20

Bfees 2014 issuu

Embed Size (px)

DESCRIPTION

BOSVELDFEES 2014

Citation preview

Page 1: Bfees 2014 issuu
Page 2: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za

Jou gat my skat!

Die komedie Jou gat my skat! kom uit die pen van Barry van Rensburg wat reeds twee baie suksesvolle verhoogstukke die lig laat sien het.

Annale van ‘n Windgat het gehore landwyd laat skaterlag en Ballade van ‘n Bangat het aan Tobie Cronje ‘n Fiesta prys vir beste eenmanver-toning besorg.

Bosveldfeesgangers kan uitsien na die derde verhoogstuk in die reeks - hierdie keer met slapgat Cobus Venter en hardegat Marisa Drummond in die hoofrolle.

Jou gat my skat! is te sien in die Mogol Funksiesaal, Vrydag 11 Julie om 17:00.

Barry van Rensburg sê oor die stuk: Jou gat my skat! is ‘n komiese blik op twee uiteen-lopende pole in die samelewing: hardegat en slapgat. Jy gaan aspekte van jouself en jou ver-houdings herken, want daar’s ‘n dosis hardegat of ‘n knypie slapgat in elkeen van ons.

Teenoorgesteldes trek mekaar gewoonlik aan, want ons het mekaar nodig om daardie leemtes te vul en die prentjie van die lewe te voltooi.

Marisa Drummond is briljant as die hardegat vrou wat getroud is met ‘n slapgat man, gespeel deur Cobus Venter.

Dit handel oor die intrigues en woordestryd tussen die twee teenpole in die samelewing.

Dit dek onderwerpe soos motorbestuur, huistake, konflik en krisishantering, en natuurlik seks.

Al drie plays is vloekwoordvry en stuur weg van enige banaliteit. Dis voel-goed produksies, sonder om ooit pedantries of prekerig te wees. Dis fyn humor wat mense aan die dink sit.

2

VoorwoordThe Bushveld Festival is a

magical event - of that there is no doubt. But, we do still face obstacles. We suppose it’s a lot like a day on the beach – magical and amazing!

Maar dan is daar ook die sonbrand, die krapperige sand in die swembroek, koue water, warm sand en miskien ‘n magie wat beslis nie meer soos ‘n ‘six pack’ lyk nie! Ons kan na hierdie uitdagings kyk en dit kan ons dag op die strand of by die fees bederf.

Or we can look for the stepping stones – and it will be magical!Die Bosveldfees bied u hierdie jaar weereens Landbou en kom-

mersiële stalletjies, toneel, kunstenaars uit die boonste rakke, ‘n 4X4 kompetisie, pret en vermaak en ‘n glinsterende vuurwerkvertoning. Die Bosveldfeeskomitee nooi u hartlik uit na die 2014 Bosveldfees!

- Voorsitter Marié Seegers en onder-voorsitter Tienie du Plessis

Page 3: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 3

Page 4: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za4

Page 5: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 5

Soos elke jaar word Mej Bosveld by die Bosveldbal glansgeleentheid in Lephalale gekroon.

Hierdie jaar is die tema van die bal

“Gatsby” en beloof om ‘n onvergeetlike aand te wees.

Die gaskunstenaar vir die aand is self ‘n skoonheid en ook nie onbekend hier in die Bos-

veld nie. Zita, die voormalige sangmaat van Rudi Claase gaan gaste vermaak met haar pragtige stem. Sy en haar man, Burgerd – voorheen van Romanz - gaan ook saam by die fees optree.

Lenie Pieterse, Mej Bosveld 2010 en welbekend in skoonheidskringe, is die organiseerder van die 2014 Mej Bosveld kompetisie en het die 14 finaliste afgerig. Lenie is onlangs aangewys as ‘n nasionale semi-finalis vir die “Miss Earth 2014” se ontwikelings- program.

Die beoorde-laars is Yolandi Pretorius, Retha Weideman, Jacques du Plessis en Pam du Plessis.

Kaartjies is beskikbaar teen R 250 per person en die verigtinge begin 18:00.

