11
KERKLIKE JAAR Vandag is die sesde Sondag na Epifanie. Die woord Epifanie dui op die verskyning of manifestasie van God in die wêreld. Die woord het sy betekenis in ‘n ou Oosters-kerklike fees waartydens die geboorte en doop van Jesus gevier is. In werklikheid is Kersfees en Epifanie nie twee afsonderlike feeste nie, maar die feit dat Kersfees ‘n Westerse, en Epifanie ‘n Oosterse oorsprong het, het gemaak dat twee afsonderlike tradisies rondom Kersfees en Epifanie ontwikkel het. Die Epifanie-fees val op 6 Januarie. Die tyd daarna word die tyd ná Epifanie (of soms ook gewone tyd genoem. Die tyd na Epifanie loop deur tot en met As-Woensdag wat Lydenstyd inlei. Die dominante kleur van Epifanie is groen soos in Koninkrykstyd. Op die dag van Epifanie, 6 Januarie, word groen vir die eerste keer in die kerkjaar gebruik. Daarna bly dit groen met die uitsondering van die Sondae waarop die doop en die verheerliking van Christus gevier word, dan is die kleur wit. Die stêr van Betlehem is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die stêr as simbool van Lig in die duisternis is ‘n simbool van hoop. 16 FEBRUARIE 2020 08:00 en 10:00 Prediker: Ds. Rika van Vuren 08:00 en 10:00 Kinderkerk 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte: Die Voedselprojek Baie welkom aan besoekers en nuwe intrekkers. Nuwe intrekkers is welkom om na die tyd voor die kansel bymekaar te kom of na die Inligtingstoonbank in die saal te gaan tussen die twee eredienste. Ons wil julle graag ontmoet. Vandag is Biddag vir Onderwys. Ons dink aan elkeen betrokke. Die Kerkraads- vergadering van 25 Februarie word uitgestel na 3 Maart.

16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

KERKLIKE JAARVandag is die sesde Sondag na Epifanie. Die woord

Epifanie dui op die verskyning of manifestasie van God in die wêreld. Die woord het sy betekenis in ‘n ou

Oosters-kerklike fees waartydens die geboorte en doop van Jesus gevier is. In werklikheid is Kersfees en

Epifanie nie twee afsonderlike feeste nie, maar die feit dat Kersfees ‘n Westerse, en Epifanie ‘n Oosterse oorsprong het, het gemaak dat twee afsonderlike

tradisies rondom Kersfees en Epifanie ontwikkel het. Die Epifanie-fees val op 6 Januarie. Die tyd daarna

word die tyd ná Epifanie (of soms ook gewone tyd genoem. Die tyd na Epifanie loop deur tot en met As-Woensdag wat Lydenstyd inlei. Die dominante

kleur van Epifanie is groen soos in Koninkrykstyd. Op die dag van Epifanie, 6 Januarie, word groen vir die eerste keer in die kerkjaar gebruik. Daarna bly dit

groen met die uitsondering van die Sondae waarop die doop en die verheerliking van Christus gevier word, dan

is die kleur wit. Die stêr van Betlehem is die sterkste visuele simbool van hierdie tyd. Die stêr as simbool van

Lig in die duisternis is ‘n simbool van hoop.

16 FEBRUARIE 202008:00 en 10:00Prediker: Ds. Rika van Vuren

08:00 en 10:00 Kinderkerk

09:00 Sondagskool

18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s)

Deurkollekte: Die Voedselprojek

Baie welkom aan besoekers en nuwe intrekkers. Nuwe intrekkers is welkom om na die tyd voor die kansel bymekaar te kom of na die Inligtingstoonbank in die saal te gaan tussen die twee eredienste.

Ons wil julle graag ontmoet.

Vandag is Biddag

vir Onderwys. Ons

dink aan elkeen

betrokke.

Die Kerkraads-vergadering van

25 Februarie word uitgestel na 3

Maart.

