9
8/2016 Liewe Ouers, Ek lees onlangs ‘n stukkie raak wat ‘n perfekte beskrywing is van ma’s in Maart: iemand wat ‘n bus (sonder remme en buitebeheer) vol lewendige kuikens bestuur wat agteruit beweeg teen ’n styl, klipperige pad in die Andesgebergte terwyl sy lewendige, kleurvolle en informatiewe kommentaar lewer oor alles wat in ‘n blitssekonde verby haar suis en terselfdertyd spoeg- spoeg aan die vladderende kuikenvere wat oral neerreën soos manna! Daar is ‘n rede waarom ma’s nege maande lank kinder- lyfies koester, beskerm en dra - ons kinders is ons hartklop en vat jy aan ons kinders, dan vat jy aan elke ma se hartklop en rede vir opstaan en gaan slaap. Dit is dán wanneer selfs die allerliefste ma binne sekondes in ‘n guerrilla-voetsoldaat verander wat ‘n juffrou, meneer, faktotum, hekwag, sluitkassie-juffrou, maters van gr. R en selfs (op ‘n ekstreme dag) die kwartels in die Menlo- kou sal stormloop en verpulp! As kinders ná ‘n besige skooldag kom stoom afblaas by die huis en ma’s hoor van Wiskunde- en FW-toetse, berge huiswerk wat nim- mereindigende waansin veroorsaak en van gesiglose mense in Maart wat hulle kinders bedreig, dan word daar ‘n feniks uit die as gebore voor wie elke lewende wese liefs moet padgee as hy die môrelig nog wil aanskou! En dán wil ma’s bestuur, want ma’s in Maart wil assblief beheer terugkry! Hulle wil elke ekstraklas in die suidelike halfrond in plek kry en alle studiegidse van hier tot in Timbaktoe aankoop en instudeer, want hoe anders kan hulle help? Ma’s neem hulle taak nog ernstiger op in Maart as in ander maande en maak korte mette met een en elkeen wat in die pad kom: ma’s se taak is om sáám te dra aan die swaar en om seker te maak die swaar word weer lig. In Maart is ons ma’s regger as reg vir enige verpulp- aksie, want in Maart word kinders bleker as bleek en die ure in die dag word minder élke dag. Ma’s se kiewe trek saam as hulle hoor van onverwagse assesserings en bladsye en bladsye huiswerk. Tussendeur kners ma’s op hulle tande, want ‘n ma se werk is haar werk en terwyl sy haar kuikens vervoer, oral heen volg en die kuiken- histeries probeer hanteer, help sy ook om haar kinders te leer om behendig rondom die slaggate op die le- wenspad te swenk, want hoe meer ons fokus op die vaardigheid om óm die slaggate te swenk, hoe veiliger raak ons daaglikse roete. Maar, dit vereis ‘n feniks-ma van formaat om die verpulp-aksie te vervang met ‘n be- stuursles om die slaggate. So jaag ek (natuurlik hoogs behendig soos net ma’s kan), na ons meisiekind (nou eers in gr. 6) se dramaklas en ek raas so tussendeur oor tydsbestuur en huiswerk neerskryf die oomblik wat sy dit kry en om die “O ja mamma . . . ons moet môre . . .” halfagt in die aand summier onder kwarantyn te kry. Ons stop en sy spring so half verlig uit dat sy nie dié tirade verder hoef te be- leef nie en huppel die klas in. Ek is eintlik nog lank nie klaar nie, maar kyk af na die karsitplek en vries. Op die karsitplek is ‘n klossie blonde hare – ‘n klossie so dik soos twee vingers en ek sterf sewe dode. Deur my kop skiet woorde soos vreeslike vreemde siekte of onbekende sindroom, want wat anders sal so baie hare gelyk laat uitval? Ek bid die drama-uur om en toe sy terughuppel en inspring gryp ek haar haardos, wat tot op die skouers hang, met beide hande vas en pluk effe buite- beheer (soos die bus teen die Andesgebergte) haar blonde hare verwoed om te kyk of nog uitval. Sy roep verstom: “Mamma, wat maak jy?” “Sus, waar kom die klos hare vandaan?”, is al wat ek kan uitprewel. Sy dink vir 3 sekondes, wat soos 30 minute voel, en toe kom dit: “Genugtig mamma! Ouma het vanoggend die rekkie uit my hare probeer sny toe sy ‘n koekerasie voor skool veroorsaak het met my bolla. Sy het seker meer as die rekkie raak gesny!” Ek gryp haar vas en druk haar styf teen my hart en vergeet sommer van “verantwoordelikheid neem” en “tydsbestuur” soos die verligting oor my spoel. Eers baie later die aand, nadat alles rustig geraak het, besef ek dat daar iewers op die koppie ‘n vreeslike gat moet wees ... maar selfs vir dit sien ek skielik in Maart kans! Absolut Maart! Ons woel ons kinderlywe flinker as flink teen ons vas en agter ons in, want ons kinders in gesonde lywe besweer alle kuikenhisteries in ‘n japtrap wanneer ons weer onthou: “Don’t sweat the small stuff!” Kom ons spoeg Maart se kuikenvere uit en koester die kuikens teen ons hart totdat hulle weer rustig kloek! Annieka Moolman

