17
A Place like Home (PTY) LTD 2012/217699/07 Partridgelaan 137, Allen Grove, Kempton Park Mensieland is ‘n Christelike privaatskool en ons streef na individuele sorg. Elke klassie het sy eie juffrou en assistent. Ons voorsien vir kinders van geboorte – 5 jaar. Babaland se ruim en skoon babahuis bied baie liefde en verskillende ruimtes vir klein babatjies en kruipertjies. Ons het 3 mylpaal klassies en die res van die skool is opgedeel in ouderdomsgroepe van 2jr – 5jr. Ons skoolfonds sluit in: - Daaglikse ontbyt, middagete en versnapperinge - Vakansiepret - Sport - Musiek - Kinderkliniek - Haarsalon [email protected] 011 394 0722 Babaland

Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

A Place like Home (PTY) LTD

2012/217699/07

Partridgelaan 137, Allen Grove, Kempton Park

Mensieland is ‘n Christelike privaatskool en ons

streef na individuele sorg.

Elke klassie het sy eie juffrou en assistent.

Ons voorsien vir kinders van geboorte – 5 jaar.

Babaland se ruim en skoon babahuis bied baie liefde en verskillende ruimtes vir klein babatjies en

kruipertjies.

Ons het 3 mylpaal klassies en die res van die skool is opgedeel in ouderdomsgroepe van 2jr –

5jr.

Ons skoolfonds sluit in: - Daaglikse ontbyt, middagete en

versnapperinge - Vakansiepret - Sport - Musiek - Kinderkliniek - Haarsalon

[email protected] 011 394 0722

Babaland

Page 2: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

2

Mensieland & Babaland

Prospektus 2019

Filosofie

Ons doel is om kinders die geleentheid te bied om te leer in ’n warm, vriendelike en ontspanne omgewing,

met verskeie speelondervindings waarin hulle kan ontwikkel tot hul volle potensiaal. Deur te speel leer

kinders sosiale vaardighede, selfvertroue, onafhanklikheid, selfuitdrukking en kommunikasie.

Die leerprogram help om u kind se fisiese-, sosiale-, emosionele-, intellektuele- en taalvaardighede te

ontwikkel. Elke kind ontwikkel volgens sy eie vermoëns en ons organiseer geleenthede wat aanvaarbaar

is vir hul ontwikkelingsbehoeftes, belangstellings en ‘n eie leerstyl. Kinders leer deur aktief te ondersoek,

deur interaksie met maats en deur met verskeie kunsmateriale te eksperimenteer.

Skool ure

Maandag tot Vrydag vanaf 06:30 tot 17:30 (Sien bystandklub)

Halfdag: Maandag tot Vrydag vanaf 06:30 tot 13:00

Kinders wat die skool voldag bywoon moet asseblief teen 17:30 reeds opgelaai wees.

‘n Boete van R100, vir elke 15 minute of ’n gedeelte daarvan, sal die einde van die maand op u

rekening aangedui word, of van u deposito verhaal word, wanneer u u kind laat kom oplaai.

Die skool word GLAD NIE oopgesluit voor 06:30 nie, aangesien die personeel besig is om ander

takies in die oggend te verrig.

Verwys asb ook na ons BYSTANDKLUB op bladsy 7.

Neem asb kennis dat die personeel gedurende die vakansies soms om die beurt verlof kry.

Skool se termyne

Die skool sluit glad nie gedurende die jaar nie, behalwe vir Desembermaand, en

skoolvakansiedae. Sien bylaag D vir datums.

Datums sal aan die begin van die jaar aan u bekend gemaak word.

Die skool sal gesluit wees op publieke vakansiedae, Saterdae en Sondae.

Indien ’n vakansiedag op ’n Dinsdag of Donderdag val sal die eienaars hulle diskresie gebruik

om te besluit of die Maandag of Vrydag ’n skooldag is.

Tydens vakansies word ’n vakansieprogram gevolg.

Page 3: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

3

Rook Verbode

Rook is streng verbode op Mensieland se perseel en in die parkeerarea.

REMOTE CONTROL BESTELLINGS OM TE VOLDOEN AAN HEK TOEGANGSBEHEER- EN SEKURITEITSBELEID

Die beleid genaamd “Gate Security and Access Control” is op 19 November per Whatsapp dokument aan

alle ouers gestuur. Die beleid en infrastruktuur is in plek gestel na vele klagtes en verlies van kliënte a.g.v.

onvoldoende sekuriteit en hekke wat oopstaan. Hierdie beleid sal weer aan nuwe ouers beskikbaar gestel

word vir insae by Mensieland ontvangs vanaf Maandag 21 Januarie 2019.

