25
7de Sondag van Paastyd 24 Mei 2020 1. Gebed ........................................................................................... 1 2. Loflied ........................................................................................... 2 3. Skriflesing: 1 Petrus 4:12-14 en 5:6-11 ............................................ 2 4. Boodskap ....................................................................................... 4 4.1. Kinderoomblik ......................................................................... 4 4.2. Boodskap ............................................................................... 4 5. Gebed ......................................................................................... 12 6. Bespreek die volgende vrae ............................................................ 13 7. Offergawes .................................................................................. 14 8. Om af te sluit ............................................................................... 14 9. Slotlied ........................................................................................ 15 10. Seënbede .................................................................................. 15 11. Afkondigings .............................................................................. 15 12. Voorbidding ............................................................................... 16 13. Verder leeswerk (dieper delf) ....................................................... 18 Gaan terug na die Inhoudsopgawe ........................................................ 18 14. The Message .............................................................................. 19 15. Verdere hulpmiddels ................................................................... 20 1. Gebed Luister en sing die lied saam soos jy/julle voor die Here tot rus kom.

7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

7de Sondag van Paastyd 24 Mei 2020

1. Gebed ........................................................................................... 1

2. Loflied ........................................................................................... 2

3. Skriflesing: 1 Petrus 4:12-14 en 5:6-11 ............................................ 2

4. Boodskap ....................................................................................... 4

4.1. Kinderoomblik ......................................................................... 4

4.2. Boodskap ............................................................................... 4

5. Gebed ......................................................................................... 12

6. Bespreek die volgende vrae ............................................................ 13

7. Offergawes .................................................................................. 14

8. Om af te sluit ............................................................................... 14

9. Slotlied ........................................................................................ 15

10. Seënbede .................................................................................. 15

11. Afkondigings .............................................................................. 15

12. Voorbidding ............................................................................... 16

13. Verder leeswerk (dieper delf) ....................................................... 18

Gaan terug na die Inhoudsopgawe ........................................................ 18

14. The Message .............................................................................. 19

15. Verdere hulpmiddels ................................................................... 20

1. Gebed

Luister en sing die lied saam soos jy/julle voor

die Here tot rus kom.

Page 2: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

https://youtu.be/CqDxdOMsVhg?list=TLPQMTk

wNTIwMjBookoiVlMYcg

Lees dan:

Psalm 68:6-11

'n Vader vir weeskinders en 'n beskermer van

die reg van weduwees is God in sy heilige

woning. God laat eensames in 'n huisgesin woon

en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen

God in opstand is, woon in 'n kaal woestyn. 8

Toe U u volk uitgelei het, o God, toe U deur die

woestyn gestap het, het die aarde gebewe en

het die hemel dit laat reën voor U uit, daar by

Sinai, voor God, die God van Israel. U het

oorvloedige reëns laat uitsak, o God, U het u

verdorde land weer lewe gegee. U eie volk het

daar gaan woon. In u goedheid, o God, het U dit

vir u hulpelose volk bestem.

2. Loflied

Ons loflied is Psalm 146 https://youtu.be/wWbmN9aaj90?list=TLPQMTkwNTIwMjBookoiVlMYcg

3. Skriflesing: 1 Petrus 4:12-14 en 5:6-11

Om as Christen te ly 12 Geliefdes, moenie verbaas wees oor die

vuurproef waaraan julle onderwerp word nie.

Page 3: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur

nie. 13 Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding

van Christus deel, want dan sal julle ook

oorloop van vreugde by sy wederkoms in

heerlikheid. 14 Geseënd is julle wanneer julle beledig word

ter wille van die Naam van Christus. Dit is 'n

bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid

behoort, die Gees van God, op julle bly.

6 Onderwerp julle daarom in nederigheid aan

die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan

verhoog op die tyd wat Hy bestem het. 7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want

Hy sorg vir julle.

Weerstaan die duiwel, God sal die krag

gee 8 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die

duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op

soek na iemand om te verslind. 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom

teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die

wêreld moet julle medegelowiges dieselfde

soort lyding verduur. 10 God wat alle genade gee en wat julle geroep

het om in Christus Jesus deel te hê aan sy

ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort

Page 4: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig,

sterk en standvastig maak. 11 Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid!

Amen.

4. Boodskap

4.1. Kinderoomblik

Sakkie en Sieg

https://youtu.be/hXS-9hFDM4I

4.2. Boodskap

Luister hier na die boodskap

https://youtu.be/Vx3PKUDZ-H4

Lees die boodskap of kliek hier om na die einde

van die Boodskap te gaan:

Ons maak vandag klaar met die afgelope paar

Sondae se reeks uit die brief van 1 Petrus. Die

brief was geskryf om ons aan te moedig en te

leer hoe om in moeilike omstandighede hoopvol

en vrugbaar te leef.

