Upload
hanhi
View
233
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
A
Uitgawe 13 - Junie 2012
Die Pad Saam
Hendri Jongboer van die
Jaar uit Warden
VKBDamesdag
Groot sukses
Nuwe dinamika in graanbedryf
Jannie de Villiers
Oliepers vorder goed
Die Pad Saam – Junie 2012
B
Die Pad Saam – April 2012
Gemeenskapsn
uu
s
B
Op die plaas in die Vrystaat waar ek grootgeword het, het
ons as kinders gereeld in die somer kaalvoet buite baljaar. Wan-
neer ons egter in die veld wou instap en ‘n klomp bossies dorings
ons roete versper het, moes ons óf terughardloop huis toe om
skoene aan te trek óf iemand met skoene moes ons optel en
oor die dorings dra na waar ons weer gemaklik kon stap.
In ons lewens bevind ons onsself ook van tyd tot tyd in situasies
waar dit voel asof ‘n klomp dorings ons pad versper – of erger,
asof dorings in ons vlees vasgesteek het. Hierdie dorings kom in
verskillende vorms, soos onder meer ‘n moeilike huweliksmaat,
‘n rebelse kind, ‘n siekte wat jou kragte uit jou liggaam pers, ‘n
behoefte vir ‘n baba van jou eie, skuld wat jou wil oorweldig of
‘n uitdaging in die werkplek.
Het jy al opgelet wat meestal in hierdie tye gebeur? Ons
hardloop terug na God. Ons bid meer desperaat terwyl ons
besef dat net Hy aan ons ‘n deurbraak kan gee. Wanneer ons
dan die deurbraak beleef, getuig ons hoe Hy ons deurgedra
het en ons gebede verhoor het. Die waarheid is dít: Dorings trek
ons nader na God en help ons om sy liefde vir ons en sy vermoë
om die onmoontlike moontlik te maak, nuut te ontdek.
Paulus het ook oor ‘n doring in sy vlees geskryf. Luister weer
na sy woorde in 2 Korintiërs 12:7-9: “Daarom, sodat ek nie
hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die
vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan om my met vuiste
te slaan. Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af
weggeneem moet word. Sy antwoord was: ‘My genade is vir
jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy
swak is.’”
Is daar dorings wat vandag voor jou in jou pad lê? Of voel
dit asof ‘n doring van vrees en bekommernis in jou hart kleef?
Onthou, God kan jou optel en jou deur hierdie krisis dra. Hy wil
vir jou skoene aan jou voete trek en die pyn wegneem.
Kom ons dank Hom vir die dorings – eerder as om heeltyd
te kla. Jy mag dalk oor ‘n tyd terugkyk na hierdie oomblik en
besef dat jy iets nuuts van Sy liefde vir jou ontdek het. Sterkte.
- Benescke Janse van Rensburg
UIT DIEWOORD
Begin HOM dank vir die dorings…
Die Basecamp handelsnaam bestaan reeds sedert 2008. Die reeks voldoen aan meeste van jou buitelewe behoeftes, en vorm die basis vir ‘n onvergeetlike buitelewe ondervinding - of dit net ‘n braai is, of ‘n kampeervakansie onder die sterre.
Basecamp het ‘n verskeidenheid van kampstoele, braai toerusting, tent bykomstighede en kampeer kabinette en nog vele meer.
Die kombinasie van hoë gehalte, ‘n wye verskeidenheid en bekostigbare produkte, maak hierdie reeks van buitelewe bykomstighede onweerstaanbaar – jy sal wil kamp opslaan in jou agtertuin net om die gevoel te kry!
Kampeerstoele word vervaardig van 600D poliëster met ‘n dubbelnaat afwerking.
Meeste stoele het ‘n maksimum gewig van 150kg.
Sterk liggewig aluminium struktuur vergemaklik die opslaan en rondrits van die produkte.
Unieke ontwerp en kleur kombinasie.
Eksklusief by landboumaatskappye.
Basecamp is slegs beskikbaar by landbou maatskappye - so besoek jou naaste NTK of VKB tak vir jou eie persoonlike Basecamp inkopie ervaring!
Opvvoustoel mmet hout
armleeunings
pvoubareOpandjie metmaelhouerskoe
Yshoue
aalStaaanstoelMa
rstelbare unstoel et uminium am
TTrollie koelhoueer met
bekerhhouers
Kampkas metKampkas met3 rakke
s van
g!
Veleumealuraa
er
Emalje potteEmalje potte
KAMPEER IN STYL !
1
Ontwerp, uitleg en druk
www.infoworks.bizTel.: 018 468 2716
In dié uitgawe...
Die Pad Saam
2 Die waarde van familie en vriende3 Die "alleen"-pad saam
Nuus4 Riglyne vir hernuwing van
vuurwapenlisensiesToestand van Vrystaatse paaie knel ekonomie
5 SA Graanhanteerders gerat om 15 miljoen ton graan op te berg
Finansies6 VKB fi nansiële resultate
April 2011 tot Februarie 20127 Groepe met hoë produktiwiteit
dra swaar aan belastinglas8 Moenie in die warmwater sit as
geiser breek of pype bars nie10 Winsbestuur vir vleisbeesboerdery
Hoofbestuur11 Ontmoet die Hoofbestuurslede NTK: Hoofbestuurder, mnr. Tienie Ras
Vee13 Hanteer Lusernboom soos ‘n kind 14 Volg ideale voedingsprogram vir skape onder ekstensiewe en semi-intensiewe toestande16 Lewerslakbeheer: Hoe om dit reg te doen...18 Voergraad-mono- ammoniumfosfaat bied ‘n beter bron van fosfor20 Die gebruik van hoendermis in veevoer en as ‘n lek
Gewasse22 Oliepers vorder goed28 Mielieboere se toekoms lyk goed maar stel tóg hoë eise30 Daar heers ‘n nuwe dinamika in die
graanbedryf in Suid-Afrika, sê Graan SA se Uitvoerende Hoofbestuurder, Jannie de Villiers
Ontmoet vir...32 Nederige Vrystater van Warden raap Jongboer-prys voor talle hoopvolles se neus weg34 Direkte bemarking hou talle voordele vir boere in Biobrandstof het 'n blink toekoms in ons land35 Beesboer, skaapboer, liedjieboer – dit is Martiens Joubert
Vroue uit ons streek36 ʼn Boervrou moet weet wat aangaan
met die boerdery en wat die omstandighede is
39 VKB Damesdag ‘n wenner40 In harmonie met die natuur Wenke vir vroue
Gesondheid41 Hormoonvervangingsterapie kan postmenopousale lewensgehalte verbeter42 Prostaatkanker kan genees word!
Gemeenskap 44 Aartappeldag in Warden-distrik gaan van krag tot krag! Warmbad: tien duisend treë vir kanker-man Verwikkelinge by Warmbad Meganisasie
Personeel45 Johan Groenewald (NTK) neem afdelings onder sy vlerk Reitz-Rolbal Tops!!! Nuut by VKB: Ignus Badenhorst
Kompetisies46 Die Pad Saam-bootrit47 Fotokompetisie: Wen meer as R10 000 se pryse48 En die wenners is...
Eindredakteur
Koos Janse van Rensburg
VKB-redaksieHannelie Cronjé
Posbus 100
Reitz 9810
Tel.: 058 863 8223
Web: www.vkb.co.za
E-pos: [email protected]
2020
1414
1111
NTK-redaksie
Tienie Ras
Delene Snyman
Posbus 29
Nylstroom/Modimolle 0510
Tel.: 014 719 9211
Web: www.ntk.co.za
E-pos: [email protected]
UitgewersVKB en NTK
2222
3232
3636
Voorbladfoto: Petri Cronjé
Alle regte van DIE PAD SAAM word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.
Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.
VKB beskik ook oor 'n kliëntedienssentrum wat bestuur word deur die groep se skakelbeampte,
me Anelie Swemmer; kontak haar gerus by 058 863 8277 of per e-pos by [email protected].
Medewerkers
Dr. Roelof
Botha
Sandra
Dreyer
Jaco
Heckroodt
Prof. PH
Wessels
Markus
Mittermaier
Dr. Hannes
Dreyer
AdvertensiesHannelie Cronjé
Tel.: 058 863 8223
E-pos: [email protected]
2
Hannelie
My FamilieMy Familie
Ek het die afgelope tyd baie nagedink oor my familie en
vriende. Noudat ek hierheen verhuis het, neem ek niks meer
as vanselfsprekend nie. Om net “gou” na my ouers of broers
of suster te ry, is nou eers verby. Almal bly in die Kaap. Maar
die herinneringe aan elkeen van hulle maak my lewe só vol en
besig. Ek is darem gelukkig om hier ook ‘n lekker skoonfamilie te
hê... Nes my mense – lekker mense.
Ons was in April Kaap toe om my dogter se gradeplegtigheid
by te woon en ook my suster se dogter se troue, en daar het ek
weer besef: hierdie familie van my soek net ‘n geleentheid om
saam te kuier.
En dan gebeur dit so: almal is daar, nie een mis dit nie. Dan
is dit my ouers en hulle vyf kinders en dié se mans en hulle se
kinders. Saam met daai kinders se kinders is ons nou al 'n stuk of
30. Elkeen met sy eie uniekheid.
As ‘n mens eers so wegtrek van die klomp af, leer jy elkeen
beter ken. Ja, ons verskil erg baie. Dán is die musiek te hard;
dán wil dié een vroeg eet; dán hou my ma ons drinkgewoontes
dop, en sê: “Dit is nou die laaste een”; dan lewer my pa
kommentaar: “Gogga (hulle twee se troetelnaam vir mekaar),
los die kinders uit – die meeste van hulle is ouer as 50.”
Met elke samekoms word daar eers familiefoto’s geneem, wat
gewoonlik so ‘n halfuur neem omdat almal eers bymekaar
gekry moet word en almal te laat “smaail”, en hier teen die
tiende foto hoop ons dat almal gelag het.
Vroeër jare was daar nie hierdie “self-timer” kameras van
vandag nie. Dan het my een broer ‘n hele kontrepsie gebou:
kamera op die tafel met ‘n garingdraad af na die knoppie
wat gedruk moet word, gebind om ‘n hele stellasie! Om die
knoppie te druk, word die garingdraad gelaat sak. En elke
keer moet die hele proses deurgegaan word om nog ‘n foto
te neem totdat ons seker is almal se oë was oop en almal het
geglimlag!
My ouers is nou byna 60 jaar getroud. Hulle het beslis ‘n
wenresep beet, want om so ‘n klomp kinders bymekaar te hou
en toe te sien dat almal mekaar respekteer, wil gedoen wees.
As ek hulle vra wat is daai wenresep dan antwoord die twee,
moenie mekaar verander nie, wees lief en bly op jou knieë.
Dan... vriende. Is vriendskap nie die wonderlikste ding op
aarde nie. As ek net kyk na my ouers en Tannie Mara Cronjé
hier van Reitz. Vir meer as 65 jaar is hulle al vriende. Is dit nie ‘n
voorbeeld vir elkeen van ons nie? En glo my, as Tannie Mara
(of nóú Ma Mara, want sy’s nou my skoonma) en Ma Lettie
saam kuier, word daar ook maar van mekaar verskil. Veral as
die twee so oor die verlede gesels. Ek wonder altyd wie praat
nou die waarheid. Dan moet my pa maar tussenbeide tree
(darem nie so erg nie).
Een van my vriendinne, Lize, en ek kan net so lekker van
mekaar verskil oor dingetjies, maar net so weet ek dat ek enige
tyd van die dag of nag by haar kan instap en ek sal welkom
wees!
Dan my man, hy is my beste vriend. Hy luister en ek praat.
‘n Goeie vriend hoef net te luister... dit is al wat elkeen van ons
nodig het.
Ek wil vir elkeen wat die tydskrif lees, vra: waardeer jou vriende
en familie – hulle word vir ons geleen. En ek sal so graag van
julle almal julle stories wil hoor. Stuur sommer foto’s ook saam
– kom ons kyk wie het die grootste familie – dalk wag daar ‘n
prys. Ek sal begin met 'n gedeelte van myne.
Groete tot volgende keer
Die waarde van familie en vriende
Die waarde van familie en vriende
nnnnnnnnnnnnnnnnnnnneeeeeeeeeeeeeeeeeeellllllllllliiiiiiieeeeeeeeeeelllllllllllliiiiiiiiiiiiieeeeeeeeeeeee
Die Pad Saam – Junie 2012
3
Die “alleen”-pad saamIemand het op ‘n keer gesê die enigste konstante is dat alles voortdurend verander. Dieselfde geld vir alles
in die wêreld – ons land, die landbou, die weerpatrone, en so kan ons vele meer lys wat ‘n absolute direkte
invloed op ons woon- en werkplek het. Sommige hiervan is bestuurbaar en aan ander kan ons geen verskil
maak nie.
Die kuns in die lewe is om die
aangeleenthede wat bestuurbaar is,
optimaal te bestuur en om pro-aktief
te reageer op die aangeleenthede
wat buite jou invloedsfeer val. Dit is
noodsaaklik vir oorlewing dat elke
produsent binne sy beperkte beskikbare
tyd sorg dat hy ingelig bly oor hierdie
belangrike kwessies sodat hy ‘n
toepaslike strategie kan beraam vir sy
besigheid. Ons sal met Die Pad Saam
van tyd tot tyd van hierdie kwessies ook
aanspreek en so ‘n bydrae maak om
u ingelig te hou oor verwikkelinge op
hierdie terrein.
Die afgelope tyd het ingrypende
veranderinge op sekere terreine
plaasgevind, wat groot aanpassings van
landboubesighede en produsente verg.
‘n Nuwe politieke bestel het in Suid-Afrika
beslag gekry. Die parlement was in die
verlede vol landbouprodusente wat
self die uitdagings van mededinging
in buitelandse markte ervaar het
deur lande wie se klimaat gunstiger is
en boonop groot subsidies van hulle
regerings kry. Tans is daar bykans geen
produsente meer in die parlement nie.
Die kundigheid en ervaring oor ons
industrie is gevolglik nie op dieselfde vlak
as in die verlede nie, maar belangrike
besluite word geneem wat ‘n enorme
effek op die landbou in geheel het. Ons
kan maklik hande in die lug gooi en
redeneer ons kan dit tog nie verander
nie, of ons kan uitreik na die regering en
elke moontlike geleentheid gebruik om
die landbouprodusent se omstandigede
onder die politici se aandag te bring
sodat hulle meer ingelig is as hulle
belangrike besluite moet neem.
Bemarkingsrade het plek gemaak vir
die vrye mark in graanverhandeling.
Skitterende boere wat nie kon aanpas
by die nuwe speelveld nie, het die
risiko geloop om geld te verloor of
geleenthede verbeur om geld te maak.
Ons kritiseer maklik die mislukte
transformasiepogings van landbougrond
maar dit bring ons niks in die sak nie.
Moet ons kommersiële produsente nie
eerder uitreik na opkomende boere in
ons omgewing, hulle ondersteun met
raad en hulpmiddels om hulle so gou
moontlik op ‘n vlak van kommersiële
produksie te kry, sodat hulle die “lobbie”-
werk vir ons kan doen by die regering
nie?
Die afgelope dekade of meer het
tegnologiese verandering vinniger
plaasgevind as ooit in die verlede.
Ongelukkig bly landbounavorsing in Suid-
Afrika nie by met ontwikkeling in die res
van die wêreld nie. Dit moet uiters moeilik
wees vir produsente om op hoogte te bly
met al die verwikkelinge wat plaasvind
op sy produksieterrein, maar dit is ter wille
van oorlewing belangrik om ingelig te
wees oor die meer kritiese aspekte.
As ‘n slotopmerking kan ek maar net
sê, in tye van verandering moet ons
sover moontlik ons eie lot bepaal en so
onafhanklik moontlik kan opereer –
“be in control of your own destiny”.
Artikel deur Koos van Rensburg
Artikel 24 van die betrokke wet bepaal soos volg:
1. Die houer van ‘n lisensie uitgereik ingevolge hierdie hoofstuk
wat verlang om die lisensie te hernu, moet minstens 90 dae
voor die verstrykingsdatum van die lisensie by die registrateur
aansoek doen om die hernuwing daarvan.
2. Die aansoek moet –
a. Vergesel word van die inligting wat voorgeskryf word;
b. Afgelewer word aan die aangewese
vuurwapenbeampte verantwoordelik vir die gebied
waarin die aansoeker gewoonlik woonagtig is of waarin
die aansoeker se onderneming is, na gelang van die
geval.
Artikel 27 van die Wet bepaal die geldigheidsduur van ‘n lisensie
of permit en is volgens die meergaande tabel uiteengesit:
Vuurwapeneienaars moet daarop bedag wees dat sekere kategorieë van wapens nou hernu moet
word. In dié verband is dit nodig om te let op die bepalings van Artikel 24 van die Wet op Beheer van
Vuurwapens, 60 van 2000.
Riglyne vir hernuwing van vuurwapenlisensies
Artikel-
nommer
Tipe lisensie of permit Geldig-
heidsduur
13. Lisensies om vuurwapen te besit vir selfver-
dediging
Vyf jaar
14. Lisensie om beperkte vuurwapen te besit vir
selfverdediging
Twee jaar
15. Lisensie om vuurwapen te besit vir geleent-
heidsjag en -sportskiet
Tien jaar
16. Lisensie om vuurwapen te besit vir toegewyde
jag en toegewyde sportskiet
Tien jaar
17. Lisensie om vuurwapen te besit vir ‘n private
versameling
Tien jaar
18. Permit om ammunisie te besit in private
versameling
Tien jaar
19. Lisensie om vuurwapen te besit en permit om
ammunisie te besit, in openbare versameling
Tien jaar
20. Lisensie om vuurwapen te besit vir besigheids-
doeleindes: besigheid in jag
Vyf jaar
21. Lisensie om vuurwapen te besit vir besigheids-
doeleindes: Besigheid anders as in jag
Twee jaar
Artikels deur Hannelie Cronjé
Toestand van Vrystaatse paaie knel ekonomieMeer as 70% van die Vrystaat se paaie is in ‘n baie slegte
toestand en die korrupsie met 23 tenders vir die herstel van
paaie het die provinsie duur te staan gekom. Só het die LUR
vir polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, in sy onlangse
begrotingsrede op Bethlehem gesê.
Dié beleërde Departement is verlede jaar onder administrasie
van die nasionale departement van Finansies geplaas ná
beweerde grootskaalse bedrog met padkontrakte. “Ons begin
dié boekjaar met ‘n pynlike herinnering aan die 23 paaie wat
ons departement in ‘n baie negatiewe lig gestel het,” het
Komphela gesê. Die 23 tenders waarna Komphela verwys, was
vir die herstel van paaie in 2009. Van sy totale begroting van
byna R1,8 miljard het Komphela slegs sowat R955 miljoen aan
die verbetering en instandhouding van paaie toegewys.
Mnr. Jacob Dladla se maatskappy, MRD Consulting Engineers,
was aangestel as projekbestuurders vir 12 van die 23 paaie.
Hierdie 12 kontrakte aan 12 kontrakteurs, het sowat R1,9 miljard
beloop en geen werk is aan die paaie gedoen nie. MRD is nie
geregistreer by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele
Eiendom (CIPC) nie en die besigheidsadres in Germiston,
Gauteng, is net ’n stuk veld.
Die voormalige LUR vir polisie, paaie en vervoer en nou
burgemeester van die Mangaung-metro, Thabo Manyoni, het
in 2009 geraam dat R15 miljard nodig sal wees om Vrystaatse
paaie tot hul eertydse glorie te herstel.
Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het in reaksie op
Komphela se begroting gesê die padkrisis is die grootste krisis
tot nog toe in die Vrystaat. Hy het gesê daar was al talle
korrupsieskandale in Suid-Afrika, soos Armsgate, Oilgate en
Travelgate. In die Vrystaat het ons nou ‘n ‛Roadgate’. “Ek sien
uit daarna om die interne forensiese verslag oor dié skandaal
van die ANC-regering te ontvang.” Volgens Jankielsohn sal
die provinsiale ekonomie nié groei nie, omdat die paaie in so
‘n haglike toestand is. Abrie Oosthuizen, leier van die VF+ in
die provinsie, het gesê die toewysing aan paaie is gans te min.
“Dit is nie eens genoeg geld om al die slaggate te herstel nie,
laat staan nog om nuwe paaie te bou en bestaande paaie te
herstel.”
5
SA Graanhanteerders gerat om 15 miljoen ton graan op te bergAnnatjie Loio, president van GOSA
Die graanhanteerders van GOSA is gereed om vanjaar
sonder enige knelpunte ongeveer 15 miljoen ton graan in
silo's in Suid-Afrika op te berg. Dit behels inname, hantering,
beroking, versending, vervoer en verskeping. Die geskatte
oeste van verskillende gewasse is 11,7 ton mielies, 541 000 ton
sonneblomsaad, 756 000 ton sojabone, 67 000 ton grondbone,
145 000 ton sorghum, 50 000 ton droëbone en 2 miljoen ton
koring.
Met ‘n plaaslike geraamde verbruik van 9,5 miljoen ton laat dit
‘n surplus van 2,2 miljoen ton vir uitvoer. Loio het GOSA-lede
geluk gewens met hul puik diens verlede jaar met die hantering
van 10,4 miljoen ton mielies, waarvan 1,8 miljoen ton uitgevoer
is na Mexiko, Italië, Korea, Venezuela, Koeweit, Iran, Japan,
Madagaskar en Taiwan.
Ongeveer 100 000 ton witmielies is uit Zambië en 150 000 ton
geel mielies uit Roemenië en Oekraïne ingevoer. Met ‘n
koringoes van 1,4 miljoen ton, het ons ‘n tekort van 750 000 ton
ingevoer. Daar was ook ‘n tekort aan graansorghum en
50 000 ton moes uit Australië ingevoer word.
