31
50 Klofie Klets 19 / 2021

50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

50

Klofie Klets 19 / 2021

Page 2: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

‘n Hartlike goeiedag uit die hartskamer van Klofieland!

God het ons nie hier op aarde gesit om te misluk nie. Ek kan vir jou sê: vertrou op jouself - glo in wat jy doen en

bowenal, wees 'n persoon van integriteit. Dit hang van jou af, en niemand anders nie, hoe jou lewe ontwikkel. Wat

ons word, wie ons is, en die voetspoor wat ons in die lewe sal laat, is geheel en al op ons eie vasberadenheid, harde

werk, opvoeding en opoffering gebaseer. Ons hemelse Vader verwag die beste van elkeen van ons. Ons moet aan

onsself glo. Moenie ingee as dit moeilik gaan nie. Jy lê die grondslag vir 'n groot werk, en dit is jou lewe. Besluit wie

jy is en wat jou doelwitte behels.

Foute en mislukkings is mos nou nie iets waaroor ons graag praat nie, tog is dit ook nie iets wat jy kan ontduik nie.

Almal maak foute. Om die waarheid te sê, mislukking en sukses is twee kante van dieselfde muntstuk. Geen mens

kan sonder mislukkings sukses behaal nie.

Foute sal insluip. Verkeerde besluite word gemaak en soms werk dinge nie uit soos dit moet nie. Dit gebeur. Dis

die lewe. Wat belangrik is, is hoe jy daarop reageer. Gaan jy in jou hoekie sit en huil en nooit weer wil probeer nie,

of gaan jy daaruit leer, jou fout erken, opstaan en aangaan?

Sien elke val en opstaan as ‘n leerproses. Gaan dink ‘n bietjie mooi; wanneer het jy die meeste verander, gegroei of

die grootste besluite geneem? Die kanse is goed dat dit was nadat jy een of ander vorm van ‘n krisis of trauma

deurleef het. Iemand het eenkeer gesê dis niks om te val nie, maar as jy val, draai dadelik om, sodat jy die lig kan

sien. Moet net nie met jou gesig in die modder bly lê nie. Moenie soos ‘n strandbal wees wat lig en vrolik deur die

lewe bons, maar met die geringste doring of klip stukkend gesteek word en dan leweloos bly lê nie. Wees soos ‘n

muurbalballetjie, maak nie saak hoe hard jy dit teen die muur slaan nie, dit bons altyd weer met groter spoed terug.

Gebruik jou terugslae tot jou voordeel. Leer daaruit en gaan aan. Jy weet mos wie jy in Christus is en dat God groot

planne vir jou lewe het!

Dit het onder ons aandag gekom dat daar mense is wat hulleself as ouers voordoen en konflik op die graadgroepe

se WhatsApp-groepe veroorsaak. Daar is reeds sodanige mense van die groepe verwyder, maar indien u bewus is

van só ‘n persoon, verwittig asseblief dadelik die skool.

Neem asseblief kennis dat, indien u kind(ers) vir ‘n tydperk van die skool afwesig gaan wees, dat u u kind(ers) moet

registreer. Die registrasie is ‘n elektroniese wyse waarop ons graadhoofde die doktersbriewe kan ontvang en u

kind(ers) op die afwesigheidsgroep op TEAMS vir belangrike skoolwerk kan plaas. Die skakels om u kind(ers) te

registreer is vederaan in die Klets.

Baie geluk aan die Akademiese Top 20-leerders vir Kwartaal 1. Harde werk word beloon! Baie geluk aan die RTT-

leerders wat aan die RTT-olimpiade deelgeneem het en goeie uitslae behaal het. Baie dankie aan almal wat

deelgeneem het.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Mnr. C.H. Denysschen [email protected]

012 347- 0277

Page 3: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

Baie geluk aan mnr. Tiaan Gomes en Francois Delport, ‘n graad 11-leerder, met hulle uitstekende eerste plekke

tydens die PSE 3D-uitnodigingskyfskiettoernooi. Kloof is voorwaar trots op julle! Baie geluk aan Nadia Gouws en

Jacques Slabbert met julle goeie prestasie tydens die Mpumalanga Nut & Bolt-tennistoernooi.

Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr.

Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was so seker die tafeltennisgroep sal die koshuis wen. Baie dankie

aan almal wat deelgeneem het!

Baie geluk aan Etienne Krös met jou goeie prestasie tydens die SA Enduro Cup-fietswedren. Baie sterkte met jou

voorbereiding vir die SA Enduro Champs. Baie geluk aan al die gholfspelers met baie goeie uitslae tydens verskeie

gholftoernooie.

Baie sterkte aan me. Bonnie Joyce en mnr. Alet Kieser met julle reëlings vir die Landloop-Inter wat Saterdag, 12

Junie plaasvind. Sterkte aan al die leerders wat deelneem.

Die Assesseringsprogram vir Kwartaal 2 verskyn verderaan in die Klets. Die Toetsrooster vir Kwartaal 2 asook

die Summatiewe Assessering-rooster verskyn ook verderaan in die Klets. Vergewis uself van die toetsdatums

sodat u kan toesien dat u kind deeglik vir elke vraestel voorberei. Gedurende Julie is daar ook Winterskool vir die

graad 12-leerders. Maak asseblief seker dat u kind die klasse bywoon.

Die Akademiese Werk vir hierdie afgelope week, sowel as vir die week 14 tot 18 Junie, word as ‘n aanhangsel saam

met die Klets op die D6-toepassing beskikbaar gestel. Vir die leerders wat in kwarantyn of isolasie geplaas is, of

dalk siek of beseer is, is daar ‘n TEAMS-groep in elke graad geskep waar die vakonderwysers die werk wat in die

klas gedoen word, laai.

Ons vra u as ouers om GROOT ASSEBLIEF alle partytjies en kuiers te beperk, of ten minste klein te hou. COVID-

19 is hier, die derde vlaag is hier, en dit is ons verantwoordelikheid om toe te sien dat ons alles in ons vermoë doen

om ons leerders, personeel, ouers en gemeenskap veilig te hou. Maar ons ouers moet asseblief ons hande in dié

verband sterk maak …die verantwoordelikheid kan nie slegs die skool s’n wees nie! Ons beleef baie uitdagings

vanweë COVID-19.

