12
CMR Aliwal Noord Jaarverslag CMR, 52 Smith Street, Aliwal North, 9750 Tel: 051-6332658 [email protected] Die CMR verryk gesinslewe deur Christus se liefde in aksie te wees! Die seën van die Here is oorgenoeg en dit is vir ons! Die seën van die Here is mildelik, genoeg, te veel en soms oorweldigend. Ek sukkel dikwels om te aanvaar dat die Here se seën vir ons is, dat die Here vir ons Sy goedheid skenk. Dat die Here wil hê dat dit met elkeen goed moet gaan. Dat Hy alles vir ons skenk en soms soveel meer, sodat ons die werk kan verrig wat Hy vir ons op die aarde gegee het! Ons wil graag in die Here roem want deur die jaar het Hy wonderlik voorsien. Sy krag het tot volle werking gekom wanneer ons swak was en nie meer kon nie, nie meer geweet het watter raad of antwoord of blikkie kos om te gee nie. Maar die Here was getrou aan sy Woord en het ons in altyd by gestaan! Sy werke is groot en ons getuig daarvan en deel dit met vreugde! Baie dankie vir elke bestuurslid/personeellid, CMR ondersteuner, donateur en kliënt wat die jaar deel was van die Here se groot handewerk. Hiermee wil ons getuig dat God ons roem verdien, die God van sorg en trou! Hiermee sommer dankies vir almal! Baie dankie aan ons Hemelse Vader wat vir ons sorg. Vir die bestuur, wat hul tyd en kundigheid aan die CMR afstaan, onder die leiding van Mnr Roelf Coetzee, ons Voorsitter. Vir ons Direkteur, Juf Corné Erasmus en ons Programbestuurders, Mev Fourie en Mev Ferreira. Vir Mev. Nellien Nel vir haar deeglike en warmhartige diens. Vir elke CMR ondersteuner en donateur, sonder julle skenking sou die CMR nie die nodige dienste kon lewer nie. Vir Mev. Corrie Nel wat ons van die kerkkantoor altyd behulpsaam is. Vir Me Margaret Morabe wat altyd vrolik haar werk verrig. CMR groete Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 – 31 Maart 2015

CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Aliwal Noord

Jaarverslag

CMR, 52 Smith St reet , A l iwal North, 9750 Te l : 051-6332658 cmral inoord@lant ic.net

Die CMR verryk gesins lewe deur Chr istus se l iefde in aks ie te wees!

Die seën van die Here is oorgenoeg en dit is vir ons!

Die seën van die Here is mildelik, genoeg, te veel en soms oorweldigend. Ek sukkel dikwels om te

aanvaar dat die Here se seën vir ons is, dat die Here vir ons Sy goedheid skenk. Dat die Here wil hê

dat dit met elkeen goed moet gaan. Dat Hy alles vir ons skenk en soms soveel meer, sodat ons die

werk kan verrig wat Hy vir ons op die aarde gegee het!

Ons wil graag in die Here roem want deur die jaar het Hy wonderlik voorsien. Sy krag het tot volle

werking gekom wanneer ons swak was en nie meer kon nie, nie meer geweet het watter raad of

antwoord of blikkie kos om te gee nie. Maar die Here was getrou aan sy Woord en het ons in altyd

by gestaan! Sy werke is groot en ons getuig daarvan en deel dit met vreugde!

Baie dankie vir elke bestuurslid/personeellid, CMR ondersteuner, donateur en kliënt wat die jaar

deel was van die Here se groot handewerk.

Hiermee wil ons getuig dat God ons roem verdien, die God van sorg en trou! Hiermee sommer

dankies vir almal!

Baie dankie aan ons Hemelse Vader wat vir ons sorg.

Vir die bestuur, wat hul tyd en kundigheid aan die CMR afstaan, onder die leiding van Mnr

Roelf Coetzee, ons Voorsitter.

Vir ons Direkteur, Juf Corné Erasmus en ons Programbestuurders, Mev Fourie en Mev

Ferreira.

Vir Mev. Nellien Nel vir haar deeglike en warmhartige diens.

Vir elke CMR ondersteuner en donateur, sonder julle skenking sou die CMR nie die nodige

dienste kon lewer nie.