8/2016 - Hoërskool Menlopark

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 8/2016 - Hoërskool Menlopark

8/2016

Liewe Ouers,

Ek lees onlangs ‘n stukkie raak wat ‘n perfekte

beskrywing is van ma’s in Maart: iemand wat ‘n bus

(sonder remme en buitebeheer) vol lewendige kuikens

bestuur wat agteruit beweeg teen ’n styl, klipperige pad

in die Andesgebergte terwyl sy lewendige, kleurvolle en

informatiewe kommentaar lewer oor alles wat in ‘n

blitssekonde verby haar suis en terselfdertyd spoeg-

spoeg aan die vladderende kuikenvere wat oral

neerreën soos manna!

Daar is ‘n rede waarom ma’s nege maande lank kinder-

lyfies koester, beskerm en dra - ons kinders is ons

hartklop en vat jy aan ons kinders, dan vat jy aan elke ma se hartklop en rede vir opstaan en gaan slaap. Dit is

dán wanneer selfs die allerliefste ma binne sekondes in

‘n guerrilla-voetsoldaat verander wat ‘n juffrou, meneer,

faktotum, hekwag, sluitkassie-juffrou, maters van gr. R

en selfs (op ‘n ekstreme dag) die kwartels in die Menlo-

kou sal stormloop en verpulp! As kinders ná ‘n besige

skooldag kom stoom afblaas by die huis en ma’s hoor

van Wiskunde- en FW-toetse, berge huiswerk wat nim-

mereindigende waansin veroorsaak en van gesiglose

mense in Maart wat hulle kinders bedreig, dan word

daar ‘n feniks uit die as gebore voor wie elke lewende

wese liefs moet padgee as hy die môrelig nog wil

aanskou! En dán wil ma’s bestuur, want ma’s in Maart

wil assblief beheer terugkry! Hulle wil elke ekstraklas in

die suidelike halfrond in plek kry en alle studiegidse van

hier tot in Timbaktoe aankoop en instudeer, want hoe

anders kan hulle help?

