8
Maart 2014

Agribulletin 140328

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Agribulletin 140328

Maart 2014

Page 2: Agribulletin 140328

Maart 20142

Chicken

Contact: 082 826 6668

LITTERHuge

volumes availableCan be used for

cattle feed and compost

bulletin©9312cl140328tb

is ’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]

Bemarking:Thinus van Deventer

[email protected] Smuts

[email protected] Uitleg en ontwerp:

David [email protected]

Crownstraat 8, Tzaneen, 0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.com

Drukker/Printer: PaarlColdset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Thinus van Deventer083 611 6292  

[email protected]

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Your agri advertising

solution providers

Sitrusvrugte is ‘n groot staatmaker in die Suider Afrikaanse landbou-uitvoermark en bestaan reeds 117 jaar.

Daar word bereken dat nagenoeg 1 400 sitruskwekers in Suid-Afrika, Zimbabwe en Swaziland deel is van dié uitvoermark, wat sowat 100 miljoen kartonne sitrus per jaar na 45 lande uitvoer, buiten die vrugte wat vir prosessering en plaaslike verbruik gelewer word.

Die bedryf word bevoordeel in SA omdat dit in verskeie bemarkingstye gelewer kan word weens die diversiteit van die landsklimaat, met winteropbrengste in die suide, someroeste in die noorde, byna-woestynstreke in die weste en subtropiese toestande in die ooste.

Valencias word die meeste verbou en maak 40% van die totale oes uit. Dit kom hoofsaaklik uit die noorde (Limpopo), terwyl die suidelike deel grootliks sagte sitrus produseer. Die ooste is bekend vir suurlemoene en nawels.

Uitvoer geskied hoofsaaklik deur die hawens van Kaapstad, Durban en Port Elizabeth, terwyl ‘n groot deel wat vir

Durban bestem is, deur die hawe van Maputo in Mosambiek uitgevoer word.

Die bedryf se bruto buitelandse verdienste word op sowat R5 miljard geraam en sorg vir naastenby 100 000 werkgeleenthede per jaar.

Volgens berigte het die EU Suid- Afrika weer in Februarie op die gevaarlys vir swartvlek gesit. Dit kom te midde van groot ontevredenheid by die produsente op eie bodem, wat voel dat dit onnodig en sonder gronde gedoen word.

Verder doen hulle ‘n beroep op die EU om hul riglyne ten gunste van die produsente aan te pas.

Swartvlek is, sover navorsing strek, skadeloos vir mens of vrug, en beïnvloed slegs die voorkoms van die vrug. Swartvlek mag selfs ‘n invloed hê op die opbrengs per boom wat besmet is. Dit is reeds bevestig dat Europa glad nie vir swartvlek vatbaar is nie.

Die mildelike reën oor die afgelope drie maande het vir die groente- en vrugteboere van Tzaneen en omgewing groter vreugde as skade gebring. Goeie oeste is nou in die vooruitsig.

Daar was egter mindere probleme wat op etlike plase ontwriging gebring het, soos bruinvrot by sitrus aan laaghangende vrugte, wat veral by pomelo’s skade veroorsaak het.

Die ander kopseer was dat boere nie landerye kon betree nie weens die baie water en pluktye met ‘n week of wat uitgestel het.

Mnr Christie Landman van Letsitele sê hy kon eers dié week begin suurlemoene pluk weens die nat toestande, maar die oes lyk goed. Die baie water het gehelp dat die vrugte tot

ordentlike groottes kon swel en die oorsese markte lyk goed.

Wat pomelo’s betref, is die oes vanjaar kleiner as verlede jaar se byna rekord opbrengs, maar die vrugte is groter. Dit sal byval by die oorsese kopers vind en die ooraanbod van verlede jaar tot normale vraag stabiliseer.

Boere in Letsitele het dié week aan nawels begin oes waar die klimaat van die boorde dit toelaat, hoewel die jaarlikse plukseisoen van sitrus amptelik op 1 April begin. Soos verlede jaar het produsente vanjaar weer vir plukkers geadverteer, sodat die invordering van die oes vlot kan verloop.

