15
GESKIEDENIS/SG/V2 1 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005 ADDENDUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005

GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 1 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

GESKIEDENIS V2

SG

ADDENDUM

OKTOBER/NOVEMBER 2005

Page 2: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 2 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: AFRIKA IN DIE TWINTIGSTE EEU 4.1 WATTER FAKTORE HET DIE PROSES VAN DEKOLONISASIE BEïNVLOED? BRON 4A

Dit is ‘n uittreksel uit ‘n storie wat deur ‘n Zimbabwiese (Afrikaan) skrywer oor die Tweede Wêreldoorlog vertel is. Die dialoog verduidelik die rede waarom die kolonies hulle onafhanklikheid gegee behoort te word.

"Weg met Hitler! Af met hom", het die Britse offisier gesê. "Wat is verkeerd met Hitler?" het die swartman gevra. "Hy wil die hele wêreld regeer," het die Britse offisier gesê. "Wat is verkeerd daarmee?" "Hy is Duits, weet jy," het die Britse offisier gesê... "Wat is daarmee verkeerd om Duits te wees?" "Kyk," het die Britse offisier gesê en probeer verduidelik, "dit is nie goed vir een stam om ‘n ander te regeer nie. Elke stam moet homself regeer. Dis net regverdig. ‘n Duitser moet die Duitsers regeer, ‘n Italianer, die Italianers en ‘n Fransman, die Franse…" Maar die uiters versigtige Britse offisier he t nie gesê, "’n Brit, die Britte” nie. Wat hy gesê het, het egter gesag by die Afrikane gedra wat by die duisende onder die Britse vlag byeengekom het. Hulle het by die oorlog aangesluit om die bedreiging van Nazi-oorheersing te beëindig.

Page 3: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 3 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 4B Die volgende is ‘n foto van ‘n vergadering van die All-African People's Conference wat in 1958 in Akkra, Ghana gehou is. Afrika-afgevaardigdes het die pad na dekolonisasie bespreek. Let op die banier wat lui: ‘Hande af van Afrika! Afrika moet vry wees!’ Die woord ‘free’ (vry) verskyn nie op die banier soos vertoon in die bron nie.

Page 4: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 4 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 4C

Die volgende is ‘n uittreksel uit ‘n toespraak wat deur I Macleod, Britse Koloniale Sekretaris, gelewer is. Dit handel oor die herlewing van Afrika- nasionalisme wat tot die ontwikkeling van politieke bewegings gelei het wat vir vryheid en onafhanklikheid geveg het.

Ons kon onmoontlik met geweld ons gebiede in Afrika behou. Ons kon selfs nie met ‘n enorme troepemag voortgaan om die klein eilandjie Ciprus te behou nie. Generaal De Gaulle kon nie Algerië behou nie. Die opmars van manne na vryheid kan nie stopgesit word nie. Dit kan slegs begelei word. Om vinnig op te tree was natuurlik gevaarlik, maar om stadig op te tree het selfs nog groter gevare ingehou.

Ons taak is afgehandel. Ons Afrika-gebiede is nou baie anders as toe ons aangekom het. Hulle het onder meer ‘n respek vir demokratiese waardes.

4.2 WAT WAS DIE HINDERNISSE TOT AFRIKA SE ONAFHANKLIKHEID? BRON 4D

Hierdie is ‘n uittreksel uit Towards Colonial Freedom: Africa against world imperialism, 1973. Dit gee ‘n weergawe van die strewe van die mense van Ghana.

Die volkere van die kolonies weet presies wat hulle wil hê. Hulle wil graag vry en onafhanklik wees, in staat om...gelyk met alle ander volkere te voel, en om hulle eie toekoms sonder inmenging van buite uit te werk, en om onbelemmerd te vorder wat hulle met ander tegnies gevorderde nasies van die wêreld sal gelykstel. Inmenging van buite help nie om hulle land te ontwikkel nie. Dit belemmer en versmoor en onderdruk nie net ekonomiese vooruitgang nie, maar ook die gees en die inheemse ondernemingsgees van die volkere self.

Page 5: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 5 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 4E Hierdie is ‘n uittreksel uit Congo, My Country deur P Lumumba, 1962. Hy besin oor die liberale standpunte wat hy gehuldig het op die tydstip toe hy nog vol vertroue was dat die Belge die Kongo sou en wou ontwikkel het.

