5
1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR Eerstens wil ek graag elke leerder, ouer en onderwyser ʼn geseënde 2019 toewens. Mag ons almal daarna strewe om ʼn positiewe invloed op die mense om ons sowel as ons wonderlike land te hê. Vervolgens wil ek graag die Midstreamklas van 2018 gelukwens met hul uitsonderlike uitslae. Ons is baie trots op hulle 100% slaagsyfer, 98.7% universiteitsgraadvrystelling en hulle 438 onderskeidings. Ons salueer ook graag vir Danica Meiring en Robyn Ferguson met hul 10 onderskeidings elk – meer detail in verband met die uitslae volg later in die nuusbrief. Maar in idiomatiese taal is die koning dood ... die klas van 2018 is besig om hul pad ná skool te vind en lank lewe die koning ... die matriekklas van 2019 het reeds deur hul deelname en gees die afgelope week gewys dat hulle waardige opvolgers gaan wees. My wens is dat elke graadtwaalf se laaste jaar op die Collegebanke pretbelaai en genotvol sal wees. ‘n Spesiale welkomswoord aan elke nuwe onderwyser en leerder in Midstream. Ons voornemende graadagts werk nog hard daaraan om volwaardige Midstream-leerders te word. Ek wil graag elke graad 8-ouer uitnooi na hul inhuldigingsfunksie volgende Donderdag, 31 Januarie om 18:30 in die saal. Ek wil voorts ook elke graad 8-ouer uitnooi na jul eerste geleentheid om ʼn Koffie-met-Carel-sessie by te woon. Gedurende hierdie informele kuier kry ons die geleentheid om mekaar beter te leer ken en te gesels oor die dinamiese College-omgewing. Die kuier is geskeduleer vir Donderdag, 7 Februarie vanaf 07:30 tot 08:30 in die personeelkamer. Laat weet asb. vir Debbi by [email protected] indien u belangstel. Graad 9 tot 12 ouers sal op Donderdag, 14 Februarie jul geleentheid kry. Carpe, carpe. Carpe diem. Seize the day, boys. Make your lives extraordinary.# My uitdaging aan elke leerder vir 2019 – Carpe Diem: Gryp elke akademiese, sport-, kultuur- en sosiale geleentheid aan. Bowenal gryp elke geleentheid aan om ʼn positiewe invloed op jou familie, vriende, die College en ons land te hê en maak 2019 ʼn uitsonderlike jaar. # ʼn Aanhaling van Mr Keating in die film Dead Poets Society. Dead Poets Society is ‘n 1989 Amerikaanse film met Robin Williams in die hoofrol. Die film handel oor ʼn inspirerende Engelse onderwyser by ʼn konserwatiewe kosskool Welton Academy. MIDSTREAM COLLEGE Omsendskrywe 01/2019 • 24 Januarie 2019

Skoolsake - Midstream College

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Skoolsake - Midstream College

1

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR Eerstens wil ek graag elke leerder, ouer en onderwyser ʼn geseënde 2019 toewens. Mag ons almal daarna strewe om ʼn positiewe invloed op die mense om ons sowel as ons wonderlike land te hê. Vervolgens wil ek graag die Midstreamklas van 2018 gelukwens met hul uitsonderlike uitslae. Ons is baie trots op hulle 100% slaagsyfer, 98.7% universiteitsgraadvrystelling en hulle 438 onderskeidings. Ons salueer ook graag vir Danica Meiring en Robyn Ferguson met hul 10 onderskeidings elk – meer detail in verband met die uitslae volg later in die nuusbrief. Maar in idiomatiese taal is die koning dood ... die klas van 2018 is besig om hul pad ná skool te vind en lank lewe die koning ... die matriekklas van 2019 het reeds deur hul deelname en gees die afgelope week gewys dat hulle waardige opvolgers gaan wees. My wens is dat elke graadtwaalf se laaste jaar op die Collegebanke pretbelaai en genotvol sal wees. ‘n Spesiale welkomswoord aan elke nuwe onderwyser en leerder in Midstream. Ons voornemende graadagts werk nog hard daaraan om volwaardige Midstream-leerders te word. Ek wil graag elke graad 8-ouer uitnooi na hul inhuldigingsfunksie volgende Donderdag, 31 Januarie om 18:30 in die saal. Ek wil voorts ook elke graad 8-ouer uitnooi na jul eerste geleentheid om ʼn Koffie-met-Carel-sessie by te woon. Gedurende hierdie informele kuier kry ons die geleentheid om mekaar beter te leer ken en te gesels oor die dinamiese College-omgewing. Die kuier is geskeduleer vir Donderdag, 7 Februarie vanaf 07:30 tot 08:30 in die personeelkamer. Laat weet asb. vir Debbi by [email protected] indien u belangstel. Graad 9 tot 12 ouers sal op Donderdag, 14 Februarie jul geleentheid kry.