Alle ouers moet ‘n afstandbeheer teen R200 stuk by ontvangs aankoop. Dit gee toegang tot die perseel

vanaf Maandae tot Vrydae, 6:30 – 17:30. Dit word beperk tot 2 per gesin.

Die koste van die infrastruktuur (elektriese hekke en townhouse receiver) was R16 000. Kosprys van

afstandbeheer is R140 per afstandbeheer. Die R60 wins per eenheid word gebruik om die kapitale uitleg te

dek. D.w.s na verkope van 267 eenhede sal die kapitale koste gedek wees.

Kennisgewing van afwesigheid

Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die skool voor 8 uur in kennis stel.

Laatkom van kinders

U kind/ers moet asb teen 8 uur reeds by die skool wees, aangesien die juffrouens

met hul dag se roetine moet begin.

Indien u laat is, moet u self vir u kind se ontbyt sorg. Ontbyt gaan ongelukkig nie uitgehou

word nie.

Oplaai van u kind

U moet asseblief duidelik op u kind se registrasievorm aandui wie verantwoordelik sal

wees om u kind by die skool te kom oplaai.

Indien ’n ander persoon u kind moet oplaai, moet u asseblief die kantoor vroegtydig daarvan in

kennis stel. U kind se veiligheid kom eerste in hierdie verband.

Kinders moet asb by hul onderskeie klassies opgelaai word in die middae.

Voltooi die uittekenregister.

Kommunikeer ook asb hierdie reëls aan mense wat u kindertjies kom oplaai.

HEG ASB‘N AFSKRIF VAN AL DIE PERSONE WAT U KIND MAG OPTEL SE ID DOKUMENT AAN.

Page 4: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

4

Allergieë

Indien u kind vir enige iets wat in ons kossies voorkom allergies is, moet u asb vir daardie betrokke dag

sy/haar eie kossies inpak. Ons kan ongelukkig nie aan almal se dieët-gewoontes aandag skenk nie. ’n

Spyskaart sal in ontvangs vertoon word.

Wagklas (vir Peuters en kleuters)

Daar sal in die oggende vanaf 06:30 tot 07:15, en in die middae weer vanaf 16:30 tot 17:30 ’n

wagklas wees.

U kan u kind/ers by hierdie klassies aflaai in die oggende, en weer hier ontvang in die middae.

Daar sal personeel wees wat hier na u kind/ers sal omsien. In die oggende sal die juffrou of

assistent die kinders om 07:15 in die wagklas ontvang en klas toe neem.

Wasgoed

Alle vuil klere ens. sal in u kind se sakkie huistoe gestuur word. Maak asb. elke aand seker dat die vuil

goedjies uitgehaal word en met skones vervang word.

Rustyd (slegs voldagkinders)

Kinders het ‘n rustyd nodig gedurende die dag, sodat hulle kan ontspan en rustig wees. Almal moet rus, en

geen uitsondering sal gemaak word nie.

Tegnologie Beleid

Geen selfoon, bel-horlosies of tablets word by ons skool toegelaat nie. Fone sal deur die juffrou ingeneem

word en aan u terugbesorg word sodra u kind huistoe gaan.

Ons het ondervind dat kinders hulle ouers bel en ontstel, voordat juffrou soms eers bewus was van ‘n

probleem. Moedig u kind aan om enige probleme met juffrou te deel.

Die Gr.R klas, en op ‘n latere stadium ook die Spongebobs sal vanaf Februarie 1 keer per week blootstelling

kry aan rekenaars en verskeie akademiese speletjies op die rekenaars.

Speelgoed Beleid

Geen speelgoed word by die skool toegelaat behalwe tydens ons vakansieprogramme nie. Moet ook asb

nie u kind aflaai met speelgoed, vir juffrou om later “bad cop” te wees wat moet speelgoed afvat nie. Hou

asb die speelding in die kar en maak dit vir Juffrou maklik. Die rede hiervoor is dat as net sommige maats

speelgoed het, veroorsaak dit konflik. Speelgoed raak ook weg of breek.

Page 5: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

5

Let asb daarop dat die skool geen verantwoordelikheid neem vir speelgoed wat tydens die vakansie

wegraak of breek nie. Ons stel voor dat u nie waardevolle speelgoed stuur nie, en ook speelgoed duidelik

merk.

