8
KOSHUISKOERANT VAN PATRIA MANSKOSHUIS - DIÉ HUIS OP KAMPUS NOORD-WES UNIVERSITEIT PUKKE OPEDAG 1 MEI 2009 POLITIES GESPROKE JOOL / 2 3 D IE G RIFFEL J y staan nou op die drumpel om die lek- kerste en beste tyd van jou lewe binne te gaan - jou studentelewe. Dit is ‘n tydperk waar jy baie nuwe dinge gaan leer en ervaar en daarom is dit juis so ‘n groot eer om deel te wees van ‘n gebalanseerde koshuis soos Patria wat op alle vlakke van die lewe seëvier. Patria is meer as net ‘n nog ko- shuis, dit is ‘n passie wat daagliks uitgeleef word. By ‘dié huis op kampus’ is dit ‘n koshuis wat nie net nog ‘n plek is om te loseer nie, maar waar jy deel is van ‘n broederskap wat uitblink op die sportveld; wat met JOOL hulle opoffering gee; wat presteer op die kultuur gebied en die belangrikste van alles ‘n goeie omgewing bied waar elkeen akademies kan presteer. Die eerstejaars staan bekend as "Die Plebs van Patria". ‘n Pleb is altyd bedagsaam teenoor `n dame om te verseker dat Patria Manskoshuis bekend staan as "Die Gentlemen-koshuis". Patria eerstejaars word altyd hoog geag op kampus en kan die Albatros met trots op die bors dra. Dit is dan werklik ‘n eer en ‘n groot voorreg om deel te wees van so ‘n dinamiese koshuis waar jou karakter geslyp word om jou as volwassene die wêreld in te stuur. Voornemende studente en hul ouers sal sekerlik verskoon word as hul vandag ietwat verward op kampus ronddwaal tussen die horde stalletjies, fakulteite en koshuise. Die Griffel verwelkom alle nuwe gesigte en help dus graag uit waar ons kan. Hieronder volg drie opsies, soos deur die universiteit verskaf, as handleiding om die meeste van die NWU-Pukke opedag te maak. Ä PATRIA: DIE HUIS VAN TROTS EN BROEDERSKAP Sprei jou vlerke híér Ondersteuners hou Patria se naam hoog by ’n rugbywedstryd vroeër vanjaar. Foto: VERSKAF PATRIA Ligging: OPSIE 1: NWU- BEKENDSTELLING 08:30 - 09:30 (Amfi en Oudit) Ontmoet die kampusrek- tor en SR-voorsitter, kry waardevolle inligting oor die NWU, word daarna na die fakul- teit van jou keuse geneem. 10:30 - 11:30 (Oudit) Program word herhaal OPSIE 2: BESOEK AAN FAKULTIETE 09:00 - 10:00 10:00 - 11:00 11:00 - 12:00 Meld aan op die gras perk voor die hoofge- bou om na die fakulteit van jou keuse se uur- likse inligtingsessies begelei te word. OPSIE 3: BESOEK AAN KOSHUISE, PUKSPORT, KULTUUR EN BEURSE 08:30 - 14:00 Koshuise se stalletjies - Wandellaan Aansoekvorms voltooi en ingehan- dig by die Toelatingskanoor (F20) Beurse en lenings (F19) NWU-Puksport - Hoofgebou se gras NWU-Puk Kultuur - Heimatgebou F9 Hou kop met besige opedag program

Die Griffel Open Day Edition

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die Griffel: A qauterly In-House journal of Patria Mens Residence from the North West University's Potchefstroom Campus.

Citation preview

Page 1: Die Griffel Open Day Edition

KOSHUISKOERANT VAN PATRIA MANSKOSHUIS - DIÉ HUIS OP KAMPUS NOORD-WES UNIVERSITEIT PUKKE OPEDAG 1 MEI 2009

POLITIESGESPROKE

JOOL / 2

3

DIE GRIFFEL

Jy staan nou op die drumpel om die lek-kerste en beste tyd van jou lewe binne te gaan - jou studentelewe.

Dit is ‘n tydperk waar jy baie nuwe dinge gaan leer en ervaar en daarom is dit juis so ‘n groot eer om deel te wees van ‘n gebalanseerde koshuis soos Patria wat op alle vlakke van die lewe seëvier. Patria is meer as net ‘n nog ko-shuis, dit is ‘n passie wat daagliks uitgeleef word. By ‘dié huis op kampus’ is dit ‘n koshuis wat nie net nog ‘n plek is om te loseer nie, maar waar jy deel is van ‘n broederskap wat uitblink op die sportveld; wat met JOOL hulle opoffering gee; wat presteer op die kultuur gebied en die belangrikste van alles ‘n goeie omgewing bied waar elkeen akademies kan presteer.