Wêreldgraanvoorraad, bestaan uit mielies (125 miljoen ton)
waarvan (58 miljoen ton) in Chinese hande is, koring (213 miljoen
ton) met (65 miljoen ton) in China en sojabone (60 miljoen ton).
Aanduidings is dat Amerika vanjaar ‘n reuse mielieoes gaan
insamel en met politieke verkiesings in die VSA en Frankryk
kan dit die wêreldekonomie onvoorspelbaar beïnvloed. Die
ekonomiese groei in Afrika is die tweede vinnigste in die wêreld.
Die sub-Sahara-streek het reeds ‘n bevolking van een biljoen
wat almal gevoed moet word. Vir ons lede beteken dit groter
uitdagings in die toekoms aangesien ons in die bevoorregte
posisie is om oor opbergingskapasiteit en infrastruktuur te beskik
om graaninvoere na dié streek te kanaliseer.
Geen resessie vir Suid-Afrika voorspel nieDr Roelof Botha, mede besturende direkteur van die GOPA
Ten spyte van ‘n resessie in groot dele van die wêreld, veral die
EU, word geen resessie vir Suid-Afrika vir die volgende vyf jaar
voorspel nie. Ekonomiese vooruitsigte vir die landbou en die
land was nog nooit so rooskleurig as tans nie.
In ‘n ekonomiese oorsig oor die BRICS-lande – Brasilië, Rusland,
Indië, China en Suid-Afrika – het hy gesê die totstandkoming
van ‘n ontwikkelingsbank en ’n beleggingsfonds om die
opkomende ontwikkelende lande ‘n hupstoot te gee. Sub-
Sahara-Afrika sal veral voordeel uit dié inisiatiewe trek deur
regstreekse substansiële beleggings, skepping van infrastruktuur,
vaardighede en maatreëls om produktiwiteit, veral in landbou,
te bevorder.
Die waarde van voedselverbruik in BRICS, met ‘n bevolking
van 2,9 biljoen, is VS2-triljoen, 34 keer die totale landbou-
opbrengs van Suid-Afrika. Volgens die huidige groeitendens
sal die gekombineerde BBP van BRICS dié van die VSA
in 2014 verbysteek. Verlede jaar het BRICS 21,6%
van die totale wêreld-BBP verteenwoordig.
Gevolglik is dit geen verrassing nie dat
elke multinasionale korporasie in die hoë-
inkomstegroepe in die BRICS-lande belê.
Dit kan tot groot voordeel vir die Suider-
Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap strek,
wat tot ‘n opkomende supermoondheid in die streek kan lei met
groot ekonomiese voordele vir Suid-Afrika.
VoedselsekerheidJannie de Villiers, hoofbestuurder van Graan SA
Suid-Afrika se huidige bevolking is 50 miljoen. Graanverbruik is
ongeveer 14 miljoen ton. Teen 2030 is die verwagte bevolking
sowat 59 miljoen en ’n minimum graanvoorraad van ongeveer
25 miljoen ton sal nodig wees om in die behoeftes van die
bevolking te voldoen. Dit sluit graan vir biobrandstof uit.
Die graanbedryf sal hierdie uitdaging met innoverende denke
moet aanpak. Om ten minste 25 miljoen ton te produseer, is
nie net regressie-uitbreiding nie. Ons sal kommunale grond in
produksie moet kry, opbrengste verbeter en slimmer te werk
moet gaan.
Suid-Afrika sit met die teenstrydigheid dat ons 100%
voedselsekerheid op nasionale vlak het, maar bykans 25% van
die huishoudings in die land beleef voedselonsekerheid. Waar
loop dinge verkeerd in SA?
Die groot uitdaging is hoe ons met die sterkpunte van nasionale
voedselsekerheid ‘n brug kan bou na die voedselonsekerheid
wat sommige van ons huishoudings beleef.
Die volgende pilare vir dié brug word aanbeveel:
• Vennootskappe tussen die staat en die privaat sektor.
• Wantroue uit die weg ruim.
• Gunstige landboubeleid (tariewe).
• Goeie infrastruktuur.
• Meer hektaar onder besproeiing.
• Kultuur van opleiding met mentors.
Ons het reeds die millenniumdoelwit bereik deur die
hoeveelheid mense wat op minder as VS1 per dag leef te
halveer. Ons nuwe mikpunt is om die dwarslat na VS2,50 per
dag te verhoog. Dit is baie ambisieus, maar wel haalbaar, veral
indien die skepping van werksgeleenthede van die regering
realiseer.
Ons moet ons hande uitsteek om die minister van landbou
te help om die regte dinge te doen en ophou om haar
aanhoudend te kritiseer. Daar lê opwindende tye voor vir die
graan- en oliesadebedrywe. Landbou is die sout wat genesing
vir die land kan bewerkstellig.
VKB, Reitz, se verteenwoordigers by die GOSA-simposium te Mykonos, Weskus, is van links: André Odendaal, uitvoerende hoof, graan; Tilla Jansen van Rensburg, silobestuurder, Freddie von Molendorff, silobestuurder en Wentzel Fourie, silobestuurder. (Foto: Hans Lombard)
Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA) Jaarsimposium te Klub Mykonos – Weskus(Inligting verskaf deur Hans Lombard)
Die Pad Saam – Junie 2012Finansies
6
VKB finansiële resultate
April 2011 tot Februarie 2012Hierdie fi nansiële jaar was van die begin af gekenmerk
deur moeilike landbou-ekonomiese toestande. Reënval
was baie wisselvallig en het dit die winsgewendheid van
graanproduksie onder geweldige druk geplaas. Aan die
einde van Februarie 2012 behaal VKB ‘n omset van
R3 125 miljoen vir die voorgaande 11 maande, wat heelwat
beter is as die vorige jaar asook die begroting. In teenstelling
met die vorige drie jaar se rekord-mielie-oeste was die
2011-mielie-oes van 412 866 ton ‘n gemiddelde grootte
oes. Hoewel die mielieoes kleiner was as die vorige jare
het die hoër mielieprys grootliks vergoed vir die laer tonne.
Die hoër mielieprys tesame met uitstekende omsette in die
kommersiële afdelings is gesamentlik verantwoordelik vir die
styging in omset teenoor die vorige jaar.
Wat die netto wins betref het die kleiner mielie-oes ‘n
negatiewe effek gehad op die winsgewendheid van die
silo’s. Wat egter positief is, is dat die kommersiële afdelings
uitstekend presteer en grootliks vergoed vir die verlies aan
inkomste by die silo’s.
Die VKB-groep se netto wins vir die elf maande geëindig
28 Februarie 2012 is R132,3 miljoen teenoor die vorige jaar
se R142,4 miljoen en die begroting van R107,2 miljoen. In
onderstaande grafi ek kan die effek van die kleiner mielie-
oes (Septembermaand) waargeneem word, maar is dit ook
sigbaar dat die gaping tussen die vorige jaar en die huidige
jaar verklein soos die jaar vorder en is die verskil slegs
R10,1 miljoen aan die einde van Februarie 2012.
Die fi nansiële prestasie van ons beleggings in nuwe
besighede soos NTK Limpopo Agric, Nu-Pro Veevoere,
Nu-Pro Commodities en Crown Bag is bo verwagting
goed en dra almal by tot VKB se goeie resultate.
Wat VKB se investering in die nywerhede betref is al drie
projekte (Hoenders, Veevoer en Oliepers) nog in die
oprigtingsfase en is daar nog geen inkomstebydrae nie.
VKB se totale kapitaal is aansienlik hoër as die vorige
jaar asook die begroting, soos in onderstaande
grafi ek waargeneem kan word. Die investerings in die
nywerhede asook ‘n heelwat groter debiteureboek is
grootliks vir die styging verantwoordelik. Onverkoopte
koringvoorraad (Desember), ‘n styging in die insetkoste van
mielieaanplantings asook goeie jaareindaankope (Februarie)
deur boere is vir hierdie buitengewone styging in debiteure
verantwoordelik. Die totale bates aan die einde van
Februarie beloop R1 825 miljoen waarvan 37% rentedraende
skuld is. Hoewel die rentedraende porsie van die bates effens
toegeneem het teenoor die vorige jaar word die balansstaat
meer doeltreffend aangewend.
Artikel deur Markus Mittermaier, VKB
Met net een maand van die fi nansiële jaar oor, sien VKB uit na ‘n
bogemiddelde wins op jaareinde wat vir beide aandeelhouers en
personeel positief is. Die Direksie het reeds ‘n aansporingskorting van
R115 miljoen goedgekeur vir die huidige jaar en sal dit na afl oop
van die Algemene Jaarvergadering in Augustus 2012 aan die
aandeelhouers toegedeel word.
7
Groepe met hoë produktiwiteit dra swaar aan belastinglas
Artikel deur dr Roelof Botha, ekonomiese raadgewer, PwC
Met die wysheid van nabetragting as gids, is dit duidelik dat vanjaar se begroting nie juis goeie nuus vir
die landbousektor of vir die land se hoë inkomstegroepe ingehou het nie.
Sondebokke ten opsigte van funksionele begrotings
wat nie spandeer is nie
Afwyking van begroting
R miljard %
Watervoorsiening -9,3 -55,7
Behuising -5,9 -22,1
Verdediging -3,5 -9,2
Landbou -3,3 -18
Mynwese, vervaardiging en konstruksie -3,1 -63,3
Brandstof en energie -2,5 -41
Nota: Rangorde volgens waardeBron: Nasionale Tesourie; eie berekenings
Aanvanklik het die meeste ontleders positiewe kommentaar
oor die Begroting gelewer, veral ten opsigte van die regering
se verklaarde strewe na volhoubare maatskaplike hervorming.
Die uitgawekant van die begroting was veral hierop toegespits,
met maatskaplike welsyn, behuising en gemeenskapsdienste
wat oudergewoonte meer as ’n kwart van die totale begroting
bedra het. Indien openbare gesondheid en openbare
onderwys bygereken word, beloop die direkte en indirekte
besteding aan dienste wat hoofsaaklik deur die laagste
inkomstegroepe benut word, meer as 70% van die totaal.
Infrastruktuur boer agteruit
Oningeligte waarnemers het die regering gelukgewens
met die soveelste aankondiging van reuse-bedrae wat aan
infrastruktuur gespandeer gaan word. Ongelukkig is dit duidelik
dat Nasionale Tesourie nog geen antwoord het op die knaende
probleem van gebrekkige spandering aan infrastruktuur op
plaaslike owerheidsvlak nie. Ten spyte van die ooglopende
tekort aan die nodige vaardighede om staatsadministrasie in
landelike gebiede te laat vlot, het die regering nog nie met
‘n pragmatiese en haalbare plan vorendag gekom om die
nodige opleiding en oordrag van vaardigheide in disfunksionele
munisipaliteite te verskaf nie.
Die data in die tabel bevestig die onvermoë van die regering
om die begrotings vir die meeste ekonomiese dienste te
kan spandeer, wat uiteraard ʼn remmende uitwerking op
ekonomiese groei en werkskepping uitoefen.
Die Minister van Finansies is dank verskuldig aan die Suid-
Afrikaanse ekonomie se vermoë om relatief vinnig die resessie
van 2008/09 te kon afskud. Wanneer die ekonomie in reële
terme groei, al is dit teen halfpas, vind werkskepping in
verskeie sektore plaas, wat natuurlik tot ‘n verbreding van die
belastingbasis lei.
Belastings groei fl uks
Die behaling van mikpunte wat verlede jaar vir belasting-
in komste gestel is, ten spyte van ‘n verlangsaming van
ekonomiese groei in die middel van 2011, is dan ook die ver-
naamste rede waarom Minister Gordhan soveel beweeg ruimte
in sy begroting gehad het. Die werklike belastinginkomste vir die
2011/12 fi skale jaar was 10% hoër as die vorige jaar. Aangesien
die ekonomie besig is om weer werksgeleenthede in die formele
sektore te skep, bestaan daar min twyfel dat be lastinginkomste
vanjaar sal aanhou om teen ‘n fl uks pas toe te neem.
Die grafi ek toon duidelik dat individue die grootste bydrae tot
die staat se inkomste lewer, maar die jongste begroting het
nie veel blaaskans aan die inkomstegroepe met die hoogste
produktiwiteit verskaf nie. In ‘n belangrike ontwikkeling is die
speelveld gelyk gemaak ten opsigte van belasting betaalbaar
op dividende wat in die buiteland verdien is en dividende wat
op plaaslike beleggings verdien is. Dividende op buitelandse
beleggings is voorheen as verdienste behandel en teen die
belegger se marginale belastingkoers belas, terwyl dividende
op plaaslike beleggings belastingvry was.
Dividendbelasting hoër as verwag
Ingevolge die nuwe wetgewing gaan plaaslike dividende
voortaan ook belas word en wel teen 15%. Daar hang egter nog
‘n vraagteken oor die formule wat gebruik is om die belasting
betaalbaar op buitelandse dividende te bereken, aangesien
dit ‘n laer effektiewe koers kan behels. Dit beteken dat daar ʼn
aansporing geskep is om eerder in buitelandse aandele te belê.
Dit maak nie sin nie omdat die bedoeling klaarblyklik was om
plaaslike en buitelandse dividende teen dieselfde belastingkoers
aan te slaan. Die besluit om plaaslike dividende teen 15%
te belas het ‘n tweeledige doelwit, naamlik om die trefpunt
van sekondêre maatskappybelasting na aandeelhouers te
verskuif en ook om die diskriminasie teenoor beleggings in
buitelandse aandele uit die weg te ruim. Tensy Nasionale
Tesourie doelbewus opgetree het (moontlik in ‘n poging om
afwaartse druk op die wisselkoers van die Rand te plaas), sal dié
belastingverskil waarskynlik spoedig deur nuwe wetswysigings
reggestel word.
Boere wat wydverspreide plase moet bestuur, sal uiteraard
onthuts wees oor die voorstel van Nasionale Tesourie om
vanaf Oktober vanjaar ’n ad valorem-aksynsbelasting van
7% op klein vliegtuie en helikopters te hef wat minder as 5 ton
weeg. Die Kommersiële Lugvaartvereniging van Suid-Afrika
(bekend as CAASA), is van plan om amptelik hierteen beswaar
aan te teken en is besig met ‘n ondersoek na die potensiële
nadelige uitwerking van so ‘n stap op die ontwikkeling van
die lugvaartbedryf. Dit is veral kommerwekkend dat Nasionale
Tesourie ‘n belasting wil instel op alternatiewe vervoer op ‘n
tydstip wanneer die infrastruktuur wat beide spoorweg- en
padvervoer moet ondersteun, besig is om ernstig agteruit te
gaan, veral in landelike gebiede.
Ander slegte nuus vir eienaars van beleggingsbates is dat die
belastingkoers vir individue en spesiale trusts van 10% tot ʼn maksi-
mum van 13,33% verhoog is. Vir gewone trusts is die koers van
20% tot 26,66% verhoog. Hopelik sal die volgende begroting
ef fense verligting vir die inkomstegroepe inhou wat die grootste
bydrae tot die land se toegevoegde waarde lewer.
BTW (210)
Aksyns (31)
Brandstof en krag (51)
Individue (286)
Maatskappye (201)
Ander (11)
Doeane (36)
Totaal: R286 miljard
Samestelling van belastinginkomste2012/2013-begroting (R miljard)
Die Pad Saam – Junie 2012Finansies
8
‘n Geiser is een van daardie onontbeerlike noodsaaklikhede vir huishoudings in die tyd waarin ons leef,
maar o wee, as dié hulpmiddel die gees gee, is die hele huishouding in rep en roer.
Moenie in die warmwater sit as geiser breek of pype bars nie
Artikel deur James Williams
Die einde van ‘n geiser se leeftyd word gewoonlik in die vroeë
oggendure of oor naweke ‘n nare werklikheid met al die drama
wat daarmee gepaard gaan, soos plafonne, matte, kaste,
ensovoorts wat deur die water beskadig word, en natuurlik die
ongerief van geen warmwater. Die meeste van ons het al so ‘n
ervaring gehad en weet dat dit behoorlik in ‘n nagmerrie kan
ontaard.
Met die winter wat aan ons deur klop, is dit belangrik dat ons
onsself vergewis van wat ons versekeringspolisse dek en wat
nié in die geval van ‘n geiser wat bars. Die tipe skadeloostelling
wat die versekeraar verskaf, is ook belangrik, want van die
versekeraars het ‘n glyskaal van betaling wat gekoppel word
aan die ouderdom van die geiser. Hierdie wyse van berekening
kan teweegbring dat u as versekerde meer uit u sak sal moet
betaal vir die herstelkoste.
Dan is daar ander gevalle waar die versekerde ‘n week of
twee moet wag alvorens die versekeraar opdrag gee vir die
vervanging van die geiser en moontlik nog langer vir die opdrag
vir herstel van die res van die skade. Hier volg ‘n paar punte om
in gedagte te hou as dit by gebarste geisers of pype kom:
Wat kan gedoen word om te voorkom dat pype of geisers bars?
1. Isoleer die pype behoorlik.
2. Die geiser kan met ‘n geiserkombers geïsoleer word.
3. Maak seker dat die geiser voorsien is van ‘n drupbak wat
verdere skade kan beperk.
Tekens wat ‘n aanduiding kan gee dat daar moeilikheid aan die broei is:
1. ‘n Geraas as die water in die geiser begin kook.
2. As daar éérs stoom en dan water by die kraan uitkom
wanneer die warmwaterkraan oopgedraai word.
3. Water wat op die plafon drup.
Wat kan gedoen word om die skade te beperk as ‘n geiser of ‘n pyp gebars het?
1. Draai die stopkrane toe.
2. Sit die geiser se skakelaar af in die huis se verdeelbord.
3. Maak alles wat nat geword het, droog.
4. Indien die woonhuis verseker is, skakel jou makelaar sodat hy
jou van raad kan voorsien.
Die volgende punte kan deur u makelaar uitgelig word:
1. Wie moet reël vir ‘n loodgieter.
2. Kwotasies vir alles wat moontlik beskadig is, moet verkry
word (plafonne, matte, kaste, linne, gordyne, mure, ens.).
3. Moet onder geen omstandighede ontslae raak van die
beskadigde items nie. Selfs die matte wat beskadig is, moet
gebêre word. Die bewyse moet alles beskikbaar wees indien
die assessor daarna wil kyk om die skade te bevestig.
4. ‘n Eisvorm moet voltooi word.
5. Indien moontlik, neem foto’s. Daar is nie beter bewyse as dit
nie.
‘n Geiser of pyp wat bars, is nooit ‘n aangename ondervinding
nie, maar u het defi nitief nie nodig om vir ‘n lang tyd sonder
water of selfs warmwater te sit nie.
Indien u navrae het rondom u dekking behels, skakel
VKB se versekeringsafdeling en kry gemoedsrus.
Die Pad Saam – Junie 2012Finansies
10
Winsbestuur vir vleisbeesboerdery Artikel deur Jaco Heckroodt
Om die winsgewend van ‘n boerderystelsel te verbeter kan van twee alternatiewe gebruik gemaak word
naamlik: die bestaande boerderystelsel moet of verbeter word of dit moet verander word.
Vir die ontleding van die huidige stelsel en, waar nodig, die
aanpassing daarvan, kan van die bruto margesisteem gebruik
gemaak word. Die sisteem is geskik om die fi nansiële prestasie
van ‘n vertakking in die verlede te ontleed asook om die
moontlike fi nansiële uitkomste in die toekoms te bepaal.
Bruto margesisteem
Hierdie sisteem benader die boerdery as ʼn besigheid
wat bestaan uit ʼn groep produksievertakkings, elk met sy
eie opbrengste en veranderlike kostes. Laasgenoemde
groepe vertakkings of ondernemings is afhanklik van sekere
gemeenskaplike hulpbronne soos grond, arbeid, masjinerie
en kapitaal en word gekoördineer deur die bestuur van die
ondernemer. Hierdie gemeenskaplike bronne het almal ʼn koste
en moet verhaal word, of dit benut word al dan nie.
Kostes word verdeel in toedeelbare koste (die koste wat
toegedeel word aan ʼn vertakking en wat sal verander soos wat
die vertakking se prestasie verander), en oorhoofse koste (kostes
wat nie toegedeel kan word nie en wat as veranderlik of vas
beskou kan word). Laasgenoemde kostes behoort aan die totale
plaas.
Lewende hawe-vertakkings se opbrengste word uitgedruk in
terme van bruto marge per hektaar of per grootvee-eenheid
(GVE). Die bruto marge van ʼn vertakking word bereken as die
bruto produksiewaarde (veeverkope plus eindwaarde minus
aankope minus beginwaarde) minus die direkte toedeelbare
koste. Die bruto marge word vir alle vertakkings binne die
boerdery bepaal waarna die oorhoofse koste (vas & veranderlik)
afgetrek word om die Netto Boerdery Inkomste (NBI) te
bereken. NBI verteenwoordig die opbrengs op totale kapitaal
en bestuur binne die boerdery-onderneming. Deur die NBI te
verminder met die vergoeding aan vreemde kapitaal (rente
en fi nansieringskoste) en grond (huur en deel-oes) word die
boerderywins bereken.
Verbeter die winsgewendheid so:
1. Verhoog die bruto marge met dieselfde oorhoofse koste
Dit kan bereik word deur ʼn verbetering in veeproduksie,
die aanvaarding van nuwe tegnologie, die produksie van
verbeterde produk of verbeterde bemarking om ʼn hoër prys
vir ʼn produk te ontvang. In die volgende tabel word die effek
van verhoogde speenpersentasie en speengewig op die bruto
marge van ʼn vleisbeeskudde met 240 koeie uiteengesit, waar ʼn
speenkalfstelsel op natuurlike weiding in die somer en oesreste
en hooi in die winter gevolg word. Die prysverskil tussen ligte en
swaar speenkalwers is R0,72 per kilogram. Die resultate in die
tabel toon dat ʼn verbetering van 20% in die speenpersentasie
tot ʼn 32%-styging in die bruto marge lei. ʼn Styging van 20% in die
speengewig verbeter die bruto marge met 21%.
