Upload
others
View
1.434
Download
2
Embed Size (px)
Citation preview
210
Aktiwiteit 1: Sinne
’n Sin is ’n groep woorde wat met ’n hoofl etter begin en met ’n punt . ,’n vraagteken ? of ’n uitroepteken ! eindig.
Lees die sinne op die prentjie met gevoel. A
Oefentyd: Pret met taal19
Skryf die volgende sinne korrek oor.Begin met ’n hoofl etter en besluit self of die sinne met ’n punt . ,’n vraagteken ? of ’n uitroepteken ! eindig.
1. wil jy sout hê
2. die sout is nie op die tafel nie
3. waar is die sout
4. tim het die sout
5. wat doen Tim met die sout
6. hy gooi die sout op Angie se kop
7. moenie die sout mors nie
8. gee die sout dadelik vir my
B
H’m, die skyfi es lyk lekker!
Waar is die sout?
Ek hou van skyfi es.
Hou op!
Thabo Angie
Tim
Mansu
Die inligting oor soorte sinne op bl. 211 sal julle help.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 210 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
211
Pret met taal
Aktiwiteit 2: Soorte sinne
Daar is vier soorte sinne:
Die stelsin: (om iets te sê) Ek hou van skyfies.
Die vraagsin: (om ’n vraag te vra) Waar is die sout?
Die uitroepsin: (om gevoelens uit te druk) H’m, die skyfies lyk lekker!
Die bevelsin: (om ’n bevel te gee) Hou op!
Lees die sinne in die strokiesprent en sê watter soort sin elkeen is.
A
Antwoord: Hulle het 17 minute oor 11 (23:17) wakker geword.
Dink krities! Los die probleem op.Bennie Beer en Bernie Beer het om twintig oor tien (22:20) gaan slaap. Hulle het 57 minute later van die honger wakker geword. Hoe laat het hulle wakker geword?
B
Ek is te honger om
te slaap.
Wil jy my kussing hê?
Dit sal nie help nie.
Natuurlik sal dit help.
Hoe kan dit help?
My kussing is vol eetgoed.
Vat dit!
Ag, wonderlik!
Onthou, ’n vraagsin het ’n vraagteken (?) en ’n
bevelsin en ’n uitroepsin het ’n uitroepteken (!).
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 211 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
212
Oefentyd
212
Aktiwiteit 3: Hoe werk ’n sin?
Lees die sin en vra die vrae.Sin: Die kinders eet vanoggend vrugte in die kombuis.
Vrae Antwoorde
Wie? Die kinders
Wat doen hulle? eet
Wanneer? vanoggend
Wat? vrugte
Waar? in die kombuis.
Doen nou dieselfde met die volgende sinne.1. Angie ry Saterdag met haar fiets park toe.
Wie? _____________
Wat doen sy? _____________
Wanneer? _____________
Hoe? _____________
Waarheen? _____________
2. Thabo lees Maandag sy opstel in die klas.
Wie? _____________
Wat doen hy? _____________
Wanneer? _____________
Wat? _____________
Waar? _____________. .
Maak die sinne langer. Dink kreatief!1. Die kinders drink ...
2. Die bouer bou ...
3. My ouma bak ...
A
B
C
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 212 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
Eiename en hooflettersMense se name word met hoofletters gespel. Ons noem dit eiename. Name van plekke, strate, skole en koerante is ook eiename en word ook met hoofletters gespel.
Name Vanne Plekke Skole Strate Koerante
Elsje Stark Klerksdorp Laerskool Jakaranda
Boomstraat Rapport
Lees die paragraaf oor ’n prysuitdeling. Skryf dan die woorde aan die begin van sinne en al die eiename met hoofletters.
mnre. chris joubert en gerhard renen het pryse oorhandig aan lelani thomas, answerdt jordaan, clarissa williams en conway williams wat bome op boomplantdag geplant het. mnr. du plessis, die skoolhoof van st. helena primêre skool was baie trots op die leerders.
213
Pret met taal
213
Aktiwiteit 4: Selfstandige naamwoorde
Elke ding en elke mens het ’n naam.