Die eerstejaars staan bekend as "Die Plebs van Patria". ‘n Pleb is altyd bedagsaam teenoor `n dame om te verseker dat Patria Manskoshuis bekend staan as "Die Gentlemen-koshuis".

Patria eerstejaars word altyd hoog geag op kampus en kan die Albatros met trots op die bors dra. Dit is dan werklik ‘n eer en ‘n groot voorreg om deel te wees van so ‘n dinamiese koshuis waar jou karakter geslyp word om jou as volwassene die wêreld in te stuur.

Voornemende studente en hul ouers sal sekerlik verskoon word as hul vandag ietwat verward op kampus ronddwaal tussen die horde stalletjies, fakulteite en koshuise. Die Griffel verwelkom

alle nuwe gesigte en help dus graag uit waar ons kan. Hieronder volg drie opsies, soos deur die universiteit verskaf, as handleiding om die meeste van die NWU-Pukke opedag te maak.

ÄPATRIA: DIE HUIS VAN TROTS EN BROEDERSKAP

Sprei jou vlerke híér

Ondersteuners hou Patria se naam hoog by ’n rugbywedstryd vroeër vanjaar. Foto: VERSKAF

PATRIA Ligging:

OPSIE 1: NWU-BEKENDSTELLING

08:30 - 09:30 (Amfi en Oudit)♦ Ontmoet die kampusrek-tor en SR-voorsitter, ♦ kry waardevolle inligting oor die NWU,♦ word daarna na die fakul-teit van jou keuse geneem.

10:30 - 11:30 (Oudit)Program word herhaal

OPSIE 2: BESOEK AAN FAKULTIETE

09:00 - 10:0010:00 - 11:0011:00 - 12:00

Meld aan op die grasperk voor die hoofge-bou om na die fakulteit van jou keuse se uur-likse inligtingsessies begelei te word.

OPSIE 3: BESOEK AAN KOSHUISE, PUKSPORT, KULTUUR

EN BEURSE

08:30 - 14:00♦ Koshuise se stalletjies - Wandellaan♦ Aansoekvorms voltooi en ingehan-dig by die Toelatingskanoor (F20)♦ Beurse en lenings (F19)♦ NWU-Puksport - Hoofgebou se gras♦ NWU-Puk Kultuur - Heimatgebou F9

Hou kop met besige opedag program

Page 2: Die Griffel Open Day Edition

Mol's Hol is geleë aan die onderkant van die koshuis en dien as fondasie vir die res. Molle is tradisie vas met tradiesies soos: baardmaand, hoenderbraai, lande aand

ens. Hier heers `n goeie gees wat gepaardgaan met `n akademiese atmosfeer. Die Molle ken van saamstaan en ondersteun mekaar op alle fasette van studentelewe

Heil Oupa Rooimol!

Die gange van PatriaGROND VLOER

TWEEDE VLOER

DERDE VLOER

NUUSDIE GRIFFEL BL. 2

“What we do in life, echoes in eternity”. Dit is die leuse waarmee Commancheros die lewe in die oë staar. Hier op Commas kry jy nie net die ideale geleentheid om jou studies te voltooi nie, maar ook die geleentheid om deel te word van `n gang waar `n gesonde gees gehandhaaf word. Ons het tradisies soos: Gangbraaie, Pokeraand ens.

Op Commas kry jy die geleentheid om jou diep verborge talente te herontdek en dit te leef!

Op hierdie gang heers `n goeie gees wat jou aanmoedig om akademie eerste prioriteit te maak maar ook om jou studen-telewe in `n goeie perspektief te geniet. Ons het tradiese wat al

jare strek en die gang het `n weermag tema. Hier is onder andere Draer van die Slang, Eerste-

jaar van die gang ens. Wanneer jy aangewys word as eerstejaar van die gang, kry jy nie net voorregte op Ophiuchus nie, maar jy kry ook ̀ n ander titel in jou tweede en ander jare om te kom. Beginnende

by Korporaal.

Pasta presteer onder leiding van Oupa Neorg en sy onderdaan Addap. Dit is hier waar jy waarlik ontwikkel word tot mens om jou te leer van tradisies en respek teenoor jou medemens.

Ons spog met tradisies soos die jaarlikse Pas-tas Derby wat insluit: Snaakse Eerstejaarsdrag, Polo, Padda Spring Kompetisie, Dinee ens.

Pastas is die ideale gang om op te wees as jy glo in tradisies, akademie, sosiaal en menswees!

