13
Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________ 1 Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3 Die werkkaarte is om te doen terwyl jy by die huis is. Die werkkaarte bestaan uit: Lees & kyk: Luister & praat: Taal in konteks: Skryf & aanbied: Beantwoord al die vrae op papier. Skryf jou naam op elke papier, sowel as die datum. Onthou om dit saam te bring die dag as die skole begin. Vra jou ouers om jou te help as jy sukkel. Jou ouers mag nie die werk vir jou doen nie! Lekker werk en pas jouself op. Me M Ferreira

Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

1

Afrikaans HT

Jaar 2

Kwartaal 3

Die werkkaarte is om te doen terwyl jy by die huis is.

Die werkkaarte bestaan uit:

Lees & kyk:

Luister & praat:

Taal in konteks:

Skryf & aanbied:

Beantwoord al die vrae op papier.

Skryf jou naam op elke papier, sowel as die datum.

Onthou om dit saam te bring die dag as die skole begin.

Vra jou ouers om jou te help as jy sukkel.

Jou ouers mag nie die werk vir jou doen nie!

Lekker werk en pas jouself op.

Me M Ferreira

Page 2: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

2

Werk Week 3 & 4 22 Junie – 3 Julie

Luister en praat Datum: _______________________

Advertensie

Kyk na die advertensie en

bespreek die volgende vrae met

iemand by die huis.

Sukkel julle met miere by die

huis?

Hoe raak julle van miere

ontslae?

Sal jy op die advertensie

reageer? Hoekom?

Onthou jou beplanning!

Taal in konteks

Beantwoord die volgende vrae.

1. Die woord “mier” kan verkeerd as “muur” gespel word en uitgespreek word.

a) Maak ‘n sin met “muur”.

___________________________________________________________________

b) Skryf die meervoud en die verkleining van die woord “muur”.

Meervoud: _______________________________________________

Verkleining: _______________________________________________

Page 3: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

3

c) Verdeel nou die meervoud en verkleining van die woord muur in lettergrepe.

Lettergreep van meervoud: ________________________________________

Lettergreep van verkleining: ___________________________________________

2. Onderstreep die korrekte spelling van die wooord tussen hakies.

a) Ons (biere/ bure) is met ‘n slap riem gevang.

b) Jy moet onthou om die huis se (hier/ huur) te betaal.

3. Voltooi die volgende tabel. Die eerste voorbeeld is vir jou gedoen.

Woord Lettergrepe Oop/ geslote lettergrepe

uitvinder uit/ vin/ der Geslote/ geslote/ geslote (g/g/g)

a) gretige

b) interessante

c) teruggestuur

4. Verdeel die vetgedrukte woorde in lettergrepe.

a) Jy moet twee houtblokkies gebruik.

_________________________________________________

b) Dit is ‘n interessante staaltjie.

__________________ _______________________________

c) Mense lag vir die grappige gebeure.

__________________________________________________

Page 4: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

4

5. Onderstreep die regte spelling van die woord tussen hakies.

a) Selfs die (voeltjies/ voëltjies) het probleme met miere.

b) Lebokhanya het haar (voetjie/ voëtjie) teen die muur gestamp.

c) Die leesboek het ‘n pragtige (foto-omslag/ foto omslag).

d) Sjoe, maar julle is nuuskierige (agies/ agie’s).

e) Koerante het verskillende (kategorieë/ kategoriee) van advertensies.

f) Pasop vir die vreemde (gogga’s/ goggas).

6. Skryf die sin oor en skryf die afkortings volledig uit.

a) Ek dink ong. 20 mense het die miervanger gekoop.

___________________________________________________________________

b) Bel sy uitbr. om die skuldige op te spoor.

___________________________________________________________________

Lees en kyk

Woordverklarings

Ereplek: ‘n Spesiale plek.

Gehipnotiseer: In ‘n toestand wees waarin jy wakker is en slaap.