Carpe, carpe. Carpe diem. Seize the day, boys.

Make your lives extraordinary.#

My uitdaging aan elke leerder vir 2019 – Carpe Diem: Gryp elke akademiese, sport-, kultuur- en sosiale geleentheid aan. Bowenal gryp elke geleentheid aan om ʼn positiewe invloed op jou familie, vriende, die College en ons land te hê en maak 2019 ʼn uitsonderlike jaar.

# ʼn Aanhaling van Mr Keating in die film Dead Poets Society. Dead Poets Society is ‘n 1989 Amerikaanse film met Robin Williams in die hoofrol. Die film handel oor ʼn inspirerende Engelse onderwyser by ʼn konserwatiewe kosskool Welton Academy.

MIDSTREAM COLLEGE

Omsendskrywe 01/2019 • 24 Januarie 2019

Page 2: Skoolsake - Midstream College

2

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

OPVOEDKUNDIGE TOER NA INDIË EN VAE 2019 Die opvoedkundige toer na Indië en die Verenigde Arabiese Emirate gedurende September/Oktober 2019 raak vinnig vol. Die toerprogram sluit die volgende stede in:

Delhi & Agra – 2 nagte elk

Jaipur & Kalakho – 1 nag elk

Mumbai & Dubai – 3 nagte elk

Akkommodasie is gebaseer op viersterdelux-hotelle en sluit 12 ontbyte, 9 middagetes en 10 aandetes in. Indien u enige navrae het, is u welkom om me. Danelle du Preez te kontak by [email protected].

Kyk gerus na ons video by https://youtu.be/Es4jlrVkVeA.

Akademie

MATRIEKUITSLAE Die matrieks van 2018 het puik uitslae gelewer, ons beste nog. Die 159 matrieks het ‘n 100%-slaagsyfer behaal en 438 vakonderskeidings ingepalm (2,75 per kandidaat). 98,7% het aan die vereistes vir baccalaureus-graadstudies aan ‘n universiteit voldoen. Ons is besonder trots op die toppresteerders (aantal onderskeidings in hakies): Danica Meiring (10), Robyn Ferguson (10), Fredré Conradie (9), Mignon Jooste (9), Thana Groenewald (8), Caitlin Mollentze (8) en Pieter van Wyk (8). ‘n Verdere nege kandidate het elk sewe A’s behaal. Die volgende leerders het onder die top 1% van alle IEB-kandidate in indiwiduele vakke geëindig: Robyn Ferguson (Afrikaans EAT, English HL, LO en Toerisme), Danica Meiring (Afrikaans EAT, LO en Toerisme), Fredré Conradie (Afrikaans EAT en LO), Robyn Bezuidenhout (English FAL en LO), Mignon Jooste (English FAL en Toerisme), Carla Putter (English FAL en LO), Thana Groenewald (Afrikaans EAT), Mia Storbeck (Afrikaans EAT), Corine Wildenboer (Afrikaans EAT), Tayla Brown (Afrikaans EAT), Megan Bisset (Afrikaans EAT), Stephanie Reynders (Afrikaans EAT), CJ Pienaar (IGO), Ciara Anning (IGO), Tiané de Bod (English FAL), Noelene Swart (English FAL), Idamari de Witt (LO) en Mieke van Zyl (Toerisme). Daarbenewens is Danica en Robyn ook onder die Top 50 van alle IEB-kandidate met hulle skitterprestasies. Sedert 2014 het ons al 10 leerders op die IEB se Top 50-lys gehad.

