8
1 20 Januarie 2019 OGGENDDIENS: Ds. Piet Met die oog op die vestiging en opbou van „n sterk skoolgaande jeugbediening, gaan ons in die eerste kwartaal in die prediking op die kinders en hoërskooljeug van ons gemeente fokus. „n Suksesvolle jeugbediening word gebou op gesonde huisgesinne en gesonde huisgesinne word weer gebou op gesonde huwelike. Daarom begin ons vanmore met die diepste fondament van jeugbediening naamlik: gesonde huwelike. Ons sal in die volgende paar preke op die huwelik fokus, daarna op ons gesinslewe en daarna op die bediening van die gemeente aan ons kinders en jeug. Ons bede is dat die Here hierdie Woordbediening ryklik sal seen. Tema: Bind julle elke dag doelgerig stywer aan mekaar vas met die sterk en onblusbare band van liefde wat God in julle huwelik gee. Die huwelik wat God ingestel as die ruimte waarbinne „n lewenslange verhouding tussen „n man en vrou gevorm word, word vandag - dalk meer as ooit - die teiken van Satan. Hy wil dit met alle mag verwoes want indien hy dit regkry, verwoes hy mense en gesinne se lewens. Hy ondergrawe daarmee die fondament waarop die samelewing gebou word. Want, soos ons hierbo beskryf het, vorm die huwelik die basis van gesonde generasies wat die kerk en die samelewing opbou. Daarom roep die Here elke man en vrou op om hulleself doelgerig stywer aan mekaar vas te bind met die sterk en onblusbare band van liefde wat God aan hulle gee. Hierdie band word in Christus onbreekbaar en die krag wat die wapens van die Satan teen die huwelik afweer! Maak dit elke dag vaster en vaster! Nie net vir julle nie, maar ook vir julle kinders en die samelewing waar God julle plaas. Lofsang met die oog op die erediens Ps 84-2: 1, 2 en Lied 203: 1, 2, 3 Ontmoetingsdiens Intreelied: Lied 155: 1, 2, 3; Votum; Seën; Loflied Ps 45-2: 1, 2, 3, 9, 10; Geloofsbelydenis: 12 Artikels Verootmoedigingsdiens Wet: 7 de Gebod en Hebreërs 13: 1 - 6; Sing Sb 9-4: 1, 3; Gebed Woorddiens Skriflesing: Hooglied 7: 10 - 8: 14 (1933 Vertaling) Teksverse: Hooglied 8: 6, 7 en 12 Sing: Ps 112-2: 1, 2; Woordverkondiging Antwoorddiens Gebed; Liefdegawe; Sing Ps 128-1: 1 (brs) en 2 (srs); Seën; Amenlied: Sb 13-3.

20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

1

20 Januarie 2019

OGGENDDIENS: Ds. Piet

Met die oog op die vestiging en opbou van „n sterk skoolgaande jeugbediening, gaan ons in die eerste kwartaal in die prediking op die kinders en hoërskooljeug van ons gemeente fokus. „n Suksesvolle jeugbediening word gebou op gesonde huisgesinne en gesonde huisgesinne word weer gebou op gesonde huwelike. Daarom begin ons vanmore met die diepste fondament van jeugbediening naamlik: gesonde huwelike. Ons sal in die volgende paar preke op die huwelik fokus, daarna op ons gesinslewe en daarna op die bediening van die gemeente aan ons kinders en jeug. Ons bede is dat die Here hierdie Woordbediening ryklik sal seen. Tema: Bind julle elke dag doelgerig stywer aan mekaar vas met die sterk en onblusbare band van liefde wat God in julle huwelik gee. Die huwelik wat God ingestel as die ruimte waarbinne „n lewenslange verhouding tussen „n man en vrou gevorm word, word vandag - dalk meer as ooit - die teiken van Satan. Hy wil dit met alle mag verwoes want indien hy dit regkry, verwoes hy mense en gesinne se lewens. Hy ondergrawe daarmee die fondament waarop die samelewing gebou word. Want, soos ons hierbo beskryf het, vorm die huwelik die basis van gesonde

