1
56 D ie leierskap van die Militêre Akademie (Dekaan, Kommandant en Hoof van Staf) het die Akademie aan die einde van Desember 2011 verlaat. Die Sekundusdekaan, dr MS Tshehla, is van 1 Januarie 2012 af as die nuwe Dekaan aangestel. Vakatures is ’n voortdurende uitdaging in staats- departemente, maar die Fakulteit Krygskunde is bemoedig deur die elf nuwe personeellede wat aangestel is, twee uit ons ‘ontwikkel eie menspotensiaal’-groep. Ongelukkig is personeelverliese weens natuurlike uitvloei nog ’n probleem omdat hierdie personeel moeilik vervangbaar is. Ons internasionale profiel is sterk omdat ons Fakulteit wêreldwyd bekend is in militêre kringe en die Universiteit Stellenbosch geniet erkenning deur internasionale besoeke. Ons was die afgelope jaar bevoorreg om die Parlementêre Oorsigraad oor Verdediging hier te verwelkom. ’n Feitesending van die Universiteitsraad op 18 November 2011 was van die vele afvaardigings wat ons ontvang het. Lewendige kapasiteitsbouprogramme wat op onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie toegespits was, is aangebied met die oog op die Fakulteitsbestuur, die Fakulteit as geheel en nagraadse studente. ’n Aantal akademici en twee nagraadse studente het by internasionale vakkundige konferensies referate gelewer. Ernstige pogings word aangewend om ons navorsingsuitset te vergroot. Twee uitgawes van die Fakulteitstydskrif, Scientia Militaria, is gepubliseer. Hierdie geakkrediteerde vaktydskrif is van die eerste vryetoegang-tydskrifte by die Universiteit. Ons inisiatiewe om ons kennisbasis te versterk deur verbetering van die kwalifikasies van ons Fakulteitspersoneel het vrug gedra met die toevoeging van vier nuwe medeprofessore. Ons Fakulteit het nou ’n rekordtal personeellede wat tot die vlak van medeprofessor bevorder is, sowel as lede wat oor doktorsgrade beskik. Ons studentekorps is nou oorwegend swart, wat die demografiese profiel van die land korrek weergee, en daar is ’n mate van kommer oor die onderverteenwoordiging van wit- en Indiërstudente. Die proporsie swart-, bruin- en Indiër-personeellede het van 28% tot 45% toegeneem. Die Die Fakulteit Krygskunde is ’n unieke fakulteit op tersiêre vlak in Suid-Afrika en bestaan deur ’n kontraktuele ooreenkoms tussen die Departement van Verdediging en die Universiteit Stellenbosch. Sy missie is om professionele militêre opleiding aan kandidate en kommissie-offisiere van die Suid- Afrikaanse Nasionale Weermag te voorsien, van wie die meeste voltyds op voorgraadse vlak aan die Militêre Akademie in Saldanha studeer. Studente kan ’n Hoër Sertifikaat in Militêre Studie, of ’n Baccalaureus-, Honneurs- of Magistergraad in Krygskunde verwerf. Hierbenewens bied die Fakulteit ook drie voorgraadse programme deur middel van interaktiewe telematiese onderwys vir uniform- en burgerlike lede van die Departement van Verdediging aan. huidige uitdaging is die ernstige onderverteenwoordiging van vroue in die Fakulteit. Die institusionele klimaat moet meer verwelkomend teenoor vroue word. Die swak akademiese prestasie van ’n aantal studente is nog sorgwekkend. ’n Ontleding van die situasie dui op persoonlike en sosiale kwessies, vrese oor hul kontrakte met die Departement van Verdediging, ’n teësinnigheid by sommiges om by die Militêre Akademie te wees, en swak voorbereiding vir tersiêre onderrig. Die Departement van Verdediging moet die Voorbereidende Sertifikaat in Militêre Studie-program herinstel as ’n inisiatief om ’n oorbruggingsprogram te verskaf wat tot ’n beter deurvloeikoers kan lei. Ondanks die uitdagings wat ons moet hanteer, slaag ons nog daarin om toppresteerder-studente te lewer, soos blyk sowel uit die twee nagraadse studente wat onlangs met lof aan die Universiteit gegradueer het as uit die grootste groep studente tot dusver wat hierdie jaar in die Fakulteit kwalifikasies verwerf het deur middel van interaktiewe telematiese onderwys. Ons sistemiese volhoubaarheid is in die Departement van Verdediging veranker. Ons Fakulteitslede is aangemoedig om derdegeldstroominkomste te help verhoog en sommige was suksesvol met die verkryging van NNS-, FINLO- en samewerkingstoekennings. Omtrent 450 000 Deense kroner is vir die konferensie oor Teorie vir Militêre Strategie en Militêre Kultuur ingesamel. As die uittredende Dekaan wil ek graag my opregte waardering uitspreek teenoor sowel die studente en personeel van die Universiteit en die Militêre Akademie as die ander mense wat die Fakulteit Krygskunde die afgelope vyf en ’n half jaar gehelp het om sy missie te volvoer. Spesiale dankbetuiging ook aan die Hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, lt-genl SZ Shoke, aan dr P Clüver (Voorsitter van die Universiteitsraad) en aan die Universiteit se Rektor, prof HR Botman, en sy Bestuurspan vir hul voortdurende ondersteuning. Dit was ’n voorreg en eer om die Departement van Verdediging en die Universiteit Stellenbosch te dien in hul missie om professionele militêre onderrig aan toekomstige militêre leiers te voorsien. FAKULTEIT KRYGSKUNDE Prof Edna van Harte Dekaan: Fakulteit Krygskunde

