8
Hart & Hand Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens U ek ons … Fanie van der Schyff U maak Uself aan ons bekend in die grootsheid van die skepping. U maak Uself aan ons bekend in die wonder van die Woord. U maak Uself aan ons bekend in die liefde van Jesus vir ons. U maak Uself aan ons bekend in die versterking van brood en wyn. U maak Uself aan ons bekend in die versorging van U kerk. Hoe groot die voorreg om te kan bely dat ek aan ons Here se kerk behoort! Aanddiens God se adres Chris de Beer God se woonplek is vir ons geweldig belangrik. Die Bybel leer ons dat Hy al in verskeie adresse ingetrek het en vanaand gaan ons kyk waar Hy vandag woon. Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Efesiërs 5 (:25-27) HK So 21 V/a 54, 55 Sang: Ps 134a:4 Sk 12-2:1, 4, 5 Lb 387:1, 2, 3 Ps 128a:3, 4 Sk 20-2:6, 7 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9-17 Sang: Lb 212:1-3 Lb 516:1 Ps 150:1-3 (a cappella) Sk 13-3 Amen (staan) Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal) Hierdie dienste word deur die NG Kerk gereël. Gereformeerde Kerk Pretoria- Brooklyn 22 Maart 2015 Beroepenuus Sondag 22 Maart 2015 BEROEPE ONTVANG Proponent C Botha [Chris] na Pretoria-Alkantrant. Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge (Romeine 11:36): Uit Hom Uit Hom is alle dingedaarom eer ons Hom Deur Hom Deur hom wat in ons werk, word ons instaat gestel om mekaar en ander te dien. Tot Hom Tot Hom is alle dingedaarom maak ons dissipels van Jesus,wat God eer,ander dien en ander weer dissipels maak

Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: [email protected]. Hartklop-Fees

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

Hart & Hand

Hart & Hand Uit Hom, deur Hom en tot Hom

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

U – ek – ons … Fanie van der Schyff

U maak Uself aan ons bekend in die grootsheid van die skepping.

U maak Uself aan ons bekend in die wonder van die Woord.

U maak Uself aan ons bekend in die liefde van Jesus vir ons.

U maak Uself aan ons bekend in die versterking van brood en wyn.

U maak Uself aan ons bekend in die versorging van U kerk. Hoe groot die voorreg om te kan bely dat ek aan ons Here se kerk behoort!

Aanddiens

God se adres Chris de Beer God se woonplek is vir ons geweldig belangrik. Die Bybel leer ons dat Hy al in verskeie adresse ingetrek het en vanaand gaan ons kyk waar Hy vandag woon.

Eredienste: Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Efesiërs 5 (:25-27) HK So 21 V/a 54, 55 Sang: Ps 134a:4 Sk 12-2:1, 4, 5 Lb 387:1, 2, 3 Ps 128a:3, 4 Sk 20-2:6, 7 Duxbury: 18:30 Chris de Beer Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9-17 Sang: Lb 212:1-3 Lb 516:1 Ps 150:1-3 (a cappella) Sk 13-3 Amen (staan) Residentia-Sunnyside 09:30 (Araratsaal)

Hierdie dienste word deur die NG Kerk gereël.

Gereformeerde

Kerk

Pretoria-

Brooklyn 22 Maart 2015

Beroepenuus

Sondag 22 Maart 2015

BEROEPE ONTVANG Proponent C Botha [Chris] na Pretoria-Alkantrant.

Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge

(Romeine 11:36):

Uit Hom Uit Hom is alle dinge…daarom eer ons Hom

Deur Hom Deur hom wat in ons werk, word ons instaat gestel om mekaar en ander te dien.

Tot Hom Tot Hom is alle dinge… daarom maak ons dissipels van Jesus,wat God eer,ander dien en ander

weer dissipels maak

Page 2: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

Gelukwense Wees sterk, wees vasberade. Moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan (Josua1:9).