.

Besittings

Maak SEKER dat al u kind se persoonlike besittings GEMERK is.

Dit is u verantwoordelikheid om al u kind se persoonlike besittings elke dag huistoe te neem, en

seker te maak dat alles in die sakkie is. Die personeel sal u ook hiermee bystaan.

Kinders se gedrag

Stel die skool asb in kennis van enige verandering rakende u huishoudelike sake, bv. egskeiding; wanneer u

verhuis; siekte of dood; indien u kind nie ’n goeie nagrus gehad het nie; of wanneer een van die ouers

uitstedig is. Hierdie dinge het ’n geweldige uitwerking op ’n kind, en dit sal die skool help om u kind se

gedrag beter te verstaan. Die skool sal ten alle tye hierdie inligting konfidensiëel hanteer en nie aanwend

vir enige ander doel buiten waarvoor in hierdie ooreenkoms voorsiening gemaak word nie.

Hekke by voordeur

Maak asb seker dat daar geen ander kinders saam met u uitgaan wanneer u die skool verlaat nie.

Parkering

Ons wil ouers versoek om sover as moontlik te parkeer soos hieronder uiteengesit. Daar is egter ouers met

meer as een kind, en by albei persele. In so geval, maak asb gebruik van Babaland se parkering.

Hekke (Soos in “Gate Security and Access Control” beleid” moet as volg gebruik word vir ingang en uitgang:

As u vir die persele kyk van die straat se kant af wanneer u by die opritte inry:

By albei persele is die hekke aan die linkerkant, die INGANG hek, (By Babaland is dit die hek op die

hoek van Partridge en Balsam)

Hekke aan u regterkant dus die uitgang hek.

As u nie oor ‘n afstandbeheer beskik nie, en u hoeter moet druk, geld dieselfde reël.

Page 6: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

6

Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my

kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek arriveer en u staan in die oprit, moet ek van ander parkering

gebruik maak, wat dan onnodig parkeer spasie opneem. Ek moet ook soms my kinders by die skool gaan

aflaai, en is dan vasparkeer, wat veroorsaak dat hulle laat is vir skool.

Nemo, Smurfie, Beertjie en SpongeBob ouers – Parkeer asb by Mensieland. Ons vra dat u asb nie in of agter

ons personeel se parkerings onder afdakke sal stop nie. Dit maak dit moeilik in die oggende met hulle

aankoms, en in daardie geval is hulle laat vir u kind.

Beserings

Alle beserings wat mag plaasvind deur die verloop van die dag sal aangeteken word in die boodskapboek.

Bytery

Kindertjies tussen 1 en 3 jaar byt mekaar. Ons weet nie hoekom dit gebeur nie. Dit kan wees omdat hul

tandjies kry en hul mondjies seer is, of dit kan ’n kommunikasie probleem wees. Ons sal u in kennis stel

wanneer u kind byt, maar moet dit asb nie persoonlik opneem nie. Saam sal ons ’n oplossing vir die

probleem probeer kry.

“Potty training”

Geen “Potty training” word in die winter gedoen nie. Ons begin na die winter op 1 September daarmee.

Medisyne beleid

Medisyne

Ons mag geen medisyne toedien sonder dat dit in die medisyne boek aangeteken is nie.

DAAGLIKSE BENODIGDHEDE (VIR KLEUTERS EN PEUTERS)

Die volgende moet elke dag in u kind se sakkie gepak wees. (Merk alles asb. duidelik)

1 Stelletjie skoon klere, ’n baadjie of truitjie, kousies (vir die winter). (Meer kleertjies indien ons

besig is met toiletroetine)

1 Skoon kombersie.

’n Hoed of pet.

Smeer self soggens vir u kind/ers sonbrandroom aan. U kan ook die roompies saamstuur, sodat ons

weer in die middag kan aansmeer as dit nodig is.

Eie kam/haarborsel.

Page 7: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

7

Weggooidoeke - indien nodig (genoeg vir die typerk wat u kind by die skool is), boudjiesalf en “wet-

wipes”. (vir Peuters)

’n Klein waterbotteltjie.

’n Dun waslappie.

DAAGLIKSE BENODIGDHEDE (VIR BABAS)

Die volgende moet elke dag in u kind se sakkie gepak wees. (Merk alles asb. duidelik)

3 Stelletjies skoon klere, ’n baadjie of truitjie, kousies (vir die winter) .

2 Spoegdoeke.

Minimum van 8 weggooidoeke, boudjiesalf en “wet-wipes”.

