60
NUUSBRIEF Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Inhoudsopgawe: Voorwoord .............................................. 3 Uit die Akademiekantoor .................. 4 Akademiepryse 2019 .......................... 9 Poortprys 2019 ................................... 27 ATKV-SA Akademiepryse 2019 ..... 30 Jan H. Maraisprys 2019 .................... 31 Werkgemeenskap Vrystaat-funksie ................................. 33 Werkgemeenskap in die buiteland .................................. 35 Nuus van oraloor ............................... 37 Uit die 1958-argief van Tossie Lochner ............................ 48 Publikasies van lede ......................... 50 Boekbekendstellings........................ 51 Akademielede in die nuus ............. 56 Ledesake ............................................... 57 Persberigte........................................... 58 Studentesimposium 2019 .............. 60 Jaargang 57, Nommer 1 April 2019 www.akademie.co.za Redakteur: Dionē Prinsloo Medewerker: Irma Eloff Taalversorging: Tom McLachlan Uitleg gedoen deur: Sunet Nesbit ISSN: 00394807 Voorblad: Esias Bosch – Namakwaland

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

  • Upload
    others

  • View
    79

  • Download
    6

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

NUUSBRIEFDie SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Inhoudsopgawe:

Voorwoord ..............................................3Uit die Akademiekantoor ..................4Akademiepryse 2019 ..........................9Poortprys 2019 ................................... 27ATKV-SA Akademiepryse 2019 ..... 30Jan H. Maraisprys 2019 .................... 31Werkgemeenskap Vrystaat-funksie ................................. 33Werkgemeenskap in die buiteland .................................. 35Nuus van oraloor ............................... 37Uit die 1958-argief van Tossie Lochner ............................ 48Publikasies van lede ......................... 50Boekbekendstellings ........................ 51Akademielede in die nuus ............. 56Ledesake ............................................... 57Persberigte ........................................... 58Studentesimposium 2019 .............. 60

Jaargang 57,Nommer 1April 2019

www.akademie.co.za

Redakteur: Dionē Prinsloo

Medewerker: Irma Eloff

Taalversorging: Tom McLachlan

Uitleg gedoen deur: Sunet Nesbit

ISSN: 00394807 Voorblad:Esias Bosch – Namakwaland

Page 2: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

2 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Foto: Voor v.l.n.r.: Proff. S.M. Beukes, R.C. Wolfaardt-Gräbe, dr. D. Prinsloo (HUB), proff. I. Eloff (Voorsitter), O.B.W. Greeff (Ondervoorsitter), A.E. Feinauer en J.A.A. Engelbrecht.Agter v.l.n.r.: Dr. L.E. Brink (Koördineerder: Projekte), proff. J.N. Eloff, H.P. van Coller, dr. S. Mostert, prof. I.J. van der Walt, dr. P.A.B. Carstens, mnr. P.R. Botha en prof. E.H. van Coller. Inlas v.l.n.r.: Proff. L. van Huyssteen en F. Pretorius.

Akademieraad 2017 - 2020

Fakulteit Kuns en GeesteswetenskappeProf. S.M. Beukes, JohannesburgProf. I. Eloff, Pretoria (Voorsitter)Prof. A.E. Feinauer, StellenboschProf. F. Pretorius, PretoriaProf. H.P. van Coller, BloemfonteinProf. E.H. van Coller, Grahamstad

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie:Dr. P.A.B. Carstens, PretoriaProf. J.A.A. Engelbrecht, Port ElizabethProf. O.B.W. Greeff, Pretoria (Ondervoorsitter)Dr. S. Mostert, StellenboschProf. I.J. van der Walt, PotchefstroomProf. L. van Huyssteen, Stellenbosch Prof. J.N. Eloff, Pretoria

Ex officio-Raadslede:Mnr. P.R. Botha, Pretoria (Voorsitter: Oudit- en Risikobestuurkomitee)Prof. J.P. Schoeman, Pretoria (Redakteur: SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie)Prof. R.C. Wolfaardt-Gräbe (Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe)

Page 3: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 3

Geagte Akademielede

Wissenschaft als Lebensform. Oftewel, wetenskap as ʼn lewenswyse. Hierdie idee, dat wetenskap ʼn lewenswyse is, word deurtastend deur Jürgen Mittelstraß in sy boek met dieselfde titel bespreek. Hy bespreek die wyse waarop wetenskap en kennis ontwikkel, die wyse waarop wetenskaplikes probleme benader en die wyse waarop teorie bepaalde strukture in die samelewing sigbaar maak. Hy skryf ook oor selfrefleksie en die wesensaard van kennis.

Wat sou “wetenskap as ʼn lewenswyse” beteken vir ons as wetenskaplikes? Op watter wyses sou hierdie idee in ons lewens beslag kry?

Daar is verskeie wyses. Die idee dat jou perspektief oor ʼn saak kan verander na gelang van addisionele feite of alternatiewe sienings. Die akute bewussyn van jou eie persoonlike vooroordele wanneer bepaalde kwessies oorweeg word. Die beklemtoning van data. Die benutting van meerdere databronne. Die bevraagtekening van databronne. Die soeke naoplossings. Die wete dat bestaande denkwyses

Voorwoord

oornag kan verander, omdat kennis dinamies is. Die huiwering voordat jy veralgemenings maak of kousaliteit stel. Die beskerming van diverse standpunte en sienings.

In hierdie nuusbrief lees ons oor die pryswenners van en bekronings deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir 2019. Wetenskaplikes, skrywers en kunstenaars wie se Lebensform getuig van diepdenkendheid en omsigtigheid oor ʼn leeftydheen. Ons lees, met vreugde, oor die toekenning van die Jan H. Maraisprys aan prof. Fransjohan Pretorius. Ons neem ook afskeid van ons uittredende Hoof- Uitvoerende Beampte, dr. Dionē Prinsloo, en verwelkom ons nuwe HUB, prof. Anne-Marie Beukes.

Die leeftydswerk van hierdie denkleiers getuig van diepte wat in die detail van dagtake ingeweef is.

As wetenskaplikes strek ons verantwoordelikheid in die samelewing veel wyer as die blote toepassing van wetenskaplikheid in ons eie studies en navorsingsprojekte. Dit vra ook dat ons die fondamente van wetenskaplike denke in ons samelewing bestendig hou en uitbrei, dat ons nie bloot wetenskap beoefen nie, maar as wetenskaplikes dit lééf.

Met vriendelike Akademiegroete

Prof. Irma EloffVoorsitter van die Akademieraad

Page 4: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Uit die Akademiekantoor

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) kondig met trots aan dat prof. Anne-Marie Beukes vanaf 1 Junie 2019 die pos van Hoof- Uitvoerende Beampte van die SAAWK sal beklee. Sy neem die leisels oor by dr. Dionē Prinsloo, wat die pos vir twee termyne beklee het.

Prof. Beukes beskik oor ʼn doktorsgraad in Toegepaste Linguistiek en het nege jaar lank in die Wêreldraad van Vertalers (Fédération Internationale des Traducteurs) gedien, drie daarvan as visepresident. Sy het ook ʼn sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van ʼn taalbeleid

en -plan vir Suid-Afrika gedurende die eerste demokratiese dekade. Sy was agt jaar lank Voorsitter van die Universiteit van Johannesburg se Departement Linguistiek. Haar loopbaan sluit leierskapsrolle in strategiese projekte van die Departement van Kuns en Kultuur, die Nasionale Tesourie en die Raad op Hoër Onderwys in. Sy was ook drie jaar lank voorsitter van die Afrikaanse Taalraad.

Sy dien tans in die Advieskomitee van die Minister van Kuns en Kultuur se mensliketaaltegnologie-projekte. Prof. Beukes is ʼn gegradeerde navorser van die Nasionale Navorsingstigting en 40 nagraadse studente het hulle studie onder haar studiebegeleiding voltooi.

Nuwe HUB aangestel vanaf 1 Junie 2019: prof. Anne-Marie Beukes:

Bekroningsplegtighede:Die twee bekroningsplegtighede vind vanjaar op Woensdag 10 Julie op Stellenbosch en op Woensdag 11 September in Pretoria plaas. Teken die datums asseblief aan!

Jaarvergadering en simposium:Die SA Akademie se jaarvergadering en jaarlikse simposium vind vanjaar op 12 en 13 September in Pretoria plaas. Tema: Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen.

Page 5: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 5

Blomme op die Raadsvergadering van 11 April aan dr. Dionē Prinsloo oorhandig.

Die Wiskunde-in-Aksie vir graad 6- en graad 7-leerders vind vanjaar op Maandag 5 Augustus plaas, en die Wetenskap-in-Aksie op Dinsdag 6 Augustus. Die pretdae sal gedurende September en Oktober by die verskillende universiteite aangebied word.

Die jaarlikse Hertzoggedenklesing word op Woensdag 2 Oktober by die Akademiegebou gelewer. Die spreker is prof. Albert Grundling. Die titel van die lesing sal later bekendgemaak word.

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria toegeken. Aanvanklik was hierdie toekennings pryse wat prestasie beloon het, maar dit is 2010 vergroot en tot beurse aangepas. Die beurse is op 28 Februarie 2019 by die Universiteit van Pretoria toegeken aan me. Anri Gross en me. Anoeschka von Meck.

Prof. Oppel Greeff oorhandig die prys aan me. Anri Gross. Toekenning: Vir ʼn verdienstelike student in Afrikaans.

Me. Anoeschka von MeckToekenning: Vir ʼn buitengewoon verdienstelike nagraadse student.

Uit die Akademiekantoor (vervolg)

Page 6: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

6 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Uit die Akademiekantoor (vervolg)

Die Marius Joosteprys vir ʼn verdienstelike MA-verhandeling in Afrikaans. Die SA Akademie administreer sedert 2018 die prys namens die Dagbreek Trust. Die vyf departemente Afrikaans beoordeel die verhandelinge aan hulle universiteite. Die volgende pryse is toegeken:

Shawna-Leze Meiring van die Universiteit van Pretoria vir Literatuurgeskiedenis en“Eurochronologiese periodisering”: ʼn Eksperiment op die Afrikaanse letterkunde.

Antoinette Nel van die Noordwes-Universiteit vir “Ons is nog alen Vres door Den ZegenDes Heeren”: Gesondheidsformules in laat negentiende-eeuse en vroeg twintigsteeeuseAfrikaans-Nederlandse persoonlike briewe.

Adéle Kotze van die Universiteit van die Vrystaat vir Merkers van nostalgie in Suid- Afrikaanse advertensies aan die hand van ʼn deelteoretiese konstruk van die sosiale representasieteorie.

Janet Vermaak van die Universiteit van Stellenbosch vir Metamodernisme en die Kuns: Diepte, affek en betrokkenheid in Vlakwater (2015) deur Ingrid Winterbach en De Consequenties (2014) deur Niña Weijers.

Cornelia Susanna (Corné) Johl van die Universiteit van Johannesburg vir Taal, tegniek en ruimte in Willem Boshoff se konseptuele kuns.

Van die wenners:

Me. Antoinette Nel, prof. Bertus van Rooy en dr. Johanita Kirsten van die Noordwes-Universiteit.

Me. Corné Johl is van die Universiteit van Johannesburg. By haar staan prof. Marné Pienaar, Hoof: Departement Tale, Kultuurstudies en Toegepaste Linguistiek (LanCSAL), Skool vir Tale, Universiteit van Johannesburg.

Page 7: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 7

Beursprojek: Die SA Akademie ken sedert 2015 nagraadse beurse toe aan meesters- en doktorale studente wat hul studie in enige vakdissipline in Afrikaans onderneem. Tot op hede kon die Akademie 269 beurshouers finansieel bystaan: 134 doktorale studente, van wie 52 reeds hul studie afgehandel het, 132 meesterstudente, van wie 60 hul studie afgehandel het, en 15 postdoktorale studente.

Vir 2019 is 64 beurse toegeken, waarvan 13 in die natuurwetenskappe is. Aansoeke vir 2020 open in Julie 2019, met 31 Augustus 2019 as sluitingsdatum.

Navorsings- en publikasieprojek:Die Akademie bied finansiële steun vir Afrikaanse navorsing wat tot ʼn publikasie in Afrikaans lei. Aansoeke word deurlopend geëvalueer en daar is geen sluitingsdatum nie. Alle uitgewers word genooi om aansoek te doen om die gedeeltelike befondsing van publikasies.

Uit die Akademiekantoor (vervolg)

Page 8: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

8 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die storie van AfrikaansW.A.M. Carstens & E.H. Raidt

P.G. du Plessis: Hy was ʼn rukkie pagter hier. ʼn Huldiging.Heilna du Plooy

Navrae i.v.m. befondsing van publikasies, beurse en navorsing kan gerig word deur ʼn e-pos te stuur aan Melanie Rens by [email protected], of besoek gerus die Akademie se webwerf by www.akademie.co.za vir meer inligting.

Van die boeke wat deur die Akademie befonds is:

ʼn Stukkie van die legkaartRina Venter

Dr. Rina Venter het kopieë van die boek: ʼn Stukkie van die legkaart, aan dr. Prinsloo oorhandig.

Prof. Jacques van der Elst en dr. Dionē Prinsloo het die Huldigingsboek: P.G. du Plessis, in ontvangs geneem.

Nota:Vorige skakels na video-opnames van die Akademie se geleenthede is beskikbaar op die Akademie se webwerf by www.akademie.co.za25 Januarie 2019: Die Eerste Wêreldoorlog – ʼn vergete oorlog en sy betekenis vir Suid-Afrika http://www.akademie.co.za/die-eerste-wereldoorlog-%E2%80%92-n-vergete-oorlog-en-sy-betekenis-vir-suid-afrika/ 6 Maart 2019: Afrikaans buite ons landsgrensehttp://www.akademie.co.za/akademie-afrikaans-buite-ons-landsgrense/17 April 2019: Die interieurs van konsentrasiekamptente Anglo Boereoorlog 1899 – 1902 http://www.akademie.co.za/die-interieurs-van-konsentrasiekamptente-anglo-boereoorlog-1899-1902/

Page 9: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 9

Akademiepryse 2019

HERTZOGPRYS VIR PROSADie Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl. J.B.M. Hertzog. Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en verhalende prosa, in dié volgorde, toegeken. Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Die Hertzogprys vir Prosa gaan vanjaar aan S.J. (Fanie) Naudé vir Die derde spoel.

S.J. (Fanie) Naude

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig graag aan dat op die volgende bekronings vir 2019 besluit is.

Die pryse sal na keuse van die bekroondes tydens bekroningsplegtighede, op onderskeidelik 10 Julie op Stellenbosch en 11 September in Pretoria, oorhandig word.

EUGÈNE MARAISPRYSDie prys word toegeken vir ʼn eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan ʼnpersoon toegeken word.

Die Eugène Maraisprys word toegeken aan Lodewyk G. du Plessis (die skuilnaam vanAndries Buys) vir Die dao van Daan van der Walt.

Lodewyk G. du Plessis/Regter Andries Buys

Page 10: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

10 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

SCHEEPERSPRYS VIR JEUGLITERATUURDie prys word driejaarliks toegeken vir ʼn werk in Afrikaans in enige genre vir tieners en jongvolwassenes en kan meer as een keer aan dieselfde persoon toegeken word.

Die prys word vanjaar toegeken aan die skrywer Jaco Jacobs vir sy boek Dinge wat ek nie van skape geweet het nie.

Jaco Jacobs

ALBA BOUWERPRYS VIR KINDERLITERATUURDie prys word toegeken vir enige literêre werk in die kategorie kinderliteratuur, d.w.s. die groep lesers van sewe tot twaalf.

Die prys word vanjaar toegeken aan die skrywer Jaco Jacobs en die illustreerder Zinelda McDonald vir Moenie hierdie boek eet nie!

Page 11: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 11

DELEEN BEKKERPRYS VIR DIE BESTE DRAAIBOEK VIR ʼn TELEVISIEDRAMA INAFRIKAANSDie prys kan jaarliks toegeken word vir die beste draaiboek en roteer tussen televisiedrama, rolprent en dokumentêre program in Afrikaans, hetsy ʼn enkeldrama of ʼn episode uit ʼn reeks.

Die prys word vanjaar toegeken vir ʼn televisiedrama aan die draaiboekskrywer Louis Pretorius vir Die Boekklub, seisoen 1, episode 9.

