13
1 Saam sing ons in harmonie Kom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef. WIE KAN DEELNEEM? Laerskole en hoërskole kan aan ATKV-Applous deelneem. Die afdelings is soos volg: Laerskole Prestige (Gevorderde kore) o Die afdeling vervang die vorige Meer Ervare-afdeling. o ’n Koor kan die voorgeskrewe werk of ’n nuwe opdragwerk sing. o ’n Tradisionele Afrikalied is nie verpligtend nie. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure. Meriete en Meriete nie-Afrikaans o Die afdeling vervang die vorige Afrikaanse en nie-Afrikaanse afdelings. o Kore sing steeds die voorgeskrewe lied, ’n tradisionele Afrikalied (nie net ’n lied in ’n Afrikataal nie) en nog twee ander liedere. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure. Junior kore en Junior kore nie-Afrikaans Weens logistieke redes neem junior kore net op streeksvlak deel en dring nie deur na die finaal nie. Ope afdeling o Hierdie is ’n nuwe afdeling. o ’n Koor wat vir dié afdeling inskryf, kan enige aantal liedere in enige taal en genre sing, maar mag nie 15 minute oorskry nie. o Die koor hoef nie ’n voorgeskrewe werk te sing nie. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure. 2019

2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

1

Saam sing ons in harmonie

Kom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef. WIE KAN DEELNEEM? Laerskole en hoërskole kan aan ATKV-Applous deelneem. Die afdelings is soos volg: Laerskole Prestige (Gevorderde kore) o Die afdeling vervang die vorige Meer Ervare-afdeling. o ’n Koor kan die voorgeskrewe werk of ’n nuwe opdragwerk sing. o ’n Tradisionele Afrikalied is nie verpligtend nie. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure. Meriete en Meriete nie-Afrikaans o Die afdeling vervang die vorige Afrikaanse en nie-Afrikaanse afdelings. o Kore sing steeds die voorgeskrewe lied, ’n tradisionele Afrikalied (nie net ’n lied in ’n

Afrikataal nie) en nog twee ander liedere. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure. Junior kore en Junior kore nie-Afrikaans

Weens logistieke redes neem junior kore net op streeksvlak deel en dring nie deur na die finaal nie.

Ope afdeling o Hierdie is ’n nuwe afdeling. o ’n Koor wat vir dié afdeling inskryf, kan enige aantal liedere in enige taal en genre sing,

maar mag nie 15 minute oorskry nie. o Die koor hoef nie ’n voorgeskrewe werk te sing nie. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure.

2019

Page 2: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

2

Hoërskole Prestige (Gevorderde kore) o Gemeng o Meisies o Seuns

• Die afdeling vervang die vorige Meer Ervare-afdeling. • ’n Koor kan die voorgeskrewe werk of ’n nuwe opdragwerk sing. • ’n Tradisionele Afrikalied is nie verpligtend nie. • Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure.

Meriete o Gemeng o Meisies o Seuns

• Dié afdeling vervang die vorige Afrikaanse en nie-Afrikaanse afdelings. • Kore sing steeds die voorgeskrewe lied, ’n tradisionele Afrikalied (nie net ’n lied in ’n

Afrikataal nie) en nog twee ander liedere. • Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure.

Ope afdeling o Hierdie is ’n nuwe afdeling o ’n Koor wat vir die afdeling inskryf, kan enige aantal liedere in enige taal en genre sing,

maar mag nie 15 minute oorskry nie. o Die koor hoef nie ’n voorgeskrewe werk te sing nie. o Sien ook Afdeling Koorprogram en Voorgeskrewe Werk in die brosjure.

Nie-mededingend ’n Koor kan ook nie-mededingend in enige van die afdelings deelneem. So ’n koor kry ’n volledige verslag van die beoordelaars, maar word nie bepunt nie en kan slegs aan die streeksfees deelneem. ’n Koor kan ook op die dag van die streeksfees oorskakel na die nie-mededingende afdeling.

INSKRYWINGSGELD o Die inskrywingsgeld is R700 (BTW ingesluit) per koor. o Die inskrywingsgeld vir laerskool- junior kore beloop R485 (BTW ingesluit) per koor. o Die inskrywingsgeld moet die inskrywingsvorm vergesel.

