12
www.bolandgazette.co.za bolandgazette.mobi Breederivier Year 18 • 24 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212 Trokdrywer ernstig ná botsing met Merc HILDERINE SCHRÖDER Paramedici en werkers wat hulle bygestaan het, het Maandagoggend alles in die stryd gewerp om die bestuur- der van ’n vragmotor te bevry ná hy onder die voorwiel van dié reuse-voertuig beland het. Dit is steeds onduidelik wat tot die botsing tussen die vrag- motor en ’n wit Mercedes net buite Robertson op die McGre- gor-pad gelei het, sê kapt. Mar- chel Klaasten van die Robert- son-polisie. Dit blyk in hierdie stadium of die bestuurder van die Mercedes beheer oor dié voertuig verloor het waarop dit voor die vrag- motor beland het. Die bestuurder van die vragmotor het probeer uitswenk, maar kon nie ’n bot- sing vermy nie. Hy het eers die Mercedes getref en daarna ’n boom langs die pad. Die impak van dié botsing het die kajuit van die vragmotor oopgeruk. Die bestuurder het uitgeval en met sy een been on- der die voorwiel van die vrag- motor beland. Nooddiensperso- neel het verbete geveg om die man te bevry. Hy is met ernsti- ge beserings na die Robertson- hospitaal gehaas. Die drie insittendes van die Mercedes het ligte beserings in die voorval opgedoen en die be- stuurder van dié voertuig is ook na die hospitaal geneem. Die bestuurder van dié voertuig het gekrul van pyn terwyl nooddienswerkers geveg het om hom onder die wiel van die vragmotor te bevry. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER Dit is steeds onduidelik wat tot die botsing tussen dié Mercedes en die vragmotor gelei het. Die beseerde vragmotorbestuurder is op die ongelukstoneel gestabiliseer voor hy na die Robertson-hospitaal gehaas is.

Breederivier gazette 24 jun 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Breederivier gazette 24 jun 2014

Citation preview

Page 1: Breederivier gazette 24 jun 2014

www.bolandgazette.co.zabolandgazette.mobi

Breederivier

Year 18 • 24 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

Trokdrywer ernstigná botsing met MercHILDERINE SCHRÖDER

Paramedici en werkers wathulle bygestaan het, hetMaandagoggend alles in diestryd gewerpomdie bestuur-dervan’nvragmotortebevryná hy onder die voorwiel vandié reuse-voertuig belandhet.

Dit is steeds onduidelik wattot die botsing tussen die vrag-motor en ’n wit Mercedes netbuite Robertson op die McGre-gor-pad gelei het, sê kapt. Mar-chel Klaasten van die Robert-son-polisie. Dit blyk in hierdiestadium of die bestuurder van dieMercedes beheer oor dié voertuig

verloor hetwaarop dit voor die vrag-motor beland het. Die bestuurder

van die vragmotor het probeeruitswenk, maar kon nie ’n bot-sing vermy nie. Hy het eers dieMercedes getref en daarna ’nboom langs die pad.Die impakvandiébotsinghet

die kajuit van die vragmotoroopgeruk. Die bestuurder hetuitgeval enmet sy een been on-der die voorwiel van die vrag-motorbeland.Nooddiensperso-neel het verbete geveg om dieman te bevry. Hy is met ernsti-ge beserings na die Robertson-hospitaal gehaas.Die drie insittendes van die

Mercedes het ligte beserings indie voorval opgedoen en die be-

stuurder van dié voertuig is ook nadie hospitaal geneem.

Die bestuurder van dié voertuig het gekrul van pyn terwyl nooddienswerkers geveg hetom hom onder die wiel van die vragmotor te bevry. FOTO’S: HILDERINE SCHRÖDER

Dit is steeds onduidelik wat tot die botsing tussen diéMercedes en die vragmotor gelei het.

Die beseerde vragmotorbestuurder is op die ongelukstoneel gestabiliseer voor hy na die Robertson-hospitaal gehaas is.

Page 2: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 24 Junie 20142

Plaaslike man sterf in die VSAHILDERINE SCHRÖDER

Toe Elphia du Plessis van Robert-son verlede Maandag (16 Junie)nog met haar seun Lihan (27) ge-grap het oor die koste van ’n langoproep vanuit Amerika, het synooit kon dink dat sy bietjie meeras drie ure later die verpletteren-de nuus van sy dood sou kry nie.Lihan is dood in ’n fratsongeluk

in ’n mieliesilo op ’n plaas buiteWashburn inNoord-Dakota,Ame-rika. Hy was besig om ’n kors teverwyderwat op diemielies in diesilo gevorm het toe diemielies on-der hom begin meegee het en hydaarinweggesakenversmoorhet.“Ons vat dit maar dag vir dag,”

het Elphia vandeesweek aan dieGazette gesê. Kort voor sy doodwas hy weer verspot tydens hullaaste gesprek, vertel sy. “Ek hetnog gesê hy moenie so lank praatnie, want ’n oproep uit Amerikais duur, maar hy het gelag en gesê‘Agmyouma,ekverlangnetnajou’.”

Lihan was altyd ’n happy-go-luckymens, vertel Elphia. “Ek dink nie hyhet enige vyande gehad nie. Hy het’n vreeslike groot vriendekring ge-

had en hulle was almal vriénde, nienet kennisse nie. Hy het só ’n groothart gehad. Almal het altyd gesê hyis ’n gentle giant.”Landbou was een van Lihan se

groot liefdes, sê Elphia. Hy het asklein seuntjie op ’n plaas buiteBarkley-Wes ’n passie hiervoorontwikkel, voeg sy by. Hy het syskoolloopbaan aan die Hoër Land-bouskool Jacobsdal voltooi. “Hywas ongelooflik gelukkig hiér.”Lihanseanderpassiewasrugby.