Vir Mev. Corrie Nel wat ons van die kerkkantoor altyd behulpsaam is.

Vir Me Margaret Morabe wat altyd vrolik haar werk verrig.

CMR groete

Lindi Roberts

Boekjaar 1 April 2014 – 31 Maart 2015

Page 2: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 2

Voorsittersbrief – Mnr. Roelf Coetzee

So het ons weer aan die einde gekom van ’n finansiële jaar vol hoogtepunte. Alle eer aan ons God vir

die geleenthede wat oor die CMR se pad gekom het om die finansiële jaar op ’n positiewe noot te

kan afsluit.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons as CM-Raad deel van hierdie instrument waardeur Jesus Sy

noodlenigingswerk op aarde voorsit te kan wees. Ons dank aan elke lid vir die CM-Raad vir hulle

betrokkenheid en bydra tot die organisasie.

Groot dank aan Lindi, Nellien en Margaret, asook Me C Erasmus en Mev. Ferreira vir julle bydraes

gedurende die jaar om hierdie kantoor maksimaal te laat funksioneer.

Dank aan al die donateurs vir die afgelope jaar se bydraes, gebede, behulpsaamheid en

ondersteuning. CMR Aliwal-Noord het u nodig sodat hierdie kantoor kan funksioneer.

CMR Aliwal-Noord het ook dan die toekenning vir die beste Kinderbeskermingskantoor in die Joe

Gqabi distrik vir 2013-2014 ontvang. Alle eer aan ons Here daarvoor.

Mag CMR Aliwal-Noord van krag to krag gaan in hierdie belangrike werk wat gedoen word.

Ek wil graag hierdie gedagte met U deel. Johan Heyns het geskryf: “Wie ‘n goeie daad verrig, verwag

nie eer nie en vra ook nie om vergoeding of beloning nie: die blote doen van die daad, die

geleentheid om te dien, die vermoë om jouself te gee, die voorreg om tot ander se geluk te kan

bydrae – dit is die beloning. My diens aan my naaste is die gehoorsaamheid aan ’n opdrag wat ek

ontvang het wat ek spontaan uit die innerlike van my oortuigings doen.

Mag hierdie wonderlike werk, gedra deur ons Hemelse Vader tot groot seën vir baie wees in die jaar

wat voorlê.

Groete

Roelf Coetzee

Page 3: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 3

Finansies

Die inkomste van die CMR bestaan hoofsaaklik

uit staatsubsidie, kerklike bydraes, donateurs

en fondsinsamelingsprojekte.

Die uitgawes is hoofsaaklik personeeluitgawes,

kantooruitgawes en noodleniging (Adopt a

family projekte).

Die fondse wat geallokeer is vir noodleniging

word spesifiek aangewend vir die doel wat die

donateur dit aanbied.

Die finansiele boeke word jaarliks geoudit deur

Theron en Du Plessis geoktrooieerde

rekenmeesters, Aliwal-Noord.

Die CMR bestaan reeds vanaf 1952 en is geaffilieer

aan die NG Kerk Aliwal Noord en is ’n Nie-

winsgewende organisasie (NPO 003-461) ingevolge

die “Non-Profit Organisastions Act 71 of 1997”.

Partnership with the Government

The CMR and Government (Department of

Social Development) have been in a

partnership for many years to deliver social

services. This working agreement is based on

the Service Level Agreement. The CMR

submits monthly statistics, quarterly progress

reports and yearly a Business plan and

Annual report. The Department funds part of

the Social worker’s salary and administrative

costs.

The subsidy is 44% of the CMR’s income.

Other sources of funding are from churches

(16%), community members and donors

(12%), fundraising projects (11%) and a

subsidy to administer the funds of certain

Departmental projects (17%).

Certain workareas; Aliwal North Town, Farms,

Lady Grey and Jamestown were allocated to

the CMR to render Social work services. This

prevents the duplication of services. Home

visits were done in Jamestown and Lady Grey

due to the unavailability of office

accommodation in the mentioned areas. The

services are rendered in respect of

individuals, groups and communities. The

CMR also assist Burgersdorp, Barkley East,

Badisa Aliwal North and the Department with

assessments and therapy regarding children

and adults.