22/3 Carla Ubbink 081 825 7007

24/3 Daniël Eloff 083 952 4764

24/3 Ulrike Petrick 082 795 4271

24/3 Nicolette Prinsloo 072 335 2801

24/3 Cobus v.d. Schyff 078 309 2683

24/3 Lizeth v.d. Walt 083 305 5695

25/3 Marnus Botha 082 308 7501

25/3 Fanie Louw 072 175 9837

26/3 Fienie de Jager 082 442 4325

26/3 Ewald de Kock 082 867 7755

26/3 Mia Gerryts 079 885 0297

26/3 Clarisse Venter 072 782 6937

27/3 Cobus Bekker 082 825 7983

27/3 Laurens Bekker 082 825 7953

27/3 Kobie Strydom Steenberg 103

27/3 Jorica Vahrrmeijer 071 608 6857

27/3 Jaco v.d. Vyfer 083 369 7880

27/3 Hannes Welman 082 850 1473

28/3 Adriaan Kruger 084 583 7462

Sestigplussers Kom geniet 'n luilekker oggend saam met ons by Grenadine op 26 Maart om 10:00. Groetnis tot dan. Niek

Enkellopendes en jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

DAGBOEK

Vandag: Jeug kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskapkafee 12:00 KVA Dinsdag: 08:30:Predikante-toerusting

Woensdag: Skole sluit 19:00 Beginpunt

Residentia-Sunnyside Woensdag 25 Maart: Bybelstudie in eetsaal (09:30): Openbaring 14 (ds. Fanus)

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 928 0767 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Meelewing Ernstige voorbidding word asseblief gevra vir Amalia Altin, Liedjie Botha, Magda Richards en Ann van Rooy wat almal met ernstige gesondheidsprobleme sukkel.

Versoek Die diakonie is op soek na ‘n rolstoel om te gebruik vir iemand in die Stigting. Kontak Petra de Klerk by 082 553 8602.

Voorbidding:

Libië Hierdie land is in anargie en wetteloosheid gedompel sedert die eerste oproer wat die revolusie in Februarie 2011 teweeg gebring het. Bid dat die Here orde in hierdie land sal herstel, dat geweld tot ’n einde sal kom en dat ’n funksionerende regering hierdie land met geregtigheid sal lei.

Page 3: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

JESUS SE EERSTE KRUISWOORD Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! (Lukas 23:34). Dit was Jesus se eerste woorde nadat Hy aan die kruis vasgespyker is. Aangrypend! Ons Here bid nie eerste vir Homself vir krag of uitkoms nie – dit volg later ... Hy begin by wat vir Hom die heel kosbaarste van alles is, naamlik hulle wat aan Hom behoort, sy kinders. Vergewe hulle ... ja, vergewe óns, want moes Jesus nie vir óns sonde kom betaal het deur aan ’n vervloekte kruis te kom sterf het nie? Dink daaraan waar ons die Paastyd nou binnegaan: Sy liggaam is gebreek ... sy bloed het gevloei tot volkome versoening (vergewing) van al ons sonde. Dankie Here, dat ek mag glo aan die vergewing van sonde.

Tema-opsomming God maak Homself aan ons bekend in brood en wyn

Oggend Eksodus 12:1-14 Johannes 1:29 Die instelling van Paasfees gryp terug na God se verlossingswerk van Israel uit Egipte. Op die vooraand van die tiende plaag het Hy beveel dat elke gesin ’n jaaroud lammetjie moes slag. Die bloed van die offerlam moes opgevang word en aan die deurkosyne van die Israeliete se huise gesmeer word sodat die Doodsengel nie daardie huis sou tref nie. Die karkas van die lam moes gebraai en opgeëet word. God se verlossing van sy volk “deur bloed heen” moes jaarliks herdenk word. Jesus en sy dissipels het op die vooraand van sy dood ook Paasfees gevier. Tydens ete het Jesus brood geneem, dit uitmekaar gebreek, aan sy dissipels uitgedeel met die verduideliking dat dit is wat met sy liggaam gaan gebeur – Hy gaan wreed sterf. Net so ook het Hy wyn geneem en met die verduideliking dat wyn vloei wanneer dit geskink of gedrink word, so gaan sy bloed aan die kruishout vloei. Hý is die Paaslam (Johannes 1:29). Sý liggaam is gebreek en sý bloed het gevloei tot volkome versoening van al ons sonde. Die tekens van brood en wyn herinner ons telkens daaraan.