generasies wat die kerk en die samelewing opbou. Daarom roep die Here elke man en vrou op om hulleself doelgerig stywer aan mekaar vas te bind met die sterk en onblusbare band van liefde wat God aan hulle gee. Hierdie band word in Christus onbreekbaar en die krag wat die wapens van die Satan teen die huwelik afweer! Maak dit elke dag vaster en vaster! Nie net vir julle nie, maar ook vir julle kinders en die samelewing waar God julle plaas. Lofsang met die oog op die erediens Ps 84-2: 1, 2 en Lied 203: 1, 2, 3 Ontmoetingsdiens Intreelied: Lied 155: 1, 2, 3; Votum; Seën; Loflied Ps 45-2: 1, 2, 3, 9, 10; Geloofsbelydenis: 12 Artikels Verootmoedigingsdiens Wet: 7 de Gebod en Hebreërs 13: 1 - 6; Sing Sb 9-4: 1, 3; Gebed Woorddiens Skriflesing: Hooglied 7: 10 - 8: 14 (1933 Vertaling) Teksverse: Hooglied 8: 6, 7 en 12 Sing: Ps 112-2: 1, 2; Woordverkondiging Antwoorddiens Gebed; Liefdegawe; Sing Ps 128-1: 1 (brs) en 2 (srs); Seën; Amenlied: Sb 13-3.

Page 2: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

2

GROEPBEDIENING Ons Woordbediening vind vanaand in

kleingroepe plaas. Daar kom ook „n groep om 17:00 by die kerk

bymekaar.

INSKAKELINGSBYEENKOMS VIR

OUD-MOOIRIVIERLIDMATE

Daar is vanaand „n inskakelingsbyeenkoms

vir die eerste helfde (alfabeties) van die oud-

Mooirivierlidmate om 17:30 in die

Konsistorie. Lidmate wat nie telefonies

genooi is nie, sal by die tweede geleentheid

ook spesiaal genooi word.

MEELEWING ● Ina Potgieter (Groep 39 - 083 987 0648)

het „n skildklieroperasie in Medikliniek

ondergaan en sterk mooi aan.

● Hendrico van Rooyen (Groep 16 - 073

909 9296) het „n neusoperasie in

MooiMed ondergaan.

● Miems Labuschagne (Groep 31 –

083 661 9362) se skouer-operasie het

goed afgeloop. Sy sterk aan by haar

dogter, Odelia.

ONS VRA VOORBIDDING VIR DIE VOLGENDE LIDMATE WAT SUKKEL

MET SIEKTE OF SWAK GESONDHEID Janet vd Walt, Isak vd Walt, Tjaart Snyman, Bert Floor, Jacoba v Rooy, Magdaleen Venter, Grobbie Grobler, Andy en Blossom Pretorius, Koos en Marlene Jooste, Lana Labuschagne, asook Andries en Driekie Coetzee.

ONDERSTEUNING VIR SIEKES Vir ondersteuning of besoeke deur die hospitaalbesoeke-diensgroep, skakel hierdie week vir: [email protected] of

Anna Smith (082 765 9813) en Lou & Magdaleen Venter (082 566 5879) Medikliniek = 9:00-13:00 en 15:00-20:00 Mooimed = 11:00-11:30 en 15:00-16:00 en 19:00-20:00 Potch Hospitaal = 15:00-16:00 en 19:00-20:00

PROGRAM VAN DIE WEEK Vandag 09:00 Gebedsgroep 09:30 Oggenddiens

Kleuterbediening Katkisasie: Les 1

Tee en koffie in die Skuur 10:30 Diakonie: Alg vergadering Groepbediening 17:30 Inskakelingsbyeenkoms oud-MR lidmate Maandag 18:00 Vlamvat-taakspan ete 18:30 Vlamvat-taakspan vergadering Geen Gholfdag vergadering Dinsdag 06:00 Manne ondersteuningsgroep 18:00 Groepsusters Woensdag 18:00 Katkisasie: Gr 8 19:00 Bybelstudie: Bybelstudie Klipdrif Vrydag, Saterdag en Sondag Belydenisklas-kamp by Tanglewood

Natuurreservaat, Boskopdam.

Ons vra graag lidmate vir skenkings van

beskuit en koekies vir ons Belydenis-

klaskamp (13 persone).

Ouers en kinders: kry asseblief vandag die

finale reëlings by ds Piet indien julle nie die

epos ontvang het nie.