Babaformule en bottels wat gesteriliseer is.

Babapap sal in die oggend voorsien word, en fyn kookkos in die middag.

Algemeen (vir babas)

Elke kind sal sy/haar eie mandjie in die babakamer hê, waarin sy/haar doeke, boudjiesalf, wet-wipes

ens. geplaas sal word.

Elke baba benodig 'n groot plat kussing, 2 kussingslope, 2 kombersies en 2 paslakens.

Elke baba sal ook sy/haar eie mandjie in die kombuis hê, waarin sy/haar bottels, formule, fopspeen

ens. geplaas sal word.

Elke baba sal sy/haar eie campcot hê.

Geen drastoeltjies of stootkarretjies sal by die skool toegelaat word nie, a.g.v. stoorspasie.

Geen pakke doeke nie asseblief. Bring slegs die nodige doeke vir die dag.

Kommunikasie

U sal ’n kommunikasieboek ontvang. Gaan dit elke aand na vir nuusbriewe ens.

Vir babas en peuters: U moet vir ons alles oor u kind se roetine skryf, bv. drinktye, slaaptye, ens.

aangesien ons by u roetine wil inval.

Hierdie boek moet elke dag terug skool toe gestuur word, asseblief.

Beëindiging van kontrak

Skriftelike kennisgewing van een kalendermaand word vereis indien u kind die skool gaan

verlaat.

Page 8: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

8

Ouers bly verantwoordelik vir Desember se fooie, indien kennis gedurende Oktober en

November gegee word.

Kinders wat die skool verlaat om Gr R toe te gaan se deposito sal gebruik word as deel van

betaling vir die laaste maand.

Finansies en Fooie per maand (sien bylaag D)

Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar voor of op die 4de van die maand.

Fooie is in 12 maandelikse paaiemente betaalbaar gedurende die jaar, ongeag skoolvakansies

of afwesigheid.

Fooie is onderworpe aan verandering met vroegtydige kennisgewing.

Geen tjeks sal aanvaar word nie.

Fooie wat na die 4de dag van die maand betaal word, is onderhewig aan ’n R50,00 boete per dag.

Hierdie boetes sal automaties van u deposito verhaal word.

Mensieland behou die reg om u te oorhandig aan ’n prokureur en u kontrak te beindig indien u

nie aan die vereiste voldoen nie.

Geen kontant sal op die perseel aanvaar word nie. Fooie moet per internet of debietorder in

ons rekening betaal word.

’n Volle maand se skoolfooie moet inbetaal word as deposito. Dit moet saam met registrasie

betaal word en is terugbetaalbaar wanneer u die skool kennis gee, indien u kind se skoolfooie

nie agterstallig is nie.

Die verskil tussen die deposito en die skoolfonds van toepassing tydens die kennismaand, moet

voor die 4de dag van die kennismaand betaal word. Neem ook asb kennis dat geen rente oploop

teen die deposito tydens die tydperk wat ons dit hou nie.

Buitemuurse aktiwiteite

Daar sal ’n lys opgeplak word in Januarie sodat u kan sien watter aktiwiteite by die skool

aangebied word.

Hierdie aktiwiteite word tussen uself en die betrokke persone van die aktiwiteite gereel.

Betaal asb die betrokke aktiwiteite se gelde direk in hulle rekeninge.

Enige navrae of probleme moet ook direk met hulle uitgesorteer word.

BYSTANDKLUB

Ons het besef dat al hoe meer ouers sukkel om hulle kinders betyds by die skool op te laai in die middag.

Ons bied dan vir u die geleentheid om aan te sluit by ons “Bystandklub”.

Hoe werk dit?

Page 9: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

9

Die klub sal oop wees tot 18h30 in die aande teen ‘n vaste fooi van R100 per maand, addisioneel tot die

skoolfonds, en daarna R10 per uur vir elke uur wat die diens gebruik word. Ons vra egter dat u ons voor

16:30 sal laat weet as u nie daar sal wees teen gewone toemaak tyd nie, sodat die opsigter kan reëlings

tref. Ouers wat nie aangesluit is nie, kan nie gebruik maak van hierdie fasiliteit nie en sal steeds R100 vir

elke 15 minute gepenaliseer word op die dag van laatkom.