Hyhet nie net destyds vir die skoolse eerstespangespeelnie,maarhetook vir die Griffons se o.21-spanuitgedraf,waarnahyvirGriekwasse o.21-span gekies is. Meer on-langs, vertel Elphia met ’n laggie,het hy sy hand aan Amerikaansevoetbal gewaag. Hy het die Sater-dag voor sy dood sy eerste wed-stryd vir die Bismarck Wolves ge-speel. “Die klub het ná sy dood ’nspesiale kersligseremonie vir homgehou en die nommer op sy truiwaarin hy gespeel het sal nou synebly. Dís hoe vinnig hy ’n impak opdie span gehad het.”Lihan, sê Elphia, was geweldig

vasberade. “Hy het altyd doelwittevir homself gestel en dán alles in diestryd gewerp om dit te behaal.”’n Troosdiens word Vrydag by die

NG gemeente Langenhovenpark inBloemfontein gehou.

Lihan du Plessis

Geliefde medisyne­man oorledeANNELDA GROOTBOOM

Die skielike dood van die geliefdedokter John J Snyders (52), twee we-ke gelede aan ’n hartaanval, het diegemeenskap van Robertson geruk.Snyders is op 12 Desember 1961 in

Bredasdorp gebore en het hom in1983 in Robertson kom vestig waarhy by die Langeberg SekondêreSkool begin het met sy onderwys-loopbaan.Vir die 18 jaar wat hy skool gegee

het was hy biologie vakonderwyseren was hy ook betrokke by die skoolse sokkerspan en het hy dié tot groothoogtes geneem. Weens die feit dathy gesondheidsprobleme ondervindhet, het hy sy onderwysloopbaan opdie ouderdom van 39 jaar vaarweltoegeroep. Maar hy het nie gaan stil-sit nie enhet sy studies in privaatregenopvoedkundeaanUNISAvoortge-sit,waarhy syBAgraadverwerf het.Daarna het hy as doktor gekwalifi-seer in natuurlike wetenskappe.

Snyders was dieeerste natuurlike me-disyne dokter in Ro-bertson en het sypraktyk in 2010 by syhuis oopgemaak. Hyhetookoorbaieanderkwalifikasies beskik,soos sy dokter-kwali-fikasie (D.N.M) enNMD, diploma in Na-turopotie (N.D.) en di-ploma in natuurlikemedisyne (D. NatMed).Sy vrou, Frances, beskryf haar

manas ’n liefdevolle,georganiseerdeen privaat mens. Hy het altyd uit sypad gegaan om ander mense geluk-kig te maak en hul dag op te kikkermet sy grappe. Laggend vertel sy dathy gewoonlik gesê het dat sy studiessy stokperdjie is. “Sy stemendiema-nierhoehyonsaltydgeroephet gaanons baie mis.” Wat sy nooit sal ver-geet nie is die dag van sy afsterwe.

Hywasbaie joligenop-gewonde, hy het methul as gesin gaanuitryen die nuwe huis wathy vir hul wou koopgaan wys.Hy was betrokke in

die gemeenskap enwas die stigter van dieWatsonians sokker-klub, waar hy ookvoorsitterwas.Hywasook klubkaptein vanRobertson-rugbyklub.Volgenssy jarelange

vriend en kollega, Japie Snyman,wat hom in 1983 bydie skool ontmoethet, was hy ’n baie uitgesproke,vriendelike, intelligenteenaangena-me mens.Benewens sy vrou, word Snyders

oorleef deur sy dogter, Jo-Fran, enkleindogter, Zakiyyah, op wie hybaie versot was. Snyders se begraf-nisdiens is verlede week gehou uitdie Langeberg Skoolsaal.

Dr. John Snyders

VRIENDE HERENIG: Vier-en-vyftig jaar ge-lede is ’n groep vriende saam as lede vandie Anglikaanse Kerk op Robertson voor-gestel. Min sou hulle kom dink dat hulle54 jaar later tydens ’n verjaardagpartytjiehier herenig sou word. Van links is HendrikJoseph, Klara (neé Joseph) Maans, Abra-ham Fortuin en Chrissie (neé Fortuin)Abrahams. Op die ander foto is hulle (indieselfde volgorde) tydens hulle voorstel-ling in 1960.

Sakeman het metpassie geleefHILDERINESCHRÖDER

’n Groot sederhet verledeweek geval metdie dood vanGeorge Stra-chan (60), ’n be-kende sakemanvan Robertson.

Oom Georgie,soos hy alom be-kendgestaanhet,is verlede Don-derdag (19 Junie)aan ’n massiewehartaanval oor-lede.Volgens Stra-

chan se vrou, Ca-rine, was haarman die betrok-ke dag in Botri-vier toe hy beginsleg voel het. Oppad terug huis toe het sy toestandverslegenhethybesluitomnadiehospitaal op Worcester te gaan.Hyhet egter nie betydshiér uitge-kom nie. Polisiebeamptes hethom dood in sy bakkie aangetrefná ’n verbyganger dit net buiteWorcester opgemerk het en diepolisie ontbied het. ’n Nadoodseondersoek het gewys dat hy aan’n hartaanval en aneurisme be-swyk het, sê Strachan.Dit was nie net as eienaar van

Robertson Voorsieners wat oomGeorgie wyd bekend was nie, hyhet ookbekendheidverwerf as ge-dugte teenstander indie skouringwanneer hy met sy geliefde Jer-seybeeste en skouhoenders mee-geding het. “Hywas passievol oorsy deelname aan skoue en het ’nverstommende vermoë gehad ommet diere te werk. Sy kennis vandiere het my altyd verbaas, want,soos in sy eie woord: ‘As ek homeen keer gesien het, onthou ekhom’.”Benewens sy liefde vir Jersey-

beeste het oomGeorge ook ’n pas-

sie vir saalper-de gehad en hethy jaarliks nadie Suid-Afi-kaanse kampi-oenskappe inBloemfonteingaankyk,alhethynooit ’nperdvan sy eie besitnie.Hywasook’n bekende induiwekringe.

