View
351
Download
18
Category
Preview:
DESCRIPTION
Vrystaat News 28-03-2013.pdf
Citation preview
Tel (058) 303 5411 DONDERDAG 28 MAART 2013 R3,50
9 7 7 1 0 2 6 8 7 2 0 0 1 >
Waar hulle
nou is
5
Afgetredenes
praat
8
Ons hou van
Paul Roux
18
Maluti Magic
22
Wen boeke
25
DIE lang verwagte dag wat die
hele Oos-Vrystaatse gemeen-
skap opgewonde maak, is
eindelik hier.
Vandag open die Dihlabeng
Mall amptelik wanneer Tjheta-
ne Mofokeng, die burgemeester
van Dihlabeng, die lint sal
knip.
Jo-Marie Tredoux, bemar-
kingsbestuurder van die
inkopiesentrum, s Oos-Vrysta-
ters kan hulle regmaak en
nader staan.
Die nuwe winkelkompleks op
die preekstoelpad gaan n
wonderlike ervaring bied.
Maak gereed vir tien dae se
groot pret en ontdekking.
Mense wat die Dihlabeng
Mall tussen 28 Maart en 6
April besoek, staan elke dag n
kans om n geskenkbewys van
R300 by een van die winkels te
wen.
Die bewyse word deur Game,
Capitec Bank, Crazy Store,
POP, Reggis, Sheet Street en
Miladys geborg.
Wimpy gaan ook elke dag n
geskenkbewys van R50 weggee.
Tredoux nooi Vrystaat se
lesers om die sentrum te
besoek en saam in die vreugde
te deel.
Lees meer hieroor op bl. 3.
DihlabengMall open vandag
Gebed vir Paasmre
Foto: Google Images: Bells from Russian origin.
IL de Villiers
Verrese Heiland
die kerkklokke lui vanoggend
anders.
Hulle is Paasklokke.
Hulle lui oor die vallei.
Hulle lui oor die stad.
Hulle lui oor die wreld.
Die Here het opgestaan!
Ja, Hy het waarlik opge-
staan!
Saam met Christene oor die
wreld, al u kinders,
wil ek aanbid, Oorwinnaar!
Saam met die klokke wil ek
juig
oor die wonder van n graf in
n tuin
wat oopgegaan het om nooit
weer toe te gaan nie.
Daars n pad getrap deur die
dal van die dood.
U het dit uitgetrap.
U het bloedspore getrap.
Die pad gaan deur die dood
na die ewige lewe.
Ek gaan di pad volg as U my
roep.
Ek het saammet U opgestaan,
Here Jesus.
Hierbinne in my hart is dit al
anders.
Ek was met U in aanraking.
U het my aangeraak.
Ek sal nooit sterf nie.
Want U leef!
U leef!
Ek juig oor U, Here Jesus.
Ek juig saam met die Paas-
klokke.
Ek juig in die mre,
oor n nuwe mre
wanneerdie klokkenie sal op-
hou nie, wat sal mre bly
en nooit aand word nie.
Amen.
) Uit Manna oor die duine
2 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
K
S
KK
ortliks
nippets
S
SS
Verse: Luke 23:42-43
Then He said: Christ,
remember me when You
come into Your kingdom.
He answered him: I tell
you the truth, today you
will be with ME in
paradise.
) The man on the cross
next to Christ needed to
be saved.
) In faith, he called out
for salvation.
) He did not deserve it,
but he received it.
) Christ is still ready to
give the gift of Salvation
to all who call on Him.
Prayer: Lord Jesus, I
know I have sinned in my
thoughts, words and
actions. There are so
many good things I have
not done. There are so
many sinful things I have
done. I am sorry for my
sins and turn from
everything I know to be
wrong. I know You gave
Your life on the cross for
me. Gratefully, I give my
life back to You. I ask
You to come into my
life. Come as my Saviour
to cleanse me. Come in
as my Lord to control
me. Come in as my Friend
to be with me, and by
Your grace, I will serve
You all of the remaining
years of my life in
complete obedience.
Thank You Lord. I now
acknowledge You as the
one and only true living
God. Amen.
Fotos met n selfoon geneem:
Vrystaat ontvang gereeld fotos
wat lesers aanbied wat met n
selfoon geneem is. Meer as 90%
van di fotos is van so n swak
resolusie of uit fokus dat die
fotos, hoe kosbaar ook al, nie
gebruik kan word nie. Stuur
asseblief fotos in ho resolusie,
verkieslik met n kamera
geneem.
Gratis evangelisasiekursus:
Die NG kerk Bethlehem-Panora-
ma bied op 13 April van 09:00 tot
13:00 n kort EE3-kursus oor
geloofsekerheid en evangelisasie
aan. Die kursus is gratis. Rig
navrae aan Louise Prins by
072-2722-433.
Clarens Dinosaur Fun Wun:
Saturday, 30 March, Clarens
Square, 07:00 to 07:30 (registra-
tion). Medals and cooldrinks to
all finishers. Lucky prize draws
at 10:00. Join us for a fun-filled
5 km walk or run for the whole
family, says David Groenewald,
organiser. Enquiries: David or
Sue Groenewald on 083-469-4703.
Clarens flea market day: This
will take place on Saturday, 30
March, at Clarens Square.
DIE frustrasie van baie inwoners van La Provence en Jordania, asook van ouers en leerlinge van die Horskool Witteberg en die Laerskool
Jordania, is die probleemwat afleweringsvoertuie by n supermark in Baartmanstraat in spitstye skepwat die verkeer erg belemmer, vertraag
en motoriste se bloeddruk opjaag. Inwoners vra: Kan iets nie hieraan gedoen word nie? Foto: Anton Calitz
Salarisse bly n
geskilpunt
Susan Mar
DIE meningsverskil op
Bethlehem oor salarisse
wat aan politici betaal is uit
n munisipale skenking vir
die jaarlikse Bethlehem-lug-
skou, het heelwat reaksie
ontlok.
Vrystaat het op 21 Maart
hieroor berig nadat dit uit
verslae wat voor n raadsver-
gadering gedien het aan die
lig gekom het dat salarisse
van tot R10 000 uit n sken-
king van R100 000 van die
Dihlabeng-munisipaliteit aan
belanghebbendes uitbetaal is.
Alle inligting hieroor wat
op Vrystaat se lessenaar
beland het, kan gestaaf word
soos in die notule van die
burgemeesterskomitee se
vergadering op 23 Januarie.
Dr. Clem Harrington, sy
verloofde en Japie Pienaar
het elkeen R10 000 ontvang.
Dit word in die dokumente as
salaries aangedui. Nog
bekendes se name as begun-
stiges word in die dokument
vermeld.
Volgens Roy Jankielsohn,
die DA se koukusvoorsitter in
die Vrystaat, is die wet en
regulasies duidelik dat indien
die raad geld borg, geen
raadslid n geldelike voordeel
daaruit mag ontvang nie.
Jankielsohn s dit is nie
die DA wat beweer salarisse
is betaal nie die dokumente
spreek vanself.
Ek geen nie om of dit R10
was nie, die wet is duidelik
in hierdie verband en ons
kan nie vir ANC-raadslede
uitsonderings maak nie.
Die taal wat Harrington op
n briefhoof van die lugskou-
komitee gebruik, doen groot
skade aan die beeld van die
instelling en spreek boekdele
oor hom.
Ons verwag dat die
provinsiale regering en die
raad na die aangeleentheid
ondersoek instel.
Ek het my ledeverklaring
in die wetgewer op versoek
van Ace Magashule, die
premier, aan hom oorhan-
dig.
) Pienaar het aan Vrystaat
ges waar die lugskoukomitee
iets vir die gemeenskap en
toerisme doen, word hulle
nou deur Jankielsohn en Ben
Venter, DA-raadsklid, gekriti-
seer en as oneerlik aan die
gemeenskap voorgehou.
Ek was nie eens op die
vergadering teenwoordig toe
daar deur klublede besluit is
om uit dankbaarheid vir wat
ek gedoen het n honorarium
aan my toe te ken nie.
Ek het nie n misdaadre-
kord agter my naam nie en
ek verwag dat diegene wat
my kritiseer en as oneerlik
voorhou dieselfde geloofsbrie-
we as ek moet kan voorhou.
Die vliegklub is nie n
staatsinstelling nie en dit sal
n kwade dag wees as n
private klub nie mag besluit
aan wie honorariums gegee
mag word en aan wie nie.
Na aanleiding van Jankiel-
sohn en Venter se klein
politiekery glo ek dat Bethle-
hem sy laaste lugskou beleef
het.
) Venter s in reaksie op
Harrington se kommentaar
die salarisse is beslis nie
duimsuig of fiksie nie. In die
verslag word al die name
genoem van mense wat
salarisse ontvang het.
Die verslag is vooraf na
die departement van plaaslike
ekonomiese ontwikkeling
(LED) verwys waarvan die
burgemeester n komiteelid
en Harrington die voorsitter
is.
Die portefeuljekomitee het
die verslag goedgekeur en vir
goedkeuring na die burge-
meesterskomitee verwys.
Harrington is n lid van
die burgemeesterskomitee wat
die verslag goedgekeur en vir
bespreking en goedkeuring
deur die raad op die agenda
geplaas is.
) Lees briewekolom en die
hoofartikel op bl. 4.
Munisipaliteit
verloor R30 m.
DIEdistriksmunisipaliteit verloorR30,3mil-
joen met belaglike heffings. S s Roy Jan-
kielsohn, DA-koukusvoorsitter in die pro-
vinsiale wetgewer. Hy het in n ledeverkla-
ring ges verskeie pogings is aangewend om
belaglikeheffings sedert 2010 deur die proku-
reursfirma Podbielski Mhlambi Inc. van
Welkom van sakeondernemings en boere in
die distrik Thabo Mofutsanyane te hef.
Die prokureurs het van die distriksmuni-
sipaliteit opdrag ontvang om aanmanings-
briewe aan ondernemings en boere te stuur
oor beweerde agterstallige streekdienstehef-
fings. In die meeste gevalle was die bedrae
gehef net geskat, en in ander gevalle hetmen-
se aanmaningsbriewe ontvang vir onderne-
mings wat nie bestaan nie. Die prokureurs-
firma het tot nou toe nog net R4,7 miljoen vir
die munisipaliteit ingewin, terwyl hulle
reeds R19 miljoen betaal is.
Die distriksmunisipaliteit het n verdere
rekening vir R16 miljoen van Podbielski en
Mhlambi ontvang en is met n dagvaarding
gedreig indien dit nie betaal word nie. Die
hele rekening van die prokureurs is R35 mil-
joen. Die belastingbetalers verloor dus
R30,3 miljoen. Die verregaande bedrae wat
namens die munisipaliteit deur die proku-
reurs gehef is, was net geskat. In die geval
van een onderneming is n aanmaningsbe-
drag geskat van R464 843,24, terwyl die on-
derneming R2 066,16 moes betaal.
Jankielsohn s: Die vraag is wie die regs-
koste van individue en ondernemings gaan
betaal wat met elke aanmaningsbrief n pro-
kureur moes kry om namens hulle beswaar
te maak. n Onlangse hofuitspraak ten guns-
te van die sakegemeenskap het die belaglik-
heid van die aangeleentheid bewys. Die DA
het telkemale genoemdat die aangeleentheid
belastingbetalers groot bedrae geld gaankos,
en dat enigiemand kon besef dat dit net n be-
drogspul is.