Kwaliteittyd: Tyd waarin ‘n mens iets doen wat die moeite werd is.

Onheilspellend: Dreigend/ iets wat slegte dinge voorspel.

Skerm: Iets om agter te skuil/‘n rekenaarskerm.

Skootrekenaar: ‘n Rekenaar wat rondgedra kan word.

Tegnologie: Die manier waarop ons deur middel van rekenaars, selfone ens.

sake doen, inligting versprei en met mekaar kommunikeer.

Vooruitgang: Vordering maak, ontwikkeling.

Page 5: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

5

Komkomper

1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding

2 dit sluk mense vir dae aaneen in

3 die skerm maak onheilspellende patrone

4 op hul bekommerde gesigte

5 maak hul rûe krommer en krommer

6 totdat hulle oplaas heeltemal

7 gehipnotiseer hulself afsluit en

8 slegs nog net met ‘n lui hand klik klik-klik

9 die klein skootrekenaars is die ergste

10 my pa sê dis werk en dra

11 dit saam na koffiewinkels krieketwedstryde

12 op ons eetkamertafel het dit ‘n ereplek

13 hy sê volgende jaar kry ek ook een

14 ek sê ek sou ‘n vlieër verkies

15 tegnologie, my kind, sê hy dan en

16 gebruik woorde soos vooruitgang en kommunikasie

17 sonder om sy oë van die skerm af te neem,

18 maar ek, ek hou dinge fyn dop

19 wanneer niemand kyk nie gaan

20 ek en my pa se werk bietjie kwaliteittyd saam spandeer

21 ek het gehoor laptops is mal oor swem

(Eckhard Cloete. Uit: Vonk@verse. Best Books. 2011)

Page 6: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

6

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Skryf een woord uit versreël 1 wat dieselfde beteken as “komper”

___________________________________________________________________

2. Noem twee plekke waarheen die pa sy skootrekenaar neem.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

3. Haal ‘n woord in versreël 3 aan wat dieselfde beteken as “iets wat slegte dinge

voorspel.”

___________________________________________________________________

4. Watter 2 woorde gebruik die pa om tegnologie te beskryf?

___________________________________________________________________

5. Is die volgende sin waar of onwaar?

Haal ‘n versreël aan om jou antwoord te bewys.

Die rekenaar is baie belangrik vir die pa, want dit het sy eie plek in die huis.

_______________ ___________________________________________________

___________________________________________________________________

6. Die seun verkies ‘n vlieër bo ‘n rekenaar. Wat sou jy verkies? Hoekom?

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

Page 7: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

7

Skryf en aanbied

Tydsvorme

Teenwoordige tyd Toekomende tyd Verlede tyd

Martin is ‘n slim uitvinder. Martin sal ‘n slim uitvinder wees.

Martin was ‘n slim uitvinder.

Martin skryf ‘n gedig Martin sal ‘n gedig skryf. Martin het ‘n gedig geskryf.

Vandag is Martin ‘n slim uitvinder.

Môre sal Martin ‘n slim uitvinder wees.

Gister was Martin ‘n slim uitvinder.

Vandag skryf Martin ‘n gedig

Môre sal Martin ‘n gedig skryf.

Gister het Martin ‘n gedig geskryf.

Skryf nou die volgende sinne oor in die toekomende tyd.

Pa sê rekenaars is sy werk. Hy hou die meeste van skootrekenaars. Rekenaars is

vreemde goed. Ek is bang vir rekenaars, hulle sluk mense in. Ek hou hulle fyn dop.

Ek wil nie rekenaar-kos word nie. Ek speel eerder met my vlieër.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Skryf nou die volgende sinne oor in die verlede tyd.

Pa sê rekenaars is sy werk. Hy hou die meeste van skootrekenaars. Rekenaars is

vreemde goed. Ek is bang vir rekenaars, hulle sluk mense in. Ek hou hulle fyn dop.