Oom Georgeis gebore en ge-toë op Robert-son. Hy het syskoolloopbaanaan die LaerSeunskool enHoërskool Ro-bertson onder-skeidelik vol-tooi enwasdes-jare kapteinvan sy skool seeerste rugby-

span.Haar man sal onthou word as

iemand wat geweldig hardwer-kend was, sê Strachan. “En hywas altyd bereid om iemand an-ders te help. Hy het nóóit nee gesênie en dikwels gehelp sonder datenigiemanddaarvangeweet het.”Oom George, sê Strachan, se

gunstelingwoorde was “Jy moetalles wat jy aanpak met ’n passiedoen,” dít het hy elke dag sélf toe-gepas. “Hy het niks half gedoennie, maar alles voluit aangepak.”In die gerugte dat oom George

voor of ná sy dood beroof is, steekgeen waarheid nie, sê Strachan.OokdieWorcester-polisiehetont-ken dat dít die geval was.’nHerinneringsdienswordmô-

re (Woensdag) om11:00 vanuit dieRobertson Moedergemeente ge-hou. Benewens sy vrou laat hyook drie dogters, Renee Steen-kamp, Elrise Stears en Janine deBruin, sy ma, Ellen Strachan,broer en vier susters, sewe klein-kindersenskoonseunsPietSteen-kamp en Robert de Bruin, agter.

George Strachan

Page 3: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 24 Junie 2014 3

Vandale teiken Robertson-middedorpHILDERINE SCHRÖDER

Robertson semiddedorp blyk tans die tei-ken te wees van vandale wat onder meerwinkelruiteuitgooienvoertuiebeskadig.

Verskeie voorvalle van dié aard is die afge-lope tyd by die Robertson-polisie aangemeld,sê lt. CynthiaMngcele, polisiewoordvoerder.Etlike ondernemings sowel as ’n voertuig enmotorfiets het binne ’n week onder vandaledeurgeloop. Hieronder tel SilwerskoonDroogskoonmakers, Muller Baard Du Toit

Ingelyf Prokureurs, Milady’s en Shoprite.Volgens Marietjie Kannemeyer, reken-

meester by Muller Baard Du Toit, moes diéfirma se voordeur teen ’n koste van sowatR1 000 vervang word ná vandale dit gebreekhet. Dit blyk dat die deur stukkend geslaanis aangesiendaarniks binnedie kantoor gelêhet waarmee dit moontlik uitgegooi is nie,sê sy.Silwerskoon Droogskoonmakers is R500

uit die sak gejaag weens ’n venster wat ver-vang moes word, sê die eienaar, Hein Stipp.“Dis geld wat uit jou eie sak kom want dis

te min om van die versekering te eis.”Wat die motief vir die vandalisme is, is on-

duidelik sê Mngecele, aangesien dit nie lykof die boewe die persele betree het óf iets ge-steel het nie.Die sinneloosheid van die vandalisme

slaan die betrokke eienaars dronk. “Ek kannie verstaanwat se genot iemanddaaruit putom ’n plek se ruit uit te slaan nie,” sê Stipp.“Dit maak jou moedeloos, want wat moet jynou nóg doen?” sê Kannemeyer op haarbeurt.Kannemeyer het die plaaslike polisie ge-

loof vir sy vinnige optrede toe dié firma sevoordeur beskadig is.“Ons kan regtig trots wees op Robertson

se polisie. Hulle was self later die dag weerhier om te kyk of alles reg is. Ek dink nie onswaardeer hulle genoeg nie.”Die polisie doen ’n beroep op die gemeen-

skap om op te let na enige mense wat verdagvoorkom en die polisie te bel indien só ie-mand opgemerk word.Mense word ook versoek om die polisie te

kontak indien hul enige inligting oor dievoorvalle het.

ERRATUM: Die Gazette het by verlede week se foto van dié ongelukstoneel verkeerdelik berig dat daar’n passasier in dié voertuig was. Die bestuurder van die Toyota-bakkie wat in ’n sloot beland het ná hyvir ’n aankomende taxi moes uitswaai, was alleen in die voertuig tydens die voorval. DieGazette vra verskoningvir enige ongerief veroorsaak.

Page 4: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 24 Junie 20144

Gretchen is derde finalisANNELDA GROOTBOOM

’n Glimlag op haar gesig en oëwat flikker vertel dat haar ho-erskoolliefde, Shane, haar voe-te onder haar uitgeslaan het.

Gretchen Williams (neé Okto-ber), van Robertson, is verledeweekgekiesasdieGazettesederdebruidskompetisie-finalis.

Gretchen en haar man, Shane,het mekaar einde Desember 2001ontmoet. In die begin van die ver-houding was dit baie onskuldige liefde, tot hulvyf jaar uitgegaan het en sy besluit het as syeendag gaan trou, haar lewensmaat dieselfdekwaliteite as Shane moet hê. Shane, vertel Gret-chen, is die stil, saggeaarde en kalm persoonin die huwelik en hy ondersteun haar geweldig.