Page 2: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

VERJAARSDAE 16 - 22 Februarie16 FEBRUARIE Lumé Ludeke Marlene Greyling Shaun Viljoen

Anita Barnard Jurgens Roetz Simoné Jonker 21 FEBRUARIE

Alicia Benadie Louis Strydom Alec Jordaan JP Beneke

Karin Brits Mandi van der Merwe Santjie Stols Anna Breytenbach

Nelandi Buchan 18 FEBRUARIE Marinda Stoltz Emilia Gadinger

Christelize Coetzee Gerhard de Lange Albert Strydom Dalené Grobler

Fienie Cronje Louise de Wet Daleen Venter Heinrich Herrmann

Banie Erasmus Neil Grobler 20 FEBRUARIE Eugene Marais

Pieter Harmse Jessica Jansen Gert Beetge Len Mizen

Ruan Harmse Christiaan Kriegler Alméro Calitz Luzanne Mulder

Piet Kiesling Hermann Minnaar Beánne Coetzer Hanro Smit

Paul Pirow Verenique Nel Max Cogho Jannie Steynvaard

Dylan Smith Karlien Potgieter Anchel Gadinger Lu-Marié Steynvaard

Karla Stapelberg Henco van Heerden Lynné J v Vuuren Mandy Venter

Tharina van Tonder Nico van Jaarsveld Bernice Leonard Rina Worth

17 FEBRUARIE Cornelius Vermaak Herschellé Links 22 FEBRUARIE

Gideon Bean Henrico Vermaak Douglas Long Lani French

Angela du Toit 19 FEBRUARIE Mary Ann Myburgh Nico Roets

Johan Hamman Monsoné Botha Kelvin Scott Heila van der Linde

Sunet James Stefien Dörfling Quintin Snyman Kyle van Rooyen

Roché Lombard Luché Els Armand Viljoen Neels van Vuuren

Veels geluk aan almal wat die komende week verjaar. Tannie Fienie Cronje is vandag, 16 Februarie, 80 jaar oud en

Tannie Anna Breytenbach, word op Vrydag, 21 Februarie, 84 jaar oud. God's rykste seën word u toegebid. Geniet die dag en

mag die nuwe jaar oorvloedig geseënd wees.

ATTESTATE ONTVANGBELYDENDE LIDMAATJohan Francois Bester en Lynette Bester

(neé Van Vuuren) vanaf NG Middelburg

Werner Frederik French en Lelani French (neé Minnaar)

vanaf NG Ligkruis

Marlize Venter (neé Grobler) vanaf NG Ligkruis

Maria Aletta de Vries (neé De Villiers) vanaf NG Ligkruis

DOOPLIDMAATElri Bester vanaf NG Middelburg

Chanté en Werner Frederik French vanaf NG Ligkruis

Shantelize Venter vanaf NG Ligkruis

Ons benodig

dringend ‘n

rolstoel vir ‘n

bejaarde. As

iemand dalk

kan help,

skakel asseblief

die Kerkkantoor

of vir Johan by

082 977 1699.

Page 3: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

PERSONE AAN DIENS VANDAGDeurdiens voor die 08:00 erediens: Marianne Allison, Colette de Goede en Lorraine DuvenageDeurdiens voor die 10:00 erediens: Carel en Marionette Groenewald en Christéna BreytenbachInligtingstoonbank tussen die twee eredienste: Johan Swanepoel en Stephan DörflingBaie dankie aan elkeen wat op ‘n Sondag help om die erediens enalles agter die skerms glad te laat verloop. Van die prediker, kreatiewe- en musiekbedieninge, die klank en beeldpersone, die koster, persone bo genoem, teeskinkers, Sondagskool- en Kinderkerkpersoneel, die adminpersoneel en betrokke kerkraadslede, skoonmakers enkarwagte. Elke bydrae en betrokkenheid is baie kosbaar.