Dinge
Mense
Ismail
stoel
Bongani
glas
Helen
boom
Mpho
blom
Jy moet 21 hoofletters
invul.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 213 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
Aktiwiteit 5: Meervoude (meer as een)
As ons wil sê daar is meer as een van iets, skryf ons gewoonlik -e of -s agteraan die woord, maar by party woorde skryf ons -’s, -te, -we, -ë, -ers of -ens.
Leer die volgende meervoude.
214
Oefentyd
Kort klanke
EEN BAIE
tak takke
mes messe
pit pitte
bok bokke
put putte
Familiewoorde
broer broers
suster susters
oom ooms
niggie niggies
neef neefs
tannie tannies
Eindig op -g
nag nagte
bees beeste
lig ligte
vrug vrugte
gesig gesigte
plig pligte
Eindig op -f
wolf wolwe
straf strawwe
kloof klowe
stoof stowe
dief diewe
duif duiwe
kind kinders
oog oë
vlieg vlieë
melodie melodieë
Woorde met meer as een lettergreep
lepel lepels
vinger vingers
koppie koppies
appel appels
winkel winkels
Eindig op -i, -o, -u en ’n beklemtoonde -a
ski ski’s
mango mango’s
skadu skadu’s
hoera hoera’s
ma ma’s
Eindig op -g
EEN BAIE
dag dae
vlag vlae
vraag vrae
maag mae
saag sae
Lang klanke
EEN BAIE
skaap skape
beer bere
vuur vure
roos rose
boot bote
Ander woorde
EEN BAIE
muis muise
hond honde
vark varke
neus neuse
bladsy bladsye
bad baddens
bed beddens
vrou vrouens
Daar is nie net een vlakvark op aarde nie, maar baie vlakvarke.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 214 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
215
Pret met taal
Uitsonderings
pad – paaie skip – skepe hemp – hemde stad – stedegat – gate glas – glase bees – beeste vliegtuig – vliegtuie
Skryf die woorde in vet druk in die meervoud, dan sal jy by die regte rympie uitkom! Begin so: Die winde pluk hier.
WindDie wind pluk hier,die wind pluk daar,dit waai my haardeurmekaar!Papier vlieg,tak swaai.Dis die Augustuswindwat waai.Mens se hoedwaai oral rond,blaar en nog blaarval op die grond.Ja, dis Augustusen die wind die waai.C.S. Badenhorst (verwerk)
Kyk na die prentjies en tel hoeveel daar van elke dier is.
Gee die meervoude van die woorde tussen hakies.
1. Daar is twee (hond) →
2. Daar is ses (skaap) →
3. Daar is vyf (bok) →
4. Daar is agt (bees) → B
A
B
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 215 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
216
Oefentyd
Aktiwiteit 6: Verkleinwoorde (dinge wat klein is)
As iets klein is, skryf ons gewoonlik -ie, -jie, -tjie, -pie, -kie, -etjie of -’tjie agteraan die woord.
Leer die volgende verkleinwoorde.
Kort klanketak takkienes nessiebok bokkievis vissierug ruggie
Lang klankeplaas plasieskaap skapiebees besieneef nefieroos rosie
Ander woordemuis muisiekoek koekieneus neusiefiets fietsievark varkie
Eindig op -tmat matjiepet petjiepot potjiepoot pootjieput putjie
Eindig op -dhand handjiebed bedjiehoed hoedjielied liedjiepotlood potloodjie
Die meeste woordetafel tafeltjiestoel stoeltjieskoen skoentjietoon toontjieoor oortjie
Kort klankeman mannetjiehen hennetjiepil pilletjietol tolletjie
kol kolletjie
Ander woordewiel wieletjieslang slangetjieding dingetjiering ringetjie
gang gangetjie
Eindig op -i, -o, -u en ’n beklemtoonde aski ski’tjiemango mango’tjieskadu skadu’tjiema ma’tjie
foto foto’tjie
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 216 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
217
Pret met taal
Soek die regte vorm van die verkleinwoord in kolom B en voeg dit by die woord in kolom A.
A B
1. fiets -tjie
2. mango -jie
3. ring -etjie
4. arm -ie
5. hand -pie
6. stoel -kie
7. piesang -’tjie
Skryf die verkleinwoorde van al die woorde in vet druk in die gediggie.
Begin so: Klein bokkie by die waterkuil
Wildsbokkie
Klein bok by die waterkuil kom skaam-skaam uit die bos. Ore bak. Kop fyn. Neus spits. Lippe raak net-net aan die water ...
