8
Liewe Ouers Ipsa scientia potestas est. Kennis is mag. Het jy geweet dat hierdie wyse woorde reeds in 1597 deur sir Fran- ces Bacon geuiter is? In die sestiende eeu het die soeke na kennis waar- skynlik gepaard gegaan met ʼn mate van ergernis. Tog was die mens se soeke na kennis magtiger as die frus- trasie wat met die verwerwing daar- van gepaard gegaan het. Deur die jare het dit al makliker ge- raak om navorsing te doen en is le- sers dikwels verstom deur feite wat hulle in boeke soos Readers Digest en die Wêreldspektrum raakgeloop het. Die interessantste feite was eg- ter nie opgesluit in boeke nie, maar op die agterkant van kleurvolle Chappiespapiertjies en terwyl kin- ders die geur van kougom geniet het, kon hulle herkou aan die wysheid op die verpakking. Alhoewel kougom gewoonlik nie by skole toegelaat word nie, is daar heelwat ooreenkomste tussen hier- die lekkerny en die akademie. Die woorde “Het jy geweet?” is nie be- perk tot die agterkant van ʼn geel- bont Chappiespapiertjie nie, maar is die tema van vele lesse en bied eksa- men, nes Chappies, die geleentheid om te herkou aan kennis wat deur die jaar versamel is. In teenstelling met Chappies, is eksamenantwoorde ongelukkig nie toegedraai in kleur- volle verpakking nie en moet dit ge- soek word tussen die magdom woorde wat in leerders se skrifte opgeteken is. Maar, met Menlo- leerders wat deur die jaar hard ge- werk het, het eksamen vir heelwat leerders darem ook ʼn soet smakie. Vir die matrieks het die tyd van her- kou aan kennis reeds aangebreek. Hulle daag vol selfvertroue by die eksamenlokale op en tree aan met die wete dat hulle die werk toe oë kan doen. Die ritmiese getik van vin- gers op toetse tydens die RTT- en IT -eksamens herinner aan kouende kakebene en mens dink opnuut aan die evolusie van die aanbied van inlig- ting wat eens deur ʼn eienaardige Chappie-karakter oorgedra is en nou slegs ʼn klik ver is. Die afgelope week op Menlo-bodem het heelwat geleentheid vir herkou en refleksie gebied. Die atletiekspan het die pad na Potchefstroom aange- pak, waar hulle die kruin van die (hitte)golf bereik het. Het jy geweet dat Menlo se atletiekspan vanjaar aan die wenkant van elke atletiekbyeen- koms was waar hulle aangetree het? Die NWU se Top-30-byeenkoms is ook nou in die sakkie en die atlete keer terug met entoesiasme, opge- wondenheid en die vooruitsig om 2020 se atletiekseisoen nog groter op te blaas. Chappies is waarskynlik nie meer so deel van kinders se lewens soos der- tig jaar gelede nie. Die gestreepte papiertjies wat lukrake feite en bor- relblaaskompetisies oopgevou het, het plek gemaak vir nuwe geure, ak- tiwiteite en inligting. Deesdae dis selfoontoepassings interessante feite op en lewer dit inligting vinniger af as wat ʼn kougomborrel bars. Tog begin baie lesse steeds met “Het jy ge- weet?” en is die soeke na antwoorde die onderbou van onderrig. Na byna 60 jaar is Menlopark se kin- ders leergierig, nuuskierig en geïnte- resseerd. Hier word tong in die kies geleer en inligting met ʼn vonkel in die oog gedeel. Die antwoordstelle word ingehandig en die oorweldigen- de reaksie is... “Ek het geweet!” Sterkte met die eksamen! HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING 33/2019

33/2019 - menlopark.co.za

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 33/2019 - menlopark.co.za

Liewe Ouers

Ipsa scientia potestas est. Kennis is mag. Het jy geweet dat hierdie wyse woorde reeds in 1597 deur sir Fran-ces Bacon geuiter is? In die sestiende eeu het die soeke na kennis waar-skynlik gepaard gegaan met ʼn mate van ergernis. Tog was die mens se soeke na kennis magtiger as die frus-trasie wat met die verwerwing daar-van gepaard gegaan het.

