1
GENETIKA & VEEHANTERING VEEPLAAS 79 NOVEMBER 2018 Deur Daleen Potgieter, Enrico Cronjé en Pieter Stofberg D ie Sussex-genootskap het met trots, soos by verskeie ander skoue landwyd, aan ALFA 2018 in Parys deel- geneem. Dit is die eerste keer dat Sussex-diere deel van hierdie spoggeleentheid gevorm het. Dit was ’n geleentheid waar verskeie telers hul diere met trots kon vertoon, met diere van die Vrystaat tot so ver as Worcester in die Wes- Kaap wat deelgeneem het. JRE 130156, Huntersvlei Kimberley 12de van die Platdrif Sussex-stoet van Nollie Stofberg van Worcester, het die Sussex- ras by die Hinterland Interrasbeoordeling verteenwoordig. Hierdie besonderse bul het met die louere weggestap by vanjaar se nasionale kampioenskap op die Bloemskou. Hy is ook as die opperste interraskampioen- vleisbees by die Bloemskou se interras- beoordeling gekroon, wat aan hom ’n plek in die Hinterland Interraskampioenskap by ALFA 2018 besorg het. Huntersvlei Kimberley 12de, wat tans die ras se rekord hou as die duurste bul wat sover verkoop is, het besondere kapasiteit en bespiering. Sy teelwaardes komplemen- teer sy fenotipe, met ’n groei-indeks van 127 en ’n gemiddelde daaglikse toename (GDT)-indeks van 125. Die bul het goeie kommentaar van Willie de Jager, interrasbeoordelaar by ALFA 2018, ontvang. Hy meen die bul toon geweldige breedte oor sy rug, goeie kapasiteit en uitstaande manlikheid. Sy genetika is volgende jaar beskikbaar en sal verseker ’n aanwins wees vir enige stoetery. Moneymaker-koei TZ 09 0145, Faurzyl Candi 12de, het die ras in Nutrifeed se Moneymaker- koeikompetisie verteen- woordig. Dié koei is geteel en in besit van Theo van Zyl (snr) en Theo van Zyl (jnr) van die Faurzyl Sussex-stoet by Ladybrand. Weens logistieke probleme kon sy ongelukkig nie by die skou vertoon word nie. Faurzyl Candi 12de is tans nege jaar oud en spog met sewe kalwers, met ’n gemid- delde tussenkalfperiode van 378 dae. Hier- benewens het sy ’n koeiwaarde van 108, ’n produksiewaarde van 102, ’n melkwaarde van 108 en ’n groeiwaarde van 123. JRE 16 0206, Huntersvlei Actress 203de, is as die ras se wenner in die Vleissentraal- versprojek aangewys. Haar vaar, JRE 10 0045, Huntersvlei Speedy 2de, het besonderse dogters met uitste- kende melkproduksie en sterk dog vroulike fenotipes geteel, waarvan Actress ’n bewys is. Sy toon reeds op ’n jong ouderdom baie goeie kapasi- teit, met besonderse vroulikheid en ’n uitstekende haarkleed. Sy spog met ’n koeiwaarde van 123, produksiewaarde van 122, melkwaarde van 124 en groei- waarde van 105. Al drie die deelnemende verse is deur die Huntersvlei Sussex-stoet van Viljoenskroon vertoon. Oakdale Veeplaas-versprojek Die Sussex-verse wat as deel van die Veeplaas Skole-kuddeprojek aan Hoër Landbouskool Oakdale geskenk is, is as ’n volwaardige stoet by die genootskap geregistreer. Die Veeplaas Oakdale Sussex-stoet doen goed en almal is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot die skool. Al die verse het reeds gekalf. Oakdale se leerlinge berei die diere vir jeugskoue voor. Die Sussex-ras met sy goeie temperament is die ideale ras om mee te skou. Die skool bied ook jaarliks ’n vleis- beeskursus vir die graad 10-leerlinge aan, wat deel vorm van ’n landbouvak waar die Sussex-stoetdiere tydens demonstrasies vertoon en meer oor die ras geleer word. Vir meer inligting oor die telers of diere wat aan ALFA 2018 deelgeneem het, skakel die Sussex-genootskap by 051 410 0955 of besoek www.sussex.co.za. Nollie Stofberg by die bul Kimberley by ALFA 2018. Die vers JRE 16 0206, wat as die raswenner van die Vleissentraal-versprojek aangewys is.

