View
1
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
1. Uit die pen van ons Voorsi er
2. Kempton Park Streek Sta s ek
3. Nuutste Nuus
3.1 Bank besonderhede
3.2 Verjaardae (April—Julie)
3.3 Lief & Leed
3.4 Bestuurslede wat ui ree
3.5 Algemene Jaarvergadering
4. Iets vir ons jeug
5. Kamp Resep
Redakteur — Johan Chatwind
Liewe SAWANANTE Julie 2017
Ek besef weereens ‐ ek is NIE ’n winter mens nie! Nou moet ek nog wag tot aan die einde van die maand om ’n bietjie in die warmer wêreld te gaan kuier! Waarvan praat ek nou? Wel, ons vol‐gende saamtrek is oor die naweek van 28 tot 30 Julie 2017 te Silver Rocks oord en woonwapark wat geleë is tussen Warmbad (Klein Kariba) en Nylstroom.
Vossie Vorster, ons streek se bemarkingsbeampte, het ’n uitnodiging gerig aan die lede van die “facebook” groep “Kampmal” om daardie naweek saam met ons te kom kamp. Die doel hiervan is om aan ons streek ’n inspui ng te gee van nuwe mense wat soos ons dink en wat op ’n gereëlde basis wil kamp. Die reaksie op hierdie uitnodiging is baie posi ef en daar is reeds ’n paar besoekers wat daardie naweek saamgaan.
Ons as bestuur van SAWA Streek Kempton Park is besorg oor die toekoms van ons streek aangesien daar oor die afgelope twee tot drie jaar ’n redelike afname was in die getal woonwaens wat ons streeksaamtrekke bywoon. Daar word wel gesê dat mense finansieël swaar trek en dat dit die rede daarvoor is. Ons gee toe dat mense nie meer so gereeld kan gaan kamp soos in die verlede as gevolg van geldlike oorwegings. Is dit wel die enigste rede? Ons nooi graag al ons lede om julle gevoel rondom hierdie saak met ons te deel.
Verder tot die saak hierbo beweeg ons nou na die einde van die huidige bestuursjaar en moet ons, kragtens die SAWA Grondwet, voor 31 Augustus 2017 ’n Algemene Jaarvergadering (AJV) hou. Wat beteken dit? Elke SAWA Streek moet tydens ’n AJV ’n bestuur verkies wat die Streek moet lei vir die volgende jaar. Kragtens die Grondwet wat verlede jaar (2016), tydens die Kongres hersien is, moet ’n Streeksbestuur bestaan uit ’n minimum van vyf (5) met ’n maksimum van agt (8) lede.
Die meeste van die huidige bestuurslede het aangedui dat hulle nie op hierdie stadium verder wil aangaan op die bestuur nie en dat hulle eerder wil oorgee aan nuwe mense. Met al die bostaande in gedagte wil ons ’n beroep doen op ons lede om na vore te kom en jul hulp te kom aanbied om die streek vir die volgende jaar te help lei. Nuwe bloed bring nuwe idees en vars gedagtes wat net tot groot voordeel van SAWA Streek Kempton Park sal wees. Nogal die jare glo ek dat SAWA se bestaansreg sy lede is. Dit is waar die voordeel van lidmaatskap vir ons elkeen lê ‐ dat ons met eenders denkende kampeerders kan assossieer en ons naweek ontspanning kan geniet! Daar is defini ef baie mense wat nie eers bewus is van die bestaan van SAWA en wat graag gereeld met hul woonwaens of tente kamp. Help ons om uit te reik na hierdie kampeerd‐ers, nooi hulle saam na ’n saamtrek en kom ons werf hulle vir ons SAWA‐familie!
Moenie te koud kry nie en kom geniet die warmer, ma ge klimaat van die bosveld met ons vol‐gende saamtrek! Sien julle by Silver Rocks!
Vriendelike SAWA Groete
JOHAN JACOBS (083 654 5689)
Ons as Bestuur van Kempton Park Streek is baie bekommerd oor die aantal lede wat nie meer Streekskampe bywoon nie.
Die getalle het aansienlik afgeneem .
Daar is soms 4‐5 woonwaens by ‘n saamtrek.
Praat met ons as daar iets fout is wat ons as Bestuur doen of wat ook al jul pla.
Ons sal jul terugvoering opreg waardeer.