Deur die jare het dit al makliker ge-raak om navorsing te doen en is le-sers dikwels verstom deur feite wat hulle in boeke soos Readers Digest en die Wêreldspektrum raakgeloop het. Die interessantste feite was eg-ter nie opgesluit in boeke nie, maar op die agterkant van kleurvolle Chappiespapiertjies en terwyl kin-ders die geur van kougom geniet het, kon hulle herkou aan die wysheid op die verpakking.

Alhoewel kougom gewoonlik nie by skole toegelaat word nie, is daar heelwat ooreenkomste tussen hier-die lekkerny en die akademie. Die woorde “Het jy geweet?” is nie be-perk tot die agterkant van ʼn geel-bont Chappiespapiertjie nie, maar is die tema van vele lesse en bied eksa-men, nes Chappies, die geleentheid om te herkou aan kennis wat deur die jaar versamel is. In teenstelling met Chappies, is eksamenantwoorde ongelukkig nie toegedraai in kleur-volle verpakking nie en moet dit ge-soek word tussen die magdom woorde wat in leerders se skrifte opgeteken is. Maar, met Menlo-leerders wat deur die jaar hard ge-werk het, het eksamen vir heelwat leerders darem ook ʼn soet smakie.

Vir die matrieks het die tyd van her-kou aan kennis reeds aangebreek. Hulle daag vol selfvertroue by die eksamenlokale op en tree aan met

die wete dat hulle die werk toe oë kan doen. Die ritmiese getik van vin-gers op toetse tydens die RTT- en IT-eksamens herinner aan kouende kakebene en mens dink opnuut aan die evolusie van die aanbied van inlig-ting wat eens deur ʼn eienaardige Chappie-karakter oorgedra is en nou slegs ʼn klik ver is.

Die afgelope week op Menlo-bodem het heelwat geleentheid vir herkou en refleksie gebied. Die atletiekspan het die pad na Potchefstroom aange-pak, waar hulle die kruin van die (hitte)golf bereik het. Het jy geweet dat Menlo se atletiekspan vanjaar aan die wenkant van elke atletiekbyeen-koms was waar hulle aangetree het? Die NWU se Top-30-byeenkoms is ook nou in die sakkie en die atlete keer terug met entoesiasme, opge-wondenheid en die vooruitsig om 2020 se atletiekseisoen nog groter op te blaas.

Chappies is waarskynlik nie meer so deel van kinders se lewens soos der-tig jaar gelede nie. Die gestreepte papiertjies wat lukrake feite en bor-relblaaskompetisies oopgevou het, het plek gemaak vir nuwe geure, ak-tiwiteite en inligting. Deesdae dis selfoontoepassings interessante feite op en lewer dit inligting vinniger af as wat ʼn kougomborrel bars. Tog begin baie lesse steeds met “Het jy ge-weet?” en is die soeke na antwoorde die onderbou van onderrig.

Na byna 60 jaar is Menlopark se kin-ders leergierig, nuuskierig en geïnte-resseerd. Hier word tong in die kies geleer en inligting met ʼn vonkel in die oog gedeel. Die antwoordstelle word ingehandig en die oorweldigen-de reaksie is... “Ek het geweet!”

Sterkte met die eksamen!

HANNALIZA FECHTER BEMARKING EN SKAKELING

33/2019

Page 2: 33/2019 - menlopark.co.za

Ouers word herinner aan die gebedsbyeenkoms wat Donderdae vanaf 07:30 tot 08:30 in die koshuis se sitkamer plaasvind. Navrae kan gerig word aan 083 543 3959.

Luk. 7:37-38 (NLV)

“Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.”

25/10 Eksamen: Gr. 12

28/10 Somereksamen: Gr. 10 – 12 tot 29/11. Klik gerus hier vir die eksamenrooster.

30/10 Revue: Ouerinligtingsaand (Ouditorium, 18:00)

31/10 Rugby: Laerskole Sewes

2020-kwartale

(13) 15 Januarie tot 20 Maart 31 Maart tot 12 Junie 7 Julie tot 18 September 29 September tot 2 (4) Desember

Let wel: Beheerliggaamverkiesing en goedkeuringsvergadering

Alle ouers word herinner aan die beheerliggaamverkiesing en goedkeuringsvergadering vir die 2020-begroting wat op 5 November 2019 om 18:00 in die skool se Ouditorium sal plaasvind.

Om te verseker dat die verkiesing en begrotingsvergadering glad verloop, moet ʼn kworum (15% van die skool se ouers) teenwoordig wees.

