40
2015 ALGEMENE JAARVERSLAG

ALGEMENE JAARVERSLAG

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ALGEMENE JAARVERSLAG

2015ALGEMENE

JAARVERSLAG

Page 2: ALGEMENE JAARVERSLAG

3

INHOUDS- OPGAWE

1 Boodskap van die Voorsitter van Badisa se Bestuursraad 1

2 Boodskap van Badisa se Uitvoerende Hoof 2

3 Strategiese Fokuspunte (Program Arend) 4

4 Korporatiewe Identiteit 6

5 Badisa en die kerk: ’n reis van meer as 100 jaar 10

• 100 jaar en meer 10

• Armoede en Sorg en ons gesamentlike visie 12

• Interkerklike Vrouegroep 12

6 Dienslewering 13

• Dienste aan kinders en gesinne 13

• Vroeë kindontwikkeling 15

• Dienste aan ouer en gestremde persone 16

• Middelafhanklikheid 18

• Badisa in die Oos-Kaap 20

• Statistiek 21

7 Finansiële Verslag 22

• Inkomstestaat 24

• Balansstaat 25

• Befondsing 26

• Champions 26

8 Korporatiewe Bestuurstoesig 27

9 Personeel en Vrywilligers 30

10 Bemarking 34

11 Lys van Badisa-programme 35

Lys van afkortings en akronieme 37

Kontak ons Agterblad

Page 3: ALGEMENE JAARVERSLAG

1

By Badisa is die afgelope jaar deur die ontwikkeling van verskeie fokusareas van die organisasie gekenmerk. Die ontwikkeling van kinders op ’n baie vroeë stadium van hul lewe is vir Badisa uiters belangrik. Saam met Armoede en Sorg – die gesamentlike barmhartigheidsbediening van die Verenigende Gereformeerde Kerk en Nederduitse Gereformeerde Kerk – wil Badisa hierdie roeping van die ontwikkeling van voorskoolse kinders verder uitbou en ontwikkel. Hiermee sluit Badisa sowel as Armoede en Sorg by die Bybelse gedagte (die vroeë ontwikkeling van Moses as kind in Eksodus 2) aan dat kinders reeds vroeg in hul lewe ontwikkel moet word om waardes te vestig wat blywend is.

Badisa besef die belangrike rol wat die gesin in die ontwikkeling van kinders speel. Dit is waarom Badisa by die ontwikkeling van gesonde gesinne in gemeenskapsverband betrokke is. Badisa se bydrae in hierdie konteks spreek duidelik uit sy 2013-2014 jaarverslag waarin aangetoon word dat die organisasie se diens aan kinders en gesinne altesaam 724 458 mense bereik het.

Die opbou van sterk bande kan ook gesien word in Badisa se samewerking met die VG Kerk en NG Kerk om die strategiese rigting van die organisasie te bepaal. Daar is groot samehorigheid tussen Badisa en die kerke omdat almal in hierdie familie van diensgerigte organisasies enorme uitdagings in geleenthede moet omskep.

Die NG Kerk vier vanjaar die wonderlike mylpaal van die 100ste bestaansjaar van sy barmhartigheids dienste. As deel van die kerkfamilie van die VG Kerk en NG Kerk, vier Badisa hierdie besonderse gebeurtenis saam met die NG Kerk. Vir ons as organisasie bied dit inspirasie om die toekoms met nuwe ywer aan te pak en om ’n leidende rol in die hulpverlening en bemagtiging van gesinne en gemeenskappe in nood te speel.

Ds William Ficks Voorsitter: Badisa Bestuursraad

“Daar is niks wat ’n same­lewing se siel so openbaar as die manier waarop hy sy kinders behandel nie.” Nelson Mandela

BOODSKAP VAN DIE VOORSITTER

1

Page 4: ALGEMENE JAARVERSLAG

2 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

BOODSKAP VAN DIE UITVOERENDE HOOF

Ons vier vanjaar die 100ste bestaans jaar van die NG Kerk se Sinodaal-georganiseerde Diens van Barmhartigheid. Badisa, wat die gesamentlike bediening van die prinsipaalkerke (NGK Wes- en Suid-Kaap en VGK Kaapland) is, is ’n uitvloeisel van hierdie diens. Ons is derhalwe deel van die trotse geskiedenis van die NG Kerk se eeu oue betrokkenheid by die nood van mense. Die werksaamhede wat tans onderneem word en wat in hierdie jaarverslag voorgehou word, is alles te danke aan die stewige grondslag wat ’n eeu gelede gelê is en waarop ons kan voortbou. Ons kerke sluit weer aan by die vroeë kerk se betrokkenheid by die nood van mense.

Henry Chadwick sê die volgende in sy gesag hebbende boek, The Early Church:

“The practical application of charity was probably the most potent single cause of Christian success... Christian charity expressed itself in care for the poor, for widows and orphans, in visits to brethren in prison or condemned to the living death of labour in the mines, and in social action in time of calamity like famine, earthquake, pestilence, or war.”

2

Page 5: ALGEMENE JAARVERSLAG

3

Die hernude klem op die rol van die diakonaat in die kerk, wat op die missionale roeping (missio Dei) gegrond is, is verblydend. Een van Badisa se uitdagings is om ’n bydrae op hierdie gebied te maak. Die werk wat Badisa as ’n geloofs- en kerkgebaseerde organisasie doen, vorm ’n inherente deel van die uitvoering van hierdie roeping. Ons werk gee dus gestalte aan die missionale diakonaat wat ons graag in samewerking met gemeentes wil bevorder sonder om die gemeentes van hul verantwoordelik-hede te ontneem. Ons is dus baie opgewonde oor die Internasionale Diakonale Konferensie wat vir September 2015 beplan word. Die tema van die konferensie is Dien in God se missie – ’n konferensie vir die bevordering van missionale diakonaat in Afrika (DiacAfric).

Ons het verlede jaar ’n opwindende reis van vernuwing (Program Arend) aangepak om onsself te herposisioneer. Dit het gelei tot die hersiening van ons korporatiewe identiteit en die vernuwing van ons logo sodat ons die Badisa-handelsmerk kan uitbou. Ons is daarvan oortuig dat die doeltreffende implementering van hierdie innoverende proses groot voordele vir die organisasie en al sy belangegroepe inhou.

Ek wil ten slotte erkenning gee aan die bydrae van ’n gewaardeerde kollega, ds Carl Swart, wat vir bykans 40 jaar in die voltydse bediening was. Hy was vir die grootste deel van sy bediening by die Sinodaal-georganiseerde Diakonaat betrokke. Met sy afskeidspreek en ontvangs van sy demissie het hy op treffende wyse sy bediening met die seënbede uit Numeri 6: 24-26 afgesluit:

BOODSKAP VAN DIE UITVOERENDE HOOF

“Die Here sal julle seën en julle beskerm; Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!”

Dit is ook hoe ons elke Sondag die erediens afsluit met die gebruiklike uitspreek van die seën. Ds Swart het genoem dat hy oor die jare die seën van die Here op sy bediening beleef het. Hy het ook die seën uitgespreek oor die werksaamhede van die kerk, veral in hierdie deel van die koninkryk – die diakonaat.

In hierdie jaarverslag kry ons ’n prentjie van die seëninge wat ons beleef om tot diens van andere te wees. Dit is ook ons gebed vir ons personeel, beheerraadslede, vrywilligers en vriende van Badisa. Mag die Here ons seën en mag ons ’n seën wees vir elkeen wat ons langs die pad raakloop, veral vir die noodlydendes, armes en verontregtes. Só wys ons Christelike barmhartigheid en word ons ’n vriend van elkeen in nood.

Ds Averell Rust Uitvoerende Hoof: Badisa

Page 6: ALGEMENE JAARVERSLAG

4 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

STRATEGIESE FOKUSPUNTE

Vernuwingsproses (Program Arend)Badisa het twee jaar gelede sy strategiese vernuwings proses begin deur sy posisionering in die kerk en in die nie-winsgerigte sektor deeglik te ondersoek. Die hoofdoel was om ’n omgewing daar te stel wat dit vir ons moontlik maak om ons uitdagings te kan hanteer. Die skuiwe wat die afgelope twee jaar gemaak is, kan soos volg opgesom word:

• Ons het groter duidelikheid oor die identiteit van die organisasie.

• Ons het Badisa se handelsmerk en logo vernuwe. Die meeste van ons belangegroepe het dit as positief ervaar.

• Ons het die verhouding met die prinsipaalkerke versterk. Daar is groter konsensus oor die grondslag waarop ons saamwerk, soos by die Kerkleierskap Indaba (Mei 2014) bevestig. Die strategiese fokus op vroeë kindontwikkeling (VKO) is saam met Armoede en Sorg bepaal.

• Daar is meer duidelikheid oor die verwagtinge van die dienste wat die Bestuursprogram moet lewer.

• Daar is sterker klem op die volhoubaarheid van die programme.

• Daar is meer duidelikheid oor die finansiële posisie en die rigting vir volhoubaarheid.

• Programme is beter “ingebind” as deel van die organisasie.

• Onderhandelinge met die Departement van Maat-skaplike Ontwikkeling (Wes-Kaap) het gelei tot ’n beter begrip van die finansiële uitdagings van die Bestuurs program en tot ’n beter finansiële posisie.

• Sterker klem word op die integrasie van die Bestuursprogram geplaas.

3

Page 7: ALGEMENE JAARVERSLAG

5

Strategiese fokuspunteBadisa se strategiese fokuspunte kan in die volgende temas ingedeel word:

IdentiteitHerbevestig die posisionering van Badisa as ’n geloofs- of kerk-gebaseerde maatskaplike ontwikkelings- en welsynsorganisasie.

Verhouding met die prinsipaalkerke of -gemeentesPosisioneer Badisa in die teologiese en ekklesiologiese raamwerk van die prinsipaalkerke.

Verhouding met die regeringBepaal die rol van Badisa as diensverskaffer teenoor regeringsvennoot.

Die eise en behoeftes van ons gemeenskappeVersoen Badisa se diensleweringsmodel met die behoeftes van die gemeenskappe.

Finansiële volhoubaarheidBepaal die funksionering en uitdagings van nie-winsgerigte organisasies.

