View
2
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
1
Daleen Herbst NHS
1. Soutmansland: Temalied 2
2. Agtergrond 3
3. Tema / Subtemas 4
4. Ruimte / Milieu 5
5. Titel 8
6. Struktuur 9
7. Tyd & Vertellers 10
8. Motiewe 11
9. Simboliek 12
10. Karakters 13
11. Konflik 22
12. Literêre opstel 24
13. Aktualiteit 25
2
(Temalied) Lize Beekman
Mens sou dink die see is vol genoeg
en die wêreld oud en die mense moeg
want die haan het gekraai – ons het mekaar verraai
so skraap die sout weer op ‘n hoop
want die winde gaan draai.
En ons die doen wat ons moet doen
dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen
ons doen wat ons moet doen
akkers skraap en sout van die aarde raak.
‘n Enk’le dag kan by ‘n leeftyd gaan draai
en die rugsak laai wat ons saam met ons dra
op die soutpan se ooptes kan ons ook verdwaal
ma’ hou die vrees verby, want die waarheid maak
vry.
En ons die doen wat ons moet doen
dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen
ons doen wat ons moet doen
akkers skraap en sout van die aarde raak.
3
AGTERGROND
Droomdelwers is oorspronklik in 1996 as Soutmansland, ‘n televisiereeks vir die SAUK, geskryf.
Esta Steyn het die roman hersien en die titel is na Droomdelwers verander.
DIE SKRYFSTER
Esta Steyn is in 1945 gebore.
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Worcester.
In 1969 trou sy met ‘n apteker en hulle woon in Saldanhabaai.
Hulle het drie seuns (twee is reeds oorlede).
Sy is ‘n gesoute Weskusser en het ‘n intieme kennis van die mense.
Uit haar pen verskyn talle Weskusstories, romans, toneelstukke en televisiereekse onder andere
Kinders van die Sabbatsee en Meeulanders.
4
TEMA: Wat behandel die skrywer in die verhaal?
Wat is die kernidee / sentrale gedagte?
Die verwoestende invloed wat hebsug en geldgierigheid op ‘n gemeenskap het.
Medemenslikheid is belangriker as die gejaag na rykdom.
Elke mens moet bly streef na hul drome / geluk / vryheid…
SUB-TEMAS: Dit ondersteun die hooftema.
Verlies Waarheid vs leuens
Versoening Geheime
Versoeking Ontploffings
Vergifnis Ontvlugting
Vryheid vs gevangenskap
“Ek weet nie of ek regtig vry is nie”, sê sy na ‘n rukkie.
“ ‘n Mens is net vry as jy kan vergewe. Ek kan nie”
“ En jy en jou ma het my lewe opgeneuk!’
“Die verlede is vir Sielie ‘n donker kol”
“Die ontploffing het haar lewe uitmekaar uit geruk”
“Die skuiling”, sê Gretel sag. “En dit is … wat dit vir my is”
Hebsug
Ontwikkeling vs erfenis
Geldgierigheid
Grondonteiening (Weskus – Paternoster & Distrik Ses)
5
VERHAALRUIMTE / MILIEU
Dit is die plek, die tyd en atmosfeer waarteen die gebeure afspeel.
WESKUS “…waar die tyd gestrand het…”
Die Weskus is aards, eenvoudig en ongerep…
VELDDRIF
(Die Weskussers praat van “Velleruf” – kenmerkend met ‘n bry- r.)
Die skryfster het haar Weskusleefwêreld in haar roman vergestalt :
Spesifiek speel die Cerebos Soutmyn‘n rol aangesien sout in die gebied uit die soutpanne
ontgin word.
Die intertekstualiteit van die Bybel word deurlopend ingeweef: (”Julle is die sout van die
aarde…”) “Die Here God moet ons almal weer ware soutmense maak”
Steengroewe en graniet word by ST. HELENABAAI ontgin.
Navorsing bewys dat daar reeds in die Middelsteentydperk - 30 000 tot 125 000- jaar gelede
mense hier teenwoordig was. Die Khoi-San se rotstekeninge in die nabye grotte en skulphope
kan vandag nog besigtig word.
6
SOUTMANSDAL (wit gemeenskap)
Fiktief – die plek bestaan nie werklik nie, maar die skyfster het ‘n verbeelde dorpie geskep.
“Sout van die aarde” en soutmynontginning kom deurentyd in die roman voor.
Dit is ‘n klein dorpie aan die Weskus wat tussen die grootpad en die see lê.
