17
Ons naskoolfonds sluit in: - Huiswerksentrum (Juffrou per graad in klasverband) - Daaglikse middagete en versnapperings - Ekstra Lees & Luister Klasse - Ekstra Wiskunde Klasse - Groenvingers (Tuinbou) - Kunsklub - Vakansieprogram Ekstra dienste: - Vervoer na-en-van buitemuurse aktiwiteite Huis Roag, NG Kempton Kruin, Fiskaalstraat 30, Glen Marais Alida Hill 079 494 9124 APLH 060 965 9904 [email protected] A PLACE LIKE HOME Naskoolsentrum 2012/217699/07 Waar kinders nog "kind" is! Warm en liefdevolle omgewing

A PLACE LIKE HOME · Hierdie boetes sal automaties van u deposito verhaal word. A Place like Home behou die reg voor om u te oorhandig aan ’n prokureur en u kontrak te beëindig

Embed Size (px)

Citation preview

Ons naskoolfonds sluit in:

- Huiswerksentrum (Juffrou per graad in klasverband) - Daaglikse middagete en versnapperings - Ekstra Lees & Luister Klasse - Ekstra Wiskunde Klasse - Groenvingers (Tuinbou) - Kunsklub - Vakansieprogram

Ekstra dienste:

- Vervoer na-en-van buitemuurse aktiwiteite

Huis Roag, NG Kempton Kruin, Fiskaalstraat 30, Glen Marais Alida Hill 079 494 9124 APLH 060 965 9904

[email protected]

A PLACE LIKE HOME Naskoolsentrum

2012/217699/07

Waar kinders nog "kind" is!

Warm en liefdevolle omgewing

2

A PLACE LIKE HOME PROSPEKTUS 2017

Filosofie

Ons poog om die kinders te leer deur middel van speel en aktief wees!

Ons doel is om moderne kinders te ontwikkel, wat tred hou met die tyd: Kinders wat reg is vir die aanslae van die lewe, wat die pas kan volhou en selfs die pas kan aangee.

Daarmee beplan ons om weer kinders “kind” te maak deur te speel, hulle moeg huistoe te stuur, hulle te leer van toe kinders nog kinders was, met maniere, respek en selfrespek.

Ons wil u kinders opgewonde en gelukkig huis toe stuur.

Ons wil u kinders die geleentheid bied om te leer, in ’n warm, vriendelike en ontspanne omgewing, met verskeie speelondervindings waarin hulle kan ontwikkel tot hul volle potensiaal. Deur te speel leer kinders sosiale vaardighede, selfvertroue, onafhanklikheid, selfuitdrukking en kommunikasie aan.

Naskool ure

Maandag tot Vrydag vanaf 12h30 tot 17h30

Vakansies – 07h00 tot 17h30 (kosblikke soos vir skool moet voorsien word vir ontbyt deur ouers self)

Neem asb kennis dat die personeel gedurende die vakansies roteer en beurtelings werk.

‘n Boete van R100, vir elke 15 minute of ’n gedeelte daarvan, sal die einde van die maand op u

rekening gehef word, of van u deposito verhaal word, wanneer u u kind laat kom oplaai..

Die naskool sluit in Desember op die laaste Vrydag voor die 16de Desember.

Naskool se termyne

Die naskool sluit glad nie gedurende die jaar nie, behalwe vir die Kersvakansie en skoolvakansie-dae.

Datums sal aan die begin van die jaar aan u bekend gemaak word.

Die naskool sal gesluit wees op publieke vakansiedae, Saterdae en Sondae.

Indien ’n vakansiedag op ’n Dinsdag of Donderdag val sal die eienaars hulle diskresie gebruik

om te besluit of die Maandag of Vrydag ’n skooldag is.

Tydens vakansies word ’n vakansieprogram gevolg.

Rook Verbode

Rook is streng verbode op A Place like Home se perseel.

3

Kennisgewing van afwesigheid

Indien u kind afwesig gaan wees moet u asseblief die naskool voor 11h00 in kennis stel.

Oplaai van u kind by die naskool

U moet asseblief duidelik op u kind se registrasievorm aandui wie verantwoordelik sal wees om u kind by die naskool te kom oplaai. Indien ’n ander persoon u kind moet oplaai, moet u asseblief die kantoor vroegtydig daarvan in kennis stel. U kind se veiligheid kom eerste in hierdie verband. Kinders moet uitgeteken word in die register wanneer hulle opgelaai word.