Beperk partytjies en kuiers! Die COVID-19-pandemie is NOG GLAD NIE VERBY NIE en ons moet

asseblief glad nie nou ons veiligheidsmaatreëls verslap nie. Wees asseblief veilig!

Ouers moet asseblief toesien dat hulle kind(ers) soggens die Scadsys-vraelys beantwoord

en hulle moet dit asseblief EERLIK beantwoord. Indien u kind(ers) koors, of ‘n keelseer het,

óf naar is, of ‘n loopneus het, of enige simptome toon wat op die vraelys voorkom, moet u

kind ASSEBLIEF “JA” by die betrokke vraag antwoord en BY DIE HUIS GEHOU WORD!

Hulle MOET asseblief nie toets kom skryf indien hulle siek voel nie! Daar is reëlings

in plek vir ‘n Sieketoets. U kind(ers) mag alleenlik met ‘n doktersbrief weer by die skool

toegelaat word.

Indien enigiemand in die huis, of iemand met wie u in kontak was, wag vir COVID-

19-toetsuitslae, moet u kind(ers) asseblief NIE skool toe kom NIE!

U moet asseblief die vrymoedigheid hê om die skool te kontak indien u enige vrae het of

onseker is oor enigiets.

Page 4: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

Indien u kind oneerlik met die invul van die COVID-19-vraelys op Scadsys is, gaan u kind

DISSIPLINÊR VERHOOR en dienooreekomstig gestraf word.

Indien leerders in isolasie geplaas is MAG HULLE NIE DIE HUIS VERLAAT NIE!

Ons versoek ook dat ons ouers sal toesien dat die leerders verantwoordelik optree. Hulle MOET DEURENTYD ‘n

MASKER dra en GEREELD HULLE HANDE MET ONTSMETTINGSMIDDEL ONTSMET. VOOR SKOOL EN

TYDENS POUSE MOET ‘N SOSIALE AFSTAND VAN MINSTENS 1 M TUSSEN LEERDERS GEHANDHAAF

WORD. Ouers...help ons asseblief! Die HELE skool word blootgestel…nie net die ouers en die

leerder nie. Dit kring uit na elke personeellid en almal wat by die skool betrokke is.

Baie dankie vir u begrip en dat ons op u lojale ondersteuning kan staatmaak.

Hier by Klofies is ons ‘n hegte gesin. Ons koester en beskerm mekaar. Raak betrokke by Kloof en word ‘n gelukkige

Klofie wat geliefd voel.

‘n Geseënde naweek word u toegewens en onthou om saam met u familie na die sterre te kyk en die skoenlappers

raak te sien.

Page 5: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

ONBEKENDE DEPOSITO’S

SKOOLGELD 2021

1. Ouers moet jaarliks ‘n nuwe debietorder voltooi. Debietorders gaan deur Stratcol hanteer word.

Debietorders is op die toep, kommunikeerder en by die kantoor beskikbaar. Aftrekkings word vanaf Januarie

tot November op die 1ste / 15de / 25ste dag van elke maand vanaf u rekening verhaal.

2. Rekeningstate kan ook besigtig word op die Scadsys (Scadco) webblad. Die besonderhede om in te teken is

as volg:

GAAN NA DIE SCADCO WEBBLAD: www.scadco.co.za

* Klik op Login

* Klik op Parent/Account Holder

* Indien u nog nie op die stelsel geregistreer het nie, kan u die Register here ....-opsie kies en

ná registrasie die stappe hieronder volg

As u reeds op 'n vorige geleentheid geregistreer het kan u die onderstaande stappe volg:

STAPPE:

* Klik op Parent/Account Holder

* Sleutel die volgende velde in:

* Reference Number 0006

* Account Number (student number) (u kind se leerdernommer)

* Password wat uself geskep het of indien u nie die wagwoord kan onthou nie kan u die

reset password-opsie gebruik

Indien u enige probleme ondervind met die Scadco Webblad word u versoek om 'n e-pos aan

[email protected] te stuur.

ONBEKENDE DEPOSITO’S

NEEM ASSEBLIEF KENNIS!!

Die volgende inbetalings met foutiewe verwysings is in ons bankrekening inbetaal en kan nie geallokeer word nie:

Die persone verantwoordelik vir die inbetalings word versoek om die skool te kontak sodat ons die korrekte allokering

kan doen.

WHATSAPP-GROEPE

Die skool het bewus geword van mense wat hulleself as ouers voordoen en konflik op die graadgroepe se

WhatsApp-groepe veroorsaak. Daar is reeds mense, waarvan die skool kennis geneem het, van die groep(e)

verwyder. Verwittig die skool asseblief dadelik indien u bewus is van só ‘n persoon.

Daar is ook mense wat onwaarhede op die groepe versprei. Sulke mense gaan dadelik van die betrokke groepe

verwyder word.

Indien daar enige onduidelikheid oor aangeleenthede by die skool is, kontak gerus die skool om sekerheid te

kry, eerder as om stories te versprei.

Page 6: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

REGISTRASIE VAN LEERDERS WAT

AFWESIG IS

NEEM ASSEBLIEF KENNIS!

Indien u kind(ers) tydens die kwartaal vir ‘n tydperk afwesig gaan wees, moet u asseblief u kind(ers) registreer. Hierdie

registrasie is ‘n elektroniese wyse waarop ons graadhoofde die doktersbriewe kan ontvang en u kind op die

afwesigheidsgroep op TEAMS vir belangrike skoolwerk kan plaas.

Volg net die onderstaande skakel vir u kind se relevante graad waarin hulle tans is.

Graad 8: https://forms.office.com/r/03pYhZZ2Pw

Graad 9: https://forms.office.com/r/qJfUG07ZU2

Graad 10: https://forms.office.com/r/LmzsJv1AkY

Graad 11: https://forms.office.com/r/ge1SvKhZtS

Graad 12: https://forms.office.com/r/J7ZQAq4DeY

Page 7: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

HOE WERK DIE TOEGANG EN SKANDERINGSPUNTE? Lees asseblief noukeurig deur die volgende stappe.

