4
TELNO: 016 341 3165 FAKSNO: 016 341 3987 DATUM: 29 April - 4 Mei 2019 UITGAWE 12 van 2019 ADRES: JACOBS STRAAT 1 HEIDELBERG GAUTENG POSADRES: POSBUS 215 HEIDELBERG 1438 E-POS: [email protected] BELANGRIKE DATUMS 29 April - 4 Mei 2019 Maandag, 29 April 2019 Gholf: A-liga te Germiston : B– en C-liga te Glen Vista Seunshokkie: Liga-bepaling teen Birchleigh High (tuis) Dinsdag, 30 April 2019 NWU Presge superreeks Finaal (netbal, seunshokkie, tennis, skaak en gholf) Woensdag, 1 Mei 2019 NWU Presge superreeks Finaal (rugby en hokkie) Netbal Finale Gauteng proewe Donderdag, 2 Mei 2019 Netbal: D7– liga-bepaling teen H/s Dr. Malan (weg) Hokkie: Oos-Gauteng ligabepaling teen H/s Stoerg (weg) Vrydag, 3 Mei 2019 Toetsreeks Gr.8-12 Tennis: Oos-Gauteng liga- bepaling Saterdag, 4 Mei 2019 Rugby: Virsekerbeker teen H/s Centurion (weg) Skaak: D7– Finaal (individueel) ALGEMEEN Die herregistrasievorms vir ons huidige graad 8 tot 11 leerders word huis toe gestuur en moet deur die ouers/ voogde voltooi en geteken word. Hierdie vorms moet voor of op 10 Mei 2019 by die skool terugbesorg word. ‘n Dringende beroep word aan al ons ouers/voogde gedoen wie se skoolgelde agterstallig is om hulle skoolrekening so gou moontlik op datum te kry. Agterstallige rekeninge waar daar geen reëlings getref is nie, sal met ingang 01 Mei 2019 vir regstappe aan Viljoen en Meek prokureurs oorhandig word. U samewerking sal waardeer word. Leerders mag gewone klere dra gedurende die eksamen teen R50-00. Let daarop dat skoolreëls geld ten opsigte van hare, juwele en grimering. Geld word by die voogonderwysers inbetaal. Leerders moet ten alle tye die plakker wat uitgereik word by hulle hê tydens die eksamen. Die herdenking van Hemelvaart word van 30 Mei 2019 na Vrydag, 17 Mei 2019 vervroeg a.g.v. die Junie-eksamen wat 20 Mei 2019 begin. Die amptelike Hemelvaartsdag is 30 Mei 2019. Daar is van ons leerders wat van die Volkie-memes gebruik maak om in ons mede Volkie-leerders se karakter in te klim. Ons wil vir u as ouers/voogde die versekering gee dat ons hard werk om die skuldige(s) vas te trek. Dit is onaanvaarbare gedrag en sal nie by Hoër Volkskool geduld word nie. Indien die skuldiges vasgetrek word, sal dit ‘n regsaangeleentheid word. Die ouers/voogde moet kennis neem dat die Opedag vir voornemende graad 8-leerders vir 2020 op Vrydag, 3 Mei 2019 vanaf 18:00 by Hoër Volkskool Heidelberg sal plaasvind. Die aanlynregistrasies begin 13 Mei 2019. Die skool sal voornemende graad 8-ouers/voogde bystaan om van die elektroniese platform gebruik te maak. Die program vir die Opedag is as volg: 18:00 – 18:30: Aanbieding deur skoolhoof / Tienertoneel / Koor (skoolsaal) 18:30 – 19:45: Kermisatmosfeer (vierkant) 19:45 – 20:15: Koshuis 20:15 – 21:00: A-rugbyveld Ouers/voogde en leerders neem kennis dat die Wintersdrag amptelik vanaf 01 Mei 2019 gedra moet word. Die sportopvoeding as vak vir die graad 8-en 9-leerders moet teen 31 Mei 2019 ten volle vir die jaar betaal wees. Die kostes beloop R750-00 vir die jaar. Ons maak staat op u as ouers/voogde om hierdie verpligting rakende u kind (ers) se verrykingsvak na te kom. Ons wil ouers/voogde dog vriendelik versoek om ‘n riem papier vir die skool skenk om afrolwerk vir akademiese doeleindes te doen. Die Manne-aand skaapbraai se tafelverkope verloop vlot. Daar is nog slegs 5 tafels beskikbaar. Vir enige besprekings of navrae kan u gerus vir Riana Cloete by [email protected] of 016-341 3165 skakel. Die Manne-aand skaapbraai vind by Hoër Volkskool op Donderdag, 16 Mei 2019 om 18:00 plaas. Die kostes beloop R5 500-00 per tafel wat 12 persone insluit. Dit sluit die volgende in: GRATIS Heineken-bier en Windhoek-bier 12 gegraveerde knipmesse per tafel Skaap-op-spit, brood en groente Die skool gaan ‘n fondsinsamelingsprojek loods om die hokkie-klubhuis te voltooi. Elke leerder in die skool gaan ‘n borgvorm ontvang waarop R10-00 lootjies verkoop gaan word. Al die lyste moet voor of op 10 Mei 2019 in wees. Daar is drie vleis-hampers om te wen vir die leerders wat die meeste lootjies verkoop. Die gelukkige wenner(s) kan die volgende pryse wen: Eerste prys is ‘n hele skaap opgesny volgens jou behoeftes Tweede prys is ‘n halwe skaap opgesny volgens jou behoeftes Die Nigel-busgelde moet voor of op die 7de van elke maand betaal wees. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat elke maand op datum betaal is of alreeds vir die jaar vooruitbetaal het. Die ouers/voogde wat versuim om hulle busgelde te betaal se kind(ers) gaan nie verder toegelaat word om van die busvervoer gebruik te maak nie.

