig.

Verskillende emosies kan op ’n vrou wag na ’n miskraam. Dit is algemeen dat vroue selfs ’n hele reeks emosies na ’n miskraam ervaar. Gevoelens wat algemeen voorkom is ongeloof of ontkenning, emosionele “dofheid” of afgestomptheid, skuldgevoelens, hartseer, terneergedruktheid en gebrek aan

konsentrasie. Hormonale veranderinge na ’n miskraam kan hierdie emosies natuurlik vererger.

Die belangrikste ding wat mens moet onthou, is dat ’n miskraam ’n geweldige persoonlike verlies is, en verlies op so ’n diep vlak is altyd traumaties. Enigiemand wat al ’n geliefde aan die dood afgestaan het, kan empatie daarmee hê.

Dan is daar natuurlik ook mans wat sukkel met onvrugbaarheid,

of ’n man wie se vrou ’n miskraam gehad het. oor

die algemeen praat mans minder oor die verliese wat hulle ervaar en is hulle minder geneig om hulp of ondersteuning te soek. Mans is meer geneig om op te tree, bv. deur inligting oor onvrugbaarheid in te

win. Dit beteken nie dat hulle nie ook swaarkry

nie. Al ‘begrawe’ die man hom dalk in sy werk, ervaar

hy ook trauma, verlies en veral skuldgevoelens. Daar word ook van die

man verwag om almal by te staan, veral sy vrou. Die belangrikste vorm van ondersteuning is om na

die vrou te luister. ons as mans wil graag help en is geneig om oplossings uit te dink, maar in hierdie geval

gaan dit nie help nie. ’n Man kan as buffer dien, deur bv. hulle naasbestaandes en vriende namens die vrou te skakel

en hulle oor die situasie in te lig. Hy kan homself en sy vrou ook toelaat om hulle ’n ruk lank aan sosiale bedrywighede te onttrek, indien sy dit sou verkies.

Hier is ’n brokkie praktiese raad vir vroue en mans: Ek weet dit is maklik om te praat, maar dit is belangrik om uit te reik na die mense na aan jou. Vra vir begrip, omgee en ondersteuning. As dit moontlik is, gaan vir berading, vir jouself en jou huweliksmaat. Dit is belangrik om te onthou dat elke mens sy of haar eie tyd het en dat die verwerking van ’n verlies soms baie lank kan duur. Vreemd soos dit mag klink, kan oorhaastigheid die herstelproses eerder vertraag as aanhelp.

(Vanselfsprekend loop gebed ook hand aan hand met die herstelproses – Red.)

Onvrugbaarheid

en miskraam

Page 48: Indruk Oktober 2013

oktober 201346 oktober 2013 47

l ooit daaraan gedink dat julle julle vriende se huwelik kan help red – selfs al is julle nie beraders nie? Die dae is lankal

verby dat ons op die kantlyn mag staan en sê: “Hulle sake het niks met ons te doen nie.”

“Hmmm, ek kan sien dinge is nie lekker by die Meyers nie,” sê jy op pad terug van die verjaardagpartytjie. “Het jy gesien hoe Danielle haar oë gerol het toe Dawie gesê het oom boet is ’n goeie oupa? Hulle het die hele aand oogkontak vermy en dit gaan nou al ’n ruk lank so.”

Manlief huiwer ’n paar oomblikke en sê dan: “Bly jy net doodstil. Dis nie ons plek om in te meng nie. Daardie twee moes nooit getrou het nie en jy weet dit.”

Is dit hoe die woorde van goeie vriende klink? Miskien nie, maar dit is hoe ons grootgemaak is. om nie in te meng nie, oftewel “nie ons neuse in ander mense se sake te steek nie”. en ja, om nie betrokke te raak nie, is ’n baie gerieflike en veilige uitweg. Maar dink mooi daaroor – julle het vriende geraak omdat julle van mekaar hou, sieninge deel en waarskynlik dieselfde tipe mense met dieselfde geloof is. Na wie toe draai ’n paartjie in nood, vóór dinge só ernstig raak dat dit huweliksberading verg – of erger, in die skeihof eindig?

In ’n IntIeM-onderhoud het die akteurspaar James en Anel Alexander gesels oor die stelsel van accountability couple (toerekenbare paartjie). Dit behels dat jy as huwelikspaartjie ’n ander paartjie in julle lewens het met wie julle openhartig kan gesels oor julle huwelik. Sou een party in die versoeking kom om byvoorbeeld ’n buite-egtelike verhouding aan te knoop, kan hy/sy betyds met vrymoedigheid daaroor met sy/haar vriend (wat deel uitmaak van die accountability couple) praat, sonder om veroordeel te word. Daardie vriend rig en lei hulle dan deur hulle daaraan te herinner waarom dié huwelik te kosbaar is om prys te gee. Wat die stelsel suksesvol maak, is dat die toerekenbaarheidspaartjie vooraf gekies word en dat dit ’n wederkerige situasie is (deurdat julle as paartjie ook weer op bystand is vir die ander paartjie, indien dit nodig word). Dit is ook heeltemal

deursigtig en al vier partye weet dat daar ’n oop kommunikasiekanaal is tussen die twee mans en die twee vroue sodat daar nie oor die huwelik ‘geskinder’ word nie, maar dat die vryheid heers om te ‘bieg’ wanneer probleme voorkom met die oog op hulpverlening.

