24
D ie Regshulpraad van Suid-Afrika bied gratis regshulp aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Ons hoofdoel is om te verseker dat jy, of iemand wie jy ken wat gearresteer is, ‘n regvedige verhoor kry. PROKUREURS VIR ARM MENSE Die Regshulpraad het hul eie prokureurs aangestel om aan jou regsadvies en verteenwoordiging in die hof te bied. Ten spyte daarvan dat die Regshulpraad deur belastingbetalers befonds word, is ons prokureurs onhafhanklik en werk hulle nie vir die howe nie. Hulle is daartoe verbind om aan jou toegang te bied to jou regte en dit beteken dat wanneer hulle jou verteenwoordig, jou belange altyd eerste gestel word. DIE VERDEDIGING VAN MENSE WIE KRIMINEEL VERVOLG WORD Die Regshulpraad is deur die Grondwet tot stand gebring en daarom vorm dit ‘n belangrike deel van die Suid- Afrikaanse demokrasie. Ons glo dat ons aan jou toegang tot geregtigheid moet voorsien indien jy dit nie kan bekostig nie, om toe te sien dat Suid-Afrika ‘n land is met respek vir gelykheid. Volgens die Grondwet, voorsien ons regsadvies indien jy gearresteer of verdink word van die pleeg van ‘n misdryf en dit moontlik is dat jy gevangenisstraf van minstens drie maande of langer opgelê kan word in die geval van ‘n skuldigbevinding. Dit geld egter nie in die geval van dronkbestuur of verkeersverwante oortredings nie. BESKERMING VAN MENSEREGTE Die Regshulpraad skenk spesiale aandag aan menseregte. Kinders wat gearresteer is word gehelp om na die sorg van hul gemeenskappe terug te keer. Ons baklei vir vroue wat mishandel en uitgebuit word. Ons help mense met probleme rakende grond okkupasie en -besit. Ons tree op namens groepe mense teenoor groot organisasies, soms selfs die regering. STEL VAS OF JY VIR REGSHULP KWALIFISEER Die Regshulpraad het 61 Regshulpsentrums in Suid- ALLE MENSE HET REGTE “ Ons baklei vir kinders wat gearresteer is en help hulle om na die sorg van hul gemeenskappe terug te keer. Ons baklei vir vroue wat mishandel en uitgebuit word. Ons help mense met probleme rakende grond okkupasie en -besit.” Afrika wie jou sal adviseer en bystaan in jou aansoek om regshulp indien jy regshulp benodig. Hulle sal jou vra om ‘n aansoekvorm te voltooi. INKOMSTE Jou verdienste is die belangrikste faktor. Indien jy minder as R5 000 per maand verdien en geen bates van waarde het nie, sal jy heel moontlik kwalifiseer vir regshulp. SIVIELE SAKE Indien jy hulp benodig ten opsigte van ‘n menseregte kwessie, sal ons jou bystaan indien ons glo jou saak het goeie vooruitsigte vir sukses. KINDERS Ons help alle kinders in kriminele en sifiele gedinge indien hulle nie hul eie prokureur kan bekostig nie. DIE VERTEENWOORDIGING VAN GROEPE MENSE In sommige sake waar ‘n groep mense met dieselfde regsprobleem sukkel, kan die Regshulpraad een hofsaak aanpak om almal van hulle by te staan. In sò ‘n geval kan hulle verwys na die belangrikheid van die geskil en nie net na jou inkomste nie. Vra jou Regshulpsentrum. Die Regshulpraad prokureurs is nie “staats-“ prokureurs nie. Die Regshulpraad is ‘n onafhanklike organisasie en vorm nie deel van die Departement van Justisie of enige ander regerings departement nie. Regshulpraad prokureurs tree altyd in die beste belang van hul kliënte op binne die grense van die reg en met integriteit. Hulle sal nie namens ander leuens vertel nie, maar die beste moontlike regsargumente voorlê om te verseker dat hul kliênte regverdig verhoor word. Daar is verskeie gevalle waar, deur die optrede van die Regshulpraad, hul verseker het dat mense regverdige behandeling verkry. Die rede daarvoor is dat hulle die reg ken, hulle elke dag met insethouers handel en dat hulle weet wat die beste handelinge is. Dit is in die belang van iemand wie beskuldig word van ‘n misdryf en wie geen kennis van die regspleging het nie om ‘n Regshulpraad prokureur te bekom. ONS PROKUREURS BESKERM JOU REGTE SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER LEGAL AID BOARD VRYSTAAT EN NOORD WES • MAART 2009 GM GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009 Photo Stephen Penney SUID AFRIKA SE HANDVES VAN REGTE Wat is BASIESE REGTE? HOE KWALIFISEER EK VIR ’N STAATSTOELAAG? GRATIS BASIESE MUNISIPALE DIENSTE: HOE OM DIE DIENSTE TE VERKRY SUID AFRIKA SE HANDVES VAN REGTE KEN JOU REGTE Die Handves van Regte vorm deel van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Dit beskerm basiese regte en hou die regering verantwoordelik om toe te sien dat hierdie regte nie misken word nie. Die Handves van regte bepaal: Menswaardigheid Jou waardigheid moet gerespekteer en beskerm word. Vryheid van sekerheid Jy mag nie aangehou word sonder ‘n verhoor nie, en jy mag nie gemartel of wreed gestraf word nie Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening Jy mag glo en dink wat jy wil en mag die geloof van jou keuse volg. Vryheid van uitdrukking Alle mense, insluitend die media, het die reg tot vryheid van spraak en die uitdruk van opinie. Vryheid van assosiasie Jy mag assosieer met wie jy wil Vryheid van beweging en verblyf Jy mag enige plek in Suid-Afrika woon Toegang tot howe Elkeen het die reg dat ‘n geskil in ‘n hof of ander forum beslis word, en elkeen het die reg tot ‘n regverdige verhoor. Eiendom Jy kan jou eiendom verkoop of dit kan van jou ontneem word indien die korrekte reëls en procedures gevolg word en kompensasie aan jou betaal word. Omgewing Elkeen het die reg op ‘n gesonde en veilige omgewing Regverdige administratiewe optrede Handelinge deur die regering moet regverdig wees, en indien dit voorkom dat dit nie is nie kan dit in ‘n hof betwis word. Behuising Elkeen het die reg op toegang tot geskikte behuising Kinders Kinders onder die ouderdom van 18 jaar het spesiale regte, inslui- tend die reg om nie mishandel, uitgebuit en sleg behandel te word nie. Onskuldig tot die teendeel bewys is Hierdie reg beskerm mense wie aangehou, gearresteer of in gevan- genis is. Verdere inligting rakende die Handves van Regte kan verkry word in hoofstul 2 van die Grondwet.

GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 1

Die Regshulpraad van Suid-Afrika bied gratis regshulp aan diegene wat

dit nie kan bekostig nie. Ons hoofdoel is om te verseker dat jy, of iemand wie jy ken wat gearresteer is, ‘n regvedige verhoor kry.PROKUREURS VIR ARM MENSEDie Regshulpraad het hul eie prokureurs aangestel om aan jou regsadvies en verteenwoordiging in die hof te bied. Ten spyte daarvan dat die Regshulpraad deur belastingbetalers befonds word, is ons prokureurs onhafhanklik en werk hulle nie vir die howe nie. Hulle is daartoe verbind om aan jou toegang te bied to jou regte en dit beteken dat wanneer hulle jou verteenwoordig, jou belange altyd eerste gestel word.DIE VERDEDIGING VAN MENSE WIE KRIMINEEL VERVOLG WORDDie Regshulpraad is deur die Grondwet tot stand gebring en daarom vorm dit ‘n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse demokrasie. Ons glo dat ons aan jou toegang tot geregtigheid moet voorsien indien jy dit nie kan bekostig nie, om toe te sien dat Suid-Afrika ‘n land is met respek vir gelykheid. Volgens die Grondwet, voorsien ons regsadvies indien jy gearresteer of verdink word van die pleeg van ‘n misdryf en dit moontlik is dat jy gevangenisstraf van minstens drie maande of langer opgelê kan word in die geval van ‘n skuldigbevinding. Dit geld egter nie in die geval van dronkbestuur of verkeersverwante oortredings nie.BESKERMING VAN MENSEREGTEDie Regshulpraad skenk spesiale aandag aan menseregte. Kinders wat gearresteer is word gehelp om na die sorg van hul gemeenskappe terug te keer. Ons baklei vir vroue wat mishandel en uitgebuit word. Ons help mense met probleme rakende grond okkupasie en -besit. Ons tree op namens groepe mense teenoor groot organisasies, soms selfs die regering.STEL VAS OF JY VIR REGSHULP KWALIFISEERDie Regshulpraad het 61 Regshulpsentrums in Suid-

ALLE MENSE HET REGTE“ Ons baklei vir kinders wat gearresteer is en help hulle om na die sorg van hul gemeenskappe terug te keer. Ons baklei vir vroue wat mishandel en uitgebuit word. Ons help mense met probleme rakende grond okkupasie en -besit.”

Afrika wie jou sal adviseer en bystaan in jou aansoek om regshulp indien jy regshulp benodig. Hulle sal jou vra om ‘n aansoekvorm te voltooi.INKOMSTEJou verdienste is die belangrikste faktor. Indien jy minder as R5 000 per maand verdien en geen bates van waarde het nie, sal jy heel moontlik kwalifiseer vir regshulp.SIVIELE SAKEIndien jy hulp benodig ten opsigte van ‘n menseregte kwessie, sal ons jou bystaan indien ons glo jou saak het goeie vooruitsigte vir sukses.KINDERSOns help alle kinders in kriminele en sifiele gedinge indien hulle nie hul eie prokureur kan bekostig nie.DIE VERTEENWOORDIGING VAN GROEPE MENSEIn sommige sake waar ‘n groep mense met dieselfde regsprobleem sukkel, kan die Regshulpraad een hofsaak aanpak om almal van hulle by te staan. In sò ‘n geval kan hulle verwys na die belangrikheid van die geskil en nie net na jou inkomste nie. Vra jou Regshulpsentrum.Die Regshulpraad prokureurs is nie “staats-“ prokureurs nie. Die Regshulpraad is ‘n onafhanklike

organisasie en vorm nie deel van die Departement van Justisie of enige ander regerings departement nie. Regshulpraad prokureurs tree altyd in die beste belang van hul kliënte op binne die grense van die reg en met integriteit. Hulle sal nie namens ander leuens vertel nie, maar die beste moontlike regsargumente voorlê om te verseker dat hul kliênte regverdig verhoor word. Daar is verskeie gevalle waar, deur die optrede van die Regshulpraad, hul verseker het dat mense regverdige behandeling verkry. Die rede daarvoor is dat hulle die reg ken, hulle elke dag met insethouers handel en dat hulle weet wat die beste handelinge is. Dit is in die belang van iemand wie beskuldig word van ‘n misdryf en wie geen kennis van die regspleging het nie om ‘n Regshulpraad prokureur te bekom.ONS PROKUREURS BESKERM JOU REGTE

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER

L E G A L A I D B O A R D V R Y S T A A T E N N O O R D W E S • M A A R T 2 0 0 9

GM

GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009

Photo Stephen Penney

SUID AFRIKA SE HANDVES VAN REGTE

Wat is BASIESE REGTE?

HOE KWALIFISEER EK VIR ’N STAATSTOELAAG?

GRATIS BASIESE MUNISIPALE DIENSTE:HOE OM DIE DIENSTE TE VERKRY

SUID AFRIKA SE HANDVES VAN REGTE

KEN JOU REGTE

Die Handves van Regte vorm deel van die Suid-Afrikaanse Grondwet. Dit beskerm basiese regte en hou die regering verantwoordelik om toe te sien dat hierdie regte nie misken word nie.

Die Handves van regte bepaal:MenswaardigheidJou waardigheid moet gerespekteer en beskerm word.Vryheid van sekerheidJy mag nie aangehou word sonder ‘n verhoor nie, en jy mag nie gemartel of wreed gestraf word nieVryheid van godsdiens, oortuiging en meningJy mag glo en dink wat jy wil en mag die geloof van jou keuse volg.Vryheid van uitdrukkingAlle mense, insluitend die media, het die reg tot vryheid van spraak en die uitdruk van opinie.Vryheid van assosiasieJy mag assosieer met wie jy wilVryheid van beweging en verblyfJy mag enige plek in Suid-Afrika woonToegang tot howeElkeen het die reg dat ‘n geskil in ‘n hof of ander forum beslis word, en elkeen het die reg tot ‘n regverdige verhoor.EiendomJy kan jou eiendom verkoop of dit kan van jou ontneem word indien die korrekte reëls en procedures gevolg word en kompensasie aan jou betaal word.OmgewingElkeen het die reg op ‘n gesonde en veilige omgewingRegverdige administratiewe optredeHandelinge deur die regering moet regverdig wees, en indien dit voorkom dat dit nie is nie kan dit in ‘n hof betwis word.BehuisingElkeen het die reg op toegang tot geskikte behuisingKindersKinders onder die ouderdom van 18 jaar het spesiale regte, inslui-tend die reg om nie mishandel, uitgebuit en sleg behandel te word nie.Onskuldig tot die teendeel bewys isHierdie reg beskerm mense wie aangehou, gearresteer of in gevan-genis is.

Verdere inligting rakende die Handves van Regte kan verkry word in hoofstul 2 van die Grondwet.

Page 2: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 2

Die doeltreffendheid van die Menseregtehandves lê in die manier waarop

enige landsburger toegang tot sy of haar regte het en dit kan uitoefen. Hierdie boekie is ’n hulpmiddel om mense te help om gebruik te maak van die gleenthede wat ons demokrasie aan hulle bied.

Die reg op godsdiens, oortuiging en meningElkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening. (Artikel 15)

VOORBEELD: Geen leerling kan gedwing word om enige spesifieke godsdiensbyeenkoms op skool by te woon nie.

Die reg op burgerskapNiemand mag sy burgerskap ontneem word nie. (Artikel 20)’n Burger is ’n persoon wie se reg om in die land te woon deur die staat erken word. Dié reg word burgerskap genoem.

VOORBEELD: As jy ’n Suid-Afrikaanse burger is en ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument besit, kan die regering dit nie van jou wegneem en sê dat jy ’n burger van ’n ander land is nie.

Die reg op vryheid van beweging en verblyfSuid-Afrikaners het die reg om vrylik binne of buite Suid-Afrika te reis. (Artikel 21)Suid-Afrikaners het die reg om ’n paspoort te besit en Suid-Afrika binne te kom, in die land te vertoef en op enige plek in Suid-Afrika te woon.

VOORBEELD: As jy ’n Suid-Afrikaner is en jy ’n paspoort nodig het om iemand in ’n ander land te besoek, moet daar aan jou een gegee word.

Die reg op ’n gesonde omgewingAlmal het die reg op ’n omgewing wat nie skadelik is vir hulle gesondheid of welstand nie. (Artikel 24)Dit beteken dat die lug, water en grond waar mense woon gesond moet wees. Die regering moet probeer om die omgewing te beskerm en besoedeling te voorkom.

VOORBEELD: As ’n fabriek die rivier waaruit jou gemeenskap

sy water kry besoedel, kan jy hierdie reg gebruik om die fabriek te laat ophou om dit te doen.

Die reg op behuisingElkeen het die reg op voldoende behuising. Die regering moet sy middele gebruik om almal te help om basiese behuising te bekom wat veilig en skoon is. (Artikel 26)

Die regering moet seker maak dat daar bekostigbare huise te koop en te huur is.

VOORBEELD: As jy nie kan bekostig om ’n huis te koop nie, het jy die reg om by die regering aansoek te doen vir ’n subsidie om jou te help om darvoor te betaal. ’n Subsidie is soos ’n toelaag. Wanneer jy vir ’n subsidie aansoek doen, mag die regering nie teen jou diskrimineer op grond van ras, geslag, gebrek of ouderdom nie.

Die reg op onderwysElkeen het die reg op basiese onderwys, wat basiese onderwys vir volwassenes insluit. Geen skole, hetsy privaat- of staatskole, mag op op grond van ras diskrimineer nie. (Artikel 29)As die staat onvoldoende onderwys verskaf, of dit vir mense onmoontlik maak om onderrig te ontvang, is dit strydig met hierdie basiese reg. Volwassenes het ook die reg op basiese onderwys.

VOORBEELD: As daar geen handboeke of lessenaars by ’n skool is nie, is dit strydig met die reg op onderwys.

Die reg op vryheid en sekuriteitNiemand mag sonder verhoor aangehou word of op enige manier gemartel word nie. (Artikel 12)Dit beteken dat niemand in die tronk aangehou mag word sonder om in ’n hof aangekla te word nie. Niemand mag ook gestraf word op ’n manier wat wreed of onmenslik is nie. Mense het die reg om vry te wees van alle vorme van geweld. Dit sluit geweld by die huis in.

VOORBEELD: ’n Gade of enige ander gesinslid mag jou nie vir enige rede skop of seermaak nie. Enige dreigement van geweld deur ’n metgesel of familielid is ’n misdaad in Suid-

Afrika. Die reg op gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike veiligheidElkeen het die reg op gesondheidsorgdienste, voldoende voedsel en genoeg skoon water. Die staat moet tehuise vir bejaardes, maatskaplike dienste en ongeskiktheidstoelae verskaf. (Artikel 27)

VOORBEELD: As jy siek is en geen geld het nie, het jy die reg om by ’n staatskliniek behandel te word.

Die reg op toegang tot inligtingSuid-Afrikaners kan toegang verkry tot inligting deur die staat gehou as dié inligting sal help om hulle menseregte te beskerm. (Artikel 32)

As die regering jou daarvan beskuldig dat jy iets verkeerd gedoen het, het jy die reg om die redes daarvoor te sien.Elkeen het die reg om te weet hoeveel geld staatsdepartemente het, hoe die geld gebruik word en watter dienste gelewer word. Dié geld behoort aan die publiek, en daarom het die publiek die reg om te weet hoe dit gebruik word.

VOORBEELD: As jy gearresteer word, het jy die reg om die verklarings van die mense wat teen jou getuig, te sien.

Die reg op billike administratiewe optredeElkeen is geregtig op administratiewe optrede wat wettig, billik en regverdig is. (Artikel 33)As die administasie onregverdig teenoor iemand opgetree het, kan die betrokke persoon vra vir skriftelike redes daarvoor en die administrasie voor die hof daag.

VOORBEELD: As die regering jou aansoek vir ’n ouderdomspensioen afkeur, moet daar aan jou goeie redes daarvoor verskaf word.

Die Basiese Regte van al die mense van Suid-Afrika word uiteengesit in iets wat ons die Menseregtehandves noem. Die Menseregtehandves is deel van Suid-Afrika se Grondwet. Die Grondwet is die land se belangrikste wet. Basiese Regte word dus beskerm deur wetgewing en kan afgedwing word.

HOE KWALIFISEER EK VIR ’N STAATSTOELAAG?

Maak seker dat jy al die regte dokumente het voordat jy vir jou toelaag aansoek doen.Staatstoelae vorm deel van die regering se diens aan die publiek. Die verpligting wat op staatsamptenare rus om diens van goeie gehalte te lewer, is ook van toepassing op staatstoelaes. Die punte wat volg kan gebruik word wanneer jy om ’n toelaag aansoek doen of ’n toelaag gaan ontvang.Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het ook ’n TOLVRY NOMMER vir enige navrae oor maatskaplike sekuriteit – 0800 601 011.

Wat is

BASIESE REGTE?

WATTER SOORTE MAATSKAPLIKE BYSTANDSTOELAE IS DAAR?Die volgende soorte toelae bied maatskaplike bystand:• ’n Toelaag vir bejaardes • ’n Ongeskiktheidstoelaag• ’n Oorlogsveterane-toelaag• ’n Toelaag vir die versorging van ’n gestremde kind (Sorgafhanklik heidstoelaag)• ’n Toelaag vir pleegsorg vir ’n kind (Pleegsorgtoelaag)• ’n Toelaag vir die versorging van ’n jong kind (Kindersorgtoelaag)• ’n Toelaag vir iemand wat voltydse sorg benodig (Hulptoelaag)• Maatskaplike verligting van nood

WAT IS ’N MIDDELETOETS?’n Belangrike oorweging wanneer iemand vir enige maatskaplike toelaag aansoek doen, is sy of haar finansiële stand. Aansoeke vir alle maatskaplike toelae word slegs goedgekeur as die aansoeker se geldelike middele minder as ‘n voorgeskrewe bedrag is. Wan-neer daar besluit word of iemand vir ’n toelaag kwalifiseer, word die persoon se inkomste en bates bereken. Bates verwys na enige waardevolle besittings wat ’n persoon kan hê, soos byvoorbeeld ’n huis, grond, of geld in ’n bystandsfonds of ’n pensioen uit ’n vorige werk.

WAT HET EK NODIG OM VIR ’N TOELAAG AANSOEK TE DOEN EN DIT TE ONTVANG?Daar is verskeie vereistes waaraan voldoen moet word voor ’n per-soon kwalifiseer om vir ’n toelaag aansoek te doen, en dit dan te ontvang. Sommige van die vereistes verskil van toelaag tot toelaag, terwyl ander vir alle toelae geld. Alle toelae vereis byvoorbeeld ’n middeletoets. Die verskillende vereistes vir verskillende maatskap-like toelae word hieronder uiteengesit.

’N TOELAAG VIR BEJAARDES:’n Persoon wat vir ’n ouderdomstoelaag aansoek doen:• moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees• moet ten tye van die aansoek in Suid-Afrika woonagtig wees• moet 65 jaar of ouer wees indien die persoon ’n man is, of 60 jaar of ouer indien die persoon ’n vrou is• moet aan die vereistes van die middeletoets voldoen• moet nie in ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie• moet nie ’n ander staatstoelaag vir hom- of haarself ontvang nie• moet die nuwe soort identiteitsdokument met die dertien-syfer streepieskode hê

’N ONGESKIKTHEIDSTOELAAG’n Persoon wat vir ’n ongeskiktheidstoelaag aansoek doen:• moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees• moet ten tye van die aansoek in Suid-Afrika woonagtig wees• moet 18 tot 59 jaar oud wees indien die persoon ’n vrou is, of 18 tot 64 jaar indien die persoon ’n man is• moet in besit wees van ’n mediese evaluering of verslag wat die mediese ongeskiktheid bevestig

Page 3: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 3

HOEVEEL SAL EK BETAAL WORD?

• moet aan die vereistes van die middeletoets voldoen• moet nie in ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie• moet nie ’n ander staatstoelaag vir hom- of haarself ontvang nie• moet die nuwe soort identiteitsdokument met die dertien-syfer streepieskode hê

’N OORLOGSVETERANE-TOELAAG’n Persoon wat vir ’n oorlogsveteraan-toelaag aansoek doen:• moet ’n Suid-Afrikaanse burger wees• moet ten tye van die aansoek in Suid-Afrika woonagtig wees• moet 60 jaar of ouer wees of moet aan ’n gestremdheid ly• moet bewys lewer van militêre diens gedoen• moet aan die vereistes van die middeletoets voldoen• moet nie in ’n staatsinrigting onderhou of versorg word nie• moet nie ’n ander staatstoelaag vir hom- of haarself ontvang nie• moet die nuwe soort identiteitsdokument met die dertien-syfer streepieskode hê

TOELAE VIR KINDERSDaar is drie verskillende soorte toelae vir kinders. Een is vir mense wat as pleegouers optree, ’n ander is vir iemand wat vir ’n kind met ’n gebrek sorg, en die derde is ’n onderhoudstoelaag vir persone wat vir jong kinders verantwoordelik is, maar nie die middele het om finansieël vir hulle te sorg nie.

PLEEGSORGTOELAE’n Persoon wat vir ’n pleegsorgtoelaag aansoek doen:• moet in besit wees van ’n hofbevel wat daaorp dui dat hy of sy die wettige pleegouer is• moet vir elke kind ’n identiteitsdokument of geboortesertifikaat met die 13-syfer identiteitsnommer hê• moet ’n identiteitsdokument met die dertien-syfer identiteitsnommer hê (die persoon wat aansoek doen)• moet aan die vereistes van die middeletoets voldoen

SORGAFHANKLIKHEIDSTOELAE’n Persoon wat vir ’n sorgafhanklikheidstoelaag aansoek doen:• moet in Suid-Afrika woonagtig wees• moet sorg vir ’n kind wat tussen 1 en 18 jaar oud is• moet in besit wees van ’n mediese verslag of evaluering wat die kind se gebrek bevestig• moet aan die vereistes van die middeletoets voldoen• moet ’n kind met ’n gebrek hê wat nie in ’n staatsinrigting versorg word nie• moet ’n identiteitsdokument of geboortesertifikaat met die dertien-syfer identiteitsnommer hê• moet die kind se geboortesertifikaat hê

KINDERSORGTOELAAG’n Persoon wat vir ’n kindersorgtoelaag aansoek doen:• moet ’n Suid-Afrikaanse burger en wees wat in Suid-Afrika woon• moet die primêre versorger van die betrokke kind of kinders wees• moet ’n kind of kinders hê wat minder as 14 jaar oud is• moet aan die vereistes van die middeletoets voldoen• moet ’n identiteitsdokument met die dertien-syfer identiteitsnommer hê• moet die kind of kinders se geboortesertifikate hê

HULPTOELAAG’n Hulptoelaag is ’n addisionele toelaag vir iemand wat reeds ’n Ouderdomstoelaag, ’n Ongeskiktheidstoelaag of ’n Oorlogsveter-ane-toelaag ontvang en nie in staat is om vir hom- of haarself te sorg nie.Die persoon wat vir die Hulptoelaag aansoek doen:• moet reeds ’n maatskaplike toelaag ontvang.

MAATSKAPLIKE VERLIGTING VAN NOOD-TOELAAG’n Toelaag vir die maatskaplike verligting van nood is ’n tydelike toelaag wat hulp verleen aan mense wat so uiters behoeftig is dat hulle nie in staat is om in hul eie of hul gesin se mees basiese be-hoeftes te voorsien nie.

Om vir hierdie toelaag te kwalifiseer, moet een van die volgende omstandighede bestaan:• Die applikant wag vir permanente hulp.• Die applikant is vir ’n tydperk van minder as 6 maande medies ongeskik om werk teen vergoeding te verrig.• Die broodwinner is oorlede en daar is nie voldoende fondse be-skikbaar nie.• Die broodwinner is vir ’n tydperk van minder as 6 maande in ’n inrigting opgeneem.• Die applikant is deur ’n ramp of ander noodsituasie getref, en die spesifieke gebied is nog nie tot ’n rampgebied verklaar nie.• Die applikant het teen die opskorting van sy of haar toelaag ge-appelleer.• Die applikant ontvang nie steun van enige ander organisasie nie.• Die applikant is nie deel van ’n huishouding wat reeds maatskap-like bystand ontvang nie.

• Die applikant ontvang gewoon-lik onderhoud van ’n persoon, maar dit word nie op daardie tydstip ontvang nie. Die app-likant moet bewys dat pogings om die onderhoud van die betrokke persoon te ontvang, onsuksesvol was.Maatskaplike verligting van nood word maandeliks of vir

enige ander tydperk verskaf, tot ’n maksimum tydperk van 3 maande. Verlenging van die ty-dperk met ’n verdere 3 maande kan in uitsonderlike gevalle toegestaan word.Vervoeronkoste kan in uitsonder-like gevalle betaal word waar:• die applikant vir behandeling deur ’n mediese beampte verwys

is en geen ander vervoerreëlings getref kan word nie.• die applikant na ’n spesifieke plek moet reis om werk te aan-vaar.

Soort toelaag Bedrag

Ouderdomstoelaag R1010

Ongeskiktheidstoelaag R1010

Oorlogsveterane-toelaag R1030

Pleegsorgtoelaag R680

Sorgafhanklilheidstoelaag R1010

Kindersorgtoelaag R240

Hulptoelaag R240

Page 4: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 4

GautengAlexandra 011 786 3603Benoni 011 845 4311 Germiston 011 842 7300 Johannesburg 011 870 1480 Krugersdorp 011 660 2335 Pretoria 012 401 9200Soshanguve Soweto 011 988 9011 Tembisa 083 578 9890 Vereeniging 016 421 3527 LimpopoMakhado 015 519 1100 Modimolle 014 717 4977 Polokwane 015 291 2429 Thohoyandou 015 962 6206 Tzaneen 015 307 3129 KwazuluNatalDurban 031 304 0100 Empangeni 035 792 4949 Ladysmith 036 638 2500Newcastle 034 328 7100 Pietermaritzburg 033 394 2190 Pinetown 031 719 2700 Port Shepstone 039 688 9600 Umlazi 031 918 8100 Verulam 032 533 2654 Vryheid 034 989 8300MpumalangaErmelo 017 819 7270 Middelburg 013 243 5964 Nelspruit 013 753 2154 Witbank 013 656 5290 Eastern CapeAliwal North 051 633 2530 Butterworth 047 401 3800 East London 043 704 4700 Graaff-Reinet 049 807 2500 Grahamstown 046 622 9350 King Williams Town 043 604 6600 Mthatha 047 501 4600 Port Elizabeth 041 408 2800 Queenstown 045 807 3500 Uitenhage 041 991 1811 Western CapeAthlone 021 697 5252 Bellville 021 949 3062 Cape Town 021 426 4126 George 044 802 8600 Caledon 028 212 1815 Stellenbosch 021 882 9221 Vredendal 027 201 1030 Worcester 023 348 4040 Northern CapeColesburg 051 753 2280/3 Kimberley 053 832 2348 Upington 054 337 9200 Free StateBethlehem 058 303 6824 Bloemfontein 051 447 9915 Kroonstad 056 216 4800 Phuthadithjaba 058 713 4953 Welkom 057 357 2847 North WestGa-Rankuwa 012 700 0595 Klerksdorp 018 464 3022 Lichtenburg 018 632 7600 Mafikeng 018 384 3503 Potchefstroom 018 293 0045 Rustenburg 014 565 5704 Vryburg 053 927 0095

Mount Frere Humansdorp ElliotMitchells Plain Atlantis Vredenburg Beaufort West Riversdale SwellendamMalmesbury Springbok De Aar Hartswater PostmasburgKurumanWolmaranstadDelareyvilleCarletonvilleBotshabeloLadybrandtFicksburg

NASIONALE REGSHULP SENTRUM • NASIONALE REGSHULP SENTRUM

DIE REGSHULPRAAD HET KANTORE IN

NASIONALE REGSHULP SENTRUM • NASIONALE REGSHULP SENTRUM

www.legal-aid.co.zaPhone: 08610 53425

JUSTICE CENTRES TELEPHONE SATELLITE OFFICE JUSTICE CENTRES

Nigel Westonaria Heidelberg Frankfort MusinaLephalala Mokopane Lebowakgomo Giyani Phalaborwa Ingwavuma MkuzeEstcourt Dundee Greytown Bulwer Ixopo Stanger Ulundi Piet Retief Eerstenhoek GroblersdalLydenburg Bushbuckridge Tonga Secunda SterkspruitSomerset East/Oos Cradock Adderley Fort Beaufort Stutterheim LusikisikiMount Fletcher

Page 5: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 5

GRATIS BASIESE MUNISIPALE DIENSTE:Hoe om die dienste te verkry

WATERDie reg tot water word in artikel 27 van die Suid- Afrikaanse Grondwet vasgelê. Daarvolgens is “elke persoon … geregtig op toegang tot voldoende voedsel en water”. Die Staat is verplig om redelike maatreëls toe te pas om “die progressiewe realisering van dié reg te bewerkstellig”. Die reg tot water word ook in artikel 3 van die Wet op Waterdienste omskryf – “elkeen het die reg tot toegang tot basiese watervoorsiening en basiese sanitasie”. Die Wet op Waterdienste verbied ook die weerhou (of beëindiging) van water of sanitêre dienste van diegene wat dit nie kan bekostig nie (artikel 4(3)). Die Wet op Munisipale Stelsels (artikel 73(c)) bepaal dat munisipaliteite “moet verseker dat alle lede van die plaaslike gemeenskap toegang tot minstens die minimum vlak van basiese munisipale dienste het.” Die Beleid op Gratis Basiese Water, wat in Julie 2001 in werking getree het, stel die hoeveelheid gratis basiese water per huishouding op 6 kiloliter per maand. Dit is gelyk aan ongeveer 1200 emmers water (as jy ’n 5liter emmer gebruik).

AANSOEK OM GRATIS BASIESE WATER• In die Makana Munisipale Gebied: as die lede van jou huishouding wat ouer as 18 is minder as R1640 per maand verdien, en jy nié meer as een vaste eiendom besit nie, kwalifiseer jy vir ’n Huishoudelike Subsidie vir Hulpbehoewendes.• In die Ndlambe Munisipale Gebied: as die lede van jou huishouding wat ouer as 18 is, minder as R1700 per maand verdien, en jy nié meer as een vaste eiendom besit nie, kwalifiseer jy vir ’n Huishoudelike Subsidie vir Hulpbehoewendes.• Selfs al skuld jy die Munisipaliteit geld vir water (met ander woorde, as jy agterstallig is), kan jy nog steeds vir so ’n subsidie aansoek doen, maar jy sal ’n reëling tussen jou huishouding en die munisipaliteit moet maak om die agterstallige geld te betaal. Die agterstallige geld kan óf afgeskryf word, óf

van die subsidie afgetrek word, óf maandeliks teen ’n sekere bedrag afbetaal word – dit hang af wat die Munisipaliteit besluit.•As jy vir die Subsidie vir Hulpbehoewendes kwalifiseer, sal jou huishouding op 6 kiloliter gratis water per maand geregtig wees. Jy moet na die polisiestasie gaan en ’n beëdigde verklaring aflê – jy moet verklaar wat jou inkomste is, dat jy hulpbehoewend is en dat al die inligting in jou aansoek korrek is. Daarna sal jy ’n aansoekvorm vir steun vir hulpbehoewendes by die betrokke toonbank by die munisipale kantoor moet invul. Jy moet dan jou beëdigde verklaring aan die aansoekvorm vasheg.• Die Makana Munisipaliteit se kantoor in Highstraat sal aansoeke slegs op Maandae, Woensdae en Donderdae van 8:00 tot 13:00 aanvaar.• Die Ndlambe Munisipaliteit in Port Alfred sal aansoeke enige weeksdag gedurende kantoorure aanvaar.• Die Munisipaliteit is veronderstel om eenmaal per jaar (rondom Mei-Junie) na gemeenskapsale in die munisipale gebied te gaan om mense te nooi om aansoek om ’n Subsidie vir Hulpbehoewendes te doen. Jy moet egter, sodra jy bewus is dat jou huishouding vir so ’n subsidie kwalifiseer, die nodige beëdigde verklaring gereed kry en na die munisipaliteit gaan om aansoek vir ’n subsidie te doen. MOENIE vir die munisipaliteit wag om jou te nader nie.• Dokumente wat jy saam met die aansoekvorm moet bring:1. ’n afskrif van die aansoeker se identiteitsdokument;2. ’n aansoekvorm met die identiteitsnommers van alle lede van die huishouding wat ouer as 18 is wat sê hoeveel hulle verdien en waar hulle werk;3. bewys van inkomste van alle lede van die huishouding wat ouer as 18 is (brief van werkgewer, salarisstrokie, pensioenkaart, gestempelde WVF kaart); en

4. ’n beëdigde verklaring wat bevestig dat al die inligting korrek is en dat al die geld wat die lede van jou huishouding verdien, verklaar is•Nadat die aansoekvorm ingevul en ingedien is, sal ’n beampte van die munisipaliteit die aansoeker se woning besoek om die inligting wat op die aansoekvorm verskaf word te bevestig. As die beampte vind dat die inligting op die aansoekvorm korrek is, sal jou huishouding steun vir hulpbehoewendes ontvang. Onthou dat dié subsidie vir almal in die huishouding is, en nie net vir een persoon nie. As verkeerde inligting aan die munisipaliteit verskaf is, sal jy nooit weer kan aansoek doen nie en sal jy alle geld wat aan jou gegee is, onmiddellik moet terugbetaal. Die Munisipaliteitsraad kan ook besluit om jou hof toe te neem.•Die Subsidie vir Steun aan Hulpbehoewendes is geldig vir die res van die finansiële jaar waarin jy aansoek gedoen het. Die Munisipalitieit se finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar. As jou huishouding steeds vir die subsidie kwalifiseer na die finansiële jaareinde, moet jy weer daarvoor aansoek doen. Jy sal nie outomaties weer die subsidie ontvang nie, want die Subsidie vir Steun aan Hulpbehoewendes word befonds deur ’n toelaag van die Nasionale Regering wat deur die Provinsie aan die Stad beskikbaar gestel word. Dit beteken dat daar nie noodwendig genoeg geld vir almal beskikbaar sal wees nie. As jou aansoek suksesvol is, sal dit op jou rekening vir munisipale dienste aangedui word.•As jou huishouding vir die Subsidie vir Steun aan Hulpbehoewendes kwalifiseer, sal jy ook 50 kilowatt gratis elektrisiteit en gratis vullisverwydering ontvang. Die Munisipaliteit sal besluit watter dienste gedek word, en vir watter bedrag.•Onthou, as jou huishouding meer as 6 kiloliter water gebruik, sal jy vir die ekstra water moet

betaal.

AFSNY VAN WATERTOEVOER• As jy gratis water ontvang het en meer gebruik het as die gratis basiese hoeveelheid, het die munisipaliteit in die verlede die watertoevoer heeltemal afgesny. Nou sal hulle die watertoevoer tot die gratis basiese hoeveelheid (6 kiloliter per maand) beperk met ‘n apparaat wat sal keer dat jy meer water gebruik, tot jy die bedrag wat jy skuld, betaal het.• As jy nie die heraansluitingsgeld of die bedrag wat jy skuld kan betaal nie, kan jy na die Munisipaliteit se kantoor in Highstraat gaan om ‘n ooreenkoms rakende terugbetaling met die Munisipaliteit te sluit. ’n Mens kan nog steeds vir steun vir hulpbehoewendes kwalifiseer ten spyte daarvan dat jy agterstallig is, MAAR jy moet met die munisipaliteit reël hoe jy die geld wat jy skuld, gaan terugbetaal. Die munisipaliteit kan besluit dat jy elke maand ’n sekere bedrag moet betaal, óf hulle kan ’n hoeveelheid water van jou subsidie aftrek, óf hulle kan besluit om jou skuld af te skryf.

ELEKTRISITEIT• Al is elektrisiteit nie ’n reg wat in ons Grondwet verskans is nie, glo die regering dat elektrisiteit belangrik is vir ekonomiese groei en die ontwikkeling van gemeenskappe. Dié besluit is in 2003 geneem en die Beleid op Gratis Basiese Elektrisiteit word sedert Julie 2003 toegepas.• Die Makana Munisipaliteit en die Ndlambe Munisipaliteit het albei maniere om gratis basiese elektrisiteit te verskaf aan mense wat vir die Subsidie vir Hulpbehoewendes kwalifiseer. Die hoeveelheid gratis elektrisiteit waarvoor ’n person kwalifiseer, is 50 kilowatt per maand.• Die munisipaliteit besluit wie gratis elektrisiteit kry. Die munisipaliteit sal Eskom laat weet wie gratis elektrisiteit kry, en dit op ’n kaart vir vooruitbetaalde elektrisiteit laai wat jy elke

maand moet gaan afhaal.• In die Makana Munisipale Distrik kan mense na Marvic’s toe gaan om hulle kaarte vir vooruitbetaalde elektrisiteit te laat In die Ndlambe Distrik kan mense na Manalec toe gaan om hulle kaarte te laat.

VULLISVERWYDERINGDaar moet vir die Subsidie vir Hulpbehoewendes aansoek gedoen word, en indien die aansoek suksesvol is sal die munisipaliteit jou nie vir vullisverwydering laat betaal nie.

Geskryf deur Emma-Louise van Leusden, ’n resident-assistent van die Canadian Barr Association en ’n gas van die Regshulpsentrum. Haar besoek is deur die Kanadese Departement van Buitelandse Sake befonds.

Page 6: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 6

Kinders. Hulle regte, verantwoordelikhede en DIE KWESSIE RONDOM SKOOLGELDE...

Let wel: Hierdie inligting is selgs vantoepassing op skoolgeld vir staatsskole (openbare skole)

Beste ouers en skoliereVolgens die Suid-Af-rikaanse grondwet is

skoolonderrig ’n basiese reg. Die sukses daarvan hang egter af of ouers en skoliere hul deel doen. Hulle moet verantwoordelik optree. Dit beteken elke leer-ling moet betyds by die skool op daag, hul huiswerk doen en hul onderwysers gehoorsaam en respekteer. Vir ouers is die basis van verantwoordelikheid om seker te maak dat jou kinders betyds by die skool opdaag, dat hulle hulle huiswerk doen en dat hulle leer om alle mense vrien-delik en met respek te behandel. Skole, skoolhoofde en onder-wysers probeer almal om onder uiters moeilike omstandighede onderrig te verskaf – die skool se geldsake is ’n groot deel van die probleem. Skole het die ondersteuning van die ouers nodig om goeie onderrig aan die kinders te kan verskaf. ’n Paar voorstelle hiervoor is om drie vriende bymekaar te kry en die volgende te doen:• Bied aan om in die skool se tuin te help (dit sal help om kos aan jou kind te voorsien)• Bied aan om eenmaal per week met sport te help• Bied ’n naaldwerkklas aan• Hou in die middag by die skool toesig oor huiswerk• of Help om stukkende les-senaars en stoele reg te maak.

Daar is so baie wat ’n mens kan doen – vra jou skoolhoof.Slegs as almal saamwerk – skoolhoofde, onderwysers, ouers en leerlinge – sal jou kind sukses behaal.Met liefde van die Grocotts Span en Die Regshulpraad

A. MAG ’N SKOOL SKOOLGELD VRA?Ja. ’n Skool het die reg om skoolgeld te vra.

MAAR OM SKOOLGELD TE KAN VRA, MOET DAAR AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN WORD:1. Volgens wet moet die skool

die skoolgelde bepaal deur die volgende te doen:• Daar moet ’n algemene verga-dering van ouers/voogde gereël word. Die ouers/voogde moet 30 dae voor die vergadering in kennis gestel word om hulle in staat te stel om die vergadering by te woon.• By die vergadering moet die ouers/ voogde besluit of skoolgeld betaal moet word. As die meerderheid ouers/voogde wat teenwoordig is, ten gunste daarvan stem, kan skoolgeld gevra word. As die ouers/ voogde teen die betaal van skoolgeld stem, mag ’n skool nie skoolgeld vra nie.• As die ouers/voogde by die vergadering besluit dat sk-oolgeld gevra moet word, moet hulle ook besluit hoeveel die skoolgeld moet wees. Daarby moet hulle besluit oor ’n beleid hoe om arm ouers/voogde van die betaal van skoolgeld vry te stel.2. Die skool se beheerraad moet dan alle ouers/versorgers van die volgende in kennis stel:• Die hoeveelheid skoolgeld wat jaarliks betaal moet word en die kriteria en prosedures vir die vrystelling van die betaal van skoolgeld.• Indien ’n ouer/voog ge-dagvaar kan word vir versuim om skoolgeld te betaal tensy die ouer/ voog van skoolgeld vrygestel is.• Die inhoud van artikels 3, 4 en 5 van die Vrystellingsregulasies.3. As ’n ouer/voog daarvoor vra, moet die skoolbeheerlig-gaam ’n afskrif van die Vrystel-lingsregulasies aan hom/haar beskikbaar stel• As die skoolgeld nie volgens die wetlike voorskrifte vasgestel is nie, of as die skoolbeheerlig-gaam nie die ouers/ voogde in kennis gestel het van hul reg om vir vrystellling aansoek te doen nie, kan die ouer/voog enige aanspraak op onbetaalde skoolgeld wat deur die skool gemaak word, betwis.• Dit word in artikel 38 en 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet en artikel 4 en 5 van die Vrystellingsregulasies uiteengesit.

B. MAG ’N SKOOL ’N OUER/ VOOG VIR AGTERSTALLIGE SKOOLGELD DAGVAAR?Ja. ’n Skool mag ouers/voogde vir agterstallige skoolgeld dagvaar, maar die skool mag nie aan die betrokke leerder toegang tot die skool of enige van die skool se geriewe weier nie Daarby mag ’n skool slegs ’n ouer/ voog vir agterstallige

skoolgeld dagvaar indien:• die skoolgeld volgens wetlike voorskrifte vasgestel is;• die skoolbeheerliggaam alle ouers/ voogde skriftelik van die besonderhede rakende die skoolgeld in kennis gestel het;• die ouer/voog nie aansoek om vrystelling van skoolgeld gedoen het nie.

C. WIE HOEF NIE SKOOLGELDE TE BETAAL NIE?1. Dit is onwettig om skoolgeld te vra van ’n leerder:• Wat ’n weeskind in ’n weeshuis is;• Wat ’n weeskind in ’n huishou-ding is waarvan ’n kind die hoof is;• Wat deur ’n pleegouer versorg word;• Wat in ’n jeugsorgsentrum of ’n veiligheidsoord geplaas is;• Wat in ’n familielid se sorg geplaas is, of• Wie se ouer ’n maatskap-like toelaag (bv. ’n kindersorg-toelaag; vgl. par. 27 van die Norme en Standaarde) namens die betrokke leerder ontvang. Die ouer/voog moet egter vir vrystelling aansoek doen.2. Ouers/voogde is wetlik daarop geregtig om nie skoolgeld te betaal as hulle nie genoeg geld verdien nie. Sulke ouers moet om vrystelling aan-soek doen.

D. HOE OM VIR VRYSTELLING AANSOEK TE DOENOuers/voogde wat nie kan bekostig om skoolgeld te betaal nie, moet skriftelik by die skool se beheerliggaam aansoek doen om vrystelling van skoolgeld. Byvoorbeeld:• As die skoolgeld 10% is van al die geld wat jy elke jaar verdien (jou jaarlikse inkomste), hoef jy nie skoolgeld te betaal nie• As die skoolgeld 8% van jou jaarlikse inkomste is, sal elke leerder se skoolgeld met min-stens 88% verminder word• As die skoolgeld 6% van jou jaarlikse inkomste is, sal elke leerder se skoolgeld met min-stens 67% verminder word• As die skoolgeld 4% van jou jaarlikse inkomste is, sal die eerste leerder se skoolgeld met 25% verminder word en dié van ander leerders (tot ’n maksimum van vier leerders) sal met min-stens 40% verminder word• As die skoolgeld 3.5% van jou jaarlikse inkomste is, sal elke leerder se skoolgeld met min-stens 7% verminder word.

1. Hoe om aansoek te doenOuers/voogde wat kwalifiseer, moet skriftelik by die skool se beheerliggaam om vrystelling van skoolgeld aansoek doen. Die

ouer/voog kan by die skool vir ’n aansoekvorm vra. As die skool nog nie vir die ouer/voog ’n afskrif van die beleidsdokument gegee het nie, kan die ouer/voog op ’n afskrif aandring.2. Hulp met die aansoek’n Ouer/voog wat hulp met die aansoek vir vrystelling beno-dig, kan ’n onderwyser of enige ander persoon vra om hom/haar te help. As so ’n persoon nie kan help nie, moet die skoolhoof die ouer/voog help.3. Hoe om te appelleerDie skool se beheerliggaam het 14 dae (twee weke) om ’n aan-soek te oorweeg en daaroor te besluit. Die besluit moet geneem word volgens die wetlike voor-skrifte in die Vrystellingsregu-lasies. Die skoolbeheerraad het dan 7 dae (een week) om die ouer/voog van die besluit te laat weet. As die ouer/voog nie tevrede is met die belsuit nie, het hy/sy 30 dae (een maand) om skriftelik by die Hoof van die Onderwysdepartement in die Provinsie appèl aan te teken. Volgens artikels 4-9 van die Vrystellingsregulasies moet die Hoof van die Onderwysdeparte-ment binne 21 dae (drie weke) op die appèl reageer.

E. KAN ’N LEERDER TOEGANG TOT ’N SKOOL GEWEIER WORD OMDAT SKOOLGELDE NIE BETAAL IS NIE?NEE. Die wet sê duidelik dat geen leerder anders of on-regverdig behandel mag word omdat sy/haar ouer/voog nie skoolgeld betaal het nie.•As ’n ouer/voog dus nie kan bekostig om skoolgeld te betaal nie, of selfs net vergeet het om die skoolgeld te betaal, mag die skool nie die leerder straf deur hom/haar huis toe te stuur, toegang tot klasse of ander skoolgeriewe te weier, of sy/haar rapport terug te hou nie.• ’n Skool wat ’n leerder straf vir ’n ouer/voog se versuim of on-vermoë om skoolgeld te betaal, oortree die wet.

WAT SÊ DIE WET?• Artikel 5 (1) van die Suid-Afri-kaanse Skolewet bepaal dat ’n staatskool leerders tot die skool moet toelaat en hulle belange moet dien sonder om enigsins op ’n onregverdige wyse teen hulle te diskrimineer.• Volgens artikel 5(3) van die Skolewet mag geen leerder toe-gang tot ’n staatskool geweier word op grond van die feit dat sy/haar ouer/voog skoolgeld wat volgens wetlike voorskrifte gevra is, nie kan betaal nie, of dit nie betaal het nie.• Volgens artikel 10 van die

Toelatingsbeleid word ’n leerder tot die algehele skoolprogram toegelaat en mag hy/sy nie van klasse geskors of toegang tot die skool se kultuur-, sport- of sosiale aktiwiteite geweier word omdat sy/haar ouer/voog nie die vereiste skoolgeld betaal het of kon betaal het nie. Sy/haar skoolrapport of oorplasingser-tifikaat mag nie weerhou word nie en hy/ sy mag ook op geen ander manier verontreg word as gevolg van sodanige nie-betal-ing nie.

F. HOE KAN ’N OUER UITVIND OF HULLE SKOOL ’N “GEEN SKOOLGELD-SKOOL” IS?•Die Minister van Onderwys moet in die derde kwartaal van elke jaar inligting publiseer oor die kategorie waaronder jou skool resorteer en hoeveel die staat se bydrae tot jou skool is (paragrawe 103 A-H van die Norme en Standaarde).

OM UIT TE VIND :• Vra die skool of skool,• Vra die Provinsiale Departe-ment van Onderwys of• Vra die Bibliotekaris by jou naaste munisipale of univer-siteitsbiblioteek om in die Provin-siale Staatskoerant wat net voor 30 September elke jaar verskyn, te kyk.• As ’n skool ’n “geen skoolgeld-skool” is, hoef jy GEEN skoolgeld te betaal nie, ook nie geld vir registrasie of enige aktiwiteite nie. Alle ander skole vra sk-oolgeld.Hierdie inligting is verskaf deur die Projek vir Onderwysreg van die Universiteit van die Witwa-tersrand se Sentrum vir Toege-paste Regstudies.• Die Legal Aid Board erken met dank die inligting en hulp van die Departement van Justisie, Publieke Dienste Verandwoorde-likheids Monitor, David Rabkin Skool vir Joernalistiek (Rhodes), lede van die Oos Kaap NGO Koalisie. Neem kennis dat die publikasie slegs ‘n gids is en dat die Legal Aid Board geen ver-antwoordelikheid neem vir aksies wat deur individue geneem word op die basis van die inligting hierin verskaf.

SKETS: “Kinders het die reg om foute te maak…”

“… en die verantwoordelikheid om uit hul foute te leer”

Page 7: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 7

SEKSIE : SKULDM A R C H 2 0 0 9

Dit gebeur soms dat verbruikers hulself in ‘n moeilike situasie

bevind deurdat hulle sukkel om paaiemente te betaal op lenings wat deur hulle aangegaan is. Die beste advise is om nie betalings oor te slaan nie, maar liewer met Micro-leners te onderhandel om ‘n oplossing vir die betaling daarvoor te vind wat albei partye pas. Dit mag behels die betaling van kleiner bedrae oor langer periodes. Selfs al bevind jy jouself in diep water, moet nooit die problem ignorer nie, want dit gaan nie vanself verdwyn nie.

AANMANINGSBRIEF:Indien jy betalings oorslaan en die problem probeer vermy kan die skuldeiser ‘n aanmaning aan jou stuur en sodoende jou versoek om die uitstaande skuld aan die onderneming, tesame met rente en die koste van die aanmaning, te betaal.Om verdere probleme te vermy, kontak die skrywer van die aanmaning so gou moontlik om sodoende te reël vir die terugbetaling van jou skuld. Indien jy geen skuld ten opsigte van die Micro-lener het nie, neem alle dokumentasie en betaalstrokies en maak kontak met die onderneming so gou moontlik om te bewys dat jy hul alreeds afbetaal het. Moet nooit jou oorspronklike dokumentasie oorhandig nie, maar liewer kopieë.

KOMMENTAAR:Indien jy versuim om die Micro-lener te kontak, of indien geen reëling met die Mikro-lener rakende betaling gemaak word nie, sal die Mikro-lener in alle waarskynlikheid ‘n dagvaarding aan jou stuur. Moet nooit ‘n dagvaarding ignoreer nie. Jy het slegs 5 dae om op die dagvaarding te reageer. Indien jy wel die geld skuld wat van jou geëis word, kontak die prokureur of skuldinvorderaar wie die dagvaarding uitgereik het so gou moontlik om oor ‘n afbetaal ooreenkoms te onderhandel. Indien jy nie die geld skuld wat van jou geëis word nie kan jy na

die klerk van die hof gaan wie jou sal inlig hoe om die eis teen jou te verdedig. Alternatiewelik kan jy ‘n prokureur gaan raadpleeg.

VONNIS BY VERSTEK:Indien jy die dagvaarding ignoreer, kan vonnis by verstek teen jou verkry word. Vonnis by verstek is ‘n vonnis wat ‘n hof teen jou kan uitreik indien jy versuim om verdediging binne 5 dae na betekening van die dagvaardiging op jou aan te teken. Dit behels dat jy die uitstaande skuld, rente daarop sowel as regskostes sal moet betaal. Hierdie bedrag sal ook dan aansienlik meer wees as die aanvanklike bedrag wat jy geskuld het. Daarom is dit beter om liewer met die lener te ondehandel en sodoende geld te bespaar.

JY EN JOU SKULD – AS DINGE VERKEERD LOOP

Besoldigingsbeslagleggings bevel:Sodra die hof ‘n betalingsbevel teen jou uitreik kan die lener die skuldbedrag wettiglik invorder. Die hof kan ook ‘n besoldigingsbeslag bevel teen jou uitreik ten gunste van die lener. Dit behels dat die hof jou werkgewer kan verplig om paaiemente van jou lone af te trek en direk oor te betaal aan die Mikro-lener. Jou werkgewer het geen keuse as om die paaiemente van jou lone af te trek nie, en sou hy versuim kan stappe teen hom geneem word.

SKULDBESLAGLEGGINGS BEVEL:Dit is ‘n bevel waar die hof iemand wat aan jou geld skuld bevel om die bedrag aan jou verskuldig oor te betaal aan die lener of krediteur. Dit is ‘n hofbevel ingevolge waarvan

geld wat jy skuld afgetrek word, nie van jou salaries of loon nie, maar van geld aan jou verskuldig, soos bv geld wat jy erf.Beslaglegging op eiendom:Indien vonnis teen jou opgelê is en jy nie die geld het om aan die Mikro-lener te betaal nie, kan die lener ‘n Beslagleggingsbevel ten opsigte van eiendom in jou besit kry om sodoende jou eiendom te verkoop om jou skuld te delg. Jou eiendom kan slegs met ‘n beslagleggingsbevel verkoop word en die balju van die hof is die enigste persoon wie jou eiendom mag verwyder. Die balju sal jou twee maal besoek. Die eerste om ‘n lys van jou besittings te maak. Wees seker dat jy tydens hierdie besoek alle eiendom onderworpe aan huurkoop ooreenkomste aan die

balju uitwys. Tydens die tweede besoek sal die balju die eiendom fisies verwyder om verkoop te word. Goedere wat deur die balju verkoop word behaal gewoonlik nie hoë pryse nie, en jy is nog steeds verantwoordelik vir die uitstaande balans na die verkoping. Indien jy nie genoeg besittings soos meubels of ‘n motor het nie, kan die balju beslag lê op grond of selfs ‘n huis wat jy besit, en dit verkoop. WAT MIKRO-LENERS NIE MAG DOEN NIE:Mikro-leners moet die voorgeskrewe regsprosedures volg om geld aan hulle verskuldig in te vorder. Hulle mag nie:• vir jou of jou familie dreig, intimideer of treiter nie;• aan jou ‘n dagvaarding stuur nie. ‘n Geldige dagvaarding moet die nommer RM2 op hê asook ‘n belasting seël. ‘n Saaknommer moet ook daarop verskyn en dit moet deur die hof gestempel wees. Die balju moet dit aan jou beteken;• ‘n Mikro-lener mag onder geen omstandighede jou eiendom verwyder nie, slegs die balju mag dit doen. Indien enigiemand jou eiendom betree sonder jou toestemming is hulle skuldig aan onregmatige betreding en kan jy dit by die polisie gaan rapporteer.• ‘n Mikro-lener of skuld-eiser mag nie jou deur afbreek of enige van jou slotte breek nie. Indien dit gebeur is hulle skuldig aan saakbeskadiging en kan jy dit aan die polisie gaan rapporteer;• Hulle mag nie gedurende die nag kom en jou goedere verwyder nie;• Hulle mag jou nie dreig met arrestasie of gevangenisstraf vir skuld nie;• Hulle mag nie dreig om plaaslike winkels, jou werkgewer of enigiemand anders oor jou skuld te verwittig nie.

ONS PROKUREURS BESKERM JOU REGTESKAKEL ONS BY 08610 53425

JY EN KREDIETOO-REENKOMSTE

KONTANT LENING... Regte, Reëls en Regulasies

DIE VERSTANDIGE VERBRUIKER

Page 8: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 8

JY EN KREDIETOOREENKOMSTEWAT IS ‘N KREDIETOOREENKOMS?Dit is ‘n ooreenkoms tussen ‘n verbruiker (jy) en ‘n verkoper. In terme van hierdie ooreenkoms verkry jy onmiddelike gebruik van goedere of dienste (bv meubels) wat jy nie sou kon bekostig indien jy die hele bedrag dadelik moes betaal nie. In terme van hierdie ooreenkoms onderneem jy om die hele bedrag oor ‘n spesifieke tydperk te betaal (gewoonlik oor ‘n paar jaar) in maandelikse paaiemente. Let wel: Uiteinde-lik betaal jy aansienlik meer as wat jy sou betaal het indien jy kontant sou betaal, aangesien jy rente van tot soveel as 22% betaal.

HOE SLUIT EK ‘N KREDIETOOREENKOMS?Sodra jy en die verkoper besluit om ‘n kredietooreenkoms te sluit moet die ooreenkoms op skrif vasgelê word en beide partye moet dit onderteken. Dit moet die volgende bevat:• die volle bedrag betaalbaar,• die item waarvoor krediet toegestaan is,• die tydsperk waarbinne jy dit moet betaal,• die maandelikse paaimente,• jou volle name en residentiële adres.Indien jy die ooreenkoms in ‘n taal van jou keuse wil hê, is die

verkoper onder ‘n verpligting om jou met ‘n afskrif te voorsien.

ADDISIONELE ITEMS IN ‘N KREDIETOOREENKOMS:1. Voorwaardes daar gestel deur die verkoper:Maak seker dat jy hierdie deeg-lik deurlees voordat jy die oo-reenkoms onderteken. Dit mag dalk swaar strafklousules bevat wat jou negatief kan raak.

2. ‘n Versekerings-klousuleMeeste kredietooreenkomste sal as deel van die paaiement ‘n ko-ste vir versekering insluit. Indien daar so ‘n koste is, sal dit deel vorm van die kontrak. Hierdie klousules is van groot waarde, omrede ingeval goedere gesteel of vernietig word voordat jy ten volle daarvoor betaal het, moet die verkoper die item vervang. Indien daar geen versekerings-klousule is nie en die item word gesteel of verwoes in ‘n brand, is daar geen verantwoordelikheid op die verkoper om die item te vervang nie. Jy sal dan aanhou betaal vir die item totdat die volle uitstaande bedrag betaal is. Jy kan egter ook jou eie versekering uitneem teen ‘n nomi-nale maandelikse bedrag.

3. ‘n Waarborg-klousuleHierdie klousule bepaal dat indien jy binne ‘n sekere tydperk vind dat die item wat jy gekoop het gebrekkig is, jy die volgende

kan doen:• Die koopooreenkoms kansel-leer en vra dat alle gelde deur jou betaal aan jou terugbetaal word,• Daarop aandring dat die item vervang word,• Vir afslag vra omrede die item foutief is.

WAT IS MY REGTE INGEVOLGE ‘N KREDIETOOREENKOMS?(Onthou: jy kan slegs hierdie regte geniet indien alle betalings op Datum is!)1. Om volle en ongesteurde gebruik en genot van die item te hê. Dit beteken die verkoper mag nie aandring op gebruik van die item nie2. Om gebrekkige items koste-vry te laat vervang deur die winkel indien daar ‘n waarborg ten opsigte van die item is. Dit beteken egter nie dat jy die item kan breek indien jy nie daarvan hou nie.3. Om daarop aan te dring dat die winkel die item vervang indien dit vernietig of verlore is en daar ‘n versekerings-klousule in die ooreenkoms is. Dit mag egter nie deur jou toedoen wees dat die item verlore of vernietig is nie. Dit is baie belangrike om ‘n afskrif van die ooreenkoms sowel as strokies te bewaar om sodoende jou waarborg en/of versekering ten opsigte van die

item te kan bewys.

WAT IS MY PLIGTE?1. Om maandeliks die ooreenge-komde bedrag te betaal,2. Om die verkoper te verwittig van waar die item is totdat jy ten volle daarvoor betaal het. Dit beteken dat indien jy verhuis, of die item aan ‘n vriend leen, jy die verkoper skriftelik binne 14 dae daarvan verwittig.

WANNEER WORD EK DIE EIE-NAAR VAN DIE GOEDERE?Sodra jy ten volle daarvoor betaal het. Onthou, jy mag nie die item aan iemand an-ders verkoop, of dit gebruik as sekuriteit vir ‘n lening, totdat jy die regmatige eienaar daarvan is nie.

BEPERKINGS IN DIE SLUIT VAN KREDIET-OOREENKOMSTEEnige persoon teen wie daar ‘n administrasie-bevel (A 74(1) Wet 32 van 1994) uitgereik is en wie se bruto maandelikse inkomste minder as R500 is, mag nie sonder die toestemming van die administrateur enige krediet-ooreenkomste aangaan nie.

WAT GEBEUR AS EK EEN MAAND NIE KAN BETAAL NIE?Jy moet die verkoper kontak en reël dat:1. jy die betaling oorslaan of2. die maandelikse paaiemente verminder word, in welke geval jy langer gaan afbetaal aan die item.Onthou: hoe langer dit jou neem om die item af te betaal, hoe duurder gaan dit jou uiteinde-lik kos, weens die rente wat jy betaal.

WAT KAN GEBEUR INDIEN EK NIE BETAAL NIE, EN GEEN REËLINGS MET DIE VERKOPER GETREF HET NIE?Daar is drie dinge wat kan ge-beur:1. vrywillige terugneming2. ‘n aansoek deur die verkoper vir ‘n hofbevel vir terugneming3. terugneming sonder jou toestemming

VRYWILLIGE TERUGNEMING:Indien jy besluit dat jy die item nie meer kan bekostig nie mag jy dit terugneem na die verkoper, of hom vra om dit te kom optel. Jy sal dan gevra word om ‘n “vrywillige terugnemings-“ vorm te onderteken. Die goedere sal dan per veiling verkoop word en die geld gebruik word om die skuld te delg. Indien meer geld ingesamel word as wat jy skuld, moet die verkoper hierdie oorskot aan jou uitbetaal.‘n Aansoek deur die verkoper vir ‘n hofbevel vir terugneming van die goedereDie verkoper moet eers aan jou ‘n aanmaningsbrief stuur om binne 30 dae te betaal. Indien

jy versuim moet hy ‘n brief aan jou stuur om binne 20 dae te betaal. Indien jy nog steeds nie betaal het nie moet hy aan jou ‘n brief stuur waarin hy jou 14 dae kennis gee van sy bedoeling om hierdie geskil hof toe te vat. Indien jy versuim om te betaal kan hy ‘n dagvaarding teen jou uitreik. Jy sal slegs 5 dae hê om te reageer en op hierdie stadium moet jy regsadvies inwin. Let wel, moenie die dagvaarding ig-noreer nie, omrede regsonkoste, waarvoor jy dalk verantwoorde-lik gehou kan word, dalk kan vermeerder. Indien uitspraak ten gunste van die verkoper gegee is kan die hof ‘n bevel uitreik om die goedere terug te neem. In-dien iemand by jou aandoen om die goedere te verwyder, maak seker dat hulle ‘n hofbevel het.

TERUGNEMING SONDER JOU TOESTEMMINGDie verkoper mag slegs goedere terugneem indien hy ‘n hofbevel het. Let wel: tot tyd en wyl die hof uitspraak gelewer het ten gunste van die verkoper, mag hy nie die goedere uit jou besit neem nie. Indien goeder sonder ‘n hofbevel verwyder is kan jy aansoek doen om ‘n dringende hofbevel om besit van die goedere aan jou te herstel. Die verkoper of skuldinvorderaar kan ook aangekla word van diefstal. Wees versigtig vir skuldinvorder-aars wat jou soms op onwettige maniere wil probeer forseer om goedere terug te gee. Hulle reik soms vals dagvaardings uit en sal jou dreig. Onthou dat jy nooit tronk toe kan gaan vir slegte skuld nie. Indien jy besorg is oor ‘n skuld-probleem, besoek graag die Rhodes Uni-versiteit se Regskliniek wie jou graag sal bystaan.Tel: 046 622 9301

ONS PROKUREURS BESKERM JOU

REGTE

SKAKEL ONS BY 08610 53425

Page 9: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 9

KONTANT LENING... Regte, Reëls en Regulasies

‘n GELD-LENER MAG NIE:• jou ID boek hou nie. Hul mag slegs ‘n afskrif kry• jou bankkaart of bank PIN nommer hou nie• jou versoek om ‘n blanko of oningevulde document te teken nie• jou versoek om ‘n kontrak waarvan jy die inhoud nie verstaan nie te teken• jou versoek om ‘n toestem-ming tot aftrekkings van jou salaries vorm te teken VOOR jy agterstallig geraak het met betalingsLET WEL: Meeste geld-leners sal jou versoek om jou bank kaart deur ‘n masjien in hul kantoor te sit om sodoende ‘n betaaldatum daarop te stel sodat maandelikse paaiemente outomaties elke maand van jou rekening af-getrek word. Hierdie praktyk is onwettig.

Benodig jy geld? Maak seker jy weet waarvoor jy jou inlaat. Om geld by ‘n

“cash loans” te leen mag dalk na ‘n goeie idee klink, maar soms begewe mense hulle in ooreenkomste sonder om werklik te verstaan wat dit behels en vind hul hulself met skuld wat hulle nie kan terugbetaal nie.‘n Mikro-leningsooreenkoms of “cash loan” is ‘n ooreenkoms tussen iemand wat geld leen (jy) en ‘n geld-lener of geldskieter by wie die geld geleen word. In terme van hierdie ooreenkoms leen ‘n persoon geld, by wyse van ‘n direkte deposito in ‘n bankrekening of kontant, by ‘n geld-lener vir eie of persoonlike gebruik.Die persoon wat die geld leen onderneem, in terme van die ooreenkoms, om die geld wat geleen word sowel as ‘n addisionele bedrag wat bereken word ten tyde van die ooreenkoms, terug te betaal aan die geld-lener of geldskieter. Hierdie addisionele bedrag verwys na die rente op die leningsbedrag. Die totale uitstaande bedrag (die lenings-bedrag plus die rente) moet dan terugbetaal word oor ‘n ooreengekome periode in maandelikse paaiemente. Neem kennis daarvan dat die persoon wie die geld leen baie meer geld gaan terugbetaal as wat hy geleen het.

Hoe verkry ek ‘n “cash loan”?• Besluit hoeveel geld jy wil leen. Moenie meer leen as wat jy nodig het nie.

• Soek vir ‘n geld-lener wat ‘n goeie reputasie het• Besluit hoeveel geld jy maan-deliks sal kan afbetaal op die lening. Wees redelik en moenie toestem om meer af te betaal as wat jy kan bekostig nie.• Maak ‘n afspraak met die geld-lener vir die spesifieke doel om stap vir stap deur die kon-trak of ooreenkoms te werk• Moenie oorhaastig besluit oor ‘n lening nie. Wees rustig en be-plan dit volgens jou behoeftes.

Wat om te vra voordat jy die kontrak teken:• Is die besigheid geregistreer by die Micro Finance Regula-tory Council (MFRC)? Jy behoort hul logo op ‘n sertifikaat op die besigheidsperseel te sien.• Wat is die rentekoers? Hoe word dit bereken?• Wat is die rentekoers wat geld in geval van laat betalings?• Bied die geld-lener enige versekering gekoppel met die lening?Versekeringspolisse mag jou ietwat meer kos vir elke premie, maar dit is die moeite werd. ‘n Goeie polis sal ongeveer 5% van die lening kos.WVF dek slegs afdanking weens besnoeiing of inkorting en nie as jy bedank nie.

Voordat jy die kontrak teken, wees seker dat dit die volgende bevat:• Die totale leningsbedrag• Die totale terugbetalingsbe-drag, wat rente en alle ander fooie insluit• Die bedrag betaalbaar ten opsigte van elke paaiement• Die aantal paaiemente wat

betaal moet word asook die datum wanneer elke paaiement betaalbaar is• Hoeveel tyd jy het om die len-ing terug te betaal• ‘n Opsie om die kontrak binne 3 dae na betekening daarvan te kanselleer en die geld terug te betaal• Baie belangrik: voordat jy die kontrak onderteken, wees seker dat jy al die terme daarin verstaan. Sodra jy die kontrak onderteken is jy gebonde aan die terme daarvan. Indien jy onseker is oor enige van die terme, win regsadvies in.• Jy het ‘n reg om ‘n kontrak in enige van die amptelike land-stale te versoek. Indien die geld-lener jou versoek weier oortree hy die wet.

‘n Geld-lener mag nie:• jou ID boek hou nie. Hul mag slegs ‘n afskrif kry• jou bankkaart of bank PIN nommer hou nie• jou versoek om ‘n blanko of on-ingevulde dokument te teken nie• jou versoek om ‘n kontrak waarvan jy die inhoud nie ver-staan nie te teken• jou versoek om ‘n toestemming tot aftrekkings van jou salaries vorm te teken VOOR jy agterstallig geraak het met betalingsLET WEL: Meeste geld-leners sal jou versoek om jou bank kaart deur ‘n masjien in hul kantoor te sit om sodoende ‘n betaaldatum daarop te stel sodat maande-likse paaiemente outomaties elke maand van jou rekening afge-trek word. Hierdie praktyk is onwettig.

Wenke vir ‘n suksesvolle “cash loan”:• Kry ‘n afskrif van die geskrewe kontrak in ‘n taal wat jy ver-staan. Maak seker dat dit alle koste en fooie bevat.• Dit is belangrik dat jy ‘n afskrif van die kontrak behou.• Moenie blanko of oningevulde dokumente teken nie• Indien jy van plan verander het jy drie dae om die kontrak te kanselleer en die geld terug te gee• Moenie meer geld as wat jy nodig het nie• Moenie van een geld-lener leen om ‘n ander geld-lener te betaal nie• Jy is te alle tye geregtig op ‘n volledige staat wat alle koste, fooie, betalings asook die uit-staande balans aandui.

Wat om te doen as jy nie kan betaal nie:• Gaan na die geld-lener en verduidelik waarom jy nie die volgende paaiement kan betaal nie. Doen dit voordat die paaie-ment betaalbaar is• Die geld-lener wil jou geld hê, en daarom sal hy bereid wees om te onderhandel oor ‘n nuwe betaalplan wat jy kan bekostig• Werk saam met die geld-lener en besluit op die bedrag wat jy kan bekostig• Moet nooit ‘n betaling oorslaan sonder om dit met die geld-lener te bespreek nie. Kommunikasie is die sleutel. Indien jy ‘n betal-ing oorslaan sal jou finansier-ingskostes vermeerder en sal jy uiteindelik meer betaal.

Wat is die MFRC en hoe kan dit jou help?• Die MFRC is die Micro-Finance Regulatory Council en hul funksie is om verbuikers te beskerm teen onregmatige praktyke deur geld-leners• Dit is ‘n privaat liggaam wat deur die regering die magtiging gegee is om die mikro-lenings industrie te reguleer• Mikro-leners wat rentekoerse hoer as 22% per jaar vasstel word verplig om te registreer by MFRC. Indien hul nie geregist-reer is nie mag hul nie meer as 22% rente per jaar vasstel nie. Kyk altyd om vas te stel of jou geld-lener geregistreer is• Die MFRC doen gereelde ondersoeke om vas te stel of lede die nodige regulasies volg

Hoe werk geld-leners en hoe kan hulle jou in die moeilikheid kry:• Geld-leners maak geld deur rente en finansieringskoste wanneer hulle geld aan mense leen• Die persoon wat die geld leen onderneem, in terme van die ooreenkoms, om die geld wat geleen word sowel as ‘n addisionele bedrag wat

bereken word ten tyde van die ooreenkoms, terug te betaal aan die geld-lener of geldskieter. Hierdie addisionele bedrag verwys na die rente op die leningsbedrag sowel as die finansieringskostes.Neem kennis daarvan dat mikro-leners wat aan die MFRC behoort geweldig hoë rentekoerse mag vereis. Dit is daarom belangrik om rentekoerse te vergelyk voordat jy besluit om ‘n leningsooreenkoms aan te gaan.

‘n Voorbeeld van hoe rente werk:• Jy leen R1 000 van geld-lener X• Julle kom ooreen dat jy rente van 25% per maand gaan betaal• Julle kom ooreen dat jy maandeliks gaan betaal vir ‘n periode van 4 maande• Jy gaan dus R500 per maand betaal vir 4 maande: R250 ten opsigte van die lening en R250 vir rente, elke maand vir 4 maande• Total bedrag betaalbaar deur jou is dus R2 000

Let wel: In baie gevalle sal die persoon wat die geld leen die geld-lener dubbel soveel terugbetaal as wat hy geleen het. Slegs mikro-leners geregistreer by MFRC mag rentekoerse van 22% of meer per jaar vra.Indien jy versuim om ‘n paaiement te betaal (in bogenoemde voorbeeld R500), word hierdie bedrag na ‘n agterstallige rekening verskuif waar jy nog hoër rente daarop gaan betaal. Hoe langer jy agterstallig gaan wees, hoe meer geld gaan jy uiteindelik moet terugbetaal.

Page 10: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 10

DIE VERSTANDIGE VERBRUIKER

• Voorkom geld probleme.• Praat met jou skuldeisers.• Pasop vir kort padjies.• Praat met ‘n goeie prokureur.• Skuld administrasie is duur.•Maak seker dat jy weet wat van jou verwagword en wat die gevolge daarvan is.

BASIESE REËLS TEN OPSIGTE VAN SKULD

‘n Verbuiker is enigiemand wat goedere of dienste vanaf ‘n ander persoon, organisasie of besigheid koop. Die volgende is voorbeelde van verbruikers:• ‘n skoolkind wat lekkergoed by die skool snoepie koop• ‘n persoon wat kos of meubels by ‘n winkel koop• ‘n passasier wat ‘n taxi gebruik• ‘n persoon wat geld leen vanaf ‘n bank of geld-lener

Meeste verbruikers het beperkte fondse om te spandeer en ver-standige verbruikers spandeer hul geld versigtig. Dring daarop aan dat verkopers van goedere en dienste jou billik behandel en vergwis jou daarvan hoe om stappe te neem indien jy nie tevrede is met goedere of dien-ste gelewer nie. In Suid-Afrika is daar ‘n aantal wetgewing wat verbruikers teen geweten-lose en oneerlike verkopers van goedere en dienste beskerm. Beskerming word ook verleen in die geval waar ‘n verbuiker ‘n defektiewe item gekoop het waarvan die koper en verkoper onbewus was.

Verbruikers kan hulself be-skerm deur die volgende wenke te volg:• besluit of jy iets bloot wil hê en of jy dit werklik nodig het• besluit of jy dit kan bekostig• vergelyk pryse deur verskil-lende handelsname by verskeie winkels te oorweeg• vergelyk dieselfde produkte by verskillende winkels• verky inligting omtrent die produk. Byvoorbeeld, is daar ‘n waarborg ingesluit, hoe om die item te versorg en of die produk onderhoud en diens gaan beno-dig wat bydra tot verdere koste.• Stel vas of die verkoper betroubaar, eerlik en ‘n goeie reputasie het.• Vind uit of die verkoper defektiewe goedere sal omruil en indien nodig hy jou geld sal terugbetaal• Maak seker dat jy al die klousules in die kontrak verstaan wanneer jy op krediet koop voordat jy die kontrak teken• Dring altyd daarop aan dat jy afskrifte van alle dokumentasie kry• Dring aan daarop dat jy altyd ‘n kwitansie kry wanneer jy vir goedere betaal• Hou alle dokumentasie en kwitansies op ‘n veilige plek• Tree dadelik op indien dinge verkeerd gaan

KLAGTES TEEN GEREGI-STREERDE MIKRO-LENERSIndien jy ‘n slagoffer van on-regverdige praktyke deur mikro-leners was kan jy ‘n klagte prosedure as volg instel:• Skakel of skryf aan die MFRC• Verskaf die naam van die mikro-lener of die naam van die maatskappy waaronder hy be-

sigheid doen, die besonderhede van die kontrak wat jy gesluit het, jou identiteitsnommer sowel as alle kwitansies van betalings deur jou gemaak, aan die MFRC• Vra die MFRC vir jou verwys-ingsnommer wanneer jy ‘n klagte indien, om sodoende te skakel en op te volg rakende vordering in jou saak.• Jou klagte sal dan aangestuur word na die klagte personeel wie die aard van jou problem sal bepaal.• Jy sal deur die MFRC gekon-tak word om vas te stel of jy enige stappe geneem het om die problem self op te los. Indien jou pogings ongeslaagd was sal die MFRC jou bystaan om die problem op te los. Indien daar egter nie voldoende gronde vir ‘n saak is nie, sal die MFRC jou in kennis stel.• Indien die MFRC bevind dat die mikro-lener se handelinge onregmatig of onwettig is, kan hul vir die mikro-lener ‘n geskrewe waarskuwing gee asook ‘n boete oplê van tot R25 000 en/of die mikro-lener se registrasie by die MFRC kansel-leer.

Die kontakbesonderhede van die MFRC is as volg:Micro Finance Regulatory CouncilPosbus 2694Houghton2041Telefoonnommer: 011 647 4400 of 1/2/3/4/5Tolvry nommer: 080 100 406

FEITESTELNadat Sarah se kind betrokke was in ‘n motor ongeluk het sy dringend geld nodig gehad vir mediese onkoste. Sy leen toe R300 van ‘n plaaslike mikro-lener. Daar is ooreengekom dat sy haar lening, met rente ingelsuit, binne een maand sal terugbetaal. Die balans sou dan R390 wees. Die mikro-lener het afskrifte gemaak van haar identiteitsdokument, betaal-strokie en bankstaat. Alhoewel sy ‘n leningsooreenkoms geteken het, het sy nie ‘n afskrif daarvan ontvang nie. Sarah het die mikro-lener binne een maand afbetaal.Twee maande later kom Sarah se pa tot sterwe en sy besluit om weer na dieselfde mikro-lener te gaan om geld vir die begrafnis te leen, net totdat haar pa se boedel gefinaliseer word. Hierdie keer het Sarah ‘n mondelingse ooreenkoms aangegaan waarin sy R500 sou leen. Sy het dus geen dokument onderteken nie en daar is mon-delings vasgestel wat die rente sou wees asook dat sy die lening sou terugbetaal sodra sy haar erfgeld ontvang.

Sarah vertel:‘n Paar maande later het ek die erfgeld vanaf my pa se boedel

ontvang, en ‘n paar dae nadat dit in my bankrekening inbetaal is het die mikro-lener begin om groot bedrae geld uit my reken-ing to onttrek. Ek het die mikro-lener gaan konfronteer aange-sien hy drie maal die bedrag wat ek by hom geleen het uit my rekening onttrek het. Hy het aan my gesê dat die aftrekkings ten opsigte van die rente foutief was en my ‘n nuwe leenoreenkoms laat teken. Hy het my R700 ter-ugbetaal. ‘n R1000 is egter die volgende maande, sowel as ‘n paar maande daarna, vanuit my rekening onttrek. Elke keer wat ek hom daaroor gaan konfron-teer, het hy my ‘n nuwe leenoo-reenkoms laat teken en ‘n deel van die gelde wat hy die vorige maande vanuit my rekening onttrek het aan my terugbetaal. In ‘n bestek van ‘n jaar het hy R4000 onttrek vanuit my reken-ing en ek het nie ‘n sent oor van my erfgeld nie. Sarah moes intussen ‘n prokureur aanstel om te probeer om haar geld terug te kry. Sarah is in ‘n moeilike situasie omrede sy ‘n aantal ooreenkomste geteken het sonder om dit te lees. Die eesrte kontrak wat Sarah geteken het om R300 te leen het ‘n klousule bevat wat dit vir die mikro-lener moontlik maak om ged vanuit haar bankrekening te onttrek. Die feit dat Sarah nie kan onthou wat sy als geteken het nie asook geen afskrifte van dokumentasie het nie maak dit baie moeilik vir die prokureur om haar te help. Die mikro-lener aan die ander kant het afskrifte van dokumente wat bewys dat Sarah verskeie bedrae geld by hom geleen het en dat sy hom toestemming om toegang tot haar bankrekening gegee het.

Aangebied deur die Regshul-praad.VERBRUIKERS WAT GOEDERE KOOP KAN

HULSELF BESKERM DEUR DIE VOLGENDE WENKE TE VOLG:• besluit of jy iets bloot wil hê en of jy dit werklik nodig het• besluit of jy dit kan bekostig• vergelyk pryse deur verskillende handelsname by verskeie winkels te oorweeg• vergelyk dieselfde produkte by verskillende winkels• verky inligting omtrent die produk. Byvoorbeeld, is daar ‘n waarborg ingelsuit, hoe om die item te versorg en of die produk onderhoud en diens gaan benodig wat bydra tot verdere koste.• Stel vas of die verkoper betroubaar, eerlik en ‘n goeie repu-tasie het.• Vind uit of die verkoper defektiewe goedere sal omruil en indien nodig hy jou geld sal terugbetaal• Maak seker dat jy al die klousules in die kontrak verstaan wanneer jy op krediet koop voordat jy die kontrak teken• Dring altyd daarop aan dat jy afskrifte van alle dokumentasie kry• Dring aan daarop dat jy altyd ‘n kwitansie kry wanneer jy vir goedere betaal• Hou alle dokumentasie en kwitansies in ‘n veilige plek• Tree dadelik op indien dinge verkeerd gaan

Page 11: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 11GMSOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER

M A A R T 2 0 0 9SEKSIE : VROU

Huishoudelike geweld – wat jy moet weet

HUISHOUDELIKE GEWELD – WAT JY MOET WEET

WAT IS MY REGTE AS EK HIV – POSITIEF IS?

INTESTATE ERFLATINGWat gebeur met jou eiendom wanneer jy sterf?

NOODNOMMERSNATIONALE VIGS HULPLYN0800 012 322

LIFE LINE SUID AFRIKA24 uur krisissentrum. Gratis, konfidensiële telefoon berading, verkragting berading, trauma berading, VIGS berading asook ‘n wye reeks ander dienste.Nie-winsgewende organisasieLife Line Johannesburg0861 322 322

KINDERLYN SUID AFRIKATolvry: 0800 55555Tolvry telefoonnommer en behande-ling sentrum bied gratis berading per telefoon of in persoon aan vir

kinders en die jeug rakende fisiese, seksuele of emosionele mishande-ling, asook aan volwassenes wie as kinders seksueel mishandel is. Die telefoon word 24 uur per dag 7 dae per week beman.

SA NASIONALE RAAD VIR KINDERWELSYNDie gekoörineerde raad vir 177 ge-affilieërde kinderwelsyn verenig-ings, organisasies en gemeenskap uitreik projekteNasionaal: (011) 339 5741

KINDERS IN KRISISKinderlyn Suid AfrikaBystand deur opgeleide beraders

vir mishandelde kinders, jong mense en hul families. Nie-winsgewende organisasie.24 uur tolvry hulplyn: 0800 055 555

STOP GEWELD TEEN VROUEKrisis berading vir vroue wie verkrag of mishandel is, advies vir mense wie vroue wil ondersteun wat hulp benodig, regs- en ander opsies beskikbaar vir vroue en verkragting slagoffers. Bestuur deur Life LineTolvry hulplyn: 0800 150 150

VROUE IN KRISISSEPEOPLE OPPOSED TO WOMAN ABUSE (POWA)

‘n Gauteng gebaseerde organisasie wat skuiling en beradingsdienste bied aan vroue wie mishandel word, verkrag was ens.Hulplyn:: (011) 642 4345

FAMILIE EN HUWELIKEFamilie en Huweliks Organisasie van SA (Famsa)Famsa help families deur stresvolle situasies: bied berading en opvoed-ing aan om verhoudings binne die huwelik of familie te versterk. By-stand word gebied met egskeidings, mediasie, gesinsgeweld, trauma, be-rading ens. Famsa het 27 kantore in Suid Afrika

Nasionale kantoor: (011) 975 7106/7

POLISIE KINDERBESKERMING-SEENHEDESpesialis polisie eenhede wat geweldsmisdrywe teenoor kinders ondersoek en spesialis dienste aan kinderslagoffers bied. Daar is 45 sulke eenhede in die land.012 320 3625082 809 2112VERKRAGTING KRISISObservatory (021) 447 1467Beradings hulplyn: (021) 447 9762

Huishoudelike geweld is ’n onaangename feit van die lewe in

Suid-Afrika. Dit kom in alle groeperings in die samelewing voor ongeag ouderdom, ras, geslag, godsdiens of ekonomiese status. Dit tas sommige van die fundamentele menseregte van die slagoffer aan. Huishoudelike geweld kan slegs voorkom word as ons die bestaan daarvan erken en ons daarteen uitspreek.

Die wet bied ’n mate van verligting aan slagoffers van mishandeling. Hier volg ’n kort samevatting van die maniere waarop slagoffers van die beskikbare wetgewing gebruik kan maak.

GEWELD NEEM VERSKEIE VORME AANDit kan die volgende insluit:• Fisieke mishandeling wat enige daad of dreigement van fisieke geweld insluit.• Seksuele mishandeling – sluit verkragting in wat binne ’n huwelik kan voorkom. Vorme van seksuele mishandeling wat tans na vore kom, is die weiering van ’n metgesel om ’n kondoom te gebruik, of die weiering om sy of haar HIV-status bekend te maak, veral in die geval van hoërisiko-persone.• Emosionele, verbale en sielkundige mishandeling – ’n patroon van neerhalende of vernederende gedrag wat herhaalde vernederende opmerkings, dreigemente en /

of die vertoon van obsessiewe jaloesie insluit.• Ekonomiese mishandeling – die onredelike weerhouding van finansiële bronne of die onredelike gebruik van sodanige bronne.• Intimidasie• Teistering – om iemand dop te hou of om buite die plek waar die persoon werk, studeer of woon rond te hang, ongewenste foonoproepe, eposboodskappe, fakse, sms’e, posstukke, ens.• Agtervolging/ dophouery• Skade aan eiendom• Betreding van eiendom sonder jou toestemming• Enige ander beheersugtige of mishandelende gedrag

As jy die slagoffer van mishandeling in ’n verhouding is, moet jy ’n krisisplan hê wat jou in staat sal stel om uit ’n geweldsituasie te kom:• Sorg dat jy ’n lys noodnommers het wat jy kan skakel• Reël dat daar ’n veilige plek is waarheen jy kan gaan of waarvandaan jy om hulp kan bel• As jy kinders het, moet jy hulle ten alle tye saamneem wanneer jy besluit om die gedeelde huis te verlaat• Hou ’n gepakte tas gereed vir jou en die kinders.• Maak seker dat jy altyd jou identiteitsdokumente, bankkaarte, mediese hulpkaart en sleutels op ’n veilige, maklik bereikbare plek hou.

HOE OM DIE REGSTELSEL TE

GEBRUIK’n Aanklag kan teen die mishandelaar ingedien word. Behalwe vir ’n aanklag, maak die Wet op huishoudelike geweld van 1988 voorsiening vir ’n bekostigbare regsmiddel vir slagoffers van mishandeling. Jy kan aansoek doen om ’n Beskermingsbevel teen enige van die volgende persone:(a) Iemand met wie jy getroud is of was.(b) Jou ouers of voogde(c) Enige gesinslede insluitende jou kinders.(d) Die moeder of vader van jou kinders.(e) Jou meisie of kêrel.(f) Enigiemand met wie jy saamwoon of saamgewoon het, selfs al is jy nie met die persoon getroud nie.(g) Jou metgesel van dieselfde geslag.

Aanvanklik word ’n voorlopige Beskermingsbevel aan die klaer toegestaan. Die hof sal ’n datum vasstel waarop beide partye in die hof moet verskyn. Die hof sal op dié datum albei partye aanhoor en besluit of a finale Beskermingsbevel toegestaan moet word. ’n Beskermingsbevel verskaf ’n uiteensetting van die gedrag waarvan die mishandelaar hom of haar moet weerhou. Sodra die klaer in besit van ’n beskermingsbevel is en dit aan die mishandelaar beteken is, word ’n lasbrief uitgereik en deur die klaer in sy of haar besit

gehou. Sou die mishandelaar dan die bepalings van die Beskermingsbevel verbreek, of dreig om dit te doen, kan die klaer die lasbrief aan die polisie oorhandig. Die polisie kan dan die mishandelaar arresteer, aanhou en voor die hof laat verskyn. ’n Beskermingsbevel kan enige tyd verkry word.

Die Regshulpraad prokureurs is nie “staats-“ prokureurs nie. Die Regshulpraad is ‘n onafhanklike organisasie en vorm nie deel van die Departement van Justisie of enige ander regerings departement nie. Regshulpraad prokureurs tree altyd in die beste belang van hul kliënte op binne die grense van die reg en met integriteit. Hulle sal nie namens ander leuens vertel nie, maar die beste moontlike regsargumente voorlê om te verseker dat hul kliênte regverdig verhoor word. Daar is verskeie gevalle waar, deur die optrede van die Regshulpraad, hul verseker het dat mense regverdige behandeling verkry. Die rede daarvoor is dat hulle die reg ken, hulle elke dag met insethouers handel en dat hulle weet wat die beste handelinge is. Dit is in die belang van iemand wie beskuldig word van ‘n misdryf en wie geen kennis van die regspleging het nie om ‘n Regshulpraad prokureur te bekom.

Page 12: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 12

1. 2.

4. 5.

7. 8.

Kinders se regte … & hul verantwoordelikhedeKinders het die reg om ernstig opgeneem te word…

Kinders het die reg tot kwaliteit mediese sorg…

Kinders het die reg tot goeie onderrig…

Kinders het die reg tot spesiale sorg vir spesiale behoeftes…

Kinders het die reg om trots te wees op hul herkoms en oor-tuigings…

Kinders het die reg om liefgehê en beskerm te word…

… en die verantwoordelikheid om na ander te luister

… en die verantwoordelikheid om na hulself om te sien.

…en die verantwoordelikheid om te leer en hul onderwysers

te respekteer.

Page 13: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 13

Kinders se regte … & hul verantwoordelikhede

3.

6.

9. Kinders het die reg op goeie voeding …

Kinders het die reg om foute te maak….

Kinders het die reg om liefgehê en beskerm te word…

Kinders het die reg tot ‘n veilige en gemaklike tuiste …

… en die verantwoordelikheid om die beste mense te wees

wie hulle kan.

… en die verantwoordelikheid om ander se oorsprong en oortuigings

te respekteer. … en die verantwoordelikheid om nie kos te mors nie.

… en die verantwoordelikheid om uit hul foute te leer.

… en die verantwoordelikheid om aan ander liefde en sorg

te wys.

Met dank aan Molo Songololo en die verantwoordelikheid om

dit skoon en netjies te hou.

Page 14: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 14

Ons het gisteraand ons eerste argument gehad, en hy het ‘n klomp nare dinge gesê wat my

seergemaak het. Ek weet dat hy jammer is en spyt gekry het oor die dinge wat hy gesê het, omrede

hy vandag vir my blomme gestuur het.

Ek het blomme vandag gekry. Dit was nie ons herdenking of enige spesiale geleentheid nie.

Gisteraand het hy my teen die muur gegooi en my begin wurg. Dit het soos ‘n nagmerrie gevoel,

dit was so onwerklik. Ek het vanoggend seer en oral oor gekneus wakker geword. Ek weet hy voel

jammer daaroor, want hy het vir my blomme gegee.

Ek het blomme vandag gekry, en dit was nie moedersdag of enige ande spesiale dag nie.

Gisteraand het hy my weer aangerand, en dit was erger as al die vorige kere. As ek hom los, wat

sal van my word? Hoe sal ek vir my kinders sorg? Hoe sal ek geld verdien? Eks bang vir hom en

skrikkerig om hom te los. Maar ek dink hy is jammer want ek het blomme vandag gekry.

Ek het blomme vandag gekry. Vandag was ‘n spesiale dag. Dit was die dag van my begrafnis.

Gisteraand het hy my doodgemaak. Hy het my doodgeslaan. As ek maar net genoeg moed gehad

het om hom te los, het ek nie vandag blomme gekry nie.

Huishoudelike geweld

Daar is vier vorme van geweld:• Fisieke mishandeling wat enige daad of dreigement van fisieke geweld insluit, byvoorbeeld om met die plat hand te slaan, met die vuis te slaan, te skop, wurg, hare te trek, die persoon te knyp of dreig met wapens.• Seksuele mishandeling – sluit in seks afgeforseer deur geweld, seks na die afloop van geweld, of die gebruik van voorwerpe of skadelike handelinge sonder die persoon se toestemming.• Emosionele en sielkundige mis-handeling – sluit in breinspoeling, en beheer oor die persoon se bewegings-vryheid.• Skade aan eiendom of tro-eteldiere

Wat veroorsaak geweld?Die oorsaak is selde sielkundig of selfs die gebruik van alko-hol. Alkohol en ander gemiese middele word soms geassosieër met geweldadige gedrag, maar die gebruik daarvan word gereken as bydraende faktore.

Die problem van geweld word egter nie veroorsaak deur die gebruik van alkohol en ander gemiese middele nie. Geweld is ‘n aangeleerde reaksie op stress, frustrasie en woede. In ‘n wyer konteks is dit die gevolg van oneweredige mag tussen mans en vroue.Mite: Dit is aanvaarbaar om ‘n geliefde te slaan vir hul eie beswilWaarheid: Geweld word aangeleer, en dit word oorge-dra van generasie tot genera-sie. Karaktertrekke van mense wie geweldadig optreeMeeste is gedurende hul kinder-jare mishandel of afgeskeep, of het geweld gesien in hul huise terwyl hul grootgeword het. Ongeveer 70% van alle geweldsplegers is self mishan-del as kinders, of het gereelde vorme van geweld in hul huise ervaar. Die geweld word deur hulle afgespeel of ontken; hulle projekteer die geweld na die

slagoffer; dit is pynlik wanneer hulle besef wat hulle gedoen het. Mense wie ander mishandel gebruik woede om “moeilike” emosies soos berou, frustrasie, seer uit te druk. Gewoonlik kan hul slegs emosies van geluk of woede ervaar, maar niks tussenin nie. Alles is of wonderlik of daar is ‘n geweldadige ontploffing. Mense wie ander mishandel blyk geheel en al afhanklik van die slagoffer te wees – hulle sien hul maat as die enigste persoon met wie hulle iets in gemeen het, wie hulle verstaan ens. ongeag hoeveel hulle werklik met hul maat deel. Hulle het ‘n gewel-dige vrees dat hul verhouding tot niet sal gaan en sal tot enige stappe gaan (selfs moord) om dit te beskerm.Mense wie ander mishandel koester oordrewige jaloesie ten opsigte van verhoudings wat hul maat met enigiemand anders het, bv vriende, familie, mede-werkers. Hul mag selfs gereeld hul bedrywighede monitor. Dié jaloesie neem gewoonlik ge-durende die verhouding toe, sonder enige rede.

Mense wie ander mishandel ervaar hulself gewoonlik as magteloos in die wêreld of ten opsigte van hulself, ongeag hul sukses of status. Hulle personifi-seer gewoonlik alles in hul lewens (die goeie en slegte) as die oorsaak daarvan, bv “as sy my nie irriteer nie, was dit nie nodig vir my om haar te slaan nie:.Hulle is gewoonlik impulsief – trek gereeld rond, verander van werk, vriende.

Mense wie ander mishandel het ‘n behoefte om in beheer te wees; hulle definieer dit as om in beheer te wees van ander –

maar nie in beheer van hulself nie. Die element van beheer neem gewoonlik toe in die verhouding (“aangesien hierdie die enigste persoon vir my is, moet ek seker maak sy verlaat my nie”). Hulle sien hulself as emosioneel geìsoleerd, veral ten opsigte van ander mense. Hulle het geen werklike vriende nie.

Mense wie mishandel het ‘n tradisionele, onbeweeglike sien-ing van die wêreld; bv mans en vroue het hulle “plekke”. Hulle het ook geen vaardigheid ten opsigte van hoe om stress te hanteer nie, behalwe om ander aan te rand. Deur ingryping en berading kan hulle egter ver-antwoordelikheid vir hul gedrag aanvaar en ook aanleer hoe om hul gedrag te verander. Hul gedrag om te mishandel is aangeleer en kan daarom afge-leer word en vervang word met meer aanvaarde gedrag. Hul het ‘n keuse. Die slagoffer kan nie die persoon wie mishandel se gedrag verander nie en moenie in die slaggaat val deur om die mishandeling af te maak as ‘n kleinigheid nie.

Die oorsprong van mishandeling en die problemMishandeling het ‘n kulturele, sosiale, ekonomiese en psigolo-giese oorsprongDie oneweredige magsverhoud-ing tussen mans en vroue dra by tot die problem.Dit gebeur gereeld dat gesins-geweld homself herhaal – mis-handelde kinders, of kinders wat in huise grootgeword het waar gesinsgeweld was, word mense wie ander mishandelAlgemene sosio-ekonomiese omstandighede soos die hoë werkloosheidsyfer het ‘n impak op gesinsgeweld

Daar is min opleiding om vir mense te help om aan hul emo-sies aandag te gee, veral woede

Die persoon wie mishandel wordOngeag wat die rede of oorsaak is, niemand verdien om mishandel of aangerand te word nie; niemand hou daarvan nie en niemand vra daarvoor nie• Word gereeld gekonfronteer met teenstrydige emosies soos liefde en haat• Leef gereeld ‘n lewe van totale isolasieHet geleer om ondergeskik en magteloos te voel• Voel vasgevang omrede hy/sy ekonomies afhanklik is van die maat wie hul mishandel• Voel bang om die polisie te ontbied of om weg te loop, om-rede hul bang is vir vergelding deur hul maat, familie of vriende• Benodig hulp of inligting rak-ende alternatiewe opsies, sodat hulle hul eie besluite en opsies kan oorweeg• Was self ‘n mishandelde kind of iemand wie mishandeling gesien gebeur het• Voel skaam oor dit wat gebeur omdat hulle voel dit reflekteer op hul vermoeë as rolmodel in die gemeenskap

Die KindersIs soms ook die slagoffers van geweldMag ernstige emosionele trauma ervaar as gevolg daarvan dat hulle hul ma sien seerkryLoop die risiko om in dieselfde situasie op te eindig

Aangebied deur die Regshulpraad

Page 15: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 15

DIE EFFEK VAN GESINSGEWELD“Baie kinders wie hulself in huishoudings bevind waar gesinsgeweld voorkom het probleme op skool, soos konsentrasie probleme, swak akademiese prestasie, hul vind dit moelik om met kinders van hul eie ouderdom to interak asook groter afwesigheid vanaf skool. Seuns wat blootgestel word aan gesinsgeweld is ook meer geneig om hul vroulike metgeselle as volwasennes aan te rand.”

Gevoelens van angs, vrees, woede, smart,

skaamte, wanhoop, wantroue, ‘n gevoel van magteloosheid; fisiese reaksies soos maagkrampe, hoofpyn, slaap en eet- probleme, gereelde siekte wat ontwikkelingsvermoë beînvloed, swak skool prestasie, lae selfbeeld, moeilik om met sy portuurgroep te sosialiseer; misbruik van middele; gomsnuif; gedragsprobleme soos om van die huis weg

“Dit gebeur soms dat pa al die deure sluit en die telefoon wegsteek, sodat ons nie kan uitkom of met iemand kan praat nie”DIE EFFEK VAN KINDERS WIE GESINSGEWELD SIEN GEBEUR

080 005 5555CHILDLINE TOLL FREE

In huishoudings waar gesinsgeweld voorkom, staar kinders ook die gevaar om

aangerand te word. Ongeag of kinders self aangerand word, is die emosionele gevolge om gesinsgeweld te sien gebeur baie dieselfde as die psigologiese gevolge daarvan om self die slagoffer daarvan te wees. Elke jaar is daar ‘n geskatte minimum van 3.3 miljoen kinders wie gesinsgeweld sien plaasvind. Kinders in huishoudings waar gesinsgeweld voorkom word fisies mishandel of ernstig afgeskeep teen 1500% hoër as die nasionale gemiddeld vir die algemene bevolking. Navorsing toon dat aanranding die enkel mees gemene faktor onder ma’s van mishandelde kinders is. ‘n Studie van meer as 900 kinders by mishandelde vroue sentrums het bevind dat amper 70% van kinders self slagoffers van fisiese geweld of afskeping was. Amper helfte van die kinders is fisies of seksueel aangerand. Vyf persent was gehospitaliseer weens die mishandeling. Slegs 20% is egter geìdentifiseer deur Kinder Beskermings Dienste voordat hul na die sentrum gebring is. Dieselfde studie het bevind dat kinders meer gereeld deur die manlike mishandelaar mishandel word , en slegs in ‘n paar gevalle was dit die ma alleen. Lenore Walker se studie in 1984 het bevind dat ma’s 8 keer meer daartoe geneig is om hul kinders te mishandel indien hulle self mishandel word. Alhoewel kindermishandeling en

die afskeep van kinders ‘n sterk band het met gesinsgeweld, het kinderbeskermings organisasies min aandag aan die sameloop daarvan gegee. Kinders in huise waar gesinsgeweld voorkom mag “indirek” beserings opdoen. Hulle mag beseer word as huishoudelike items gegooi of wapens gebruik word. Babas mag beseer word indien hul

deur hul ma vasgehou word terwyl die ma aangerand word. Ouer kinders mag beseer word terwyl hul probeer om hul ma te beskerm. Kinders uit geweldadige huishoudings is meer geneig tot alkohol of dwelm misbruik asook jeugdige misdadigheid. Ongeveer 90% van kinders is bewus van die geweld gerig op hul

ma’s. Kinders is teenworrdig in 41-55% van huishoudings waar die polisie tussenbeide moet tree ten opsigte van gesinsgeweld klagtes. Die oorweldig meerderheid mishandelde vroue wie in sentrums gehuisves word neem hul kinders saam. In een studie is bevind dat 72% van die vroue hul kinders na die sentrum neem;

21% het drie of meer kinders gehad. Kinders in huise waar gesinsgeweld voorkom mag probleme ondervind ten opsigte van waarnemingsvermoë, taalgebruik, ontwikkeling, stress-verwante fisiese ongesteldheid (soos kopsere, maagsere en veluitslag) en gehoor en spraak probleme. Baie kinders wat hulself in huishoudings bevind waar gesinsgeweld voorkom het probleme op skool, soos konsentrasie probleme, swak akademiese prestasie, hul vind dit moelik om met maats van hul eie ouderdom to interak asook groter afwesigheid vanaf skool. Seuns wat blootgestel word aan gesinsgeweld is ook meer geneig om hul vroulike metgeselle as volwasennes aan te rand. Geen bewyse dui daarop dat meisies wie hul ma’s se aanranding waargeneem het meer geneig is om as volwassenes ook aangerand te word nie. Van die emosionele gevolge van gesinsgeweld op kinders sluit in: dat hul verantwoordelikheid daarvoor aanvaar; voortdurende angs dat daar nog ‘n aanranding gaan wees; stresverwante siektes; ‘n skuldgevoel dat hul nie die mishandeling kan stop nie of omrede hul die persoon wie mishandel liefhet; vrees vir verlating; sosiale isolasie; vind dit moeilik om met kinders van hul eie ouderdom en volwassenes te interak; lae selfrespek.

te hardloop; aggresiewe taalgebruik en houding; die aanleer van die idee dat geweld ‘n regmatige wyse is vir die verkry van beheer oor ‘n situasie of vir konflik resolusie.Mishandeling kan jou op ‘n verskeidenheid maniere beînvloed, soos om nie behoorlik te kan slaap nie, naarheid of hoofpyne, om alkohol of dwelms te misbruik, angsheid en depressie, nie opdaag vir klasse nie, afwesig van skool of werk,

swakker punte op skool of universiteit, heeltyd te probeer doen wat hulle self wil, nie met ouers of familie te kommunikeer nie, of om vir hulle te jok omrede hul jou dalk kan blameer of verhinder om uit te gaan, gevoel dat jy mense nie kan vertrou nie, en nie weet wat belangrik is nie, jou eie opinies en gevoelens nie te deel met vriende en familie; minder selfversekering; voel alleen en bang om vir iemand te vertel wat gebeur.

Page 16: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 16

WAT IS MY REGTE AS EK HIV – POSITIEF IS?Mense wat MIV-positief is, is in

die verlede dikwels onder die indruk geplaas dat hulle nie op

enige regte kan aanspraak maak nie. Volgens die wet is elkeen wat MIV-positief is op dieselfde dienste en regte geregtig as enigiemang anders. Dus mag niemand weier om aan jou ’n diens te lewer omdat jy MIV-positief is nie.

Sommige MIV-verwante dienste waar-voor jy by staatsklinieke en -hospitale kan vra is:• Vrywillige voorligting en toetsing (VVT). Dit is die Staat se beleid om vrywillige MIV-voorligting en toetsing te verskaf aan diegene wat dit wil hê. Voorligting moet voor en na ’n MIV-toets verskaf word.• Ondersteuningsnetwerke en –dienste Indien jou MIV-toets positief is, moet jou raadgewer, verpleër of dokter aan jou voorligting verskaf of jou verwys naander instellings wat jou kan ondersteun. Die voorligting moet inligting oor algemene gesondheid sowel as behandeling en raadgewing insluit.• Voorkoming van moeder-na-kind oordrag (VMNKO) Indien jy ’n swanger vrou is, is jy geregtig op ’n gratis MIV-toets by enige openbare hospitaal of kliniek. Jou man of metgesel is ook op ’n gratis toets geregtig. Indien die uitslag positief is, moet ’n middel wat bekend staan as Nevirapien vir jou en jou baba aangebied word. Jy moet ook voorligting ontvang oor veiliger mani-ere om jou baba te voed, omdat MIV deur die moeder se melk na die baba oorgedra kan word. As jy besluit om jou baba met ’n melkformule te voed, is jy ’n jaar lank geregtig op ’n gratis voorraad melkformule.• Behandeling van opportunistiese infeksies. Mense wat MIV-positief is, is meer vatbaar vir ander siektes. Dié siektes word opportunistiese infeksies genoem. Indien jy MIV-positief is, is jy geregtig op behandeling in openbare hospitale en klinieke teen opportunistiese infeksies soos tuberkulose, longontsteking, mond en vaginale sproei (‘thrush’), gordelroos (‘shingles’ of ‘ibhanti’), toksoplasmose en kriptokokale meningitis. Jy is ook geregtig om mediese sorg vir dié siektes by open-bare hospitale en klinieke te ontvang.• HospitaalsorgIndien jy MIV-positief is, het jy die reg om in ’n hospitaal opgeneem te word as jy siek is. As jy baie siek is, het jy ook die reg om met ’n ambulans na ’n hospital vervoer te word. Ambulansbestuurders en paramedici mag nie weier om jou hos-pitaal toe te neem omdat hulle dink dat daar niks vir jou gedoen kan word nie. In die hospitaal is jy geregtig daarop om deur ’n dokter gediagnoseer te word en

teen opportunistiese infeksies behandel te word.• Versorging deur die gemeenskapDaar is ’n aantal tuissorg-instellings wat deur die staat befonds word. As jy MIV/VIGS het en baie siek word, is jy geregtig op die dienste van ’n tuissorg-instelling in jou gemeenskap. Indien jy terminaal siek is en jou gesin kan jou nie meer versorg nie, kan jy op ’n waardige manier versorg word by ’n hospies. Hos-piese is instellings wat deur die regering gestig is en met hospitale saamwerk.•Antiretrovirale middelsDaar is tans geen geneesmiddel vir MIV/ VIGS nie. As jy MIV-positeif is, kan jy wel antiretrovirale middels (ARVMs) neem om te voorkom dat die MIV vermeerder en om jou liggaam te help om ander siektes te beveg. Antiretrovirale middels kan ook geneem word om te voorkom dat sekere mense MIV opdoen indien daar ’n risiko is, soos in die geval van iemand wat verkrag is of ’n baba wie se moeder MIV-positief is. Indien jy MIV-positef is en jy is verkrag, is jy daarop geregtig om ’n maand lank ARVMs van ’n openbare hospitaal te ontvang. As die verkragter MIV-positief is en die slagoffer is nie, sal die medisyne voorkom dat die MIV aktief word in die liggaam van die slagoffer. Om effektief te wees, moet die ARVMs binne 24 uur ná die verkragting geneem word. • Voorkomende dienste: kondomeEnige persoon wat seksueel aktief is, is geregtig op gratis kondome by staats-gesondheidsklinieke. Indien dit reg gebruik word, kan kondome onbeplande swangerskap en die verspreiding van seksueel oordraagbare infeksies soos gonorree, sifilis en MIV voorkom.

LET WELIndien enige van hierdie regte van jou weerhou word, kan jy die Treatment Ac-tion Campaign (TAC) om hulp nader. Die TAC werk in verskeie gemeenskappe om te verseker dat mense met MIV/VIGS die behandeling vir MIV sowel as hulle regte verstaan, sodat hulle weet wat om te sê as klinieke of hospitale hulle nie wil help nie of as hulle swak behandeling ontvang. As jy positief getoets word vir MIV, moet jy by jou naaste kliniek of hospitaal vra oor die beskikbaarheid en gebruik van ARVMs.

WAT IS MY REGTE TEN OPSIGTE VAN GESONDHEIDSDIENSTE?Handves van pasiënteregteElke pasiënt is geregtig op die volgende:1. ’n Gesonde en veilige omgewing2. Deelname aan besluitneming3. Gesondheidsdienste4. Inligting oor gesondheidsversekering of siekefondse5. Vrye keuse ten opsigte van gesond-heidsdienste6. Behandeling deur ’n verskaffer van

gesondheidsdienste wie se naam die pasiënt ken7. Vertroulikheid en privaatheid8. Om toestemming tot behandeling te kan gee en om oor behandeling ingelig te word9. Om behandeling te kan weier10. ’n Tweede opinie11. Voortgesette behandeling

Toegang tot gesondheidsdienste (punt 3 hierbo) sluit in:• Tydige toegang tot nooddienste by enige gesondheidsorg-instelling ongeag of ’n mens daarvoor kan betaal.• Noukeurige uiteensetting van die gevolge van die behandeling en rehabili-tasie wat die pasiënt sal ondergaan.• Voorsiening in die besondere behoeftes van pas gebore babas, kinders, swanger vroue, bejaardes, persone met gebreke, pasiënte wat in pyn verkeer, en mense wat MIV-positief is of VIGS het.• Berading sonder diskriminasie, dwang of geweld oor sake soos voortplantings-gesondheid, kanker of MIV/VIGS.• Mediese sorg wat verligting verskaf in die geval van ongeneeslike of terminale siekte.• ’n Positiewe houding by gesondheid-swerkers wat spreek van hoflikheid, menswaardigheid, geduld, empatie en verdraagsaamheid.• Inligting oor gesondheid wat die beskik-baarheid van gesondheidsdienste en hoe om dit optimaal te gebruik, insluit. Die inligting moet verskaf word in ’n taal wat die pasiënt verstaan.

Die pasiënt se verantwoordelikhede. Elke pasiënt of kliënt het die volgende verantwoordelikhede:1. Om na sy of haar eie gesondheid om te sien. 2. Om vir die omgewing om te gee en dit te beskerm.3. Om die regte van ander pasiënte, gesondheidswerkers en die verskaffers van gesondheidsdienste te respekteer.4. Om die gesondheidsdienste optimal te benut en dit nie te misbruik nie.5. Om ingelig te wees ten opsige van die plaaslike gesonheidsdienste en te weet watter soort sorg dié dienste bied.6. Om aan gesondheidswerkers relevante en akurate inligting te verskaf met die oog op diagnose, behandeling, rehabili-tasie en voorligting.7. Om gesondheidswerkers in te lig oor enige wense ten opsigte van sterf-tereëlings.8. Om die aanwysings vir die voorgeskrewe behandeling en/of reha-bilitasie te volg.

9. Om navraag te doen oor die koste van die behandeling en/of rehabilitasie en die betaling daarvan te reël.10. Om gesondheidsrekords in sy of haar besit veilig te bewaar.

SAAMGESTEL DEUR DIE OPENBARE DIENSTE VERANTWOORDELIKHEIDS MONITOR

GRAHAMSTAD • TEL: 046 603 8878

Wêreld Vigs veldtogDie Wêreld Vigs Veldtog (WVV) doen vanaf 2005 tot 2010 ‘n beroep op individue en groupe om die tema “Stop VIGS. Hou die belofte” geoogmerk teenoor regerings en beleidsvormers te ondersteun. Die bedoeling daaragter is om ‘n internasionale veldtog op die been te bring om sodoende ons leiers aanspreeklikl te hou ten opsigte van beloftes deur hulle gemaak. Om hierdie ambisiuese taak te vermag verg meer ondersteuning en reaksie as wat mense wat besmet is met HIV en VIGS kan genereer op hul eie. Wat nodig is is om mense betrokke te kry, of hulle individiue, groepe, deel is van ‘n vakbond, kerk-groep of self ‘n jongmens wat ‘n beter toekoms wil hê. Almal kan betrokke raak hesty by wyse van ‘n belofte om die veldtog te steun of om aktief die veldtog te bemark onder vriende en familie.

Grocott’s Mail bedank graag vir Die Wêreld Vigs Veldtog vir die gebruik van hul plakkate. Vir dié wat meer inligting oor die veldtog wil hê, gaan besoek gerus www.worldaidscampaign.org of e-pos [email protected].

AIDS HELP LINE 083 463 5389 • 080 001 2322

Page 17: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 17

Wat gebeur met jou eiendom wanneer jy sterf?INTESTATE ERFLATING

LINDEKASIMPHIWE

SIPHO LIME

SIBONGILEKHAYA KHONA

THABO

HAROLD MAUDE

PETER PAUL MILLY

Grocott’s Mail bedank graag vir Die Wêreld Vigs Veldtog vir die gebruik van hul

plakkate. Vir dié wat meer inligting oor die veldtog wil hê, gaan besoek gerus www.

worldaidscampaign.org of e-pos [email protected].

Wêreld Vigs veldtogDie Wêreld Vigs Veldtog (WVV) doen vanaf 2005 tot 2010 ‘n beroep op individue en groupe om die tema

“Stop VIGS. Hou die belofte” geoogmerk teenoor regerings en beleidsvormers te ondersteun. Die bedoeling

daaragter is om ‘n internasionale veldtog op die been te bring om sodoende ons leiers aanspreeklikl te hou

ten opsigte van beloftes deur hulle gemaak. Om hierdie ambisiuese taak te vermag verg meer ondersteuning

en reaksie as wat mense wat besmet is met HIV en VIGS kan genereer op hul eie. Wat nodig is is om mense

betrokke te kry, of hulle individiue, groepe, deel is van ‘n vakbond, kerkgroep of self ‘n jongmens wat ‘n beter

toekoms wil hê. Almal kan betrokke raak hesty by wyse van ‘n belofte om die veldtog te steun of om aktief die

veldtog te bemark onder vriende en familie.

HomeIndien ‘n persoon tot sterwe

kom sonder ‘n testament sê ons hy sterf intestaat. In so ‘n

geval geld die rëëls van intes-tate erflating soos vervat in die Wet op Intestate Erflating Wet 81 van 1987 gelees met die Grondwetlike Hof beslissing van Bhe v Magistrate of Kayelitsha & others 2004 ISA 580 (CC). Voor die beslissing van Bhe was die reëls van intestate erflating slegs van toepassing op sekere bevolkingsgroepe, maar sedert die Bhe beslissing geld dieselfde reëls nou vir alle Suid-Afrikaners. Dus is erflatings in terme van in-heemse reg nie meer van krag is nie. Dit het die gevolg dat mans, vroue en kinders geregtig is om intestaat te erf in terme van die reëls op intestate erflatings.

INTESTATE ERFLATING EN VEELWYWIGE INHEEMSE HUWELIKEBhe v Magistrate of Khayelit-sha & others 2004Die Grondwetlike Hof besliss-ing het die reëls ten opsigte van swart intestate boedels radikaal verander.Voor die Bhe beslissing op 15 November 2004 het die reëls ingevolge die inheemse reg van intestate erflating gegeld in die geval waar ‘n swart persoon ongetroud, of getroud in terme

van inheemse reg, gesterf het sonder ‘n testament. Volgens inheemse reg van intestate er-flating geld die volgende reëls in terme van Artikel 23 van die Wet op Swart Administrasie:• Indien die oorledene (man of vrou) ongetroud of getroud in terme van inheemse reg was, erf die oudste seun of oudste man-like familielid die hele boedel;• ‘n Vrou getoud in terme van inheemse reg kon slegs erf in die geval waar ‘n ooreenkoms bereik is met die oudste seun of oudste manlike familielid;• In die geval waar die vrou in ‘n inheemse huwelik tot sterwe kom erf haar man haar hele boedel;• Die reëls in terme van die in-heemse reg was nie van toepass-ing op sivielregtelike huwelike nie.Die Grondwetlike Hof het as volg besluit:• Artikel 23 van die Wet op Swart Administrasie was on-grondwetlik;• Die reël van eersgeboortereg soos met betrekking tot ver-erwing van eiendom is ongeldig omrede dit vroue en buite-egte-like kinders uitlsuit om te erf;• Daar moet voorts gehan-del word met swart gestorwe boedels soos met alle ander intestate boedels in terme van die Wet op Intestate Erflating

onderhewig aan die volgende reëls:(i) ‘n Kind se porsie word bereken deur die geldelike waarde van die boedel te deel deur die aantal oorlewende kinders (en afgesterwe kinders indien hul kinders het) plus die aantal oorlewende inheem-sereg vroue.(ii) Elke inheemsereg vrou moet ‘n porsie erf gelykstaande aan dié van die kinders of ‘n minimum van R125 000, welke die grootste bedrag is.(iii) In die geval waar die boedel nie groot genoeg is om aan elke vrou R125 000 te vererf nie, moet die boedel gelykop verdeel word onder die vroue.

Die enigste uitsondering ten opsigte van bogenoemde is in die geval waar die boedel alreeds afgesluit was in terme van artikel 23 ten tyde van die Grondwetlike Hof uitspraak. In so geval sal die boedel afgesluit word in terme van die reëls van inheemse reg.

WIE ERFIndien die oorledene oorleef word deur ‘n gade en kinders, sal die gade ‘n deel erf gelykstaande aan die dele wat die kinder erf OF ‘n bedrag soos bepaal deur die Minister van Justisie (tans R125 000), welke bedrag die hoogste is. Die bedrag wat oor is (indien enige) word dan onder die kinders verdeel.

Die voorbeelde wat volg illustreer die toepassing van die reëls op intestate erflatings (soos per die Wet op Intestate Erflating van 1987)

OORLEDENEThabo trou met Lime (1ste vrou) en Sipho (2de vrou). Thabo het drie kinders by Lime, nl Khaya, Khona en Sibongile en twee kinders by Sipho, nl Simphiwe en Indeka. Thabo sterf sonder ‘n testament.Indien Thabo sterf met ‘n boedel van R500 000 sal Lime en Sipho elk R125 000 erf, terwyl elke kind R41 666.66 sal erf. Indien Thabo se boedel R200 000 is, sal Lime en Sipho R100 000 elk erf, terwyl die kinders niks sal erf nie.Harold en Maude is getroud. Ten tyde van sy sterwe beloop Harold se boedel R100 000. Maude erf sy hele boedel omrede dit minder as R125 000 is. Hul kinders erf niks nie. Indien Harol se boedel R300 000 is, sal Maude R125 000 erf, en die balans van R175 000 in gelyke dele verdeel word onder hul drie kinders. Elke kind sal dus R58 333.33 erf.

HOE OM TE VERHOED DAT FAMILIELEDE ONREGMATIGLIK EIENDOM NEEM OF VERWYDER TEN TYE VAN AFSTERWEIn die geval waar familielede eiendom neem of verwyder van ‘n oorlewende gade of van enige ande familielid wat geregtig is om te erf, kan die slagoffer aansoek doen om ‘n beskermingsbevel in terme van die Wet of Gesinsgeweld van 1998. Die aansoek word gebring by die plaaslike Landdroskantoor.In die geval waar die gestorwe boedel by die kantoor van die meester van die Hooggeregshof of Land-droshof gerapporteer is, kan ‘n klagte by die betrokke kantoor gerig word.

Page 18: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 18

In die Suid-Afrikaanse reg word enigiemand 18 jaar en jonger as kinders geag. Ons reg bepaal dat kinders wie bots met die gereg spesiale behoeftes en regte geniet. Byvoorbeeld, ons reg bepaal dat ‘n kind vir die kortste moontlik tyd in aanhouding bly. Kinders moet ook afsonderlik van diegene bo die ouderdom van 18 jaar aangehou word, en moet behandel word op ‘n manier en omstandighede wat die ouderdom van die kind in ag neem. Meer belangrik, moet elke aangeklaagde persoon onskuldig geag word, totdat hulle skuldig bevind is in ‘n hof. Die Regshulpraad is daartoe verbind om kinders wie bots met die gereg behulpsaam te wees, of waar die kinders regshulp benodig waar hulle slagoffers is van ongeregtigheid of onregmatigheid.

Wanneer ‘n kind aangekla word vir die pleging van ‘n misdryf:• die polisie sal die klag ondersoek. Hulle sal meer inligting bekom en bewyse soek dat ‘n misdryf gepleeg is. Indien hul genoeg bewyse bekom, sal die verdagte aangekla word. Dit beteken dat hul dit amptelik sal stel dat hul dink die kind is verantwoordelik vir die pleeg van die misdryf.• Die polisie mag selfs die kind arresteer, maar hy moet binne 48 voor ‘n hof gebring word.• Die polisie sal ‘n verklaring by hom wil kry. Die kind is onder geen verpligting om enige inligting aan die polisie te gee behalwe sy naam en adres nie. Die polisie mag nie die kind dwing om ‘n verklaring af te lê nie, en mag hom nie aanrand of martel nie. Indien die polisie druk op die kind plaas om ‘n verklaring te maak moet ‘n

familielid of voog dit aan die landdros rapporteer.• Indien die kind jonger as 18 is, mag hy onder die toesig van ‘n ouer of voog vrygelaat word, of die kind kan vrygelaat word en gewaarsku word om by die hof op ‘n sekere datum aan te meld.

WAT GEBEUR MET DIE KIND IN DIE HOF?

DIE AANKLAGDie kind sal eers in die hof verskyn waar die landdros aan hom sal verduidelik wat die aanklag teen hom is. Dit is die misdryf wat die polisie dink hy gepleeg het.

REGSVERTEENWOORDIGINGIndien die kind nie ‘n prokureur het nie, kan hy (of sy ouer of voog) die hof inlig dat hul ‘n privaat prokureur gaan aanstel waarvoor hulle self gaan betaal. Indien hul nie geld het om ‘n prokureur aan te stel nie, kan hul hulp by die Regshulpraad vra. Die saak kan uitgestel word om die familie in staat te stel om regsverteenworrdiging te bekom. Die Regshulpraad het meer as 60 kantore landwyd en jy kan enige hofbeampte of korrektiewe beampte vra om inligting van die Regshulpraad te bekom. Jy sal hul ook kry in jou plaaslike telefoongids. Onder geen omstandghede moet ‘n kind hof toe gaan sonder ‘n prokureur nie. Onthou dat die staatsaanklaer ‘n professionele persoon is wie die reg ken. Die kind sal dus benadeel word omdat hy nie die reg ken nie.

PLEITDie kind sal gevra word om te pleit. Dit beteken dat hy aan die hof moet sê of hy skuldig of onskuldig is ten opsigte van die misdryf waarvoor hy aangekla is.

SKULDIG PLEITDie kind moet slegs skuldig pleit

indien hy seker is dat hy als gedoen het wat die aanklaer sê hy gedoen het, en dat daar geen goeie rede was waarom hy dit gedoen het nie.

ONSKULDIG PLEITDie kind moet slegs onskuldig pleit indien hy nie die misdryf gepleeg het nie, of indien hy ‘n goeie rede gehad het om te doen wat hy gedoen het. Goeie redes is: die kind is aangerand en hy het homself verdedig OF, die kind het iets gevat omdat hy gedink het dat dit aan hom behoort, OF, in die geval van betreding, dat hy toestemming gehad het om daar te wees.

GETUIESGetuies help bewys dat die inligting wat voor die hof geplaas is waar en korrek is. Beide kante mag getuies roep. Die aanklaer kan iemand roep om te kom getuig dat hy die kind die misdryf sien pleeg het. Die kind se prokureur kan, byvoorbeeld, kom getuig dat hy die kind iewers anders gesien het as die plek waar die misdryf gepleeg was. Beide die aanklaer en die beskuldigde word ‘n geleentheid gegun om hul kant van die storie weer te gee.

ARGUMENTENadat die getuies getuig het sal die aanklaer ‘n opsomming van die staat se saak gee, waarin hy aanvoer waarom die kind skuldig bevind behoort te word. Die kind se prokureur word daarna dieselfde kans gegun om aan te voer waarom die hof behoort te vind dat die kind onskuldig is.

UITSPRAAKNadat die landdros na albei partye geluister het, sal hy besluit of die kind skuldig of onskuldig is.

DIE SUID-AFRIKAANSE REG… En die regte van kinders

SKULDIGSlegs indien die aanklaer die hof bo redelik twyfel kan oortuig van die kind se skuld, kan die hof hom skuldig bevind.

ONSKULDIGIndien die hof vind die kind is onskuldig sal die kind vrygespreek word. Dit beteken dat die kind mag vrygaan. Indien borgtog betaal was, word dit nou teruggegee.

VONNISOPLEGGINGDie saak kan uitgestel word sodat die landdros kan besluit oor die straf wat opgelê moet word. Voordat die hof met vonnisoplegging begin, word die beskudigde ‘n geleentheid gegun om te pleit vir versagting, d.w.s. om aan die hof te vertel waarom ‘n ligter straf opgelê behoort te word. Versagtende omstandighede sluit in: die kind toon berou; is jonger as 18; hierdie is sy eerste oortreding; mense maak op hom staat vir onderhoud. Die straf kan gevangenisstraf, ‘n boete, korrektiewe toesig, ‘n waarskuwing, ens. wees. ‘n Opgeskorte vonnis kan ook opgelê word.

C O N C E P T • D E S I G N • P R I N T

P U B L I S H E R S A N D P R I N T E R S • G R A H A M S T O W N • 0 4 6 6 2 2 7 2 2 2

ONAFHANKLIKE GEVANGENIS BESOEKERBy die hof kan die kind hulp versoek van hierdie persoon om telefoon oproepe te maak, te reël vir borgtog, getuies te kontak ens. Hierdie is ‘n onafhanklike persoon en hy werk nie vir die polisie of die tronk nie.

HERSIENING EN APPEL‘n Persoon wie skuldig bevind is kan toestemming versoek om te appeleer teen die vonnis of skuldigbevinding indien hul nie daarmee saam stem nie. Dit is ook moontlik om te vra vir hersiening indien daar enigiets verkeerd was met die wyse of manier waarin die verhoor plaasgevind het.

WEGWENDINGJy of jou prokureur kan die aanklaer vra of jou saak weggewend kan word. Wegwending beteken dat ‘n saak van die formele hofprosedure verskuif na ‘n wegwendingsprogram van korrektiewe aksie onder die hof se toesig. Die kind word ‘n geleentheid gegun om sy verpligting teenoor die staat (en soms die slagoffer) na te kom sonder om hof toe te gaan.

Page 19: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 19

VERHOORAFWAGTENDE GEVANGENESIn ’n demokratiese samelewing word dit algemeen aanvaar dat ’n persoon wat vir ’n misdaad in hegtenis geneem is, onskuldig is tot sy of haar skuld in ’n regverdige verhoor bewys is.

M A A R T 2 0 0 9SEKSIE : TRONK

In Suid-Afrika is dit kommer-wekkend dat baie persone wat aangehou word, later

onskuldig bevind word of dat hul sake teruggetrek word. Dit veroorsaak dat tronke oorvol raak en dat mense blootgestel word aan misdadigers wat ’n slegte invloed op hulle kan hê. Die Inspekterende Regter van Gevangenisse, regter JJ Fagan, het sedert 2000 in verskeie vers-lae na dié probleem verwys. Die Geregtelike Inspektoraat van Gevangenisse het al baie ge-doen om die situasie te probeer verbeter, en in samewerking met ander belanghebbendes soos onder meer die Regshulpraad, die Nasionale Vervolgingsgesag en Korrektiewe Dienste, lyk dit asof hulle pogings die gewenste uitwerking het. In April 2000 was daar 64 000 verhoorafwag-tendes in Suid-Afrika, maar dit is intussen verminder tot die huidige getal van ongeveer 44 000. Die totale gevangenisbev-olking is van 187 397 in Maart 2005 verminder tot die huidige 155 858 – ’n vermindering van 32000 persone. Ons gevange-nisse kan egter slegs 114 522 persone huisves, en die nasionale oorbevolkingsyfer is 136%. Nie alle gevangenisse is oorbevolk nie, maar sommiges huisves meer as drie keer soveel aange-houdenes as waarvoor hulle ontwerp is. Daar is baie redes vir die groot aantal verhoo-rafwagtende gevangenes.•Sommige kan nie borgtog beko-stig nie, selfs nie teen die laagste koste nie.•Sommige beskuldigdes probeer hul eie verdediging behartig en doen nie aansoek om regshulp nie. Baie van hulle weet nie hoe die regstelsel werk nie, en dít kan hul sake vertraag.•Daar is geweldige druk op die verskillende staatsliggame om met beperkte vaardighede en bronne die agterstand in te haal.•Die misdaadsyfer in Suid-Afrika is hoog.

•Mense voel sterk oor misdaad en wil dikwels hê dat persone gevange gehou word tot die saak voorkom, al word menser-egte soms in die proses misken.

Mense wat gearresteer is, kan om regshulp aansoek doen. As hulle nie met die Regshulpraad in verbinding kan tree nie, kan hulle gesinne by die naaste regshulpentrum advies kry.

DieRegshulpraad bring gereeld besoek aan gevangenisse om met verhoorafwagtendes te praat. Hulle kan ook in verbind-ing tree met ’n Onafhanklike Gevangenisbesoeker.

Kontakbesonderhede vir dié persone, wat gevangenisse gereeld besoek, is soos volg: 012 421 1012, of die Streek-skantoor in Pretoria by 012 663 7521, of via hulle webtuiste by http:// judicialinsp.dcs.gov.za.

Die volgende berig wat van die Regshulpraad se regshulpsen-trum in Queenstown ontvang is, wys wat vermag kan word wan-neer daar by die Regshulpraad aangeklop word:Jeugdige vrygelaat ná pa ver-skynKandidaatprokureur Luxolo Fodi doen verslagDit was my eerste verskyning namens AM. Hy is 17 jaar oud. Ek het hom gevra of hy ’n voog het wat vir hom verantwoordelik-heid sal aanvaar en hy het gesê dat sy ouma na die hof op pad was. Die saak het egter voorge-kom voordat sy opgedaag het en die hof het beveel dat hy aangehou word totdat sy voog kan verskyn. ’n Arrestasiebevel is vir sy voog uitgereik. AM het self na die hof gekom en het bekom-merd gelyk. Hy het sy skooluni-form aangehad sodat hy terug skool toe kon gaan sodra sy saak uitgestel is. Ek het deur die tralies met hom gaan praat waar hy agter in ’n polisievangwa toegesluit was. Hy het aan my gesê dat sy pa ’n arbeider vir Civil and General Constuction is

en dat hy iewers by ’n bouter-rein in Ezibeleni besig was. Sy pa moes sy twee weeklikse loon gaan haal en daarom het AM sy ouma gevra om hof toe te kom. Ek het die kantoor gebel en gevra of ek AM se pa kon gaan soek. Toestemming is gegee en ek het my na die bouterrein gehaas waar ek AM se pa gekry het. Toe ek weer by die hof kom, is ek ingelig dat AM reeds in die polisiestasie se sel opgesluit was. Ek het egter gereël dat hy weer hof toe gebring word. Die saak het voorgekom, die vader het namens sy seun verskyn en AM is vrygelaat.

(Gevalle studie) OOS-KAAP‘n prokureur van die Regshul-praad, Sivuyile Mnyute, het verlede jaar ’n kliënt wat van winkeldiefstal aangekla is ver-teenwoordig. Die kliënt het na bewering ’n epileptiese aanval in die winkel gehad en was reeds onder sterk medikasie vir epilep-sie. Mnyute het op eie inisiatief die winkel waar die voorval plaasgevind het besoek, en ’n skriftelike verklaring van die be-stuurder verkry waarvolgens die winkeleienaar die kliënt goed geken het en geensins bewus was van ’n voorval van winkeldiefstal nie. Hy het ook die kliënt se psigiater besoek en ’n verklar-ing aangaande haar mediese toestand verkry. Al dié doku-mente is aan die hof voorgelê en die saak is teruggetrek. So het die kliënt die potensieël ernstige gevolge van ’n skuldigbevinding vrygespring. Landdros Larney de Villiers Opperman het ’n getuig-skrif vir Mnyute geskryf waarin hy sê: “Ek het nog altyd mnr. Mnyute se integriteit as mens en as prokureur bewonder en gerespekteer. …Hy is stiptelik, hoflik, goed voorberei, bondig en reguit, en hy het ’n heerlike sin vir humor. …[Die] regbank vind beslis baat by ’n man van sy kaliber.”

Regshulpraad

KINDERS IN KONFLIK MET DIE GEREG

BORGTOG HANTERING VAN APPELLE

Page 20: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 20

Huidiglik is daar nie een geintegreerde wetgewing wat handel met alle

aspekte van kinders in konflik met die gereg nie. Daar is verskeie bepalings in verskeie wetgewing wat hieroor handel, soos die Strafproseswet Wet 51 van 1977, die Wet op Kindersorg Wet 74 van 1983 en die Wet op Korrektiewe Dienste Wet 8 van 1959. Kinderregte word in Die Handves van Regte beskerm. Verdermeer het Suid-Afrika die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van Kinders onderteken, en is daarom gebonde aan die bepalings van die konvensie.

WAT IS DIE OUDERDOM VIR STRAFREGTELIKE TOEREKENING-SVATBAARHEID?Strafregtelike toerekeningsvatbaarheid is die vermoë om regtelik verantwoordelik vir jou aksies gehou kan word. Onder die ouderdom van 7 jaar het ‘n kind geen toerekeningsvatbaarheid. Tussen die ouderdomme van 7 en 14 jaar is daar ‘n weerlegbare vermoede dat ‘n kind nie toerekeningsvatbaar is nie, maar getuienis kan die teendeel bewys. Die howe kyk na of die kind tussen reg en verkeerd kan onderskei, en indien hy kan of hy daarvolgens kan handel asook of hy die gevolge van sy handelinge verstaan. In sommige gevalle is die kind se ouderdom onbekend. In daardie gevalle bepaal die reg dat die landdros die kind se ouderdom kan skat. Die hof mag die kind ook na ‘n dokter verwys sodat die dokter die kind kan ondersoek om sodoende sy ouderdom te bepaal.