2. Verhoog die bruto marge met verhoogde oorhoofse koste
ʼn Verandering na ʼn meer intensiewe produksiestelsel, soos om
kalwers op besproeide weidings af te rond (back grounding), of
om speenkalwers self in ʼn voerkraal af te rond, mag ʼn verhoogde
bruto marge lewer. ʼn Verhoging in die belegging van masjinerie
en toerusting verhoog egter die vaste koste van die boerdery.
3. Verlaag bruto marge met verlaagde oorhoofse koste
Met die verlaging van oorhoofse koste, soos wanneer
oorgeskakel word na ʼn voltydse natuurlike weidingstelsel wat
die behoeftes aan meganisasie verminder, mag die daling in
oorhoofse koste minder wees as die daling in die bruto marge
wat tot ʼn hoër NBI lei.
4. Handhaaf dieselfde bruto marge met verlaagde oorhoofse
koste
In sekere omstandighede mag dit moontlik wees om meganisasie
en arbeidskoste te verlaag, wat oorhoofse koste sal verlaag
en dus by dieselfde bruto marge, ʼn verhoogde wins sal lewer.
Alhoewel al vier hierdie benaderings bestaan, is nie almal
geskik vir alle boerderye nie. Elke boerdery is uniek gegewe die
hulpbronne wat beskikbaar is, en daarom moet alle metodes
ondersoek word om die beste metode te identifi seer.
Hoe doeltreffend boer ek?
Meet die boerdery se doeltreffendheid aan twee maatstawwe:
1. NBI per kilogram lewende massa geproduseer per hektaar
Indien die resultaat swak is, moet eerstens bepaal word of
die bruto marge per kilogram lewende massa per hektaar
bevredigend is. Indien wel, mag oorhoofse koste te hoog wees.
2. NBI per koei gepaar
Indien die syfer onbevredigend is terwyl die bruto marge per koei
goed is, moet oorhoofse koste ondersoek word om die probleem
aan te spreek. Daar is egter geen standaard instruksies om ʼn
boerdery se wins te verhoog nie. Dit verg deeglike beplanning en
bestuursvernuf om vir elke boerdery die beste planne te maak.
Jaco Heckroodt is ʼn landbou-ekonoom wat werksaam is
by VKB Landbou Bpk. op Reitz. Hy kan gekontak word by
telefoonnommer 058 863 8215 of per e-pos by [email protected].
Kudde A B C
Speen % 90 75 90
Speenmassa (kg) 230 230 192
Bruto inkomste (R/GVE) 1 659 1 510 1 520
Direkte koste (R/GVE) 871 917 871
Bruto marge (R/GVE) 788 593 649
Verbetering in winsgewendheid (%) - 32 21
Tabel: Verandering in die winsgewendheid van ‘n vleisbeeskudde
Mnr. Tienie Ras is die hoofbestuurder van Noord-Transvaal Koöperasie en woon in Modimolle (Nylstroom),
waar die hoofkantoor ook is.
Artikel deur Sandra Dreyer
Ontmoet die Hoofbestuurslede
Tienie is ‘n gebore Namibiër en het sy skooljare aan Hoërskool
Otjiwarongo deurgebring. Hy is ‘n oud-Puk-student (nou
Noordwes-Universiteit, Potchefstroom-kampus) en Unisa. Hy
beskik oor ‘n Hoër Onderwysdiploma, BCom Rek-graad, BProk-
graad en ‘n Gevorderde Bestuursdiploma.
Tienie se vrou Ludi, ‘n nooi Steinmann, is ‘n studenteliefde.
Hulle het twee kinders, Martin (30) wat by SAB MiIler as
vloottoesighouer werk, en Marlize (27), wat ‘n advokaat is in die
Pretoria-balie.
Tienie het by die Bonuskor-groep in die Laeveld begin werk,
eers op ‘n suikerriet-, katoen- en vrugteplaas en ook by ‘n
saagmeule. Hy het as assistent-rekenmeester begin en later
sekretaris/rekenmeester geword. Daarna het hy vir 10 jaar
by die destydse Kroonstad-Wes Koöperasie gewerk, eers as
hoofrekenmeester en later as hoofbestuurder: fi nansies. In 1991
het hy by VKB aangesluit totdat hy in laat 2008 na NTK
gegaan het.
Ons het met dié dinamiese man gesels:
Jy het op die hoofbestuur van Vrystaat Koöperasie as hoof fi nansiële beampte/hoofbestuurder fi nansies (die titel het van tyd tot tyd verander) gedien. Was dit ‘n groot aanpassing om na Modimolle te verskuif en by Noord Transvaal Koöperasie te kom werk?
Nee, die aanpassing was heeltemal gemaklik. Daar het heelwat
onsekerheid by die NTK-personeel bestaan en die uitdaging was
om hul vertroue te wen. Die meeste het die verandering baie
vinnig aanvaar, wat dit makliker gemaak het.
Was jy direk betrokke by die samewerkings-ooreenkoms van die twee koöperasies en wat behels die ooreenkoms presies?
Ja, aanvanklik was die oogmerk van VKB om 50% belang in
NTKLA te verkry. Laasgenoemde is die bedryfsmaatskappy
wat ‘n volfi liaal van NTK was. Die mediumtermyndoelwit was
die herstrukturering van die VKB en NTK om een geïntegreerde
besigheid daar te stel.
Die tipe boerdery waarmee jy tans te doen het, verskil baie van die Vrystaat. Het jy direkte kontak met die boere self?
Boerdery in die Limpopo-provinsie is baie gediversifi seerd.
Limpopo voorsien tot ‘n groot mate in die vraag na vrugte
en groente. Dit is ‘n tekortgebied wat akkerbou betref met
sonneblom en mielies die grootste gewasse. Aartappels
word op groot skaal verbou. Veeteelt, veral beesboerdery,
kom voor en natuurlik word groot gebiede aangewend vir
wildboerdery. Hier is ook ‘n aantal krokodilboere. Behalwe
direkte individuele kontak met boere, benut ons ook ander
geleenthede om met groepe boere kontak te maak soos
inligtingsdae, boereverenigings, ensovoorts. Afstande maak dit
egter moeiliker.
Watter vertakking van boerdery is verantwoordelik vir die grootste inkomste by NTK?
Die antwoord is nie heeltemal eenvoudig nie, maar waarskynlik
aartappels, sonneblom en mielies.
Die NTK-gebied is baie groot en die takke wydverspreid. Is dit moontlik om op gereelde basis met al die personeellede persoonlik kontak te kan maak?
Ons het 32 handelstakke en depots en nege meeltakke. Een
van die fi liale, Venda Meule, het ook ‘n aantal meeldepots. Dit
is nie moontlik om persoonlik met alle personeel kontak te maak
nie, wel met die bedryfsbestuurders. Ons het ‘n personeelblad,
Koöperasiestories, waarmee personeel op ‘n meer persoonlike
vlak ingelig word. Musina is 400 km vanaf Modimolle.
Uit hoeveel lede bestaan jul direksie en hoe belangrik is die skakeling tussen direksie en hoofbestuur na jou mening?
Die direksie van NTKLA bestaan uit myself as besturende
direkteur en ses nie-uitvoerende direkteure. Drie van die
ses is van VKB en drie van NTK. Paul Carshagen van VKB is
die voorsitter. NTK het vyf direkteure by name Pierre Jacobs
(voorsitter), Leon Eksteen, Human du Preez en Lourens van
Tienie en Ludi Ras.
NTK: Hoofbestuurder, mnr. Tienie Ras
Hoofbestuur
11
Hoofbestuur
12
Aswegen (een vakature). Benewens die goeie samewerking
wat tussen enige direksie en bestuur om vanselfsprekende redes
behoort te bestaan, ag ek die skakeling tussen bestuur en die
NTK-direksie baie belangrik, want die direkteure het op ‘n ander
wyse as die bestuur blootstelling aan boere.
Op dié manier bly ‘n mens vertroud met die verwagtinge van
boere.
Wat beskou jy as die grootste uitdaging van jou pos as hoofbestuurder by NTK in ‘n veranderende Suid-Afrika?
Die eerste uitdaging is om NTKLA volhoubaar suksesvol te maak
en om weer relevant vir die kommersiële boere in die Limpopo
te wees. Boere het tot ‘n groot mate “afvallig” geraak van NTK.
Die vereistes van die veranderende omgewing en diversiteit
stel uiteraard hoë eise aan bestuur, veral met die tekort aan
kundigheid. Elke omgewing het sy eie kultuur, politiek (in die
breër sin van die woord) en die uitdaging is om dit alles binne
jou besigheid te probeer akkommodeer.
Wat is na jou mening die grootste bydrae wat jy lewer?
Hierdie vraag moet seker eerder vir kollegas gevra word en
ek het ‘n paar daaroor getoets. Hoewel ek nie ‘n natuurlike
ekstrovert is nie, het ek in die algemeen ‘n informele styl en
‘n gemaklike omgang met mense. Vanweë my agtergrond
is ek uiteraard fi nansieel analities ingestel, maar ek probeer
so ver moontlik die behoeftes van die bedrywe verstaan en
akkommodeer. Ek probeer ‘n organisasieklimaat skep waar
vertroue en deursigtigheid gedeelde waardes en prestasie die
norm is. Elke mens moet ‘n gelyke geleentheid in die werkplek
hê om te kan groei en ontwikkel en in daardie opsig streef ek
daarna om ‘n goeie mentor te wees. Dit is vir my belangrik om
strategies te dink oor die besigheid, mense in ‘n span saam te
snoer en ‘n goeie leier te wees en veral deur voorbeeld te lei.
Wat sal jy graag wil verander in die tydperk wat jy as hoofbestuurder dien?
Soos reeds gesê, sal ek graag NTKLA weer relevant vir boere
wil maak deur ons diens en mededingendheid te verbeter.
Ons moet gesien word as ‘n besigheid wat waarde
toevoeg vir alle rolspelers, nie net vir aandeelhouers
nie, maar ook vir ons personeel en verskaffers. Ek
sal graag wil sien dat elke personeellid sy rol in
die waardeskeppingsproses verstaan sodat ons
kan uitkom by ‘n “ons”- in stede van ‘n “hulle”-
sindroom. Die besigheid moet vry wees van
diskriminasie en mense moet konstruktief kan verskil
sonder vrees vir viktimisasie.
Wat is jou persoonlike toekomsdroom?
Ek en Ludi was bevoorreg om
verskillende lande te besoek en
beplan nog enkele reise, maar
na alles is dit die mense
om en naby jou wat jou
gelukkig maak, nie
besittings of reise
nie. Ons kinders
en sommige
Gunstelinge
Kos: Altyd ‘n vleisie.
Drank: Rooiwyn.
Boek: Ek lees graag wyd, maar nie
fi ksie nie.
Fliek: Ons woon per geleentheid
goeie opvoerings in veral Monte
Casino by.
Stokperdjies: Glo dit as jy wil, maar ek het
begin gholf speel.
Lewensleuse: Integriteit en vertroue is die
boustene van enige verhouding.
familielede woon in en om Pretoria en ons sal seker ook in daardie
omgewing gaan aftree. Beide van ons sal ook ná aftrede nog
ekonomies aktief wil wees ten einde nog ‘n sinvolle “tweede
loopbaan” te hê.
Martin Ras, saam met sy sus Marlize op haar troudag met Nic le Roux.
Mnr Tienie Ras, links, saam met mede-direkteurslede van NTKLA. Langs hom van links staan mnre Pierre Jacobs, Herman Vercueil, Michael de Klerk, Klasie Havenga, Paul Carshagen, Koos van Rensburg.
Die Pad Saam – Junie 2012
13
Fi
na
nsi
es
Skaap en Bees: Voer heeljaar lank op meerjarige immergroen lusernboom
Hanteer Lusernboom soos ʻn kind
Boomlusern, oftewel Chamaecytisus palmensis,
Chamaesytisus proliferous en Cystisus proliferous, is die ideale
oplossing vir veeboere aangesien hierdie immergroen plant,
wat vir 60 tot 80 jaar kan leef, regdeur die jaar voeding verskaf
en dieselfde voedingswaarde as lusern bied.
Boomlusern groei as ‘n struik waaraan skape en beeste kan
vreet sonder die gevare van gewone lusern wat tot veevrektes
kan lei, aangesien die boomlusern geen blousuur bevat nie.
Dit is groenvoer wat as ‘n lewendige hooimied dien. Grootvee
en wild word spekvet daarvan, terwyl kleinvee begin meerlinge
gooi en suksesvol speen danksy die feit dat die plant vir
12 maande van die jaar voeding bied.
Daar is twee tipes boomlusern – ‘n groter boom wat meer vir
beeste is, en ‘n kleiner een wat uiters geskik is vir kleinvee, soos
skape.
Omdat dit ‘n peulgewas is, stel die plant stikstof in die grond
vry, wat beteken dat die boer nie kunsmis hoef in te werk nie.
Dit maak dat die grond tussen die rye uiters vrugbaar is vir die
aanplanting van gras tussen die lanings lusernbome.
Lusernbome groei die beste in diep sand of diep dreinerende
grond met ‘n pH van 4 tot 8 en kan strawwe winters van tot
minus 10 grade Celcius deurstaan voordat net die punte
sal doodryp, waarna dit egter weer sal uitloop. Die enigste
ryprisiko is met baie jong plantjies, want die ouer plante is as
woestynplant geweldig gehard teen koue, vuur en droogte.
Die plant verhoog ook die drakrag van grond tienvoudig.’n
Blok veld wat normaalweg een ton gras per hektaar per jaar
lewer, lewer tipies sowat agt tot 10 ton eetbare boomlusern
per jaar. Die bepalende faktor is water, met een ton eetbare
materiaal vir elke 100 mm reën of vog in die grondreserwe.
Indien daar ‘n vlak watertafel is, produseer boomlusern teen
ongeveer dubbeld die jaarlikse reënval in tonnemaat.
Daar word aanbeveel dat die boomlusern stelselmatig op 10%
van ‘n veeplaas gevestig word, wat dan die drakrag in ‘n tipiese
geval sal verdubbel, aangesien die gras op kritieke tye gerus
kan word. Dit beteken dat vee in die Suid-Afrikaanse winter in
kondisie bly. Dit word ook aanbeveel dat die plante teen ‘n ratio
van 700 tot 1 000 plante per hektaar geplant word in enkel- of
dubbelrye, wat sowat 10 m uitmekaar staan en die plante in die
ry sowat twee tot drie meter uitmekaar. Die strook tussenin kan
dan met meerjarige gras, soos Smutvinger of Erogrostis beplant
word, wat sal gedy weens die toegang tot die gratis stikstof van
die boomlusern. Indien die plante nie in lanings geplant word
nie, groei hulle uit as ‘n vier tot ses meter boom.
Die plant word as ‘n saailing gevestig vir die vinnigste vestiging
en kan binne 10 maande reeds die eerste keer ligweg bewei
word, en is in kommersiële produksie vanaf jaar twee.
Ek het gaan aanklop by Janus Naude (Vrede) van Tree
Lusern wat tans self besig is met die plant en groot maak van
lusernbome.
Nadat ek uit verskeie oorde gehoor het dat gemiddeld 10% van
aanplanting groei was my vraag aan hom hoekom?
“Die groot ding van die hele plantjie is dat boere dink dit is
soos ‘n mielie wat kan hard hanteer word ens. Dit is meer soos
‘n kind: vir die eerste rukkie het dit sagte hande nodig, so min
as moontlik hantering. Vanaf die groei tot 20 cm is die groot
gevaar verby, maar op 30 cm is dit ‘n plant en boom en ek kan
dit dan stampe en stote vat. Hantering bring skaafplekkies wat
weer kans gee vir die swamme om te vat. Die boompies wat
nou by die boer kom, is baie meer gesond en sterker. Dit het nog
so 'n paar behandelings nodig maar die kanse op vrekte is baie
minder mits die boere dit reg hanteer. Dit is werk aan die begin
en daar is uitgawes, maar as dit reg gedoen word van die begin
af, sal dit goeie opbrengse lewer”.
Janus verkoop ook nou Lusernboompies op aanvraag van
grootte (Jy kan kies vanaf 20 cm - 1 meter).
Janus Naude 082 800 6841
3 maande oue boompies wat gesnoei en geënt is teen swa m- me staan reeds tussen 30 - 40 cm hoog en is net so breedt.
Plantjies in sakkies soos dit nou ook aan kliënte verskaf gaan word. Hulle kan die grootte bepaal wat hulle wil hê teen `n vasgestelde prys.
Artikel deur Hannelie Cronje
Die Pad Saam – Junie 2012Vee
14
Volg ideale voedingsprogram vir skape onder ekstensiewe en semi-intensiewe toestande
Artikel deur Anton Loubser, Tegniese Bemarker, Nu-Pro Voere
Met die regte voedingsprogram kan beide ramme en ooie
voorberei word om te sorg vir ‘n verhoogde lampersentasie in die
lamseisoen wat voorlê. Aan die hand van die volgende wenke
kan boere dus sorg dat hulle vanjaar weer goeie groei
in hul kuddes kan verwag.
Prikkelvoeding van teelramme
Om ‘n hoë besetting en hoë tweelinggeboortes te verseker, moet
ramme in ‘n uitstekende kondisie, vrugbaar en dekbehendig
wees, oor ‘n baie hoë geslagsdrang beskik en topfi ks wees
om ooie meermale gedurende haar hittesiklus te dek, asook
groot testes (skrotumomtrek van meer as 30 cm op 15 maande-
ouderdom) hê om voldoende spermselle te produseer. Aangesien
die ontwikkeling van spermselle
ongeveer twee maande neem, moet byvoeding vir ten
minste twee maande voorsien word.
Teelramme moet gevolglik vanaf twee maande vóór die paar-
seisoen ‘n deurvloeiproteïengebaseerde ramprikkelrantsoen
soos Ultrawol-korrels of ‘n ramprikkelmengsel (150 kg
eenstopkonsentraat + 80 kg melassemeel + 770 kg gemaalde
mielies) teen ‘n beperkte pyl van 350 tot 500 g per ram per dag
gevoer word. Daar moet voldoende vreetspasie wees sodat
alle ramme gelyktydig kan vreet. Indien die weiding skaars is,
moet goeie kwaliteit lusernhooi ad lib eenkant by gevoer word.
Alle ander aktiwiteite soos die nodige doserings en entings moet
ongeveer ses weke voor die paarseisoen gedoen word.
Uitgroei van vervangingsooie (jongooie)
Om ‘n hoë lampersentasie te verseker, moet jongooie vanaf
speen voortdurend groei en in geen stadium voor paring massa
verloor nie. Daar moet veral voorkom word dat jongooie ses
maande voor paring massa verloor, want dit kan tot ‘n be tekenis-
volle verlaging in besetting en gevolglik lamper sentasie lei.
Die optimale uitgroei van vervangingsooie is noodsaaklik, want
die massa wat ‘n jong ooi met tweetand bereik, bepaal haar
uiteindelike grootte en produksie.
Jongooie moet 80% van die volwasse ooi se massa op 11- tot 14-
maande-ouderdom bereik het voor paring.
Afhangende van die gehalte en die hoeveelheid van die weiding
moet die ooie die volgende kragvoermengsel op droë weiding
(500 g per ooi per dag) en groenweiding (350 g per ooi per dag)
gevoer word en 150 kg eenstopkonsentraat + 80 kg melassemeel
+ 770 kg gemaalde mielies. Vir elke 1 kg wat sy swaarder is met
eerste paring, styg haar lampersentasie met ongeveer 1,5 tot
2,5%.
Prikkelvoeding van teelooie
Ooie wat met paring in massa toeneem, is meer geneig om
tweelinge te produseer as dié wat massa handhaaf of verloor.
Besetting van tweelinggeboortes neem af indien die ooie kort
voor die prikkelperiode massa verloor. Die mate waartoe ‘n
ooi haar genetiese reproduksiepotensiaal bereik, is afhanklik
van omgewingsfaktore soos voeding en bestuur. Om ‘n hoë
lampersentasie te verseker, moet ooie in ‘n uitstekende kondisie
(3,5 kondisiepunt) met paring wees en vir elke kilogram wat hulle
swaarder is met paring, styg die lampersentasie met ongeveer
1,5 tot 2,5%. Om ooie in ‘n stygende massa te kry, moet hulle
vanaf minstens drie weke voor paring in spaarkampe geplaas
word en vir minstens ses weke ‘n prikkellek gevoer word. Op droë
weiding word Ultrawol-korrels teen 300 g per ooi per dag gevoer.
Ooie moet vier tot ses weke voor paring die nodige doserings
en entings ontvang. Vanaf vier weke voor paring moet ooie
rustig gehou word en geen stresvolle aktiwiteite moet in hierdie
periode uitgevoer word nie.
Voeding gedurende vroeë dragtigheid
Enige faktore wat spanning kan veroorsaak, moet gedurende
die eerste maand van dragtigheid vermy word, want dit kan
embrionormaliteit tot gevolg hê. Om embrionormaliteite en
afsterwing van fetusse te voorkom, moet waar moontlik, geen
stresvolle aktiwiteite soos dosering, enting, skeer of dip vir die
eerste maand nadat die ramme uitgehaal is, uitgevoer word
nie. Gedurende die eerste maand van dragtigheid moet die
paringskondisie van die ooie gehandhaaf word. Indien nodig,
kan ‘n lek – meestal dieselfde as wat vir prikkelvoeding gebruik
word – voorsien word.