Stap 1 → Voltooi die SCADSYS-vraelys by die huis.

• DIE LEERDER MOET ALLE VRAE OP DIE SCADSYS-VRAELYS REEDS IN DIE

OGGEND VOOR HY/SY DIE HUIS VERLAAT, VOLTOOI.

• Vul asseblief die vrae eerlik in. Enige oneerlikheid kan tot debietpunte of ‘n dissiplinêre verhoor lei.

• Indien alle vrae nee geantwoord word en die skermpie is groen, mag

die leerder skool toe kom.

• As enige van die vrae ja geantwoord word en die skermpie rooi is mag

die leerder nie skool toe kom nie.

Rooiskermpie, hoe nou?

Hier is moontlike redes vir rooiskermpies en wat om te maak:

• Die leerder het een of meer van die simptome (voel siekerig) en moes

ja antwoord op van die vrae. Die leerder moet die COVID-toets en

isolasieriglynedokument se instruksies volg. Die leerder moet self

met sy betrokke onderwysers reël om die werk via TEAMS te ontvang.

• Die leerder moes ja antwoord omdat hulle ‘n partytjie bygewoon het.

Stuur asseblief ‘n e-pos na [email protected] met die nodige

inligting: wie was by die partytjie, het enige iemand wat by die partytjie was simptome getoon, is daar

met of sonder maskers gesosialiseer. Verdere instruksie sal volg; tot dán mag die leerder nie skool toe

kom nie.

• Iemand in die leerder se gesin, of persoon wat in dieselfde huis woon, het positief getoets of wag tans vir

hul uitslae. Laat weet asseblief die leerders se graadhoof en stel [email protected] in kennis.

• Die leerder is geïdentifiseer as ‘n kontak van ‘n positiewe geval en moet kwarantyn. Meer oor kwarantyn

sal in die COVID-toets en isolasieriglynedokument gevind word.

• Die leerder het per ongeluk ja in plaas van nee op ‘n vraag geantwoord. Ons maak staat op die leerder

se eerlikheid. Indien dit werklik ‘n fout was, mag die leerder skool toe kom en die geval net by die hek

aanmeld.

• Enige navrae rakende rooiskermpies kan aan [email protected] gerig word.

COVID-19-NUUSFLITS

HOËRSKOOL WATERKLOOF COVID-19-PROTOKOL

TOEGANG- EN SKANDERINGSRIGLYNE

Page 8: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

GROENSKERMPIE, WAARHEEN NOU?

STAP 2 → Meld aan by die skanderingspunte:

DIE LEERDER MOET NA DIE REGTE SKANDERINGSPUNT BEWEEG: • Graad 8 en 9 → Die hek onder die afdakke, voor die Sportburo.

• Graad 10 → Agter die wagte se gazebo; julle kom by die sporthek se voetgangerhekkie in.

• Graad 11 → Die voetgangershek langs die hoofhek.

• Graad 12 → Onderdeur die boog by die kapelhek.

HOE WERK DIT BY DIE HEKKE? 1. Die leerder moet sy/haar voltooide SCADSYS-vraelys vir die persoon wat die temperatuur neem by die

hek, wys.

2. Let asseblief daarop dat geen skermskote (screenshots) aanvaar word nie.

3. Die skool het wi-fi by die hekke, maar tydens beurtkrag moet leeders asseblief data op hulle fone hê —

leerders kan nie meer die personeel se fone gebruik nie. ‘n IT-personeellid sal beskikbaar wees vir dié

wat hulp benodig.

4. Sodra die leerder ‘n temperatuurlesing ontvang, moet hy/sy dit op SCADSYS inlees en na die persoon

met die saniteermiddel beweeg.

5. Let wel, leerders wie se temperatuurlesing konstant bo 37,8 °C lees, sal voorgekeer word. Indien die

temperatuur geensins daal nie, sal die ouer in kennis gestel word om die leerder te kom haal en dokter

toe te neem (wees maar versigtig met verwarmers in die voertuie).

6. Slegs as al die bogenoemde punte voltooi is, mag die leerder die skoolgronde betree.

DIE LEERDER SE SKERMPIE IS ROOI, MAAR MAG WEER TERUGKEER SKOOL TOE. HOE NOU GEMAAK?

• Indien ‘n leerder by die dokter was en ‘n doktersbrief het wat duidelik sê dit is NIE COVID-19 NIE, en/of die leerder wag nie vir uitslae nie, mag die leerder met sy/haar rooiskermpie na die hek met die doktersbrief in sy/haar hand beweeg.

• Indien die leerder se isolasieperiode verby is (die elfde dag na laaste kontak) mag die leerder met sy/haar rooiskermpie na die hek beweeg.

• Beide bogenoemde gevalle sal by die hek voorgekeer word, maar die leerder moet net verduidelik en hy/sy sal gehelp en toegelaat word om die skoolterrein te betree indien alles in orde is.

HOE KAN LEERDERS MAAK WAT MOET TOETS OF EKSAMEN SKRYF?

• KYK NA TOEKOMSTIGE KLETS OOR HIERDIE INLIGTING!!!

BELANGRIK OM TE ONTHOU: • Dra te alle tye jou masker. Selfs vanaf die sporthek tot by die sportveld. Indien die leerder sy/haar

masker verkeerd dra of selfs afhaal, sal die leerder met debietpunte gestraf word.

• Geen buff is meer by die toelaatbaar skool nie!

• Behou jou afstand van 1 m van ander mense.

• Was of saniteer jou hande gereeld.

