8
2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL Datums: 22 – 31 MEI 2021

2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL€¦ · COST: €2 049 PP WAT DEEL (2 X ENKELBEDDENS / DUBBELBED) €2 855 PER ENKEL PERSOON. INLEIDING: 7 ongelooflike nagte in Porto en Lissabon

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • 2021 | LEEF JOU REIS - PORTUGAL

    Datums: 22 – 31 MEI 2021

  • COST: €2 049 PP WAT DEEL (2 X ENKELBEDDENS / DUBBELBED)€2 855 PER ENKEL PERSOON.

    INLEIDING:7 ongelooflike nagte in Porto en Lissabon – ‘n opwindende program propvol ongelooflike herinneringe in ‘n land wat meer en meer tevoorskyn tree as ‘n

    outentieke toerisme-bestemming. Hierdie land is ook al aangewys as die een plek waar jy nog ware kultuur kan ervaar…

    DAG 1: SATERDAG, 22 MEI 2021Ons maak gereed vir ons vlug en begin ons reis in Porto, Portugal!

    DAG 2: SONDAG, 23 MEI 2021Direk nadat ons geland het in die pragtige stad, Porto, vertrek ons na ons hotel, boek in en trek ‘n waslap deur die blaaie.

    Die res van die dag, is jy vry om hierdie opwindende stad, op die oewers van die Dourorivier, op jou eie te begin verken. Die stad bied bekoorlike uitsigte,

    uitlokkende promenades en hope vars lug. Gaan proe eerstehands hoekom Porto wêreldbekend is vir sy port.

    Vanaand eet ons vir die eerste keer saam in ‘n tipiese Portugese restaurant.

    Oornag in Porto. Ingesluit aandete.

    Datums: 22 MEI – 31 MEI 20212021 | PORTUGAL

  • DAG 3: MAANDAG, 24 MEI 2021Na ontbyt, verken ons Porto te voet; ontdek die plaaslike inwoners se

    gunsteling plekke en leer meer oor hul fassinerende geskiedenis.

    Later vanmiddag, gaan ons aanboord op ‘n tradisionele houtboot, die

    sogenaamde Barco Robelo, seil op die Dourorivier en verkyk ons aan die prag

    van Porto en Vila Nova De Gaia met ‘n skemerkelkie in die hand. Barco Robelo

    is een van vele soortgelyke bote, wat voorheen gebruik was, om port vanaf

    die Douro Vallei te vervoer na die wynkelders van Vila Nova De Gaia. Vanaand

    bederf Gerrie almal met die proe van plaaslike port and stel ook jou

    proeknoppies bekend aan Petiscos, tradisionele Portugese peuselhappies.

    Middagete op jou eie onkoste.

    Oornag in Porto.

    Ontbyt en aandete ingesluit.

    DAG 4: DINSDAG, 25 MEI 2021‘n Volle dag om Porto, propvol besienswaardighede, te verken. Voel vry om dit

    op jou eie te doen, of vergesel Gerrie jou na al sy gunsteling plekke. O.a.

    Livrario Lello, die uitmuntende boekwinkel wat JK Rowling se Harry Potter

    reeks geïnspireer het, asook die unieke Sao Bento treinstasie met sy blou en

    wit teëls. Ons sluit die voormiddag af by die ikoniese Bolhao Mark, wat jou

    mond sal laat water. Hierdie is die mark waar die “locals” hul inkopies doen

    en wil ons jou by Leef Jou Reis als wys. Porto is ‘n klein plekkie maar is ons

    hotel gerieflik geleë sodat jy maklik hierdie dorpie op jou eie kan verken.

    Vanmiddag is almal vry om op hul eie te verken. Gaan doen inkopies in die

    vele uitlokkende winkels; gryp jou kamera vir pragtige foto’s van die Cais de

    Ribeiro, of gaan wandel langs die promenade en asem vars lug in. Jy kan

    altyd weer op ‘n boot klim en die wynplase langs die Dourorivier gaan

    besoek, om wyn te proe en iewers middagete te geniet.

    Middag- en aandete op jou eie onkoste.

    Oornag in Porto. Ontbyt ingesluit.

    Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

    2021 | PORTUGAL

  • DAG 5: WOENSDAG, 26 MEI 2021Vandag vertrek ons na Lissabon, via Coimbra en besoek hul beroemde

    Universiteit, een van die eerstes in Europa. ‘n Besoek aan hul biblioteek is

    opsioneel. Geniet middagete voor ons vertrek na die Middeleeuse dorpie,

    Obidos.

    Die prentjiemooi Obidos, omring met ‘n Middeleeuse muur en kleurvolle

    bougainvillea en kanferfoelie wat die wit huise verfraai, sal jou asem

    wegslaan. Gaan wandel deur die ronde-klip-strate en koop geskenke vir die

    arme drommels wat moes agterbly by die huis. Maak definitief van die

    geleentheid gebruik om die plaaslike kersielikeur te proe, voor ons verder

    vertrek na Lissabon.