Hier aan die einde kom Petrus met ’n

waarskuwing, maar nie om bang te maak nie,

maar krag te gee. Petrus waarsku ons dat ons

Page 5: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

in moeilike en uitdagende tye met die duiwel

moet rekening hou. Ons vyand in moeilike

omstandighede is nie mense of die

omstandighede nie, dis Satan en ons self. Ons

kan Petrus se raad ernstig opneem, want hy het

die versoeking eerstehands ervaar en gefaal.

Daarom is hy ’n kenner om ons te leer hoe om

die duiwel in moeilike omstandighede te

weerstaan.

Ons lees die eerste keer daarvan in Matteus 16

vers 21-26. Jesus het pas verklaar dat Petrus

die rots gaan wees waarop Hy Sy kerk gaan bou.

Petrus is dus vol selfvertroue en baie

gemotiveerd. Dan kom die eerste teken Petrus

se weerloosheid teen die duiwel. Jesus vertel vir

sy dissipels dat moeilike tye kom, dat Hy gaan

ly en doodgemaak gaan word. Petrus doen dan

wat ons al te geneig is om te doen as ons slegte

tyding kry. Hy beur weg van swaarkry. Hy neem

beheer en gebruik die posisie as leier wat Jesus

so pas vir hom gegee het en verklaar dat hy dit

nooit sal toelaat nie.

Jesus lyk amper hier na die swak en ongelowige

een en Petrus na die sterk een. Jesus weet egter

dat moeilike omstandighede nie iets is om te

vermy nie, maar om nederig van God afhanklik

te wees. Hoor dan Jesus se woorde aan Petrus

in vers 23: “gaan weg agter my Satan, jy is vir

Page 6: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

my ’n struikelblok, jy dink soos mense dink, nie

soos God nie”

Petrus het nie sy les geleer nie. (Ons lees

daarvan in Lukas 22:31-34.) Heelwat later, die

aand na die nagmaal ete voordat Jesus in

Getsémané gevang sou word, sê Hy vir Petrus

dat Satan hom gaan versoek en dat hy gaan

swig en vir Jesus gaan verloën.

Jesus sê dat Hy vir Petrus bid dat sy geloof sal

oorleef sodat hy na die duur les vir sy broeders

kan bemoedig. Kyk mooi hoe Petrus weer

reageer: Met selfvertroue en beheer beloof dat

hy saam met Jesus die gevangenis en dood sal

stormloop!

Hy hou by sy woord deur ’n paar ure later in die

tuin sy swaard te gryp en Malgus se oor af te

kap. Dan die les; Jesus neem beheer op ’n

ongewone manier deur Malgus se oor te genees

en Petrus te beveel om nie weerstand te bied

nie.

Dan gee Jesus homself oor om te ly en te

sterwe. Dit is te veel vir Petrus. Wie kan sulke

swaarkry toelaat? Satan se strik werk. Vir ’n

rukkie verloor Petrus sy geloof waarvan hy

vroeër so seker was en ontken drie keer dat Hy

Jesus nie kan nie.

Page 7: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Die goeie nuus is dat ons weet dat Jesus se

gebed Petrus sy geloof herstel het. Petrus se

berou het toegelaat dat Jesus hom kon vorm

deur hom te stroop van sy trots en die leun dat

hy in homself sterk genoeg is. Onthou dat Jesus

vir hom gesê het dat, wanneer hy tot inkeer

kom, hy sy broers sal versterk. Dis presies wat

hy doen in hierdie verse van sy brief.

Ons sê dikwels vir mekaar in tye van swaarkry:

”Jy moet sterk wees!” Ons almal ken die frase:

“When the going gets tough, the tough gets

going” Die vraag is; wat bedoel ons? As sterk

wees beteken dat ons ons self moet laat geld,

weerstand bied, die moeilikheid teen alle koste

moet vermy, ons man moet staan, dan kan dit

wees dat ons val vir die leun waarmee Satan reg

staan om ons mee te vernietig.

Die versoeking waarteen Petrus ons waarsku

kom met die vraag: Op wie se krag en insig

vertrou jy in moeilike tye? Op jou eie wat wil

wegbeur en beheer neem met hoe jy dink goed

is of op God wat soms toelaat dat jy swaarkry

omdat dit jou vorm om soos Jesus te raak.

Ons reageer elkeen verskillend in moeilike

omstandighede. Party spring in en wil helde

wees soos Petrus. Party raak verlam en onttrek

Page 8: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

met hulle eie agenda soos Judas. Die riglyne bly

egter die selfde”

Petrus se bemoediging is baie prakties: In alle

tye, maar juis in moeilike tye wat Satan jou juis

wil oorrompel. (Kyk mooi na verse 5 tot 11)

1. Wees nederig. Kweek ’n houding van

nederigheid teenoor alle mense.