Voeding gedurende mid-dragtigheid
Gedurende mid-dragtigheid (maand twee en drie van
dragtigheid) is die optimale groei van die plasenta van kritieke
belang. ‘n Klein nageboorte gee aanleiding tot ‘n toename in
lamvrektes weens die klein lammers asook lae melkproduksie.
Jongooie groei nog en moet verkieslik as ‘n aparte trop op
voorkeurweidings bestuur word. Indien die beskikbare weidings
beperk is, moet ‘n lek verskaf word wat sal afhang van die tipe
weiding asook die gehalte en hoeveelheid daarvan.
NU-PRO INTENSIEWE SKAAPVOEDINGSPROGRAM
Lam Kruip
Korrels
Ram-, Lam- en
ooi-korrels
Skaap
Aanvangs
Skaap Afrond UltraWol 30 Stoetram
Droë ooie - - - - 250 g/dag -
Prikkelooie - - - - 300 g/dag -
Dragtige ooie - - - - 250 g/dag -
Lakterende ooie - 750 g/dag - - - -
Vervangingsooie - 400 g/dag - - - -
Suiplammers 350 g/dag - - - - -
Speenlammaers 500 g/dag - - - - -
Afrondlammers - - 1,2 kg/dag 1,7 kg/dag - -
Ramme droog - - - - 500 g/dag -
Ramme dekseisoen - - - - - 1,5 kg/dag
Veilingramme - - - - - 2,5 - 3,5 kg/dag
Notas: * Alle innames is na benadering en hang af van die ras asook weitoestande * In die geval van afrondlammers word aanvangs- en afrondkorrels-inname getoon; aanvangs is slegs van toepassing indien die lammers van die veld af inkom
Voeding gedurende laat-dragtigheid
Laat-dragtige ooie moet vanaf vier tot ses weke voor lam
voldoende deurvloeiproteïen inneem om uierontwikkeling te
stimuleer en bies- en melkproduksie te verhoog. Die voorsiening
van ‘n hoë deurvloeiproteïenlek, soos UltraWol of UltraWol-
korrels, word aanbeveel. Indien die weiding skaars is of ooie in
lamkampe lam, moet ‘n volledige rantsoen vanaf vier tot ses
weke voor lam gevoer word.
Voeding gedurende laktasie
Die voedingspeil gedurende die eerste twee maande ná
lam moet sodanig wees dat ooie nie meer as 10% van
hul liggaamsmassa verloor nie. Om ‘n hoë speenmassa te
verseker asook ‘n hoë lampersentasie met die daaropvolgende
lamseisoen, moet dieselfde deurvloeiproteïengebaseerde lek of
volledige rantsoen wat gedurende laat-dragtigheid gevoer word,
ook gedurende vroeë laktasie op die beskikbare weiding gevoer
word.
Die ideaal is dat ooie ná lam na groen aangeplante weidings
geskuif word. Melkproduksie van ooie word nadelig beïnvloed
deur ‘n voedingsbeperking.
Skakel Noord-area:
George Delport: 073 255 0350
Skakel Suid-area:
Anton Loubser: 082 887 1125
15
Die Pad Saam – Junie 2012Vee
16
Artikel deur Willem Schultheiss, MSD Dieregesondheid
Lewerslakbeheer: Hoe om dit reg te doen…In Aprilmaand speen baie vleisbeesprodusente hul
kalwers. Dit is herfs en die winter lê voor. Sommige kuddes bly
op natuurlike winterveld totdat hulle kalf en ander word so teen
Mei of Junie verskuif na stoppellande waar hulle oesreste moet
benut. Hoe die voedingsituasie ook al sy, die belangrikste doelwit
is om die kondisie van die koei na speen te laat toeneem tot op
’n punt van 3.0 teen ongeveer twee maande voordat sy moet
kalf – waarna dit konstant behoort te bly tot by kalwing. Kondisie
in ’n volgroeide bees verwys na die onderhuidse vetreserwes wat
’n koei benut in tye van verhoogde energiebehoeftes tydens tye
van lae voedingstofi nname – soos die geval is direk ná kalwing.
Produsente kan nie bekostig dat dragtige koeie en jongvee
op minder verteerbare winterweiding se produksievermoë
deur sluimerende, subkliniese lewerslakbesmettings ondermyn
word nie. Die fi nansiële implikasies is groot en duur lank na
besmetting. Dit sal herkonsepsie asook melkproduksie na die
volgende kalwing affekteer. Lewerslakeiers word in die mis van
beeste uitgeskei en kontamineer waterbronne en vogtige areas.
By 26ºC broei die eiers binne 10 tot 12 dae uit en die eerste
stadium larwe besmet binne 30 ure ’n varswaterslak – wat as
tussengasheer noodsaaklik is. Sou ’n mens hierdie slakke prakties
en koste-effektief kon beheer, wat meestal nie moontlik is nie,
sou lewerslak in beeste nie naastenby dieselfde probleme
veroorsaak as wat tans die geval is nie. Na 4½ tot sewe weke
verloop het ná besmetting van die slak, verlaat ’n serkaria-
larwe die slak en heg vas aan grashalms langs water of in
vogtige areas. Hulle ontwikkel tot metaserkaria. In die winter, as
temperature onder 10ºC daal, staak die lewerslak se ontwikkeling
in die varswaterslak, maar hervat as temperature in die volgende
lente styg.
Nadat ’n bees met metaserkaria (die aansteeklike vorm
van lewerslak op die weiding) besmet is, neem dit drie
dae vir die onvolwasse stadiums om die lewer te bereik en
vanaf agt weke later word hulle in die galbuise gevind. Die
eerste duidelike kliniese simptome van besmetting is meestal
ongeveer vyf tot ses weke na besmetting. Die kliniese uitkoms
van lewerslakbesmetting word bepaal deur die hoeveelheid
van die metaserkarieë-besmetting op weiding. Inname van
baie metaserkarieë oor ’n kort tyd sal akute, ernstige siekte
veroorsaak, terwyl ’n laegraadse inname oor ’n langer tyd
eerder ’n kroniese beeld veroorsaak. Op 12-weke-ouderdom
bereik slakke volwassenheid en kan eiers gelê word. Die grootste
skade word deur die onvolwasse slakke in die lewer veroorsaak
tydens hul migrasieroete na die galbuise. In hierdie vier tot vyf
weke van migrasie groei hulle van 0,1 tot 10 millimeter in deursnit.
Hierdie lewerskade mag spore van die bakterie stimuleer om te
ontkiem en kan akute vrektes veroorsaak. Vroegtydige enting
sal hierdie risiko verlaag. Omdat die lewer die sentrale orgaan
is waar glukose en proteïensintese plaasvind, lei die skade tot
ernstige proteïenverlies en laer glukoseproduksie in die lewer –
wat manifesteer as kwakkeel en vermaering. ’n Lae besmetting
in jong beeste sal groei benadeel en in vroulike diere sal die
besettingsyfer laer wees. In lakterende koeie sal melkproduksie
laer wees wat tot laer speenmassa in vleisbeeskalwers lei.
Volwasse slakke veroorsaak ontsteking en verstopping van die
galbuise, fi brose en lekkasie van plasmaproteïene uit die lewer.
Heel bloed word ook verloor as gevolg van inname daarvan
deur volwasse slakke wat uiteindelik tot bloedarmoede lei.
Ses belangrike punte rakende behandelingsdoeltreffendheid
• Geen lewerslakmiddel, inspuitbaar, oraal of opgiet, is 100%
doeltreffend teen alle ouderdomme in die lewerslak se
lewensiklus in die bees nie. Gestel ’n middel is meer as 90%
doeltreffend – byvoorbeeld 95% effektief (dus 5% oneffektief)
en die aantal twee-week-oue onvolwassenes ten tye van
behandeling beloop 1 000. Ná hierdie behandeling oorleef
50 onvolwasse slakke en word tydens slagting in die galbuise
van die lewer gevind. Hierdie bevinding beteken nié dat die
middel nie gewerk het nie. Die aantal volwassenes wat in die
galbuise gevind word ten spyte van onlangse behandeling
met ’n middel wat effektief is teen onvolwasse lewerslak,
word dus bepaal deur die aantal onvolwassenes wat
teenwoordig was tydens behandeling.
• Geen lewerslakmiddel het ’n nawerking nie. Indien die
beeste op besmette kampe of vleie bly ná behandeling
tydens gunstige weersomstandighede, sál herbesmetting na
behandeling steeds voorkom en mag die middel oënskynlik
ondoeltreffend lyk wanneer volwasse slakke in die lewer
by slagting sigbaar is. Behandel beeste dus voordat hulle
in die winter die vlei-areas bewei en herhaal behandeling
in die lente direk nadat hulle uit die vlei-areas gekom
het. Herhaaldelike behandeling met middels wat teen
onvolwassenes effektief is, sal nodig wees as beeste in die
warmer maande op besmette vleikampe bly. Probeer die
onnodige blootstelling ten alle koste vermy.
• Indien beeste wat kliniese tekens van ’n proteïentekort toon
(kwakkeel) behandel word, neem dit steeds ’n geruime tyd
vir die tekort om te herstel – ten spyte van behandeling.
Al wat die middel doen, is om die meeste slakke te dood,
terwyl die liggaam self moet herstel – deur middel van
goeie voeding – van die gevolge van lewerskade. Geen
behandeling gee dus onmiddellike verligting van kliniese
tekens nie.
• Sover vasgestel kon word, is daar geen bewyse van
lewerslakweerstand teen triklabendasool in Suid-Afrika nie.
Aannames dat opgietmiddels die ontstaan van weerstand
van lewerslak daarteen kan verhaas, is ongegrond.
• Die sensitiwiteit van roetine-eiertellings is 64% en dit is nie
gekorreleerd met die graad van die besmetting nie omdat
net volwasse lewerslakke eiers lê. Verder is die tempo
waarteen eiers gelê word, variërend van aard. Indien daar
minder as 20 volwasse slakke in die lewer is, is miseiertellings
te onsensitief om enige eiers aan te toon.
• Die ELISA-bloedtoets neem 14 dae om positief te toets nadat
beeste besmet is en bly vir ’n geruime tyd positief nádat
beeste behandel is. Dit maak interpretasie van negatiewe
ELISA-toetse moeilik in kuddes in ’n lewerslakhabitat wat
binne 14 dae gelede besmetting opgedoen het.
Lewerslak kom ook
by die mens voor.
17
V
ee
LICK MIX 87PROTEÏEN–MINERAAL–KONSENTRAAT VIR BEESLEKKE
LICK MIX 87:• Stimuleer diere se eetlus vir verhoogde inname van droë materiaal• Verhoog prestasie van herkouers op droëweidings• Handhaaf liggaamsmassa vir verbeterde kalfpersentasie• Stimuleer vertering van swak ruvoer en weiding• Bevat spoorminerale wat konsepsie verhoog• Bevat lakserende eienskappe wat droë galsiekte help voorkom
Vir ‘n beter eetlus en nog beter prestasie!
Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 • E-pos: [email protected] • www.molatek.co.za
Lick Mix 87 Reg. No. V19783 (Wet 36 van 1947)
uppe
mar
keti
ng A
0693
6
L I C K M I X 8 7DIE E KO N O M I E S E K E U S E V I R H E R KO U E R S
NUUT!
Die Pad Saam – Junie 2012Vee
18
Voergraad-mono-ammoniumfosfaat bied ʻn beter bron van fosfor
Artikel deur Stephan Breytenbach, Protea Animal Feeds
Die aanvulling van fosfor onder ekstensiewe weidings-
toestande met volop groen weiding, bly die mees koste-
effektiewe lekaanvulling vir enige veeboer – indien die inname
voldoende en die fosforbron van hoogstaande gehalte is.
Livingstone het reeds in die eerste helfte van die 19de eeu
(1840/50) die tipiese simptome van ‘n fosfortekort by die beeste
van die plaaslike Noord-Kaap-bevolking waargeneem. Hy het
pika (eet van bene) beskryf as ‘n gedrag om die pyn wat die
beeste ervaar wanneer hulle die harde wintergrasse moes eet,
te versag.
Dr. Arnold Theiler het reeds in 1912 die waarde van
fosforaanvulling besef in sy navorsing rondom die voorkoms van
lam- en stywesiekte en wêrelderkenning daarvoor ontvang.
Hierdie siektes is vandag omtrent onbekend en die doeltreffende
aanvulling van fosfor word vandag gedoen vir verbeterde
produksie.
Net soos die veebedryf ontwikkel en diereprestasie verbeter,
so het die kennis van verskillende fosforbronne en hoe om
fosforaanvulling meer effektief te maak, gevorder. Deur die jare is
daar vasgestel dat daar beter en meer beskikbare fosforbronne
as beenmeel is (die voer daarvan aan herkouers is vandag
onwettig).
Die nuutste en beslis mees opwindende toevoeging by die lys
van voerfosfate is beslis die mono-ammoniumfosfaat, Intaprofos
van Protea Animal Feeds (sien Tabel 1).
Voergraad mono-ammoniumfosfaat (VG MAP) is ‘n unieke en
opwindende fosforbron vir herkouers om die volgende redes:
• Intaprofos bevat 24% fosfor wat ‘n wateroplosbaarheid van
tot 95% het en verskaf fosfor van hoogstaande gehalte.
As fosforbron word mono-ammoniumfosfaat beskou as die
fosforbron met die hoogste bio-beskikbare fosfor, selfs vir
herkouers. Die fosfor is ook gekonsentreerd, wat insluiting in
lekke waar lae innames verkies word, maklik maak.
Tabel 1: Samestelling van Protea Animal Feeds Intaprofos*
Gewaarborgde
samestelling
Tipiese ontleding
Stikstof (N) 100 g/kg (min) 110 g/kg
Proteïen-ekwivalent 625 g/kg (min) 687 g/kg
Fosfor 240 g/kg (min) 245 g/kg
Vog 40 g/kg (min) 15 g/kg
* Reg.nr.: V16678 (Wet 36/47)
Kontak Protea Animal Feeds gerus by tel. 031 450 5700 of per
e-pos by [email protected] vir meer inligting
in hierdie verband of gesels met Wickus Labuschagne, die
verteenwoordiger by tel. 073 259 5514.
• Die proteïen-ekwivalent van so hoog as 68% verseker dat
Intaprofos noodsaaklike stikstof tot die dieet bydra wat nodig
is vir voldoende stimulasie en ontwikkeling van die rumen-
mikrobes. ‘n Gesonde populasie van rumen-mikrobes ontsluit
meer voedingstowwe vanuit die natuurlike gras en ander
voedingstowwe.
• Daar is geen kalsium in VG MAP nie en daarom is dit die
ideale produk om te gebruik in lekmengsels in gebiede
waar daar baie kalsiumsoute in die grond en water voorkom.
• Fosforlekke wat met VG MAP gemeng word, kan maklik in
blokke verander word deur die korrekte hoeveelheid water
by te meng. Hierdie selfde eienskap bevorder ook
die weerbestandheid van produkte.
Protea Animal Feeds is tans die enigste maatskappy wat ‘n
plaaslik geproduseerde voergraad mono-ammoniumfosfaat in
Suid-Afrika bemark. Intaprofos word deur Omnia (Protea Animal
Feeds se moedermaatskappy) op Rustenburg vervaardig.
Intaprofos is ‘n poeier wat dit duidelik van kunsmisgraad-MAP
onderskei.
19
V
ee
Voordele van Swael 90 Oplosbaar:
1. 100% OplosbaarLos op na suiwer Swael wanneerin kontak met rumen vloeistof.
2. PilvormKan onderskei word van anderSwael vorme deur die duidelike pilvorm. Die homogene pilletjies beteken goeie vermenging en verspreiding deur die voer.
3. Bentoniet draerBentoniet is ’n bekende mikotoksien binder.
4. Veilig en maklikDi ild S lVra jou agent vir ‘n demonstrasie
Veilige en maklik hanteerbare Swael
in pilvorm
SWAEL 90 OplosbaarRSA Reg No. V22970 Wet / Act 36 / 1947
Die verpilde vorm van Swael beteken dat dit geheel en al veilig is om te vervoer. Dit is stofvry.
Vra jou agent vir n demonstrasie van die oplosbaarheid van
Swael 90 Oplosbaar
Protea Animal FeedsA member of the Omnia Group (Pty) Ltd
Reg No: 2006/013996/07Private bag X07, Wadeville, South Africa, 1422
Tel: 011 824 7700Email: [email protected]
www.omnia.co.za
By alle VKB Handelstakke beskikbaar
Die Pad Saam – Junie 2012Vee
20
Die gebruik van hoendermis in veevoer en as ʻn lek
Artikel deur dr. Hannes Dreyer, LDO Dienste, Vrede
Met die toename in hoenderboerdery in die Oos-Vrystaat
sal daar na verwagting heelwat meer hoendermis beskikbaar
wees wat as veevoer gebruik kan word. Hoendermis (beide
gesteriliseerde en ongesteriliseerde) word al vir dekades
gebruik as oorwinteringsbron vir veral beeste. Volgens die Suid-
Afrikaanse Veevoerwet (Wet 36 van 1947) mag ongesteriliseerde
hoendermis glad nie as ‘n veevoer of veevoergrondstof
verhandel of by kommersiele voere ingemeng word nie. Tog
word daar geraam dat daar jaarliks meer as 200 000 ton
ongesteriliseerde hoendermis aan herkouers gevoer word.
(Coetzee, 2012)
Dit moet beklemtoon word dat waar ‘n veeboer
ongesteriliseerde hoendermis aan herkouers voer hy dit op
eie risiko doen. Die doel van hierdie artikel is dan juis om meer
inligting te verskaf en gevaarpunte uit te wys sodat die veeboer
‘n sinvolle besluit kan neem.
Tipes en voedingswaarde
Daar bestaan hoofsaaklik twee tipes hoendermis, naamlik:
• Kuikenhokmis; en
• Lêhenmis.
Kuikenhokmis is die tipe wat meer algemeen gebruik word.
Die voedingswaarde van kuikenhokmis word in Tabel 1
aangetoon.
Tabel 1: Die voedingswaarde van kuikenhokmis
Hoendermis bevat gewoonlik tussen 10 en 24 % ruproteien
met’n energiewaarde van 10 MJ/kg.(Holm, 2011). Die verskil in
braaikuikenmis en lêhenmis is gelee in die minerale – inhoud soos
blyk uit Tabel 2.
Hoendermis bevat relatiewe hoë vlakke van fosfaat en kalsium.
In die geval van lêhen-mis kan die Ca:P-verhouding (Tabel 2)
so groot wees dat baie van die fosfaat nie beskikbaar sal
wees nie. Dit kan dan tot ‘n fosfaattekort lei. In die verlede
het beide die proteïen- en minerale-inhoud van hoendermis
geweldig van lot tot lot verskil, maar as gevolg van verbeterde
en gestandaardiseerde voeding van die hoenders is hierdie
probleem besig om te verdwyn
Hoendermis bevat nie-proteïen-stikstof (NPN) wat deur die
rumenmikrobe in proteïen omskep kan word en is dus ‘n baie
goedkoop bron van potensiële proteïen vir die herkouer. Dit
is boonop ‘n veiliger vorm van NPN as ureum en sal nie maklik
toksiese vlakke bereik nie. Behalwe vir die proteïen, bevat die
mis kragvoer (wat vermors is) wat die energievlakke aansienlik
kan verhoog, veral in die geval van braaikuikenmis (Holm, 2011).
Tabel 2: Verskil tussen lêhenmis en kuikenhokmis
Bestanddeel %
Vog 10 - 24
Ruproteïen 10 - 26
Ruvesel 22 - 25
TVV 45 - 65
Ca 1,5 - 3,0
P 1,2 - 1,8
Element Kuikenhok Lêhen
Ca 2,53 8,81
P 1,46 2,31
Mg 0,58 0,90
Cu 43,6 45.9
Fe 1 335 2 271
Zn 254 372
Se 0,57 0,13
Aanbevelings
1. Ent alle diere wat hoendermis gaan kry ses tot agt weke voor
begin teen lamsiekte. Indien moontlik kan diere selfs twee
maal teen lamsiekte geënt word.
2. Aanbevole inname: 1 kg per bees per dag. Indien
problematies om elke dag te voer – gee 3 kg elke derde dag.
3. Verhoog na 2 kg per koei per dag tydens laat dragtigheid en
vroeë laktasie.
4. Moenie meer as 1 % van liggaamsmassa gee in rantsoene
nie.
5. Skape: 200 - 400 g per skaap per dag.
6. Onthou, hoendermis is ‘n moeilike produk om te meng (reuk,
stof, ens).
Gevare van hoendermis
Die meeste vrektes wat met die voeding van hoendermis
voorkom, is te wyte aan produsente wat nie geënt het teen
lamsiekte nie. Onthou skape moet ook geënt word. Die ander
probleem wat ondervind is, het gewoonlik te doen gehad met
die voer van groeistimulante aan hoenders en die residu wat
dan gevaarlik was vir beeste. Maduramicine het probleme
skep, maar word vandag nie meer deur hoenderboere gebruik
nie. ‘n Volledige verslag hieroor is beskikbaar by: www.landbou.
com Gaan na: Vra vir Faffa en kyk na die artikel van dr Dietmar
Holm oor hoendermis.
Opsomming
Hoendermis is nie ‘n wondermiddel nie en kan nie ruvoer
vervang nie. Dit is egter relatief goedkoop maar
die nodige voorsorgmaatreels moet getref word.
Die Pad Saam – Junie 2012Gewasse
22
Oliepers vorder goed
Artikel deur dr. Chris van der Merwe
1. Stoomketel
2. Soja-Oliekoek-Stoor
3. Verkoeler
4. Heksaan-aanleg
5. Voorbereiding
6. Silo's
1.
2. 3.
4.5. 6.