Die paartjie moes ’n jaar voor hul huwelik’n lang-afstandverhouding – met Shane wat ’n

’nbeamptebydieRondebosch-poli-sie is en sy in Robertson – oorbrug.Tóg het dinge goed uitgewerk.

In 2012 het Shane haar voor dieNG Moedergemeente in Kerk-straat gevra om te trou. Sy het ge-dink omdat hul vir meer as 10 jaaruitgegaan het, hy haar tog eendagsou vra om te trou, maar sy wassteeds baie verras toe hy op syknieë gesak het met die verskoningdat sy been pyn.

Hulle het op 23 November verle-de jaar die knoop deurgehaak. Hul

troumaand is vir haar van sentimentele waar-de, want haar ouers het ook in November afge-haak en is al vir meer as 30 jaar getroud. “Asdit vir hulle gewerk het kan dit ook vir ons.”

Gevra hoe sien sy die huwelik antwoord sydat ’n huwelik waar God eerste gestel word,altyd sal werk, want dis jy, jou man en God indie huwelik.

Gretchen Williams

Lesers stem vir nog ’n bruidValleiers het dié week opnuutin groot getalle gestem om hulgunsteling bruid in dieGazette se Bruidskompetisie,wat in samewerking met dieRobertson Lenteskou aange-bied word, aan te wys.

Dié week se finalis is Am-ber Terblanche.

Sý staan saam met Gret-chen Williams, Widad Preto-rius en Eldorette Swartz diekans om op 10 Oktober by ’ngalageleentheid by die Lente-skou as wenbruid gekroon teword.

Alle bruide wat van Julie2013 tot Augustus 2014 ge-troud is, kan inskryf vir diékompetisie.

Bruide wat in Robertson,Montagu, Ashton, Bonnieva-le en McGregor woon, kom inaanmerking vir die kompeti-sie. Die inskrywingsfooi isR60 per vollengte-foto.

’n Naweek vir twee tel on-derdieprysewatvirdieBruidvan die Jaar op die spel is. An-derpryseisondermeer ’ngra-tis bootreis van Viljoensdrift,geskenkbewyse deur APStipp,CountryStyles,Robert-son Apteek en Peckers/BonAppetit, ’n vrugtemandjievan Locarno Droëvrugte,twee bottels Four Cousins-vonkelwyn en ’n ysbak vanVan Loveren, gratis was- enblaassessies by Cathy & Sa-

rah’s Hair, ’n uurlange foto-sessie van C Photography, ’ngeskenkbewys van Cara-LeLinne ter waarde van R500 en’n wegbreeknaweek van Ri-vierzicht-rivieroord.

Vir meer inligting oor diekompetisie, bel AnneldaGrootboom by die Gazette sekantoor by 023 626 5212.

Omvir jougunstelingbruidte stem SMS die woord“Bruid” en die bruid se naamna 35405. SMS’e kos R1,50.Wenners word bepaal deur le-sers se stemme. Die Gazettehet geen invloed op die aan-wys van die wenners nie. Diebeslissing ten opsigte vanwenners is finaal.

Amber Terblanche is verlede weekas die nuutste finalis in die Gazettese Bruidskompetisie aangewys.

Lulinda Pockpas (née Carolus) vanRobertson het op 23 Novemberlaasjaar die knoop deurgehaak.

Mezaan Beneke (née Hoofd), vanRobertson, is op 20 Junie vanjaargetroud.

Page 5: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 24 Junie 2014 5

Skryf jou baba nou inIs jy oortuig jou kleinding is die oulikstein die Vallei? Dan is die Gazette se Baba-kompetisie nét die ding vir jou! Groot pry-se is op die spel in dié gewilde kompetisie,so moenie jou kans verspeel om daarmeeweg te stap nie.

Hierdie week se wenbaba is Priyanka RoseFloris. Sy staan saam met verlede week se fi-nalis, Jermaine Davids (in die kategorie 0-18maande) die kans om as algehele wenner indie onderskeie kategorieë gekroon te word.Die pryse vir die kategoriewenners sluit in

’n R250-geskenkbewys van Spur vir elke wen-ner, ’n Butterfly World-geskenkbewys terwaardevanR125, tweedoen-dit-self partytjiesvir 10 kinders van Beauty@Heart events vanWorcester (kliënt moet dit self gaan haal enaflewer), ’nuur lange fotosessie vir albeiwen-ners en hul gesinne deur Maryke Zeelie foto-grafie ter waarde van R450 elk, ’n geskenkbe-

wys vir ’n springkasteel vir ’n partytjie deurMadelein van Jaarsveldt (Mad About Cakes)en geskenkbewys deur Shoprite Robertson,wat ’n bababad en benodigdhede insluit.Valleiers wat hul kleindingwil inskryf kan

’ngesigfotovanhulbabanadieGazettesekan-toor by Paul Krugerstraat 22 (Absa-gebou)bring.Kleingoed dingmee in twee kategorieë: 0-18

maande en 18 maande tot drie jaar.Lesers sal van die Dinsdag wat die koerant

verskyn tot die volgende Maandag om 10:00virhulgunstelingbabaskanstemdeurBABA,gevolgdeurdiebabasenaam,na35405 teSMS.SMS’e kos R1,50.Die wenners word bepaal deur lesers se

stemme en dieGazette het geen invloed op dieaanwys van die wenners nie. Die beslissingten opsigte van wenners is finaal.Hierdie week se inskrywings is op bl. 10 te

sien.

Priyanka Rose Floris

Page 6: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 24 Junie 20146

Wacky ’n suksesHILDERINE SCHRÖDER

’n Groter fokus op aktiwiteitevir die meer ernstige wynlief-hebber, tesame met gunstigeweersomstandighede het ’nwesenlike bydrae gelewer totdie sukses van hierdie jaar seWacky Wine Weekend.

