60
2 1 2016 Desember Uitgawe 2 Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe www.up.ac.za Miskruiers (Foto: Caitlyn Nauschutz) Lees artikel op bladsy 22. Die jaarlikse Nasionale Navorsingstigting (NNS)-toekennings vier en gee erkenning aan Suid-Afrikaanse navorsingsuitnemendheid. Toekennings word in twee kategorieë aan navorsers gemaak, naamlik spesiale erkenningstoekennings en graderingsgekoppelde toekennings. Vanjaar het twee navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW), prof Pedro Crous en prof Nigel Bennett, weereens die Fakulteit baie trots gemaak. Die spesiale erkenningstoekennings bied ‘n platform om navorsers te huldig vir loopbaanprestasies en bydraes tot die skep en verspreiding van kennis, asook kapasiteitontwikkeling en transformasie. Die graderingsgekoppelde toekennings word gemaak aan navorsers wat vir ‘n A- of P-gradering kwalifiseer, soos deur die ewekniebeoordeling- gebaseerde NNS-graderingstelsel geëvalueer. ‘n Aantal top UP- NLW navorsers blink uit by 2016 NNS-toekennings navorsers het tydens die onlangse NNS-toekenningsgeleentheid erkenning ontvang. Wat graderingsgekoppelde toekennings betref, kondig UP met trots aan dat hy nou nog meer A-gegradeerde navorsers in sy personeelkorps het. A-graderings word slegs aan navorsers toegeken wat deur hulle eweknieë as toonaangewende internasionale kundiges op hul onderskeie terreine erken word op grond van die hoë kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette. Die nuwe A-gegradeerde navorsers is prof Erika de Wet (SARChI-professor in Internasionale Konstitusionele Reg in die Fakulteit Regsgeleerdheid) en prof Pedro Crous (NLW). Prof Pedro Crous is ‘n professor in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie en is betrokke by die Instituut vir Bosbou- en Word vervolg op bladsy 3

2016 · 2017-07-11 · van plantpatogeniese fungi. Prof Crous is ook die Direkteur van die Centraalbureau voor Schimmel-cultures (CBS) (Sentrum vir Fungusbiodiversiteit), ‘n

Embed Size (px)

Citation preview

3 21

2016Desember

Uitgawe 2

Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

www.up.ac.za

Miskruiers (Foto: Caitlyn Nauschutz)

Lees artikel op bladsy 22.

Die jaarlikse Nasionale Navorsingstigting (NNS)-toekennings vier en gee erkenning aan Suid-Afrikaanse navorsingsuitnemendheid.Toekennings word in twee kategorieë aan navorsers gemaak, naamlik spesiale erkenningstoekennings en graderingsgekoppelde toekennings. Vanjaar het twee navorsers van die Universiteit van Pretoria (UP) in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW), prof Pedro Crous en prof Nigel Bennett, weereens die Fakulteit baie trots gemaak.

Die spesiale erkenningstoekennings bied ‘n platform om navorsers te huldig vir loopbaanprestasies en bydraes tot die skep en verspreiding van kennis, asook kapasiteitontwikkeling en transformasie. Die graderingsgekoppelde toekennings word gemaak aan navorsers wat vir ‘n A- of P-gradering kwalifiseer, soos deur die ewekniebeoordeling-gebaseerde NNS-graderingstelsel geëvalueer. ‘n Aantal top UP-

NLW navorsers blink uit by 2016 NNS-toekennings

navorsers het tydens die onlangse NNS-toekenningsgeleentheid erkenning ontvang.

Wat graderingsgekoppelde toekennings betref, kondig UP met trots aan dat hy nou nog meer A-gegradeerde navorsers in sy personeelkorps het. A-graderings word slegs aan navorsers toegeken wat deur hulle eweknieë as toonaangewende internasionale kundiges op hul onderskeie terreine erken word op grond van die hoë kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette. Die nuwe A-gegradeerde navorsers is prof Erika de Wet (SARChI-professor in Internasionale Konstitusionele Reg in die Fakulteit Regsgeleerdheid) en prof Pedro Crous (NLW).

Prof Pedro Crous is ‘n professor in die Departement Mikrobiologie en Plantpatologie en is betrokke by die Instituut vir Bosbou- en

Word vervolg op bladsy 3

3 22

Boodskap van die DekaanBo

odsk

ap v

an d

ie D

ekaa

n

Hierdie jaar was besonder uitdagend. Die Visekanselier, prof De la Rey, het erken dat haar posbeskrywing gedurende die buitengewone jaar verander het. Dieselfde het ook in hierdie Fakulteit gebeur – ons posbeskrywings het dramaties verander. Ek is beïndruk deur die onderskeidende en vernuwende manier waarop u hierdie situasie hanteer het, veral gedurende die afgelope paar maande. Ons akademiese personeel het in alle opsigte die ekstra myl gestap, veral waar alternatiewe onderrig, leer en assesserings metodes genoodsaak was. Ons akademiese en ondersteuningspersoneel en studente het baie opgeoffer om by hierdie uiterste omstandighede aan te pas. Ons is baie dankbaar vir u toewyding en dat alle institusionele strukture beklemtoon het dat nagraadse onderrig die ruggraat is van ons visie om ’n navorsingsintensiewe universiteit te wees.

Onder hierdie omstandighede het die Universiteit van Pretoria besonder goed presteer. Dankie vir u spanpoging wat ’n direkte bydrae tot die suksesvolle voltooiing

van die akademiese aktiwiteite gelewer het. Ten spyte van stormagtige tye is die afgelope twee maande gekenmerk deur die goeie prestasie van ons voorgraadse studente in die eksamen, sonder dat die standaarde in die slag gebly het. Daarbenewens is meer as 70 verhandelings en 45 tesisse gefinaliseer of ingedien. Die onlangse NNS-evalueringsuitkomste het ook hoë graderings ingesluit wat deur opkomende navorsers behaal is (lees op bladsy 1 meer oor die prestasies van die Fakulteit tydens die Jaarlikse Nasionale Navorsingstigting-toekennings).

Ons is soos gewoonlik baie trots op die uitmuntende prestasies van ons personeellede. Dr Michelle Greve van die Departement Plant- en Grondwetenskappe is as ’n Jong Geaffilieerde van The World Academy Regional Office for sub-Saharan Africa (TWAS) (bladsy 8) aangewys. ’n Rekord getal van vyf PhD-studente in Plantpatologie, met prof Lise Korsten as studieleier het tydens die Lente-gradeplegtigheid-seremonie hul graad verwerf (bladsy 4). Prof Hettie Schönfeldt en prof Este van Marle-Köster, albei van die Departement Vee- en Wildkunde, het onderskeidelik die SASAS-presidentstoekenning en ’n SASAS-silwermedalje ontvang (bladsy 15).

Gedurende die afgelope paar maande is daar ook in die Fakulteit drie nuwe departementshoofde aangestel, naamlik prof Andrew McKechnie (Dierkunde en Entomologie) (bladsy 46), prof Vinesh Maharaj (Chemie) (bladsy 44) en prof Este van Marle Köster (Vee- en Wildkunde) (bladsy 43).

Ons studente het ons ook trots gemaak. Tydens die 2016 Vroue in Wetenskap Toekenningseremonie (WISA) het Ntombi Gama, ’n PhD-student in Biochemie, ’n toonaangewende studiebeurs van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) ontvang (bladsy 14). Me Amelia van Schalkwyk, ’n meestersgraadstudent in Wiskundige Statistiek, is as een van die vyftien SAS se Studente-ambassadeurs vir 2017 aangewys (bladsy 11).

Die doelwit van die Fakulteit is om by wyse van multidissiplinêre navorsing, asook onderrig en leer, van die wêreld ’n beter plek te maak. Vernuwende navorsing

oor die vermoë van klein diere om by veranderende omgewingstoestande aan te pas, sal deur die nuwe Navorsingsfasiliteit vir Kleindier-fisiologie by die Universiteit bevorder word (bladsy 36).

Ons kan nog baie meer uitmuntende prestasies deur ons personeel en studente hier aanhaal. Die doel van die nuusbrief is om sommige van die prestasies ten toon te stel en ons vertrou dat u hierdie opdatering oor die jongste ontwikkelings in ons Fakulteit sal geniet.

U moet uself herlaai, aangesien ons verwag om in 2017 meer vernuwend te wees. Ons wens u elkeen ’n welverdiende feesgety toe!

Prof Jean Lubuma

Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

RedakteurMartie Meyer (Redakteur)

[email protected] 420 5498 (kantoor)

012 420 5895 (faks)Kamer 8-9

Landbouwetenskap GebouFakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe

Uitleg en OntwerpKim Zimmerman

ReDzign084 296 0884 of [email protected]

Taalversorging en VertalingMelodie Veldhuizen

Spesiale dank aan Louise de Bruin en Ansa Heyl as akademiese skrywers

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle

vir artikels na [email protected]

Die Fakulteit is nou ook op Facebook. Besoek asb die bladsy en ‘like’ ons.

3 23

Prof Pedro Crous

Prof Nigel Bennett

Landboubiotegnologie (IBLB) aan UP. As ‘n fitomikoloog is sy vernaamste belangstelling die evolusie en filogenie van plantpatogeniese fungi. Prof Crous is ook die Direkteur van die Centraalbureau voor Schimmel-cultures (CBS) (Sentrum vir Fungusbiodiversiteit), ‘n Instituut van die Koninklike Nederlandse Akademie vir Kuns en Wetenskap in Utrecht, Nederland.Daarbenewens is hy professor aan die universiteite van Utrecht en Wageningen, albei ook in Nederland.

Prof Xiaohua Xia (Direkteur van die Sentrum vir Nuwe Energiestelsels in die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie (IBIT)) en prof Nigel Bennett het ook weer die A-graderings gekry wat vir etlike jare al aan hulle toegeken is.

Prof Bennett beklee die gesamentlike Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT)/Nasionale Navors-ingstigting (NNS)-navorsingsleerstoel op die gebied van Soogdiergedragsekologie en Fisiologie asook die UP Austin Roberts-leerstoel in Afrikasoogdierkunde.Sy navorsing fokus op ekologie, en dierefisiologie en -gedrag. Sy navorsing stel die norm vir ons begrip van die filogenetiese en ekologiese beperkings wat reproduksiesukses en sosiale evolusie by soogdierspesies reguleer.

As ‘n toonaangewende navorsingsintensiewe uni-versiteit is UP besonder trots op sy akademiese uitnemendheid en die bydraes van sy navorsers om oplossings vir plaaslike en internasionale uitdagings te vind.

3 24

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 24

’n Rekordgetal van vyf PhD studente in Plantpatologie, onder die leiding van prof Lise Korsten, het tydens die onlangse Lente-gradeplegtigheidseremonie hul doktorsgraad ontvang. Dit was die meeste PhD-studente onder die leiding van een navorser in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe wat ooit tydens een seremonie hul doktorsgraad ontvang het.

Joseph Charles Arthur, ’n Amerikaansepionier-plantpatoloog en mikoloog, het een maal gesê dat plantpatologie ’n nuttige wetenskap van omvangryke moontlikhede geword het. Hierdie prestasie beklemtoon sy standpunt.

Vyf PhD-graduandi vir prof Lise Korsten

Voor: Annancietar Gomba, prof Lise Korsten, prof Jean Lubuma (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), Mbulaheni Mutengwe en Willeke de Bruin. Agter: Bill Malick en Mosimanegape Jongman

Prof Korsten was ook die mede-studieleier van me MP Makgolane, ’n MSc Agric Plantpatologie-student. Die titel van haar verhandeling is Combined use of plant growth promoting rhizobacteria and pesticides for the control of Fusarium crown rot of wheat.

Die vyf graduandi met die titel van elkeen se PhD-proefsfskrif in hakies is:

• Mnr Bill Malick (The role of postharvest thyme oil-based alternatives on simulated induction of defense mechanisms in avocado (Persea Americana Mill.) for the control of anthracnose (PhD Crop Protection))

• Mnr Mbulaheni Mutengwe (Pesticide Residue levels and estrogenic activity of fresh produce in South Africa (PhDCrop Protection))

• Mnr Mosimanegape Jongman (Quality and safety of rainwater in food production systems (PhD Plant Pathology))

• Me Annancietar Gomba (Food safety and microbial biomes of the citrus carpoplane (PhD Crop Protection))

• Me Willeke de Bruin (Effect of nonylphenol, an industrial endocrine disruptor chemical, on the germination and development of Cos Lettuce (Lactuca sativa) (PhD Plant Pathology))

3 25

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 25

’n Akademies briljante student, wie se meestersgraad van so ’n hoë standaard was dat dit na ’n PhD opgradeer is, het onlangs die Vereniging vir Tropiese Veeartsenymedisyne (VTVM) Norval-Young se toekenning vir 2016 ontvang. Luïse Robbertse, ’n PhD-student in die Departement Genetika, het hierdie toekenning ontvang tydens die Gesamentlike Internasionale Konferensie van die Vereniging van Instansies vir Tropiese Veeartsenymedisyne (VIVTVM) en die VTVM, georganiseer deur die Instituut vir Parasitologie en Tropiese Veeartsenymedisyne (VTVM) by die Freie Universität Berlyn, Duitsland.

Die toekenning is daar gestel om die nagedagtenis aan dr Andy Norval en dr Alan Young, twee vooraanstaande navorsers wat groot bydraes gelewer het tot die huidige kennis van bosluis-oordraagbaresiektes in die trope, te vereer. Albei hierdie wetenskaplikes het hulle aan studente deelname, -aanmoediging en -ondersteuning gewy en die toekenning is daar gestel om erkenning te gee aan hierdie ideale. Die toekenning word elke twee jaar aan een kandidaat toegeken wat as ’n leidende jong navorser op die gebied van Tropiese Veeartsenymedisyne erken word.

Me Robbertse het die Norval-Young-toekenning ontvang op grond van haar werk wat sy gedurende haar BSc (Hons)-studies, onder leiding van prof Christine Maritz-Olivier verrig het. Die titel van haar studie is: “Genetic diversity, acaricide resistance status and evolutionary potential of a Rhipicephalus microplus population from a disease-controlled cattle farming area in South Africa”. Hierdie werk is as ’n navorsings artikel gepubliseer, wat op uitnodiging in ’n spesiale uitgawe van die internasionale vaktydskrif, Ticks and Tick-borne Diseases, in 2016 verskyn het.

Benewens haar wetenskaplike uitsette van ’n baie hoë standaard, is me Robbertse passievol omtrent toegepaste wetenskap en glo dat navorsing nie slegs ter wille van navorsing uitgevoer moet word

PhD-student in Genetika ontvang Internasionale Norval-Young-toekenning

nie, maar ook om ’n bydrae te lewer tot die verbetering van die lewensgehalte van diere en mense. Hierdie studie was die eerste om die status van mytdoder weerstand teen sintetiese piretroïdes en amitras in die Mnisi-gebied van Mpumalanga, ’n hulpbron arm gebied met staatsbefondsde gemeenskaps dipstasies, te beskryf. Bewyse vir die teenwoordigheid van ’n hoë-frekwensie van allele wat tot weerstand bydra, is verskaf en toegepas vir die ontwikkeling van nuwe strategieë vir effektiewe bosluisbeheer in hierdie erg besmette gebiede. Onderhandelinge met die Departement Landbou, Bosbou en Visserye en die nywerheid (Zoetis Suid-Afrika Edms Bpk) het gedurende September 2016 plaasgevind en is tans besig om vordering te maak met die vestiging van ’n strategiese plan vir verbeterde bosluis beheer. Dit sluit navorsers uit prof Maritz-Olivierse bosluis navorsingsgroep by UP, staatsveeartse, boere en die industrie in. Hierdie bevindings sal dus binnekort na toepassings in die werklike lewe omgeskakel word om ’n invloed op dieregesondheid te hê om sodoende voedselsekerheid in vee-afhanklike gebiede te verseker en om by wyse van die kennis-gebaseerde implementering van bosluisbeheerstrategieë gemeenskappe wat ’n tekort aan hulpbronne ondervind, op te hef.

Me Robbertse het ’n BSc (Mediese Wetenskappe) en ’n BSc Hons (Genetika) aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Haar huidige PhD-studies onder die voortgesette leiding van prof Christine Maritz-Olivier fokus op die vergelykende immuno-profiel samestelling van drie ekonomies belangrike beesrasse ná Rhipicephalusmicroplus-besmetting. Tydens haar PhD-studies is haar uiteindelike doelwit om die kompleksiteit van die immuunresponse onderliggend aan die raakvlakke tussen ixodid-bosluise en hul beesagtige gashere uit te pluis met die doel om hulpmiddels eleksie en antigeen produksie strategieë vir entstof ontwikkeling teen Rhipicephalus beesbosluise te verbeter.

Me Luïse Robbertse

3 26

Drie studente van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (SMEG) aan die Universiteit van Pretoria (UP) se honneursnavorsing is onlangs in internasionale eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer. Me Storme de Scally, mnr Felix Oloo en mnr Andries van der Walt het al drie in 2015 hul honneursgraad in die Departement Genetika voltooi. Hul werk is onderskeidelik in Soil Biology and Biochemistry, Scientific Reports en Applied and Environmental Microbiology gepubliseer. Werk wat aan hierdie tydskrifte voorgelê word, word omvattend hersien en dit neem dikwels langer as ses maande vanaf indiening tot finale publikasie.

Navorsers by SMEG bestudeer ‘n paar van die mees oorvloedige organismes wat op die planeet gevind word – mikro-organismes. Aangesien hierdie organismes nie in isolasie in die natuur gevind word nie, gebruik navorsers ‘n kombinasie van molekulêre tegnieke, genaamd metaomika (‘meta-omics’), om die hele mikrobiese spesie-samestelling wat binne ‘n gegewe steekproef van die natuurlike omgewing voorkom, te bepaal. Mikrobiese gemeenskappe is groot bydraers tot prosesse wat by klimaatsverandering betrokke is, en hulle is veral dominant binne ‘minder komplekse’, ekstreme omgewings, insluitend warm en koue woestyne soos die Namib-woestyn en Antarktika, diepsee-hidrotermiese kraters, sub-Antarktiese gebiede soos die Argentynse veen, en marienestelsels soos die Suidelike Oseaan. Die bestudering van hierdie klimaat-ekstreme omgewings stel wetenskaplikes in staat om te sien hoe mikro-organismes in wisselwerking met mekaar optree en bestuur globale prosesse soos die onttrekking van koolstof uit die atmosfeer – die proses wat ons planeet vroeër met lewegewende suurstof gevul het.

Met hierdie tema het me De Scally haar navorsing op die Antarktiese Droë Valleie gebaseer. Hierdie streek van Antarktika met gemiddelde lugtemperature van onder-15°C, is een van die droogste streke op die planeet en dit ontvang minder as 100 mm neerslag per jaar. Aangesien plante en diere nie hierdie uiterste toestande die hoof kan bied nie, domineer mikro-organismes die Droeë Valleie se grondomgewing. Tog verander hierdie omgewing weens klimaatsverandering en aardverwarming. Me De Scally se gepubliseerde werk in Soil Biology and Biochemistry beoordeel die impak wat toekomstige temperatuurverhoging op

SMEG-studente se honneursnavorsing in eweknie-geëvalueerde joernale gepubliseer

hierdie mikrobiese gemeenskappe kan hê. Haar werk is bemoedigend omdat dit gevind het dat die gemeenskappe funksioneel stabiel is en geen beduidende verskuiwings in reaksie op die verandering van temperature toon nie. Dit is egter nie die volle verhaal nie, aangesien haar studie slegs oor ‘n kort tydperk uitgevoer is en daar baie ander faktore is wat kan beïnvloed hoe mikrobiese gemeenskappe reageer. Me De Scally is tans met haar MSc in genetika besig, waar sy weer die invloed wat klimaatverandering op mikrobiese gemeenskappe kan hê, bestudeer, maar hierdie keer ondersoek sy die effek van ‘n afname in oseaan-pH op Suidelike Oseaan-mikro-organismes. Sy beplan om ‘n loopbaan in die akademie te volg en het ‘n blink toekoms voor haar, deurdat sy reeds vroeër vanjaar die prys vir die Beste Mondelinge Aanbieding by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Mikrobiologie se Tweejaarlikse Kongres te gewen het.

Mnr Oloo het vir sy navorsing nader aan die ewenaar beweeg om aan die veen-moerasse van Tierra del Fuego in Argentinië te werk. Hierdie moerasse is vleilande wat veengrond – ontbindende koolstofryke plante – ophoop. Die groot hoeveelheid dooie plantmateriaal en die koue temperature voorkom egter dat ontbinding vinnig genoeg plaasvind om met die toevoeging van nuwe dooie plantmateriaal tred te hou. As gevolg hiervan speel mikro-organismes ‘n groot rol in die handhawing van die koolstofbalans, en indien die ‘verkeerde’ mikro-organismes sou begin om te oorheers, sal dit tot ‘n massiewe vrystelling van koolstof in die atmosfeer in die vorm van metaan lei. Die werk wat in wetenskaplike verslae gepubliseer is, evalueer hoe mikrobiese gemeenskappe tussen verskillende ‘sones’ in die veen – plantvrye gebiede, begroeide gebiede en ontbindende gebiede – verskil. Mnr Oloo en sy kollegas het bevind dat plaaslike omgewingsfaktore bepaal watter mikro-organismes in elke sone dominant is. Sedert die voltooiing van sy navorsing het mnr Oloo besluit om sy horisonne te verbreed en hy is tans as dataontleder by Barclay’s Afrika werksaam. Hy is op pad daarheen om ‘n wêreldwye impak te maak aangesien hy tydens sy kort tyd as honneursstudent nie net in ‘n internasionale eweknie-geëvalueerde vaktydskrif gepubliseer het nie, maar ook die visepresident van die studentevereniging Enactus was. Dit is ‘n gemeenskapsbetrokkenheidsprogram gerig op die verbetering van die wêreld waarin ons leef.

Mnr Van der Walt het sy navorsing ‘n bietjie nader aan die huis uitgevoer en is besig om aan die heksekringe van die Namib-woestyn te werk. Heksekringe is ronde, oneweredige, dorre lappe grond in ‘n gebied wat normaalweg deur grasse oorheers word. Wetenskaplikes het vir dekades gewonder wat hierdie verskynsel veroorsaak. Sommige sê dat dit termiete is, ander meen dat dit sypeling vanuit die ondergrond is, terwyl ander van mening is dat plante hierdeur in staat is om hulself te organiseer. Die werk wat mnr Van der Walt en sy kollegas gedoen het, wat in Applied and Environmental Microbiology gepubliseer is, voer aan dat die heksesirkels deur mikro-organismes veroorsaak word. Die skrywers het ‘n paar mikro-organismes binne heksesirkels gevind wat nie elders teenwoordig is nie, waarvan sommige daarvoor bekend is dat dit plantsiektes veroorsaak. Mnr Van der Walt voer hierdie navorsing verder in sy MSc in bioïnformatika en hierdie keer kyk hy nie net na wat teenwoordig is nie, maar ook na wat dit doen. Hy sê hy wil in die akademie bly en uiteindelik astrobiologie, die studie van lewe op ander planete, spesialiseer.

