Upload
others
View
4
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Nuusbrief 37 Vrydag, 11 November 2016 www.wouwtjies.co.za
Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847
AD
VE
RT
EE
R G
ER
US
OP
ON
S V
OO
RB
LA
D!
K
on
tak:
lisa
@w
ou
wtj
ies.
co.z
a
2
2
ALGEMENE JAAR- EN BEGROTINGSVERGADERING
Baie dankie aan al die ouers wat die algemene jaarvergadering bygewoon het. Dit
was vir ons belangrik om die hoogtepunte van 2016 met u te deel.
Alhoewel die hele begro+ngsproses behandel is, was daar ongelukkig nie 'n
kworum gewees nie. Daarom, soos reeds vroeër aan u bekend gemaak is, sal daar
'n alterna+ewe vergadering op Dinsdag, 15 November om 18:00 in die skoolsaal.
plaasvind. Tydens dié vergadering sal 'n kworum nie nodig wees nie . Alle ouers is
welkom om die vergadering by te woon, waartydens die begro+ng aan u
voorgehou sal word vir goedkeuring.
AKADEMIESE MERIETETROFEES
Alle trofees wat aan die einde van verlede jaar aan die leerders toegeken is,
moet so gou moontlik terugbesorg word aan die skool. Plaas asb. elke trofee
in ʼn sakkie, met die leerder se naam en van duidelik daarop. Handig asb.
persoonlik by me. Anne-Marie Lubbe (Mediasentrum) in. Laaste datum vir
inhandiging: Vrydag, 4 November.
BELANGRIKE DATUMS VIR 2017
Stuur asb. dringend alle belangrike datums vir 2017 waarvan u bewus is,
aan me. Yvonne Neethling ([email protected]) met die oog op
volgende jaar se skooldagboek.
BELANGRIK: KULTUURMERIETE-AAND
Neem asb. kennis dat die Kultuurmeriete-aand se datum verander na
Woensdag, 23 November, in plaas van 24 November.
3
3
JUNIORKOOR
Me. Carinda Fourie het ná deeglike oorweging besluit om uit te tree as
afrigter van ons Juniorkoor. Me. Fourie het baanbrekerswerk in die
afgelope ses maande verrig. Sy het haar kundigheid en vaardigheid met
groot sukses oorgedra. Me. Fourie beoog om onder andere volgende jaar
heelwat te reis. Ons beste wense vergesel haar op haar pad vorentoe!
Dit is dan ook met groot opgewondenheid dat ons hiermee aankondig dat
Dr. Riekie van Aswegen voortaan die juniorkoor se afrigter sal wees.
Ons deel graag ʼn kort opsomming van Dr. Van Aswegen se C.V met u:
“Riekie se voorliefde vir koorsang blyk uit haar betrokkenheid as dirigent van verskeie
kore; as student op Tukkies, onderwyser by Laerskool Constantiapark, asook musiekdosent en koorleier verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Fakulteit Opvoedkunde. Tot en met 2006, was sy vir 12 jaar die dirigent van die UP Jakaranda Kinderkoor waartydens die kinderkoor ‘n eerste plek deel in Internasionale Roodepoort Eisteddfod, in die 17e Internasionale koor-olimpiade in Duitsland twee goue toekennings verwerf en uitnodigings ontvang en optree by internasionale koorfeeste, onder ander die Internasionale Sympaati Koorfees in Finland.
Sy komponeer en verwerk kinderliedere en kinderkoorwerke en is mede-outeur van die Collage reeks musiekopvoedingboeke wat landwyd in skole gebruik word. Sy was vir 23 jaar ‘n musiekdosent, eers verbonde aan die Pretoria Onderwyskollege en daarna die Universiteit van Pretoria. Haar doktersgraad fokus op faktore wat ‘n rol speel in die keuse van repertorium vir kinderkore in Suid-Afrika asook internasionaal. Sy is tans betrokke in die gemeenskap as beoordelaar van koorkompetisies en Eisteddfods, asook as dirigent van die Oosterlig NGK se kersfeeskoor wat bestaan uit ongeveer 100 sangers tussen die ouderdomme 4 tot 82 jaar.