Dít is die opinie van Elizma Bo-tha, bestuurder van die Robert-son Wynvallei. Altesaam 16 701besoekers hetvanjaar op dieVallei toegesakvir dié hoogte-punt op wyn-liefhebbers sekalender, sowat60 meer as ver-lede jaar se be-soekertal en 500meer as in 2012.Volgens Bothawas daar ook ’nbeduidende toe-name in wyn-verkope by diedeelnemendekelders.Dít, sêsy,kanondermeertoegeskryfwordaandieverskerp-te fokusopernstigewynaktiwitei-te by vanjaar se fees. “Ons weetuit die ondervinding by anderfeeste dat dít iets is wat ernstigewynliefhebbers trek. Die indivi-duele aandag wat besoekers bydié aktiwiteite kry, dra ook by totwynverkope.” Volgens Bothahoop organiseerders van die feesdaternstigewynaktiwiteite indietoekoms toenemend sal groei.

Besoekers se terugvoering tenopsigte van die fees is só ver baiepositief, aldus Botha. Hoeweldaar ’n handjievol klagtes ont-vang is dat daar te min optredesdeur kunstenaarswas,was dié af-skaling ’n doelbewuste besluit, sêsy. “Die Wacky Wine Weekend is’n wynfees en dít is waarop die fo-kus moet bly.”Volgens Botha is die lae voor-

koms van voorvalle van dronkbe-stuurookverblydend.“Daarisuit

die staanspoorbaie gefokus opverantwoorde-likheid gedu-rende ons be-marking vandie fees. Onshet geen ge-heim daarvangemaak dat onsmet die ower-hede saam-werk nie.” Diefeit dat daar somin voorvallewas, voeg Bo-tha by, dui

daarop dat pogings om die mis-konsepsie die nek in te slaan datdaar groter verdraagsaamheidten opsigte van dronkbestuur salwees omdat dit ’nwynfees is, suk-sesvol was.Intussen sê dr. Deon Joubert,

voorsitter van die Robertson-sa-kekamer, die fees het ook ’n posi-tiewe ekonomiese inspuiting virplaaslike ondernemings tot ge-volg gehad. Die volgende fees isdie Robertson Slow in Augustus.

Hierdie jaar se Wacky Wine Weekendwas 'n reuse-sukses met ’n toenamein besoekers sowel as wynverkope.FOTO: BONITA MALHERBE

Inwoners se idees oor WêreldbekerHILDERINE SCHRÖDER

Met die wêreldbeker volstoomaandie gang, loop sokkerkoorswêreldwyd hoog en sit miljoe-ne geesdriftiges daagliks vas-genael voor die kassie – of opdie paviljoen vir die meer ge-lukkiges – omhul spanne te on-dersteun. DieGazette het by ’npaarValleiersgaanhoorofhul-le ook die wêreldbeker volg enindienwel,wie hul gunsteling-span is.

Hoewel sy nou en dan na vandie wedstryde kyk, sê Jackivan Rooyen, is sy nie eintlik’n sokkeraanhanger nie. “Ekverkies rugby en krieket,” sêsy.FOTO’S:HILDERINESCHRÖDER

Soritha Burger is glad nie ’nsokkerentoesias nie en hetnognieenige vandiewedstry-de in die wêreldbekerstrydgekyk nie.

Jonathan Hartzenberg is ’ngroot sokkeraanhanger. “Ekhet die meeste wedstryde sóver gekyk,” sê hy. “Die openingwas baie goed!” Sy gunste-ling span is Brasilië. “Ek dinkhúlle gaan wen,” meen hy.

Cindy Kleinsmith kyk net sodan en wan na van die wed-stryde, maar is nie juis ’n sok-keraanhanger nie. “Die wed-stryde is baie lank en dan isdaar dikwels aan die eindedaarvan maar net een doelaangeteken.” As sy ’n wen-span móét kies, sal dit Span-je wees, sê sy.

Sy geld is op Nederland, sêTyron Adonis. Hy volg die wê-reldbeker noukeurig en hetooknadie openingseremoniegekyk. “Dit was baie goed,maar nie naastenby so goedsoos die opening toe die wê-reldbeker in Suid-Afrika wasnie.”

Die opwinding wat met die wêreld-beker gepaard gaan,maak dat wed-stryde kykers trek,meen Fletcher daSilva. “Ek het nog nie die spannegoed deurgekyk nie, maar ek dinkBrasilië staan ’n goeie kans om tewen,” sê hy oor sy gunsteling-span.

Jacques Malan is nie juis ’nsokkerentoesias nie en volgnie eintlik die wêreldbekernie. “Ek het geen idee wiedalk gaan wen nie, maar dinkdit kandalk Spanje of een vandie ander Europese spannewees,” sê hy.

Page 7: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 24 Junie 2014 7

Bertie Nel is ’nman wat ’n glim-lagopbaiemensese gesigte sitdanksy die soortwerk wat hydoen. Hywoon al16 jaar in Robert-son.

) Wat maakdieLangebergvirjou spesiaal?Die berge,

mense en goeievriende.

)Watsoujy indieLangebergwouverander?Daar moet iets gedoen word aan misdaad

en die toestand van die begraafplaas.) As jy nie hier gebly het nie, waar sou jy

bly?By die see.)Watter werk doen jy en hoekom geniet jy

dit?Ek is ’n verkoopsbestuurder by Montagu

Toyota.Ekhouvankarreendit isaltyd lekkerommetmense te werk, en die smile opmensese gesigte as jy ’n nuwe kar aflewer.