Mol’s Hol

Ophuichus

Pastas

Ä VIND DIE REGTE GANG VIR JOU IN DIÉ HUIS OP KAMPUS

EERSTE VLOER

Commancheros

Page 3: Die Griffel Open Day Edition

STUDENTELEIERS Die HK van Patria Manskoshuis by die rektor van die NWU: PUK-Kampus, Prof. An-nette Combrink, en Studentedekaan, Prof. Hendre Reyneke, gedurende die O&B sessies vir eerste-jaars in die Amfi-teater. NOG ‘N FOTO OP BL. 6 Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH

‘n Kort beskrywing van debat sou min of meer wees hoe goed jy jouself uit ’n moeilike situasie kan praat. Kan jy dit

bewys?Patria het ʼn puik debatspan wat die jaar 2de

in die mansafdeling geëindig het. Die lede van die debat, Leon Roets, Nelis Volschenk, Christo Cronjé en Johannes Esterhuizen het standpunt ingeneem, baklei en gedebatteer tot die bitter einde!

Die debat het afgeskop met ʼn opwarmings-rondte teen Bellatrix. Die eerste tema het ge-handel oor die eetsale van die PUK.

Na die oefenrondte het die uitdunrondte teen Taba-Jäh plaasgevind. Die onderwerp was of mielies nie net vir voedsel gebruik moet word nie maar ook as biobrandstof, al dan nie. Van die begin af was Taba-Jäh sprakeloos en kon byna geen vrae beantwoord nie. Aan die einde van die uitdunrondte het Patria eerste geëindig.

BERNARD MARITZ

Patria-debat naasbeste

Sêr roer hartsnare, ‘mik vir nationals’Die finaal was egter ‘n taai stryd. Patria het teen Veritas te staan gekom en naelskraaps tweede geëindig. Een van Patria se sprekers, Leon Roets, het in reaksie op hierdie finale rondte gesê die span van Veritas Manskoshuis het baie op hul senioriteit staatgemaak om hulle [Patria] te intimideer hoewel dit geen ef-fek op die Patriane gehad het nie.

Roets is na afloop van die uitdunrondtes in die PUK-debatspan ingesluit wat op 8-9 Mei by Kovsies aan die ATKV-Universiteite debat sal deelneem. Roets, ʼn Eerstejaar van Comman-cheros, sal die PUK verteenwoordig saam met Wilbrie Fourie (Hombré), Nantes Kirsten en Du Toit Orton (albei van Veritas).

Die vooruitsigte vir Patria se debat lyk dus baie rooskleurig as daar in ag geneem word dat ons ʼn baie jong span gehad het in verge-lyking met die kompetisie se ervare spanlede.

Die vooruitsigte...lyk dus baie rooskleurig vir Patria se jong debatspan

Die hartklop van enige koshuis se kultuurakti-witeite is sy sêr en soos elke Senior en Pleb weet is Patria geen uitsondering nie. Patria kan uitsien na ‘n wonderlike jaar van sêr en van wat verneem word van Bruwer Malan, Kultuur HK-lid, mik vanjaar se sêr selfs na die ‘nationals.’

Patria se sêrgroep bestaan vanjaar uit 13 Seniors en 7 Plebs. Die groep word deur Ste-fan van Zyl gelei terwyl die verwerkings deur Natanja Brink en Franco Prinsloo behartig sal word.

Die Plebs het op hul eie beurt die dames van Heide, Kasteel en Klawerhof se knieë gemaak met hul weergawes van “Blou”, “Piekniek op die

maan” en “Sally Williams Nougat.” Die dames se terugvoer hierop: “Ons lovit”

Geen inligting wat betref die datums waar-op die kompetisie gaan plaasvind is tans be-skikbaar nie. Malan is ook baie geheimsinnig oor die liedjies en tema van die opvoering.

Daar word egter reeds hard in die aande geoefen en van wat afgelei kan word, klink dit baie belowend. Aangesien Patria ook op alle terreine presteer, word slegs die hoogste stan-daarde van hierdie groep verwag.

Patria staan bankvas agter sy sêrgroep in afwagting op hul optrede in die tweede se-mester. Hartsnare sal geroer word wanneer die ‘Poorboys’ keel skoonmaak om almal se asems weg te slaan.

ADRIAAN SWART

NUUSDIE GRIFFEL BL. 3

ÄEERSTEJAAR LEON ROETS IN PUK-SPAN INGESLUIT

>

Opwinding & Bravade

Enkele 2009 O&B oomblike

28/01

<

21/01>23/01>

17/01 19/01

Page 4: Die Griffel Open Day Edition

Eersteklas vermaak

Vergeetbare JOOL..? Ä ‘HEI-TOU-PATEI-TOU HET NIKS OM OOR SKAAM TE WEES’

COENRAAD MIDDEL

Die kwartaal is besig om vinniger as die heilige wit eland verby te gaan en JOOL is lankal nie meer die hoof ‘topic’ van

almal se etenstyd gesprekke nie. Was dit dan regtig so Onvergeetbaar?