Ek wil nie rekenaar-kos word nie. Ek speel eerder met my vlieër.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Page 8: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

8

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Skryf nou die volgende sinne oor in die teenwoordige tyd.

Ek het baie van rekenaars gehou. My pa se rekenaar was baie oud. Toe ek dit gekry

het, het ek dit mooi regemaak. Ek het al my skoolwerk daarop gedoen. Ek was een

van die eerstes in ons groep wat ‘n rekenaar gekry het.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Lees en kyk

Ysterpoot

1 Simon oefen sy doele teen die garage se muur.

Môremiddag is dit sokkerproewe en hy wil graag

die span haal.

2 “Haai, Simon, is jy reg vir die proewe?” vra sy

maat Tinus.

3 Simon antwoord moedeloos: “Jy sien mos. Ek

skop aanmekaar mis.” Hy het die hele vakansie

geoefen en weet nie of hy span gaan kry nie.

4 “Hey dude, dis ‘n cool doelhok!” probeer Tinus

hom moed inpraat.

5.“Dit help my niks! Elke keer as my voet die bal

tref, swaai dit skerp links. Ek het eenkeer selfs

op die naat van my rug beland. Juis toe moes

daai simpel suster van my verbykom. Sy het

haar byna ‘n ertjie gelag.”

5 Tinus verstaan. “Jy kan my niks vertel van

simpel tienersusters nie. Ek het twee van hulle.”

6 Dit klink asof Simon wil huil: “Tinus, dink net as ek môre in daardie ry staan en

‘n beurt kry om na die doelhok te skop en ek skop heeltemal mis. Ek gaan my

doodskaam.”

7 Tinus besef dis al laat. “Ek moet waai! Dis amper aandete. Sien jou more.”

8 Simon skop nog ‘n rukkie totdat sy ma hom vir aandete roep.

Page 9: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

9

(Janco Mocke. Ongepubliseerd)

Beantwoord die volgende vrae oor die gedeelte wat jy nou net gelees het.

1. Waarmee is Simon besig?

___________________________________________________________________

2. Watter woord in die teks sê vir ons dat die twee seuns nie baie van hulle

tienersusters dink nie.

___________________________________________________________________

3. Onderstreep die regte antwoord.

“Sy het haar byna ‘n ertjie gelag” beteken…

a. sy hou baie van ertjies.

b. dit was vir haar baie snaaks.

c. sy het in ‘n ertjie verander.

4. Watter tyd van die dag speel hierdie gedeelte af? Hoekom sê jy so?

___________________________________________________________________

Page 10: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

10

Lees & Kyk

Wat is ‘n radiodrama?

o Dis ‘n storie wat deur dialoog oor die radio uitgesaai word.

o Dit kan ook op ‘n CD opgeneem word.

o Jy kan slegs hoor wat gebeur.

Kenmerke van ‘n radiodrama

Rolverdeling: Dit is die persone wat die rolle van die persone uitbeeld.

Byklanke: Dit word deur die klankingineur ingewerk bv. ‘n deur wat kraak of iemand wat klop ens.

Doof: Dis ‘n tegniek wat die einde van ‘n toneel aandui.

Uitdoof: Aan die begin of aan die einde van ‘n toneel.

Musiek: Dit help om die atmosfeer te skep.

Spreekbeurte: Dit word genommer.

Toneelaanwysings: Dit word tussen hakies aangedui.

Byklanke: Dit word in die teks onderstreep.

Ysterpoot

Rolverdeling

Simon: ‘n Seun van 14 jaar oud. Hy wil graag in die skool se sokkerspan speel.

Tinus: Simon se beste vriend. Hy is ook 12 jaar oud.

1 Doof in

2 Byklanke: Telefoon wat lui.

Page 11: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

11

3 Simon: (opgewekte stem) “Hallo, Simon hier, wat sê jy?”

4 Tinus: (klink soos ‘n stem oor die telefoon)

"Simon ek het nou oor jou skoppery

gedink . Is daar nie fout met jou

tekkies nie?”