Van links: Mnr Andries van der Walt, mnr Felix Oloo en me Storme de Scally

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 27

Dr Bianca Verlinden, ’n postdoktorale navorsingsgenoot in die Departement Biochemie, is onlangs as een van die Top 100 Toekomstige Leiers van Suid-Afrika aangewys (~3500 aansoekers), as deel van die 2016 GradStar-toekenningsprogram.

Om ’n posisie in die Top100 te behaal, moes dr Verlinden ’n baie strawwe beoordelingsproses deurloop wat uit vier fases bestaan het. Tydens hierdie proses is die aansoeker se akademiese prestasie, kreatiwiteit, kommunikasie en samewerking evalueer. Die GradStar-program streef daarna om aan die beste en slimste gegradueerdes en toekomstige leiers uit Suid-Afrikaanse universiteit erkenning te verleen en om om ’n platform daar te stel waarna gegradueerdes kan streef om hulle te help hul volle potensiaal te bereik.

Die 2016 Toekomstige Leiers het 14 universiteite verteenwoordig. Uit hierdie universiteite het die Universiteit van Pretoria die grootste verteenwoordiging van studente in die Top 100 gehad, met net meer as 30%. Studente wat die Natuur- en Landbouwetenskappe verteenwoordig het en wat ook Top 100-status verwerf het, is Andine Erasmus, Betty Kwati, Clare Boswell, Dimpho Sekhaolelo, Liesl Visser, Tshiamo Makinta en Zaleekhah Dawood.

Bianca Verlinden een van GradStar se Top 100 Toekomstige Leiers van SA

Dr Bianca Verlinden

Leerders van plaaslike hoërskole is onlangs genooi om aan mini-navorsingsprojekte wat deur die Departement Genetika by die Universiteit van Pretoria aangebied is, deel te neem.

Die doel van die program is om aan leerders die geleentheid te bied om aktief by werklike wetenskap betrokke te wees en die realiteit van die vakgebied te ervaar soos wat mikrobiese ekoloë dit ervaar. Navorsers van die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika onder die leiding van dr Thulani Makhalanyane, het aan ses leerders, as verteenwoordigers van die Departement Genetika, leiding gegee. Hulle het water uit drie damme in Pretoria (Hartebeespoort, Roodeplaat en Rietvlei) versamel en ontleed om ondersoek in te stel na die besoedelingsvlakke van Suid-Afrikaanse damme.

Twee leerders in die groep is gekies om hul navorsingsresultate tydens die provinsiale en nasionale vlakke van die Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes aan te bied. Jacqueline Janse van Rensburg en Zamazimba Madi het ’n goue toekenning op provinsiale vlak en ’n silwer toekenning op nasionale vlak verower. Hul pryse sluit beurse ter waarde van R30 000 in om aan enige Suid-Afrikaanse universiteit te studeer, asook die geleentheid om ’n reis na Amsterdam, Londen en dieVSA te wen, waarvan alle uitgawes gedek word – hulle sal verskeie wetenskapskoue bywoon. Of hul die die prys wen, sal bepaal word deur die uitslag van hul onderhoude.

UP with Science-studente wen silwer toekenning by Eskom Ekspo

Jacqueline Janse van Rensburg en Zamazimba Madi

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 28

Dr Michelle Greve, ’n dinamiese jong lektor in die

Departement Plant- en Grondkunde, is onlangs as ’n Jong

Geaffilieerde van die Wêreld-akademie vir Wetenskappe se

Streekskantoor vir sub-Sahara Afrika (The World Academy

of Sciences Regional Office for sub-Saharan Africa (TWAS

ROSSA)) gekies. Die geleentheid is deur die Akademie vir

Wetenskap van Suid-Afrika (Pretoria) aangebied.

Haar status as geaffilieerde duur vir ’n tydperk van vyf

jaar en sy sal genooi word om aan TWAS se algemene

vergaderings en konferensies deel te neem. Sy sal TWAS

ook help om op die behoeftes van jong wetenskaplikes in

ontwikkelende lande te reageer.

Dr Greve is ’n senior lektor by UP en sy het in 2011 haar

PhD by die Aarhus Universiteit in Denemarke verwerf.

Die onderwerp van haar navorsing was die diversiteit

en verspreidingspatrone van Afrika-plantegroei op

makro-ekologiese skale. Haar navorsing weerspieël haar

belangstelling in biogeografie, wat ’n kennis behels van

hoe diversiteits- en verspreidingspatrone van organismes

ontstaan het, wat hierdie patrone ons vertel omtrent die

evolusionêre dryfvere van hierdie patrone en hoe ons

hierdie inligting kan gebruik vir bewaringsprioritisering,

met spesifieke klem op die Suidelike Halfrond. Haar werk

het ’n betekenisvolle bydrae tot die verstaan van die

biogeografie van die streek gelewer, maar dit het ook die

siening omtrent die vakgebied van biogeografie bevorder.

Dr Greve is tans aan die stuur van ’n navorsingsprogram wat

ten doel het om die indringing van uitheemse plantegroei

op die sub-Antarktiese eilande beter te verstaan deur

die gebruik van ’n kenmerk-gebaseerde benadering. Nog

’n projek stel ondersoek in na die interafhanklikheid van

die ekologie van voëls en bome in Suider-Afrika. Albei die

projekte poog om hierdie vrae op verskillende ruimtelike

skale te verstaan.

Dr Greve het in vaktydskrifte soos Nature Communications,

Global Ecology and Biogeography en Journal of Biogeography

gepubliseer en haar werk het ook in wetenskaplike en in die

populêre media verskyn. Sy het ’n Y1-gradering (Belowende

Jong Navorser) van die Nasionale Navorsingstigting

ontvang. Daar benewens is dr Greve ’n geaffilieerde van

die Tuks Jong Leierskapsprogram by UP.

Elk van die vyf TWAS-streekskantore kies jaarliks tot ʼn

maksimum van vyf wetenskaplikes jonger as 40 om vir ’n

tydperk van vyf jaar as TWAS Jong Geaffilieerdes op te tree.

TWAS het in 2007 hierdie kategorie vir jong geaffilieerdes

ingestel. Aan die einde van die vyfjaartydperk as

geaffilieerde word die status van ‘TWAS Jong Geaffilieerde’

verander na ’TWAS Jong Alumnus’.

Dr Michelle Greve as ’n TWAS Jong Geaffilieerde gekies

Dr Michelle Greve

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 29

Prof Braam Van Wyk

PHT-Suid-Afrika,’n filiaal van die wêreldwye higiëne en tegnologie-

maatskappy met dieselfde naam en waarvan die hoofkantoor in

Duitsland is, het onlangs ’n gesofistikeerde driedelige higiëne-fasiliteit

ter waarde van R350 000 aan die Departement Voedselwetenskap by

die Universiteit van Pretoria (UP) geskenk.

Hierdie higiënestelsel (Mano Complete Type 23765/23775) wat by

die ingang van die voedselprosesseringsloodsaanleg geïnstalleer is,

bestaan uit drie dele. Die eerste deel verskaf optimale handsanitasie,

insluitende gesinchroniseerde handehigiëne, kontakvrye aktivering

en ’n papierlose handdroogstelsel. Dit lei tot ’n log 5 (50000 bakteriële

selle) verminderde mikrobiese lading. Die tweede deel bestaan uit ’n

geoutomatiseerde geen-kontak sensor-geaktiveerde handwasbak vir

die was en droog van hande in die prosesseringsaanleg. Die laaste

deel is ’n skoensoolskoonmaakstelsel wat met draaiende borsels en

skoonmaakmiddel toegerus is om grond van skoene en stewels te

verwyder.

Die bekendstelling van hierdie stelsel het tydens die Jaarlikse

Suid-Afrikaanse Vereniging vir Melkproduktetegnologie (SAVMT)

se Studentemelkprodukte-aand plaasgevind. As ’n borg van die

geleentheid het die Direkteur van PHT-Suid-Afrika, mev Deléne

Boshoff, genoem hoe trots sy, as ’n alumnus van die Departement

Voedselwetenskap is om ’n teenprestasie te lewer, veral in

’n tyd wat dit uiters belangrik is om studente aan die jongste

voedselprosesserings- en higiëne-tegnologieë bekend te stel. Dit sal

studente vertroud maak met die ontwikkelinge op die gebied voordat

hulle by die voedselprosesseringsomgewing aansluit. Mev Boshoff

het ook gesê dat dit by voedselmaatskappye in Duitsland ’n gebruik

is om vennootskappe met opvoedkundige en opleidingsinstansies

te sluit by wyse van die voorsiening van toerusting en opleiding. Sy

het tydens een van haar besoeke aan Duitsland besluit om hierdie

ultramoderne toerusting aan UP te skenk. Sy het die Hoof van die

Departement geskakel om te hoor of dit uitvoerbaar is.

Prof Elna Buys, Hoof van die Departement, het ook genoem dat

so ’n gevorderde stelsel – die eerste van sy soort in Suid-Afrika

– studente aan die hoogste vlak van higiëniese standaarde in

voedselprosessering sal blootstel. Die stelsel versterk die verbintenis

wat maatskappye soos PHT-Suid-Afrika het tot die bevordering van

vaardighede in die voedselwetenskap in Suid-Afrika. Hulle boots

die ‘openbare-private’ vennootskappe na wat in vele nasionale en

internasionale ontwikkelingsdoelwitte gesien word.

Tydens die geleentheid was daar ook mondelinge aanbiedings deur

vier honneurs-, een meestersgraad- en twee doktorale studente wie

se navorsingstemas direk verband hou met voedselsekerheid in die

melkbedryf. Me Rufaro Nduna (honneurs), mnr Richard Beardsley

(meesters) en mnr Thulani Sibanda (doktoraal) het met toekennings

vir die beste aanbiedings in hul onderskeie groepe weggestap.

Die aand het geëindig met die geleentheid om tydens ’n ete met

professionele persone en ander studente in die melkbedryf te

netwerk.

Voedselwetenskap ontvang ultramoderne higiëne-fasiliteit

Een van die studente toets die gesofistikeerde driedelige higiëne-fasiliteit by die Departement Voedselwetenskap

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 210

opeenvolging en antibiotiese en weerstandsgeenontdekking. Hierdie navorsing het ’n beduidende bydrae gelewer tot voedselsekerheid in Suid-Afrika, omdat dit ’n oorsig oor mikrobiese profiele gee en die veiligheidstatus van besproeiingswater en blaaragtige groen groentes in verskillende produksiestelsels met mekaar in verband bring. Dr Jongman het moontlike bronne van mikrobiese besmetting op blaaragtige groen produksie stelsels geïdentifiseer en aangetoon dat hierdie omgewings as opgaarplekke en draers van klinies belangrike menslike en opportunistiese patogene. Die verstaan van die mikrobiese gehalte van besproeiingswater en blaaragtige groente mag ’n bydrae lewer tot die ontwikkeling van uitgebreide voedselsekerheidsprogramme.

Die GlobalGAP Spitsberaad bevorder wêreldwye gespreksvoering tussen lede van die gemeenskap. Die tweejaarlikse konferensie is die perfekte geleentheid om die nuutste ontwikkelings in voedselsekerheid en -volhoubaarheid, asook goeie landboukundige en waterkultuurpraktyke en die toekoms van die landboubedryf te bespreek.

*GAP staan vir Good Agricultural Practice (Goeie Landboupraktyk) – en GlobalGAP is die wêreldwye standaard wat dit verseker.

Dr Gape Jongman, ’n postdoktorale navorsingsgenoot in die Departement Plant- en Grondwetenskappe, het onlangs ’n toekenning vir die beste plakkaat by die *GlobalGAP Spitskonferensie 2016 gewen. Hy het ’n ten volle geborgde reis na Amsterdam gewen as deel van die GlobalGAP Jong Akademici Program, om die Spitsberaad wat daar plaasvind, by te woon.

Volgens prof Lise Korsten, verbonde aan UP se Departement Plant- en Grondwetenskappe, is dr Jongman deur die HUB van GlobalGAP, Kristian Moeller geloof vir die prysenswaardige aanbieding van sy plakkaat.

Dr Jongman het ’n BSc en ’n MSc (Toegepaste Mikrobiologie)-graad by die Universiteit van Botswana verwerf. Hy was voorheen in diens van die Universiteit van Botswana as ’n dosent.

In sy tesis getiteld, Quality of water in food production systems,het dr Jongman navorsing gedoen oor die impak van besproeiingswater en minimale prosessering op die mikrobiese gehalte en veiligheid van blaaragtige groen groente by formele (kommersiële plase) en informele (kleinskaalse en huistuine) se produksiestelsels. Die voorkoms van voedselverwante patogene is ook bepaal deur die gebruik van konvensionele en nuwe molekulêre tegnieke, soos piro-

Dr Jongman wen GLOBALGAP Beste Plakkaat-toekenning

Dr Gape Jongman

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 211

’n Akademies briljante meestersgraad-

student in Wiskundige Statistiek,

me Amelia van Schalkwyk, is as

een van die vyftien 2017 SAS se

Studenteambassadeurs gekies.

Hierdie prestasie bied aan haar die

geleentheid om ’n aanbieding te

doen by die 2017 SAS® Global Forum

Conference in April 2017 in Orlando, FL

by die SAS® Global Forum, waar sy by

meer as 5 000 SAS-gebruikers uit meer

as 35 lande sal aansluit vir 3.5 dae se

intense leer en geleentheid om te

netwerk. Die titel van haar aanbieding

tydens die voorgenome konferensie is

Behavioural spend modelling of cheque

card data using SAS Text Miner.

Amelia is tans deeltyds besig met haar

MSc in die Departement Statistiek by

die Universiteit van Pretoria (UP). Sy

het in 2013 haar honneursgraad in

Wiskundige Statistiek met lof geslaag.

In 2014 het Amelia as ’n Kwantitatiewe

Analis in die afdeling Premium- en

Sakekernbankdienste by FNB begin

werk, nadat sy by UP werksaam was as

’n assistent-lektor in die Departement

Statistiek. Sy was ook ’n tutor in

calculus vir eerstejaarstudente by UP

en vir matriekleerders by verskillende

skole.

Die SAS Studente-ambassadeurs-

program is ’n mededingende program

wat ontwerp is om erkenning te verleen

aan studente wat SAS-sagteware

gebruik tot die voordeel van hulle

onderskeie studievelde. SAS is die leier

op die gebied van analise, innoverende

analise, besigheidsintelligensie en

databestuursagteware en -dienste.

Student in Wiskundige Statistiek as SAS Studente-ambassadeur gekies

Me Amelia van Schalkwyk

3 211

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 212

’n Lektor wat studente inspireer en motiveer… Dié woorde omvat mnr Carel Oosthuizen, die eerstejaar-koördineerder vir Dierediversiteit in die Departement Dierkunde en Entomologie wat op 2 Desember 2016 die Toekenning vir die Beste Eerstejaar-lektor in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (NLW) ontvang het.

Mnr Oosthuizen sê: “Ek is nederig dankbaar vir die Toekenning en ek spreek ook my dank uit teenoor die studente wat aan hierdie nuwe inisiatief deelgeneem het. Ek het ’n groot passie vir klasgee en navorsing. My leuse betreffende klasgee, veral vir eerstejaarstudente is dat alle studente oor die vermoë beskik om te slaag en waarskynlik ook goed te presteer in hulle kursusse. Die tweede deel van my leuse is dat eerstejaarstudente ’n sterk begeerte het om te leer en om fluks te wees, maar die meeste studente weet dit nie wanneer hulle tot die universiteit toetree nie. Dit is presies hier waar my verantwoordelikheid as eerstejaar-lektor lê. Ek streef daarna om ’n positiewe gesindheid jeens leer by studente te deur hulle te leer om ingelig te wees en om vanuit die staanspoor ’n kultuur van goeie gewoontes teenoor hul studies te koester. Die leerbenadering wat ek volg is sterk op self-regulering gebaseer. Hierdeur word erkenning verleen aan die feit dat ’n student se gedrag, leeromgewing en selfmotivering ’n sterk invloed uitoefen op leerderprestasie en -sukses. Die rede waarom ek hierdie benadering gebruik, is om vanaf ’n student se eerste jaar ’n kultuur te skep om ’n aktiewe leerder te wees wat sy/haar studies kan bestuur deur self-monitering, selfmotivering en strategie-implementering.”

“Die benadering wat ek in my klasgee toepas, het aanleiding gegee tot die suksesvolle implementering (as deel van ’n span) van nuwe onderrighulpmiddels en tegnologie in die eerstejaarlesingsaal gedurende die afgelope vyf jaar. Die grootste van hierdie implementerings was die gelaagde gebruik van klikkers (‘clickers’) in die lesingsaal. As deel van die span het ek ’n Sertifikaat van Uitnemendheid ontvang vir Onderriguitnemendheid en -innovasie van die Universiteit van Pretoria ontvang vir my onderrigbenadering in die onderrig van Molekulêre en Selbiologie. Ek het ook virtuele lesingsale geïmplementeer deur die gebruikmaking van Swartbordmedewerking (Blackboard Collaborate) vir onmiddellike direkte hulpverlening met die kursusinhoud. Op die manier word studentekommunikasie en toegang tot die lektor vergroot. ’n Deel van die implementering van nuwe tegnologieë en strategieë sluit ook studente-terugvoer in by wyse van opnames, om sodoende aan my inligting te verskaf en leiding te gee in my huidige benaderings en vir die ontwikkeling van nuwe benaderings. As deel van my onderrigbenadering glo ek dat dit belangrik is om van die begin van ’n student se universiteitsloopbaan op die wetenskaplike metode te fokus, met gereelde verwysing na my eie navorsing waarmee ek besig is, asook interessante relevante maar buitekurrikulêre eietydse bestudering van wetenskaplike literatuur.

Mnr Oosthuizen is tans geregistreer vir sy PhD getiteld, Genetic diversity nd population structure of four marine fish species (Teleostei: Sparidae) along the Southern African coast, focussing onmolecular phylogenetics, population genetics and conservation biology specifically in the aquatic environment. Oor sy navorsing sê hy die volgende: “Visse was vir ’n lang tyd die hoofbron wat uit die wateromgewing ontgin is en hierdie ontginning het heelwat ongewenste resultate tot gevolg gehad, soos byvoorbeeld oorontginning en die gevaar van uitwissing. Ek is daarin

Beste eerstejaar-lektor in NLWontvang toekenning

geïnteresseerd om die evolusionêre prosesse te ontgin wat vorm gegee het aan genetiese diversiteit, die verspreiding daarvan en die patrone wat vandag waargeneem kan word.”

Mnr Oosthuizen het ook ’n wisseltrofee ontvang met die embleem van NATHouse daarop, asook ’n kontantprys en ’n sertifikaat van NATHouse.

Hierdie Toekenning is deur die Fakulteit se studentehuis, NATHouse, ingestel, meer spesifiek deur die voormalige Voorsitter, Alexis Schultz, met die doel om erkenning te gee aan die ekstra moeite wat eerstejaar-lektore doen met hulle onderrig- en leeraktiwiteite. Volgens dr Quenton Kritzinger, die beskermheer van NATHouse, word hulle pogings werklik deur die studente waardeer en die Toekenning dien as aanmoediging vir die lektore.

’n Hartlike woord van dank aan die 2016/2017 Voorsitter, me Nosihle Msomi, asook die Bestuurskomiteelede van NATHouse vir hul moeite met die reëlings (onder andere bemarking, die insamel van die nominasies, en die stemproses) wat met die toekenning verband hou.

Die ander genomineerdes vir die Toekenning was: Mev Bettie Basson (Statistiek), dr Kershney Naidoo (Genetika), dr Harry Wiggins (Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), dr Ruaan Kellerman (Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), mnr Nick de Beer (Chemie) en prof Walter Meyer (Fisika).

Alle NLW-voorgraadse studente het tussen 31 Oktober en 12 November gestem en meer as 20% van die geregistreerde eerstejaars in die Fakulteit het via ClickUP vir hul gunsteling eerstejaar-lektor gestem. Dit was werklik besonders, aangesien die studente weens die protesaksies beperkte toegang tot die kampus gehad het.

Mnr Carel Oosthuizen en me Nosihle Msomi (NATHouse-voorsitter 2016/2017).

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 2133 213

Me Samantha Jamison, ’n meestersgraadstudent in die Departement Plant- en Grondwetenskappe, het onlangs die prys verower vir die Beste Mondelinge Aanbieding deur Studente by die 2016 Saadekologie Konferensie, wat deur die Federal University of Minas Geraisin Brasilië aangebied is. Sy was een van slegs ’n paar MSc-studente wat die konferensie bygewoon het — die meeste van die deelnemers was PhD-studente, wat haar prestasie nog meer merkwaardig maak.

Die titel van haar aanbieding was, Is seed dispersal by avian frugivores a broad-scale determinant of bird-dispersed tree diversity? Me Jameson sê dat elke deelnemer ’n aanbieding van 12 minute kon maak. Die fokus van haar aanbieding was die eerste hoofstuk van haar MSc-navorsing wat handel oor die hoe die verskeidenheid van vrugteetende voëls ’n invloed het op die spesie-rykdom van voël-verspreide bome regoor Suider-Afrika.

Me Jamisonse MSc, wat deur die NNS befonds word, met dr Michelle Greve as studieleier, fokus op ’n verklaring van die effek wat die biotiese wisselwerking tussen bome en voëls op ekologiese patrone op plaaslike en breë ruimtelike skale het. Sy verduidelik dat die meeste studies wat tans die effek van aardverandering op biodiversiteit ondersoek, uitsluitlik op die gevolge van klimaatsverandering

MSc-student wen Beste Mondelinge Aanbieding-toekenning by Internasionale Saad-ekologie Konferensie

Me Samantha Jamison

fokus. Dit is volgens haar die gevolg van ’n gebrek aan begrip van hoe die interaksies tussen spesies en verspreidingsprosesse hierdie prosesse kan beïnvloed. Die doel van haar projek is om te verduidelik hoe klimaatsfaktore en spesie-interaksies, en spesifiek verspreidings prosesse tussen voëls en bome ’n effek op ekologiese patrone op plaaslike tot subkontinentale skale het.

Die tema van hierdie jaar se konferensie was Seeds in the Web of Life. Daar was ses kategorieë waarin sprekers kon deelneem: Evolusionêre saad-ekologie; Vrugte-eters en saadverspreiding (me Jamisonse verslag is in hierdie kategorie aangebied); Saadbanke; Saadontkieming en russtadium; Saad-ekologie toegepas op landbou; en Saad-ekologie toegepas op biodiversiteitsbewaring en -herstel.

Die Saad-ekologie Konferensie handel oor die wetenskap van sade en die omgewing. Die konferensie is deur die Internasionale Vereniging vir Saadwetenskap (International Society for Seed Science (ISSS)) aangebied. Dit vind tweejaarliks plaas en die volgende konferensie sal in 2018 in Duitsland plaasvind.