Mnr Eddie Vorster van Mahela Boerdery sê ‘n geslaagde vergadering oor plukkers is

onlangs gehou, waar bepaal is wat plukkers in die verskeie kategorieë van plukhouers sal verdien. Die rede vir advertensies vir plukkers is om plaaslike arbeid die geleentheid te gee om voorkeur tot dié arbeidsmark te kry. As dit nie bevredigend bereik word nie, kan kommersiële produsente by die departement van binnelandse sake om permitte vir werkers uit buurlande aansoek doen. Dit moet dan deur die department van arbeid goedgekeur word, waarna soveel as 200 per slag uit omgrensende lande vir die plukseisoen in Limpopo toegelaat sal word.

Vorster sê die sitrusoes lyk goed en stem ooreen met verlede jaar s’n, behalwe dat die reën beter swelling van vrugte meegebring het.

Sitrus-uitvoer is 117 jaar oud

Reën bring verligting én geringe skade aan sitrus

Page 3: Agribulletin 140328

Die vrugteboer se beste vriend is ‘n sosiale insek wat waarskynlik die meeste deur mense bestudeer is en wat meer as 20 000 jaar deel van die mens se kultuur uitmaak.

Apis mellifera, oftewel die heuningby, se soet stroop versier die etenstafels wêreldwyd, maar die ingewikkelde proses tot die vorm-ing van heuning is aan min mense bekend.

As bestuiwers van blomme is hulle onmisbaar in die natuur en ‘n kernfaktor in die voortbestaan van landbou-produksie wêreldwyd. Daar is egter groot kommer dat die byebevolking stadig maar seker al minder word. Oor-bevolking deur die mens, ongunstige klimaatstoestande weens die wangebruik van chemikalieë en ‘n pes ge-naamd vuilbroedsiekte wat in Amerika sy kop uitgesteek het, is besig om miljarde bye daagliks uit te roei.

Inligting oor die werking en gedrag van bye is deesdae legio, maar een hiervan wat veral leersaam kan wees vir die dikwelse rigtingloosheid van die mens, is die by se navigasievermoë. Vir vrugteboere is die plasing van bye-korwe vir bestuiwing belangrik om die strategie van kor-we so korrek moontlik te bepaal.

Bye vlieg nie reguit na blomme toe nie, maar soek en vlieg draaie. Hulle land op blomme en vlieg dan voort tot hulle uiteindelik kos kry, waar hulle die krop vol nektaar en die mandjies vol stuifmeel maak voor hulle reguit nes toe vertrek.

Om dit reg te kry, moet die werkerby deurentyd haar af-stand en rigting van beweging teenoor die son bereken. Sy moet ‘n presiese ingeboude tydmeter hê om met tyds-verloop tred te hou en daarmee te kompenseer vir die hoekverskuiwing van die son, wat ure kan duur.

Dit is vir bye moontlik om die son selfs deur die wolke raak te sien, want hul oë kan gepolariseerde

lig van ongepolariseerde lig onderskei. Hulle het ‘n komplekse navigasierekenaar, ‘n akkurate chro-

nometer, ‘n teodoliet (waterpas, kompas, tele-skoop) en ‘n fyngekalibreerde sekstant. En dit alles in ‘n ruimte so groot soos ‘n speldekop.

Terug in die nes kan die werkerby in die stikdonker van die korf al die inligting aan ander bye oordra. Sy doen dit met ‘n herhaalde dans wat die rigting na die blomme voorstel. Die aantal stertswaaie dui die afstand na die kos aan en ‘n wind van voor word as bykomende afstand aangegee.

Hierdie laaste vermoë is veral uitsonderlik, want die enigste keer wat die by die rigting op pad nes toe ge-vlieg het, het sy die wind van agter gehad.

Die ander bye wat die dans verstaan, gaan dan uit en oes stuifmeel. Met hul terugkeer doen hulle dieselfde danse en so word die meeste werkers in die kolonie gewerf om kos in te samel.

Die roetedanstaal van bye is jare gelede deur ‘n Oos-tenryker, ene Von Frisch,

ontdek. Die Nobelprys is destyds daarvoor aan hom toe-geken.

Dit is deesdae ook bekend dat bye in geogra� es verwy-derde gebiede “dialekte” ontwikkel en kan derhalwe nie mekaar se danstale reg vertolk nie.

Van die inligting hierbo is onttrek uit Inseklopedie van Suider Afrika, ‘n publikasie deur die entomoloog prof Eric Holm van Pretoria.

