12
AANKONDIGINGE 29 OKTOBER 2017 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure is nuwe intrekkervorms beskikbaar. Voltooi dit asb. sodat ons jou kan kontak. Posbus 272 021 903 3818 E-pos adres: [email protected] Kuilsrivier Faks 021 903 9541 [email protected] Webwerf : www.ngkeike.co.za Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 12:00 Bankbesonderhede: ABSA takkode 632005; Rekeningnommer 3010590069 Leraars: Ds. H Burger Ds. C Barnardo Ds. J Morkel Ds. J Viljoen 021 903 1798 021 982 7076 021 903 6654 084 383 7427 Saakgelastigde Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 Sekretaresse Cathy Fullard 021 903 3818 Koster Tim Burrows 021 903 3818 of 082 444 5677 [email protected] Kinderkerk Riëtta Odendal 021 903 4963 Snr Kategese Anien Heydenrych 074 496 6519 Orrelis René Ferreira 021 981 4806 (h) Tyd Diens/Geleentheid Prediker/Lokaal 08:30 Samekoms van kerkraadslede Koster se kantoor 09:00 EREDIENS HERVORMINGSFEES Dankofferinsameling Deuroffer: Gemeente-ontwikkeling Erediensspan 2 Charl van Zyl 09:00 Kinderkerk gevolg deur jnr kategese gr. R - 6 Konsistorie en daarna verskeie lokale 18:00 Informele Aanddiens Ds. Jandré Viljoen Senior Kategese gr. 7 tot 11 Verskeie lokale VANDAG SE PROGRAM EEN-EN-TWINTIGSTE SONDAG IN KONINKRYKSTYD

AANKONDIGINGE 29 OKTOBER 2017 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

AANKONDIGINGE

29 OKTOBER 2017

W E L K O M B Y D I E E R E D I E N S ! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente.

By die deure is nuwe intrekkervorms beskikbaar. Voltooi dit asb. sodat ons jou kan kontak.

Posbus 272 021 903 3818 E-pos adres: [email protected] Kuilsrivier Faks 021 903 9541 [email protected]

Webwerf : www.ngkeike.co.za Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 – 12:00 Bankbesonderhede: ABSA – takkode 632005; Rekeningnommer 3010590069

Leraars: Ds. H Burger Ds. C Barnardo Ds. J Morkel Ds. J Viljoen 021 903 1798 021 982 7076 021 903 6654 084 383 7427

Saakgelastigde Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 Sekretaresse Cathy Fullard 021 903 3818 Koster Tim Burrows 021 903 3818 of 082 444 5677 [email protected] Kinderkerk Riëtta Odendal 021 903 4963 Snr Kategese Anien Heydenrych 074 496 6519 Orrelis René Ferreira 021 981 4806 (h)

Tyd Diens/Geleentheid Prediker/Lokaal

08:30 Samekoms van kerkraadslede Koster se kantoor

09:00 EREDIENS – HERVORMINGSFEES

Dankofferinsameling

Deuroffer: Gemeente-ontwikkeling

Erediensspan 2 – Charl van Zyl

09:00 Kinderkerk gevolg deur jnr kategese

– gr. R - 6

Konsistorie en daarna verskeie lokale

18:00 Informele Aanddiens Ds. Jandré Viljoen

Senior Kategese gr. 7 tot 11 Verskeie lokale

VANDAG SE PROGRAM

EEN-EN-TWINTIGSTE SONDAG IN KONINKRYKSTYD

MAANDAG, 30 OKTOBER

19:00 Pastorale Sorg kursus by Kuilsrivier-Suid gemeente – Gesonde ouer en kind verhouding Betty Rahl – Voorligting Sielkundige 19:30 Sportmanne – Bybelstudiebyeenkoms in die konsistorie 19:30 Vrouelidmate – Bybelstudiebyeenkoms in die Moederskamer

DINSDAG, 31 OKTOBER

09:30 Senior Burgers – Bybelstudiebyeenkoms in die konsistorie 19:00 Dinsdagaand manne groep – Bybelstudiebyeenkoms in die konsistorie 19:00 Jeugkommissie – vergadering in die Moederskamer 19:00 Kerkkoor oefen in kerk