FAKULTEIT KRYGSKUNDE - Stellenbosch Universitystbweb01.stb.sun.ac.za/Jaarverslag/verslag2011/pdfs/afr... · 2012-07-16 · kwalifikasies verwerf het deur middel van interaktiewe telematiese

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: FAKULTEIT KRYGSKUNDE - Stellenbosch Universitystbweb01.stb.sun.ac.za/Jaarverslag/verslag2011/pdfs/afr... · 2012-07-16 · kwalifikasies verwerf het deur middel van interaktiewe telematiese

56

Die leierskap van die Militêre Akademie (Dekaan, Kommandant en Hoof van Staf) het die Akademie aan die einde van Desember 2011 verlaat. Die

Sekundusdekaan, dr MS Tshehla, is van 1 Januarie 2012 af as die nuwe Dekaan aangestel.

Vakatures is ’n voortdurende uitdaging in staats-departemente, maar die Fakulteit Krygskunde is bemoedig deur die elf nuwe personeellede wat aangestel is, twee uit ons ‘ontwikkel eie menspotensiaal’-groep. Ongelukkig is personeelverliese weens natuurlike uitvloei nog ’n probleem omdat hierdie personeel moeilik vervangbaar is.

Ons internasionale profiel is sterk omdat ons Fakulteit wêreldwyd bekend is in militêre kringe en die Universiteit Stellenbosch geniet erkenning deur internasionale besoeke.

Ons was die afgelope jaar bevoorreg om die Parlementêre Oorsigraad oor Verdediging hier te verwelkom. ’n Feitesending van die Universiteitsraad op 18 November 2011 was van die vele afvaardigings wat ons ontvang het.

Lewendige kapasiteitsbouprogramme wat op onderrig, navorsing en gemeenskapsinteraksie toegespits was, is aangebied met die oog op die Fakulteitsbestuur, die Fakulteit as geheel en nagraadse studente. ’n Aantal akademici en twee nagraadse studente het by internasionale vakkundige konferensies referate gelewer. Ernstige pogings word aangewend om ons navorsingsuitset te vergroot. Twee uitgawes van die Fakulteitstydskrif, Scientia Militaria, is gepubliseer. Hierdie geakkrediteerde vaktydskrif is van die eerste vryetoegang-tydskrifte by die Universiteit.