HALFJAAR- EN EINDJAAREKSAMENS U aandag word daarop gevestig dat beide dié eksamens tot aan die einde van die kwartaal strek (sien skooldagboek) en dat alle leerders op daardie dag sal skryf. Ouers wat oorsese vakansies beplan, moet veral hierop let, aangesien geen leerder vir vakansiedoeleindes van geskeduleerde eksamens verskoon kan word nie. U samewerking in die verband word waardeer.

JUNIOR AFRIKAANS EAT OLIMPIADE Baie geluk aan Cara Venter was as die algehele wenner van hierdie nasionale olimpiade uit die stryd getree het.

Page 3: Skoolsake - Midstream College

3

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Kultuur

KULTUURINLIGTING Ons het reeds afgeskop met verskeie oudisies en uitdunrondes vir ons onderskeie kultuuraktiwiteite. Indien u meer inligting verlang oor oudisies, kompetisies en algemene inligting, kan u die skoolwebblad besoek.

ERKENNING AAN BUITE-SKOOLAKTIWITEITE: KULTUUR Ons wil graag erkenning gee aan leerders wat aan buite-skoolkultuuraktiwiteite deelneem en presteer. Stuur asseblief enige bewyse, inligting, sertifikate, trofeë en/of medaljes aan me Danelle du Preez ([email protected]).

REDENAARS Ons is tans druk besig met die interne redenaarskompetisies. Inskrywings vir eksterne redenaarskompetisies word beperk en daarom sal daar voorkeur aan leerders gegee word wat aan die interne kompetisies deelgeneem het. Die datums vir die interne redenaarskompetisies is:

Woensdag, 6 Februarie Engels Voorbereid Donderdag, 7 Februarie Afrikaans Voorbereid & Onvoorbereid Woensdag, 13 Februarie Engels Onvoorbereid

Vir verdere navrae kan die volgende personeel gekontak word: Afrikaansredenaars me Sharon de Bod ([email protected]) English Orators me Liz Vincent ([email protected])

Sport Die atletiek is reeds in volle swang met die interhuis wat Dinsdag afgehandel is en die eerste byeekoms wat more in die UJ-stadion plaasvind. Let asseblief daarop dat die skool more (Vrydag) weens die byeenkoms in Johannesburg om 12:00 sluit . Volgende Vrydag sal die skool om 12:45 sluit met die oog op die byeenkoms by Hoërskool Oos-Moot. Uitslae sal in die volgende nuusbrief geplaas word. Die krieket eerstespan het reeds tydens die afgelope vakansie aan die Woerieweek deelgeneem en is voluit aan die gang met ‘n T20-toernooi en die Finsburyreeks onderskeidelik. Die interhuisswem en –atletiek is reeds afgehandel en more vind die eerste atletiekbyeenkoms in Johannesburg plaas. Ons wens die swemmers sterkte toe met hulle gala vanmiddag by Woodhill College. Sterkte ook aan die krieket wat die naweek teen Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen tuis en weg speel.

KRIEKET

Opponent

Uitslag Kommentaar

1ste SPAN Curro Roodeplaat (T20) Midstream 255/5

Curro 143/8 Wen met 82 lopies

Merrick Brett 63 lopies Dillon van Vuuren 2/19 in 3 beurte

Hoërskool Merensky (Finsbury-reeks)

Merensky 41 Midstream 42/1 Wen met 9 paaltjies

Nathan Jooste 5/11 in 5 beurte Dian Clark 22 lopies n.u.n.