Nederigheid is nie swakheid nie, dis ’n vrug

van die Gees. Dis ’n lewenshouding wat

net kan groei wanneer jy afhanklik is van

God en Sy gesag en goedheid aanvaar.

2. Onderwerp jouself aan God. Berus in Sy

liefde en daarom Sy goeie wil vir jou in alle

omstandighede. Aanvaar soos Jesus Sy

gesag en verwag alles van Hom. Soos Jesus

sy lewe aan die Vader toevertrou het, so

kan jy jou lewe aan die Vader toevertrou!

3. Wees wakker! Laat die Gees jou wys of

jy nie dalk met jou reaksie besig is om te

val vir die versoeking van die duiwel nie.

4. Moenie uit jou eie krag of natuur

reageer op jou bekommernis nie. Neem

jou bekommernis na God. Plaas dit voor

Hom. Wag op Hom.

Page 9: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Iemand het gesê: “Why worry when you

can trust. Worry is like a rocking chair, it

give you something to do but doesn’t get

you anywhere. That is the reason why I

turn worries over to God every evening.

He’s going to be up all night anyway.”

5. Onthou dat jy nie alleen in moeilike

omstandighede leef nie. Gelowiges om jou

deel hierin.

6. Glo dat God jou op die regte tyd sal

herstel, sal krag gee, sal sterk maak en sal

plant soos ’n boom.

Daar is tye wat God wil hê dat ons in moeilike

situasies moet ingaan. Dis sodat ons Hom in dit

kan ervaar en om daar met ons nederigheid en

vertroue iets van Hom te kan sigbaar maak.

Dis sodat ons kan leer dat Sy krag en nabyheid

veel meer betroubaar is as die afgrond van ons

eie planne, krag en beheer.

Dis om jou te herinner dat jy nie vir Satan

oorwin deur self sterk te probeer wees nie. Jy

oorwin Satan soos Jesus, deur net na God te kyk

Page 10: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

en op Hom te wag en nie te reageer op Satan se

leun nie.

Swaarkry is nie iets om te alle tye te vermy nie.

Ons sorge en bekommernisse gaan nie weg

omdat ons dit op Hom werp nie. Dit verloor

egter die mag om ons te beheer. Ons kry ’n

greep daarop omdat God ’n greep op ons het.

Moeilike omstandighede is nie ’n kwaai toets van

God om te sien of jy goed genoeg is nie. Dis ’n

toets om jou te leer hoe goed God is.

Dink aan moeilike omstandighede waarin jy

jouself nou bevind. Hoe reageer jy in dit? Doen

jy dit op die wêreldse manier deur weerstand te

bied en kwaad te wees en jou krag en energie

te gebruik om ten alle koste uit dit uit te kom?

Is jy besig om beheer oor ander te neem of hulle

te boelie omdat jy sukkel? Maak jou

bekommernis jou so lam dat jy nie in

nederigheid kan optree nie? Baklei jy jou pad

uit?

Ek dink ons moet oppas vir die frase; When the

going gets tough, the tough gets going!

Ons moet eerder sê: “When the going gets

tough, the humble makes God visible!”

Page 11: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Margaret Wheatley vertel van ’n verwagtende

ma van ses van Rwanda wie se dorpie verwoes

is deur massamoord. Sy is eerste geskiet toe

begrawe onder die liggame van haar ses kinders

en vir dood gelos.

Sy het haarself uitgegrawe, haar ses kinders

begrawe, kort daarna geboorte geskenk aan

haar baba en nie lank daarna 5 kinders

aangeneem wie se ouers in dieselfde slagting

vermoor is nie. Sy het haar geloof uitgeleef deur

te bely dat sy dink sy het dit oorleef sodat sy

mag omgee vir hierdie weeskinders nadat sy

haar eie verloor het.

Margaret Wheatley lewer dan die volgende

kommentaar: “This young African mother

teaches me what it means to have a vocation to

be fully human. I believe we become more fully

human with any gesture of generosity, any time

we reach out to another rather than withdraw

into our individual suffering. To become fully

human we need to keep opening our hearts, no

matter what. At this time when suffering and

anxiety continue to increase, when there is

always reason to weep for some unbearable

tragedy inflicted by one human on another, I try

to remember to keep my heart open.”

Page 12: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Het jy al in moeilike omstandighede soos Petrus

vir die Satan se versoeking geval en lelik tweede

gekom in jou eie doodloopstraat? Is jy dalk op

die oomblik besig om in moeilike omstandighede

vir die leuens van Satan te val?

Onthou, ons het Donderdag Hemelvaart gevier.

Jesus bid vir jou aan die regterhand van die

Vader soos Hy vir Petrus gebid het. Gee jou oor

aan Sy gebed.