Ma’s neem hulle taak nog ernstiger op in Maart as in

ander maande en maak korte mette met een en elkeen

wat in die pad kom: ma’s se taak is om sáám te dra aan

die swaar en om seker te maak die swaar word weer

lig. In Maart is ons ma’s regger as reg vir enige verpulp-

aksie, want in Maart word kinders bleker as bleek en

die ure in die dag word minder élke dag. Ma’s se kiewe

trek saam as hulle hoor van onverwagse assesserings en

bladsye en bladsye huiswerk. Tussendeur kners ma’s op

hulle tande, want ‘n ma se werk is haar werk en terwyl

sy haar kuikens vervoer, oral heen volg en die kuiken-

histeries probeer hanteer, help sy ook om haar kinders te leer om behendig rondom die slaggate op die le-

wenspad te swenk, want hoe meer ons fokus op die

vaardigheid om óm die slaggate te swenk, hoe veiliger

raak ons daaglikse roete. Maar, dit vereis ‘n feniks-ma

van formaat om die verpulp-aksie te vervang met ‘n be-

stuursles om die slaggate.

So jaag ek (natuurlik hoogs behendig soos net ma’s

kan), na ons meisiekind (nou eers in gr. 6) se dramaklas

en ek raas so tussendeur oor tydsbestuur en huiswerk

neerskryf die oomblik wat sy dit kry en om die “O ja

mamma . . . ons moet môre . . .” halfagt in die aand

summier onder kwarantyn te kry. Ons stop en sy spring

so half verlig uit dat sy nie dié tirade verder hoef te be-

leef nie en huppel die klas in. Ek is eintlik nog lank nie

klaar nie, maar kyk af na die karsitplek en vries. Op die karsitplek is ‘n klossie blonde hare – ‘n klossie so dik

soos twee vingers en ek sterf sewe dode. Deur my kop

skiet woorde soos vreeslike vreemde siekte of onbekende

sindroom, want wat anders sal so baie hare gelyk laat

uitval? Ek bid die drama-uur om en toe sy terughuppel

en inspring gryp ek haar haardos, wat tot op die

skouers hang, met beide hande vas en pluk effe buite-

beheer (soos die bus teen die Andesgebergte) haar

blonde hare verwoed om te kyk of nog uitval. Sy roep

verstom: “Mamma, wat maak jy?” “Sus, waar kom die

klos hare vandaan?”, is al wat ek kan uitprewel. Sy dink

vir 3 sekondes, wat soos 30 minute voel, en toe kom

dit: “Genugtig mamma! Ouma het vanoggend die rekkie

uit my hare probeer sny toe sy ‘n koekerasie voor

skool veroorsaak het met my bolla. Sy het seker meer

as die rekkie raak gesny!” Ek gryp haar vas en druk haar

styf teen my hart en vergeet sommer van

“verantwoordelikheid neem” en “tydsbestuur” soos die

verligting oor my spoel. Eers baie later die aand, nadat

alles rustig geraak het, besef ek dat daar iewers op die

koppie ‘n vreeslike gat moet wees ... maar selfs vir dit

sien ek skielik in Maart kans!

Absolut Maart! Ons woel ons kinderlywe flinker as

flink teen ons vas en agter ons in, want ons kinders in

gesonde lywe besweer alle kuikenhisteries in ‘n japtrap

wanneer ons weer onthou: “Don’t sweat the small stuff!”

Kom ons spoeg Maart se kuikenvere uit en koester die

kuikens teen ons hart totdat hulle weer rustig kloek!

Annieka Moolman

Page 2: 8/2016 - Hoërskool Menlopark

Baie dankie aan Oryx Aqua wat ons Parkiebal ruim geborg het en gesorg het dat ons kinders se dors

geles word met waters wat proe soos fonteinwater!

11/03

Tennis: Seuns Senior GN-liga begin

Muurbal: KZN Junior ope en GN-Ope

Debat: Uitdunrondtes

12/03

Wintersport: Tuksreeks vs Marais Viljoen (weg)

13/03

Koor: Optrede by NG Gemeente Lynnwood (08:00

aanmeld; 09:00-10:00 erediens)

14/03

Koor: Soirée (Skoolsaal, 19:00)

15/03

Netbal: Vriendskaplik vs Helpmekaar (weg)

18/03

Dogtershokkie: Eerstespan vs Roedean (tuis)

LET WEL: Donderdag, 17 Maart se toetse skuif na

Woensdag, 16 Maart a.g.v sporttoere wat reeds

Donderdagoggend vertrek.

