16
ABBA - Kinderweek Bybelstudies Vooraf Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. Die woord “Abbais Aramees. Dit beteken “Vader.” Lees Galasiërs 4:6-7 “ 6 En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! 7 Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak. Die woord “Abba” beteken ook “dra.” Om iets rond te dra. In hierdie week behandel ons in vyf Bybelstudies die volgende: 1. Abba – Vader 2. Christus DRA ons sondes 3. DRA die Evangelie uit 4. Hoe moet jy jou geDRA ? Watter tipe vrug moet ek DRA ? 5. DRA mekaar se laste.

ABBA - Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

ABBA - KinderweekBybelstudies

Vooraf Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. Die woord “Abba” is Aramees. Dit

beteken “Vader.”

Lees Galasiërs 4:6-7 “6En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader! 7Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.

Die woord “Abba” beteken ook “dra.” Om iets rond te dra.

In hierdie week behandel ons in vyf Bybelstudies die volgende:

1. Abba – Vader

2. Christus DRA ons sondes

3. DRA die Evangelie uit

4. Hoe moet jy jou geDRA? Watter tipe vrug moet ek DRA?

5. DRA mekaar se laste.

Page 2: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

BYBELSTUDIE 1 : ABBA – VADER

GebedSê vir die Here dankie dat Hy hierdie week vir ons gegee het om Hom beter te kan leer ken. Vra Hom om ons deur die week te lei.

Lees Jesaja 46Ek laat die redding naderkom

Bel het ineengestort, dis klaar met Nebo! Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste gelaai. Hulle het ’n vrag geword vir moeë diere. 2Dit is klaar met julle gode, hulle het ineengestort hulle kan hulle vrag nie dra nie en word self in ballingskap weggevoer.3Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. 4Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.

Vrae

Inhoud – Verbind die regte antwoorde

1. Wat het die Israeliete rondgedra? Beeste

2. Waarop laai hulle die afgode om rond te dra? Grysheid

3. Kan die afgode vanself loop of moet mense hulle dra? Hulle gode

4. Van wanneer af, en tot wanneer sê die Here Mense

dra Hy sy kinders?

Page 3: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

Insig1. Wat is ‘n afgod? (Iets wat jy in die plek van die Here plaas.)

......................................................................................................................................................

2. Wat gebeur met jou as jy afgode ronddra? (Jy word moeg.)

......................................................................................................................................................

3. Wat gebeur as jy toelaat dat God jou ronddra? (Jy kry krag/troos)

.....................................................................................................................................................

4. Kan afgode jou help? (Nee)

.....................................................................................................................................................

5. Wie kan jou help? Hoe?

.....................................................................................................................................................

Toepassing1. Watter afgode dra jy rond wat jou moeg maak?

.....................................................................................................................................................

2. Wat kan jy in jou lewe doen om vir die Here dankie te sê dat Hy jou dra?

.....................................................................................................................................................

GebedKom ons sluit af met gebed waarin ons vir ons (Abba) Vader dankie sê dat Hy ons elke dag

dra.

Page 4: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

BYBELSTUDIE 2 : CHRISTUS DRA ONS SONDES

Gebed:

Ons bid tot ons Vader om dankie te sê dat Hy sy Seun ons sondes laat dra het.

Lees: 1 Petrus 2: 18-2518Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. 19Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. 20As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ’n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ’n leuen gekom nie.” 23Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie,maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.24Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. 25Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.

Inhoud:

1. Aan wie se gesag moet ek my onderwerp?

......................................................................................................................................................2. In wie se voetspore moet ons volg?

......................................................................................................................................................3. Wie het ons sondes aan die kruis gedra?

......................................................................................................................................................

Page 5: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

Insig en toepassing:

Soek die regte antwoorde en omkring dit:

G E H O O R S A A M

K G H X R K Y V E M

L E W E Q G R C T P

I D S O N D E U B R

G R T H Y Z O B I N

G A F D G E N E E S

A D Q O J I W X Q L

A B W O N D E O F L

M L H D S R L F Z C

1. Aan wat het Jesus vir ons gesterf? (Kruis)

2. Wat het Hy met ons sondes gedoen? (Gedra)

3. Wat kan ons nou doen in gehoorsaamheid? (Lewe)

4. Aan wat het Hy ons sondes gedra? (Liggaam)

5. Hoe is ons deur sy wonde? (Genees)

6. Hoe kan ons nou lewe? (Gehoorsaamheid)

7. Wat het hy in sy liggaam aan die kruis gedra? (Sonde)

8. Hoe is ons vir sondes? (Dood)

9. Deur wat van Hom is ons genees? (Wonde)

Page 6: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

BYBELSTUDIE 3 : DRA DIE EVANGELIE UIT

Gebed:Sê vir die Here dankie dat Hy hierdie week vir ons gegee het om Hom beter te kan leer ken. Vra Hom om ons deur die week te lei.