Die skool neem dus hiermee die vrymoedigheid om u vriendelik te versoek om 5 November ʼn draai in die Oudi-torium te kom maak.

Help deur koop

SPAR Glenfair en Menlopark Superspar is getroue ondersteuners van ons skool en dra gereeld by om ons liefdadigheidsfonds te verstewig. Ons moedig ouers aan om hulle be-taalstrokies in die poshokkies voor in die SPAR winkels te plaas, sodat ons ander kan by-staan.

Page 3: 33/2019 - menlopark.co.za

Nuwe momentum vir Menlo-alumni!

Die tyd het aangebreek om nuwe mo-mentum aan Menlo se alumni te gee! Ons beoog om vir oud-Parkies hier by Menlo ʼn ruimte te skep waar hulle kan kom kui-er en gesig wys. Dis om hierdie rede dat ons graag vir me. Gisela Rolfes by Menlo verwelkom.

Me. Rolfes is vanaf 1 November die skakelbeampte van die nuutgestigte Menlo-stigting en het groot planne om gestalte te gee aan ʼn oud-Parkiebond. Die Menlo-stigting sal onder meer verantwoordelik wees vir die Menlo-alumni en die Menlo-stigting se administrasie van spesifieke befondsingsprojekte.

Oud-Parkies keer graag terug na hulle Menlo-wortels en soos die 15 onderwysers in die foto hieronder, is me. Rolfes self ʼn oud-Parkie. Sy is reeds baie jare nou betrokke by die bemarking van Menlo en verstaan die Menlo-manier gewis! Ons moedig almal, veral ons ma-trieks van hierdie jaar, aan om die woord aan al die oud-Parkies te versprei en dat hulle kontak maak met me. Rolfes by 078 727 4647. Baie wel-kom, me, Rolfes!

Menlo, ons sal jou altyd onthou!

Mama, Ich kan backen

Op YouTube het dit so maklik gelyk: Bestrooi jou werkop-pervlak met meel, knie die degie en rol jou Brezel lekker lank uit! Dan is dit knoop, met eiergeel verf, lekker growwe

sout oorgooi, en siedaar... jou Brezel is klaar!

Na ʼn periode se gestoei met ʼn rolletjie deeg wat ʼn lewe van sy eie het en plek-plek verseg om saam te werk, kon die panne met hul kosbare vrag eindelik koshuis toe gedra word vir die bakproses.

Pouse was daar ʼn samedromming van ʼn paar meelbe-smeerde graad 9’s wat nie kon wag om te sien of hul-le Brezel wel aan die vereistes van die legende vol-doen nie. Volgens oorlewering moet ʼn mens die son driemaal deur die openinge in die Brezel kan sien skyn...

Te oordeel aan die kiekie hierbo, was sommige Bre-zels perfek en sou dit selfs vir Tante Irmela van München van oor tot oor laat glimlag het! Ander sou dalk net die stasiekafee as Brötchen gehaal het, maar enige varsgebak smaak vorentoe en almal was dit eens: Deutsch macht Spaβ!

Menlo-groet ’n Wiskunde-wysgeer

Die wyse Prediker het gesê daar is ʼn tyd van kom en ʼn tyd van gaan. Meneer Henk Smit, geliefde Wiskunde-onderwyser en departementshoof het twaalf jaar gelede sy Menlo-reis begin en vanjaar is dit tyd vir sy aftrede.

Gewapen met wiskundekennis wat selfs vir Pythagoras sou verstom, hope geduld en ʼn vlymskerp humorsin, het mnr. Smit deur die jare etlike duisende leerders gehelp om ʼn Eureka-oomblik in Wiskunde te beleef.

Leerders wat al deur mnr. Smit se klaskamer beweeg het, beskryf hom as ʼn superwese wat dit regkry om wit-bordpenne van onmeetlike afstande steeds in die vullisdrom te laat beland, perfekte reguitlyne met die vryhand te trek en ʼn liefde vir Wiskunde by leerders te kweek. Volgens die Wiskundedepartement is die saggeaarde meneer ʼn bron van wysheid onder wie se leiding hulle kon gedy.

Na twaalf jaar op die Menlo-skoolbanke wink daar nou ʼn nuwe fase met vooruitsigte van reis en luilekker dae saam met die kleinkinders. Ons is dankbaar vir die sagte voorbeeld wat meneer Smit gestel het en sal na sy pit-tige kwinkslae verlang.