Die dorpie is eenvoudig met stofstrate, ‘n poskantoor, slaghuis, Algemene Handelaar,
‘n banktak en Miss Sweetie se kafee.
BUITE SOUTMANSDAL: Redelinghuyse se grondgebied.
Teen die koppe is die Redelinghuyse se Soutmanshotel (Cove Hotel)
Toeriste besoek die gebied as hulle na die see, klippe, bokkoms, soutpanne en flaminke wil
kom kyk. Hulle besit die grond met die Kleinkloof agter die hotel en ook die Agterkloof – een
kilometer aan waar die waardevolle appelkooskleurige graniet ontgin sal word.
7
VLAKTEVLEI: (bruin gemeenskap)
“Vlaktevlei het my geleer van eenvoud en omgee en eerlikhheid” (Gretel p. 53)
Die hart van Vlaktevlei is die meent (‘n oopstuk grond) omring met bloekombome in die middel
van die lokasie. Daar is ‘n kerkie en ‘n skooltjie aan die anderkant.
Vlaktevlei se mense leef vannie see, soutpanne en leef nie “hoog” nie.
Die Vlaktevleiers woon al 99 jaar op geleende grond wat aan die Redelinghuyse behoort.
SKEMATIESE VOORSTELLING VAN DIE SKRYFSTER SE AGTERGROND / MILIEU
8
Die ruimte kan ‘n negatiewe of positiewe invloed op die karkaters hê:.
Miss Sweetie se kafee: hier heers, gemoedelikheid, huislikheid, vriendelikheid en opregtheid.
Die Van Tonders se huis: aanvanklik vreemd vir Leendra, maar Lucia probeer ‘n tuiste skep.
Soutpankantoor: dit help Leendra om haar voete te vind; sy loop terug op haar pa se spore.
See en rotse: dit is vir Leendra en ander karakters ‘n plek van ontvlugting, vryheid en rustigheid.
Redelinhuyse se hotel: dit is ‘n plek van spanning en angs; vir Leendra herinneringe van die
verlede.
Vlaktevlei gemeente: ‘n skuiling vir Leendra, ‘n plek van stilte en alleenwees.
Die Kleinkloof: dit roep nare herinneringe van die verlede vir Leendra op; ‘n plek van pyn vir haar.
TITEL: Die titel het ‘n dubbelbetekenis.
Denotatief: Letterlik word daar na graniet gedelf.
Mario besluit om die nuwe graniet Dream Dolorosa te noem omdat dit ooreenkoms met Leendra se voorkoms en geaardheid toon. Dit beteken “green sorrow” (groen hartseer). As ‘n mens mooi kyk, sien ‘n mens traandruppels in die graniet (p.140) .
Konnotatief / Figuurlik:
Verskillende karakters is soekend en delwend na vervulling van hulle drome. Die karakters delf in hulself, mekaar, die verlede en hul omstandighede opsoek na onbeantwoorde antwoorde, vrae, geluk, vryheid en vrede. Die droom blyk bewaarheid te word: Samuel en Leendra se liefde, die Vlaktevleiers kan in hulle eie paradys voortleef, die Redelinghuyse het ‘n suksesvolle projek...Omdat die karakters delf, kom hulle by beter antwoorde uit: Leendra (die waarheid; haar onskuld en liefde), Samuel (graniet en liefde), Gerald (innerlike vrede en berusting), Sielie …
9
Struktuur van die roman: die roman word in 5 fases verdeel
Motoriese moment: Die handeling word aan die gang gesit.
Aankoms van Leendra op Soutmansdal.
Plot: Intrige – verloop / gebeure van die verhaal – dit word chronologies aangebied.
Leendra se soeke na waarheid oor haar ouers se dood en haar smagting na die vryheid wat
vergifnis mag bring.
Sub-intriges: Stories binne die hoofstorie.
Liefdesdriehoeke: Leendra / Samuel / Patricia Gerald / Jamaina / Rebekka
Ander sub-intriges:
Vlaktevleiers se verset teen verskuiwing.
Die Redelinghyse se manipulering van mag en hulle gierigheid.
Sielie en Boeta se vriendskap.
Die misterie van Oubaas se verdwyning.
Klimaks: Hoogtepunt – die spanningslyn styg tot breekpunt.
Sielie besef wie haar ouers vermoor het.
Ontknoping:Die los drade word saamgevat.
Phil pleeg selfmoord.