Hei-tou-Patei-tou het vanjaar met ‘n alge-hele vierde plek weggestap. Dit is iets waaroor Andre Rossouw, JOOL en Klubhuis HK-lid nie kommentaar wou lewer nie. Op navraag het hy bloot geantwoord: ”Ons was vierde algeheel en vierde met die ‘Popkoppe’ - verder het ek niks om by te voeg nie.” Die Eersteplek was gedeel deur my-kHEIs en Kan-ta-li-brè.

J.B. Robinson, eerstejaar BSc. Aktuariële Wetenskappe student van Patria, het só sy me-ning oor hierdie saak gelig: “Hoekom is Patria tevrede met vierde plek as ons weet ons het beter verdien?” Ander Patriane is ook van me-ning dat Patria en Heide ingedoen is met die finale uitslae.

Saam met die droewigheid van die uitslae was daar ook die nat aard van die weer oor JOOL hier in Potch wat nie regtig gehelp het om die gemoeddere bietjie te lig nie. Don-derdagaand en Vrydagaand het bands en kun-stenaars soos Zinkplaat, Jak de Priester, Karen Zoid, Southern Gypsey Queens, Straatligkinders en aKing die Joolplaas laat dreun en die Plebs het maar met een oor geluister en die ander gespits vir opdragte van die bouspan.

Na ‘n Pleb gevra is wat hy dink van die JOOL-week het hy doodeenvoudig gesê: “Dit is hard maar lekker.” Baie lang ure is ingesit van-jaar se vlot en daar is altesaam 240 000 nuwe

blommetjies gevou. Die bouspan en die eerste-jaars het die Vrydagaand deurnag gewerk en nog die laaste blommetjies ingedruk toe die klok 6 uur die Saterdagoggend lui. Die vlot was nie eenhonderdpersent volgens plan klaar nie en Elvis kon nie sy boogie moves gooi nie. Maar

nietemin het die vlot koppe laat draai en geld-sakkies laat omkeer.

Wanneer terug gekyk word was vanjaar se JOOL tog onvergeetbaar. Die vlot was van hoë gehalte en Hei-tou-Patei-tou het niks om oor skaam te wees nie.

ONVERGEETLIKE URE Ywerige Plebs en Dore besig om die laaste blommetjie in te druk. Altesaam 240 000 blommetjies is vanjaar met JOOL gevou Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH

NUUSDIE GRIFFEL BL. 2

BO: ’n Toneel uit vanjaar se Eerstejaarskonsert, Appelhof, in die Sanlam Ouditorium.LINKS: Corné van Schalkwyk se vertolking van ‘Adams Appel’. Foto: IAN ODENDAAL

Page 5: Die Griffel Open Day Edition

KOMMENTAAR / NUUSDIE GRIFFEL BL. 3

STUART GROBBELAAR

Met die kruisies getrek, duime gekleur, stemme getel en uitslae bekend kom Suid-Afrika aan die einde van hul vier-

de Nasionale en Provinsiale verkiesing. Baie kenners en politici het gemeen die 2009 verkiesing gaan die mees interessante en be-langrikste verkiesing wees sedert 1994, en tot ‘n mate was dit.

Ek is seker almal sal met my saamstem dat dit nie nodig is om baie oor die ANC te sê nie. Al wat belangrik is, is om te weet dat hulle met 66% van die stemme gewen het en dat hulle nie ‘ n tweederde meerderheid gekry het nie. Die Griffel sê ook geluk aan ons nuwe president en ons 4 nuwe “first ladies”.

Die DA het goed gevaar en het hul titel as amptelike opposisie behou deur 17% van die stemme te kry. Alhoewel baie mense iets nega-tief te sê gehad het oor die STOP ZUMA-veld-tog, lyk dit nie asof dit die party skade berokken het nie.

Die DA het sy steun met ongeveer 4% ver-hoog sedert 2004 en het die ANC in die Wes-Kaap ontsetel as die nuwe regerende party. Studies toon dat die DA se steun onder swart kiesers met 200% gegroei het en dat die DA vandag die mees diverse politieke party in die land is.

Aan die einde van verlede jaar was Suid-Afrikaners geskok, maar tog opgewonde oor die stigting van die ANC wegbreek party, COPE. COPE was die nuwe hoop, die nuwe agenda, die nuwe party vir alle Suid-Afrikaners wat ‘gat-vol’ was vir die ANC.

Dinge het egter nie uitgedraai presies soos wat COPE beplan het nie. Op ‘n stadium het die leier van hierdie party, Mvume Dandala, vol selfvertroue verklaar dat sy party 50% van die stem op hom gaan vestig. Op die ou end moes die COPE tevrede wees met 7,4% van die stemme. Nie te sleg vir ‘n party wat slegs ‘n paar maande oud was en wat se verkiesings-veldtog basies gedraai het om: Wie kom op die poster, Lekota of Dandala?