A
B
Meervoude
ore oortjies
lippe lippies
honde hondjies
arms armpies
Eindig op -m
arm armpie
rym rympie
boom boompie
besem besempie
Woorde met meer as een lettergreep wat op -ng eindig
kussing kussinkie
tekening tekeninkie
rekening rekeninkie
koning koninkie
Hoeveel verkleinwoorde is daar in die versie
hieronder? Skryf hulle neer en kyk mooi na die spelling.
Daar’s ’n liedjie in die luggiemet ’n laggie en ’n suggie
hier diep binne-in my hartjie.
Onthou, die g val weg
en ’n k kom in sy plek.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 217 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
218
Oefentyd
Aktiwiteit 7: Byvoeglike naamwoorde
Byvoeglike naamwoorde is woorde soos lank, ver en sag wat mense, dinge en plekke beskryf.
Kyk na die sinne. Kan jy sien dat die byvoeglike naamwoorde op twee maniere gebruik word?
Die video is goed. Dit is ’n goeie video. Die dam is leeg. Dit is ’n leë dam. Die muur is laag. Dis ’n lae muur. Die punte is hoog. Dit is hoë punte. Die tak is droog. Dit is ’n droë tak. Die hare is lig. Dit is ligte hare. Die pad is breed. Dit is ’n breë pad. Die motor is oud. Dit is ’n ou motor. Die winkel is nuut. Dit is ’n nuwe winkel. Die klank is dof. Dit is ’n dowwe klank. Die man is doof. Dit is ’n dowe man. Die juffrou is gaaf. Sy is ’n gawe juffrou. Die tas is nuut. Dit is ’n nuwe tas. Die skoene is oud. Dis ou skoene. Die perdjie is jonk. Dit is ’n jong perdjie. Die seun is lank. Dit is ’n lang seun.
Skryf die regte vorm van die woorde tussen hakies. Soek die antwoord in die blokkie.1. Die video is goed. Dis ’n (goed) video.
2. Die seun is lank. Hy is ’n (lank) seun.
3. Die skoene is oud. Dis (oud) skoene.
4. Die klere is nuut. Dis (nuut) klere.
5. Die gebou is hoog. Dis ’n (hoog) gebou.
6. Die muurtjie is laag. Dis ’n (laag) muurtjie.
7. Die dam is leeg. Dis ’n (leeg) dam.
8. Die tak is droog. Dis ’n (droog) tak.
A
ou leë droënuwe goeie
lae lang hoë
Partykeer verander dié
woorde en lyk hulle nie dieselfde
nie. Kyk mooi hoe die woorde
verander.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 218 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
219
Pret met taal
Lees die advertensie oor ’n nuwe vrugtesap en skryf al die byvoeglike naamwoorde neer.
B
Drink Lemo, die heerlike, nuwe vrugtedrankie! Gemaak van egte vrugte.
Voltooi die sinne. Skryf die regte vorm van die woord.Die vrugtesap is heerlik. Dis heerlike vrugtesap.
1. Die vrugtesap is nuut. Dis _____ vrugtesap.
2. Die vrugtesap is suiwer. Dis _____ vrugtesap.
3. Die vrugtesap is gesond. Dis _____ vrugtesap.
4. Die sap is vars. Dis _____ sap.
5. Die sap is verfrissend. Dis _____ sap.
6. Die sap is eg. Dis _____ sap.
7. Dis sap is smaaklik. Dis _____ sap.
8. Die sap is regtig lekker. Dis regtig _____ sap.
C
Onthou! Sommige beskrywende woorde verander as hulle vóór die naam- woord staan, bv. Die vrugtesap is heerlik. Dis heerlike vrugtesap. Ander verander nie, bv. Die sap is suiwer. Dis suiwer sap.
vars verfrissend
smaaklik
lekker
heerliksuiwernuut
gesond
Skryf nou jou eie
advertensie! Wees kreatief.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 219 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
Aktiwiteit 8: Trappe van vergelyking
As ’n mens enigiets met mekaar wil vergelyk, kan jy woorde soos groot, groter (as) en (die) grootste gebruik. Vergelyk die drie visse met mekaar:
Leer die trappe van vergelyking.