Vir meer inligting oor die konferensie, http://www.seedecologyv.com/

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 214

Ntombi Gama, ’n PhD-student aan die Universiteit van Pretoria (UP), het onlangs ’n gesogte navorsingsbeurs van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) tydens die 2016 Vroue in Wetenskap-toekenningseremonie (WISA) ontvang. Haar PhD-studies fokus op MIV en opportunistiese siektes soos Tuberkulose (TB) en servikale kanker.

Die DWT bied jaarliks hierdie toekennings aan ten einde uitstekende vroulike wetenskaplikes en navorsers te beloon en om jonger vroue aan te moedig om in hulle voetspore te volg.

Ntombi het haar BSc, BSc (Hons) en MSc in Biochemie in die Fakulteit Natuur-en Landbouwetenskappe aan UP voltooi en is ’n lid van die Golden Key International Honour Society. Sy is ook ’n lid van die Biochemiese en die SA MIV Klinici-verenigings.

Ntombi meen dat dit wonderlik voel om erken te word. Maar volgens haar is dit ook ’n uitdaging want sy moet nog steeds na die gemeenskap gaan om jong mense te laat verstaan dat daar so iets soos wetenskap is en dat daar ander loopbane behalwe die van onderwyser, prokureur of polisiebeampte is. Sy reken dat, as ’n kind soos sy wat uit ’n township kon universiteit toe kan gaan en suksesvol kan wees, wat is daar wat hulle kan keer? Die skool waar jy is, verander niks. Dit gaan alles oor waarin jy glo.

Sy het verder uitgebrei deur te sê dat Suid-Afrika steeds een van die lande in die wêreld met die hoogste MIV-infeksies is en wat die meeste daardeur geaffekteer word, met ’n geskatte een uit elke vyf Suid-Afrikaanse vroue in die reproduktiewe stadium van hulle lewe wat MIV-positief is (Statistiek Suid-Afrika se middeljaarbevolkingskatting 2015). Alhoewel behandeling beskikbaar is, wat in die algemeen

Ntombi wen gesogte DWT navorsingsbeurs

Ntombi Gama

bekend staan as antiretrovirale terapie (ART), word hierdie medikasie met ondraaglike newe-effekte geassosieer en kom grootskaalse nie-gebruikmaking van die medikasie steeds by die pasiënte voor. Bykomend hiertoe is daar nog steeds die kwessie dat pasiënte met ander bykomende siektes soos TB en kankers wat grotendeels in ons gemeenskappe voorkom, geïnfekteer word. Verder bemoeilik dit ook behandelingstrategieë. Die gevolg is dus dat navorsing in ʼn rigting beweeg om medikasie te ontwikkel wat minder giftig, maar meer effektief teen MIV asook geassosieerde opportunistiese siektes is.”

Besoek https://www.youtube.com/watch?v=2ajr0J-UP2k vir ’n kykie na die geleentheid.

Erkenning: SABC

3 214

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 215

Prof Hettie Schönfeldt van die Departement Vee- en Wildkunde

het onlangs tydens die Jaarlikse Kongres van die Suid-Afrikaanse

Vereniging vir Veekunde (SAVV) in Stellenbosch die SAVV se

Presidentstoekenning ontvang. Hierdie toekenning word jaarliks aan

’n persoon oorhandig wat uitmuntende bydraes tot die wildkunde

en veebedryf, die wildkunde-professie en die Vereniging gelewer het.

Prof Schönfeldt is ’n Buitengewone Professor en projekleier by die

Universiteit van Pretoria en is ook betrokke by die DWT/NNS se

Sentrum vir Uitnemendheid en Voedselsekerheid.

Tydens hierdie geleentheid is die Silwermedalje ter erkenning van

Presidentstoekenning vir Uitmuntende Prestasie in Veekunde

Prof Este van Marle-Köster (Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde) en prof Hettie Schönfeldt

uitsonderlike bevordering van professionalisme en die kennis van

wildkunde en die veebedryf aan prof Este van Marle-Köster toegeken.

Prof Van Marle-Köster is die afgelope 21 jaar betrokke by onderrig

en navorsing. Die fokus van haar navorsing is die toepassing van

DNS-merkers en genomie in die genetiese verbetering van vee.

Sy is die koördineerder van die subkomitee vir navorsing in die

Beesvleisgenomieprogram, en neem ook waar as die koördineerder

van die Melkproduktegenomieprogram wat deur die Tegnologie

Innovasie-agentskap (TIA) befonds word. Sy het wyd in eweknie

geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer en het ook bydraes tot

hoofstukke in boeke gelewer.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 216

’n Voormalige Direkteur van die

Sentrum vir Wildbestuur en Emeritus

Professor in die Departement Vee- en

Wildkunde, prof Koos Bothma, het

onlangs die eerste Toekenning vir

Uitnemendheid in Wildkunde van die

Wildkundebestuursvereniging (SAWMA)

ontvang. Hy het hierdie toekenning vir

Betekenisvolle Bydraes tot die gebied van

Wildkundebestuur en -navorsing in Suid-

Afrika ontvang.

Hy het sy loopbaan by die Universiteit

van Pretoria in 1971 as senior lektor

begin by die Departement Dierkunde.

Prof Bothma het deur die range

gevorder en is in 1981 as Volle

Professor aangestel. Vanaf 1989 was

hy ook die Direkteur van die Nagraadse

Sentrum vir Wildkundebestuur by UP

en hy het hierdie posisie beklee tot

en met sy aftrede in 2005. Gedurende

sy akademiese loopbaan was hy die

studieleier vir 52 MSc-en 11 PhD-studente

in Wildkundebestuur.

Hy was onder andere ’n Stigterslid

van die Suid-Afrikaanse Wildkunde-

bestuursvereniging, waarvan hy in 1975

in 1975 die President was. Verder was

hy in 1980 die President van die Suid-

Afrikaanse Biologiese Vereniging, ’n

medestigter van die Bedreigde Wildlewe

Trust van Suid-Afrika en ’n lid van die

Wetenskaplike Raad van die Trust.

Prof Bothma is ook die redakteur en mede-

outeur van die onlangs gepubliseerde

sesde uitgawe van die boek Game ranch

management, wat aanvanklik in 1989 in as

Wildplaasbestuur gepubliseer is.

Hy   het    ook    in    2002    ’n  Laureatus-toekenning ontvang. Dit is die hoogste toekenning wat ’n alumnus van die Universiteit van Pretoria of ’n uitmuntende presteerder van ’n mede-alumnus kan ontvang. Hierdie toekenning word al sedert 1974 aan alumni oorhandig wat hulself onderskei

het.Prof Koos Bothma

Prof Koos Bothma deur SAWMA vereer

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 217

Mnr Victor Ntuli, ’n PhD-student in die Departement Voedsel-wetenskap by die Universiteit van Pretoria (UP), is onlangs as ’n pryswenner van die IUFoST se Voedselsekerheid oor Grense Heen se Wetenskaplike Verslag-kompetisie vir Nagraadse Studente aangewys. Hierdie toekenning is tydens die 18de World Congress of Food Science and Technology and Expo of the International Union of Food Science and Technology (IUFoST), in Dublin, Ierland oorhandig.

Inskrywings vir die kompetisie het gekom van nagraadse studente wie se werk betrekking het op kwessies wat met voedselsekerheid verband hou. Die navorsing moes gemik wees op ’n plaaslike/ inheemse voedselsoort van hul geboorteland, en wat ook Internasionale implikasies het. In die eerste fase van die kompetisie is studente versoek om ’n opsomming van hul verslag onder die leiding van hul studieleier in te dien. Kortlys-kandidate moes ’n vollengte verslag (2 600 woorde) voorlê, tesame met moontlike maniere om hierdie probleem op te los. Mnr Ntuli se verslag, getiteld Potential public health risk associated with multidrug resistant shigatoxin producing E. coli (STEC) O157 and non-O157 from producer-distributor bulk milk, met sy studieleier, prof Elna Buys, as mede-outeur, is as ʼn pryswenner van die kompetisie gekies.

Hier volg ’n opsomming van die verslag:

Die veiligheid van melk wat direk deur die vervaardiger aan die verbruiker in die informele mark verkoop word, en wat in baie gevalle deur armes en kwesbares verbruik word, is wêreldwyd as ’n openbare gesondheidsprioriteit geïdentifiseer. Een sleutelbekommernis is die moontlike oordrag van medisyneweerstandige patogene aan mense via die voedselketting. Suid-Afrika (SA) is een sodanige land waar die melkproduktebedryf gekenmerk word deur ’n toenemende aantal vervaardiger-verspreiders wat rou of gepasteuriseerde melk in grootmaat aan die verbruiker verkoop. Hierdie kategorie melk in SA word deur wetgewing toegelaat. ’n Ondersoek na die melk in SA (2013) deur ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie, die

Voedselwetenskap-student wen IUFoST kompetisie vir Nagraadse Studente

Melkproduktestandaarde- agentskap (MSA) (Dairy Standard Agency (DSA)), het aan die lig gebring dat daar hoë vlakke, bo die vasgestelde limiet, E. coli in die melk voorkom. Onlangse navorsing het ook aangetoon dat daar mikrobiologiese ontoereikendheid in die gehalte van vervaardiger-verspreider grootmaatmelk (VVGM) voorkom wat in Suid-Afrika verkoop word. Hierdie navorsing het egter nie moontlike patogene in die melk uitgewys nie. Die navorsing is gedoen met die doel om E. coli in VVGMte toets vir die voorkoms en verspreiding van kwaadaardigheid gene-enkodering  vir shigatoksiene en hemolisegene, serogroepe, antibiotiese weerstandigheid en uitgebreidespektrum β-laktamase (ESBL)-vervaardigende vermoë. Ons het verslag gelewer van swakmikrobiologiese kwaliteit wat gekenmerk word deur die teenwoordigheid van mikrobiese tellings, wat raklewe kan verkort en ’n bergplek kan wees vir patogeniese bakterieë wat moontlike gesondheidsrisiko’s in VVGM kan inhou. Die resultate wat deur die navorsing verkry is, het aan die lig gebring dat daar ’n groot verskeidenheid E. coli seropato-tipes (met verskillende shigatoksiene kwaadaardigheid-faktore en ESBL-vervaardigingsvermoë) in VVGM voorkom. Dit is bekend dat dit verband hou met diarreale siektes by mense. Die isolering van E. Coli - serotipes wat draers van kwaadaardigheidsgene is wat daarvoor bekend is dat dit siektes by mense veroorsaak en wat ook veelvuldige weerstand teen antibiotika bied, kan lei tot ’n grootskaalse openbare gesondheidsrisiko, veral vir die kwesbare lede van die gemeenskap. Hierdie navorsing beklemtoon dat daar ’n potensiële gesondheidsrisiko vir mense kan wees wat VVGM gebruik wat deur patogeniese E. coli besmet is. In ’n poging om die voedselsekerheidsrisiko wat met patogeniese E. coli in VVGM in SA besmet is te bestuur, is daar met samewerking tussen akademici, nywerhede en die regering begin. Hierdie samesmelting van wetenskap en beleid bevorder die omskakeling van wetenskap na optrede, om sodoende voedselsekerheid in ontwikkelende lande aan te moedig.

Die navorsing word deur MilkSA befonds.

Mnr Victor Ntuli

3 217

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 2183 218

Prof Mike Wingfield, ’n beroemde internasionale navorser en leier op die gebied van boomgesondheid, is aangewys as die wenner van die hoogaangeskrewe John F.W. Herschel-medalje vir 2017 van die Koninklike Vereniging van Suid-Afrika (Royal Society of South Africa (RSSAf)). Die medalje en sertifikaat sal in 2017 tydens die Vereniging se Jaarlikse Dinee-en Toekenningsaand aan hom oorhandig word.

Hierdie medalje is die hoogste verering wat ’n Navorsingsgenoot van die RSSAf kan ontvang en die beoordelaars het erkenning gegee aan sy uitmuntende bydraes op die gebied van bosbou (spesifiek maar nie eksklusief met verwysing na die gesondheid van bome), in die konteks van sy bydraes in Suid-Afrika terwyl hy by die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) by die Universiteit van Pretoria werksaam is, en ook vir sy internasionale bydraes. Die RSSAf het ook na die feit verwys dat prof Wingfield die President van die Internasionale Unie vir Bosbounavorsingsorganisasies (International Union of Forestry Research Organisations (IUFRO)) is, wat as een van die oudste en grootste wetenskaplike unies ter wêreld beskryf word en wat tussen 15 000 en 20 000 bosbounavorsers, verbonde aan ongeveer 650 lede-organisasies in 120 lande insluit.

Prof Wingfield is Professor en Stigtersdirekteur van FABI en beskik ook oor ’n A1-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS).

Sy werk oor boomgesondheid is wyd gepubliseer in meer as 600 navorsingsverslae en vyf boeke. Hy het ook as ’n genooide spreker wêreldwyd talle aanbiedings gemaak wat groot byval gevind het.

Nog ’n prestige toekenning vir prof Mike Wingfield

Prof Mike Wingfield

Volgens prof Wingfield voel hy baie geërd om dié toekenning van een van die belangrikste verenigings wat wetenskap om Suid-Afrika bevorder, te ontvang. Hy het ook genoem dat “dit besonders is om ‘n toekenning wat na John Herschel vernoem is, te ontvang – dit nie noodwendig net vanweë sy ongelooflike prestasies as ‘n astrofisikus nie, maar ook weens die feit dat hy een van my groot helde, Charles Darwin, persoonlik geken het. Voorts het John Herschel, nes ek, ook ‘n groot liefde vir fynbos gehad.”

Prof Wingfield is as ’n navorsingsgenoot van verskeie wetenskaplike organisasies verkies, insluitend die Koninklike Vereniging van Suid- Afrika, die Akademie vir Wetenskap vir Suid-Afrika (ASSAf), en die Suider- Afrikaanse Vereniging vir Plantpatologie en die Amerikaanse Fitopatologie Vereniging. Hy is een van die erelede van die Mikologiese Vereniging van Amerika.

Die toonaangewende Afrika-unie (AU) Kwame Nkrumah Weten-skaplike Toekenning in die kategorie Lewens- en Aardwetenskappe is in 2013 in Addis Ababa aan prof Wingfield toegeken. Ander eerbetonings wat hy ontvang het sluit die volgende in: die Johanna Westerdijk-toekenning deur die Centraalbureau voor Schimmelcultures (CBS) (Fungus Biodiversiteitsentrum, die Nederlande) en eredoktorsgrade van die Universiteit van Britse Colombië in 2012 en van die Noord Carolina Staatsuniversiteit in 2013. In 2016 het hy ook die Toekenning vir Uitnemende Leierskap vir Internasionale Wetenskaplikes van sy alma mater, die Universiteit van Minnesota, ontvang.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 219

Vier Voedselwetenskap-studente het ’n gereed-om-te-drink drankie, gemaak van sorghum en swartbekboontjies, ontwikkel, waarmee hulle onlangs ’n internasionale toekenning gewen het. Hulle het hierdie toekenning ontvang vir die Beste Aanbieding tydens die 18de Internasionale Unie vir Voedselwetenskap en Tegnologie (IUFoST) se Voedselwetenskap “Studente Bestry Honger” produk ontwikkelings kompetisie wat in Dublin, Ierland gehou is.

Die span wat hulself “Shoki-Nwa” noem (wat ook die naam van die gereed-om-te-drink, vat en loop-drankie is), bestaan uit vier Voedselwetenskap-studente, Olumide Adedara, Emmanuel Nekhudzhiga, Nanamhla Adonis en Tholoana Mokhele. Die produk naam is uit twee woorde saamgestel, naamlik “Shoki”, ’n Nigeriese Yoruba-woord vir “vinnig” en “Nwa”, ’n Suid-Afrikaanse Sesotho woord vir “drankie”.

Met die kompetisie is voorgraadse studente aangemoedig om hul kennis en vaardighede te ontwikkel om innoverende voedselprodukte te ontwikkel om honger te bestry. Studente is uitgedaag om bekostigbare produkte te ontwikkel met ʼn hoë-proteïne- (met min of geen vleis), hoëvesel-, laesodium-inhoud wat op streeksroumateriale en tegnologieë gebaseer is.

Die studente het die drankie van sorghum en swartbekboontjies as

”Shoki-Nwa” raap Toekenning vir die Beste Aanbieding op by Internasionale Kompetisie

Van links: Olumide Adedare, Nanamhla Adonisen Emmanuel Nekhudziga. Afwesig: Tholoana Mokhele

deel van hul module in produkontwikkeling tydens hul

honneursprogram in 2015 ontwikkel. Die teikenmark vir die produk

is Suid-Afrikaanse skoolgaande kinders, en in besonder kinders uit

laeinkomste gesinne. Die dinamiese tweetal, Olumide en Emmanuel,

het die span by die IUFoST-konferensie in Dublin verteenwoordig,

waar hulle die produk voor ’n paneel beoordelaars aangebied het, en

teen agt ander spanne vanaf Costa Rica, Singapoer, die Nederlande

en Stellenbosch Universiteit (Suid-Afrika) deelgeneem het.

Toe hy van die span se prestasie by die konferensie vertel het, het

Olumide gesê dat dit ’n wonderlike leerervaring was, veral ook omdat

hierdie module wat hy as maar net nog ’n module beskou het wat

hy moes slaag, aangewend kom word om die lewe van mense in

ander dele van die wêreld te verander en te beïnvloed. Emmanuel

het bygevoeg dat die deel van kennis met ander navorsers gehelp

het om sy begrip van Voedselwetenskap te bevorder en dat hy dit in

sy nagraadse studies sal gebruik. Olumide, Emmanuel en Nanamhla is

tans MSc Voedselwetenskap-studente by UP, en Tholoana is werksaam

in die voedselbedryf. Die span hoop om met die nodige ondersteuning

en belangstelling die produk verder te verbeter om dit kommersieel in

verskeie winkels in Suid-Afrika beskikbaar te kan stel.

Lees meer opwww.iufost2016.com.

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 220

’n Meestersgraadstudent, Zinhle Mashaba by die Sentrum vir Geoinformasiewetenskap (CGIS), het helder geskyn by die onlangse Geomatika Indaba 2016 wat by Emperors Palace, Kempton Park plaasgevind het.

Die Geomatika Indaba 2016 het uit twee kategorieë aanbiedings bestaan, naamlik algemene en eweknie-geëvalueerde verslae. Laasgenoemde word in ’n spesiale uitgawe van die South African Journal of Geomatics gepubliseer. Zinhle Mashaba se verslag, getiteld Evaluating spectral indices for winter wheat health status monitoring in Bloemfontein using Landsat 8 data is as die beste akademiese verslag by die Indaba gekies. Haar navorsing wat sy aangebied het, is deur die Landbounavorsingsraad (LNR) befonds.

Die Spektrale indekse wat uitafstand-afgetaste satellietbeelde afgelei is, dui gewasgroeikrag vroeg in die seisoen aan. Minder navorsing is egter gedoen om ondersoek in te stel na watter indekse die beste verband hou met die gesondheid status van winterkoring in Suid-Afrika. Die navorsing wat op die identifisering van spektrale indekse gerig is, kan gebruik word vir die monitering van oeste sodat boere hul besproeiingsprogramme of die toediening van kunsmis, plaagdoders en onkruiddoders kan aanpas om koringgroei in stressor areas te wysig. Hierdie spesifieke toepassing kan gebruik word om voedselsekerheid te verseker, aangesien koring ’n stapelvoedsel vir die meeste Suid-Afrikaners is. Daarbenewens kan boere geld spaar op die uitvoer van veldopnames met die hand, omdat die satellietbeelde ’n groot area dek.

Die Geomatika Indaba is Afrika se toonaangewende, inklusiewe konferensie, uitstallings- en opleidingsgeleentheid vir die geomatika sektor. Hierdie konferensie is deur plaaslike en internasionale kundiges bygewoon, met sterk ondersteuning uit die nywerheid, plaaslike universiteite en die regering. Nagraadse studente by die CGIS neem gereeld aan hierdie jaarlikse geleentheid deel om hul projekte te vertoon.

CGIS meesters-graadstudent skitter by Geomatika Indaba

Zinhle Mashaba

PhD-student in Biochemie wen ASTMH ReistoekenningShehu S Awandu, ’n PhD-student in Biochemie, is onlangs as die ontvanger van die hoogs mededingende American Society of Tropical Medicine and Hygiene (ASTMH) 2016 Jaarvergadering Reistoekenning aangewys.

Hy het gedurende November die ASTMH se 65 ste Jaarvergadering by die Atlanta Marriott Marquis, Atlanta, Georgia, bygewoon. Die toekenning wat gedeeltelik deur die Bill & Melinda Gates-stigting ondersteun word, sluit ’n komplimentêre Jaarvergadering-registrasie, ’n retoer bus- en vliegkaartjie na Atlanta, hotel verblyf vir vyf nagte by die Atlanta Marriott Marquis en ’n kontant toelaag.

Hierdie is een van die ASTMH se vernaamste toekennings – dit is ’n groot eerbewys en geniet groot aansien. Dit maak dit vir gekose navorsers en vakleerlinge op die gebied van tropiese medikasie van regoor die wêreldmoontlik om die Jaarvergadering by te woon.

Shehu sal tydens die Jaarvergadering sy werk, getiteld “Glucose 6 phosphate dehydrogenase (G6PD) deficiency phenotype and genotype distribution in point-of-care settings in Vhembe district, Limpopo Province, South Africa” aanbied. Sy studieleier is prof Lyn-Marie Birkholtz, wat die SARChI-leerstoel in Volhoubare Malariabeheer in die Departement Biochemie beklee. Sy PhD-projek, wat in die Vhembe-distrik gebaseer is, is belangrik omdat dit ’n bydrae lewer tot Suid-Afrika se doelwit om malaria teen 2018 uit die weg te ruim.

Shehu S. Awandu by die kantore van die Malariaparasiet Molekulêre Laboratorium (M2PL)

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 221

Prof Mohammed Arashi, ’n Buitengewone Professor verbonde aan die Departement Statistiek, het onlangs die Behboodian-toekenning vir statistici jonger as 40, wat uitstaande verslae gepubliseer het, ontvang. Hierdie toekenning word tweejaarliks deur die Iranse Statisiek-vereniging (ISV) gemaak.

Prof Arashi is verbonde aan die Skool vir Wiskundige Wetenskappe by die Shahrood Universiteit van Tegnologie in Iran. Die toekenning is tydens die 13de Iranse Statistiekkonferensie op 23 Augustus vanjaar aan hom oorhandig. Hy is verkies op grond van die effektiewe rol wat hy speel in die ontwikkeling en vooruitgang van statistiek en die publisering van verslae van ’n hoë gehalte. Prof Arashi het ook hierdie gesogte toekenning in 2012 ontvang.