Page 3: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

3

AFKONDIGINGS • Liefdegawe vanoggend vir Barmhartigheid (Zapper betaal-metode beskikbaar) • Gawe by die deure vanoggend vir die GKSA : Sustentasie. • Gawes volgende Sondag vir die Diakonie. • Vrywillige bydrae vir voertuigsekuriteit in die bussies by die deure. • Diensbeurte: Groep 16 en 17.

VERJAARSDAE Baie geluk aan almal wat DV hierdie week

verjaar! Sondag, 20 Januarie Br Janus Earle 082 564 6251 Sr Annarie Oelofse 082 565 8215 Br Jan-Ernst Oosthuizen 072 589 6514 Maandag, 21 Januarie Br Marius Lamprecht 082 839 6237 Sr Julialet Rens 083 235 2359 Br Dirkie Venter (76) 072 357 7351 Br Sias Willemse (70) 082 417 7560 Sr Melanie Claassen 083 299 5738 Woensdag, 23 Januarie Br Flip de Bruyn 082 890 1167 Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376 Jsr Larnè v As Vrydag, 25 Januarie Br Gerald Lake 082 570 4626 Jbr Ryno Schutte 082 373 1519 Saterdag, 26 Januarie Jsr Lula Botha Jbr Christian Turkstra 018 290 5566 Br Isak vd Walt (90) 082 703 1874

GHOLFDAG – 15 FEBRUARIE 2019

Oor minder as „n maand

is dit weer ons jaarlikse

gholfdag!

Ons nooi lidmate uit om

deel van hierdie heerlike

dag te word. Ons nooi

gholfers om 4-balle in te

skryf, besighede om as

putjie-borge op te tree en ander lidmate om

op die baan te help of skenkings vir die

veiling te maak.

Kontak: Walter Plotz (083 487 7497); Ryan

Bezuidenhout (082 464 6310); Nicolaas

Erasmus (074 671 6932); Rieëtte Venter

(082 898 4197) of Adele Delport (082 532

8658) indien u betrokke wil raak.

KATEGETE VIR 2019

Ons is baie dankbaar vir lidmate wat hierdie kosbare dienswerk onderneem om ons kinders in hulle geloofsgroei en kennis te begelei. Hier is die span wat vanjaar ons ouers in hulle verbondsplig gaan help: Gr 1 - Cornè Geyer Gr 2 - Sonja Olivier Gr 3 - Ons kort hier „n kategeet indien iemand belangstel. Gr 4 - Sonja Booyens Gr 5 - Hanlie Bezuidenhout Gr 6 - Annari Schutte Gr 7 - Pieter Geyer Gr 8 - Hendrik vd Walt Gr 9 - Hendrik Naudè Gr 10 - Geen klas Gr 11 - Huib v Hamburg KATKISASIE VIR HOëRSKOOLKINDERS

GEDURENDE DIE WEEK Gr 8 - Hanno van Schaik Gr 9 - Ds. Piet Gr 11 - Ds. Piet

Page 4: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

4

KALENDER 2019

Daar is een Kalender per gesin beskikbaar in

die voorportaal van die kerk en die skuur -

neem gerus!

KENELKANDER 2019

Ons begin weer werk aan ons Kenelkander

vir die jaar. Indien u besonderhede wat

daarin verskyn verander het, kan u dit asb

aan die kerkkantoor deurgee.

Indien u belangstel om as een van die borge

op te tree vir die druk van die Kenelkander,

kan u ook asb vir Adele kontak - 018 290

7690.

DANKIE

Die diakonie wil net baie dankie sê aan elke

lidmaat wat die afgelope jaar n sakkie

geneem het en vir ons die produk in die

koskas geplaas het.

Ons vul sewe gesinne se behoeftes daaruit

aan en daarom is die bydres so welkom.

Moet dus nie vergeet om eenmaal per

maand n sakkie te neem nie. Dit is net een

produk en met elke een produk wat ons kry

help ons iemand. Met die kontant wat by

groepsbyeenkomste ge-in word, kan ons dan

vir hulle bietjie groente en vleis/hoender

aankoop.

Hoe begin ʼn mens die nuwe jaar? Hennie Symington

Filippense 2:5-7 “Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ʼn slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.”