Allergieë

Allergieë moet asb vroegtydig aan ons bekend gemaak word en ook duidelik op die inskrywingsvorms

aangedui word. Handig asb die nodige medikasie by ons in indien u bewus is dat u kind vatbaar is vir

lewensgevaarlike allergieë. Indien u kind asmaties is, moet u kind asseblief ten alle tye ’n asmapompie

beskikbaar hê.

Ekstra klere

Pak asb vir u kind ’n stel ekstra gemaklike klere in waarin met vrymoedigheid gespeel kan word.

Verjaarsdae

Indien ouers iets spesiaals wil doen op u kind se verjaarsdag, is u welkom om ons te nader, aangesien ons

’n partytjiebesigheid het as deel van ons kleuterskool en naskool

Telefone

A Place like Home het nie ’n landlyn beskikbaar nie, aangesien ons van die kerk se perseel gebruik maak.

Ons is wel ten alle redelike tye beskikbaar op die volgende selfoonnommer: 060 965 9904. Skakel ons gerus.

Personeel kan nie gedurende werksure gepla word met onnodige oproepe nie maar ons sal met graagte u

boodskappe aan die personeel gaan oordra of die selfoon na die betrokke personeellid neem word i.g.v

nood.

Besittings

Maak seker dat al u kind se persoonlike besittings gemerk is.

Dit is u verantwoordelikheid om al u kind se persoonlike besittings elke dag huistoe te neem en seker te maak dat alles in die sak is. Die personeel sal u ook hiermee bystaan.

4

Kinders se gedrag

Stel die naskool asb in kennis van enige verandering rakende u huishoudelike sake, bv. egskeiding, wanneer

u verhuis, siekte of dood, indien u kind nie ’n goeie nagrus gehad het nie, of wanneer een van die ouers

uitstedig is. Hierdie dinge het ’n geweldige uitwerking op ’n kind, en dit sal die naskool help om u kind se

gedrag beter te verstaan. Die naskool sal ten alle tye hierdie inligting konfidensiëel hanteer en nie aanwend

vir enige ander doel buiten waarvoor in hierdie ooreenkoms voorsiening gemaak word nie.

Ons het ’n gedragskode geïmplementeer waar positiewe gedrag vergoed sal word en negatiewe gedrag

teen hierdie vergoedingsplan sal tel.

Hekke en Sekuriteit by Hekke

Maak asb seker dat daar geen ander kinders saam met u uitgaan wanneer u die naskool verlaat nie.

A Place like Home is omhein met sy eie ingang (hek) en kinders moet slegs van binne die eiendom gehaal

word en uitgeteken word.

Parkering

Ry asb stadig by die hekke in en parkeer by die gemerkte parkeerarea, of onder die bome aan die regterkant van die kerkgebou.

Neem asb kennis dat u verantwoordelik is vir u kind se veiligheid op die parkeerterrein ten tye van op-en-aflaai.

Beserings

Alle beserings wat mag plaasvind deur die verloop van die dag sal aangeteken word in ’n insidentregister

en ook meer volledig bespreek word met die ouers indien nodig. Ouers sal onmiddelik gekontak word indien

die besering ernstig is en mediese/hospitaal hulp benodig word.

Siektes

Kinders wat by die naskool siek word se ouers sal gekontak word om hulle te kom haal. Kinders moet nie na die naskool gestuur word in geval van die volgende siektetoestande: - indien u kind diarree het (meer as 3 stoelgange in ‘n paar uur) of as vomering (meer as as een

keer in 24 uur) plaasvind. As u kind vomeer nog voor ontbyt is dit ’n duidelike aanduiding dat iets skort en hy / sy moet dan liefs tuisbly.

- as daar sere in u kind se mond voorkom wat aansteeklik mag wees. - indien u kind ’n veluitslag het en ’n hoë koors. ’n Mediese dokter moet dan bevestig dat dit

nie aansteeklik is nie. - ’n koors van 38.5 C, tesame met ander siektesimptome soos hoes, moeilik asemhaal, huil,

ongewone slaperigheid, lusteloosheid. - ‘n ooginfeksie of “pink eyes” met ’n aanhoudende waterige afskeiding. - enige van die aansteeklike kindersiektes soos TB, Pampoentjies, Impetigo (bak- teriële velinfeksie), Hepatitis A, Waterpokkies, Masels, Kroep, Duitse masels (Rubella),

Gordelroos of Keelinfeksies.

- Kopluise. - Asemhalingsprobleme met ’n asemhalingstempo van oor 50 per minuut.

