View
243
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 8 1 – 8 MAART 2019OUERS:BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die volgende vergaderings wat op Maandag, 4 Maart plaasvind:Finansiële vergadering: 10:30Beheerliggaamvergadering: 14:00
SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Leerders word daaraan herinner om die volgende op Maandag, 4 Maartin te handig:
Produkte wat u kan skenk vir die toer. (Dankie vir dit wat reeds ingekom het!)
Mediese vorms wat nog nie ingehandig is nie.Toergeld (R2700) moet asseblief op die laatste Maandag, 4 Maart inbetaal wees.Alle borgvorms moet op Woensdag, 6 Maart ingehandig word (ook leë vorms asseblief). Toerlede moet op Vrydag, 8 Maart reeds om 4:30 by die skool wees om in te pak. Die bus vertrek om 5:00. Leerders ry in hulle toerhempies en ‘n denim (of “navy” broek).
BEDANKING:Hiermee ons opregte dank aan Alpha-Alpha, die borg van ons seisoenrugbytruie vir 2019. Ons waardeer dit opreg!
KOSHUIS:Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering wat op Maandag, 4 Maart om 8:00 in die koshuis plaasvind.
LEERDERDEELNAME:SPORTNAWEEK:Die rugby- en netbalprogram word by die nuusbrief ingesluit. Kom geniet die dag saam met u kind.
STAATS SPORTNAWEEK: [AFSKEURSTROKIE]Ons sportspanne neem volgende week (7 en 8 Maart) aan rugby- en netbalwedstryde by Staats in Kimberley deel.Die volgende spanne gaan deelneem:Donderdagmiddag en -aand:
Rugby:0/7 en 0/8Netbal:0/7 en 0/8Vrydagmiddag en -aand: Rugby: 0/9 en 0/11Netbal:0/9, 0/10, 0/11Vul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig en stuur dit op Maandag, 4 Maart na die klasonderwysers terug. Programme word by die nuusbrief ingesluit.
ATLETIEK:Baie sterkte aan die volgende atlete wat op Saterdag, 2 Maart aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe in Sasolburg deelneem:Justine Rampaleng, Sandri van Niekerk, Marius Etzebeth, Leo Wilkinson, Wianco Ludike, Riko Swart en Decoda Kilian. Baie dankie aan Irene Wilkinson wat as spanbestuurder gaan optree.
SWEM:UITSLAE:
“AGE GROUP” 5
NCASA “SPRINTS”
Elri de Waal 1ste 50 bors2de 50 vry en 50rug
Elri de Waal 2de 50 bors3de 50 vry en 50rug
Aidan Brooks 2de 50 vry en 50 vlinder3de 50 rug4de 50 bors
---- ----
Izeldi Jacobs 1ste 50 rug en 200IM
Izeldi Jacobs
1ste in 50 rug, 100 rug en 50 vlinder2de in 100 vlinder3de in 100 vryslag4de in 50 vryslag
Jaco de Waal 2de 100 bors,200 IM en 50 vry3de in 100 vry
Jaco de Waal
4de 200 IM en 100 vlinder6de in 50 rug, 100 bors en 50 vryslag
Die volgende swemmers het vir die “Level”-kompetisie gekwalifiseer:Jaco de Waal: 100m vryslag – level 2Jannie de Waal: 100m vry en 200m vry – level 2
Izeldi Jacobs: 100m vry, 50m rug, 50m vlinder, 100m vlinder, 200m IM – level 2 100m rug – level 3Sandri van Niekerk: 50m rugslag – level 2Baie geluk aan ons swemmers en Verona Burger wat hulle afgerig het! Baie trots op julle.
TWEEKAMP:Die volgende tweekampatlete het plekke op die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe behaal:Ignus Jacobs: 2de plek seuns 0/8Rauch Burger: 3de plek seuns 0/8Christiaan Wilkinson: 5de plek seuns 0/8Elri de Waal: 6de plek dogters 0/8Louis-Harm Fourie: 3de plek seuns 0/13Baie geluk!Louis-Harm Fourie is vir die Suid-Vrystaat Tweekampspan gekies en neem op 30 Maart aan die SA Kampioenskappe in PE deel. Baie geluk!
TENNIS:Ouers kan kennis neem van die tenniskliniek wat op De Aar plaasvind. ‘n Inligtingstuk word by die nuusbrief ingesluit. Ouers moet self hulle kinders vir die kliniek inskryf.
LANDLOOP:Alle leerders wat hierdie jaar aan landloop wil deelneem se ouers moet asseblief die lisensievorm, wat by die nuusbrief ingesluit is, volledig invul.Elke atleet moet ‘n ASA-nommer ontvang waarsonder hulle nie mag deelneem nie.Kostes:R60 per atleet wat 12 jaar en jonger is tot op 31 Desember 2019R130 per atleet wat 13 jaar oud word in 2019Lisensievorms en gelde moet op Maandag, 4 Maart by die klasonderwysers ingehandig en inbetaal word.
