2 GEMEENSKAPSNUUS H EilbroN H rAld Marcel Floor · PDF fileBron: Watertand Resepte vir oud en jonk. ... het hulle verseker dat God by hulle is. na die opheffende boodskap het 'n weldoener

Embed Size (px)

Citation preview

  • 2 GEMEENSKAPSNUUS HEilbroN HErAld 10 FEbrUAriE 2017

    In die eg verbind

    Jaco Els en Christelle Lubbe is die 4de Februarie in die huwelik bevestig vanuit die Gereformeerde Kerk Heilbron. Die egpaar vestig hulle in Heilbron.

    Jan Cilliers en Samantha Boardman is op 28 Januarie 2017 in die eg verbind deur ds Tommie van Vuuren. Die egpaar vestig hulle op Tweeling. Foto erkenning: Andr Pretorius Fotografie

    Bierbroodjie met kaas & sweetcorn 500g Bruismeel 1 botteltjie Bier (330 ml) 1 kop Cheddar kaas gerasper Halwe blikkie sweetcorn SoutMETODE:Meng alles saam en gooi in gesmeerde pannetjie.Bak 1uur by 180C.Bron: Watertand Resepte vir ouden jonk.

    Marcel Floor, seun van dr. Jan en Gerda Floor en oudleerling van die Horskool Heilbron, is afgelope Sondag be-vestig as predikant van die Gereformeerde kerk Sasolburg. Marcel was vir 9 jaar werksaam as Meganiese Ingenieur by Sasol in Secunda. In 2010 ontvang hy die roeping om vir predikant te gaan studeer. Einde 2016 het hy sy studie by die Teologische Skool van die Gereformeerde Kerke in Potchefstroom suksesvol voltooi en word hy beroepbaar gestel. Hy aanvaar 'n beroep van die Gereformeerde kerk Sasolburg. Marcel is getroud met Jacqueline (gebore Barnard) en hulle het twee kinders, Claudia (2 jaar) en Janno (5 maande). Jacqueline is 'n Chemiese Ingenieur by Sasol en het ook 'n tweejaar kursus in pastorale berading by die nwu voltooi. Jacqueline is huidig met kraamverlof tot einde Februarie. Die gesin woon nog in Parys maar verhuis binnekort na Sasolburg.

    Marcel Floor word aspredikant bevestig

    Die lede van die dienssentrum het aandagtig geluister na die betekenisvolle boodskap wat pastoor Leon Deysel vir hulle gebring het. Hy het gesels oor die reuse in 'n mens se lewe en hoe jy nie daarin moet vaskyk nie, maar glo dat God daar is en jou sal help die reus oorwin. 'n Voorbeeld wat hy gebruik het, is die verhaal van Dawid en Goliat. Dawid het teen Goliat geveg sonder enige beskermende toerusting, want God was daar met hom. Die reuse wat voorkom in die ou mensies se lewe is die ouderdom, siekte en bekommernisse, maar pastoor Deysel het hulle verseker dat God by hulle is. na die opheffende boodskap het 'n weldoener vir hulle almal heerlike pannekoek gebring. Op die foto is links voor: Lettie Scheepers, Ansie Pieters en Antonette Cunningham en agter van links, Rita Groenewald, Terry Cunningham en pastoor Leon Deysel.

    Reuse in 'n mens se lewe

    Jy word vriendelik uitgenooi na die Huis- en tuinbouklub se vergadering op 15 Februarie om 10:00 by die Windpomp Kwekery. Ria Esterhuizen gaan 'n demonstra-sie gee oor alles wat jy kan doen met deeg. Tommy gaan meer vertel van vetplante. Senwes en Protec gaan seker maak lede en

    Huis- en Tuinbouklub besoekers gaan huistoe met meer as kennis... Senwes gee saad weg, terwyl Protec gaan verras met hul uitstalling 'n geskenk vir elkeen.

    Laat weet gerus vir Marelize by 082 335 8603, as jy wil deel in die dag. Almal is baie welkom!

    Die Vaaldam se watervlakke lyk aan-sienlik goed en stabiel. Hier volg die vlakke van 1 tot 9 Februarie 2017:

    1 Feb. - 19,14m, 63,31% 2 Feb. - 19,14m, 63,31% 3 Feb. - 19,15m, 63,40% 4 Feb. - 19,14m, 63,31% 5 Feb. - 19,13m, 63,22% 6 Feb. - 19,12m, 63,12% 7 Feb. - 19,11m, 63,03% 8 Feb. - 19,16m, 63,49% 9 Feb. - 19,22m, 64,05%

    Vir interessantheid:Die vloedstelsels van die dam is erg getoets

    in Februarie 1996 toe die grootste vloed ooit aangeteken is op die Vaaldam terrein. 'n Invloei van meer as 4 700m/s is gemeet in die Vaaldam wat reeds teen volle kapasiteit was te danke aan goeie renval. Dit was slegs deur die kundige bestuur van die hidrologie personeel by DWB dat die maksimum vloed wat vrygestel word van die dam beperk was tot 2 300m/s. Vloei bo 2 300m/s sou ernstige skade stroomaf van die Vaaldam veroorsaak het.

    Vaaldam watervlakke