5

- Indien u kind enige van bogenoemde het wat aansteelik kan wees, sal ons u kind slegs toelaat wanneer u dokter per brief bevestig dat die toestand nie aansteeklik is nie.

- Ons kan ongelukkig nie aan versoeke voldoen om kinders nie te laat buite speel nie. Indien u voel u kind mag nie buite speel nie, moet u liefs u kind tuis versorg totdat hy/sy beter is.

Daaglikse benodigdhede

Die volgende moet elke dag in u kind se sak gepak wees. (Merk alles asb. duidelik)

1 Stel skoon klere, ’n baadjie of trui en kouse (vir die winter).

Smeer self soggens vir u kind/ers sonbrandroom aan. U kan ook die room saamstuur sodat ons weer in die middag kan aansmeer

Beëindiging van kontrak

• Skriftelike kennisgewing van een kalendermaand word vereis indien u kind die naskool gaan

verlaat.

• Ouers bly verantwoordelik vir Desember se fooie indien kennis gedurende Oktober en November

gegee word.

Finansies en Fooie per maand (sien bylaag D)

Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar voor of op die 4e van die maand.

Fooie is in 12 maandelikse paaiemente betaalbaar gedurende die jaar, ongeag skoolvakansies of afwesigheid.

Fooie is onderworpe aan verandering met vroegtydige kennisgewing.

Geen tjeks sal aanvaar word nie.

Fooie wat na die 4de dag van die maand betaal word, is onderhewig aan ’n R50,00 boete per dag. Hierdie boetes sal automaties van u deposito verhaal word.

A Place like Home behou die reg voor om u te oorhandig aan ’n prokureur en u kontrak te

beëindig indien u nie aan die vereiste voldoen nie.

Geen kontant sal op die perseel aanvaar word nie. Fooie moet per internet of debietorder in ons rekening betaal word.

’n Volle maand se naskoolfooie moet inbetaal word as deposito. Dit moet saam met registrasie betaal word. U saldie bedrag terugkry wanneer u die naskool kennis gee en indien u kind se naskoolfooie nie agterstallig is nie. Let wel dat dit aanvaarbaar is dat die deposito oor ’n periode van drie maande afbetaal kan word indien u ’n reëling met ons tref.

Die verskil tussen die deposito en die skoolfonds van toepassing tydens die kennismaand, moet

voor die 4de dag van die kennismaand betaal word. Neem ook asb kennis dat geen rente oploop

teen die deposito tydens die tydperk wat ons dit hou nie.

Buitemuurse aktiwiteite

6

Daar sal ’n lys opgeplak word in Januarie sodat u kan sien watter aktiwiteite by die naskool aangebied word. Indien u kind fisies of as gevolg van gesondheids of enige ander rede, nie in staat is om deel te neem nie, moet u dit duidelik stipuleer op die inskrywingsvorm en ook asb vooraf bespreek met die sportorganiseerder. Enige kind is welkom om aan enige aktiwiteit deel te neem.

Fooie is betaalbaar aan:

A Place like Home ABSA Bank, Takkode: 632005 RekeningNo. 4081064059 Verwysing: U kind se naam en die woord “Naskool" of u rekening nommer

Vorms

Voltooi die volgende vorms en besorg terug aan A Place like Home :

1. Prospektus – Parafeer asb elke bladsy van die prospektus

2. Insrywingsvorm : Bylaag A 3. Vrywaring en toestemming : Bylaag B 4. Prospektus aanvaarding : Bylaag C 5. Fooie en termyne : Bylaag D 6. Reëls en Regulasies : Bylaag E 7. Reëls en Regulasies Aanvaarding : Bylaag F

Probleme

Neem die vrymoedigheid om enige probleme, voorstelle en ongelukkighede ter enige tyd met die bestuur

te kom bespreek! Dit sal verseker dat ons saam die beste vir u kind kan bied!

Stel asb ook hierdie reëls aan mense wat u kind kom oplaai beskikbaar.

A Place like Home groete!