Baie dankie
SAWA Bestuur
3. Nuutste Nuus
3.1 Bank besonderhede
3.2 Verjaarsdae vir Mei—Julie
3.4 Lief & Leed
3.5 SAWA geslote groep—Facebook
3.6 Bestuurslede wat ui ree
Jaarlikse ledegeld word in die rekening inbetaal (as jy nie ‘n debietorder het nie). (Onthou om asb jul lidnommer as verwysing op te sit)
Ledegeld word jaarliks hernu: Pensioenaris - R330.00 of D/O R 320.00
Gewone lid: - R340.00 of D/O R 330.00
Nuwe aansoek :R120.00
’n Bestuursllid sal jou daaraan herinner en asook 'n kommunikasie sal uitgestuur word aan lid.
SAWA Hoofkantoor
ABSA Boksburg
Rek no: 230-155-771
Tak kode: 334-342
- 0 0 O 0 0 -
SAWA Kempton Park Streek
In hierdie rekening word alle kampgelde inbetaal. (Onthou om asb jul lidnommer as ver-wysing op te sit)
ABSA Kempton Park
Rek no: 650-150-333
Tak kode: 334-642
April
02—Wilma Möller
04—Hendry Knoetze
Mei
01— Chris Erasmus
16—Francois Nel
16—Ian Jacobs
26—Marie e Jacobs
28—Johan Chatwind
Junie
11—Luzyne Harris
14—Francois Steyn
26—Bianca Knoetze
29—Cindy Olivier
Lief
Bossie Bosman het nuwe werk gekry
Leed
Bianca Knoetze het miskraam gehad
Ons het 'n SAWA Kempton Park groepblad geskep op Facebook (https://www.facebook.com/groups/648578831992052/?ref=bookmarks) .
Hierdie groep is daargestel om die aktiwiteite van ons streek te bespreek en met andere te deel. Hier kry jy dus die geleentheid om jou fotos en wedervaringe van saamtrekke wat jy bygewoon het met almal te deel. Ons sal ook poog om die besonderhede van toekomstige kampe hier te plaas.
Ons wil vra dat jy by die groep sal aansluit asb. en jou FB vriende ook te nooi. As jy suk-kel, stuur vir Vossie (dievorsters@absamail.co.za) jou FB naam en hy sal jou lid-maatskap aktiveer. Die plasings moet asb. streng verwant wees aan ons klub en kamp aktiwiteite. Nie-verwante plasings sal verwyder word. Kom ons hou dit skoon en netjies asb. Hierdie is n besprekingsgroep blad wat nie ver-war moet word met die FB blad nie, wat ons binnekort gaan kanselleer
Kom en besoek ons SAWA groepblad op FB en moedig lede aan
3.5 Bestuurslede tree uit
Die Voorsi er wil die graag die Bestuur van 2016/2017 bedank vir hul tyd wat hulle ingesit het om die Streeks se ak witeite glad te laat verloop asook hul bydraes tot suksesvolle funksies.
Ek is ook trots om so ‘n wonderlike span te kon he en wat as ’n eenheid saamgewerk het tot die suksesvolle Streek wat ons vandag is. Elkeen het hul deel gedoen en dit word reg g hoog op prys gestel.
Die Bestuurslede wil ons Voorsi er bedank vir die wyse waarop hy die Streek en sy lede gelei het. Niks was ooit vir hom te veel nie en het altyd uit sy pad gegaan sodat rëelings glad verloop.
Johan & Marie e Jacobs
Johan & Hermien Chatwind
Andre Olivier
Yvonne Vorster
Ons as Bestuur wil graag plek maak vir nuwe jong bloed wat die leiding kan neem met nuwe idees en uitdagings.
Sterkte aan ons nuwe Bestuur vir 2017/2018. Ons as lede sal julle ondersteun ten alle tye om die Streek posi ef te hou.
Van die Bestuurslede
3.5 Algemene Jaarvergadering (AJV)
Ons volgende 34ste AJV gaan plaasvind te Mopani Oord op die 26ste August 2017
Die koste vir die naweek is R460
Goeie dag lede
Dit is weer sulke tyd waar julle ‘n nuwe Bestuur vir 2017/2018 moet kies om die sake van Kempton Park te hanteer.
‘n Nominasie brief sal in Julie maand ver‐sprei word waar julle ‘n lid moet nomi‐neer om op Bestuur te dien. Kyk asb uit vir dit en reageer so gou moontlik.
Nominasies sluit : 28ste Julie 2017
Alfabet speletjies vir kinders
Recommended