Page 9: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

https://www.nicd.ac.za/wp-content/uploads/2020/11/Revised-DBE-guidelines-Management-of-COVID-in-schools_Sept2020.pdf https://www.nicd.ac.za/wp-content/uploads/2020/07/NICD_DoH-COVID-19-Guidelines_Final_3-Jul-2020.pdf https://www.knowledgehub.org.za/system/files/elibdownloads/2020-07/Guidelines%20-%20Contact%20Tracing%20for%20COVID-19.pdf

TOON COVID-19-SIMPTOME

• COVID-19-simptome (2): Hoes, seer keel, kort van asem, reukverlies, veranderde sin vir smaak, koors, kouekoors, abnormale hoofpyn, naarheid, braking, diarree, lyfseer, algemene swakheid, ongediagnoseerde sinusitussimptome * By die skool: gaan onmiddellik na die noodhulpkamer, dra jou masker en vermy kontak met ander. * By die huis: bly by die huis, MOET NIE SKOOL TOE KOM NIE.

• In albei gevalle moet die individu wat simptome toon, hulle SCADSYS-vraelys eerlik voltooi.

• Indien die individu simptome by die huis toon, moet hulle asseblief die COVID-span daarvan per e-pos by [email protected] in kennis stel.

• Die individu moet ook dadelik sy/haar graadhoofde in kennis stel.

• Die individu moet dan eers vir ‘n mediese ondersoek gaan, én ‘n COVID-19 toets laat doen (1).

• Toetsresultate wat aanvaar word, is die volgende: * COVID-PCR toets (Ampath of Lancet) * Rapid COVID PCR-antigeentoets (PharmaValue Elarduspark / Dis-chem)

• Die individu kan slegs onder die volgende omstandighede terugkeer skool toe: * Indien hy/sy ‘n doktersbrief wat aandui dat hulle nie COVID-19 het nie (ander gediagnoseerde siekte), kan toon.

Negatiewe toetse alleenlik gaan ongelukkig nie aanvaar word nie. * Indien hy/sy, vandat die positiewe COVID-19-toetsresultaat beskikbaar is, vir ‘n tydperk van 10 dae (1) isoleer.

Die individu sal saam met die COVID-span die beskikbare vloeidiagram gebruik om alle individue waarmee hy/sy twee dae voordat hy/sy simptome begin wys het - of positief getoets het - in kontak was, te identifiseer.

HOË EN MEDIUM RISIKO-KONTAK

• Indien jy as ‘n hoë/medium risiko kontak (3) geïdentifiseer word, sal die volgende stappe, afhangende van waar jy jouself bevind, gevolg word:

* By die skool: jy sal na die noodhulpkamer uitgeroep word. Hou jou masker aan, neem jou tas saam en vermy enige onnodige kontak. Verdere inligting sal aan jou gegee word, waarna jy huis toe gestuur sal word om in kwarantyn te gaan.

* By die huis: jy sal gekontak word en van die situasie in kennis gestel word. Jy sal dan gevra word om in kwarantyn te gaan.

• In albei gevalle moet die individue hul SCADSYS-vraelys eerlik voltooi.

• Die hoë/medium risiko-kontakte moet dan vir tien (10) dae in kwarantyn by die huis bly (1). * Die individue moet die volle tien (10) dae in kwarantyn bly, ongeag of hul negatief toets. * Indien leerders siek word en met ‘n ander siekte gediagnoseer word, moet hul nog steeds hulle

kwarantyntydperk voltooi.

• Die individu moet hul graadhoofde in kennis stel indien hul in kwarantyn geplaas word.

• Indien die individu simptome ontwikkel, moet die stappe, soos gesien in bostaande dokument, gevolg word.