7

A PLACE LIKE HOME NASKOOL SENTRUM

INSKRYWINGSVORM

Datum van leerder se 1ste skooldag: ______________________

Kind se besonderhede:

Van en volle name van kind: __________________________________________________________

Noemnaam van kind: ________________________ Geboortedatum: __________________________

Huidige skool: ________________________ Huidige Graad: __________________________

Huistaal: ________________________________ Geslag: Seun Dogter

Huisadres: ___________________________________________________________________

Posadres: ___________________________________________________________________

Telefoon (H): ________________________________

Name van boetie/sussie in naskool? ____________________________________________________

Vader se besonderhede:

Naam en van: ____________________________________________________________________

ID no.: ________________________________

Beroep : _______________________________________________________________________

Werksadres : _______________________________________________________________________

E-pos adres: ______________________________________________________________________

Tel (W) : ________________________________ Selfoon: _____________________________

Bylaag A

8

Moeder se besonderhede:

Naam en van: _____________________________________________________________________

ID no.: _________________________________

Beroep : ________________________________________________________________________

Werksadres: _____________________________________________________________________

Epos adres: _____________________________________________________________________

Tel (W): ________________________________ Selfoon: _____________________________

Huwelikstatus van ouers:

Getroud Geskei Woon saam Weduwee Wewenaar

Ander: _________________________

Allergieë of ander mediese probleme: (bv. Siektetoestande, vrese, epilepsie, bysteek ens.)

____________________________________________________________________________________

Huisdokter: __________________________ Dokter se tel. no.: __________________________

Dokter se straatadres: __________________________________________________________________

Mediesefonds: ___________________________ Mediesefondsnr: ___________________________

Wie laai u kind op in die middag? _______________________________________________________

Naam, adres en telefoon no. van kontakpersone in geval van nood: ______________________________

____________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

Enige ander belangrike inligting: __________________________________________________________

____________________________________________________________________________________

9

Rekening:

Persoon verantwoordelik vir die vereffening van die rekening: _______________________________

Moet al die kinders op een rekening gekoppel word? __________________________________________

Waar het u van ons gehoor? _____________________________________________________________

Ek aanvaar A PLACE LIKE HOME se reëls en die toepassing daarvan soos in die prospektus van die naskool-fasiliteit

vervat. Artikel 41 (5A en B) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, stel dit onomwonde dat ouers vir hulle

kinders se skoolfonds aanspreeklik is. Ek is daarom verplig om dit te betaal. Deur ondertekening van hierdie dokument

stem ek in daartoe dat indien die skool as ‘n party in ‘n regsgeding met ‘n ouer betrokke raak, mag die party wat slaag

met die eis, regskostes van die skuldige party verhaal.

GETEKEN TE KEMPTON PARK OP HIERDIE ______ DAG VAN _________________________ 20____.

Ouer 1: ______________________ Ouer 2: ______________________

Datum: ______________________

10

VRYWARING EN TOESTEMMING

Hiermee gee ek, die ondergetekende, toestemming aan A Place like Home vir die volgende:

1. Dat daar foto’s van my kind se prestasies ens. geneem mag word om in die plaaslike koerant,

webblad of nuusbrief te publiseer.

2. Dat my kind deur ’n A Place like Home personeellid vervoer mag word na ‘n mediese sentrum of

dokter in geval van nood, indien ek dit nie self kan doen nie. A Place like Home onderneem om my

eers telefonies te kontak.

3. In geval van punt 2 hierbo, vrywaar ek A Place like Home van enige aanspreeklikheid, om welke

rede ookal, tydens die vervoer van my kind tensy nalatigheid bewys kan word .

4. Dat ek A Place like Home vrywaar van enige beserings wat my kind of ek as ouer/voog mag opdoen

op die perseel, asook op die parkeerarea van A Place like Hom,e tensy nalatigheid bewys kan word.

5. Dat ek as ouer/voog verantwoordelik is vir alle mediese kostes, hetsy gedek deur ’n mediese fonds

of nie.

6. In geval van ‘n besering wat dit mag vereis, sal dit gereël word dat paramedici die beseerde kind op

A Place like Home se terrein sal behandel en, indien nodig, vervoer na ‘n hospitaal of dokter.

Geteken te __________________ op hierdie ____ dag van _________________ 20__

_____________________ _____________________

Ouer 1 Naam van kind

_____________________ ______________________

Ouer 2 vir A Place like Home (en hoedanigheid)

Bylaag B

11

PROSPEKTUS AANVAARDING

Hiermee aanvaar ek/ons, ________________________________, as ouers of voog de van _________________ al

die reëls en regulasies van A Place like Home soos uiteen gesit in die Prospektus.

Ek/ons onderneem dat my/ons kind, ___________________________, A Place like Home sal bywoon

vanaf____________________ 20__.