Podbielski het na bewering in Welkom ge-
spog hy sal danksy die poging kan aftree.
Verkeerskonsternasie bring frustrasie
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 3
Dismiss
carefully
Braam Botha
HAVEyou perhaps
used the following
tactic to get rid of
an employee late-
ly? Resign, or face
a disciplinary hea-
ring where you
will be dismissed
anyway.
According to statistics, the incidents of
constructive dismissals are increasing
steadily. Employers should be very care-
ful about using this tactic, as it will cost
them dearly if challenged by the employ-
ee.
A constructive dismissal may be defi-
ned as a situation in the workplace which
has been created by the employer, and
which renders the continuation of the em-
ployment relationship intolerable for the
employee to such an extent that the em-
ployee has no other option available but
to resign.
However, there have been many refer-
rals of constructive dismissal to the
CCMA which have not succeeded mainly
because the employee has failed to prove
the existence of any intolerable working
conditionwhichmade theemploymentre-
lationship impossible. It is common prac-
tice for employers to throw the book at
employees who, for various obscure rea-
sons, are suddenly no longer suitable.
Very often, the true reason is that chea-
per labourcanbe found.Employerswould
do well to take note that while constructi-
ve dismissal may be difficult to prove, it
may cost you a lot of money!
) Braam Botha is a CPA, commecial and
labour law practitioner and at the request
ofVrystaat, regularly contributes articles
relating to business and theworkplace for
publication. Contact Botha at 058-303-3844
or wellatwork@telkomsa.net.
Mall opens
doors today
THE Dihlabeng Mall is, after much anticipation, ope-
ning its door to Bethlehem and surrounding towns to-
day. A first of its kind to the district, the mall offers
shoppers an exciting, comprehensive shopping experi-
ence with ample parking in a beautifully landscaped
setting.
Never before has residents had the convenience of a
shopping centre with such a large number of stores and
well-known restaurants all under one roof. The mall of-
fers a secure shopping environment and caters to all
members of the family.
Toensureapleasantvisit andhelp shoppers find their
way around, Dihlabeng has provided the following in-
formation and handy tips.
Easy to reach
The Dihlabeng Mall can be found on Preekstoel Road
andPaul LaeseckeAvenue inBethlehem. Provisionhas
also been made for a taxi drop-off point; making it easy
for customers as well as staff members to commute.
Convenient entrances
Shoppers can enter the mall from Preekstoel Road
through Entrance 1 near Spur and Entrance 2 near
Mugg&Bean. There is also direct access from the Fron-
tier Casino which will be reserved for hotel guests.
Free parking
Shoppers will find free parking in more than a 1 000
landscaped, open-air parking bays which will be moni-
tored by trained car guards. The mall has provided de-
signated parking areas for physically challenged shop-
pers and taxis. Other customers are requested not to
park in these zones.
Banking services
Capitec and Standard Bank have branches inside the
store.
Find help fast
Information stations will be located near Due South,
Musica andLegit for theEasterweekendperiod. Securi-
ty staff are also available to assist shoppers and provide
information in order to ensure an enjoyable shopping
experience.
Restaurants to visit at the Dihlabeng Mall
The restaurant offering at the Dihlabeng Mall inclu-
des Mugg & Bean, Spur and Wimpy. More restaurants
and fast-food outlets will be opening soon.
Shopping hours
The Dihlabeng Mall is open from 09:00 to 18:00 Mon-
day to Friday, from 09:00 to 16:00 on Saturdays and 09:00
to 14:00 on Sundays and public holidays.
THERESE COETZEE, n
bekende inwoner van
Bethlehem, het jare
lank aan di besonder
se tapisserie gewerk.
Sy s dit is haar Paas
feestapisserie en om
aan Jesus se doring
kroon, die bloeddrup
pels en uitdrukking op
sy gesig te kon werk,
stekie vir stekie, was
vir haar n emosionele
ervaring. Dit is ook vir
haar simbolies dat Je
sus in di prent juis op
kyk na Sy Vader.
Foto: Susan Mar
DIE man in die middel die rede waarom Paasfees die komende naweek w
reldwyd deur miljoene Christene gevier sal word. Foto: Google Images
4 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
Onmin oor
skou n
jammerte
n DEBAKEL het ontstaan nadat dit aan
die lig gekom het dat salarisse uit n
borgskap van R100 000 van die Dihlabeng-
munisipaliteit aan lede van die lugskou-
komitee betaal is.
Die notule van die vergadering van die
burgemeesterskomitee (23 Januarie,
Vol. 1) bevestig die borgskap, salarisse
aan lede en ander toepaslike inligting.
Hierdie feite kan nie as duimsuig of
fiksie (sic) afgemaak word nie.
Lede van die lugskoukomitee is daar
vir die liefde en passie van die saak.
Almal ken hul toewyding.
Hierdie skou is die n toonvenster
van Bethlehem wat die dorp hoog uitlig
as die gasheer van een van die vyf
toplugskoue in Suid-Afrika. Vir toerisme
is die skou goud werd.
Daar is begrip vir die persoonlike
uitgawes en tydbesteding van lede in die
komitee om so n lugskou tot uitvoer te
bring.
Die betrokke bestuurslede wat ook as
raadslede van die Dihlabeng-munisipali-
teit dien, behoort egter te weet dat alle
munisipale geld wat uitgegee word binne
die raamwerk van wetgewing en regula-
sies moet plaasvind.
Raadslede wat reeds n salaris ontvang
se verantwoordelikheid is om al hul
persoonlike belange aan die stadsraad te
verklaar.
Dit het alles te doen met deursigtige
regering of bestuur en hierdie beginsel
geld in feitlik alle ander groot maatskap-
pye of instellings in Suid-Afrika. Die doel
daarvan is nie net om die instelling te
beskerm nie, maar ook die betrokke
personeel of lede.
Wat teleurstel van die debakel nadat
die DA n ondersoek oor die uitbetaling
van salarisse versoek het, is die vlak
van persoonlike aanvalle deur raadslede
op mede-raadslede. Ongelukkig het dit in
n afkraakgeveg ontaard.
In die gees van Paasfees kan die
psalmis se woorde in Ps. 133 in herinne-
ring geroep word: Kyk hoe goed en hoe
lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
Dit is soos die kosbare olie op die hoof,
wat afloop op die baard, die baard van
aron, wat afloop op die soom van sy
klere.
Dit is soos die dou van Hermon wat
neerdaal op die berge van Sion; want
daar gebied die Here die sen, die lewe tot
in ewigheid.
Bybel doen verslag oor grootse gebeurtenis
Susan Mar
KOERANTE kry dikwels slae oor die nuus
wat gepubliseerword nuuswat deur diew-
reld gemaak word. Mense s dikwels: Ons
lees nie meer koerant nie. Dis net moord en
doodslag waar jy kyk. Plaasaanvalle, swak
munisipale bestuur, korrupsie, rampe. Vir
wat moet ons dit lees?
As dit egter nie vir die grootste koerant
van alle tye was waarin oor van Genesis tot
Openbaring verslag gedoen word nie, sou
ons nooit geweet het hoe die omstrede rabbi
Jesus Christus op Golgota meer as 2000 jaar
gelede saam met twee ander misdadigers ge-
kruisig is nie. Die dagblaaie en straatplakka-
te van Jerusalem sou in swart, vet letters die
omstredenheid van Jesus se teregstelling
aangekondig het en volledig verslag gedoen
het oor die klug van sy verhoor, die sonsver-
duistering wat die stad tot stilstand gedwing
het, die voorhangsel wat geheimsinnig be-
skadig is, die Joodse Raad wat opdrag gegee
het dat die drie gekruisigdes op Golgota se
bene gebreek moet word en die grafskenders
wat Jesus se liggaam in die nag gesteel en op
n onbekende plek weer be-
grawe het.
Opspraakwekkende,
skokkende nuus.
Daar sou n berig wees
oor die volgeling van Jesus
wat die nag van sy verraad in n binnehof
binne hoorafstand van die aangeklaagde
om nkoolvuurtjie gesit het en ontkenhet dat
hy Jesus ooit geken het. Die verslaggewer
sou opgemerk het dat hy later in trane uitge-
bars het toe n haan begin kraai het om n
nuwe dag aan te kondig.
Daar sou ook n berig gewees het oor n
man wat homself buite Jerusalem opgehang
het. Sy naamwas Judas Iskariot n vertrou-
elingvandie rabbiwat gekruisig is.Die berig
sou klem gel het op die rol wat hy gespeel
het indie owerhede seplanomJesus gevange
te neem.Die berig oor sy selfmoord souwaar-
skynlik geindig het met: Die Romeinse
weermag vermoed geen misdaad nie.
Sesweke later soudie dissipels vandie oor-
lede rabbi op die voorblaaie vertel het hoe hy
hulle vir oulaas die stad uitgelei het tot naby
Betani. Daar het Hy skielik in die lug opge-
styg totdat n wolk hom uit die gesig laat ver-
dwyn het.
Weke daarna sou teolo in Jerusalem
steeds geskok en verontwaardig oor die gel-
digheid van die jongste bewerings gedebat-
teer het.
Paasfees 2013. Danksy n baie betroubare
koerant die Bybel waarin alles oor di
fees opgeteken is onder leiding van die groot-
ste Redakteur van alle tye die Heilige Gees
kan mense op Goeie Vrydag saam met mil-
joene geloofsgenote simbolies by die kruis
van Golgota neerkniel.
Drie dae later kanhulle die opstanding van
Jesus Christus met sy verreikende goeie ge-
volge uitjubel en vier.
Die Bybel se beriggewing oor die gekrui-
sigde en opgestane Christus soos ervaar
deurverskeieverslaggewers is ongetwyfeld
die bestenuuswat it in enigekoerant gepu-
bliseer is.
Salarisse beslis
nie fiksie nie
BEN VENTER, DA-raadslid,
Bethlehem:
TERaansluiting by die hoofberig
van Vrystaat van 21 Maart dit is
beslis nie duimsuig of fiksie dat die
twee raadslede en ander mense sa-
larisse ontvang het deur die lug-
skouwat deur die Dihlabeng-muni-
sipaliteit geborg is nie.
Die verslag is opgestel deur die
lugskoukomitee waarvan raadslid
Clem Harrington die president en
raadslid Japie Pienaar die voorsit-
ter was. In die verslag word al die
name genoem van mense wat sala-
risse ontvang het.
Die genoemde verslag is na die
departement van plaaslike ekono-
miese ontwikkeling (LED) verwys
waarvandieburgemeester nkomi-
teelid en Harrington die voorsitter
is.
Die portefeuljekomitee het die
verslag goedgekeur envir goedkeu-
ring na die burgemeesterskomitee
verwys.
Harrington is n lid van die bur-
gemeesterskomitee wat die verslag
goedgekeur en vir bespreking en
goedkeuring deur die raad op die
agenda geplaas het.
In die raadsvergadering van 23
Februarie op Clarens het ek die
vrae oor die betaling van die twee
raadslede, Harrington en Pienaar,
gevra. Harrington was op die ver-
gadering teenwoordig, maar het
nie op my navrae n woord ge-
spreek nie. Die aangeleentheid is
vir verdere ondersoek terugver-
wys.
Die bewysevan salarisbetaling is
in die verslag saamgevat.