Fondsinsameling

11%

Gemeentebydraes

16%

Donasies 12%

Subsidie 44%

Departe-ment

projekte 17%

Uiteensetting van inkomste

Page 4: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 4

CMR Programme

Die CMR fokus op die dienste van gesinne

op ’n voorkomende en ondersteunende

vlak, sodat gesinne en individue se

lewenskwaliteit kan verbeter. Die werk is

ingedeel in drie programme:

MIV en Vigs

Gesinsverryking

Statutêre Werk ingevolge die

Kinderwet 38 van 2005.

PERSONS REACHED

At the end of the bookyear, 97 active files were on

the CMR’s caseload; 11 new files were opened and

20 files were terminated. 59 Short term files were

registered.

Services were rendered intensively to 440

individuals.

The CMR renders services to all ethnic groups. Most

of the people understand English, if necessary the

office makes use of an intepreter.

34%

65%

1%

Programme

Statutere werk Gesinsverryking

MIV/Vigs

Sotho, 29

Xhosa, 49 blank, 60

Ghanadees, 1

Kleurling, 23

3

28

12

2

13

8

2

31

32

12

4

9

23

African First Apostolic

AGS

Anglikaans

Divine Glory Tabernacle

Gereformeerde Kerk

His Grace Tabernacle

Lewe in Christus

Methodiste Kerk

Ned Geref

Ou Apostel Kerk

Rooms Katolieke Kerk

Sionistiese Kerk

VGK

Kerkverband

Etniese verspreiding

Page 5: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 5

Alkohol en Dwelms

Wat maak jy met die geld wat jy steel... ek koop

“cool aid”. Die winkeleienaar gee dit verniet, nou

moet ons dit koop (10jr - seun).

5 Persone is ingeskakel by individuele sessies oor

Alkohol en Dwelmmisbruik.

Gevaartekens (soos gesien deur Louis Awerbuck)

Fisies: Waar mens se liggaam letterlik verslaaf

raak as gevolg van gereelde gebruik. Die toets

hier is of die persoon vir lang tydperke sonder

alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy fisiese

onttrekkingsimptome kry as daar nie alkohol

ingeneem word nie.

Sosiaal/Persoonlik: Waar gereelde gebruik veroorsaak dat die persoon in die moeilikheid kom, dit sy/haar werk negatief beïnvloed, probleme met die gesin/familie veroorsaak, of waar dit teneergedrukte gemoed veroorsaak by die persoon. Hieronder kom ook “gulsige drink” voor, waar ‘n persoon vir lank geen

behoefte aan alkohol het nie, maar as hy/sy per geleentheid alkohol gebruik, so veel en aanhoudend as moontlik drink.

Art 21 en Art 23 aansoek - Ouerlike regte en

verantwoordelikhede van die ongetroude vader

‘n Ongetroude Vader kan die Gesinsadvokaat nader om aansoek te doen vir ouerlike regte en verantwoordelikheid. 11 Aansoeke is ontvang. Die ongetroude vader het slegs die reg om kontak te hê met sy kind en het ‘n onderhoudsplig. Die aansoek is nou gerig op die sorg van die kind. Dit is om in die daaglikse behoeftes van die kind te voorsien, behuising, kos, onderwys en liefde. Hy moet kan bewys dat:

Die ongetroude pa en ma ‘n ernstige, lang termyn verhouding gehad het ten tyde van die baba se geboorte

Erken vaderskap

Het “damage’s” betaal

Tot die kind se onderhoud bygedra of ‘n poging aangewend.

0 2 4 6 8 10 12 14 16 18

AlkoholAanneemouer

Art 21 en 23 aansoekautisme

BejaardemishandelingDepressie

EgskeidingGeen skoolbywoning

HerkomsnavraagKinderverwaarlosing

OuerleidingOuerskapsplan

SkisofrenieSpelterapie

Onsedelike aanrandingTerug geplaas in ouers se sorg

Voogdyfondsweeskind

Gesinsverryking

Page 6: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 6

Die CMR ondersteun twee families met kinders wat

gediagnoseer is met Outisme.