Ek/ons aanvaar en onderneem ook om die fooie van R________ per kind voor of op die 4e dag van elke maand te

betaal, en dat _______________________________ die persoon is wie verantwoordelik is vir die vereffening van die

rekening.

Heg asb‘n afskrif van beide ouers/voogde se ID’s aan en ‘n bewys van adres.

Geteken te __________________________ op hierdie ____ dag van _________________ 20__

___________________ ____________________

Ouer 1 Naam van kind

___________________ ____________________

Ouer 2 Vir A Place like Home (en hoedanigheid)

Bylaag C

12

TERMYNE EN FOOIE VIR 2017:

Termyne vir 2017:

A Place like Home open op 11 Januarie 2017.

‘n Vakansieprogram word gevolg gedurende skoolvakansies.

Termyne vir 2017 Open Sluit

Termyn 1 11 Januarie 2017 31 Maart 2017

Termyn 2 18 April 2017 30 Junie 2017

Termyn 3 24 Julie 2017 29 September 2017

Termyn 4 09 Oktober 2017 06 Desember 2017

Neem asb kennis dat die naskool op alle Publieke Vakansiedae gesluit is.

Naskoolfooie vir 2017 – KRUINSIG / SHANGRI-LA

1ste kind 2de kind 3de kind +

Registrasie *Deposito Buitemuurse

(Eenmalig) (Eenmalig) Aktiwiteite

R 1320 R 1220 R 1220 R 320 Volle maand skoolfonds

R15/km

Naskoolfooie vir 2017 – ALLE ANDER SKOLE BEHALWE BOGENOEMDE (a.g.v vervoer/vervoer ingesluit)

Ouer/s: ______________________

1ste kind 2de kind 3de kind +

Registrasie *Deposito Buitemuurse

(Eenmalig) (Eenmalig) Aktiwiteite

R 1470 R 1370 R 1370 R 320 Volle maand skoolfonds

R15/km

Bylaag D

13

A PLACE LIKE HOME REëLS EN REGULASIES

ALGEMEEN

Naskool ure

Maandag tot Vrydag vanaf 12h30 tot 17h30

Vakansies – 07h00 tot 17h30 (kosblikke soos vir skool moet vir ontbyt voorsien word deur

ouers)

Die naskool sluit in Desember op die laaste Vrydag voor die 16de Desember.

Indien ’n vakansiedag op ’n Dinsdag of Donderdag val, sal die eienaars hulle diskresie gebruik

om te besluit of die Maandag of Vrydag ’n skooldag is.

Die naskool sal gesluit wees op publieke vakansiedae, Saterdae en Sondae.

Kennisgewing van afwesigheid

Indien u kind afwesig gaan wees, moet u asseblief die naskool voor 11h00 in kennis stel.

Oplaai van u kind by die naskool

U moet asseblief duidelik op u kind se registrasievorm aandui wie verantwoordelik sal wees om u kind by

die naskool te kom oplaai.

Indien ’n ander persoon u kind moet oplaai, moet u asseblief die kantoor vroegtydig daarvan in kennis stel.

Indien dit iemand is wat die naskool nie voorheen ontmoet het nie, moet hierdie persoon sy oorspronklike

ID dokument toon om vergelyk te word met die naam en ID wat u as ouer telefonies aan ons verskaf het.

U kind se veiligheid kom eerste in hierdie verband.

Kinders moet in die register uitgeteken word wanneer hulle opgelaai word.

Telefone

Personeel kan nie gedurende werkure gepla word met onnodige oproepe, nie maar ons sal met graagte u

boodskappe aan die personeel gaan oordra, of in ‘n noodgeval, sal die selfoon na die betrokke personeellid

geneem word.

Siektes

Kinders wat by die naskool siek word se ouers sal gekontak word om hulle te kom haal. Kinders moet nie na die naskool gestuur word in geval van die volgende siektetoestande:

Bylaag E

14

- indien u kind diarree het (meer as 3 stoelgange in ‘n paar uur) of as vomering (meer as as een keer in 24 uur) plaasvind. As u kind vomeer nog voor ontbyt is dit ’n duidelike aanduiding dat iets skort en hy / sy moet dan liefs tuisbly.

- as daar sere wat aansteeklik mag wees in u kind se mond voorkom. - indien u kind ’n veluitslag het saam met ’n hoë koors. ’n Mediese dokter moet dan bevestig

dat dit nie aansteeklik is nie. - ’n koors van 38.5 C, tesame met ander siektesimptome soos hoes, moeilik asemhaal, huil,

ongewone slaperigheid, lusteloosheid. - ‘n ooginfeksie of “pink eyes” met ’n aanhoudende waterige afskeiding. - enige van die aansteeklike kindersiektes soos TB, Pampoentjies, Impetigo (bak- teriële velinfeksie), Hepatitis A, Waterpokkies, Masels, Kroep, Duitse masels (Rubella),

Gordelroos of Keelinfeksies.