Page 3: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

3

BESONDERHEDE VIR INBETALINGS Betaal asseblief die inskrywingsgeld in die volgende ATKV-rekening:

Rekeningnaam: ATKV Bank: Absa Randburg Tipe rekening: Tjekrekening Rekeningnommer: 017 016 67 28 Takkode: 632 005 Verwysing: Applous EN skool se naam (bv. Applous HS Natalia)

Faks of e-pos asseblief die inskrywingsvorm en ’n afskrif van die bewys van betaling aan die ATKV by 086 512 6569 of [email protected]. Indien u nie binne twee weke (vanaf die dag wat u die inskrywingsvorm gestuur het) bevestiging ontvang het nie, volg asseblief op. KANSELLASIEBELEID Inskrywingsgeld sal slegs terugbetaal word indien skriftelike kennis van onttrekking of kansellasie ten minste 30 dae voor die aanvang van die eerste streeksfees deur die ATKV ontvang word of indien die geleentheid deur die ATKV gekanselleer word. Sluitingsdatum vir inskrywings

Sluitingsdatum: Dinsdag 26 Februarie 2019

NAVRAE EN BESTEL VAN VOORGESKREWE WERKE Stuur asb. ʼn e-pos na [email protected] en spesifiseer watter kategorie se voorgeskrewe werke jy verlang. Ons sal dit dan vir jou aanstuur. Indien u enige probleme ervaar, skakel gerus die volgende kontakpersone:

Bessie Keun 012 804 5397 of 082 454 6060 [email protected] René Zietsman 011 919 9094 [email protected]

Die ATKV se kontakbesonderhede

Telefoonnommer: 011 919 9000 E-posadres: [email protected] Faksnommer: 086 512 6569 Webblad: www.atkv.org.za

Page 4: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

4

AARD VAN ATKV-APPLOUS ATKV-Applous bestaan uit twee rondes: o Streeksfeeste o Finaal Die reis- en verblyfreëlings, sowel as die koste daaraan verbonde, is die kore se eie verantwoordelikheid. BELANGRIKE DATUMS o Die streeksfeeste in Suid-Afrika begin op 3 Mei en eindig op 24 Mei en die streeksfees in

Swakopmund sal op 25 Mei plaasvind. Enige datums wat verander, asook addisionele streeksfeeste, sal op die webblad aangedui word.

o Die finaal vind van 24 tot 27 Julie in Bloemfontein plaas. Streeksfeeste

Neem kennis dat die datums en venues van alle streeksfeeste onderhewig is aan moontlike verandering.

o Streeksfeesdatums en -venues kan verander afhangende van die aantal inskrywings. o Indien daar vyf of meer inskrywings van ’n sekere dorp ontvang word en daar op ’n gepaste

datum ooreengekom kan word, kan daar onderhandel word om ’n addisionele streeksfees aan te bied.

o Indien daar minder as vyf inskrywings in ’n streek is (of as kore kanselleer nadat hulle

ingeskryf het sodat daar dan minder as vyf kore is) kan die geskeduleerde streeksfees gekanselleer word, in welke geval die kore na ’n ander streeksfees verskuif sal word.

Page 5: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

5

EVALUERING Streeksfees

o Elke koor ontvang ’n evalueringsverslag van elke beoordelaar. Kore wat aan die streeksfees deelneem, ontvang ’n sertifikaat volgens prestasie: • ATKV-Goud (80% – 100%) • ATKV-Silwer (70% – 79%) • ATKV-Brons (60% – 69%)

o Geen algehele wenners word aangewys nie. Elke streeksfees is ’n finaal in eie reg. o Twee tot vier afskrifte van die bladmusiek moet voor die begin van die streeksfees aan die

beoordelaars oorhandig word. Die streeksorganiseerder sal die aantal kopieë bevestig. o Die bladmusiek moet netjies gebind en voorsien wees van ’n dekblad met die volgende

inligting: a) Naam van skool b) Afdeling waarin koor deelneem

c) Naam van koorleier en begeleier d) Koorprogram

o Die bladsye en mate van elke werk moet genommer wees. Finaal

o Kore word net na die finaal uitgenooi indien die kore tydens streeksfeeste aan die verwagte standaard voldoen het.