)Watter driemense sou jy graag vir etewounooi (hede of verlede) en waarom?My vrou, sy staan altyd by my. Ma pa, hy

is al oorlede. Ekmis hombaie. JohanBakkes.Ek is mal oor sy boeke en sy wildtuin stories.

) Wat is die beste raad wat jy al gegee ofontvang het?Glo in jouself en dink groot.

Bertie Nel

)DieRobertson-polisiehouWoensdag(25Ju-nie) om 19:00 ’n imbizo in die Danie de Wet-saal. Puntewat ondermeerbespreek salwordsluit misdaadprobleme in die landelike ge-bied in, sowel as manier wat dié probleemmoontlik bekamp kan word.

) Twee mans is verlede week stewige boetesopgelê ná hulle in die Robertson-landdroshofskuldig bevind is op aanklagte vandiehandelin dwelms. Gideon Absalom (27) is tot 10 jaartronkstraf gevonniswat in geheel vir vyf jaaropgeskort is op voorwaarde dat hy nie aan ’nsoorgelyke misdryf skuldig bevind word nie.Hy is ook ’n boete van R30 000 opgelê wat hyin paaiemente van R2 000 per maandmoet af-betaal. In nóg ’n voorval is Danvill Beukman(19) ’n boete van R2 000 opgelê. Hy het ook 12maande tronkstraf ontvang wat in geheel virvyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hynie ’n soortgelyke misdryf pleeg nie.

) Die Montagu-polisie, in samewerking metdieRobertsonTafelrondeenMontaguToyota,hou op 23 Julie vanaf 18:00 tot omstreeks 21:00sy Winter Nights-projek. Tydens dié geleent-heid sal beamptes en lede van die Tafelrondein T-hemde en kortbroeke omvuurkonkas byMontagu Toyota te sien wees, simbolies vandie koue en ontbering wat hawelose menseop ’n daaglikse basis gedurende die winter-maande ervaar. Valleiersword genooi omdiéprojek te steun deur warm klere, komberseen nie-bederfbare kosprodukte sowel as kon-tantskenkingsbydiepuntbyMontaguToyotaaf te laai. Skenkings kan ook voor die tyd bydie Montagu-polisiekantoor afgelaai word.Mense word versoek om aan te dui vir watterarea hul donasies aangewend moet word.

Meet a localMeet a local

Bly te kenneBly te kenne

Page 8: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 24 Junie 20148

Op die bergfiets vir Herberg-kindersHILDERINE SCHRÖDER

’n Taai week lê voor vir 34 fietsryers watdié Saterdag (28 Junie) uit die Kaap gaanwegspringop ’n togvan647 kmtot inKnys-na.

Die CA 2 CX-bergfietsuitdaging sal deelne-mers met agterpaaie, waarvan sommige se ter-rein nogal uitdagend kan wees, vanaf die weg-springpunt by die Meerendal Wynlandgoed totin Knysna neem; net betyds vir die Oesterfeesse eie bergfietsuitdaging van 50 km, waaraandie ryers ook sal deelneem.

Hierdie jaar is daar vier Robertsonners, Ste-phen Weyers, Darren Kelly, Stanley Viviers enPhillip Grobbelaar, onder die deelnemers watdié moordende tog ten bate van die HerbergKinderhuis sal pak.

Dit is die tweede jaar wat die CA 2 CX-uitda-ging, wat al in sy agtste jaar is, ten bate vanHerberg is, sê Petro Uren, bemarker by die kin-derhuis. Boonop het die aantal deelnemers ookmeer as verdubbel met net 16 wat die roete ver-lede jaar getakel het.

Ryers betaal self – R7 000 – vir hul deelnameaan die toer. Deur borge te kry om ryers teenR1 per kilometer te borg, word verdere gelde

vir Herberg ingesamel. Dié gelde word vir diekinderhuis se studiefonds aangewend. Tweestudente trek tans voordeel uit die fonds, met’n derde wat moontlik ook aanstaande jaar ver-der gaan studeer. Volgens Uren is die mikpuntom vanjaar sowat R50 000 in te samel.

“Die geld wat ingesamel word stop baie gatetoe. Hierdie kinders het nie iemand anders wathulle kan help om vir hulle studies te betaalnie en hulle kan net vir sóveel beurse aansoekdoen.”

Enigiemand wat belangstel om ryers te borgkan Uren by 023 626 3140 bel of stuur ’n e-posna [email protected].

Die Ca 2 CX-bergfietstoer ten bate van die HerbergKinderhuis vertrek dié naweek uit Kaapstad. Die 34deelnemers sal bykans 650 km in ses dae aflê.

Page 9: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 24 Junie 2014 9

Get your 60s gear on for hospice’s fundraising ‘jol’WhenAntonetteGreenawaystartedonher650 km journey in aid of the Breede RiverHospice, nobody thought that this actwould touch so many hearts.

TheGazette reported onAntonette’s journeyinMarch thisyear.While shewasrunningeve-ry step of the journey between Port Elizabethto Robertson, supporters were invited to spon-sor her for every kilometre she completed.

Although she completed the journey inMarch supporters were offered the opportuni-ty to keep sponsoring this fund-raising effortand this they did, says Charmaine Little,

events andmarketingmanager at the hospice.“Our last calculation of funds received wasdone on 23 May and we are proud to say thatwe have raised an amount of R48 413. That’samazing and there are still funds coming in!”

Thehospicehasmanyexpenseswith limitedreserve funds to cover itsmost basic operatingcosts, Little states. “We need to ensure that wehave at least enough to cover a minimum ofthree months’ expenses. This totalsR1 050 000.”