Die Oliepers wat Free State Oil (Edms) Bpk op Villiers
oprig, is so te sê voltooi en behoort binne die volgende paar
weke te begin pers. Die aanleg is strategies goed geleë in die
snelgroeiende soja-produksiegebied van die Oos-Vrystaat.
Die feit dat Free State Oil (Edms) Bpk die pers hier opgerig het,
behoort ook aan die boere in die omgewing ‘n hupstoot te
gee en verdere vertroue in die soja-mark in te boesem. Die
pers het ‘n kapasiteit van ongeveer 150 000 ton per jaar. Dit sal
ongeveer 60 direkte werksgeleenthede skep en sodoende 'n
broodnodige inspuiting in die omgewing se ekonomie lewer. Die
aanleg maak gebruik van die nuutste tegnologie en die twee
produkte wat hier vervaardig word, naamlik soja-olie en soja-
oliekoek word tans op groot skaal uit hoofsaaklik Suid-Amerika
ingevoer. In die laaste paar jare het soja-olie sy regmatige plek
as kook-olie in Suid-Afrika begin inneem. Soja-oliekoek word op
grootskaal in braaikuikenvoere gebruik.
23
Konstruksie neem 'n aanvang Oliepers-Silo’s Voorbereiding van sade
Ekstraksie-toerusting Heksaan-aanleg Verkoeler
Oliekoek-verkoeler Stoomketel (binne) Stoomketel (buite)
Die Pad Saam – Junie 2012
24
NOG ‘N SUKSESVOLLE PROJEK DEUR ECHO
VIR KLEINBEGIN TRUST (MALAN HEYNS)
Hiermee wil Echo Koelkamers van die geleentheid gebruik maak om Malan, Johan en Gert Heyns te bedank vir die geleentheid omvir hulle nuwe Echo-hoenderhuise te kon voorsien op die plaas in Senekal. Die Heynse het die projek met groot entoesiasmeaangepak en met deursettingsvermoë voltooi.
Hierdie is sonder twyfel die mooiste en mees praktiese hoenderplaas in die omgewing. Echo wens aan die Heynse alle sterkte toevir die toekoms en vertrou dat hulle ‘n suksesvolle hoenderboerdery sal bedryf. Dit was vir Echo ‘n voorreg om saam met dieHeynse te kon werk en sien uit na ‘n lang en vrugbare verhouding in die toekoms.
Malan Heyns
UIT DIE KLIëNT SE MOND:Ek het nagte om lê en wonder wie om te gebruik vir ons braaikuikenprojek en is dankbaar date k besluit het op Echo. Ek sal enige voornemende hoenderboer aanbe-veel om met die uitmuntende span te werk! Van dag een af tot die laaste dag was almal op “site” behulpsaam en gretig om die projek af te handel. Die werkers en die bestuur werk saam as ‘n span, daarom loop dinge goed af. Echo se topbestuur is aangename besigheidsmanne en ook die dames op die kantoor is net ‘n plesier om mee saam te werk.
Die “site” bestuurder het meer gedoen as wat hulle veronderstel was om te doen en verbreed net die ongelooflike verhouding wat ek as boer gebou het met die personeel van Echo!
Ek moet ook spesiale melding maak van Echo se kwaliteit op hul natwerke. Echo is vir seker in my oë die giet van betonvloere op honderhuise. Die betonspan het die projek baie professioneel voltooi. Die betonwerke komplimenteer Echo se kwaliteitkonstruksie te alle tye.
25
Straatadres:Solidum GebouMundtstraat 328, WaltooPretoria, Suid-Afrika
Posadres:Posbus 1860, Silverton0127, Suid-Afrika
Webadres:www.echocoldrooms.co.za
Kantoornommers:
+27 12 803 0605
Faksnommer:+27 12 803 7621
Tomchochicksare happychicks inany area
Hannes NelSel: 082 808 8353E-pos: [email protected]
Pieter BuitendagSel: 082 803 1104E-pos: [email protected]
ECHO SMOTH 200
Echo Smoth 200 en 100, beide met chromadek-plafonne en hoëgehalte afwerking
Insulated Panel Manufacturers
“ ONS GEHALTE ONS TROTS, ONS PRODUK ONS PASSIE !”
+27 12 803 9490
Echo wil graag van die geleentheid gebruik maak om ons dank uit te spreek teenoor al ons kliënte wat ons die afgelope vyf jaar in die hoenderbedryf ondersteun het, en toegelaat het dat ons kan spog met ons produk op hul plase. Dit het werklik aan ons die geleentheid gegee om in ons leuse te volhard:
Ook ‘n spesiale dank aan al ons voornemende kliënte wat so getrou ons unieke en baie suksesvolle opedae of bekendstellings bygewoon het en met ons kwaliteit en diens spog saam met die immer groeiende tevrede kliëntebasis van Echo.
Die Pad Saam – Junie 2012Gewasse
26
Twee nuwe koringkultivars is uiters geskik vir Vrystaatse klimaat
Pannar beskik oor ’n volledige droëland-kultivarpakket vir die Vrystaat, asook twee nuwe wenner-besproeiingskultivars, naamlik PAN 3471 en PAN 3478. Hierdie twee nuwe kultivars, wat by uitstek vir verbouing onder besproeiing ontwikkel en geteel is, is voorwaar goeie nuus. Beide PAN 3471 en PAN 3478 het hoë opbrengspotensiaal en het hulself reeds as toppresteerders in proewe en kommersiële aanplantings onderskei.
Koringkultivars word volgens hulle kouebehoefte as egte winter-, winter-, intermediêre of lentetipes geklassifi seer. Egte winter- en wintertipes moet vroeër geplant word om aan hul groter kouebehoefte te voldoen. Egte wintertipes stoel meer en kan daarom teen laer plantdigthede geplant word, teenoor intermediêre tipes wat weer later geplant kan word, maar teen ʼn hoër saaidigtheid. Lentetipes vir aanplanting onder besproeiing, daarenteen, het geen kouebehoefte nie en bereik die blomstadium ongeveer 100 tot 113 dae na aanplanting.
Pannar stel twee nuwe lentetipe koringkultivars, PAN 3471 en PAN 3478, bekend. Albei is veral vir verbouing onder besproeiing geskik. Albei die kultivars het hulself onderskei met hoë en stabiele opbrengste en beskik terselfdertyd oor goeie siektebestandheid, bak- en maalkwaliteit – vir die besproeiingsboer ʼn besliste keuse in die pakket.
Produsente wat PAN 3471 en PAN 3478 bestel, sal die saad fabrieksbehandel met die Galmano® Plus-saadbehandeling (L 8524) van Bayer CropScience as standaard ontvang. Dit word onder die vaandel van Pannar se Panacea™ Omvattende Saad en Gewasbeskerming gedoen. Galmano® Plus is ʼn saadbehandelingsmiddel met registrasie teen vrotpootjie en blaarroes.
In Pannar se evaluasieproewe het Galmano® Plus ʼn 6% opbrengsverhoging gegee. In ʼn proef op Greytown het Galmano® Plus-saadbehandeling en twee opvolgbespuitings met Prosaro® (L 8510) ʼn opbrengsverhoging van ongeveer 22% gegee en geelroes is uitstekend beheer. Prosaro® is ook uit die Bayer CropScience-stal en is teen Septoria, blaarroes en poeieragtige meeldou geregistreer.
Koringkultivars wat as weerstandbiedend teen roessiektes en Russiese koringluis geklassifi seer is, moet net soos vatbare kultivars vir die voorkoms van die plae gemonitor word, aangesien nuwe rasse/biotipes mag ontwikkel wat oor die vermoë beskik om die weerstand te oorkom.
Faktore soos siektedruk, voorkoms van simptome in die saailingstadium en heersende klimaatstoestande mag ook die effektiwiteit of uitdrukking van weerstand beïnvloed.
27Die Pad Saam – April 2012
www.pannar.com
GroeiklasGroeiklas KultivarKultivar Gebiedsaanpassing en eienskappeGebiedsaanpassing en eienskappe
Egte wintertipesEgte wintertipes
PAN 3118PAN 3118 Uitstekende aanpasbaarheid oor omgewings en toppresteerder in veral die westelike
droёlandproduksiestreke van die Vrystaat.
PAN 3120PAN 3120 Goed aangepas vir die hoёr-potensiaal droëlandstreke van die Vrystaat.
‘n Toppresteerder by vroeë plantdatum.
Intermediêre tipesIntermediêre tipes
PAN 3368PAN 3368 ‘n Toppresteerder in die Oos-Vrystaat. Weerstand teen albei biotipes van die Russiese
koringluis en geskik vir verbouing in veral die Sentraal- en Oos-Vrystaat.
PAN 3379PAN 3379 ‘n Kortstrooi-hoëpotensiaalkultivar wat weerstand teen albei Russiese koringluis-
biotipes bied. Beskik oor ‘n sterk saailinggroeikragtigheid, ʼn kort groeiperiode en
uitstekende hektolitermassa.
Lente-tipesLente-tipes
PAN 3471 PAN 3471
NUUT!NUUT!
Dié toppresteerder die afgelope twee seisoene in die LNR-Kleingraaninstituut
se besproeiingsproewe vir vroeër plantdatums in die warmer én later
aanplantingsdatums in die koeler streke. Goeie strooisterkte, staanvermoë,
hektolitermassa, proteïeninhoud en goeie verdraagsaamheid teen uitloop in die aar.
Dit toon goeie weerstand teen heersende streep- en blaarroes atotipes.
PAN 3478 PAN 3478
NUUT!NUUT!
Die kultivar beskik oor ‘n hoë opbrengspotensiaal onder besproeiing en is wyd
aangepas. In die LNR-kleingraaninstituut se proewe vir die oostelike Hoëveld het
PAN 3478 met beide vroeë en later plantdatums oor die afgelope twee jaar koning
gekraai. Die kultivar het ‘n goeie staanvermoë, uitstekende hektoliter-massa en goeie
verdraagsaamheid teen uitloop in die aar. Dit is bestand teen streeproes,
maar vatbaar vir blaarroes en poeieragtige meeldou.
KORINGKULTIVARS
Die Pad Saam – Junie 2012Gewasse
28
Mielieboere se toekoms lyk goed maar stel tóg hoë eise
Artikel deur Hannelie Cronjé
kan egter ‘n negatiewe rol in hierdie verband speel, waarsku
Senekal. “Die voedselraadgewers van die Britse Eerste Minister
het onlangs gesê ons loop ‘n koskrisis tegemoet. Ons het 10 jaar
tyd om 50 jaar se foute in voedselvoorsiening reg te stel.
GM-gewasse sal defi nitief ‘n sleutelrol moet speel in die toekoms
van voedselsekuriteit.”
Nog ‘n positiewe aspek waarvan Senekal melding gemaak het,
is die feit dat grondpryse in Suid-Afrika sal bly groei teen
10 tot 12% per jaar. “Dit beteken dat u plaas se waarde elke
ses jaar sal verdubbel. Die bankiers sal vir jou sê dit is nie geld
in jou sak nie, maar ek sê vir jou dit is die heel beste manier om
bates te bou. Grond en grondwaarde is u bank, u belegging en
u bondgenoot tot welvaart. Beskerm dit. Dink asseblief 10 keer
voordat u dit verkoop! Sodra jy jou plaas verkoop, sal jy hom
waarskynlik nooit kan terugkoop nie.”
Ten einde in die toekomstige vraag na voedsel te voorsien, sal
boere sekere aanpassings moet maak, meen Senekal. “Ons sal
ons boerderye na nuwe hoogtepunte moet neem. Ons sal die
nuutste en beste tegnologie moet inspan, ‘double cropping’
moet doen waar ons kan en ons voelers uitsteek na Afrika, waar
62% van die wêreld se onbenutte landbougrond lê.”
Volgens Senekal word grondhervorming deesdae met meer
omsigtigheid bestuur deur die staat. “Plase word weliswaar nog
aangekoop deur die staat, maar in meeste gevalle word die
grond terugverhuur aan die vorige eienaar vir ‘n tydperk van tot
50 jaar. Net ons boere kan help om grondhervorming suksesvol
deur te voer. Dit is in landsbelang dat 30% van landbougrond
aan swart boere moet gaan. U moet daarmee help deur
samewerking te gee.” Hy het ook verwys na die “chaos”
wat tans in die departement van landelike ontwikkeling en
grondhervorming heers, omdat die departement onbevoegde
boere op plase plaas. Dit blyk dat daar nie voldoende en
toepaslike opleiding aan voornemende boere verskaf word nie.
Dit is dus van kardinale belang dat daar ingegryp moet word
met die opleidingsaspek, andersins word daar soveel meer druk
Tydens die onlangse Sonop Mieliedag moes boere hoor
van die talle uitdagings waarmee die landbougemeenskap van
vandag gekonfronteer word, maar die deurlopende boodskap
was een van hoop vir die toekoms, gegewe dat boere met
genoeg beplanning en toewyding aan hul plase vashou en
nie voor die versoeking kom om die grond te verkoop nie,
en dat daar behoorlike opleiding van voornemende boere
moet plaasvind. Bowendien moet boere positief bly in die
wete dat die landbou ‘n onmiskenbare rol in die ekonomie en
voortbestaan van ons land speel.
Sowat 150 boere van die omgewing het hierdie geleentheid
bygewoon. Met Pieter Möller, omroeper van OFM, wat as
seremoniemeester gesorg het vir talle ligte oomblikke, en
Charl Senekal, die “grootste waterverbruiker, kragverbruiker in
landbou en grootste suikerboer in Afrika”, het boere gehoor dat
daar aanpassings sal moet kom in die manier waarop daar tans
geboer word, omdat die plaaslike maar ook die internasionale
bevolking soveel groter is as ‘n aantal jare gelede.
Senekal het ook op dié dag ‘n brief van die Uitvoerende
Hoofbestuurder van SA Graan, Jannie de Villiers, aan plaaslike
boere oorhandig (sien die volledige brief elders in hierdie artikel).
In sy toespraak het Senekal verwys na die stygende vraag na
mielies. “Almal soek Suid-Afrikaanse mielies, veral Suid-Korea
en Mexico,” het hy gesê. “Geen mens het dit sien kom nie. Die
graansituasie het amper oornag verander van silwer na goud.
Daar is ‘n golf van voorspoed vir graangewasse op pad, wat
lank sal voortduur. Graanvoorrade is onder druk. Dit veroorsaak
paniekerige kopers en dit plaas opwaartse druk op die pryse.
Ons weet dat een ton mielies te veel, pryse afwaarts druk.
Een ton mielies te min, en pryse skiet die hoogte in.
“Suid-Afrikaanse mielies se kwaliteit is goed en daarom stel ’n
land soos Suid-Korea so baie belang in u produk. Samsung het
tans voltydse amptenare in Suid-Afrika om te probeer om
800 000 ton Suid-Afrikaanse mielies aan te koop.
“Die toekoms lyk rooskleurig. Enige eetbare produk sal
eenvoudig bly styg in waarde as gevolg van groter aanvraag
uit lande soos China. In 1972 het China 12 miljoen ton ‘corn’
benodig; vanjaar is dit 135 miljoen ton. Dit beteken dat verbruik
gemiddeld 3,1 ton per jaar styg,” het Senekal gesê.
Die ander goeie nuus vir mielieboere is die feit dat die regering
reeds die publiek se mening gevra het oor die moontlikheid dat
biobrandstof met petrol en diesel gemeng moet word. ‘n 2 tot
4%-vermenging van etanol, wat uit mielies vervaardig word,
sou beteken dat daar addisionele aanplantings van mielies
moet plaasvind. Volgens Senekal word 45% van Amerika se
mielieproduksie reeds vanjaar vir etanolproduksie gebruik. “Ek
glo vas dat etanolproduksie uit mielies en sorghum binnekort in
Suid-Afrika sal begin,” het Senekal voorspel.
Die stygende bevolkingsgetalle sal in die toekoms druk op boere
plaas om meer kos te produseer. Besoedelde waterbronne
Mnr. Charl Senekal
Senekal se wenslys vir landbou in Suid-Afrika
1. Ek wil hê die regering moet erkenning gee aan die
kundigheid van die boere.
2. Ek wil hê dat die uiters swak verhouding tussen boer en
regering ernstig moet verbeter.
3. Valse aantygings oor aksies van boere moet einde kry.
4. Bring bewyse van mishandeling, swak betalings, lyfstraf en
ander misdrywe. Agri SA, TLU en ons boere self kan dan
optree teen die skuldiges.
5. Die hand van vriendskap en vrede, wat al soveel keer aan
die regering aangebied is, moet gevat word. Ons gaan die
regering nodig kry in die toekoms, maar hulle gaan ons ook
nodig kry!
5. Die hand van vriendskap en vrede, wat al soveel keer aan
die regering aangebied is, moet gevat word. Ons gaan die
regering nodig kry in die toekoms, maar hulle gaan ons ook
nodig kry!nodig kry!
Pieter Möller van OFM-Sonop Mieliedag
Die feit dat die land se ekonomie goed bestuur word, verskaf
aan hom gemoedsrus, ten spyte van die feit dat daar rede tot
kommer is oor die polisiediens, skole, hospitale en paaie. Daarom
bepleit hy eenheid in die landbou sodat daar uit “een keel“ met
die regering onderhandel kan word. “Wit en swart boere gaan
mekaar nodig kry in die nabye toekoms. Die regering verwag van
ons om dit te doen. Ons trek al ver met die pad af om eenheid in
landbou te bewerkstellig. Dit is in ons almal se belang.
“Ek het my positiwiteit oor graanproduksie met Graan SA
bespreek. Hulle deel my optimisme,” het Senekal gesê. “In ons
land word daar opgesien na boere. Net waar u kom of gaan
word daar aanvaar u is ‘n leier. Geskiedkundig was dit so, vandag
is dit so, en môre sal dit nog so wees. Ons moet hard werk om
die tradisie te handhaaf en te laat voortleef. Ons moet altyd
eties optree, ons moet voorbeelde stel, ander mense met respek
behandel en trots wees op ons herkoms.”
op ander boere geplaas om wel in die kosvoorraad van die
land te voorsien.
Verhoogde produktiwiteit is die ander sleutel tot vooruitgang
en sukses van die volhoubare voedselvoorsiening, sê Senekal.
“Ons sal meer werk met minder masjinerie oor langer ure
moet verrig. Presisie-boerdery sal beoefen moet word. Meer
brandstofdoeltreffende masjinerie sal gebruik moet word.
Masjinerie sal meer gereeld vervang moet word vir maksimum
doeltreffendheid. Opleiding van personeel sal van kardinale
belang wees. Soos doeltreffende masjinerie belangrik is, net so
moet daar doeltreffende operateurs wees. Landbou-kolleges
sal heropen moet word. Besparing op produksiemiddele vereis
noukeurige beplanning. Roofbou! Oorweeg die stigting van
aktiewe studiegroepe en bly tegnologies by!” is die advies wat
hy uitgedeel het. “U sal u boerdery-eenheid moet verdubbel
of meer. U sal u buurmanne moet uitkoop om beter te kan
voortbestaan. Die verwerking van produkte om waarde toe te
voeg gaan deel word van u toekoms. Melk, soja, mielies en vleis
is produkte wat maklik waarde kan toevoeg,” het hy aan die
hand gedoen.
Hoe gaan Hoëveldse boerdery-eenhede oor 20 jaar lyk?
1. Boere wat tegnologies nie saamgeloop het met ander
boere nie, en ondoeltreffend boer, sal nie meer kan boer
nie.
2. Boerdery-eenhede sal gemiddeld 50% groter wees as nou.
3. Elektroniese tegnologie soos rekenaars en GPS-toerusting sal
u boerdery oorheers, moontlik u lewe ook.
4. U sal geweldig baie moet belê in opleiding. Opgeleide
vertrouelinge in u diens sal u taak vergemaklik.
5. U sal bestuurskursusse moet bywoon. U sal ‘n bestuurder
word, nie ‘n plaasbestuurder nie. Universiteit Stellenbosch
bied tans sulke bestuurskursusse aan. Wees proaktief.
6. U sal meer moet leer van kommoditeitsinvestering. Dit is
‘n metode waar kapitaal in ‘n erkende bankfonds soos
Barclays Capital gestort word. Hulle belê ‘n minimum van
R1 miljoen vir ‘n tydperk van minstens vier jaar.
Renteverdienste beloop tans meer as 100%. Vra Absa
Wealth om u te kom toespreek.
7. U sal meer van eksterne raadgewers gebruik maak.
8. U sal waarskynlik van baie vorme van kontrakteurs gebruik
maak, baie Amerikaans.
9. U gaan meer suksesvol wees.
10. Wees voorbereid. Die nuwe generasie Arabiere gaan
kakieklere dra!
29
Die Pad Saam – Junie 2012Gewasse
30
G
ew
ass
e
Daar heers ‘n nuwe dinamika in die graanbedryf in Suid-Afrika, sê Graan SA se Uitvoerende Hoofbestuurder: Jannie de Villiers
Saam met 1997 toe, Suid Afrika al sy landboumarkte
gedereguleer het, gaan 2011 waarskynlik onthou word as
die jaar waarin die dinamika in die graanbedryf na ‘n ander
rat oorgeskakel het. Graanbeskikbaarheid vir die steeds
groeiende wêrelbevolking, asook veranderinge in eetpatrone
en groeiende middelklasverbruikers in opkomende ekonomieë
en die ontwikkeling van biobrandstof, het ‘n permanente
verandering in ons markomgewing veroorsaak. Laastens het die
impak van klimaatverandering tradisionele graanuitvoerlande
tot so ‘n mate beïnvloed dat Suid Afrika groot voordeel daaruit
kon trek.