o Kore moet asseblief kennis neem dat die klavier tydens die finaal aan die dirigent se regterkant staan. Die rede hiervoor is dat die klavier na die koor se kant oopgemaak kan word sodat hulle die begeleiding beter kan hoor en nie die gehoor nie.

o Evaluering vind ook tydens die finaal plaas. Elke koor ontvang ’n sertifikaat volgens sy prestasie:

ATKV-Cum Laude (90% en hoër) ATKV-Goud (80% – 89%)

ATKV-Silwer (70% – 79%) ATKV-Brons (60% – 69%)

o Tydens die streeksfeeste word daar net ATKV-Goud, ATKV-Silwer en ATKV-Brons toegeken, maar die punte word wel tydens die finaal bekend gemaak. Slegs die gemiddelde punt van die beoordelaarspaneel word bekend gemaak en nie elke beoordelaar se individuele punt nie.

Page 6: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

6

o Die volgende toekennings word bykomend gedoen:

Laerskole

• Beste koor in Prestige-afdeling

• Beste koor in Meriete-afdeling

• Beste nie-Afrikaanse koor

• Beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk

• Beste uitvoering van ’n tradisionele Afrikalied

• Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie

Hoërskole

• Prestige-afdeling

o Beste gemengde koor o Beste meisieskoor o Beste seunskoor

• Meriete-afdeling o Beste gemengde koor o Beste meisieskoor o Beste seunskoor

• Beste uitvoering van ’n voorgeskrewe werk

• Beste uitvoering van ’n tradisionele Afrikalied

• Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie o ’n Koor van internasionale standaard ontvang Cum Laude (90% en hoër). Indien meer as

een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken.

o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en geen algehele wenner sal bekend gemaak word nie. Die persentasies sal wel bekend gemaak word.

o Wenners word net aangewys indien kore minstens 80% behaal.

Page 7: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

7

KOORPROGRAM EN VOORGESKREWE WERKE

o Elke koor moet vier koorwerke sing.

o Die programsamestelling moet stylverskille toon.

o Die program vir kore in die Ope, Meriete- en nie-Afrikaanse afdelings mag nie 15 minute

oorskry nie. Prestige-kore se optrede mag nie 20 minute oorskry nie. Junior kore mag nie

tien minute oorskry nie.

o Die volgende moet gesing word:

Prestige-afdeling:

• Voorgeskrewe werk (sien lys) of ʼn nuwe opdragwerk in Afrikaans deur ’n Suid-Afrikaanse komponis. In die geval van ’n opdragwerk moet die koorleier self die komponis vra om die werk te komponeer en self daarvoor betaal.

• ’n Afrikaanse koorwerk van eie keuse deur ’n Suid-Afrikaanse komponis. • Twee koorwerke van eie keuse in verskillende tale en verskillende style.

Meriete-afdeling en nie-Afrikaanse afdeling:

• Voorgeskrewe werk (sien lys)

• ’n Afrikaanse koorwerk van eie keuse deur ’n Suid-Afrikaanse komponis.

• ’n Tradisionele koorwerk van eie keuse in een van die ander Suid-Afrikaanse amptelike

tale, maar nie Afrikaans of Engels nie. Koorwerke in ’n ander taal as ’n Suid-Afrikaanse

taal (bv. werke van ander Afrikalande) word nie toegelaat by dié keuse nie. Bladmusiek

word nie by hierdie lied vereis nie, maar die musiek moet vergesel wees van ’n bladsy

met die Afrikaanse teks, ’n verduideliking van waar die musiek vandaan kom en hoe dit

aangeleer is.

• Kore in Namibië kan wel ’n lied in ’n Namibiese taal in plaas van ’n Suid-Afrikaanse taal

sing.

• Eie keuse in enige taal en enige genre.

Ope afdeling

• ’n Program van nie meer as 15 minute lank nie. • Voorbeelde van groepe wat hier sou kon inskryf, is groepe wat spesialiseer in jazz,

show choir, spirituals, folklore, serenade. • Geen voorgeskrewe werk nie. • Geen punt nie, slegs ’n ATKV-Goud, ATKV-Silwer of ATKV-Brons.