Ek wonder steeds waarom daar
sedert 2011 se plaaslike verkiesing
nie n DA-verteenwoordiger op die
LED-portefeulje is nie?
Dit n verskeie versoeke en plei-
dooie in die verband aan die spea-
ker en uitvoerende burgemeester,
maar sonder sukses. Dit is ons de-
mokratiese reg om verteenwoordi-
ging op al die portefeuljes te h.
Dit is belangrik dat ons sonder
uitsondering die beginsels van n
regstaat respekteer, en daarom sal
die DA versoek dat die aangeleent-
heid deur die provinsiale regering
ondersoek word.
Poletiekery
kelder lugskou
JAPIE PIENAAR, ANC-raads-
lid: Dihlabeng, Bethlehem:
EK skryf na aanleiding van die
voorbladberig van Vrystaat op 21
Maart.
Terwyl Jankielsohn in sy kan-
toor met lugversorging gesit en
dink het hoe om sy klein politieke-
ry te bedryf en planne te maak om
van sy raadsledewat nie na sy pype
dans nie in die rug te steek het ek
eiehandig in die koue winter ligte
opdie aanloopbaanvervang enher-
stel. Dit sou die raadR500 000 gekos
het. Ek het menige rit Johannes-
burg en Pretoria toe op eie koste af-
gel om die ligte reg te kry en die
lughawe op n ho standaard te
plaas.
Jankielsohn en Ben Venter sou
dit beslis nie gedoen het nie. Hulle
het nog nooit eens die moeite ge-
doen om n draai op die lughawe te
maak en hulle te vergewis van wat
daar gebeur nie. Nog minder weet
hulle wat dit behels om n lugskou
te organiseer.
Baie geld kom uit die sakke van
lede wat vir die liefde van die saak
werk en nie vir die sak nie.
KwaZulu-Natal se provinsiale re-
gering bewillig jaarliks miljoene
rand aan private maatskappye om
drie lugskoue in die provinsie aan
te bied. Weens die tyd en harde
werk het lugskoue in Suid-Afrika
van 41 tot nege gekrimp.
Op Bethlehem waar ons iets vir
die gemeenskap en toerisme doen,
word ons deur Jankielsohn enVen-
ter gekritiseer en as oneerlik aan
die gemeenskap voorgehou.
Ek was nie eens op die vergade-
ring toe deur klublede besluit is om
uit dankbaarheidvirwat ekgedoen
het n honorarium aan my toe te
ken nie.
Ek het nie n misdaadrekord nie
en verwag dat diegene wat my kri-
tiseer en as oneerlik voorhou die-
selfde geloofsbrieweas ekmoet kan
voorhou.
Soos dr. Clem Harrington dit ge-
stel het, is die Bethlehem-vliegklub
nie n staatsinstansie nie en sal dit
n kwade dag wees as n private
klub nie mag besluit aan wie hono-
rariums gegeeword en aanwie nie.
Hoekom bied Jankielsohn en
Venter nie hul dienste vir die vlieg-
klub aan nie? Die lede sal julle be-
slis n kans gun om n lugskou aan
te bied. Komhoudie lughawe in die
puik toestand waarin hy nou is.
Nee, julle sal nie, want al wat jul-
le kan doen, is om uit jul gemak-
stoele diegene wat iets vir die ge-
meenskap wil doen te kritiseer en
met jul klein politiekery te probeer
afbreek.
Wat het julle al vir die gemeen-
skap gedoen? Behalwe om stemme
te werf deur paraffien in Coke-bot-
tels aan behoeftiges in Bohlokong
te gee.
Na aanleiding van Jankielsohn
en Venter se klein politiekery glo
ekBethlehemhet sy laaste lugskou
beleef.
V
r staat
y
V
r staat
y
V
r staat
y
V
r staat
y
HOOFARTIKEL
Posbus 21, Bethlehem, 9700
andsteen-
praatjies
S
SS
B
L
BB
riewe
etters
Posbus 21/
PO Box 21
Bethlehem
9700
L
LL
INWONERS, Fouriesburg:
MET n dorp vol toeriste en gaste-
huise tot oorlopens toebeset,was in-
woners van ons dorpie baie ontsteld
om op Vrydag 22 Maart te hoor ons
krag sou eers die Maandag aange-
sluit word.
Ons het die eenheidsbestuurder
vanDihlabeng opFouriesburg, Pau-
lus Ncala, gebel. Laat Vrydag was
die dorp weer helder verlig.
Ons opregte dank aan Paulus.
Dankie vir hulp
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 5
Bloed gesoek
SOOS ons die Paasnaweek nader en dit reeds
vakansie is, weet ons die tyd word gekenmerk
deur n toename in padongelukke wat tot die
daaglikse behoefte aan bloed bydra. In die tyd-
perk is bloedinsameling reeds moeilik met
skole, tersire instellings en sakeonderne-
mings wat nie soos gewoonlik kan help om n
volhoubare bloedvoorraad te handhaaf nie.
Rochelle van der Merwe, skakelbeampte
van die bloedskenksentrum in die Metropoli-
tan-sentrum op Bethlehem, s sy en haar per-
soneellede doen n beroep op skenkers om die
kliniek te besoek.
Die vraag is nieminder in vakansietye nie,
en ongeveer 3 000 eenhede bloed word steeds
daagliks deur pasinte benodig. Elke dag wat
ons nie die doelwit behaal nie, word die bloed-
voorraad uitgeput.
Ons verstaan mense is besig of met vakan-
sie oor die tydperk, maar dit vra net ongeveer
30 minute van jou tyd om n reuse-verskil te
maak aan diegene wat bloed benodig. Paastyd
is gewoonlik familietyd en deur bloed te
skenk, kan jy moontlik aan iemand anders
meer tyd saam met sy of haar familie gee.
Die tema van ons Paastyd-veldtog is daar-
om Moenie dat die lewe in die pad van LEWE
staan nie.
As jy gesond is, tussen 16 en 65 jaar oud is,
meer as 50 kg weeg en n veilige seksuele leef-
styl lei, kom skenk asseblief bloed, versoek
Rochelle.
Rig navrae aan haar by 058-303-5560.
Groete uit Australi
IN die gereelde rubriekWaar
is hulle nou gesels Vrystaat
met oud-Betlehemiete wat ge-
emigreer het of hulle elders in
Suid-Afrika bevind. Jan en
Chantelle Connoway is van-
deesweek aan die beurt. Stuur
gerus die e-pos-adresse van
vriende wat gemigreer het
aan smare@volksblad.com.
Wanneer is julle uit Suid-
Afrika weg en waar is julle
nou? Waar het julle gewerk
toe julle nog op Bethlehem
was?
Ons is in 2007 uit Bethlehem
weg vanwe n werkaanbod in
Australi. Ons bly nou die afge-
lope ses jaar inColeraine,Victo-
ria, en word op 12 April as bur-
gers ingesweer. Ons behou ons
Suid-Afrikaanse burgerskap en
sal dit nooit prysgee nie. Ek het
meestal in Amerika gewerk en
wanneer ek in Suid-Afrika was,
het eknouendangehelpbyCoe-
nies Bike Clinic. My vrou,
Chantelle, het by Ilanga Lodge
as n kroeg- en ontvangsdame
gewerk.
Vertel iets van jul werk en
lewe in Coleraine, Victoria.
Onsbly op nkleindorpie vier
uur van Melbourne af waar die
bevolking maar 1 000 mense is.
Ek werk vir n maatskappy
wat kunsmis verkoop en op die
lande sit. Ekhet ookonlangsmy
eie onderneming begin waar ek
motorfietsekoop,herstel enver-
koop. Ek verpersoonlik (custo-
mise) ook motorfietse en verf
motors.
Chantelle het in 2010 haar eie
onderneming begin waar sy n
gedeelte van ons huis in n na-
sorgsentrum omgeskep het en
sy pas elke dag kinders op. Sy
het onlangsklaarvirhaardiplo-
ma inChildrensServices gestu-
deer enwil verder in kindersiel-
kunde studeer.
Sy was ook verlede jaar n fi-
nalis in die SouthernGrampian
Shire (munisipaliteit vir ons
omgewing) se onderneming van
die jaar-eerbewyse en was n fi-
nalis indiekategorievirklein/
mikro-ondernemings, asook
landelike ondernemings.
Die lewe hier is baie rustig en
veilig. As dit snags warm is,
slaap ons met die deure en ven-
sters oop enhoef ons ons nie oor
inbrake te bekommer nie.
Dit is ook die voordeel daar-
van om op n klein dorp te bly.
Almal ken mekaar en sorg vir
mekaar.
Wat mis julle die meeste
van Bethlehem en Suid-Afri-
ka? Kom julle gereeld terug?
Ons mis meestal die Spur se
lekker kos, ons familie, vleis-
braaie en kuier saam ons vrien-
de en die langarmdans op Ilan-
ga.
Ons was nog net een keer te-
rug na Suid-Afrika om te kuier.
Ons laat die mense eerder hier
kuier sodat hulle kan ervaar
hoe dit hier lyk en hoe ons leef.
Wat geniet jy die meeste
van waar julle nou is?
Ons geniet meestal die vrede
en rustigheid van die lewe hier.
Die Australirs is baie ontspan-
ne. Die leefwyse hier is ook be-
kostigbaarder. Ons geniet dit
ookdat daar sobaie geleenthede
is vir n mens om jouself te ver-
beter.
Wat mis jy nie van Suid-
Afrika nie?
Ons mis nie die misdaad nie.
Van Bethlehem kan ons niks
slegs s nie, want al ons beste
herinneringe is van Bethlehem
en die mense, van ons grootste
hoogtepunte in ons lewe het ook
op Bethlehem gebeur. Ek is op
Bethlehem gebore en het my la-
erskoolloopbaan daar begin.
Chantelle is op Frankfort gebo-
re, maar het haar skoolloop-
baan op Bethlehem begin. Ons
het ook in 2006 in die Jan du
Plessies-park op Bethlehem ge-
trou. So ons sal altyd n plek in
ons harte vir Bethlehem h.
Wat is jul groeteboodskap
aan die mense van Bethle-
hem?
As julle ooit n geleentheid
kry om Australi toe te kom vir
werk of kuier, gryp dit aan, julle
sal nie spyt wees nie. Ons wil
ook net s:Waardeermekaar en
jul familie, want dit is eers as jy
so ver weg is van jou mense dat
jy begin besef hoe spesiaal hulle
werklik is.
Gaan julle eendag terug-
kom?
Ons sal beslis eendag terug-
gaan na Bethlehem. Ek sien uit
na die dag dat ons weer met ou
vriende kan saamkuier.CHANTELLE EN JAN CONNOWAY
PAASFEES kosmostyd. Kosmos
blomme is vanjaar besonder welig
in die OosVrystaat. Foto: Susan Mar
6 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 7
8 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
HOE lank was jy by Jordania werksaam?
Ek was van Augustus 1982 tot Maart 2013 by
Jordania.
Vertel ietsie van jou gesin en kinders.
Ek is met Paul getroud en ons het n dogter,
Adele Terblanche, en twee kleinkinders. Ons
kleinkinders, Roene (gr. 3) en Louis-Paul (gr.
1) is leerlinge aan die Laerskool Truida Kes-
tell.
Wat het jou werk by Jordania behels?
Ek het omtrent alles van die hand na die
moderne tegnologie van rekenaars gedoen.