One of the hospice’s biggest expenses is theupkeep of its vehicles. “Our vehicles travel12 500 km per month and our fuel and mainte-

nance costs are very high. We have recentlyreplaced some of our older vehicles due to highmaintenance costs. There are still replace-ments thatneed tobedoneand the funds raisedwith the Run Route 62 project by AntonetteGreenaway would definitely be used towardsour vehicles. Without our vehicles we cannotdeliver the quality care that is needed by ourpatients,” Little says.

Anyone interested in supporting the hos-pice, can support its fundraising effortsthroughout the year. One of these, the BreedeRiver Hospice Christmas in July Dinner, isaround the corner and an event not to be

missed. Having had a name change to 60sChristmas in July, the dinner will take placeon 30 July at the Robertson Town Hall. Dinerscan look forward to a venue decorated in trueretro-60s style and an evening to remember.Tickets cost R220. Since seating is limited, din-ers are advised to book early to ensure a place.

Go Get Your 60s Gear On! Think “Sassy Six-ties”, “Trippie Hippies”, bell-bottoms, peacesigns, mini-skirts and pink sunglasses.

The 1960s sure made a style statement all oftheir own. For all bookings and enquiries, callLittle 023 626 5710 or send an email [email protected]

Page 10: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 24 Junie 201410

VIVA AFRIKA! Die Ro-bertson Voorberei-dingskool segr. R-klasse het on-langs hul jaarlikse Afri-kadag, waartydenshulle soos iets uniekaan Afrika aantrek, ge-hou. Tydens dié ge-leentheidhet hulle ookstokbrood en ’n worsiegebraai.FOTO: ZELDAKLOPPERS

DIENSTE

2420

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

HOFFMAN MARIAMAGDELENA(auntie Merc)Geb.15/07/1962-Gest.20/06/2014Die Roudiens vind plaasvan Maandag tot Donder-dag om 19:00 in die SimsChapel, kerk in Montagu.Begrafnisdiens Saterdag,28 Junie 2014 om 9:00 bydie Hoffmann woning inAndriesstraat, Montagu en10:00 in die Sims Chapel,kerk. Sal met liefde onthouword deur Ma, man enfamilie.

GELUKWENSINGS

1030

RAAI WIE’S 49MAMMA ROSEBaie geluk met Mamma severjaarsdag. Dankie viralles wat Mamma vir onsbeteken. Mamma, is onsyster, en Ma is maklik diebeste Ma in die wêreld.Mag God Mamma elke dagomvou met sy liefde enkrag. Hoop ons gaan nouminder skel kry. LiefdeRosemarie, Freddy, Nicky,Francina, al die kleinkin-ders, broers en susters.

TE KOOP

MASJINERIE

& TOERUSTING

1650

DE WALT radial arm saw 2HP. PWS attachments,

R10 000.Contact 084 526 2256

SAKE

DIENSTE

2420

EIENDOMME

TE KOOP

3201

IN DIE KOL: Dié leer-ders aan die LaerskoolRobertson, JefflynneVoight, Samuel-Theuns Esterhuizen enAngelee Eksteen, hetdeurgedring na die fi-nale ronde van dieKorrek-spelkompeti-sie wat onlangs opWorcester gehou is.Altesaam14 skole hetaan dié kompetisiedeelgeneem. Die drie-tal het ’n derde pleklosgeslaan. Samuel-Theuns het tot in dielaaste ronde vandie fi-naal sy man gestaan.

DIENSTE2420

Page 11: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 24 Junie 2014 11

REDENAAR: Katinka Ellis van die Laerskool Robertsonhet onlangs aan die Radikale-redenaarskompetisiedeelgeneem. Sy het 90% behaal tydens dié kompeti-sie waaraan sowat 17 000 leerders deelgeneem het.Katinka sal die Wes-Kaap in Oktober by die finaleronde in Pretoria verteenwoordig. Slegs een leerderper graad is vir dié ronde gekies.

FOOTLOOSE: Hannah Pow-ell and Janke Fouché, bothlearners at the RobertsonLogos Christian School,have been included in theSouth African dance teamand also received theirWestern Province colours indancing after competing inthe South African champi-onships recently held inRustenburg. Hannah re-ceived four bronze, three sil-ver and five gold medalsand Janke three bronze, onesilver and three gold.

HOKKIE: Deo-LynnScheepers van dieHoërskoolRobertson isopgeneem in die o. 18Noord-Boland Shiraz-hokkiespan wat gedu-rende die Junie-vakan-sie aan ’n toernooi inBloemfontein gaandeelneem.

NETBAL: Ro-Ann For-tuin (o. 13) en RaquelSeptember (o. 15) vandie Hoërskool Robert-son is onlangs in dieBoland-netbalspanneopgeneem wat verledenaweek aan die inter-streektoernooi op Wor-cester deelgeneem het.Ro-Annhet ookonlangsaan die Wes-Kaap-proewe op Oudtshoorndeelgeneem.

’n Gedeelte van dié foto is verlede week per abuis afgesny. Dié gr. 4-leerders van die Laerskool Montaguhet akademiese goed presteer en het onlangs toekennings vir hul harde werk ontvang. Agter (vanlinks) is Hannes Neethling, Franco de Kock, Thomas Gordon, Anro Nel, JG van Deventer en PhilipOlivier. Voor is Lynn-Mari Stemmet, Iné Fisher, Elsje Esterhuyse, Lia du Plessis, Janie Marais, AneneRahl, Shaylyn Pekeur en Nienke Strauss.