220
Oefentyd
Lees die liedjie. Soek self die vier beskrywende woorde en skryf hulle trappe van vergelyking neer.
Ewig jonk
Mag jy altyd jonk bly mag jy gelukkig lewe mag jy altyd mooi bly mag jy altyd leef mag jy altyd soete drome droom as jy gaan slaap.Johannes Kerkorrel
A
heerlik – heerliker (as) – die heerlikste goed – beter (as) – die beste
gesond – gesonder (as) – die gesondste koud – kouer (as) – die koudste
smaaklik – smaakliker (as) – die smaaklikste oud – ouer (as) – die oudste
koud – kouer (as) – die koudste droog – droër (as) – die droogste
vars – varser (as) – die varsste hoog – hoër (as) – die hoogste
lekker – lekkerder (as) – die lekkerste jonk – jonger (as) – die jonkste
nuut – nuwer (as) – die nuutste lank – langer (as) – die langste
Julius het ’n groot vis gevang.
Danny het ’n groter vis as Julius gevang.
Andrew het die grootste vis gevang.
’n groot vis ’n groter vis
die grootste vis
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 220 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
221
Pret met taal
Aktiwiteit 9: Teenoorgesteldes
Kyk na die prentjies en lees die teenoorgestelde woorde hardop.
A
Lees die rympies en skryf die teenoorgestelde pare
woorde neer.
Smal en breed Hoog en laag
Smal en breed Stadig vlieg ons hoog breed en smal Hoër tot daar bo so lyk die strepe Dan weer na onder op my bal Laag, laer so Op en af af en op dis hoe my bal hop
Soek die teenoorgestelde woorde in blokkie B wat by die woorde in blokkie A pas en skryf die pare neer.
Voorbeeld: warm – koud
A B
op smal warm
vet jonk bo
maklik kort vuil
onder oud breed
skoon maer lank
koud moeilik af
B
C
groot – klein
dik – dunoud – nuut
droog – natwarm – koud
slordig – netjies
vet – maervuil – skoon
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 221 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
222
Oefentyd
3. Die een meisie reën papnat 4. Die emmer is propvol, maar die ander meisie die ketel is _____. bly _____.
1. Die koeldrank is yskoud 2. Die een huis is stokoud en en die koffie is _____. die ander huis is _____.
Aktiwiteit 10: Intensiewe vorme
Dit is beskrywende woorde soos dolgelukkig en stroopsoet wat sê dat iemand baie gelukkig is of dat iets baie soet is.
Leer die intensiewe vorme.
Voltooi die sinne. A
KleureBaie rooi is bloedrooi.Baie groen is grasgroen. Baie blou is potblou. Baie wit is spierwit. Baie swart is pikswart. Baie geel is goudgeel.
TeenoorgesteldesSplinternuut is nie stokoud nie.Vuurwarm is nie yskoud nie.Dolleeg is nie propvol nie.Papnat is nie kurkdroog nie.Peperduur is nie spotgoedkoop nie.Pikswart is nie spierwit nie.
Hierdie woorde word altyd as een
woord geskryf.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 222 2012/07/25 3:35 AM
Split by PDF Splitter
223
Pret met taal
Gee een woord vir die woorde tussen hakies.Ek hou van helder kleure. As ek ’n prentjie verf, maak ek die hemel 1. (baie blou) en die wolke 2. (baie wit). Ek verf die blare van die bome 3. (baie groen). Ek kleur die blomme 4. (baie rooi) en 5. (baie geel) in. Ek maak die mure van die huis 6. (baie wit) en die dak 7. (baie swart).
B
Lees eers die raaiselrympie en raai wat die antwoord is.
Die raaisel
As die witrokvrou begin te rou, dan huil sy gou, ja, sommer nou.
C
Voltooi die antwoord met intensiewe vorme.As die 1. (baie wit) wolke 2. (baie swart) begin word, dan reën dit.
D
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 223 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
224
Oefentyd
Aktiwiteit 11: Voornaamwoorde
Voornaamwoorde is woorde soos ek, ons, jy, julle, sy, hy, hulle, myne, ons s’n, en word in die plek van naamwoorde gebruik.
Ek het ’n boek. Dis my boek. Die boek is myne.
Jy het ’n boek. Dis jou boek. Die boek is joune.
Hy het ’n boek. Dis sy boek. Die boek is syne.