Meneer Smit, mag die wysers van Vader Tyd stadig aanstap sodat u elke uur met sestig sinvolle minute kan vul na ʼn loopbaan vol hoogtepunte.

Meneer, ons groet u nou, maar hoop om u sommer gou weer op Menlo-bodem raak te loop.

Page 4: 33/2019 - menlopark.co.za

Menlo-redenaars: Radikaal goed

Hier by Menlo is ons bederf met puik prestasies van ons redenaars. Hier-die jaar was geen uitsondering nie en verskeie Parkies het uitstekend ge-vaar by die Radikale Redenaarskompetisie waar hulle aan die Afrikaanse, Engelse en Tweetalige afdeling deelge-neem het. Die kompetisie strek oor verskeie rondes en menige redenaars dring jaarliks deur na die Gauteng-finaal en die Nasionale ronde.

Matt Lombaard (graad 11) wen die Tweetalige afdeling in die Nasionale rondte vir die derde agtereenvolgende jaar! Dinah Motileni (graad 8) behaal ʼn tweede plek Nasionaal in die Afrikaans Addisionele Taal en Milandri Schutte (graad 8) behaal ʼn tweede plek in die afdeling vir Afrikaans Huistaal.

Baie geluk aan hierdie leerders, asook die onderwysers wat betrokke is by redenaars, met hierdie uitnemende prestasie.

Gute Reise, Menloparkers!

Baie geluk aan die volgende Menloparkers wat gekeur is om deel te neem aan die FSA Youth Exchange se uit-ruilprogramme na Duitsland!

Ons driemaande-uitvoerprodukte is: Kiara Liebenberg (Münster), Amelie Lubbe (Hamburg), Cristelle Oerlemans (Leipzig) en Vianca Hattingh (Salzgitter). Hulle vertrek reeds op 30 Oktober en keer eers op 9 Januarie 2020 terug. Yra Vogelsang en Kayla Carreira neem deel aan die seswekeprogram wat van 27 No-vember tot 9 Januarie strek en sal binnekort hoor waarheen hulle gaan.

Omdat dit ʼn uitruilprogram is, behels dit natuurlik dat ons uitruilstudente ook as gasgesinne moes optree vir ʼn paar Duitsertjies wat ʼn rukkie lank in Menlopark skooluniforms moes klim! Die weersiens tussen gas-broers en -susters in Duitsland is dan altyd ook ʼn groot vreugde. Die Duitsleerders gaan by gasgesinne tuis wat kinders van hoërskoolouderdom het en gaan dan saam

met hulle skool en word een van die gesin. Dit verg natuurlik ʼn sekere mate van dapperheid om so in ʼn (min of meer) vreemde taal, in ʼn vreemde land en in ʼn vreemde gesin aan te pas en emosies wissel voor die uitruil dikwels tussen: “Ek kan nie meer wag nie!” tot “Ek wil nie meer gaan nie!” Wanneer die eerste Face-bookfoto’s verskyn van ons leerders, wat in die sneeu by ʼn kersmark staan en “Glühwein” drink en “Bratwurst” eet, is daar egter net een emosie: “Wunderbar!”

Of jy nou saam met jou gasgesin die hange van die Alpe op ski’s gaan aandurf, en of jy op Kersdag “Stille Nacht, heilige Nacht” in ʼn duisendjaaroue kerk sing, die pro-gram bied ongelooflike geleenthede vir persoonlike groei en ontwikkeling. Natuurlik is die kennis van die Duitse taal wat die uitruilstudente opdoen ook nie te versmaai nie!

Ons is ongelooflik trots op ons Menlo-uitvoerprodukte en weet sommer hulle gaan ons trots maak!

Goethe Zertifikat B1 en B2

Om Duits as vak te neem is voorwaar groot pret, maar die Duitsleerders bak beslis nie net mooi broodjies nie. Daar word definitief ook hard gewerk om seker te maak dat die leerders Duits in die toekoms kan gebruik. Om-dat die sillabusse vir die aanleer van tale van land tot land verskil, is daar be-sluit op ʼn internasionale gradering van die vaardigheidsvlakke van alle tale. Volgens hierdie raamwerk is A1 die beginnersvlak en A2 so min of meer ons graad 11-vlak. B1 is weer so ʼn bietjie moeiliker as ons graad 12-vlak en B2 is min of meer gelykstaande aan graad 12-huistaalvlak.