Dis nie jy wat God vorm nie, dis God wat

jou vorm. As jy dan God se handewerk is,

wag op die hand van die Meester wat alles

in die regte seisoen doen. Gee Hom jou

hart. Broos en vormbaar en behou die vorm

waarin Hy jou maak. Laat jou klei sag

wees. Moenie hard en eiewillig wees nie,

want dan verloor jy Sy vingerafdruk op jou

lewe.

Irenaeus

5. Gebed

Bid saam die woorde van die lied: Doen slegs U

wil Heer

https://youtu.be/pV06ec7mpy4

Page 13: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

6. Bespreek die volgende vrae

Bedink die volgende vrae en deel jou gedagtes

as julle as ’n gesin saam is:

Wat is jou natuurlike reaksie in moeilike tye

of omstandighede?

Petrus leer ons om in moeilike tye: nederig

te wees, ons aan God te onderwerp,

waaksaam te wees, ons bekommernis voor

God te hou, medegelowiges se

ondersteuning te soek en te wag dat God

ons herstel op Sy tyd. Watter van hierdie

riglyne kom maklik by jou? Met watter

sukkel jy? Bid daaroor.

Het jy, soos Petrus, in die verlede al geval

vir die misleiding van Satan? Het jou geloof

herstel en kan jy na dit ander bemoedig

soos Petrus?

Is jy tans in moeilike omstandighede

waarmee die teks jou help?

Wat is die heel belangrikste ding wat die

Here vir jou deur vandag se boodskap sê?

Gaan terug na die Inhoudsopgawe

Page 14: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

7. Offergawes

Baie dankie vir soveel lidmate wat reeds tot ons

Noodfonds bygedra het en wat steeds hul

dankoffers inbetaal. Ons kan nie aangaan

daarsonder nie.

Let wel dat jy net soos altyd jou dankoffer kan

gee. Ons het SNAPSCAN as ’n bykomende opsie

opgestel, maar niks het verder verander nie. Vir

meer info, besoek gerus ons webtuiste

www.ngkerkmelkbosstrand.co.za Gaan terug na die Inhoudsopgawe

8. Om af te sluit

Lees en bedink weer die woorde:

Dis nie jy wat God vorm nie, dis God wat

jou vorm. As jy dan God se handewerk is,

wag op die hand van die Meester wat alles

in die regte seisoen doen. Gee Hom jou

hart. Broos en vormbaar en behou die vorm

waarin Hy jou maak. Laat jou klei sag

wees. Moenie hard en eiewillig wees nie,

want dan verloor jy Sy vingerafdruk op jou

lewe.

Irenaeus

Page 15: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

9. Slotlied

Lied: Wees stil en weet:

https://youtu.be/M1KeJFZp7JY

10. Seënbede

https://youtu.be/AIhAEABhdvw

Gaan terug na die Inhoudsopgawe

11. Afkondigings

Pinkster!

Hierdie week wat kom is Pinkster. Tema: Wat

leer die Bybel oor ’n ramp soos hierdie? Ons

behandel die boek Joël. Dis ’n onbekende, maar

verrassende en opwindende boek vir ’n tyd soos

nou.

Ons hou dit eenvoudig met ’n kort boodskap met

meegaande lees en studie materiaal vir die wat

dieper wil gaan.

Hou jou oog op die gemeente WhatsApp groep

en die webtuiste

(www.ngkerkmelkbosstrand.co.za) en volg die

reeks van vanaand af, Sondag 24 Mei tot

Donderdagaand 29 Mei.

Ons stuur ook materiaal vir ons jongmense uit –

’n spesiale Pinksterreeks vir ons

Page 16: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Hoërskoollidmate en werkende jongmense. As

jy belangstel om die reeks te kry, kontak Ds

Faani by 083 856 1951 of

[email protected]

Kategese

Ons kategese klasse is opgedeel in WhatsApp

groepe en leiers maak kontak met kinders of hul

ouers. Daar is geen kurrikulum wat deurgewerk

moet word nie, ons fokus is op ons verhoudings

(met mekaar en met die Here).

Help dus asb. ons groepleiers om kontak te

maak en moedig die kinders aan om te reageer

op die WhatsApp boodskappe.

Ons gaan glad nie ’n bykomende las op julle of

die kinders plaas nie – hulle is net ’n belangrike

deel van ons geloofsgemeenskap en ons wil ons

kinders en gesinne help om ook in hierdie tyd in

ons geloof te groei. Gaan terug na die Inhoudsopgawe

12. Voorbidding

Laat weet asb. die kerkkantoor indien u

voorbidding nodig het! Ons is steeds onderling

aan mekaar verbonde!