Kom bid saam elke Donderdagoggend van ± 07:30 af in die

sitkamer van die koshuis. “Ma's wat omgee" @ 083 543 3959

Jer. 17:7,8 (Ou vertaling)

“Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is

hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.”

Saamrygeleentheid

Betroubare drywer het plek vir twee kinders se veilige vervoer. Leerlinge moet in areas tussen Silver Lakes en Menlopark woonagtig wees. Vir meer inligting kontak asb mnr. Ephraim Monama

Sel: 060 670 7222

Absolut dankie vir die lafenis

RUGBY-OUERS

Hiermee absolut verskoning vir ‘n tikfout aan ons

kant! Ons bevestig graag die bankbesonderhede vir

elektroniese inbetalings ten opsigte van die vele be-

plande rugbytoere in die skool se rekening. Dit is die

normale rekening waarin skoolfonds ook betaal

word. Sommige korrespondensie het ‘n fout met die

laaste syfer in die rekeningnommer gehad:

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: Die Hoërskool Menlopark

Bank: Nedbank Besigheidsrekening

(Pretoria)

Rekeningnommer: 149 712 4069

Takkode: 149 745

Verwysing: Voorletter + van +14B

(bv. ABotha14B) – let wel

dat hierdie verwysing van

span tot span verskil.

Bewys van betaling: Aan afrigter – let wel dat

hierdie e-pos-adres van span

tot span verskil.

Absolut trots

Ons is baie trots op ons talentvolle Menlo-musiekonderwysers. Twee van hierdie onnies, me. Colleen Maré en me. Trix Klopper, het sertifikate van UNISA ontvang vir uitstaande onderrig en uitslae in teorie in 2015. Welgedaan met die suksesvolle kombinasie van klawers, kinders en klavierteorie.

Absolut musiek-akademie!

Page 3: 8/2016 - Hoërskool Menlopark

Ons nooi u graag uit na die jaarlikse Menlo-soirée wat hierdie jaar plaasvind op Maandagaand, 14 Maart in die Skoolsaal om 19:00. Kaartjies is beskikbaar by die Menlo-ontvangs @ R50,00 per persoon en ons kuier gesellig saam om tafels in die “Barnyard”-styl waar u u eie piekniekmandjie bring met glase,

bordjies en eet– en drinkgoed.

Moenie hierdie spesiale aand misloop nie - ons kuier graag saam na al die harde oefensessies en

werkswinkels hierdie kwartaal!

Tydens die Eskom Nasionale Wetenskapekspo, wat verlede jaar plaasgevind het tydens die Oktobervakansie, het Nicole Barwise, tans ‘n graad 10-leerder, ‘n goue toekenning ingepalm met haar innoverende projek “A Toilet Battery”. Gedurende die toekenningsplegtigheid is Nicole aangewys as een van slegs tien finaliste regoor Afrika om deel te neem aan die eervolle kompetisie, The 9th Annual African Energy Awards. Dié tien finaliste is weereens onderwerp aan verskeie uitdunrondtes gedurende Februarie 2016 om die beste vier projekte te kies. Nicole is een van net vier leerders wat onlangs gekies is om deel te neem aan die finale rondte van hierdie gesogte kompetisie, wat verlede Vrydag, 4 Maart, plaasgevind het. Die uitslae van die kompetisie word Dinsdag, 15 Maart, bekend gemaak. Absolut Nicole! Absolut Wetenskap! Ons hou albei ons

duime vas, Nicole!