WOENSDAG, 1 NOVEMBER

09:30 Vrouelidmate – Bybelstudiebyeenkoms in die Moederskamer 15:00 Fondse kommissie – vergadering in die Moederskamer 18:30 Kommunikasie taakspan – vergadering in Moederskamer 19:00 Kommissie vir vrouelidmate – vergadering in die konsistorie

DONDERDAG, 2 NOVEMBER

09:30 Dienssentrum vir Seniors by NGK Moedergemeente se kerksaal Sopkombuis - Andrieshia Radyn, Marianne Brink, Rene van Schalkwyk, Irma van Schalkwyk, Riana van Niekerk, Luci Mulder 19:00 Gemeentebediening kommissie & Blokleiers – vergadering in die konsistorie

VRYDAG, 3 NOVEMBER

09:30 Gebedsgeleentheid in Moederskamer

SATERDAG, 4 NOVEMBER

SONDAG, 5 NOVEMBER

09:00 Oggenddiens - Doop Deuroffer ten bate: Aksie Samaritaan Erediensspan 3 – Derick du Toit Geen Kinderkerk - afnaweek Geen Informele aanddiens & Senior kategese

GEMEENTE DAGBOEK

G E BE D SO N D ER W E R P V I R D I E W EE K :

Bid vi r ‘n e inde van d ie gew eld in ons l a n d

L E ES R OO S TER T E K S TE V I R D I E W EE K : J os 7 : 9 - 17 ; Ps 34 : 1 - 10 , 2 2 ; 1 J o h 3 : 1 -3 ; Ma t t 5 : 1 -1 2

VANDAG SE DEUROFFER

Gemeente-ontwikkeling Die Raad vir Gemeente-ontwikkeling en Kerklike Samewerking is ’n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede maar ook in gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie die kapasiteit het om hierdie uitdaging alleen te hanteer nie. Dit wil die missionêre uitdagings wat ’n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ’n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks. Ds Philip Botha | [email protected] | 021-808-9060

VERJAARSDAE VIR DIE WEEK

29/10 Hannetjie Keyser, Marie Cothill, Ben Odendaal, Demila Huisamen 30/10 Mariette Swart, Johan Hugo, Jeanne Cillié, Natasha Albertyn, Elbie Venter 31/10 Sanél Rust, Albie Burger, Shariska Muller, Chris Hanekom 1/11 George Fullard, Bettie Marais, Koos Voigt, Lianné van Schalkwyk, Susie Engelbrecht, Elmaré van der Merwe, Leréne Hamman 2/11 Timone Joubert, Ria Kellerman, Jovan de Bod, Lehani de Koker, Sheila Lambrecht 3/11 Sandra du Toit, Danie Heyns, Elize Steenkamp 4/11 René West, Mariana Bosman, Helené Britz

DANKSEGGING EN VOORBIDDING

1. Baie geluk aan die volgende De Eike kinders wat tot Hoërskool De Kuilen se 2018 Raad van Leerders verkies is. - Jacques Triegaardt - Lisa Loots (Tesourier) - Willmi Loots

2. Jolandi Morkel, dogter van ds. Johan en Riëtte, het verloof geraak het Johan Beukes.

3. Christiaan du Toit, seun van Wimpie en Sandra (Bosmanstraat 15) is gister in die huwelik bevestig met Bianca Nortjé.

4. Dané Engelbrecht, dogter van Abé en Amanda, en Marius Wethman tree op Saterdag 4 November in die huwelik.

5. Louise Visser (Klaradyn) is tans baie siek. 6. Kotie Geldenhuys (Othello) ondergaan eerskomende week ‘n operasie. 7. Sakkie Nel, vroeër leierkerkraadslid van De Eike, is die week in die

hospitaal opgeneem. 8. Bethley Scheidegger (Russelstraat 9) ondergaan dié week ‘n operasie.

1. Versoeke vir gebedsvoorbidding kan deurgegee word na enige van die gebedsgroepe by die volgende lidmate: Lerina Venter (021 903 9069) en Marita Koen (021 903 7820).