Daarom spruit die Afrikaan se droom van onafhanklikheid nie uit haat vir die Blankes of ‘n begeerte om hulle uit Afrika te dryf nie, maar eenvoudig uit sy wens, nie net ‘n vry man nie, maar ook ‘n burger in diens van sy land en nie voortdurend in diens van die Europeër nie. Hy glo bowendien dat selfs al is hy in staat om algehele vrystelling onder blanke oorheersing te verkry, dit slegs na eeue sal gebeur, want die Europeër sal daardie vrystelling deur middel van allerhande slimstreke en politieke skemas dwarsboom en dat die Swartes daarom so lank as moontlik in ‘n toestand van minderwaardigheid gehou sal word. Ten slotte glo hy dat, as die land eers onafhanklik geword het, sal die emansipasie van die inwoners baie vinniger plaasvind as onder die sisteem van voogdyskap en kolonialisme.

Page 6: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 6 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5 OMSTANDIGHEDE WAT TOT DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG GELEI HET 5.1 HOEKOM WAS DIE BEHANDELING VAN JODE IN NAZI-DUITSLAND ‘N

ERNSTIGE SKENDING VAN MENSEREGTE?

BRON 5A

‘n Uittreksel uit Hitler se Mein Kampf waarin hy verduidelik waarom hy Jode gehaat het

Ek kan nie onthou dat ek ooit die woord ‘Jood’ in die huis gehoor het terwyl my pa geleef het nie. Toe, eendag, terwyl ons deur die stadskern van Wenen geloop het, het ek skielik ‘n skepsel in ‘n lang kaftan en met swart wangwolle gesien. My eerste gedagte was: Is dit ‘n Jood? Ek het die man stil-stil dopgehou, maar hoe langer ek na hierdie vreemde gesig gekyk en dit stukkie vir stukkie ondersoek het, hoe meer is die vraag in my gedagte gevorm: Is dit ‘n Duitser? Ek het my na boeke gewend om my te help om van my onsekerhede ontslae te raak. Ek het vir die eerste keer in my lewe vir myself vir ‘n paar pennies ‘n klompie anti-Semitiese pamflette gekoop.

BRON 5B

‘n Uittreksel uit ‘n brief wat Hitler aan Josef Hell in 1922 geskryf het. Daarin verduidelik hy hoe die Jode doodgemaak moet word.

As ek ooit regtig aan bewind is, sal die uitwissing van die Jode my eerste en belangrikste taak wees. Sodra ek die mag het, sal ek galg na galg laat oprig…Dan sal die Jode een na die ander gehang word en hulle sal bly hang tot hulle stink. Hulle sal bly hang so lank as wat dit higiënies moontlik is. Sodra hulle losgemaak is, sal die volgende groep volg en so sal dit aanhou totdat die laaste Jood in München uitgedelg is. Presies dieselfde prosedure sal in ander stede gevolg word totdat Duitsland van die heel laaste Jood gereinig is.

Page 7: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 7 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 5C

‘n Nazi-spotprent van ‘n Joodse afdelingswinkel. Die spotprenttekenaar en die datum is onbekend. Dit het in die koerant verskyn in die tydperk toe die Nazi’s die Jode vervolg het. Die gesig van ‘n Jood verskyn bo-op ‘n Joodse winkel en die tentakels daarvan sprei na Duitse huise uit. Die Duitse volk staan buite die Joodse winkel.

Page 8: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 8 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 5D Dit is ‘n foto van stormtroepe buite ‘n winkel wat aan Jode behoort. Die plakkaat versoek Duitsers om nie daar te koop nie.

Page 9: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 9 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 5E

‘n Uittreksel uit die Nüremberg-verhoor op 20 November 1945. Die gewese kommandant van die Auschwitz-konsentrasiekamp verduidelik die dood van Jode.

Ek was die bevelvoerder in Auschwitz tot 1 Desember 1943 en skat dat minstens 2 500 000 slagoffers daar deur verassing en verbranding tereggestel en uitgewis is en dat minstens nog ‘n halfmiljoen weens verhongering en siektes omgekom het, wat die dodetal tot ongeveer 3 000 000 bring. Hierdie getal verteenwoordig ongeveer sewentig of tagtig persent van alle persone wat as gevangenes na Auschwitz gestuur is, die origes is vir slawe-arbeid in die konsentrasiekamp-industrie gekies en aangewend. Onder diegene wat tereggestel en verbrand is, was ongeveer 20 000 Russiese krygsgevangenes (wat vroeër deur die Gestapo uit die hokke vir krygsgevangenes gekies en uitgehaal is) en wat na Auschwitz deur Wehrmacht-vervoer gebring is. Hierdie vervoer is deur beroeps-Wehrmacht-offisiere en -mans bedryf. Onder die oorblywende aantal slagoffers was ongeveer 100 000 Duitse Jode, en ‘n groot aantal burgerlikes, meestal Joods, uit Holland, Frankryk, België, Pole, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye, Griekeland en ander lande. Ons het omtrent 400 000 Hongaarse Jode in Auschwitz alleen in die somer van 1944 tereggestel.