Maar hoe gemaak as jy sien jou vriende se huwelik is reeds in die moeilikheid? Wanneer het jy die reg om in te gryp? Iemand het gesê dat as jy by ’n paartjie se troue was, jy verplig is om in te gryp wanneer jy sien hulle gaan deur ’n moeilike tyd.

Hoe gryp julle in? As jy nie die nodige kennis het nie, is dit dalk nie ’n goeie ding om persoonlik betrokke te raak by raadgewing nie. Jy wil graag help, maar onthou dat jou rol as ‘luisteraar’ dalk waardevoller is as wat jy dink. Wees daar wanneer sy wil gesels, maar maak ook seker dat haar behoeftes nie jou eie huwelik insluk nie (dit is ook waar-om dit beter is as julle as paartjie betrokke is, sodat julle met mekaar daaroor kan praat en daar nie ’n wanbalans ontstaan nie).

HIeR IS NoG ’N pAAR weNke:

1bid vir hulle by die naam en vra God om in te gryp in hulle huwelik. Vra Hom ook

om jou en die mense om hulle die wysheid te gee om hulle te help.

2 Luister. Dit beteken nie net om te hoor nie, maar om empatie te toon, te

probeer verstaan en regtig belang te stel in hoe dit met hulle gaan.

3Moenie raadgee nie, want jou uitsluitlike taak is om te luister. Wees

beskikbaar op jou telefoon, e-pos en vir persoonlike afsprake wanneer hulle jou nodig het.

4Wees versigtig vir jou eie bagasie! onthou, die meeste van ons het ons

eie gevoelens, geloofstelsel en ervarings, wat ons bevooroordeeld maak as dit by ander se verhoudings kom. Dit is soms moeilik om heeltemal objektief te

bly, en daarom is dit beter om die berading aan ’n professionele persoon oor te laat.

5onthou dat julle huwelik veral broos is wanneer julle ’n ander paartjie bystaan

met huweliksprobleme omdat julle deur dieselfde worstelings moet werk as hulle.

6Moenie die probleem vererger nie. Moenie toelaat dat jou ondersteuning

gesien word as aanmoediging om ’n egskeiding te kry nie. Jou werk is om hulle te lei om die regte hulp te kry.

7 Help hulle om wyd te dink. Dra goeie navorsingsboeke en webadresse aan

sodat al die feite mooi oorweeg kan word wat hulle nodig mag kry om hulle huwelik weer op die regte pad te plaas.

8onthou altyd dat die oorlewing van hulle huwelik nie van jou afhang nie. Jy

het hulle nie by mekaar gebring nie en jy kan hulle ook nie by mekaar hou nie.

9Moenie skinder nie. Dit klink voor die hand liggend, maar dit is só belangrik.

onthou dat die persoon jou in haar vertroue geneem het deur haar diepste seer met jou te bespreek.

10Help hulle om die regte hulp te kry. Soveel IntIeM-lesers skryf aan ons

omdat hulle nie weet waar om die regte berader/seksuoloog/terapeut op te spoor nie. Soek na die regte kenner in hulle omgewing om hulle te help. kyk gerus ook by http://www.intiem.co.za/handige-kontakbesonderhede-2.html vir meer inligting oor professionele hulp in jou area.

onthou, dit maak nie saak hóé sterk jou huwelik is nie, jy en jou maat leef nie in ’n vakuum nie en wat jou omring, sal ’n uitwerking op jou hê. omring julle dus met positiewe huwelike. As julle besluit het om ’n ondersteuningsnetwerk vir julle huwelik te skep, het julle ’n belangrike stap gedoen om die bedreigings van verhoudingsafsondering teen te werk.

uit intiem

oktober 201346

AJou vriende se huwelik...

byko

men

de b

ronn

e: fo

cuso

nthe

fam

ily.c

om, b

log.

smal

lgro

ups.

com

, mar

riage

miss

ions

.com

, pow

erto

chan

ge.c

om.

Page 49: Indruk Oktober 2013

oktober 201346 oktober 2013 47

Yes, your business can advertise here!

Contact Charmaine Boshoff on082 066 5675 or 021 936 8131

or send an email to [email protected]

www.intiem.co.za

Page 50: Indruk Oktober 2013

klein indruk

deur Lorrein katzke

oktober 201348 oktober 2013 49

ulle is gewoonlik só maer dat jy hulle ribbes sommer maklik kan tel, so duidelik steek dit onder hulle velle uit. Partykeer het hulle sulke kaal kolle op

hulle velle en hulle is amper altyd baie vuil.Hulle kyk so heen en weer en hardloop sommer so al asof hulle

nie weet watter kant toe nie. Oe, as ek so sien hoe hulle van die een kant van die pad af na die anderkant toe hardloop, dan knyp ek my oë styf toe en ek wag net om te hoor hoe ’n motor hulle hard stamp.

ek kry hulle so jammer, want ek weet dat hulle nie ’n huis het of ’n baas wat vir hulle omgee nie.