- Kopluise. - Asemhalingsprobleme met ’n asemhalingstempo van oor 50 per minuut. - Indien u kind enige van bogenoemde het wat aansteelik kan wees, sal ons u kind slegs toelaat

wanneer u dokter per brief bevestig dat die toestand nie aansteeklik is nie. - Ons kan ongelukkig nie aan versoeke voldoen om kinders nie te laat buite speel nie. Indien u

voel u kind mag nie buite speel nie, moet u liefs u kind tuis versorg todat hy/sy beter is.

GEDRAGSKODE EN VLAKKE VAN OORTREDINGS

Die gedragskode moet nagekom word:

Op die naskool se perseel, voor, na en gedurende naskoolure;

By alle amptelike naskool aktiwiteite, beide binne en buite naskoolure;

In enige situasie, op of vanaf die naskool se perseel, waar die skoliere erken word

as A Place like Home skoliere.

Vlakke van oortredings

Vlak 1 – Minder ernstige wangedrag;

Vlak 2 – Ernstige wangedrag;

Vlak 3 – Baie ernstige wangedrag;

Vlak 4 – Kriminele oortreding.

15

Prosedures, oortredings, regte en verantwoordelikhede

Vlak 1

’n Vlak 1 oortreding sal onmiddellik deur die verantwoordelike persoon aan diens aangespreek word. ’n

Mondelinge waarskuwing sal gerig word en ’n toepaslike straf sal toegedien word, bv. Opruim van

klaskamer.

Laatkom by naskoolry en klaskamers;

Besoedeling van terrein;

Ongehoorsaamheid – weiering om ’n opdrag uit te voer;

Diskriminasie – rassisties / geslag / geloof;

Disrespekvolle gedrag;

Kras taalgebruik.

Swak tafelmaniere/vermorsing van kos

Vlak 2

’n Vlak 2 oortreding sal formeel aangespreek word deur die naskoolhoof, of die waarnemende naskoolhoof.

Korrektiewe aksie sal insluit bv detensie en uitskryfwerk. Ouers sal per sms in kennis gestel word van die

oortreding, en die koste van die sms dra soos per boete stelsel.

Aanhoudende Vlak 1 oortredings;

Onvanpaste fisiese kontak tussen leerders;

Skryf op naskool eiendom bv mure en meubels;

Verlaat van skool sonder toestemming;

Fisiese intimidasie.

Vlak 3

’n Vlak 3 oortreding sal formeel aangespreek word deur die ouers te ontbied en verdere dissiplinêre stappe

te volg soos, bv tydelike skorsing

Aanhoudende Vlak 2 oortredings;

Bakleiery;

Rook, dwelm en alkoholmisbruik en/of in die besit wees van skadelike voorwerpe

bv skerp messe, vuurhoutjies, aanstekers ens;

Vandalisme;

Vervalsing van handtekeninge, skryf van eie briewe;

Besit van gevaarlike wapens;

Onderwysers/esse vloek;

Diefstal.

16

Vlak 4

’n Vlak 4 oortreding grens aan kriminele oortredings en aanhoudende vlak 3 oortredings. ’n Vlak 4

oortreding sal aangespreek word deur ouers te ontbied en om u kind. ’n Vlak 4 oortreding sal lei tot

permanente skorsing van ’n leerder.

Regte en Verantwoordelikhede van leerders

Elke leerder het die reg om:

1. regverdig behandel te word;

2. in ’n veilige en gedissiplineerde omgewing geleer te word;

3. met respek behandel te word, afgesien van ras, geloof, ens;

4. sy/haar opinie te spreek (sagkens met respek);

5. in ’n skoon en higiëniese omgewing te leer;

17

AANVAARDING VAN REëLS EN REGULASIES

Hiermee aanvaar ek/ons, ________________________________, as ouers of voogde van _____________________

al die reëls en regulasies van A Place like Home soos uiteengesit in die reëls en regulasies.

Geteken te _____________________________ op hierdie ______ dag van ___________________ 20____

____________________________ ____________________________

Ouer / Voog vir A Place like Home (en hoedanigheid)

Bylaag F