Maart 2014 3

Die son is bye se kompas

Page 4: Agribulletin 140328

Die subtropiese klimaat van Tzaneen en omgewing maak dit uiters geskik vir die vestiging van eksotiese plante en vrugte van Oosterse en Suid-

Amerikaanse oorsprong.Een van hulle is die karambola, beter

bekend as stervrug, wat die afgelope klompie jare gereeld op die rakke in plaaslike vrugtewinkels te sien is.

Dit is ‘n stervormige vrug met ‘n smaak wat wissel tussen dié van appel, peer, druiwe

en sitrus. Die vrug is krakerig, ferm en baie sappig. Dit het nie growwe vesel nie en die

tekstuur is soortgelyk aan dié van druiwe.Die karambola (Averrhoa carambola) kom oorspronklik

van Maleisië en is ook inheems aan die Filippyne, Indië,

Bangladesj en Sri Lanka. Dit is later versprei na Suid-Amerika, die Karibbiese eilande en die suidelike dele van Noord- Amerika.

Die vrug het vyf lobbe wat in die vorm van ‘n ster gerangskik is. Wanneer dit ryp word, verkleur die lobbe in ‘n liggeel tot donkergeel kleur. Dit het ‘n soet smaak, maar is nie oorweldigend nie, omdat die suikerinhoud omtrent vier persent is.

Dit is ryk aan anti-oksidante, potas en vitamien C. Dit beskik ook oor antimikrobiese elemente wat kieme soos E.coli, sta� lokokkus en pseudomonas beveg.

Mense met nierprobleme word egter gewaarsku om van die karambola weg te bly. Dit bevat oksaalsuur, wat skadelik is vir mense met nierversaking, nierstene en pasiënte wat nierdialise ontvang. Verskeie sterftes in sulke gevalle is reeds wêreldwyd aangemeld.

Die plant � oreer in tropiese en subtropiese gebied, waar dit tot 1 200 meter bo seespieël geplant kan word. Dit verkies volle sonlig, met baie water en goedgedreineerde grond. Dit word so ses meter uit mekaar geplant en minstens drie keer per jaar bemes. Die bome groei vinnig en bereik wasdom binne vier tot vyf jaar, wanneer tot 180 kg per plant geoes kan word.

Maleisië is die wêreldleier in produksie en voer dit op groot skaal na Asië en Europa uit.

Die karambola word ook as sierplante in tuine gebruik, weens die helderkleurige en stervormige vrugte. Die sap van die suurder variëteite kan gebruik word om roes en aanpaksels van metale (veral brons) te verwyder, terwyl dit ook vlekke uit materiaal haal.

Maart 20144

083 307 2076 | www.agriboxlimpopo.co.zabulletin©9266ab140228wb

Vat Valskodlingmm vas, natuurlik

Nou ook verkrygbaar by:

www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | [email protected]

Rtri-mX• Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM• ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering• Verminder oesverlies met tot 60%

Stervrug (Karambola) is gesond, dog nier-onvriendelik

Page 5: Agribulletin 140328

Tzaneen Carton Erecting Centre, ‘n maatskappy wat kartonne vou en aan die grootste produsente van vrugte en groente in Limpopo verskaf, het nou sak en pak na Tzaneen geskuif om nader aan die meeste van hul klante te wees.

Die maatskappy het die afgelope ne-gentien jaar vanuit Nkowankowa gewerk, maar het nou na die pakhuis van die eer-tydse Tzaneen Fruit Packers in Ou Sta-sieweg verskuif. Die pakhuis is ‘n paar jaar gelede deur Westfalia oorgeneem, maar staan die meeste van die tyd onbenut.

Die plaaslike fabriek hanteer die kar-tonne wat deur Mpact van Johannesburg vir die landbou- en nywerheidsektor vervaardig word. In dié stadium word

hoofsaaklik op die landbou toegespits, maar hulle sal uitbrei om ook aan die ny-werheidsektor te voorsien.

Die kartonne word by die fabriek afge-lewer, waar gespesialiseerde masjiene dit in verskeie groottes vou. Hierna word dit aan produsente gelewer.

‘n Hele paar masjiene is ook beskikbaar wat na ‘n klant se pakhuis vervoer kan word, waar een van hul eie operateurs die vouwerk op die klant se perseel kan doen. Dit is veral toepaslik tydens oestyd van ‘n bepaalde vrug, wanneer tyd ‘n be-langrike rol speel.

Die fabriek word deur Bibi en Gerda Britz bestuur. Hulle is bereikbaar by 082 882 7511 of 084 391 7039.

