4
Julie / Augustus 2020, Uitgawe 4 t: 028 735 8100 e: [email protected] www.af.co.za DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID Baie besighede het onherstelbare finansiële verlies gely a.g.v. die grendelinperkings. Ons bid vir vinnige ekonomiese herstel van ons land. Ons is dankbaar vir die voorreg om sedert die begin van die grendel ononderbroke essensiële produkte te kon vervaardig en te lewer, te midde van onsekerheid en uiters vae riglyne. Dit was egter nodig om verskeie nuwe werkwyses en hersiene higiëne-prosesse in te stel en ons het sedert 27 Maart 2020 verskeie stappe geneem om nie net ons eie veiligheid te verseker nie, maar ook dié wat Aloe Ferox-bestellings ontvang. Potensiële gevaarareas word deurlopend by alle afdelings en werksaamhede ondersoek en aangepas. Personeel en bestuur ontvang opleiding t.o.v. virusse, bakterieë en kieme, nuwe en aangepaste werkwyses, isolasiespasie, ens. Daaglikse gesondheidstoetse word op alle personeel en bestuur gedoen voordat daar vir diens aangemeld kan word. aie dankie aan ieder en elke verspreider wat sedert die begin van die grendel hul uiterste bes gedoen het om die Aloe Ferox-bal aan die rol te hou. Julle is ons helde! – Aloe Ferox-bestuur en personeel –

DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID · FDA- en Suid-Afrikaanse regulasies. Hierdie produk bevat o.a. 80% alkohol, Aloe ferox-blaarsap, gliserien, waterstofperoksied en ʼn bindmiddel wat

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID · FDA- en Suid-Afrikaanse regulasies. Hierdie produk bevat o.a. 80% alkohol, Aloe ferox-blaarsap, gliserien, waterstofperoksied en ʼn bindmiddel wat

Julie / Augustus 2020, Uitgawe 4

t: 028 735 8100 e: [email protected] www.af.co.za

DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID

Baie besighede het onherstelbare finansiële verlies gely a.g.v. die grendelinperkings.

Ons bid vir vinnige ekonomiese herstel van ons land. Ons is dankbaar vir die voorreg om sedert die begin van die grendel ononderbroke essensiële produkte te kon

vervaardig en te lewer, te midde van onsekerheid en uiters vae riglyne. Dit was egter nodig om verskeie nuwe werkwyses en hersiene higiëne-prosesse in te stel en ons het sedert 27 Maart 2020 verskeie stappe geneem om nie net ons eie veiligheid te

verseker nie, maar ook dié wat Aloe Ferox-bestellings ontvang.

✓ Potensiële gevaarareas word deurlopend by alle afdelings en werksaamhede ondersoek en aangepas.

✓ Personeel en bestuur ontvang opleiding t.o.v. virusse, bakterieë en kieme, nuwe en aangepaste werkwyses, isolasiespasie, ens.

✓ Daaglikse gesondheidstoetse word op alle personeel en bestuur gedoen voordat daar vir diens aangemeld kan word.

aie dankie aan ieder en elke verspreider wat sedert die begin van die grendel hul uiterste bes gedoen het om

die Aloe Ferox-bal aan die rol te hou. Julle is ons helde!– Aloe Ferox-bestuur en personeel –

Page 2: DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID · FDA- en Suid-Afrikaanse regulasies. Hierdie produk bevat o.a. 80% alkohol, Aloe ferox-blaarsap, gliserien, waterstofperoksied en ʼn bindmiddel wat

✓ Werkareas, oppervlaktes en goedere word deurlopend gedisinfekteer.✓ Alle personeel dra smoelskerms wat neus en mond bedek.✓ Saniteerpunte is oral opgerig en hande word gereeld gesaniteer.✓ Koerierpersoneel moet natuurlik ook saniteer voordat hulle enige bestellings

kan hanteer of oplaai.

H-A

LO

E!

Van a

l die

Aalw

yn-Skim

me

Page 3: DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID · FDA- en Suid-Afrikaanse regulasies. Hierdie produk bevat o.a. 80% alkohol, Aloe ferox-blaarsap, gliserien, waterstofperoksied en ʼn bindmiddel wat

KONTANTDEPOSITO

FOOIEOns staan op die drumpel van ʼn

splinternuwe leefwyse waarvan sosiale distansiëring seker die swaarste pil is om te sluk –ons floreer tog immers op persoonlike kontak en nabyheid. Die wêreld druk om die “ou manier” te verruil vir ʼn onpersoonlike en koue lewe. Geld was nog altyd ‘n persoonlike

saak, en as dit swaar gegaan het, kon ons letterlik vashou aan ons geldjies totdat dit weer beter gaan. Die huidige krisis het egter “kontant” op sy knieë om finaal onthoof te

word. Die tye waarna die Woord verwys, het waarlik aangebreek – koop en verkoop gaan binnekort slegs elektronies plaasvind. Selfs die banke wat ons kontant veilig in hul

kluise bêre, belas ons al hoe meer wanneer ons ons eie kontant gebruik.