ʼn Leerder wat Duits op vlak B1 geslaag het, kan in aanmerking kom vir GRATIS studie aan technikons en kolleges vir ambagte in Duitsland. ʼn B2-sertifikaat gee toegang tot GRATIS universiteitstudie (ook vir buitelanders) in Duitsland! Ook wanneer aansoek gedoen word om beurse of werk by Duitse firmas in Suid-Afrika, is ʼn B1- of B2- sertifikaat op jou CV van on-skatbare waarde.

Baie geluk aan Emma Marais, Erica Naude en Kevin Pretorius wat die B2-eksamen geslaag het. Wat Kevin se prestasie so merkwaardig maak, is dat hy hierdie jaar maar in graad 11 is!

Hercu Rossouw, Heinrich Henn, Carli Schnetler, Bianca Kuhn en Etienne Cronje (almal graad 12) slaag ook die B1-eksamen met vlieënde vaandels.

Page 5: 33/2019 - menlopark.co.za

Graad 9

Dogters Anika de Klerk, Danique de Souza, Sheliza de Wet, Isabelle du Plooy, Barbara du Toit, Megan Erasmus, Zea Ferreira, Zani Malan, Lara Scholtz, Milandri Schutte, Lilan Swanepoel en Anjo Viljoen.

Seuns Hanno du Toit, Regardt Grobler, Pieter Louw, Janko Lubbe, Christiaan Mook, Bernu Pieters, Antonie Pieterse, Marco Strydom, Regardt van Biljon, Stefan van der Bijl, Dannhauser van der Merwe en Reicke Venter.

Graadleiers: Sheliza de Wet en Dannhauser van der Merwe

Graad 10

Dogters Cherise Botha, Anika Diemont, Carmie du Preez, Chantelle Ferreira, Robynne Ferreira, Evah Fourie, Zani Niemand, Louise Pont, Jana Retief, Jeannedre Rosewall, Jada van Niewenhuizen, Nicola Vermeulen en Frances Wessels.

Seuns Ryan Bam, Corne Burger, Kristen de Bruin, Deacon du Preez, Hendre du Toit, Jaco Groothof, Retief Hofmeyr, PR Human, Leo Lategan, Dennis McDonald, Tshifhiwa Musenwa, Ian Smith en Johannes van Jaarsveld.

Graadleiers: Nicola Vermeulen en PR Human

Graad 11

Dogters Estri Albertyn, Hanlie Botha, Lauren Coetser, Milan Colyn, Mila Compaan, Amoné du Toit, Marnel Janse van Rensburg, Mareli Jordaan, Doné Lategan, Karmen Maritz, Leanné Rademeyer en Yvonne Slippers.

Seuns Hanco Benade, Christiaan Daniels, Stéfan Hamman, Henco Jacobs, Keanu Kriek, Friedrich Leuschner, Johnny Lochner, Matt MacDonald, Sam Mbuyane, Alrich Smit, Vihan Wentzel en Zander Wolmarans.

Graadleiers: Lauren Coetser en Christiaan Daniels

2019: Atletiekseisoen met vele hoogtepunte

Die Menlo-atlete het vanjaar se seisoen op ʼn hoogtepunt afgesluit by die Twizza NWU Top-30-byeenkoms wat in Potchefstroom plaasgevind het. Die atlete is besig om Die Hoërskool Menlopark te vestig as ʼn atletiekkrag waar-mee rekening gehou moet word, nadat die Menloparkers vir die soveelste maal vanjaar as wenners van die baan gestap het.

Hier volg die uitslae:

Dogters 1. Die Hoërskool Menlopark; 2. AHMP; 3. Hoërskool Randburg

Seuns 1. AHS; 2. Prestige Kollege; 3. Die Hoërskool Menlopark

Algeheel 1. Die Hoërskool Menlopark; 2. Prestige Kollege; 3. Helpmekaar

Die atlete se individuele uitslae was eweneens skitterend. Baie geluk aan die atlete wat prestasies bo 1 000 punte op die ABSA-tabel behaal het:

Seuns: Hanru Potgieter, Werner Bezuidenhout, Aiden Smith, Dwayne Smith, Reynard Strauss, Kevin Locke, Nielen Visser, asook die 4 x 400 m-aflos (seuns o. 15). Dogters: Megan Erasmus, Alicia Khunou, Savannah Visser, Cellonika vd Berg, Lesedi Khunou en Bodine Degli-Umberti.