Ons inisiatiewe om ons kennisbasis te versterk deur verbetering van die kwalifikasies van ons Fakulteitspersoneel het vrug gedra met die toevoeging van vier nuwe medeprofessore. Ons Fakulteit het nou ’n rekordtal personeellede wat tot die vlak van medeprofessor bevorder is, sowel as lede wat oor doktorsgrade beskik.

Ons studentekorps is nou oorwegend swart, wat die demografiese profiel van die land korrek weergee, en daar is ’n mate van kommer oor die onderverteenwoordiging van wit- en Indiërstudente. Die proporsie swart-, bruin- en Indiër-personeellede het van 28% tot 45% toegeneem. Die

Die Fakulteit Krygskunde is ’n unieke fakulteit op tersiêre vlak in Suid-Afrika en bestaan deur ’n kontraktuele ooreenkoms tussen die Departement van Verdediging en die Universiteit Stellenbosch. Sy missie is om professionele militêre opleiding aan kandidate en kommissie-offisiere van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te voorsien, van wie die meeste voltyds op voorgraadse vlak aan die Militêre Akademie in Saldanha studeer. Studente kan ’n Hoër Sertifikaat in Militêre Studie, of ’n Baccalaureus-, Honneurs- of Magistergraad in Krygskunde verwerf. Hierbenewens bied die Fakulteit ook drie voorgraadse programme deur middel van interaktiewe telematiese onderwys vir uniform- en burgerlike lede van die Departement van Verdediging aan.

huidige uitdaging is die ernstige onderverteenwoordiging van vroue in die Fakulteit. Die institusionele klimaat moet meer verwelkomend teenoor vroue word.

Die swak akademiese prestasie van ’n aantal studente is nog sorgwekkend. ’n Ontleding van die situasie dui op persoonlike en sosiale kwessies, vrese oor hul kontrakte met die Departement van Verdediging, ’n teësinnigheid by sommiges om by die Militêre Akademie te wees, en swak voorbereiding vir tersiêre onderrig. Die Departement van Verdediging moet die Voorbereidende Sertifikaat in Militêre Studie-program herinstel as ’n inisiatief om ’n oorbruggingsprogram te verskaf wat tot ’n beter deurvloeikoers kan lei.

Ondanks die uitdagings wat ons moet hanteer, slaag ons nog daarin om toppresteerder-studente te lewer, soos blyk sowel uit die twee nagraadse studente wat onlangs met lof aan die Universiteit gegradueer het as uit die grootste groep studente tot dusver wat hierdie jaar in die Fakulteit kwalifikasies verwerf het deur middel van interaktiewe telematiese onderwys.

Ons sistemiese volhoubaarheid is in die Departement van Verdediging veranker. Ons Fakulteitslede is aangemoedig om derdegeldstroominkomste te help verhoog en sommige was suksesvol met die verkryging van NNS-, FINLO- en samewerkingstoekennings. Omtrent 450 000 Deense kroner is vir die konferensie oor Teorie vir Militêre Strategie en Militêre Kultuur ingesamel.

As die uittredende Dekaan wil ek graag my opregte waardering uitspreek teenoor sowel die studente en personeel van die Universiteit en die Militêre Akademie as die ander mense wat die Fakulteit Krygskunde die afgelope vyf en ’n half jaar gehelp het om sy missie te volvoer. Spesiale dankbetuiging ook aan die Hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, lt-genl SZ Shoke, aan dr P Clüver (Voorsitter van die Universiteitsraad) en aan die Universiteit se Rektor, prof HR Botman, en sy Bestuurspan vir hul voortdurende ondersteuning. Dit was ’n voorreg en eer om die Departement van Verdediging en die Universiteit Stellenbosch te dien in hul missie om professionele militêre onderrig aan toekomstige militêre leiers te voorsien.

FAKULTEIT KRYGSKUNDE

Prof Edna van HarteDekaan: Fakulteit Krygskunde