Page 6: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za6

Page 7: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 7

Page 8: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za8

Bosveldfees 2014 se Babas

Blommetjies en Bulletjies Mieshke Smit 0-3 mnde Lhea Smit 0-3 mnde EJ Smith 0-3 mnde Mieke Visagie 4-6 mnde Michelle von Vliet

4- 6 mnde

Zuane Rossouw 7-12 mnde

Venique van der West-huisen 7-12 mnde

Mia Lotter 7-12 mnde Kayla Jansen 7-12 mnde

Elizandri Marnitz 7-12 mnde

EJ Heystek 7-12 mnde

Dawid du Plessis 7-12 mnde

Bradley Goddard 7-12 mnde

JJ Van der Walt 13-18 mnde

Ryan Smit 13-18 mnde

Johanke Pretorius 13-18 mnde

Gerhard Ehlers 13-18 mnde

Niel van Deventer13-18 mnde

Jayden de Jager 13-18 mnde

Hermandi Pretorius 13-18 mnde

MC Bester 19-24 mnde Kayleen Hattingh 19-24 mnde

Iman Abouhagar 19-24 mnde

Wian Schutte 19-24 mnde

Otshepegile Mokopane 19-24 mnde

Lente van der Walt 7-12 mnde

Leane Botha 7-12 mnde

Keegan Gouws 4-6 mnde

Junior Burger 19-24 mnde

Lee-Chane van der Westhuizen 25- 36 mnde

Juanel Cronje 25-36 mnde

Chiquetah-Lee 25-36 mnde

Caleb Pieterse25-36 mnde

Mogomotsi Mohlaka 19-24 mnde

Marnu Ungerer 19-24 mnde

Page 9: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 9

Luane van Rooyen 13-18 mnde

Zander Fouche 4-6 mnde

Reghardt Burger 13-18 maande

Melissa Schutte 7-12 mnde

Ndiwashu Rokho 4-6 mnde

Mine Campher 7-12 mnde

Michelle Schutte 7-12 mnde

Lorenzo Basson 4-6 mnde

Liam Viljoen 13-18 mnde

Deon Willemse 13-18 mnde

Andrien Pavier 13-18 mnde

Melandi Denton19-24 mnde

Daniella Bezuidenhout 19-24 mnde

Alex Buys 19-24 mnde

Zoe-Lee Hope Sheperd13-18 mnde

Chrisri Meyer25-36 mnde

Lumari-Lee Basson25-36 mnde

Michael de Jager25-36 mnde

Page 10: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za10

Page 11: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 11

Page 12: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za12

Bosveldfees 2014 se Babas,Blommetjies en Bulletjies

CF Kruger25-36 mnde

Megan Bosman 25-36 mnde

Justin Gouws25-36 mnde

Lume Myburg25-36 mnde

Wian Prinsloo Bulletjie

Ryan BuysBulletjie

Phillip LootsBulletjie

Hanraux WentzelBulletjie

Darren van VlietBulletjiea

Colin RobinsonBulletjie

Francois CampherBulletjie

JD Vreugdenburg25-36 mnde

Caden ShepherdBulletjie

Viaud BredenkampBulletjie

Page 13: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 13

Kaylen EhlersBlommetjie

Lee-Mari MeyerBlommetjie

Simone SchuuteBlommetjie

Llewellynn QuickBlommetjie

Michelle EnslinBlommetjie

Kera PrinslooBlommetjie

Lynette StrauchBlommetjie

Chante WillemseBlommetjie

Millisha RobinsonBlommetjie

Kayla VenterBlommetjie

Kaylee FreckletonBlommetjie

Leanne Mari EhlersBlommetjie

Boadesia PatenBlommetjie

Elize KrugerBlommetjie

Charne StoopBlommetjie

Chloe Whiting Blommetjie

Page 14: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za

Juanita du PlessisSy is die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om twee-miljoen albums in SA te verkoop. Juanita is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en Vrydag 11 Julie om 21:00 kom draai sy by die Bosveldfees in Lephalale. Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . Met haar tweede album “Ek en jy” is dit veral die liedjie Ska-Rumba wat haar gewildheid die hoogtes in laat skiet.  ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nommer-1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke in ‘n ry bo-aan bly. Bykans elkeen van haar albums bereik platinum status. Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007) word aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye. Die uiters talentvolle kunstenaar is geliefd by Afrikaanse gehore juis oor haar nederigheid en toewyding. Juanita se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in SA.