HOËRSKOOL WATERKLOOF

COVID-19-PROTOKOL

COVID-TOETSE EN ISOLASIERIGLYNE

Page 10: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

AKADEMIE

AKADEMIESE TOP 20: KWARTAAL 1 2021

2021 Graad 8 Top 20 Kwartaal 1 (Sonder LO)

1 Kaitlyn Anne Chapman 94.89

2 Skye Simone Potgieter 93.45

3 Nicola Resente 92.78

4 Wian Schalk Nolte 92.45

5 Haylè Stigling 91.67

6 Je-Miné de la Rey 91.56

7 Jenilee van der Westhuizen 91.20

8 Jacques Heinrich Sutton 90.89

8 Keaan Kempen 90.89

10 Willem Hoffman Ferreira 89.66

10 Beané Swanepoel 89.22

10 Kyla Terblanche 89.22

10 Berta Prinsloo 89.22

10 Aédan Thomas Booysen 89.22

15 Nicolaas Francois du Plooy 89.11

16 Dylan Correia 89.00

17 Krige Steyn 88.89

19 Annika Steyn 88.78

20 Dieter Stehle 88.66

2021 Graad 9 Kwartaal 1 Top 20 (Sonder LO) 1 Shani Hugo 93.22

2 Juanè Kruger 92.89

3 Lize Erasmus 92.33

3 Kayla Strydom 92.33

5 Luanè Janssen 92.00

6 Ilanè Liebenberg 91.33

7 Jani Strydom 90.89

8 Ruan Malan 90.78

9 Annika Terblanche 90.67

10 Nandi Gous 90.55

11 Mia Appelcryn 89.78

12 Arnoliez Bothma 89.66

13 Jancke Marais 89.45

14 André Francois Breytenbach 89.44

15 Natalie Roos 89.33

15 Martin Cornelius Coetzer 89.33

17 Mianca Jacobs 89.22

17 Antonie Christoffel van Dyk 89.22

19 Michelle van Vuuren 89.11

20 Anje van Aardt 88.67

Page 11: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

2021 Graad 10 Top 20 Kwartaal 1 (Sonder LO)

1 Miah Prinsloo 96.67

2 Erick van Zyl 95.84

3 Handro Myburg 95.00

4 Anja Coetzee 94.01

5 Chanté Venter 93.83

6 Wilmarie Nolte 93.50

7 Juan de Wet 93.17

7 Erin Muller 93.17

7 Michelle Erasmus 93.17

10 Elrika Booysen 92.00

11 Lyné Steyn 91.17

12 Nadia Gouws 90.67

13 Deirdre Ludick 90.66

14 Anri Jordaan 90.17

15 Mizelle van den Berg 90.16

16 Gené Coertze 89.33

17 Reynard van den Berg 89.16

18 Carlo Arnoldi 89.01

19 Ténika Weber 89.00

20 Romi Tromp 88.67

2021 Graad 11 Kwartaal 1 Top 20 (Sonder LO)

1 Niël Voges 95.67

2 Rochelle van der Vyver 94.00

3 Louise Jansen van Rensburg 92.51

4 Christiaan Jansen van Vuuren 91.50

5 Jayden Bailie 90.66

6 Era Botha 90.50

7 Lisa van der Merwe 90.17

8 Inge Venter 90.16

9 Nicole Smith 89.67

10 Lisa Janse van Rensburg 89.66

10 Ané Scheepers 89.66

12 Durand van Aardt 89.50

13 Nadine van Wyk 89.34

14 Nathyn Bailie 89.01

15 Lizanne van Nieuwenhuizen 89.00

16 Jana Gous 88.84

17 Ansu Jordaan 88.66

18 Lize-Mari Swart 88.17

19 Armand Cruywagen 88.00

20 Kaylin van der Westhuizen 87.67

Page 12: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

VOORBEREIDINGSESSIE VIR DIE SKRYF VAN DIE

NNT/NBT – WISKUNDE

KURSUS 2: VOORBEREIDINGSESSIE VIR DIE SKRYF VAN DIE NNT/NBT – WISKUNDE

• Die kursus behels voorbereiding vir die tweede vraestel (middagsessie) van die NNT

(Nasionale Normtoetse) vir toelating tot tersiêre instellings.

• Voorbeeldvrae word uitgewerk en bespreek.

• Dit sluit ‘n werkboek, wat vir inoefening gebruik kan word, in.

• DATUM EN TYD: 18 Junie 14:00 tot 17:30 en 19 Junie 8:00 tot 11:00 (moet albei sessies bywoon)

OF

30 Julie 14:00 tot 17:30 en 31 Julie 8:00 tot 11:00 (moet albei sessies bywoon)

• AANBIEDER: Mnr. Johan Grové

• KOSTE: R600

Voltooi meegaande inskrywingsvorm en e-pos dit na [email protected]. Bewys van betaling moet 24

uur voor die aanvang van die kursus ingedien wees.

2021 Graad 12 Top 20 Kwartaal 1 (Sonder LO)

1 Kristen Erasmus 98.67

2 Nadia Schmidt 96.00

3 Lourie Bosman 95.83

4 Dalen Lombard 95.33

5 Michelle Zehnder 93.00

6 Damon Dempers 92.16

7 Angelique Bloemhof 90.99

8 Riegardt Denysschen 90.67

9 Cilliers Diedericks 90.50

10 Rikus Wessels 90.33

11 Ansònel du Toit 89.84

12 Zelda Steynberg 89.83

13 Carmen Mc Master 89.50

14 Marno Bands 88.67

14 Cerys Hurter 88.67

16 Inge Strydom 88.33

16 Roné Carsten 88.33

18 Melissa-Ann Steenkamp 88.17

19 Anushka Botha 87.67

19 Kiara Hudson 87.67

19 Denise Buys 87.67

Page 13: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

.

KURSUS 2 NNT / NBT - Wiskunde (‘n kursus strek oor TWEE dae)

DATUMS 18 en 19 Junie 30 en 31 Julie

Nota: Leerders moet EEN van die kursusse kies.

AANBIEDER Mnr. Johan Grové

KOSTE R600 per leerder

LEERDERINLIGTING

Naam en van

Graad en klas

Selfoonnommer

E-posadres

OUERINLIGTING

Naam en van

Selfoonnommer

E-posadres

Handtekening van ouer

BETALINGSBESONDERHEDE

HEG BEWYS VAN ELEKTRONIESE BETALING AAN DIE VOLTOOIDE INSKRYWINGSVORM.

Tjekrekeningnaam: Hoërskool Waterkloof Bank: ABSA Takkode: 630193 (direkte inbetaling) | 632005 (elektroniese inbetaling) Rekeningnommer: 3490 144 454 Verwysing: Leerdernommer NBTWi NAVRAE

Me. Minnie Thom | 012 347-0277 | [email protected]

INSKRYWINGSVORM

Page 14: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

RTT-OLIMPIADE

Rondte een van hierdie gesogte landswye kompetisie het op 28 Mei 2021 plaasgevind. ‘n Rekord 35 Klofies het hierdie

jaar ingeskryf en deelgeneem. Die kompetisie was baie uitdagend en het die leerders se kennis en insig behoorlik

getoets.

Die volgende leerders het na rondte twee van die RTT-Olimpiade vir 2021 deurgedring:

Angelique Bloemhof Graad 12 – eerste plek (intern)

Inge Venter Graad 11 – tweede plek (intern)

Eugenie Beetge Graad 12 – derde plek (intern)

Kaylin van der Westhuizen Graad 11

Ruben Wiese Graad 12

Morné van Rooyen Graad 11

Xavier Odendaal Graad 11

Chelsea Venter Graad 11

Marnus Viljoen Graad 11

Eileen Viljoen Graad 11

Die algehele olimpiade wenner van 2020 en trotse oud-Klofie, Justine Barwise, kom Woensdag die semi-finaliste met

‘n paar inspirerende woorde en wenke vir hoe om vir hierdie ingewikkelde kompetisie voor te berei, toespreek. Die

leerders is baie opgewonde dat sy hulle kom touwys maak.

Die semi-finaal word landwyd op 17 Junie 2021 geskryf en ons wens elkeen van hulle baie sterkte toe.

Justine Barwise

Page 15: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

ASSESSERINGSPROGRAM KWARTAAL 2 2021

Die volledige assesseringsprogram vir kwartaal 2 is op die D6-toepassing onder Bronne - Akademie

Asseseringsprogram - kwartaal 2 | 2021 beskikbaar. Volg hierdie skakel:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/156_resource_60a23304cf9b4782923092.pdf?162219

0131

TOETS- EN SUMMATIEWE ROOSTER KWARTAAL 2 2021

Die volledige toetsrooster is op die D6-toepassing onder Bronne - Akademie Toetsrooster - Kwartaal 2 beskikbaar.