Oor die ander partye kan ‘n mens nog minder sê as die hoeveelheid stemme wat hulle gekry het. Buthelezi se IVP verloor met elke verkiesing die helfte van sy steun. Sy party is

Ä ’N PARTYDIGE BLIK OP PARTYPOLITIEK

Demokrasie-groeipyne

Aktuele Sake is ‘n portefeulje wat werk met ‘n verskeidenheid van belange in die koshuis. AKSA maak sy debut in 2009 as ‘n Huiskomitee portefeulje, maar was eintlik nog altyd teen-woordig in die sosiale struktuur van koshuis-lewe.

AKSA is dus ‘n portefeulje wat aktuele sake aanspreek en wat aan huidige aspekte aandag gee.

Die koshuis se AKSA-komitee hou ook ver-band met die Studenteraad en dien daaronder.

AKSA se doel is om Sosiale integrasie te bev-order; algehele gesondheid aan te moedig en ondersteuning te bied aan behoeftige studente. Burton Phillips, HK lid van Patria Manskoshuis en voorsitter van AKSA, is baie positief en meen dat dit ‘n fantastiese komitee is om op te dien – "dit is regtig awesome en baie exiting om sover HK te wees en AKSA kan regtig ‘n groot rol in die lewens van ander speel deur morele en finansiele ondersteuning te bied en ook inte-grasie te bevorder."

Op "Different cultures, same dreams" dag, kon daar gesien word met watter gees die

manne die take aanpak.Ander aksies beloof om ook dieselfde opwinding te kweek.

Aksies waarvoor uitgesien kan word wat tans in die AKSA beplannig is, is onder andere:

"Biggest Loser Challenge" waar Jurie Hart-ley vir Patria gaan verteenwoordig. Dan gaan "Green Campaign" poog om mense meer omgewingsbewus te maak en die Koshuis het hul eie "Big Bash", waar die manne teen mekaar gaan kompeteer in touchies, soccer,atletiek ens. om te sosialiseer en mekaar beter te leer ken.

Die Komitee is aksie belaai en het ‘n groot invloed op die lewens van Patriane.

AKSA nou in aksie, sien geleentheid in verskeidenheid RIAAN VENTER

‘n verleentheid vir alle Zulu’s. Ek dink nie eens Shaka sou vir hom gestem het nie. De Lille het weereens ‘n pragtige een-vrou-vertoning

gelewer en ontvang vir haar harde werk 4 se-tels in die parlement. Ek wonder net wie die an-der 3 gaan wees wat saam met haar parlement

toe gaan. Pieter Mulder het tydens sy veldtog die volgende vraag gevra: Is jy te wit vir werk? Ek vra jou Dr Mulder: Is jy te konserwatief vir stemme? Dalk moes die party eerder die Vry-heidfront Minus gewees het, aangesien steun vir die party met elke verkiesing net verder daal. My advies aan al die klein patetiese partye is : Maak toe.

Geluk aan die IEC en al die politieke partye wat deelgeneem het. Die verkiesing kan werklik bestempel word as vry en regverdig .(Behalwe natuurlik vir die insidente waar stembusse langs die pad opgetel is en talle stemlokale nie meer stembriewe gehad het nie.) Geluk met jul nuwe president Suid-Afrika!

Ek vra jou Dr Mulder: Is jy te konserwatief vir stemme?

LIG JOU KOP OP ’n Donker wolk van verdenking hang steeds bo mnr Jacob Zuma, Suid-Afrika se nuut-verkose president, na die nasionale vervolgingsgesag vroeër hierdie maand besluit het om die saak van korrupsie teen hom te laat vaar. Foto: HUSH NAIDOO

COPE

66 %

17 %

7 %

5 %

UITSLAG VAN DIE 2009 NASIONALE VERKIESING

Page 6: Die Griffel Open Day Edition

‘n Gesonde hiërargie het nog altyd ‘n belangrike bydrae gelewer tot die sukses van ‘n liggaam. As Patria dan dié huis op kampus is, dan staan die Seniorbond die skoene vol as "ouboet"…skoene wie se sole deur tyd geslyp en gevorm is.

Wat is die Seniorbond (SB)? Wie is hulle en watter rol vertolk hulle in die koshuis? Vroeër jare was daar slegs twee seniors van elke gang, inlsuitend die Prim, wat die Seniorbond gevorm het, om op hul beurt weer terug te ploeg wat hul uit hul Huis gekry het.

In 2009 was daar besluit om die "komitee" te vergroot om aan die eiste van die jaar se be-planning te voldoen. Riaan Visser, ondervoorsit-ter van die SB, meen dat die SB as ‘n spreekbuis gesien kan word. "Die SB dien as ‘n addisionele kommunikasiekanaal tussen inwoners en die HK, ons ondersteun die HK volledig en probeer altyd om aan die twee partye behulpsaam te wees. Ons is nie hier om ‘shine’ te vang nie".