VRYSTAAT / NOORDKAAP WISKUNDE UITDAGING: [AFSKEURSTROKIE]Graad 3 tot 7 leerders wat hierdie jaar vir die Vrystaat/Noordkaap Wiskunde Uitdagingkompetisie wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R10 inskrywingsgeld by hulle wiskundeonderwysers inbetaal. Die vraestel word op Dinsdag, 16 Julie geskryf, maar inskrywings moet voor of op 8 Maart in wees.
BYBELVASVRA:Graad 6- en 7-leerders wat vir die Bybelvasvraspan wil kwalifiseer kan op Dinsdag, 5 Maart om 14:30 ‘n kwalifiserende toets oor die volgende Skrifgedeelte skryf:1 Samuel 1 en 2Die toets sal in juffrou Naomi se klas geskryf word.
ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 6-klas hou hulle koekieverkoping op Maandag, 4 Maart. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.
…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:
Schalk Meintjes en gesin (pa oorlede)
4 SLAAPKAMER HUIS TE KOOP IN JACOBSDAL.
Ingeboude kaste in al die slaapkamers (matte).
Oopplan kombuis (watersuiweraar) en opwas (geteel) met tv-kamer (vinyl
vloere) eetkamer(vinyl vloere)Kantoor (vinyl vloere)2 badkamers (geteel)
3 toesluit garages, dubbel afdak vir parkering agter in erf, waterverkoeler in
huis, tenk, boorgat, drukpomp.Buite ingeboude braai op stoep met
canvas seile reg rondom(geteel)Naby aan Laerskool.
Geleë in doodloopstraat.R 980 000
Kontak Elsabie 0720277908
AFSKEURSTROKIE: STAATS SPORTDAE (7 & 8 Maart)
OUER: _______________________________________
SPELER/S: _______________________________________
EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA KBY:
DONDERDAG, 7 MAART:
VRYDAG, 8 MAART:
MY KIND BENODIG VERVOER NA KBY:
DONDERDAG, 7 MAART:
VRYDAG, 8 MAART:
HANDTEKENING: _________________ DAT: __________
AFSKEURSTROKIE: WISKUNDE UITDAGING (GR 3 – 7) (Sluitingsdatum: 8 Maart) NAAM VAN OUER: ____________________________________
NAAM VAN LEERDER: _______________________ Gr.: _____
WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE VRYSTAAT / NOORDKAAPWISKUNDE UITDAGING OP 16 JULIE 2019.
INGESLUIT MY INSKRYWINGSGELD VAN R10:
OUER SE HANDTEKENING: __________________________
De Aar Tennis:Tennis kliniek 2019
Theuns v Rensburg en sy afrigters bied saam met Karoo Sport ‘n tenniskliniek aan vir 48 tennisspelers van 17 Junie tot 20 Junie 2019.
Soos u reeds weet is hierdie uitmuntend en sonder gelyke.
Die eerste 48 spelers wat hul fooi van R2250 betaal is verseker van hulle plek.
Betaal asb elektronies oor (asb moenie kontant inbetaal nie want u sal dan ook die bankfooi daarvoor moet betaal)*Let wel nuwe bankbesonderhede!!!!!!
ABSA: 933 968 3479Takkode: 632005Rek Naam: Tennis DevelopmentVerwysing: Naam van kind Epos karoosport@gmail.com
Betaal asb voor Vrydag 29 Mei 2019
Op 17 Junie begin ons 8vm stiptelik by De Aar Laerskool vir die opening en maak Donderdag 20 Junie om 17H00 klaar
Wat om saam te bringKom in gemaklike oefenklere, tekkies, raket, hoed, sonblok, springtou, ‘n nota boekie en pen, ‘n handdoekie, waterkan met koue water . Daar is snoepies by bane beskikbaar.
Verblyf: KoshuisEk sal eers 3 weke voor die tyd weet of daar verblyf beskibaar is as gevolg van ‘n winter skool wat die hele koshuis beset. Ek is baie jammer hieroor.
Indien ek van die koshuis vroeër nuus kry sal ek u onmiddelik laat weet. Die kostes vir die koshuis sal R850 wees vir die week wat al jou etes insluit. Indien dit beskikbaar is.
Daar is wel middagetes beskikbaar teen R55 per ete sou u belangstel laat weet my asb.
Middagete betaling:Huis Sterrie MaraisABSA: 1850 1420 05Takkode: 334 308Faks asb bewys met kind se naam na 053 631 0964
Naam………………………………………………………………
Graad………………Tel nr…………………
Ouderdom……………Epos ……………………….........Ek wil graag van die koshuis verblyf gebruik maak…………………Ek wil graag my kind laat eet by die koshuis………………………….
