8
1 08 Maart 2015 Vandag se diens…. Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za Kantoorure Wo Wo Wo Wo— —Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 TakMeyerton Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794 Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095 So 01 Mrt. Blok AB / So 08 Mrt. Blok C Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos! Die erediens word gelei deur Ds. Hannes Heyneke Matt. 5:43-48 Die Deurkollekte vandag: Ringsbydrae Vir voorbidding Baie geluk aan Pieter & Linda Scheepers wat Maandag hul 41ste huweliksherdenking vier! Baie geluk aan Hans & Annie Pretorius wat Donderdag hul 49ste huweliksherdenking vier! Baie geluk aan Bianca McGeer wat graad ontvang het! Stem vir die voorgestelde wysiging van Artikel 115 Maart. Protesvergadering teen die voorstel van die voorgestelde Metro vind Woensdag 8 Maart om 09:30 in Meyerton Stadsaal plaas. Belangstellendes kan dit gerus bywoon. Lief en leed Wyk C7 D7 C4 Blok Diensbeurte Blok Diensbeurte Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur Kontakno: 083 487 6531 083 667 4875 072 689 8256

08 mrt2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bly op hoogte van die week se gebeure

Citation preview

1

08 Maart 2015 Vandag se diens….

• Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure WoWoWoWo————Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton

• Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794

• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095

So 01 Mrt. Blok AB / So 08 Mrt. Blok C Kom ontmoet nuwe vriende oor ‘n koppie tee/koffie/rooibos!

Die erediens word gelei deur Ds. Hannes Heyneke

Matt. 5:43-48 Die Deurkollekte vandag:

Ringsbydrae

Vir voorbidding

Baie geluk aan Pieter & Linda Scheepers wat Maandag hul 41ste huweliksherdenking vier!

Baie geluk aan Hans & Annie Pretorius wat Donderdag hul 49ste huweliksherdenking

vier!

Baie geluk aan Bianca McGeer wat graad ontvang het!

Stem vir die voorgestelde wysiging van

Artikel 1—15 Maart.

Protesvergadering teen die voorstel van die voorgestelde Metro vind Woensdag 8

Maart om 09:30 in Meyerton Stadsaal plaas.

Belangstellendes kan dit gerus bywoon.

Lief en leed Wyk

C7

D7

C4

Blok Diensbeurte

Blok Diensbeurte

Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur

Kontakno:

083 487 6531

083 667 4875

072 689 8256

2

Byeenkomste die week

Sondag 08 Maart

MITS — 08:00 Voorsang en diensliedere word in plek

gekry vir volgende Sondag se diens.

Kategese— direk na die erediens. Ouers word versoek

om toe te sien dat hul kinders ook eredienste bywoon.

Ringsitting— 14:00 NG De Deur

Maandag 09 Maart

Belydenisklas — 18:00 aan huis van Willie Vermaak—

Sam Hewittstr 18, Riversdale. Skakel indien onseker waar dit is 016 364 0635. Ds Francois gaan ‘n vraag-en-antwoord sessie hanteer.

Woensdag 08 Maart

Protesvergadering — 09:30 in Meyerton Stadsaal.

Hoe meer mense hierdie vergadering bywoon, hoe voordeliger vir ons munisipaliteit om te bly soos tans.

Vrydag 13 Maart

FK — 09:00 in die kerkkantoor. Enige lidmaat met

veral finansiele agtergrond, is welkom om te kom inskakel.

Sondag 15 Maart

Stem — amptelike stem vir die voorgestelde wysiging

van Artikel 1. Alle belydende lidmate van wie die attestate wel by NG Meyerton-Oos is, mag stem dmv ‘n stembriefie wat aan elkeen uitgereik sal word.

Kerkraad—17:00. Alle kerkraadslede word versoek om

die vergadering by te woon.

3

Chantel Herbst C1 078 554 7400

Geluk elke verjarende!! So 08– Sa 14 Mrt.

So 08

Bianca Fourie C3 082 792 7531

‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou

toegebid vir 2015 nms Kerkraad &

Admin Bestuur.

Madelein Landsberg C4 079 345 6224

Martin Pretorius E3 082 926 5564

Wo 11

Erika Holtzhauzen E6 079 961 0787

Di 10

Ma 09

Vier die dag waarop die

Here JOU gekies het!

Llewellyn Landsberg C4 079 345 6224

Doopverjaarsdae

Do 12

Darius Pretorius E3 082 926 5564

Pieter Scheepers C7 083 487 6531

Connie Wannenburg C4 016 364 1166

Ellie Bothma D1 084 607 1921

Storm Browne D8 076 123 2712

Vr 13

Landie Potgieter D1 079 381 5626

Wo 11

Christine Spamers A3 083 982 1318

Melissa Venter B1 082 758 4057

Sa 14

4

Golf dag—25 Maart Ω Enigiemand wat met die inskrywings kan help en pryse

kan bekom gee asseblief jul name by die I-toonbank of

kontak Flip Nel by 082 560 6022 of Hennie van Log-gerenberg by 083 561 7813.