14

Bosveldfees Kunstenaars

Gerhard SteynHulle noem hom die Platinum Prins van Afrikaanse musiek en sedert sy debuut in 2000 is Gerhard Steyn een van SA se sukses-volste sanger-liedjieskrywers. Met nege albums is hy gewild by oud en jonk.

Gerhard vertel dat hy al op 16 met ‘n bokskitaartjie en ‘n kitaar-handleiding langs hul swembad by sy ouerhuis op die platteland sy loopbaan begin het.

Buiten optredes, liedjies skryf, oorklankingswerk, akteur wees (Sewende Laan en in Frans Marx se reeks The Res), was hy ook ‘n vrys-kutjoernalis vir Vonk tydskrif. As liedjieskrywer is van sy werk deur Dozi, Robbie Klay, Karin Ferreira, Annel Botha, Rudi Muller, Ricky Faber, Wynand Strydom en Helene Bester opgeneem. Gerhard Steyn tree Woensdagaand by die Bosveldfees in die Biertent op.

Izak DavelOns het Izak Davel leer ken as Scab in die M-Net-sepie Egoli: Plek van goud. Hy het ook aan die realiteitsreeks Survivor South Africa deelgeneem en op die grootskerm die hoofrol in Getroud met rugby: Die onvertelde storie gespeel. As sanger het Izak reeds vier albums en verskeie toekennings op sy kerfstok.

Aanhangers moet beslis nie sy optrede Woensdagaand, 9 Julie in die Biertent misloop nie. Hier kan julle uitsien na vermaak uit die boonste rakke wanneer hy van sy treffers op sy vierde album ‘Jy’s My Lewe’ en ander ou bekendes gaan sing.

Met sy albums “Ken jy my?” “Verlore Harte” en “Vreesloos”, het Izak reeds homself gevestig as een van ons land se gewildste kunstenaars.

KwaggabeesHulle beskryf hulle eie musiek as: “Afrikaanse musiek met karakter.” Righard van Heerden en Hennie Dippenaar is Kwaggabees. Twee jong Afrikaner manne wat n passie vir musiek en die Afrikaanse taal gevind het.

Die twee vriende van die dorpie Parys het die projek saam aangepak en Kwaggabees is in die Lente van 2012 gebore. Liedjies soos Boesman se lovesong, die plaas in die Hartsvallei, die wind Kromdraai en My land waar die kranse antwoord gee is musiek wat jou laat verlang na jou oupa se plaasdam.

Kwaggabees is vir oud en jonk en jy kan hulle te sien kry Woensdagaand 19:30 in die Biertent!

Riaan van RensburgOns ken hom as die jong man wat die dromme met soveel geesdrif op Noot vir Noot slaan. Met ouers soos Johan van Rensburg en Rina Hugo is dit geen wonder dat die talentvolle musikant vandag gehore betower met sy vernuf nie. In die Afrikaanse mark het hy saam met bekendes soos Pieter Smit, Dozi, Johan Stemmet, Rina Hugo, Laurinda Hofmeyer en Anton Goosen getoer. Hy tree Donderdagaand by die Bosveldfees op.

Page 15: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 15

Adam TasSy liefde vir musiek het begin met ‘n fietsongeluk wat hom vir weke buite aksie gelaat het. Om die ure om te kry het hy ‘n kitaar opgetel en homself leer speel. Maar mus-iek - erken hy - was nooit deel van sy toekomsplanne nie. Dit was egter by ‘n vertoning van Valiant Swart dat Adam Tas besef het, musiek is wat hy met sy lewe wil doen. Sy eerste album, “Memories in ‘n menthol” het soos soetkoek verkoop. Adam het nie net ‘n warm stem nie, maar ook ‘n talent-volle skrywershand.

Bosvelders sal veral met hom identifiseer aangesien hy ‘n passie vir die natuur en wild het. As gekwalifiseerde wildbewaarder, teel Adam saam met sy pa nyalas, swartwitpense, skoon oos afrika buffels en ander wildsoorte. Hy jag ook graag met ‘n boog.