Sy het ’n boek. Dis haar boek. Die boek is hare.
Ons het ’n boek. Dis ons boek. Die boek is ons s’n.
Julle het ’n boek. Dis julle boek. Die boek is julle s’n.
Hulle het ’n boek. Dis hulle boek. Die boek is hulle s’n.
As ons van ’n seun praat, sê ons hy en sy: Hy dra ’n hemp. Dit is sy hemp.
As ons van ’n meisie praat, sê ons sy en haar: Sy dra ’n rok. Dit is haar rok.
Lees die gediggie oor ’n seuntjie. Skryf dit oor vir ’n meisie.Boetie is ’n siek seun, Sussie is ’n siek meisie,
hy kla steen en been, _____ kla steen en been,
sy koors is baie hoog, _____ koors is baie hoog,
sy oë brand, sy keel is seer, _____ oë brand, _____ keel is seer,
sy mond is baie droog. _____ mond is baie droog.
Skryf die gediggie oor die seun en die meisie wat albei siek is.Boetie en Sussie is siek kinders, hulle kla steen en been,
_____ koors is baie hoog,
_____ oë brand, _____ kele is seer,
_____ monde is baie droog.
A
B
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 224 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
225
Pret met taal
Lees wat die kinders sê en voltooi dan die sinne. C
Voorbeeld: Wat sê Mpho? Sy sê sy kan vinnig lees.1. Wat sê Bongani? Hy sê hy ... 2. Wat sê Andy?
3. Wat sê Janine? 4. Wat sê Sarah?
Sê wie s’n elke geskenkie is. Gebruik ’n voornaamwoord soos myne, joune, syne, hare, hulle s’n of julle s’n in die plek van die woorde in vet druk.
Voorbeeld: Manny kry ’n flits. Die flits is Manny s’n.
Antwoord: Die flits is syne.1. Mamma kry ’n teepot.
Die teepot is Mamma s’n.
2. Die twee sussies kry boeke. Die boeke is die twee sussies s’n.
3. Pappa kry ’n video. Die video is Pappa s’n.
4. Ouma sê: “Ek kry seep. Die seep is Ouma s’n.”
5. Oupa kry sjokolade. Die sjokolade is Oupa s’n.
6. Ouma sê vir al die kinders: “Julle kinders kry koekies. Die koekies is die kinders s’n.”
7. Ouma sê vir Estelle: “Jy kry ’n pen. Die pen is Estelle s’n.”
D
Janine
Ek kan vinnig lees.
Ek moet die boeke dra.
Ek wilhard leer.
Mpho Sarah
Bongani
AndyEk geniet hierdie boek.
Ek hou van lees.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 225 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
226
Oefentyd
Aktiwiteit 12: Voorsetsels
Voorsetsels is klein woordjies soos in, op, onder wat sê waar dinge is.
Kyk na die prent van Thomas se lessenaar.Sê of die volgende sinne waar of onwaar is. Maak ’n regmerkie ✓ of ’n kruisie ✗.
1. Die koeldrank is voor die pizza.
2. Die lekkers is op die pizza.
3. Die boek is onder die verkyker.
4. Die sjokolade is bo-op die televisie.
5. Die tennisraket is tussen die twee balle.
6. Die pizza is voor die koeldrank.
7. Die tennisballe is tussen die raket en die pizza.
8. Die pen is onder die brief.
9. Party lekkers is nog binne-in die sakkie.
10. Die tennisballe is langs mekaar.
l Teken die prent oor en skryf byskrifte by, soos bv. tennisraket.
A
WAAR ONWAAR
✓
✗
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 226 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
227
Pret met taal
Lees die byskrif by die koerantfoto en kies die regte voorsetsels tussen hakies.Honderde skoolkinders het 1. (gedurende/onder) die skoolvakansie 2. (aan/by) King Edward School bymekaargekom 3. (vir/met) twee dae 4. (oor/van) krieketaksie saam 5. (met/op) hulle gunstelingkrieketspelers. 6. (Op/By) die foto sien ons ’n bouler 7. (aan/in) aksie. Die kolwer 8. (met/in) die agtergrond ontspan 9. (op/vir) ’n oomblik.