Page 8: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

8

Junior kore sing:

• Die voorgeskrewe lied • ’n Afrikaanse lied • ’n Tradisionele koorwerk van eie keuse in een van die ander Suid-Afrikaanse amptelike

tale, maar nie Afrikaans of Engels nie. Koorwerke in ’n ander taal as ’n Suid-Afrikaanse taal (bv. werke van ander Afrikalande) word nie toegelaat by dié keuse nie. Bladmusiek word nie by hierdie lied vereis nie, maar die musiek moet vergesel wees van ’n bladsy met die Afrikaanse teks, ’n verduideliking van waar die musiek vandaan kom en hoe dit aangeleer is.

• Kore in Namibië kan wel ’n lied in ’n Namibiese taal sing in plaas van ’n Suid-Afrikaanse taal.

• Junior kore mag wel gepaste bewegings uitvoer (opsioneel).

o By die lied van eie keuse in enige taal en genre kan enige GOEIE verwerking ook gesing word (bv. van ’n popliedjie van goeie gehalte).

o Geen toegif (encore) sal toegelaat word nie.

o Bladmusiek van al die liedere, behalwe die tradisionele Afrikalied (sien kriteria by Koorprogram) moet tydens die streeksfees ingehandig word. Die streeksorganiseerder sal die aantal kopieë bevestig.

o Begeleiding moet net gebruik word as dit ’n integrale deel van die komposisie uitmaak en behoort nie bloot stemme te dupliseer nie.

o Begeleiding is nie beperk tot die klavier nie, maar moet ten alle tye stylgetrou wees.

o Indien ’n stuk in ’n ander toonsoort as die bladmusiek gesing word, moet dit op die bladmusiek geskryf word.

o Die belangrikste uitgangspunt vir die beoordelaars is: Wat ons hoor, moet ons op die bladmusiek sien en dit geld vir partye, vir instrumente, ens.

o By voorgeskrewe musiek moet die koor presies doen wat deur die ATKV voorgeskryf is en niks mag bygevoeg word nie. Die toonsoort van die voorgeskrewe werk mag nie verander word nie. Geen bewegings wat nie oorspronklik deur die komponis voorgeskryf en aan al die kore bekend gemaak is, mag uitgevoer word nie.

Page 9: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

9

VOORGESKREWE WERKE VIR 2019

Laerskole

Afdeling Voorgeskrewe lied Komponis

Junior kore Afrikaans Tarantula Rozanne Botha

Junior kore nie-Afrikaans My sintuie Dalene Brits

Meriete-afdeling (voorheen Afrikaans-afdeling) Nuwejaar Anton Esterhuyse Meriete nie-Afrikaanse (voorheen nie-Afrikaans- afdeling) By die strand Dalene Brits

Prestige (voorheen meer ervare-afdeling) Varanus die Monsterlikkewaan Charlotte Botha

Hoërskole

Afdeling Voorgeskrewe lied Komponis

Meriete (samesmelting van voorheen Afrikaans- en nie-Afrikaans afdeling)

Gemeng Nommer 1 van Drie Nagliedjies (Kore kan 3- of 4 stemmig sing. Albei weergawes is beskikbaar.)

Franco Prinsloo

Meisies Annieslaapmaakliedjie Dalene Brits

Seuns Op my ou Ramkietjie Niel van der Watt

Prestige (voorheen meer ervare-afdeling)

Gemeng Toring Pieter Bezuidenhout

Meisies Verhaal Niel van der Watt

Seuns My liefste’s soos ’n dieprooi roos Niel van der Watt

FINAAL o Sodra die streeksfeeste afgehandel is, nooi die ATKV ’n sekere aantal kore na die finaal.

o Die koor se voltydse koorleier moet die koor tydens die finaal dirigeer.

o Bladmusiek hoef nie voor die finaal ingehandig te word nie, aangesien musiek wat tydens die

streeksfees ingehandig word, gekopieer word en vooraf na die beoordelaars gestuur word.

o Die finaal vir 2019 vind in Bloemfontein op 24 tot 27 Julie plaas.

o Die datum waarop elke afdeling gaan deelneem, sal eers ná afloop van al die streeksfeeste bekend

gemaak word. Geen koor sal toegelaat word om op ʼn ander aand buite sy afdeling op te tree nie.

o Kore is verantwoordelik vir hul eie reis- en verblyfreëlings, asook ander koste vir die finaal.

o Kore wat nader as 1 000 km (heen en weer) na Bloemfontein moet reis, kan aansoek vir reishulp

van R3 000 doen.

o Kore wat verder as 1 000 km (heen en weer) na Bloemfontein moet reis, kan aansoek vir reishulp

van R8 000 doen.