2. Liedere Versoekboek: indien daar ‘n spesiale lied is wat jy graag wil versoek deur die gemeentegesing moet word, skryf dit gerus in die versoekboek wat in die vakkie in die voorportaal is.

3. Die Mediasentrum is gedurende die skoolkwartale elke Sondag na die erediens oop.

4. De Eike se koskas verskaf maandeliks kospakkies aan verskeie lidmate en gesinne in ons gemeente. Bydraes van enige nie-bederfbare kos, skoonmaakmiddels, toiletware, ens. kan in die mandjies by die deure beplaas word of by die kerkkantoor afgegee word. Lidmate wat verkies om ‘n finansiële bydrae te gee, is welkom om dit só te doen.

5. Lisbé Swart is op soek na ‘n “Lazy boy” stoel om te leen vir gebruik deur Stephan in die versorgingsoord waar hy tans is. Kontak haar by 021 903 2357 of 083 535 3679 indien jy kan help.

6. Die sperdatum vir bydraes tot die laaste Akker vir 2017 is Donderdag 9 November 2017. Stuur bydraes na [email protected] of gee af by die kerkkantoor.

7. Die volgende byeenkoms van die Kuilsrivier Gebedsforum is volgende Sondag 5 November 2017 om 16:00 by Andante. Almal is welkom.

8. Moederskamer – ons benodig speelgoed en boeke vir die Moederskamer vir die ouderdomsgroep 6 maande tot 3 jaar. Enige bydrae word opreg waardeer.

VAN ALLES EN NOG WAT

DANKOFFERFEES – 29 OKTOBER 2017

BAIE DANKIE dat julle vandag julle DANKOFFER VIR DIE HERE bring – en

ook simbolies van die offers deur die hele jaar!

Julle gawe is voor God ‘n offer met ‘n lieflike geur, vir Hom aanneemlik en

welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens

sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus. Fil 4:18,19

Maartin Luther, die groot kerkhervormer het gesê: “Op die geloofspad gaan

‘n Christen deur 3 bekerings: eers die verstand, dan die hart (lewe) en

uiteindelik die beursie – die derde bekering is ‘n teken van ware bekering!”

DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE

GEDAGTE VAN DIE WEEK Toon jou dank oorvloedig en opreg; ontvang dank met grasie en nederigheid; maar moenie dank verwag nie. William Arthur Ward (1813 – 1887)

KINDERKERK

Die Kinderkerk benodig ‘n graad 2 personeellid vir 2018. Hou in gedagte dat jy die meeste van die tyd nie die formele erediens soggens sal kan bywoorn nie. Ons beskik wel oor aflospersoneel indien jy ‘n Sondag nie teenwoordig kan wees nie. Skakel asseblief die kerkkantoor of vir Riëtta Odendal by 082 904 0950 of 021 903 4963 of e-pos na [email protected].

Almal ouer as 60 jaar, skakel asseblief volgende week die kerkkantoor om ‘n sitplek op die bus na ons volgende uitstappie te bespreek. Ons besoek die Roofvoël-rehabilitasiesentrum op die Spier Wynlandgoed vir ‘n interaktiewe sessie met verskeie spesies roofvoëls – interessant en opwindend! Daar sal ook geleentheid wees om iets by die Hoghouse BBQ/Bakery of die Plaaskombuis te geniet, of sommer net in die tuin te kuier. Neem ekstra geld hiervoor saam. Google gerus www.eagle-encounters.co.za of skakel Alae by 0822166554 vir meer inligting. WANNEER: Woensdag 8 November 2017 BUSVERVOER(gratis): 10:00 vanaf De Eike (ongeveer 14:00 weer tuis) KOSTE per persoon: R65 betaalbaar by kerkkantoor (Ons kry afslag indien ons vooraf betaal!)

SENIOR BURGERS – SKUD DIE VERE REG!

VAKATURE: ORRELIS

Ons het ‘n vakature vir ‘n orrelis om diens te aanvaar op 1 Januarie 2018 of so

spoedig moontlik daarna.