Gerald keer terug na sy gesin.
Die Vlaktevleiers kry nuwe huise en werksgeleenthede.
Die Redelinghyse leer die Vlaktevleiers ken.
Patricia raak aan Maurizio verloof.
Gretel en Mario vind mekaar.
Tommie hou ‘n kunsuitstalling.
Gilbert bieg oor sy vals getuienis.
Sielie oorkom haar spraakgebrek en vind liefde.
Leendra word van haar wraaklus bevry.
Slot: hoe die verhaal eindig
Samuel en Leendra trou en die moontlikheid van ‘n gelukkige lewe saam word in die
vooruitsig gestel.
10
TYD
Chronologies: Verhaalgebeure volg in normale tydsvolgorde.
Achronologies: Verhaalgebeure volg nie in die normale tydsvolgorde nie.
Terugflitse en vooruitflitse word gebruik.
TYDSVERLOOP
Tyd van die roman
Die romantyd is 2005: selfone / viertrekbakkies / minirokke / kerkhoede, roomys kos R13
Vertelde tyd: (die tydperk wat deur die verhaal gedek word)
Leendra se aankoms op Soutmansdal
Die roman eindig met die gelykmaak van Vlaktevlei (onbepaald – waarskynlik ‘n jaar).
Verteltyd: (die tyd wat dit neem om die verhaal te vertel)
In Droomdelwers is die verteltyd 215 bladsye.
VERTELLERPERSPEKTIEF:
DERDEPERSOONSVERTELLER:
Leendra se aankoms in Soutmansdal word chronologies in die
teenwoordige tyd deur ‘n derdepersoonsverteller vertel. Positief
is hierdie soort verteller nie beperk tot een persoon se gedagtes nie.
Negatief beskik hierdie soort verteller oor ‘n beperkte alwetenheid.
FOKALISATOR: (fokus deur ‘n persoon in die verhaal).
Soms fokus ‘n derdepersoonsverteller déúr ‘n karakter en dit word
die fokalisator genoem. In Droomdelwers is Leendra die fokalisator. Ons beleef die wêreld deur
haar oë.
EERSTEPERSOONSVERTELLER:
‘n Eerstepersoonsverteller (ek-verteller) is betrokke by die verhaal en is een van die karakters.
Positief gee dit ‘n persoonlike, direkte vertelling oor sy / haar gevoelens. Negatief is dat hierdie
verteller nie weet wat ander karakters dink nie – daarom ‘n beperkte insig in ander se denke en
aksies.
11
Dit word in die roman kursief gedruk en in die verlede tyd vertel.
Dié verteller oorbrug episodiese tydspronge in die verhaal.
Oupa Christoffel Kirstoof / Jacobus (Kêppies) -76 jaar oud- tree as
eerstepersoonsverteller op.
Hy is ‘n bruin inwoner van Vlaktevlei en die skindertegniek word
deur hom ingespan. Die taal word foneties geskryf om dit meer
realisties en eiesoortig te maak.
Hy praat ‘n tipiese Weskusafrikaans wat deur die volgende
eiesoortige segswyse gekenmerk word:
die bry-r
tipiese eiesoortige taal soos: geborente / hiersa / magoed / soe / Tja / oek / loep / koep
Engelse woorde: offies, community hall, kêffie
Assimilasie:okkie, weetie, soesie,hanne,
Ontronding: yt
“ My naam is Kêppies Killian, maar dit staan nie so op my geborente papiere nie. Daar staan dit
opgeskrywe as Kirstoof Jakobus Killian. Ek kan self nie sê waar die naam Kirstoof vandaan kom
nie. Niemand het my ooit soe genoem nie, my magoed-hulle okkie. Ek was maar van klyns af
Kêppies gewies. Ek is ses-en sewentag jaar oud en ek in hiersa gebore. Op Vlaktevlei by die
groot see van onse Weskus. Dis hoeka hiersa waar ek nou sit om my storie te vertel. Ek weetie
hoe mens soe ‘n soort storie vertel nie. Waar loop haal sy begint? Hy’s soesie see self. Hy swel
op in jou kop soos ‘n groot deining. Maar voorlat jy hom kan vasvat, briek hy yt oppie sand. Maar
voorlat hy trugglip, sal ek hom vasgevat moet kry. Want hy skrou om gevertel te word.
Miskien begint my storie op daai Sondag wat die rooikop yt die Silwerkruis-tronk ytgekom het van
die Vrystaat af. Sy was die oudste dogter van oorle’ Hennerik Rooihel.