Page 10: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 10 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 5F Hierdie is ‘n foto van drie Jode wat agter ‘n heining in die Buchenwald- konsentrasiekamp staan.

Page 11: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 11 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6: INTERNASIONALE VERHOUDINGE EN GEBEURTENISSE 1945 - 1970: DIE KOUE OORLOG 6.1 WAT HET TOT DIE TRUMAN-LEER GELEI? BRON 6A

‘n Uittreksel uit The Cold War in Europe wat die burgeroorlog in Griekeland, 1946 – 47 verduidelik. Dit verduidelik ook president Truman se opvatting van die ‘Domino-teorie’.

In 1946 het ‘n Griekse kommunis, met die naam Markos, ‘n weermag in Griekeland byeengebring. Hierdie weermag het teen die weermag van die koning van Griekeland, George ΙΙ, begin veg. George ΙΙ se weermag is deur generaal Zervas aangevoer. Die Britse regering het hulp aan die koning van Griekeland verleen, maar kon dit nie langer bekostig nie. Markos is deur Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie voorsien. Die VSA se president, Harry S Truman, het toe net in die 'Domino-teorie' begin glo. Dit was die teorie of idee dat as een land deur die kommuniste oorgeneem is, sou die land die naaste daaraan die volgende wees, en dat ander aangrensende lande dan sou volg.

Page 12: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 12 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 6B

‘n Spotprent wat die ‘Domino-teorie’uitbeeld. Dit was die teorie of idee dat, as een land deur die kommuniste oorgeneem is, sou die land die naaste daaraan die volgende wees, en dat ander aangrensende lande dan sou volg. Afrikaanse vertaling: Op die tenk is geskryf: KOMMUNISME Op die eerste domino-steentjie is geskryf: GRIEKELAND

BRON 6C ‘n Uittreksel waarin president Truman die Truman-leer verduidelik. ‘n Leer is ‘n stel idees of oortuigings. Dit verduidelik in breë trekke die VSA se beleid wat later bekend gestaan het as die Truman-leer.

Ek glo dat dit die beleid van die Verenigde State van Amerika moet wees om vrye mense wat weerstand bied teen pogings deur gewapende minderhede en druk van buite om hulle te onderwerp, te ondersteun. Ek glo ons hulp behoort hoofsaaklik ekonomies en finansiële bystand te wees…Die vry volkere van die wêreld kyk na ons vir ondersteuning in die handhawing van hulle vryheid. Indien Griekeland sou val, kan verwarring en wanorde ewe goed regoor die Midde-Ooste versprei. As ons in ons leierskap wankel, kan ons die vrede van die hele wêreld in gevaar stel.

Page 13: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 13 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2 HET DIE ONTSTAAN VAN NAVO DIE SPANNING VAN DIE KOUE

OORLOG IN EUROPA VERHOOG? BRON 6D

Hierdie is ‘n inligtingsblaadjie oor NAVO en dis deur die Brits-Atlantiese Komitee in 1984 gepubliseer. Dit verduidelik waarom NAVO gestig is.

NAVO is ‘n alliansie van Westerse nasies, gelyk in status, en is in 1949 met twaalf lede gestig. Dit het ontstaan as teenvoeter vir die aggressiewe gedrag van die Sowjet-unie wat, nadat hy dele van Finland en die Baltiese state in die Tweede Wêreldoorlog oorgeneem het, in 1945 met soortgelyke optredes in Oos-Europese lande voortgegaan het. Teen die einde van 1947 was die res van Roemenië, Pole, Bulgarye en Hongarye ook agter die Ystergordyn, en in 1948 het Tsjeggo-Slowakye na ‘n coup d' état (staatsgreep) gevolg. Daardie selfde jaar het die beleg van Wes-Berlyn begin en dit het tot Mei 1949 geduur. Dit is ‘n defensiewe militêre alliansie.