Ons kan rapporteer dat ons vordering gemaak het met aspekte van die bogenoemde strategiese kwessies. Ons sal tydens die volgende fase van die proses aksieplanne opstel en implementeer om ons uitdagings doeltreffend aan te pak.

“Soos dit met die gesin gaan, so gaan dit met die land en met die hele wêreld waarin ons woon.”Pous Johannes Paulus II

Page 8: ALGEMENE JAARVERSLAG

6 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

4

Badisa se korporatiewe identiteit het deel van sy vernuwingsproses gevorm omdat belangegroepe onder meer korporatiewe identiteit gebruik om ’n persepsie oor ’n organisasie te vorm.Program Arend het bevind dat die Badisa-identiteit versterk en gemoderniseer moet word om ’n boodskap van inklusiwiteit aan befondsers en begunstigdes oor te dra. Badisa se beeld bestaan uit die volgende elemente:

Ons visieChristelike barmhartigheid. Ons is ’n naaste van elkeen in nood.

Ons missieBadisa as die barmhartigheidsbediening van NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VG Kerk (Kaapland) is waardegedrewe met Jesus Christus as rolmodel. Badisa is ’n nie-winsgerigte organisasie wat in samewerking met gemeentes en ander rolspelers die volgende doen:

• Lewer voortreflike professionele, kundige en ondersteuningsdienste aan mense en gemeenskappe in nood.

• Voorsien ontwikkelingsprogramme wat op die optimale funksionering van verbruikers/kliënte gerig is.

KORPORATIEWE IDENTITEIT

Page 9: ALGEMENE JAARVERSLAG

7

Ons waardesBadisa is ’n waarde-gedrewe organisasie. Die volgende vier kernwaardes vorm die onderbou van die werk wat die organisasie en sy werknemers daagliks doen: diensbaarheid, geregtigheid, uitnemendheid en rentmeesterskap (aanspreeklikheid).

Diens baar heid • Ons dien mense in nood volgens die voorbeeld van Jesus Christus, die Groot Dienaar.

• Ons strewe daarna om relevante en bekostigbare diens van gehalte te lewer.

• Ons plaas die belange, regte en behoeftes van ons belangegroepe eerste.

• Ons dienste is toeganklik vir alle mense, ongeag hul ras, geslag, geloof of ouderdom.

Geregtig heid • Ons strewe daarna om almal regverdig en gelyk te behandel en om alle vorme van diskriminasie te vermy.

• Mede-werknemers en verbruikers van die dienste sal te alle tye met waardigheid en respek behandel word.

• Regstellings en wysigings word op meriete en met die uiterste deursigtigheid en aanspreeklikheid gedoen.

Uitnemend-heid

• Ons streef na die heel beste diens aan verbruikers, en daarom moet elke personeellid sy of haar pos waardig wees.

• Ons streef na gehaltediens wat onder meer die volgende behels: die nakom van keerdatums, die verskaffing van die korrekte dokumente en die lewering van dienste wat goed beplan is.

• Ons dienste is relevant, volhoubaar en doeltreffend.

• Ons handhaaf ’n deelnemende bestuurstyl en werk as ’n span saam op alle vlakke van die organisasie om ’n positiewe gees en kultuur te skep.

• Ons handhaaf doeltreffende kommunikasie op alle vlakke van die organisasie

Rent-meester skap (aanspreek lik-heid)

• Ons bestuur die mense, finansies en bates wat aan Badisa gegee is met verantwoordelikheid en eerlikheid.

• Wat deursigtigheid betref is ons aanspreeklik vir alle inligting wat aan ons toevertrou word of wat gegee word aan enigiemand wat daarop geregtig is.

• Mense soos die personeel, beheerraadslede en vrywilligers word aangemoedig om persoonlik verantwoordelikheid te neem vir hul dade in die uitvoer van funksies of take.

• Ons tree te alle tye met integriteit op.

Page 10: ALGEMENE JAARVERSLAG

8 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Ons identiteit Badisa is ’n geloofsgebaseerde organisasie wat professionele maatskaplike ontwikkelings- en welsynsdienste lewer. Die organisasie het ontstaan as die maatskaplike ontwikkelings- en welsynsdiens van die twee kerke, NG Kerk (Wes- en Suid-kaap) en die VG Kerk (Kaapland), en het ontwikkel om die diens te lewer in vennootskap met belanghebbendes soos die plaaslike en provinsiale regering, die korporatiewe sektor en ander nie-winsgerigte organisasies.

Badisa is op vier pilare van waardes gebou: diensbaarheid, geregtigheid, uitnemendheid en rentmeesterskap. Hoewel die organisasie op Christelike waardes gebou is, lewer hy maatskaplike dienste aan almal in nood – ongeag hul ouderdom, geslag, nasionaliteit of geloof.

Badisa is ’n geregistreerde nie-winsgerigte organisasie (NPO 011-891 vir al sy programme) en ’n openbare liefdadigheidsorganisasie (PBO 930 006 348). Badisa het hom verbind tot maatskaplike ontwikkeling deur 153 gemeenskapsgebaseerde programme in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Die programme is aan ’n Bestuursprogram gekoppel wat omsien na die dienslewering, menslike hulpbronne, finansiële advies en die oorkoepelende bestuur daarvan om voldoening aan regsvereistes, goeie korporatiewe bestuurstoesig, supervisie, konsultasiediens en praktykleierskap te verseker.

Badisa dek ’n verskeidenheid van maatskaplike dienste wat op vier fokusgroepe gerig is, naamlik kinders en hul gesinne, ouer persone en hul families, persone met gestremdhede, en persone met middelafhanklikheid. Badisa se dienste behels dus die volgende:

• Vroeë kindontwikkeling• Kindersorg en -beskerming• Gesinsorg• Aanneming• Bejaardesorg en -ondersteuningsdienste• Voorkoming en behandeling van

middelafhanklikheid• Gestremdesorg• Armoedeverligting• Ondersteuning aan die NG Kerk (Wes- en Suid-

Kaap) en VG Kerk (Kaap) asook ander rolspelers ten opsigte van maatskaplike projekte op lang en kort termyn.

DIENS- BAAR- HEID

GEREGTIG- HEID

UIT-NEMEND-

HEID

RENT-MEESTER-

SKAP

Page 11: ALGEMENE JAARVERSLAG

9

Ons belofte van

diensBadisa belowe om:

• Mense in nood te dien, ongeag hul ouderdom, geslag, ras of kultuur

• Ten alle tye regverdig op te tree• Uitnemende diens in alle opsigte te lewer

• Altyd met integriteit op te tree en om die mense, finansies en bates van Badisa te alle tye

verantwoordelik en eerlik te bestuur.

Die handelsmerk-

slagspreukdiens l regverdigheid l aanspreeklikheid l

uitnemendheid

Badisa se nuwe

logoOns logo bestaan uit

ons naam en ’n grafiese element wat aan ’n figuurtjie sowel as

kruis herinner.

One More-

veldtogDie One More-veldtog

moedig die publiek aan om ’n verskil te maak – EEN

persoon op ’n keer.

Page 12: ALGEMENE JAARVERSLAG

10 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

BADISA EN DIE KERK: ’N REIS VAN MEER AS 100 JAARIn Suid-Afrika kan die ontstaans-geskiedenis van verskeie Kinder-en jeugsorgsentrums (kinderhuise) en tehuise vir bejaardes teruggespoor word na inisiatiewe wat uit die kerk ontstaan het. Badisa se eie programme vertel die verhaal van kerke se betrokkenheid by mense en gemeenskappe in nood. Die Durbanville Kinder-en-jeugsorgsentrum het in 1883 ontstaan, en vir 132 jaar is die kerk aktief betrokke by hierdie diens. Die Rogelim Monte Rosa tehuis vir bejaardes in Kaapstad se geskiedenis gaan sover terug as 1895 en die Magdalenahuis: Sentrum vir Swangerskapberading se ryke geskiedenis van 113 jaar vertel van die kerk se betrokkenheid en ondersteuning.

Die Christelike Maatskaplike Rade (nou Badisa Maatskaplike Werkprogramme) is reeds in die 1930’s gestig. Hierdie Rade het begin om opgeleide maatskaplike werkers aan te stel sodat hulle op ’n wetenskaplike wyse kon aandag skenk aan problematiek wat met armoede verband hou – soos kinderverwaarlosing en kindermishandeling.

Vandag, meer as ooit tevore, is doeltreffende maatskaplike dienslewering van die kerk se aktiewe betrokkenheid afhanklik. Badisa is dankbaar vir die verskillende gemeentes se betrokkenheid by dienslewering, onder meer in die vorm van:

• Noodleniging, skenkings van voedsel en klere, sopkombuise

• Deernisverligtingsfondse• Projekte om kinders, ouer mense, en mense in

nood te ondersteun• Veiligheids- en pleegouers• Finansiële ondersteuning• Voorbidding

5

Page 13: ALGEMENE JAARVERSLAG

11

Instituut vir Blindes: 134 jaar laterDs William Murray van Worcester en ds Christiaan Rabie van Piketberg het hul besorgdheid oor gehoor- en siggestremde kinders in hul gemeentes geopper. Danksy hul pogings het die sinode van die NG Kerk in Oktober 1880 besluit om ’n instelling vir dowe en blinde kinders te stig. Só het die Instituut in 1881 tot stand gekom. Die status van blindes in die samelewing het die afgelope paar jaar ingrypend verander. Die treffendste kenmerk van hierde verandering is die integrasie van die blindes in ’n veranderende wêreld. Vandag kan die Instituut terugkyk oor ’n diensleweringstydperk van meer as 134 jaar.

Durbanville Kinderhuis: 132 jaar laterIn 1883 word ses kinders in ’n gebou in Keerom- en Langstraat opgeneem. Hierdie inrigting word op 30 Oktober 1883 formeel ingewy. As gevolg van beperkte ruimte kon daar nooit meer as 30 kinders gehuisves word nie. Die pokke-epidemie in die Kaap, die behoefte aan plek vir die weeskinders en die nadelige uitwerking van die woelige buurt het hulle gedwing om ’n groter plek te soek. In 1897 is daar besluit om grond in Bredastraat, Kaapstad, te koop. In September 1918 word die bestuur weer eens uitgedaag om veral die seunsafdeling uit te brei, en ’n kommissie word aangewys om ’n stuk grond in Durbanville – naby die dorp – vir dié doel te ondersoek. In Desember word “Sweet Home” plus twee kleiner aangrensende erwe – die huidige perseel van die kinderhuis – vir £4 100 aangekoop. Die amptelike opening van hierdie gebou was op 2 Julie 1919.