5 Simon: (verbaas) “Ek weet nie. Wag ek kyk

gou.”

6 Byklanke: Geluide van goed wat rondskuif en

op die vloer val.

7 Simon: “Nou waar het ek my skoene gesit?

O, hier lê dit…”

“Mapstieks, Tinus, jy’s ‘n doring.” (opgewonde) “Die regtertekkie

is heeltemal skeef.”

8 Tinus: “Waar het jy jou tekkies gekoop?”

9 Simon: “Ek het dit by die kontantwinkel teen ‘n baie goeie prys gekoop.

Nou weet ek hoekom Ouma altyd sê: Goedkoop koop is duur

koop!”

10 Tinus: “Ek kom gou oor, dan fieks ons dit. Baai.”

11 Simon: (baie opgewonde, praat vinnig) “Goeie plan. Ek wag vir jou in

die motorhuis. My pa het baie toerusting.”

12 Doof

Beantwoord nou die volgende vrae.

1. Noem al die byklanke wat in hierdie gedeelte voorkom.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

2. Waarom het Tinus vir Simon gebel?

___________________________________________________________________

3. Wat beteken die uitdrukking in spreekbeurt 9?

___________________________________________________________________

Page 12: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

12

Lees nou verder.

13 Doof in

14 Byklanke: Geluid van iemand wat vinnig aangehardloop kom.

15 Simon: “Kom Tinus, ons moet gou aan ‘n plan dink om my skoen

reg te kry.”

16 Tinus: “Dis reg. Joe, jy het vir jou ‘n kat in die

sak gekoop. Die een skoen is

heeltemal skeef. Geen wonder jy kan

nie ‘n doel skop nie!”

17 Simon: “Ja, ek het gedink ons moet

twee ysterplaatjies met skroewe

aanmekaar sweis en dan aan die

tekkie vasmaak.”

18 Tinus: “Briljant, kom ons kyk of dit werk."

19 Byklanke: Geskaaf en getimmer. Klank van yster

wat op mekaar skuur.

20 Simon: (tevrede stem) “So ja! Dis mos ‘n

uitvindsel hierdie! Tinus, ons kan miljoene maak met hierdie

patent van ons. Wat gaan ons dit noem?”

21 Tinus: “Ek weet! Brug-o-steller. Dit gaan net so beroemd soos die

Kreepy Krauly word. Wat sê jy? Jy moet net môre raak skop,

anders gaan niemand in hierdie skoenversteller glo nie.”

22 Simon: (vol selfvertroue) “Moenie worrie nie. Ek het ure lank na video’s

oor skoptegnieke op You Tube gekyk. Ek weet van skop.”

23 Doof uit

Beantwoord die volgende vrae.

4. Skryf of die volgende stelling waar of onwaar is. Gee ‘n rede vir jou

antwoord.

In reël 14 hardloop Simon na sy pa se garage.

_____________

________________ ____________________________________________

5. Wat het Simon en Tinus met die tekkie gedoen?

______________________________________________________________

Page 13: Afrikaans HT Jaar 2 Kwartaal 3...Komkomper 1 ‘n rekenaar is ‘n vreemde ding 2 dit sluk mense vir dae aaneen in 3 die skerm maak onheilspellende patrone 4 op hul bekommerde gesigte

Naam: _______________________________ J2/ ______ Datum _____________

13

6. Wat noem hulle hul uitvindsel?

______________________________________________________________

7. Onderstreep die betekenis wat die idiom die beste beskryf.

Simon het vir hom ‘n kat in die sak gekoop beteken…

a) hy het ‘n sak vol katte gekoop.

b) hy het homself gekul deur iets te koop vir meer as die waarde daarvan.

c) hy het baie duur daarvoor betaal.

8. Dink jy Simon sal toegelaat word om met sy uitvindsel sokker te speel?

Hoekom sê jy so?

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________