Louis Pretorius

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Jaco Jacobs

In Die Boekklub het Louis Pretorius ʼn fiktiewe groep vriende geskep wat verbind is deur ʼn boekklub wat reeds dertig jaar lank bestaan. Die reeks speel af in die klein dorpie Merweville, waar Pretorius die verhaal vertel van ʼn sukkelende “hipster” van Kaapstad, ene Tom Niemand, wat sy ouma se gastehuis erf en hom dan in dié klein Karoodorpie vestig. Daar ontmoet hy die lede van sy ouma se boekklub en begin ʼn reis van selfontdekking saam met die ander lede van die klub. Episode 9 van Die Boekklub is ʼn

goeie voorbeeld van ʼn karakter wat effens voorkeur geniet ten opsigte van die storielyn en gebeure, en teendie einde van die episode het die meeste van die karakters lewensveranderende besluite geneem wat die algehele storie dramaties vorentoe neem. Louis Pretorius slaag daarin om nuwe lewe aan die taal te gee en te wys dat taal steeds suiwer, maar gemaklik en toeganklik vir almal, gepraat kan word. Hy werk altyd spaarsaam met dialoog, en elke woord word geweeg en het ʼn doel. Dialoog word gebruik om

sy karakters te verstaan en nie te verduidelik nie. Dit is ʼn kenmerk van ʼn goeie skrywer om die blote inligting in ware insig te omskep.

Page 12: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

12 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

HUBERTE RUPERTPRYS VIR KLASSIEKE MUSIEKDie veld van die toekenning dek die klassieke musiek en vanjaar word die prys toegeken aan ʼn instrumentalis wat een of meer van die volgende bespeel: blaasinstrumente (fluit, trompet, ens.); klawerbord (orrel, klavier, klawesimbel) of strykers (viool, ens.).

Die prys word toegeken aan die Odeion-Strykkwartet van Bloemfontein.

Samson Diamond en Sharon de Kock

Die Odeion-Strykkwartet is in 1991 by die Universiteit van die Vrystaat gestig as permanente, voltydse inwonende strykkwartet, en is tans die enigste inwonende strykkwartet aan ʼn Suid-Afrikaanse universiteit. Die Kwartet tree gereeld by groot nasionaleen internasionale kunstefeeste op. Verskeie suksesvolle internasionale toere is onderneem na Oostenryk, België, Duitsland, Switserland en die Verenigde Koninkryk. In 2016 het die Kwartet in samewerking met die kontemporêre Oostenrykse komponiste Klaus Ager, AchimBornhöft en Hannes Heher Oostenrykse en Suid-Afrikaanse werke in Salzburg en Wene uitgevoer. Tuis speel die Kwartet ʼn belangrike rol as leerkragte aan die Universiteit van dieVrystaat se Odeion-Skool vir

Jeanne-Louise Moolman en Anmari van der Westhuizen

Musiek, waar hulle studente van oor die land lok. Werkswinkels oor kamermusiek vir strykinstrumente is gedurende 2016 en 2017 aangebied in samewerking met vooraanstaande internasionale gaste, byvoorbeeld die lede van die Royal Birmingham Conservatoire se ARCO-projek en die bekroonde jong Fitzroystrykkwartet uit die VSA. Dit is tekenend van die kwartet se toewyding aan onderwys.

Page 13: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 13

EREPENNING VIR ʼn TELEVISIEDRAMA IN AFRIKAANSDie Erepenning word toegeken aan die regisseur Louis Pretorius vir Fynskrif, episode 3.

Louis Pretorius

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Samson Diamond en Sharon de Kock

As visuele outeur neem Louis Pretorius die alledaagse en omskep dit in die onverwagte. Met ʼn beskeie begroting slaag hy daarin om ʼn produk te lewer wat gemeet kan word aan internasionale standaarde. Pretorius het in die afgelope drie jaar die regie behartig van Die Boland-moorde, Die Boekklub, reeks 2, en Fynskrif; daarmee bewys hy dat hy ook as regisseur ʼn besondere talent het. Met sy fyn oog vir detail en ʼn oor vir dialoog skep hy vir elke teks ʼn lewe van sy eie wat kykers boei en hulle saam met die karakters op reis neem deur ʼn landskap vol komplekse emosies en moontlikhede. Fynskrif se stories wentel om die dag-tot-dagbestaan van ʼn regsfirma in die hartjie van Kaapstad. As regisseur het hy grootwaardering vir die geskrewe

Jeanne-Louise Moolman en Anmari van der Westhuizen

woord en kry hy dit reg om sy eie unieke visie by te voeg en die teks te verbeter eerder as om dit af te water. Pretorius se insig in die mense verhoog sowel die komiese as die tragiese element. Sy gebruik van beligting in dié reeks toon sy meesterskap en hy skep warmte en menslikheid in ʼn koue korporatiewe milieu. Al die episodes in hierdie reeks bevat veelvoudige storielyne wat Louis Pretorius seepglad saamvleg, en terselfdertyd uitstekende optredes deur die spelers, wat

samehangend en kragtig is, voortbring. Hy is een van die seldsame regisseurs wat oor artistieke merietesowel as tegniese vaardigheid beskik.

Page 14: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

14 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die Erepenning vir Visuele Kunste word toegeken aan Helen Sebidi vir haar bydrae tot visuele kunste in Suid-Afrika.

Hoewel Helen Sebidi reeds sedert die tagtigerjare wêreldwyd erkenning ontvang en plaaslik en internasionaal groot aansien verwerf het vir haar voortrekflike skilder- en beeldhoukuns, is sy tot dusver nie plaaslik na behore vereer vir haar groot bydrae tot die visuele kunste nie. As kind het Helen se ouma haar kreatiwiteit aangewakker met die bou en versiering van kraalmure, die maak van kleipotte, die versiering van kalbasse, weefwerk, kralewerk, breiwerk, kleremaak, tekenwerk en selfs

Helen Sebidi

skilder. Sy het later kunsklasse by John Mohl geneem en in 1985 haar eerste solo-uitstalling by FUBA gehou. Hierdeur het sy bekendheid in die kunswêreld verkry en een van die betekenisvolste en invloedrykste kunstenaars van die Everard Read-galery geword. In 1989 het Helen Sebidi ʼn Fulbright-studiebeurs ontvang en ʼn kunswerkwinkel van 45 dae in Washington bygewoon. Dieselfde jaar het sy die Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar-toekenning gewen. Sedert die 1990’s het Sebidi wyd gereis en uitgestal, insluitende in Brittanje, Nederland en die VSA. In 2004 is die Orde van Ikhamanga deur president Thabo Mbeki aan haar toegeken.

EREPENNING VIR VISUELE KUNSTE

Sy het tans ʼn ateljee in Parktown, Johannesburg, en sy bestee baie van haar tyd daaraan om ʼn jonger generasie kunstenaars te inspireer en aan te moedig.

Die Erepenning word toegeken vir prestasies en bydraes ten opsigte van die bevordering en ontwikkeling van ʼn besondere vakgebied in die natuurwetenskappe. Die prys word toegeken aan prof. Debra Meyer, Uitvoerende Dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe, Universiteit van Johannesburg.

As Dekaan maak prof. Meyer ʼn besondere bydrae tot die natuurwetenskappe in Suid-Afrika en haar

Prof. Debra Meyer

Fakulteit word deur verskeie graderingsinstrumente as een van die beste in sy soort in Suid-Afrika beoordeel. Prof. Meyer het ʼn wye belangstellingsveld en sy oefen ʼn wesenlike invloed uit deur haar bydrae tot gemeenskapsopvoeding. Sy het ook opgang gemaak as sakevrou en dien tans in die direksies van ʼn verskeidenheid van maatskappye, waaronder Naspers, Atterbury Trust, Orbiss Africa, Media 24 en Die Dagbreek Trust.

DIE EREPENNING VAN DIE SA AKADEMIE SE FAKULTEIT NATUURWETENSKAP EN TEGNOLOGIE AAN PROF. DEBRA MEYER VIR HAAR AKADEMIESE BYDRAE TOT DIE NATUURWETENSKAPPE IN SUID-AFRIKA

Page 15: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 15

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die Erepenning vir Rolprentkuns word vanjaar toegeken aan die uitvoerende rolprentvervaardiger Jan du Plessis.

Die kollig val selde op die uitvoerende vervaardiger, wat dikwels ʼn rolprent help skep en sorg dat dit gemaak word. Min mense weet hoe belangrik en deurslaggewend die werk van die uitvoerende vervaardiger van ʼn rolprent is. Hy/sy is die persoon wat orde uit die artistieke chaos skep en dit in ʼn rigting stuur wat uiteindelik ʼn rolprent word. Die vervaardiger is al beskryf as die masjienkamer in die fabriek van ʼn rolprent wat nooit raakgesien word nie en wie se rol skreiend onderskat

Jan du Plessis

word. Jan du Plessis kan sedert sy debuut as vervaardiger, en later as die hoof van kykNET-films, gesien word as een van die produktiefste vervaardigers van rolprente in Suid-Afrika. Hy kan as een van die groot dryfvere en kragte in veral die Afrikaanse rolprentbedryf beskou word. Van sy bekendste rolprente as vervaardiger sluit die baanbrekersrolprente Kanarie en Johnny is nie dood nie en lokettreffers soos Ellen: die Ellen Pakkies storie, Nommer 37, Noem my Skollie, Sink, Tess, Wonderlus, Vaselinetjie, Raaiselkind, Hollywood in my huis en Fiela se kind in. Komende rolprente sluit Moerbeibos en Die swerfjare van Poppie Nongena in. Hy word vir sy kundigheid, dapperheid en

EREPENNING VIR ROLPRENTKUNS

nugtere aanvoeling vereer, ook toe niemand Afrikaanse films wou befonds nie, vir die sensitiewe manier waarop hy met akteurs, skrywers en medevervaardigers werk, en vir sy insig.

Die Erepenning word toegeken aan mev. Pippa Parker.

In Suid-Afrika is Struik Nature in Kaapstad, tans ʼn drukkersnaam van Penguin Random House (SA), reeds etlike jare lank die voorste plaaslike uitgewer van populêrnatuurwetenskaplike boeke van onbetwiste wêreldgehalte. Hierdie sukses is in geen geringe mate nie toe te skryf aan die dinamiese leierskap van mev. Pippa Parker, die Publikasiebestuurder/Uitgewer van die Afdeling Natuurwetenskappe van Struik Nature. Oor die jare het Pippa Parker met dinamiese en vooruitstrewende leiding, visie, goeie oordeel, sakevernuf en persoonlike belangstelling ʼn reuserol gespeel om populêrnatuurwetenskaplike boeke in Suid-Afrika te bevorder. In die 23 jaar met Pippa Parker aan die stuur verskyn ʼn verstommende 511 titels by Struik Nature/Struik Uitgewers, meestal boeke oor ʼn wye spektrum van natuurwetenskaplike onderwerpe. Oor ʼn tydperk van meer as twee dekades het Pippa se bevoegdheid en produktiwiteit as uitgewer die populêrnatuurwetenskaplike literatuur in Suider-Afrika, in sowel Engels as Afrikaans, aansienlik verryk.

BESONDERE EREPENNING VAN DIE AKADEMIE

Page 16: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

16 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die prys word toegeken vir ʼn persoon se skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ʼn vertakking of vertakkings van die geesteswetenskappe, wat as ʼn wesenlike en belangrike by-drae tot die bevordering van die geesteswetenskappe beskou kan word. Die bydraes moet verkies-lik in Afrikaans wees.

Die prys word vanjaar toegeken aan prof. R.H. (Rufus) Gouws van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universi-teit van Stellenbosch.

Prof. Gouws het aan die Afrikaanse, Suid-Afrikaanse en Afrika-leksikografie weten- skaplike onderbou gegee. Internasionaal staan hy bekend as dié metaleksikograaf uit Afrika, terwyl hy plaaslik ook as praktiese leksikograaf bekend-heid verwerf het. As Afrikaanse taalkundige verseker hy dat Suid-Afrika, die Universiteit van Stellenbosch en Afrikaans erken word as ʼn internasionale rol- speler in die leksikografie. Sy loopbaan van meer as 39 jaar dek ʼn produktiewe doseer- en navorsingsloopbaan in die Afrikaanse taalkunde en meer spesifiek die leksikografie. Prof. Gouws doseer dikwels inter- nasionaal en is ʼn navorsings- genoot in verskeie Europese

Prof. Rufus Gouws

N.P. VAN WYK LOUWMEDALJE

lande. Reeds in 1999, as navorsingsprofessor aan die Universiteit van Heidelberg in Duitsland, ontwerp hy ʼn teoretiese model vir die nasionale woordeboekeenhede vir al die inheemse tale wat deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad gestig sou word. Hy help ná hier-die stigting met die teoretiese opleiding van die leksikograwe van hierdie eenhede. In die tydperk 2003–2007 lewer hy tien PhD-studente uit Gaboen. Vers-keie van hierdie kandidate werk tans aan woordeboekprojekte of is dosente in Gaboen.

Sy internasionale status word bevestig daardeur dat hy as die enigste persoon buite Duits-land genooi is om te dien in die redaksie van twee van dié gesaghebbende leksikografie-navorsingspublikasies. Tans is sy navorsingsfokus op elektroniese woordeboeke en hy publiseer wyd oor die beste model vir elektroniese woordeboeke. Hy is tans (mede-)outeur van sewe woordeboeke, waaronder die vernuwende tweetalige woordeboek Prisma groot woordenboek Afrikaans en Neder-lands, ʼn gesamentlike Belgies- Nederlands-Suid-Afrikaanse projek met ʼn volledig nuwe teoreties gefundeerde makrostruktuurtipe.

Page 17: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 17

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die D.F. Malanmedalje word as ʼn besonder hoë onderskeiding beskou en word slegs toegeken aan persone wat werk van die hoogste gehalte gelewer het ter bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Die prys word toegeken aan prof. H.P. (Hennie) van Coller, emeritus professor en voormalige hoof van die Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat en tans navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit.

Die prys word aan prof. Van Coller toegeken op grond van sy groot verskeidenheid wetenskaplike en bellettristiese bydraes tot Afrikaans en sy volgehoue werksaamhede om Afrikaans te bevorder en dit as onderwys- en openbare taal te behou. Sy grootste bydrae is waarskynlik sy meer as 100 artikels in geakkrediteerde tydskrifte, 40 hoofstukke in boeke, talle populêre publikasies en resensies. Hy is die outeur, mede-outeur of redakteur van meer as 20 boeke. Van besondere belang is sy redakteurskap van twee groot literatuurgeskiedenisse. Die eerste is die driedelige literatuurgeskiedenis Perspektief

Prof. Hennie van Coller

en profiel. Die tweede is die nuwe Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans, naamlik Verbintenis en venster, wat in Mei vanjaar verskyn. Dit bestaan uit twee dele: Deel 1 beslaan byna 300 bladsye, deur prof. Van Coller geskryf, en deel 2 ongeveer 740 bladsye, grotendeels bestaande uit hoofstukke van seminale Nederlandstalige skrywers. Daarvan het hy twee hoofstukke bygedra. Hy het al verskeie toekennings ontvang. Onder die internasionale uitnodigings en erkennings is ʼn versoek om een van die outeurs van die Cambridge History of South African Literature te wees. Hy het ook ʼn bydrae gelewer in die Universiteit van Berlyn se publikasie oor die vertaling van Shakespeare se sonnette. Hy dien in verskeie rade en verenigings, onder andere die Afrikaanse Letterkundevereniging, is ʼn lid van die RGN se spesialiskomitee, hoofbestuurslid van die Afrikaanse Skrywerskring en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek, en paneellid van die National Arts Council. Hy is ook ʼn lid van verskeie internasionale verenigings, soos die International Comparative Literature Association, die African Literature Association en

D.F. MALANMEDALJE

die Maatskappij der Nederlandse Letteren, ʼn hoofbestuurslid van die ALV en ʼn bestuurslid van die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek.

Page 18: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

18 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

GUSTAV PRELLERPRYS VIR LITERATUURWETENSKAP EN LETTERKUNDIGE KRITIEKDie prys is al om die drie jaar beskikbaar vir literatuurwetenskaplike werk in Afrikaans, met inbegrip van letterkundige kritiek.

Die prys word vanjaar toegeken aan prof. Heilna du Plooy, verbonde aan die Noordwes- Universiteit.