Leer die volgende kombinasies met voorsetsels.
hou van Ek hou van aartappels, maar ek hou nie van pampoen nie.
luister na Alle kinders luister graag na die radio.
kyk na Baie mense kyk na die sokkerwedstryd op televisie.
soek na Sabelo soek al die heeldag na sy sleutel, maar hy kan dit nêrens kry nie.
verlang na ’n Mens verlang na iemand wat nie by jou is nie.
praat met As die skoolhoof met ons praat, moet ons na hom luister.
bang vir Mense is bang vir slange.
trots op Die ma is trots op haar kind wat so goed op skool doen.
deelneem Party kinders hou daarvan om aan sport deel te aan neem.
Vul die regte voorsetsels in.Die onderwyser sê: “Klas, kyk 1. _____ my en luister 2. _____ wat ek sê. Ek soek 3. _____ kinders wat graag 4. _____ ’n skoolkonsert wil deelneem. Hulle moet na skool 5. _____ my kom praat.”
B
C
D
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 227 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
228
Oefentyd
Aktiwiteit 13: Ontkenning
Ons gebruik in Afrikaans ’n dubbele ontkenning(negatief) as ons wil sê dat iets nie so is nie.
Kyk na die prentjie en beantwoord die vrae in die ontkenning.
A
Voltooi die liedjie deur die woord nie op elke plek in te vul.Hier wil ek _____ bly _____,
want hier is niks vir my _____.
Huis toe wil ek _____ gaan _____,
want daar het ek niks laat staan _____.
B
1. Stap Larry? Nee, hy ___.
2. Sny Larry die gras? Nee, ___.
3. Is Larry nog wakker? Nee, ___.
4. Is daar iemand wat gras sny? Nee, ___.
5. Is daar iets in die boom? Nee, ___.
6. Is daar êrens ’n hond op die prentjie? Nee, ___.
7. Staan Larry al op? Nee, ___.
8. Het Larry al ooit uit die hangmat geval? Nee, ___.
Onthou!nie + iemand niemand ... nienie + êrens nêrens ... nienie + iets niks nienie + ooit nooit nie
nie + nog nie meer nienie + al nog nienie + al ooit nog nooit nieword
word
Sê die liedjie hardop of sing
dit saam.
nnniiieee………nnniiieee
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 228 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
229
Pret met taal
Aktiwiteit 14: Werkwoorde
Werkwoorde soos sit, lê, sing en kyk sê wat ons doen.
Kyk na die prentjies en lees wat die kinders doen. A
Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik.
l Om te sê wat ons gedoen het (verlede tyd).
l Om te sê wat ons doen (teenwoordige tyd).
l Om te sê wat ons sal doen (toekomende tyd).
Voltooi die tabel met die tye.
Verlede tyd (Voeg het ge- by)
Teenwoordige tyd
Toekomende tyd (Voeg sal by)
Ek het gelees.
Jy _____.
Sy _____.
Hy _____.
Ons _____.
Ons _____.
Julle _____.
Hulle _____.
Ek lees.
Jy luister.
Sy skryf.
Hy leer.
Ons praat.
Ons kyk.
Julle dink.
Hulle teken.
Ek sal lees.
Jy _____.
Sy _____.
Hy _____.
Ons _____.
Ons _____.
Julle _____.
Hulle _____.
B
lees skryfpraat
dink
luister leer kykteken
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 229 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
230
Oefentyd
Kyk na die prent. Sê in jou eie woorde wat almal doen.
C
Beantwoord die vrae en voltooi die sinne. Kies uit die blokkies langs die sinne. Skryf al die sinne neer.1. Wat doen Daisy? Sy ...
2. Wat doen Pa? Hy ...
3. Wat doen die hond? Die hond ...
4. Wat doen Ma? Sy ...
5. Wat doen Sam? Hy ...
6. Wat doen Lucy? Sy ...
7. Wat doen Herman? Hy ...
8. Wat doen die voël? Die voël ...
9. Wat doen Amy? Sy ...
10. Wat doen die kat? Die kat ...
D
bring koeldranke.eet ’n hoed.
sit op die sambreel.
staan by die boot en eet roomys.
lê en ontspan langs Amy.
dra ’n piekniekmandjie.
slaap langs Ma. klim oor die muur.
ruik die vis.
lees in ’n boek.
