4
GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente 30 Oktober 2016 Besoek ons WEBTUISTE: www.ngkwonderboom.co.za Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid! Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Kom geniet na die oggenddiens verversings in die binnehof en deel so in mekaar se vreugde en hartseer. Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Dit is ook vandag ons gemeente se 57e verjaarsdag en ons vier dit met dankbaarheid en erkenning teenoor ons hemelse Vader. Ons ontmoet graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel. E R E D I E N S T E Bid asseblief dat ons eredienste ware ontmoetings met die lewende God en met mekaar sal wees! LERAAR TEMA TEKS Ds Ernest Horn Lofofferfees Doop Vreugde oor God. Vreugde in God. Vreugde met God Psalm 43:4 “Laat my ingaan na die altaar van God, die God oor wie ek wil jubel en juig…!” Prop. Ronél Coertzen 09:00 Soetdoring Uit die boom tot binne-in God se nuwe wêreld Lukas 19:10 “Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.” Jeuglokaal 18:00 19:00 Gr 7 10 Debeon

GEBEDSBRIEF - NGK Wonderboom

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GEBEDSBRIEF - NGK Wonderboom

GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente

30 Oktober 2016 Besoek ons WEBTUISTE:

www.ngkwonderboom.co.za

Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid! Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Kom geniet na die oggenddiens verversings in die binnehof en deel so in mekaar se vreugde en hartseer. Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Dit is ook vandag ons gemeente se 57e verjaarsdag en ons vier dit

met dankbaarheid en erkenning teenoor ons hemelse Vader.

Ons ontmoet graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel.

E R E D I E N S T E

Bid asseblief dat ons eredienste ware ontmoetings met die lewende God en met mekaar sal wees!

LERAAR TEMA TEKS

Ds Ernest Horn

Lofofferfees

Doop

Vreugde oor God.

Vreugde in God. Vreugde

met God

Psalm 43:4

“Laat my ingaan na die altaar van God,

die God oor wie ek wil jubel en juig…!”

Prop. Ronél Coertzen

09:00 Soetdoring

Uit die boom tot binne-in

God se nuwe wêreld

Lukas 19:10 “Die Seun van die mens het immers gekom om te

soek en te red wat verlore is.”

Jeuglokaal 18:00 – 19:00

Gr 7 – 10 Debeon

Page 2: GEBEDSBRIEF - NGK Wonderboom

Kategese Juniors 10:00 en Seniors 18:00

Daar is vanoggend ‘n baie kort les vir die Junior Kategese. Direk na afloop

van die erediens kom die kinders voor in die kerk op die mat bymekaar. Die

kinders onttrek daarna om by die gemeente-kuier in die vierkant aan te

sluit.

Senior Koor Oefen Dinsdag 1 November om 16:00 in Soetdoring-saal. Almal is welkom.

Omgeegroepe

Omgee/stiltetyd materiaal is by die deure beskikbaar. Omgeegroepe

vergader soos gereël.

Kersmark: Ons Kersmark met sy nuwe baadjie duur

nog net tot Woensdag 2 November. Kom doen na hartelus al jou kersinkopies

teen sakpas pryse.

Geniet ‘n gratis koppie koffie of kry ‘n Cappucino @ slegs R 10.

Daar is ook etes beskikbaar: 31 Oktober: Kerrie & rys

1 November: Hoendergereg 2 November: Gevulde vetkoeke

Jy kan ook vooraf bestellings plaas by Elize 061 234 5750.

Woordgroei Donderdagaand 3 November om 19:00 in

die Kameel. Almal is welkom.

SORG VIR MEKAAR!

Siekes

Pieter Human (072 200 0441), Elsa Maré (082 375 5384), Dotjie Steyn (082 788 3803), Martie van Rensburg, Judith Erwee (Hennie 082 553 9291), Mindi de Wet

(Marieta 082 924 6223) en Maretha van Dyk (Sheila 012 543 9606).

Beterskap Reon van Niekerk (Johann 082 788 1421), ds. Erika van Tonder en Willem van

Heerden (René 082 559 2246).

Bedroefdes Charles Haupt (073 132 3866) en sy familie met die afsterwe van sy

eggenote Martie. Haar dankdiens was reeds die afgelope Vrydag. Marius Brits (082 712 0080) en Esme Barnard en hulle familie met die

afsterwe van hulle moeder Frieda Brits. Eksamens

Ons bid die matrieks steeds sterkte toe vir die eindeksamens waarmee hulle besig is. Sterkte ook aan al die ander leerlinge wat ook eersdaags met hulle eksamens begin! Mag die Here julle seën en aan julle wysheid en insig gee asook die deursettingsvermoë sodat julle julle volle potensiaal kan bereik!

Geluk! Baie geluk aan Dillon Duvenhage en Linda Kamffer wat gister in die huwelik getree

het. Mag julle mekaar elke dag bemin en dien met die liefde wat die Here vir julle gee! Geluk aan Elana (Hanna Bezuidenhout se kleindogter) en Martin de Klerk met die

geboorte van hulle eersteling Liam. Geluk ook aan Nadia (Arnout en Anita de Waard se dogter) en Pieter Zietsman (en boeties Tiaan en Divan) met die geboorte

van hulle derde seuntjie Jacques Geniet die voorreg, vreugde en verantwoordelikheid van ‘n klein lewetjie wat die Here aan julle toevertrou!

Page 3: GEBEDSBRIEF - NGK Wonderboom

Ons gemeente is 57 jaar oud en daarom vier ons vandag Lofofferfees. Hiermee dank ons die Here vir sy sorg en sy trou deur al die jare, en sien ons uit na die pad wat die Here steeds met ons loop. Hy is met ons op pad na sy beplande toekoms vir ons en gee aan ons

gemeente al die gawes wat nodig is om kerk te kan wees vandag.