Parkieraad vir 2020 verkies

Die Parkieraad speel ʼn belangrike rol in die dag-tot-dag bestuur van die skool en dien as skakel tussen die perso-neel en die leerders. Baie geluk aan die volgende leerders wat tot die 2020-Parkieraad verkies is:

Page 6: 33/2019 - menlopark.co.za

Krieketseisoen nader einde

Die Menlo-krieketspanne het die mededingers verlede week weer uitgeboul met uitstekende krieket waar die kolf hoofsaaklik die praatwerk gedoen het. Loer gerus na die puik kolf– en boulsyfers van die o. 15A-span.

Hier volg die uitslae:

Menlopark 1ste XI vs Waterkloof 1ste XI Menlo 172 almal uit (Christiaan Daniels 62, Milahn Martin 44) Waterkloof 177/7 (Sebastian Strydom 3/35) Waterkloof wen met 3 paaltjies.

Menlopark 2de XI vs Waterkloof 2de XI Waterkloof 346/5 (Marco van Wyk 3/61) Menlo 347/5 (Justin Fourie 96, Kevin Pretorius 71*) Menlo wen met 5 paaltjies.

Menlopark o. 15 A vs Waterkloof o. 15 A Menlo 164 almal uit (Waldo Meintjes 86*, Chris Koekemoer 36) Waterkloof 140 almal uit (Chris Koekemoer 3/22, Dennis McDonald 3/29) Menlo wen met 24 lopies.

Menlopark 3de XI vs Midstream 2de XI Midstream 257/5 (Michael van der Westhuizen 2/27) Menlo 149 almal uit (Duan St Arnaud 80) Midstream wen met 108 lopies.

Oudkoorlede sing nou in Camerata-koor

Alhoewel die volgende drie matrikulante nog verbonde is aan Die Hoërskool Menlopark, is hulle oudkoorlede en, wanneer hulle op die koorbanke staan vir hulle eerste TUKS Camerata-optrede, sal hulle tel onder Menlo-alumni.

Baie geluk aan Lisa Becker, Sydney Broadhurst en Caelynn Palmer wat hulle pad tot in die TUKS Camerata-koor oopgesing het. Hierdie drie nagtegale bevind hulle nou in uitgelese geselskap met talle groot name in die musiek-wêreld wat eens deel van hierdie koor was.

Voorseisoen op dreef vir wintersportsoorte

Alhoewel die Jakarandastad vandeesweek gebuk gegaan het onder ʼn versengende hit-tegolf, is die voorseisoenoefeninge vir die onderskeie wintersportsoorte goed op dreef. Alle nie-atlete is welkom om die oefeninge by te woon en ook fiks te word vir die komende seisoen.

Kontak gerus die volgende persone vir meer inligting:

Netbal: Me. Hanlie Oberholzer by [email protected] of me. Jenni-Lee Delport by [email protected]

Seunshokkie: Mnr. Wayne Coetzee by [email protected]

Dogtershokkie:Mnr. Warren Sangster by [email protected]

Rugby: Mnr. Dean van der Watt by [email protected] of mnr. Kwagga Loubser by [email protected]

Page 7: 33/2019 - menlopark.co.za

WOONSTEL TE HUUR

4 de Straat 39, MENLOPARK

3 Slaapkamers

2 badkamers,

Gerieflike kombuis

Sit-eetkamer

Groot stoep

Braaiplek & mede-gebruik van

swembad,

Aparte ingang met skadunet

parkering.

VERHURING PER MAAND:

R11,000 Water/elektrisiteit is

ingesluit

072 2030050 OF 082 7898771

Page 8: 33/2019 - menlopark.co.za

Kan u help met ʼn

saamrygeleentheid?

Wanneer? 2020—

soggens en smiddae.

Waarheen? Lynnwood

Glen (Glennwoodweg)

Skakel asseblief 071 867

1735 indien u kan help.

Het jy vergeet om planne te maak

vir jou matriekvakansie?

Skakel 079 704 1962 as jy be-

langstel in ʼn bootvakansie.

Datum: 2 tot 6 Desember op

die MSC Orchestra.