Die hertoetrede van Suid Afrika as graan- en oliesaaduitvoerland
het ‘n era kom inlui waar dit nie meer ‘business as usual’ hier aan
die tuisfront gaan wees nie. Die blootstelling van ons mielies aan
groot invoerlande, asook die ewige honger China, laat plaaslike
kopers snags wakker lê. Hulle beleid van ‘ons koop maar net
drie maande vooruit’ en hulle siening van ‘hier sal altyd genoeg
wees’, gaan beslis getoets word in die jare wat kom. Was dit nie
‘n soete klank toe ons Wes-Kaap-produsente die veevoerkopers
se stemme aan die anderkant van die telefoon hoor wat
broodkoring soek vir hulle hoenders nie? Hierdie nuwe dinamika
kan selfs daartoe lei dat ‘n voerkoring- en voergarsmark die
ewige vervoerdifferensiaal kan sink.
Die mark se dinamika het egter ook ‘n ander kant. Kopers en
graanverwerkers sal ook nuwe weë uittoets om die verskuiwing
van mag te probeer balanseer. Sommiges beroep hulle op die
politici om in die mark in te meng en ander trek sommer net
hulle hare uit hulle koppe.
Dit is seker te vroeg om te sê, maar die ‘ultimate’ skuif sou
vergelyk kon word met ‘n verskuiwing van politieke mag na ‘n
verkiesing. Hoe lank hierdie situasie gaan voortduur en wat alles
nog uitglip, sal die tyd ons leer. Die ander spasie om dop te hou,
is of onderhandelings of konfrontasie die beste weg is om die
sake oor grondhervorming ten beste op te los. Die moontlikheid
om saam met georganiseerde arbeid ‘n meer konfronterende
pad te volg, is beslis ‘n buite-die-boks-benadering wat oorweeg
moet word.
Ek wil my nek uitsteek en die volgende waag:
• Hoë opbrengste in mielies en soja is permanent met ons
• Biobrandstof bied nuwe kopers van graan/oliesade
• Permanente buitelandse kopers is ‘n realiteit
• Konstante krisisse in wêreldproduksie van graan en oliesade
weens klimaatverandering
• Nuwe voermarkgeleenthede vir wintergrane
• Bemarking om formele silostrukture raak betekenisvolle
hoeveelhede
• Minimum of geen bewerkingspraktyke gaan ‘n verskil maak
aan winsgewendheid
• Produsente doen privaat ingevoerde kultivarproewe
• Graanaankope in Suid Afrika is nie meer ‛business as usual’
nie.
Met hierdie nuwe dinamika lê daar ‘n klompie mooi jare vir die
graanprodusente voor. Vir die Staat en die verbruikers hou dit ‘n
soliede voedselvoorsiening in. Die pryse sal ons winsgewendheid
bepaal en ook die bekostigbaarheid vir die verbruiker, maar ten
minste boer ons vorentoe!
Die Pad Saam – Junie 2012Ontmoet vir...
32
Nederige Vrystater van Warden raap Jongboer-prys voor talle hoopvolles se neus weg
Artikel deur Hannelie Cronjé
Vrystaat Landbou wys jaarliks, in samewerking met Santam Landbou en Standard Bank, die Jong Boer van
die Jaar aan. Vanjaar het hierdie geleentheid op 12 April op die Monte Bello-landgoed buite Bloemfontein
plaasgevind en Hendri Janse van Rensburg van Warden het met die titel weggestap. Die doel van dié
kompetisie is om jong boere deur middel van georganiseerde landbou te bemagtig en ‘n platform te skep
vir volhoubare groei.
Hendri en Rona Janse van Rensburg ontvang die Jong Boer van die Jaar trofee.
Wessel Hattingh (heel links) van Heilbron is as nuwe vise-voorsitter van Jongboer-Komitee verkies. Hier is hy saam met Nant Yzel, voorsitter van Jongboer-Komitee, prof. Jonathan Jansen (rektor en vise-kanselier by die Universiteit van die Vrystaat) en Stefan Hanekom, 'n mede komiteelid.
Finaliste was: Laurens en Jana Schlebusch van Bloemfontein, Freddie en Jorina Rautenbach van Excelsior-omgewing, Rona en Hendri Janse van Rensburg van Warden en Christiaan en Joan Bouwer.
Hendri wys die beoordeelaars op sy plaas rond.
“Die meeste van my arbeiders wat tans op die plaas werk, het
ek saam met die plaas gekry. Hulle is ook meer senior manne
waarvan die helfte binne vyf jaar op pensioen behoort te gaan.
Daar is ook jong manne wat ek besig is om op te lei om oor
te vat.”
Gevra oor sy beste eienskappe, noem Hendri nederigheid,
geduld en integriteit, wat al drie lewensnoodsaaklik is as ‘n mens
jou in die landbou begewe.
Sy swakste eienskap? “Ek hou van lekker eet!”
Hendri se gesin speel ‘n baie belangrike rol in sy lewe. “Kinders
maak ‘n mens se lewe ryk!” sê hy.
Hierdie jong boer skryf sy sukses daaraan toe dat hy vir hom
bepaalde doelwitte daarstel wat hy nastreef, en dan ook
deurlopende fi nansiële beplanning.
››› Vervolg op bladsy 34
Die Janse van Rensburg-gesin.
Hendri in die lande
Hoewel Hendri aanvanklik teësinnig was om vir die kompetisie
in te skryf, is hy wel deur die Distrikboere-unie van Warden
omgepraat en hy erken dat dit tóg lekker is om erkenning te kry
ná jare se harde werk. “Dit was ook lekker om te weet dat die
boere-unie in my vernuf glo.”
Hendri en sy vrou, Rona, en hul drie kinders boer al die afgelope
vier jaar met mielies, sojabone en vleisbeeste op die plaas
Stoffelsrust by Warden en hy verklaar met trots dat hy nie hierdie
toekenning sonder sy vrou se ondersteuning sou kon wen nie.
“Sy ondersteun my deur alles, veral as die mielies vrek, of dit
baie droog is,” sê hy. “Dan het ook baie by my pa, Kerneels,
geleer en ek is baie dankbaar vir sy ondersteuning.”
Nadat Hendri in 1995 aan die Hoërskool Koster gematrikuleer
het, is hy na die Potchefstroomse Landboukollege om vir twee
jaar daar te studeer. “In 1998 het ek deeltyds my graad in
B Tech Landboubestuur aan die Technicon Pretoria behaal,”
vertel hy.
“In 2001 het ons na Ermelo verhuis as gevolg van ‘n restitusie-
eis op die plaas in Koster, waar ek grootgeword het. Ek het toe
saam met my pa en broer met die toerusting geboer, maar
vir my eie rekening. In 2003 koop ek my eerste stukkie grond in
Ermelo. In Februarie 2007 is ek en Rona getroud.
Vier jaar gelede, in 2008, het ek my grond in Ermelo verkoop en
Stoffelsrust gekoop waar ek nou met mielies, sojas en beeste
boer.”
Hendri sê die feit dat die uitbreidingsgeleenthede in Ermelo
beperk was, het gemaak dat hulle hul op Warden kom vestig
het. “Die grondpryse in Ermelo was baie hoog as gevolg van
die steenkoolbedryf, dus het ek wyer na grond gesoek.”
Oor sy boerderyvertakkings gesels hy opgewonde en ingelig.
“My vleisbeeste is kruisraskoeie wat ek deur die jare bymekaar
gemaak het. Ek selekteer streng vir reproduksie. Sonder ‘n kalf
kan ‘n koei haarself nie betaal nie.
“Wat die mielies en sojas betref, plant ek 50% mielies en 50%
sojas en wissel dus die lande elke jaar om my bestuur
te vergemaklik.”
Akkerbou bly sy gunsteling gedeelte van die boerdery. “Ek sal
moontlik wel nog uitbrei en ander fasette byvoeg, maar ek
probeer om die huidige vertakkings eers nog beter te bestuur.
33
Die Pad Saam – Junie 2012Ontmoet vir...
34
Direkte bemarking hou talle voordele vir boere in
Jongboere is tydens die onlangse Jongboerkongres
in Bloemfontein deur Lindie Stroebel van die Landbou-
besigheidskamer aangemoedig om direkte bemarking van hul
produkte te doen.
“Verkoop julle produkte direk aan die publiek,” het sy gesê,
“want daar is ‘n toenemende aanvraag onder die publiek na
landbouprodukte wat nié deur die middelman op die mark
geplaas is nie.” Volgens haar is daar reeds ‘n paar inisiatiewe wat
werk, en dat die voordele daarvan direk na die boer toe moet
kom.
Sy het beklemtoon dat dit vir boere al hoe meer besigheidsin
maak om “buite die boks te dink”, die risiko te neem en hulself
só in die mark te posisioneer dat hulle die verbruiker gelukkig
hou. Behalwe dat die verbruiker die voordeel kry van beter
produkte, en dat die produsent aan meer markgeleenthede
blootgestel word, leer die boere ook om meer sosiaal ingestel
te wees – om meer om te sien na hul werknemers, om meer
te let op indiensneming en sosiale stabiliteit, en om meer
ontwikkelingsprojekte te ondersteun.
Mense is geneig om hulle vas te staar teen die gepaardgaande
uitgawes van sulke inisiatiewe, maar op die lang duur baat die
hele landboubedryf daarby en is dit tot voordeel van die hele
land en sy mense.
Biobrandstof het ‘n blink toekoms in ons land
Die hele wêreld is besig om groener te begin dink.
Groen ekonomie is deesdae die wagwoord, het Louw Steytler,
president van Vrystaat Landbou, wat een van die sprekers was
tydens die onlangse Jongboer-kongres in Bloemfontein gesê.
Die nuus dat die huidige regering ook voornemens is om
die internasionale tendens van ‘n groen roete te volg
met die daarstelling van biobrandstof, is baie goeie nuus
vir graanprodusente. “Daar is skynbaar ‘n hele paar
brandstofmaatskappye wat toustaan en graag van hierdie
brandstofprodukte wil meng,” het hy gesê. Dit is ‘n baie goeie
vooruitsig vir die produsente wat die gewasse verbou waaruit
die alkohol vir biobrandstof vervaardig word. Die alkohol word
saam met oliesade gebruik om biodiesel te vervaardig.
Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit Vrystaat, was
ook een van die sprekers en het die jongboere aangespoor om
deel te wees van ‘n blink toekoms deur positief te bly en hulle
nie te steur aan die negatiwiteit en uitlatings van politici nie.
“Jongboere speel ‘n belangrike rol in die skepping van voedsel
en voedselsekuriteit,” het hy gesê. Hierdie jongboere is ook
verantwoordelik vir die opleiding van ‘n nuwe generasie boere.
Hy het ook klem gelê daarop dat dit die “gewone mense (is)
wat die land bymekaar moet hou, mense bymekaar moet bring
en produktief in die boerdery moet optree”. “Daar is meer
positiwiteit as negatiwiteit onder gewone mense, en daar is
meer goeie mense as slegte mense.”
Die Pad Saam – Junie 2012
Die Jongboer Kongres
Gunstelinge
Kos: ‘n Sappige stukkie steak
Drank: Koffi e en af en toe brandewyn
Boek: Die Bybel en Agrisales
Fliek: ‘n Romantiese komedie
Vakansies: Enige plek solank ek saam met
my gesin is
Aan jong boere het hy die volgende raad: “As jy iets in die lewe
wil hê, werk daarvoor. Sien geleenthede raak en wees versigtig
vir sentiment.”
Sy pa en “enige ander persoon by wie ek iets kan leer”, vervul
die rolle van mentors in sy lewe.
Hendri op sy plaas Stoffelsrust.
››› Vervolg van bladsy 33
Nederige Vrystater van Warden raap Jongboer-prys...
Alle foto's deur Christo Jacobs, Bloemfontein
En sy toekomsdrome?
“Ek wil graag ‘n eenvormige koeikudde hê, en betyds kan
aftree sodat ek nog my oudag kan geniet!”
Lindie Stroebel Louw Steytler
35
Adriaan en Martiens by die Bonsmara’s.
Juba-broers Adriaan en Martiens Joubert.
Onthou gerus die naam Juba. Dit is die naam van die
musiekduo, Martiens en Adriaan Joubert.
Hierdie twee broers het hope talent, hope passie en het pas
hul eerste musiekvideo op kykNET se DKNT vrygestel. In die
onderhoud op TV het Martiens aan die kykers vertel hy boer op
Alma in die Limpopo-provinsie. Wat mense dalk nie weet nie, is
dat Adriaan ’n goeie klant van NTK is en met groot lof van NTK
en sy personeel praat.
Vir die afgelope sewe jaar boer Martiens op Alma met veral
beeste en skape. Bonsmara is die ras waarmee hy beide
kommersieel en stoetery teel. En as dit by skape kom, kies hy
Dorper omdat dié ras, nes die Bonsmara, goed in die omgewing
aanpas.
Voor hy begin boer het, het hy vir drie jaar in Engeland gaan
geld bymekaarmaak om die boerdery van die grond af te kry.
Sy BA-graad in Regte word nie juis op die
plaas gebruik nie, maar die opleiding in
landbou aan die landboukollege in
Potchefstroom kom handig te pas,
sê hy.
Vir die insette op sy plaas, kies Martiens
NTK as insetverskaffer. Hy praat met
groot lof van Warmbad, Nylstroom en
Vaalwater se NTK LandMark-winkels.
Vanuit die staanspoor het hy tuis
en gemaklik by NTK gevoel –
net wat ‘n mens van ‘n
koöperasie verwag!
Beesboer, skaapboer, liedjieboer – dit is Martiens Joubert
Martiens is passievol oor die boerdery en sy musiek.
Die diens wat hy in die winkel en store kry, is puik en die
afl eweringsdiens onverbeterlik.
Vandat hy dorp toe getrek het ter wille van sy vrou Selma en
drie kinders se aktiwiteite, is Nylstroom die handelstak wat hy die
meeste ondersteun. Hy kry hier alles wat hy nodig het – soms meer
en so nou en dan te veel!
Musiek was van kleintyd af deel van Martiens en Adriaan se
lewe. Hulle het in ‘n musikale huis grootgeword. Toe Martiens
op laerskool ewe kordaat aankondig dat hy gaan ophou met
klavierlesse, het sy pa ingestem – maar dan moes hy ook ophou
rugby speel! Nou watter jong Afrikanerseun sou so iets kon doen?
Martiens het aangehou met sy musiek (en natuurlik rugby) en sy
Graad 7 in klavier aan Unisa voltooi.
Sestien jaar gelede het die Joubert-broers begin musiek maak.
Met die tien jaar ouderdomsverskil tussen hulle, het hulle gou
gehore van alle ouderdomme bekoor.
Martiens is die liedjieskrywer van die groep. Hy sing ook saam,
maar Adriaan doen bietjie meer van die singwerk. Martiens skryf
nie net die lirieke en die musiek nie, hy speel meeste van die
instrumente ook. Die trekklavier het reeds deel geword van hul
identiteit.
In die Huisgenoot Tempo-liedjieskryfkompetisie het Martiens
‘n derde plek verower met “Bakgatboogie”. Dit het beslis hul
sangloopbaan ‘n hupstoot gegee. Nou tree hulle landwyd op,
het ‘n video op TV en ʼn tweede CD op pad.
Omdat Martiens oor ‘hartsake’ skryf,
is baie van die musiek ‘landbou-
geïnspireerd’. Hulle sing oor dit
wat saak maak en wat saak maak
is beslis die boerdery. Juba se
musiek kom uit die hart uit; dit
vertel ‘n storie. Luister gerus na
die musiek van Juba – dis musiek
uit die landbou – vir die boer.
Die Pad Saam – Junie 2012Vroue uit ons streek
36
Om by Emden, die plaas van Sakkie en Marieta Muller in die Reitz-distrik uit kom, ry ‘n mens tussen
sonneblom-, sojaboon- en mielielande deur. Net anderkant die twee damme draai die pad regs in na hul
opstal – net soos wat Marieta beduie het. Die pragtige ou kliphuis wat deur hulle opgeknap is, kyk uit oor
die damme en skep ‘n rustige plaasatmosfeer. ‘n Plek waarvan stadsjapies maar net kan droom...
Sandra Dreyer gesels met Marieta Muller
’n Boervrou moet weet wat aangaan met die boerdery en wat die omstandighede is
Marieta ontvang my met tipiese Vrystaatse gasvryheid. Ons lag
en gesels soos ou bekendes: ‘n vriendelike, gemaklike mens.
Marieta is in Vereeniging gebore as tweede oudste van vyf
kinders van Gideon en Annatjie Labuschagne. Die gesin het aan
die begin van haar hoërskoolloopbaan na Bethlehem verhuis,
waar sy aan Hoërskool Witteberg gematrikuleer het.
Na die voltooiing van haar studies in Sekretarieel en Regspraktyk
het sy in Pretoria by die prokureursfi rma Couzyn, Hertzog en
Horak gewerk. Sy het haar man Sakkie ontmoet toe hulle as
jongmense saam by die Bethlehem-dam gekuier het en hy
vrywilliglik as haar ski-instrukteur opgetree het. Hulle was Januarie
vanjaar reeds 30 jaar getroud en het drie seuns: CJ (27), ‘n
geoktrooieerde rekenmeester by KPMG in Johannesburg,
Sakkie (23) ’n professionele jagter, wat tans rugby speel in
Ierland vir Old Wesleys en skolerugby daar afrig, en ook deeltyds
die bemarking van die wildplaas hanteer. Armand (20) is ‘n
tweedejaar- BCom Ekonomie en Risikobestuur-student aan die
Noordwes-Universiteit Potchefstroom en kan nie wag om self te
kom boer nie. Hul dogter Ankia is agt jaar gelede op 21-jarige
ouderdom tragies in ‘n motorongeluk, saam met haar ouma
Louisa Muller en tannie Atta Badenhorst, oorlede. Dit was ‘n
groot slag vir die familie, “maar met God se genade en baie
liefde van die gemeenskap wat ons gedra het, het ons geleer
om aan te gaan,” sê sy dankbaar.
Ons het met Marieta gesels oor haar lewe as boervrou en
spesifi ek ook oor haar boerdery met pikantrissies (peppadews).
Waarmee hou ‘n boervrou haarself besig op die
plaas?Ek hou my besig met papiere! Die administrasie en fi nansiële
afdeling van die boerdery én bestuur van die wildplaas hou my
baie besig. Gelukkig het ons vir Maudi van der Merwe wat twee
oggende per week kom help. Ek doen ook graag naaldwerk
en maak alle gordyne, duvets- en kussingoortreksels van die
wildplaas en huis self. Matombi Radebe, wat al 10 jaar lank by
ons werk, is my regterhand en doen alles saam met my: van
peppadews inlê tot naaldwerk.
Beskou jy jouself as ‘n boervrou of ‘n vroueboer?‘n Boervrou! Maar ek sou graag meer by die boerdery self
betrokke wou wees as ek kon. Ek het voorheen ‘n melkery
gehad en self die KI van die koeie gedoen. Ek en Armand het
‘n trop skape en vleisbeeste.
Hoekom het jy besluit om spesifi ek met pikantrissies
te begin boer?Dit het begin met ‘n paar vruggies wat ek gekoop en waarvan
ek toe die pitte gedroog en geplant het. Om die boerdery uit te
brei en die seisoen te verleng, het ek besluit om ‘n tonnel op te
rig, wat ons ook kunsmatig verhit. Armand stel baie belang in die
boerdery en ons het besluit om dit saam aan te pak. Hy doen
die bemarking daarvan.
Marieta in die tonnel by die pikantrissies.
37
Waarmee boer jou man en hoe betrokke is jy by sy
boerdery?Hy plant mielies en sojabone en boer met vleisbeeste
(hoofsaaklik Bovelders) en Vleismerino’s. Shorty Mabe en
Samuel Tshabalala is ons twee plaasbestuurders. Sakkie het
ook saam met ander Reitz-boere ‘n aandeel en is besig om
twaalf omgewingsbeheerde hoenderhuise net buite Reitz
op te rig om kuikens aan VKB se “Grain Field Chickens” te
voorsien. Ek ry graag saam met Sakkie op die plaas rond en
help graag met takies soos die tel van vee en help ook as
die veearts dragtigheidsondersoeke en vrugbaarheidstoetse
op die bulle doen. Dit is vir my lekker om soms saam met
Sakkie na ‘n boeredag of uitstalling te gaan en tred te hou
met die nuutste landbou-ontwikkelinge. Ons het ‘n jagplaas
naby Alldays, Lubbeslust, waar ons met rooibokke, koedoes,
gemsbokke, blouwildebeeste, elande, kameelperde, buffels en
swartwitpense boer. Ek en Sakkie jag nie self nie – hy sê hy kan
nie sy eie “kinders” jag nie! Hy was altyd die jagter, maar nou
jag die seuns. Ons is self baie lief vir die Bosveld en gaan jaarliks
vir so twee weke in die winter daar uitspan saam met familie en
ons en ons kinders se vriende.
Hoe verskil die boervrou van 2012 met die boervrou
van twintig of dertig jaar gelede?Ons koop nou seep en kook dit nie meer nie! Ons het meer
geriewe. Ek het baie dinge by ma Louisa (Sakkie se ma) geleer
– ook om haar heerlike mieliebrood te maak. Die boervrouens
is nou meer betrokke by die boerdery self. Sakkie bespreek alles
wat hy aanpak met my en ek voel deel van die hele boerdery.
‘n Boervrou moet weet wat aangaan met die boerdery en wat
die omstandighede is – as dit byvoorbeeld droog is, kan sy nie
net aangaan en koop nie.
Watter wenke sal jy vir jong voornemende
boervroue gee?Word so gou as moontlik deel van die plaas self. Kry vir jou iets
om jou mee besig te hou. Ek teel met Jack Russel- en Labrador-
honde. Kry iets wat dit vir jou nice maak op die plaas! Dit was
Matombi Radebe besig om die pikantrissies te bottel.
van die begin af vir my heerlik op die plaas. As kind het ek
gereeld by familie op die plaas gekuier en perd gery. Dit was
my begeerte om met ‘n boer te trou! Dit is lekker om soms stad
toe te gaan, maar baie lekker om weer terug te kom. Ek hou
ook daarvan om in my tuin te werk, want as dit so droog is soos
nou is dit lekker om tuis te kom en alles is mooi en groen. Dit help
baie om droogtestres te verlig.