Ω Koste beloop R250/speler.

Ω Om ‘n putjie te borg sal R3 000 kos. Die pesoon/instansie wat die putjie borg, kan dan vier spelers nooi om te kom speel—gratis!

Nuwe lidmate

Baie welkom aan:

Pieter & Linda Scheepers (Swanwick no 1,WC) vanaf Alberton-Wes.

Hoop julle sal gou inskakel by die be-diening waar julle die Here voluit kan dien met die gawes en talente wat Hy aan julle gegee het!

Tannie Linda het reeds met die inrig van die biblioteek begin en boekwurms sal eersdaags daar boeke kan gaan uitleen.

Pieter Linda

Buite diens—29 Maart

Baie dankie aan Morné & Liesel Oosthuyzen wat hul harte en huis oopgestel het vir ons volgende buite ere-

diens.

Morné-hulle woon saam met Hettie en Herman Venter op die plaas.

Die diens sal DV om 11:00 begin en sal deur ds. Francois gelei word. Nagmaal sal bedien word. Nooi dus

almal wat jy in die omgewing ken, uit na hierdie lekker-kuier-diens!

Hierdie diens vervang NIE die gewone erediens nie

5

#Imagine kamp 2015

Dis ‘n beweging van jong gelowige dromers en doeners wat God se roeping wil uitleef.

Dis ‘n vennootskap van jeug leraars, jeug werkers, bedienings netwerke, instansies en maatskappye wat met die NG Kerk familie hande vat om toe te sien dat die Kerk van môre haar roeping vandag vasgryp.

Dis hulpmiddele met spesifieke temas wat beskikbaar gestel word om tieners in gemeen-teverband op hulle dissipelskap pad te begelei en om hulle geestelike leiers se taak te verge-maklik.

Dis ‘n plan om Suid Afrika radikaal te verander deur die leiers van die toekoms op die regte geestelike pad te plaas.

10-12 April Malonjeni, R42 tussen Heidelberg en Vereeniging

Koste: “Early bird” Jan—Maart R350-00, vanaf 1ste April R400-00

Afslag vir groepe:

Groepe van 100: R330-00 per persoon Groepe van 150: R320-00 per persoon

Indien jy graag die kamp wil bywoon, maar nie oor die nodige fondse beskik nie, kontak asseblief vir Theo Geldenhuis (Jeug leier) 071 400 7007 of die kerkkantoor.

Al drie gemeentes het by hul

onderskeie kerkrade die besluit om

as gemeentes saam te werk, aanvaar.

Dit wil sê ‘n kombinasie van ge-

meentes, wat ‘n kontraktuele ooreen-

koms tussen gemeentes ter wille van

meer effektiewe bediening beteken.

Terugvoer—toekoms gesprek 5 Maart Dit is dus noodsaaklik dat ons by me-

kaar leer. Dit is egter beklemtoon dat

die werkgroepe van die onderskeie

gemeentes moet besef niks sal gefor-

seerd plaasvind nie, maar ‘n natuur-

like loop neem.

Die volgende punte is deur die groep

6

Terugvoer—toekoms gesprek 5 Maart (verv.)

beskou om onmiddellik as inisiatief

te begin:

⇒ Pinkster—Moedergemeente sal

die Pinkster dienste hanteer

⇒ Paaswandeltuin—word by MOos

gehou.

Moedergemeente is bereid om

op hulle kennisgewingbord die

Paaswandeltuin te bemark.

Indien daar hulp by die

onderskeie stasies benodig word,

moet die kantoor s.s.m in kennis

gestel word. Olyfdal en

Moedergemeente is bereid om te

help met die oprigting, inrig en

bemanning van die stasies.

⇒ Opleiding (ook van kerkraad)

‘n Dinamiese kerk het sterk multi

media nodig

Personeel - MOos sal dit hanteer.

⇒ Leierskap - Moedergemeente

⇒ Dissipelskap - Olyfdal (praktiese

opleiding)

Die onderskeie werkgroepe is ver-

soek om tydens die volgende

gesprek voorstelle te bring vir die

onderskeie opleiding afdelings.

Daar sal vêrder in die toekoms

gekyk word na die konsep van

selgroepe vir gemeenskaplikheid

(voorstel om in 2016 “Purpose driven

life” te doen en daaruit nuwe

selgroepe te vorm).