Page 10: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

10

REËLS Koorsamestelling o Slegs bona fide-leerders van die skool mag lede van die koor wees. o Weens logistieke probleme wat ontstaan, word sterk aanbeveel dat ’n koor nie uit minder as 24 of

meer as 100 lede bestaan nie. (Die aanbeveling geld nie vir kore in die Ope afdeling nie.) o Slegs kore wat deur hul skole ingeskryf is, mag deelneem. o Enige hoër- of laerskool mag inskryf. o ’n Skool mag meer as een koor in meer as een afdeling inskryf. o Koorlede van een koor mag in ’n ander koor van dieselfde skool sing. Algemeen o Die beoordelaars se beslissing is finaal. o Deur hulle inskrywing en deelname onderwerp skole en kore hulle aan die reëls soos wat dit deur

die ATKV bepaal is. o Alle navrae moet betyds aan die ATKV gerig word en nie aan die beoordelaars nie.

WET OP OUTEURSREG o Wanneer ongepubliseerde komposisies of verwerkings gebruik word, moet die kore self reël vir:

• die reg om die musiek te dupliseer; • die reg om dit uit te voer.

o Indien daar van gepubliseerde bundels of bladmusiek gebruik gemaak word, mag die musiek nie gewysig word nie en is dit nie nodig om outeursregreëlings te tref nie. Kopieë wat aan die beoordelaars verskaf word, word slegs vir evalueringsdoeleindes gebruik en word daarna vernietig.

o Kore wat twyfel oor die toepassing van die Wet op Outeursreg kan SAMRO by 011 712 8000 skakel of aan hulle skryf: Posbus 31609, Braamfontein, 2017.

o ’n Beroep word op alle skole gedoen om hulle by SAMRO te registreer.

o Kore hoef geen toestemming vir voorgeskrewe werke te verkry nie.

o A21, A22 en A23 van die Wet op Kopiereg 98 van 1978 is van toepassing.

Page 11: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

11

VRYWARING VAN DIE ATKV o Die ondertekening van die inskrywingsvorm bring ’n basiese ooreenkoms tussen die ATKV en die

persoon (persone)/instansie wat inskryf tot stand. Die ooreenkoms impliseer dat die persoon (persone)/instansie wat inskryf streng volgens die reëls van die kompetisie/projek sal optree en dat die ATKV die kompetisie/projek streng volgens die reëls sal aanbied.

o Oortreding of nienakoming van die reëls van die kompetisie/projek kan lei tot die diskwalifikasie van die inskrywing.

o Die persoon (persone)/instansie wat hulle inskryf, vrywaar die ATKV van enige eise wat kan ontstaan as gevolg van skade of verliese van enige aard wat so ’n persoon (persone)/instansie kan ly tydens die hele verloop van die kompetisie/projek.

o Die ATKV behou hom die reg voor om die kompetisie/projek enige tyd op te skort of te beëindig indien buitengewone omstandighede dit noodsaak.

o Die persoon (persone)/instansie wat inskryf, moet beskikbaar wees om tydens die finaal van die kompetisie sonder vergoeding op te tree. Die amptelike koorleier moet saam met die koor optree.

o Die ATKV behou hom die reg voor om indien ’n finalis nie die finaal van die kompetisie kan bywoon nie, so ’n finalis te vervang met ’n ander persoon (persone)/instansie wat na die finalis die beste in die beoordeling gevaar het.

o Die foto’s wat deur die ATKV by ATKV-Applous geneem is, mag in bemarkingsmateriaal van die ATKV en ATKV-projekte gebruik word.