Maart 2014 5

Die fabriekspan by Tzaneen Carton Erecting Centre

Kartonvoorsieners in nuwe pakhuis

Klaargevoude kartonne staan reg om aan gekontrakteerde klante gelewer te word

Mnr Hardus van Zyl, verteenwoordiger

(083 809 1601)

Mnr Bibi Britz, bestuurder

Me Gerda Britz, in-terne verkoopsdame

Mnr Deon Zwanepoel, areabestuurder (083 626 6320)

Advertorial

Page 6: Agribulletin 140328

Maart 20146

Die goeie nuus vir rooivleisprodusente dat die swaard van bek-en-klouseer voorlopig terug in sy skede is, het moontlikhede gebring wat swaar verliese weer in wins kan omskep.

Benewens die oop markte vir vars vleis na buurlande, kry handelaars in velle en huide ook geleentheid om weer op internasionale vlak sake te doen.

Onder die groter geledere van rooivleisprodusente, soos die gerekende beestelers, is die opgewondenheid veel groter. Gesogte genetiese materiaal kan nou plekke in die wêreld bereik waar dit voorheen net ‘n droom was.

Mnr Paul Bester, in beheer van die beeste-afdeling by ZZ2, sê Suid-Afrika het van die beste genetiese materiaal van talle rasse wat op die wêreldmark meeding.

“Ons het genetika waarna internasionale telers smag, maar die verdomde bek-en-klou-ding het alles kom befoeter. Nou kan ons weer kop optel, maar die verwatering van verhoudings moet eers aandag kry.”

Hy sê die rooivleisbedryf is groot dank verskuldig aan die mense wat stilweg hard

gewerk het om die saak reg te stel. Hy dink veral aan die hoofstaatsveearts,

dr Grietjie de Klerk en haar span by Onderstepoort, wat bresse geslaan het om die verbod opgehef te kry. Talle ander mense en instansies het ewe hard aan die kwessie gewerk.

In Suid-frika is talle beestelersgenoot-skappe met bewese rekords van genetika wat in die buiteland in aanvraag is. Bester sê diere is van oorsee ingevoer en geneties puik ontwikkel.

Nou wil die lande van herkoms graag dié suksesvolle genetika in hul graslande terug hê.

Hierdie is ‘n geleentheid vir plaaslike telers om hul regmerkies oorsee te gaan wys, solank Suid-Afrika kan vashou aan die beleid om bek-en-klouseer met gesag uit die beeskrale te hou.

“Ons moet nie weer hierdie ding laat deurglip nie,” sê Bester.

Hy is in beheer van ZZ2 se Pinzgauers, PinZ²yl en ‘n paar ander rasse, maar sê die Bonsmara uit Suid-Afrika is veral in goeie aanvraag by beestelers uit verskeie lande.

Bek-en-klouseer swaard oor beesvleis gelig in buiteland

Hoe sterk is die skop in jou geweer? In die skietsport word verwys na die reaksie as terugslag.

Fisika leer ons dat daar vir elke aksie ‘n gelyke en teen-oorgestelde aksie is. Dit beteken dat die momentum van ‘n geweer se reaksie presies gelyk sal wees aan die mo-mentum van die koeël en gasse wat by die loop uitgeskiet word.

Die geweer se gewig is ‘n belangrike faktor in die terug-slag-vergelyking, en omgekeerd eweredig aan die terug-slag. Verhoog die geweer se gewig met 25% en die terug-slag verminder met 25%. Dus vind mens dat vuurwapens

in minder kragtige kalibers dikwels ligter gebou word as die kragtiger kalibers. Kies dus ‘n geweer met ‘n gewig wat geskik is vir die kaliber as jy van plan is om baie te skiet.

Benewens die geweer se gewig word die waarneem-bare terugslag deur verskeie ander faktore beinvloed. Een hiervan is die pas en fatsoen van die geweerkolf. ‘n Goeie slagkussing kan help om die skop teen die skouer te ver-sag.

Gasaangedrewe semi-outomatiese aksies verminder ook terugslag deur die verspreiding daarvan oor ‘n langer pe-riode.

Dan is daar ook etlike verskillende ladings vir enige gegewe koeëlgewig in ‘n patroon wat dieselfde snelheid produseer, maar ‘n ander hoeveelheid terugslag lewer.