Volg hierdie skakel:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/156_resource_609b7042564d1455266396.pdf?16221

90131

AKADEMIESE WERK 14 TOT 18 JUNIE

NEEM ASSEBLIEF KENNIS!!

Die Akademiese Werk vir 14 tot 18 Junie word as ‘n aanhangsel tot die Klets uitgestuur. Dit word op die D6-toepassing

onder Bronne - Akademie - Akademiese werk: 14 tot 18 Junie geplaas.

TEAMS-GROEP VIR LEERDERS IN ISOLASIE

NEEM ASSEBLIEF KENNIS!!

Vir die leerders wat in kwarantyn of isolasie geplaas is, of dalk siek of beseer is, is daar ‘n TEAMS-groep in elke graad

geskep waar die vakonderwysers die werk wat in die klas gedoen word, laai.

Page 16: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

KULTUUR

HET JY GEWEET?

Mnr. Eddie Clayton, die dirigent en afrigter van die Klofie Konsertorkes …

• is ook die dirigent van orkeste soos Cornwall Hill, Die Afrikaanse Hoër

Meisieskool en die Johannesburg Youth Orchestra.

• se musiekloopbaan as dirigent, musiekverwerker en musiekdirekteur strek oor

drie dekades. Hy het talle operas, balletkonserte en musiekblyspele

gedirigeer waarvan die mees onlangse The Lion King in 2019 was.

• is vanaf 2015 die musiekdirekteur en dirigent van Classics is Groot.

• kan al die orkesinstrumente bespeel, maar die Franse Horing is sy forté.

• was ‘n weermagmajoor wat vir 14 jaar lid van die weermagorkes was.

• het op skool in die eerste rugby- en krieketspan gespeel. Hy het ook

klubkrieket by die Randburgse krieketklub gespeel.

• is ‘n Engelsman wat homself as die braaikoning in die familie beskou - hy

braai tot vyf keer ‘n week.

Ronelle Bosman, Departementshoof MUSIEK ...

• is ‘n ervare fluitspeler en pianis, en het lisensiate in beide instrumente.

• het ‘n doktorsgraad in Musiek aan UP voltooi.

• was deeltydse dosent by Tukkies.

• is ‘n ad hoc eksterne eksaminator vir verskeie universiteite.

• is een van UNISA se praktiese eksaminatore en dien op die eksamenpaneel van

DBE en GDO.

• was die voorsitter van die skadujurie tydens die 2014 Internasionale Fluit en

Klarinetkompetisie.

• tree gereeld as beoordelaar by nasionale kompetisies en eisteddfods op.

• se CD wat sy saam met pianis Riana Bester opgeneem het, word gereeld op Classic

FM gehoor.

Page 17: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

Jo Ferreira, verbonde aan Klofies se Musiekdepartement …

• het op Senekal gematrikuleer waarna sy haar B.Mus-graad by Kovsies behaal het.

• het haar B.Mus.Hons-graad by UP behaal.

• was 27 jaar verbonde aan Hoërskool Overkruin se Musieksentrum en was vir vyftien jaar

die hoof van hierdie Musiekakademie.

• is in klassieke musiek opgelei maar haar groot passie is ligte musiek en jazz. Sy volg

graag die Rock School-sillabus en rig jazz-styl matriekensembles af.

• was vir negentien jaar by die musiekbediening van Lux Mundi gemeente betrokke.

• het ‘n voorliefde vir binnenshuisversiering en het al kursusse daarin voltooi.

• het ‘n besonderse liefde vir diere en beywer haar vir veldtogte teen wreedheid teenoor

diere. Sy het al talle diere gered en hulle in haar huis ingeneem en versorg.

Page 18: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

INTERNASIONALE AFRIKAANS-EKSPO 2021

Die Klofies het ’n gulde geleentheid om hul skryftalent, kundigheid as fotograwe en kreatiwiteit in skilder- en tekenkuns

uit te leef. Leerders ontvang Erekleure as wenners op nasionale en Kleure op provinsiale vlak.

Die skool met die grootste deelname staan ’n kans om R10 000 kontant te wen en kry ook mediablootstelling. Die

junior en senior algehele wenners en die skool ontvang elk R 2000 kontant!

Daar is geen koste om aan die Ekspo deel te neem nie.

Kategorieë: Dagboekinskrywing, Resensie, Opstel, Kortverhaal, Poësie, Voordrag, Fotografie en Kuns (Skilderkuns

en Tekenkuns). Lees meer van die voorskrifte by elke afdeling voordat enige werk ingestuur word by

https://ekspo.fak.org.za/.

Die tema is BOEKE, maar daar is ook ‘n opeafdeling. Opstelle en resensies wat by die skool nagesien is, kan ingestuur

word. Dit is dus reeds geredigeer.

Sluitingsdatum: 12 Julie 2021. Leerders kan egter nou reeds hul werk inskryf.

Stappe om in te skryf:

(1) Skryf aanlyn in deur op die volgende skakel te kliek, ‘n profiel te skep en jou inskrywing in te stuur:

https://ekspo.fak.org.za/

(2) Registreer jou inskrywing ook by die skool deur jou besonderhede op die volgende skakel te laai:

https://forms.office.com/r/itAwU7jAFk

Page 19: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

SPORT

KLOOF BOOGSKIET PRESTEER

Baie geluk aan mnr. Tiaan Gomes (Boogskiet Spanbestuurder en Future Klofies-organiseerder) en Francois Delport

wat die naweek aan ‘n PSE 3D-uitnodigingstoernooi in Mpumalanga deelgeneem het.

Albei die manne het hulself uitstekend van hulle taak gekwyt en elkeen

het ‘n eerste plek in hulle onderskeie kategorieë verower.

Francios wen die Youth Mens Amateur-klas met 200 punte

en Tiaan wen die Amateur Ope-afdeling met 208 punte.

Baie geluk aan elkeen van julle. Ons is saam met julle trots.

Vir meer inligting rakende boogskiet kontak gerus die

organiseerder, mnr. Jaco Labuschagne op 0745179504, sowel as

mnr. Tiaan Gomes op 076 013 6592.

Hulle sal ook kan inligting rakende die Future Klofies-program

kan verskaf.