LS Montagu se slimkoppe

Page 12: Breederivier gazette 24 jun 2014

Breederivier

Year 18 • 24 Junie 2014 | Tel. 023 626 5212

Rugby in elke uithoekvan die BolandHILDERINE SCHRÖDER

Ivan Pekeur het al ver-skeie hoede gedra. Hywas al onderwyser,skoolhoof, skeidsregteren administrateur. Nouis hy gereed om die so-veelste uitdaging tromp-op te takel: president.

Pekeur hoef hom geluk-kig nie oor buitelandse be-lange, ministers se knoei-werk of die land se energie-krisis te verknies nie, sýpresidentskap is eenvan ’nander aard en een waar-voor hy nog lank voor syverkiesing reedsvoorbereiis: dié van die Boland-rug-byunie.Vir dié nuwe taakwat op

sy skouers rus isPekeur, ’nboorling van Montagu,slaggereed. “Jy kan maarsê ek is grootgemaak virdiépos,” sêhy, en,voeghyby,hy is vas van plan om die ba-nier hoog te laat fladder virsy grootword-area. “Dis ’npos wat ek vir die hele streekgewen het. Ek sal bly wees asdie hele streek uiteindelikook daarby gaan baat.”Hy is al van kindsbeen af

nou betrokke by rugby. “Ekkom uit ’n rugbyfamilie. DiePekeurs is bekendes in rug-bykringe,” vertel hy met ’nlaggie. Ditwas immers dié fa-milie wat die Montagu Villa-gers-rugbyklub in 1899 helpstig het. ’n Honderd en vyf-tien jaar later gaan dié klubsteeds van krag tot krag.Pekeur het desjare as sen-

ter vir Villagers uitgedraf.

“Ek het dalk nie groot hoog-tes bereik nie, maar het deurmybetrokkenheidbydie spelontdekmypassie lêbyskeids-regter wees.” Toenteryd, lagPekeur, was hul rugbyveldekliphard. “Teendie tydwat jyvan die veld af kom, is jouknieë en elmboë nerfaf.” Dít,vertel hy laggend, het ’n kop-seer van ’n ander aard tot ge-volg gehad: om dán skaflik teprobeer lyk vir ’n afspraakmetdie skonergeslag.Diédathy in 1982 die ovaalbal vir ’nfluitjie verruil het. “Toe hetek daremheel van die veld af-gekom.” Hy het alles in diestryd gewerp en kort voorlank die hoogste sport asskeidsregter bereik: om op

provinsiale vlak te blaas.Dieondervindingwathy

as onder meer voormaligevoorsitter van Villagers,die Suid-Westelike distrik-te se skeidsregtersvereni-ging endieLangeberg-sub-unie het hom goed voorbe-rei vir sy presidentskapvandieBoland-rugbyunie.Hy is as kannetjie al saam-gesleep na provinsiale ver-gaderings. “Ek het my al-tyd verkyk en verluisteraan diemanne. Daardie ja-re is dissiplinêre verhoresommerindievergaderingafgehandel,” lag hy.Sy beroep in die onder-

wyshethomookgeslypvirsy presidentskap, vertelPekeur. Ná hy sy onder-wysstudies opOudtshoornvoltooi het, het hy sy loop-baan by die WA RossouwPrimêre Skool, waar sy eieskoolloopbaan begin het,

begin. Hierna het verskeieposte en bevorderings gevolgvoor hy die Ashton Sekondê-re Skool, waar hy die hoofwas, op die been gebring het.Vir synuweuitdaging ishy

slaggereed, sê Pekeur. Dit isveral sy vrou, Dinah, en kin-ders Loren, Roskoe, Elvan enlaatlam Jaclyn, wat hom mo-tiveer. Vir eers is sy fokus opplanne om geld vir die Bo-land-rugbyunie in te samelwat dan in klubs terugge-ploeg kan word en aange-wend kan word om jong rug-bytalent teontwikkel.“Ekglodaarmoet inelkeuithoekvandie Boland rugby gespeelword,” sê Pekeur oor sy uit-eindelike mikpunt.

Ivan Pekeur

ACE! The Robertson Boland Wilson Slamrecently took place with players from as faras Cape Town competing in this Boland de-velopment tournament in Robertson andWorcester. AltusCilliers fromRobertsonwasthe winner of the u. 16 section.

Sportuitslae

Gholf:Robertson (72)AndroGriessel-wisseltrofee –

Bonnievale 14, Robertson 10, Bredasdorp 10,Montagu 9, Swellendam 9, Theewaterskloof 7,Riviersonderend 7, Caledon 5, Kleinmond 1.Riverside (72): Enkel-Stableford – R. Abra-

hams 38,A. Pietersen 37,N.Uys 36,D.Williams33, H. MacPherson 33, J. Joseps 31.Worcester (72): Gekombineerde Stableford –

A. Rossouw en J. Joubert 72, T. Franken en H.Jacobs 72, D. Strauss en N. van Niekerk 71, A.duToit en I. duToit 69,W.Smit enW.Esterhuy-sen 69.

Rugby:Premierliga: Worcester Villagers 37, Roses

United28;NeverDespair23,Robertson9;Ceres25, Wellington 21; Delicious 34, Hawston 29.Superliga-Oos: Black Leaves 21, Hamlets 20;

Standards 29,AshtonUnited 23; YoungHamil-tons 24, Proteas 3.

Muurbal:Bonnievale t. Swellendam: Bonnievale wen

al vier wedstryde en lê tans tweede op die pun-teleer. Bonnievale 12 potte, Swellendam 0:Wil-helm deWet klop Marnitz Steyn (3 - 0); GustavSwanepoel klop Andries Stephan (3 - 0); JeanAubry klopMCNortier (3 - 0); Darius van Log-gerenberg klop Richard van Leeuwen (3 - 0).