3
TELNO: 016 341 3165 FAKSNO: 016 341 3987 DATUM: 15 - 20 April 2019 UITGAWE 11 van 2019 ADRES: JACOBS STRAAT 1 HEIDELBERG GAUTENG POSADRES: POSBUS 215 HEIDELBERG 1438 E-POS: [email protected] BELANGRIKE DATUMS 15 - 20 2019 Maandag, 15 April 2019 Gholf: A-liga te Germiston : B– en C-liga te Glen Vista Seunshokkie: Liga-bepaling teen Veritas (tuis) Dinsdag, 16 April 2019 Netbal liga-bepaling teen H/s Suiderlig (tuis) Woensdag, 17 April 2019 Donderdag, 18 April 2019 Vrydag, 19 April 2019 Skool verdaag om 13:00 Saterdag, 20 April 2019 AKADEMIE ALGEMEEN Die skool verdaag op Donderdag, 18 April 2019 om 13:00. Ons pleit by elke ouer/voog om nie u kind(ers) voor 13:00 uit te teken nie. Ons weet dit is langnaweek, maar rig ’n dringende dog vriendelike versoek om by ons 13:00 vergunning te hou en diensooreenkomstig u naweek te beplan. Die akademiese tyd is vir ons belangrik. Dit het onder ons aandag gekom dat daar van ons leerders die sosiale media met sy verskillende platforms misbruik om ander leerders verbaal te boelie. U as ouer/voog sal verantwoordelik gehou word indien u kind hom/haar skuldig maak aan enige blootstelling van mede-leerders of ’n leerder se menswaardigheid, in watter geringe mate, enigsins aantas . Dit is u uitsluitlike verantwoordelikheid om u kind in hierdie situasies te beheer en te kontroleer. Ons wil elke ouer/voog aanmoedig om hulle korrekte of veranderde e-posadresse by Elmarie Hough op te gee. Die nuusbriewe word elektronies aan die ouers/voogde gestuur. Die ouers/voogde moet kennis neem dat die Opedag vir voornemende graad 8-leerders vir 2020 op Vrydag, 3 Mei 2019 vanaf 18:00 by H/V Heidelberg sal plaasvind. Die datum vir aanlynregistrasies moet nog deur die Gauteng Onderwysdepartement bekend gemaak word. Die Volkiedrag wat op ‘n Vrydag gedra word is ‘n vergunning vir ons leerders. Daar is van ons leerders wat nie die regte Volkiedrag aantrek nie. Die leerders gaan gemonitor word en as die situasie nie verander nie, gaan die vergunning weggeneem word. Ouers/voogde moet kennis neem dat die hokkiewedstryde (liga-bepaling) teen Hoërskool Dinamika wat op 18 April 2019 sou plaasvind, skuif na Dinsdag, 14 Mei 2019. Kom wees deel van ‘n gesellige Manne-aand Skaapbraai en kuier saam met Fanie de Villiers by Hoër Volkskool op Donderdag, 16 Mei 2019 om 18:00. Die kostes beloop R5 500-00 per tafel wat 12 persone insluit. Dit sluit die volgende in: GRATIS Heineken- en Windhoek bier 12 gegraveerde knipmesse per tafel Skaap-op-die-spit, brood en groente Besprekings en navrae kan aan Riana Cloete by [email protected] of 016-341 3165 gerig word. Die hokkie-klubhuis vorder baie goed. Ons benodig R191 000 om die klubhuis te voltooi. Indien daar ouers/voogde is wat ‘n finansiële bydra wil maak of materiaal wil skenk, is u welkom om mnr. D Marx by 016-3413165 te skakel. Die volgende materiaal en arbeid word benodig om die klubhuis te voltooi: NO MATERIAAL BEDRAG 1 Pleister, sand en sement R16 500-00 2 Polycope ½ duim pype en arbeid R7 500-00 3 Loodgieterwerk vir toilette R6 000-00 4 Arbeid op pleisterwerk R34 200-00 5 Arbeid om drein te lê R6 000-00 6 Plafonne en arbeid R26 800-00 7 Vensters “supply and fit” R31 200-00 8 Verf en arbeid R14 000-00 9 Vloerrubberteëls R5 200-00 10 Deure R22 500-00 11 Toilette, wasbakke en krane R14 500-00 TOTALE KOSTE R191 000-00

BELANGRIKE DATUMSAKADEMIE Daar is voorsiening gemaak vir 42 minute periodes om die vakonderwysers die geleentheid te gee om die leerinhoud voor die aanvang van die Junie-eksamen te

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BELANGRIKE DATUMSAKADEMIE Daar is voorsiening gemaak vir 42 minute periodes om die vakonderwysers die geleentheid te gee om die leerinhoud voor die aanvang van die Junie-eksamen te

TELNO: 016 341 3165

FAKSNO: 016 341 3987

DATUM: 15 - 20 April 2019 UITGAWE 11 van 2019

ADRES: JACOBS STRAAT 1

HEIDELBERG

GAUTENG

POSADRES: POSBUS 215

HEIDELBERG

1438

E-POS:

[email protected]

BELANGRIKE DATUMS

15 - 20 2019

Maandag, 15 April 2019

Gholf: A-liga te Germiston : B– en C-liga te Glen Vista

Seunshokkie: Liga-bepaling teen Veritas (tuis)

Dinsdag, 16 April 2019

Netbal liga-bepaling teen H/s Suiderlig (tuis)

Woensdag, 17 April 2019

Donderdag, 18 April 2019

Vrydag, 19 April 2019

Skool verdaag om 13:00

Saterdag, 20 April 2019

AKADEMIE

ALGEMEEN

Die skool verdaag op Donderdag, 18 April 2019 om 13:00. Ons pleit by elke ouer/voog om nie u kind(ers) voor

13:00 uit te teken nie. Ons weet dit is langnaweek, maar rig ’n dringende dog vriendelike versoek om by ons 13:00

vergunning te hou en diensooreenkomstig u naweek te beplan. Die akademiese tyd is vir ons belangrik. Dit het onder ons aandag gekom dat daar van ons leerders die sosiale media met sy verskillende platforms misbruik

om ander leerders verbaal te boelie. U as ouer/voog sal verantwoordelik gehou word indien u kind hom/haar

skuldig maak aan enige blootstelling van mede-leerders of ’n leerder se menswaardigheid, in watter geringe mate,

enigsins aantas . Dit is u uitsluitlike verantwoordelikheid om u kind in hierdie situasies te beheer en te kontroleer. Ons wil elke ouer/voog aanmoedig om hulle korrekte of veranderde e-posadresse by Elmarie Hough op te gee.

Die nuusbriewe word elektronies aan die ouers/voogde gestuur. Die ouers/voogde moet kennis neem dat die Opedag vir voornemende graad 8-leerders vir 2020 op Vrydag, 3

Mei 2019 vanaf 18:00 by H/V Heidelberg sal plaasvind. Die datum vir aanlynregistrasies moet nog deur die Gauteng

Onderwysdepartement bekend gemaak word. Die Volkiedrag wat op ‘n Vrydag gedra word is ‘n vergunning vir ons leerders. Daar is van ons leerders wat nie

die regte Volkiedrag aantrek nie. Die leerders gaan gemonitor word en as die situasie nie verander nie, gaan die

vergunning weggeneem word. Ouers/voogde moet kennis neem dat die hokkiewedstryde (liga-bepaling) teen Hoërskool Dinamika wat op

18 April 2019 sou plaasvind, skuif na Dinsdag, 14 Mei 2019. Kom wees deel van ‘n gesellige Manne-aand Skaapbraai en kuier saam met Fanie de Villiers by Hoër Volkskool op

Donderdag, 16 Mei 2019 om 18:00. Die kostes beloop R5 500-00 per tafel wat 12 persone insluit. Dit sluit die

volgende in:

GRATIS Heineken- en Windhoek bier

12 gegraveerde knipmesse per tafel

Skaap-op-die-spit, brood en groente

Besprekings en navrae kan aan Riana Cloete by [email protected] of 016-341 3165 gerig word.

Die hokkie-klubhuis vorder baie goed. Ons benodig R191 000 om die klubhuis te voltooi. Indien daar ouers/voogde

is wat ‘n finansiële bydra wil maak of materiaal wil skenk, is u welkom om mnr. D Marx by 016-3413165 te skakel.

Die volgende materiaal en arbeid word benodig om die klubhuis te voltooi:

NO

MATERIAAL

BEDRAG

1 Pleister, sand en sement R16 500-00

2 Polycope ½ duim pype en arbeid R7 500-00

3 Loodgieterwerk vir toilette R6 000-00

4 Arbeid op pleisterwerk R34 200-00

5 Arbeid om drein te lê R6 000-00

6 Plafonne en arbeid R26 800-00

7 Vensters “supply and fit” R31 200-00

8 Verf en arbeid R14 000-00

9 Vloerrubberteëls R5 200-00

10 Deure R22 500-00

11 Toilette, wasbakke en krane R14 500-00

TOTALE KOSTE

R191 000-00

Page 2: BELANGRIKE DATUMSAKADEMIE Daar is voorsiening gemaak vir 42 minute periodes om die vakonderwysers die geleentheid te gee om die leerinhoud voor die aanvang van die Junie-eksamen te

AKADEMIE

Daar is voorsiening gemaak vir 42 minute periodes om die vakonderwysers die geleentheid te gee om die leerinhoud voor die aanvang van die

Junie-eksamen te voltooi. U as ouer/voog moet seker maak dat u kind(ers) elke dag by die skool is omrede die werkstempo baie hoog is.

Die opstelvraestelle vir die tale word op die volgende datums geskryf:

13 Mei 2019: Afrikaans HT

14 Mei 2019: Engels EAT

Die RTT-handboek vir graad 10-leerders kan teen R40-00 by die skool gekoop word. Hierdie handboek word tot in graad 12 gebruik.