ROLBAL

Met Kloof Rolbal se entoesiasme om dié sportsoort by die leerders te vestig, het die Gauteng-Noord Rolbalbestuur

besef hulle sal ook weer moet dink oor hoe hulle die proses gaan benader om rolbal, as ‘n sportsoort onder die jeug

gevestig te kry. Daarom is dit lekker om te sê dat die Kloof-Wingate-alliansie die rolmodel, waarop hulle graag die

proses sal wil benader oor hoe om meer skole by rolbal betrokke te kry, geword het.

Daar word tans hard gewerk om die skool- en kluballiansie by agt verskillende skole in Pretoria uit te rol. Dit sal dan

die geleentheid bied om ‘n skoleliga tot stand te bring soos die plan was toe dié sportsoort by Kloof begin is. Ons wil

graag elke rolspeler wat tot dusver by rolbal betrokke was, hartlik bedank. Ons weet die proses gaan suksesvol wees

indien almal insette lewer. Dit word opreg waardeer.

Die getal leerders wat die Gauteng-Noord-oefeninge bywoon groei en tydens die laaste oefening was daar nie minder

nie as sewe leerders wat deelgeneem het.

Die volgende geleenthede by Kloof-rolbal waarna uitgesien kan word, is:

Vrydag 11 Junie – Waterkloof Interne 2-bal-kompetisie @ Wingate (14:00 – 17:00)

Woensdag 16 Junie – Gauteng-Noord Jeug 4-bal-kompetisie @ Munisipaliteit (08:00 – 16:00)

Oefeninge is op Maandae en Woensdae van 14:30 tot 16:00. Almal is steeds welkom om betrokke te raak.

Vir meer inligting kontak gerus vir mnr. Ettienne Denysschen op 0721106262

Mnr. Tiaan Gomes (links) en

Francois Delport (regs)

Page 20: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

TENNIS

Hier is die uitslae van die Mpumalanga Nut & Bolt-tennistoernooi wat op 4 tot 6 Junie in Middelburg plaasgevind het.

KLOFIES OUDERDOMSGROEP ENKELS DUBBELS

Nadia Gouws

Jacques Slabbert

Dames Ope

Seuns o. 16

derde

vierde

tweede

TAFELTENNIS: HUIS KLOOFSIG BEHAAL

SELDSAME OORWINNING

Met Kloof se sportsoorte wat onder die COVID-19-pandemie gebuk gaan en nie so gereeld kan kompeteer nie, word

daar die heeltyd na geleenthede gesoek om ons spelers in verskeie sportsoorte wedstrydfiks te hou. Een so ‘n inisiatief

is om teen die koshuis deel te neem en daardeur nie net wedstrydoefening te kry nie, maar ook om die leerders weer

opgewonde oor deelname te maak.

Só ‘n geleentheid het verlede week plaasgevind toe die Huis Kloofsig teen ‘n uitnodigingspan van die skool se

tafeltennisgroep te staan gekom het. Die wedstrydtellings het die heeltyd wipplank gery en na die helfte van die dag

verby was het die tafeltennisgroep met 7-6 voorgeloop. Aan die einde van die dag was dit egter die koshuis wat met

die louere kon wegstap - met ‘n telling van 12-10.

Die koshuisafrigter, mnr. Duan Viljoen, het teen die skool se afrigter, me. Zodwa Nguni, gespeel en het na die tyd gesê

dit het gevoel of hy paint ball gespeel het soos die balletjies hom getref het. Ter versagting moet darem gemeld word

dat me. Zodwa Nguni Suid-Afrika in verskeie topklastoernooie verteenwoordig het en steeds vir die land speel.

Mnr. Muller van der Nest was so verseker van ‘n wen vir die skoolspan dat hy sy hare op die spel geplaas het. Nou

het hy egter ‘n regte penkophaarstyl. BELOFTES MAAK SKULD.

Baie dankie vir die lekker geleentheid en ons sien uit om julle weer in die toekoms aan te vat.

Page 21: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

FIETSRY

GHOLF

Verskeie Klofies het aan die Gauteng-Noord Junior toernooie by Dienste Gholfbaan en Zwartkops Buiteklub

deelgeneem. Hierdie toernooie is almal o. 19-toernooie.

Dienste Gholfbaan - 30 Mei

Michael Ferreira Vierde

Roelof Craig Tiende

Raymond van Niekerk Twaalfde

Nelis de Bruin Twintigste

Etienne de Bruin 31ste

Wandré Gilfillan 34ste

Zwartkops Buiteklub - 6 Junie

Michael Ferreira eindig gelykop eerste en met ‘n uittel word hy tweede geplaas.

Roelof Craig Negende

Raymond van Niekerk 23ste

Reagan Kraft 30ste

Franco Bester 42ste

Etienne de Bruin 45ste

Jayden Blom 47ste

Etienne Krös, ‘n graad 11-leerder, het die afgelope naweek aan die SA Enduro Cup wedren in Nelspruit deelgeneem

en het, ten spyte van 'n ongeluk op Stage 5, 'n vierde plek in die juniorafdeling behaal,.

Al die stages tydens die Enduro MTB is bergaf. Tydens hierdie stages word die fietsryers se tye geneem.

Later dié jaar word die SA Enduro Champs in Hartebeespoortdam aangebied.

Ons is baie trots op jou, Etienne! Hou ons naam hoog!

Page 22: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

Op Saterdag, 12 Junie 2021, loots Hoërskool Waterkloof ‘n opwindende nuwe inisiatief: Die Landloop-Inter. Die

leerders neem in voogklasverband deel. Elke voogklas het ‘n seuns- en dogterspan, wat elk uit vier deelnemers

bestaan.

- Leerders kan slegs in die gegewe tydsgleuwe op die terrein wees sodat daar aan alle Covid-prosedures

voldoen kan word.

- Die roete bestaan uit twee x 1,5 km-rondtes.

- Leerders wat aan die Landloop-Inter deelneem, gaan outomaties reeds aan hulle LO-punte se praktiese

komponent voldoen.