BELANGRIKE DATUMS...Die herregistrasievorms vir ons huidige graad 8 tot 11 leerders word huis toe gestuur en moet deur die ouers/ voogde voltooi en geteken word. Hierdie vorms moet

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • TELNO: 016 341 3165

    FAKSNO: 016 341 3987

    DATUM: 29 April - 4 Mei 2019 UITGAWE 12 van 2019

    ADRES: JACOBS STRAAT 1

    HEIDELBERG

    GAUTENG

    POSADRES: POSBUS 215

    HEIDELBERG

    1438

    E-POS:

    [email protected]

    BELANGRIKE DATUMS

    29 April - 4 Mei 2019

    Maandag, 29 April 2019

    Gholf: A-liga te Germiston : B– en C-liga te Glen Vista

    Seunshokkie: Liga-bepaling teen Birchleigh High (tuis)

    Dinsdag, 30 April 2019

    NWU Prestige superreeks Finaal (netbal, seunshokkie, tennis, skaak en gholf)

    Woensdag, 1 Mei 2019

    NWU Prestige superreeks Finaal (rugby en hokkie)

    Netbal Finale Gauteng proewe

    Donderdag, 2 Mei 2019

    Netbal: D7– liga-bepaling teen H/s Dr. Malan (weg)

    Hokkie: Oos-Gauteng ligabepaling teen H/s Stoffberg (weg)

    Vrydag, 3 Mei 2019

    Toetsreeks Gr.8-12

    Tennis: Oos-Gauteng liga- bepaling

    Saterdag, 4 Mei 2019

    Rugby: Virsekerbeker teen H/s Centurion (weg)

    Skaak: D7– Finaal (individueel)

    ALGEMEEN

    Die herregistrasievorms vir ons huidige graad 8 tot 11 leerders word huis toe gestuur en moet deur die ouers/

    voogde voltooi en geteken word. Hierdie vorms moet voor of op 10 Mei 2019 by die skool terugbesorg word. ‘n Dringende beroep word aan al ons ouers/voogde gedoen wie se skoolgelde agterstallig is om hulle skoolrekening

    so gou moontlik op datum te kry. Agterstallige rekeninge waar daar geen reëlings getref is nie, sal met ingang 01

    Mei 2019 vir regstappe aan Viljoen en Meek prokureurs oorhandig word. U samewerking sal waardeer word. Leerders mag gewone klere dra gedurende die eksamen teen R50-00. Let daarop dat skoolreëls geld ten opsigte

    van hare, juwele en grimering. Geld word by die voogonderwysers inbetaal. Leerders moet ten alle tye die plakker

    wat uitgereik word by hulle hê tydens die eksamen. Die herdenking van Hemelvaart word van 30 Mei 2019 na Vrydag, 17 Mei 2019 vervroeg a.g.v. die Junie-eksamen

    wat 20 Mei 2019 begin. Die amptelike Hemelvaartsdag is 30 Mei 2019. Daar is van ons leerders wat van die Volkie-memes gebruik maak om in ons mede Volkie-leerders se karakter in te

    klim. Ons wil vir u as ouers/voogde die versekering gee dat ons hard werk om die skuldige(s) vas te trek. Dit is

    onaanvaarbare gedrag en sal nie by Hoër Volkskool geduld word nie. Indien die skuldiges vasgetrek word, sal dit ‘n

    regsaangeleentheid word.