Die meeste kenners stem saam dat ‘n terugslagfaktor van meer as twintig voet/pond ‘n ernstige wankel (� inch) by meeste skuts sal veroorsaak wat swak koeëlplasing kan meebring. Vyftien voet/pond is waarskynlik die maksi-mum terugslag-energie waarmee meeste skuts gemaklik sal voel, veral op die skietbaan.

Terwyl die terugslag-energie bepaal hoe hard die slag teen die skut se skouer voel, is dit die terugslag-snelheid wat bepaal hoe skielik die slag teen die skouer voel. Met ‘n goed ontwerpte kolf voel die terugslag-snelheid soos ‘n sterk stamp teen die skouer eerder as ‘n skielike stoot.

Vyftien voet/pond van vrye terugslag-energie en tien voet per sekonde van terugslag-snelheid verteenwoor-dig die boonste perk van gemaklik skiet. Bokant dié vlak begin terugslag toenemend opdringerig raak. Hoe langer jy skiet en hoe harder die geweer skop, hoe sterker is jou kanse om te wankel. Hierdie is belangrike dinge om te onthou by die skietbaan en wanneer verskillende kalibers met mekaar vergelyk word.

— Uit die nuusbrief Pot-Shot

Bepaal self die skop in jou geweer

Page 7: Agribulletin 140328

Maart 2014 7

Crop bioforti� cation is the new magic word applied for feeding the nearly 300 million people of Sub-Sa-haran Africa, as well as improving their health.

Most of the people depend on sorghum as a staple crop, but they do not have access to another staple that provides the essential nutrients that sorghum lacks.

The research group Du Pont Pioneer in Johannes-burg has made groundbreaking progress in enhan-cing pro-vitamin A stability in sorghum through their African Bioforti� ed Sorghum (ABS) initiative.

The group’s scientists are working with other re-searchers in America and Africa to improve the nutri-tional value of crops through plant breeding or bio-technical methods. In the next several years, the ABS initiative is expected to bene� t millions of Africans that rely upon sorghum, which traditionally is de� -cient in key nutrients. Vitamin A de� ciency, in par-ticular, is the leading cause of preventable blindness in children and increases the risk of disease and death from severe infections. In Africa, up to half a million children become blind from vitamin A de� ciency and nearly 600 000 women die from childbirth-related causes, many from complications that could be re-duced through better provision of vitamin A.

Established in 2005 with funding from the Bill and

Melinda Gates Foundation, the ABS initiative has de-veloped the world’s � rst system of genetic transfor-mation of sorghum, which improved the ability and time needed to successfully introduce pro-vitamin A into sorghum.

As the ABS initiative gains momentum, there is con-tinued need for collaboration to improve the food and agriculture value chain in Africa.

“Beyond increasing nutrition of a staple crop for millions, the initiative aims to improve agricultural seed systems to deliver seed to farmers and promote productivity,” said Mr Paul Schickler, president of Du Pont Pioneer.

Pioneer has worked closely with Africa Harvest, a Kenya-based non-pro� t organization that promotes the use of advanced science and technology pro-ducts to improve sustainable agricultural develop-ment in Africa. While Pioneer continues to contribute expertise, organizations such as Africa Harvest con-tinue to play a critical role in this humanitarian e� ort.

Known to a limited audience in the higher circles of agriculture, Du Pont Pioneer is the world’s leading developer and supplier of advanced genetics. They provide agronomic support and services to help in-crease farmer productivity and develop sustainable agricultural systems for people everywhere.

Die piesangboere van Tzaneen het hul eie forum gestig om vordering en uitdagings in die bedryf eerstehands te takel. Dit sal bekend staan as die piesang-studiegroep en kwekers sal maandeliks byeenkom om die bedryf onder die loep te neem. Volgens mnr Francois Vorster is die groep nog nie aktief nie, maar sal binne ‘n maand of twee op die

jaarlikse kalender van studiegroepe in die omgewing wees.

Feeding Africa with biogenetics

Piesangboere stig studiegroep

Daar is hoop vir die Suid-Afrikaanse boere in die Kongo, ondanks sogenaamde nega-tiewe beriggewing wat die afgelope tyd in die gedrukte media verskyn het.

Mnr Wynand du Toit, voorbanker in die boere se optog na die Kongo, het on-langs ‘n spesiale uitgawe van die boere se maandelikse nuusbrief uitgereik, waarin hy en sy vrou Frances hartroerend van hul swaarkrydae vertel. Terselfdertyd skets hy ‘n prentjie van hoop en vas-beradenheid om hul baanbrekerswerk in die vreemde land erken te kry.