    Nadat ons by ons hotel ingeboek het, vat Gerrie ons na een van sy gunsteling

    plaaslike uithangplekke. Die Bairro-Alto buurt het musiek, gesellige kroeë en

    restaurant om elke hoek en draai en is dit hier waar almal van ons saam iets

    gaan drink en ‘n heildronk drink op die begin van ‘n nuwe en opwindende

    avontuur saam in die pratige stad.

    Middagete op eie onkoste.

    Oornag in Lissabon. Ontbyt en verwelkomingsdrankie ingesluit.

    DAG 6: DONDERDAG, 27 MEI 2021Ons skop af met ‘n oriënteringstoer van Lissabon; stop o.a. by Belem, waar

    Gerrie ons vir ‘n goeie 3.5 ure al sy gunsteling plekke gaan wys. Wandel in die

    tuine en drink die uitgestrekte, netjiese terreine van Mosteiro dos Jerónimos

    en Torre de Belém in. Beide hierdie geboue, verklaar as UNESCO Erfenis

    Terreine, het die verskriklike aardbewing van 1755 deurstaan en is vandag die

    mees kosbaarste historiese geboue in Portugal.

    Gaan besoek die katedraal waar Vasco da Gama glo aanbid het en waar sy

    oorskot glo begrawe is.

    Nog ‘n besienswaardigheid wat nie gemis moet word nie, is die ongelooflike

    Royal Carriage Museum. Iewers deur die dag, gaan jy bederf word met ‘n

    beroemde Belem Vlatert, “Pasteis de Belém” – jy gaan jou vingers aflek! Ons

    gaan jou ook die mooi storie agter die bekende “melktertjies / nata” van

    Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

    2021 | PORTUGAL

  • Portugal vertel wat vandag wêreldwyd bekend is.

    Ons is nog nie klaar gesmul nie… Later vanmiddag neem Gerrie ons na sy

    gunsteling, gastronomiese plek, die Time Out Mark. ‘n Fees van plaaslike,

    uitgestalde kosse wag op jou.

    Die res van die dag en vanaand is jy vry om te kom en gaan soos jy wil.

    Aandete en middagete op eie onkoste.

    Oornag in Lissabon. Ingesluit ontbyt.

    DAG 7: VRYDAG, 28 MEI 2021Verken vandag op jou eie tyd en tempo – Gerrie kan verskeie plekke aanbeveel.

    Maak van die geleentheid gebruik en neem ‘n toer na bestemmings rondom

    Lissabon, o.a. die pragtige Sintra en die wonderlike vissersdorpie, Caiscais.

    Die moontlikhede is legio vir jou tweede laaste dag in Lissabon.

    Later vanaand, neem Gerrie jou na sy gunsteling Fado restaurant, met ‘n

    tipiese Folklore en Fado vertoning, terwyl ons aansit vir aandete. Hierdie is

    ongetwyfel die beste Fado musiek wat jy ooit sal hoor en deel jy in ‘n egte

    Portugese ervaring. Lissabon het egter soveel wat jy moet beleef en is ‘n

    Trêm-Rit op Trêm 28 wat ons ten sterkste kan aanbeveel.

    Middagete op jou eie onkoste.

    Oornag in Lissabon. Ingesluit ontbyt en aandete.

    DAG 8: SATERDAG, 29 MEI 2021Ons laaste dag in Portugal. Verken en geniet die oggend op jou eie, kamera in

    die hand vir ongelooflike foto’s.

    Ontmoet Gerrie vir ons laaste middagete saam, by die oudste restaurant in

    Lissabon, Café Restaurante Martinho da Arcada, wat die beste tradisionele

    Bacalhau (wat ‘n tradisionele visgereg is van Portugal) bedien. Oppad

    daarheen, stap ons verby atmosferiese plekke en besoek die unieke Poppe

    Hospitaal en Museum. Een van die vreemdste ervarings van jou lewe wag op

    jou.

    Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

    2021 | PORTUGAL

  • Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

    Gaan geniet ‘n skemerkelkie en aandete by een van die vele kroeë / restaurante met ‘n pragtige uitsig van die brug oor die water. Of gaan snuffel rond in die

    menige klein winkeltjies.

    Vanaand ontmoet Gerrie almal vir ‘n vaarweldrankie en ruil kontakbesonderhede uit met nuwe vriende.

    Aandete op eie onkoste.

    Oornag in Lissabon. Ingesluit ontbyt en middagete.

    DAG 9: SONDAG, 30 MEI 2021Net na ontbyt, verlaat ons die hotel. Met ‘n oggend nog tot ons beskikking, gaan besoek ons die LX Factory, ‘n baie unieke mark, propvol moontlike geskenke en

    aandenkings. Jy wil dit verseker nie mis nie want hierdie ou fabriek is omskep in een van die grootste vlooimarkte van Portugal.