    Die ouers/voogde moet kennis neem dat die Opedag vir voornemende

    graad 8-leerders vir 2020 op Vrydag, 3 Mei 2019 vanaf 18:00 by Hoër Volkskool Heidelberg sal plaasvind. Die aanlynregistrasies begin 13 Mei 2019. Die skool sal voornemende graad 8-ouers/voogde bystaan om van die

    elektroniese platform gebruik te maak. Die program vir die Opedag is as volg:

    18:00 – 18:30: Aanbieding deur skoolhoof / Tienertoneel / Koor (skoolsaal)

    18:30 – 19:45: Kermisatmosfeer (vierkant)

    19:45 – 20:15: Koshuis

    20:15 – 21:00: A-rugbyveld

    Ouers/voogde en leerders neem kennis dat die Wintersdrag amptelik vanaf 01 Mei 2019 gedra moet word.

    Die sportopvoeding as vak vir die graad 8-en 9-leerders moet teen 31 Mei 2019 ten volle vir die jaar betaal wees. Die kostes beloop R750-00 vir die jaar. Ons maak staat op u as ouers/voogde om hierdie verpligting rakende u kind

    (ers) se verrykingsvak na te kom. Ons wil ouers/voogde dog vriendelik versoek om ‘n riem papier vir die skool skenk om afrolwerk vir akademiese

    doeleindes te doen. Die Manne-aand skaapbraai se tafelverkope verloop vlot. Daar is nog slegs 5 tafels beskikbaar. Vir enige besprekings

    of navrae kan u gerus vir Riana Cloete by [email protected] of 016-341 3165 skakel. Die Manne-aand skaapbraai

    vind by Hoër Volkskool op Donderdag, 16 Mei 2019 om 18:00 plaas. Die kostes beloop R5 500-00 per tafel wat 12

    persone insluit. Dit sluit die volgende in:

    GRATIS Heineken-bier en Windhoek-bier

    12 gegraveerde knipmesse per tafel

    Skaap-op-spit, brood en groente

    Die skool gaan ‘n fondsinsamelingsprojek loods om die hokkie-klubhuis te voltooi. Elke leerder in die skool gaan ‘n borgvorm ontvang waarop R10-00 lootjies verkoop gaan word. Al die lyste moet voor of op 10 Mei 2019 in wees.

    Daar is drie vleis-hampers om te wen vir die leerders wat die meeste lootjies verkoop. Die gelukkige wenner(s)

    kan die volgende pryse wen:

    Eerste prys is ‘n hele skaap opgesny volgens jou behoeftes

    Tweede prys is ‘n halwe skaap opgesny volgens jou behoeftes

    Die Nigel-busgelde moet voor of op die 7de van elke maand betaal wees. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat elke maand op datum betaal is of alreeds vir die jaar vooruitbetaal het. Die ouers/voogde wat versuim om hulle

    busgelde te betaal se kind(ers) gaan nie verder toegelaat word om van die busvervoer gebruik te maak nie.

  • AKADEMIE

    Hoër Volkskool se eerste prioriteit is en bly akademie. Ons visie is om elke dag te strewe na uitnemendheid en daarom is dit belangrik dat elke

    leerder by Volkieland volgens sy/haar potensiaal moet presteer. Hier volg ‘n paar rede(s) hoekom van ons leerders nie volgens hulle potensiaal

    en talente kan of wil presteer nie:

    Huiswerk wat daagliks nie gedoen word nie of afgeskryf word

    Onvolledige werksboeke

    Afwesighede van leerders

    Leerders wat in klastyd uitgeteken word

    Leerders wat nie bereid is om die lang ure vir toetse en eksamens in te sit nie

    Leerders beskik oor gebrekkige studiemetodes (weet nie hoe om te leer nie)

    Leerders is taalarm (lees nie genoeg nie / gebrekkige woordeskat)

    Verkeerde vakkeuses (nie realisties oor vermoëns nie)