FR Bezuidenhout, Prim en voorsitter van die

SB sien die SB; die rol wat hul vertolk en die bydrae wat hul lewer deur terug te gee as baie belangrik en van kardinale belang. Dit beklem-toom hy egter met meer as net sy voete om die grond - "Die SB is net ‘n groep mense wat meer wil doen vir die funksionering van die huis."

Die Prim verkies die SB-lede, wat gewoonlik seniors van vyfdejaar en op is. Hul is dan verder ook ‘n heeltemal afsonderlike komitee wat hul-self finansier, wat bietjie respek afdwing wan-neer daar na hul jaar beplanning geloer word.

Van die projekte sluit in: Die formele stigting van '’n "Old Boy's" Klub. Die Klub gaan poog om die ou "familielede" onder een dak te hou sodat hegte familie bande behou word wat mekaar kan ondersteun.

Daar is reeds ‘n databasis wat hiervoor on-derhou word. ‘n Koshuis Treintoer af na die Kaap wat baie belowend klink is ook in die py-plyn.

Maar die Projek wat die huis meer direk raak is om die Binnehof "op te kikker" sodat dit meer deel word van die Patria-leefwyse en wat ‘n baie belangrike bydrae kan maak tot die huis se gees en tradisies.

AKTUEEL / MENINGSDIE GRIFFEL BL. 6

ÄKROPSKOONMAAK: JOU EERSTE MIDKNIGHTS-ERVARING?

Middernag moeilikheid

Ouer broers seervaring ingespan RIAAN VENTER

SENIORBONDSLEDE FR Bezuidenhout (Voorsitter); Riaan

Visser (O/Voorsitter); Roelof Burger; Jaco Theunissen; Ruan Labuschagne; Pieter Lourens; Bennie Smit; Nico Louwrens; Dennis Nel; Jaco Smit; SJ Swart; Jurie

Moolman; Hannes de Kock

Alle seniors weet natuurlik al die feite en bewerings oor die kuierplek Midk-

nights. Die plek waar die ouens

vuiler as die grond, en die meisies goedkoper as die drank is. Waar kom al die feite vandaan? Daar is seker geen beter plek om kennis hiervan te kry as by die seniors self:

PAUL VOGEL: “Dit was nie so erg nie...haha”

BERNARD MARITZ

ROELOF BURGER: “In my eerstejaar was Midnights nog ʼn formele familie restaurant, maar deesdae is dit veiliger om die krips te lek as om ʼn meisie daar te soen!”

GERT DUVENHAGE : “Dit was groter as wat ek gedink het”

FRANCOIS DU TOIT: “Kan niks onthou nie, maar my voete was vuil - en ek het skoene gedra.”

CHRISTOPH ANNANDALE: “Mal, rof, laf, kinky, hard, aanhou-dend, onbetroubaar, vuil ...

BLOU BLOED Die eerstejaarsgroep van Patria Manskoshuis by een van hul Amfi-sessies tydens O&B. Anders as vroeër jare was vanjaar se sowat 3000 eerstejaars gelukkig genoeg om hierdie sessies onderdak by te woon. Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH

DIE GRIFFEL2009 REDAKSIE

REDAKTEUR & UITLEG: PIETER BEUKMAN

SUB-REDAKTEUR: STEFAN VAN ZYL

Page 7: Die Griffel Open Day Edition

Ä5DE PLEK BLY ‘‘N BAIE LEKKER ERVARING’

Konsert steeds kalklig-suksesMoenie dat die woord "eerstejaars" in

Eerstejaarskonsert jou flous nie. Vorige jare se konserte het die standaard ges-

tel vir wat kon wees, nou kan ons. Vanjaar was dan geen uitsondering nie. Met

die afwesigheid van die Alabama produksies, het die Eerstejaarskonserte nuwe belangstelling en aandag op kampus gewek. Al in die midde van die O&B-tydperk het Plebs en Dore (onder andere) na oudisies gestroom om deel te wees van hierdie heldedige vertoning. Vrywillige se-niors het ook ywerig gehelp met die sifting van massas kandidate tot hulle ‘n groep groentjies kon kry wat die kalklig sou kon aandurf.

Vanaf die eerste oefening tot die kleedrepe-tisie was dit net harde werk en uithouvermoeë. Seniors het eerstejaars verdeel in groepe van dans, sang, toneelspel en dekor en hul afgerig in hul verskeie talente. Later was al hierdie fasette bymekaar gebring in een vertoning wat sou strek oor twee aande. Al was die jaar nog jonk, het feitlik elke eerstejaar en senior wat belangestel het, so tussendeur die blom-metjiesvou uitgehelp met dekor en props.