Die Iranse Statistiek-vereniging (ISV) is in 1991 gestig, met die doel om die bestudering, toepassing en goeie praktyk van statistiese teorie en metodes in alle vertakkings van leer en die onderneming daarvante bevorder. ISV bedien vandag 1 500 lede in Iran en oorsee, insluitendalle akademiese lede van Iranse Universiteite en navorsingsentra op die gebied van Statistiek.

Statistikus beloon vir uitmuntende publiseringsrekord

Prof Mohammed Arashi

3 221

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 222

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

Jong wetenskaplikes wen Einstein-taalkompetisie

Twee studente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het onlangs met pryse in LitNet Akademies se Einstein-kompetisie weggestap. Anneke Schoeman, ’n Entomologie-honneursstudent, het die eerste prys van R10 000 gewen, terwyl Theunis Smit, ’n doktorale student in Plantproduksie, die derde prys van R2 000 verower het.

Die akademiese vaktydskrif, LitNet Akademies se kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – het jong navorsers by universiteite uitgedaag om hulle eie navorsing (byvoorbeeld ’n meestersverhandeling) in 130 karakters of minder op te som. Die kompetisie was gemik op nagraadse studente (honneurs-, meesters- of doktorale studente), asook opkomende akademici (postdoktorale studiegenote en dosente) in die ouderdomsgroep 18 tot 35 jaar.

Anneke Schoeman se inskrywing het skoonskip gemaak met stemme deur al sewe beoordelaars.

Die weninskrywing lui soos volg: “Ek is die luistervink tydens miskruiers se chemiese geflikflooi en ontrafel só hoe hulle sedert die oerjare flankeer”.

Anneke sê: “Ek is ’n entoesiastiese entomoloog wat daarin belangstel om die velde van natuurwetenskap en die lettere met mekaar te versoen. Tans is ek by die Miskruiernavorsingsgroep van die

Anneke Schoeman

3 222

Muskruiers

233 2 3 2

Theunis Smit

Universiteit van Pretoria besig met my honneursprojek oor die soortvorming van miskruiers op grond van hulle chemiese ekologie terwyl ek ook deeltyds tale studeer. Dit is my droom om eendag my wetenskaplike en taalkennis saam te smelt en aan te wend om ‘n belangstelling in en liefde vir die wondere van die natuur by Jan Alleman te kweek.”

Theunis Smit is ’n doktorale student in Plantproduksie en sy weninskrywing lui soos volg: “Besproeiingskedulering: Boere is nat agter die ore wanneer dit kom by die nuutste tegnologie in waterbesparing.”

Theunis is ook ’n tegniese adviseur vir makadamiaboere in die Laeveld en in KwaZulu-Natal, wat aan hom die geleentheid bied om navorsing te doen wat werklik ’n bydrae tot landbou lewer.

Theunis het die volgende oor sy navorsing te sê gehad: “My huidige navorsingsprojek, wat op die waterverbruik van makadamias fokus, is ongelooflik fassinerend. Wat dit so fassinerend maak, is die feit dat dié tipe werk nog nooit vantevore op makadamias gedoen is nie en daarom is elke brokkie inligting iets om oor huis toe te skryf. As deel van my navorsing het ek vier makadamiabome met naalde en termometers toegerus. Om die toerusting in die bome te kry moes ek ’n baie dun boorpunt gebruik om gate in die bome te maak. Die naalde en termometers is toe in die gaatjies geplaas om sodoende sapvloeilesings te kan neem. Ek het baie goeie lesings gekry, maar een van die vier bome het elke keer al die naalde en termometers uit sy stam uit gedruk. Dit was vir my metafories oor hoe ’n mens altyd daarna moet streef om nie soos almal rondom jou te wees nie. Ek wil graag gesien word as ’n wêreldkenner op die gebied van watergebruik en -besparing. Ek sal ook graag my eie besigheid wil begin, moontlik ’n kwekery of iets soortgelyks.”

LitNet Akademies plaas geakkrediteerde akademiese materiaal op ’n oop-toegang-platform en dit bestaan uit vyf bene, naamlik Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe en Regte.

Erkenning: LitNet

233 2 3 2

Toekennings en Prestasies

3 224

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 224

Dr Thulani Makhalanyane ontvang ISME-toekenning vir diensuitnemendheid

Dr Thulani Makhlanyane

Dr Thulani Makhlanyane, verbonde aan die Sentrum vir Mikrobiese

Ekologie en Genomika (SMEG) aan die Universiteit van Pretoria (UP),

het onlangs die International Society for Microbial Ecology (ISME) se

toekenning vir uitnemende diens ontvang.

Deur die optrede van ambassadeurs groei die ISME en die vakgebied

mikrobiese ekologie wêreldwyd. Dr Makhalanyane is ‘n dosent in die Departement Genetika, Adjunkdirekteur by die SMEG en ‘n ywerige navorser wat hom op die mikrobiese ekologie van ekstreme omgewings toespits. Hy is al etlike jare lank lid van die ISME en was lid van die adviesraad/sessie-organiseerder vir verskeie van die ISME se vergaderings.

3 225

Toekennings en Prestasies

Die Sentrum vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (SMEG), met prof Don Cowan en dr Makhlanyane aan die hoof van die Suid-Afrikaanse bodkomitee, het geslaag in hul bod om die 18de Internasionale Simposium oor Mikrobiese Ekologie (ISME) 2020 aan te bied. Die bod is voorberei deur die Kaapstadse Bid Local Organising Committee (LOC), wat navorsers op die gebied van mikrobiologie van regoor die land ingesluit het. Hul mededingers vir dié eer was Hawaii, Auckland, Beijing en Santiago. Die vergadering sal in Augustus 2020 by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum gehou word.

Dr Thulani Makhalanyane, sekretaris van die LOC, het gesê dat dit is die eerste keer dat die ISME op ons vasteland byeenkom en dat hulle ekstaties is. Die sukses van die bod bied aan SMEG ‘n unieke geleentheid om die studieveld van mikrobiese ekologie regoor die vasteland van Afrika te bevorder en hulle hoop om meer afgevaardigdes uit Afrika as voorheen te trek.

Volgens prof Don Cowan, Direkteur van SMEG, is hulle uiters ingenome met die nuus dat Suid-Afrika gekies is vir die 2020 Internasionale Simposium oor Mikrobiese Ekologie (ISME-2020). Mikrobiese ekologie is ‘n onderontwikkelde vakgebied in Afrika, maar is van die uiterste belang vir die toenemende bewustheid van die waarde en belangrikheid van wêreldwye en streeksdiversiteit. ISME-2020 sal meer as 2 500 internasionale besoekers na Suid-Afrika bring, wat die wêreld se toonaangewende navorsers op hierdie gebied sal insluit, en sal dus ‘n kritieke oomblik in die evolusie van navorsing op die gebied van mikrobiese ekologie en biodiversiteit in Afrika verteenwoordig.

SMEG wen bod om 18de ISME in 2020 aan te bied

Prof Don Cowan

253 2 3 2

3 226

’n PhD-student verbonde aan die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid is in die afgelope paar maande as die wenner tydens vier afsonderlike geleenthede aangewys. Die fokus van me Carmen Muller se navorsing is die uiteenlopende kenmerke en teksture van aartappels. Haar studieleiers is prof Hettie Schönfeldt en dr Nicolette Hall.

In Junie vanjaar was me Muller een van 16 studente wat uit verskeie Suid-Afrikaanse universiteite gekies is om die Jaarlikse Agbiz-konferensie by te woon en aan die Student Case-kompetisie Somerset-Wes deel te neem. Die nominasies is op hul uitmuntende werk op landboukundige gebied gebaseer. Me Muller was die enigste ontvanger van ’n toekenning wat uit ’n voedingkundige omgewing kom. Dié Student Case-kompetisie is bekend vir sy hoë standaard en uit die vier deelnemende spanne was me Muller die wenner met haar gevallestudie oor fynbos in die Wes-Kaap.

Die wenspan se prys was ’n rit op die Juweel van Transnet, die Bloutrein, wat aan die einde van Oktober plaasgevind het. Hierdie treinrit het mediadekking ontvang en sal as een van die hoogtepunte van die Student Case-kompetisie beskou word.

Ná die sukses van die Student Case-kompetisie is me Muller uitgenooi om UP by die Bathopele Leierskapspitsberaad, wat deur John Deere geborg is, in Bloemfontein by te woon. Tydens hierdie spitsberaad is studente op grond van hul spesifieke leierskapstyle geëvalueer en daar is aan hulle leiding gegee om te verseker dat hulle hul unieke stel vaardighede op die regte manier aanwend in hul spesifieke werksomgewings.

Om dit alles te kroon het me Muller die toekenning vir die beste aanbieding deur ’n nagraadse student by die Jaarlikse Aartappels Suid-Afrika Navorsingsimposium verower. Die titel van haar aanbieding was ‘The reliability of dry mater, starch, specific gravity and glycaemic index to classify potatoes.’

Me Muller se navorsingslagspreuk is: ‘Moenie die aartappel raaksien nie, sien sy potensiaal.’

Aartappels bring baie lof vir Carmen Muller mee

Carmen Muller

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 2273 227

Dit was een van die belangrike vrae wat tydens die onlangse amptelike opening van die Pluimveevoeding en -bestuursnavorsingsfasiliteit op die Universiteit se Proefplaas gestel is. Hierdie fasiliteit is opgeknap teen ’n koste van R2 miljoen, waarvan die grootste deel van die koste gedek is deur samewerking met vrygewige borge vanuit die pluimveebedryf.

Dr Christine Jansen van Rensburg, Hoof van die Navorsingsfasiliteit, het gesê dat hulle deur middel van hierdie fasiliteit pluimveenavorsing sal herorganiseer om dit in ooreenstemming te bring met die Universiteit se visie en om pluimveeproduksie in Afrika te steun. Dit behoort die beste oplossing te wees vir die verbetering van proteïnvoeding en voedselsekerheid in Afrika.

Sy sê ook dat die Fasiliteit strategiese samewerking met sleutel internasionale pluimveenavorsingsentra sal smee en noue samewerking met die Suid-Afrikaanse pluimveenywerheid sal behou. Hulle streef na uitnemendheid in die navorsing oor uitbroeiings-, voedings- en braaihoenderbestuurdeur die ontwikkeling van kennis en nuwe talent in die pluimveewetenskap streef hulle daarna om ’n bydrae te lewer tot die toekomstige sukses van die bedryf.

Die Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, prof Jean Lubuma, het ook beklemtoon hoe hierdie Fasiliteit ’n bydrae sal lewer om die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe as ’n leidende navorsingsintensiewe in Afrika te posisioneer. Verder het hy ook die belangrikheid beklemtoon van die Universiteit se vennootskappe met die nywerheid om te help om wetenskaplike navorsing te bevorder en terselfdertyd tot voordeel vir beide akademiese en nywerheidsbelange te wees.

Pluimveewetenskap noodsaaklik om voedselsekerheid te verbeter

Van die navorsingsdoelwitte van die Uitbroeinavorsingseenheid-fasiliteit sluit die bestudering van die invloed van uitbroeitemperatuur op embrio-ontwikkeling en die daaropvolgende braaikuiken-prestasie in deur die voorsiening van kuikens vir braaihoendernavorsingsproewe en deur ’uitgedaagde hoenders’ in terme van maagontwikkeling, fisiologiese volwassenheid, en vatbaarheid vir metaboliese siektes wat dikwels in die kommersiële opset voorkom, te teel. Daaropvolgend sal verdere navorsing onderneem word om ondersoek in te stel na die voedingkundige en bestuurstrategieë wat nodig is om die ’uitgedaagde hoenders’ suksesvol groot te maak met die doel om die hoendergesondheid en -prestasie te verbeter.

Die braaihoenderafdeling van die Pluimveevoeding en -bestuursnavorsingsfasiliteit sal daarop fokus om te bepaal wat die verteerbare voedingkundige inhoud van plaaslike voerbestanddele is. Dit sal voeraanbevelings vir top-braaihoenderprestasie en ekonomiese opbrengste onder Suid-Afrikaanse toestande optimaliseer. Dit sal ook hoendergesondheid bevorder deur metabolies-verwante sterftes en beenverdunning te verminder en ondersoek in te stel na verskeie voer-byvoegings en antibiotiese vervangingstrategieë (ensieme, probiotika, organiese sure) om die hoenderprestasie te maksimaliseer.

In die algemeen beloof die opgradering van die Pluimveevoeding en -bestuursnavorsingsfasiliteit om nuwe navorsing uit te voer wat op die voorpunt staan, en in lyn is met die Universiteit se visie. Terselfdertyd word daar gepoog om oplossings vir toekomstige voedselsekerheid in Afrika te vind.

Van links: Prof Jean Lubuma, Kelly Brannan en dr Christine Jansen van Rensburg tydens die amptelike opening.

Is die beskeie hoender die oplossing vir volhoubare voedselsekerheid in Afrika?

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 228

Die Bosbou Molekulêre Genetika (BMG) Navorsingsprogramme, wat by die Departement Genetika en die Instituut vir Bosbou en Landboubiotegnologie (FABI) geaffilieer is, het ’n voorgraadse beursprogram in boomgenetika en -biotegnologie in samewerking met Mondi en Sappi ingestel.

Die doel van hierdie program is om aan studente uit voorheen benadeelde agtergronde die geleentheid te bied om in BMG-navorsingslaboratoria te werk onder die leiding van nagraadse studente en personeel, om blootstelling aan navorsing in die bosboubedryf te kry en om aan hulle ’n finansiële bydrae vir hul voorgraadse studies te lewer. Drie eerstejaar voorgraadse studente, mnr Tebogo Molemela, me Lethabo Lefoka en me Medha Sood, sal die eerste ontvangers van hierdie beurse vir 2016 tot 2019 wees.Die doelwit is om die beursprogram uit te brei om bykomende bosboumaatskappye in te sluit en om uiteindelik suksesvolle kandidate reg deur hul nagraadse studies te ondersteun en aan hulle werksgeleenthede in vennoot-bosboumaatskappye te bied.

Sappi en Mondi borgbeurse in Bosbougenetika en -biotegnologie

Mnr Tebogo Molemela

Me Lethabo Lefoka

Me Medha Sood

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 229

Gedurende September is twee postdoktorale navorsingsgenote,

dr Dina Coertzen en dr Bianca Verlinden in die Departement

Biochemie, genooi om hul navorsing by die 4de Internasionale

Konferensie oor Poliamiene: Biochemiese, Fisiologiese en Kliniese

Perspektiewe in Tivoli, Italië by te woon. Hulle werk onder die leiding

van prof Lyn-Marie Birkholtz, die voorsitter van die UP se Instituut vir

Volhoubare Malariabeheer (UP-IVMB).

Dr Coertzen en dr Verlinden het beurse van die Internasionale

Sentrum vir Genetiese Ingenieurswese en Biotegnologie

(International Centre for Genetic Engineering and Biotechnology

(ICGEB)) ontvang om hierdie konferensie by te woon. Die ICGEB

is ’n internasionale niewinsgewendeorganisasie wat opleidings-

en befondsingsprogramme aanbied om innoverende navorsing

te bevorder, veral in ontwikkelende lande. Die beurs het hul

konferensieregistrasie, akkommodasie en reiskoste gedek.

Twee jong biochemici woon Internasionale Konferensie oor Poliamiene by

Dr Dina Coertzen

Die vergadering is deur prof Enzo Agostinelli van die La Sapienza University in Rome, en prof Kazuei Igarashi van die Chiba University in Japan georganiseer en is deur verskeie invloedryke wetenskaplikes uit onder andere die VSA, Israel, Japan en die VK bygewoon. Al die wetenskaplikes het verskillende navorsingsvelde verteenwoordig, soos byvoorbeeld kanker, die vernuwing van velselle, plantgroei en -ontwikkeling en parasitiese siektes, wat ’n aanduiding is van die belangrike rol wat poliamiene in selversterking in ’n wye verskeidenheid moontlike industriële en terapeutiese toepassings speel.

Hierdie konferensie het aan dr Coertzen en dr Verlinden die geleentheid gebied om hul nuwe navorsing mondeling aan te bied. Hulle navorsing behels die ondersoek na poliamienebiosintese as medisinale teiken teen die malariaparasiet, Plasmodium falciparum.Hulle het uitstekende terugvoering en insette vir hul werk vanaf

gevestigde medewerkers by die vergadering ontvang.

Dr Bianca Verlinden

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 230

Me Hilde von Grüning, ’n MSc Biotegnologie-student aan die Universiteit van Pretoria (UP), het onlangs die geleentheid gehad om ’n driemaandelange navorsingsbesoek aan Cambridge (Verenigde Koninkryk) te bring. Hierdie navorsingsgeleentheid is deur die Wellcome Trust Sanger Institute aangebied.

Gedurende haar besoek het sy opleiding ontvang in verskeie gevorderde eksperimentele genetiese benaderings tot die bestudering van gene-regulering en -beheer by die hoogs-komplekse menslike malaria-parasiet, Plasmodium falciparum.

Me Von Grüning sê dat sy baie geleer het deur onafhanklik innoverende maniere vir probleemoplossing, gebaseer op suiwer biochemiese beginsels, te vind. Volgens haar was die omgewing by die Wellcome Trust Sanger Institute ongelooflik intellektueel stimulerend – vanaf die formele toesprake deur kundiges op die voorpunt van malaria navorsing, tot die deel van idees en passievolle besprekings met mede-navorsers.

As deel van haar MSc-navorsingsprojek en samewerking tussen die Laboratorium van prof Lyn-Marie Birkholtz (Departement Biochemie, UP) en dr Marcus Lee (Lee Group, Sanger), pas me von Grüning die welbekende CRISPR-stelsel toe vir die bestudering van die funksionele rolle van ver-onderstelde selsiklus-reguleerders in die malaria-parasiet. Me Von Grüning het ook die Merck-prys vir die beste honneurs Biochemie-student in 2015 ontvang. Hierdie prys word aan die student met die hoogste finale punt bo 75% vir sy/haar navorsingsprojek toegeken.

Me Von Grüning het gesê dat om deel van ’n uiteenlopende span internasionaal erkende wetenskaplikes te kon wees, haar laat besef het hoe belangrik samewerking, die blootstelling aan voorpunt-wetenskaplike tegnieke en fasiliteite, en die belangrikste, die oordrag van haar verworwe kennis na die Universiteit is. Sy het haar dank teenoor UP, die M2PL-span en die Wellcome Trust Sanger Institute betuig vir hul onder-steuning, hulpbronne en tyd om van hierdie samewerking ’n sukses te maak. Sy het afgesluit deur te sê dat die vergunning van hierdie besondere geleentheid haar in staat gestel het om in haar wetenskaplike loopbaan te vorder, en om groter doelwitte te bereik as waarvan sy ooit kon droom.

Malaria is steeds die mees vernietigende van alle parasitiese aansteeklike siektes. Dit is veral die geval in ekonomies ingeperkte lande op die vasteland van Afrika en Suidoos-Asië. Die siekte by mense word deur parasiete van die genus Plasmodium, vanaf Anopheles-muskiete aan mense oorgedra.

Haar navorsingsbesoek is deur die Fakulteit Natuur- en Land-bouwetenskappe se Oorsese Studiebeursprogram befonds.

Biotegnologie-meestersgraadstudent vir Internasionale Navorsingsbesoek genooi

Me Hilde von Grüning

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 231

Me Seite Makgai was nie slegs een van die eerste sewe lektore wat in 2015 deur die Nuwe Generasie Akademiese Program (nGAP (New Generation of Academics Programme)) by die Universiteit van Pretoria in diens geneem is nie; sy was ook een van die twee wenners van die toonaangewende Statistiek Suid-Afrika (StatsSA) se nagraadse referaat-kompetisie in 2015.

In 2016 het sy haar reis na sukses voortgesit deur ander te help. Me Makgai was as projekleier by een van die projekte van UP met Wetenskap (UP with Sciences) 2016 betrokke. Die doel van hierdie projek was om Graad 11-leerders van regoor Gauteng met wiskundige en wetenskaplike kennis te verryk. Haar projek was daarop toegespits om die leerders bewus te maak van die gebruike en uitdagings van statistiek en hoe om die numeriese waardes in statistiek te verstaan. Die projek was die pryswenner van die 2016 Eskom Gauteng Streeksekspo en het ook ’n sertifikaat vir die beste Wiskunde-projek by die ekspo ontvang.

Sy is ’n passievolle lektor met ’n intense deernis vir die welstand van haar studente en diegene om haar. Dit is vir haar belangrik dat studente die groter prentjie sien en dat hulle leer om die vak gebied te waardeer. Sy het ook op eie inisiatief begin om leerders van skole in swart woongebiede te motiveer. Haar wens is ’n land met mense wat nuwe kennis kan verstaan, dit kan ontleed en kan skep en om sodoende te help om maatskaplike probleme op te los.

Me Seite Makgai het in September 2015 haar MSc in Wiskundige Statistiek verwerf en is tans besig met haar PhD-navorsing oor dieselfde onderwerp. Sy is betrokke by uiterstewaarde-statistiek en verspreidings-teorie. Haar PhD-tesis is gebaseer op die ontwikkeling van nuwe verspreidings wat buigsaam genoeg sal wees om multi-veranderlike uiterstewaarde datastelle te modelleer. Sy sê dat die toepassings gedeelte van haar navorsing baie opwindend is, omdat sy glo dat die ware krag van die navorsing die meeste waardeer word wanneer dit toegepas word. Sy vertel dat prof Daan de Waal van die Universiteit van die Vrystaat (een van haar studieleiers) sopas ’n besoek aan Pretoria gebring het en dat hy vir haar ’n paar opwindende nuwe parameterskattings tegnieke gegee het om te ondersoek.

Die Nuwe Generasie Akademiese Program ((nGAP) New Generation of Academics Programme) is ’n ontwikkelingsprogram van die Departement Hoëronderwys.

Seite Makgai help ander op haar eie pad na sukses

Me Seite Makgai

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 232

Wat het sewe bioloë, drie ingenieurs en ’n multimedia-student in

gemeen? ’n Passie vir transdissiplinêre navorsing en uitnemendheid

in wetenskaplike innovasie.

Hierdie eklektiese groep studente sluit die 2016 Pretoria_UP iGEM

(International Genetically Engineered Machine) (internasionaal

Geneties-ingenieurde Masjien) se voorgraadse span in wat unieke

sintetiese biologie en hardeware-wysigings ontwikkel het vir

meer doeltreffende elektrisiteitsopwekking in plantmateriaal-

afkomstige foto-bioelektrochemiese selle. Hulle projek, getiteld

“WattsAptamer”, het ondersoek ingestel na die vashegting van plant-

fotosintetiese masjienerie aan grafeen-elektrodes deur die gebruik

van doelgemaakte DNS-gebaseerde skakels, wat bekend staan as‘

aptamers’, met die doel om die oes van elektrone uit fotosintese vir

elektrisiteitsopwekking te verbeter.