⇒ ‘n Gesamentlike diens (buite

konteks, moontlik op Dr. Malan se

gronde?) sal deur Olyfdal gereël

word.

⇒ Leraars posisie:

Om die dinamika van die ge-

meentes se toekomsvisie doel-

treffend te bestuur, moet daar

s.s.m 'n oplossing gekry word wat

werkbaar is en nie teenproduktief

met die toekomsvisie inwerk nie.

Olyfdal is bereid om of die pasto-

rie beskikbaar te stel of die huur

wat inkom, te gee as hulp. Ds.

Chrisman Krige, die Polisie

kapelaan, kan ook beroep word

om uit te help met meer klem op

pastorale berading. Die gesament-

like gevoel van die werkgroepe is

om Chrisman wel by Olyfdal in te

trek aangesien die hele dorp

daaruit voordeel sal trek.

Moedergemeente sal dit oorweeg

om vir 12 maande finansieel te

help sodat MOos dinamies kan

7

1. As Ek die eerste plek in jou lewe inneem,

sal jy geen ander gode wil dien nie, want Ek

sal die ereplek in jou lewe hê!

2. As Ek in jou hart woon, sal dit nie nodig

wees om gesnede beelde van My te maak

nie, want jy sal self My beeld dra!

3. As jy My liefhet, sal My naam nooit ‘n

vloekwoord oor jou lippe kan wees nie,

maar in alle omstandighede deur jou

eerbiedig en gerespekteer word.

4. As Ek die ereplek in jou lewe het, sal die

Sabbat die hoogtepunte van die week vir

jou wees. Dit sal vir jou ‘n vreugde wees

om in die Gemeenskap van die heiliges My te

aanbid. ‘n Dag om na uit te sien, nie om

teen op te sien nie!

5. As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou ‘n

voorreg wes om jou ouers te eer en lief te

hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want

agter Hulle sal jy My sien wat hulle vir jou

uitgekies het!

6. As jy my liefde jou eie gemaak het, sal

10 wette word 10 beloftes

jy nooit iemand wil seermaak of haat nie,

wat nog te sê doodmaak!

7. As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees

om aan jou lewensmaat getrou te wees nie.

As Ek ‘n plek in jou huwelik het, sal julle vir

mekaar lief wees en julle geluk sal Ek in My

hande bewaar en vashou!

8. As Ek op die troon van jou lewe sit, sal

jy daagliks vra: “Aan wie en waar kan ek

aan ‘n ander iets gee?” en jy sal nooit iets

van ‘n ander wil neem nie.

9. As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir

jou lekker wees om van ‘n ander kwaad te

praat nie. Deur My gees sal jy ‘n mens

wees wat van ‘n ander niks sal sê as dit nie

iets goeds is nie!

10. As jy een met My is, sal My gees jou

tevredenheid gee om vergenoegd te wees

met wat jy het, met die besef dat God gee

soos wat jy

nodig het

en wat Hy

gee, gee

groei. Gesamentlike

fondsinsamelings moet spesifiek

gemik wees om die leraars pos te

verseker. Daar sal by die volgende

geleentheid meer vaste besluite

deurgegee word.

Ter wille van die groei dinamika is

‘n volle leraars posisie by MOos

nodig.

8

Nuwe manier van dankoffer gee / aankope doen by funksies

Ons nuwe betaalstelsel is hier! Met dank aan die tegnologie.

Soos tydens die kerkraadsvergadering van 9 November goedgekeur, is die aansoek om SnapScan gedoen en is die pakket uiteindelik

beskikbaar.

Dit werk heel eenvoudig:

⇒ Gebruik jou foon se QR scanner en skandeer die kode op die kaartjie

⇒ Indien jy nog nie SnapScan op jou foon (of tablet) het nie, word jy versoek

om dit af te laai.

⇒ Maak die SnapScan app. oop en volg die aanwysings met die nodige in-

ligting.

⇒ ‘n Kode sal na jou foon gestuur word om te bevestig dit is wel jou foon

⇒ Wanneer daar versoek word dat die kredietkaart geskandeer word, moet

die hele kredietkaart in die groen raampie pas.

⇒ ‘n Epos vanaf SnapScan sal gestuur word na jou epos adres om dit te

verifieer.

⇒ Meer as een kaart kan geskandeer word.

⇒ Daar is verskeie opsies wat gekies kan word waar-

voor jy fondse oordra:

∗ Oesfees

∗ 10de maand

∗ Dankoffer

∗ Liggies/Paastuin

⇒ Die opsie van toepassing kan gekies word en die fondse sal onmiddellik in NG Meyerton-Oos se

bankrekening oorgedra word.