Koorfonds ATKV-Applous wil graag nuwe kore aanmoedig om in te skryf. Indien ’n koor wat reeds aan ATKV-Applous deelneem en in 2019 ingeskryf en betaal het, ’n ander koor, wat nog nooit vantevore aan ATKV-Applous deelgeneem het nie, oorreed om in te skryf en die inskrywingsgeld te betaal, ontvang die koor R500 vir die koorfonds. Stuur, op die skool se briefhoof, die volgende inligting:

o Watter koor oorreed is om in te skryf • ATKV-Applous sal die inskrywings nagaan en bevestig dat beide die skoolkore

wel ingeskryf en betaal het o Die koor se bankbesonderhede

Page 12: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

12

INBETALINGSVORM

Naam van skool: ___________________________________________________________________ Naam van skakelpersoon: ___________________________________________________________ Telefoonnommer van skakelpersoon: _________________________________________________

Bedrag betaal: R __________________________ Datum inbetaal: _____________________

ONTHOU:

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag 26 Februarie 2019 Inskrywingsgeld: R700 per koor

R485 per laerskool- junior koor

Betaal asseblief die inskrywingsgeld in die volgende ATKV-rekening:

Rekeningnaam: ATKV Bank: Absa Randburg

Tipe rekening: Tjekrekening

Rekeningnommer: 017 016 67 28

Takkode: 632 005

Verwysing: Applous EN skool se naam (bv. Applous HS Natalia)

Pos/e-pos/faks asseblief die inskrywingsvorm saam met die bewys van betaling aan: René Zietsman

Posbus: ATKV-APPLOUS, Posbus 4586, RANDBURG, 2125

Faks: 086 512 6569

E-pos: [email protected]

Hiermee verklaar ek, , dat

(Skoolhoof: Titel, voorletters en van in DRUKSKRIF asb.)

• ons kore en skool ons neerlê by die reëls van ATKV-Applous 2019; • al die koorlede tans leerders van hierdie skool is; • die persoon (persone)/instansie wat inskryf, die ATKV vrywaar van enige eise wat kan ontstaan

as gevolg van skade of verliese van enige aard wat so ’n persoon (persone)/instansie mag ly tydens die hele verloop van die kompetisie/projek.

• Ek bevestig dat die ATKV die reg voorbehou om die beeldmateriaal en foto’s wat geneem word gedurende ATKV-Applous vir bemarkingsmateriaal mag gebruik.

___________________________________ ______________________________ Handtekening van Skoolhoof Datum

Die inbetalingsvorm moet die ATKV voor of op 26 Februarie 2019 bereik.

2019

Page 13: 2019een koor 90% en meer behaal, word ’n Cum Laude aan al daardie kore toegeken. o In die hoërskoolafdeling sal die beste seunskoor, meisieskoor en gemengde koor aangewys word en

13

INSKRYWINGSVORM

Naam van skool: ____________________________________________________________________ Provinsie: _______________________________ Telefoonnommer: _________________________ Faksnommer: ___________________________ E-posadres: _______________________________ Posadres: _________________________________________________________________________ Voorkeur-e-posadres vir inligting: ____________________________________________________ Koorleier se noemnaam en van: _______________________________________________________ Selfoonnommer: _____________________ E-posadres: __________________________________ Begeleier se noemnaam en van: ______________________________________________________ Selfoonnommer: _____________________ E-posadres: __________________________________ Organiseerder se noemnaam en van: __________________________________________________ Selfoonnommer: _____________________ E-posadres: __________________________________ Ons skool gaan deelneem aan die __________________________________________ streeksfees. Dui asb. duidelik die kategorie van die koor aan (bv. Meriete Gemeng )

Laerskole

Prestige Meriete Meriete nie-Afrikaans Ope afdeling Junior koor Junior

nie-Afrikaans Nie-mededingend

Hoërskole

Prestige Meriete Ope afdeling Nie-mededingend

Meisies Seuns Gemeng

Hiermee verklaar ek, __________________________________________________, die koorleier van

________________________________________________, dat daar geen kopieregskending gepleeg

is met betrekking tot die bladmusiek wat die skoolkoor tydens ATKV-Applous 2019 sing nie.

_______________________________________ ___________________________________

Koorleier Datum

Getal koorlede: ____________

2019 Die inskrywingsvorm moet die ATKV voor of op 26 Februarie 2019 bereik.