Watter laagtepunte het jy in jou tyd by
Jordania beleef? Ek dink n besonderse
laagtepunt was die dood van die twee Van
Heerden-meisies wat destyds in hul huis
dood is nadat n brand ontstaan het. Dit was
n traumatiese ervaring.
Wat maak Jordania n spesiale skool?
Jordania sal altyd virmy spesiaalwees om-
dat ek so n groot deel vanmy lewe daar deur-
gebring het.
Wat of wie gaan jy mis? Ek gaan die kin-
ders mis, asook my kollegas met wie ek goed
oor die weg gekom het. Almal is vir my baie
spesiaal.
Wat of wie was jou anker in die jare by
die skool? My anker was ongetwyfeld die
drie skoolhoofde met wie ek bevoorreg was
om te kon saamwerk.
Watbeplan jyomn jouaftrede tedoen?
Ek en my man beplan om te reis en om buite
seisoen vakansie te gaan hou.
Watter belangstellings leef jy uit? Ek
hou van tuinmaak, lees, mosaek-werk, bak
en brou.
Mooiste woorde? My vrou, ek dink jy
kan nou maar uittree en Ouma, ek is lief
vir jou.
Wat is jou gunsteling-kleur en -boek?
Ek hou van groen, Die Bybel en enige boek
van Irma Joubert.
Het jy n laaste woordjie op die hart vir
jou kollegas en leerlinge? Bou voort op die
goeie werk wat julle doen. Leerlinge, streef
altyd na beter.
vox pops vox pops vox
vox pops vox pops vox
DIE bekende legendes het n jare
die tuig by die Laerskool Jordania
neergel. Hierdie ysterinas het
elkeen vir jare hart en siel vir Jorda-
nia gewerk. Susan Mar van Vry-
staat het met Kaatjie Engelbrecht,
Lorraine Roux en Elsie Nothnagel
gesels oor hul aftrede en wat hulle
alles beplan.
KAATJIE ENGELBRECHT, Elsie Nothnagel en Lorraine Roux drie legendes van die Laer
skool Jordania het die tuig neergel. Hulle sien al drie uit na n welverdiende aftrede
tyd saam met hul geliefdes.
HOE lankwas jybyJordaniawerksaamen
inwatter afdeling?Ekhet in 1981 onderwyle
Martin Harris se vlerk by Jordania begin met
gr. 5 en het Engels, Afrikaans en biologie vir
gr. 4 en gr. 5 gegee. Van 1983 tot 1988 het ek alle
vakke in gr. 4 gegee en van 1989 tot 2013 vir gr.
3. Ek was vir 14 jaar departementshoof in die
grondslagfase en het vir baie jare in die be-
heerliggaam en as kultuurhoof gedien.
Vertel iets van jou gesin.Myma (84) woon
by my en is die beste ma en ouma. My seun,
SW, is getroud met Michele en woon in Preto-
ria. Hulle het n drieling Triston, Kaycee en
Alex wat nou ses maande oud is. My dogter,
Carina, is getroud met Frank de la Rey en
woon in Johannesburg. Al my kinders gee my
al die liefde en plesier wat n ouer verdien.
Noem hoogtepunte in jou tyd by Jorda-
nia. Te veel hoogtepunte om een uit te sonder.
Elke dag was n hoogtepunt.
Noem laagtepunte. My vierde voetopera-
sie was n laagtepunt, want dit het tot gevolg
gehad dat ek nie meer sport kon afrig nie. Die
doodvanMartinHarriswas virmyerg. Ekhet
ook hartseer met ouers en leerlinge gedeel.
Watmaak Jordania spesiaal? Jordania is
n omgeeskool. Leerlinge is ewe belangrik en
as jou selfbeeld goed is, gee jy jou alles. Alle
Jorries is vir my tops.
Wat of wie gaan jy die meeste mis? Kin-
dergrappies was vir my soos die sterre se lig-
gies en my behoud.
Wie of wat was jou anker by Jordania?
Erika en Lorraine was my ankers en al my
hoofde en kollegas. Hulle het my gedra.
Wat beplan jy vir jou aftrede?Mykinders
neemmy vir die vakansie na Uvongo. Daarna
gaan ek op Bethlehem leerlinge met ekstra
klasse help. Ek sal dadelik ry as Carina of die
drieling my nodig het.
Is jy gereed vir aftrede?Met genade en ge-
loof in my Skepper gaan ek die nuwe seisoen
binne. Dit is lekker om ou mensies te help en
in my tuin te werk.
Mooiste woorde? Juffrou, ek is lief vir jou.
Wat is jou gunsteling-kleur, -boek en -ge-
reg?Pienk dink aan lente.My boek is die By-
bel en my gunstelinggereg is skaapboud met
bruin aartappels en groente. Boerekos.
n Laaste woordjie vir kollegas en leer-
linge?Ekkoestermy jarebyJordania asheili-
ge dae wat my Skepper aan my gegee het. My
dankbaarheid vir soveel vriendskappe met
kollegas, ouers en leerlinge watmymenswees
verryk het. Ek bedank julle almal, Jorries.
Kaatjie Engelbrecht
Kaatjie Engelbrecht
Lorraine Roux
Lorraine Roux
Hoe lank het jy by Jordania gewerk en in
watter afdeling?Ekwas 24 jaar aan Jordania
verbonde.
Vertel iets van jou gesin en kinders.
Ek het vier kinders en vyf kleindogters.
Noem hoogtepunte aan Jordania. n
Hoogtepuntwas die jaar toe al viermykinders
saam met my aan Jordania was.
Noemook een ofmeer laagtepunte.Laag-
tepunte die afgelope 24 jaar was die dood van
myma, die plaasmoord opmy broer in die dis-
trik Frankfort en toe ek in 2004 met borskan-
ker gediagnoseer is. Die dood van die Van
Heerden-meisies wat in hul huis doodgebrand
het, was ook n besondere laagtepunt.
Wat maak Jordania spesiaal?Wat Jorda-
nia vir my spesiaal maak, is dat almal vir me-
kaar en die leerlinge omgee.
Wie of wat gaan jy die meeste mis? Ek
gaan ons groepie onderwysers wat bymekaar-
sit in die personeelkamer baie mis.
Wie of wat was jou anker by die skool?
Elda Louw ons akademiese hoof.
Wat beplan jy alles vir jou aftrede? Ek
gaan steeds in La Provenceweg 91 bly en dink
aan kaste regpak, my kinders en kleinkinders
help, ordentlik Bybelstudie doen, hekel en
lees. Ek is gereed vir die aftreetyd.
Watter belangstellings beoefen jy?Hand-
werk. Ek wil ook probeer om kinderboeke te
skryf.
Mooiste woorde? Ek is lief vir juffrou. Juf-
frou is die beste.
Jougunstelingkleur, -boeken -gereg?My
gunstelingkleur is groen en ek hou van boeke
soos Irma Joubert se Tussen stasies en Pers-
omi. Ek hou baie van kerrie-afval.
Laaste woord aan kollegas en leerlinge?
Jordania se personeellede en skoolhoof is in
alle opsigte die beste hul werk, vriendelik-
heid, samewerking en omgee doen so voort.
Elsie Nothnagel
Elsie Nothnagel
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 9
Vroue stig nuwe bediening op Reitz
VROUE van Reitz het die afgelope
naweek by die ou St. George-kerk
bymekaargekom. Nie net was dit die
begin van n onafhanklike vrouebedie-
ning nie, maar ook n nuwe begin vir die
kerk wat lank ongebruik op die dorp
gestaan het.
Vroue van alle kerkverbande het
bymekaargekom om hande te vat.
Amanda van Sittert het die vroue met
haar praatjie oor Vroue met innerlike
krag toegespreek. Die doel van die
vroueaksie is om vroue nader te bring
aan die doel wat hulle het in die Skepper
se werke, wie hulle in Hom is en om
deur kreatiwiteit na buite uit te reik.
Van Sittert het n spesiale woord van
dank aan Nico Charilaou, eienaar van die
kerk, gerig vir die gratis beskikbaarstel-
ling van die gebou. Johan Viljoen
DIE vroue wat die byeenkoms in die St. Georgekerk op Reitz bygewoon het, is van links Mimi King, Bettie Steenkamp, Amanda
van Sittert, Jeanette Windell, Marinda Viljoen en Suzzie Mittermaier.
10 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
Elke vrouhet
troosding nodig
Lian Rautenbach
n VROU se gevoelens is soos
die ren in die Oos-Vrystaat.
Onvoorspelbaar. Met tye oor-
vloedig. Met tye terughou-
dend. Met tye selfs stormag-
tig.
Dis egter niks snaaks vir
ons vroulike geslag nie en
eintlik doodnormaal om so te
wees. Ons het egter duisend
maal meer dinge om onsself
oor te bekommer as mans.
Dink nou maar aan die klein
dingetjies soos jou mooi dog-
tertjie wat in n monster ver-
ander op die onmoontlikste
tyd of jou gunsteling- wit
broek watmet n blou skynsel
uit die wasmasjien kom.
Hierdie klein dingetjies
kan n vrou se dag heeltemal
onderstebo laat tuimel.
Min mans verstaan ons
vroue kies nie hierdie op en af
dae nie, dit kom vanself in die
grondpad na jou toe aange-
stap, soms op n drafstap, an-
der kere stadig, maar met n
helse stofwolk.
Almal weet vroue beleef
hierdie dae. Niemand weet
ons benodig slegs n troosding
om ons beter te laat voel nie.
Volgens Natanil is n troos-
ding soos n blink aandrok of
n plat maag tydelik, maar
treffend. Dis die paar oom-
blikke wat jou laat asemhaal
enwegvoer, die smaakof reuk
wat alle kwaad verdryf of die
plekkie wat jou vir n wyle
laat verdwyn . . . Dis so perfek
beskryf dat ek as vrou dit nie
beter kan verwoord nie.
n Plat maag vir een dag sal
natuurlik ongelooflik wees,
maar ek is ook tevrede met n
eenvoudige koppie koffie
saam met n vriendin of om
myself op my pers rusbank
met die nuweTuis in die hand
uit te strek.
Elke vrou het haar eie unie-
ke troosding. Party geniet n
haarsny, ander gaan oefen of
sommiges geniet eenvoudig
n lekker lang skuimbad.
Die geheim is n rustige at-
mosfeer sonder n gekerm of
geneul om jou ore.
Ons vroue benodig hierdie
troosgoed. Dit is soos n blok-
kie sjokolade.
Kom ren, donderweer of
droogte, n troosding vir n
vrou maak ons bestaan die
moeite werd en help dat ons
karakter behoue bly . . .
G
GG
esels-
hoekie
Sponsors wanted for golf day in aid of Cluny
THE Cluny Animal Trust in
Fouriesburg will be hosting a golf
day on 31 May at the Clarens Golf
Club.
The purpose of the event is to rai-
se funds for the development of the
animal hospital in Fouriesburg
and surrounding areas.
The ClunyAnimal Trust is an in-
dependent, non-governmental or-
ganisation established in 2011 to
serve the needs of animals owned
by impoverished residents of the
Eastern Free State.
People are invited to reach out
and help the trust to achieve this
goal, which is to save animals.
These animals are mans best
friends. They are always there
when one feels alone and they ne-
ver give up on us when we dont gi-
ve them the attention that they
need. They are loyal friends to
their owners.