Aand Handelinge 16:31-34 God se oikos Paulus en Silas word na die tronkbewaarder se huis gestuur. Die Griekse woord vir huis en huisgesin is oikos. Die Bybel leer ons nogal baie oor God se oikos, of met ander woorde, God se huisgesin. Die wonderlike nuus is dat ons aangeneem is in God se huisgesin. Paulus skryf soos volg: Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader (Romeine 8:15). Die manier waarop ons, as lede van sy gesin, ons verhouding met God moet sien, het geweldige implikasie vir die kerk:

God se gesin is ’n nuwe mensheid van alle volke, nasies en tale (Efesiërs 2:11-21 en Openbaring 7:9-10);

God se gesin is lief vir mekaar (1 Johannes 3);

God se gesin het verlore boeties en sussies wat opgesoek moet word (Lukas 15);

God se gesin is gasvry (Hebreërs 13:1-2);

God se gesin is prioriteit (Markus 3:31-35 en Lukas 12:49-53);

God se gesin deel ’n maaltyd met brood en wyn om ons eenheid te vier (1Korintiërs 11:27-29).

Mag ons werklik in die eenvoudige tekens van brood en wyn Vaderliefde ervaar en leef soos sy gesin hier op aarde.

Eljadahuis Onthou tog om voor die skoolvakansie ’n ietsie ekstra te koop en dit in die houtkis in die voorportaal van die saal te sit vir die mense by Eljadahuis. Enige nie-bederfbare blikkieskos, koffie, tee, boksmelk en toebroodjiesmeer is welkom.

Page 4: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

Program vir Dissipelskapkafee Februarie – Junie 2015

Maart

23 Samevatting : Bespreking Fanie, Chris en Paul

30 Vakansie

April 6 Vakansie

13 Geen Dissipelskapkafee nie

20 Klassis Oostelike Pretoria

27 Vakansie

Mei 4 Agapé-vergadering

11 Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees?

Paul Grobler

18 Wat is die werk van die Heilige Gees? Paul Grobler

25 Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Paul Grobler

Junie 1 Agapé-vergadering

8 Die Engel Chris en Paul

15 Vakansie

22 Die Engele en die duiwel Magdal Pienaar-Marais

29 Vakansie

Seënwense Sondag met nagmaal het ons kom groet, om dit te sê, had ek nie die moed, maar ons wil dankie sê vir jare aan ons broers en susters en “leerare” dat ons saam kon bou aan ons kerk wetende dis ons Hemel Vader se werk. Tjaart en Mintje Bosua

Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans dolleeg. As ons net een keer vir twee ekstra mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb. die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Kontak Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625.

Week van die Kruis GK Rietvallei bied die week van 30 Maart elke aand om 19:00 ’n erediens aan en op Donderdag 2 April 2015 het ons nagmaal. Enigeen is welkom om die dienste en nagmaal by te woon. Kontak die skriba, Hennie Steenkamp, as u belang stel om nagmaal by te woon by [email protected] . Ons moet asb. vroegtydig weet wie gaan bywoon en daar moet ook net ’n brief vanaf u kerk aan die skriba gestuur word met die aansoek om nagmaal te gebruik.

Jesaja 55:5 Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het.

Kom gerus, bring iemand saam en woon hierdie byeenkoms by

Page 5: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

Die Administratiewe Buro van die

GKSA in Potchefstroom het ‘n

vakature vir ‘n

ASSISTENT VAN DIE REKTOR VAN DIE TEOLOGIESE SKOOL EN DIE REKTORAAT Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 Maart 2015. Indien u nie binne twee weke ná sluitingsdatum vir aansoeke van ons gehoor het nie, neem asseblief aan dat u aansoek nie geslaag het nie. Vir kennisname: Hierdie pos is nie aan die NWU gekoppel nie en daarom is die basiese NWU-voordele nie van toepassing op hierdie pos nie. Diensaanvaarding: 1 April 2015. Navrae: Dr Wymie du Plessis by 018 297 3986. CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: [email protected].

Hartklop-Fees 2015

Kaartjies is ten bate van die Paul Kruger-Kinderhuis

28 Maart 2015

NG Moreleta Ouditorium

Kunstenaars: Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Adam,

Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld.