12
Motiewe: Dit is elemente wat herhalend voorkom. Motiewe ondersteun die tema.
“Die klippe in die Kleinkloof het klaar begin praat” (p. 182)
“Hy skud sy kop. Ek is op soek na ‘n seker soort graniet” (p. 47) “Lucia kyk op teen die muur na die glaskassie waar die lappopmense in ‘n ry uitgestal sit. Sy het so baie na hulle gekyk. Hulle, wat so roerloos agter die glas sit, elkeen met sy eie storie” (p. 207)
“In die tronk het ek so verlang na my ma se orrel. Om net weer te kan speel” (p. 52)
“Vier van haar poppe sit en wieg in die swaai” (p. 75)
“ Hy’s soesie see self. Hy swel op in jou kop soos ‘n groot deining. Maar voorlat hy hom kan
vasvat, briek hy yt oppie sand. Al wat jy sien, is sy skymstriep” (p 218)
Hard
Standvastigheid
Welvaart
Hendrik Hellberg
bou ‘n kliphuis in
die Kleinkoof.
Graniet word by
steengroef ontgin.
KLIP
Broosheid
Versplintering
& ontnugtering
GLAS
Soete
Herinneringe
Vrede
ORREL
Fantasie
Ontvlugting van
die waarheid
Soeke na
antwoorde
POP Standvastigheid
Vrede
Perspektief
SEE & ROTS
13
Simboliek: ‘n Voorwerp of handeling kan ‘n dieper betekenis kry. ‘n Simbool is dus ‘n teken wat
bekende, aangeleerde betekenis verteenwoordig.
Belangrike lewensmiddel.
Bybelse verwysing: “sout
van die aarde.”
Menslike deug (goeie eienskap) Eenvoudig, goed en
opreg.
“Julle is die sout van die
aarde…”
“Hulle was soesie sout
vannie aarde, laag op hulle
knieë.”
SOUT
Reinheid. Seerkry. Vrede. Geluk.
“…het sy dikwels haar oë toegemaak en die witheid probeer raaksien” “Haar rooi hare was in lokke gedraai gewies
en sy het ‘n spierwitte rok van kant en satyn
aangehad.”
KLEUR
Volmaakte getal
“Ja, Koster. Sewe jaar is ‘n lang tyd.
Maar te gou om te vergeet…”
“Hoe lank is sewe jare. Hy haal sy foon uit en maak die som. Dis driehonderd vier- en sestig weke. Dis tweeduisend vyfhonderd en ag-en –veertig dae”
SEWE
Voorteken van hartseer wat
voorlê.
“Hy skrik vir die sewe ibisse wat
met vlerkgeklap skielik voor hom
opdoem…” Begrafnisvoëls.…
Wat weet hulle alles van die
Kleinkloof se raaisels? wonder
hy, en kry meteens koud.
IBIS (Voël)
14
Karakters: Karakterbeelding kan op twee maniere geskied :
Eksplisiete karakterbeelding:
1. Dit wat die verteller oor die karakter aan die leser meedeel.
2. Dit wat die ander karakters van die karakter sê of van hom / haar dink.
Implisiete karakterbeelding:
1. Die voorkoms en die voorstelling van die karakter se omgewing.
2. Die karakter se handeling en houding.
3. Dit wat die karakter van homself dink en sê.
Die volgende karakters kan onderskei word:
Sentrale karakter: hierdie karakter is die sentrale figuur; die karakter word die meeste belig en
toon karakterontwikkeling.
Leendra van Hellberg
Newekarakters: Bykomende karakters. Hulle help met die ontwikkeling van die hoofkarakter;
hulle is op die agtergrond en ondergaan nie noemenswaardige veranderinge nie.
Kêppies Sielie Phil Lucia Boeta Ma Sweetie die Redelinghuyse die Killians Gretel
Mara Samuel Mario Rebekka Tommie Koster Vos Philander
Randfigure: Hierdie karakters speel slegs ‘n geringe rol; hulle kyk toe na gebeure
Johnny Cupido Vaatjie doktor Debbie Jansen Piet Meyer Jaap Gouws Veronica Daniels
Tappies Kaaiman Hendrik en Berta van Hellberg
Plat karakters: (soms stereotipes en karikature)
Eendimensioneel / enkelvoudig / voorspelbaar en toon nie ontwikkeling nie.