Prof. Heilna du Plooy

DIE EREPENNING VAN DIE SA AKADEMIE SE FAKULTEIT NATUURWETENSKAP EN TEGNOLOGIE AAN DR. CASSIE CARSTENS VIR SY JARELANGE BYDRAE TOT DIE WERKSAAMHEDE VAN DIE SA AKADEMIEDr. Cassie Carstens is die voorsitter van die Werkgemeenskap Pretoria en is werksaam by die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa).

Dr. Cassie Carstens

Page 19: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 19

Akademiepryse 2019 (vervolg)

C.L. ENGELBRECHTPRYS VIR AFRIKAANSE TAALKUNDEDie prys roteer tussen ʼn gepubliseerde Afrikaanse letterkundige werk en ʼn gepubliseerde werk in Afrikaans oor die Afrikaanse taalkunde. Die prys word toegeken aan die boek Kaaps in fokus, waarvan proff. Frank Hendricks en Charlyn Dyers die redakteurs is. Dit is die eerste akademiese publikasie waarin verskillende skrywers Kaaps as een van die oudste variëteite van Afrikaans uit verskillende invalshoeke belig. In hierdie knap bundel word verskeie aspekte van Kaaps na

Proff. Frank Hendricks en Charlyn Dyers

waarde geskat om te toon hoe ryk en ruim Afrikaans waarlik is. ʼn Uiters tydige stuk werk wat Afrikaans se lewenskragtigheid bewys.

Die pryse word toegeken vir ʼn hoogstaande publikasie of ʼn reeks hoogstaande publikasies, by voorkeur in Afrikaans, asook vir indiwiduele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word.

Stalsprys vir Geskiedwetenskappe

Die prys word vanjaar toegeken aan prof. André Wessels, voormalige hoof van die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat.

Prof. Wessels se navorsing fokus op die Suid-Afrikaanse militêre

Prof. André Wessels

geskiedenis, met spesialeverwysing na die Anglo-Boereoorlog (1899–1902), en die Suid-Afrikaanse NasionaleWeermag, waar sy fokus die Suid-Afrikaanse Vloot is. Sy boek Suid-Afrika se Vlootmagte1922 - 2012, wat in 2017 verskyn het, verdien spesiale vermelding. Prof. Wessels is ook ʼngewaardeerde kollega in die buiteland, waar hy sedert 2009 gasprofessor is by dieAustraliese Weermagakademie van die Universiteit van Nieu-Suid-Wallis. Hy lewer ookbydraes vir die South African Defence Review en vir bekende internasionale publikasiessoos Jane’s Fighting Ships (die mees gesaghebbende en invloedryke naslaanbron oor

STALSPRYSE

vlootaangeleenthede) en The Military Balance (die invloedryke vlagskippublikasie van dieinternasionale Institute of Strategic Studies in Londen).

Page 20: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

20 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die prys word toegeken aan prof. Jannie J. Rossouw, Hoof van die Skool vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Universiteit van die Witwatersrand.

Prof. Rossouw het hom gevestig as een van die voorste ekonome en akademici in Suid-Afrika. Hy het oor ʼn aantal jare vele akademiese en populêre publikasies die lig laat sien oor verskeie tersaaklike Suid-Afrikaanse

Prof. Jannie Rossouw

ekonomiese vraagstukke, veral oor die geloofwaardigheid van inflasiesyfers en inflasieverwagtinge; monetêre kwessies, insluitende sentrale bankwese; en fiskale standhoudendheid. Sy akademiese publikasies oor hierdie brandende kwessies lewer ʼn belangrike bydrae om sekere kernuitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie te ontleed en toe te lig en voorstelle te maak om van die uitdagings die hoof te bied.

Stalsprys vir Ekonomie

Die prys word vanjaar toegeken aan prof. Johan Snyman, emeritus professor in Filosofie aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (tans Universiteit van Johannesburg).

Prof. Snyman word vereer vir die uitmuntende en baanbrekende bydraes tot filosofie en etieknavorsing wat hy oor ʼn periode van 42 jaar gelewer het. Prof. Snyman staan plaaslik en internasionaal bekend as een van die belangrikste deskundiges op die gebied van die neomarxisme en die wyse waarop die neomarxisme deur politiek-estetiese perspektiewe beïnvloed is en self ʼn maatgewende invloed op die politieke estetika uitgeoefen het.

Prof. Johan Snyman

Hierdie baanbrekende navorsing het in die latere fase van sy loopbaan aanleiding gegee tot sy groeiende belangstelling in Afrikaanse intellektuele politiek-estetiese geskiedenis, in byvoorbeeld die wedersydse relevansie van slagoffers se vergelykbare ervarings in die Duitse volksmoord en die lyding van Afrikaanse mense in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog. Johan Snyman is die eerste persoon in die geesteswetenskappe in Suid-Afrika wat in publikasies die temas en perspektiewe van die Duitse Historikerstreit van die 1980’s op sogenaamde Afrikaanse historiese perspektiewe van toepassing gemaak het.

Stalsprys vir Filosofie en Etiek

Page 21: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 21

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die Ds. Pieter van Drimmelenmedalje word toegeken vir aktiwiteite soos Bybelvertaling, teologiese handboeke in Afrikaans vir gebruik deur universiteitstudente, gepubliseerde preekbundels, godsdiensonderwys en die skryf, vertaling, toonsetting en bywerking van Afrikaanse Psalms en Gesange. Die prys word toegeken aan prof. H.J.B. (Bernard) Combrink, emeritus professor en voormalige Dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch. Erkenning word veral aan prof. Combrink gegee vir sy deurslaggewende

Prof. Bernard Combrink

rol as projekleier vir Die Bybel: 2020-vertaling sedert 2006 en ook vir sy rol as medevertaler van die Afrikaanse Bybel vir die Dowes vanaf 1997 tot 2005. As projekleier van die 2020-vertaling het prof. Combrink verseker dat daar deurgaans getrou gebly is aan die brontekste van die Bybel en dat die vertaling in goed versorgde, verstaanbare Afrikaans is. Meer as 140 medewerkers uit ʼn wye verskeidenheid van Afrikaanse kerkgenootskappe het onder leiding van prof. Combrink deelgeneem aan die vertalingsproses. Die voltooiing van die vertaling van die Bybel

DS. PIETER VAN DRIMMELENMEDALJE

in Afrikaans in 2020 sal sekerlik dié belangrikste Afrikaanse geestelike teks van die afgelope vier dekades vir ʼn breë Afrikaanse gehoor daarstel.

Die Totiusprys kan driejaarliks toegeken word vir ʼn hoogstaande publikasie of ʼn reeks hoogstaande publikasies in Afrikaans oor die Christelike teologie en/of die studie van die grondtale van die Bybel. Die prys word toegeken aan dr. Coenraad Wilhelm (Coenie) Burger, tans programbestuurder van die verlengde BTh-program aan die Universiteit van Stellenbosch vir “townshipleraars”. Dr. Burger het hom oor die jare bewys as een van die toonaangewende teoloë

Dr. Coenie Burger

wat hoogstaande publikasies in Afrikaans skryf en het reeds twee keer die Andrew Murrayprys vir Christelike lektuur verower. Dr. Burger se publikasies oor veral gemeentestudies het die kerk opnuut voorberei vir die taak om die evangelie in Suid- Afrika te verkondig, terwyl die Woord in die Lig-reeks, waarvan hy medeskrywer en - redakteur was, steeds ʼn enorme invloed op die Woordverkondiging in Afrikaanse kerke het.

TOTIUSPRYS VIR TEOLOGIE EN DIE STUDIE VAN DIE GRONDTALE VAN DIE BYBEL

Page 22: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

22 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die medalje word driejaarliks toegeken vir bedryfsleiding. Die volgende geld by die oorweging van ʼn kandidaat: Skeppende bydrae tot die Suid-Afrikaanse bedryfslewe; volgehoue uitbouing oor ʼn lang tydperk van die terreine waarop die kandidaat hom/haar begewe; leiding op bepaalde terreine en die besieling wat daar van die persoon uitgegaan het om die gebied verder te ontwikkel. Die prys word as die kroon op ʼn lewenstaak beskou en kan slegs een maal aan ʼn persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan dr. Johan van Zyl, tans Uitvoerende Direkteur van Toyota Motorkorporasie Internasionaal. Dr. Van Zyl was tussen 1984 en 1993 senior lektor en professor aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit van Potchefstroom (tans die Noordwes-Universiteit). Ná sy aanstelling as verkoopsdirekteur by Toyota word hy in Maart 1995 bevorder tot direkteur van bemarking en in Mei 1996 tot besturende direkteur van Toyota Suid-Afrika. In 2002 word hy president en hoof- uitvoerende beampte van Toyota SA en in Junie 2009 word hy aangestel as uitvoerende beampte van die

Dr. Johan van Zyl

FRANS DU TOITMEDALJE VIR BEDRYFSLEIDING

Toyota Motorkorporasie (Japan) en minder as ʼn jaar later, in 2010, as adjunkhoof- uitvoerende beampte vir die Midde-Ooste, Afrika en Latyns-Amerika. In 2013 word hy aangestel as hoof- uitvoerende beampte vir Toyota se sakebedrywighede in Afrika en twee jaar later kry hy dieselfde verantwoordelikhede vir Toyota in Europa. In 2016 word hy voorsitter van Toyota in Suid-Afrika en in Januarie 2019 word hy bevorder tot uitvoerende direkteur van Toyota Motorkorporasie Internasionaal. Hy is verantwoordelik vir alle bedrywighede van Toyota in Europa en vir die verkope en bemarkingsaktiwiteite in 54 lande.

Johan van Zyl dien in die raad van die Noordwes-Universiteit, asook in die adviesraad van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van die Universiteit van Pretoria. Hy is betrokke by die Gordon Institute of Business Science van UP en dien as stigter en voorsitter van die Toyota Wessels Instituut vir Vervaardigingstudies. Hy het ʼn eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit ontvang en die Eurostar-toekenning as een van die top-18 uitvoerende beamptes in die motorbedryf in Europa.

Page 23: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 23

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die prys kan jaarliks toegeken word en roteer tussen ʼn gepubliseerde werk, die beste M-verhandeling, en die beste D-proefskrif in geskiedenis in Afrikaans. Dit word vanjaar toegeken aan die beste gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans in die afgelope drie jaar. Die prys word toegeken aan dr. J.E.H. (Jackie) Grobler vir Die Eerste Vryheidsoorlog 1880 - 1881.

Dr. Grobler was vir bykans 40 jaar as dosent verbonde aan die Departement Historiese en Erfenisstudies van die Universiteit van Pretoria. Hy het hom as kenner van die

Dr. Jackie Grobler

19de-eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis gevestig. Dr. Grobler lewer met hierdie boek ʼn waardevolle bydrae tot die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing, want so ʼn omvattende boek oor die Eerste Vryheidsoorlog is nog nie voorheen gepubliseer nie. Die hoofdoel van die boek is om ʼn ewewigtige beeld van veral die militêre verloop van die stryd te gee. Dr. Grobler het alle bekende bronne wat moontlik lig op hierdie kwessie kon werp, geraadpleeg ten einde in die tradisie van die historikus Leopold von Ranke te kan beskryf wat “werklik” in die oorlog gebeur het. Daarbenewens is die doel van dié werk om lig te werp op die

PROTEA BOEKHUISPRYS VIR BESTE WERK IN GESKIEDENIS OF KULTUURGESKIEDENIS IN AFRIKAANS

denke, persepsies, emosies en optrede van die prominente rolspelers in hierdie oorlog, asook van die middelvlakoffisiere en amptenare aan beide kante en, vir sover dit moontlik is, van die gewone burgers en soldate.

Die prys word toegeken aan ʼn persoon vir sy/haar skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskap en/of die tegnologie (of ʼn vertakking of vertakkings daarvan) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang. Die prys word gesien as die kroon op ʼn lewenstaak en kan daarom net een maal aan ʼn persoon toegeken word.

Die prys word toegeken aan prof. Alvaro M. Viljoen, verbonde aan die Departement Farmaseutiese Wetenskappe van

Prof. Alvaro Viljoen

die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT), Pretoria. Prof. Viljoen het by die TUT ʼn nuwe navorsingsrigting begin wat ʼn wêreldwye uitwerking gehad het op verskeie sake in die veld van medisinale plante en het die navorsingsgroep uitgebou tot ʼn sterk groep wetenskaplikes in Suid-Afrika. Hy is een van die produktiefste wetenskaplikes in Suid-Afrika en geniet groot internasionale aansien. Sy lang lys publikasies en internasionale medewerkers weerspieël buitengewone toewyding en volgehoue voldoening aan die hoogste wetenskaplike standaarde in sy vakgebied. Die groot aantal studente, ook van

M.T. STEYNPRYS VIR NATUURWETENSKAPLIKE EN TEGNIESE PRESTASIE

oorsee en verskeie Afrikalande, wat onder sy leiding ontwikkel het en wat reeds elders in ons land presteer, is opvallend.

Page 24: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

24 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die medalje word toegeken vir verdienstelike werk op die gebied van die natuurwetenskap, die tegnologie of die geneeskunde. Die prys kan driejaarliks toegeken word.

Die prys word vanjaar toegeken aan dr. Hannes de Lange, tans kontraknavorser vir verskeie maatskappye en woonagtig in Oudtshoorn.

Dr. De Lange se hele loopbaan was daarop toegespits om probleme wat veral die landboubedryf betref, te ondersoek en op te los. Sy vroeë bydrae was die ontwikkeling van nuwe sitruskultivars, wat reeds die afgelope 50 jaar in die bedryf gebruik word. Tydens sy loopbaan by die Nasionale Botaniese Instituut by Kirstenbosch het sy navorsing om die weefselkultuur van inheemse plante te bevorder, vrugte afgewerp. Hy was die eerste navorser ter wêreld wat kon aandui dat rook die ontkieming van saad in die fynbosplante stimuleer. Dit het groot implikasies gehad vir die kweek van plante van die fynbosgebied en Mediterreense klimaatstreek. Baie spesies wat vroeër nie gekweek kon word nie, kon dus in die bedryf bekendgestel word. Dr. De Lange se navorsing oor die taksonomie, groeibehoeftes, oes, fermentasie en smaak van verskillende spesies heuningbos, ook met die samewerking van baie boere en akademici, het meegebring dat heuningbostee in die buiteland gewild geword het en dat boere tans 300 tot 600 ton per jaar uitvoer. Hy het ook besef dat die rooibosteebedryf op ʼn baie nou genetiese variasie gebaseer is, en het onlangs groot projekte oor hierdie aangeleentheid begin onderneem.

GOUE AKADEMIEMEDALJE

Die Havengapryse is ʼn jaarlikse prestigeprys wat vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegniese gebied toegeken word. Die prys kan net een maal aan ʼn persoon toegeken word.

Havengaprys vir Lewenswetenskappe

Die prys word toegeken aan prof. Ian A. Dubery, Direkteur: Navorsingsentrum vir Plantmetabolomika, Universiteit van Johannesburg. Prof. Dubery se navorsing fokus op die biochemie van stresmetabolisme by plante, ʼn veld waarin hy

Prof. Ian Dubery

internasionale erkenning vir sy innoverende bydraes geniet. As biochemikus het hy nuwe benaderings en insigte na die interdissiplinêre veld van plant-mikrobe-interaksies gebring. Sy wetenskaplike bydraes getuig van uitnemendheid soos weerspieël deur sy publikasies in vakjoernale wat spesialiseer in plantbiochemie en molekulêre biologie, maar ook in algemene biochemiejoernale. Hy word deur eweknie-wetenskaplikes gereken as ʼn internasionale wetenskaplike wie se navorsing ʼn beduidende uitwerking op sy spesialiseringsgebied het.

HAVENGAPRYSE

Page 25: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 25

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die prys word vanjaar toegeken aan prof. Barbara Huisamen, emeritus professor in die Departement Biomediese Wetenskappe, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit van Stellenbosch.

Prof. Huisamen het ʼn lang navorsingsloopbaan in die mediese wetenskappe agter die rug waartydens sy uitstekende en betekenisvolle bydraes gelewer het. Prof. Huisamen se navorsing het gefokus op

Prof. Barbara Huisamen

die medisinale eienskappe van veral drie inheemse plante met die uitsluitlike doel om die vele anekdotes van gesondheidsvoordele vir veral tipe 2- diabetes, hipertensie en vetsug wetenskaplik te ondersoek. Haar navorsing geniet nasionale en internasionale erkenning, soos blyk uit haar veelvuldige publikasies in hoëimpaktydskrifte, talle eretoekennings en voordragte op plaaslike en internasionale kongresse.