- Leerders moet ten alle tye ‘n masker dra, maar wanneer hulle deelneem kan hulle sonder die masker

hardloop. Die leerders word aangeraai om ‘n buff in die opwarmingsarea aan te hê.

- Ouers mag vir hulle kinders in die parkeerterrein wag, maar geen ouers word op die skoolterrein of as

toeskouers wat buite die skool ondersteun, toegelaat nie.

Kloof sien ongelooflik baie uit na dié byeenkoms en weet dat die Klofies die dag saam met ons gaan kom geniet!

LANDLOOP-INTER 2021

Page 23: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

Saterdag 12 Junie 2021

Saterdag 12 Junie 2021

Page 24: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

ALGEMEEN

MY SCHOOL

Ouers kan by myschool.co.za registreer of die MySchool-toepassing op hul fone installeer.

Kies Hoërskool Waterkloof as begunstigde en elke keer wat die MySchoolMyVillageMyPlanet-kaart by onder andere

Builders Warehouse, Engen Quickshop en Woolworths gebruik word, word geld aan die skool teruggeskenk.

KLOOF-GELOOF

PC van NG Moreleta praat oor dissipelskap.

Page 25: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

SLUITKASSIES

Sluitkassies is vanaf 15 Februarie 2021 beskikbaar om te huur.

Die prosedures is as volg:

* Leerders betaal by me. Maryke Holtzhauzen in die finanskantoor.

* Die leerders neem die bewys van betaling na mnr. Morné Viljoen in klaskamer C 3.

* ‘n Leerder moet reeds weet wat die sluitkassie se nommer, wat hy/sy vir die jaar sal wil huur, is.

* Die leerder MOET ook reeds die slot by die skool hê waarmee hy/sy die kassie gaan toesluit.

* Dan sal die kassie oopgemaak word.

‘n Leerder wat ‘n sluitkassie huur, moet dit self by mnr. Morné Viljoen gaan aanmeld en kan nie ‘n ander leerder

namens hom/haar stuur nie.

KOSTES

Gewone sluitkassie - R150 ( is kleiner as die sport sluitkassies en is verspreid in skoolgebou)

Sportsluitkassies - R250 ( word agter die Sportburo gevind)

KLOFIE BOEKWINKEL

Die Klofie Boekwinkel is Maandae EN Donderdae van 06:30 tot 13:30 oop. Maandae TOT Vrydae is die Klofie

Boekwinkel aanlyn en telefonies by www.klofieboekwinkel.co.za en 086 793 2858 beskikbaar.

UITFASERING VAN SEUNSLANGBROEK

Die Bestuurs- en Uitvoerende Komitee van Hoërskool Waterkloof het die blou skoollangbroek uitfaseer en eerder die

grys langbroek, wat algemeen by klerehandelaars beskikbaar is, as deel van die seuns se skooldrag in te sluit. AL die

seuns MOET die grys langbroek dra. Die grys langbroek vertoon beter saam met die skool se kortbroek.

Ouers moet asseblief nie meer die blou langbroek aankoop nie.

KLOFIE KLEREWINKEL

Me. Christine Slabbert van die Klofie Klerewinkel sê dat die winkel bedags van 06:30 tot 14:30 oop is. Sy versoek dat

ouers asseblief ‘n afspraak MOET maak om die Klerewinkel te besoek. U kan haar by 082 487 5756 of tydens

kantoorure by (012) 347 1076 kontak.

Page 26: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

FINANSIES: BORGE EN DONASIES

Hoërskool Waterkloof beskik oor Artikel 18 A-status. Dit beteken enige gewaardeerde borg/donasie wat aan die

skool geskenk word, is belastingaftrekbaar vir u besigheid.

Sodra die skool die borg/donasie ontvang, reik ons die sertifikaat uit.

Jy het hier as ‘n Druppel ingestap en na vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee. Stap van vandag af nog ‘n paar treë saam met jou alma mater en help om Hoërskool Waterkloof dié wêreldklasskool te maak wat die leiding in opvoedende onderwys neem.

WaterkloofAlumni strewe daarna om oud-Klofies in voeling met Hoërskool Waterkloof te hou en die geleentheid aan oud-Klofies te bied om in kontak met mekaar te bly. Ons hou julle op hoogte van nuus van die skool en skep geleenthede waar oud-Klofies sosiaal met mekaar kan verkeer. Ons maak ook van julle vaardighede en kundigheid gebruik óf gee julle die geleentheid om dit met ander te deel.

Raak betrokke by Kloof!! Ons het julle almal nodig in ons strewe daarna om toonaangewend, toekomsgerig die toekoms in te gaan en van Hoërskool Waterkloof 'n wêreldklasskool te maak.

Ons sien uit om 'n pad saam met julle te stap. Registreer by die onderstaande skakel om so ‘n bydrae te maak tot die Klofie Fonds. Die doel van Klofie Fonds is om fondse te in vir Hoërskool Waterkloof en die fondse sal op meriete aangewend word nadat aansoek gedoen is vir fondse.

https://docs.google.com/forms/d/1Z538393EmKfUYzYvgd2UadqSJjwpP999v9OymtgrZ1I/edit

WATERKLOOFALUMNI: REGISTRASIE

WATERKLOOFALUMNI: FACEBOOKBLAD EN INSTAGRAMBLAD

AANDAG ALLE OUD-KLOFIES!! Of jy nou ‘n oudleerder of -onderwyser is, gaan “Like” die oud-Klofies facebookblad

en volg die oud-Klofies op die oud-Klofies Instagramblad. Bly só in kontak met die Klofie-familie.

Page 27: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

* Teen Desember 2021 moet al die ou sportklere uitfaseer wees.

KLOOF-AANLYN KLERE-AANKOPE

Page 28: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

KAPEL HOUSE RULES

Page 29: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …

KLOOF-GELOOF: GEBEDSTOEP

Page 30: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …
Page 31: 50...Baie geluk Huis Kloofsig! Huis Kloofsig het die tafel met die skool se tafeltennisgroep gevee. Ongelukkig moes mnr. Muller van der Nest sy hare laat afskeer. Hy was …