Die Rogelim Monte Rosa Tehuis vir Bejaardes Hierdie tehuis is in 1895 gebou. Die pragtige Victoriaanse dubbelverdiepinggebou is 120 jaar oud en is dus een van die oudste tehuise in Suid-Afrika. Rogelim beteken “’n veilige plek vir diegene wat te voet reis” (II Samuel 19: 31-37). Die tehuis het destyds slegs mans geakkommodeer. Later is dames ook toegelaat, maar hulle moes afsonderlik eet en woon. Ons tehuis is in die rustige Tuine-area in Kaapstad aan die voet van Tafelberg geleë. Ons akkommodeer tans 115 bejaardes, en bied aan hulle ’n omvattende 24-uur verpleegsorgdiens. Ons lewer hierdie diens met liefde en respek, en is getrou aan ons visie wat sê: “Hier by Monte Rosa dra die sterkes ons swakkes.”

Magdalenahuis transformeer: 113 jaar laterDie residensiële versorgings komponent wat sedert 1902 bestaan, is op 31 Maart 2015 uitgefaseer. Die sentrum sal voortaan ’n omvattende sorg-, beradings- en ontwikkelings program bied aan jong meisies en vroue wat ’n krisis swanger skap beleef. Die aannemings- en herkoms navraag dienste word voortgesit.

Page 14: ALGEMENE JAARVERSLAG

12 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Armoede en Sorg (SKDD/SKDB) en ons gesamentlike visieBadisa funksioneer onder die toesig van die gesamentlike bediening van Armoede en Sorg. Ons werk sedert verlede jaar aan ’n gesamentlike visie en strategie om gemeentes oor een komstig ons missionêre roeping te help. Ons vorder ook goed met strategiese same sprekings oor ons nuwe klem op vroeë kind ontwikkeling (VKO).

Navorsing toon dat vroeë kindontwikkeling een van die beste maniere is om armoede te voorkom. Ons wil gemeentes ondersteun om te verseker dat ons kinders tot op die ouderdom van ses jaar op ’n beter skool gereedheidsvlak kry sodat hulle ’n beter kans het om hul volle potensiaal in die lewe te bereik. Ons werk op nasionale vlak (NGK-familie) saam om die UKUBA-beweging vir VKO te bevorder. ’n Werkwinkel in hierdie verband word op 2 September 2015 gehou.

Ons missionêre roeping (missie Dei) maak ons baie dankbaar vir die hernude klem op die plek van die diakonaat in die kerk. Ons werk ten nouste saam met Armoede en Sorg om te verseker dat hierdie roeping behoorlik verstaan word en dat gemeentes die nodige voorkeur aan die bediening van die missionale diakonaat verleen. Ons belyn onsself met “God se voorkeur vir die noodlydendes, die armes en die veronregtes. Hy roep die Kerk om Hom te volg in hierdie ... dat die kerk mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan ...” (Belydenis van Belhar, Art. 4).

Ons is dus baie opgewonde oor die Internasionale Diakonale Konferensie wat van 7 tot 8 September 2015 in Wellington gehou word. Die tema van die konferensie is Dien in God se missie – ’n konferensie vir die bevordering van die missionale diakonaat in Afrika (DiacAfric).

Interkerklike VrouegroepIn Riviersonderend is ’n groep gelowige vroue wat ’n reuseverskil in hul gemeenskap maak. ’n Gemeenskaps ontwikkelingswerker het in 2010 altesaam 30 denominasies in die plaaslike gemeenskap genader met die versoek om ’n gesamentlike of interkerklike gebedsgroep tot stand te bring. Twaalf leiers vanuit verskillende denominasies het in Julie 2010 byeengekom. Vandag – byna vyf jaar later – bestaan hierdie gebedsgroep uit 60 vroue wat twee keer per maand bymekaar kom om vir die gemeenskap in te tree en self geestelik en persoonlik verryk en bemagtig te word. Hulle word onder meer verryk en bemagtig deur inligtingsessies oor selfsorg, selfverdediging, gesinsgeweld en kinderbeskerming. Die maatskaplike hulpwerker bied ook gereelde groepsessies vir die groepleiers aan oor die Kinderwet. Hierdie groep funksioneer onafhanklik en verskillende leiers neem verantwoordelikheid vir inisiatiewe soos om die weeklikse geestelike verrykingsprogram by Badisa Riviersonderend se Dagsorgsentrum (waar gestremde volwassenes dagsorg ontvang) aan te bied en ’n 24-uur gebedsketting van vas en gebed van stapel te stuur. Van die onderwerpe wat deur die gebedsketting hanteer word, is om te bid vir die regeerders van ons land en die kerk, konflik in gemeenskappe, rassehaat, armoede, werkloosheid, middelmisbruik en -afhanklikheid, gebrekkige ouerskap en onreg teenoor minderjarige kinders, gesinsgeweld, die uitdagings wat kinders, tieners en gesinne moet hanteer, asook gedragsprobleme by kinders. ’n Hoogtepunt was toe vroue vanuit hierdie groep ’n sopkombuis in die gemeenskap begin het nadat die Departement Maatskaplike Ontwikkeling nie kon voortgaan om die plaaslike voedingskema te befonds nie. Augustus is ook die maand van barmhartigheid en dit is die gebruik om ’n ‘’Barmhartigheidsboksie” met blikkies kos te vul en aan die einde van die maand aan behoeftige gesinne te gee. Altesaam 15 kerke neem tans aktief aan hierdie program deel. Die program bied ook ’n basis vir die werwing van pleeg- en veiligheidsouers vir die gemeenskap.

Page 15: ALGEMENE JAARVERSLAG

13

DIENS- LEWERING Dienste aan kinders en gesinne

“Ons skuld ons kinders – die kwesbaarste burgers in ons samelewing – ’n lewe sonder geweld en vrees”Nelson Mandela

Suid-Afrika het 20 jaar gelede begin om die volgende te skep: ’n samelewing wat omgee en ’n land wat geskik is vir kinders. Hierdie verbintenis word weerspieël in ’n aantal progressiewe beleidsdokumente, insluitende die Grondwet en die Kinderwet. Daarby het die Suid-Afrikaanse regering beleid ten opsigte van armoedeverligting en programme soos skoolvoedingskemas, maatskaplike bystand en skoolgeldvrye skole geïmplementeer.

Child Gauge (2014), wat deur die Kinderinstituut van die Universiteit van Kaapstad uitgegee word, bied statistiek en inligting oor die toenemende probleem van geweld teen kinders. Kinders word groot in ’n toenemend gewelddadige samelewing waar hulle geweld in die gemeenskappe en in hul gesinne sien. Hulle ervaar geweld in skole en ly onder die mishandeling en verwaarlosing van hul primêre versorgers. Ons weet dat geweld teen kinders groot psigo-sosiale en gesondheidsprobleme tot gevolg het. Die impak van geweld strek verder as fisiese beserings en sigbare letsels. Daar is bevind dat wanneer kinders aan geweld blootgestel word, insluitend die aanskou van geweld in die huis, dit met aggressiewe gedrag en verskeie ander sosiale probleme later in die kind se lewe verband kan hou.

Waarom slaag die dienste aan kinders en gesinne nie?

Dit is algemeen bekend dat die kinder beskerming stelsel nie voldoende toegerus is om die huidige aantal gevalle te hanteer nie omdat daar nie voldoende finansiële of menslike hulp bronne is nie. Die kinder-beskerming stelsel fokus op reaktiewe diens lewering. Bykans geen hulp bronne is beskikbaar vir voorkomings dienste en vroeë-intervensie dienste nie. Nie-regerings organisasies, soos Badisa, sukkel om fondse vir kinder- en gesins beskermings-dienste te bekom. Dit bly ook ’n uitdaging om veiligheids- en pleegouers te werf.

6

Page 16: ALGEMENE JAARVERSLAG

14 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Badisa se bydrae tot die beskerming van kinders en die versterking van gesinne Badisa is ingevolge die Kinder wet as ’n aangewese kinder beskermings-organisasie geregistreer. Die organisasie is ook geakkrediteer om aannemings dienste te lewer. Die organisasie:

• Lewer ’n spektrum van dienste ten opsigte van voorkoming en vroeë intervensie. Hierdie dienste sluit in programme vir die VKO (1852 kinders is betrokke) en naskoolsorg (483 kinders is betrokke).

• Assesseer die risiko vir kinders en hul gesinne wanneer kinder-mishandeling, verwaarlosing, verlating of uitbuiting aangemeld word.

• Implementeer statutêre prosesse waar kinders sorg en beskerming nodig het.

Badisa se dienste sluit in:

• Ondersoeke na die beste belang van die kind: 25 256 aanmeldings is hanteer.

• Die identifisering van maniere om die gesinslewe te versterk en gesinsbehoud te bevorder.

• Ondersteuning tydens kinder-hofverrigtinge en die implementering van hof bevele: 721 kinders se hof-ondersoeke is afgehandel.

• Die plasing van kinders in alter-natiewe sorg, pleeg sorg, kinder-en jeugsorgsentrums of aanneming. Badisa het dienste aan 6285 kinders in pleegsorg gelewer, 171 aannemings ondersoeke hanteer en 727 kinders in kinder-en jeugsorgsentrums geplaas.

• Die opstel en implementering van behandeling splanne vir kinders en gesinne om gesins behoud en gesins hereniging moontlik te maak: gesins herenigings dienste is aan 2 025 ouers/versorgers gelewer. Dit is hartseer om te sien dat slegs 103 kinders met hul biologiese gesinne hereniging is.

• Die lewering van nasorgdienste.