Pa
Herman
Sam Ma
Lucykat hond
Daisy
Amy
voël
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 230 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
231
Pret met taal
Lees die volgende paragraaf en voltooi daarna die tabel.Ismail en Zora doen elke dag iets. Maandag speel Ismail ná skool sokker en Zora speel netbal. Dinsdag was Zora haar hondjie en Ismail was skottelgoed. Woensdag doen Ismail sy huiswerk en Zora skryf ’n brief. Donderdag lees Ismail ’n boek en Zora bak ’n koek. Vrydag eet hulle lekker kos. Saterdag werk Zora in die tuin en Ismail gaan winkel toe. Sondag slaap hulle laat.
E
Kyk na die prentjies en skryf neer wat mev. Radebe môre sal doen.
F
1. Wat sal sy eerste doen? Sy sal lughawe toe gaan.
2. Wat sal sy tweede doen?
3. Wat sal sy derde doen?
4. Wat sal sy vierde doen?
5. Wat sal sy laaste (vyfde) doen?
Dae van die week
Wat het Ismail ge- doen?
Wat het Zora ge- doen?
Maandag Hy … Sy het netbal gespeel.
Dinsdag
Woensdag Hy het sy huiswerk gedoen.
Donderdag
Vrydag
Saterdag
Sondag Sy het laat geslaap.
5 1
2
34
Onthou, gebruik het
en ge- in die verlede tyd.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 231 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
232
Oefentyd
Aktiwiteit 15: Voegwoorde
As jy sinne langer wil maak, verbind jy hulle met voegwoorde soos en, want, daarom, omdat. Kyk hoe dié sinne lyk as ons hulle verbind:
Verbind met voegwoorde
Ek dra ’n jas. Dit is koud. (want) Ek dra ’n jas, want dit is koud.
[Die woordorde van sin twee bly dieselfde. Daar is ’n komma , voor want.]
Dit is koud. Ek dra ’n jas. (daarom) Dit is koud daarom dra ek ’n jas.
[Die werkwoord kom direk ná die voegwoord daarom.]
Ek dra ’n jas. Dit is koud. (omdat) Ek dra ’n jas omdat dit koud is .
[Na omdat gaan die werkwoord na die einde van die sin.]
Kyk na die tabel oor die drie groepe voegwoorde in Afrikaans.
Verbind die sinne met en , dus en omdat . Kyk hoe die sinne na dus en omdat verander!
Hy lees koerant. Sy lê in die son. (en)
Hy lees koerant. Sy lê in die son. (dus)
Hy lees koerant. Sy lê in die son. (omdat)
A
Groep 1 Groep 2 Groep 3
en daarom omdatmaar dus datwant dan terwyl
Die tweede sin verander nie.
Die werkwoord van die tweede sin spring vorentoe en staan direk ná die voegwoord.
Die werkwoord van die tweede sin spring na die einde van die sin.
Let mooi op! Hier gaan julle leer om nuwe
voegwoorde te gebruik wat julle nog nie gebruik het nie.
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 232 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter
Kyk na die weerkaart en verbind die sinne met die voegwoorde.1. Dit is bewolk.
Dit gaan reën. (en)
2. Die wind waai. Dit gaan reën. (dus)
3. Dit is koud. Dit sneeu op die berge. (want)
4. Dit is koud. Dit sneeu op die berge. (omdat)
5. Dit is mooi weer. Dit is later bewolk. (maar)
6. Die son skyn. Dit is warm. (daarom)
7. Dit is warm. Dit is sonnig vandag. (want)
8. Dit is warm. Dit is sonnig vandag. (omdat)
Lees die grappie hardop en sê wat snaaks is.
B
C
233
Pret met taal
Verbind die sinne oor die grappie hierbo met want en omdat .1. Die hond swaai sy stert. Hy is vriendelik. (want, omdat)
2. Die slang swaai sy stert. Hy is gevaarlik. (want, omdat)
D
As ’n hond sy stert swaai, sê dit hy is bly om
jou te sien.
En as ’n slang dit doen?
Dit beteken, GEE PAD!!
Gauteng Noordwes
Noord-Kaap
Wes-Kaap
Oos-Kaap
Vrystaat KwaZulu- Natal
Noordelike Provinsie
Mpumalanga
Is jy bang vir ’n slang?
9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 233 2012/07/25 3:36 AM
Split by PDF Splitter