“basjan,” vra ek dan, “hoekom sorg party mense nie vir hulle honde nie? Weet hulle dan nie dat ’n hond ’n baie goeie vriend is nie?”

Dis die enigste keer dat ek dan vir basjan sien hartseer lyk. So amper asof hy trane in sy oë kan kry. Dit maak my ook sommer hartseer, want basjan is altyd gelukkig, behalwe as ons oor weggooihonde praat.

“Heidi,” sê hy dan altyd in sy allermooiste stem, “jy moet onthou, as my baas my nie opgetel het nie, was ek ook vandag ’n straathond.”

“Vertel my weer die storie, basjan, toe asseblief?” vra ek.

“Ai, jy ken die storie al net so goed soos ek,” lag basjan, maar hy gaan sit stadig op sy agterpote en dan sak hy af op sy voorpote. As hy eers sy voorpote oormekaar vou en sy kop laat sak, dan weet ek nou moet ek mooi luister, want hier kom die mooiste storie van almal. Die storie van basjan die straathond.

“ons was baie hondjies,” sê basjan en sy stem raak sagter.“My ma het aanmekaar kleintjies gekry en sy was later só

maer dat sy soos ’n sak vol bene gelyk het.“Ek en my boeties en sussies was elke dag altyd honger. My

maag het so geraas dat ek nie eens kon slaap nie. boonop het my maag so gepyn van die honger, dat my ogies droog gehuil was en my keel heeltemal hees van die skree.”

ek probeer hard om te dink hoe dit moet voel om só honger te wees, maar ek kry dit nie reg nie, want my kos is altyd in my bakkie as ek honger is en daar is altyd skoon water om te drink.

“en toe, basjan?” vra ek, maar ek ken die storie baie goed en ek is net haastig om weer alles te hoor.

“My ma het so hard probeer om vir ons almal melk te gee, maar sy was self honger en swak en sy het amper glad nie melk gehad nie. Sodra sy gaan lê het dat ons aan haar kan drink, het al my boeties en sussies gestamp en gestoot om by haar uit te kom en omdat ek die kleinste was, het ek altyd heel laaste by my ma uitgekom.

“ek het eendag onder ’n ou koerant ingekruip en van die honger aan die slaap geraak. Hoe lank ek geslaap het, weet ek nie, maar toe ek weer wakker word, was my ma en al die ander kleintjies skoonveld!”

“Skoonveld, basjan? Wat beteken dit?” vra ek verbaas“Dit beteken hulle was net weg. Heeltemal weg.“oe, daardie dag het ek omtrent gehuil. ek het gesoek en

gesoek, maar my ma en my boeties en sussies was nêrens nie.“Skielik hoor ek net ’n harde gegrom en toe ek opkyk, kom

’n groot swart hond op my afgestorm. ek wou nog wegkruip, maar soos blits gryp hy my aan my nekvelle met sy

groot geel tande en toe weet ek, vandag eet hy my pens en pootjies op!”

ek kan nie meer luister nie en ek vou my voorpote oor my

ore.“en toe, basjan?” vra ek

en ek loer net met my een oog op na basjan wat nou sommer baie hartseer lyk.“Dis toe dat ek ’n man

skielik hoor skree: Los uit! Los uit! en hy slaan met ’n stok op ’n

blik dat dit klink soos die hardste blaf wat jy nóg gehoor het.“Daardie swart hond het my

net daar laat val en so vinnig soos blits weggehardloop. Met sy groot, growwe hande het die man my

opgetel en oor my kop en ore gevryf. Hy het so mooi met my gepraat en my onder sy trui gesit en lekker styf vasgehou.

“toe hy daardie dag vir my sagte warm kos en skoon water gee, kon ek nie ophou eet nie. Dit was ’n baie goeie dag en net daar het ek geweet, hierdie baas sal ek volg waar hy ook al gaan.

“Ja,” sê basjan. “Dit kon net sowel ek gewees het wat nou so maer en vol sere is. en dink net,” lag hy, “dan het ek dalk nooit vir jou leer ken nie!” Hy kyk na my en sy oë lyk bly.

nou lag ek weer, want basjan lyk sommer baie gelukkig.“Dan is ek ook bly, basjan,” sê ek en binne-in my is ek net so

bly dat my beste vriend hier langs my lê.

Het jy al ’n rondloperhond gesien?

Die avonture van

Heidi en Basjan

H

Page 51: Indruk Oktober 2013

oktober 201348 oktober 2013 49

Kom vaar saam met ons!

Page 52: Indruk Oktober 2013