Outisme is ‘n neuro-ontwikkelings versteuring,

gekarakteriseerd met verswakte sosiale

interaksie en beperkte verbale en nie-verbale

kommunikasie.

Vroeë kenmerke:

Geen brabbeltaal of vingerwysing by die

ouderdom van 1

Geen enkele woorde deur 16 maande of twee

woord frases by die ouderdom van 2.

Geen herkenning van sy/haar naam

Min oogkontak

Speelgoed word altyd in lyne gepak.

Geen glimlag of sosiale response

Bejaardemishandeling

Die CMR ondersteun drie bejaardes wat deur hulle saamleefmaats mishandel word. Drankmisbruik en

moontlike skisofrenie speel ‘n groot rol in die mishandeling teenoor die ander party.

Een van die bejaardevrouens is bygestaan om ‘n verklaring te maak rakende die fisiese mishandeling.

Ongelukkig trek sy altyd die saak terug en die gevolg is - herhalende mishandelinge.

Aanneming

Tans is daar twee kinders beskikbaar vir aanneming. Vir beide voornemende aanneemouers en biologiese ouers is dit ’n ongelooflike spanningsvolle tydjie. Die biologiese ouers het 60 dae vandat hulle die babatjie afgeteken het, om die besluit te heroorweeg.

Herkomsnavraag

Een biologiese moeder het haar seun na 28 jaar weer ontmoet. Al was dit goed, het dit ook ‘n traanspoor agtergelaat.

Depressie

5 Persone is ingeskakel vir

terapeutiese sessies. Dit

raak soms net te veel vir

persone wanneer hy/sy nie

meer goed genoeg of van waarde voel nie. In die gevalle was dit

die reaksies op verlies wat hulle ervaar het. Dit is maar een of

twee gevalle van ‘n baie groter prentjie in vandag se

samelewing.

‘n Multi terapeutiese span is nodig om die persoon ten volle te

ondersteun. Dit is belangrik om vir die persoon sy eie

verantwoordelikheid van sy lewe terug te gee.

Page 7: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 7

Egskeiding Hoë konflik egskeidings is baie swaar. Ouers is SELFSUGTIG en dink

net aan hulle eie belang. Hulle het geen idee wat hulle selfsug aan

hulle kinders doen nie. Vier kinders is ingeskakel vir spelterapie om

hulle te help met die verwerking van hulle emosies. Die CMR het

twee gesinne gehelp met die opstel van ‘n ouerskapsplan. Die plan

behels die bepaling van die kinders se primêre adres en die wyse

waarop die ander ouer kontak moet maak. Dit word ook fyner

afgebreek rakende die mediese, skolastiese en religieuse

behoeftes.

Skisofrenie

Twee persone wat reeds gediagnoseer is met skisofrenie het stabiliteit bereik in hul dag tot dag se

bestaan. Die deurlopende ondersteuning en die voorsiening van kospakkies het ’n klein dankbare

wesenlike verskil gemaak.

Kinderverwaarlosing

“Ek was honger, ek het eiers gebak...my pa sê ek

het te veel olie gebruik. My pa het die olie oor my

kop gegooi. Toe slaan my pa my met die pan teen

die wang. Onbewustelik vryf sy heeltyd oor haar

wang..... (13 jr.)

11 Kinders is aangemeld vir verwaarlosing en

fisiese aanranding. Verwaarlosing is wanneer die

ouers nie in die kinders se basiese behoeftes kan

voorsien nie.

Skoolbywoning

Om skool toe te gaan is my basiese reg. Twee

kinders van die ouderdom 10 en 11 jaar is vir die

eerste keer in 2014, ingeskakel in die

grondslagfase in Amasango Skool.

Spelterapie

Tydens spelterapie leer kinders om respek vir hulself te hê, dat wat hulle voel aanvaarbaar is, om op ’n

verantwoordelike wyse uiting te gee aan hulle gevoelens en verantwoordelikheid vir hulself en hul keuses

te neem. Hulle leer speel-speel om kreatief hulle probleme te konfronteer en dit op te los. Die boekjaar is

16 kinders en 4 volwassenes ingeskakel vir spelterapie.

Hoe weet jy jou pa is lief vir jou? Ek sien dit in sy

oë, op sy gesig. (11 jr.).