Badisa se uitdaging en oproep tot hulpDit is belangrik dat lede van die gemeenskap, veral Badisa se vennote soos die kerke en donateurs, besef dat die beskerming van kinders nie net die verantwoordelikheid van kinder beskermings werkers is nie. Die publiek se betrokkenheid en ondersteuning is ook nodig om kinders te help beskerm. Elkeen het die verantwoordelik heid om ’n veiliger omgewing vir kinders te skep, om kinders teen gevaar te beskerm en om kwesbare gesinne te ondersteun. Die gemeenskap moet bydra tot die welstand van kinders deur lewens-vaardigheids kursusse vir kinders aan te bied van kleins af tot by adolessensie. Ons moet geweld te stop voordat dit gebeur en ons moet belê in gesonde ouerskap en veilige gemeenskappe.

Kinder-en jeugsorgsentrumsBadisa se ses Kinder-en jeugsorgsentrums (KJSS’e) se herregistrasie ingevolge die Kinder-wet is sukses vol afgehandel. Die sentrums gebruik doel spesifieke programme om deur-lopende terapeutiese en ontwikkelings gerigte residensiële sorg aan sowat 730 kinders te lewer. Kinders word volgens hul geslag, kultuur, ouderdom en ontwikkelings behoeftes in afsonderlike behuising seenhede ingedeel waar kinder-en jeugsorgwerkers leiding neem en versorging bied. Hierdie werkers is vanaf 1 April 2015 by die Professionele Raad vir Kinder- en Jeugsorg (PBCYC) as professionele of hulp kinder-en jeugsorgwerkers geregistreer. Spesifieke ondervinding, kwalifikasies en standaarde van diens lewering word vereis. Nie alle kinder versorgers is tans opgelei nie en die KJSS’e moes met hul herregistrasie in 2014/15 volgens die Kinderwet ’n personeel-ontwikkelings plan in werking stel om die leemte aan te vul. Kinder-en jeugsorgwerk word dus nou as ’n professionele beroep erken wat bepaalde kennis en vaardighede verg om kinders fisies, emosioneel, sosiaal, intellektueel en spiritueel te versorg.

Page 17: ALGEMENE JAARVERSLAG

15

Vroeë kindontwikkeling: ’n belegging, nie ’n koste nie Volgens ’n onlangse Unicef-verslag sterf daar elke jaar 7,6 miljoen kinders onder die ouderdom van vyf jaar. Meer as 25 keer die aantal – oor 200 miljoen – oorleef, maar bereik nie hul volle potensiaal nie. As gevolg hiervan het hierdie lande ’n geskatte 20% verlies aan volwasse produktiwiteit. Wat tydens die vroeë jare gebeur is van kardinale belang vir die ontwikkeling van elke kind. Dit is ’n tydperk van groot geleenthede, maar ook groot kwesbaarheid vir negatiewe invloede.

Badisa lewer ’n belangrike bydrae tot die ontwikkeling en beskerming van kinders tot op die ouderdom van vyf jaar. Ons is van mening dat die goeie voeding, gesondheid, konsekwente liefdevolle versorging en die stimulasie om te leer wat die kind in die vroeë jare ontvang ook ’n groot rol in die kind se volwasse lewe sal speel.

“Kinders is altyd die enigste toekoms wat die menslike ras het. Leer hulle goed.”Anoniem

Badisa se bydrae tot voorskoolse ontwikkelings dienste vir 2014/15 sluit in:

Badisa se formele, geregistreerde dagsorg-fasiliteite• Getal dagsorgfasiliteite: 15• Getal personeellede by

dagsorgfasiliteite: 134• Getal kinders wat by hierdie

dienste ingeskakel is: 1 386

TuisonderrigprogrammeDie tuisonderrigprogramme word deur die personeel van die maatskaplike werk kantore geïmplementeer. Altesaam 51 dag moeders is by die projek betrokke en 461 kinders het by die projek baat gevind.

MaatskaplikewerkkantoreVoorskoolse ontwikkelings dienste word aan ’n groot verskeidenheid van mense gelewer. Swangerskap-berading en ondersteunings-dienste aan vroue met jong babas vorm deel van die pakket van diens lewering. Gesinne en kinders word deur nood leniging en voedsel voorsiening ondersteun, en dag moeders en ouers word aangemoedig om hul eie groente-tuine aan te lê.

Page 18: ALGEMENE JAARVERSLAG

16 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Badisa BestuursprogramDie Bestuursprogram lewer ’n diens om al die bovermelde dienste te ondersteun en te ontwikkel. Die Bestuursprogram gee aandag aan die ontwikkeling van beheerrade om die programme plaaslik te bestuur, en gee leiding ten opsigte van menslike hulpbronbestuur, finansiele- en batebestuur, bemarking en fondswerwing.

• Die koördineerder van Vroeë Kind ontwikkeling het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van programmateriaal vir die onderskeie dienste, asook die ontwikkeling en ondersteuning van personeel.

• Monitering en evaluering word deur die Bestuursprogram gedoen. Dit is belangrik dat alle dienslewering aan wetgewing en minimum norme en standaarde voldoen.

• Die opbou van netwerke en vestiging van vennootskappe.

“’n Gesin met ’n ouer persoon het ’n lewende skat van goud.” Chinese spreekwoord

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, het gesê dat ouer persone omvattend tot ekonomiese en maat-skaplike ontwikkeling bydra. Maar diskriminasie en sosiale uit sluiting duur voort. Hierdie vooroordeel moet oorkom word om ’n sosiaal en ekonomies aktiewe, veilige en gesonde verouderings bevolking te verseker. Om hierdie gedagte te onder-steun, was die tema vir die 2014 Internasionale Dag vir Ouer Persone: “Laat niemand agter nie.”

Daar sal in 2050 vir die eerste keer in die mens se geskiedenis meer persone oor 60 jaar wees as kinders in die wêreld! Afrika staar die grootste proporsionele groei in hierdie kategorie in die gesig.

Dienste aan ouer en gestremde persone: Laat niemand agter nie!

Page 19: ALGEMENE JAARVERSLAG

17

Dienslewering aan ouer en gestremde persone vind volgens Badisa se strategie in die konteks van ’n verouderende gemeenskap plaas met klem op die volgende:

• Beïnvloed die breë gemeenskap/gemeentes en gesinne se houding en betrokkenheid ten opsigte van veroudering en gestremdhede sodat ’n omgee-gemeenskap geskep word.

• Koppel ’n versorgings- en ontwikkelings komponent aan diens-lewering om die maksimum self standigheid van veral ouer persone te bevorder. Die fokus van die versorging van ouer persone verskuif dus na die bestuur van veroudering. Dit word op ’n geïntegreerde diens benadering gegrond en in same werking met die relevante rolspelers uitgevoer.

• Verskaf ’n geïntegreerde diens van residensiële versorging en/of gemeenskaps gebaseerde dienste aan ouer en gestremde persone.

• Lewer bekostigbare en volhoubare dienste wat op behoeftes gegrond is en wat aan die regte van ouer en gestremde persone voldoen.

• Stel beleid, riglyne en protokol op en implementeer dit om mishandeling en uitbuiting van ouer en gestremde persone te voorkom.

• Gebruik die uitgangspunt dat individue, gesinne, gemeenskappe en gemeentes hul eie verantwoordelik heid het om in samewerking met die beskikbare hulpbronne oplossings vir eiesoortige probleme en behoeftes te vind.

• Die organisasie bly egter mede-verantwoordelik om kragtens sy roeping ’n diens te lewer aan diegene wat nie oor die middele of geleenthede beskik of in staat is om eie verantwoordelikheid na te kom nie.

Badisa se bydrae in die 2014/2015 verslagjaar

47tehuise vir bejaardes

versorg

4 370ouer persone en

dienste word gelewer aan

5 936familielede van ouer

persone

23dienssentrums/klubs

vir ouer persone lewer diens aan

3 824ouer en gestremde

persone

1 726mense met

intellektuele en ander gestremdhede word

bedien deur

5sentrums

Maatskaplike werkers lewer diens aan

1 100ouer en gestremde

persone

26 791mense word deur

gemeenskaps dienste soos sop kombuise en nood leniging wat deur tehuise gelewer word,

bereik

Page 20: ALGEMENE JAARVERSLAG

18 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Middelafhanklikheid: vanuit Christelike hoop

Badisa wil vanuit die Christelike hoop die volgende vermag:• Voorkom die spiraal van middel afhanklikheid

en die invloed wat dit op die lewe van kinders, gesinne en gemeen skappe het.

• Staan individue, gesinne en gemeenskappe by wat in middelafhanklikheid vasgevang is en herstel hulle in en deur Christus.

Die probleem van middelafhanklikheid het volgens die Wêreld-Gesondheidsorganisasie ’n invloed op die volgende vyf lewensterreine: godsdiens, werk/skool, gesondheid, gesin en huwelik. Die gevolge van middelmisbruik hou ’n bedreiging in vir die stabiliteit en behoud van ’n gesonde gesinslewe.

Om ’n omvattende gemeenskap gebaseerde benadering te volg, is dit nodig om alle moontlike hulpbronne in die gemeenskap te benut. Badisa se Maatskaplike werk programme benodig fondse om omvattende programme te kan aanbied wat op middel afhanklikheid gerig is. Die gemeenskap van die Koue Bokkeveld stel fondse aan die plaaslike Badisa-program beskikbaar om middel afhanklikheid te help beveg. ’n Program wat oor die implementering van basiese waardes gaan is die afgelope twee jaar met groot sukses in die gemeenskap aangebied.

Badisa se behandelingsentrums, Ramot en Toevlug, werk in vennootskap met kerke in die stryd teen verslawing. Nasorg vorm ’n integrale deel van die rehabilitasieproses en kom in wese op voortgesette behandeling neer. Die CAB- en CAD-nasorgprogramme is georganiseerde selfhelp groepe wat ten nouste met die VGK- en NGK-gemeentes saamwerk. Die afhanklikes word gemotiveer om ’n sober lewe te lei deur middel van interaksie met persone wat dieselfde probleem ervaar en dit oorkom het.

“’n Gesin in harmonie sal in alles floreer.”Chinese spreekwoord

Page 21: ALGEMENE JAARVERSLAG

19

Gemeenskap aanvaar verantwoordelikheid vir die hantering van middelmisbruikDie gevolge van middelmisbruik bedreig die stabiliteit en behoud van ’n gesonde gesinslewe. Ons het die afgelope jaar weer besef dat kinder beskerming ten nouste saamhang met die hantering van middel misbruik in ons gemeenskappe. Maatskaplikewerk kantore kan nie hierdie probleem op hul eie aanpak en ’n verskil maak nie. Ons het die ondersteuning van die gemeenskap nodig om ’n verskil te maak. Die gemeenskap van die Koue Bokkeveld stel fondse aan die plaaslike Badisa-kantoor beskikbaar om ’n Karakterbouprogram in die gemeenskap aan te bied.