Probleme

Voel asb vry om enige probleme, voorstelle en ongelukkighede ter enige tyd te kom bespreek met die

onderstaande persone:

Etes – Bella (Isabella) Bence

Finansies – Marelise en Alida

Personeel – Alida

Skoolwerk – Alida

Dit sal verseker dat ons saam die beste vir u klein mensie kan bied

VORMS

VOLTOOI DIE VOLGENDE VORMS EN BESORG TERUG AAN MENSIELAND:

1. PROSPEKTUS – PARAFEER ASB ELKE BLADSY VAN DIE PROSPEKTUS

2. INSRYWINGSVORM : BYLAAG A

3. VRYWARING EN TOESTEMMING : BYLAAG B

4. PROSPEKTUS AANVAARDING : BYLAAG C

5. FOOIE EN TERMYNE : BYLAAG D

Mensieland groete!

Page 10: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

10

INSKRYWINGSVORM

Voldag Halfdag

Datum van leerder se 1ste skooldag: ______________________

Kind se besonderhede:

Van en volle name van kind: ___________________________________________________________

Noemnaam van kind: ________________________ Geboortedatum: __________________________

Huistaal: ________________________________ Geslag: Seun Dogter

Huisadres: ___________________________________________________________________

Posadres: ___________________________________________________________________

Telefoon (H): ________________________________

Vader se besonderhede:

Naam en van: ______________________________________________________________________

ID no.: _____________________________________________________________________

Beroep : ______________________________________________________________________

Werksadres : ______________________________________________________________________

E-pos adres: ______________________________________________________________________

Tel (W) : ________________________________ Selfoon: ____________________________

Moeder se besonderhede:

Naam en van: _____________________________________________________________________

ID no.: _____________________________________________________________________

Beroep : _____________________________________________________________________

Bylaag A

Page 11: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

11

Werksadres: _____________________________________________________________________

Epos adres: _____________________________________________________________________

Tel (W): ________________________________ Selfoon: ___________________________

Huwelikstatus van ouers:

Getroud Geskei Woon saam Weduwee Wewenaar

Ander: _________________________

Allergieë of ander mediese probleme: (bv. Siektetoestande, vrese, epilepsie, bysteek ens.)

____________________________________________________________________________________

Huisdokter: __________________________ Dokter tel. no.: _____________________________

Dokter se straatadres: __________________________________________________________________

Mediesefonds: ___________________________ Mediesefondsnr: ___________________________

Hiermee gee ek toestemming dat 5ml Paracetamol aan my kind gegee mag word, indien die onderwyser dit nodig vind

in gevalle van pyn of koors.

Ja Nee

Wie bring u kind skool toe in die oggend? __________________________________________________

WIE LAAI U KIND OP IN DIE MIDDAG?

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

REK NR: ________

KANTOOR GEBRUIK

Page 12: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

12

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

HEG ASB‘N AFSKRIF VAN AL DIE PERSONE WAT U KIND MAG OPTEL SE ID DOKUMENT AAN.

Kontakpersone in geval van nood:

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Naam & Van: ______________________________________________________________________

ID nr: ______________________________________________________________________

Kontak nr: ______________________________________________________________________

Enige ander belangrike inligting:

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

Waar het u van ons gehoor?: _____________________________________________________________

Page 13: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

13

Rekening:

Persoon verantwoordelik vir die vereffening van die rekening: _______________________________

Moet al die kinders op een rekening gekoppel word? __________________________________________

Ek aanvaar MENSIELAND se reëls en die toepassing daarvan soos in die prospektus van die skool vervat. Artikel 41 (5A

en B) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, stel dit onomwonde dat ouers vir hulle kinders se skoolfonds

aanspreeklik is. Ek is daarom verplig om dit te betaal. Deur ondertekening van hierdie dokument stem ek in daartoe

dat indien die skool as ‘n party in ‘n regsgeding met ‘n ouer betrokke raak, mag die party wat slaag met die eis,

regskostes van die skuldige party verhaal.

GETEKEN TE KEMPTON PARK OP HIERDIE ______ DAG VAN _________________________ 20____.

Ouer 1: ______________________ Ouer 2: ______________________

Datum: ______________________

Page 14: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

14

VRYWARING EN TOESTEMMING

Hiermee gee ek, die ondergetekende, toestemming aan Mensieland vir die volgende:

1. Dat daar foto’s van my kind se prestasies ens. geneem mag word om moontlik in die plaaslike

koerant, webblad, facebook of nuusbrief te publiseer.