Havengaprys vir Gesondheidswetenskappe

Die prys word toegeken vir ʼn navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gepubliseer is.

Die prys word toegeken aan prof. G.J.H. (Gert) Krüger van die Noordwes-Universiteit vir sy artikel “Kontrasterende invloed van chroniese osoonblootstelling op fotosintetiese elektronoordrag en CO2-assimilering in gevoelige (S156) en bestande (R123) Phaseolus vulgaris L.- genotipes”, wat in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 37 (1) (2018), verskyn het.

DOUW GREEFF-PRYS

Die prys word toegeken vir ʼn artikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het.

Die prys word toegeken aan prof. Phil van Schalkwyk van die Noordwes-Universiteit vir

Prof. Phil van Schalkwyk

die artikel “ʼn Herevaluering van Eben Venter se Wolf, wolf binne die konteks van sy oeuvre”, wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jg. 57 (2-1), Junie 2017, verskyn het.

ESTHER GREEFF-PRYS

Page 26: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

26 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademiepryse 2019 (vervolg)

Die medalje word driejaarliks toegeken aan enige bioloog in suidelike Afrika wat uitmuntend in sy/haar werksveld presteer het. Wetenskaplike werk van meer toegepaste aard en van voortreflike gehalte wat die status van die biologiese wetenskappe bevorder het deur byvoorbeeld besondere navorsing, onderwys of bestuursleiding, kom hiervoor in aanmerking. Dit kan óf vir ʼn enkele uitstaande bydrae óf vir ʼn voortgesette bydrae oor ʼn lang tydperk op die gebied van die omgewingsbiologie toegeken word.

Die prys word vanjaar toegeken aan prof. Erik Holm, emeritus professor en voormalige hoof van die Departement Entomologie aan die Universiteit van Pretoria. Prof. Holm word vereer vir sy wetenskaplike en ander vakkundige bydraes tot die entomologie, asook die bevordering van ʼn belangstelling in insekte en die natuur onder

Prof. Erik Holm

SENIOR KAPTEIN SCOTT-GEDENKMEDALJE

die algemene publiek. Onder prof. Holm se dinamiese leiding spesialiseer die Departement Entomologie in insektaksonomie, mediese entomologie en insekplaagbeheer. Ná sy aftrede by die Universiteit van Pretoria geniet prof. Holm steeds internasionale aansien as spesialis op die subfamilie Cetoniinae en familie Buprestidae van Suider-Afrika. Prof. Holm plaas ʼn hoë premie op vakkundige gemeenskapsdiens. Vir hom is publieke opvoeding die taak van elke akademikus. Hy is ook ʼn kunstenaar wat die boeke wat uit sy pen verskyn het, ryklik geïllustreer het met sy eie voortreflike illustrasies; hy het ook vir sy studente ʼn kursus in tekentegniek aangebied. Hy is vantevore ook deur die Filateliedienste genader om twee reekse seëls met insekte as tema te illustreer, een reeks vir die destydse Suidwes-Afrika en die ander vir Suid-Afrika. Erik Holm is tans ʼn direksielid en omgewingsraadgewer vir die

ZZ2-Boerdery in Suid-Afrika. Sy belangstelling is die toepassing van ekologiese beginsels in die struktuur en strategie van boerderyondernemings. Sy bydraes as bioloog het deur leierskap, onderrig, navorsing en kuns die land se kennis van veral die entomologie in Suider-Afrika betekenisvol verryk.

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling wat by ʼn Suid-Afrikaanse universiteit vir die M.Sc.-graad ingedien is (om die beurt in die dierkundige en plantkundige wetenskappe). Vanjaar is plantkundige wetenskappe aan die beurt.

Alex de Gouveia

Die medalje word toegeken aan mnr. N.A.M. (Alex) de Gouveia, verbonde aan Universiteit van die Vrystaat, vir sy verhandeling “Systematics of Crabbea Harv. (Acanthaceae) in southern Africa”.

JUNIOR KAPTEIN SCOTT-GEDENKMEDALJE (Plantkundige Wetenskappe)

Page 27: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 27

POORTPRYS 2019

Die Poortpryse word jaarliks toegeken vir die twee beste skeppende bydraes (poësie, prosa, drama) deur leerlinge in grade 10, 11 en 12 wat aan die Poortkompetisie deelgeneem het.

Die Poort-skryfkompetisie word al die afgelope 49 jaar elke jaar deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aangebied. Verblydende nuus is dat daar vanjaar weereens ʼn hele aantal “nuwe” skole, ook skole uit Namibië, deelgeneem het. Benewens die Afrikaanse skole wat gereeld deelneem, is daar verskeie skole met Engels as onderrigmedium wat jaarliks entoesiasties leerders vir hierdie kompetisie inskryf. Die keurders het uit ʼn verskeidenheid van skole ook die kreatiewe skryfwerk geïdentifiseer vir plasing in die Poortbundel wat later vanjaar gepubliseer word. Opregte dank aan al die Afrikaans-leerkragte van alle skole wat jaarliks die leerders tot hierdie skryfwerk motiveer.

Die vier keurders het die uitdagende evalueringsproses van die Poort-inskrywings afgehandel, en dit is aangenaam om die algehele wenners van 2019 in die poësie- en die prosagenre bekend te maak.

Die volgende pryse word vanjaar toegeken: Prosa: Lani de Beer van die Hoërskool Jim Fouché vir Voor ek vergeet ... Poësie: Dyllan Niehaus van die Hoërskool Menlopark vir sy gedig Aan my vrye vers.

Poort-skryfkompetisie 2019

Dyllan Niehaus, en Lani de Beer.

Page 28: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

28 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

POORTPRYS 2019 (vervolg)

Wengedig van Dyllan Niehaus, Hoërskool Menlopark, Pretoria, vir Aan my vrye vers.

jy

jy is die horisonwaarop al my woorde lê

die reën in jou handelaat my gedigte groei

in die skemer van jou naamhou jy my staandejy

jy die reisigerwat met die maan kon dansterwyl ek snags droomoor die heuningvan die son se straleaan die soet gevlekte randevan jou lippe

wanneer die wintersnagdie vensterbank bekruipsoek ek skuilingin die somer van jou armsdaar waar jy myen my jonge verselaat ontkiem

o, God is ʼn digteren jyjy is ʼn vrye vers

Wenverhaal van Lani de Beer, Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein, vir Voor ek vergeet ...

Ek hoop hierdie brief vind sy weg na die mensdom; ons is in gevaar.

Voor ek vergeet, moet ek sê: my naam is Nancy Nel en ek is ʼn ruimtevaarder. Ons skip is op pad na Ocarina, een van Saturnus se pasontdekte mane. My hipotese is dat ons, die bemanning, vasgekeer is in ʼn energieveld wat jou verstand wil skoonvee.

My vermoede het begin toe ons kaptein, Hugo Jacobs, een oggend sonder kouse opgestaan het. Ek het hom gevra: “Waarom dra jy nie meer slaapsokkies nie?” en hy het na my gekyk asof ek ʼn derde arm bygekry het. “Ek het nog nooit slaapsokkies gedra nie,” het hy gesê. Tog onthou ek dat hy elke nag daarmee bed toe is. Indien dit nie so is nie, is my naam nie Nancy Nel nie!

Die energieveld kan nie met die blote oog waargeneem word nie, maar hoe nader ons aan Ocarina kom, hoe ligter voel die atmosfeer in die skip. Kaptein Herman Jacobs het gesê ek verbeel my, maar ek sien dwarsdeur hom en sy slaapmuslose kop.

My goeie vriendin aan boord, Mina Hugo, ondersoek op die oomblik my suurstoftenk. Sy beweer dat daar iets daarmee fout is, maar ek weet die fout lê by wat ons op Oceania gaan vind. Hopelik sal ons daar kom voordat al ons gedagtes gesteel is.

Ek wag in die skip se slaapkamer vir my goeie vriendin Mila Jacobsen om klaar te maak met my suurstoftenk. Wag… sê nou net die energieveld laat die wesens van Ocelot toe om ons gedagtes te beheer! Aarde, as julle hierdie brief vind, moet nie huiwer om onverwyld hulp te stuur nie.

Ek hoor Mara en kaptein Hendrik praat. Hulle gesels in ʼn taal wat ek nie verstaan nie. O liewe Aarde, ons benodig dringende hulp! Ek voel hoe my vaardighede wat ek deur die lewe geleer het, stadig maar seker uit my kop glip.

Mona het so pas aan die deur begin klop. Sy sê ek kry te min suurstof. Ek weet sy word deur die energieveld beïnvloed; sy is nie meer betroubaar nie. Kaptein Hannes het saam met haar aan die deur begin hamer. Ek het dit gesluit.

Aarde, ek is die enigste persoon oor wat nie onder Ocidney se beheer is nie. My verlore kollegas probeer my uit die veilige kamer lok. Ek gaan net hier bly.

Voor ek vergeet moet ek net sê: my naam is Nandi Nilssen en ek is ʼn wildbewaarder.

Page 29: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 29

POORTPRYS 2019 (vervolg)

Die ontwerp van Poort 2019 se voorblad-kompetisie is gewen deur Chrizelle Strydom van die Hoërskool Upington

HET U DALK GROEPFOTO’S VAN VORIGE AKADEMIERADE?

Die Akademiekantoor beplan om groepfoto’s van Akademierade wat in die verlede gedien het, uit te stal. Dalk het u of familielede in die verlede vir een of meer termyne as raadslid gedien en het u nog ou foto’s in u besit. Indien u dit nie aan die Akademie wil skenk nie, sal ons dit graag by u wil leen om afdrukke daarvan te laat maak. Ons benodig die groepfoto’s van die volgende:

Enige groepfoto’s van voor 1942, asook van enige termyn tussen 1942 en 1979, en van die termyn 2003 – 2005.

Kontak Linda Brink asseblief so gou moontlik by [email protected].

Page 30: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

30 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

ATKV-SA Akademiepryse 2019

• Prof. J.C. Sonnekus, Fakulteit Regte, Universiteit van Johannesburg, vir die artikel “Aanspreeklikheid vir nadeel weens regmatige owerheidshandelinge – rus die skade maar waar dit val?”, wat verskyn het in TSAR 2017.1.

• Prof. Louise Viljoen, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch, vir die artikel “’ʼn Postkoloniale Umweltkas’: die vraag na ʼn transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar”, wat verskyn het by LitNet Akademies (GW), Jg. 14(3), Desember 2017.

• Prof. James Alfred Loader, Fakulteit Teologie, Universiteit Wene, Oostenryk, vir sy artikel “Die gestaltes van Philipp Melanchthon se Spreukekommentaar”, wat verskyn het in HTS Teologiese Studies/Theological Studies, 2017.

• Prof. M. Burden, Kultuurhistorikus, Universiteitsmuseum, Universiteit van Stellenbosch en Buitengewone Professor, Departement Geskiedenis en Antieke Kultuur, Noordwes-Universiteit vir haar artikel “Argitektoniese elemente en motiewe in ou-Kaapse meubels”, wat verskyn het in die SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, Jg. 31(2), Desember 2017.

Geesteswetenskappe:

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel elke jaar prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in die betrokke jaar in ʼn geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns behartig die keuringsproses.

Artikels wat in 2017 verskyn het en deur die redakteurs van geakkrediteerde tydskrifte aan die Akademie voorgelê is, is beoordeel. Die pryswenners is soos volg:

• Katie S. Lennard en mede-outeurs van die Instituut vir Aansteeklike Siektes, Universiteit van Kaapstad, die Nasionale Gesondheidslaboratorium en die MIVnavorsingseenheid, Universiteit van die Witwatersrand, vir hulle artikel “Hoë voorkomskoers van bakteriële vaginose en Chlamydia in ʼn lae-inkomste-, hoëbevolkingsdigtheidgemeenskap in Kaapstad”, wat verskyn het in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jg. 36(1), (2017).

• Runako M. Katsidzira, Mietha M. van der Walt, Jacobus J. Bergh, Gisella Terre’Blanche van die Departement Farmaseutiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, vir hulle artikel “Die adenosien A1- en A2Areseptoraffiniteit van ʼn reeks 3,4-dihidropirimidoon-analoë”, wat verskyn het in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jg. 36(1), 2017.

Natuurwetenskappe:

Page 31: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 31

Jan H. Maraisprys 2019

Prof. Andreas van Wyk, die voorsitter van die keurkomitee van die Jan H. Maraisprys, skryf:

Die Jan H. Maraisprys vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die historikus prof. Fransjohan Pretorius van Pretoria. Die prysgeld van ʼn halfmiljoen rand as erkenning vir sy lewenstaak ten bate van akademiese Afrikaans word op 29 Mei 2019 by ʼn funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig.

Prof. Pretorius, een van Suid-Afrika se bekendste historici, is in 1949 in Johannesburg gebore. Hy is ʼn oud-Tukkie wat nagraads verder aan die Rijksuniversiteit Leiden in Nederland studeer en sy doktorsgraad in 1989 aan Unisa behaal het. Hy het sy loopbaan as akademikus begin aan sy alma mater, waarheen hy in 1989 teruggekeer het ná twaalf jaar aan die Departement Geskiedenis van Unisa. Aan die einde van Junie 2014 het hy amptelik met pensioen by die Universiteit van Pretoria afgetree.

Fransjohan Pretorius het oor die afgelope 45 jaar honderde publikasies geskryf, van wetenskaplike artikels tot bydraes in koerante. Hy tree ook gereeld in radioprogramme op. Sy werk oor die kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog word internasionaal erken as een

van die belangrikste ondersoeke na daardie pynlike tydperk in ons land se geskiedenis. Verskroeide Aarde, die ryklik geïllustreerde boek wat daarop gebaseer is enook in Engels verskyn het, het wyd aandag getrek. Hy word wêreldwyd as ʼn deskundige oordaardie laaste fase van Britse imperiale uitbreiding erken.

Vir sy werk is prof. Pretorius deur die Nasionale Navorsingstigting as ʼn B1-navorser gegradeer, d.w.s. as ʼn navorser wat internasionale erkenning geniet en beskou word as ʼn vooraanstaande internasionale kenner van die gebied. In 1998 het hy die Stalsprys vir Historiese Wetenskappe van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang en in 2001 ʼn prestigeprys van die FAK.

Fransjohan Pretorius is getroud met Laurette, afgetrede professor in Rekenaarwetenskap aan Unisa se Skool vir Nagraadse Studie. Die egpaar het ʼn dogter en twee seuns.

Die jaarlikse Jan H. Maraisprys is in 2015 geskep by besluit van Het Jan Marais Nationale Fonds, Naspers en die Universiteit Stellenbosch. Al drie instellings het hulle ontstaan te danke aan die versiende steun van Johannes Henoch Marais (1860–1915) van Stellenbosch, wat saam met sy broers in die 1870’s hulle fortuin op die Kimberleyse

Diamantveld gemaak het. Jannie Marais was ʼn groot ondersteuner van Afrikaans as ʼn akademiese en literêre taal.

Die prys vir ʼn lewensbydrae tot akademiese Afrikaans word geadministreer deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die keurkomitee van vooraanstaande akademici uit verskillende dissiplines het vanjaar bestaan uit proff. Andreas van Wyk (Stellenbosch), Albert Grundlingh (Stellenbosch), Christof Heyns (Pretoria en Genève), Debra Meyer (Johannesburg), Piet Steyn (Stellenbosch) en dr. Johan van Zyl (vroeër van SANLAM).

Prof. Fransjohan Pretorius

Page 32: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

32 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Jan H. Maraisprys: Oproep om Nominasies

Doel van die Prys: Om erkenning te gee aan ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans aswetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op ʼn hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.

Instellings as ontvangers: Die prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maardie keurkomitee kan besluit om dit toe te ken aan ʼn instelling of vereniging wat besonder verdienstelik presteer om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder.

Prysgeld: Die prysgeld beloop R500 000 en ʼn beeldjie, Helpende Hand, deur Coert Steynberg. Die prysgeld mag in ʼn bepaalde jaar tussen meerdere pryswenners, soos deur die keurkomitee bepaal, verdeel word.

Oorhandiging: Jaarliks op 30 Mei (of so na as moontlik aan dié datum) te Stellenbosch.

Nie-toekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ʼn bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.