Wintersport: Tuksreeks-skole

Die eerste kragmeting (teen Hoërskool Garsfontein) in hierdie reeks het op Saterdag, 5 Maart op Menlo-bodem plaasgevind en die uitslae lyk as volg:

o/15A Menlo wen 17-5 o/15B Menlo wen 15-5 o/15C Menlo wen 32-5

o/14A Menlo wen 15-5

o/14B Menlo wen 8-7

o/14C Menlo wen 26-21

o/16A Menlo wen 28-22 o/16B Menlo verloor 8-13 o/16C Menlo wen 19-0

1ste Menlo verloor 17-58 2des Menlo verloor 3-20

Page 4: 8/2016 - Hoërskool Menlopark

Wintersport: Tuksreeks-skole vs Garsfontein

Mila Hartig - onthou dié naam! Hierdie nommer een speler van Menlo, het die

afgelope week deelgeneem aan ‘n internasionale ITF-toernooi in

Potchefstroom. Hier moes sy haar pad oopspeel teen spelers van onder andere

Ierland, Tanzanië en Israel. In die een finaal het sy te staan gekom teen Neri Cohen

van Amerika en wen met ‘n oortuigende 6/1 en 6/2. In die tweede finaal klop sy vir

Minette van Vreeden van Suid-Afrika. Met hierdie dubbele wen, skuif Mila nou

gemaklik op, op die ITF-juniorranglys en is tans no. 11 op die SA-Tennis vroue ope

ranglys. Mila, ons is so trots op hierdie pragprestasie van jou waar jy op eie bodem

met selfs internasionale spelers afreken! Jou harde werk en talle opofferings om

Menlo se naam hoog te hou op die tennisbaan is absolut fenomenaal! Absolut Mila!

Wintersport: Tuksreeks-

skole vs Garsfontein

o/14A Menlo wen 28-21

o/14B Menlo wen 20-15

o/15A Menlo verloor 13-20

o/15B Menlo verloor 19-22

o/16A Menlo wen 28-13

o/16B Menlo wen 22-10

o/17A Menlo wen 18-17

o/17B Menlo verloor 11-13

1stes Menlo wen 31-20

2des Menlo wen 28-15

o/16A Menlo gelyk 0-0

o/16B Menlo gelyk 1-1

1stes Menlo wen 1-0

2des Menlo wen 3-2

o/14A Menlo verloor 2-0

o/16A Menlo wen 4-1

o/16B Menlo gelyk 1-1

1stes Menlo verloor 2-1

Dogtershokkie

o/14A Menlo wen 5-0

o/14B Menlo wen 5-0

o/15A Menlo wen 6-0

o/15B Menlo wen 5-1

Seunshokkie

Page 5: 8/2016 - Hoërskool Menlopark

Oopwaterswem

Hanré van Geffen is ’n Menlo-man wat geen probleem ondervind om te alle tye kop bo water te hou nie. Hy hou Menlo se naam oudergewoonte hoog en eindig in die derde plek (3 km-afdeling) en in die vierde plek (5 km-afdeling) tydens die onlangse Nasionale Oopwater-kampioenskappe wat op 5 Maart by die Eikenhofdam in

Grabouw gehou is.

Absolut

Ruan!

Ruan Breyten-bach (gr. 8) is genomineer as een van die finaliste vir die Sportster van die jaartoeken-ning vir sy 2015 prestasies en is aangewys as die topatleet van die jaar in die laerskool-afde-ling! Baie geluk

Ruan!

Absolut

Renate!

Ons Renate van Ton-der (gr. 12) is verlede week by Gauteng Noord Atletiek se toekenningsfunk-sie aangewys as die Beste Vroue Veldatleet van die jaar (seniors en juniors) tydens ’n glans-funksie by Union Ca-terers. Akane Simbine is aangewys as beste baanatleet en Wenda Nel beste vroue baan-

atleet. Absolut Renate!