    Ons vertrek laatmiddag, na die lughawe vir ons vlug terug na Suid-Afrika.

    Ontbyt ingesluit.

    DAG 10: MAANDAG, 31 MEI 20211Ons land in Johannesburg. Tyd om te groet met ‘n kop vol ongelooflike herinneringe saam met Gerrie.

    2021 | PORTUGAL

  • • Ingangsfooi tot die Royal Carriage Museum.

    • ‘n Tradisionele Belem Pasteis.

    • Besoek aan die opwindende LX Factory Mark.

    • ‘n Laaste skemerkelkie met Gerrie in Lissabon.

    • Fooitjies aan toerpersoneel en busbestuurders.

    • Die dienste van ‘n Sure Voyager Travel toerbegeleier.

    • Gerrie Pretorius as uitmuntende gasheer.

    UITGESLUIT:• Retoer ekonomiese klas vliegtuigkaartjie (Johannesburg

    na Porto / Lissabon na Johannesburg).

    • Huidige lughawebelasting (onderhewig aan verandering).

    • Aandetes, middagetes en drankies (tensy gespesifiseer).

    • Addisionele toere (níé gespesifiseer).

    • Persoonlike uitgawes.

    • Opsionele uitstappies.

    • Persoonlike versekering vir persone ouer as 70jr.

    • Visums.

    • Binnelandse vlugte na en van Johannesburg.

    Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

    PRYS• €2049-00 pp wat deel (2 x enkelbeddens / dubbelbed)

    • €2855-00 per enkel persoon• Slegs landreëlings.

    • LET WEL: Die vliegtuigkaartjie van ongeveer R 12,540-00 is nie ingesluit in die bogenoemde prys en mag verander. Vir pryse op vlugte, raadpleegasseblief jou verkieste Sure Travel Reisagent.

    INGESLUIT:• Groepstoerversekering vir persone jonger as 70jr. ‘n Spesiale kwotasie

    beskikbaar vir persone ouer as 70jr.

    • Toergids.

    • Vervoer in luukse, lugversorgde busse.

    • 7 nagte se verblyf in goedgeleë 4*-hotelle: 3 nagte in Porto & 4 nagte in

    Lissabon.

    • Daaglikse ontbyt.

    • ‘n Staptoer van Porto (2 voormiddae).

    • 2 aandetes in Porto.

    • Rabelo Bootrit, plus skemerkelkie.

    • 2 aandetes in Lissabon. (Een daarvan met ‘n tradisionele Fado vertoning).

    • 1 afsluitingsmiddagete in Lissabon.

    2021 | PORTUGAL

  • Datums: 22 MEI – 31 MEI 2021

    HOE OM TE BESPREEK• Besprekings is gebasseer op ‘n ‘voorkeur aan eerste besprekings

    gemaak’-basis. Jou deposito verseker jou plek op hierdie opwindende

    toer saam met Gerrie.

    • Jou deposito van R10 000 bevestig jou bespreking. Dra asb kennis dat die gelde oorbetaal word na die oorsese operateurs en lugrederye en dat jou deposito dus “nie-terugbetaalbaar” is nie.

    • Opvolg betaling van R5000 is betaalbaar teen 01 Oktober 2020.

    • Uitstaande balans betaalbaar teen 01 Desember 2020.

    • Die prys van die toer is uitgewerk in Euro’s vir die landreëlings. Jou

    deposito’s word dadelik oorbetaal na Portugal, sodra ons dit ontvang. Jy

    sal hersiende state ontvang na elke betaling, om tred te hou met die

    uitstaande bedrag. (Die bedrae sal in Euro’s aangedui word.)

    • Die prys van die toer is gebasseer op ‘n toergroep van 42 persone. As die

    groep kleiner is, sal dit die finale prys beïnvloed. Ons hou julle deurgans

    op hoogte.

    • Die prys is gebasseerop elektroniese oorbetalings. Kredietkaart- enkontantinbetalings gaan gepaard met ‘n ekstra fooi wat nie ingesluit is bydie prys nie.

    • Ons behou die reg om die reisplan te verander, sou dit nodig wees.

    • Jou paspoort moet geldig wees vir 6 maande ná ons terugkeer, m.a.w. 02Desember 2021 en moet beskik oor ten minste 2 skoon bladsye.

    • Met u handtekening op die Leef Jou Reis besprekingsvorm, aanvaar jy die

    bepalings en voorwaardes soos uiteengesit op die Leef Jou Reis webwerf.

    Op versoek kan dit ook aan jou ge-epos word.

    • Besprekings verwysings nommer: PORTUGAL2021 + Name & Surname

    2021 | PORTUGAL