Aanwending van prysgeld: Na goeddunke van die ontvanger.

• Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die Prys voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans gelewer is.

• Die nominasie moet deur ʼn voorsteller en twee sekondante onderteken wees.

• Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag die kandidaat bewus wees dat hy/sy vir die Prys genomineer word nie.

• Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondante, landlyn- en selfoonnommers, adresse, e-posadresse moet verskaf word.

• Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.

• By die toekenning van die Prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ʼn nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.

Nominasies sluit op Vrydag 31 Januarie 2020Bekendmaking van die prys: Begin April 2020

Skriftelike nominasies vergesel van ʼn volledige CV moet per gewone of e-pos of per koerier gerig word aan: Die Hoof- uitvoerende Beampte, Privaat sak X11, Arcadia, Pretoria 0007.

Elektroniese nominasies moet gestuur word na e-posadres: [email protected].

Fisiese adres vir aflewering per hand of per koerier: Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria, 0083

Navrae kan gerig word aan die Hoof- uitvoerende Beampte: Tel. 086 133 3786 (kantoorure); E-pos: [email protected].

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H. Maraisprys vir 2020.

Page 33: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 33

Werkgemeenskap Vrystaat-funksie – 4 April 2019

Prof. Hennie van Coller, dr. Dionē Prinsloo, Lynthia Julius en prof. Nico Luwes op die byeenkoms.

Tydens die Werkgemeenskap Vrystaat-funksie op 4 April is afskeid geneem van dr. Dionē Prinsloo as HUB van die SAAWK. By dié geleentheid het Lynthia Julius die gehoor toegespreek en haar boodskap word volledig hier geplaas:

“Ek wil opreg dankie sê vir die geleentheid wat ek gegun is om vanaand hier te praat. Ek voel geëerd.

“My ma vertel ons altyd haar ouma was ʼn Namavrou. Die grootmense het onder die skerm gesit en hulle taal gepraat die kinders weggejaag want dit was ʼn grootmenstaal.

“My Ma kan in Nama tel tot by tien, toe ek nou die een dag traai toe kom ek net by drie. Twee generasies, sewe minder Nama-woorde.

“Ek moet bieg, ek is hartseer dat ek nie my oumagrootjie se taal kan praat nie. Ek is hartseer dat haar taal nie as ʼn amptelike taal erken word nie. Dat ek nooit haar moedertaal uit haar mond sal hoor vloei nie. My plig is nou om te leer en dit aan my nageslagte oor te dra.

“Maar met die hartseer saam is ek ook dankbaar dat sy my ma en ouma Afrikaans met ʼn stainless steel lepel ingevoer het van hulle kindsdae af. In hierdie taal het my ma my pram gegee. Geleer bid, van genade geleer.

“In een van my gunstelinggedigte van die digter en filosoof Adam Small skryf hy:

As ʼn klein kind nog, wis ekek was Afrikaans in my hele wese,of soos ons padlangs sê,in murg en been.

“Ek is in Namakwaland gebore, so die enigste Engels wat ek daar gehoor het, was as Days of Our Lives of The Bold and the Beautiful op die TV gespeel het. Ek het in Afrikaans maatjies gemaak, in Afrikaans saam met hulle in die stof gespeel. Berg geklim. Xhounebie geëet. In Afrikaans, Sondae langs my ouma in die kerk oorkant die klipbank gesit.

Ek het reeds besef ek isvir hierdie taal geleenen sou myself beskikbaar maak.

“Ek het kwaad geraak by die taaldebatte hier op kampus. Kwaad geraak oor die studente wat so kwaad is oor ʼn taal wat nie is wat hulle glo dit is nie. Ek het by tye magteloos geraak by die byeenkomste. Die een dag was dit net ek en nog ʼn outjie wat opgestaan het en ons taal verdedig het. Ek het weer kwaad geraak – die keer vir my mede-Afrikaanssprekende studente wat nie saam met ons kom baklei het dat ons taal op kampus as ʼn onderrig taal moet bly nie. Ek was vir lank kwaad en moedeloos oor ek gevoel het dit wat ek sê, op dowe ore geval het, maar iets

Page 34: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

34 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die jaarlikse Geskiedenisberaad wat deur die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie aangebied word, het op Vrydag 25 Januarie 2019 onder leiding van prof. Fransjohan Pretorius by die Akademiegebou plaasgevind en is baie goed bygewoon. Die tema was Die Eerste Wêreldoorlog – ʼn vergete oorlog en sy betekenis vir Suid-Afrika. Die sprekers was soos volg:• Louis Scott – Die Vrede van Versailles.• Anri Delport – Geskik vir diens, ongeskik vir arbeid: Die heraanpassing van Suid-Afrikaanse veterane van

die Eerste Wêreldoorlog in die naoorlogse samelewing, 1919-1939.• Dr. Evert Kleynhans – ʼn Militêre debakel: Die Unieverdedigingsmag, die tussenoorlogse jare, en die lesse

van die Eerste Wêreldoorlog.• Prof. Albert Grundlingh – Die impak van die Eerste Wêreldoorlog op Suid-Afrika: ʼn Vergete katalisator

vir verandering?• Prof. Ian van der Waag – Writing South Africa’s First World War.

Skakel na die video-opname: http://www.akademie.co.za/die-eerste-wereldoorlog-%E2%80%92-n-vergete-oorlog-en-sy-betekenis-vir-suid-afrika/

het my bygebly. Na ek kwaad huis toe gegaan het, het ek die volgende oggend opgestaan en my koffie in Afrikaans gemaak. Ek het nog steeds gedink in Afrikaans. In ʼn Afrikaanse klas op kampus gaan sit. Toe ek na my ouerhuis in Kimberley gaan, het my ma my nog steeds geskel in Afrikaans. My pa se RSG het nog steeds in sy garage gespeel terwyl hy besig was om houtwerk te doen. My boekrak was nog steeds vol Afrikaanse bundels. Só het ek geweet Afrikaans kan nie dood nie, nie terwyl ons nog feeste hou in Afrikaans nie, nie terwyl ons nog boeke skryf in Afrikaans nie, nie terwyl ek nog mense groet in Afrikaans nie en nie terwyl ons vanaand bymekaar kom in Afrikaans nie.

“Ek het ʼn goeie vriend, Anathi Nyadu, wat ek baie mee stry en wat saam met my Antjie of Breyten se werk sit lees terwyl ons op die mat wyn sit drink – hy verkies rooi en ek wit. Hy het eendag ʼn boek van Marita van

der Vyver wat na Engels vertaal is, van sy boekrak af gehaal en vir my aangegee en iets wat ek nooit sal vergeet nie, gebeur toe: Hy vra my om die Engelse boek vir hom in Afrikaans te lees terwyl hy sy oë toe maak en na my sit luister. Dit is die skoonheid van Afrikaans, die krag van Afrikaans wat mense van twee verskillende wêrelde aan mekaar bind. Daar sit ek toe en lees die vertaalde boek vir hom sover ek kan in Afrikaans en hy sit toe oë, vat nou en dan ʼn sluk uit sy glas.

“Ek sit eendag in die honneursklas en die dosent vra my toe ʼn vraag in Engels. Ek het my brein gesoebat vir ʼn Engelse antwoord, maar kom, die het dit nie. Ek het so dom gevoel toe ek nie in Engels kan antwoord nie, maar ek het hard gedink oor daai saak en myself belowe dat ek nooit weer sal toelaat dat Engels my dom laat voel nie. Afrikaans is wel nie meer die medium van onderrig by baie universiteite

nie, maar dit het my nie gekeer om my skripsie in Afrikaans te skryf nie. En of jy nou met my Engels of Frans wil praat, sal ek jou nie so lekker kan antwoord soos ek jou in Afrikaans kan antwoord nie en daarvoor vra ek nie verskoning nie.

“Daar waar ek vandaan kom, meng ons die Afrikaans en Nama. Ek sê ixhoulag vir lekker lag en ixhit vir vleis, xhorro vir lekker gesels en xhoeniekie vir elmboog. En dit is my wêreld, dit sal altyd my wêreld bly. Ek is my taal. Afrikaans sal altyd die wêreld wees waarin ek my voete gevind het, waarin ek myself leer ken het. Dis die draer van kultuur, van my menswees, van my kuns.

“Só het my ma my in ons Namakwalandse dorpe in haar lyf gedra: Afrikaans en Afrikaans gebaar en hierdie taal sal altyd in my bly.

Ek is ingebind in Afrikaans vir altyd.”

Geskiedenissimposium

Werkgemeenskap Vrystaat-funksie – 4 April 2019 (vervolg)

Page 35: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 35

Werkgemeenskap in die buiteland – prof. Shana Ponelis

Die aantal lede van die Akademie wat buite Suid-Afrika woon, neem stelselmatig toe; daar is tans net minder as 40 lede buite die grense van Suid-Afrika. Die Akademie wil graag hierdie buitelandse lede beter bedien en by aktiwiteite betrek. Prof. Irma Eloff het daarom prof. Jacques du Plessis en prof. Shana Ponelis, beide van die Universiteit van Wisconsin- Milwaukee, tydens ʼn jaarlikse algemene simposium versoek om die moontlikheid van ʼn buitelandse werkgemeenskap te ondersoek en voorstelle van lede buite Suid-Afrika in dié verband te konsolideer.

In November en Desember 2018 is ʼn konsepdokument met die voorgestelde doelstellings en aktiwiteite van so ʼn werkgemeenskap onder buitelandse lede versprei om menings in te win. Na aanleiding van die kommentaar deur lede is die dokument in Januarie 2019 gefinaliseer. Die ooreengekome doelstellings is die volgende:1. Om verbindings tussen

buitelandse lede onderling en met lede binne Suid-Afrika te vestig en te versterk (diaspora-netwerk).

2. Om as ʼn virtuele gemeenskap te funksioneer ten einde die kennis en kundigheid van Akademielede in die buiteland toeganklik te maak.

3. Om die Akademie in die buiteland te bevorder.

4. Om die internasionalisering van hoëronderwysinstellings te ondersteun.

5. Om samewerking op wetenskaplike en tegnologiese gebied te bevorder ten einde beter internasionale betrekkinge te bevorder (“science diplomacy”).

6. Om as ʼn kennisbron te dien ten einde Suid-Afrikaanse perspektiewe, konteks en insigte aan die internasionale akademiese gemeenskap te bied.

7. Om aan die binnelandse (Suid-Afrikaanse) gemeenskap internasionale en/of regionale perspektiewe, konteks en insigte te bied rakende beskouings oor wêreldgebeure en tegnologiese en sosiale ontwikkelinge, asook perspektiewe op Suid-Afrikaanse aangeleenthede.

8. Om meganismes en tegniese hulpmiddels te ontwikkel ten einde bogenoemde samewerking te bevorder.

Na aanleiding van bostaande doelstellings word die volgende aktiwiteite beoog:• die reël van gereelde virtuele

forums om kennis uit te ruil en onderlinge gemeenskap te bevorder, onder meer deur intydse webgebaseerde byeenkomste en moontlike fisiese byeenkomste

• bydraes tot die Akademie se nuusbrief

• moontlike bydraes tot en/of deelname aan kommissies van die Akademie

• gesamentlike navorsing, insluitende die nastreef van samewerking tussen universiteite in Suid-Afrika en die buiteland deur byvoorbeeld wedersydse gaslesings ondersteun deur inligtingtegnologie

• uitruil van doserende personeel en studente, en gesamentlike studieleiding vir nagraadse studente

ʼn Langertermynaktiwiteit is om ʼn databasis en koppelvlak te ontwikkel om inligting omtrent lede se navorsingskundigheid beskikbaar te stel. Dit kan die doelwitte en aktiwiteite ondersteun deur moontlike studieleiers en internasionale eksterne eksaminators vir skripsies en verhandelinge in Afrikaans te identifiseer, internasionale ewekniebeoordeling vir die Akademie se vaktydskrifte te bewerkstellig en assessering van aansoeke vir bevordering moontlik te maak.

Vroeg in Februarie 2019 is ʼn elektroniese vraelys versprei om buitelandse lede die geleentheid te gee om hulle voorkeure rakende onderlinge kommunikasie, byeenkomste en die bestuur aan te dui. Ses lede het hulle bereid verklaar om in die bestuur te dien en geen beswaar is deur enige van die buitelandse lede geopper nie. Die aanvanklike bestuurslede is as volg:

Page 36: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

36 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Werkgemeenskap in die buiteland (vervolg)

• Paul van Geest, Tilburg-Universiteit, Nederland

• Heinrich Matthee, Internasionale Besigheidskool, Groningen, en konsultant, Nederland

• Willie van der Merwe, Vrije Universiteit, Nederland

• Jacques du Plessis, Universiteit van Wisconsin-Milwaukee, VSA

• Shana Ponelis, Universiteit van Wisconsin-Milwaukee, VSA (voorsitter)

• Van Zyl de Villiers, Internasionale Atoomenergieagentskap (IAEA), Oostenryk

Prof. Jacques du Plessis, prof. Shana Ponelis en dr. Van Zyl de Villiers

Die eerste webinaar word beplan, waartydens belangstellende lede die geleentheid sal hê om hulle en hulle belangstellings aan ander lede bekend te stel, daaroor uit te vra en te gesels om sodoende die gemeenskap te help vestig. Buiten virtuele byeenkomste is daar ook reeds ʼn inisiatief om ʼn fisiese byeenkoms vir 2020 te organiseer.

Page 37: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 37

Nuus van oraloor

BESOEK AAN KANTL

In Januarie 2019 het die voorsitter van die Raad, prof. Irma Eloff, en prof. Johan Schoeman (raadslid en redakteur van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie) die Koninklijke Academie voor Nederlandse Taal en Letteren (KANTL) in Gent, België, besoek. Prof. Eloff en prof. Schoeman was op verskillende akademiese besoeke in Europa, maar het ʼn oggend gewy aan die besoek aan KANTL.

Op die vergadering is die samewerkingsooreenkoms tussen die SAAWK en KANTL wat in Oktober 2013 aangegaan is, vir die volgende drie jaar bevestig. Ervarings rakende publikasies in minderheidstale is gedeel, asook die onderneming om mekaar op hoogte te hou van die taalkundige en letterkundige inisiatiewe van die onderskeie akademies. Daar is wederkerige toegeneentheid uitgespreek om veral die bande tussen jonger Akademielede uit te bou.

Op die foto v.l.n.r.: Prof. Johan Schoeman, prof. Irma Eloff, prof. Willy Vandeweghe (vaste sekretaris, KANTL) en Bert van Raemdonck (Algemene Koördineerder, KANTL).

ONTMOETING MET DIE KONINKLIJKE VLAAMSE ACADEMIE VAN BELGIË VOOR WETENSCHAPPEN EN KUNSTEN

Prof. Irma Eloff (voorsitter, SAAWK) en prof. Johan Schoeman (raadslid, SAAWK, en redakteur van die SATNT) het in Januarie 2019 samesprekings met prof. Godelieve Laureys van die Koninklijke Vlaamse Academie van België voor Wetenschappen en Kunsten (KVAB) in Gent gevoer. Die rol van die denkersprogramme van die KVAB en die belang van deurlopende standpuntstellings deur Akademielede is bespreek.

V.l.n.r.: Prof. Irma Eloff, prof. Godelieve Laureys en prof. Johan Schoeman.

Page 38: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

38 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Dr. Pierre Edwards het op Vrydag 14 Desember 2018 as hoof van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria, uitgetree. Hy het self by Affies skoolgegaan en was ook lank ʼn geskiedenis- en wiskunde-onderwyser daar.

Hy is ʼn lid van die Onderwyskommissie van die SAAWK en ook van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON). Die hoof- uitvoerende beampte van die AON is mnr. Daan Potgieter, voormalige hoof van Hoërskool Waterkloof, Pretoria.

Die AON is ʼn vennootskapsgedrewe laeprofiel-organisasie wat ten doel het om Afrikaanse onderwys van gehalte volhoubaar in ʼn pyplyn van voorskoolse tot tersiêre vlak (wat kolleges en volwassene-opleidingsentrums insluit) te ondersteun en te bevorder. Die AON wil leerders ter wille van die instandhouding en groei van Afrikaans en die versterking van gehalte- Afrikaanse moedertaalonderrig lei. Dit is ʼn saambreelliggaam wat sonder oorvleueling nou met bestaande organisasies in die onderwys saamwerk. Die AON fokus op die Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika en het ʼn passie vir die taal en ʼn besef van die belangrikheid en behoefte aan moedertaalonderrig van gehalte. Die Afrikaanse Onderwysnetwerk sluit geen individue, groepe of organisasies uit wat aan hierdie kriteria voldoen nie en fokus verder op die instandhouding, groei, versterking en ondersteuning van gehalte- Afrikaanse moedertaalonderwys.