Waarvoor is jy bang? Dat mamma en pappa gaan

skei... hulle praat nie nou met mekaar nie...(7jr)

Ek is moeg om haar (sy ma) te oortuig, mense is

lief vir haar (18 jr. Na selfmoordpoging van sy

ma.)

My pa het my ma geskop..sy het baie seergekry...

(4jr)

Ewe skielik begin sy baie vinnig praat amper soos

in stacatto note... “Jy is my beste maatjie. Die

ander maatjies is lelik met my hulle sê ek is

ongeskik.” (4 jr.)

Seksuele misdrywe

In die afgelope boekjaar het 4 kinders berading

ontvang nadat hulle onsedelik aangerand is. Die

kinders wissel van 3jr – 7 jaar.

Page 8: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 8

Poli-kliniek babadag Die CMR het inligting vir

moeders deurgegee op Poli-kliniek babadag. Die

inligting het behels die ontwikkelingsmylpale wat

babas teen ‘n sekere tydperk behoort te bereik.

Wol- werkskepping Anna Rashaba en Emma Zenzile

het ’n pragtige hekelkombers gemaak met

oorskietwol wat ontvang is.

Noodhulp is die diens waar die grootste seën en dankbaarheid

van mense ervaar word. Ons wil graag almal bedank vir gaar kosse,

pasteie, eiers, vleis, blikkieskos en ander voedsel. Danksy u oop

hande en harte was dit moontlik om 617 kospakkies deur die

boekjaar te kon uitdeel. ’n Gemiddeld van 30 gesinne ontvang

weekliks ’n basiese voedselpakkie. Mev. Nellien Nel doen baie

moeite met die aankope en uitdeling van die voedsel. Die diens

word gelewer in samewerking met die volgende donateurs,

gemeenskapslede, NG Kerke in Aliwal-Noord en Jamestown,

Gereformeerde Kerk Aliwal Noord en besighede!

Die volgende besighede en donateurs ondersteun ons werksaamhede

met weeklikse, maandelikse of kwartaalikse voedsel- en of materiële

produkte. Baie dankie vir u ondersteuning, dit is ‘n groot voorreg om

die produkte te ontvang!

Daar is ’n toename Mei tot

Julie vir kospakkies. Dit is meer

die koue maande. Die tweede

toename is oor Desember –

Maart. Kersfees en die begin

van die nuwe skooljaar speel

hier ’n definitiewer rol.

0

10

20

30

40

50

60

70

80

90

Ap

r

Me

i

Jun

Jul

Au

g

Sep

Okt

No

v

De

s

Jan

Feb

r

Mrt

Maandelikse verspreiding van kospakkies

Page 9: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 9

Bokomo

Bokomo skenk kwartaaliks mieliemeel, koekmeel en stampmielies. Baie dankie aan

Mnr. Piet Odendaal wat die voorrade vir die CMR gaan haal.

Protea Kafee

Protea Kafee, skenk daagliks een brood en verskeie pasteie deur die maand. Die

“Adopt a family” projek word in samewerking met die Kafee geloods waar 7

huisgesinne, 1 brood en 2l melk op Maandae en Vrydae ontvang. Spesifieke

vrywilligers vereffen die rekening by Protea Kafee of by die CMR. Die gesinne is self

verantwoordelik om die produkte te gaan haal.

Baie dankie aan die donateurs vir die brood en melk projek:

Mnr Andre Swanepoel

Me. Marie Olivier

Dough-nation – Debonairs

Debonairs maak van die oorblywende pizza deeg, heerlike roosterkoeke weekliks vir

die CMR.

Sopprojek

Die sopprojek word gekoordineër deur Me. Rhona Van der Merwe. Dit strek jaarliks

vanaf Juniemaand tot September. Die NG Gemeente en Gemeenskapslede bring

gevriesde sop op ’n weeklikse basis na die CMR vir verspreiding. Baie dankie vir die

steun wat ons ontvang het deur die jaar.

Vleis en vars groente:

Baie dankie aan die boere in die omgewing wat vir ons produkte geskenk het.

Mnr Henry van der Westhuizen, van Badfontein, het sakkies aartappels en kool

geskenk;

Mnr. Koos Snyman het vleis geskenk.