Tesame met ander prestasies het die span ook ’n nuwe, oopbron,

3D-gedrukte foto-bioelektrochemieseprototipe ontwikkel wat

aangetoon het dat elektrisiteit in die teenwoordigheid van lig

opgewek kan word. Die span wat deur die Bosboumolekulêre

Genetika (BMG)-programme in die Departement Genetika en die

Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) gehuisves

word, is deur hul instrukteur, dr Steven Hussey, gementor en hul

UP se Sintetiese Biologie-span wen silwer medalje by toonaangewende internasionale kompetisie

Die Pretoria_UP iGEM-span

het ook bykomende raad van prof Zander Myburg en dr Eshchar

Mizrachi (BMG), asook van prof Ncholu Manyala, dr Tjaart Krüger en

dr Michal Gwizdala van die Departement Fisika ontvang. In Oktober

2016 het die span hul projek by die iGEM Giant Jamboree in Boston

aangebied. Die span was een van meer as 300 spanne van regoor die

wêreld, waarvan slegs twee spanne uit Afrika was.

Hulle projek het aan al die kriteria vir ’n silwermedalje by die

kompetisie voldoen. Hierdie projek is in ’n uitgebreide wiki en

’n plakkaat gedokumenteer en is ook mondeling aangebied.

Daarbenewens het dit ’n uitgebreide menslikepraktyke-portefeulje

bevat wat op betrokkenheid by die energiesektor in Suid-Afrika,

gemeenskapsuitreike en -onderrig, plaaslike sintetiese biologie

vaardigheidsontwikkeling en internasionale samewerking fokus.

Sappi Suider-Afrika was die amptelike borg van die span, met

bykomende ondersteuning deur die Universiteit van Pretoria, die

Departement Wetenskap en Tegnologie, Inqaba Biotec, die Nasionale

Wetenskap en Tegnologie-forum, Whitehead Scientific, Integrated

DNA Technologies en die African Centre for Gene Technologies.

Lees meer oor die span se projek op hul aanlyn-wiki:

http://2016.igem.org/Team:Pretoria_UP

3 232

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 233

Jean du Preez, ’n Meteorologie honneursstudent in die Departement Geografie, Meteorologie en Geoïnformatika, is gekies om vanaf 28 November tot 3 Desember 2016 die Maïdo Observatorium Somerskool (MOSS) in Reunion by te woon.

Mnr Du Preez het gesê dat die bywoon van die Somerskool ’n voorreg en ’n fantastiese ervaring was. As ’n honneurs student het dit hom in staat gestel om uit die ervaring en kennis te deel van nagraadse doktorale studente wat in ’n soortgelyke studieveld belangstel. Hierdie studente is gretig om te help en stel belang in die navorsing wat hy gedoen het. Die MOSS bied ook die geleentheid vir samewerking, asook die moontlikheid vir ’n internasionale meestersgraad. Verder het die lesings kennis vanuit verskillende voorgraadse en honneursmodules saamgevat. Dit was ook ’n unieke geleentheid om te sien hoe die instrumente by die Maïdo Observatorium gebruik word, omdat baie van hierdie instrumente nie in Suid-Afrika gebruik word nie.

Mnr Du Preez het in 2015 sy BSc Meteorologie-graad by UP verwerf en het in 2016 voortgegaan met sy honneursgraad. In sy honneursnavorsing het hy ondersoek ingestel na die anti-korrelasie tussen Osoon- en Ultraviolet-bestraling oor Kaappunt en ’n moontlike verband daarvan met die Antarktiese osoongat-gebeure.

Hy het ’n keuringsproses ondergaan en is ten volle deur die Program befonds. Dr Caradee Wright van die Mediese Navorsingsraad (’n

Meteorologie-student gekies om Internasionale Somerskool by te woon

buitengewone UP-personeellid en mnr Du Preez se projekstudieleier) het ook die geleentheid bygewoon om as kundige ’n lesing te gee.

Die doelwit van die Maïdo Observatorium Somerskool(MOSS) is om op die troposfeer-stratosfeersamestelling en dinamika te fokus. Dit het op Reunion-eiland, ’n suidelik tropiese gebied (21.0° Suid, 55.5° Oos) plaasgevind waar atmosferiese waarnemings en navorsingsaktiwiteite sedert die vroeë 1990’s aan die ontwikkel is.

Die doel van die MOSS is om op die monitering en verstaan van prosesse en veranderinge in die Aarde se atmosfeer (troposfeer en stratosfeer) te fokus,met die klem op dinamika, die langtermyn-evolusie van atmosferiese samestellings en klimaatsverandering.

Die Somerskool se akademiese aktiwiteite is op kursusse en opleiding gebaseer wat in ooreenstemming is met SPARC (Stratosphere-troposphere Processes And their Role in Climate) (Stratosfeer-troposfeerprosesse en die rol daarvan in klimaat). SPARC is ’n kernprojek van die Wêreldklimaat veranderings navorsingsprogram (World Climate Research Programme (WCRP)). Nagraadse doktorale studente van Suider-Afrika en Indiese Oseaan-lande moes ’n streng keuringsproses ondergaan en ’n groep van ongeveer 40 studente is vir die MOSS-program gekies. Studente word ten volle befonds tydens hulle bywoning van die Somerskool. Lektore kom van regoor die wêreld om lesings oor onderwerpe waarvoor hulle wêreldwyd bekend is, aan te bied.

Jean du Preez

3 233

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 234

Me Melissa van der Merwe, ’n PhD-student in die Departement Landbou-ekonomie, Landelike Ontwikkeling en Voorligting en haar studieleier, prof Jacques Trienekens (Wageningen University), se *referaat is na ’n Hoofsessie-referaat opgradeer en hulle het ’n tweede prys vir die beste opgegradeerde referaat verower tydens die onlangse Konferensie van die Landbou-ekonomie Vereniging van Suid-Afrika (LEVSA).

Volgens me Van der Merwe het die onlangse vleisskandale in Europa (perdvleisskandaal) en in Suid-Afrika (donkie- en waterbuffelskandaal), asook nuusopskrifte soos ‘Wat is werklik op jou bord?’ verbruikers laat begin twyfel oor die oorsprong van die vleis wat hulle eet.

In die pryswennerreferaat is die volgende stelling gemaak: Die onderskeiding van verskaffer-kettings, deur bewerings soos ‘plaasvleis’ (‘free range’) of vanaf ’n spesifieke ‘streek van herkoms’, het uiteindelik die moontlikheid van opportunistiese gedrag verhoog. Een voorbeeld van ’n onderskeiding van ’n kommoditeits-gebaseerde verskaffingsketting is Karoolam in Suid-Afrika. Die Karoolam-verskaffingsketting word onderskei deurdat dit die Karoostreek as die oorsprong van die lamsproduk identifiseer en waarborg, wat aan die lam ’n unieke geur verleen wat uit die omgewing afkomstig is (‘spiced on the hoof’). Die unieke identiteit daarvan en die geografiese waarde wat aan Karoolam geheg word, het hierdie produk buitengewoon kwesbaar gemaak vir opportunistiese gedrag deur boere wat nie aan streng produksieprotokol voldoen nie. Hierdie nie-voldoening dui op ’n moontlike verskaffer-agent probleem wat daar tussen boere (agente) en slagpale (verskaffers) bestaan. Dit is in hierdie konteks dat hierdie studiemaatreëls identifiseer wat die transaksie beveilig teen die opportunistiese gedrag van agente om sodoende kwesbare verbruikers teen uitbuiting te beskermen om die oorkoepelende sukses van die Karoolam verskafferketting te verbeter. Dit word bereik deur die verhouding tussen die gesertifiseerde

PhD-student in Landbou-ekonomie wen toekenning vir referaat by LEVSA

Karoolamboer en die gesertifiseerde

slagpale te ondersoek om sodoende die

faktore te bepaal wat ’n invloed het op ’n

boer se geneigdheid tot opportunistiese

gedrag en tweedens, om strategieë aan te

beveel om opportunistiese gedrag in die

kiem te smoor, veral in onderskeidende

voedselverskaffingskettings.”

Me Van der Merwe het in 2010 vir

haar meestersgraad by die Universiteit

van Pretoria geregistreer en het ’n

studiebeurs van die SKILL-program

ontvang om aan die Wageningen

University and Research Centre in

die Nederlande te studeer. Hier

het sy haar horisonne verbreed na

Verskaffingskettingbestuur (op daardie

stadium onderrig deur prof Jacques

Trienekens), wat ook die grondslag

gevorm het van haar meestersgraad-

tesis, getiteld Evaluating traceability

systems within the South African sheep

meat supply chain. Haar studieleier was

prof Johann Kirsten. In 2012 is ’n referaat,

gebaseer op haar meestersgraad-tesis in

Agrekon gepubliseer en in 2013 het sy die

referaat by die International Conference

of Meat Science and Technology in Izmir

aangebied en daarmee het sy die prys vir

die beste aanbieding verower. In 2014

het sy vir ’n PhD in Landbou-ekonomie

geregistreer, met ’n meer spesifieke

fokus op institusionele ooreenkomstein

landbouverskaffingskettings. Die titel

van haar PhD-proefskrif is Asymmetric

information, principal-agent behaviour

and governance mechanisms in the

South African lamb supply chain, en

haar studieleiers is prof Kirsten en prof

Trienekens. Drie referate, gebaseer op

haar PhD-navorsing, word tans hersien

vir publikasie in internasionale

vaktydskrifte. Haar navorsing word deur

die Rooivleisnavorsingsontwikkelings-

trust van Suid-Afrika befonds.

*The catalytic effect of farmer networks

on (honest) information sharing to

inhibit the opportunistic behaviour

of farmers. Van der Merwe, M. and

Trienekens, J.H.Me Melissa van der Merwe

3 234

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 235

Dr Frikkie Liebenberg, Senior Lektor in die Departement van Landbou-ekonomie, Landelike Ontwikkeling en Voorligting, het onlangs die SJJ de Swardt-toekenning vir die *Tweede Beste artikel ontvang wat gedurende 2015 in Agrekon gepubliseer is. Hierdie toekenning is tydens die Jaarlikse Konferensie van die Landbou-ekonomie Vereniging van Suid-Afrika (Agricultural Economics Association of South Africa (LEVSA)) oorhandig.

Die artikel spruit voort uit dr Liebenberg se navorsing oor langdurige neigings in produktiwiteit in die Suid-Afrikaanse landbousektor en die invloed wat wetenskap en tegnologie op die produktiwiteit uitgeoefen het.

“Hierdie navorsingsprogram is deel van ’n breër fokus op neigings in landbouproduktiwiteit in Afrika, wat in samewerking met die InSTePP Center van die Minnesota University uitgevoer word. Ek is sedert 2007 ’n Navorsingsgenoot by hierdie Sentrum. ’n Vroeëre artikel deur my, wat die langtermynneigings in die openbare sektorbelegging in landbounavorsing en -ontwikkeling sedert 1910 ontleed, het in 2011 die eerste plek verower. Ons is tans besig om die langtermynneigings in landbouwerk-verskaffing, verskuiwende patrone in mielieproduksie, die regstelling van skattings in landboubelegging in masjinerie en toerusting en die ontwikkeling van ’n georuimtelike onderverdeelde stel produktiwiteits-rekeninge vir Suid-Afrikaanse landbou te hersien,” het dr Liebenberg verduidelik.

Agrekon is ’n kwartaallikse publikasie van die Landbou-ekonomie Vereniging van Suid-Afrika (LEVSA)).

*Liebenberg, F, Kirsten, J., en P. Pardey, P. (2015) South African Agricultural Production Value and Quantity Indexes: 1910-2010. Agrekon. Vol. 54(4): 1-27

Publikasietoekenning vir dr Frikkie Liebenberg

Dr Frikkie Liebenberg

3 235

Toek

enni

ngs

en P

rest

asie

s

3 236

Nav

orsi

ng

Klimaatsverandering in Suider-Afrika sal verreikende gevolge vir mense se aktiwiteite en welstand meebring. Die voorspelde hoër gemiddelde temperature, laer gemiddelde reënval, groter wisselvalligheid in weer en meer hittegolwe en vloede sal dramatiese gevolge hê vir die watervoorraad, voedselproduksie, die opwekking en oordrag van elektrisiteit, asook menslike gesondheid. Gevolglik word navorsing gedoen oor tegnologiese uitvindings en vooruitgang wat mense in staat sal stel om by die veranderende klimaat aan te pas.

Maar dink ‘n oomblik aan ons wilde diere.

Die meeste van ons is bewus van die ysbeer se habitat wat kleiner en kleiner word. Stygende temperature het egter ook ‘n invloed op minder charismatiese diere. Klein soogdiere kom te staan voor die uitdaging om hul liggaamstemperatuur te reguleer. Indien hulle nie daarin slaag nie, ontwikkel hulle hittestres en gedragsveranderinge. In een geval het verhoogde temperature tot ‘n styging in die seevlak gelei, wat die beskikbaarheid van voedsel beïnvloed het en uiteindelik daartoe gelei het dat ‘n klein soogdierspesie uitgesterf het. Daarbenewens gee uitgebreide hittegolwe en droogtes aanleiding tot die katastrofiese afsterf van woestynvoëls as gevolg van onvoldoende toegang tot water.

Navorsing oor klein diere se vermoë om by veranderende omgewingsomstandighede aan te pas sal ‘n hupstoot kry deur die Universiteit van Pretoria (UP) se nuwe Fasiliteit vir Fisiologiese Navorsing oor Klein Diere. Dié fasiliteit het die allernuutste toerusting en bestaan uit tien omgewingsbeheerde kamers waarin die temperatuur, humiditeit en ligsiklus gemanipuleer kan word. Daarbenewens beskik die fasiliteit oor al die bykomende infrastruktuur wat nodig is om navorsing op ’n moderne, sagkense manier op klein diere uit te voer.

Ondersoeke na diere se reaksies op veranderende omgewings

Die temperatuur, humiditeit en beligting in die kamers is ten volle programmeerbaar en word met behulp van sagteware wat spesiaal vir die doel geskryf is, beheer. In vyf van die kamers kan die temperatuur konstant tussen nul en 50 grade Celsius gehou word. Dié kamers sal hoofsaaklik gebruik word vir projekte oor hitte-akklimatisering in voëls. Die oorblywende vyf kamers is ontwerp vir chronobiologiese navorsing op blesmolle en ander klein soogdiere. Dié navorsing sal deur prof Nigel Bennett, wat ‘n A-gradering van die NNS het, gelei word.

Volgens prof Andrew McKechnie, Hoof van die Departement Dierkunde en Entomologie by UP, sal die eerste projekte van die Fasiliteit vir Fisiologiese Navorsing oor Klein Diere binnekort ‘n aanvang neem. Sy navorsing oor die effekte van klimaatsverandering op die tempo van waterverlies in woestynvoëls geniet internasionale erkenning en sal baie baat vind by nuwe fasiliteit.

Prof McKechnie sê dat hy regtig opgewonde is oor die vooruitsig om in staat te wees om die effekte te ontrafel wat plaaslike genetiese aanpassing en akklimatisering – die intrinsieke aanpasbaarheid van individue − op die voëls se vermoë het om hoë temperature en droë omstandighede te verduur.

Navorsers van UP en ander instansies wat belangstel om met prof Bennett of prof McKechnie saam te werk en die Fasiliteit vir Fisiologiese Navorsing oor Klein Diere te benut, word aangemoedig om kontak te maak.

Die nuwe Fasiliteit vir Fisiologiese Navorsing oor Klein Diere

3 237

Klimaatsverandering en steeds toenemende bevolkings het daartoe bygedra dat Afrika tans die vasteland is wat ten opsigte van grondbewaring en voedselsekerheid die grootste uitdagings in die gesig staar.

Wetenskaplikes uit sewe Afrikalande suid van die Sahara het in die tweede week van Oktober vanjaar by die Universiteit van Pretoria (UP) byeengekom om die Afrika-grondmikrobiologieprojek van stapel te stuur. Prof Don Cowan, Direkteur van die Sentrum

Afrika-grondmikrobiologieprojek bekendgestel

Die Afrika-grondmikrobiologieprojekspan in die SMEG-laboratoriums by UP.

Die Afrika Wetenskapleierskapsprogram (AWLP) (Africa Science Leadership Programme (ASLP)) het onlangs die eerste Wetenskapleierskapsprogram (WLP)-kliniek van stapel gestuur. Die doelwit van die WLP-kliniek is om momentum te verleen aan die proses om die AWLP na ander dele van Afrika uit te brei. Dertien AWLP-navorsingsgenote van 11 instansies en sewe lande het aan die twee dae lange werksessie by UP deelgeneem. Die doel van die kliniek is om navorsingsgenote te bemagtig om satelliet-werksessies by hul instansies of in hul streke aan te bied om die reikwydte van sulke programme te vergroot; die huidige AWLP bereik slegs 20 navorsers per jaar.

Die satelliet-programme sal onafhanklik van die AWLP aangebied word en sal hul

Wetenskapleierskapsprogram regoor Afrika uitgebrei

eie doelwitte hê. Die AWLP sal egter hierdie

programme ondersteun deur die ervaring

van die vasteland-wye programme asook die

materiaal wat via AWLP ontwikkel is, te deel.

Die kliniek het die volgende elemente gedek

en met die AWLP-navorsingsgenote gedeel:

die blootstelling aan vaardighede wat nodig

is om leierskap te ondersteun; die deel van

besonderhede oor die praktiese aspekte van

die program; die deel van sleutel-materiaal

en die uitvind hoe om dit te gebruik; en die

ontwikkeling van ’n stelsel om te verseker

dat hierdie satelliet-programme met mekaar

in verbinding bly.

Die eerste institusionele (UP, Suid-Afrika)

model replika van die AWLP, bekend as die

Tuks Jong Navorsingsleierskapsprogram

vir Mikrobiese Ekologie en Genomika (SMEG), is die projekleier. Hierdie projek, wat oor drie jaar sal strek en deur USAID befonds word, het ten doel om ’n grootskaalse grondmikrobiologie-opname regoor die hele vasteland te onderneem deur van die jongste volgendegenerasie DNS-volgordebepalingsmetodes en re-kenaartegnologieë gebruik te maak.

Na verwagting sal hierdie unieke multinasionale projek, wat die eerste van sy soort is wat nog ooit op dié skaal in Afrika aangepak is, die komplek-siteit van die grondmikrobiologiese diversiteit in Afrika suid van die Sahara ontrafel. Die bevindinge van die navorsing sal bydra tot ons begrip van grondvrugbaarheid, die degradering van grond, die toekomstige invloed van klimaatsverandering en belangrike gesondheidskwessies, soos patogene wat in die grond voorkom.

Verdere inligting is verkrygbaar van die projekleier, prof Don Cowan, by [email protected].

Nav

orsi

ng

(Tuks Young Research Leader Programme

(TYRLP)), is in 2015 van stapel gestuur en

het onlangs sy tweede rondte klinieke

aangebied. Uit die 2015 en 2016 groep is

daar ’n totaal van 42 navorsingsgenote wat

deel is van die TYRLP. Die mees onlangse

ontwikkeling van die TYRLP is die begin van

’n proses om ’n Tuks Jong Navorsersforum te

stig wat ten doel het om gemeensaamheid

tussen UP jong navorsingsleiers verder te

verstewig.

Die AWLP is in 2015 van stapel gestuur en

is in vennootskap met die Universiteit of

Pretoria (UP), die Global Young Academy

(GYA), Knowinnovation (KI) en die Robert

Bosch Stiftung.

3 238

In Oktober vanjaar is die tweede rondte van die Tuks Jong Navorsersleierskapsprogram (TYRLP) by die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied, waarby 20 nuwe navorsingsgenote uit sewe fakulteite betrokke was. Die aanvangsrondte van hierdie program is in November 2015 van stapel gestuur en het ’n sterk grondslag gelê vir toekomstige rondtes. Die TYRLP is ’n inisiatief van UP, in vennootskap met die Afrika Wetenskapleierskapsprogram (AWLP)(Africa Science Leadership Programme (ASLP), Knowinnovation (KI) en die Robert Bosch Stiftung.

Die program is ontwikkel en voorgestel in reaksie op die toenemend komplekse uitdagings wat die wêreld in die gesig staar, met die klem op Afrika. Die navorsingsgenote is almal opkomende akademiese leiers en met die potensiaal om die speelveld by UP heeltemal te verander. Die program is gemik op navorsers wat aan die begin van hul loopbaan in basiese en toegepaste wetenskap, ingenieurswese, sosiale wetenskappe, die kunste en geesteswetenskappe staan en gebruik ’n hoogs interaktiewe benadering tot opleiding, eweknie-ondersteuning, mentorskap en die toepas van vaardighede op leierskapprojekte.

Die skep van ’n innoverende perspektief op navorsingsleierskap by UP

Deelnemers in die tweede rondte van die TYRLP.

Prof Stella Nkomo en prof Tinyiko Maluleke het as aanspoorders by

die werksessie aangesluit en hul insig oor die ontwikkeling van ’n

wetenskaplike stem en die gewoontes van goeie leierskap gedeel. Van

die mentors wat die navorsingsgenote tydens die sessies ondersteun

het en wat die heeltyd teenwoordig was, was dr Eshchar Mizrachi,

dr Cori Wielenga, prof Bernard Slippers, dr Eva Alisic en dr Rees Kassen.

Voortspruitend uit hierdie betrokkenheid sal die AWLP-span die

navorsingsgenote in die komende jaar ondersteun deur hulpbronne,

hulpmiddels en geleenthede te deel wat aanvullend sal wees tot die

tegnieke wat tydens die werksessie bekendgestel is.

Die program sal voortgaan om ’n gemeenskap van eendersdenkende

jong navorsers in die Universitsomgewing te ontwikkel. Hierdie

navorsers kan ’n bydrae lewer om UP tot ’n navorsingsintensiewe

instelling te lei, wat in ooreenstemming met die beplande UP 2025-visie

is. Daarbenewens word ’n Tuks Jong Navorsersleierskapsforum

ontwikkel om die gemeensaamheid tussen navorsingsgenote en

ander navorsers verder te versterk.

Nav

orsi

ng

3 239

Die eerste Ideas Lab-bestekbepalingsvergadering is in Oktober by die Universiteit van Pretoria (UP) gehou, met die klem op Afrika-biodiversiteit en Volhoubare Ontwikkeling. Die vergadering is deur 24 deelnemers van drie instellings bygewoon, met verteenwoordigers van sewe UP-fakulteite, om ‘n breë perspektief op die onderwerp te kry. Die oogmerke van die vergadering was om die sentrale ‘uitdaging’ te formaliseer waarop die Ideas Lab ontwikkel sal word en om te identifiseer hoe die kundigheid regdeur die Universiteit aan hierdie tema gekoppel kan word. Die Ideas Lab self sal voortbou op idees wat tydens die bestekbepalingsvergadering ontwikkel is en sal in 2017 deur Future Africa aangebied word.