Die AON wil deur die volgende sterk Afrikaanse skole verseker:Die vestiging en ondersteuning van voorskoolse instellings en kleuterskole, die ondersteuning van openbare en privaat skole waarin Afrikaans gebruik word en die bewerkstelliging van sinergie in die lewering van onderwysdienste, -produkte en -aksies wat op volhoubare gehalteonderwys gerig is.

Die AON is oral betrokke waar Afrikaans gepraat en geleer word!

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk

Dr. Pierre Edwards

Page 39: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 39

Sanral Kategorie A-navorsingsgradering aan prof. Wessel Pienaar:

Sanral het gedurende Junie 2018 sy eerste rondte van navorsersevaluering aangekondig en ingenieurs landwyd genooi om aansoek te doen om as navorser geëvalueer te word (Sanral 2018). Ná afloop van ʼn evalueringstydperk van bykans sewe maande het Sanral die uitslae van die eerste rondte op 16 Januarie 2019 bekend gemaak. ʼn A-gradering is aan prof. Wessel Pienaar van die Departement Bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch toegeken. Dit maak van hom dus die eerste Akademielid wat ʼn A-navorsingsgradering van Sanral ontvang.

Volgens Sanral moet daar onderskei word tussen navorsing wat deur tersiêre opvoedingsinstellings in samewerking met die onderskeie owerheids-navorsingsrade uitgevoer word, en dié wat deur tersiêre opvoedingsinstellings in samewerking met openbare en bedryfsektore uitgevoer word. Sanral steun ruimskoots op die Frascati-handleiding (2002), waarvolgens navorsing geklassifiseer word as (1) basiese navorsing; (2) strategies-basiese en toegepaste navorsing; (3) tegnologieontwikkeling; en (4) tegnologieoordrag en -implementering. Volgens Sanral is die Nasionale Navorsingstigting (NNS) hoofsaaklik betrokke by navorsingsklasse 1 en 2 en gedeeltelik by klas 3. Sanral sien sy betrokkenheid hoofsaaklik by navorsingsklasse 2, 3 en 4 in soverre dit die tegnologieontwikkeling, -oordrag en -implementering van beplanningsmetodologie, ontwerppraktyk, konstruksie en instandhouding van padinfrastruktuur aangaan. Die Sanral-navorsingsgraderingstelsel loop dus parallel met dié van die NNS – hulle oorvleuel nie met mekaar nie en albei geniet erkenning deur die sentrale owerheid.

Sanral (2018) se navorsingsbeoordeling berus op sewe norme, naamlik: (1) hoogste relevante tersiêre ingenieurskwalifikasie; (2) jare navorsingsondervinding (uitgesonderd konsultasie- en ander ondervinding); (3) aantal geakkrediteerde navorsingspublikasies in die navorser se loopbaan; (4) aantal internasionaal geïndekseerde navorsingspublikasies deur die navorser die voorafgaande sewe jaar; (5) die H-faktor van die navorser (die aantal siterings van die navorser se werk volgens Google Scholar); (6) aantal amptelike nasionale riglyndokumente en handleidings geproduseer; en (7) randwaarde van navorsingsprojekte waaraan die navorser in sy/haar loopbaan deelgeneem het. Dié sewe norme dra verskillende gewigte en die

evalueringspunte wat binne elke norm toegeken word, hang af van die navorser se bewese prestasie daarbinne. ʼn Voltal is 100.

Suksesvolle evaluerings word in vier graderings (A, B, C en D) verdeel. Sanral definieer ʼn A-gradering soos volg: “Research category A shall mean a top researcher/practitioner whose expertise is internationally recognised and who provides advice at a level of specialisation where such advice is recognised as that of an expert with a minimum of 20 years applicable experience.”

Benewens die kunste, bestryk die werkgebied van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns alle wetenskapsvelde. By die waardering van lede se verdienste behoort die Akademie die byvoeging van nasionale owerheidserkende navorsingsgraderingsindekse wat parallel aan en aanvullend by dié van die NNS is, met ope arms te verwelkom. Die byvoeging van die navorsingsgraderingsindeks van Sanral, en ander nasionale owerheidserkende graderingsindekse wat kan volg, sal aan die Akademie die geleentheid bied om ʼn groter gedeelte van sy lede se verdienste in alle wetenskaps- en tegnologievelde op ʼn gelyker grondslag met mekaar te kan vergelyk.

BRONNE• Frascati Manual. 2002. Proposed Standard Practice for Surveys on Research

and Experimental Development. Paris, France: OECD.• South African National Roads Agency SOC Limited (Sanral). 2018.

Call for Expressions of Interest, Sanral Research Panel. RFP No. NRA HOES1002/58600/2018. Pretoria: Sanral.

Prof. Wessel Pienaar

Page 40: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

40 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Afrikaanse Taalraad (ATR)

Loodsing van die Aksieforum vir Inheemse Tale

Geneem uit LitNet, 27 Februarie 2019

Die Afrikaanse Taalraad het op 23 Februarie deelgeneem aan die loodsing van die Aksieforum vir Inheemse Tale (Indigenous Languages Action Forum - ILAF) in Boksburg. Hierdie alliansie van sowat 30 taalpraktisyns en verteenwoordigers van etlike NRO’s het UNESCO se Aksieplan vir die Jaar van Inheemse Tale amptelik onderskryf, en wil ʼn gesamentlike veldtog ter bevordering en ondersteuning van die inheemse tale en meertaligheid in verskeie sektore, insluitende die onderwys en die regsisteem, loods.

“Die Aksieforum is uniek,” sê dr. Carole Bloch, direkteur van die Projek vir die Studie van Alternatiewe Onderwys in Suid-Afrika (Project for the Study of Alternative Education in South Africa- PRAESA). “Die groep se diverse samestelling maak dit moontlik om die aandag te vestig op die enorme voordele wat die gebruik van die land se inheemse tale in sektore soos die onderwys, die regstelsel en die ekonomie vir ons inhou.”

Die Aksieforum vir Inheemse Tale wil op ʼn konstruktiewe manier met rolspelers in die regering, die regsisteem, besigheidsektor, skole en universiteite skakel om die inheemse tale en meertaligheid te bevorder. “Ons sal ook kreatiewe meertalige inisiatiewe ondersteun en help om meertalige ruimtes by instansies soos universiteite en skole te beskerm en uit te brei,” sê Monwabisi Ralarala, Direkteur van die Sentrum vir Hoëronderwysontwikkeling(KPUT).

Die forum bestaan hoofsaaklik uit verteenwoordigers van die Afrikatale. Die ATR se verteenwoordigers sal voorlopig vir Afrikaans op die forum instaan, en die deelname van ander Afrikaanse organisasies in gesamentlike inisiatiewe bevorder. Die Forum loods in die loop van 2019 etlike aksies om die erosie van meertaligheid in die land tee te werk.

Page 41: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 41

Grieks en Latyn by die ontstaan van die Universiteit van Stellenbosch – Prof. Gerrit van Wyk Kruger.

Geneem uit LitNet, 11 Desember 2018

Verantwoording by ʼn antieke Griekse roman

Inleiding

ʼn Gegewe in die geskiedenis wat nogal van groot belang kan wees, maar om een of ander rede nooit werklik deeglik ondersoek is nie, bly ʼn verborge bron van kennis. Dit is maar alte juis van selfs die hedendaagse (Afrikaanse) literatore se kennis van die ware vroeë ontstaan en ontwikkeling van die Westerse roman. Tydens die Tweede Wêreldoorlog promoveer die eertyds bekende politikus en skrywer Abraham H. Jonker (die vader van die ikoon-digteres Ingrid Jonker) op Stellenbosch onder prof. F.E.J. Malherbe (met E.C. Pienaar en I.D. du Plessis as mede-eksaminatore) met ʼn proefskrif onder die titel Die roman: Sy aard, ontstaan en soort (in 1942 uitgegee deur Unie-Volkspers). Hierin begin die Westerse roman vir Jonker basies met die Spaanse skrywer Miguel de Cervantes Saavedra (1547 – 1616). Ook in T.T. Cloete (redakteur) se Literêre terme en teorieë (HAUM-Literêr, eerste uitgawe van 1992) word die ontstaan van die Westerse roman maar eers baie laat gaan haal, met ʼn uiters eina-eina verwysing na slegs twee oud-Griekse voorlopers daarvan, naamlik Longus van Lesbos en Heliodorus van Emesa se vroeë Griekse romans.

Lees meer oor hierdie interessante onderwerp in prof. Kruger se artikel by:

https://www.litnet.co.za/n-oud-griekse-roman-daphnis-en-chloe-van-longus-van-lesbos/

Page 42: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

42 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Is ons aan die “digitiseer” of “digitaliseer”? – prof. Gerhard van Huyssteen

Geneem uit Beeld, 4 Januarie 2019

Die woord “digitaal” is lank reeds in Afrikaans en ander Germaanse tale bekend. Oorspronklik ʼn afleiding van die Latynse “digitus”, wat “vinger” beteken, het dit in die 16de eeu verwys na dit wat betrekking het op vingers. Ook Afrikaans het vroeër slegs dié betekenis geken, soos in 1955 in die WAT opgeteken:

digitaal’ b.nw. Wat op die vingers of tone betrekking het: Digitale eksplorasie, ondersoek van die liggaamsholtes met die vinger. (!!!)

Pas later – hier in die 1960’s en 1970’s – ontstaan by ons die betekenis dat “digitaal” te make het met syfers (soos die tien vingers aan jou hand), en nog later ontstaan die betekenis dat dit te make het met stelsels en tegnologieë wat nie analoog is nie. Vandag is “digitaal” en “elektronies” byna sinonimies; dis waarskynlik net deskundiges wat duidelik sal weet waar om die grense tussen die twee begrippe te trek.

ʼn Desgevolglike nuwigheid is dat ons goed wat analoog is, na ʼn digitale formaat kan omskakel. Is ons dan besig om te “digitiseer” of te “digitaliseer”?

Toe die Taalkommissie in voorbereiding op die 2017-AWS oor “digitiseer”/”digitaliseer” moes besluit, was daar nog geen betekenisspesialisering by enige van die twee woorde te bespeur nie. Onses insiens kon hulle gewoon as wisselvorme gebruik word, na die patroon van “maksimaliseer” of “maksimeer”; “optimaliseer” of “optimeer”.

Maar intussen het daar in die vakgemeenskap wel ʼn betekenisspesialisering ingetree.

“Digitiseer” verwys na die eerste stap om ʼn voorwerp (byvoorbeeld ʼn papierboek of analoë videoband) na ʼn digitale formaat om te skakel. Dit is ʼn eenvoudige proses wat deur enigeen met die regte toerusting onderneem kan word, byvoorbeeld deur met jou telefoon ʼn foto van ʼn koerantartikel te neem. Die resultaat is ʼn redelik statiese weergawe van die oorspronklike dokument: Jy kan met dié digitale lêer weinig doen, behalwe om dalk ʼn bietjie aan die kleur en so te torring. Die groot voordeel is egter dat jy dit nou op jou rekenaar (en nie in ʼn plakboek nie) kan stoor.

Prof. Gerhard van Huyssteen

“Digitaliseer” verwys na ʼn tweede, meer ingewikkelde stap wat met meer gespesialiseerde programmatuur uitgevoer word, soms nog met mensehande waar en wanneer die programmatuur faal.

Een van die belangrikste onderdele van digitalisering is optiese karakterherkenning (OKH; in Engels “OCR”), waar ʼn PDF-dokument verwerk word sodat jy met jou programmatuur se soekfunksie daardeur kan soek, jy die PDF-dokument na ʼn Word-dokument kan omskakel,ensovoorts.

Prof. Gerhard van Huyssteen is ʼn taalkundige aan die Noordwes-Universiteit en die Voorsitter van die Taalkommissie van die SAAWK.

Page 43: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 43

Onwettige immigrante: opnuut in die kollig – prof. Flip Smit.

Geneem uit Beeld, 10 Januarie 2019.

“Suid-Afrika het ʼn aantreklike bestemmingsgebied geword vir onwettige immigrante (ongedokumenteerdes, smokkelaars en mensehandelaars) wat ʼn veiligheidsrisiko inhou vir ekonomiese stabiliteit en die soewereiniteit van die land.” Só word die situasie opgesom in die ANC-regering se Witskrif oor Internasionale Migrasie van 29 Julie 2017.

Enkele onlangse gebeure onderstreep bostaande werklikhede.• Die DA onderneem om “die stem van die gewone

burgers” oor onwettige immigrasie te word. Dit kan stembuspunte verdien.

• Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, het onlangs verklaar dat onwettige mynwerkers (zama-zamas) plofstof in mynskagte onder die stad gevaarlik naby gas- en oliepypleidings laat ontplof, maar dat die pleidooie om hulp om die “dreigende katastrofe” te voorkom, “geïgnoreer” word. Die meeste van dié mynwerkers is waarskynlik buitelanders. Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) toon aan dat ongeveer 100 000 buitelandse immigrante jaarliks na Gauteng stroom. Die syfer vir die Wes-Kaap is 20 000. Dié toestromings word jaarliks aangevul met ongeveer 200 000 plaaslike migrante uit veral Limpopo en Mpumalanga wat na Gauteng migreer, terwyl ongeveer 60 000 per jaar uit die Oos-Kaap alleen na die Wes-Kaap stroom.

• Volgens die minister van gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, beset buitelanders bykans 60% van die beddens in staatshospitale in Gauteng. Die voorsitter van die Raad van Provinsies, Thandi Modise, het ʼn beroep op die president gedoen om indringend aandag aan die krisis te gee, op “kriminele netwerke” gewys en vermeld dat buitelanders HOP-huise bekom ten koste van plaaslike inwoners. Weens die staking van mediese personeel in Zimbabwe sedert November 2018 kom baie swanger vroue om in SA-hospitale te kraam.

• Ná ʼn onlangse besoek van die DA-taakspan aan grensposte is grensbeheer as skokkend beskryf. By die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe is ʼn onbemande opening gevind “waardeur ʼn vragmotor kan ry”.

• Volgens mediaberigte neem die omvang van mensehandel toe.

• Onlangs is ongeveer 300 Ethiopiërs, meestal handelaars, uit een gebied verdryf.

Prof. Flip Smit

Hoeveel onwettige immigrante het Suid-Afrika? Die kort antwoord is dat niemand weet nie.

In die 2011-sensus is 2,3 miljoen getel. Kundiges glo dit is ʼn ondertelling. Wêreldwyd beweeg immigrante onder die radarskerms. Die aantal onwettige immigrante word óf onderskat (3 miljoen) óf oorskat (10 miljoen). ʼn Syfer van 5 miljoen is seker nie onrealisties nie. Die per capita-inkomste in Suid-Afrika is vyf keer hoër as in buurlande. Volgehoue toestroming sal dus eerder toeneem as afneem.

Onaangename waarhedeEen onaangename waarheid is dat die vaardigheidsvlakke van immigrante ʼn skerp dalende neiging toon. Ná 2 Februarie 1990 het baie kundiges na Suid-Afrika teruggekeer. Dié instroming het egter nie naastenby vergoed vir die uitstroming van kundiges wat reeds in die laat 1980’s begin het nie. Ná die ineenstorting in Zimbabwe, veral ná 2000, het baie kundiges na Suid-Afrika gekom. Maar dié stroom kundiges – ook uit ander lande – het feitlik opgedroog en word nou vervang deur onopgeleide werkloses. En dit na ʼn land waar die werkloosheid onder die jeug so hoog as 50% is!

Hierteenoor is daar harde feite dat kundige mense toenemend die land verlaat. Emigrasieagentskappe wat veral op Amerika fokus, verklaar dat die aantal navrae met tot 400% toegeneem het. Staatskaping en moontlike onteiening van grond sonder vergoeding dryf waarskynlik die proses. Meer as 3 500 Suid-Afrikaanse boere boer in Afrika en tot so ver as Australië en Georgië.