Ronde karakters:
Tweedimensioneel / lewensgetrou / oortuigend in staat tot verrassing / toon groei of ontwikkeling.
15
SOUTMANSDAL: Sout van die aarde & soutmynwerkers
Die Van Hellbergs van die Kleinkloof: Suggereer taaiheid / opvlieëndheid / humeurigheid.
Leendra Cecile / Sielie Berta Hendrik Rooihel
Sterf in ontploffing
Randfiguur
Rooi hare, snor, baard
Verkoop soutaandeel
aan sy swaer, Phil
Steengroef in
Kleinkloof
Bou kliphuis in
Kleinkloof
Nederig
Nie een vir skuld nie
Baie lief vir sy dogters
Humeurig
Verantwoordelik
Iemand met ‘n
ontsaglike
teenwoordigheid
Dwars
Baklei vir geregtigheid
Leef konserwatief
Vertrou nie
vreemdelinge nie
Hardkoppig
Wil onafhanklik leef
Sagte mens
Randfiguur
Kort bruin hare
Bak koekies en gee
hoenders kos
‘n Engel
Sterk naam
Sentrale karakter
Oudste dogter
Skraal, rooi hare, groen
oë, sproete
Vurige rissiepit / driftig
Aard na haar pa
Werk voorheen in
Soutmansdalhotel
Tronkstraf: moord 7 jaar
Werk na straf by myn
van haar oom, Phil
Waarheidsoeker
Bynaam: “Windhond”
Silwerkruisgevangenis:
bekering & redding
Beskermend oor Sielie
Vertrou mense nie
maklik nie.
Behoedsaam
Ambisieus. Eerlik
Sinies en naïef
Vegter vir vryheid
Rebels en
hardkoppig
Versoener
Sielie = weerloos en
wek simpatie
Jongste dogter
Het haar pa aanbid
Val met ontploffing uit
stootskraper uit
Haar verstand en
spraak het op 11
vasgesteek
Impulsief
Speel met lappopgesin
Leef in fantasiewêreld
Sku vir mense
Erg oor haar klippe
Kinderlik en liefdevol
Humeurig / koppig
Bewaarder van
geheime. Vlug graag
Word selfstandig
Hef Boeta op
Tussenganger tussen
Samuel en Leendra
16
Die Van Tonders van die Hellberg soutmyn: ‘n vreemde plek vir Leendra.
Eienaar van soutmyn
Leendra se oom (moederskant)
Vaderlik oor Leendra
Bied vir Leendra werk by sy
kantoor aan
Trek netjies aan
Suinig
Verskuilde agendas
Nie ‘n maklike baas nie
Gevoelloos en skynheilig
Onsimpatiek
Gewetenloos
Oneerlik en genadeloos
Onbetroubaar
Skoorsoeker
Onderduims
Onbeskof
Onregverdig
Stereotipe: Onderduimsheid
Phil se tweede vrou
44 jaar oud
Nederig en sag
Stillerig en mensliewend
Perfeksionis
Migrainelyer
Sorg vir “stiefdogters”
Simpatie met Leendra
Geduldig met Sielie
Dienend en hardwerkend
Boodskapper
Staan op vir dit waarin sy
glo.
Eerlik. Betroubaar
Mensliewend en sag
Hef Leendra en Sielie op
Onafhanklik
Haar sterkte kom aan
einde na vore
Phil Lucia Marais
17
Die Bonthuyse van die Bonthuis: ‘n veilige hawe vir Leendra en Sielie. Huislik
Pa Bontie Ma Sweetie Boeta
Nederig
Ondeund
Voorman vir Phil
Vaderfiguur vir Leendra
Sê geen slegte woorde
oor ander nie
Vertroueling
Tussenganger tussen
Leendra en haar
verlede
Tritagonis ondersteun
Leendra
Deeglike mensekennis
Rustig van geaardheid
Wyse man
Opreg
Lojaal
Stereotipe: Pa-figuur
Lief en dierbaar
Eienaar van die kafee
Bekend en bemind
Skryf vir Leendra in die
tronk
Vat nie nonsens nie
Goeie hart. Omgeemens
Groot lyf. Skinder
Geduldig
Nuuskierig
Liefdevol
Lojaal
Humoristies
Sarkasties
Moederfiguur vir
Leendra
Stereotipe: Ma-figuur
Naam = liefdevol
± 23 jaar oud
Stil man en praat stadig
Baie opreg
Nutsman (Sweiswerk)
Verlief op Sielie
(beskerm)
Vroeër Leendra en Sielie
se maat
Fors
Goeie siel. Liefdevol
Ambisieus
Besit inherente krag en
uithouvermoë
Kan aggressief raak
Besit innerlike krag
Wil onafhanklik wees
18
Die Redelinghuyse: Stereotipe van ryk mense met verwronge waardes.