Page 17: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Ons vra julle voorbidding vir die volgende

persone en sake:

Elsie van der Walt

Odette Schulze van Atlantic Beach is

Woensdag oorlede na ’n lang stryd teen

kanker. Ons dink aan haar man, Henri in

hierdie tyd.

Danie Lange van Sea Park was hierdie week in

die hospitaal. Ons is bly hy is weer by die huis.

Vir al die onderwysers wat hierdie week moet

teruggaan skool toe, ons bid dat die Here se

hand van seën en beskerming oor julle sal

wees.

Ons vra julle voorbidding vir soveel van ons

lidmate wat in hierdie tyd finansieel sukkel.

Baie kry glad nie of net ’n deel van hulle

salaris. Ons bid dat die Here vir ons uitkoms

sal gee.

Kom ons bid vir eenheid in ons gemeente. Ons

besef dis moeilik omdat ons mekaar nie sien

nie – maar kom ons dra mekaar voortdurend

in gebed aan die Here op.

Page 18: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Gaan terug na die Inhoudsopgawe

13. Verder leeswerk (dieper delf)

Vir bykomende leeswerk by die teks vir die

week:

Gaan lees in Lukas 4:1-13 hoe Satan vir

Jesus versoek het in moeilike

omstandighede. Hoe verskil Jesus se

optrede van die van Petrus? Sien jy ’n

verband in Jesus se optrede en wat Petrus

in vers 5 tot 11 van sy brief vir ons leer?

Maak tyd om Johannes 17 vers 1 tot 11

rustig te lees. Dink daaraan dat Jesus dit

vir jou en die gemeente bid in ons huidige

omstandighede. Gee dit perspektief op die

omstandighede?

Die boek Handelinge vertel die geskiedenis

van hoe Jesus Sy eerste volgelinge

bygestaan het in moeilike tye. Gaan lees

o.a. Hand. 12 en sien dat Petrus sy woorde

in vers 6 tot 11 van sy brief persoonlik

ervaar het. Onthou, ek en jy leef in die

voortgesette geskiedenis van Handelinge.

Gaan terug na die Inhoudsopgawe

Page 19: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

14. The Message

Glory Just Around the Corner 12-13 Friends, when life gets really difficult, don’t

jump to the conclusion that God isn’t on the

job. Instead, be glad that you are in the very

thick of what Christ experienced. This is a

spiritual refining process, with glory just

around the corner. 14-16 If you’re abused because of Christ, count

yourself fortunate. It’s the Spirit of God and his

glory in you that brought you to the notice of

others. If they’re on you because you broke the

law or disturbed the peace, that’s a different

matter. But if it’s because you’re a Christian,

don’t give it a second thought. Be proud of the

distinguished status reflected in that name!

6-7 So be content with who you are, and don’t

put on airs. God’s strong hand is on you; he’ll

promote you at the right time. Live carefree

before God; he is most careful with you.

He Gets the Last Word 8-11 Keep a cool head. Stay alert. The Devil is

poised to pounce, and would like nothing better

than to catch you napping. Keep your guard

up. You’re not the only ones plunged into these

hard times. It’s the same with Christians all

Page 20: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

over the world. So keep a firm grip on the

faith. The suffering won’t last forever. It won’t

be long before this generous God who has

great plans for us in Christ—eternal and

glorious plans they are!—will have you put

together and on your feet for good. He gets the

last word; yes, he does. Gaan terug na die Inhoudsopgawe of Gaan terug na die Boodskap

15. Verdere hulpmiddels

Kyk gerus na die 3iG Dissipelskap materiaal. Dis

so opgestel dat drie vriende dit via

WhatsApp/Epos of telefoon kan bespreek.

Ons stuur steeds die Kleingoep-materiaal.

Daar is ook ’n Tuisblad om gesinne te help om

die teks gedurende die week te hanteer.

Page 21: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

PRAKTIESE WYSHEID

VIR KLEINGROEPE

word stil

24 Mei 2020

Hoe help die vreugde wat eendag by die wederkoms wag ons om lyding wat nou gebeur te hanteer? Watter vier riglyne gee Petrus in vers 6-9 vir tye van teenspoed en lyding? Wat leer ons hieruit oor God? Hoe help vers 10-11 vir jou? Op watter maniere is hierdie gedeelte relevant vir ons? Wat beteken dit vir jou? Som in julle eie woorde op wat ons by Petrus leer oor lyding?

As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is: As daar tyd is, kan elkeen dit daarna weer op sy/haar eie tyd lees.

Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het. Wat kan ons uit hierdie gedeelte aflei oor die mense vir wie Petrus skryf? Wat is Petrus se doel met die skrywe? Hoekom sal dit vir Christene bly maak om in die lyding van Christus te deel? Hoe voel jy daaroor om saam met Jesus deur lyding te gaan eerder as om dit net so gou moontlik verby te kry?

