Upload
edolie
View
356
Download
0
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Die Bekendstelling van ‘n Brandgevaarpeilingstelstel vir Suid-Afrika. LWR 314. Vuur (vir die wat nie geweet het nie):. Deur die antieke Grieke beskou as een van die hoofelemente in die heelal. Dit is ‘n sigbare, tasbare newe-effek van materie wat fase verander. - PowerPoint PPT Presentation
Citation preview
Die Bekendstelling van ‘n Brandgevaarpeilingstelstel vir
Suid-Afrika
LWR 314
Vuur (vir die wat nie geweet het nie):
• Deur die antieke Grieke beskou as een van die hoofelemente in die heelal.
• Dit is ‘n sigbare, tasbare newe-effek van materie wat fase verander.
• Ontstaan uit ‘n chemiese reaksie tussen suurstof in die atmosfeer en een of ander tipe brandstof.
• Die brandstof moet egter sy “ontbrandingstemperatuur” bereik.
Die Vuurdriehoek
LUG
HITTE
BRANDSTOF
VUUR
Faktore wat Vuurgedrag beïnvloed
• Brandstof - Fynheid- Struktuur van die brandstof
bedding (hoogte, digtheid & kontinuïteit)
- Hoeveelheid (brandstoflading)- Voginhoud- Tipe plantegroei
• Terrein - Helling & Aansig• Weer - Reënval
- Lugtemperatuur- Relatiewe Humiditeit- Windspoed
Daar is ‘n interaksie tussen vure en hul omgewing
• Die chemiese reaksies in ‘n vuur genereer baie nuwe hitte wat die vuur onderhou.
• Bosbrande kan hul eie winde genereer, wat die vlamme aanjaag.
Uitwerkings van Vuur
• Positiewe Impakte
- Stel minerale in grond vry
- Berei saadbeddings voor vir ontkieming
- Sneller vir sommige plantspesies om sade los te laat
- Help om gemeenskapstruktuur & -samestelling te bepaal• Negatiewe Impakte
- Impak op ekosisteme (verlies aan plantegroei,
impak op dierelewe, versnelde erosie ens.)
- Lugkwaliteit (gesondheid, sigbaarheid)
- Esteties nie mooi nie
- Ekonomiese verliese
Brande in die Vrystaat: 2003
• Tot met middel Oktober is 219 000 ha of 1.68% van die provinsie geraak.
• Beeste gebrand: 87• Skape gebrand: 315• Wild gebrand: 215• Perde gebrand: 11• Mense gebrand: 6• Lewensverlies: 5• Huise vernietig: 42
Wat word benodig vir ‘n Brandgevaarpeilingstelsel (BGPS) ?
• Die vermoë om heeltyd die toestande te monitor wat brandgevaar beïnvloed.
• Die vermoë om gebiede af te baken wat deur hoë brandgevaartoestande geaffekteer word.
• Die vermoë om relevante faktore in ag te neem, met gebruik van gepaste formules.
• Die vermoë om hoë brandgevaar te identifiseer.
• Die vermoë om die brandgevaarpeiling en gepaste noodsaaklike voorkomings effektief te kommunikeer.
Munisipaliteite geklassifiseer deur veldbrand risiko
Komponente van ‘n Nasionale BGPS
Climate and Risk
Fire danger regions map
Daily data for region: Fuel condition Forecast and actual
weather
Fire danger model
Users in each region
Collect fire occurrence
data
Forecast and actual fire danger rating for regions
Fire danger rating table
Ve
ldfire
In
form
atio
n S
yste
m
Communicate
Outputindex
Rating
Monitor and improve
Input region data
Monitor and improve
Monitor and improve
Climate and Risk
Fire danger regions map
Daily data for region: Fuel condition Forecast and actual
weather
Fire danger model
Users in each region
Collect fire occurrence
data
Forecast and actual fire danger rating for regions
Fire danger rating table
Ve
ldfire
In
form
atio
n S
yste
m
Communicate
Outputindex
Rating
Monitor and improve
Input region data
Monitor and improve
Monitor and improve
Aanbevole afsny-waardes vir die BGPS
Gebaseer op die statistiese verspreiding:
≥ 99 persentiel: Uiters Hoog
≥ 95 persentiel: Baie Hoog
≥ 90 persentiel: Hoog
≥ 75 persentiel: Matig
< 75 persentiel: Laag
Laeveld Brandgevaarindeks - NomogramBGI = (BI + WF) × RKF
Laeveld BGI – Kategorieë
• 0 – 20: BLOU (Veilig)• 21 – 45: GROEN (Matig / Gemiddeld)• 46 – 60: GEEL (Gevaarlik)• 61 – 75: ORANJE (Baie Gevaarlik)• 76 – 100: ROOI (Uiters Gevaarlik)
INDIKATORKLEUR
BLOU GROEN GEEL ORANJE ROOI
GEVAARPEILING
Onbeduidend Laag Gemiddeld Hoog Uiters Hoog
VUUR
GEDRAG
Vure nie geneig om te ontstaan. Indien hul wel doen, sal hul vanself uitsterf sonder bestryding. Daar is min vlambranding. Vlamlengtes in grasveld en plantasie woudmat laer as 0.5 m en voorwaartse spreitempo van minder as 0.15 kilometer per uur.
Vure geneig om geredelik te ontstaan maar versprei stadig. Vlamlengtes in grasveld en plantasie woude laer as 1.0 m en voorwaartse spreitempo van minder as 0.3 kilometer per uur.
Brande ontstaan geredelik en versprei vinnig, met brande n die oppervlaklae onder bome. Vlamlengtes in grasvelde en plantasie woude tussen 1 en 2 m, en voorwaartse spreitempo van tussen 0.3 en 1.5 kilometer per uur.
Brande ontstaan geredelik en versprei baie vinnig, met plaaslike kroonbrande (crowning) en kort-afstand vuursprong (spotting). Vlamlengtes tussen 2 en 5 m, en voorwaartse spreitempo van tussen 1.5 en 2.0 kilometer per uur.
Uitbarstings (conflagrations) is moontlik in plantasie woude, bosse indringerbome en struike, suikerplantasies, en fynbos. Lang-afstand vuursprong is moontlik in hierdie brandstoftipes.Voorwaartse spreitempo van leibrande kan 4.0 kilometer per uur oorskry en vlamlengtes sal in die orde van 5 – 15 m of meer wees.
INDIKATOR KLEUR
BLOU GROEN GEEL ORANJE ROOI
GEVAARPEILING
Onbeduidend Laag Gemiddeld Hoog Uiters Hoog
MOEILIKHEIDVAN BRANDBESTRYDING
Direkte aanslag moontlik: een of ‘n paar spanlede met basiese brand bestrydings-gereedskap blus maklik enige vuur wat mag opvlam.
Direkte aanslag moontlik: brande kan veilig te voet genader word. Bestyding word geredelik vermag deur direkte hand-bestrydings metodes.
Direkte aanslag beperk: brande kan nie veilig te voet genader word vir langer as baie kort periodes nie. Beste vorme van beheer die kombinering van water tenkers en voorbrande van brandbeheer lyne.
Direkte aanslag nie moontlik: brande kan glad nie genader word nie en voorbrande, tesame met lugbystand, is die enigste effektiewe wyse om brande te bestry. Toerusting soos water tenkers moet aangewend word om huise te beskerm.
Enige vorm van brandbeheer is geneig om min impak te maak totdat die weer verander. Die maak van voorbrande is gevaarlik en moet eerder vermy word.
Dankie
Alle foto’s verkry van CSIRO webblad (http://www.ffp.csiro.au)