Hulle is baie ryk en besit baie grond.
Patricia / Patty Rudie Minette Gilbert
Eienaar van hotel
Nugtere
besigheidsman
Sagte kant
Wonder oor
ontwikkeling
Besit hele
Soutmansdal
Emosioneel verwyder
van Minette
Antagonis
Patriarg
Hardkoppig en trots
Emosioneel geraak
deur gevoellose
omstandighede
Onvolwasse
Ambisieus
Aangetrokke tot Gretel
Beeldskoon
Blond, slank
Elegant
Antagonisties teenoor
Leendra
Getuie teen Leendra
Droom oor oord
Vasberade
Onderduims
Oneerlik
Gierig
Gewetenloos
Gevoeloos
Sarkasties
Vergewe nie
Leef ‘n leuen
21 jaar oud
Blond
Bruingebrand
Modebewus
Sy het baie kêrels
Bedorwe
Spontaan
Bevooroordeeld
Sonnig
Flankeer met
mans
Waagmoedig
Onbeskof en
uitbuiter
Manipulerend
Gevoelloos
Onvolwasse
29 jaar oud
Pierewaaier
Droom groot
Blond, aantreklik
Verlief op Leendra
Pierewaaier
Mal van jaloesie op
Leendra
Antagonis
Hard & onbeskof
Snobisties
Gierig
Berekend
Ambisieus
Windmakerig
Manipulerend
Afperser
Vasberade
19
Besoekers aan Soutmansdal: kleur die verhaal in.
Ferdinand v Wyk Mara Marais Mario Martinelli Samuel vd Sandt
Mara = bitter
70 jaar oud
Lucia se ma
Welgesteld
Oranje hare
Flambojant
Snobisties
Oordadig
Ongevoelig
Het al seer beleef
Sorg vir humor
Hou eie konsert
Bevooroordeeld
Hard & onbeskof
Eerlik
Spontaan
Gee tog om
Het al hartseer beleef
Stereotipe of
karikatuur van ‘n
stief- of ‘n skoonma
38 jaar oud
Werk met sand & klip
Geoloog. Klipman
Samuel = goedheid &
profesie
“Hunk” met bruin hare
Vennoot van Mario
Rooi Ford 4x4 –bakkie
Flankeer met Patty
Buitelugmens. Romanties
Waagmoedig
Rebelse streep
Eerlik. Omgeemens
Ambisieus
Hardwerkend
Hardkoppig en trots
Alleenloper
Skerpsinnig
Goeie opregte man
Begin Leendra verstaan
Stereotipe: Vastigheid
In 1998 oorlede
Leendra se eks
Filosoof
Romantikus
Dans in die reën
Lees gedigte
50 jaar oud
Samuel se vennoot
Italianer
Klein van postuur
Dra altyd netjiese pak
klere met veelkleurige
das
Flambojant
Sjarmant
Spontaan & joviaal
Romantikus
Goeie sakevernuf
Ambisieus
Tritagonis
Mauritzio
Mario se seun
Student: Italië
Hy en Patty raak
verloof
20
Jacobus (Kêppies)
Ongeletterd
76 jaar oud
Verteller
Reguit blik
Skryf: Droomdelwers
Nederig
Eenvoudig
Sout van die aarde
Geliefd
Wyse man
Vredeliewend
Besorgd
Trots
Raadgewer &
waarnemer
Goeie vriend
Baie gelowig
Godsman
Stereotipe: Soutman
Pastoor. Godsman
Mooi van aansien soos Dawid
Stryd oor beroep
Kom in versoeking
Vroom. Mensliewend
Engel sonder skoene en skanse
Rebels
Afhanklik van God. ‘n Herder
Identiteitkrisis
Hardkoppig impulsief
Familieman. Medemenslik
Mentor. Opreg
Besit innerlike krag
Tussenganger tussen Vlaktevlei
en Redelinhuyse
Menslik – beleef beproewing
Bid opreg en oorwin sonde
Neem verantwoordelikheid vir
gesin. Maak regte keuse
Bely en word vry
Gerald se vrou
Mevrou Pastoor
Prinsipaal (Vlaktevlei)
Trots & hovaardig
Ambisieus
Smag na wegkom
Verhewe
Streng; regverdig
Uitgesproke. “Vrygiftig”
Tong soos ‘n “blyd”
Glo aan mensregte
Berekend, skelm
Manipulerend
Eerlik
Emosionele groei:
Raak sagter, stiller
Besef / bely haar foute
Verander gesindheid
Haar sterkte kom aan einde
na vore. Verander positief
21
Die Kaaimans: kaai = vasmeerplek/ laaiplek wat vissersbedryf suggereer
Johannes (Koster) Oubaas Rachel Tappies
Koster van kerk
Handlanger by
Sweetie se kafee
Boesemvriend en drinkmaat van Kêppies
Koster se vrou
Pakker by
soutmyn
Nie altyd maklik
nie
Sterf in 1998
Koster se broer
70 jaar oud
Bemind
Verdwyn
Vos Philander Gretel Grossman
Vos = jakkals = slu
Onderhoof van Vlaktevlei Primêr.