Reël een: Wys die wêreld hoe God lyk. Mense leer hoe God lyk deur te kyk na mense wat goddelike dinge doen. Jy hoef nie volmaak te wees nie, maar kan deur jou lewe iets van God se aard uitstraal. Reël twee: Wees dankbaar vir die lewe wat God jou geskenk het. Die grootste kompliment wat jy aan die gewer van ʼn geskenk kan maak is om die geskenk ten volle te geniet. Jy is dit dus aan jou Skepper verskuldig om so gelukkig te wees as wat jy kan sonder om jou te belas met onnodige skuldgevoelens en verwyte. Die lewe is meer as ʼn eksamen waar jy moet bewys hoe goed of hoe slim jy is. Dis ʼn avontuur met laagtepunte, hoogtepunte en gelyktes, maar altyd ʼn onvergelyklike ervaring. Reël drie: Wanneer jou lewe op ʼn laagtepunt is, beweeg aan of probeer ten minste om een voet voor die ander te sit al verg dit by tye al jou krag en inspanning om dit te doen. Al is die pad hoe donker, kyk hoe ver jy voor jou uit kan sien. Reël vier: Verwag dat daar tye van vertwyfeling sal wees want geloof is nie ʼn eenvoudige optelsom of ʼn eksakte wetenskap nie. Soms is die lewe saai en vervelig en sommer net sêd. Vat elke dag soos dit kom. Troos jou daaraan dat Jesus gehuil het, soos jy, dat heiliges ook gesondig het, dat die liewe Petrus ontrou was en dat die dissipels ʼn klomp bangbroeke was toe hulle moes staan waarvoor hulle geglo het. Reël vyf: Aanvaar dat geloof ʼn tou om jou bind wat jou lei waar jy nie altyd graag wil wees nie. God laat hom nie lei nie, Hy‟s die een wat lei. Efesiërs 3:14-16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur

Page 5: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

5

die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Reël ses: Wees gewillig om ʼn bietjie aan jouself te sterf om by God te wees, want God het gesterf om naby aan jou te wees. Reël sewe: Skep ruimte in jou hart om lief te hê. Beoefen die liefde met toewyding in die wete dat ʼn mens nooit genoeg kan liefhê nie. Reël agt: Aanvaar wat en wie jy is en moenie daaroor stres nie, maar besef dat jy te kort skiet - net soos elke liewe mense op hierdie aarde! Dit is die aard van die mensdom. God alleen is volledig heel en goed. Reël nege: Moenie vasklou aan dit wat verby is nie. Aanvaar dat die lewe nie stilstaan nie. Treur oor jou verliese, vier jou oorwinnings, laat waters wat klaar gemaal het, verbygaan en lewe die lewe voluit. Reël tien: Wees deel van God se gesin. Die lewe is ʼn groepuitstappie wat familie, die gemeenskap, kerk, vaderland en die hele boksendais insluit! Aanvaar dat daar heilige bande is wat jou bind. Vryheid kry alleen betekenis in verbondenheid aan die gemeenskap. Gebed: Dankie Here dat U hierdie jaar saam met my sal stap. Amen

ALGEMENE INLIGTING

WOW-HERWINNINGSPROJEK

Papier, plastiek, karton, glas, blikkies en

polystyrene - hoef nie gesorteer te wees nie,

herwinningsitems moet wel in plastieksakke

toegebind wees. ASB GEEN huisafval nie!

Die glas/blikkies/plastiek moet asb

uitgespoel wees.

LIEFDEGAWES VIR

ARMHARTIGHEID (DIAKONIE) ZAPPER

Slegs bydraes vir

Barmhartigheid (Diakonie)

kan daarmee gemaak word -

geen ander betalings aan die

Diakonie of kerkraad nie

SOSIALE MEDIA VIR ONS GEMEENTE Webblad: www.oosdoppers.co.za Facebook: www.facebook.com/oosdoppers Beeldmateriaal van preke kan hier gesien word: http://ow.ly/ivfZ309vsdc.

KONTAKBESONDERHEDE: PREDIKANT,

HULPDIENS & KANTOOR

Ds. Piet: 018 290 5635 / 082 779 1237

Hulpdiens: Ds. Pieter vd Walt –

082 851 3637

Prof. Herrie v Rooy –

083 700 3933

Kerkkantoor: Adele 018 290 7690

Kosterspaar: Johan 061 336 7255

Elsa 073 959 8051

Page 6: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

6

SUSTERS IN DIE GELOOF “Om-gee-wingsbewus”

Seënwense vir die nuwejaar!