Lees Matteus 28:16-20

Jesus se opdrag aan die dissipels16Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Vrae

Inhoud1. Wat behoort aan die Here in die hemel en op die aarde?

......................................................................................................................................................2. Na wie toe moet ons gaan?

......................................................................................................................................................3. Wat moet ons met die mense doen aan wie ons Jesus se boodskap uitdra?

......................................................................................................................................................4. Hoe troos Jesus ons, waar beloof Hy sal Hy wees tot die voleinding van die wêreld?

......................................................................................................................................................

Insig1. Wat is ‘n dissipel? (Iemand wat met sy lewe vir Jesus leef.)

Page 7: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

......................................................................................................................................................

2. Wat beteken evangelie? (Blye boodskap. Dat Jesus vir ons sondes gesterf het.)

......................................................................................................................................................3. Hoekom sê ons God het net een Naam, maar Hy is Vader, Seun en Heilige Gees? (Hy

is net een God, maar drie Persone.)

......................................................................................................................................................

Toepassing1. Hoe kan jy Jesus se boodskap uitdra tussen jou maatjies?

......................................................................................................................................................2. Hoe kan jy en jou ma en pa dissipels van Jesus in julle huis wees?

......................................................................................................................................................

GebedKom ons sluit af met gebed waarin ons vir die Here dankie sê dat Hy altyd by ons sal wees.

Page 8: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

BYBELSTUDIE 4 : HOE MOET JY JOU GEDRA ? VRUG DRA?

Gebed:

Vra die Here om jou te help om deur die Heilige Gees elke dag goeie vrugte te dra.

Lees Galasiërs 5: 22-26

22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet

niks nie. 24Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

26Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.

Kyk na die woorde hier onder: Krap die praktyke van die sondige natuur dood en omkring die vrug van die Gees.

Page 9: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

Kleur die volgende prentjie nou in, of later by die huis:

Page 10: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

Vul die vrug van die Gees in die blokkies hieronder in waar dit hoort:

BYBELSTUDIE 5 : DRA MEKAAR SE LASTE

Page 11: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

GebedSê vir die Here dankie dat Hy hierdie week vir ons gegee het om Hom beter te kan leer ken. Vra Hom om ons deur die week te lei.

Lees Galasiërs 6: 1-5Dra mekaar se laste

Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in ’n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. 2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. 3As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. 4Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ’n ander te vergelyk. 5Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.

Vrae

Verbind die regte vraag en antwoord met mekaar:

1. Wat moet ons van mekaar dra? Sagmoedigheid

2. Hoe moet ons mekaar reghelp? Wat hy gedoen het

3. Waaraan gee ons uitvoering as ons mekaar so reghelp? Laste

4. Waarvan sal ons moet rekenskap gee? Wet van Christus

Insig1. Wat beteken dit om in ‘n gees van sagmoedigheid mekaar te help?

......................................................................................................................................................2. Wat beteken dit dat jy jou eie doen en late ondersoek?

.....................................................................................................................................................

3. Hoe kan jy krag kry om goed te doen?

......................................................................................................................................................

Page 12: ABBA -   Web viewABBA - Kinderweek. Bybelstudies. Vooraf. Ons tema vir die week is ons naam: ABBA. ... Julle gode wat deur julle rondgedra is, word nou op diere, op beeste

Toepassing

1. Hoe kan jy jou maatjie help dra aan sy probleme?

.....................................................................................................................................................2. Hoe kan jy ander toelaat om jou te help?

......................................................................................................................................................3. Wat gaan jy vandag doen om iemand te help?

......................................................................................................................................................

GebedKom ons sluit af met gebed waarin ons vir die Here dankie sê dat Hy ons vir mekaar gegee het om ons laste te dra.