Van die aansoeker word verwag:

- om begeleiding van gemeentesang te behartig

- om aktief die liedereskat van die gemeente te bevorder

- om die kerkkoor te koördineer en af te rig

- om van tyd tot tyd spesiale sangdienste te reël

- ‘n lidmaat van die Ned. Geref. Kerk-familie te wees

Volledige inligting en aansoekvorm (DE2) is by die kerkkantoor beskikbaar.

Aansoeke kan by die kantoor ingehandig word of e-pos na

[email protected].

Sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2017.

PASTORALE SORG KURSUS

Wie kan baat vind? Almal wat vra: “Hoe kan ek in hierdie tyd waarin ons leef, waarlik omgee?” Die kursus duur van 16 Oktober tot 4 Desember (elke Maandagaand) en ‘n verskeidenheid van onderwerpe word hanteer, onder andere kanker, ouer en kind verhouding, trauma, bejaardheid, psigiatriese siektes en word afgesluit met ‘n besoek aan die hospitaal. Koste beloop R250 vir die hele kursus of R50 per sessie indien net sekere sessies bygewoon wil word. Volledige inligting en inskrywingsvorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

EERSTEJAARSKAMP 2018

Stellenbosch Kruiskerk se kamp vir 2018 eerstejaars vind plaas 21 – 24 Januarie 2018 by Bergkroon, Wellington. Koste beloop R750. Vir meer inligting en inskrywings, gaan na www.kruiskerk.com/eerstejaarskamp2018

LIGGIEBOOM-KERSKONSERT

Jan Kriel Liggieboom-Kerskonsert 25 November 2017 Met HENRY PIKE en JAN KRIEL SE KINDERS Volwassenes R100 Kinders R10 Navrae: 021 903 0434

LOF- EN AANBIDDING KONFERENSIE

LOF-EN AANBIDDING KONFERENSIE Datum: 10 en 11 November Plek: Heidekoppie-Die Gemeente met Oop Deure, Proteaweg, Proteahoogte, Brackenfell PROGRAM: VRYDAGAAND: 19:00 GRATIS Lof en Aanbiddingsgeleentheid met Southern Lights orkes, Helmut Meijer en Johan Steenkamp. Liefdesoffer word opgeneem om onkostes te dek. SATERDAG : Konferensie Registrasie: 08:15 Werkswinkels: 08:30 – 15:30 Koste: R100 per persoon (sluit verversings en ligte middagete in) Sprekers: Helmut Meijer; Werner Carstens; Jandre Viljoen & Johan Steenkamp Onderwerpe: - Hoe hanteer ons brein musiek?

- Ontdek wat sê die Bybel van Lof & Aanbidding

- Wat is my rol in my bediening?

- Hoe bestuur ons verandering in die kerk?

- Kreatiewe Identiteit in die kerk

- Doxology – Wêreldneiging in aanbiddingsmusiek

- Praktiese instrumentele sessies

- Vrae & Antwoordsessies Navrae en inskrywingsvorms vir Saterdag: [email protected] / 021 981 2690

.

GREEN PARK HET Jóú NODIG Elsabé Marais van Green Park het dringend hulp nodig. Daar is werk aan die “containers” wat sy nie self kan doen nie. Dis tyd dat die handige manne in ons midde haar ‘n helpende hand gaan gee. Ons beplan om op Saterdagoggend 4 November om 09:00 te vertrek. As jy ‘n koordlose boor of ‘n “rivet-gun” het, bring dit asb. saam, asook skroewedraaiers en beitels. As ons saam hande vat, kan ons ‘n groot verskil maak!!

KERSGESKENKE VIR KINDERS Die Getuienisaksie kommissie het besluit om vanjaar weer soos in die verlede, geskenke vir die minderbevoorregte kinders van Kayamandi en Koelenhof bymekaar te maak. Daar sal volgende Sondag kersbome in die twee voorportale wees met kaartjies waarop die geslag en ouderdom van die kinders verskyn. Neem gerus ‘n kaartjie en koop ‘n geskenk (van nie meer as R100 nie) vir een van die kinders. Dit gaan dalk die enigste geskenk wees wat hy/sy gaan kry vir Kersfees.