Ons gemeenskappe het ’n tekort aan rolmodelle met karakter. Daar is ook ’n behoefte aan die bewusmaking en ondersteuning van waardes in ons kinders se opvoeding. ’n Belangrike klem van hierdie program is dat gemeenskaps lede mekaar moet opbou en nie afbreek nie. Hierdie program fokus op jou as persoon, wie jy tussen ander mense is en stategieë (waardes soos betrou baarheid, respek, verantwoordelikheid, regverdigheid, omgee en goeie burgerskap) wat aangewend kan word om jou lewe positief te beïnvloed. Dit word as eerste fase in samewerking met onderwysers van verskillende skole geïmplementeer. Ouers word ook met hierdie inligting bemagtig. Kerke en ondernemings word ook ingesluit om gemeenskaps lede (veral kinders) op mikro-, meso- en makrovlak te bereik.

Nuut by Toevlug Sentrum vir Alkohol- en Dwelmafhanklikheid• ’n Dwelmopsporingslaboratorium is by die Sentrum ingerig – een urine-

monster kan vinnig vir 13 verskillende verbode middels getoets word.• Die Sikhululekile-projek (“Creating to live”) is van stapel gestuur.

Hierdie program leer aan afhanklikes vaardighede sodat hulle ’n sober of dwelmvrye leefstyl kan handhaaf en ’n inkomste kan verdien.

• Verbeter dienslewering deur voortgesette opleiding vir terapeute. Twee van die sentrum se terapeute het ’n Nagraadse Diploma in die Voorkoming van Middelafhanklikheid verwerf.

PRIMÊRE AFHANKLIK HEID

Alkohol

54% Tik

32%

BEHANDELING GEDEK DEUR:

Mediese fondse

51%Privaat

19%Staat

30%

PERSONE MET TERSIËRE

OPLEIDING:

25%

PERSONE WAT WERKLOOS IS

37%PERSONE MET

INKOMSTE ONDER R2 000

PER MAAND

46%Demografie van diensverbruikers by Ramot se behandelingsentrum

vir middelafhanklikheid

Page 22: ALGEMENE JAARVERSLAG

20 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Badisa in die Oos-KaapSamesprekings word sedert verlede jaar met ander bedieninge gevoer om te kyk na ’n geïntegreerde benadering tot ons werk in die Oos-Kaap. Die doel is om meer sinergie en samewerking te skep, om hulpbronne te deel en om oorvleueling van dienste te voorkom.

Badisa se Oos-Kaapse Komitee en die Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste (SKDD) het die afgelope jaar ten nouste saamgewerk om die werk oor die diakonale dienste in die 10 ringe (VGK) te koördineer en uit te brei. Die Oos-Kaapse Komitee bestaan uit verteenwoordigers van die ringe en van Badisa (ds A Rust en ds C Swart). Met die aftrede van ds C Swart sal die pas aangestelde ds S Esterhuizen in hierdie komitee dien. Badisa se Oos-Kaapse komitee lê sterk klem op:

• Vroeë kindontwikkeling (VKO)• Armoedeverligting en ekonomiese bemagtiging• Gesondheid en MIV/vigs• Kwesbare persone: kinders, vroue, bejaardes en gestremdes• Ekologie.

As deel van Badisa se gedifferensieërde diensleweringsbenadering in die verskillende provinsies is ons tans besig om die formele programme in die Oos-Kaap uit te faseer. Ons sal dan vennootskappe met die bestaande programme aangaan. Sterk klem word geplaas op die leiding, fasilitering, bemagtiging en toerusting van ons mense om individue en die gemeenskappe verder te ontwikkel. Ons is baie dankbaar vir die befondsing van die werk in die Oos-Kaap deur die Kerk in Aksie/ICCO van die Protestantse Kerk in Nederland.

Page 23: ALGEMENE JAARVERSLAG

21

Statistiek van dienslewering

DiensveldeGetal

begunstigdes

Maatskaplikewerkkantore (staturêre dienste, voorkomingsdienste, gemeenskapsontwikkeling, herintegrasie) 701 633

Dagsorgsentrums 1 386

Tuismoederprojek 466

Nasorgsentrums 483

Kinder-en jeugsorgsentrums 727

Aanneming en swangerskapberading 715

Tehuise vir ouer persone: residensiële huisvesting 4 370

Tehuise vir ouer persone: verskeie dienste nie-inwoners, per persoon, gemeenskap 26 791

Tehuise vir ouer persone: familie en gemeenskap 5 936

Dienssentrums vir ouer persone: Ledetal 3 824

Dienssentrums vir ouer persone: Verskeie dienste gelewer per persoon 18 140

Sentrums en borgliggame vir persone met gestremdhede 1 726

Rehabilitasiesentrums/dienste vir middelafhanklikheid 8 476

TOTAAL 774 673

“Almal kan fantasties wees ... want almal kan dien. Jy het nie ’n kollege­graad nodig om te dien nie. Jou onderwerp en werkwoord hoef nie bymekaar te pas om te kan dien nie. Al wat jy nodig het, is ’n hart vol genade. En ’n siel wat deur liefde opgewek word.”Martin Luther King Jr.

Page 24: ALGEMENE JAARVERSLAG

22 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

FINANSIËLE VERSLAG

7

Losies- en huur ontvang

Programinkomste

Subsidie

Donasies, bemarkings en fonds insamelings

Beleggings inkomste

Bydraes NG Kerk en VGK Kerk

Ander Inkomste

Salarisse

Vervoer

Kantooruitgawes

Grond en geboue

Huishoudelike uitgawes

Program uitgawes

Ander uitgawes

InkomstestaatDie deurlopende finansiële uitdaging van Badisa om genoeg inkomste te kan genereer om ons naaste in nood by te staan, laat ons elke jaar met soveel dankbaarheid terugkyk. Ons is opreg dankbaar vir al ons befondsers, vennote en vrywilligers wat die organisasie ondersteun.

44%

4%

28%

16%

5%

1%

2%

61%1%4%

12%

16%

2%

4%

Inkomstebronne 2015 Die jaar 2015 was geen uitsondering nie. Donateurs en fondsinsamelings- projekte het R68.4 miljoen tot die inkomste van die organisasie bygedra.

Losies- en huurgelde is die grootste bron van inkomste en verteenwoordig 44% van die totale inkomste.

BedryfsuitgawesBadisa kon daarin slaag om bedryfsuitgawes binne die normale vlak van inflasie te bestuur. Verreweg die grootste deel van bedryfsuitgawes word in ons personeel geïnvesteer. Sonder hulle kan die diens nie gelewer word nie.

Page 25: ALGEMENE JAARVERSLAG

23

Bedryfsurplus/tekort per DiensleweringDit is met groot dankbaarheid dat Badisa in 2015 ‘n bedryfsurplus van R26.2 miljoen kon behaal.

Na die nodige kapitaalbestedings en toekennings aan eksterne programme is ‘n netto surplus van R4.4 miljoen aangeteken.

BalansstaatDie handhawing van ‘n positiewe kontantvloei en die opbou van kontantreserwes om voorsiening te maak vir minder gunstige jare bly ‘n groot uitdaging in die welsynsektor. Badisa is baie dankbaar om in 2015 slegs ‘n geringe daling in kapitaal en reserwes te rapporteer. Die jaar is op 31 Maart 2015 afgesluit met kapitaal en reserwes van R312.3 miljoen, teenoor R312.7 miljoen in 2014.

Sien ook verkorte inkomstestaat en balansstaat op bladsy 24 en 25 vir verdere inligting.

R18 000 000

R16 000 000

R14 000 000

R12 000 000

R10 000 000

R8 000 000

R6 000 000

R4 000 000

R2 000 000

0

R-2 000 000

Gestremde-sorg

Ouerpersone versorging

Kinder- en jeugsorg sentrums

Ander

Middel-afhanklikheid

Vroeë Kind-ontwikkeling

Maatskaplike Werk

Page 26: ALGEMENE JAARVERSLAG

24 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Badisa Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Maart 20152015

R2014

RINKOMSTE

Losies- en huurgelde 189,114,467 172,113,098

Programinkomste 16,131,366 17,278,279

Donasies en bemakings 68,400,044 65,212,616

Toekenning: NLDTF 216,916 13,094,707

Verhaling van koste en ander inkomste 8,305,196 8,852,075

Bydraes NGK en VGK 3,172,764 3,004,000

Toename in markwaarde van beleggings 16,429,583 23,313,805

Rente en dividende ontvang 8,057,441 7,395,108

Subsidies 118,894,391 117,342,854

BEDRYFSINKOMSTE 428,722,168 427,606,542

UITGAWES

Salarisse 244,432,780 226,467,132

Vervoeruitgawes 5,628,644 5,134,390

Kantooruitgawes 13,946,876 13,477,866

Grond en geboue 47,447,315 43,922,005

Huishoudelike uitgawes 64,950,550 60,441,061

Programuitgawes 8,270,490 9,012,091

Spesiale dienste 12,479,988 13,829,272

Waardevermindering 5,360,382 5,753,670

BEDRYFSUITGAWES 402,517,025 378,037,487

BEDRYFSURPLUS VIR DIE JAAR 26,205,143 49,569,055

Kapitale besteding -6,821,518 -5,720,921

Toekennings aan Eksterne Programme -14,948,934 -10,877,930

NETTO SURPLUS voor oorplasing na reserwes 4,434,691 32,970,204

Netto beweging in reserwefondse -9,723,115 -17,215,591

NETTO (TEKORT) / SURPLUS VIR DIE JAAR -5,288,424 15,754,613

Page 27: ALGEMENE JAARVERSLAG

25

Badisa Balansstaat op 31 Maart 20152015

R2014

RBATES

Nie-bedryfsbates 318,235,701 315,910,294

Vaste bates 53,356,036 57,374,978

Beleggings 254,989,312 250,747,787

Lenings ontvangbaar 9,890,353 7,787,529

Bedryfsbates 30,950,862 31,784,266

Rekeninge ontvangbaar 10,883,130 12,360,500

Voorraad 361,806 248,798

Banksaldo 19,541,729 19,009,065

Kontant voorhande 164,197 165,903

349,186,563 347,694,560

EKWITEIT EN AANSPREEKLIKHEID

Kapitaal en reserwes 312,252,455 312,707,225

Onaangewende surplus 135,474,806 145,678,876

Spesiale reserwes 176,777,649 167,028,349

Nie-bedryfslaste 2,475,878 2,575,752

Lening 2,475,878 2,575,752

Bedryfslaste 34,460,230 32,411,583

Rekeninge betaalbaar 34,217,190 32,382,905

Oortrokke bank 243,040 28,678

349,188,563 347,694,560

Saving and Investments

Health Care Cover for your Employees

Financial Advice and Wealth Management

Retirement Fund Solutions for Employees

Verso-Group_Ad-Pearls (Badisa 75x210mm) 08-2015-L-ctp.indd 1 2015/08/25 06:22:01 PM