2. Dat my kind deur ’n Mensieland personeellid vervoer mag word na ‘n mediese sentrum of dokter in

geval van nood, indien ek dit nie self kan doen nie. Mensieland onderneem om u eers telefonies te

kontak.

3. In geval van punt 2 hierbo, vrywaar ek Mensieland van enige aanspreeklikheid, om welke rede ookal,

tydens die vervoer van my kind tensy nalatigheid bewys kan word.

4. Dat ek Mensieland vrywaar van enige beserings wat my kind of ek as ouer/voog, mag opdoen op die

perseel, asook op die parkeerarea van Mensieland tensy nalatigheid bewys kan word.

5. Dat ek as ouer/voog verantwoordelik is vir alle mediese kostes t.o.v my kind, hetsy gedek deur ’n

mediese fonds of nie.

6. In geval ‘n besering dit mag vereis, sal dit gereël word dat paramedici die beseerde kind op

Mensieland se terrein sal behandel, en vervoer na ‘n hospitaal of dokter.

Geteken te __________________ op hierdie ____ dag van _________________ 20__

_____________________ _________________________

Ouer 1 Naam van kind

Bylaag B

Page 15: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

15

_____________________ _________________________

Ouer 2 vir Mensieland (en hoedanigheid

PROSPEKTUS AANVAARDING

(PARAFEER ASB ELKE BLADSY VAN DIE PROSPEKTUS)

Hiermee aanvaar ek/ons, ________________________________, as ouers of voogde van ___________________ al

die reëls en regulasies van Mensieland soos dit uiteengesit is in die Prospektus.

Ek / ons onderneem dat my/ons kind, ___________________________, Mensieland sal bywoon

vanaf____________________ 20__.

Ek/ons aanvaar en onderneem ook om die fooie per maand per kind voor of op die 4de dag van elke maand te betaal,

en dat _______________________________ die persoon is wie verantwoordelik is vir die vereffening van die

rekening.

HEG ASB‘N AFSKRIF VAN BEIDE OUERS/VOOGDE SE ID’S AAN, ‘N AFSKRIF VAN U MEDIESEFONDS KAART EN ‘N BEWYS

VAN ADRES.

Geteken te __________________________ op hierdie ____ dag van _________________ 20__

___________________ __________________________

Ouer 1 Naam van kind

Bylaag C

Page 16: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

16

___________________ ___________________________

Ouer 2 Vir Mensieland(en hoedanigheid

TERMYNE EN FOOIE VIR 2019:

Termyne vir 2019:

Mensieland open op 7 Januarie 2019, en volg ‘n vakansie-program. Die skool open amptelik 09 Januarie 2019.

Termyne vir 2019 Open Sluit

Termyn 1 09 Januarie 2019 15 Maart 2019

Termyn 2 02 April 2019 14 Junie 2019

Termyn 3 09 Julie 2019 20 September 2019

Termyn 4 01 Oktober 2019 04 Desember 2019

NEEM ASB KENNIS DAT DIE SKOOL OP ALLE PUBLIEKE VAKANSIEDAE GESLUIT IS.

Skoolfooie vir 2019:

Voldag Voldag Voldag Halfdag Halfdag Halfdag Registrasie Pakket *DEPOSITO

(1e kind) (2e kind) (3e kind) (1e kind) (2e kind) (3e kind) (Eenmalig) (Jaarliks) (Eenmalig)

R2450 R2250 R2100 R2170 R2050 R1820 R400

Babas:

R400

Ander:

R500

Volle maand

skoolfonds

Fooie is betaalbaar aan:

A Place Like Home

ABSA Bank

Takkode: 632005

Rekening No. 4081064059

Verwysing: Rekening nr. / Kind se Naam en Van

UITGESLUIT BY DIE SKOOLFOOIE: JAARLIKSE KOSTUUMGELD VIR SKOOLKONSERT, BYSTANDKLUB EN IN-EN-

UISTAPPIES

Nota: ’n Dagfooi van R120 per dag is betaalbaar vir klein mensies wat net wil kom kuier. (Indien hier plek is.)

Bylaag D

Page 17: Babaland · 2019-07-09 · 6 Wurmpie-, Uiltjie en Besige Bytjie ouers – Parkeer asb by Babaland. U moet asb nie van die oprit na my kantoor gebruik maak vir parkering nie. As ek

17

_____________________

Ouers