    Die toetsdatum van Donderdag, 02 Mei 2019 skuif na Vrydag, 03 Mei 2019 a.g.v. die Superreeks finale wat in Potchefstroom plaasvind. Dit sal baie onregverdig teenoor ons leerders wees om na so lang dag nog vir die volgende dag te studeer. Hierdie verandering is alreeds op Vrydag,

    26 April 2019 via sms met u as ouers/voogde gekommunikeer. Indien u as ouer/voog ‘n probleem het rakende u kind se akademie is die korrekte kanaal deur die skoolhoof se kantoor. Geen

    beheerliggaamslede is van magte om klagtes oor akademie te hanteer nie. As die klagtes nie onder die skoolhoof se aandag gebring word nie,

    sal geen oplossing vir u probleem gevind word nie. Die oueraand is ‘n ideale platform om vakonderwysers te gaan spreek oor u kind se

    akademiese vordering. Dit is ook onvanpas om akademiese sake by sosiale-en sportgeleenthede te bespreek.

    Die graad 8-en 9-leerders gaan tydens die Junie-eksamen die basislyn-assessering in Wiskunde aflê.

    Reëlings rakende die Junie-eksamen

    Die eksamenrooster sal op Maandag, 06 Mei 2019 aan die leerders gegee word en sal ook op die webtuiste beskikbaar wees.

    Die provinsiale vraestelle word in die volgende vakke en grade geskryf:

    RTT Gr.10-12

    Fisiese Wetenskap Gr.10 en 11

    Wiskunde Gr.10 en 11

    Rekeningkunde Gr.10-12 Al die graad 8-en 9-vraestelle word vir die Junie-eksamen intern opgestel en moet deur die departementshoofde gemodereer word. Alle

    gemodereerde vraestelle moet by die distrik ingedien word vir eksterne moderering.

    Die eksamen begin amptelik op 20 Mei 2019 vir die leerders en die leerders se laaste akademiese skooldag is op 17 Mei 2019.

    Die eksamentye is as volg:

    8:30: Leerders meld aan by eksamenlokaal

    9:00: Eksamensessie begin stiptelik

    Indien leerders ‘n tweede sessie of vroeër skryf, word die begintyd op die eksamenrooster aangedui.

    Indien leerders afwesig is (met siekte) tydens die skryf van ‘n vraestel, moet ‘n doktersbrief ingehandig word.

    Die Departement bepaal dat geen bloktyd aan leerders toegestaan mag word gedurende die skryf van eksamenvraestelle nie.

    Indien ‘n leerder om ‘n bepaalde rede na afloop van ‘n eksamensessie huis toe moet gaan, moet die ouer/voog sy/haar kind persoonlik kom

    uitteken.

    Geen kind mag sonder ‘n geldige rede die skoolterrein verlaat nie.

    Die eksamenriglyne sal op 06 Mei 2019 op die webtuiste van die skool beskikbaar sal wees.

    TUSSENVERKIESING VAN

    BEHEERLIGGAAM

    Daar is huidig drie vakatures in die beheerliggaam beskikbaar.

    Ons wil u daarop wys dat die verkiesing op Dinsdag 07 Mei 2019 om 18:00 in die

    skoolsaal sal plaasvind. Indien u aktief deelneem aan hierdie proses, kan u verseker wees dat die vakature wat gevul gaan word, volgens u

    keuse saam met die reeds verkose beheerliggaam poog om die regte besluite te neem en die beste geleenthede vir u kind(ers) te skep.

    ‘n Kandidaat kan op twee (2) wyses genomineer word:

    Die inhandiging van ‘n vorm by die verkiesingsbeampte (mnr. S Nel) wat volledig voltooi moet word deur die voorsteller, sekondant en kandidaat- nie vroeër as sewe (7) dae en nie minder as een (1) dag (24 uur) voor die nominasievergadering nie OF deur ‘n ouer as lid tydens

    die nominasievergadering voor te stel met dien verstande dat ‘n ander ouer wat op die vergadering teenwoordig is, die genomineerde

    sekondeer en die voorsteller, sekondant en kandidaat die vorm volledig voltooi en by die verkiesingsbeampte inhandig binne die tydperk wat

    deur die verkiesingsbeampte tydens die vergadering vir die doel bepaal is.

    Nominasievorms sal by die algemene kantoor beskikbaar wees.

    Volmagstemme (“proxy”) word nie toegelaat nie. Dit beteken dat geen ander persoon namens jou as ouer / voog mag stem nie.