Hoe belangrik is sekuriteit en veiligheid op jul plaas
en hoe veiligheidsbewus is jy?Die onlangse moord, verkragting en wrede aanranding van
mense naby ons, was baie ontstellend. Ons het daarna ons
veiligheid baie verskerp en is beslis meer paraat. Ons lewe egter
nie ‘n lewe van vrees nie. Ek is lief vir die plaas en my land en wil
dit nooit verlaat nie!
Sal jy van die idee hou dat een of meer van jou
kinders moet kom boer?Ja! Fantasties! Gelukkig het elkeen van hulle hul eie
belangstellingsveld. Sakkie wil later graag op die wildplaas gaan
boer, en dan meer ingaan op oorsese trofeejag en Armand wil
hier in Reitz-distrik kom boer. Selfs CJ het onlangs vir hom ‘n paar
beeste aangeskaf.
Wat is jou persoonlike toekomsdroom?Om ‘n ouma te word! (My seuns sal die piep kry as hulle dit
hoor!) Ek hoop die regte vrouens kom op hul pad. Ek wil graag
besig bly en my lewe geniet soos dit nou is.
Marieta se boerdery met pikantrissiePikantrissie is tans ‘n gesogte produk. Dit word gebruik om
kleur en geur aan kos te verleen en kan onafhanklik as ‘n
snoephappie met byvoorbeeld kaas bedien word.
Marieta begin haar saailinge in Julie maak. Bedags word die
plantjies dan in die tonnel gehou en saans word dit binne-in die
huis op die teëlvloer, wat ondergronds verhit word, geplaas.
Wanneer die plantjies teen September so vyf sentimeter hoog is,
word dit in die tonnel uitgeplant. Dit beslaan die helfte van die
seisoen se plante.
Die ander helfte van die plante in die tonnel is van ‘n vorige
seisoen. Dit word net afgesny en loop dan vroeër uit en dra
››› Vervolg op bladsy 38
Gunstelinge
Kos: Steak (T-been of fi let),
steurgarnale en alle seekos
en boerekos.
Drank: Jenewer en lemoensap, wit
wyn.
Boek: Ek hou van ‘n lekkerleesboek
wat my laat ontspan, en
tydskrifte soos Sarie en Sarie
Kos – ek is lief vir kos maak!
Fliek/teater: Ek gaan graag saam met my
sus en ma fl iek of teater toe in
Pretoria wanneer die mans op
‘n gholf- of jaguitstappie
gaan.
Lewensleuse: Leef elke dag voluit!
Die Pad Saam – Junie 2012Vrouens
38
www.atkvoorde.co.za / www.drakensville.co.za / Tel. 036 438 6287
Ons weet almal liefde is nie altyd maanskyn en rose nie …
Mmm, behalwe wanneer jy een van atkv-Drakensville, juis bekend vir sy legendariese roosbome én asemrowende maanlignagte, se pamperlang-wegbreke saam met jou geliefde bywoon.
Met ’n huweliksverrykingkursus, romantiese etes, masseer-sessies en privaat-pieknieks in die hartjie van die Drakensberge word jou verhouding makliker as perdekoop.
Datum: 9 - 11 November 2012Kontak Riaan Maritz vir meer inligtingby [email protected] of 036 438 6287
atkv-Drakensville – waar die liefde met roosbome besaai is.
Liefdesbederf
Brei
nsto
rm B
HKO
12/0
33
Sakkie en Marieta Muller.
››› Vervolg van bladsy 37
eerste vrugte. Die nuwe plantjies is fase 2. Die draseisoen is
vanaf Januarie tot einde Mei. Al die vruggies word gebottel
sonder enige preserveermiddels, met ‘n mengsel van asyn,
suiker, sout en olyfolie. Marieta vertel dat die gebottelde
produk ‘n baie lang raklewe het en dat die smaak in werklikheid
verbeter indien dit ‘n bietjie staan.
Marieta se wenke:
• Pikantrissies het ‘n beperkte mark.
• Pluk die vrugte so rooi as moontlik en bewerk dit dadelik.
• Die regte tydsduur met die kookproses is baie belangrik. Die
krakerige tekstuur moet behou word.
• Onthou dit is rissies! Pitte het ‘n skerp smaak en moet alles
verwyder word.
Die Müller-gesin: Sakkie en Marieta voor, met agter, van links CJ, Sakkie (junior) en Armand.
’n Boervrou moet weet wat aangaan...
39
11 Anelie Swemmer (VKB), Sprekers van die dag; David Viljoen (landskapargitek); prof Paul Wessels (Univ. van die Vrystaat); Karien Jordaan(OFM).
22 Die dames is baie trots op hul skouerruikers.
33 Die koffi e en eetgoedjies was n treffer.
44 Besig om skouerruikers te maak.
55 Die tuin was 'n ware lushof.
66 Dames opsoek na die regte blomme vir skouerruikers.
77 David se instruksies word getrou gevolg.
88 Die bederfpakkies het vele verrassings.
99 Die ete was uit die boonste rakke.
1010 Kom sit bietjie handjie by asseblief?
1111 Dis lekker om vrou te wees.
1212 David deel bietjie advies uit.
1313 Moet my net nie raak steek nie!
1414 Kyk hoe mooi lyk ons nou.
1515 Almal het vrouedag baie geniet.
1616 Prof Paul beantwoord vrae en gee raad.
1717 David staan by die dame met die mooiste skouerruiker.
VKB se eerste amptelike Damesdag is op 17 April 2012 by
Siesta Gastehuis naby Frankfort gehou. Dames van regoor VKB
se gebied het die dag bygewoon. Die doel van die damesdag
was om VKB se dames, die “stille krag agter ons aandeelhouers”,
te bederf, en VKB het met oortuiging daarin geslaag. Die lokaal
was smaakvol versier en het die atmosfeer geskep vir ‘n dag van
genotvolle samesyn. VKB het die dames getrakteer met heerlike
eetgoed en geskenke.
Die gassprekers was Prof Paul Wessels, Hoof van die
Departement Ginekologie aan die Universiteit van die Vrystaat,
en David Viljoen, bekende landskap-argitek en gesig agter
Tuine en Tossels op kyknet. Prof Wessels het oor verskeie baie
interessante aspekte van vrouwees gesels en David het die gaste
begeester met sy idees oor tuinmaak, onthaal en kleur. Dit was
‘n verrykende dag vir ons dames, wat ons hoop voortaan ‘n
jaarlikse instelling sal word.
11
55
99
1313
22
66
1010
1414
33
77
1111
1515 1616
44
88
1212
1717
Artikel deur Rina Erasmus
VKB Damesdag ‘n wenner
Die Pad Saam – Junie 2012Vroue uit ons streek
40
Artikel deur Hannelie Cronjé
Die tema van vanjaar se VKB Damesdag was “In harmonie
met die natuur”, en uit die kommentaar van diegene wat
hierdie geleentheid bygewoon het, het die program hul wildste
verwagtinge oortref.
“Fantasties!”, “Oe, dit is mooi; ons moet meer dit doen”,
“Dankie, ek het so baie geleer”, “Kyk die hoofgereg!”, “Dit is
hoogtyd dat ons bederf word”, “Jinne, dit was lekker” en “Ons
word omtrént bederf” was maar enkele van die uitroepe wat ek
deur die loop van die dag gehoor het. Komplimente was daar
oorgenoeg...en dit het VKB alles gedoen vir die lede se vroue.
Die dames was bederf met ‘n heerlike ontbyt, middagete en
ook koffi e met heerlike versnaperinge.
David Viljoen, het die dames getrakteer op interessante
vertellinge en ‘n demonstrasie van hoe om ‘n skouerruiker
uit niks te maak. Hy het ook verduidelik wat die verskillende
kleure beteken en wonderlike wenke gegee oor hoe om ‘n
eenvoudige hoekie in jou tuin in ‘n paradys te omskep.
Prof. Paul het weer op sy beurt gefokus op die vrou en
meer verduidelik oor menopouse, beendigtheid, vetsug,
vrugbaarheid, borskanker en nog vele meer. In hierdie uitgawe
is daar ‘n artikel deur Prof. Wessels oor menopouse – lees dit
gerus.
Ons almal het by beide van hierdie sprekers baie geleer, en
daar was beslis geen vervelige oomblik nie. Karien Jordaan
van OFM het as seremoniemeester opgetree, en moes sorg dat
dinge in plek val – veral as die dames begin vrae vra.
Wat ‘n lekker oggend! VKB (Koos, Kobus en Annelie), ek praat
namens die dames: Baie dankie vir die groot bederf!!!
In Harmonie met die natuur
WENKE VIR VROUE
Gesondheid
BMI (body mass index of liggaamsgewigindeks) In jou eie privaatheid:
Deel jou gewig (massa) deur jou lengte. Die antwoord moet tussen 19 en 25 lê, afhangend van jou bou.
Tuinmaak
Vermy dit om grond te spit, want dit verhard jou grond.
Maak jou eie kompos deur blare en al jou kombuisafval, soos
skille, en ook tuinvullis op ‘n hoop te gooi. Erdwurms fl oreer op
hierdie kompos en maak jou tuingrond baie vrugbaar.
Kleure (wat om te dra wanneer jy so voel)
Oranje – Warm en intiem
Blou – Ontspanning
Geel – Sigbaarheid
Groen – Gesond
Swart – Verslankend
Hou insekte weg van die huisGeel emmerParaffi enSuikerWaterMeng die drie bestanddele en plaas in geel emmers om die huis.
BoepensAs jou man ‘n boepens het, sny
sy stysel uit. Dit werk!
mers oom
Menopouse” is die term wat oor die algemeen gebruik
word om die postmenopousale tydperk in ‘n vrou se lewe
te beskryf. Per defi nisie impliseer dit die einde van ‘n vrou se
voortplantingsvermoë, of meer korrek, die laaste menstruele
siklus. Die peri-menopousale tydperk word algemeen beskou
as twee jaar voor en twee jaar na die werklike menopouse.
Dit beteken in werklikheid die menopousale oorgang of
lewensverandering.
Gedurende peri- en postmenopouse sal pasiënte verskeie
simptome ervaar wat met die hormonale veranderinge wat
gedurende hierdie tydperk plaasvind, vereenselwig word.
Hierdie simptome kan baie ontstemmend wees en ‘n belangrike
rol in die afname van die pasiënt se lewensgehalte speel. Die
mees algemene simptome is warm gloede, hartkloppings, droë
vel, vaginale droogheid, slaapsteurnis, depressie en kognitiewe
verval. Die belangrikste hormonale verandering wat tydens die
peri-menopouse plaasvind, is ‘n akute afname in die vlakke van
die sirkulerende estradiol. Dit word geassosieer met ‘n toename
in gonadotropin- (FSH & LH) vlakke en by party pasiënte ‘n
afname in die androgene vlak.
Om die postmenopousale simptome te bestuur, moet ‘n mens
altyd die voordele sowel as die nadele van vervangingsterapie
oorweeg. Daar is ‘n groot verskeidenheid medikasie beskikbaar
en dit laat die klinikus en die pasiënt met ‘n keuse – nie net
tussen verskillende kombinasies van hormone nie, maar ook
verskillende terapeutiese roetes. Estrogeen word beskou as
die enkele belangrikste hormoon wat vir postmenopousale
hormoonvervanging gebruik word. In pasiënte met ‘n
ongeskonde uterus is dit van die uiterste belang dat estrogeen
nie alleen voorgeskryf word nie, maar eerder in kombinasie met
progestogeen om die uitwerking op die uterus teë te werk.
Daar bestaan geen twyfel dat estrogeenvervangingsterapie
‘n heilsame uitwerking op postmenopousale vroue het nie.
Die afname in die serum-estradiolvlak kan tot vasomotoriese
onbestendigheid lei, wat beteken dat bloedvate se vernouing
en verwyding onbestendig is, met ‘n gevolglike verandering in
die regulering van liggaamstemperatuur. Dit lei op sy beurt tot
warm gloede wat die pasiënt se lewensgehalte aantas. Ook dít
kan met vervangingsterapie verbeter word.
Estrogeenvervangingsterapie mag wel ‘n invloed op die
volgende hê:
Vel: Kollageenweefsel mag moontlik herstel, wat sal lei tot
‘n meer soepel vel wat meer weerstand teen beserings en
veroudering sal bied.
Been: Genoegsame bewyse is reeds beskikbaar dat estrogeen
‘n positiewe invloed op die voorkoming van osteoporose
het. Met standaard dosisse estrogeen kan frakture van die
werwelkolom met tot soveel as 70% verminder word, en die
voorkoms van heupfrakture met tot 50%. Hierdie terapie is
sonder twyfel die goue standaard vir die voorkoming en beheer
van postmenopousale osteoporose.
Kardiovaskulêre stelsel: Kroonslagaarsiekte kom nie
gereeld by pre-menopousale vroue voor nie, maar is een van
die hoofoorsake van dood by postmenopousale vroue. Hoewel
daar voorheen geglo is dat hormoonterapie ‘n voordelige
invloed het op koronêre hartsiekte, word daar tans geglo
dat dit geen sekondêre voorkoming van hartsiektes kan bied
nie en daar bestaan nog verwarring ten opsigte van primêre
voorkoming. Hoewel estrogeen wel kan lei tot ‘n effense
styging in bloeddruk, behoort pasiënte wat goed op mediese
behandeling reageer, nie daaroor bekommerd te wees
nie. Dit is wel raadsaam om dit dop te hou en, indien nodig,
die behandeling aan te pas. Estrogeen het ‘n verhoogde
geneigdheid om stolling te veroorsaak wat tot ‘n verhoogde
geneigdheid tot trombose en ook diepaartrombose kan lei. Die
aanvaarde risiko vir die ontwikkeling van diepaartrombose by
pasiënte op estrogeenvervangingsterapie is sowat ses per
1 000 gebruikers. Sulke probleme kom gewoonlik in die eerste
drie maande van die behandeling voor. Daar bestaan egter
geen verhoogde risiko by pasiënte wat teenstollingsterapie
ontvang nie.
Uro-genitale stelsel: Estrogeen het ‘n voordelige invloed op
die vaginale dekweefsel sowel as op die blaas en die uretrale
voering. Dit lei dus tot ‘n afname in vaginale droogheid en
dispareunie.
Senuweestelsel: Daar is genoegsame bewys dat die
toevoeging van estrogeen ‘n vertragende invloed kan hê op
die agteruitgang van die sentrale senuweestelsel. Navorsing
dui op die voorkoming of vertraging van die ontwikkeling van
Alzheimer-siekte. ‘n Afname van 7 tot 15% van die risiko om
Alzheimer-siekte te ontwikkel, is moontlik.
Borste: Die moontlike invloed van hormoonterapie op die
risiko van die ontwikkeling van karsinome in die borste is een
van die gewildste onderwerpe onder bespreking. Dit is ‘n baie
komplekse situasie en daar is geen maklike antwoord nie. Daar
moet aanvaar word dat meer as een faktor teenwoordig is in
die ontwikkeling van borskanker en ‘n genetiese geneigdheid
kan ook ‘n belangrike rol speel. Estrogeen alleen veroorsaak
egter nie borskanker nie.
Ter opsomming kan gesê word dat hoewel daar geen twyfel
behoort te wees oor die waarde van hormoonbehandeling in
postmenopousale vroue nie, dit ‘n integrale deel moet vorm
van ‘n algehele gesonde leefstyl van die pasiënt. Dit maak nie
sin om duur medisyne aan ‘n pasiënt voor te skryf as sy nie ‘n
gesonde leefstyl handhaaf nie.
Al die voordele van hormoonterapie kan weerspreek
word as die pasiënt oorgewig is, rook of alkohol misbruik.
Rook is baie meer van ‘n geldige kontra-indikasie vir
hormoonvervangingsterapie as byvoorbeeld ‘n pasiënt met
goed beheerde bloeddruk of diabetes. Ingeligte instemming
sowel as ingeligte weiering bly die pasiënt se regmatige keuse
en moet te alle tye gerespekteer word!
Hormoonvervangingsterapie behoort altyd saam met
kalsium- en Vitamien D-aanvullings voorgeskryf te word...
met in agneming van die pasiënt se dieet-inname hiervan.
Gereelde oefening (fl inke stap is die goudstandaard!) word ook
aanbeveel en vorm deel van ‘n holistiese benadering tot die
bestuur van die postmenopousale pasiënt.
Artikel deur prof. PH Wessels
Hormoonvervangingsterapie kan postmenopousale lewensgehalte verbeter
Gesondheid
41
Die Pad Saam – Junie 2012Gesondheid
42
Prostaatkanker kan genees word!Artikel deur Hannelie Cronjé
Een van die siektes wat deesdae meer gereeld by mans
voorkom, of dan meer gereeld openlik erken of bespreek
word, is prostaatkanker. ‘n Paar jaar gelede reeds is aartsbiskop
Desmond Tutu met prostaatkanker gediagnoseer, maar hy lei
steeds ‘n baie aktiewe lewe. Dit hoef dus geensins
‘n doodsvonnis te wees nie – solank dit vroegtydig opgespoor
en behandel word.
Volgens die webblad www.cansa.co.za Is prostaatkanker ‘n
kanker van ‘n man se prostaatklier en is dit, behalwe longkanker,
die kanker wat die algemeenste in mans voorkom.
Die prostaatklier word onder die blaas en tussen die rektum, die
sluitspier, ‘n paar slagare en bondels senuwees aangetref. By
jong mans is dit omtrent so groot soos ‘n okkerneut wat rondom
die urinekanaal lê.
Die kwaadaardige selle waaruit die kanker bestaan, groei egter
baie stadig.
Oor die algemeen kan mens sê dat as die kanker vroegtydig
ontdek word, is dit geneesbaar. Dit groei egter stil-stil sonder om
onmiddellik duidelike simptome te toon.
Die kanker kan ook deur die limfvatstelsel of deur bloed na
ander dele van die liggaam versprei.
Prostaatkanker tas meesal mans bo vyftigjarige ouderdom
aan, maar in baie gevalle sal ander mediese probleme meer
lewensgevaarlik wees as die prostaatkanker self omdat dit so
stadig ontwikkel. Wanneer dit by jonger mans ontdek word,
word dit meer aggressief behandel as by ouer mans.
Wat is die simptome van prostaatkanker?
Wanneer mans enige van die volgende simptome ondervind,
is dit raadsaam om hul geneesheer te raadpleeg:
• Die onvermoë om te urineer
• Moeilike urinering
• Die voorkoms van bloed in die urine
• Urinêre inkontinensie
• Infeksie van die urineweë of ander komplikasies van
goedaardige vergroting van die prostaat
• Nierprobleme
Let op die volgende
Die akute of skielike onvermoë om te urineer kan baie pynlik
wees. Moeilike urinering gebeur gewoonlik mettertyd en kan
op die lang duur lei tot ‘n swakker stroom en uiteindelike
inkontinensie.
Wanneer dit gebeur, word die blaas nooit heeltemal geledig
nie, wat dan tot nierversaking en ander komplikasies soos
infeksies of nierstene kan lei.
Moenie onmiddellik aanvaar dat bloed in die urine deur
prostatiese vergroting veroorsaak word nie. Ander oorsake
soos blaaskanker moet ook ondersoek word.
Dit is belangrik dat mans bo 50 jaarliks hul geneesheer moet
besoek vir ‘n algehele deeglike ondersoek, waarby die
prostaatondersoek ook as deel daarvan ingesluit moet word.
Al word geen van bogenoemde simptome ondervind nie, is
dit steeds die moeite werd om gemoedsrus te kry. Swart mans
toon ‘n hoër risiko vir prostaatkanker, maar alle mans wat ‘n
familiegeskiedenis van hierdie siekte het, word aangeraai om
vanaf 40-jarige ouderdom gereeld vir die ondersoek te gaan.
Onthou, indien dit vroeg genoeg gediagnoseer kan word, kan
dit met groot welslae behandel en moontlik ook nog genees
word.
Vroeë prostaatkanker toon dikwels geen simptome nie. Vorige
operasies vir goedaardige vergroting van die prostaat is ook
nie ‘n waarborg dat prostaatkanker nie kan voorkom nie,
aangesien prostaatkanker gewoonlik voorkom in die buitenste
deel van die klier, wat nie tydens voorgenoemde operasie
verwyder word nie.
Prostaatkanker
Normale prostaat
43
'n Diagram van die verskillende fases van prostaatkanker.
Weet jy hoe gesond is jou prostaat?
As jy oor 40 is en die volgende simptome ervaar, kan dit
dui op die moontlikheid van prostaatkanker:
• Hardnekkige pyn in die been
• ‘n Gebrek aan eetlus of onverklaarde gewigsverlies
• Gereelde pyn in jou kruis, heupe of dye
• Pyn tydens ejakulasie
• Bloederigheid in die urine
• Gereelde urinering in die nag
• ‘n Gevoel dat jou blaas nie heeltemal geledig is nie
• Swak urinevloei
• Pyn tydens urinering
• ‘n Konstante behoefte om te urineer
• ‘n Algemene dowwe pyn in die onderste deel van jou
bekken
• Moeite om te begin urineer
Wat is tipiese risikofaktore vir prostaatkanker?
Hoewel niemand nog kon verklaar wat prostaatkanker
veroorsaak nie, is die volgende risikofaktore wel met navorsing
geïdentifi seer:
• Gevorderde ouderdom (meer as 80% van alle prostaatkanker
word in mans ouer as 65 jaar gediagnoseer)
• ‘n Familiegeskiedenis van prostaatkanker
• ‘n Dieet wat groot hoeveelhede vet en diereproteïene bevat
Hoe kan ek die risiko vir prostaatkanker verminder?