Kaartjies beskikbaar by Itickets 086 1000 291

www.itickets.co.za Kaartjiepryse: R110-R250

Onthou die volgende

datums: 2 April: Pasga-ete Soos gebruiklik eet die gemeente saam op die aand voor Goeie Vrydag. Elke gesin bring sop en broodjies, genoeg vir sy gesin, wat ons dan alles op ’n gemeenskaplike tafel uitpak en so saam eet. Chris gaan die aand met ons gesels oor die rol van die pasga binne die raamwerk van God se storie. 19 April: Verjaarsdagtee Die die eerste Sondag ná die skoolvakansie en almal wat in April, Mei en Junie verjaar, word gevra om ’n bordjie hand-eetgoed saam te bring. Ná die diens kuier ons almal dan gesellig saam om die die verjaarsdae te vier.

Fondsinsamelingsprojek:

President Kruger-

Kinderhuise Op 8 Maart 2015 het Marthinus, Marié en Tiaan Heystek die Cape Town Cycle Tour (voorheen die Argus-fietswedren) gery. Dit was Marthinus se 23ste Argus gewees, Marié se 15de en Tiaan se 5de . Ons het besluit om die wedren te gebruik om vir liefdadigheid te ry. Ons het die wedren gery en geld ingesamel vir die President Kruger-Kinderhuise. Ondersteun ons poging om geld in te samel vir hierdie kinderhuis. Indien u ons nog wil ondersteun, gaan na http://www.doit4charity.co.za/Marthinus.H en klik op “Sponsor Me Now” en dan sal u verskeie opsies hê om ’n bydrae te maak. Indien u nie op die internet of met kredietkaart wil betaal nie, is u welkom om ons persoonlik te kontak vir ’n reëling. Die projek sal nog aangaan tot einde Maart. By voorbaat dankie, Marthinus, Marié en Tiaan Heystek. Kontakbesonderhede : [email protected]

Page 6: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

Toerusting vir groepe en gesinne

Weektema: Eerste kruiswoorde: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Teks: Lukas 23:26-43

1. Lees/Luister: Lees as groep of gesin saam deur Lukas 23:26-43. Fokus op Lukas 23:34.

2. Uitroeptekens: Wat in die gedeelte staan vir jou uit? Dit kan gedagtes, woorde of ’n vers wees wat vir jou uitstaan. Deel dit met mekaar, maar moenie dit te veel bespreek nie. Luister na mekaar.

3. Vraagtekens: Watter vrae kom vir jou na vore uit die teks? Vrae wat begin met wie, wat, waar, wanneer, hoekom, ens. is goed om te vra. Probeer om vrae met ’n ja- of nee-antwoord te vermy. Hier is ’n paar vrae wat spesifiek kan help met die gedeelte:

a. Wat is die sentrale gedagte van Lukas 23:26-43? b. Na wie verwys Jesus wanneer Hy praat van “hulle” in vers 34? c. Hoe sou jy voel as mense jou so verneder al is dit uit onkunde? d. Waar in die afgelope week is jy onregverdig behandel of het jy dalk iemand ander

onregverdig behandel? e. Wat dink jy is die uitwerking van hierdie gebed van Jesus op jou? f. Hoe dink jy kan jy in die week wat kom doen om iemand anders te help om te verstaan

wat vergifnis is? 4. Hande en voete:

Nadat julle die gedeelte klaar gelees en bespreek het, wat kan julle prakties gaan doen? Vra mekaar twee vrae:

a. Wat is die moontlike toepassing van die teks? Hoe help die teks in die algemeen mense om Jesus te volg, God te eer, mekaar te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

b. Wat wil God hê ek moet hierdie week gaan doen? Maak dit persoonlik deur te begin met “Ek dink God wil hê ek moet ...” Hoe help hierdie teks jou persoonlik om God te eer, ander te dien en om ander mense dissipels van Jesus te maak?