    ‘n Kworum van vyftien persent van ons stemgeregtigde ouers moet teenwoordig wees alvorens ‘n verkiesing geldig verklaar kan word. Indien die vereiste kworum nie teenwoordig is nie, moet ‘n nuwe datum vir die verkiesing binne 14 dae belê word. By hierdie tweede

    verkiesingsdatum word geen kworum vereis nie. Ons maak staat op u teenwoordigheid.

    ID-dokumente moet tydens die verkiesing getoon word.

    Ons skool se verkiesingsbeampte is mnr. S Nel van Mountain View Secondary

  • Jandre Moll het 8 – 12 April 2019 in

    Durban tydens die SA Senior Natio-

    nale Kampioenskappe ʼn goue medalje verower in die 50m Vryslag Elite

    Youth ouderdomsgroep.

    Jandre kwalifiseer dan volgens die tyd

    wat hy geswem het om saam met

    Suid-Afrika se senior mans te swem,

    waar hy algeheel 9de eindig.

    ‘n Fenominale prestasie. Baie geluk!

    Baie geluk aan Ruan Claassen wat 25-27 April

    2019 aan die 10-Kamp tydens die ASA

    Kampioenskappe te Germiston stadion

    deelgeneem het en ‘n goue medalje verower

    het.

    Items waaraan Ruan deelgeneem het

    100m-4de plek

    Verspring-3de plek

    Gewigstoot-1st plek

    Hoogspring-2de plek

    400m-3de plek

    110m/h-4de plek

    Diskus-1st plek

    Paalspring-3de plek

    Spiesgooi- 2de plek

    1500m-2de plek

    SPORTUITSLAE: 25-26 April 2019 Semi-finale NWU SUperreeks

    NETBAL

    * 1ste span verloor 16-26 teen HTS Witbank

    * 2de span verloor 14-17 teen Oosterlig

    * 17 A verloor 15- 18 teen Oosterlig

    * 17 B verloor 5-29 teen Noordheuwel

    * 16 A verloor 6-15 teen Poth Gimnasium

    * 16 B verloor 18-20 teen Noordheuwel

    * 15 A wen 16-9 teen Die Anker

    * 15 B wen 19-15 teen Die Anker

    * 14 A wen 42-12 teen Volkskool

    Potchefstroom

    * 14 B verloor 11-25 teen Noordheuwel

    RUGBY

    * 1ste span wen 43-13 teen Volkskool

    Potchefstroom

    * 2de span verloor 17-37 teen HTS Witbank

    * 16 A wen 13-7 teen Die Anker

    * 16 B verloor 15-21 teen Montana

    * 15 A verloor 6-21 teen Potch Gimnasium

    * 15 B verloor 12-60 teen Potch Gimnasium

    * 14 A verloor 0-18 teen Jeugland

    * 14 B wen 21-5 teen Potch Gimnasium

    DOGTERSHOKKIE

    * 1ste span verloor 1-2 teen Montana

    * 2de span wen 2-1 teen die Anker

    * 16 A wen 3-0 teen Die Anker

    * 16 B wen 1-0 teen Montana

    * 15 A verloor 1-2 teen Jeugland

    * 14 A wen 3-0 teen Die Anker

    * 14 B wen 4-3 teen die Anker

    TENNIS

    * Seniors wen 44-19 teen Jeugland

    * Juniors wen 41-22 teen Jeugland

    SKAAK

    * Seniors wen 3-2 teen Noordheuwel

    * Juniors verloor 2-3 teen Noordheuwe

    TENNIS

    * Seniors wen 44-19 teen Jeugland

    * Juniors wen 41-22 teen Jeugland

    Ons tema vir die week is Volkie-karakter. ‘n Ware Volkie sal ten alle tye en in alle omstandighede die belange van ons pragtige skool op sy/haar

    hart dra. ‘n Ware Volkie se karakter word in die volgende kenmerke weerspieël omdat hulle bereid is om verantwoordelikheid en eienaarskap te

    neem: is betrokke en presteer na vermoë

    is betrokke op alle terreine

    is ten alle tye volgens die gedragskode geklee

    groet altyd vriendelik

    gebruik geen kru taal nie

    dra die skool se beeld met trots uit

    is lojaal, eerlik en opreg

    respekteer ander

    leef Christelike waardes en karakter uit

    het ‘n “groenbloed” Volkiehart

    is trots op Volkieland

    UIT DIE HOOF SE KANTOOR

    SPORTPRESTASIES

  • OPEDAG VRYDAG 3 MEI 2019

    18:00