Riekie is getroud met Ben-Carel. Hulle het ‘n dogter van 12 jaar oud en vier geliefde hondekinders.”
Koorgroete
Juf. Ané Friedrich
4
4
SKOOLTYE:
11 NOVEMBER TOT 7 DESEMBER
• Die skool sal vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Desember om 12:00 vir alle
leerders (Gr. 1 tot 7) sluit.
• Die Naskool is vanaf Vry. 11 November tot Di. 6 Des. oop vanaf 12:00 tot
17:30.
• Naskoolouers sal ʼn direkte skrywe vanaf die Naskool ontvang met
studie-reëlings tydens die eksamen.
• ‘n Aparte wagklas sal vir alle nie-naskoolleerders in die Grondslag- en
Intersenfase vir die tydperk van 11 November tot 6 Desember vanaf 12:00 tot
13:40 beskikbaar wees. Voltooi asb. onderstaande skeurbriefie in dié verband.
• Die skool sal op Woensdag, 7 Desember om 09:45 vir alle leerders sluit. Die
Naskool sluit op Dinsdag, 6 Desember om 17:30 vir die duur van die
Desembervakansie en heropen weer op Maandag, 9 Januarie 2017 om 07:15.
• Maak asseblief seker dat u kind vanaf skoolsluitingstye, tuis onder toesig is.
..........................................................SKEURBRIEFIE..............................................
Ek, ouer van
Gr.
Gee toestemming en bevestig dat my kind(ers) vanaf Vrydag, 11 Nov.
tot Dinsdag, 6 Desember om 12:00 by die skool afgehaal sal word en tuis
onder behoorlike toesig sal wees.
Reël asb. dat my kind(ers) die wagklas bywoon vanaf 11 November tot
6 Desember.
My kind(ers) gaan die Naskool bywoon.
Ouerhandtekening Kontaknommer
5
5
EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2016
GR 4 GR 5 GR 6 GR 7
Maandag 14 November
Sosiale Wetenskap
Sosiale Wetenskap
Kuns en Kultuur
Kuns en Kultuur
Dinsdag 15 November
Engels Engels LV Engels
Woensdag 16 November
Kuns en Kultuur
Kuns en Kultuur
NW en Teg. Sosiale Wetenskap
Donderdag 17 November
EBW
Vrydag 18 November
Wiskunde Wiskunde WISKUNDE Wiskunde
Maandag 21 November
LV LV ENGELS LO
Dinsdag 22 November
NW en Teg. NW en Teg. Sosiale Wetenskap
Wetenskap
Woensdag 23 November
Tegnologie
Gr. 1-6 leerders wat die skool verlaat
Hiermee versoek ons alle ouers van Gr. 1 tot 6 leerders om die registeronderwyser in
kennis te stel indien u kind Laerskool Anton van Wouw aan die einde van 2016 gaan
verlaat.
6
6
EKSAMEN: NOVEMBER 2016
Alle Gr. 4-7 leerders het reeds hierdie week die vakafbakening ontvang. Die vakafbakening is ook op die Kommunikeerder beskikbaar.
Die eksamentye vanaf Vry. 11 Nov. tot Wo. 23 Nov. is soos volg:
07:25 - 07:40 Amfi
07:40 - 08:30 Leersessie
08:30 - 08:45 Pouse
08:45 - 11:00 Eksamensessie
11:00 - 11:20 Pouse
11:20 - 12:00 Leersessie
NB! Handig alle boeke in! Bring ALLE handboeke en leesboeke saam
op die dag van die eksamen. Dit word ingeneem en gekontroleer.
• Vanaf Donderdag, 24 November, sal daar ‘n spesiale rooster gevolg
word, waartydens alle vraestelle uitgedeel, behandel en gekontroleer sal
word. Dit is baie opvoedkundig om nasorg te doen... en ons finale
kontrole dat alle punte reg is. Ons versoek u dus vriendelik, dog
dringend, dat u kind wél teenwoordig sal wees.
• Alle vraestelle sal tydens die eksamensessie geskryf word.
• Leerders skryf in geallokeerde eksamenlokale - Gr. 4 en 6 en Gr. 5 en
7-leerders tesame.
• Géén storieboeke, rekenaarspeletjies of iPods word toegelaat nie!