Gaar voedsel

Mev Magda Oosthuizen voorsien voorbereide voedsel aan die CMR. Dit word net

opgewarm en bedien meestal vir rylopers. Dit is gerieflik en voedsaam omdat hulle

dikwels nie geriewe op pad het nie.

Handgebreide truie

Baie dankie aan Me. Drika Van Zyl, vir gebreide truie en slaapsokkies.

Pick en Pay - Baba projek

Pick ’n Pay, gekoördineer deur Mev. Karen Prinsloo het reeds ’n standhoudende

projek vir die insameling van babaklere vir die afgelope ses jaar. Pick en Pay is ’n

sentrale afsetgebied waar baba en kinderklere ingesamel word. Baie dankie vir u

moeite.

Page 10: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 10

Pick en Pay – voedselskema

Pick en Pay gee ‘n maandelikse geskenkbewys van R 1000 vir die aankope van

voedsel. Die bewys word nuttig gebruik vir die aankope van groentepakkies.

Klere

Die gemeenskap skenk mans, vrouens, kinder- en bejaardeklere. Dit is tot groot hulp

vir ons gesinne. Vrydae is kleredag. Die klerekamer is die domein van Me Margaret

Morabe. Indien persone ’n vorm van inkomste het vra die CMR R5 per item. Dit lei tot

selfwaarde van die persone en skep ook ’n balans dat hulle neem wat hulle nodig

het. ’n Bedrag van R 3 200 is ingesamel met die klere.

Spesiale bederf

VLV Jamestown is reeds vir die afgelope 6 jaar betrokke by hulle “aanneem-kind”.

Hulle gee ’n besonderse geskenk vir die betrokkene elke kwartaal.

Posduifklub Aliwal Noord

Baie dankie aan die Posduifklub op Aliwal-Noord, vir u donasie van R 7 500.

Kerspakkieprojek

“Ek (Jesus) het gekom sodat julle die Lewe kan hê en dit in oorvloed. Joh. 10:10”

Ons jaarlikse kerspakkie projek was werklik geseënd! Al die kerspakkies is die jaar deur die

publiek geborg. Een gesin het 60 reedsgepakte kospakkies gebring vir aflewering. Verder is

nog 10 pakkies uit die gemeenskap van Aliwal-Noord en Goedemoed ontvang. Die

Gereformeerde Kerk het 40 lieflike groentepakke geskenk. ’n Oorvloed van kontant donasies

van R 17 900 is ontvang. Bokomo het meel en stampmielies geskenk. Die orige fondse sal

deur die jaar aangewend word vir kospakkies van ongeveer 30 gesinne per maand.

Die Here het voorsien!

Baie dankie ook aan Mnr. Piet Odendaal en Mev. Antoinette Van Pletzen wat gehelp het

om die aflewering.

Statutêre werk - Die beste belang van kinders

Die beste belang van kinders...dit is die reël wat gebruik word om elke unieke kind se unieke situasie te meet. Statutêre werk maak voorsiening ingevolge die Kinderwet 38 van 2005 vir sekere regte van kinders soos vervat in die Grondwet; betreffende die versorging en beskerming van kinders, ouerlike regte en verantwoordelikhede te omskryf. Daar word altyd gefokus in alle gevalle wat is in die kind se beste belang, rakende sy sorg, beskerming en welsyn. Dit kan bepaal word deur die aard van die verhouding tussen die kinders en ouers, die houding en kapasiteit van die ouers om hulle kinders op te voed en hulle verpligtinge uit te oefen. Aangesien dit so ’n ingryping in n kind se lewe is, word daar altyd gepoog om kinders in spanverband te evalueer. Baie dankie vir die volgende persone wat altyd beskikbaar is in ‘n professionele hoedanigheid. Die Programbestuurder (Me. Fourie en Mev Isa Ferreria), mediese personeel (Dr Groenewaldt, Suster Alta, Dr Schoeman), arbeidsterapeute (Mara Naude, Yolandi Van Pletzen, Janettie Pretorius en Carla Du Plessis), apteker (Mnr Karel Schulze), skoolhoofde en onderwysers