Page 44: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

44 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Onwettige immigrante: opnuut in die kollig (vervolg)

Die regering se Witskrif oor Internasionale Migrasie maak twee belangrike bevindinge:1. Suid-Afrika is nie in staat om immigrante met skaars

vaardighede te lok en te behou nie.2. Vir die eerste keer in die geskiedenis verlaat meer swart

as wit professionele persone die land.

Heelparty mense woon nog hier, maar het reeds finansieel geëmigreer. Volgens StatsSA verlaat ongeveer 25 000 mense jaarliks die land. Baie emigreer egter sonder om gedokumenteer te word.

Die konsekwensies van die verlies aan skaars vaardighede en die instroming van onopgeleide arm mense word nie altyd besef nie.

Uiters moeilike grensbeheerGenoemde witskrif bevat baanbrekende voorstelle om Suid-Afrika se beleid in ooreenstemming met dié van die res van die wêreld te bring. Die feite word onverbloemd aangebied. Die huidige grensbeheerstelsel kan nie suksesvol toegepas word nie en die klem moet verskuif van grensbeheer na gemeenskaps- en werkplekinspeksies. En dan die stelling: “Totale grensbeheer is nóg moontlik nóg wenslik.”

Die lang en poreuse lands- en seegrense (4 470 km) met 71 aangewese toegangspoorte, saam met grense wat gemeenskappe verdeel en waar oorgrensbewegings daagliks vryelik plaasvind, maak grensbeheer feitlik onmoontlik. Visums word maklik deur korrupsie verkry.

Meer as 16 miljoen mense steek jaarliks Suid-Afrika se grense oor. Van hulle kom ongeveer 80% van die 16 lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), met 3,8 miljoen van Lesotho en 3,4 miljoen van Zimbabwe. Jaarliks is daar meer as 60 000 asielsoekers, maar 90% kwalifiseer nie vir vlugtelingstatus nie.

Daar is ʼn persepsie dat die ANC-regering bra onwillig is om streng op te tree teen immigrante uit lande wat voorheen die Struggle ondersteun het.

Voor- en nadele van migrasieEen van die groot uitdagings is om migrasie so te bestuur dat kundiges behou, vaardigheidstekorte aangevul en bande met die diaspora in stand gehou en versterk word. Só kan hulle kundigheid tot voordeel van die land aangewend word. Die gevaar wat migrasie vir sekuriteit en werkloosheid inhou, is reeds aangestip. In die verlede het immigrante baie kundigheid en kapitaal na Suid-Afrika gebring, en dikwels plaaslike burgers uitgestof wat toewyding en vlyt betref. Sakeondernemings is soms 24

uur per dag oop, en studies toon dat landbou in Limpopo en Mpumalanga moeilik sonder die harde werk van Zimbabwiërs bedryf kan word. Studente uit Afrika, veral op nagraadse vlak, presteer dikwels beter as plaaslike swart studente. Hulle Engels is gewoonlik beter en hultoewyding veel groter.

ʼn Geldige vraag is of populistiese retoriek van onhaalbare beloftes van gratis dienste en so meer nie ʼn kultuur van afwagting en afhanklikheid by inwoners skep nie.

Immigrasiebeleid toenemend Afrika-gerigMense van Europese afkoms het gedurende die koloniale tydperk en ná Uniewording voorkeur geniet. Daar was ongewone uitsonderings, soos in 1930 en 1937, toe spesifiek teen Jode gediskrimineer is. Indiërs was toenemend onwelkom.

Immigrante uit Afrika was “naturelle”. Die mans op die diamant- en goudvelde is as trekarbeiders in kampongs gevestig om permanente verblyf teen te werk. Dié trekarbeiders, veral uit Mosambiek en Lesotho maar ook uit so ver as Malawi, het oor ʼn tydperk van bykans 150 jaar stewige netwerke opgebou. Hierdie netwerke het goed te pas gekom ná 1994, maar veral ná 1999, toe Suid-Afrika sy grense oopgegooi het. Die reg is voorbehou om net immigrante met skaars vaardighede toe te laat; ongeskooldes is tot die myn- en landbou beperk. Maar die sluise was oop.

In April 2016 het Suid-Afrika visumvrystelling aan houers van gewone paspoorte van 14 Afrikalande toegestaan. Dit is in skrille kontras met 29 Europese lande wat vir dié voorreg kwalifiseer.

Die Afrika-unie (AU) se Agenda 2063 stel vrye beweging van mense oor grense as mikpunt. Dié ideaal van vrye beweging van mense, goedere en kapitaal word reeds jare lank deur die 16 SAOG-lande nagestreef. Verblyf van 90 dae sonder ʼn visum is reeds waarskynlik. President Ramaphosa vereenselwig hom met dié strewes.

Drie struikelblokkeGenoemde witskrif van 2017 is ʼn realistiese dokument met ingrypende voorstelle. Daar is egter drie struikelblokke. Die implementeringskoste sal R1 miljard beloop en ingrypende wetswysigings verg. Dit is ʼn hoogs gesofistikeerde stelsel en die vraag is of die kundigheid daarvoor bestaan. Die belangrikste vraag is egter of die ANC-regering die politieke wil het om streng immigrasie- en emigrasiebeheer toe te pas.

Prof. Flip Smit doen navorsing oor demografie.

Page 45: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 45

Wat sê die wetenskap in Nederland

… oor dinge wat uit die lug op ons afkom?

Gedurende Februarie en Maart 2019 waai sand, wind, hitte en klankbesoedeling oor die Europeërs. Dit gaan soms onwillekeurig gepaard met psigologiese reaksies. Hier volg ʼn oorsig in gedateerde kolparagrawe oor-wetenskaplike nuus wat in verband met bogenoemde onderwerpe en elemente verskyn het – dikwels saamgevat as milieukunde, soos dit in Nederlands genoem word.

• 13 Februarie: Deense en Amerikaanse navorsers skryf in Nature Sustainability dat Groenland voordeel kan trek uit die 0,89 gigaton (890 miljard kilogram) sand en gruis wat jaarliks in die see beland. Volgens Gemma Verhuizen in die NRC-Handelsblad vorm dit agt persent van die jaarlikse wêreldwye sedimenttoevoer. Sediment is ook wêreldwyd sterk in aanvraag. Slegs in 2017 was daar ʼn vraag na 9,55 gigaton sand vir die produksie van teerpaaie en beton. Die markwaarde van sand is hoog: 8,8 miljard euro per gigaton. Sediment kan in Groenland dus sorg vir ʼn ekstra inkomste ná visvangs en toerisme. Op die oomblik word daar net op klein skaal sand gewin, maar as dit in die delta van die Sermeqrivier aan die suidwestekant van Groenland gedoen sou word, sal dit op veel groter skaal kan gebeur. Hierdie riviermonding is geskik daarvoor, omdat gesmelte yswater baie sediment afvoer. Die delta van die Sermeq groei teen ʼn hoë tempo. Dieselfde navorsers laat deurskemer dat hulle grootskaalse sedimentwinning ondersteun, maar beklemtoon dat die Groenlanders sélf moet besluit wat vir hulle die swaarste weeg: ekonomiese, maatskaplike of ekologiese belange. Verhuizen sien die ironie in die hele situasie. Smeltende ys lei tot ekstra sand en gruis, wat weer lei tot meer teerpaaie en uitlaatgasse, en dit lei weer daartoe dat die ys vinniger smelt.

• 18 Februarie: Michèlle van der Does (28) se proefskrif Saharan Dust from a Marine Perspective is gereed vir beoordeling. Sy sal komende Desember promoveer. Wat sy bykomend kan hê, maar nie in belangstel nie, is ʼn tatoeëermerk van ʼn swaeltjie, omdat sy baie meer as vyfduisend seemyl oor die Atlantiese Oseaan agter die rug het. Sy het haar navorsing saam met die Nederlands Instituut voor Onderzoek der Zee (NIOZ) gedoen. Elke jaar beland meer as honderd miljoen ton sand in die Atlantiese Oseaan.

Carina van der Walt

• Op ʼn warm droë dag in die Sahara laat ʼn wind uit die ooste sand opwaai. Die sandkorrels bots teen mekaar, rol verder en maak klein sprongetjies. Dit word in Nederlands “salteren” genoem. Wanneer die sand die weskus van Afrika bereik, bots die warm woestynlug met die koue oseaanlug en word dit hoër opgeswiep tot in die Sahara-luglaag tussen vyf en sewe kilometer hoog. Van daar af begin die woestynsand die Atlantiese Oseaan oorsteek, soms 4 400 km ver en teen tot 90 km/h. Van der Does vertel aan Gemma Verhuizen van die NRC-Handelsblad dat ʼn spesiale stofsuier genaamd “Michèlle” stof en sand uit die lug direk bokant die seewateroppervlak opsuig. Dit is dus nie heeltemal waar dat sandkorrels nét op golwe dryf nie. Die vier faktore wat daartoe bydra dat daar ook stof in die lug hang, is die seisoen (in die somer sweef korrels hoër), turbulensie, konveksie en elektriese lading. Op die Kaap Verdiese Eilande en in die Karibiese gebied het mense dikwels probleme met lugweginfeksies en ander siektes soos asma. En die fynstofkonsentrasie kan op Kreta baie hoog wees. Sand uit die Sahara beland soms ook in Nederland. Volgens Van der Does maak dit ongeveer twaalf persent uit, maar dit hang ook af van die aantal stofstorms in die Sahara. Die grootste hoeveelhede sand waai as gevolg van die passaatwinde rondom die ewenaar na die weste oor die Atlantiese Oseaan en glad nie ooswaarts of suidwaarts nie. Woestynstof wat in oseaanwater beland, kan ʼn positiewe invloed hê, want die sandkorrels bevat byvoorbeeld baie yster en fosfaat. Dit dien as voedingstof vir alge.

• 29 Februarie: Skrikkeldag bestaan nie op die almanak van 2019 nie en die volgende inligting kom dus nie op ʼn spesifieke dag uit die koerant

Page 46: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

46 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Wat sê die wetenskap in Nederland (vervolg)

nie, maar van Google Scholar. Met die oog op die komende somervakansie in Europa hou baie mense die moontlikheid van warm stormwinde in Spanje goed dop. Die bekendste winde wat ʼn welverdiende vakansie kan opfoeter, is die Levante, die Terral en die Tramontana. Die Levante, met sy hoë windsnelhede (deur die Straat van Gibraltar) en hoë temperature, word veral gevoel aan die Middellandse Seekusgebiede Valenciana, Murcia en Andalusië. Die Terral is onaangenaam en veroorsaak tydens die somer in die provinsie Málaga ondraaglik warm dae. Hierdie aflandige wind word die El Terral genoem omdat dit uit die binneland kom en nie uit die suide of suidooste van die warm en droë Afrikaanse vasteland nie. Die Tramontana is sterk met windvlae van tot 150 km/h en is droog, maar allesbehalwe warm. Die Tramontana waai uit die Pireneë oor die Katalaanse omgewing van die provinsie Girona..

• 5 Maart: In party Amerikaanse state styg die hospitaalopnames nog voordat ʼn hittebeskermingsplan in werking gestel word. Wim Köhler gebruik vir sy artikel in die NRC-Handelsblad ʼn publikasie wat op Maandag 4 Maart in die PNAS gepubliseer is. Amerikaanse navorsers het tussen die jare 2003 en 2012 in 21 state op groot skaal navorsing gedoen oor 50 miljoen hospitaalopnames waarin die diagnose, datum en dagtemperatuur gekoppel was. ʼn Suidoostelike staat soos Florida en sentrale state soos Indiana en Kentucky reik by ʼn hitte-indeks van 38 tot 44 °C ʼn hittealarm uit. ʼn Hitte-indeks is die aanvoelingstemperatuur gebaseer op temperatuur en lugvogtigheid. In Nederland het die Ryksinstituut vir Volksgesondheid en Milieu (RIVM) in samewerking met die Koninklike Nederlandse Meteorologiese Instituut ((KNMI) ʼn nasionale hitteplan in werking gestel vir tye wanneer die temperatuur vir dae aanmekaar bo 27 °C is. Wanneer die temperatuur tot bo 34 °C styg, kom daar ʼn piek in hospitaalopnames van mense van 65 jaar en ouer.

• 16 Maart: Nederlanders wat onder die opstyg- en landingstroke van die lughawe Schiphol bly, “worden tureluurs van het lawaai boven hun hoofd”,

berig Arjen Schreuder in sy Weekend Reportage in die NRC-Handelsblad. Jan van de Lagemaat en sy vrou Marion Paape sit ná sestien jaar hulle huis in die mark. Van die beloftes om die inwoners in die omgewing van die lughawe tegemoet te kom deur minder te vlieg, het niks gekom nie. Hulle ervaar die klankbesoedeling wat die vliegtuie maak, as ʼn oop senuwee wat voortdurend geprik word en wat soveel ontsteek het dat daar nie meer genesing voor is nie. Dit is ʼn mentale senutoestand. Mense soos Van de Lagemaat en Paape word “lawaaivluchtelingen” genoem. Van hulle bure en vriende aanvaar die toenemende klankbesoedeling gelate, want hulle vlieg ook soms vir vakansie Suid- Spanje toe.

• 16 Februarie: ʼn Maand vroeër skryf Wouter van Noort in die NRC-Handelsblad oor hoe mense se geestesgesondheid aangetas word deur voorspellings van toenemende katastrofes as gevolg van klimaatsverandering. In Utrecht reël die ekofilosoof Evanne Novak die byeenkoms “Therapie voor je klimaatdepressie”. Van die deelnemers ervaar gevoelens van rou, paniek, obsessie en apatie. Nuwe woorde soos “ecorexia” (seker “ekoreksie” in Afrikaans) verwys na ʼn gevoel dat jy alles moontlik doen om volhoubaar te leef, maar dat dit niks help nie. Al hoe meer mense dink twee keer voordat hulle vlieg uit “vliegschaamte”. Hulle klim liewers op die trein vir vakansie en noem dit “treintrots”. Woorde soos “pretraumatische stress” en “klimaatdepressie” klink oordrewe, totdat mens hoor dat die Britse psigoanalis Rosemary Randall in 2009 drie vorme van verlies wat tot psigiese lyding kan lei, geïdentifiseer het. Eerstens is daar absolute verlies, byvoorbeeld wanneer jou huis afbrand of ʼn familielid in ʼn oorstroming verdrink. Tweedens is daar selfgekose verlies, wat volg wanneer jy byvoorbeeld besluit om nie meer vleis te eet nie en meer frustrasie as lyding ervaar. En derdens ontstaan iets soos transitoverlies wanneer jy byvoorbeeld jou houtkaggel moes inruil vir ʼn sonverwarmingspaneel op die dak. Wég is jou kaggelvuuraande. Op sulke tye kan jy jou maar oorgee aan “milieumelancholie”.

Carina van der Walt – Tilburg, Nederland

Page 47: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 47

Engelenburghuis – meer as ʼn museum

Vir die Kühnegesin en die Van der Walts van Pretoria bly Engelenburghuis ʼn plek van mooi herinneringe. Dit was die werk- en woonplek van die Kühnegesin, en toe Hennie van der Walt op 9 Oktober 1965 met Marlene Kühne in die huwelik tree, was dit vir familie en vriende ʼn wonderlike voorreg om die deftige onthaal in Engelenburghuis by te woon.

Die bruidstafel voor die kaggel en die ander tafels oral in die voorste vertrekke was keurig gedek met die fynste porselein en besondere eetgerei. Die gaste was nogal stemmig en terdeë bewus van die besondere omgewing en atmosfeer waarin die feestelikheid plaasvind.

Die bruid se ma, Marie Kühne, was van 1958 tot 1971 bestuurder van Engelenburghuis. Sy was verantwoordelik vir alles binne en buite die huis, het besoekers rondgeneem en onthale vir hooggeplaastes en oorsese gaste gereël. Sy en haar man het in ʼn woonstel agter in die huis gewoon, maar die hele huis en tuin was te alle tye oop vir hulle gebruik. Dit was ʼn instelling by die Kühnegesin om Sondae met familie en vriende in die eetkamer van die huis te eet. Ook dié wat deel van hierdie geleenthede was, sal Engelenburghuis onthou as ʼn huis waar mense gewoon, gelag en gekuier het.

[Dank aan me. Trui van Wyk, wat dié brokkie geskiedenis met ons gedeel het.]