• Leerders moet konstruktief besig wees met eksamenvoorbereiding.
• Sien asseblief toe dat leerders die nodige skoolboeke saambring sodat
hulle in die eerste sessie vir die dag se vraestel kan voorberei, en die
laaste sessie vir die volgende dag se eksamen.
• ‘n Wagklas is vanaf 12:00 tot 13:40 beskikbaar vir leerders wat nié
vroeër afgehaal kan word nie.
7
7
ENVIROUW & HERWINNING
E-waste
Ons laaste e-waste dag vir die jaar sal voorlopig op Vrydag, 25 Nov.
plaasvind. Bêre dus alle e-waste tot die 25ste!
Afluiting vir kwartaal
Ons laaste dag vir herwinning vind plaas op Vrydag, 25 November.
Glasherwinning
Ons het September tweede in die Glass Recycling kompetisie geëindig.
Kom ons probeer ons bes om weer die landswye wenners te wees!
* Onthou glas is 100% herwinbaar.
* Glas word gemaak van sand en sodium suur .
* Glas wat herwin word spaar 2 en 3 % van glasfabrieke se energie wat
hulle gebruik.
* Deur ‘n 1 000 ton glas te herwin, word 8 nuwe werksgeleenthede
geskep.
Envirouwgroete
Juffrou Anè Friedrich ([email protected]
8
8
9
9
KLEREBANK-WINKEL
NB: Klerebank tye verander vanaf Dinsdag, 15 Nov. na 12:00-13:00, om
eksamentye te akkommodeer.
Ons versoek u asb. vriendelik, indien moontlik, om Gr. 7-skoolklere aan die einde
van die jaar vir die Klerebank te skenk. Winterskooldrag is ook welkom!
Daar is steeds ʼn enorme hoeveelheid verlore items in die Klerebank (kosblikke,
kossakkies, skoene, huisklere). Ons wil die kinders versoek om asb. so gou
moontlik hul verlore items te kom haal (onthou... die boeteblikkiesisteem geld
steeds). Onopgeëisde verlore items word aan die einde van die jaar aan
minderbevoorregte kinders geskenk.
Beperkte voorraad nr. 6, 7 en 8 rokkies.
KOM KOOP GERUS VROEGTYDIG ROKKIES VIR 2017 GR.1 DOGTERS.
UITVERKOPING!
* Seuns grys winterlangbroeke slegs R40 vir Novembermaand.
(slegs terwyl voorraad hou).
* Hemde slegs R20 vir November maand! (slegs terwyl voorraad hou!)
(dogters wit langmou, seuns blou langmou en seuns blou kortmou).
* Kinetika kortmouhempies slegs R20 v November maand !
(slegs terwyl voorraad hou!)
* Klerebank pryse verhoog vanaf
1 Desember 2016, kom koop asb vroegtydig!
Klerebankwinkel Tye :
Maandae : 07:20 - 08:00
Dinsdae : 13:00 - 14:00
Woensdae : 07:20 - 08:00
Vrydae : 07:00 - 08:00
10
10
Fotobestellings
11
11
Fotobestellings
12
12
BINNESHUISE HOKKIE Baie geluk aan Anrike Prinsloo wat vir die o.13 binneshuise hokkiespan gekies is.
Anrike neem gedurende Desember aan verskillende toernooie in Kaapstad deel.
Ons hou styf duim vas!
TENNIS
Baie geluk aan Wimmie Roosenschoon wat ʼn derde plek in die
Gauteng Noord Interskole Tenniskampioenskappe behaal het. Ons is baie trots
op jou, Wimmie!
HOKKIE Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die die Noord-Gauteng hokkie-
oefengroep vir 2017 gekies is. Ons is baie trots op hierdie Wouwtjies!
• Nicus van Heerden
• Kieron du Plessis
• Corné Burger
• Schalk Grobler
• Christian van Rooyen
• Mila de Flamingh
TAEKWON-DO
Baie geluk aan Christian Brink wat ʼn 3de plek in die African Open ITF Taekwon-
Do kampioenskappe verwerf het.