The organisers and co-ordina-
tors of the golf day on behalf of Clu-
ny are looking for sponsors for the
18 holes.
Sponsorship will be R1 000 per
hole, which allows the sponsor to
advertise on the hole concerned.
Any form of sponsorship regar-
ding prizes will be appreciated.
The competition will be a four-
ball better ball.
The entrance is R1 200 for four
players, which includes a light
lunch at the half-way mark and a
prize-giving dinner in the eve-
ning.
) Those interested in participa-
ting can call Jan Sander on 078-246-
2553 (Jansander11@gmail.com) or
Rose Bailey on 082-879-0161 (Jabai-
ley@nashuaisp.co.za).
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 11
P
L
U
S
E
A
R
N
P
O
I
N
T
S
P
L
U
S
E
A
R
N
P
O
I
N
T
S
Always there foryou
1177642_39x8
PRICES VALID 28MARCH - 7 APRIL 2013AT PICK NPAY
DIHLABENGMALLONLY
46
99
Nescaf Classic
Dawn 200g
26
79
Sunfoil
Sunower Oil
2 Litre
17
79
PnP
White Sugar
2.5kg
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynot stock someof theseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be
liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
27
99
PnP no name
Frozen Chicken
Braaipak 2kg
Garnish and decor not included
Bulk Pork Pack
Consists of:
Roast, Chops,
Rashers and
Stew Cuts
29
99
Per kg
SHOP NO 3, DIHLABENG MALL CENTRE, PREEKSTOEL STREET, DIHLABENG (BETHLEHEM)
DihlabengMall (Bethlehem)
OPENS28MARCH@8am
12
99
PnP Full Cream
or Low Fat Fresh
Milk 2 Litre
Each
PleaseRecycle
www.picknpay.co.za
TOLL FREE: 08001122 88
(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)
CUSTOMERCARE
TRADINGHOURS
MONDAY - FRIDAY 08H00 - 20H00
SATURDAY 08H00 - 17HOO
SUNDAY 09H00 - 17HOO
PUBLIC HOLIDAYS 09H00 - 16HOO
14
79
Spekko
Parboiled Rice
2kg
Coca-Cola
Regular 2 Litre
10
79
Each
OPENONGOODFRIDAY:8H00-17H00
12 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
n EGPAAR van Phuthaditjhaba is baie in hul skik met hul tweede baba wat in die Medi
clinic Hoogland op Bethlehem op sy pa, Max Phuthi, se 38ste verjaardag gebore is.
Dit is Phuthi en sy vrou, Judith, se tweede kind en sy naam is Tumelo. Foto: Verskaf
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 13
14 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
Onderneming
staan van 53 vas
TG CORVER EN SEUNS KON-
STRUKSIE is een van die oudste
besighede in die distrik Warden.
Dit is in 1953 deur Theuns sr. en
sy broer begin. Die besigheid
word tans bestuur deur Gerhar-
dus en Hartman Corver, twee
broers wat hulle onderskeidelik
in 1986 en 1989 by hul pa aange-
sluit het.
TG Corver en Seuns Konstruk-
sie se werk is landwyd monu-
mente vir gehaltewerk.
Rig navrae aan die Corvers by
082-783-7969 of 082-440-7798 of ad-
min@tgcorver.co.za.
.
HIERDIE betonwerk en voeraanleg by Bloukruin is die werk van
TG Corver en Seuns Konstruksie een van die oudste sakeonder
nemings in die distrik Warden.
n VOORBEELD van n sementdam wat deur TG Corver en Seuns Konstruksie opgerig is.
n RESERVOIR opgerig deur TG Corver en
Seuns Konstruksie van Warden.
DIE span van TG Corver en Seuns Konstruksie aan die werk.
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 15
TG CORVER EN SEUNS KONSTRUKSIE is
een van die oudste ondernemings in die dis-
trikWarden.Die besigheid is in 1953 deurwy-
le Theuns Corver sr. en sy broer begin. Nie
lank hierna nie het Theuns se broer hom uit
die besigheid onttrek. Die hooflyn van die be-
sigheid was in daardie stadium die oprigting
van reservoirs en silos.
Diemeeste reservoirswat in n jaar vir boe-
re gebou is, was tot 600. Die reservoirs staan
vandie Suid-Kaap tot in dieKalahari, vanKo-
sibaai tot in Noord-Transvaal. Altesaam 400
reservoirs is vir n ingenieursgroep inNoord-
Natal gebou.
In die vroe 1990s was daar n reservoir,
gebou deur TG Corver en Seuns, wat vir
11 km in die Vaalrivier gedryf het en toe op
die wal uitgespoel het met sy water nog bin-
ne-in.
Theuns se twee seuns, Gerhardus en Hart-
man, het hulle in 1986 en 1989 bydie besigheid
aangesluit. Sedertdien bestuur die twee
broers die besigheid met n ferm hand.
Die derde geslag Corvers is nou ook by die
besigheid werksaam en sal waarskynlik in
die toekoms die leisels oorneem. Die besig-
heid konsentreer meestal op siviele kon-
struksie en betonstrukture (vloere, voerkrip-
pe, reservoirs, en ander).
Van die werknemers is al bykans 30 jaar
deel van die Corver-span. Van die eerste kli-
ente is steeds klinte.
Gerhardus en Hartman s: Graag wil ons
al ons klinte bedank vir jul lojale ondersteu-
ning die afgelope 60
jaar, asook familie
en vriende vir jul
motivering en by-
stand. Sonder julle
sou dit nie moontlik
gewees het nie.
Dan ook spesiale
dankaan elke lid van
ons gedugte span
elkeen van julle
vorm n deel van ons
betonstruktuur. Aan
ons Hemelse Vader,
alle dank vir Sy sen
in hierdie 60 jaar.
Al ons klinte
kan verseker wees
van ons gehaltediens
vir nog vele jare!
Onderneming
bou op sukses
TG CORVER EN SEUNS se BG3pypleiding (klepkamer) by die Vaaldamwal.DIE BG3pypleidingaansluiting by die Vaaldam.
16 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 17
18 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
DIE NG Moederkerk op Reitz se
jaarlikse wildsfees op Vrydag 15
Maart was weer n groot sukses.
Die gewilde fees het nou n jaar-
likse instelling geword waarna
mense van heinde en ver uitsien.
Talle vleissoorte word voorberei
en voorgesit: van krokodil tot bos-
vark, vlakvark, ystervark, takbok
en ander bokke, skaap op die spit
en vele meer.
Verskeie jagpakkette, asookweg-
breeknaweke, is weer opgeveil.
Die wildsfees dien as die kerk se
grootste jaarlikse geldinsamelings-
projek.
Op Saterdag 16 Maart was dit
avontuurtyd en het mans en vroue
vir die Wildsfees Rally aangetree.
Alle soorte viertrekvoertuie het
verskeie roetes aangedurf.
Die gewilde 4x4-baan het be-
stuurders se vaardighede getoets
enhulle het ook gekykwaartoe hul-
le voertuie in staat is.
Johan Viljoen
Wildsfees laat weer monde water
KROKODIL op die rooster was een van die geregte op die wildsfees
wat deur die NGMoederkerk op Reitz aangebied is enwat diemeeste
aandag getrek het. Fotos: Johan Viljoen
DIE wildsfees wat jaarliks deur die NG Moederkerk op Reitz aangebied word, is ook n kuierfees. Mense
geniet dit om saam lekker te eet en te kuier tot ounag.
vox pops vox pops vox pops vox pops vox pops vox pops vox pops
Hoe lank bly jy al op Paul Roux
en waarom Paul Roux?
Ek het lank op die plaas buite
PaulRouxgewoon,maar isnouses
jaar op Paul Roux woonagtig. Ons
het om verskeie redes dorp toe ge-
trek: veiligheid, sosialisering en
die plaashuis het te groot geword.
Noem drie positiewe dinge
van jou dorp.
Dis nbaie rustigedorpie, nbaie
mooiomgewingendanhet nmens
die vryheid om te kan gaan stap en
jou deur oop te los.Misdaad is baie
min op Paul Roux.
Wat sou jy graag op die dorp
wou verander?
Beter mediese dienste soos n
dokter om die ouer mense by te
staan.
Waardoenjy joumaandelikse
inkopies?
Ons doen dit op Bethlehem.
Watdink jy vandiemunisipa-
le dienslewering op Paul Roux?
Die munisipale dienste het ver-
beter baie verbeter.
ANNETTE VAN SCHALKWYK
HOE lank bly jy al op Paul
Roux en waarom Paul Roux?
Ek bly vier jaar hier. Die
grootste rede is die rustigheid
en hier kan jy weer mens word.
Noem drie positiewe dinge
van jou dorp.
Dit is n pragtige omgewing
en die plaasatmosfeer met die
plaasdiere is heerlik.
Hier woon omgeemense en
hier is baie min misdaad op
Paul Roux.
Wat sou jy graag in die
dorp wou verander?
Beter mediese dienste soos n
ambulans wat permanent hier
gestationeer is.
Die munisipaliteit moet n
gebeurliksheidsplan in geval
van n krisis h.
Waar doen jy jou maande-
likse inkopies?
Ons doen meestal op Bethle-
hem en Senekal inkopies.
Wat dink jy van die munisi-
pale dienslewering in Paul
Roux?
Daar is gedeeltelike diensle-
wering soos vullis- en rioolver-
wydering wat goed is, maar die
onderhoud van sypaadjies en
sny van gras op munisipale
gedeeltes moet meer gereeld
plaasvind.
Paul Roux het n fantastiese
rolbalklub en die rolbalbane
word deur die klublede onder-
hou, maar daar is geen verdere
sportgeriewe nie en die tennis-
bane is heeltemal vervalle.
Die munisipaliteit moet
aandag daaraan gee.
ERNST WOLFAARDT
HOE lank bly jy al op Paul
Roux en waarom Paul Roux?
Ek bly nou 1 jaar en ses
maande hier. Ons het 10 jaar
gelede n vakansiehuis hier
gekoop en wou later permanent
hiernatoe verhuis wat nou
gebeur het.
Noem drie positiewe dinge
van jou dorp.
Hier is baie vriendelik mense
ongeag kleur. Dit is baie rustig
en ek voel veilig op Paul Roux.
Wat sou jy graag in die
dorp wou verander?
Daar moet n ordentlike
ingang by die hoofingang
gemaak word wat tot by die NG
kerk strek. Spoedhobbels in die
hoofstraat en meer buitemuurse
geriewe.
Waar doen jy jou maande-
likse inkopies?
Wel, 50% van die tyd is dit
plaaslik en die ander 50% van
die tyd is dit tussen Senekal en
Bethlehem.
Wat dink jy van die munisi-
pale dienslewering in Paul
Roux?
Die rioolverwydering in Paul
Roux is goed en vinnig en die
eenheidsbestuurder, Ruben
Evans, gee goeie samewerking,
maar stormwaterpype en
voortjies moet beter onderhou
word aangesien die paaie in
riviere verander as dit ren
weens pype wat verstop is.
GAIL JACOBS
HOE lank bly jy al op Paul
Roux en waarom Paul Roux?
Ek bly al 26 jaar op Paul
Roux en familiebande hou my
hier.
Noem drie positiewe dinge
van jou dorp.
Die stilte en rustigheid. Dit
is ook baie veilig op Paul
Roux.
Wat sou jy graag in die
dorp wou verander?