Page 28: ALGEMENE JAARVERSLAG

26 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

BefondsingBadisa lewer noodsaaklike dienste as diens-verskaffer van die staat en daarom is die inkomste van subsidie van die staat een van die hoof inkomstebronne van die organisasie. Die inkomste van donasies en fondsinsameling kom van fondsinsamelingsfunksies, individue, kerke en gemeentes, erflatings, trusts, stigtings, goedere in natura, besighede en die verkoop van produkte. Badisa is geregistreer as ‘n publieke weldaadsorganisasie (PBO) en kan dus ingevolge die Inkomstebelastingswet belastingvrystelling gee vir donateurs wat donasies gee (Art 18 A kwitansie). Die organisasie het ook die afgelope twee jaar die BBBEE-sertifikaat ontvang vir die 80% nie-wit begunstigdes wat ons bedien. Dit gee aan besighede maksimum punte op hul telkaart vir sosiaal ekonomiese ontwikkeling wanneer hulle ‘n skenking aan Badisa maak. Die konstante groei van die NPO sektor in SA en in die wereld het ‘n tawwe kompetise veroorsaak tussen organisasies om fondse te werf. Badisa is baie dankbaar vir elke donateur wat die organisasie ondersteun. Dit is waarom ons streef na professionaliteit in ons dienslewering en die opbou van verhoudinge met ons donateurs.

Champions Badisa steun grootliks op vrywilligers

en is van staatsfondse, donasies en bydraes van maatskappye en individue afhanklik. Om verdere groei te verseker het Badisa groter steun van die publiek nodig. Ons het dus sakelui met ’n passie vir ons werk genader om deel van die Champions te word. Die rol van die Champions is om te help om die organisasie wyer bekend

te stel en om fondse te genereer.

Die Champions het in Januarie 2014 met ’n dinkskrum afgeskop. Dit is wat hulle die

afgelope jaar vermag het:

• Badisa se bemarkingsmateriaal, wat sy webtuiste, elektroniese nuusbrief en brosjures insluit, is met ’n borgskap van Verso Finansiële Dienste bygewerk. Verso het ook Badisa se 2014-jaarverslag geborg.

• Navorsing is gedoen oor moontlike befondsing deur buitelandse stigtings.

• Badisa se nuwe handelsmerk en geïntegreerde kommunikasie- en bemarkingstrategie en beleid is bekend gestel met steun deur die Champions.

• Die One More-strategie is hersien en die elemente van die strategie is in samewerking met EB Consulting in werking gestel. Sterk klem word op die benutting van sosiale media geplaas. Die One More-keramiekborde is vervaardig en ’n video is gemaak met die One More-lied van Annalise Wiid. Die One More-veldtog is ook in gemeentes bekend gestel. Die koste van die uitrol van die strategie is deur een van die Champions geborg.

• Die jaarlikse Badisa One More-Gholfdag is deur Le Roux Conradie van Caylix Sport Management gereël.

• ’n Fondsinsamelingstrategie wat op korporatiewe befondsing gerig is, is vir Badisa opgestel met die hulp van ’n konsultant, Tina Thiart van HG Groep. Dit is deur die Novare Beleggingsmaatskappy geborg.

Champions van 2014Ons opregte dank en waardering aan ons Champions vir hul bydraes tot die uitbou van Badisa se netwerke, en vir hul professionele en finansiële ondersteuning.

Die Champions van 2014 was Wouter Hugo, Christi Franken, Riaan de Lange, Attie van Wyk, Jan Odendaal, Ben du Toit, Annalise Wiid, Leon Venter, Johan Henn en NT Snyman.

Page 29: ALGEMENE JAARVERSLAG

27

KORPORATIEWE BESTUURSTOESIG

8

Die wetgewende raamwerkDaar is ongeveer 30 verskillende wette wat op Badisa as ‘n nie-winsgerigte organisasie in die Maatskaplike Ontwikkelings- en Welsynsektor van toepassing is. Badisa poog om beleid en wetgewing in die sektor vir nie-winsgerigte organisasies te beïnvloed in samewerking met provinsiale en nasionale netwerke vir nie-winsgewende organisasies soos die Wes-Kaapse Direkteursforum, die Kerklike Maatskaplike Dienste-raad (KMDR), Nasionale Koalisie van Maatskaplike Dienste (NACOSS) en die Nasionale Vereniging van Welsyns- en Nie-regeringsorganisasies (NAWONGO). NAWONGO fokus sterk op die finansiële beleidsraamwerk en NACOSS verskaf ‘n insette aan die Ministeriële Komitee vir die hersiening van die Witskrif.

Organisasie struktuurBadisa word deur die Ledevergadering van 41 lede bestuur. Die Lede-vergadering kom een maal per jaar bymekaar. Die Lede vergadering word op 1 September 2015 vir die volgende termyn van drie jaar gekonstitueer. Die Bestuurs raad (11 lede) vergader kwartaalliks. Elkeen van die 152 programme het ’n Beheerraad met gedelegeerde gesag om die programme te bestuur. Die Bestuurs program gee leiding aan die programme ten opsigte van finansiële bestuur, menslike hulpbron bestuur, program bestuur en super visie, opleiding, regsadvies, bemarking en fonds insameling, en die nakoming van wette wat op nie-winsgerigte organisasies van toepassing is. Die Lede vergadering bestaan uit die volgende:

Die ledevergadering

SKDB (NGK)Ds L VenterDr JG van der VyverDs CI BarnardoDs L BüchnerDs D H de WetDs F GerberDs AA VersterDs C van RensburgDs E Wiesner

SKDD (VGK)Ds WE FicksDs WG CloeteDs S EsterhuizenDs DR GobaDs GG HauptDs ME KibitoDs JA NovemberDs R RickersDs RC SimpsonOuderling SS Dandala

Page 30: ALGEMENE JAARVERSLAG

28 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Streek verteenwoordigers (voorsitters van beheerrade)

Boland StreekMe CM Nel

Namakwaland, Noord-Kaap StreekMe GS SchambuoaMnr IB Groenewald

Noordoos-Kaap StreekVakant

Overberg StreekMnr WC van ZylMe JE Botha

Noord- en Oos-Skiereiland StreekDr GWS van RooyenDr A Perold

Suid- en Wes-Skiereiland StreekMnr JA PillayDs BA Nichols

Suid-Kaap en Karoo StreekDs J van StraatenDs J van der Westhuizen

Swartland, Weskus en Olifantsrivier StreekDs LL PrinsDs C van Schalkwyk

Kundige LedeDr WC van der MerweMnr JWS JoosteMe C QuickfallMnr S Malherbe

BestuursraadDs WE Ficks (voorsitter)Ds WC van der Merwe (ondervoorsitter)Ds A Rust (uitvoerende hoof)Ds S EsterhuizenDs F GerberDs LL PrinsDs C van SchalkwykMnr JWS JoosteMnr S MalherbeMe C QuickfallDr A Perold

BestuurspanDs A Rust (uitvoerende hoof)Me R van Zyl (direkteur: Maatskaplike Diensprogramme)Me H Malherbe (direkteur: Finansies en Administrasie)Me T Alberts (direkteur: Menslike Hulpbronne)Ms A Bezuidenhout (direkteur: Bemarking en Fondsinsameling)

Oudit- en risikokomiteeMnr A Gouws (voorsitter)Prof E CalitzMnr F KochMe H Malherbe (direkteur: Finansies en Administrasie)Ds A Rust (uitvoerende hoof)

Finansiële Oorsig-KomiteeMnr JWS Jooste (voorsitter)Mnr W HugoMnr F KochMe H Malherbe (direkteur: Finansies en Administrasie)Ds A Rust (uitvoerende hoof)

BeleggingskomiteeMnr JWS Jooste (voorsitter)Adv C FrankenMe H Malherbe (direkteur: Finansies en Administrasie)Ds A Rust (uitvoerende hoof)

BatekomiteeDs B Minnaar (voorsitter)Ds A Rust (uitvoerende hoof)Mnr M Wethmar (sekretaris)Me H Malherbe (direkteur: Finansies en Administrasie)

VergoedingskomiteeDs W Ficks (voorsitter)Dr A PeroldMnr JWS JoosteMe T Alberts (direkteur: Menslike Hulpbronne)Ds A Rust (uitvoerende hoof)

Kommunikasie-, Bemarkings- en Fonds insamelings komiteeMe L Carstens (voorsitter)Dr B du ToitMe Annalise WiidMe A JurgensenMe A Bezuidenhout (direkteur: Bemarking en Fondsinsameling)Ds A Rust (uitvoerende hoof)

Page 31: ALGEMENE JAARVERSLAG

29

Samestelling van BeheerradeElke program word deur ’n Beheerraad bestuur wat met gedelegeerde gesag van die Ledevergadering optree. Die Beheerrade is vir die volgende driejaar-termyn (2015 – 2018) gekonstitueer. Die samestelling van die Beheerrade van al die programme is soos volg:

ProgrammeAantal

lede W B S I M V NGK VGKAnder kerke

Maatskaplike- diensprogramme 305 140 154 7 4 135 170 124 122 59

Tehuise vir ouer persone 438 327 99 11 1 244 194 285 74 79

Dienssentrums 151 90 52 9 0 68 83 75 42 34

Kinder-en-jeugsorg- sentrums 49 28 18 3 0 29 20 25 14 10

Dag- en nasorgsentrums 64 14 49 1 0 23 41 15 24 25

Ander programme** 82 57 22 3 0 53 29 51 13 18

TOTAAL 1089 656 394 34 5 552 537 575 289 225

**Alta du Toit Ontwikkeling; Alta du Toit Nasorg; Ramot; Toevlug Sentrum; Immanuel Sentrum vir Gestremdes; Jan Kriel Instituuut; Eljada Instituut; Instituut vir Blindes; Magdalenahuis

“Kinders is die lewende boodskappe wat ons stuur na ’n tyd wat ons nie sal sien nie.” John F Kennedy

Page 32: ALGEMENE JAARVERSLAG

30 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

PERSONEEL EN VRYWILLIGERSOorsig van ons personeelledeBadisa se personeel (permanent, tydelik en vrywilligers) en die vaardighede wat hulle na die tafel toe bring is een van die belangrikste bates vir die voortgesette sukses en volhoubaarheid van die organisasie. Die Menslikehulpbronafdeling, beheerrade en program bestuurs komitees het die groot uitdaging om saam ’n positiewe werkomgewing vir sowat 2 827 personeellede en 3 635 vrywilligers te skep. Ons wil graag hê ons personeel moet deel vorm van ’n familie wat deur lojaliteit, vertroue en ’n tradisie van voortreflike dienslewering saamgebind word.