Page 11: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 11

onder leiding van Mnr Potgieter, Me Linda Fourie en Mnr Engelbrecht, die Regshulpraad (Mev Netarie Verwey en Rentia Muller), Staatsaanklaer (Me. Rhona Scheun). Statutêre werk behels dat die verwydering van kinders uit hulle onmiddelike omstandighede om hulle te beveilig. Kinders word dan geplaas in ’n Plek van Veiligheid, pleegsorg, kinderhuise of in ‘n nywerheidskool. Gesinsherenigingsdienste is ‘n prioriteitdiens, wat gelewer word aan ouers sodat hulle stabiliteit in hulle lewe kan bereik, ten einde die kinders in hulle sorg terug te plaas.

47 kinders is in pleegsorg

1 kind is in ‘n nywerheidskool

5 kinders is teruggeplaas in die sorg van hulle biologiese ouer Kinder en Jeugsorg Sentrums (Kinderhuis) Goeie en gereelde skakeling bestaan tussen die CMR en Paul Kruger Kinderhuis. Pleegouers: ‘n Pleegouer groep is gehou waar ouers mekaar kan ondersteun en raad kan gee. Dit help altyd om te weet nog iemand voel soos ek. Aanneming Ten tye van afsluiting van die boekjaar was twee babas geplaas by voornemende aanneemouers, die ouers het nog 60 dae gehad het om die toestemming tot aanneming terug te trek.

Dit is ’n ongelooflike spanningsvolle tydjie. Veral die laaste week, want dan is dit die laaste kans wat die mamma of pappa het, om hulle besluit te heroorweeg!

FONDSINSAMELING

Die Steak-ete was ‘n baie gesellige kuier aand. Ds Andre Theron het die gaste verwelkom en die

geleentheid gepas geopen.

Me Magda en Me Elsabé Oosthuizen het die tafelsversiering gedoen.

Mnr. Johan Geldenhuys van Pick ‘n Pay Slaghuis het heerlike steaks voorberei. Dit is ook verpak volgens

die hoeveelheid gaste per tafel.

Mnr. Roelf en Me Louise Coetzee het gesorg vir die heerlike bygeregte en nagereg.

Mnr Duggie Stevenson het steakbraaiers beskikbaar gestel, om elkeen se steak volgens behoefte gaar te

maak.

Mnre. Brain Gold en Duggie Stevenson het die steak gaargemaak volgens elkeen se smaak.

Dankie vir elke gasvrou met die flukse verkope van die kaartjies en oom At Van Jaarsveld vir die lekker

musiek.

Dit was voorwaar ’n baie geslaagde aand. ’n Mooi bedrag van R 7 300 is ingesamel.

Vis-ete was ‘n heerlike en geslaagde aand. Mnr Roelf en Mev Louise Coetzee was verantwoordelik vir

die gaarmaak van die vis, calamari en chips. Dit was ‘n groot bord kos! Dankie ook vir Mnr Koos Nel en

Me Theresene Rheeder vir die pak en dek van die tafels. ‘n Wins van R 5 800 is die aand gemaak.

Page 12: CMR Aliwal Noor Jaarverslag - cmrade.co.zacmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Aliwal-Noord-2015.pdf · Lindi Roberts Boekjaar 1 April 2014 ... alkohol kan klaarkom, en/of hy/sy

CMR Jaarverslag 1 April 2014-31 Maart 2015 12

Muntprojek Pick ’n Pay: Baie dankie vir Pick ‘n Pay vir die beskikbaarstelling van kleingeldhouers

by die kasregisters. Die gedeponeerde munte was R 1097.50 wat ontvang is!

Kersmark: Die kersmark was die jaar ‘n gewaarborgde

feesgeleentheid. Daar is met 18 stalletjies gespog. Tuisgemaakte

produkte, handsakke en juweliersware en pannekoek van die

Gereformeerde Kerk is op die verkoop. Die CMR ontvang ‘n bedrag

vir die huur van die stalletjie.

Baie dankie vir Mevv. Nellien Nel en Ester du Toit vir die reëlings

van die kersmark. Die Oosthuizen’s en Me Rheeder vir die

bemanning van die koffiekroeg en verkope van basaarpoeding.