Adam Tas se nuwe album “Want jy is boer” is reeds ‘n topverkoper. Moet Adam Tas Don-derdagaand in die Biertent misloop nie.

DJ OssewaDJ Ossewa is al ‘n huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf en is Sater-dagaand 12 Julie om 20:00 by die Bosveldfees te sien.

Hierdie manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Die storie van Daniel Jakobus van Ossewasrus en sy ewe bek-ende buurman “Die leeuboer” vermaak gehore al vir jare.

Dit is dus geen wonder dat die nuutste toevoeging tot die groep presies dieselfde doen nie. Die plaaslike vearts; Vet Frik het besluit om sy praktyk op Ossewarus te verlaat en sy kragte ook in te span vir ‘n nuwe, vars en onvergeetlike vertoning. Die eindresultaat is natuurlik weereens ‘n wenresep wat gehore, oud en jonk, laat huil van die lag en sorg vir ure se vermaak.

Met hul Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het DJ Ossewa ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark. En die groep se gewildheid groei daagliks.

Page 16: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za16

Page 17: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 17

Page 18: Bfees 2014 issuu

Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za18

Kom wys jy kan 4x4Die Bosveldfees se 4x4 kompetisie word op Saterdag 12 Julie aange-bied en begin om 06:30 by die Mogol Klub terrein.

Die hoë standaard gepende kompetisiebaan bied aan deelnemers 10 hindernisse vir kort en lang-as standaard en aangepaste viertrekvoertuie. Die gunsteling gedeelte van die baan vir deelneemeers en toeskouer is die berugte Moddergat waar vele al vasgeval het. Hindernisse bestaan uit stelle “hekke” waardeur voertuie moet beweeg sonder om daaraan te raak. Elke deelnemer begin met ‘n punte balans van 100 punte en met elke fout word punte afgetrek. Die wenner is uiteindelik die deelnemer met die meeste punte. Daar is ook ‘n tydsbeperking.

Organiseerders waarsku dat daar beperkte inskrywings van slegs 15 voertuie per klas is. Inskrywingsgeld is R250 per voertuig as jy voor die 4de Julie inskryf en as jy op die dag van die kompetisie inskryf is dit R350. Vorms is beskikbaar by www.4x4ellisras.co.za en daar is hierdie jaar groot pryse te wen.

Boerbokke te koopDie Bosveld Boerbokklub aanteelveeveiling is elke jaar ‘n hoogtepunt by die Bosveldfees. Hierdie jaar word 177 boerbokramme en –ooie en 14 Kalahari Reds, 1 ram en 13 ooie te koop aangebied. Die veiling vind plaas op Vrydag om 11:00. Die afslaer is Stefan Greyling.

Baie wild by hierdie jaar se Wildveiling

Soos verlede jaar word die Bosveldfees Wildveiling in die Mogolfunksie saal op Saterdag 5 Julie van 11:00-14:00 aangebied. Organiseerders is dit eens dat die Waterbokke hierdie jaar baie besonders is.

Drie waterbokbulle en 15 koeie - wat uit ‘n kamp kom waar bulle tot 35” meet en so ‘n bul onlangs op ‘n veiling vir R110 000 verkoop is - sal te koop aangebied word. Die afslaer is Allan Sinclair.

Te koop aangebied by die veiling is: 18 Waterbokke, 25 Elande, 7 Livingstone Elande, 30 Blouwildebeeste, 10 Blouwildebees splitgeen koeie, 22 Njalas, 30 Sebras, 30 Rooibokke, 36 Gemsbokke, 5 Bosbokke, 24 Koedoes, 10 Rooihartbeeste. Per katalogus: 2 Swartwitpensbulle, 2 Baster-gemsbokbulle, 1 Witrenosterbul en 3 Kameelperde.

Page 19: Bfees 2014 issuu

www.noordnuus.co.za Bosveldfees 2014 / Bushveld Festival 2014 Noordelike Nuus/Northern News 19

Page 20: Bfees 2014 issuu

20Noordelike Nuus / Northern News Bosveldfees 2013 / Bushveld Festival 2014 www.noordnuus.co.za