Lees Psalm 68: 1-10, 32-35

Dink na oor hoe God al vir jou uitkoms gegee het.

Hoe ons nuut dink, doen en leef in die wêreld rondom ons.

Verder en Voor: God gebruik ons ook om mekaar se lyding te help verlig. Is daar iemand wie se lyding julle kan help verlig?

Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid? Dit sal goed wees as julle ’n gebedsjoernaal kan begin waarin julle gebedsversoeke kan neerskryf. Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Hoe en waar het jy die afgelope week vir God beleef?

Dank God daarvoor.

Beantwoord een van die vrae oor jou week: Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom? Waarvoor is jy dankbaar en wat was vir jou moeilik? Waar het jy God aan die

werk gesien?

Watter raad sal jy vir iemand gee wat iets moelik aanpak, byvoorbeeld ‘n marathon?

1 Petrus 4: 12-14; 5: 6-11

Noem enige iets uit die prediking wat jou geraak het of wat jy nie verstaan nie.

Wat dink julle was die hoofgedagte? Kan julle dit in een sin opsom?

Page 22: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

°C

wat wil jy vandag bereik?

ons storie: ysbreker (hier en nou)

word stil

Let wel dat hierdie materiaal opgestel is, tydens die COVID-19 lockdown van 2020. Die materiaal is dus opgestel met die oog op gesprekke via Whatsapp, Zoom of HouseParty

of watter platform op sosiale media jy sou verkies.

Soos altyd glo ons dat die gesprek (die journey) belangriker is as die antwoorde (die destination). Maak dus ruimte

daarvoor dat die gesprek mag afdwaal – ons glo immers dat die Heilige Gees in beheer is van die gesprek, nie ons nie.

Wees veral gereed om eerlik oor jou vrese te gesels. Onthou, ons is almal angstig - omdat die toekoms

onsekerder is as ooit. Dis egter juis vir sulke tye wat ons ’n geloof het wat die moeite werd is om aan vas te hou!

Bly naby mekaar - al doen ons die hele social distancing ding!

Hoërskool Kategese

24 Mei 2020

Luister na hierdie lied van Fernando Ortega om stil te word:

https://youtu.be/9rZ8k9m2hwo

Soms moet ’n mens besef dat Jesus al is wat jy het – en al is wat jy regtig nodig het.

1 Petrus 4:12-14

en 5:6-11

Onthou, hou jou verwagting van die ontmoeting realisties. Dalk is die enigste ding wat ons vandag bereik die feit dat ons met mekaar kontak maak.

Petrus praat oor lyding en swaarkry en vervolging van christene. Hy gee baie goeie riglyne vir gelowiges wat swaarkry.

Gee weer vir elkeen in die groep kans om in te check.

Sê vir mekaar wat die grootste ding is wat jy nou mis of wat jy voel jy besig is om te verloor. Is dit sport? Of koor? Vriende?

Noem ’n paar dinge waarvoor jy dankbaar is. Daar is baie mense in ons land wat regtig swaarkry. Kry jy regtig swaar of is jy net

hartseer oor wat jy verloor het? Onthou om nie mekaar te shame nie – almal se verlies is relatief, maar almal kry seer en verloor iets

op hulle eie manier.

Het jy al iets aangepak wat baie moeilik was? Hoe het jy voorberei? Hoe berei mens bv. voor om op ’n staptog te gaan?

Page 23: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

Daar is baie mense wat in hierdie tyd baie swaarkry. Party ouers kry

nie op die oomblik enige salaris nie. Baie het of gaan nog hulle werk

verloor. Hoe kan jy/ons hulle help?

Maak kontak met een van jou vriende wat jy dink nou baie swaar kry.

Kyk of jy hom/haar kan bemoedig.

Doen julle gemeente moeite met eredienste wat op video uitgestuur

word? Stuur vir die dominee ’n WhatsApp en sê sommer net dankie

vir sy/haar moeite.

Is daar enige iets waarvoor die groep vir jou kan bid?

Onthou julle nog die ABC van gebed?

Aanbidding “Here, ek aanbid U, want...”

Belydenis “Here, vergewe my vir...”

Voorbidding “Ek bid vandag vir...”

Danksegging “Dankie, vir...”

Eie behoeftes en toewyding “Here, help my om...”

Noem enige iets uit die gedeelte wat jou geraak het. Of enige vrae wat jy nou het.

Hoekom dink julle het Petrus hierdie brief vir die gelowiges geskryf? Wat kom jy agter van die mense?

Wat beteken dit vir ons dat Jesus saam met ons swaarkry?

Iemand het gesê ons geloof is meer as net ’n pie in the sky when we die. Wat dink jy word bedoel met die stelling? As ons geloof oor meer as net die Ewige Lewe gaan, waaroor gaan dit dan nog? Hoe help ons geloof ons om deur hierdie pandemie te kom? Of help dit ons glad nie?