NG Kerk De Eike

Herdenking

van die

Hervorming: 500jr

29 Oktober 2017

“”My gewete is ‘n gevangene van God se Woord. Ek kan

en sal niks herroep nie, want om teen ons gewete

op te tree is nòg veilig, nòg geoorloof. Hier staan ek.

Ek kan nie anders nie. God help my. Amen….”

Johannes Calvyn

Martin Luther

Voorsang: Marlene, Elmari, Wilma en Tieneke

1. Seëngroet

2. Vonkk 341:1-5

Kerkkoor: Vers 1 Gemeente: Vers 2 Marieta Loubser: Vers 3 Kerkkoor: Vers 4 Gemeente: Vers 5

Trompet: Esther Venter en Saksofoon: Carike Steenkamp

SOLA SCRIPTURA: Luther

DIE SKRIF ALLEEN

3. Griekwapsalm Marieta Loubser

Inleiding: Met Hervormingsfees vier Protestantse kerke regoor die wêreld die gebeure rondom die Kerkhervorming, vanjaar 500jr gelede, toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 Stellinge teen die deur van die slotkapel in Wittenberg vasgespyker het. Op versoek van ons orrelis, het dr Andries Cilliers van Sonstraal-gemeente vir De Eike ‘n reeks moderne sketse, CHRISTUS ALLEEN, vir hierdie besondere geleent-heid geskryf. Baie dankie, dr Cilliers, vir jou tyd en insette waarvoor jy geen vergoeding wou ontvang nie. Ons waardeer dit opreg! Die sketse handel oor - Sola Scriptura (Die Skrif alleen) Sola Gratia (Genade alleen) Sola Fide (Geloof alleen) Solus Christus (Christus alleen) Soli Deo Gloria (aan God alleen alle eer). Die rolspelers is Petró van den Heever, Rudolph Maree en ds Hannes Burger. Die musici is: René Ferreira (Kerkorrel), Johanna Saayman (Klavier), Carike Steenkamp (Saksofoon), Esther Venter (Trompet), Tronéll Lessing (Euphonium), Marieta Loubser, Jandré Viljoen en NGK De Eike Kerkkoor (Sang). Klank– en Powerpoint: Karel van Schalkwyk en Christie van Niekerk.

SOLA GRATIA: Luther

GENADE ALLEEN

4. Genade onbeskryflik groot Ds Jandré Viljoen

SOLA FIDE: Luther

GELOOF ALLEEN

5. Gemeentesang, Orrel en Trompet: Lied 498:1 en 2 (Sittende)

SOLUS CHRISTUS: Luther

CHRISTUS ALLEEN

6. Pachelbel’s Canon (Lamb of God) Trompet, Saksofoon en Euphonium Trio

SOLI DEO GLORIA: Luther

AAN GOD ALLEEN DIE EER

7. Kerkkoor: En ons aanskou Sy glorie

8. Lied 476: 1 - 4 Vers 1: Gemeente (Sittende) Vers 2: Marieta Loubser Vers 3: Kerkkoor Saksofoon: Carike Steenkamp Vers 4: Gemeente (Staande) Trompet: Esther Venter

OPNEEM VAN TIENDE MAAND DANKOFFERS

en

KOLLEKTE

9. Geloofsbelydenis (Staande) 10. Uitspreek van die Seën

LINKS: Die titelblad van die eerste

uitgawe van Calvyn se hoofwerk, die

Institutio Christianae Religionis

(“Verorderinge van die Christelike

Geloof”), wat hy as jong man in 1836

die lig laat sien het. Soos dit destyds

die gebruik was, het hy in Latyn

geskrywe en die titel is ingelei met die

woorde Christianae Religionis

Institutio. Nog uitgawes in Latyn en

Frans het hierop gevolg.

Vir die uitgawe van 1539 is die woordorde verander om die boeknaam te vorm soos ons dit vandag ken. Die werk het ook van ses tot sewentien hoofstukke aangegroei.

Baie dankie aan elke deelnemer

en elke persoon wat insette

gelewer het. Ons glo dat ons

vandag harte geraak het.