Die Ideas Lab-werksessies sal ‘n kerndeel wees van die Future Africa-inisiatief se doel om interdissiplinêre navorsingspanne en netwerke tussen UP-navorsers en navorsers in Afrika en verder te ontwikkel. Ideas Lab-werksessies sal uiters intensiewe, interaktiewe en veeleisende vyfdaggeleenthede wees waarby 20 tot 30 navorsers uit verskillende dissiplines of verteenwoordigers van ander sektore betrek sal word. Tydens die geleenthede sal deelnemers saamwerk om hul gedeelde begrip van die geïdentifiseerde uitdaging te verdiep ten einde die probleme wat daarmee gepaardgaan, te herdefinieer en innoverende idees vir navorsingsvoorstelle te formuleer. Elke werksessie sal ’n interdissiplinêre navorsingsprojek lewer wat riskant en aan die voorpunt is en waarskynlik nie natuurlik sal ontstaan nie. Future Africa is in vennootskap met Knowinnovation (KI), wat uitgebreide ondervinding het van die fasilitering van Ideas Labs vir groot befondsers en universiteite regoor die wêreld.

Die breë tema van hierdie bepaalde beplande Ideas Lab is ‘Afrika-biodiversiteit en volhoubare ontwikkeling’. Biodiversiteit is een van die mees sentrale en temas wat mekaar oorvleuel onder die VN se 17 doelwitte vir volhoubare ontwikkeling, en dit raak al die ander temas regstreeks en onregstreeks. Versuim om hierdie oorvleuelings

Future Africa hou bestekbepalings vergadering vir eerste Ideas Lab

te hanteer, is seker een van die vernaamste redes waarom

internasionale druk op biodiversiteit oor die afgelope dekades

steeds toegeneem het ondanks eksponensiële groei in kennis oor

die onderwerp.

Die Afrika-vasteland het ‘n rykdom van natuurlike hulpbronne,

insluitende agt van die wêreld se biodiversiteitsfokuspunte. Hoewel

Afrika veral vir sy soogdierverskeidenheid bekend is (25% van die

wêreld se spesies), huisves die vasteland ook ‘n soortgelyke rykdom

van plant- en mikrobiese verskeidenheid, versprei oor uitgestrekte,

uiteenlopende en dikwels uiterste omgewings. Hierdie diversiteit

is die lewensbloed waarvan Afrika-samelewings oor eeue heen

afhanklik was. Ongelukkig is ‘n groot deel daarvan byna onbekend

of ongekarteer, wat dit feitlik onmoontlik maak om dit te beskerm

voordat dit onherstelbaar agteruitgaan of heeltemal verdwyn, laat

staan nog om vir ontwikkeling verken te word.

Hoewel biodiversiteit ernstig bedreig word, bly armoedeverligting

en billike ontwikkeling Afrika se grootste en dringendste

uitdagings. ‘n Kritieke toekomstige fokus vir Afrika is dus om sy

samelewingsontwikkelingsbehoeftes te versoen met ‘n eiesoortige

‘groen Afrika-revolusie’ wat daarop gemik is om die verstandige

gebruik en beskerming van sy ekostelsels en biohulpbronne te

verseker, terwyl die bestuur van sy landbou, vissery en bosbou

getransformeer word.

Sonder kruissektorale integrasie sal biodiversiteit in regionale

ontwikkelingsbeleide ‘n kantlynkwessie bly en uiters kwesbaar

wees. Die hantering van hierdie uitdaging is die fokus van die

biohulpbronekonomie (of bio-ekonomie)-strategie van die Suid-

Afrikaanse Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT) en die

Afrika-unie, en dit is hierdie brandende kwessies wat die tydens die

2017 Ideas Lab-werksessie aangespreek gaan word.

Nav

orsi

ng

3 240

Nav

orsi

ng

’n Intelligente ‘koppel’ in Fotosintese hou lesse in vir Sonkrag-tegnologie

Fotosinterende organismes soos plante is die bes moontlike natuurlike sonkragpanele. Dit is uiters doeltreffend in die omskakeling van sonlig na gebergde energie. Navorsers wat navorsing oor “bio-geïinspireerde” sonkrag-vernuwings doen – deur van die natuurlike omgewing gebruik te maak om nuwe tegnologieë te skep – vind dit uiters interessant.

Hulle is gretig om uit te vind presies hoe hierdie fotosintetiese masjinerie werk om lig onder verskillende toestande soos bewolkte of vinnig veranderende skadu-toestande in te samel. Sodra hulle kan vasstel hoe die proses werk, sal wetenskaplikes beter in staat wees om die natuur se slim oplossings skoner energievervaardiging te kan naboots.

Dit is merkwaardig om te dink dat die hoeveelheid energie vanaf die son wat in een uur op die aarde val, krag vir alle menslike aktiwiteite vir ’n hele jaar kan voorsien. Daarom is dit duidelik dat sonenergie – ’n gratis bron – ’n baie aanloklike opsie vir alledaagse gebruik is.

Daar moet steeds baie uit natuurlike fotosintese geleer word, wat ’n ingewikkelde proses is waartydens sonenergie in as energieryke molekulêre samestellings gestoor word. Dit is die mees kompakte vorm van energieberging.

Saam met kollegas uit Frankryk, die Nederlande en Japan het ons onlangs navorsing gepubliseer wat ons verstaan van die insameling van lig ’n stap verder neem.

Ons wou uitvind hoe fotosinterende organismes soos plante en cyanobacteriasnel-veranderende sonlig-intensiteit hanteer. Ons het individuele lig-insamelende proteïne-samestellings bestudeer en het ontdek dat dit oor ’n besondere vermoë beskik. Lig, wat normaalweg effektief ingesamel word, word ook in hierdie fotosinterende “nano- antennas” gebruik om noukeurig te beheer hoeveel daarvan ingesamel moet word.

Hierdie meganisme word onmiddellik aangeskakel wanneer die

intensiteit van die lig skielik toeneem. Dit help om die fotosintetiese

masjinerie – en ten beste die hele organisme – teen skade te beskerm

voordat ander proteïne of meganismes tot hul redding kom.

Ons ontdekking is uiters opwindend en dit het ook belangrike

implikasies. Dit dui op een baie belangrike “ontwerp-kenmerk” van

hierdie natuurlike lig-insamelingseenhede: dit is selfregulerende

stelsels. En, verrassend is dat hierdie self-regulering slegs deur die

gebruik van lig geskied, wat die goedkoopste manier is om hierdie

taak te verrig.

Daar hoef geen energie of tyd deur die stelsel gebruik te word

om bykomende molekules of proteïne te bekom om die taak van

regulering te verrig nie. Daarom kan ’n mens jouself voorstel hoe

die nabootsing van hierdie nano-antennas in sonkrag-tegnologie

gebruik kan word vir die ontwerp van sonkragselle wat ’n soortgelyke

selfregulerende vermoë gebruik. Dit sou ’n baie koste-effektiewe

benadering wees.

Al die bogenoemde is belangrik omdat die wêreldwye energie-

aanvraag besig is om die hoogte in te skiet as gevolg van bevolkings-

en ekonomiese ontwikkeling. Op die korttermyn sal daar aan hierdie

aanvraag voldoen word deur fossiel-energiehulpbronne soos

steenkool. Dit mag egter ’n groter uitdaging wees om oplossings te

vind om hierdie koolstofdioksiedvrystellings uit hierdie bronne te

stabiliseer. Om hierdie rede bevorder die International Energy Agency

ten sterkste hernubare energiebronne met ’n lae koolstofvoetspoor.

Een van die grootste wêreldwye uitdagings van ons tyd is om sodanige

volhoubare omgewingsvriendelike energiebronne te ontwerp.

Foto’s: Monsoon Photography

413 2 3 2

Navorsing

Die wonder van fotosinteseOns wêreld is oorwegend deur fotosintese gevorm. Dit is ’n ingewikkelde proses wat op die grens tussen lewe en dood funksioneer. Fotosintese verskaf energie aan die ekostelsel en op die manier moedig dit lewe aan. Maar dit kan ook dodelike gevolge inhou vir ’n organisme wat aan oortollige sonlig blootgestel word. So byvoorbeeld is die nadelige gevolge van intense sonlig op oesplante en vir fotosinterende organismes wat suurstof vervaardig, regoor die wêreld ’n algemene probleem.

Suksesvolle fotosintese hang in ’n gelyke mate van twee dinge af: die doeltreffende insamel van sonenergie en die presiese regulering van energievloei en -verspreiding.

Om hierdie reguleringsproses te verstaan, het ons proteïn-samestellings in cyano-bakterieë bestudeer. Dit is gedoen deur die gebruikmaking van ’n enkel-molekule spektroskopie-stelsel in Amsterdam, waarvan dr Tjaart Krüger die mede-ontwikkelaar was.

Die goeie nuus is dat hierdie tipe navorsing in die toekoms op die vasteland van Afrika gedoen sal kan word. Sedert hy vroeg in 2013 sy eie navorsingsgroep by die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika, begin het, het dr Krüger ’n toelaag van die Nasionale Nanotegnologie se Toerustingsprogram ontvang. Die fondse is aangewend om ’n unieke enkel-molekule spektroskopiestelsel by die Universiteit te ontwerp en te bou.

Hierdie eksperimentele stelsel wat aan die voorpunt van ontwikkeling is, is die eerste van sy soort op die vasteland. Dit is sensitief genoeg om individuele fotons te meet wat uit individuele molekules vrygestel word. Hierdie fasiliteit bied aan navorsers die geleentheid om ongelooflike inligting, in die fynste besonderhede, oor die wisselwerking en energie-oordragprosesse in lewende selle te bekom. Ons kan een molekule op ’n keer ondersoek; iets wat nooit voorheen op so ’n vlak moontlik was nie.

Hierdie stelsel word tans hoofsaaklik gebruik om die belangrikste prosesse van fotosintese in ’n groot verskeidenheid organismes te verstaan. Hierdie prosesse word dan nageboots om ontwerp beginsels daarop te baseer wat moontlik gebruik kan word vir die ontwerp van die volgende sonkragsel-toestelle.

Toepassings in die werklike leweOns ontdekkings, en nog ander wat mag volg deur die gebruikmaking van die stelsel wat ons in Pretoria gebou het, sal hopelik eendag ten volle in ons alledaagse lewe toegepas kan word.

Stel jou voor, sonkragpanele op jou dak, wat ’n voortdurende hoeveelheid elektrisiteit verseker – ongeag hoe helder die son skyn of hoe bewolk dit is, of ongeag die posisie van die son (wat natuurlik baie van die oggend tot laatmiddag, of van die somer tot die winter sal verskil). Met ander woorde, die elektriese stroom wat deur jou sonkragselle opgewek word, is onafhanklik van die omgewings-dagligtoestande. Die ‘slim’-sonenergieselle sal aan die huiseienaar die presiese hoeveelheid kWh verskaf wat hy benodig. ’n Mens kan ook ligsensors skep wat slegs op die kleinste ligeenheid – ’n foton – reageer om die verlangde taak te verrig, maar wat ook in ’n stelsel sal funksioneer wat so intelligent ontwerp is dat dit sal weet wanneer daar te veel lig is. Dieselfde stelsel sal ook in staat wees om die vlak van lig te beheer deur op ’n skadelose manier oortollige lig sal versprei.

Ons toenemende verstaan van hoe lig met natuurlike sintetiese nanoskaalstelsels interreageer, bied ’n fassinerende moontlikheid vir die ontwikkeling van tegnologieë wat tans veel wyer strek as wat ons onsself ooit sal kan verbeel.

Meer oor die outeurs:Dr Tjaart Krüger is ’n senior lektor by die Universiteit van Pretoria. Hy word deur die Universiteit van Pretoria en die Nasionale Navorsingstigting befonds. Hy het voorheen fondse van die Nederlandse Organisasie vir Wetenskaplike Navorsing en die Europese Navorsingsraad (ENR) ontvang.

Dr Michal Gwizdala ontvang fondse van die Claude Leon-stigting en die Nasionale Navorsingsentrum. Hy het voorheen fondse van die European Molecular Biology Organisation (EMBO) en die European Union FP7 ITN Harvest ontvang. He is by die Universiteit van Pretoria geaffilieer, het ’n verbintenis met US Department of Energy, Photosynthetic Antenna Research Center (PARC) en is ’n lid van die International Society of Photosynthesis Research (ISPR).

Dr Tjaart Krüger Dr Michal Gwizdala

(Gepubliseer in The Conversation - https://theconversation.com)

3 242

Nav

orsi

ng

3 242

Sonder die oorweging van die impak wat uiterste weerstoestande op plantgroei en oeste het, sal ons moontlik toekomstige voedselvoorsiening oorskat, wat die mensdom voor die risiko van voedselonsekerheid te staan sal laat kom.

Die voortdurende verskaffing van dienste wat deur landboustelsels voorsien word, word toenemend deur klimaatsverandering bedreig. Dit hou ook verband met ’n toename in die gereelde voorkoms van uiterste weerstoestande soos droogte, hittegolwe, en neerslae. Daarom is die verbetering van die akkuraatheid van voorspellings van oes- en weidingsopbrengste noodsaaklik vir die beplanning vir toekomstige voedselsekerheid en die identifisering van tempering-en aanpassingsmaatreëls vir aardverwarming en uiterste weerstoestande. Sodanige inligting is noodsaaklik vir nasionale voedselsekerheid en gebeurlikheidsbeplanning vir uiterste gebeure. ’n Onlangse modelleringseksperiment deur navorsers by die Universiteit van Pretoria toon aan dat modelle wat die effek van uiterste weerstoestande in die voorspelling van oesopbrengste ignoreer, tot oorskattings en ’n oormaat van selfvertroue betreffende moontlike oesopbrengste kan lei.

Die belangrikste effek van die weer op oesopbrengste is reeds in bestaande modelle vasgelê. Die effek van uiterste toestande (laetemperature, hoë temperature of watertekort) op blaargroei en/of biomassaproduksie, bestuiwing, blom- en saadontwikkeling word nie in bestaande modelleringsoplossings in berekening gebring nie. ’n EU-befondsde Modextreme-konsortium met dr Eyob H Tesfamariam, PhD-kandidaat, mnr Robert Mangani, en dr Abubeker Hassen (almal verbonde aan die Universiteit van Pretoria) as vennote, het ’n aangepaste modelleringsoplossing ontwikkel wat uiterste toestande in ag neem. Die span het die toestande beskryf en dit voorspel om gereedheid te bewerkstellig. Die model dui daarop dat in Gauteng, voorspelde mielie-opbrengste in die nabye toekoms (2021-2040) en verre toekoms (2041-2060) moontlik tot en met ’n kwart laer sal wees as huidige skattings wat deur bestaande

Aandeelhouers eis beleidsinsette vir voorspelling van voer- en voedselbeskikbaarheid

modelleringsoplossings aangedui word. Hoewel Gauteng ’n betreklik klein hoeveelheid mielies tot die oorkoepelende nasionale voorraad van hierdie stapelvoedsel lewer, kan die impak op die belangrikste mielieproduserende streke groter katastrofiese gevolge hê.

Dr Hassen en dr Tesfamariam het ook navorsing gedoen oor die effek van droogte op grasvlakte-produktiwiteit, effektiewe reënwaterverbruik en die gehalte van veevoer. Die effek van klimaatsverandering en uiterste toestande moet op verskillende vlakke gekwantifiseer word, met inagneming van plaasinset-voorsiening, diereproduksie, plaaslogistiek en plaasuitvoere. Data van die reënmanipuleringseksperiment het aangedui dat ’n vermindering van 60% in reënval ’n merkbare verandering in spesiesamestelling en tot 50% afname in veevoer-biomassa tot gevolg sal hê. In terme van die benutting, het ’n blaarverlies-interval van 60 dae oor die algemeen beter reënverbruik tot gevolg gehad, vergeleke met ’n 45 dae interval.

Hulle resultate voorsien ’n beter begrip van die gedrag van plante onder droogtetoestande en het tot die identifikasie van spesies gelei wat meer droogte verdraagsaam in natuurlike omgewings is. Die navorsing bied ook insig in die moontlike veranderinge in die voedingstofsamestelling en die voedingswaarde van grasse onder droogtetoestande. Dit is nie slegs van belang vir veeproduksie nie, maar bied ook insig in die moontlike gedrag van weiding en voedselopbrengste, indien klimaatsverandering tot toenemende droogtetoestande sou lei.

Aandeelhouers wat aan ’n werksessie deelgeneem het om hul bevindings te evalueer, het hul waardering uitgespreek vir die deeglike en innoverende werk en hulle het gevra vir groter betrokkenheid by verteenwoordigers uit verskeie staatsdepartemente. Die deelnemers het hul waardering vir die gedeelde insigte uitgespreek en het gesê dat hierdie tipe kennis nodig is om huidige beleidmakende prosesse vir klimaatsverandering te rig en te lei.

Vir meer inligting oor hierdie navorsing,

kontak asseblief vir dr Hassen (abubeker.

[email protected]) en dr Tesfamariam

([email protected])

Dr Eyob TesfamariamDr Abubeker Hassen

3 243

Appo

intm

ents

3 243

Aans

telli

ngs

en B

edan

king

s

Die Departement Vee- en Wildkunde is daartoe verbind om as ’n span saam te werk om te verseker dat hulle veekundiges oplei wat oor die eienskappe beskik wat Universiteit van Pretoria (UP) in die vooruitsig stel. In hierdie uitdagende tye wat ons beleef, is dit die Departement se visie om multidissiplinêre navorsing in Veeteelt en -genetika, Vee-fisiologie en Veevoeding uit te voer wat van toepassing op die Suid-Afrikaanse veebedryf is.

In ’n neutedop is dít die visie van prof Este van Marle-Köster, wat sedert 1 September 2016 as die nuwe Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde aangestel is. Sy volg prof Eddie Webb op wat nou die Waarnemende Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse onderrig by die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is.

Sy het ’n PhD in Veekunde, met spesialisering in Veeteelt en -genetika by die Universiteit van Pretoria verwerf. Dit is voorafgegaan deur ’n meesters- en ʼn honneursgraad in Veeteelt aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BSc (Agric) Veekunde aan die Universiteit van Pretoria. Prof Van Marle-Köster is die afgelope 21 jaar al betrokke by onderrig en navorsing. Haar navorsing fokus op die toepassing van DNA-merkers en genomie op die genetiese verbetering van

Prof Van Marle-Köster die nuwe Hoof van Vee- en Wildkunde

vee. Sy is die koördineerder van die sub-komitee vir navorsing in die

Beesvleisgenoomprogram en neem ook waar as die koördineerder

vir die Melkgenoomprogram wat deur die Tegnologie Innovasie

Agentskap (TIA) befonds word. Sy het ook het wyd in eweknie-

geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseeren ook bydraes gelewer

tot hoofstukke in boeke. Daarbenewens was sy die studieleier vir

verskeie meesters- en doktorale studente.

Sy beskik oor ’n C2-gradering van die NNS en is as ’n Professionele

Veekundige by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike

Professies (SARNWSP) geregistreer. Sy is tans die Visepresident van

Suid-Afrikaanse Veekunde Vereniging.

Prof Van Marle-Köster is aangestel in ’n tyd wat die sigbaarheid van

landbou, insluitend die aktiewe en effektiewe teenwoordigheid van

die Departement Vee- en Wildkunde op die Hatfield-proefplaas, ’n

prioriteit vir die Fakulteit is. Die Fakulteit put voordeel uit prof Van

Marle-Köster se kundigheid om sy doelwitte bereik om die Fakulteit

Natuur- en Landbouwetenskappe ’n leidende navorsingsintensiewe

fakulteit in Afrika te maak.

Prof Este van Marle-Köster

3 244

Prof Vinesh Maharaj, ʼn chemikus in natuurlike produkte, wat opgelei is in die ontdekking van nuwegeneesmiddel-leidrade gebaseer op biodiversiteitsproewe is vanaf 1 September 2016 as die Hoof van die Departement Chemie aangestel.

Prof Maharaj het ’n PhD in Chemie aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf, met spesialisering in die chemie van natuurlike produkte. Hy het sy meesters- en honneursgrade aan die Universiteit van Pretoria en ’n BSc (Chemie) aan die Universiteit van Durban-Westville verwerf.

Voor sy aanstelling by die Universiteit van Pretoria in 2013 was hy die Tegnologiebestuurder en Hoofwetenskaplike in Biowetenskappe by die Wetenskaplike Nywerheids- en Navorsingsraad (WNNR). Hy was 25 jaar in diens van die WNNR, waar hy by die ontdekking van nuwe geneesmiddel-leidrade, gebaseer op biodiversiteitsproewe betrokke was. Sy hoofareas van kundigheid sluit die chemie van natuurlike produkte in, asook die isolasie- en struktuurtoeligting van natuurlike samestellings en die biologiese evaluering daarvan, in noue samewerking met molekulêre bioloë/ biochemici/ farmakoloë.

Prof Maharaj het wyd in eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer en was ook die studieleier vir ’n aantal meester- en doktorale studente. Daarbenewens is hy een van die hoofuitvinders van die patent waarvan die WNNR die eienaar is, en wat gebaseer is op die uitvinding van ʼn nuwe eetlusdemper, wat uit die Hoodia-plant ontwikkel is waarvoor meer as 80 internasionale patente geregistreer is. Verder het hy aan die onderhandelinge met die vennote in die internasionale farmaseutiese en voedselnywerheid oor die kommersialisering van Hoodia deelgeneem en ’n natuurlike versoeter in ’n inheemse plant identifiseer. Prof Maharaj het ook ’n aandeel gehad in die ontwikkeling van voordeleverdelingsmodelle vir die samewerking met die besitters van inheemse kennis en bioprospekteerders. Hierdie modelle is deur die DWT se Kantoor vir Inheemse Kennis aanvaar.

Hy beskik oor ’n C-gradering van die NNS en is by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskappe-professies (SARNAWP) geregistreer.

Prof Maharaj is ook ’n sleutelspanlid van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) se Platform vir Bioprospektering en van die Departement Omgewingsake se Biodiversiteit Ekonomiese Strategie. Hy is ’n lid van GTZ (Duitsland) en het ’n bydrae gelewer tot die ontwikkeling van riglyne vir Toegang en Voordele-deling (TVD). Dit is deel van die Kapasiteitsontwikkelingsinisiatief vir die Afrika-program, “Mense en Biodiversiteit – Implementeringvan die Biodiversiteitskonvensie”. Hy is tans ook ’n NACI-lid wat die DWT van raad bedien betreffende hulle Navorsings- en Ontwikkelingsbeleggingsportefeulje.

Chemikus in Natuurlike Produkte lei Departement Chemie

Prof Vinesh Maharaj

3 2

Aans

telli

ngs

en B

edan

king

s

3 245

’n Student van internasionale formaat, ’n ervare akademiese leier en ’n deelnemer aan nasionale beleid op die hoogste vlak — dit, in ’n neutedop, is prof Johann Kirsten wat na jarelange diens, die Universiteit van Pretoria verlaat het. Hy is vanaf 1 Augustus 2016 as die nuwe Direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BEN) by Stellenbosch Universiteit aangestel.