Ek sal graag wil sien dat
meer enkellopende vroue hulle
op Paul Roux kom vestig.
Waar doen jy jou maande-
likse inkopies?
Bethlehem is die plek wat ek
besoek wanneer ek inkopies
wil doen.
Wat dink jy van die
munisipale dienslewering op
Paul Roux?
Die vullis- en rioolverwyde-
ring is baie goed. Die munisi-
paliteit moet net die paaie
beter onderhou.
WILFRED FOURIE
DIE rustige dorpie Paul Roux het tevrede inwo-
ners. Hul spangees, soos onlangs toe hulle aan die
Relay for Life vanKansa op Bethlehemdeelgeneem
het, is opvallend. Vrystaat gesels vandagmet n paar
inwoners. Hulle vertel hoekom hulle van Paul
Roux hou en hoekom dit hul woondorp is.
Inwoners dol
op hul tuisdorp
Hoe lank bly jy al op Paul
Roux en waarom Paul Roux?
Hierdie jaar is my 11de jaar
op Paul Roux. Die plek wat ek
gekoop het, was n winkel en
ek het die moontlikheid gesien
om die winkel te omskep in n
mooi woonhuis en hier is ek
nog vandag.
Noem drie positiewe dinge
van jou dorp.
Mense koop woonhuise en
restoureer dit. Die sportter-
rein op die dorp is verkoop en
gaan nou privaat ontwikkel
word en mense op die dorp is
ook nou positief oor al die
veranderinge op Paul Roux.
Wat sou jy graag op die
dorp wou verander?
Die sypaadjies en stormwa-
terkanale moet onderhou
word.
Waar doen jy jou maande-
likse inkopies?
Sowat 80% word op Bethle-
hem gedoen en 20% word op
Paul Roux gedoen.
Wat dink jy van die
munisipale dienslewering op
Paul Roux?
Ons kry goeie samewerking
van die eenheidsbestuurder,
Ruben Evans, wat probeer
help waar hy kan, maar dit
lyk vir ons hy kry baie min
ondersteuning van die Dihla-
beng-munisipaliteit op Bethle-
hem.
THEUNS VAN ROOYEN
vox pops vox pops vox pops
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 19
WAARanders kry jy 2 500 verskillende hand-
gemaakte artikels op een plek uitgestal?
Van brei- en hekelwerk, masjienwerk, bor-
duurwerk, tydverdrywe, spesiale onderwys,
laslap- en kwiltwerk, blommerangskikkings,
weef- en spinwerk en teddiebere tot laer- en
horskoolkunswerke dt alles kan van 25
April tot 4 Mei op vanjaar se Bloemskou in
die handwerksaal besigtig word.
Noudat tuisgemaakte artikels weer mode
is, word belangstellendes genooi om hul tuis-
gemaakte en handgemaakte artikels vir die
Bloemskou se afdeling vir kreatiewe hand-
werk in te skryf.
Die inskrywings sluit op 25 Maart. Skakel
051-448-9894/5/6 vir die Bloemskou-kantoor
of besoek die webwerf by www.bloem-
skou.co.za.
DieBloemskouhet die grootste afdeling vir
kreatiewe handwerk in die land wat as toon-
venster vir soveel mooi artikels dien.
Wees vanjaar deel van die prag-uitstallings
en kom wys wat jy vanjaar gemaak, gebak of
gebottel het.
Laat pryk jou handewerk op vanjaar se Bloemskou
20 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
Sirkelbyeenkoms groot sukses
EERSTEPRYS en bekerwenners is van links San Estherhuizen, Elmarie Roberts, Anne
Marie Lombard, Dione Kruger, Olimpia Pretorius, Hanlie Potgieter, Nellie van Rensburg,
Maryna Mouton, Gerbrecht Muller en Hannetjie Duduj. Foto: Corrie Labuschagne
ANDR LEROUX (regs), bekende skrywer en rubriekskrywer vanSarie,was die gasspre
ker. Saam met hom is van links Marieta de Klerk, sekretaresse: Roadside, Gerda de
Jager, voorsitter: Roadside, Wanda Gagiano, president: Vrystaatse VLU, en Tina Jor
daan, hoofbestuurslid: Area 2. Foto: Corrie Labuschagne
kerskop met 80% wen die Issie van Niekerk-
trofee.
Handvlyt: Trina Marshall van Harris-
mith met 83% wen die Oud-hoofbestuurstro-
fee.
Gebak kaneelbolletjies: AnneMarie
Lombard van Verkykerskop met 80%.
Gebak Kromdraai-supersure-koek-
meel-malvapoedinkies: Hanlie Potgieter
van Vastrap met 84%.
Ander eerbewyse
Elsie Badenhorst-trofee vir die tak met
die meeste groei: Warden-tak.
Area 1-silwerskinkbord vir die vroue
met hoogste punt op die konferensie:Ger-
brecht Muller van Frankfort met 88%.
Cornelia-VLU-trofee vir die vrou met
die meeste punte op konferensie: Marina
Cockroft van Cornelia met 312 punte.
Braam Venter-trofee en die Marietjie
Jordaan-trofee vir die takmet diemeeste
punte: Cornelia met 906 punte.
Corrie Labuschagne
DIE Area 2-sirkelkonferensie van die Vroue-
Landbou-unie (VLU) het onlangs op Road-
side plaasgevind. Di area bestaan nou uit
nege takke: Harrismith, Warden, Eeram,
Verkykerskop, Wilge-aandtak by Harri-
smith, Roadside, Cornelia, Frankfort enVas-
trap.
Die Boerevereniging se saal op Roadside
was pragtig versier met groen en wit blom-
me, krale, rangskikkings en ander siergoed.
Op die verhoog was n massiewe rangskik-
king van wit lelies en ander blomme.
Die tema van die sirkel wasWaarde maak
Saak. Die vroue het baie hard gewerk en n
puik sirkelbyeenkoms aangebied.
Die gasspreker was die bekende skrywer
en rubriekskrywer van Sarie Andr le
Roux. Hy het gepraat oor die liefde en hoe
dit gebeur.
Wanda Gagiano, Vrystaatse VLU-presi-
dent, het in haar boodskap ges: Gryp elke
dag met liefde, benut elke oomblik en leef el-
ke oomblik voluit tot eer van God.
Eerstepryswenners, beker- en trofee-
wenners
Blomme, beginners: Gerbrecht Muller
van Frankfort met 88% het die Paulin Vil-
joen-trofee gewen.
Blomme, middelklas: Deone Kruger van
Vastrap met 81% het die Verkykerskop-tro-
fee gewen.
Blomme, gevorderd: San Esterhuizen
van Cornelia met 80% het die Rindi de Beer-
en Rina Steenkamp-trofee gewen.
Preservering: Olimpia Pretorius van
Vastrap met 82% het die Bushby-trofee ge-
wen.
Gebak Biscotti: Nellie van Rensburg
van Frankfort met 81%.
Borduurwerk, gevorderd: Yolandi van
der Schyff van Harrismith met 80% het die
Ans Papenfus-trofee gewen.
Borduurwerk vir beginners: Hannetjie
Duduj van Cornelia met 73%.
Hekelwerk: Maryna Mouton van Road-
side met 82% wen die Merle van der Merwe-
trofee.
Trofe
Naaldwerk: Elmarie Roberts van Verky-
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 21
22 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
DIE Maluti-Hooglandskool se jaar-
likse konsert het groot opgewon-
denheid by leerlinge veroorsaak
en die konsert het nie teleurgestel
nie. Aande n mekaar kon Bethle-
hemiete en ondersteuners van di
spogskool hulle aan die leerlinge
n onderwysers op die verhoog ver-
kyk.
Dit was opvallend met hoeveel
oorgawe elke deelnemer op die ver-
hoogmeegedoen het en die vreug-
de wat die konsert vir die leerlinge
gebring het.
Die beligting en musiek is deur
Fanjan-promosies gedoen en was
van die boonste rak. Die regisseur
was Lisma Aveling, n onderwyser
aan die skool.
Piet Smith sdit is die eerstekeer
in 16 jaar dat die skool konsert hou.
Hy is baie tevrede. Daar was nie
juis geld om te bestee op dkor en
kleredrag nie en die skool het so
prakties moontlik probeer om elke
leerling kleurig te klee. Altesaam
300 van die 380 leerlinge in die
skool het aan die konserte deelge-
neem.
Hy het sy dank uitgespreek teen-
oor die gemeenskap wat die kon-
sert ondersteun het.
Eerste konsert n 16 j. suksesvol
LET THE CHILDREN HAVE A WORLD. Die slottoneel met Lisma Aveling as solis. Hanli Naud en Almerie
Davel het ook as soliste opgetree.
PIET SMITH, skoolhoof van die
MalutiHooglandskool op Beth
lehem.
DIE toneel was deel van die gr. 1totgr. 3nommer wat uit Die Lappop en ander liedere bestaan het.
I HAVE a dream . . .
KINDERS van die MalutiHooglandskool op Bethlehem het die eerste keer in 16 jaar konsert gehou en
wys hier hul danspassies.
MALUTI MAGIC op sy beste.
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 23
BHP Billiton kry krag spotgoedkoop
Jan de Lange
ESKOM verkoop 9% van die tota-
le krag wat hy opwek spotgoed-
koop onder kosprys aan BHP Bil-
liton se twee aluminiumsmelters
terwyl gewone verbruikers kreun
onder ho tariewe.
BHP Billiton is deur die hof ge-
dwing om di tot nog toe geheime
tariewe aan Media24 bekend te
maak.
Terwyl gewone mense sowat
R1,40 per kilowatt-uur betaal, be-
taal BHP Billiton by sy Hillside-
smelter by Richardsbaai net
22,65c per kilowatt-uur.
Die hoogs geheime formule wat
BillitonbyHillsidebetaalvir twee
derdes vandie 1 200megawattwat
di smelter verbruik, is reeds in
1992 gesluit. Toe het Eskom n sur-
plus elektrisiteit gehad. Die kon-
trak strek tot 2028.
Die voorkeurtariewe vir Hillsi-
de en Billiton se tweede smelter,
Mozal in Maputo, wys hoe die
twee verliesmakende smelters
aan die gang gehou word met die
ho elektrisiteitstariewe wat die
res van die land se verbruikers
huishoudelike en nywerheidsver-
bruikers vir krag betaal.
Die omvang van die goedkoop
krag is duidelik uit kontrakte wat
Eskom aan Media24 bekend ge-
maakhetkragtens nhofbevelwat
deurdie applhof inBloemfontein
bekragtig is.
Dis ookveronderEskomsekos-
te van verskaffing. Dit kos Eskom
gemiddeld 41c per kilowatt-uur
om elektrisiteit te verskaf.
Die prys is vir Beeld bereken
deur Johan Anderssen, n raadge-
wende elektriese ingenieur van
Kaapstad wat al jare die uitwer-
king van die twee aluminium-
smeltersopEskomsegeldsakena-
vors. Di formule was tot onlangs
een van Eskom se bes bewaarde
geheime. Dis gegrond op die alu-
miniumprys en die wisselkoers
van die rand teenoor die Ameri-
kaanse dollar.
Daar word vir geen prysverho-
ging voorsiening gemaak nie.