Ons bring vandag ons spesiale lofoffers (lofofferkoeverte) as ’n simboliese gebaar van ons dankbaarheid en vertroue op die Here se sorg. Jy kan dit ook nog volgende week na die erediens bring

of jou spesiale lofoffer elektronies oorbetaal in rekening: NG Gemeente Wonderboom; Absa Tjekrekening; Sinoville tak; Takkode

632005; rekeningnommer 5260151136; verwysing: Lofoffer.

Kom kuier na die tyd heerlik saam in die binnehof!

Dit is amper Kersfees! Die tyd wat ons Jesus Christus se koms na die aarde vier en ons geliefdes waardeer en bederf. Moenie die pragtige

Kersmark wat tot Woe 2 November aan die gang is, mis nie!

‘n Spiksplinternuwe Kersmark met 66 tafels vol allerlei verrassings, snuisterye en winskopies. Driekwart van die mark is nuwe uitstallers!

Kom loer gerus in en doen kersinkopies teen sakpas-pryse! Daar is ook kaartfasiliteite besikbaar.

Daar is ook elke dag etes te koop! Vir die dag en week-spyskaart, sien die gebedsbrief! Kom koop of loop net deur en geniet al die mooi dinge!

Weeksdae 10:00–19:00, Saterdae 09:00–14:00 en Sondae 10:15 – 12:00.

Jesus, die Lig vir die wêreld - Kerssangdienste

Kom loof die Here saam met ons met ons Kerssangdienste. 13

November om 18:00 in die kerkgebou en 16 en 17 November om

18:00 vir 18:30 by Soetdoring en Jasmyn onderskeidelik.

Moenie dit mis nie! Dit gaan baie spesiaal wees.

Page 4: GEBEDSBRIEF - NGK Wonderboom

Kommune te huur

Ruim enkelkamers vir student met gesamentlike toegeruste kombuis, badkamer, wasmasjien,

motorafdak en deel van tuin met braaigeriewe, in ‘n stil straat in Wonderboom.

Magda

083 466 9862 TWEE RIVIERE AFTREEOORD 1 Slk Woonstel

te Huur

R5000 per maand + R440 vir 10 etes; Beskikbaar 1 Okt 2016, ekstra kas en dubbel wasbak in kombuis, stort - in Blok B; direk van

eienaar; okkupasie kan vervroeg word.

Yolande

084 409 5523

ALL 'n MORE

TRANSPORT

MEUBELVERVOER klein & groot vragte Skakel ons vir vinnige en flinke diens e-pos adres [email protected]

012 567 4430 076 217 9519 082 865 0020

Louise Hugo Oudioloog/Audiologist

Gehoor-evaluasies vir volwassenes en kinders (vanaf geboorte) 129 Third Road,

Montana / [email protected] 012 751 4521

Essies hout-

meubels

Stel u belang in unieke doelgemaakte harde hout meubels? Ons vervaardig alles vir u blyplek volgens u spesifikasies. Ons gebruik Kiaat, Sleeper, Stomp-blaaie, Pine (“sandblast” en “stained”). Besoek ons

by ons nuwe winkel. H/v Lavender en Sefako Makgato strate (ou Zambezi).(Waar ou Plantland

was. Langs Cupcakes en Daisies Koffiewinkel

Barry082 225 9313

Niel 084 328 7152

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.essies.co.za

CLE Finansiële

Dienste FSP 12700

Beskerming, versekering, spaar, beplanning ens. Kontak ons vir enige raad en bystand rakende

sakeversekering, pensioenfondse, voorsorgfondse, lewensversekering, testamente, effektetrusts, aftree

beplanning, beleggings beplanning ens.

Carel Hollenbach 082 901 2441

PKM Transport

Algemene Meubelvervoer en langafstand. Bokse en verpakkings-materiaal te koop.

Skakel Kassie 0861 111 129.

012 803 0470 086 558 7927

(faks)

Groei jou Spaargeld

Analitiese navorsing van jou beleggings. Laat ons kyk of jy reg belê!

Van Risiko-vrye- tot Hoë-risiko beleggings.

SA Batebestuur

012 567 7657

Eiendom in-standhouding

Enige bou- pleister- verf- staalwerk waterdigting, afdakke, pallisades ens. 19 jaar ondervinding.

Skakel vir 'n gratis kwotasie.

Adriaan 083 412 6866

Combo Projects

Alles onder een dak. Staalwerk: hekke, motor-afdakke. Siviel: beton– en steenwerk asook plaveisel. Elektrisiteit -

huisbedrading en elektriese hekke. Grasdakke oprig en kam. Loodgieterwerk. Geen werk te groot of te klein.

Dawie

073 388 0861

Groepsfiksheid

en Body conditioning

Verbrand kilojoules en werk aan 'n fermer lyf. R 180 - R 190 p.m. in die Kerksaal van NG Wonderboom. Aftree-oorde, Montana en Twee Riviere fiksheid &

spierversterkingsoefeninge. R 80 - R 100 pm.

Elbé

083 450 9447

Annlin Place Aftreeoord R1,05 m

Alleenmandaat. Netjiese 2 slk. meenthuis, 2 badk., 3 leefareas, studeerk., pragkombuis, hoekspens, baie kaste tot teen die plafon, m/huis met stoorplek op die plafon, 1 m/afdak, onderdak patio met koppeling vir wasmasjien, private tuin. Property24 - 104256422.

Johann van Niekerk

012 543 3687

082 788 1421