Prof Kirsten het sy loopbaan as ’n Landbou-ekonoom by die Departement Landbou in Pretoria begin en het ook vir sy nagraadse studies by die Universiteit van Pretoria (UP) ingeskryf. Hy het ’n meestersgraad en ’n PhD-graad in Landbou-ekonomie by UP verwerf en in 1992 as ’n lektor by die Universiteit begin werk. Gedurende sy loopbaan van langer as 23 jaar as akademikus, het hy as outeur en mede-outeur meer as 110 artikels in eweknie-geëvalueerde vaktydskrifte gepubliseer en was ook mede-redakteur van vier boeke. Altesaam 65 meestersgraad- en 22 PhD-studente het hul studies met prof Kirsten as studieleier voltooi. Hy het vanaf 2001 tot 2011 as ’n Raadslid van die Nasionale Landboubemarkingsraad in Suid-Afrika (National Agricultural Marketing Council in South Africa) gedien en is gedurende 2003/4 deur die Minister van Landbou as Voorsitter van die Voedselpryse-komitee aangestel. Vir die tydperk 2006 tot 2009 was hy ook die Visepresident van die International Association of Agricultural Economists.

Sy hoof navorsingsbelangstellings is landboubeleid, grondhervorming en die ekonomie van oorsprong-gebaseerde voedsel. In die verband was hy die meesterbrein agter die wetgewingsproses om geregtelike beskerming vir Karoolam te bekom en ’n sertifiseringsmerk vir hierdie welbekende ikoniese Suid-Afrikaanse voedselproduk daar te stel.

In reaksie op sy aanstelling het prof Kirsten gesê: “Ek is baie opgewonde oor my nuwe aanstelling en nuwe verantwoordelikhede by die BEN. Ná byna 25 jaar by UP en werk met ingewikkelde en emosionele kwessies betreffende landboubeleid en grondhervorming gaan dit ’n interessante uitdaging wees om na ’n ander, maar steeds verwante studie- en kundigheidsveld te beweeg. Dit is nietemin ook waar dat ’n verandering so goed soos ’n vakansie is en ek sien baie uit na hierdie nuwe uitdaging. Ek hoop om ’n belangrike bydrae te lewer tot die volhoubaarheid en reputasie van die BEN, deur die skep van waardevolle insigte in die prestasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Ten slotte het prof Kirsten gesê: “Terwyl ek oppad is na ’n nuwe werksomgewing en ’n nuwe fokus op my loopbaan, is dit vir my belangrik om vir al my vriende, kollegasen kontakte in die landbou- en voedselbedryf te sê dat ek nie vir die landbou verlore is nie. ’n Goeie en stabiele makro-ekonomiese omgewing is ook van kritiese belang vir die landbousektor en daarom vertrou ek dat my betrokkenheid by en leierskap van die BEN-span ook tot voordeel sal strek van al die maatskappye, landbou-organisasies en boere met wie ek deur die jare so nou saamgewerk het. Meer spesifiek, sal ek steeds aktief wees in my rol om die Karooboere te ondersteun om ‘Karoolam’ as die ikoon-voedselproduk van Suid-Afrika te beskerm en te bevorder. Ek is ook hartseer om die Departement Landbou-Ekonomie by UP, wat ek oor ’n tydperk van 19 jaar opgebou het, te verlaat. Maar ek is ook vol vertroue dat die Departement nou ’n stewige basis het endat daar ’n groot toekoms voorlê met wonderlike fakulteit-lede wat sal voortgaan om ’n stewige bydrae tot landbou en ekonomiese vrae op die vasteland van Afrika te maak. Ek sal ook vir die voorsienbare toekoms voortgaan as studieleier vir my huidige PhD- en meestersgraadstudente.”

Prof Johann Kirsten groet UP

Prof Johann Kirsten

Aans

telli

ngs

en B

edan

king

s

3 2463 246

Prof Andrew McKechnie, ’n evolusie-fisioloog wie

se navorsing op die termiese fisiologie van voëls en

soogdiere fokus, is vanaf 1 November 2016 as die nuwe

Hoof van die Departement Dierkunde en Entomologie

in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

aangestel.

Hy beplan om die status van die Departement Dierkunde

en Entomologie as ’n leidende navorsingsintensiewe

departement in Afrika te versterk en om die

veranderings uitdagings aan te spreek.

Prof McKechnie het in 2002 sy PhD aan die Universiteit

van Natal verwerf, waarna hy ’n tydperk van twee

jaar as ’n postdoktorale navorsingsgenoot by die

Universiteit van New Mexiko deurgebring het. In 2004

het hy na Suid-Afrika teruggekeer om ’n pos by die

Universiteit van die Witwatersrand te beklee, waar hy

werksaam was tot hy aan die begin van 2008 ’n pos by

die Universiteit van Pretoria (UP) aanvaar het.

Sy huidige hoofbelangstellingsarea behels die

reaksies van voëls wat in dor gebiede voorkom, op

klimaatveranderings en die gebruik van fisiologiese

en gedragsdata om meganiese, proses-gedrewe

benaderings te ontwikkel om te bepaal op watter

maniere aardverwarming woestynvoëls sal beïnvloed.

Sy werk behels samewerking met kollegas by ’n

aantal plaaslike en oorsese instansies, onder andere

die Universiteit van Kaapstad en die Universiteit van

New Mexiko. Prof McKechnie het ook langdurige

navorsingsbelangstellings in die oorsake en die gevolge

van metaboliese diversiteit en die ekologie en evolusie

van doodsheid (torpor) en winterslaap.

Prof McKechnie het tans ’n B3-gradering van die NNS.

Hy is ’n mederedakteur van die vaktydskrifte Climate

Change Responses en Emu – Austral Ornithology en

dien op die adviesraad van die Journal of Comparative

Physiology B. Hy skryf gereeld vir semi-populêre

tydskrifte en is ’n wetenskaplike adviseur van die African

Birdlife-tydskrif. Hy is ’n lid van die DWT-NNS se Sentrum

van Uitnemendheid by die Percy Fitz Patrick Instituut

van die Universiteit van Kaapstad en ’n stigterslid van

die Suid-Afrikaanse Jong Akademie vir Wetenskap.

Prof McKechnie het verskeie navorsingstoekennings

ontvang, naamlik die Friedel Sellschop-toekenning

vir Belowende Jong Navorsers (Wits Universiteit), ’n

Presidents-toekenning (Nasionale Navorsingstigting),

Uitmuntende Jong Navorser-toekenning (UP) en

Uitmuntende Akademiese Presteerder-toekenning

(UP).

Prof Andrew McKechnie lei Dierkunde en Entomologie

Prof Andrew McKechnie

Aans

telli

ngs

en B

edan

king

s

3 247

In M

emor

iam

Dr Nthobane Cable Moji (63), ’n senior lektor by die Departement

Fisika in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is op 9

November 2016 by sy huis in sy slaap oorlede.

Met sy vriendelike, positiewe gesindheid het hy ’n betekenisvolle

impak op elke personeellid en student gehad wat sy pad gekruis het

en met wie hy oor die jare heen gewerk het en sal ten seerste gemis

word.

Dr Moji is in 2000 as ’n lektor by die Universiteit van Pretoria (UP)

aangestel in die destydse UP Foundation Programme. Sy passie was

die onderrig van Fisika. Hy het ’n besondere belangstelling getoon

in die bevordering van die konseptuele leer van Fisika deurdat hy

plaaslike onderwysers ondersteun het. Nog een van sy belangstellings

was sy navorsing oor hoe Afrika-inheemse kennisstelsels aangewend

kan word om die verstaan van Fisika onder Afrikastudente en

-onderwysers te bevorder.

Hy het modules ontwikkel vir eerstejaar studente wat nie voldoende

vir Fisika voorberei is nie, asook vir diegene wat onderwysers

wou word. Dr Moji het sy PhD in die praktyk toegepas en ’n

ondersoekende-gebaseerde kurrikulum ontwikkel wat handel

oor wanopvattings in Fisika, spesifiek om studente

te help om die terminologie te verstaan. Hy het die

vermoë gehad om met almal in hul eie taal te praat.

Dr Moji was ’n stigterslid van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir

Finale afskeid van dr Nthobane Moji

Dr Nthobane Moji

Navorsing oor Onderrig van Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie

(Southern African Association for Research in Mathematics, Science

and Technology Education (SAARMSTE)). Hy is ook bekend vir sy

publikasie, Physics to African Folk in South Africa (2005), wat tydens die

Internasionale Konferensie oor die Onderrig van Fisika aangebied is.

Nthobane Cable Mojiis in 1952 in Witsieshoek in die Vrystaat

gebore, waar hy sy laer- en hoërskoolloopbaan voltooi het. Na

matriek het hy Mediese Tegnologie aan die Mmadikoti Tegniese

Kollege in Limpopo studeer, waar hy in virologie gespesialiseer het.

Vanaf 1977 tot 1983 het hy as ’n mediese tegnoloog by die Ga-

Rankuwa-, Elizabeth Ross- en Mofumahadi Manapo-hospitale

praktiseer. Daarna is hy na die Universiteit van die Noorde waar hy

as ’n laboratorium-tegnikus werksaam was terwyl hy besig was met

sy BSc-graad, met Fisika en Chemie as hoofvakke. Hy het in 1986 sy

graad verwerf.

Na die voltooiing van sy BSc Honneurs in 1988 het dr Moji in 1992

sy MSc aan die Universiteit van Natal verwerf, getiteld Plastic shear

in a model amorphous solid. Daarna het hy op die onderrig van Fisika

gefokus en sy PhD aan die Universiteit van Natal verwerf met sy

tesis getiteld Physics misconceptions in Mechanics, onder die leiding

van prof Diane Grayson. Voordat hy by UP begin werk het, was hy

vanaf 1986 tot 2000 ’n dosent in Fisika aan die Universiteit van die

Noorde (Qwaqwa).

3 248

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

Die formele bekendstelling van die Jaarlikse Landbou-basislyn

2016 vir Pretoria, wat deur die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid

(BFAP) aangebied is, het onlangs by die Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe van die Universiteit van Pretoria plaasgevind.

Volgens prof Ferdi Meyer, Direkteur van die BFAP, het Suid-Afrikaanse

landbou die afgelope paar dekades goed presteer ten spyte van ’n

mate van veranderlikheid, te danke aan sy afhanklikheid van

wêreldmarkte en stormagtige klimaat. Netto waarde toegevoeg

deur die sektor het sy piek in 2014 bereik, maar het sedertdien

’n vinnige afname getoon as gevolg van uiterste droogte in die

somerreënvalgebiede. Die felheid van die huidige droogte wat

saamgeval het met ’n aansienlike afname in die wisselkoers wat

die Suid-Afrikaanse landboukommoditeitspryse in 2016 tot

rekordvlakke laat styg het, het die belangrikheid van ’n lewendige

en volhoubare landbousektor beklemtoon. In teenstelling met

die afgelope dekade, waar prestasie deur faktore soos die

kommoditeitsupersiklus ondersteun is, sal vordering in die komende

dekade moet plaasvind in ’n omgewing van swakker ekonomiese

groei en laer kommoditeitspryse, hoofsaaklik by wyse van ’n toename

in produktiwiteit.

Prof Meyer het ook bygevoeg dat, in vergelyking met die afgelope

dekade, is die vooruitskatting dat die verbruikersgroei in vleis- en

Landbou-basislyn 2016 by UP bekendgestel

Van links: Mnr Ryan Jayne, mnr Paul Mazungunye, dr Holger Mattehy, mnr Billy Morokolo, prof Ferdi Meyer, dr MMatlou en me Tracy Davids.

melkprodukte ’n afname sal toon in ’n meer gematigde makro-

ekonomiese omgewing. Dit bly egter voldoende om as ’n dryfveer

te dien vir die verskuiwing van oesarea van wit mielies (hoofsaaklik

as voedsel verbruik) tot geel mielies en oliesade (hoofsaaklik as

dierevoeding verbruik). Gegewe die swakker vooruitgeskatte

wisselkoers, wat die mededingendheid van Suid-Afrikaanse uitvoere

ondersteun, is betekenisvolle geleenthede geïdentifiseer in die

beesvleisuitvoermark, asook in groente-oeste, wat tradisioneel op

uitvoere gemik is. Terselfdertyd bly die swak wisselkoers een van die

sleutelbepalers van voedselinflasie, wat na verwagting in Oktober

2016 ’n hoogtepunt sal bereik voordat dit stelselmatig sal afneem

met die veronderstelling van die normalisering van weerstoestande

vir die 2016/17 oeste.

Die BFAP is ’n virtuele netwerk, wat individue met multidissiplinêre

agtergronde byeenbring om ’n gekoördineerde navorsingsisteem

daar te stel wat besluitneming binne die Landboukundige Voedsel-

en Drankstelsel in Suid-Afrika en Suider-Afrika beïnvloed. Die kern

analitiese span bestaan uit onafhanklike analitici en navorsers wat

by die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike

Ontwikkeling by die Universiteit van Pretoria, die Departement

Landbou-ekonomie by die Universiteit van Stellenbosch, en die

Direktoraat Landbou-ekonomie in die provinsiale Departement van

Landbou, Wes-Kaap geaffilieer is.

3 249

Op Lentedag vanjaar het analitici van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wis-kunde by die Universiteit van Pretoria (UP) ’n produktiewe dag deurgebring by die openings-minikonferensie, getiteld Analysis Spring Day @ UP.

Die dag is deur Jan-Harm van der Walt, Miek Messerschmidt en Eder Kikianty georganiseer. Daar was 17 deelnemers – 10 van UP, ses van die Noordwes-Universiteit (NWU) Potchefstroom en een van Rhodes Universiteit – wat die minikonferensie bygewoon het. Van die sprekers tydens die minikonferensie was David Arogunjo (UP), Charles Maepa (UP), Miek Messerschmidt (UP), Andrew Pinchuck (Rhodes Universiteit), Mark Roelands (NWU), Chris Schwanke (NWU), Sanne ter Horst (NWU) en Marten Wortel (NWU).

Analise Lentedag by Departement Wiskunde

3 249

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het gedurende Augustus 2016 sy jaarlikse Wiskunde Middelwinteroggend geleentheid gehou. Die spraker van die dag was Dave Pepler, die wel bekende Suid-Afrikaanse omgewingspesialis en naturalis. Die titel van sy praatjie was Nearly a triangle: chaos and nature, a personal view.

Mnr Pepler het brokkies van sy lewensreis gedeel, deur te begin met minder aangename herinneringe oor die Wiskundeklas toe hy nog ’n kind was, tot lewensveranderende interaksies met wilde gorillas. Deur die gehoor op hierdie reis te neem, het hy aan die gehoor bewys hoe moeilik dit is om die lewe te voorspel. Selfs met die beste wiskundige modelle tot jou beskikking, neig die natuur en biologiese stelsels om ‘onvoorspelbaar’ te wees, deur dat dit op ’n manier altyd met

Wiskunde Middelwinteroggend met Dave Pepler

Dave Pepler in gesprek met een van die gaste

die onverwagse na vore kom. Die geskiedenis het bewys dat as ’n mens die menslike manier by hierdie stelsels voeg, ons sukkel om alle moontlike scenario’s vooruit te sien.

“Sacrifice is not about giving something up, it’s about making it sacred”. Dankie aan mnr Pepler en die bemarkingskomitee vir ’n baie genotvolle oggend.

Deelnemers aan die Analise Lentedag

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 250

Wat het jy vir Mandeladag gedoen?

Voedselwetenskap en Verbruikerswetenskap vat hande vir Santa Shoebox-projek

Personeel en studente van die departmente Voedselwetenskap en Verbruikerswetenskap met hul bydraes tot die Santa Shoebox-projek

te vul. Gedurende die volgende paar maande het die skenkings

begin instroom, met almal wat op een of ander manier ruim bygedra

het. Sy vertel dat hulle verskeie prettige sessies gehad het met die

verpersoonliking van notaboekies en die versiering van nog meer

skoendose. Finansiële bydraes het hulle in staat gestel om klere en

nog ontbrekende items vir die skoendose te koop. Die bekwame

en spaarsamige inkopiespan het ’n baie aangename tyd gehad met

die kies van klere en die opspoor van winskopies om die geld nog

’n bietjie te rek. Dr Taylor sê dat ten spyte van die probleme op

kampus wat studente-toegang beperk het, hulle ’n fantastiese span

skoendoospakkers gehad het.

Uiteindelik het die dag aangebreek wat die skoendose, propvol

geskenke, afgelewer moes word. Te danke aan die goedhartigheid

en verstommende vrygewigheid van die voorgraadse studente,

nagraadse studente en personeel van die twee departemente is

69 skoendose by die versamelpunt afgelewer vir verspreiding aan

spesiale kinders. Dit was 10 meer as hul verhoogde teiken. Dr Taylor

sê hulle vertrou dat die kinders die inhoud van hul skoendose net

soveel sal geniet as wat die span dit geniet het om dit in te samel en te

verpak. Stel jou voor, 69 minderbevoorregte kinders met glimlaggies

op hul gesigte, omdat die departemente Voedselwetenskap en

Verbruikerswetenskap saamgewerk het.

Die nagraadse studente, tesame met sommige van die voorgraadse studente en personeel van die departemente Voedselwetenskap en Verbruikerswetenskap het hul 67 minute bestee deur skoendose oor te trek, te vul en te versier vir hul Santa Shoebox Appeal.

Die Santa Shoebox-projek (www. santashoebox.org.za) is ’n nasionale liefdadigheidsprojek wat sy oorsprong in 2006 in Kaapstad gehad het met slegs180 skoendose. Die projek vier vanjaar sy 10de verjaardag. In 10 jaar het die Santa Shoebox-projek geweldig gegroei, met ’n totale aantal van 551 979 Santa-skoendose wat al geskenk is. Die skoendose word na meer as 1 000 kinderversorgingsfasiliteite regoor Suid-Afrika en Namibië versprei, waarvan baie in plattelandse gebiede geleë is. Die skoendose word met basiese items gevul, insluitende tandepasta, ’n tandeborsel, ’n koekie seep, ’n waslap, ’n stel klere, opvoedkundige materiaal, lekkergoed en ’n speelding gevul. Die persoonlike aard van die liefdadigheidsprojek, waar geskenke gegee word aan kinders wie se naam, ouderdom en geslag bekend is, het tot die voortgesette sukses van die projek bygedra.

Nadat 59 skoendose oorgetrek is, was die volgende uitdaging om dit te vul. Volgens dr Janet Taylor van die Departement Voedselwetenskap, was hul aanvanklike doelwit om 30 skoendose te vul en sodoende hul skenking van verlede jaar se Santa Shoebox-projek te ewenaar. Hul verhoogde teiken was om al 59 skoendose

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 251

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde het vroeër

vanjaar ‘Neem ’n Dogter werk toe’ gevier deur sewe hoërskooldogters

op kampus te onthaal vir ’n dag van wiskundepret. Dr Eder Kikianty

het ’n inspirerende praatjie oor Fermat se Laaste Stelling (Fermat’s

Last Theorem) gelewer waartydens sy die rol wat vroue in wiskunde

gespeel het, uitgelig het, met Monsieur le Blanc, alias Sophie

Germain, en Joan Clarke. Dr Madelein Labuschagne het met die

dogters oor ’n loopbaan in wiskunde gesels. Die dogters het ook tee

in die tuin geniet, ’n eerstejaars-ingenieurswiskundeklas bygewoon,

op ’n kampustoer gegaan en middagete geniet. Alexia Daniel en

Chane Nel van Pretoria High School for Girls, Ntshikeng Matooane en

Khanya Nxomani van St Mary’s DSG, asook Karlien Smith, Ane Venter

en Kara Steenkamp van Afrikaanse Hoër Meisieskool het aan die dag

deelgeneem.

Departement Wiskunde vier ‘Neem ’n Dogter werk toe’

Dr Eder Kikianty

3 251

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 252

Prof Charles Machethe, Waarnemende Hoof van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling is vereer met die geleentheid om in Oktober vanjaar die 2016 FR Tomlinson-gedenklesing in Oos-Londen, Oos-Kaap aan te bied.

Die titel van prof Machethese lesing was The Agricultural Economics Discipline in a Socially Transforming South Africa: Status, Effects, Responses and the Future.

Die FR Tomlinson-gedenklesing is in 1986 tydens ’n spesiale toonaangewende geleentheid deur die Landbou-ekonomie Vereniging van Suid-Afrika (LEVSA) bekendgestel. Tydens hierdie geleentheid ontvang die aanbieder die FR Tomlinson- gedenkmedalje.

Prof Tomlinson was die eerste president van LEVSA en die doyen (oudste) van die landbou-ekonomie-bedryf in Suid-Afrika. Hy is welbekend vir sy voorsitterskap van die Kommissie van Ondersoek na die Sosio-ekonomiese Ontwikkeling van die Bantoe-gebiede binne die Unie van Suid-Afrika (die sogenaamde Tomlinson-kommissie) (1955).

Prof Machethe lewer FR Tomlinson-gedenklesing

Prof Charles Machethe

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 253

A healthy dose of Mathematics in the fight against infectious diseases

Vergeleke met die beste in die wêreld beskik Suid-Afrika oor

enorme hoeveelhede onbenutte hernubare sonenergie in groot,

laebevolkingsgebiede. ’n Werkswinkel met die tema ‘Sonkrag-

brandstof en Energieberging’ (Solar Fuel and Energy Storage)

is gedurende Oktober in Pretoria aangebied. Tydens hierdie

werkswinkel is die moontlikhede van sonenergie ondersoek.

’n Onlangse studie wat gesamentlik deur die WNNR, SANEOI, Eskom

en die Fraunhofer IWES in Duitsland uitgevoer is, het bewys dat

geografies gemiddelde windenergie in Suid-Afrika ideaal aanvullend

is in die sikliese beskikbaarheid daarvan vir sonenergie in plekke wat

aan die nasionale elektrisiteitsnetwerk gekoppel is. Dit beteken dat

tot en met 50% van die land se elektriese kragaanvraag bevredig kan

word sonder die behoefte aanbykomende bergingsopsies.

’n Groot deel van die bevolking in Afrika suid van die Sahara is

steeds nie met die elektrisiteitsnetwerke verbind nie. Energieberging

Internasionale werkswinkel oor sonkrag-brandstof en energieberging by UP

Deelnemende lede van die Gesamentlike Switserse- Suid-Afrikaanse Navorsingsprojek

is dus onontbeerlik in situasies waar netwerke nie beskikbaar is nie

en ook vir mobiele toepassings.

Die werkswinkel is deur ’n Gesamentlike Switsers-Suid-Afrikaanse

Navorsingsprogram (GSSANP) georganiseer en ondersteun, en

deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting en die

Switserse Nasionale Wetenskapstigting befonds. Twee groepe

van die departemente Chemie en Fisika by UP was ook betrokke,

in samewerking met die groep van dr Artur Braun van Empa in

Switserland, met ’n projek getiteld Production of Liquid Solar Fuels

from CO2 and Water Using Renewable Energy Resources.