Beste Suster, welkom terug na die Desember vakansie. Ons hoop dat julle almal uitgerus is en uitsien na die nuwejaar!

Nogmaals dankie vir elkeen se bydrae verlede jaar! Groot waardering vir julle almal!

Kom ons pak die nuwejaar met ywer aan!

Teeskinkgeleenthede

● Baie dankie aan die groepsusters en hulle groepe se susters, broers en kinders wat met

die skink en opwas help!

● Ons moedig susters en broers, selfs gesinne aan om met die skink en

opwas te kom help – so leer ons mekaar en ons nuwe groepe beter ken!

Tee word vandag deur die volgende groeplede en hul groepsusters bedien:

Karin Kruger en groep 6, Susan Lourens en groep 15, Mari Steyn en groep 27, asook groep

35.

Volgende week skink groep 7, 16, 29 en 36 se susters, tee. Baie dankie julle!

Blikkies-warmharte

Die doel van die blikkies (wat jy in die voorportaal van die kerk kan kry) is dat

almal hulle lastige kleingeld in ‟n blikkie sal gooi en die vol blikkie dan in die

voorportaal van die kerk sal neersit. Die geld word dan gebruik om blomme of iets

toepaslik aan te koop vir iemand wat deur beproewing gaan. Baie dankie vir

julle getroue bydraes!

Sustersbydrae

Die susters se fondse word uit elke suster se vrywillige bydrae (R150 per jaar) verkry

asook die fondse wat tydens fondsinsamelingsgeleenthede geïn word. Hierdie geld

word gebruik om na minderbevoorregtes uit te reik en daar word jaarliks aan

verskillende verdienstelike instansies, donasies gegee

Page 7: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

7

Belangrike datums vir die kwartaal

22 Januarie (Dinsdag) - Groepsusters vergader

5 Februarie (Dinsdag) – Sustersamekoms

24 Februarie (Sondag) – Belydenisaflegging

3 Maart (Sondag) – Ouderlingevergadering

10 Maart (Sondag) - Nagmaalete

Sustersaamtrek

Die Geref. Kerk Wolmaransstad nooi al ons susters hartlik uit na die mooi geleentheid,

Saterdag 2 Maart by GK Wolmaransstad, Bornmanstr 51. (Ons gaan „n bus probeer reël

sodat almal saam kan ry – die kostes sal deurgegee word)

Registrasie vanaf 8:00 - Samesang 8:45 - Program begin 9:00.

Tema: Om-gee-wingsbewus. God se kinders gee om vir sy skepping.

Spreker: Prof. Chris van der Walt

Gaskunstenaar: Amira

Koste: R120 - sien volledige uitnodiging op kennisgewingbord in Skuur.

Skryf jou naam op die naamlys in die voorportaal indien jy wil bywoon. Inskrywings sluit

Sondag 27 Januarie!

Betalings moet voor / op Sondag 27 Januarie gedoen word asb.

Baie dankie aan ons borg van die week!

Page 8: 20 Januarie 2019 - Gereformeerde Kerk Potchefstroom Oos · Sr Zanè Labuschagne 079 373 3251 Donderdag, 24 Januarie Sr Hester Lombard 084 582 9422 Sr Joey Lubbe (74) 083 232 9376

8

OOSDOPPERTJIES

GOD SE UITSTALVENSTER

2 Kor 1: 3-4 “Aan God, die Vader van ons Here Jesus

Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom

ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee.

In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons

weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.

Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig.”

Het jy gedink as jy eers „n Christen is, gaan jy nie meer probleme hê nie? Dinge werk nie so

nie. Soms gebeur slegte dinge en God gryp nie in om dit te verander nie. Maar God is altyd

by jou as jy deur seer tye moet gaan. Dalk dink jy: “As U hierdie slegte dinge wegneem, sal

mense sien hoe almagtig U is.” Raai wat - mense sien God se krag deur na jou lewe te kyk.

Hulle sien hoe geloof werk as hulle sien hoe jy op God vertrou en by Hom troos en wysheid

vind in die moeilike tye van die lewe.

GEDAGTE VIR DIE WEEK!