Dis onderteken deur Alan Mor-
gan, destyds uitvoerende direk-
teurvanverkopebyEskomwat in
1996 die kragverskaffer se groot-
baas en uitvoerende hoof geword
het. n Tweede kontrak vir Hillsi-
de is in 2001 gesluit toeBillitondie
fabriekmet n derdewouvergroot
sodat hy 750 000 t aluminium per
jaar in Richardsbaai kon smelt.
Di keer het Eskom aangedring
op n klein prysverhogingsmega-
nisme.
Selfs met di verhogingsmega-
nisme beloop die prys vir die uit-
gebreide deel vanHillside vandag
tussen 12,88c en 32c per kilowatt-
uur. Di tarief is volgens die kon-
trak deur Nersa, die nasionale
energiereguleerder, goedgekeur
op voorwaarde dat ander verbrui-
kers nie daardeur benadeel mag
word nie. Eskom probeer sedert
2009 om die kontrakte vir Hillside
te herbeding, maar Billiton weier
om in te stem.
Eskom het laat verlede jaar by
Nersaaansoekgedoenomdikon-
trakte te hersien,maar die hersie-
ning is teruggehou hangende die
hofgeding wat Media24 teen Es-
kom enBilliton gevoer het oor die
openbaarmaking van die kon-
trakte. By Mozal het aanvanklik
n soortgelyke formule gegeld,
maar dit is drie jaar gelede aange-
pas. Daar geld nou n standaardta-
rief van22,8cperkilowatt-uurwat
aan Eskom betaal word.
Daar word egter ook betalings
gedoen aan die Mosambiekse
elektrisiteitsowerheid, Motraco.
Mike Schssler, hoofekonoom
van Economists.com, s di groep
se navorsing wys dat huishou-
dings in Suid-Afrika gemiddeld
sowat R1,40 per kilowatt-uur vir
krag betaal. Dit wissel egter baie
inJohannesburg isditR1,68plus
BTW en in Durban R1,39.
Di tariewe is eenvoudig onvol-
houbaar. Schssler s Billiton
verbruik soveel krag dat dit die
gemiddelde tarief virnywerheids-
verbruikers afdwing.
Nywerhede wat regstreeks by
Eskom krag koop, betaal gemid-
deld 48,87c per kilowatt-uur wan-
neer die twee aluminiumsmelters
daarby ingesluit word.
Myne, wat ook regstreeks by
Eskom koop en dieselfde tariewe
asnywerheidsverbruikersbetaal,
betaal gemiddeld 58c per kilowatt-
uur, s hy. Bron: Beeld
Inflasiesyfer swak gemiddelde vir beplanning
Chris Swart
DIE amptelike inflasiesyfer is n swak gemid-
delde vir aftreebeplanning en kan op jou ou-
dag tot jou ondergang lei.
Dit is n groot fout omaan te neem jou beleg-
gingskapitaal moet slegs tred hou met ampte-
like inflasie sodat die koopkrag van jou nes-
eier tot laat in jou aftreejare behou sal word.
n Mikpunt van 6% is veels te laag.
n Strategie gegrond op die verbruikers-
prysindeks (VPI) plus 4% of 5% ismeer gepas.
Diegene wat nog nie afgetree het nie, besef
mediese en voedsel-inflasie is veel hor as die
VPI,maar onderskat steeds inflasie se oorkoe-
pelende impak.
Die druk op sekere sleutelkomponente soos
brandstof, elektrisiteit,munisipale tarieween
ander onvermydelike uitgawes is aan die op-
laai. Ongelukkig is die waarheid ook skaars
40% van fondsbestuurdersbehaal hierdie be-
leggingsdoelwit.
Die petrolprys het die afgelope tien jaarmet
249% gestyg, horskoolgeld is 197% hor oor
dieselfde tydperk, terwyl die prys van n liter
melk met 158% gestyg het. Verhogings soos
die laat die skille van die o val. Die behaling
vangoeie rele opbrengste oor die verloopvan
n paar jaar lyk na n ho-risikostrategie,
maar die geskiedenis bewys ook dit kan son-
der te veel slapelose nagte gedoen word.
Navorsing toon n portefeulje wat VPI plus
5% as teiken gehad het, het oor die afgelope
20 jaar n jaarlikse opbrengsvan14,3%behaal.
Dit toon dat opbrengste behaal kan word wat
heelwat hor as die huidige inflasie is terwyl
strategiese beskerming teen die risiko van ka-
pitaalverlies toegepas word.
Selfs wanneer die 6%-inflasiesyfer op die
oog af reg lyk, sal diewiskundige berekenings
n belegger/spaarder bekommer. n Mandjie
goedere wat vandag R100 kos, sal oor 15 jaar
ongeveer R235 kos indien die prysmet n jaar-
likse gemiddeld van 6% verhoog.
Plaas dieselfde R100 in n portefeulje wat
VPI plus 5%-opbrengs oor 15 jaar lewer en die
resultaat is R489wat jou kruideniersrekening
van R235 betaal, met R254 oor om te spaar.
Volwasse beleggers/spaarders sal uiter-
aard korttermyn-kapitaalverlies vrees. Die
uitdaging vir die beleggingsbedryf is om die
verbruikers oor die risiko van risikovermy-
ding op te voed.
Inflasierisikos behoort baie groter vrees as
n tydelike afname in die waarde van jou be-
legging in te boesem. Dit is slegs n rele ver-
lies as jydit realiseerdeuruit diemark teklim
wanneer n insinking gebeur.
Beskou inflasie as risikofaktor as ernstig en
aanvaar jou blootstelling aan aandele (groei-
geleentheid) waar n korttermyn-insinking in
jou beleggingswaarde mag voorkom. Maar
verbind jouself aan so n strategie en n ge-
makliker aftrede word moontlik.
Foto: Grafika: Beeld.
24 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
Sonop se boere hou oesdag
SOWAT 230 gaste het die Sonop-boerevereni-
ging se oesdag bygewoon. Die vereniging be-
staan uit lede van Petrus Steyn, Lindley,
Reitz en Bethlehem.
Verskeie saad-, kunsmis- en chemiese
maatskappyewas betrokke en het verskillen-
de mielie- en sojabonekultivars, soorte be-
mesting en bespuitingsproewe ten toon ge-
stel.
Boere van oor die gemeenskap heen het die
verrigtinge bygewoon.
Die dag is deur Albert en Dalena Ferreira
geopen. DaarnawasKallie Schoeman van die
Schoeman-boerdery die hoofspreker. Hy het
boere gemotiveer omhul positiwiteit in land-
bou te behou deur die produktiwiteit te ver-
beter. KoosMuller van Frankfort het as sere-
moniemeester baie vermaak verskaf. James
Williams van die VKB het oor die voordele
van VKB-versekering gepraat.
Daarna is diewenner van diewenblokmie-
lies bekend gemaak.
Izak Bosman is as die jaarliksewennermet
die hoogste mielieopbrengs in die streek,
naamlik 11,02 ton per hektaar op droland,
aangewys. Bernard Meyer was in die tweede
plek en Johan Kotze in die derde plek. Al die
boere se gemiddeld is meer as tien ton per
hektaar. Verskeie meganisasie-uitstallers
was ook betrokke. Die dag is afgesluit met n
heerlike ete deur die Vroue-Landbou-unie se
Waterbron-tak.
DIE Sonopboerevereniging het n boeredag gehou.
IZAK BOSMAN,
mielieopbrengs
wenner, ontvang sy
trofee van Kallie
Schoeman, gas
spreker van die Kal
lie Schoemanboer
dery op die Sonop
boerevereniging se
boeredag.
BOERE besigtig mielieproewe op die Sonopboerevereniging se dag vir boere.
BOERE wat die oesdag bygewoon het.
SOOSgebruiklik in die herfs beginplate kosmos reedsplekplek vrolik in dieOosVry
staat kop uitsteek. Die fotos is op die S188 tussen Bethlehem en Kestell geneem.
Fotos: Christo van Staden
VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013 25
Boeke te wen ) Boeke te wen
SANDSTEENPRAATJIES deur
Susan Mar. Selfpublikasie.
Sandsteenpraatjies is n keur van
rubrieke wat in die Oos-Vrystaatse
streekkoerant Vrystaat en Volks-
blad verskyn het. Dit is in di de-
buutbundel as essaysverwerk.Elke
essay wil iets van die veelkantig-
heid vanmenswees vier. Vandie es-
sayshet sterkPetrusSteynseonder-
tonewaar die skrywer grootgeword
het ofweerspiel haar liefde virmu-
siek, die lewe enmense. Die boek is
te koop by Vrystaat se kantoor in
Mullerstraat 39, Libri, Bibliophile
op Clarens of skakel 083-469-1597.
)Om die boek te wen stuur n SMS
wat begin met die woord Susan,
gevolg deur jou naam en adres, na
45527. Die kompetisie begin vandag
om 06:00 en eindig op Maandag 8
April om 17:00. Dit kos R1,50 per
SMS. As jy n SMS stuur, gee jyVry-
staat volgens wet outomaties toe-
stemming om jou vir bemarkings-
doeleindes te kontak.
Essays in boek
vier menswees
AAN DIE STUUR; MY LEIER-
SKAPSREIS deur Brand
Pretorius. Tafelberg.
Brand Pretorius weet wat dit
beteken om n leier te wees. In
sy loopbaan was hy onder meer
in leierskapsposte by Toyota
Suid-Afrika en die McCarthy-
groep. In Aan die stuur praat hy
openhartig oor sy suksesse en
foute en die gevolge daarvan vir
die maatskappye en werknemers
onder sy bestuur.
) n Leser van Vrystaat kan di
boek met die komplimente van
NB-uitgewers wen. Stuur n SMS
wat begin met die woord
Pretorius, gevolg deur jou
naam en adres, na 45527. Die
kompetisie begin vandag om
06:00 en eindig op Maandag 8
April om 17:00. Dit kos R1,50 per
SMS. As jy n SMS stuur, gee jy
Vrystaat volgens wet outomaties
toestemming om jou vir bemar-
kingsdoeleindes te kontak.
Wen boek oor
sy leierskap
DIE NUWE MOEG-GESOEK
deur Adri Burgers. Pharos
Woordeboeke.
Moeg gesoek na daardie ontwy-
kende blokraai-woord? Hier is die
oplossing. Die Nuwe moeg-gesoek-
blokraaiselgids bevat meer as
95 000 inskrywings wat jou sal help
om elke blokraaisel perfek te vol-
tooi.
) n Leser kan di boek met die
komplimente van NB-uitgewers
wen. Stuur n SMS wat begin met
die woord Burgers, gevolg deur
jou naam en adres, na 45527. Die
kompetisie begin vandag om 06:00
en eindig op Maandag 8 April om
17:00. Dit kos R1,50 per SMS. As jy
n SMS stuur, gee jy Vrystaat vol-
gens wet outomaties toestemming
om jou vir bemarkingsdoeleindes
te kontak.
Gids haal raai uit blokraaisels
UIT DIE BEEK 2013 deur Attie
van Wijk. Lux Verbi, 2012.
Uit die Beek is die oudste Bybel-
dagboek in Afrikaans en het oor die
jare heen n staatmaker in menige
huis geword. Dit bied aan lesers die
geleentheid ommet verloop van tyd
die hele Bybel deur te werk. Dit is
geskik vir persoonlike stiltetyd n
vir huisgodsdiens. Vanjaar se 365
stukkies kom uit n hand vol Bybel-
boeke elke dag kan lesers van die
vars water van die Woord drink.