5. Bid: Bid as gesin of groep saam vir die volgende:

a. Bid vir spesifieke behoeftes binne die groep of gesin. Vra mekaar oor gebedsversoeke. Vra vir God wysheid oor hoe om spesifieke situasies te hanteer.

b. Bid vir gemeentelede en vir jou familie. Vra dat God verheerlik sal word deurdat ons mekaar dien en getrou sal wees in ons volg van Jesus.

c. Bid vir mense in die gemeenskap en oor die wêreld. Bid vir mense by die werk, skool, universiteit, ens. Bid dat God se liefde en genade vir hulle duidelik sal word deurdat ons dit getrou aan hulle sal uitleef. Bid dat God ons oë sal oopmaak om hulle te sien soos Hy hulle sien en dat ons hulle so lief sal hê soos wat Hy hulle lief het.

Probeer mekaar die geleentheid gee om saam te bid. Gee elkeen ’n kans om vir net een

van die bogenoemdes te bid.

Page 7: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

WOONSTELMAAT BENODIG Ons is op soek na ’n derde woonstelmaat. Verkieslik ’n rustige student of jong werkende. Die woonstel is geleë oorkant die kampus in Normandie en is groot. Die plek is beskikbaar vanaf 1 April. Kontak Andri by 079 699 5992. DIE WASLYN Ons was gordyne: ons kom haal dit af, was, droog en stryk dit en hang dit weer vir u. Skakel 078 296 4596. WOONSTEL BENODIG 2 Slaapkamers met klein tuintjie en wat veilig is. Kontak Theuna Stolz ná 15:00 by 084 595 2820. HEARING HUB OUDIOLOË Ons bied gehoortoetse, gehoorapparate, gehoorbeskerming en spraakterapie vir jonk en oud. Skakel ons gerus by 012 346 0511 (Menlopark) of 012 997 1718 (Moreleta Park). Ons sien uit om u te ontmoet.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

STRANDHUIS IN CANNON ROCKS, OOS-KAAP beskikbaar oor Paastyd en vakansie. Die huis loop uit op die strand met 180-grade-seeuitsig. Hoofslaapkamer vir 2 en kinderkamer met 5 stapelbeddens plus 1 bedbank in woonkamer, groot woonvertrek, kombuis en 2 badkamers, stoep plus motorhuis. Ten volle toegerus: beddegoed, badhandoeke, DSTV, speelgoed, boeke, Weber. Kontak Linda van Vuuren by 082 825 0220 TUINWOONSTEL BESKIKBAAR Ruim, veilig en netjiese tuinwoonstel beskikbaar in Menlopark vir enkelpersoon. Onmiddelik beskikbaar @ R4 500 (w&l ingesluit, 1x per week skoonmaker). Nie-rokers & geen troeteldiere nie. Skakel 083 303 1122 of 083 459 4905.

ADVERTENSIES

BEURTKRAG

Bystand-kragpwekker

Ons bedieningswerk in die kerk, saal, kantore en by die pastorie moet aangaan te midde van beurtkrag omdat die agterstand van Eskom nie gou uitgewis sal word nie. Hiervoor het die kerkraad tenders uitgestuur en toe ’n bystand-kragopwekker by Genpower Electrical bestel. Die besonderhede is soos volg: 50 KVA Cummins-dieselopwekker met klankkas en oorskakelmeganisme; Totale koste plus BTW en installasie: R181 000; Dit tree in werking teen middel April 2015.

. Plaas u bydrae elektronies oor in bankrekening Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn, ABSA, rek.nr. 540 340 110 ( verwysing Generator) of in ’n gemerkte koevert in die kollektesakkie.

Enige bydrae vir hierdie

buitengewone koste-item

is baie welkom.

VARS SWART OLYWE UIT DIE NOORD-KAAP OM SELF IN TE MAAK

Oestyd begin April; @ R40 per kg. Plaas bestellings by Cornelia by 082 903 1427 of [email protected]

Page 8: Eredienste: Hart Hand - Brooklyn-gemeente...CV’s: Per hand by: Die Administratiewe Buro, Molenstraat 62, Potchefstroom. Faks: 018 293 1042. E-pos: wymiedup@gksa.co.za. Hartklop-Fees

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Anita Cilliers en Arnline Kuun Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

22 Mrt

Duxbury Ouderling Gert Erasmus Diaken Elzabé Barnard

Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA sustentasie

Gerda

22 Mrt

Troyestr Hierdie dienste word deur die NG Kerk gereël.

29 Mrt

Duxbury Ouderling Diaken Erna Kruger

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Elma

29 Mrt

Troyestr

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected] Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).