Page 48: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

48 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Boekbekendstellings (vervolg)Uit die 1958-argief van Tossie Lochner

Page 49: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 49

Uit die 1958-argief (vervolg)

Page 50: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

50 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Publikasies van lede

Beukes, A-M.:• 2018. Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? LitNet 3 Mei 2018; http://www.litnet.co.za/suidoosterfees-2018-

wat-die-toekomswaarde-vanafrikaans- anne-marie-beukes/

Beukes, A-M.• 2018. ATR vier 10 jaar: Die ATR het haar kinderskoene ontgroei. LitNet 24 Mei 2018: https://www.litnet.co.za/atr-

vier-10-jaar-die-atr-het-haar-kinderskoeneontgroei/

Gründlingh, M. & De Villiers, J.:• 2018. Die Stellenbosse Heemkring 50 Jaar. African Sun Media, Stellenbosch.

De Villiers, J. & Visser, B.:• 2015. Geroep, Gewillig, Gestuur – NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen, 1965 - 2015. Sun Media,

Stellenbosch.

Publikasies van Akademielede:

Alle Akademielede word hartlik genooi om besonderhede van publikasies inAfrikaans vir opname in dié rubriek aan die kantoor te stuur.

Nicholas Clarke, wat sy grootouers, dr. N.A. en mev. A.M. Coetzee, se vleuelklavier aan die SA Akademie geskenk het, bring op 20 Februarie 2019 die naamplaatjie op die klavier aan.

Nicholas woon tans in Utrecht, Nederland.

Page 51: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 51

Boekbekendstellings (vervolg)

Guidelines for Heritage Management in South Africa deur Anton C. van Vollenhoven.

Boekbekendstellings

Prof. Anton van Vollenhoven het dié nuwe publikasie die lig laat sien; enige lid wat belang stel, kan dit koop, spesifiek ook diegene wat betrokke is by kulturelehulpbronbestuur.

Prof. Van Vollenhoven se e-posadres is: [email protected].

Afskeid van ʼn volk deur Philip Spies.

Hierdie boek behandel vier hooftemas:• Die toekoms van Afrikaners in ʼn land met groot onsekerhede• Die aard van Afrikaans wees en Afrikaner wees – verlede,

hede en toekoms• Sleutelvoorwaardes vir ʼn vooruitstrewende Suid-Afrika• Wat staan ons as Afrikaners te doen om ʼn goeie toekoms te

help skep?

Naledi UitgewersISBN: 9781928426561Prys: R240

Page 52: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

52 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Boekbekendstellings (vervolg)

Paul Kruger, Speeches and Correspondence, 1850–1904 deur JS Bergh.

Die boek beslaan meer as 1 200 bladsye oor die lewe van ʼn prominente Suid-Afrikaanse staatsman. Die boek verskaf inleidings tot en diepgaande ontledings van die verskillendefases van Kruger se loopbaan. Dit bied aan navorsers en ander belangstellendes toegang tot belangrike en minder bekende Kruger-dokumente en toesprake. Die publikasie sluitbyvoorbeeld ʼn groot persentasie van Kruger se toesprake in wat hy tydens sy verpligte jaarlikse besoeke aan die verskillende dele van Transvaal en tydens sy presidensiële veldtogte gelewer het.

Kraal UitgewersISBN: ISBN: 978-1-77592-179-0Prys: R500

P.G. du Plessis: Hy was ʼn rukkie pagter hier. ʼn Huldiging deur Heilna du Plooy is die tweede in die huldigingsreeks wat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ontvangers van die Hertzogprys beplan.

Du Plessis was ʼn bekende televisiepersoonlikheid, skrywer, dramaturg, koerantredakteur en akademikus. Die essays in hierdie bundel belig verskillende kante van sy menswees en van sy veelsydige kunstenaarskap, wat met die Hertzogprys bekroon is. Dit is boeiende leesstof vir lesers van biografieë en ʼn ryk bron vir navorsers.

Litera PublikasiesISBN: 978-1-920188-54-2Prys: R385

Page 53: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 53

Boekbekendstellings (vervolg)

Die storie van Afrikaans – Uit Europa en van Afrika (deel 2) deur W.A.M. Carstens en E.H. Raidt.

Protea BoekhuisISBN: 9781485306863Prys: R750

In hierdie boek – wat in twee dele gepubliseer is – is gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede. Hier word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) en veral Afrikaans se Afrikaherkoms – oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling

as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaardgaan, Afrikaans se apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en vanuit Asië (waar die uitwerking van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed en help vorm het tot dit wat ons vandag ken). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies ʼn nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

Page 54: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

54 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Boekbekendstellings (vervolg)

Augustinus – ʼn Studie oor die etiek van ʼn kerkvader uit Afrika deur J.H. van Wyk.

African Sun MediaISBN: 978-1-928357-66-7Prys: R225

Augustinus was een van die grootste teoloë wat ooit geleef het. Sy lewe en geskrifte het die Westerse kerk-, teologie- en kultuurgeskiedenis ná hom radikaal beïnvloed. In hierdie boek ondersoek die outeur die etiek van die kerkvader vanuit ʼn populêr-wetenskaplike oogpunt en wys hy veral op die betekenis daarvan vir Suidelike Afrika. Navorsers, studente en belangstellende lesers sal die boek insiggewend en inspirerend vind.

Die Andrew Murrayprys vir teologiese publikasies in Afrikaans is vir hierdie werk aan prof. J.H. (Amie) van Wyk toegeken. Die beoordelaars skryf dat dié boek lig laat val op een van die reuse wat die ganse lewe en manier van dink van honderde generasies beslissend beïnvloed het. Dit is net so jammer dat bitter min van hierdie teoloog en filosoof uit Afrika (!) in Afrikaans gehoor en ervaar kan word. Die boek help die leser om baie meer van Augustinus te verstaan, skets sy soms stormagtige lewe in keurige biografiese oorvertellings en dui die uitwerking aan wat dit op sy teologie gehad het. Van Wyk se vermoë om die teologiese vraagstukke wat die vroeë Christelike kerk so besig gehou het, bevatlik vir hedendaagse lesers te verduidelik, verdien spesiale vermelding. Hierdie werk staan uit as een van die groot teologiese bydraes in Afrikaans die afgelope drie dekades.

Page 55: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 55

Boekbekendstellings (vervolg)

Diplomatiese Dagverhaal deur Anton Loubser.

Malan MediaISBN: 978-1-920335-73-1Prys: R250

Hierdie publikasie deur Anton Loubser lewer ʼn belangrike bydrae tot ʼn beter begrip van talle belangrike Suid-Afrikaanse en internasionale politieke kwessies.

Van die netelige kwessies waaroor hy kundig skryf, is die politieke bedeling in Suid-Afrika voor en ná 1994, die oplossing van die SWA/Namibiese geskil, Suid-Afrika se “stille Afrikadiplomasie” onder die vorige bedeling, die

sensitiewe bekamping van sanksies in die 1970’s en 1980’s, en die oorgang tussen die “ou” en die “nuwe” Departement van Buitelandse Sake ná Nelson Mandela se vrylating.

Onder die internasionale kwessies wat hy onder die loep neem en waarvan sommige steeds onopgelos is, tel die voortslepende Israeli-Palestynse geskil en die immer teenwoordige Vlaams-Waalse taal- en politieke spanning in België.

Anton Loubser se keurige beskrywing van diplomaat wees met sy veelvuldige uitdagings – soet of suur – is ʼn plesier om te lees en sal gewis as ʼn aansporing dien vir die jonger geslag om ʼn loopbaan in die diplomasie te oorweeg.

Anton Loubser, Daleen Malan en oud-ambassadeur Gert Grobler tydens die boekbekendstelling.

Page 56: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

56 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademielede in die nuus

Fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe:

Die Andrew Murray-prysfonds het die Andrew Murrayprys vir ʼn teologiese publikasie in Afrikaans aan prof. J.H. (Amie) van Wyk toegeken vir Augustinus.

Nuwe ledeFakulteit Kuns en Geesteswetenskappe

Prof. E.D. Boehmer, Verenigde Koninkryk

Dr. Marenet Jordaan, Stellenbosch

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Dr. Renier Koen, Pretoria

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie:

Prof. W.P. (Wessel) Pienaar het van Sanral ʼn Kategorie A-navorsings-gradering ontvang.

In memoriam – lede• Prof. H.L. Crause, Kestell

• Dr. H.L. du Plessis

• Prof. J.J. Henning

Ons eer hul nagedagtenis.

Die Jan H. Maraisprys is vanjaar aan prof. Fransjohan Pretorius toegeken.

Page 57: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 57

LedesakeHulde aan ...

dr. H.L. du Plessis †

Prof. H.L. Crause … †

Prof. H.L. Crause was sedert 1963 ʼn lid van die SAAWK. Hy studeer aan die destydse UOVS, waar hy al sy akademiese kwalifikasies behaal. In 1952 behaal hy sy DPhil met ʼn proefskrif getiteld “ʼn Sosiologiese studie van jeugarbeiders van landelike herkoms in Johannesburg.” Hy volg as sosioloog ʼn loopbaan in die akademie, eers as junior lektor by die UOVS, daarna as lektor en senior lektor by Unisa en van 1960 tot 1964 as professor aan die Universiteit van die Noorde. Van 1965 af was hy verbonde aan die Universiteit van Port Elizabeth, waar hy ʼn leiersrol gespeel het in die vestiging van die universiteit en wyd gepubliseer het.

Van 2002 af woon hy in Kestell in die Vrystaat. Hy neem steeds aktief aan die bedrywighede van die SAAWK deel en het in 2008 moeite gedoen om nuwe lede te werf en selfs ʼn werkgemeenskap in die omgewing van Kestell op die been te probeer kry.

Dr. Hennie Lodewia du Plessis was sedert 1972 ʼn lid van die SA Akademie. Sy is inTheunissen gebore en het in 1956 aan UP as mediese dokter gekwalifiseer.

Aanvanklik werk sy as huisdokter by die destydse Pretoriase Algemene Hospitaal, daarna by Voortrekkerhoogte en van 1959 tot 1961 by die Beth Israel-hospitaal in New York. Haar eggenoot was verbonde aan die destydse Departement van Inligting en sy en hulle gesin het hom waar moontlik vergesel.

Terug in Suid-Afrika werk sy by die King Edward VIII-hospitaal in Durban en later by die destydse HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria voordat sy in Londen by die RoyalPostgraduate Medical School in die Hammersmith-hospitaal ʼn pos aanvaar het.

Van Januarie 1970 af was sy as senior spesialis werksaam by HF Verwoerd-hospitaal. Dr. Du Plessis was ook voltydse senior dosent aan die UP se Departement Narkose. In 1974 was sy verbonde aan die Tygerberg-hospitaal.

Van 1975 af tot met haar dood was sy in Port Elizabeth woonagtig.

Dr. Du Plessis is op 18 Maart 2019 oorlede.

Prof. Johan Henning (70), ouddekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), is op 12 Oktober 2018 oorlede.

Prof. Henning het aan die einde van 2014 afgetree, maar was tot sy dood by navorsing en nagraadse studie in die regsfakulteit betrokke. Hy het wêreldwyd diep spore in die regsberoep getrap en was ʼn gerekende kenner van die maatskappyreg en vennootskapsreg.

Onder die hoogtepunte van sy loopbaan is sy aanstelling as Afrika verteen-woordiger van CIDOEC, Jesus College, Cambridge, sy erelidmaatskap van die Society of Advanced Legal Studies in Brittanje, die eerste Suid-Afrikaner aan wie dit toegeken is, en die Amerikaanse Order of the Coif.

prof. J.J. Henning †

Page 58: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

58 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Persberigte

Indien lede weet van enige publikasies waarin oor sake van die Akademie berig word,e-pos dit asseblief aan [email protected] of [email protected].

Is ons aan die ‘digitiseer’ of ‘digitaliseer’? – prof. Gerhard van Huyssteen Beeld, 4 Januarie 2019Verskeie akademici sluit vanjaar by Akademia aan Beeld, 15 Januarie 2019Nominasies vir die Jan H Maraisprys vir 2019 nou oop afrikaans.com, 23 Januarie 2019Marais was ‘sang se Langenhoven’ Metro-Beeld-Noord, 30 Januarie 2019Nuut op die rak – Afrikaans Poems with English Translations Rapport, 10 Februarie 2019Om die soetste taal in Engels te laat dans – Afrikaans Poems with EnglishTranslations) Beeld, 11 Februarie 2019Vertalings maak nuwe wêreld oop (Afrikaans Poems with EnglishTranslations) Beeld, 13 Februarie 2019Michael le Cordeur: Onnies moet terugkeer na klaskamers Beeld, 19 Maart 2019SA keramiekkuns waardevol geboekstaaf – prof. Alex Duffey Beeld, 25 Maart 2019Jan H. Maraisprys: Akademie vereer Pretorius Die Burger, 2 April 2019MA’s in Afrikaans oor borg Beeld, 6 April 2019Talle studeer nagraads danksy borg – SA Akademie verstom met bydrae Volksblad, 6 April 2019118 beurse om nagraads in Afrikaans te skryf Beeld, 6 April 2019Talle studeer nagraads danksy borg Volksblad, 6 April 2019‘Geskiedenis het ʼn angel’ – prof. Fransjohan Pretorius Beeld, 12 April 2019Dubbele eer vir Naudé se roman Beeld, 14 April 2019Odeion-strykkwartet wen Huberte Rupert-prys Beeld, 15 April 2019Beukes is nuwe hoof van Akademie Beeld, 25 April 2019SA Akademie vereer skolier en entomoloog Beeld, 2 Mei 2019 President stel voorbeeld vir Panyaza Lesufi Maroela Media, 24 Mei 2019 President stel voorbeeld vir Panyaza Lesufi LitNet, 27 Mei 2019Pretorius vereer vir bydrae tot Afrikaans Beeld, 29 Mei 2019

Die Akademie se bedrywighede het ook dikwels die afgelope tyd in LitNet, Maroela Media, TV-nuus, kykNET, Dagbreek-onderhoude, Pretoria FM en radiobulletins gefigureer.

Page 59: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

Nuusbrief - April 2019 | 59

HOU HIERDIE DATUMS OOP!

BEKRONINGS 2019

Stellenbosch:

Woensdag 10 Julie om 18:30 in die Adam Small Ouditorium, Victoriastraat 15, Stellenbosch

Pretoria:

Woensdag 11 September om 19:00 in die Atterbury Teater, h.v. Lynnwoodweg en Daventrystraat, Pretoria

JAARVERGADERING EN JAARLIKSE ALGEMENE SIMPOSIUM

Woensdagaand 11 tot Vrydag 13 September 2019 in Pretoria

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarvergadering en jaarlikse simposium vind vanjaar op 11, 12 en 13 September 2019 in Pretoria plaas.

OORKOEPELENDE TEMA:Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen

Die volgende temas kom onder die loep:• Verstedeliking• Uitleg en funksionering van rioolaanlegte• Ons waterhulpbronne• Plastiekbesoedeling van die oseane• Biodiversiteitsverlies• Klimaatsverandering• Kragopwekking• Die vierde Nywerheidsomwenteling• ʼn Nuwe reguleringsparadigma om biodiversiteit genoegsaam te beskerm• Voorkomings-, matigings- en aanpassingstrategieë deur ons breër maatskaplike strukture,

met inbegrip van die ekonomie, die politiek, die religie, onderwys en, meer spesifiek, ons regstrukture

• Taaldiversiteit en/of taalekologie (die negering van taaldiversiteit is eweseer ʼn “mensgemaakte bedreiging vir lewe op aarde”)

Page 60: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF · Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns-beurs en die Janetta Strauss-beurs word jaarliks aan nagraadse studente in die Departement

60 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Studentesimposium in die Natuurwetenskappe 2019

Die jaarlikse simposium vir nagraadse natuurwetenskapstudente van universiteite en universiteite vir tegnologie (honneurs, MSc, PhD en ekwivalente kwalifikasies), gereël deur die Afdelings Chemiese Wetenskappe, Wis- en Natuurkunde, en Biologiese Wetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, vind op 31 Oktober en 1 November 2019 plaas. 

Dit word vanjaar op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied en sluit ‘n openingsgeselligheid die aand van 31 Oktober 2019 in. 

Registrasie vir die simposium open op 1 Junie 2019 vir studente wat wil deelneem en vir persone wat slegs wil bywoon.  Die sluitingsdatums is 6 September 2019 vir studente wat aanbiedings wil doen, en 21 Oktober 2019 vir persone wat slegs wil bywoon.

Vir meer inligting, besoek gerus www.studentesimposium.org