Banke is vir ʼn geruime tyd al besig om kontant uit te faseer deur kontanthanteringsfooie amper onbekostigbaar te maak. Die bankfooie t.o.v. kontantinbetalings in die Aloe Ferox-rekeninge beloop al nagenoeg R10 000 per maand! Jip, tienduisend rand per

maand! Aloe Ferox is dus ongelukkig genoodsaak om ʼn heffing op kontantinbetalings in te stel. Die heffing sal ʼn vaste bedrag van R65 per transaksie wees en tree in werking op

1 Augustus 2020. Dit beteken dat ʼn addisionele bedrag van R65 op elke KONTANT-inbetaling (bankteller of OTM) gehef sal word.

Ons wil jou graag help om oor te skakel na kaart- of elektroniese betalings. Skakel ons gerus of stuur ʼn epos aan [email protected] om jou unieke situasie te bespreek.

Die wêreldwye verbod op in-/uitvoere, tesame met grendeltye in meeste Europese

lande, het ongelukkig baie dinge baie vinnig omvergegooi. Daar het feitlik oornag onvoorsiene tekorte aan ingrediante in beide die kosmetiek- en gesondheidsmark

ontstaan. Hierdie tekorte is tans besig om stadig maar seker te herstel, maar die premie is hoog, baie hoog. Ons ervaring is dat die meeste ingrediante wat tans ingevoer word,

teen minstens dubbel of drievoudig die normale prys beskikbaar gestel word. Ons is daarom effens skugter om in hierdie stadium nuwe pryse aan te kondig. Ons beoog wel

om ʼn algemene prysverhoging teen begin September of Oktober te implementeer.

2020PRYSVERHOGING

Page 4: DIE ALOE FEROX-HIGIËNEBELEID · FDA- en Suid-Afrikaanse regulasies. Hierdie produk bevat o.a. 80% alkohol, Aloe ferox-blaarsap, gliserien, waterstofperoksied en ʼn bindmiddel wat

saniteerdersAloe Ferox het aan die begin van die “sanitiser”-

gekheid besluit om nie aan die alkoholresies deel te neem nie omdat alkohol nie goed vir die

vel is nie. Só is dus gebore!Dit bevat verskeie ingrediante wat saamwerk,

insluitend alkohol (ʼn laer persentasie), om virusse, bakterieë en kieme te beveg

terwyl dit baie sagkens met die vel werk. is uiters doeltreffend, maar verbruikers wat na alkoholgebaseerde produkte soek, vind geen aanklank by dié produk

nie – dan is dit boonop ook duurder omdat dit verskeie ander komponente bevat.

Aloe Ferox het intussen ʼn nuwe produk ontwikkel (en gebruik dit self) volgens WHO-, FDA- en Suid-Afrikaanse regulasies. Hierdie produk bevat o.a. 80% alkohol, Aloe ferox-

blaarsap, gliserien, waterstofperoksied en ʼn bindmiddel wat die produk vinnig laat verdwyn, geen taaiheid agterlaat nie en redelik sag op die vel is. Ons beplan om dit ook

as ʼn oppervlak-disinfekteerder beskikbaar te stel. Dit word as ʼn vloeistof of jelvervaardig en behoort in die omgewing van –• R160 per 2 liter-bottel met prop, of• R60 per 500 ml-bottel met pomp, of• R35 per 150 ml-bottel met "flip"propaan die publiek beskikbaar gestel te word.

Laat weet ons so gou as moontlik indien jy sal belangstel.Belangrik: sal steeds beskikbaar bly.

SAL JY AANKOOP?

GRENDELVELSORGSTELLEOns oorweeg om volledige velsorgstelle teen verlaagde pryse beskikbaar te stel in ʼn

poging om verbruikers wat tans finansieel swaarkry, te ondersteun – ʼn hulpprojek.Die stelle sal volgens veltipe saamgestel word.

ʼn Stel vir normale vel sal bv. bestaan uit:1 x (200 ml)1 x (100 ml)1 x (75 ml)1 x (50 ml)1 x (50 ml)

Die individuele produkte sal in ʼn stel gegroepeer en ge-etiketteer word en sal dus nie afsonderlik verkoop kan en mag word nie. ʼn Addisionele voordeel is dat jou kliënte

blootstelling aan produkte wat hulle nog nie voorheen gebruik het nie, kan kry.Laat weet ons so gou as moontlik indien jy sal belangstel.