Page 4: Skoolsake - Midstream College

4

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Opponent Uitslag Kommentaar

Marais Viljoen (Woerieweek)

Marais Viljoen 78/4 Midstream 59/4 Verloor met 19 lopies

Kempton Park (Woerieweek)

Kempton Park 166 /8 Midstream 143/8 Verloor met 23 lopies

Divan Esterhuizen 2/27 in 4 beurte Dian Clark 68 lopies Reinhardt Henning 36 lopies

Hoërskool Rustenburg (Woerieweek)

Midstream 143 Rustenburg 144/6 Verloor met 6 paaltjies

Dian Clark 40 lopies

Hoërskool Monument (Woerieweek)

Midstream 237/7 Monument 235 Wen met 2 lopies

Merrick Brett 71 lopies; 4/30 in 10 beurte Dian Clark 41 lopies Dylan Carroll 30 lopies

Centurion B (Woerieweek)

Midstream 163 Centurion 164/5 Verloor met 5 paaltjies

Divan Esterhuizen 34 lopies; 3/32 in 8 beurte

EG Jansen T20 (Woerieweek)

EG Jansen 148/5 Midstream 124/5 Verloor met 24 lopies

Dian Clark 41 lopies

o.15 SPAN Hoërskool Merensky (Finsbury-reeks)

Merensky 115 Midstream 79/7 Verloor met 10 lopies D/L

Nicolaas Verhoef 6/24 in 10 beurte

MUURBAL Neem asseblief kennis dat die muurballiga vanjaar vervroeg is en reeds in die eerste en tweede kwartaal afgehandel gaan word. Alle muurbalspelers word versoek om die volgende skakel te volg en te registreer ten einde vir die skool te kan deelneem.

http://cjsquash.co.za/schools/midstream/

SKAAK Donald van der Westhuizen en Aurèlie Msiza het gedurende Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskap deelgeneem waar Donald die wenner van bord vyf was en sy span die goud help inpalm het.

ERKENNING AAN BUITE-SKOOLAKTIWITEITE: SPORT Ons wil graag erkenning gee aan leerders wat aan buite-skoolkultuuraktiwiteite deelneem en presteer. Stuur asseblief enige bewyse, inligting, sertifikate, trofeë en/of medaljes aan mnr Hans van Vreden ([email protected]). ONDERWATERHOKKIE Baie geluk aan Henk Venter, Ethan Martin en Ethan de Villiers wat vir die Suid-Afrikaanse onder 19-onderwaterhokkiespan gekies is om in Augustus in Sheffield, Engeland aan die wêreldkampioenskap deel te neem. PADFIETSRY Dylan en Lucy Carroll het die afgelope naweek aan provinsiale padfietsren in Pretoria deelgeneem en uitstekend gevaar.

Page 5: Skoolsake - Midstream College

5

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Lucy het tydens die tydtoets en die padren silwer medaljes ingepalm, terwyl Dylan onderskeidelik vierde en derde in die tydtoets en padren geëindig het. TWEEKAMP Baie geluk aan Ruben Schoeman wat ‘n 1ste plek vir o.17 ingepalm by die Sentraal Gautengkampioenskap se tweekampbyeenkoms. BOFBAL Baie geluk aan Connor en Devon Pugin wat vir die Gauteng o.15-bofbalspan gekies is. KARATE Baie geluk aan die volgende leerders wat gedurende Desembermaand aan die 9de Karate Statebondspele deelgeneem het en as volg presteer het: Dihan de Bod Brons vir Kumite Reece Baynes Brons vir Kumite Justyin Baynes Brons vir Kumite en goud vir Spankata

Algemeen

IERLAND-TOER WYNBESTELLINGSVORM Die bestelvorm vir Grangehurst wyne is aangeheg. E-pos asseblief die voltooide bestelvorm direk aan Latitia Coetzee ([email protected]). Sy sal dan vir u ‘n faktuur terugstuur en betalings kan volgens die faktuurverwysing direk in die skool se rekening gemaak word

SPRINGFEST Ons jaarlikse fees vind op Saterdag, 14 September, plaas. Ons het reeds ‘n sterbelaaide program bespreek. Hou hierdie dag oop op u kalender aangesien u beslis gaan uitmis indien u nie die dag saam met ons spandeer nie.

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes, sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Twitter (@MidstreamCol)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag, 7 Februarie 2019