Gladde bek, slimpraatjies oor politiek.
Bierasem en gladde oë
Netjiese dun snor.
Kan hom nie vertrou nie
Opsweper & oproerling
Anargis
Waagmoedig
Manipulerend
Kampvegter
Rassebewus
Onbeskof / hard /genadeloos
Stereotipe: Opsweper
40 jaar oud
Minette Redelinghuyse se suster.
Kuns- en Engelseonderwyser by Vlaktevlei Primêr.
Blond, met eerlike blou oë.
Onopgesmuk en aards.
Weduwee van Gunther Grossman.
Het lank in Duitsland gewoon voordat Gunther oorlede is.
Praat Duits; woon in Der Schutz
Baie eerlik en opreg
Glo in menseregte
Vredeliewend
Lojaal en trots. Versoener
Tussenganger: Redelinghuyse en Vlaktevlei
Ghaaitjie Willemse
Annie Heraud
Trudie Muggels
Koster se neef
Kleinjan se seun
Helper vir Samuel
in die Kleinkloof
Onderwysers by Vlaktevlei Primêr
22
Besoekers aan Vlaktevlei
Ander karakters:
Vaatjie: Kroegman in Soutmanshotel, boodskapper, lojaal aan Redelinghuyse.
Doktor Debbie Jansen: Sielkundige van die Kaap. Vriendin van Gretel. Sien vir Sielie.
Veronica Davids: TV-onderhoudvoerder
Piet Meyer: Senior vennoot by prokureurspraktyk.
Kurt Combrinck: Hanteer Hendrik Hellberg se boedel.
Anna Bothma: Sekretaresse by prokureurspraktyk.
Jaap Gouws: Stadsklerk.
Sersant Theron: Hy ondersoek die saak toe Oubaas se geraamte gevind word.
Konstabel Booy: Help sersant Theron in sy ondersoek van Oubaas.
Dokter Mouton: Plaaslike hospitaaldokter.
Botes: Stadsklerk voor Jaap Gouws en het sake onafgehandeld gelos.
Vince Carolissen: Lei die Vlaktevlei-protesoptog na die munisipale raad.
Paulina Plaatjies: Skoonmaker by Soutmanshotel.
Vytjie Koopman: Sy sê sy sal voor die stootskrapers gaan lê as sy moet.
Oë soos ‘n bokkie. Onskuldig
Naïef. Spontaan & mensliewend
Beginselvas. Tritagonis
Red Killian seuns uit die see -
voorbeeld van liefde, omgee en
onbaatsugtigheid.
Verenig mense van Vlaktevlei
Stereotipe: Ware liefde en
omgee. Gee haar lewe
Skeel oë. Werkloos
Brutaal teenoor sy vrou
Onverantwoordelik
Agterbaks en gewetenloos
Afwesige pa
Stereotipe: geweld en
aggressie, lafhartigheid,
Johnny Cupido Rebekka Cupido Tommie Cupido
Kunssinnig
Talentvol
Onskuldig
23
KONFLIK: Dit dra by tot die spanning in die roman
Protagonis = “die held” - Leendra van Hellberg.
Tritagonis = derde element in die konfliksituasie (liefdesdriehoek) - Rebekka , Mario
Antagonis = bots met die protagonis – Redelinghuyse , Phil van Tonder
UITERLIKE / EKSTERNE KONFLIK: Karakters bots met ander of ander magte.