79platdrifsussex.co.za/wp-content/uploads/2019/01/Sussex_VP_Nov2019.pdfDeur Daleen Potgieter, Enrico Cronjé en Pieter Stofberg D ie Sussex-genootskap het ... Sy spog met ’n koeiwaarde

Embed Size (px)

Citation preview

GENETIKA & VEEHANTERING

VEEPLAAS 79 NOVEMBER 2018

Deur Daleen Potgieter, Enrico Cronjé en Pieter Stofberg

Die Sussex-genootskap het met trots, soos by verskeie ander skoue landwyd, aan ALFA 2018 in Parys deel-geneem. Dit is die eerste

keer dat Sussex-diere deel van hierdie spoggeleentheid gevorm het. Dit was ’n geleentheid waar verskeie telers hul diere met trots kon vertoon, met diere van die Vrystaat tot so ver as Worcester in die Wes-Kaap wat deelgeneem het.

JRE 130156, Huntersvlei Kimberley 12de van die Platdrif Sussex-stoet van Nollie Stofberg van Worcester, het die Sussex-ras by die Hinterland Interrasbeoordeling verteenwoordig. Hierdie besonderse bul het met die louere weggestap by vanjaar se nasionale kampioenskap op die Bloemskou. Hy is ook as die opperste interraskampioen-vleisbees by die Bloemskou se interras-beoordeling gekroon, wat aan hom ’n plek in die Hinterland Interraskampioenskap by ALFA 2018 besorg het.

Huntersvlei Kimberley 12de, wat tans die ras se rekord hou as die duurste bul wat sover verkoop is, het besondere kapasiteit en bespiering. Sy teelwaardes komplemen-teer sy fenotipe, met ’n groei-indeks van 127 en ’n gemiddelde daaglikse toename (GDT)-indeks van 125. Die bul het goeie

kommentaar van Willie de Jager, interrasbeoordelaar by ALFA 2018, ontvang. Hy meen die bul toon geweldige breedte oor sy rug, goeie kapasiteit en uitstaande manlikheid. Sy genetika is volgende jaar beskikbaar en sal verseker ’n aanwins wees vir enige stoetery.

Moneymaker-koeiTZ 09 0145, Faurzyl Candi 12de, het die ras in Nutrifeed se Moneymaker-koeikompetisie verteen-woordig. Dié koei is geteel en in besit van Theo van Zyl (snr) en Theo van Zyl (jnr) van die Faurzyl Sussex-stoet by Ladybrand. Weens logistieke probleme kon sy ongelukkig nie by die skou vertoon word nie.

Faurzyl Candi 12de is tans nege jaar oud en spog met sewe kalwers, met ’n gemid-delde tussenkalfperiode van 378 dae. Hier-benewens het sy ’n koeiwaarde van 108, ’n produksiewaarde van 102, ’n melkwaarde van 108 en ’n groeiwaarde van 123.

JRE 16 0206, Huntersvlei Actress 203de, is as die ras se wenner in die Vleissentraal-

versprojek aangewys. Haar vaar, JRE 10 0045, Huntersvlei Speedy 2de, het besonderse dogters met uitste-kende melkproduksie en sterk dog vroulike fenotipes geteel, waarvan Actress ’n bewys is.

Sy toon reeds op ’n jong ouderdom baie goeie kapasi-teit, met besonderse vroulikheid en ’n

uitstekende haarkleed. Sy spog met ’n koeiwaarde van 123, produksiewaarde van 122, melkwaarde van 124 en groei-waarde van 105. Al drie die deelnemende verse is deur die Huntersvlei Sussex-stoet van Viljoenskroon vertoon.

Oakdale Veeplaas-versprojekDie Sussex-verse wat as deel van die Veeplaas Skole-kuddeprojek aan Hoër Landbouskool Oakdale geskenk is, is as ’n volwaardige stoet by die genootskap geregistreer. Die Veeplaas Oakdale Sussex-stoet doen goed en almal is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot die skool. Al die verse het reeds gekalf.

Oakdale se leerlinge berei die diere vir jeugskoue voor. Die Sussex-ras met sy goeie temperament is die ideale ras om mee te skou. Die skool bied ook jaarliks ’n vleis-beeskursus vir die graad 10-leerlinge aan, wat deel vorm van ’n landbouvak waar die Sussex-stoetdiere tydens demonstrasies vertoon en meer oor die ras geleer word.

Vir meer inligting oor die telers of diere wat aan ALFA 2018 deelgeneem het, skakel die Sussex-genootskap by 051 410 0955

of besoek www.sussex.co.za.

Nollie Stofberg by die bul Kimberley by ALFA 2018.

Die vers JRE 16 0206, wat as die raswenner van die Vleissentraal-versprojek aangewys is.