) n Leser kan di boek met die
komplimente van Lux Verbi wen.
Stuur n SMS wat begin met die
woord Beek, gevolg deur jou
naamen adres, na 45527. Die kompe-
tisie begin vandag om 06:00 en ein-
dig opMaandag 8April om 17:00. Dit
kos R1,50 per SMS. As jy n SMS
stuur, gee jy Vrystaat volgens wet
outomaties toestemming om jou vir
bemarkingsdoeleindes te kontak.
Word geestelik verfrismet dagboek
DIE SKRYWER deur Esta
Steyn. Tafelberg.
OP n stil aand, in n herehuis
langs n meer, dans n jong vrou in
n rooi aandrok met haar werkge-
wer, Arthur Addington befoeter-
de, eens beroemde Amerikaanse
draaiboekskrywer en onbeminde
eienaar van die Addington-land-
goed. Nooit sou Arthur, worste-
lendmet skrywersblok en in wroe-
ging oor die dood van sy vrou en
kind, kon raai sy stralende dans-
maat dra soveel geheime rond nie.
) n Leser kan di boek met die
komplimente van NB-uitgewers
wen. Stuur n SMS wat begin met
diewoord Steyn, gevolg deur jou
naam en adres, na 45527. Die kom-
petisie begin vandag om 06:00 en
eindig op Maandag 8 April om
17:00. Dit kos R1,50 per SMS. As jy
n SMS stuur, gee jyVrystaat vol-
gens wet outomaties toestemming
om jou vir bemarkingsdoeleindes
te kontak.
die skrywer
dalk op jou rak
DIE EEN OPLOSSING VIR DIE
LEWE; WAARDEVOLLE STRA-
TEGIE OM N BALANS TE
HANDHAAF TUSSEN JOU
WERK, GESIN EN GELOOF
deur dr. Henry Cloud (skrywer
van topverkopers soos Bounda-
ries en Integrity). Lux Verbi.
VOEL jy jy sal beter presteer as
jy net die chaos by die werk onder
beheer kan kry? Sukkel jy om n
moeilike baas of kollegas te han-
teer? Lees jy gedurig e-posse op jou
selfoon? As jou antwoord op die
vrae ja is, voel jy asof jy beheer
verloor het oor jou lewe.
Cloud het raad vir jou probleme.
) n Leser kan di boek met die
komplimente van Lux Verbi wen.
Stuur n SMS wat begin met die
woord Cloud, gevolg deur jou
naam en adres, na 45527. Die kom-
petisie begin vandag om 06:00 en
eindig op Maandag 8 April om
17:00. Dit kos R1,50 per SMS. As jy
n SMS stuur, gee jy Vrystaat vol-
gens wet outomaties toestemming
om jou vir bemarkingsdoeleindes
te kontak.
Kry s beheer
oor jou lewe
PHILIDA: N SLAWEROMAN
deur Andr P. Brink. Human en
Rousseau.
Soos in sy romansBidsprinkaan,
n Oomblik in die wind, Houd-den-
Bek en Inteendeel delf Andr P.
Brink weer diep in die Suid-Afri-
kaanse geskiedenis. Di keer in die
bronne van een van sy voorsate:
Cornelis Brink.
En deur stem aan n vergete sla-
vin te gee, skepdie skrywernog een
van sy onvergeetlike karakters n
sterk vrouwat die leser lank sal by-
bly.
) n Gelukkige leser van Vrystaat
kan di boek met die komplimente
van NB-uitgewers wen. Om die
boek tewen stuur n SMSwat begin
met diewoord Brink, gevolg deur
jou naam en adres, na 45527. Die
kompetisie begin vandag om 06:00
en eindig op Maandag 8 April om
17:00. Dit kos R1,50 per SMS. As jy
n SMS stuur, gee jy Vrystaat vol-
gens wet outomaties toestemming
om jou vir bemarkingsdoeleindes
te kontak.
Slavin kry n stem
26 VRYSTAAT, DONDERDAG 28 MAART 2013
Kommunikasie
Konflikhantering
Strehantering
Skakel vir n konsultasie
072 704 1111
Theresa Mouton
Maatskaplike Werker
1x 2007 GWM-1-ton-LAW,
R35 000 o.n.a. 1 x 1972 VW
Kewer 1300, lisensie betaal
tot 12/2013. R20 000 o.n.a. 1
tafelbladsaag, 1 dikte-
saag, 1 Justin-houtdraai-
bank, 2 skuurmasjiene, 1
tafelmodelsaag, R7 000
o.n.a.
1 Honda XL 125-m/fiets,
R3 500 o.n.a. ('off road'). 2-
plaat- elektriese stoof met
oond, tafelmodel . 1
kantoorkluis. Skakel
083 254 0089.
Fresh-Bake Produkte
Anne-Marie Sauermann
(agent)
082 681 4795/079 498 7890 Af-
lewering: Ma,Wo,Vr.
Nuwe,
ingevoerde
tweede-
handse jasse
te koop.
Nuwe,
ingevoerde
tweede-
handse jasse
te koop.
Skakel Mari
083 283 1967
Skakel Mari
083 283 1967
074 580 8044
Aflewering net in
Bethlehem
Direk van die boer
graad-lammers:
geslag, verwerk,
vakuumverpak en
word afgelewer.
A
LAMMERS TE KOOP!LAMMERS TE KOOP!
YOUR ONE-STOP
GARAGE DOORMAN
BETHLEHEM
11A ROUX STREET
TEL. 058 303 9159
FAX: 058 303 9157
086 539 0123
E-MAIL:
mrdoor@internext.co.za
PARKAS EN JASSE
by Best Buy Clothing tus-
sen Poskantoor en Lewis,
Bethlehem. 074 582 4322 Wil-
lie.
African Grey-pappagaai te
koop, 16 weke oud ,baie mak,
handgrootgemaak, R1 900.
Skakel: 082 411 3205
AANDAG :Ons koop alle
tweedehandse meubels en
losgoed vir kontant aan.
Skakel ons vir die beste
pryse in die dorp.
Bel ons gou en ons kom
nou. Skakel 058 303 2912
(kantoorure) of 058 303 3194
na-ure of 083 272 3045.
(Marinus).
AANDAG :Ons koop alle
tweedehandse meubels en
losgoed vir kontant aan.
Skakel ons vir die beste
pryse in die dorp.
Bel ons gou en ons kom
nou. Skakel 058 303 2912
(kantoorure) of 058 303 3194
na-ure of 083 272 3045.
(Marinus).
GESOEK: DIKTESKAAF
TE KOOP GEVRA.
Skakel asb. 072 443 4165.
Soek OU GEISERS om te
koop. Skakel 072 996 9018 of
072 914 2267.
TAFELDOEKE
Kandelare
Eetgerei
Peto Odendaal
Lombardstr. 7.
058 303 2392.
Was van
sitkamerstelle,
volvloermatte en
motorsitplekke.
Uitsuig van water.
Gratis kwotasies.
Skakel
Ronel 082 788 1483
Dakke sel en verf en alge-
mene herstelwerk. Renier
072 996 9018.
B
E
T
H
L
E
H
E
M
-
1
0
-
1
-
0
7
-
V
R
-
L
H
Bethlehem
Droogskoonmakers
Bethlehem
Droogskoonmakers
Tel. 058 303 5621/2
* Stoomwas van
matte en
sitkamerstelle
* Was , droog en
stryk wasgoed
* Herstelwerk aan
klere
Johans Fencing
Staalomheinings
Motorhuisdeure
Hekmotors
Interkomstelsels
Sekuriteitshekke
Devilsfork
Skakel my 24/7
072 476 3747
H
E
N
K
2
-
2
3
-
1
0
-
0
8
-
V
R
-
L
H
Henk v Niekerk
Loodgieters Diens
Tel: 082 556 8118
Diens gewaarborg
LOO
911
LOO
911
056 212 2977056 212 2977
Noodnommer:Noodnommer:
StefanStefan
082 653 6222082 653 6222
ElektrieseElektriese
kabelfoutkabelfout
opsporingopsporing
Tel: 058 303 4681
082 452 5208 (Mark)
Tel: 058 303 4681
082 452 5208 (Mark)
M&MM&M
Member of institute of Plumbing
No: 2831
Member of Plumbing Industry
Registration Board No: 0150/85
Authorised to issue certificate of
compliance.
Qualified and professional service.
Member of institute of Plumbing
No: 2831
Member of Plumbing Industry
Registration Board No: 0150/85
Authorised to issue certificate of
compliance.
Qualified and professional service.
PLUMBING CC
SANDSTONE: Blocks,
bricks, cladding, rivens,
tiles, etc.Tel. 058 303 4840.
12 Archbell Street, Bethle-
hem.
Plumbing
House
Toilet Doc
Algemene
instandhouding in
en om die huis.
Loodgieterswerk,
geblokte riole,
verfwerk, sel van
dakke, toilet en
krane wat lek.
Rian: 073 648 8748.
24-uur-diens.
TEKOMA/VR/7JUN12/JJ
ELEKTRIESE
TEKOMA
DIENSTE
Wesselsstraat 40
Tel. 058 303 5306
Herstel van alle
elektriese/
huishoudelike
toerusting,
lugversorgers en
huisbedrading.
Industrile
onderhoud.
B
E
T
H
L
E
H
E
M
-
9
-
8
-
0
7
-
V
R
-
L
H
Steeds u een-stop-
hersteller.
Stowe, ys- en
vrieskaste,
mikrogolf-
oonde,
wasmasjiene.
Alle onderdele.
Commissionerstr. 67
Tel. 058 303 7000
Bethlehem
Herstelwerk
Flower Fun Kwekery:
Nuwe voorraad en 'specials'
op plante. Vars blomme
besk. vir alle geleenthede.
058 303 8423. Cambrigestr.
58. By silo's. Oop Ma. - Sa.
VIR AL U TUINBE-
HOEFTES: Afsaag van
bome, opsit van 'picket
fence', sny van 'sleepers' en
rommel wegry. Skakel AB
Timbers 083 388 0173.
4-TON TRUCK with drop
sides available for any trans-
port to be done. Phone
083 388 0173.
SLEEPWA TE HUUR:
R250/dag. 1,3 ton. Skakel
072 996 9018 of 072 914 2267.
RENTE OP BELEGGINGS
teen 15 - 20% gewaarborg.
Begin jou eie besigheid of
bel. Willie 082 442 3240.
BLESSED
B
e
a
u
t
y
S
a
l
o
n
B
e
a
u
t
y
S
a
l
o
n
Bio Sculpture
gelnaelkliniek
en ontharingsalon
Skakel Wilmie
082 927 7820
BETHLEHEM
Status eyebrows
Manikuur
Pedikuur
Wax
Facials
Ooghaartint
Eye lash extentions
Status eyebrows
Manikuur
Pedikuur
Wax
Facials
Ooghaartint
Eye lash extentions
Uvongo
Nautilus No.8
Uvongo
Nautilus No.8
Vir bespreking
skakel Ren
039 315 1345
Vakansiewoonstel,
6-slaapplek, jacuzzi,
lugversorging en
braai geriewe op
balkon.
Vakansiewoonstel,
6-slaapplek, jacuzzi,
lugversorging en
braai geriewe op
balkon.
HOLIDAY COTTAGE
200m from beach from
R400pn. 031 562 7214 or sms
Recommended