’n Onlangse opname deur die Britse “Chartered Institute of Personnel and Development” beveel aan dat persepsies van organisatorie-sekultuur gereeld evalueer moet word. Badisa het die afgelope jaar ’n proses van stapel gestuur om sy organisasiekultuur te evalueer en aandag aan tekortkominge te skenk.

9

Page 33: ALGEMENE JAARVERSLAG

31

By Badisa streef ons daarna om goeie personeel te behou en te ontwikkel, veral dié met skaars vaardighede – soos maatskaplike werkers, verpleegpersoneel en boekhouers. Ons is een van die min nie-winsgewende organisasies in die welsynsbedryf wat aan personeel ’n loopbaan met diensvoordele soos ’n gesubsidieerde mediese fonds en aftreefonds bied. Ons prestasie-gedrewe vergoeding hou groot motiveringswaarde in. Badisa het die afgelope jaar met die hulp van konsultante en programstatistiek ’n wetenskaplik gegronde vergoedingsondersoek onderneem om salarisskale te bepaal en ’n aanbeveling oor vergoedingsaanpassings aan beheerrade te maak.

Opleiding en ontwikkelingDie doel van opleiding is om werknemers en beheerraadslede sodanig toe te rus dat hulle hul volle potensiaal kan verwesenlik tot voordeel van die organisasie en hulself. Toepaslike opleidings- en ontwikkelingsprogramme word rondom spesifieke behoeftes gestruktureer. Ons het ook die afgelope jaar verskeie werkwinkels en opleidingsessies aangebied soos in die onderstaande tabel aangedui. Die syfers tussen hakies dui op die getal mense wat die sessies bygewoon het

Opleiding en werkwinkels aan personeel en beheerrade

Dienslewering Bestuursvaardighede

Gemeenskapsontwikkelings- kursus (11)

Oriëntering van nuwe bestuurders en boekhouers (7)

Aannemingskonsultasie- groep (19)

Prestasiebestuur (30)

Middelafhanklikheids- konsultasiegroep (77)

Leierskap en praktiese bestuur in ’n tyd van verandering (43)

Kursus oor Kinderwet (18) Arbeidswetgewing (38)

Vroeëkindontwikkelings- forums (68)

Bestuursgroepe (672 )

Werkwinkel oor VKO en nasorg (50)

Strategiese beplanning (36)

Opleiding van nasorgpersoneel (14)

Ouerskapopleiding (15)

Page 34: ALGEMENE JAARVERSLAG

32 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Beleid en praktykBadisa se beleid en prosedures skenk aandag aan menslikehulpbron-verwante aangeleenthede soos dissiplinêre kodes en prosedures, griewe prosedure en teistering. Ons het ook die afgelope jaar ’n gesondheids- en veiligheids beleid as deel van ons Risiko bestuurs program geïmplementeer. Ons gesondheids- en veiligheidsbeleid voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid. Voldoening aan hierdie wetgewing word streng gemonitor om te verseker dat ons ’n veilige werkomgewing by al Badisa se Programme skep en onderhou. Al ons beleidstukke is op ons webwerf beskikbaar. Gedrukte kopieë daarvan is aan al ons werknemers gegee.

WerknemervoordeleBadisa voorsien aftreevoordele aan voltydse werknemers in die vorm van ruim maandelikse bydraes tot ’n vastebydrae-pensioen fonds en/of voorsorgfonds. Badisa se aftreefondse word met behulp van professionele raadgewers soos Absa Konsultante en Aktuarisse, die ouditeurs maatskappy PricewaterhouseCoopers, die beleggings konsultante Towers Watson en die fondstrustees bestuur.

Die volgende beleggingsopbrengste is vir die tydperk eindigend 31 Maart 2015 op die fonds se bates verdien:

Beleggings- portefeulje

1-jaar tydperk tot 31/03/2015 (werklik)

3-jaar tydperk tot 31/03/2015 (jaarliks)

Amptenare Voorsorg -

fonds

Amptenare Vaste-

bydrae- pensioen -

fonds

Amptenare Voorsorg -

fonds

Amptenare Vaste-

bydrae- pensioen -

fonds

Langtermynkapitaal- portefeulje (vir lede jonger as 55) 10.80% 11.20% 16.10% 16.40%

Konserwatiewe Portefeulje (vir lede ouer as 55) 6.20% 6.30% 10.10% 10.00%

Kapitaalbeskermings- portefeulje (Sanlam-portefeulje) (vir lede ouer as 55)

13.30% 13.30% 11.80% 11.80%

Geldmarkportefeulje (vir lede ouer as 55) 6.10% 5.90% 5.60% 5.70%

Badisa bied ’n mediesefonds-voordeel in vennootskap met Discovery Health en met behulp van professionele raadgewers soos Alexander Forbes aan. Mediesefonds lidmaat skap is verpligtend vir die meeste programme, en die werkgewer dra tot die maandelikse premie by.

Diensgelykheid Badisa streef daarna om in ooreenstemming met die Wet op Gelyke Indiensneming aan alle werknemers die geleentheid te bied om hul volle potensiaal te verwesenlik. Wetgewing vereis dat al Badisa se programme ’n diensgelykheidsverslag by die Departement van Arbeid indien.

Page 35: ALGEMENE JAARVERSLAG

33

Samestelling van Badisa se personeel

ProgrammePersoneel

in diens Wit Bruin Swart Indiër Manlik VroulikVry-

willigers

Uitge- kontrak-

teerde werkers

Maatskaplikediens-programme 233 66 150 6 11 22 211 735 5

Tehuise vir bejaardes 1681 274 1275 129 3 136 1545 1350 389

Dienssentrums 205 46 123 36 0 15 190 788 19

Kinder-en jeugsorgsentrums 205 55 138 12 0 44 161 280 35

Dagsorgsentrums 134 15 114 5 0 8 126 144 14

Bestuursprogram 27 23 4 0 0 3 24 0 0

Ander programme** 342 117 187 36 2 47 295 338 43

Totaal 2827 596 1991 224 16 275 2552 3635 505

**Alta du Toit Ontwikkeling; Alta du Toit Nasorg; Ramot; Toevlug Sentrum; Immanuel Sentrum vir Gestremdes; Jan Kriel Instituuut; Eljada Instituut; Instituut vir Blindes; Magdalenahuis

VrywilligersDaar is ’n spreekwoord wat lui dat vrywilligers nooit vergoed kan word nie omdat die waarde wat hulle toevoeg nie in geld gemeet kan word nie. Badisa werk elke jaar met sowat 3 000 toegewyde vrywilligers wat hul tyd en passie aanwend om hul medemens in nood te help. Badisa en die gemeenskappe wat ons dien waardeer ons vrywilligers opreg.

Om ons waardering sigbaar te maak, gee ons erkenning aan die vrywilligers wat werklik ’n verskil in ons gemeenskappe maak. Hier is die ontvangers van die 2014 Badisa Vrywilliger-toekennings:

• Wyle Tommy Buckle van Badisa Weskus was 2014 se Vrywilliger van die Jaar. As voorsitter van die Fondsinsamelings- en Bemarkingskomitee en projekbestuurder van verskeie aanbouings en verbeterings, het hy die program uitsonderlik bygestaan. Tommy word vereer vir sy toewyding, lojaliteit en liefde vir welsyn.

• Pieter Grové van Badisa Koue Bokkeveld is in die tweede plek aangewys is as die Vrywilliger van die Jaar 2014. Pieter help by die dienssentrum met handwerk, vervoer en instandhoudingswerk. Hy dien as groot inspirasie vir almal om hom.

• Die bekende liedjieskrywer en sanger, Annalise Wiid, is as 2014 se Professionele Vrywilliger van die Jaar aangewys. Annalise is Badisa se ambassadeur vir die One More-veldtog. Sy het die One More-lied geskryf en gekomponeer. Ons bedank haar vir haar toewyding en passie vir Badisa.

• Helmut en Stefanie Herbert, wat oorspronklik van Luxembourg afkomstig is, het by die Badisa Herberg Kinderhuis betrokke geraak. Hulle het fondse ingesamel vir die aanstelling van ’n onderwyser vir kinders met skolastiese agterstande en negatiewe gedrag. Helmut en Stefanie is as 2014 se Internasionale Vrywilligers van die Jaar aangewys.

• Die Vrywilligergroep van die Jaar is Herberg-aan-See Tehuis se Goue Hande wat sedert 1995 ouer persone dien. Hulle bied verskeie aktiwiteite aan en het al meer as R1.8 miljoen vir die program ingesamel.

• Die Badisa Koue Bokkeveld Dienssentrum het die 2014 Vrywillgerprogram van die Jaar-titel verdien. Hulle het ’n uitmuntende gestruktureerde program om vrywilligers vir verskeie aktiwiteite te benut.