DEURDIENSOns het nog persone nodig om te

help met deurdiens voor elke

erediens. Dit behels dat jy so een

keer per kwartaal ‘n beurt kry om ‘n

halfuur voor kerk by ‘n deur te staan

om almal welkom te heet en

afkondigings uit te deel. Kontak

asseblief vir Sanet by die

Kerkkantoor as jy jou weg oopsien.

MXITByeenkoms vir

Hoërskoolleerders Woensdaeom 18:00. Almal is baie

welkom. Wees deel van ‘n lekker groep jongmense, wat soos jy dink en voel. Vir meer

Inligting, kontak tannieLorraine by die Kerkkantoor.

MOEDERSKAMER EN KLEINSAALTJIEOns moederskamer is slegs vir mammas met babas. Ouers met

peuters en kleuters is baie welkom in die “kleinsaaltjie”. Dis die

gedeelte heel regs, onder in die kerk (as jy na die preekstoel kyk). As

die kinders daar jou pla, sit asseblief

êrens anders in die kerk. Baie dankie dat jy verstaan.

LEES- EN SKRYFKLASSE vir volwassenes begin op

Dinsdag 18 Februarie om 14:30 in die kerksaal.

Kontak Marionette by 082 927 7320 vir meer inligting.

DEURKOLLEKTEVolgende Sondag se Deurkollekte gaan vir

Die Gemeentekamp.

Ons benodig iemand

om lofdanse vir

laerskoolkinders aan te

bied en hulle af te rig

by die kerk. Vir inligting

skakel asseblief

Lorraine by die

Kerkkantoor.

Page 4: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

AFLAAI VAN SKENKINGS EN

DONASIESTydens

kerkkantoorure08:00-13:00

by die PastoraleSentrum (bruin palisade heining

regs van die kerkkantoor) of Sondae in die houers by die

kerkdeureasseblief.

VERGETE EN VERLORE ITEMSOns het ‘n hele paar juweeltukke,

blokfluite, boeke, rugsakke, skoene, Bybels, ens. by die kerkkantoor in veilige

bewaring. As jy iets verloor het, mag onsdit dalk hê. Ons sal na drie maande die onopgeëiste items skenk aan behoeftiges.

DOOPRegistrasie vir die doop op 5 April,

sluit op 28 Februarie.

NAGMAALAs jy ‘n behoefte om per

geleentheid aan die

nagmaaltafel te sit,

kontak asseblief vir

Sanet by die

Kerkkantoor.

Page 5: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

PERSOONLIKE INLIGTINGLaat weet asseblief die kerkkantoor as

jou adres, kontaknommers, huwelikstatus of gesin groter of

kleiner geword het. Laat weet ons as jy die gemeente verlaat of trou. Ons

wil ons data op datum hou en het elkeen se samewerking nodig.

BOODSKAPPE AAN

KERKKANTOORJy kan ‘n whatsapp boodskap enige

tyd (selfs na-ure) stuur na ons

broadcast nommer 060 970 8277.

Slegs die kerkkantoor sal die

boodskap sien en die volgende

oggend terugskakel of die saak

aanspreek. Dié nommer is slegs vir

whatsapp boodskappe en oproepe

sal nie beantwoord word nie. Die

landlyn by die kerkkantoor sal slegs

tussen 08:00 en 13:00 beantwoord

word. Dinsdae slegs tot 11:30.

GEBEDSVERSOEKEIndien jy ‘n gebedsversoek

het of iemand op ons lys wilplaas, kontak asseblief 072

387 5147 of stuur ‘n whatsapp.

Ons weeklikseafkondigings is op die gemeente se webbladby www.midsuid.co.za

FLINKE VROUE VAN SUID

Ons gemeente se dames (die ou Vrouediens) kom

gewoonlik die eersteDinsdag van die maand

bymekaar om 17:30. Hou asseblief die almanak dopvir datums. Almal is baie

welkom. EREDIENSTYE TYDENS SKOOLKWARTALE OM 08:00 &

10:00 EN TYDENS SKOOLVAKANSIES EN

LANGNAWEKE OM 09:00

WERKSOEKBORDAs jy werk soek of werk het vir

iemand, gebruik gerus ons

inligtingsbord in die saal gratis.