Aangesien die werklike oorsake van prostaatkanker onbekend
is, is dit onmoontlik om sulke oorsake uit te skakel.
KANSA (die Kankervereniging van Suid-Afrika) kan egter
noodsaaklike inligting verskaf oor:
• Waar om hulp te kry
• Behandeling en ondersteuning
• Die risikofaktore, simptome en vroeë opsporing van die siekte
Dan is dit ook raadsaam om die volgende in gedagte te hou:
• Indien jy ouer is as 50 jaar, gaan vir ‘n jaarlikse mediese
ondersoek.
• Indien jy deel is van ‘n familie waar ander mans met
prostaatkanker gediagnoseer is, word dit aanbeveel dat
jy reeds van 40-jarige ouderdom vir ‘njaarlikse mediese
ondersoek gaan.
• Volg ‘n dieet wat nie baie vet en diereproteïene bevat nie.
Tolvryenommer: 0800 226622 | [email protected]
Die Pad Saam – Junie 2012Gemeenskap
44
Warmbad: tien duisend treë vir kanker-manTien miljoen treë. Dit is hoeveel treë
Joppie Fourie (50) van Oudtshoorn oor
een jaar gaan stap om mense bewus te
maak van kanker en ook geld in te samel
vir organisasies soos Hospice
en Kansa.
Joppie Fourie se dogter Marlené (18) is op
5 Julie 2009 aan kanker oorlede. Sy eerste
kind, Charné, is op 22 September 1990 op
die ouderdom van twee maande aan ‘n
longsiekte oorlede. Marlené is presies 18
jaar (tot op die dag) ná Charné se dood
met kanker gediagnoseer.
Sy reis deur die land het op 6 Augustus
verlede jaar op Oudtshoorn begin en as
alles volgens plan verloop, sal hy op
27 Junie vanjaar in Oudtshoorn aankom
na byna 5 000 km (tien miljoen treë).
Vir Joppie is die doel van sy staptog
tweeledig: eerstens om mense bewus te
maak van kanker en tweedens om geld
vir kankernavorsing in te samel. Onlangs
het Joppie se staptog hom tot op Brits
gebring. Sy roete het nie deur Warmbad
beweeg nie, maar Estelle Benadie het
besluit om hom te gaan haal sodat hy
sy boodskap met haar klante asook
die leerders van Hoërskool Warmbad
kon deel.
Sy aangrypende verhaal het mense
en die leerders diep geraak. Dit het ‘n
mens weer bewus gemaak van hoe
kosbaar die lewe is. T-hemde vir die doel
is deur Energizer geborg. Saam met
gewaardeerde verskaffers poog NTK om
‘n verskil te maak in die gemeenskap.
Sterkte! Joppie en Pieter (Partrite)
Aartappeldag in Warden-distrik gaan van krag tot krag!
‘n Baie suksesvolle Aartappeldag
is op 3 Februarie in Warden-distrik
gehou. Die dag word jaarliks deur die
Oos-Vrystaat Aartappelwerkgroep
georganiseer en aangebied en lok
groot belangstelling uit verskillende
oorde van die land. Tans word dit as die
grootste aartappeldag in die
land beskou.
Die dag is begin met formele
voorleggings en lesings. Die verskillende
aspekte van aartappelboerdery en die
verbouingstoestande daaraan verbonde
in die Oos-Vrystaat is bespreek. Die
moontlike oesgrootte wat na verskillende
markte in Suid-Afrika versprei word,
is ook aangeraak. Die besprekings is
opgevolg deur die besigtiging van die
verskillende proewe wat aangeplant is.
Die proefresultate sal later in Aartappels
Suid-Afrika se amptelike mondstuk, CHIPS,
gepubliseer word en ook voorgelê word
tydens die Navorsingsimposium wat vir
17 Augustus geskeduleer is.
Dié Aartappeldag is deur meer as
300 belanstellendes, bestaande uit
onder meer markagente en produsente,
bygewoon. Uitstallers het ook die
geleentheid aangegryp om verskeie
produkte bekend te stel. Weens die
omvang van die dag het dit ook wye
media-belangstelling gelok.
Mnre. Theuns Janse van Rensburg(FPD), Hendrik Viljoen (Maluti Seed)en Birtie Myburgh (RSA Saad Beurs).
Verwikkelinge by Warmbad MeganisasieBearing Man verskuif hul besigheid
vanuit die dorp na NTK Meganisasie op
Bela Bela (Warmbad). Dit bied voordele
aan albei ondernemings omdat hulle
hoofsaaklik ‘n klantebasis deel maar tog
nie kompeterend is wat besigheid
betref nie.
Bearing Man voorsien, soos hul naam sê,
hoofsaaklik laers. Hulle het ook ratte, seëls
en ander produkte.
Hierdie is beslis ‘n wen-wen situasie – nie
net vir NTK en Bearing Man nie, maar ook
vir die klant.
Christian en Chris Warmbad Meganisasie
Personeel
45
Johan Groenewald (NTK) neem afdelings onder sy vlerkTot onlangs toe was Johan
Groenewald gestasioneer in
Polokwane by NTK se Pietersburg
Streekskantoor. Hy was verantwoordelik
vir Owerheidsake, Ontwikkelende
Landbou, Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BEE) en Besigheidsprojekte. Sy
verantwoordelikheid is nou uitgebrei tot
die Bemarkingsafdeling en Aankope. Hy
sal sy tyd verdeel tussen Polokwane en
Modimolle om so by al sy verpligtinge
uit te kom.
Volgens Johan skakel die afdelings
al mal by mekaar in. Om BEE te
bestuur is entrepreneurskap baie
belangrik. NTK fokus slegs op Landbou-
entrepreneurskap (Ontwikkelende
Landbou). Die regering is uiteraard
betrokke hierby (Owerheidsake) en
nog ‘n belangrike aspek van BEE is
voorkeurverkryging.
Dit is voorts belangrik dat Bemarking
sentraal bestuur word. Alhoewel elke
tak sy eie begroting het, moet geld wat
spandeer word tot voordeel van NTK as
geheel strek. Omdat die takke juis binne
in die gemeenskap staan, is die feit dat
daar sentrale bestuur is, tot voordeel van
almal. Dit haal as’t ware die angel uit
die besluitneming vir die takke maar
hulle kan natuurlik steeds die
gemeenskap dien. Elke saak word
volgens meriete hanteer.
Sy afdeling is daar tot ondersteuning
van die takke en ander bedryfspunte.
Daarom is goeie samewerking tussen sy
afdeling en al die ander afdelings van
NTK baie belangrik. Hy streef daarna om
goeie verhoudings met al die betrokke
partye te bewerkstelling sodat almal sal
saamwerk tot die groter prentjie
naamlik NTK.
Omdat die beeld van NTK baie belangrik
is, sal Johan eerste fokus op NTK se
identiteit sodat dit standaard is en
voldoen aan die kwaliteit wat NTK vereis.
‘n Beeld van eenheid moet by elke
bedryfspunt uitgestraal word. Want, vir
Johan Groenewald en sy personeel is dit
NTK EERSTE!
Johan Groenewald en sy personeel is dit
NTK EERSTE!
Nuut by VKB:Ignus Badenhorst
Ek is 21 jaar oud en het sopas my
graad in B.Com (Landbou-ekonomie)
verwerf aan die Universiteit van die
Vrystaat. Ek is tans besig met my Honeurs
in Landboubemarking en International
Handel. Ek speel graag gholf in my
spaartyd en is tans ‘n agt-voorgee. Ek
is afkomstig van Jacobsdal, waar ons
besproeiingsboere is teen die Rietrivier.
Ek geniet dit baie om by VKB te werk,
en dit is vir my soos ‘n droom wat
waargeword het aangesien ek presies
doen waarin ek nog altyd belangstel
– naamlik graanbemarking en landbou-
ekonomiese werk.
Reitz-Rolbal Tops!!!
Die span van Reitz het die jaarlikse Max-O-Meat-rolbalkompetisie gewen. Hierdie
kompetisie is by die Bethelehem-buiteklub beslis. Dolf Maartens(Max-O-Meat), Loffi e
Cronjé André Viljoen(VKB), Francois Venter(VKB) en Pieter Cronjé.
Die Pad Saam – Junie 2012
46
FASILITEITE SLUIT IN:
‘n Putt-puttbaan Spa Gimnasium Swembaddens Jacuzzi’s Kroeë Winkels ‘n Casino en 135 kajuite met hul eie privaat balkonne Skuifbord Tafeltennis Belastingvrye inkopies Fliek Komedie- of kabaretvertonings Disko
28 Januarie – Vertrek vanaf Durban
29 Januarie – Maputo
30 Januarie – Barra-skiereiland
31 Januarie – Op see
1 Februarie – Durban
Kajuit-kategorie Spesiale
Kategorie 3 - 5 - binne R3 724 - R4 004
Kategorie 6 - 9 - see-aansig R4 144 - R4 788
Kategorie 10 - balkonkajuit R5 068
Kategorie 11 - balkon-suite R5 768
Addisionele koste per persoon:
Hawe en bagasie R500
Verpligte versekering per volwassene R50
Diensfooi vir boot – per volwassene R200
Diensfooi vir boot – per kind R100
• Tariewe is per persoon wat dubbelakkommodasie deel.
• ‘n Maksimum van 2 kinders (onder 18 jaar) reis GRATIS, maar betaal slegs hawe-
en baggasie-fooie en die boot se diensgelde as hulle ‘n kajuit met 2 betalende
passasiers deel!
Let wel:
• Bepalings en voorwaardes geld. BF&W.
• Hierdie aanbod is onderworpe aan beskikbaarheid en kan nie saam met enige
ander afslagaanbod gebruik word nie.
• Hierdie spesiale aanbod hang af van hoeveelhede en kan te eniger tyd
opgeskort word. Beperkte beskikbaarheid – op ‘n eerste daar, eerste klaar
grondslag – so moenie wag nie – bespreek vandag nog!
Tarief sluit in:
• 3 etes per dag, plus middernaghappies daagliks
• Kaptein se skemerkelkpartytjie en gala-ete
• Partytjie vir enkellopendes
• Vloervertonings elke aand
• Diskoteek
• Alle speletjies en daaglikse aktiwiteite
• Toegang tot casino
• Aërobiese oefeninge en gimnasium
Hannelie Cronje by 058 863 8223 of 083 303 6117 of [email protected] of skakel 0861-SACRUISES (-722784).
www.sacruises.co.za
Vir besprekings of inligting, kontak asseblief:
Tarief
ALMAL WELKOMFamilie - Vriende
BESPREEK VOOR EINDE AUG – VIR HIERDIE AANBOD!
Kinders onder 18GRATIS
4 NAGTE – 28 Januarie tot 1 Februarie 2013
Plekke moet direk by sa cruises bespreek word en gemerk word ‘“Die Pad Saam” leserstoer spesiale aanbod’
DIE PAD SAAM
LESERSTOER
47
Lubbestlust
Sakkie en Mariëta Muller
Wildplaas-slaapeenhede
8 Luukse- lugversorgde selfsorg eenhede. Alle kamers en-suite badkamer
Kan van 2 – 5 persone slaap.
Ontspanningslokaal en braai-area
Luukse lugversorgde ontspanningslokaal: leefarea; groot skerm-TV (DSTV),
kroeg, snoekertafel, veerpyltjiebord, volledig toegeruste oopplan-kombuis
(potte, panne, braaigereedskap en breekware vir 24 persone), yskaste,
vrieskaste, ys daagliks verskaf.
Linne en handdoeke beskikbaar.
Daaglikse skoonmaakdiens.
Hout vir braai; swembad met dekstoele.
Jag en besigtigingsritte
Jagpryse en reëls beskikbaar op aanvraag.
Faks: +27 86 578 4472
Sel: +27 82 557 7477
E-pos: [email protected]
Noordelike Provinsie: Tussen Alldays en Waterpoort
Wen meer as R10 000 se pryseNTK en VKB se fotokompetisie gee jou die kans om meer as R10 000 se pryse met elke
uitgawe te wen deur net vir ons te wys wat jy alles met jou kamera kan doen. Jou foto kan
dalk ook nog verskyn in VKB of NTK se dagboek of kalender.
Totale pryse per uitgawe:
• R500-eetbewys van Spur;
• ‘n Naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem;
• Drie dae-wegbreek op ‘n jagplaas, Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort).
Die wenners van bogenoemde pryse van elke uitgawe kwalifi seer dan vir die fi nale
beoordeling waar daar ‘n algehele 1ste, 2de en 3de plek aangewys sal word in
Januarie 2013 waar die groot pryse losgeslaan word: onderskeidelik R1 000 / R500 / R300 in
kontant; asook ‘n eetbewys by die Spur op Bethlehem ter waarde van onderskeidelik
R500 / R330 / R200; en ook ‘n naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem,
ingesluit aandete; en ook ‘n drie dae lange wegbreek
op ‘n jagplaas genaamd Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort).
Verskillende kategorieë:
• 0 - 9 jaar
• 10 - 18 jaar
• 18 jaar en ouer
Junie/Julie se fokus is spore. Dink nou net verder as bloot die woord.
Oorspronklikheid sal beslis in jou guns stel.
Reëls:
• ‘n Maksimum van 5 foto's per persoon.
• Die beoordelaars (Bethlehem Fotografi eklub) se beslissing is fi naal.
• Geen pryse mag omgeruil word vir kontant nie.
• Stuur inskrywings voor 5 Julie 2012 aan [email protected], indien dit nie moontlik is vir jou nie, gaan na jou naaste
Handeltak en vra die bestuurder om die foto te stuur via e-pos na hierdie e-posadres.
• Foto’s is VKB se eiendom en kan gebruik word soos nodig.
• Formaat van foto’s: dit moet ‘n Jpeg wees en nie groter as 1MB.
• Wenners sal aangekondig word in die Aug/Sept-uitgawe. Verskaf asseblief jou naam, ouderdom, selnommer en adres.
A PEERMONT RESORT
BETHLEHEM, FREE STATE
Johan Blignaut Drive (N5)BethlehemTel: (058) 307-6000E-mail: [email protected] www: www.frontiercasino.co.za
3 Star Metcourt Hotel Coachman’s Saloon Conference facilities
Gaming: Slots and Tables
Little Rascals Child Care Facility and Magic Company
Children’s Entertainment Dirty Down Car Wash
ALCOHOL NOT FOR SALE TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18 YEARS. DRINK RESPONSIBLY.
En die wenners is...Hiermee wil ons graag die wenners van ons eerste
fotokompetisie aankondig en geluk wens.
Eerstepryswenner: Koring op die land deur Tiani Claassen van
Reitz. Sy wen ‘n drie dae-wegbreeknaweek by Lubbeslust(All
Days)
Tweedepryswenner: Onkruidbeheer deur Schalk Meintjes van
Reitz. Hy wen 'n naweek vir die hele gesin by Frontier Casino
in Bethlehem en ‘n R200 geskenkbewys van die Spur (Golden
Gate).
Derdepryswenner: Mielieplanttyd deur Tiani Claassen van Reitz.
Sy wen ‘n R300 eetbewys van die Spur(Golden Gate).
11
22 33
Ontkenning: Hierdie kommunikasie is net vir inligtingsdoeleindes opgestel. Daar word sterk aanbeveel dat toepaslike professionele advies ingewin word voordat daar gereageer word op enige inligting wat hierin vervat is. Hoewel alle sorg met die opstel van hierdie kommunikasie aan die dag gelê is, word geen voorstelling, waarborg ofonderneming, uitdruklik of stilswyend, rakende die akkuraatheid of volledigheid van die inligting of voorstellings gegee nie. Alle inligting wat hierin vervat is, kan op enige tydstip ná publikasie sonder kennisgewing verander. Prestasie in die verlede van enige beleggingsproduk is nie ’n aanduiding van toekomstige prestasie nie.
Nedbank Beperk Reg No 1951/000009/06, BTW-reg No 4320116074, Rivoniaweg 135, Sandown, Sandton, 2196, Suid-Afrika. Ons onderskryf die Bankpraktykkode van Die Bankvereniging Suid-Afrika en, in die geval van onbeslegte geskille, steun ons beslegting deur die Ombudsman vir Bankdienste. Ons is ’n gemagtigde finansiëlediensverskaffer. Ons is ’n geregistreerde kredietverskaffer ingevolge die Nasionale Kredietwet (NKR Reg No NCRCP16).
Dit sal boere en landboubesigheidseienaars goed pasdat Nedbank Besigheidsbanksake kantore inBloemfontein, Welkom, Bethlehem en Kroonstad het.Elkeen van hulle bied ’n plaaslike toegangspunt totNedbank se wêreldklasbankkundigheid,bedryfspesifieke oplossings en omvattende finansiëleprodukte en dienste.
‘Ons verstaan dat dit ’n uitdaging kan wees om ’n landboubesigheid
op die been te bring en te bedryf, om nie eers te praat van hoe
ingewikkeld jou bankbehoeftes kan wees nie. Dis hoekom ons by
Nedbank Besigheidsbanksake daartoe verbind is om jou, jou besigheid
en jou personeel te help om makliker sake te doen – nie net by ons nie,
maar ook met jou verskaffers en kliënte. Nedbank Besigheidsbanksake
is spesifiek rondom die behoeftes van jou besigheid gestruktureer, wat
verseker dat jou besigheidsbanksake moeitevry is – wat jou die tyd gee
om te konsentreer op wat vir jou die belangrikste is, die bedryf van jou
besigheid,’ sê Herman Groenewald, Nedbank Besigheidsbanksake se
Gebiedsbestuurder vir die Noord-Vrystaat.
‘Die kern van die bank se produkte, dienste en oplossings is ’n
verhoudingsgebaseerde model, met ’n ervare landboubesigheidsbestuurder
wat as die primêre kontakpunt vir al jou bankbehoeftes aan jou
besigheid toegewys is. Jou landboubesigheidsbestuurder word deur ’n
kliëntediensspan en ’n landbouspesialis ondersteun. Die Nedbank
Besigheidsbanksake-landbouspan het ’n deeglike begrip van die
streeksekonomie en ’n werklike belangstelling in die sukses van elke
individuele kliënt. Die gespesialiseerde aard van die
landboukliëntediensspanne beteken dat ons in staat is om die siklusse
te verstaan waarmee boere te doen het. Hierdie kliëntediensspanne
sluit ’n kredietbestuurder, kredietontleder en diensbestuurder in, wat
almal spesialiskennis het omdat hulle op die landbousektor
Nedbank Besigheidsbanksake: Ons maak dit makliker om landbousake te doen
Van links na regsHerman Groenewald Gebiedsbestuurder: Noord-VrystaatKoot Klopper Streekslandboubestuurder: Noord-Kaap en Vrystaat
konsentreer. Of dit nou strawwe weerstoestande, epidemies of swaaie
in kommoditeitspryse is, ons verstaan dat boerdery ’n onvoorspelbare
besigheid is en ons wil ons kliënte daarmee help. Daarbenewens stel
ons interaksie met en ondersteuning van die Vrystaat Landbou-unie en
geleenthede soos hulle jaarlikse kongres en alternatiewe-energie-dag;
en die borgskap van landbougeleenthede soos boeredae en die
Universiteit van die Vrystaat se landbou-seminare ons in staat om die
boerderygemeenskappe op ’n persoonlike vlak te leer ken. Dis tot ons
en ons kliënte se voordeel,’ verduidelik Groenewald.
Ons streekspanne sluit landbouspesialiste in wat leiding met
betrekking tot en ondersteuning vir alle landbouverwante versoeke
verskaf en bemagtig is om – binne raamwerke – te verseker dat elke
versoek doeltreffend gehanteer word, en sodoende ’n omvattende
landbouwaarde-aanbod aan boere en landboubesighede bied.
‘Aangesien ons in ons Bloemfontein-kantoor besluite op voetsoolvlak
neem, is ons in staat om vinnige, ingeligte besluite te neem en
doelgemaakte oplossings aan ons kliënte te bied. Om ’n selfs beter
begrip van ons kliënte se behoeftes te kry besoek ons
kredietbestuurders kliënte se plase en landboubesighede om ’n beter
insig te kry in wat op voetsoolvlak gebeur,’ sê Groenewald.
Maar dit gaan nie net oor doeltreffendheid nie. Om te verseker dat ons
oplossings op jou besigheid van toepassing is, het kliëntediensspanne
deur middel van produkspesialiste op tegniese gebiede soos tesourie,
globale handel en kontant, en bedryfspesialiste direkte toegang tot
Nedbank se betrouenswaardige wêreldklasbankoplossings en -
kundigheid. ‘Dit is ’n uitdaging om ’n landboubesigheid uit te bou,
maar met Nedbank Besigheidsbanksake sal dit soveel makliker wees,’
sê Groenewald.
Hierdie Nedbank Besigheidsbanksake-kantore, wat in die spesifieke
behoeftes van mediumgroot maatskappye met ’n jaarlikse omset van
tot R400 miljoen voorsien, is vier van 65 landswye nawe wat in elke
gebied waar hulle bedrywig is, waarde vir besigheidseienaars en
entrepreneurs toevoeg. Vir meer inligting oor ons gespesialiseerde
landboubesigheidsprodukte, -dienste en -oplossings moet jy
Herman Groenewald asseblief by 057 916 4500 skakel of ’n e-pos
na [email protected] stuur.
SPON
GE 4606
Die Pad Saam – Junie 2012
AX
‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei.
KUMULUS®WG‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.
STERISEAL
Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) [email protected] www.efekto.co.zaAgro-Serve (Pty) Ltd t/a EfektoTM Reg. Nr. 1973/000868/07 Posbus 652147, Benmore, 2010
Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg) Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik.