Upload
suzypienaar
View
477
Download
1
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Afrikaans document for university students
Citation preview
Studietema: Die tematiek in Griet skryf ‘n sprokie
Afrikaanse Prosa 2012© A. Lourens
Tuiswerk Klastoets oor die roman in die week van 26
Maart Bring die teks saam 15-20 punte (kortvrae) Lees die resensie deur Chris van der
Merwe op LitNet oor Griet skryf ‘n sprokie: www.oulitnet.co.za/leeskring/05griet.asp
Lees oor Van der Vyver in Kannemeyer (Die Afrikaanse Literatuur, 2004:662-666)
Algemeen: Marita van der Vyver en Griet Publikasie in 1992 – konteks
“Ou” bedeling op die rand van ineenstorting
Samelewing besig om te transformeer – minder patriargaal, vryer vloei van gedagtes
“Struggle”-jare sigbaar in Griet (vgl. Jans-karakter – tipies van hierdie generasie - skuldgevoelens)
Algemeen: Marita van der Vyver en Griet Geweldige sukses van die roman –
redes daarvoor? Vorige romans meer oor manlike
karakters en hulle ervarings (vgl. “gensliteratuur” van die Tagtigerjare)
Vroue se behoefte aan literatuur waarmee hulle kon vereenselwig (teenoor boeke deur Ena Murray [p.78] en ander – stereotiperend; patriargie se “ideale” vrou as heldinne – vrou wag / man jag – MvdV in mees resente roman)
Algemeen: Marita van der Vyver en Griet
Generasie vroue (30 plus) van 1990’s?
Generasie bewus van moontlikheid van bevryding
Beroepsvroue sterker op voorgrond (bv. Hillary Clinton as rolmodel)
Tog steeds in ‘n ouer tradisie geanker - vgl. beeld van Ouma Lina, Griet as skoolmeisie (pp.51-52)
Algemeen: Marita van der Vyver en Griet Vrou kon identifiseer – bv. egskeiding,
kinderloosheid Dink aan funksies van literatuur – ook
om ons te help met die verwerking van bepaalde gebeurtenisse, soos trauma Skrywende Griet én haar lesers hier
Ons ontvangs van die roman in 2010 – 20 jaar later
NB: ‘n Wetenskaplike blik op die roman – analise ons hooftaak
Die rol van humor en lighartigheid Deel van Griet se suksesresep? Vgl. p. 78 “Snaakse Afrikaanse
Roman?” Kyk na die Kundera-aanhaling voorin
“… frivolous form and a serious subject …”
Dus die skakeling van ernstige materiaal met ‘n lighartige aanbieding
Beteken nie dat skrywer menslike trauma geringskat nie
Die basiese tema in die roman Vrou wat verskillende traumatiese
ervarings beleef het en haar poging om dit alles te verwerk Aborsie Miskrame Dood van ‘n kind Egskeiding = Eg vroulike traumas
Titel van die roman
Gaan oor skryfproses Rhonda (sielkundige) raai Griet aan
om oor haar ervarings te skryf om dit te kan verwerk
Skryf dus as terapie gesien Genesing soos skryfproses vorder
(kyk ook hier na Rhonda se skrywes)
Die struktuur van die roman
Deel I: “Grieselsprokies” Trauma sentraal
Deel II: “Raaiselsprokies” Nuwe minnaar sentraal
Deel III: “Duiselsprokies” Haar nuwe lewe
Deel I (“Grieselsprokies”) “Griesel” – betekenis? Motto: rol van die magiese Gekoppel aan die sprokiesmotief: “omtoor” van
die werklikheid alreeds in die vooruitsig gestel Ook Griet se geloof in ‘n wonder hierdeur
beklemtoon (NB tema) Vgl. die sprokie van Hansie en Grietjie – NB in
die verhaal – op meer as een manier gelees (sien bv. pp.16-17)
Feministiese ondertoon ook later na aanleiding van hierdie sprokie (p. 172 – Tienie se vraag)
Die tema van genderverhoudings
“Sneeuwitjie skil ‘n appeltjie” Betekenis hiervan? Argument besleg; iets onaangenaams
met iemand afhandel p.5: Appel tradisioneel simbool van
vroulike lis. Simbool van vroulike vergelding?
Anders gestel: Vrou wat haar laat geld?
Die tema van genderverhoudings
Vroulike teenoor manlike maniere van selfmoord pleeg
Sterk feministiese onderbou hier Vroue gestraf vir Eva se skuld;
gered deur “manlike deug” (p.6) Vrou kan haar nie meer op man
verlaat nie (p.13) – onafhanklikheid is nodig
Die tema van genderverhoudings Griet se groeiende insig in rede vir
mislukking van haar huwelik: sy het op stereotipes staatgemaak (p.20) – wou skeppende man se muse wees – besef dit is ‘n cliché
Man op sy beurt het na ‘n ma-figuur gesoek
Teenstelling: “dark lady” (verleidster) en “lady with the lamp” (versorger) – 2 patriargale beelde van vroue (p.21)
Die tema van genderverhoudings P.23 – Griet se veranderende
verwagting – soek na haar “Pegasus” Let op die dubbele betekenis hiervan –
bevryding deur skryf (“ek gaan ‘n gedig skryf”) maar ook seksuele konnotasie
Dus bevryding deur seks, maar dan ‘n verhouding sonder intellektuele pretensie; een waarin sy kan leer lag (“… die domkop met die goue voël”)
Omkeer van rolle hier?
Die tema van selfmoord Eerste paragraaf: Sylvia Plath, Virginia
Woolf Oond = baarmoeder (p.5)
Vergelyk met slot van verhaal Mislukking van haar poging – kakkerlak se
rol as “redder” (teenoor die prins in Sneeuwitjie)
Hierdeur ook kontras aangedui: Sprokiesheldin teenoor gewone, moderne vrou
Die tema van terapie en skryf as terapie p. 6: Lesers aan Rhonda voorgestel Rhonda as optekenaar van Griet se verhaal
van trauma en verlies – pen as simbool hiervan (“girts … ondraaglik hard”)
Rhonda op die oog af emosieloos, tog verbeel Griet haar dat sy R sien glimlag (p.7)
Spreekkamer: kleurvolle, byna speelse ruimte Rhonda se karakter? Implisiet gekarakteriseer
Die tema van terapie en skryf as terapie Griet ‘n bietjie agterdogtig oor Rhonda
(p.7) – rede(s) hiervoor? Kontras tussen Griet en Rhonda
R. dalk op die oog af die perfekte patriargale vrou, maar … slim, sien baie raak, begelei Griet
R. nie baie spraaksaam nie – laat Griet self praat
R. stel voor dat Griet oor haar ervarings skryf (p.14) – vir haarself, as terapie
Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Geloof in sprokies, die magiese –
verwysing na magiese realisme op p.15 Beteken dat werklikheid nie net uit
die konkreet waarneembare bestaan nie, maar dat daar ook ‘n magiese (toweragtige) dimensie is
Grense van ons reële (regte) werklikheid word oorskry
Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Sprokies = “people’s culture” – gaan oor
oeroue waarhede, basiese aspekte van menswees (p.17) – dus steeds relevant, al dink almal nie so nie (Struggle / sprokies – oënskynlik onversoenbaar maar in werklikheid verwant)
Griet se wens om weg te vlieg (p.17) – samekoms van “hekse” – waarskynlik haar wens om bevryding van alledaagse en van trauma
Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Griet se geloof in die goddelike
teenoor George se ongeloof (p.33) Haar God: liefde George se ongeloof ook ‘n
aanduiding van sy onsekerheid in homself
Magiese kwaliteit van geboorte van haar kind (p.35), teenoor ervaring toe sy verneem haar kind is dood
Die tema van wonderwerke (“omtoor”) en verlossing Magiese ervaring in die supermark
nadat sy die kleuter in die trollie sien – “vry soos ‘n heks, lig soos ‘n engel” (p.36) Interpretasie hier? Bevry haarself van
pyn van kinderloosheid? Karakters genoem – kunstenaars en
ander beroemdes wat selfmoord gepleeg het (interteks = Dante se Goddelike komedie)
Skakel ook met die slottoneel
Deel II (“Raaiselsprokies”)
Motto: Raaisel = bestaan van engele en demone?
Titels van die onderskeie hoofstukke Impliseer herstel, bevryding (teenoor
titels van eerste afdeling – bedreiging, vrees, verlies)
Die tema van genderverhoudings Gretha se keuses (p.68)
Verbeelding – wou skryf – besef sy is ‘n vrou
Haar huwelik Onvervulde drome Voortsetting in haar dogter Griet –
gedagte van ‘n vroulike linie p. 69 – Ideale man – waarskuwing aan
haar dogters
Die tema van selfmoord
Griet se verwysing na haar selfmoordgedagtes: p.72 Haar ma en suster se reaksie Griet hier gekarakteriseer deur hulle
opmerkings?
Vraag 1
Skryf ’n opstel waarin u die posisie van die skrywende vrou binne ’n patriargale bestel – soos aangebied in die roman Griet skryf ’n sprokie – bespreek. Verwys in u antwoord na die sprokie-motief soos dit in die roman gevind word.
(25)
Vraag 2 Skryf ‘n opstel waarin u die
aanbieding en ontwikkeling van enige drie van die volgende temas in Griet skryf ‘n sprokie ontleed: Die tema van selfmoord Die tema van terapie en skryf as terapie Die tema van genderverhoudings Die tema van wonderwerke (“omtoor”)
en verlossing (25)
Vraag 3
Bespreek die rol wat die sprokieselement in die roman Griet skryf ‘n sprokie speel. Verwys in u antwoord na enkele van die sprokies wat in die romanteks geïntegreer word.
(25)