Watter riglyne gee Petrus vir ons in 5:6-9 oor hoe om deur lyding en swaarkry te leef soos kinders van die Here? Ek kry vier riglyne.

Hoe kan 5:10-11 ons troos? Hoe laat dit ons beter voel?

As jy in een sin moet sê wat hierdie gedeelte vir ons sê oor lyding, wat sou dit wees?

WhatsApp dit vir een van jou vriende of maak ’n TikTok of Instagram-video daaroor en tag die ander groeplede. As die gemeente nog nie ’n Instagram/TikTok rekening het nie, help sommer julle dominee om een oop te maak en post julle video’s daar.

Hoe ons nuut, dink, doen en leef in die wêreld rondom ons. Verder en Voor

As julle groep na die erediens bymekaarkom waarin die teks hanteer is

Noem enige iets uit die prediking wat jou

geraak het of wat jy nie verstaan nie.

Wat dink julle was die hoofgedagte?

Kan julle dit in een sin opsom?

Page 24: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

3 STAPPE

‘n 3iG-groep is ‘n saam-glo groep wat deur bid, groei en dien Jesus dieper volg. Drie mense wat kies om saam te bid, saam te luister en saam ons geloof te leef.

2 ANDER Dit is slegs ek en 2 vriende wat ‘n spontane groep vorm. Dit kan egter ook uit meer as drie mense wees: ons familie of vriende of kollegas of mense in die gemeente.

1 GESREK

Ons maak weekliks met mekaar kontak (deur ’n koffie-afspraak of telefonies) rondom die gefokusde saam-gesels van die week. Die leier – wat elke week wissel – sorg dat ons mekaar daardie week sien.

saam groei

saam bid

3iG

’n saam-glo dissipelskap gesprek

saam gesels

saam stap

24 MEI 2020

Ons vind nie tyd vir gebed nie, ons maak dit.

B.I.D. staan vir: B: Bely teenoor God Wie Hy vir jou is én bely ook jou gesukkel vir Hom. I: Intree vir ander ( bv. Jou 3iG-lede, jou familie, wêreld, ens.). D: Dankie-sê, maak daagliks jou dankie-lys en dank God daarvoor. LEWENS-LEUSE: Bely elke oggend en aand 1 Kor. 9:23 se waarheid: “23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ek aan die vrug daarvan deel kan hê.”

1 Petrus was ’n omsendskrywe wat gerig was aan die verskillende gemeentes van gelowiges in Klein-Asië. Petrus verwys in die algemeen na die swaarkry en lyding wat hulle en ander gelowiges ervaar as gevolg van hulle vreemde, andersoortige manier van leef. Die swaarkry was nie soseer die gevolg van vervolging deur die owerhede nie, maar veeleer die gevolg van kritiek, verwerping, afsydigheid, beskimping, beswaddering, beledigings en vernederings wat hulle as Christene verduur het van die samelewing, dikwels ook van kennisse, vriende en ook familie. Hulle lyding begin met “verbale aggressie”, maar ’n soort verdagmakery het ook hulle lewensmoontlikhede ingekort en het daartoe gelei dat hulle in die oë van die gereg as misdadigers en kriminele oortreders gebrandmerk is. Petrus beklemtoon dit vir sy lesers dat dit nie maar iets toevalligs en tydeliks is wat met hulle gebeur en wat sal verbygaan nie. Nee, hy bestempel lyding as ’n onlosmaaklike deel van die Christelike lewe self. Nou wil hy die lydendes bemoedig en hulle in hulle hoop versterk. Lees nou 1 Petrus 4:12-14 en 5:6-11 goed deur.

Ons lees nie die Bybel nie, ons laat die Bybel ons lees.

Jesus verwag van ons minder nastaar (admiration) en meer naleef (imitation).

1. Het jy al ooit as gelowige navolger van Jesus iets van die lyding ervaar waaroor Petrus in sy eerste brief skryf? Vertel meer daarvan. Ken jy dalk ander gelowiges wat aan hierdie soort lyding blootgestel is? Hoe hanteer hulle dit?

2. As talle gelowiges nie hierdie soort lyding ervaar nie, kan dit dalk daaraan toegeskryf word dat hulle (en ook ons) nie “vreemd” genoeg is nie, dat ons manier van leef nie veel verskil van dié van die ongelowige nie en dat die lewe van Jesus-volgelinge

Geloofsgewoonte: Stilte. Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om onsself vir God oop te stel en om sonder onderbreking en geraas na God te luister. Lees hieroor 1 Konings 19:12; Openbaring 8:1; Lukas 5:16. . Doen-dinge:

1. Wees vir 10 minute by God – in sy teenwoordigheid, heeltemal stil. Sê: “Here, hier is ek....”

2. Raak stil en dink na oor Ps. 37:4. Wat hoor jy sê die Here God vir jou. Wees stil en wag.

3. Spandeer ’n halwe dag in stilte: slegs die Bybel, geen boeke nie, geen musiek nie,

slegs luister. Wat het jy van God in die tyd van stilte beleef.