TennisgroeteMarie Visser (0764739573)
Jacobsdal Primêre Skool SPORTDAG: 2 MAART 2019
RUGBYPROGRAM:
TYD: SPANNE:08:00 - 08:20 Hopetown 0/9 vs Staats 0/9 08:20 - 08:40 Jacobsdal 0/9 vs Eureka 0/9 08:40 - 09:05 Staats 0/11 vs Eureka 0/11 09:05 – 09:30 Futurum 0/11 vs Hopetown 0/11 09:30 - 09:50 Futurum 0/7 1 vs Jacobsdal 0/7
Futurum 0/7 2 vs Hopetown 0/709:50 - 10:30 Jacobsdal 0/13 B vs Hopetown 0/13 10:30 - 10:50 Hopetown 0/9 vs Futurum 0/9 10:50 - 11:10 Eureka 0/9 vs Staats 0/9 11:10 - 11:35 Jacobsdal 0/11 vs Futurum 0/11 11:35 - 12:00 Hopetown 0/11 vs Staats 0/11 12:00 – 12:20 Jacobsdal 0/7 vs Futurum 0/7 2
Hopetown 0/7 Futurum 0/7 112:20 - 13:00 Eureka 0/13B vs Futurum 0/13 13:00 - 13:20 Futurum 0/9 vs Jacobsdal 0/9 13:20 - 13:45 Jacobsdal 0/11 vs Eureka 0/11 13:45 – 14:25 Staats 0/13 vs Jacobsdal 0/13
0/7 – 0/13 RUGBYREËLS:
- Elke span moet asseblief sorg vir ‘n vlagman- Die loting van wedstryde vind 5 minute voor die aanvang van die volgende wedstryd plaas- Geen beseringstyd word toegelaat nie
Jacobsdal Primêre Skool Sportdag 2 Maart 2019
NETBALPROGRAM:TYD: Baan D: BAAN C: BAAN B: BAAN A:
08:00 – 08:25
Eureka 0/13Vs
Futurum 0/13
Futurum 0/12Vs
Jacobsdal 0/12
Staats 0/9Vs
Hopetown 0/9
Jacobsdal 0/7vs
Futurum 0/7
08:30 – 08:55
Futurum 0/11Vs
Hopetown 0/11
Jacobsdal 0/13Vs
Hopetown 0/13
Jacobsdal 0/9vs
Futurum 0/9
Hopetown 0/7vs
Eureka 0/7
09:00 – 09:25
Jacobsdal 0/10Vs
Futurum 0/10
Eureka 0/13Vs
Staats 0/13
Jacobsdal 0/8vs
Futurum 0/8
Eureka 0/9Vs
Koffiefontein 0/9
09:30 – 09:55
Jacobsdal 0/11Vs
Staats 0/11
Eureka 0/12Vs
Staats 0/12
Jacobsdal 0/13Vs
Futurum 0/13
Hopetown 0/8vs
Eureka 0/8
10:00 – 10:25
Hopetown 0/10Vs
Eureka 0/10
Jacobsdal 0/12Vs
Hopetown 0/12
Jacobsdal 0/9vs
Hopetown 0/9
Koffiefontein 0/7vs
Jacobsdal 0/7
10:30 – 10:55
Hopetown 0/11vs
Eureka 0/11
Eureka 0/13vs
Hopetown 0/13
Futurum 0/12vs
Eureka 0/12
Eureka 0/9vs
Staats 0/9
11:00 – 11:25
Staats 0/10vs
Futurum 0/10
Futurum 0/13Vs
Staats 0/13
Jacobsdal 0/8vs
Koffiefontein 0/8
Futurum 0/9Vs
Koffiefontein 0/9
11:30 – 11:55
Futurum 0/11Vs
Staats 0/11
Jacobsdal 0/12Vs
Staats 0/12
Futurum 0/8vs
Eureka 0/8
Eureka 0/7Vs
Futurum 0/7
12:00 – 12:25
Staats 0/10Vs
Hopetown 0/10
Hopetown 0/12Vs
Futurum 0/12
Hopetown 0/13Vs
Futurum 0/13
Koffiefontein 0/7Vs
Hopetown 0/7
12:30 – 12:55
Futurum 0/11Vs
Jacobsdal 0/11
Jacobsdal 0/13Vs
Staats 0/13
Eureka 0/9Vs
Koffiefontein 0/9
Koffiefontein 0/8Vs
Hopetown 0/8
13:00 – 13:25
Jacobsdal 0/10Vs
Eureka 0/10
Jacobsdal 0/12Vs
Eureka 0/12
Staats 0/12Vs
Hopetown 0/12
Futurum 0/9vs
Hopetown 0/9
13:30 – 13:55
Jacobsdal 0/11Vs
Eureka 0/11
Jacobsdal 0/13Vs
Eureka 0/13
Hopetown 0/13Vs
Staats 0/13
Jacobsdal 0/9vs
Staats 0/9
NETBALREËLINGS:- Wedstryde is 10 minute aan ‘n kant met ‘n 3-minuut rustyd- Voorsien asseblief eie skeidsregters vir spanne
Recommended