Page 6: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:
Page 7: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:
Page 8: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

Die Kreatiwiteitsbediening

het nog persone nodig wat kan help om die Liturgiese

ruimte (voor die kansel) mooi te maak vir

eredienste. Jy kry omtrenteen keer per kwartaal ‘n

beurt. Kontak asseblief virSanet by die kerkkantooras jy meer wil weet en lus

is om jou kreatiwiteit in tespan.

PASTORALE SENTRUMAs jy meer wil uitvind oor die

werksaamhede van die PastoraleBedieningsentrum en dienste en kursussewat aangebied word, kontak vir Maud by die sentrum 013 243 3765 van 08:00 tot

13:00 of vir Zelna by 072 699 0853.

CROSSing BOUNDARIES FIETSRENOns wil al ons borge bedank vir die ongekende bydrae wat

aangewend word vir Uitreike. Sonder elkeen van julle, sou hierdie

wonderlike geleentheid nie moontlik wees nie. Baie dankie aan

elkeen wat gehelp het voor die fietsren, op die dag en na die tyd

om dit weereens in onvergeetlike dag te maak.

A tot Z Huis /

Kantoorverbeterings &

Nutsman dienste

Lukas 083 236 6417Alle herstel, restourasie en

verbeteringswerk, sowel as

installering van nuwe toerusting in

badkamers & kombuise van alle

geboue. (Teël & loodgieterswerk

ingesluit.) Verf van huise/kantore &

dakke. Herstel van daklekke,

installering/herstel van plafonne,

polystyrene cornish, kaste, deure,

skirting, ens. Oprigting, verf en

herstel van omheinings. Sweiswerk.

Basiese herstel & installering van

elektriese bedrading, ligte,

muurproppe, stroombrekers, ens.

Voltydse toesig. (Een projek op ‘n

slag). U kan my met u huis se

sleutels vertrou. Baie billike

tariewe. Gratis kwotasies.

5

NAALDWERKKLASSE VIR

HUISWERKERSDie naaldwerkklasse is elke tweede Saterdag

in die kwartaal om 13:30 – 16:30 in die kerksaal. Volgende klas is op 22 Februarie. As

jy dalk skêre, handwerknaalde, spelde, materiaal of enige naaldwerktoerusting of

items het wat jy wil skenk, sal ons dames dit baie handig kan gebruik. Baie dankie vir die

skenkings wat ons ontvang. Sonder dit, sal die naaldwerksters nie so flink kan vorder nie.

Kontak Marianna vir meer inligting by 071 463 0842.

Page 9: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

Almal is baiewelkom om saammet ons ‘n gratis koppie koffie of

tee te drink tussendie twee

eredienste by die kombuis in die

saal.

GEDENKMUURAs jy meer wil weet

oor ‘n nissie, kontak

asseblief vir Johan by

082 977 1699

Ons Finansiële

kantoor is op

Donderdae gesluit.

Jammer vir die

ongerief.

Page 10: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

VROUEBYBELSTUDIEWoensdae in die kerksaal om 09:00. Kontak Minnie vir

meer inligting by 073 790 3043.

Page 11: 16 FEBRUARIE 2020midsuid.co.za/uploads/images/Gallery/Afkondigings 16 Februarie20.p… · 09:00 Sondagskool 18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s) en Lead Today (Gr. 10’s) Deurkollekte:

As jy hier wil adverteer, kontak die

kerkkantoor asseblief. R30 per Sondag.

Pastorale Sentrumse noodnommer

na-ure 072 387 5147

Onthou julle kan die Zapper app op julle selfone aflaai. Ditmaak betalings vir jou baie

makliker en veiliger. Hierdie is die kode vir NG SUID. Jy kandit gebruik vir dankoffers enenige betaling by die kerk.

(Basaar)

Hierdie QR kodekan jy op jou foon

aflaai. Dit het die kerk se

kontakbesonderhedevir maklikeverwysing.

6