Page 6: 8/2016 - Hoërskool Menlopark

Die volgende Menlo-swemmers gaan onderskeidelik aan die SSA vlak 1, 2 en 3 Nasionale

ouderdomsgroepkampioenskappe deelneem:

Vlak 1 (1-3 April 2016 by die Germiston swembad in

Johannesburg):

Emugene Botha, Joanette Cameron, Sean Loock,

Danielle Markram, Hercu Rossouw en Kian Taljaard

Vlak 2 (28-31 Maart 2016 by die Ellispark-swembad in

Johannesburg):

Dirk Bonnema, Melissa Carney, Karla Grobler, Jade Penning, Kiara Pieterse, Hanré van Geffen, Luc van

Rooyen, Jani Visagie en Rick Wentzel

Vlak 3 (18-22 Maart 2016 by die Newton Park

swembad in Port Elizabeth):

Benard Becker, Ruan Breytenbach, Chanté Cornelius, Natasha Cornelius, Lané de Meyer, Tiaan Fourie, Deorg Lategan, Hendrich Muth, Zania Pieterse, Andrew Ross, Reuben Stoltz, Emil van Heerden, Etienne van Heerden,

Suné van Jaarsveld, Rossouw Venter en Lizanne Viljoen

Baie sterkte – ons is asbolut trots op julle!

Baie geluk aan ons krieketmanne wat asbolut lopies

ingryg!

Finsbury-finaal: Menlo 1ste XI vs W/kloof 1ste XI

Menlo: 207 almal uit (Dean Foxcroft 77, Graeme

McCreath 46)

Waterkloof: 66 almal uit (Sebastian van Rooyen 5/11) Menlo wen met 141 lopies!

Finsbury-finaal: Menlo o/15A vs Waterkloof o/15A

Waterkloof: 201/7 (Reinhardt Hamann 3/26)

Menlo: 200 almal uit (Stephan Kruger 76, Tiaan Lotter

46)

Waterkloof wen met 1 lopie.

Menlopark 1ste XI vs Newlands Cricket School

Menlo: 190 almal uit (Eddie Stephens 59)

Newlands: 120 almal uit (Graeme McCreath 3/19)

Menlo wen met 70 lopies!

Menlopark 1ste XI vs Paul Roos Gimnasium

Paul Roos: 155/7 (Dean Foxcroft 5/25)

Menlo: 156/6 (Willem Britz 55, Dean Foxcroft 45)

Menlo wen met 4 paaltjies!

Menlopark 1ste XI vs Wynberg Boys’ High

Wynberg: 220 almal uit (Willem Britz 3/20)

Menlo: 158/9 (Dean Foxcroft 46)

Wedstryd eindig onbeslis.

Menlopark o/14A vs Affies o/14A

Affies: 116/6 (Sebastian Strydom 2/9, Jandre Verster

2/11)

Menlo: 117/5 (Eduard van der Walt 30*, Johnny van

der Schyff 37*)

Menlo wen met 5 paaltjies!

Die jaarlikse Dunlop Menlopark Junior Ope wat gedurende die naweek van 26

– 28 Februarie 2016 plaasgevind het, het weereens spelers van regoor Suid-

Afrika gelok. Aangesien spelers van so ver as Pietermaritzburg, Nelspruit, Parys

en Bloemfontein kom deelneem het, kon die eerste wedstryde eers

Vrydagaand begin. Dit het gesorg dat die MMA-span dié toernooi op ‘n

hoogtepunt begin, omdat almal die Parkies se 15de sege by die A-bond

atletiekinterhoër kon gadeslaan!

Ongelukkig het daar nie baie van die provinsies se topspelers aan die toernooi

deelgeneem nie, omdat dit presies tussen twee groot toernooie val, wat

noodsaaklik is om vir die SA-ranglys te kwalifiseer. Dit was egter 'n eerste

toernooi vir baie van die nuwe MMA-spelers, wat hulself terdeë geniet het. Die

o/19-seunsafdeling is deur ons MMA-kaptein, Heinrich Groenewald gewen met

Chris Minnaar in die tweede plek.

Page 7: 8/2016 - Hoërskool Menlopark
Page 8: 8/2016 - Hoërskool Menlopark
Page 9: 8/2016 - Hoërskool Menlopark