BRON 6E Dit is ‘n Sowjet-spotprent met die titel ‘Ernstige Ondertekening van die ‘Atlantiese Verdrag’, 1949. Dit is teen die stigting van NAVO. Die twaalf penne verteenwoordig die magte wat in NAVO opgeneem is. Die man wat die penne vashou, is Uncle Sam wat die Verenigde State van Amerika verteenwoordig.

Page 14: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 14 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

BRON 6F ‘n Sowjet-spotprent met die titel ‘’n Paaseier van Wallstraat’. Dit beeld die agterdog wat die USSR jeens NAVO gekoester het, uit. Op die eiers is die woord NAKT (NAVO) geskryf. Uncle Sam verteenwoordig die Verenigde State van Amerika, Winston Churchill verteenwoordig Brittanje en Hitler verteenwoordig Duitsland.

Die onskuldige duif is op die eier geverf. Maar ons, liewe leser, sal kyk na wat onder die dop is, binne-in die eier.

Die deksel is af. Kyk! Uncle Sam het binne met sy geheim weggekruip. Hy dreig enigiemand wat nie sy slaaf wil wees nie met sy bom.

Hier is die tweede geheim van die Paaseier. Agter Uncle Sam kruip Winston Churchill , die struikrower, weg.

En ten slotte – kyk wat is weggesteek! Hitler tref ‘n ooreenkoms met Wall Street.

Page 15: GESKIEDENIS V2 SG ADDENDUM OKTOBER/NOVEMBER 2005wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process_… · Albanië en Bulgarye, albei kommunistiese lande, van wapens en ammunisie

GESKIEDENIS/SG/V2 15 DOE/2005/259 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN - 2005

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Behalwe in gevalle waar spesifiek aangedui is, is alle materiaal in hierdie addendum vertalings van oorspronklike bronnemateriaal uit Engels. ERKENNINGS Uittreksels en visuele bronne wat in hierdie addendum gebruik is, kom onder andere uit die volgende publikasies: Bottaro, J. and Visser, P. 1999 In Search of History Grade 12, Cape Town: Oxford Brockman, J. 1986 Italy and Mussolini, New York: Longman Boyce, A.N. 1974 Europe and South Africa Part 2 A History for Std 10, Cape Town: Juta Condon, C. 1994 The Making of the Modern World, Melbourne: Macmillan Craig, G.A. 1972 Europe since 1914, USA The Dryden Press Culpin, C. 1998 GCSE Modern World History, London: Collins Educational Desmond, G. 1968 Mussolini and Fascist Era, Great Britain: Cox & Wyman Downing, T. & Isaacs, J. 1998 Cold War, London: Batam Press Engelmann, B. 1988 Hitler's Germany Place and publisher unknown Hargreaves, J.D. 1988 Decolonization in Africa, London: Publisher unknown Heater, D. 1992 Our world this century, Oxford: Oxford Hodgkin, T. 1957 Nationalism in Colonial Africa, New York: University Press Hills, K. 1991 Take Ten Years 1940, London: Evans Brothers Ltd Lancaster, T. & S. 1994 The era of the Second World War, London: Causeway Press Ltd Leeds, C. 1972 Italy and Mussolini, London: Wayland Publishers O’Callaghan, B. 1996 A History of the Twentieth Century, New York: Longman Pape, J. et al 1998 Making History Grade 12, London: Heineman Publishers Patrick, J. & Buzan, T. 1997 GCSE Modern World History, London: Hodder & Stoughton Pearson, E. 1975 Hitler’s Reich, London: Harrop & Co. Ltd. Prockter, R. 1970 Nazi Germany, London: The Bodley Head Publishers Sauvain, P. 1997 Germany in the Twentieth Century, Stanley: Thornes Scott, J. 1989 The World Since 1914, Oxford: Heineman Seleti, Y. (ed.) 1999 Looking into the Past Grade 12, Cape Town: Maskew Miller Longman (Pty) Ltd Sellman, R.R. 1970 An Outline Atlas of World History, London: Edward Arnold Publishers Silbert, M. 1999 Holocaust Resource Book. Cape Town: Cape Town Holocaust Centre Silbert, M. & Wray,D. 2004 The Holocaust: Lessons for humanity. Claremont: New Africa Books (Pty) Ltd Speed, P. & M. 1986 The Modern World, Somerset: Oxford Tordoff, W. 1984 Government and Politics in Africa,London: Macmillan Press Ltd Walsh, B. 1996 Modern World History, London: John Murray Publishers Ltd Wilson, D.A. (n.d.) Peoples, Revolutions, and Nations, No place: Evan