Na weke se sweet, bloed en trane het die groot aand(e) uiteindelik aangebreek, en ak-teurs, aktrises, koorlede, soliste en dekors-panne het na die Sanlam Ouditorium beweeg waar hulle doelgerig (maar tog op hulle senu-wees) ‘n uitstekende vertoning sou lewer.

Na die kleedrepetisie en finale afronding het eerstejaars, so tussendeur die gevleggery, in hul grimering en kostuums verklee, om die kalklig aan te durf. Daar was egter twee sess-ies by hierdie spektakel: ‘n laatmiddag en aand vertoning.

Dit het beteken dat eerstejaars ‘n konstante kwaliteit en gevoel aan hul produksie moes ver-leen vir altwee vertonings. Sommige spanne was egter onregverdig benadeel deur praktiese en tegniese probleme, en volgens baie eerste-

STEPHAN PRETORIUS

EERSTE LIEFDE ‘n Toneel uit Patria en Heide se Eerstejaarskonsert Foto: IAN ODENDAAL

VERMAAKDIE GRIFFEL

GRIFFELONDERHOUD

BL. 7

“I came. I saw. I wrote it all down.” So beskryf Koos Kombuis sy lewe. Hy is die ‘guru’ van Afrikaanse rockmusiek, ʼn bekende skrywer en ikoon.

Kombuis is gedoop André le Roux du Toit. Koos Kombuis is net ʼn humoristiese verhoog- en pennaam. “My bynaam op skool was Koos, en ek hou van kombuise,” het Kombuis gesê.

As jongman was hy deel van ʼn anti-establishment Alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging, die sogenaamde Voëlvry-toer, ‘n groep jong Afrikaners wat teen apartheid was. Dit is dan ook hoofsaaklik as gevolg van sy betrokkenheid by dié beweging dat hy sy roem verwerf het. Kombuis wou al van kleins af ʼn skrywer word. “Die musikant-ding het soort van toevallig gebeur.” Hy het al talle boeke agter sy naam, onder andere sy outobiografie Seks, drugs en boeremusiek, ʼn roman Hotel Atlantis, ʼn Engelse satire The Secret Diary of God en ʼn riller Raka: Die Roman. Kombuis het vroeër jare kortverhale vir die tydskrif Huisgenoot geskryf en hy skryf ook graag gedigte. Tans skryf hy rubrieke vir die Sondagblad, Rapport. “Ek geniet dit die meeste om romans te skryf. Al die ander goed is net hobbies,” vertel Kombuis. Sy gunsteling Suid-Afrikaanse skrywers is Dana Snyman, Deon Meyer, Eric Miyeni en J.M. Coetzee.

Kombuis word as een van Suid-Afrika se beste musikante beskou. Sy treffer “Lisa se Klavier” is al deur Laurika Rauch en The Parlotones opgevoer. Kombuis se akoestiese kitaar is altyd aan sy sy en hy speel soms saam met sy band, Die Warmblankes. Hy beskryf sy musiek as baie eenvoudige toonsettings van eenvoudige rymelary. Toe hy gevra is watter liedjie sy absolute gunsteling is wat hy al geskryf het, antwoord hy: “My volgende een.”

Dié rocker is glad nie op sy mond geval nie en hy het definitief ʼn “mak” sin vir humor. Die persoon wat Kombuis die graagste sal wil ontmoet is Hugh Hefner. “Ek sal moet gou maak” skerts hy. As hy op ʼn eiland sou vassit wil hy vier dinge by hom hê: sy vrou, kinders, huishulp en laptop met internet. Sy gunsteling Suid-Afrikaanse program is die weervoorspelling.

Hy sê sy inspirasie en motivering is alles te danke aan “breakfast” (ontbyt). Sy rolmodel is Mannetjies Roux. “Ek is nogal mal oor hom.” Toe hy gevra word watter woorde hy altyd sal onthou wat iemand al vir hom gesê het, antwoord hy “My skoonpa se woorde op die dag van my troue. Hy het gesê ‘K@k sal jy.’”

“Moenie na raad luister nie”, is sy raad aan enige iemand en hy sluit die onderhoud op ʼn gepaste manier af met ʼn hartlike “Koebaai”.

PIET MATIPA

Kombuis Koo(r)s

jaars het dit hul produksie negatief beïnvloed. Party mikrofone was afgeskakel en die bands se klank was te sag of ge’distort’.

Sommige seniors wat afgerig het, het self gekla oor die volgorde van produksies en hoe dit hul vertonings negatief affekteer. Maar af-gesien van ‘n paar nukke het die program heel vlot verloop. Elkeen van die twaalf slepe het hul kans gekry om die kalklig te verower, maar op die ou einde van die dag kon daar net een ge-lukkige wenner wees.