Die Du Toits boer op die plaas Belle Terre naby Moukangastasie in die Maka-bana-streek van die Kongolese repu-bliek, waar die eerste twee jaar se oeste nie gunstig verloop het nie. Verskeie ander SA boere het dieselfde stelle af-getrap weens � nansieringsplanne wat nie gerealiseer het nie.

Die eerste groep boere het net meer as twee jaar gelede in die Kongo aange-kom en die sowat 830 ha konsessiegrond saam-saam met vier trekkers ontbos en bewerk. Beloofde kunsmis vir die voornemende mielieoes was laat en hulle het besluit om sonder kunsmis te plant.

“En daar, sonder kunsmis, saam met die mielies, is die eerste twyfel en twee-spalt gesaai. Dit was ‘n besluit wat ons klein gemeenskap sou verdeel (ver-skeur) en wat byna tot die einde van ons projek gelei het.”

Du Toit sê die eerste jaar was ‘n wip-plank van emosies. Dit was ‘n swak oes, met onenigheid en groepvorming tus-sen boere wat wantroue laat hoogty vier het. Sommige boere het na SA terugge-keer.

“Toe word die bestuur tydens die jaarvergadering vervang, gevolg deur die verpletterende nuus dat net sekere boere voortaan ge� nansier sou word. Die manne met sekuriteit, die manne wat reeds het….”

Hy sê om ‘n pionierboer in die Kongo te wees, is harde werk met ‘n onwrikbare geloof in die Skepper. Geld sal nie oor-nag gemaak word nie.

In dié stadium is net een groep boere suksesvol en produktief. Dit is Todi River Farms wat gunstige � nansiering geniet.

“Natuurlik is baie van ons teleurgesteld dat ons nie deel van hierdie groeifase kon wees met die nodige � nansiering nie. As ons goeie raad volg, gaan nuwe boere nie weer dieselfde skoolgeld hoef te betaal nie.

“Dis die � nansierder se eie keuse en voorskrifte oor watter boere geskik is vir � nansiering. Desondanks is daar posi-tiewe verwikkelings op die � nansiële front en lede gaan kwali� seer, mits hulle sekere veranderings aanbring en jonger manne betrek.”

Volgens hom is die jongste aanplant-ings belowend, die werk is netjies en die

korrekte metodes is toegepas. Wat nou nodig is, is dat die boere moet saam-staan en vorentoe beweeg.

“Ons is Kongo-boere. Ons het klaar gat geskop. Ons is reeds hier en het die plek al halfpad getem.”

Kongo-boer Wynand maak sy hart oop

Page 8: Agribulletin 140328

Maart 20148

Onder die serti� kaatwenners, administrasie en bestuurders by Mahela se toekennings was (voor) mnr Thomas Maluleke, mee Constance Mushwana, Mariette van der Westhuizen (menslike hulpbronne), Marlize de Meyer (Riverwalk), mnre Patrick Sebola, Francois Vorster (direkteur), Louis van Schalkwyk (bestuurder) en Elias Nukeri. In die middel is mnre Albert Soveka, David Mabunda, Frank Mashimbye, Moses Seshaka, Eric Baloyi en Hugo Endemann (entomoloog).

Agter staan mnre Juan Rossouw, Willem Stolp en Joubert Katzke (bestuurders).

Die AgriSeta speel jaarliks ‘n groot rol in die oplei-ding van plaaswerkers landwyd, wat beter vak-manskap en ‘n string ander kwali� kasies aan ar-beid op plase verskaf.

Mahela Boerdery van Letsitele gebruik dié oplei-ding reeds ‘n hele paar jaar om groter trefkrag aan sy arbeidsmag te gee. Onlangs is 231 werkers van die boerdery se sewe plase met serti� kate vereer vir opleiding wat hulle van die diensverska� er Riverwalk Training ontvang het.

Volgens die eienaars is dit ‘n groot aanmoedig-ing vir die personeel en dit dien ook as ‘n goeie verwysing wanneer hulle in die toekoms na ‘n an-der werkplek verhuis.

AgriSeta slyp aan plaaswerkers

Mnr Louis van Schalkwyk staan by die span werkers van die plaas Nagude wat serti� kate ontvang het.

LINKS: Mnr Francois Vorster (regs in die foto) van die piesangplase Inzana en Hamasita en sy span werkers

wat serti� kate ontvang het.