Page 36: ALGEMENE JAARVERSLAG

34 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

Die sentrale boodskap wat Badisa wil kommunikeer draai om die dienste wat ons lewer. Badisa maak ’n verskil in die lewe van mense en ons het die GOEIE NUUS stories wat ons wil deel. Ons bring hoop en verandering in tye van nood.

Badisa strewe in wese daarna om ’n werklike verskil te maak in die lewe van individue, wat uitkring na die gesin, die gemeenskap en na ons land as geheel.

Ons kommunikasiestrategie fokus op die verspreiding van hierdie goeie nuus-stories na verskillende belangegroepe om hulle aan te moedig om deel van die verandering te word. Badisa se drie belangrikste teikengroepe is intern, kerke en ekstern:

• Intern: Ons gebruik die goeie nuus-stories om personeel bewus te maak van die positiewe uitkomste van hul werk. Ons bou hul moraal en laat hulle voel dat hulle deel is van ’n groter geheel: een vir almal en almal vir een. Ons skep deur kommunikasie ’n eenheidsgevoel tussen die personeel en die programme.

• Kerke: Ons vestig die kerke se aandag op hul diens van barmhartigheid. Ons skep deur die goeie nuus-stories die gevoel dat hulle deel is van die positiewe verandering wat deur Badisa en hul werk moontlik gemaak word. Diensbaarheid is ’n leefwyse, soos geskryf staan in Romeine 12:1: “Gee julle self as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”.

• Ekstern: Ons vestig die aandag op die professionele dienste wat Badisa lewer en die positiewe verandering wat ons in die gemeenskap maak. Ons kommunikeer ook hoe die publiek en moontlike befondsers en vennote by ons kan aansluit om ’n groter verskil te maak en die wêreld ten goede te verander.

Badisa word bygestaan deur EB Consulting in die bestuur van die webtuiste, sosiale media en mediavrystellings. Rian Cloete, voormalige nuusleser van SABC2, het vir drie maande as vrywilliger vir Badisa goeie nuus-stories opgeskryf om te publiseer. Kry meer inligting hieroor by www.badisa.org.za

10

“Ek het die waagmoed om te glo dat mense oral drie maaltye per dag vir hul liggaam, opvoeding vir hul verstand, en waardigheid, gelykheid en vryheid vir hul gees kan hê.” Martin Luther King

BEMARKING

Page 37: ALGEMENE JAARVERSLAG

35

LYS VAN BADISA SE PROGRAMME

Dienssentrums vir Ouer PersoneAlbertinia Versorgingsdienste: DienssentrumBadisa Ouer Persone Beaufort-WesBellville Senior SentrumBulletrap Dienssentrum vir BejaardesTafelronde HerbergCeres DienssentrumSisonke DienssentrumCederclan DienssentrumColesberg DienssentrumHartenbos Bejaardesorgdiens: DienssentrumHermanus Senior SentrumFynbos DienssentrumLoerie DienssentrumDienssentrum Koue BokkeveldKuilsrivier DienssentrumMacassar DienssentrumParow Senior Sentrum (Hernus Kriel)DROOM DienssentrumSonskyn DienssentrumRuyterwacht Senior SentrumPercy Bilton DienssentrumAan Oewer DienssentrumWolseley Dienssentrum

GestremdesorgAlta Du Toit NasorgEljada InstituutImmanuel Sentrum Vir GestremdesInstituut Vir Blindes

BorgliggameOntwikkeling vir Alta du ToitskoolJan Kriel Instituut

Kinder-en jeugsorgsentrumsDurbanville KinderhuisHuis van HeerdeBright Lights PofadderDie Herberg KinderhuisSteinthal KinderhuisHuis Andrew Murray

DagsorgsentrumsImmanuel DagsorgsentrumBelindia DagsorgsentrumMôresterretjies p.a. Badisa Trio: BellvilleSonskyn-cum-DagsorgsentrumHM Beets DagsorgsentrumKids Haven p/a Badisa ColesbergMaleykamp KinderbedieningBadisa Sandhills DagsorgsentrumKlikbekkies DagsorgsentrumJoey’s Babies Dagsorgsentrum Sonskynvallei Dagsorgsentrum p/a Hartenbos VersorgingsdiensteTrappies DagsorgsentrumCarney’s DagsorgsentrumWiggel en Waggel DagsorgsentrumSaron DagsorgsentrumTikkel Tokkel DagsorgsentrumUit-en-Tuis DagsorgsentrumKlouter en Klim p/a Badisa WeskusSprokieslandMalikhanya Dagsorgsentrum p/a Badisa WolseleyHuis van Heerde ECD sentrum

11

Badisa se BestuursprogramBadisa se programme is aan ’n Bestuursprogram gekoppel wat omsien na die dienslewering, menslike hulpbronne, finansiële advies en oorkoepelende bestuur daarvan om voldoening aan regsvereistes en goeie korporatiewe bestuurstoesig te verseker sodat broodnodige dienste aan behoeftige gemeenskappe gelewer kan word.

Page 38: ALGEMENE JAARVERSLAG

36 BADISA ALGEMENE JAARVERSLAG 2015

MaatskaplikewerkkantoreBadisa Aliwal-NoordBadisa Beaufort-WesBadisa Trio: BellvilleBadisa CaledonBadisa CeresBadisa CitrusdalBadisa ClanwilliamBadisa ColesbergABBA StellenboschBadisa Skiereiland Maatskaplike DiensteMaatskaplike Dienste GansbaaiBadisa GeorgeBadisa Heidelberg - KaapMaatskaplike Dienste HermanusBadisa Bellville-SuidBadisa Gesinsorgdienste KnysnaBadisa KoueBokkeveldBadisa Trio: KraaifonteinBadisa KuilsrivierBadisa LadismithBadisa NababeepBadisa PaarlBadisa TygerbergBadisa PiketbergBadisa RichtersveldBadisa PortervilleBadisa Prins AlbertRiebeeck BadisaBadisa RiviersonderendBadisa SaronBadisa Trio: ScottsdeneBadisa StilbaaiMaatskaplike Dienste StanfordBadisa StrandBadisa SwellendamBadisa TulbaghBadisa Matzi-CareBadisa VilliersdorpBadisa WeskusBadisa WellingtonBadisa WillistonBadisa WolseleyBadisa BreedevalleiBadisa Wynberg

NasorgsentrumsOp die Berg NasorgsentrumRiviersonderend NasorgsentrumOuma Lena se HuisDRC Weltevrede ASC p/a. Badisa BreedevalleiBadisa Rawsonville Primary ASC p/a. BreedevalleiSandvoetjiesZoe’s Nasorg

RehabilitasiesentrumsRamotToevlug Rehabilitasiesentrum

Swangerskap en AannemingMagdalenahuis

TehuiseAlbertinia Versorgingsdienste: TehuisHuis JohannesHerfsvreugde TehuisVygieshof TehuisHuis PJ du Plessis StraussOns Huis TehuisHuis NuwelandHuis GroeneweideHuis MimosaHuis AristeaOnse Rust TehuisHerberg-aan-See TehuisHuis JJ WatsonHartenbos VersorgingsoordHuis Zenobia Du ToitHuis Lettie TheronLoeriehof Tehuis vir BejaardesHuis RavenzichtHuis de KuilenHuis Izak van TonderHuis BoesmanlandGoue Aar TehuisHuis SilwerjareHuis ZonnekusHuis UitvluchtHuis Klippe DriftHuis UitsigHuis MartinaPlumstead-RusoordHuis Lafras MoolmanDROOM (Huis Jan Lange & Ou Meule)Overberg TehuisHuis LückhoffHuis EJ AppiesStilbaai BejaardesorgHuis EsperanzaHuis Pam BrinkJohenco TehuisHuis AA TomlinsonRogelim Monte RosaHuis MatzikamaVrederus TehuisHuis WittekruinVredendal TehuisEmmaneul TehuisHuis MostertshoekHuis Andries Hamman

Kerk se oornaghuiseNG Kerk Oornaghuis, BellvilleHanna Hopkins Oornaghuis, Observatory

Geaffilieerde programmeRusoord vir Dowes / Instituut vir DowesChristelike Alkoholiste Bond (CAB) van die VGK

Page 39: ALGEMENE JAARVERSLAG

37

Vir toekomstige gebruik, en ter agtergrond van die dienste wat Copytype aanbied:

• Ricoh-, Olivetti- & Lexmark kantoortoerusting (kopieerders, drukkers, fakse, mfp’s)

• Risograaf Dupliseerders,• NEC / Avaya Office IP (Telefoonsisteme),• Interkom,• Netwerk Installasies (bestaande en nuut) en

onderhoud daarvan,• Papier,• Rekenaars &• Verskeie ‘Value-add’ sagteware oplossings

(Ebeam interaktiewe witborde & Microfile elektroniese indeksering, stoor en herroep van dokumente)

Kontak ons gerus vir ’n behoeftebepaling en / of kwotasie in die verband: Mariëtte de Jager: 021 559 1605 / 072 232 5533 

LYS VAN AFKORTINGS EN AKRONIEMECAB: Christelike Alkoholiste Bond

DiacAfric: Missionale Diakonaat in Afrika

KJSS: Kinder-en-jeursorgsentrum

KMDR Kerklike Maatskaplike Dienste-raad

NACOSS: Nasionale Koalisie van Maatskaplike Dienste

NAWONGO: Nasionale Vereniging van Welsyns- en Nie-regeringsorganisasies

NGK: Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk)

PBCYC: Professionele Raad vir Kinder- en Jeugsorg (Professional Board for Child and Youth Care)

POPI: Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting

SKDB: Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid

SKDD: Sinodale Kommissie vir Diakonale Dienste

VKO: Vroeë Kindontwikkeling

VGK: Verenigende Gereformeerde Kerk (VG Kerk)

Page 40: ALGEMENE JAARVERSLAG

KONTAK ONSBesoek Badisa se webtuiste by www.badisa.org.za om meer oor die organisasie uit te vind, om vir ons maandelikse e-nuusbrief in te skryf, om by ons sosiale media aan te sluit, om ’n donasie te gee en/of vrywilligerwerk te doen.

Telefoon: 021 957 7130E-pos: [email protected]: Pastoriestraat 11, Marturia-sentrum, Bellville 7530Webadres: www.badisa.org.za