WagVerit is as wenners aangekondig, met Katalibrè as tweede en MY-kHeis kort op hul hake in die derde plek.

Martin Gouws, ‘n eerstejaar het sý ervaring van hierdie geleentheid só saamgevat: “Ek dink ons konsert was die beste. Dit was proffesioneel en ons het hope tyd en moeite daarin gesit.

“Maar al het ons nie gewen nie was dit oor die algemeen ‘n baie lekker ervaring - solank almal dit geniet het. Ek dink ook daar was fak-tore buite ons beheer, soos tegniese probleme, en die organisering kon beter gewees het, maar ek sal die ervaring nooit vergeet nie”.

Page 8: Die Griffel Open Day Edition

SPORT GRIFFEL

Dit moes gebeur en die Plebgroep van 2009 was die ongelukkiges wat die eerste groep Patriane was wat die knie

moes buig in ‘n eerstejaarsrugby wedstryd.

VILLAGERSNa vier onoorwonne jare en ‘n trofee met slegs Patria se naam daarop is harte gebreek in vanjaar se toernooi. In die eerste wedstryd teen ‘n Villagers span, wat later gekroon sou word as die kampioene, was nie eers die skopvoet van loskakel Ludwig Erasmus genoeg om ‘n oorwinning te verseker nie.

Die Plebs het moedig geveg maar kon net nie die oorhand kry in ‘n klipharde wedstryd nie. Verbroude kanse kan blameer word in ‘n wedstryd wat beide kante toe kon gaan. Villagers kon eers in die laaste 10 minute hul eerste en ook die enigste drie in die wedstryd aanteken wat die noodlot van die Plebs verseël het. 16 – 9 in Villagers se guns.

Die eerste smaakie van koshuisrugby was wel bittersoet vir die Plebs maar karakter is

daardeur gevorm word en trots is gewys.

P.O.KIn hierdie wedstryd teen ‘n gemengde span bestaande uit Laureus, Ratau en Thaba Jäh het dit die beste deel van 55 minute, en ‘n skokdrie deur die P.O.K gevat om vir die Plebs om te wys wat in hulle steek.

In ‘n wedstryd wat nie wafferse rugby opgelewer het nie, het die tekens begin wys dat daar wel potensiaal in vanjaar se span is. Na ‘n stadige begin wat gekenmerk was deur rotsvaste verdediging aan beide kante het ‘n Blitzkrieg van ‘n aanval in die laaste 5 minute deur die bloumasjien verseker dat die Plebs met ‘n wen onder die belt sou terugkeer na die huis op kampus!

OVER DE VOORDaar kan met sekerheid gesê word dat trots en passie ‘n ongeloflike aandeel gehad het in die vertoning deur die Plebs. Overs, wat na die eerste rondte genoem was as moontlike kampioenspan na die eerste 2 rondtes, het hul vasgeloop in ‘n gemotiveerde span wat

aangevuur was deur ‘n hele koshuis wat hul ondersteun het langs die veld.

Soos die Engelsman sê: daar was geen “love loss” tussen die twee koshuise en albei het alles in die stryd gewerp. Waar die Plebs in die vorige twee wedstryde onkant betrap is in die eerste 15 minute het hulle hier die spel oorheers en twee vinnige drieë aangeteken.

Vir die eerstekeer in die toernooi het alles glad verloop met die voorry wat goeie bal verseker het vir ‘n agterlyn met die blitsvinnige Edward du Plessis wie aan die spits wat dodelik gelyk het.

Overs het welliswaar teruggeslaan in die laaste 15 minute, maar vasberade verdediging het verseker dat niemand hierdie wedstryd kon steel in die laaste minute nie.

Daar staan welliswaar nie ‘n vyfde koppie in die trofeekas nie, maar ‘n rekord van 19 oorwinnings uit ‘n moontlike 20 oor die afgelope 5 jaar kan nie geëwenaar word op die PUK nie. Een ding is steeds seker, volgende jaar is bring Patria die trofee terug huistoe.

Nederlaag knak nie gees ÄEERTSEJAARSRUGBY: 19 UIT 20 OORWINNINGS IN 4 JAAR STEEDS GROOT PRESTASIE

HEIN JORDAAN

KOSHUISKOERANT VAN PATRIA MANSKOSHUIS - DIÉ HUIS OP KAMPUS DULCÉ ET DECORUM EST PRO PATRIA MORI 19 MAART 2009

BOERETROOS Die eerstejaars en HK-lede van Patria en Heide voor Wiesenhof tydens JOOL. Hierdie bekende koffie-franchise het pas ‘n borgskap met Patria Manskoshuis gesluit. Elke koshuisinwoner van Patria het ook ‘n gratis koffie koopbewys ontvang. Foto: ADRIAAN VON WIELLIGH