Leendra en die Redelinghuyse
Leendra en Samuel
Leendra en Phil
Vlaktevleiers se opstand oor verskuiwing
Jamaina met Gerald
Jamaina en Rebekka
Gretel bots met haar familie
Botsing met omstandighede, situasies buite jou beheer of groter kragte
Vlaktevleiers se opstand oor verskuiwing
Leendra se botsing met groter krag van dood – haar ouers sterf in die gasontploffing
INNERLIKE / INTERNE KONFLIK: Dit is die konflik in ‘n karakter se gemoed
Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand, haar ouers se dood,
waarheid.
Pastoor Gerald ervaar innerlike konflik en skuld oor sy gevoel vir Rebekka.
Rudie ervaar innerlike konflik oor sy familie se vakansie-oord planne en Gretel se situasie.
Lucia ervaar konflik oor Phil se oneerlikheid.
Boeta ervaar konflik oor Sielie.
Jamaina ervaar innerlike konflik oor Rebekka, Gerald en die donasie van Gilbert.
24
SPANNING: Spanning word geskep deur inligting te weerhou (die uitsteltegniek)
Die gasontploffing van die Van Hellbergs?
Phil se betrokkenheid?
Samuel en Leendra?
Die Redelinghuyse se ontwikkeling?
Die Vlaktevleiers se toekoms?
“Die Kleinkloef. Tja, die Kleinkloef”?
Literêre opstel: Wenke
Moontlike temas:
1. Die titel van Droomdelwers kan konnotatief of denotatief geïnterpreteer word. Verduidelik hoe die titel in talle karakters se lewe realiseer.
2. Leendra se terugkeer na Soutmansdal het positiewe sowel as negatiewe ervarings meegebring.
Lees die vraag deeglik deur.
Omkring die kernwoorde.
Merk die werk- en opdragwoorde.
Skryf jou feite as kernwoorde neer.
Maak ‘n kop- / breinkaart.
Dui elke paragraaf se inhoud aan.
Skryf ‘n inleiding vir jou vraag ( 2 – 3 sinne).
Herhaal die kernfeite in jou inleiding.
Ontwikkel jou standpunt logies en stapgewys.
Skryf in volsinne.
Gebruik die P V I metode: Maak ‘n punt, gee ‘n voorbeeld en illustreer uit die
teks.
Skryf ‘n slotparagraaf wat met die inleiding sluit.
Dui die aantal woorde aan.
Redigeer die beplanning.
Woorde:400 - 450.
25
3. Na Leendra se terugkeer na Soutmansdal het haar pad met talle karakters gekruis wat ‘n positiewe of negatiewe invloed op haar lewe gehad het.
4. Bespreek die talle buitestaanders wat in Droomdelwers manifiesteer en die rol wat
elkeen in die gemeenskap vervul.
5. Stereotipering (veralgemening / bevooroordeelde beskouing van ‘n persoon) speel ‘n belangrike rol in Droomdelwers.
6. Bespreek die rol wat naamgewing in Droomdelwers speel.
7. Motiewe en simbole vervul belangrike rolle in onderskeie karakters se lewens.
8. Konflik skep spanning. Bespreek die interne en eksterne konflik wat die karakters
beleef.
9. Die milieu / ruimte waarin Leendra haar bevind, het ‘n invloed op keuses wat sy uitoefen.
10. Leendra is die protagonis in Droomdelwers. Bespreek haar karakterontwikkeling /
interaksie met talle karakters / hoe sy die waarheid geleef het .
11. Bespreek die temas / subtemas / aktualiteit van Droomdelwers.
12. Die ruimte / milieu speel ‘n positiewe sowel as negatiewe rol in verskillende karakters se lewe.
AKTUALITEIT: (relevant vir vandag se tyd en Suid-Afrika) Klasgesprekke en debat!
Droom: Droom ons / ons ouers nog? Droom ons oor die toekoms?
Delwers: Delf ons na die waarheid? Kom ons by ons Dream Dolorosa uit?
Sout van die aarde: Is ons soutmense? Is ons laag op ons knieë?
Ontwikkeling vs erfenis: Moet ons bewaar of moet ons ontwikkel?)
Geldgierigheid Speel geld in vandag se tyd nie ‘n te groot rol in ons lewe nie?
Grondonteiening Weskus – Paternoster / Distrik Ses / Plase?
Verbrokkelde verhoudings: Gesinsgeluk? Egskeidings?
Vergifnis en liefde: Vergewe ons en kan ons liefhê soos ware soutmense?
Recommended