Die werkswinkel het die afsluitingsgeleentheid van ’n geslaagde

befondsingstydperk van drie jaar verteenwoordig. Die program van

21 lesings deur plaaslike en internasionale kundiges en studente het

bykans 50 persone gelok wat met belangstelling by die moontlikheid

en implikasies van ’n oorgang na ’n toekoms van hernubare energie,

met spesiale klem op die Suid-Afrikaanse situasie betrokke wou raak.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 254

Die Instituut vir Bosboumolekulêre Genetika (BMG)-Programme in die Departement Genetika en FABI het onlangs ’n opleidingswerksessie oor Kwantitatiewe Genetika en Genoom-seleksie in Bosboomspesies, in Pietermaritzburg, KwaZulu Natal aangebied. Die doel van die werksessie was vaardigheid- en bekwaamheidsontwikkeling in die Suid-Afrikaanse Boomkweekomgewing.

Die werksessie is gesamentlik deur die Bosbousektor-innovasiefonds en Bosbou Suid-Afrika befonds en die mede-aanbieders was prof Fikret Isik en dr Juan Acosta van die North Carolina State University (Raleigh, NC, USA). Die werksessie is deur verteenwoordigers van Sappi, Mondi, York Timbers, die Hans Merensky-stigting, MTO-bosbou, Komatiland Bosse, NCT, die Instituut vir Kommersiële Bosbounavorsing (IKBN) en die Universiteit van Pretoria aangebied.

Die geleentheid het die uitruil van kundigheid in kwantitatiewe genetika en genoom-seleksie van bosbome moontlik gemaak. Verder het dit die samewerking tussen die maatskappye, die die BMG-programme by UP en die Camcore-boomkwekings en –bewaringsamewerking by die NC State University versterk.

Geslaagde werksessies oor Kwantitatiewe Genetika-en Genoom-seleksie

Deelnemers en aanbieders by die werksessie

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 255

Ná die ondertekening van ’n Memorandum van Verstandhouding tussen die Universiteit van Pretoria en die National Autonomous University of Mexico (UNAM), het die Meksikaanse Ambassadeur in Suid-Afrika, sy Eksellensie, mnr Mauricio Escanero ’n inisiatief van stapel gestuur om wetenskaplikes op die gebied van voedselsekerheid in sub-Sahara Afrika, en hul eweknieë in Mexiko byeen te bring.

Hierdie mini-simposium, wat saamgeval het met die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie se Wêreldvoedseldag het spesifiek daarop gefokus om die plaaslike voedselnywerheid in te lig omtrent die voordele van die tegnologie van nikstamalisering wat gebruik word om mielies in Mexiko te prosesseer. Die Mexikaanse Ambassade in Suid-Afrika en die Universiteit van Pretoria (UP), in samewerking met die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en Tegnologie (SAAFoST) het hierdie mini-simposium oor Mielie-nikstimalisering by die Meksikaanse Ambassade in Pretoria aangebied.

In sy openingsrede by die mini-simposium het Ambassadeur Escanero gesê dat hoewel Mexiko mielies aan die res van die

wêreld geskenk het, het dit op sy reis na Afrika sy bagasie verloor

UP gasheer vir Mieliesimposium in vennootskap met Meksikaanse Ambassade en SAAFoST

— die kennis oor hoe om mielies volhoubaar aan te plant en hoe

om dit te prosesseer om die voedingsgehalte te optimaliseer en

voedselsekerheid te verseker.

Daar was drie aanbiedings deur die Mexikaanse kundiges:

Nixtamalization: Past and Future deur dr Luis Alberto Vargas (UNAM);

Ingredients for Nixtamalization: Quality and Impact in Processed and

Final Products deur dr Grizelda Vasquez (Mexikaanse Nasionale

Bosbou-, Landbou- en Veekunde-navorsingsinstituut, INIFAP) en

Techniques of Nixtamalization and Industrial Processing Possibilities

deur dr Yolanda Salinas (INIFAP).

Die sprekers is deur prof Sheryl Hendriks, Direkteur van UP se

Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid, voorgestel en die

mini-simposium is afgesluit met ’n paneelbespreking deur kundiges,

wat deur prof John Taylor van die Departement Voedselwetenskap

gelei is. Die bedankings is deur prof Edward Webb, Waarnemende

Adjunkdekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by UP

gedoen.

Sprekers en die paneel van kundiges.Van links: Prof John Taylor, prof Edward Webb, dr Grizelda Vasquez, dr Luis Alberto Vargas, dr Minah Mosele

(Botswana National Food Technology Research Centre), mnr Nigel Sunley (SAAFoSTVoormalige president), Ambassadeur Mauricio Escanero, dr Robert

Young (SA voedselvervaardiger), dr Yolanda Salinas en mnr Owen Frisby (SAAFoST Nasionale Direkteur)

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 2563 256

Hoewel Suid-Afrika op die punt is om malaria uit te wis, bly dit steeds

’n siekte-las in verskeie dele van die wêreld. Klimaatsveranderinge

en/of bevolkingsverskuiwings in die gebied kan malaria-oordrag

bevorder en op die manier, die siekte weer na malaria-vrye gebiede

versprei.

Die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Volhoubare

Malariabeheer (UP IVMB) het die Tweede Suid-Afrikaanse Malaria

navorsingskonferensie by die Groenkloofkampus van die Universiteit

van Pretoria aangebied.

Die stryd om malaria te beheer is tans grotendeels op twee strategieë

gebaseer, naamlik die beheer van die draer (muskiete) en die beheer

van die malaria parasiet. Nuwe benaderings om gemeenskaps-

bewustheid en die ondersteuning van openbare gesondheids

veldtogte te vergroot is ook belangrik en sal gemeenskappe in staat

stel om ’n bydrae te lewer tot ’n geïntegreerde bestuursbenadering.

Hierdie konferensie was die opvolg op die baie suksesvolle

konferensie wat in 2015 deur die Suid-Afrikaanse Mediese

Navorsingsraad (SA MNR) in Durban aangebied is en het die malaria

gemeenskap en studente wat by malariaverwante navorsing betrokke

is, byeengebring. Om die belangrikheid van trans-dissiplinêre

benaderings en alternatiewe metodes om malaria te bestry, te

UP bied Tweede Suid-Afrikaanse Malaria navorsingskonferensie aan

beklemtoon, was die tema van die konferensie Towards malaria

elimination: research, innovation and education. Die afgevaardigdes

het die geleentheid gekry om hul malariaverwante navorsing te deel

en terselfdertyd van deskundiges op hul onderskeie vakgebiede te

leer.

Alle nagraadse studente en personeel van die Malaria parasiet

Molekulêre Laboratorium (M2PL), wat deel is van UP se Departement

Biochemie en die IVMB het die konferensie bygewoon en het die

geleentheid gehad om hul navorsing aan te bied. Dit sluit sewe

mondelinge aanbiedings en 15 plakkaat-aanbiedings in. Dit het aan

studente die geleentheid gebied om nuwe bevindings, innovasie,

nuutskeppende navorsing en voortgesette pogings om malaria uit

die weg te ruim, te vertoon. Interessante onderwerpe wat bespreek

is, het die volgende ingesluit: menslike ingrype om malaria te

beheer; die beheer en uit die weg ruim van malaria, insluitende

malaria-onderrig, gesondheidsbevordering en -waarneming;

nuwe metodes om die parasiet te beheer en oordrag te verhinder;

innoverende en alternatiewe metodes van draer-beheer; die gebruik

van verskillende tegnologieë om moontlike uitbrake te voorspel;

die impak van klimaatsverandering (afstandswaarneming); en die

gebruik van afstandsmodellering om die doeltreffendheid van nuwe

beheerhulpmiddels te bepaal.

Geb

eure

en

Konf

eren

sies

3 257

Tydens die Universiteit van Pretoria se jaarlikse Opedag het die *‘Crypto Giants’ (CG) van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde hul wiskunde bewustheidsveldtog vergroot deur leerders by interessante wiskunde gesprekke te betrek en ’n wiskunde kompetisie aan te bied. Hulle het die dag op hoë energie vlakke afgeskop, gereed om ’n impak op die lewe van die leerders te maak en om hul ingesteldheid te verander.

Die ‘CG’ wiskundekompetisie het uit agt vrae bestaan wat basiese hoërskool wiskundevaardighede en -logika getoets het. Daar is vyf wenners aangekondig, met tussenposes van ’n uur tussen elke aankondiging en elke wenner het ’n prys ontvang. ʼn Totaal van 146 leerders het aan die kompetisie deelgeneem, waarvan sewe leerders (vanaf Stanza Bopape Secondary School, Khamane MST Academy, Lydenburg Hoërskool, en Basa Protea) aangedui het dat hulle daarin belangstel om ’n graad in Wiskunde te verwerf.

David Hilbert het gesê dat daar in wiskunde geen rasse- of geografiese grense is nie; vir wiskunde is die kulturele wêreld een land. Dit kon duidelik regdeur die dag gesien word. Van die loopbane wat bespreek is, was onder andere dié van ’n wiskundige navorser, ’n kriptoloog, ’n datawetenskaplike, ’n kwantitatiewe analis en ’n risikobestuurder.

Die leerders het ook die geleentheid gehad om met dr Maluleke, ’n kriptoloog en dr Mabula, ’n wiskundige wat in Funksionele Analise spesialiseer, te gesels. Hulle is albei verbonde aan die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde.

Die ‘Crypto Giants’ het ’n heerlike tyd gehad deur wysheid en die liefde vir wiskunde oor te dra en het afgesluit deur die leerders alles van die beste met hul studies toe te wens en die hoop uitgespreek dat hulle aanstaande jaar wiskunde gaan studeer. Die CGs het ook ’n spesiale woord van dank aan die SARChI-leerstoel: Onder-twintig Wiskundiges gerig en gesê dat hul bydrae gehelp het om van die dag ’n sukses te maak.

Die *’Crypto Giants is ’n  voorgraadse wiskundige inisiatief waarvan die lede uit jong, entoesiastiese, uiteenlopende en wiskundiginge-stelde individue bestaan wat ’n passie het vir die komplekse eienskappe van syfers en van wiskunde in die algemeen en die toepassing daarvan in die daaglikse lewe. Hulle onderneem ’n reis van probleemoplossing deur verskeie wiskundige probleme en navorsingsprojekte aan te pak, wat hulle help om hul wiskundige vaardighede en analitiese denkprosesse te vergroot en terselfdertyd verskillende benaderings tot probleme te ontdek.

Stud

ente

‘Crypto Giants se ’Wiskundebewustheid by Opedag

Crypto Giants’ in aksie tydens Opedag

3 258

Stud

ente

58

Groot belangstelling in Wiskundekompetisie

Pryswenners van die Deutsche Schule Pretoria

Nasionale Wetenskapweek (NWW), ’n inisiatief van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) is ’n landswye viering van Wetenskap, waarby verskeie aandeelhouers en/of rolspelers betrek word by die organisering en aanbieding van wetenskap-gebaseerde aktiwiteite gedurende die week.

Vanjaar het Sci-Enza, die oudste interaktiewe Wetenskapsentrum in Suid-Afrika, ook weer deelgeneem en gedurende Augustus ’n verskeidenheid aktiwiteite aangebied. Die aktiwiteite het ’n Waterwetenskapvertoning en ’n Water-werksessie aangebied, asook ’n Oseaan Poppeteatervertoning en -werksessie. Die wel-bekende skrywer van onder meer die Sibo-boekreeks, Ginny Stone, was ook die aanbieder van ’n boekvoorlesing uit die boek, Sibo Tackles Trash aangebied. Nog ’n pret-gevulde aktiwiteit was die Robotikawerksessie.

Daar is ook openbare praatjies aangebied, met onderwerpe soos Women in Science en A tour of the Universe.

Nasionale Wetenskapweek word gelyktydig in al nege provinsies en op verskeie plekke in elke provinsie aangebied. SAASTA is deur die DWT aangewys as die implementeringsagentskap en vertolk die rol van die Nasionale Projekbestuurder van die Nasionale Wetenskapweek. Daar word elke jaar ’n ander tema vir die projek gekies en die aktiwiteite word rondom hierdie tema aan die teikengehore aangebied. Die tema vir 2016 was Science for Sustainable Development and Improved Quality of Life.

Sci-Enza vier Nasionale Wetenskapweek

Gedurende Augustus 2016 het sestig skole aan die 2016 Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde se Jaarlikse Wiskundekompetisie deelgeneem.

Daar was werklik ’n groot belangstelling van die skole, met meer as 1 600 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het. In die kategorie vir Graad 6 en 7 was daar 220 inskrywings, vir Graad 8 en 9 was daar 745 inskrywings, terwyl daar in die kategorie Graad 10 en 11 ’n totaal van 672 inskrywings was.

Daar is ’n eerste prys en pryse vir die top vyf posisies aan die leerders in elk van die onderskeie grade toegeken. ’n Bedrag van R1 000 is as eerste prys in elke kategorie toegeken en R500 aan die top vyf posisies. (Uitslae is beskikbaar op http://www.up.ac.za/en/mathematics-and-appliedmathematics/article/47663/up-mathematics-competition)

Die Deutsche Schule Pretoriahet die toekenning vir die beste skool in die Wiskundekompetisie verower.

3 259

Stud

ente

In August 2016 het TuksSkaak saam met Sci-Enza die eerste Ope-gegradeerde toernooi sedert die herinstelling daarvan in 2010, aangebied.

Die TuksSkaak Ope-gegradeerde Inwydingsgeleentheid is by die Groenkloofkampus se Sportsaal aangebied. Spelers het in groot getalle opgedaag, vanaf Tshwane, Johannesburg en selfs Potchefstroom. Die toegelate aantal deelnemers is vyftig, maar ons het honderd spelers verwag. Daar was egter 85 spelers wat die toernooi bygewoon het. Die toernooi was Skaak Suid-Afrika (CHESSA)-gegradeer. Dit het uit ses rondtes bestaan, met ’n tydgleuf van 60 minute per speller. Daar was drie afdelings (Afdeling A, Afdeling B en Afdeling C). Die toernooi is deur Godfrey Kgatle van TuksSkaak georganiseer en die beamptes was van die top Gauteng-skeidsregters/arbiters, Fransie Grobbelaar (Hoofskeidsregter), Lelanie van der Westhuizen (skeidsregter), Ruan Steenkamp (rekenaar) en Carlia Venter.

Afdeling A-spelers moes oor ʼn gradering van 1300 en hoër beskik. Hierdie afdeling is geseën deur die teenwoordigheid van twee Internasionale Meesters (IMs), Daniel Jereend Johannes Mabusela. IMs is tweede gegradeerde skaakspelers in die wêreld, naas Grootmeesters. Daniel Jere, met ’n gradering van 2363 en Johannes Mabusela, met ’n gradering van 2244, kan beskou word as die beste spelers in die land. Daar is slegs drie IMs in Suid-Afrika. Onder die top-spelers is Roland Bezuidenhout, ’n Afdeling A-speler en lid van die Universiteit van Pretoria se TuksSkaakklub. Roland is ’n Fine Meester (FM) met ’n gradering van 2049 en het die o/20 Statebondkampioenskappe in Sri Lanka in Julie 2016 gewen. Varden Trevelyn (ouderdom 14) was nog ’n FM wat sy titel verdien het deur in 2012 op die ouderdom van 10 jaar die Afrika Jeug Skaakkampioenskappe te wen.

Afdeling B het voorsiening gemaak vir spelers met ’n gradering van 600 tot 1299, terwyl Afdeling C ’n ouderdomsbeperking van 11 gehad het. Die spelers in hierdie twee Afdelingsis gewoonlik steeds in hul skaakontwikkelingsfase en het nog afrigting nodig. Terwyl die kategorieë in baie ander sportsoorte deur ouderdom bepaal word, word afdelings in skaak deur graderings bepaal, wat die spelers verdien deur gegradeerde toernooie, soos TuksSkaak te wen. Dit velaar waarom ’n 10-jarige dogtertjie al ’n 40-jarige man in verskeie wedstryde geklop het.

Die totale prysgeld vir die toernooi was R10 000, en slegs die drie beste spelers in elke afdeling het ’n prys gewen. Die wenners van Afdeling C was hoofsaaklik TuksSkaak Junior spelers, met ’n jong dame, Kayliegha Weideman wat die eerste plek verower het, gevolg deur Keanan Fouries en Yoshua Smit. Die Afdeling B-wenners was Gerhardus Bekker, David Lubbe enDaniel Wohlfarht. Die wenners van Afdeling A was IM Daniel Jere, FM Roland Bezuidenhout en IM Johannes Mabusela. Jacqui Grobbelaar het die prys vir die Beste Dame verower. Drie van TuksSkaak se Junior spelers (Lehan Koning asook Henco en Jane Malan) kon nie die toernooi bywoon nie omdat hulle die o/8 Afdelingvan die Suid-Afrikaanse Skaakspan by die Afrika Jeug Skaakkampioenskappe in Port Elizabeth verteenwoordig het.

Inwydingsgeleentheid van TuksSkaak Ope — Ware Koning-makers saam Sci-Enza

Artikel ingedien deur Godfrey Kgatle

Ons waardeer die deelname van die spelers, aangesien dit ook ’n gulde leergeleentheid vir baie van die opkomende spelers was. Die algemene opmerkings van die spelers was dat die toernooi in ’n pragtige lokaal aangebied is, dat dit goed georganiseer was en dat dit verseker aan hulle die geleentheid gebied het om te leer. Die volgende belangrike toernooi vir TuksSkaak sal in Desember by die Universiteit van die Wes-Kaap plaasvind.

TuksSkaak wil graag al die borge en ondersteuningstrukture, soos TuksSport, TuksRes, Sci-Enza, UP-SRC, Tshwane Skaak, Department Universiteitsbetrekkinge en Lucille Weyer bedank vir hul ondersteuning en bydraes. Ons vertrou dat in die jare wat kom, TuksSkaak Ope een van Suid-Afrika se mees gewilde toernooie sal wees. Die TuksSkaak Ope 2016 het aan spelers ’n platform gebied waar hulle met mekaar kon interreageer, ongeag ouderdom en agtergrond terwyl hulle by die kompetisie betrokke was en baie kon put uit mekaar se skaakkennis. Dit is die rede waarom ons skaak as ’n holistiese en tweevoudige voordelige sport beskou.

3 260

Stud

ente

Die jaarlikse 2016 Suid-Afrikaanse Wiskunde-spankompetisie (SAWSK) is op 10 September by die Universiteit van Pretoria (UP) aangebied. Hierdie is die jaarlikse geleentheid waartydens die topwiskundeleerders in hoërskole op provinsiale vlak deelneem. Die prestasies van leerders in die tweede rondte van die SA Wiskundeolimpiade en die *Siyangoba-program het bepaal wie die spanlede sou wees.

Hierdie jaar het twee junior en twee senior spanne Gauteng-Noord verteenwoordig. Hierdie provinsie staan bekend daarvoor dat hy jaarliks strawwe kompetisie tydens die geleentheid is. Die uitslae was soos volg: Junior Gauteng-Noord 9/35; Junior Siyanqoba UP 16/35; Senior Gauteng-Noord16/44; Senior Siyangoba UP 13/44. Veels geluk aan hierdie leerders.

Die span bestuurder was Ruaan Kellerman en die Siyangoba-afrigters was Harry Wiggins en Eben Maré. Om meer te wete te kom oor die SAWSK, besoek die webtuiste http://www.up.ac.za/mathematics-andapplied-mathematics/article/47657/south-african-interprovincialmathematics-olympiad.

Die volledige uitslae van die kompetisie is beskikbaar op http://www. samf.ac.za/assa-team-results.

*Die Siyangoba-streeks olimpiade-opleidings program is ’n Wiskunde Olimpiade-opleidings program wat deur die Departement Wetenskap en Tegnologie (DWT) aangebied word en nasionaal deur die Suid-Afrikaanse Wiskunde stigting georganiseer. Die program het streeksentra regoor Suid-Afrika. Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde by die Universiteit van Pretoria is die streeksentrum van Noord-Gauteng (Pretoria en omliggende gebiede).

Die teikengroep van die program is wiskundig-begaafde leerders met ’n belangstelling in Wiskunde. Dit is nie ’n remediërende program nie en is nie bedoel vir leerders wat met Wiskunde sukkel en hulp met skoolwerk benodig nie

SA Wiskunde-spankompetisie by UP

Senior Gauteng-Noord. Agter: Johannes Conradie (Hoërskool Zwartkop), Ashton Crawford (Afrikaanse Hoër Seunskool), Silvia Eldring (Hatfield Christian School), Dirk Kotze (Midstream College) and Duncan Matthys (Midstream College). Voor: Graham Mitchell (Pretoria Boys High School), Fidel Molalu (Pretoria Chinese School), Mpho Nkwana (captain) (Clapham High School), Jaco-Louis Venter (Afrikaanse Hoër Seunskool) en Christiaan Wagner (Hoërskool Menlopark).

Senior Siyanqoba UP: Agter: Adriaan de Clercq (kaptein) (Hoërskool Zwartkop), Frances de Klerk (Hoërskool Menlopark), Kaylee Harris (Pretoria High School for Girls), Zian Hoek (Hoërskool Menlopark), Heejin Jung (Pretoria High School for Girls) en Duan Kilian (Hoërskool Waterkloof). Voor: Mischa Kuschke (Hoërskool Menlopark), Dricus Oerlemans (Hoërskool Menlopark), Armin Steenkamp (Hoërskool Waterkloof), Anton van Wyk (Hoërskool Waterkloof) en Amirah Kaprie (reserwe) (Al-Asr Educational Institute).

Junior Gauteng-Noord: Agter: Adriaan du Toit (Afrikaanse Hoër Seunskool), Rynhard Fourie (Midstream College), Ruben Grobler (St Alban’s College), Mel Janse van Rensburg (captain) (Pretoria Boys High School) en BoSeok Kim (Pretoria Boys High School). Voor: Daniel Lobo (Pretoria Boys High School), Tristan Lunt (Pretoria Boys High School), Dylan Nel (Pretoria Boys High School), Cassie Pelser (Hoërskool Waterkloof) en Attie Senekal (Hoërskool Die Wilgers).

Junior Siyanqoba UP: Agter: Muhammed Abdul-Kader (Al-Asr Educational Institute), Christiaan Bauman (Hoërskool Waterkloof), Ilze Bellingan (Hoërskool Menlopark), Lourie Bosman (Laerskool Menlopark) en Unathi Dlepuma (Iona Convent High School). Voor: Nadia Fourie (Laerskool Lynnwood), Dalen Lombard (Laerskool Menlopark), Nurah Mukaddam (Al-Asr Educational Institute), Shuaib Nuruddin (Al-Asr Educational Institute), Kimberley Taku (kaptein) (Deutsche Schule, Pretoria) en Katelyn Hendrickse (reserwe) (Crawford College, Pretoria).