13
13
RUITERSPORT
Baie geluk aan Amory Smith wat aan die Suid-Afrikaanse Skole Ruiterkompetisie
deelgeneem het. Sy het die volgende plekke behaal: Vlak 7 - Dresseer
(1ste plek); Vlak 7 - Dresseer (2de plek); Vlak 7 - Performance riding (3de plek).
Datums van Kwalifiseerders, 2017
Core League
Kwalifiseerder 1: 4 & 5 Maart Kwalifiseerder 2: 1 & 2 April Kwalifiseerder 3: 13 & 14 Mei Kwalifiseerder 4: 17 & 18 Junie
Gauteng Finale : Nog nie bepaal
Nasionale Kampioenskappe: Nog nie bepaal Die datums van die addisionele dissiplines sal later gekommunikeer word.
GIMNASTIEK
Baie geluk aan Lalique Hoffman wat Noord-Gauteng by die Suid-Afrikaanse
kampioenskappe verteenwoordig het. Lalique neem voortaan in Vlak 5 deel.
SWEM Baie geluk aan Minke van Heerden wat aan ʼn Oos-Gauteng swemgala (buite-
skoolverband) deelgeneem het. Sy het soos volg presteer:
• 1ste plek (100m vryslag)
• 2de plek (50m vlinderslag)
• 2de plek (200m rugslag)
SKAAK
Baie geluk aan Ruhan Friedrich wat gekies is vir die o.8B Tshwane Skaakspan.
14
14
Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste
Studeerkamers
Dry walling & plafonne
Teëlwerk & verfwerk
3D program. GRATIS KWOTASIES
Glen Lord : 082 788 2772
Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ultimate Upholstery Herstoffering van meubels
Maak van kussings
Ottomans en headboards
‘Pelmits’
Gordyne & Blindings
Binnehuisversiering
Christa : 082 376 7605
VOERTUIGLISENSIES
Hernuwings – Registrasies
Nommerplate
Verander van ander provinsies na Gauteng
CAS: 082 431 5073
Paulinah is beskikbaar Dinsdae en Vrydae vir
huiswerk, Baie betroubaar en hardwer-kend! Kontak Elize
vir verw. 074 272 8835
Desember / Januarie
Gaan u met vakansie?
Ek sal na u diere omsien
Cas : 082 431 5073
SOUTHBROOM SOUTHSOUTHBROOM SOUTHSOUTHBROOM SOUTHSOUTHBROOM SOUTH
2 Kamers, slp. 6 + slaapbank, DSTV wat u kan aansit, 2.6km van strand,
skottelgoedwasser/wasmasjien, R1 800/dag, vir langer as 10 dae -
R1 500 pd. Kontak eienaar vir foto’s. Marinda - 082 975 2488
Datums beskikbaar: 27/12 tot 11/1/2017
15
15
16
16
Kommunikasie: Redenaars, Onvoorbereide praatjies, Konflikhanter ing. Drama: Kunswedstryd Afr igting, Mimiek, Kreatiewe Denke en Konser t-optredes. NUWE GELEENTHEID: ONS MAAK IN 2017 KINDERVIDEO PROGRAMME!!
Voordele van Drama- en Kommunikasievaardighede
Selfvertroue, kreatiewe denke, konsentrasie, ruimtelike vaardighede, taalvaardighede, emosionele intelligensie en ontspanning.
Kontak: Celia vd Berg (D Phil in Neuro-Opvoedkundige Drama) 082 5655 082
[email protected] Lees meer op: http://sweefdrama.co.za
17
17
KOS VIR ONS SKOOLKATTE
Ons benodig dringend kos-skenkings vir ons skoolkatte.
Enige katkos is welkom - indien u moontlik kan help, handig asb. by die Naskoolsentrum in.
Byvoorbaat baie dankie!
18
18
TIKIDRAAI SNOEPIE
Baie dankie vir elke ouer, leerder en personeellid se ondersteuning deur die jaar.
Klaspartytjie-pakkies beskikbaar! 1. Burger, Slush koeldrank & lekkers R25 2. Hot Dog & Slush koeldrank R15 3. Toastbroodjie & vrugtesappie R20 4. Chips & Slush koeldrank R20 Skakel ons gerus vir enige kwotasies! Snoepiegroete Caroline Linde 082 495 0274
19
19
20
20