Dink-dinge: 1. Lees Openbarin 8:1. Wat, dink jy, het in die tyd van stilte in die hemel gebeur?

2. Waarom vermy jy stiltes? Hoe vul jy dikwels stiltes?

3. Waar en wanneer kan jy meer tyd inruim om stil te word by God?

4. Besluit hoeveel tyd jy in stilte by God gaan spandeer. Dink jy God kan die stilte

gebruik om met jou te praat en jou verhouding met Hom te verinnig?

Eers vorm ons gewoontes en dan vorm die gewoontes ons.

nie as ‘n bedreiging vir die alledaagse gang van sake ervaar word nie. Gee jou mening hieroor en bespreek dit.

3. Petrus verbind die tema van lyding as gelowiges met dié van blydskap en vreugde

regdeur ddie brief, veral omdat hulle die versekering het dat die lyding van verbygaande aard is en dat die heerlikheid wat voorlê veel groter en heerliker sal wees as die lyding wat hulle nou verduur. Wys hierdie waarhede in die gelese gedeeltes vir mekaar uit. Tot watter mate help dit julle as navolgers van Jesus ook nou in julle lyding?

4. Petrus verseker sy lesers dat God self hulle vashou, dat Hy hulle gaan deurdra en

nie sal toelaat dat die lyding hulle oorweldig en dat Hy sal sorg dat hulle die heerlike erfenis wat in die hemel vir hulle in bewaring gehou word, nie sal misloop nie. Merk die handelinge en optrede van God wat as beloftes deur Petrus aangedui word in die teks en eien dit vir julleslef toe deur dié waarhede te memoriseer.

5. Petrus wys sy lesers daarop dat hulle lyding sin maak teen die groter agtergrond

van God se stryd teen die Bose (5:8). Dit is nie maar net mense en ‘n vyandiggesinde samelewing wat hulle vervolg nie. Wie is die Oorwinnaar?

Page 25: 7de Sondag van Paastyd€¦ · 9 Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur

ons nuwe storie

ons storie

GOD se storie Rituele en gewoontes

FAMILIE TUISBLAD

1 Petrus 4:12-14; 5:6-11

24 Mei 2020

Lyding is nie iets waaroor ons graag wil praat nie. Dis eintlik iets wat ons baie suksesvol

gekeer het uit ons lewens. Ons het iets soos

menseregte wat lyding keer bv. dis 'n internasionale mensereg om pynloos te wees.

Jy kan aandring op pyn medikasie want dis jou reg. Maar nou met die covid 19 virus kry

ons nie alles beheer nie. Praat as gesin saam oor die swaarkry wat die virus en inperking

vir julle bring. Die swaarkry lê op baie dimensies bv kommer en verlies en frustrasie ens ens.

Lyding is daarom nie iets wat ons moet

ignoreer nie. Dis iets wat deel is van die lewe maar dit het die potensiaal om ons te

help.

Ons moet daarom eerlik oor ons swaarkry

wees en gaan soek na waarmee dit ons help.

Kom ons gebruik die inperking tyd en praat wat ons alles geleer het in die tyd en ook

waarmee die inperking ons gehelp het.

Wat wil julle nou as alles verby is, anders

doen as wat julle voor die inperking gedoen

het?

Kom ons raak bewus van die swaarkry wat ook

deel van ond lewe is.

Skryf die woorde groot elkeen op 'n aparte

papier en plak dit van Maandag tot Vrydag op

die yskas. Praat dan die aand oor hoe die vorm van lyding/ swaarkry deel van julle lewe is.

Bekommernis

Spanning

Harde werk (vasbyt)

Verlies Alleenheid/ eensaamheid

In die gedeelte is Petrus baie oortuig dat

lyding eintlik vir ons goed is. Meer nog

Petrus sê ons moet ons in die lyding verheug. Ons moet bly wees daaroor want

dan sal ons oorloop van vreugde by sy

wederkoms. Amper iets soos hoe harder

die oefening was hoe blyer is jy as dit klaar

is. Petrus praat van die vuurproef waaraan ons onderwerp word. Baie mense dink dis

iets wat God doen – Hy straf ons ons toets

ons. Petrus sê egter nie dis God wat ons

daaraan onderwerp nie. Nee dis die loop

van die lewe. Ons weet nie of die loop van

die lewe ons gaan laat ly nie maar as dit gebeur kan God goed daaruit laat kom.