Elke graad 12-leerder is ook verplig om sy/haar eie RTT-handboek teen R250-00 te koop. Die graad 12-leerders kan dan hulle eie notas en

aantekeninge in die handboek aanbring om die leerproses te vergemaklik. Dit is onregverdig om ‘n handboek vol notas aan die volgende graad

12-leerders te gee. Hierdie handboek word ook as ‘n werksboek aangewend.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons tema vir die week is “eienaarskap” en sluit mooi aan by ons siening dat alle rolspelers ons pragtige skool op alle terreine in ‘n beter posisie

moet agterlaat as wat ons die skool gekry het. Dit is elke Volkie-onderwyser, leerder en ouer se plig en verantwoordelikheid om eienaarskap van

ons skool te neem. Ons kan slegs eienaarskap neem deur ons positiewe ingesteldheid en om in alle situasies net ons beste te gee.

TUSSENVERKIESING VAN

BEHEERLIGGAAM

Daar is tans een vakature in die Beheerliggaam beskikbaar.

Neem kennis dat die verkiesing op Dinsdag 07 Mei 2019 om 18:00 in die skoolsaal sal plaasvind. Indien u aktief deelneem aan hierdie proses,

kan u verseker wees dat die vakature wat gevul gaan word volgens u keuse saam met die reeds verkose Beheerliggaam poog om die regte

besluite te neem en die beste geleenthede vir u kind(ers) te skep.

‘n Kandidaat kan op twee (2) wyses genomineer word:

Die inhandiging van ‘n vorm by die verkiesingsbeampte (mnr. S Nel) wat volledig voltooi moet word deur die voorsteller, sekondant en

kandidaat- nie vroeër as sewe (7) dae en nie minder as een (1)dag (24 uur) voor die nominasievergadering nie OF deur ‘n ouer as lid tydens die nominasievergadering voor te stel met dien verstande dat ‘n ander ouer wat op die vergadering

teenwoordig is, die genomineerde sekondeer en die voorsteller, sekondant en kandidaat die vorm volledig voltooi en by die

verkiesingsbeampte inhandig binne die tydperk wat deur die verkiesingsbeampte tydens die vergadering vir die doel bepaal is.

Nominasievorms sal by die algemene kantoor beskikbaar wees.

Volmagstemme (“proxy”) word nie toegelaat nie. Dit beteken dat geen ander persoon namens jou as ouer / voog mag stem nie.

‘n Kworum van vyftien persent van ons stemgeregtigde ouers moet teenwoordig wees alvorens ‘n verkiesing geldig verklaar kan word.

Indien die vereiste kworum nie teenwoordig is nie, moet ‘n nuwe datum vir die verkiesing binne 14 dae belê word. By hierdie tweede

verkiesingsdatum word geen kworum vereis nie. Ons maak dus staat op u teenwoordigheid.

ID-dokumente moet tydens die verkiesing getoon word.

Ons skool se verkiesingsbeampte is mnr. S Nel van Mountain View Secondary.

SPORTUITSLAE: 12 - 13 April 2019 Kwartfinale NWU SUperreeks

NETBAL

* 1ste span verloor 14-31 teen H/s Middelburg * 2de span wen 17-8 teen H/s Randburg

* 0/17 A wen 26-17 teen H/s Randburg

* 0/17 B wen 11-5 teen H/s Zwartkop

* 0/16 A wen 18-6 teen H/s Middelburg

* 0/16 B wen 15-9 teen H/s Middelburg

* 0/15 A verloor 8-27 teen H/s Randburg

* 0/15 B verloor 9-33 teen H/s Randburg

* 0/14 A verloor 11-36 teen H/s Middelburg * 0/14 B wen 22-13 teen H/s Zwartkop

RUGBY

* 1ste span verloor 28-32 teen H/s Wesvalia

* 2de span verloor 7 - 36 teen H/s Zwartkop

* 0/16 A wen 31-0 teen H/s Middelburg

* 0/16 B wen 26-3 teen H/s Middelburg

* 0/15 A wen 29-0 teen H/s Randburg * 0/14 A verloor 5-36 teen H/s Wesvalia

* 0/14 B wen 38-10 teen H/s Randburg

DOGTERSHOKKIE

* 1ste span verloor 0-5 teen H/s Middelburg

* 2de span verloor 0-1 teen H/s Wesvalia

* 0/16 A wen 4-0 teen H/s Randburg

* 0/16 B wen 5-0 teen H/s Middelburg

* 0/15 A verloor 0-4 teen H/s Zwartkop

* 0/14 A verloor 1-2 teen H/s Wesvalia

* 0/14 B verloor 1-2 teen H/s Wesvalia

TENNIS

* Seniors wen 36-27 teen H/s Middelburg

* Juniors wen 34-29 teen H/s Middelburg

SKAAK

* Seniors speel gelykop 2.5 - 2.5

* Juniors verloor 1-4

Page 3: BELANGRIKE DATUMSAKADEMIE Daar is voorsiening gemaak vir 42 minute periodes om die vakonderwysers die geleentheid te gee om die leerinhoud voor die aanvang van die Junie-eksamen te

OPEDAG VRYDAG 3 MEI 2019

18:00