‘n KIND WAT GEARRESTEER ISDie polisie moet onmiddelik die ouer of voog van ‘n kind in kennis stel wanneer ‘n kind gearresteer word. ‘n Proefbeampte of ‘n korrektiewe beampte moet ook in kennis gestel word. Voor die eerste hofverskyning moet die proefbeampte die kind asseseer. Die Grondwet bepaal verder dat ‘n kind slegs in aanhouding bly waar daar geen ander alternatief is nie. In die algemeen moet kinders nie langer as 24 uur aangehou word nie. Vir ernstiger misdrywe

KINDERS soos verkragting, moord, roof, ontvoering, brandstigting ens. kan die kind aangehou word vir hoogstens 48 uur. Indien kinders aangehou moet word, word sogenaamde plekke van veiligheid aanbeveel. Kinders ouer as 14 kan egter in tronke aangehou word. Landdroste kan besluit om kinders in hegtenis te hou onder die volgende omstandighede:a) daar is geen plek van veiligheid naby geleë nieb) die kind is ‘n vlug risikoc) die kind mag ander leed aandoend) die kind mag verdere misdade pleeg

Daar is geen beperking ten opsigte van hoe lank ‘n kind in aanhouding mag bly nie, maar gewoonlik word ‘n kind elke 14 dae voor ‘n hof gebring.

DIE KIND SE VRYLATINGVir minder ernstige oortredings mag ‘n kind onder sy ouer of voog se toesig vrygelaat word. Gewoonlik word die kind hof toe geneem en die landdros sal ‘n bevel maak om die kind se vrylating. Dit is dan die ouer of voog se plig om te verseker die kind woon sy hofverskyings by na sy vrylating. Teoreties kan die ouer of voog gearresteer word indien hulle versuim om die kind hof toe te neem. In praktyk gebeur dit egter selde. Landdroste interpreter in die algemeen dat ‘n voog ‘n familielid ouer as 18 jaar is, of ‘n ander volwassene wie aandui dat hulle bereid is om verantwoordelikheid vir die kind te aanvaar. Die ouer of voog mag die kind bystaan gedurende sy verhoor, soos byvoorbeeld om vrae te help vra. Dit is egter altyd beter om liewer ‘n prokureur aan te stel. Indien die ouer of voog nie die dienste van ‘n prokureur kan bekostig nie, kan hulle om gratis regshulp aansoek doen by die Regshulpraad.

WAT GEBEUR AS DAAR GEEN OUER OF VOOG IS NIE?Die hof kan voortgaan met die saak. Dit kan egter problematies wees omdat die kind geen leiding van ‘n ouer persoon het nie. Die kind kan dalk geen geld of ‘n weg het om na afloop van die saak by

die huis te gaan nie. In so ‘n geval kan die hof die hulp van ‘n maatskaplike werker kry.

VERWYSING VAN DIE KIND NA DIE KINDERHOFDit gebeur soms dat tydens die verloop van ‘n kriminele saak, die hof bevind dat ‘n kind ‘n “kind behoefig vir sorg” is. Dit beteken dat die kind nie by sy ouers of ‘n verantwoordelike volwassene woon nie, of dat die kind se ouers nie vir hom kan sorg nie. Die strafsaak kan dan gestop word om ‘n kinderhof ondersoek te loots. Die strafsaak kan dan wegval en die kind sal nie ‘n kriminele rekord hê nie.

WEGWENDINGIndien ‘n kind erken dat sy optrede verkeerd was, kan ‘n sogenaamde “wegwending” program toegepas word. Op hierdie manier kan die kind voorkom dat hy ‘n kriminele rekord kry. Die program leer die kind om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy gedrag, asook om toekomstige moeilikheid te voorkom. Die program mag dalk van die kind vereis om leerskool programme by te woon en selfs om onbetaalde werk in die gemeenskap te verrig.

DIE KIND SE POKUREURDie kind het ‘n reg op regsverteenwoordiging. Indien die kind of sy ouers/voogde nie regsverteenwoordiging kan bekostig nie, kan hul aansoek doen om gratis regshulp by die Regshulpraad.

HOE DOEN JY AANSOEK OM REGSHULP? In die hof sal die landdros die kind se regte met betrekking tot regsverteenwoordiging verduidelik en aan die kind of sy ouers/voog vra of hy vir regshulp aansoek wil doen. Indien hul wel wil aansoek doen sal hul na die regshulpbeampte geneem word en ‘n aansoekvorm om regshulp (die LA1) voltooi.

GELD SPESIALE REELS TEN OPSIGTE VAN KINDERS IN DIE HOF?Daar is geen spesiale howe vir kinders wie die wet oortree nie. In groter stede, waar daar genoeg sake met kinders as beskuldigdes is, kan ‘n hof spesiaal daarvoor aangewend word. Die groot verskil tussen kinderoortreders en volwasse oortreders is dat lede van die publiek nie toegelaat word om die hofverrigtinge van kinders by te woon nie. Gewoonlik word slegs die aanklaer, prokureur, tolk, landdros, ouer of voog, die

kind, hofbeampte en getuies wat getuig in die hof toegelaat. Die kind se naam en foto mag ook nie in die koerant gepubliseer word nie.

VONNISOPLEGGING Voor vonnisoplegging mag die landdros die probasie beampte om ‘n verslag, naamlik die voor-vonnis verslag, vra om die hof te help om ‘n besluit rakende vonnisoplegging te maak. Hierdie verslag sal handel oor die kind se ontwikkeling, sy familie omstandighede, die kind se gedrag asook ander faktore. Die proefbeampte sal ook voorstelle maak rakende vonnisoplegging.

TIPES VONNISSEa) Indien die klagte nie te ernstige is nie kan die landdros die kind waarsku en ontslaan.b) Die hof kan besluit om nie die kind te vonnis nie, maar hom waarsku dat indien hy binne ‘n sekere periode weer in die hof verskyn, hy gevonnis sal word. Dit word ‘n uitgestelde vonnis genoem.c) Die hof kan gevangenisstraf oplê wat opgeskort is. Dit beteken die kind sal nie tronk toe gaan tensy hy die voorwaardes van die opskorting verbreek nie. Dit geld in meer ernstige gevalle.d) Indien die kind werk, of die ouers in staat is om te betaal, kan die hof ‘n boete oplê.e) ‘n Kind jonger as 21 kan ook na ‘n verbeteringskool gestuur wordf) Die kind kan ook tot korrektiewe toesig gevonis word. Dit beteken die kind word onder huisarres geplaas, waar hy nie sy huis gedurende sekere tye mag verlaat nie. Die hof mag verder gemeenskapsdiens oplê, maar sleg ten opsigte van kinders ouer as 15.g) Gevangenisstraf. Indien daar geen ander opsie is nie sal die kind tronkstraf opgelê word. In sulke gevalle sal die kinders apart van die volwasse gevangenis aangehou word.

IN KONFLIK MET DIE GEREG

ONS PROKUREURS BESKERM JOU REGTE

Page 21: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 21

“Strafregtelike toerekeningsvatbaarheid is die vermoë om regtelik verantwoordelik vir jou aksies gehou kan word.

Onder die ouderdom van 7 jaar het ‘n kind geen toerekeningsvatbaarheid. Tussen die ouderdomme van 7 en 14

jaar is daar ‘n weerlegbare vermoede dat ‘n kind nie toerekeningsvatbaar is nie, maar getuienis kan die teendeel

bewys. Die howe kyk na of die kind tussen reg en verkeerd kan onderskei, en indien hy kan of hy daarvolgens kan

handel asook of hy die gevolge van sy handelinge verstaan. In sommige gevalle is die kind se ouderdom onbekend.

In daardie gevalle bepaal die reg dat die landdros die kind se ouderdom kan skat. Die hof mag die kind ook na ‘n

dokter verwys sodat die dokter die kind kan ondersoek om sodoende sy ouderdom te bepaal.”

KINDERS IN KONFLIK DIAGRAM

ARRESTASIE

STEL OUER OF VOOG IN KENNIS

VERSKYN IN DIE HOF

IN AAN-HOUDING

VRYGELAAT OP

IN DIE SORG VAN ‘N

OUER OF VOOG

VERHOOR

ONSKULDIG

VRYGELAAT

SKULDIG

VOOR-VONNISVERSLAG

VONNISOPLEGGING

GM Met dank aan:Adrienne Carlisle en Stacey-Leigh Joseph van die Openbare Dienste Verantwwordelikheids-monitor, Brenda Amsterdam van die Rhodes Universiteit Regskliniek, Bettina Wyngaard en David McGlew van die Regshulpraad vir hulp met die ontwikkeling van die konsep en die voorsiening van inhoud asook die Regshulpraad vir die borgskap, sonder wie Ken Jou Regte nooit sou publiseer kon word nie.

UITGESTELDEVONNIS

OPGESKORTEBOETE KORREKTIEWE TRONK-

STRAF

APPéL

HERSIENING

WAARSKU &

ONTSLAAN

Strafsaak kan dan wegval en die kind sal nie ‘n kriminele rekord hê nie.

WEGWENDINGIndien ‘n kind erken dat sy optrede verkeerd was, kan ‘n sogenaamde “wegwending” program toegepas word. Op hierdie manier kan die kind voorkom dat hy ‘n kriminele rekord kry. Die program leer die kind om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy gedrag, asook om toekomstige moeilikheid te voorkom. Die program mag dalk van die kind vereis om leer-skool programme by te woon en selfs om onbetaalde werk in die gemeenskap te verrig.

DIE KIND SE POKUREURDie kind het ‘n reg op regsver-teenwoordiging. Indien die kind of sy ouers/voogde nie regsver-teenwoordiging kan bekostig nie, kan hul aansoek doen om gratis regshulp by die Regshulpraad.

HOE DOEN JY AANSOEK OM REGSHULP? In die hof sal die landdros die kind se regte met betrek-king tot regsverteenwoordig-ing verduidelik en aan die kind of sy ouers/voog vra of hy vir regshulp aansoek wil doen. Indien hul wel wil aansoek doen sal hul na die regshulpbeampte geneem word en ‘n aansoekvorm om regshulp (die LA1) voltooi.

GELD SPESIALE REELS TEN OPSIGTE VAN KINDERS IN DIE HOF?Daar is geen spesiale howe vir kinders wie die wet oor-tree nie. In groter stede, waar daar genoeg sake met kinders as beskuldigdes is, kan ‘n hof spesiaal daarvoor aangewend word. Die groot verskil tussen kinderoortreders en volwasse oortreders is dat lede van die publiek nie toegelaat word om die hofverrigtinge van kinders by te woon nie. Gewoonlik word slegs die aanklaer, prokureur, tolk, landdros, ouer of voog, die kind, hofbeampte en getuies wat getuig in die hof toegelaat. Die kind se naam en foto mag ook nie in die koerant gepubliseer word nie.

VONNISOPLEGGING Voor vonnisoplegging mag die landdros die probasie beampte om ‘n verslag, naamlik die voor-vonnis verslag, vra om die hof te help om ‘n besluit rakende von-nisoplegging te maak. Hierdie verslag sal handel oor die kind se ontwikkeling, sy familie om-standighede, die kind se ge-drag asook ander faktore. Die proefbeampte sal ook voorstelle maak rakende vonnisoplegging.

TIPES VONNISSEa) Indien die klagte nie te ern-stige is nie kan die landdros die kind waarsku en ontslaan.b) Die hof kan besluit om nie die kind te vonnis nie, maar hom waarsku dat indien hy binne ‘n sekere periode weer in die hof verskyn, hy gevonnis sal word. Dit word ‘n uitgestelde vonnis genoem.c) Die hof kan gevangenisstraf oplê wat opgeskort is. Dit beteken die kind sal nie tronk toe gaan tensy hy die voor-waardes van die opskorting verbreek nie. Dit geld in meer ernstige gevalle.d) Indien die kind werk, of die ouers in staat is om te betaal, kan die hof ‘n boete oplê.e) ‘n Kind jonger as 21 kan ook na ‘n verbeteringskool gestuur wordf) Die kind kan ook tot korrek-tiewe toesig gevonis word. Dit beteken die kind word onder hu-isarres geplaas, waar hy nie sy huis gedurende sekere tye mag verlaat nie. Die hof mag verder gemeenskapsdiens oplê, maar sleg ten opsigte van kinders ouer as 15.g) Gevangenisstraf. Indien daar geen ander opsie is nie sal die kind tronkstraf opgelê word. In sulke gevalle sal die kinders apart van die volwasse gevan-genis aangehou word.

Page 22: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 22

BORGTOGDie vraag of borgtog

toegestaan moet word of nie, is waarskynlik

een van die mees omstrede vrae waarmee regspraktisyns in ons howe moet worstel. In dié verband waarborg ons Menser-egtehandves elkeen se reg tot vryheid en sekuriteit. Dit sluit die reg in om nie na willekeur of sonder billike rede jou vryheid ontneem te word nie.

Iemand wat gearresteer word het die reg om by die hof aansoek te doen om op borg-tog vrygelaat te word. Borgtog word dus ’n oorweging sodra iemand gearresteer is en aange-hou word. Borgtog dien as ’n waarborg dat ’n persoon wat aanvanklik aangehou is en wag om verhoor te word, wel ten opsigte van die betrokke aanklag in die hof sal verskyn. Gewoonlik moet die aansoek in die hof aangehoor word. Indien ’n hof beveel dat borg-tog toegestaan word, moet die beskuldigde of sy familie of vriende ’n bedrag geld aan die hof betaal. Dié bedrag word terugbetaal sodra die saak afgehandel is. Daar kan ook bykomende voorwaardes gestel word, soos dat die beskuldigde nie in verbinding mag tree met die Staatsgetuies nie, nie die anddrosdistrik mag verlaat nie of nie met die ondersoek mag inmeng nie.

Die besondere feite van elke saak sal uiteindelik die sukses of mislukking van ’n borgtogaan-soek bepaal. ’n Polisiebeampte kan ’n persoon wat vir ’n minder ernstigeoortreding gearresteer is, op borgtog vrylaat selfs nog vóór die beskuldigde se eerste ver-skyning in die hof, byvoorbeedl dronkbestuur.

’n Beskuldigde wat vir ’n ern-stiger misdaad soos moord, verkragting, roof of huisbraak gearresteer is, sal egter by die hof moet aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word. Die proses van aansoek doen om borgtog is die afgelope paar jaar vereenvoudig. ’n Landdros moet ’n beskuldigde tydens sy eerste hofverskyning inlig dat hy die reg het om vir borgtog aan-soek te doen. As ’n beskuldigde vir borgtog wil aansoek doen, moet die Staat die geleent-heid gegee word om, indien dit borgtog wil teenstaan, sy saak teen die aansoek te stel. Die aansoek kan dan vir ’n tydperk van 7 sewe dae uitgestel word, waartydens die Staat sy saak kan voorberei. Dit is ook belan-

grik om in ag te neem dat die Staat kan besluit om nie die be-skuldigde se vrylating op borg-tog teen te staan nie. In so ’n geval sal die aanklaer eenvoud-ig die landdros van sy standpunt inlig. As die hof bevind dat geen ander getuienis gelewer hoef te word nie, sal dit beveel dat die persoon op borgtog vrygelaat word. Anders kan die landdros die beskuldigde óf die Staat vra om enige verdere getuienis wat hy wil aanhoor, te lewer.

FAKTORE WAT ’N HOF IN AG NEEM OM TE BESLUIT OF ’N AANGEHOUDENE OP BORG-TOG VRYGELAAT MOET WORD, SLUIT ONDER MEER DIE VOLGENDE IN:1. Die waarskynlikheid dat die beskuldigde die publiek se vei-ligheid sal bedreig indien hy op borgtog vrygelaat word.2. Die waarskynlikheid dat die beskuldigde sy verhoor sal probeer ontduik indien hy op borgtog vrygelaat word. ’n Hof sal daarom sterk oorweging gee aan ’n beskuldigde se gesins- en werksomstandighede. Natuurlik is dit minder waarskynlik dat ’n persoon wat in die landdrosdistrik woon waar die misdryf gepleeg is, en wie se gesinslede ook in die omgewing woon of skoolgaan, die hofsaak sal probeer ontduik. Bykomende oorwegings soos die omvang van die beskuldigde se bates en sy reisdokumente, soos byvoorbeeld of hy ’n paspoor besit, sal ook in ag geneem word.3. Die waarskynlikheid dat die beskuldigde, indien hy op borg-tog vrygelaat word, sal probeer om getuies te beïnvloed of te intimideer, of om bewysstukke te vernietig.4. Die waarskynlikheid dat die beskuldigde, indien hy op borgtog vrygelaat word, die oogmerke of die doeltreffende funksionering van die strafregstelsel, insluitende die borgtogstelsel, sal ondermyn of in die wiele sal ry.5. Die waarskynlikheid dat, onder uitsonderlike omstandighede, die vrylating van die beskuldigde die openbare orde sal versteur of die openbare vrede of veiligheid sal ondermyn. Gewoonlik berus die bewyslas by die Staat om aan te toon waarom borgtog nie toegestaan moet word nie. Die Wetgewer het egter tussenbeide getree en ’n lys saamgestel van verskeie misdade wat anders behan-del word. Dié misdade word in twee afsonderlike skedules

verdeel, naamlik skedules 5 en 6. Waar die misdaad onder een van dié skedules val, moet die beskuldigde aan die hof toon waarom hy/sy op borg-tog vrygelaat moet word. ’n Beskuldigde wat vir ’n misdryf onder skedule vyf in hegtenis geneem is, moet aan die hof getuienis voorlê wat die hof tevrede sal stel dat sy/haar vrylating nie die regspleging sal benadeel nie.

MISDRYWE WAT ONDER SKEDULE 5 GELYS IS, SLUIT ONDER MEER DIE VOLGENDE IN:1. Moord2. Hoogverraad3. Verkragting4. Onsedelike aanranding van ’n kind onder die ouderdom van 16 jaar5. Handel dryf met of smokkel van ammunisie, plofstowwe, vuur-wapens ens.

Daarenteen is ’n beskuldigde wat vir ’n misdryf wat onder skedule 6 gelys is, verplig om aan die hof getuienis voor te lê wat die hof sal oortuig dat daar uitsonderlike omstandighede bestaan wat in die belang van die gereg sy/haar vrylating regverdig.

MISDRYWE WAT ONDER SKEDULE 6 GELYS IS, IS ONDER MEER DIE VOLGENDE:1. Moord wanneer –a. dit vooraf beplan of bedink is,

b. die slagoffer ’n geregsdienaar was wat besig was om sy / haar werk as geregsdienaar te verrig, ongeag of hy/sy aan diens was of nie, of ’n geregsdienaar was wat vermoor is vanweë die feit dat hy/sy sodanige amp beklee het, of ’n persoon was wat besig was om wesenlike getuienis te lewer of dit na alle waarskynlikheid sou lewer.

c. die slagoffer dood is terwyl of nadat die beskuldigde een van die volgende misdrywe gepleeg het of probeer pleeg het:i. verkragting ofii. roof met verswarende omstandighede.

d. die oortreding veroorsaak is deur ’n persoon, groep persone of sindikaat wat met ’n gemeenskaplike doelwit of sameswering voor oë opgetree het.

2. Verkragting,a. indien gepleeg:i. onder omstandighede waar die slagoffer meer as een keer verkrag is, hetsy deur die beskuldigde of deur enige

medepligtige, ii. deur meer as een persoon, waar die persone se optrede die uitvoering of bevordering van ’n gemeenskaplike doelwit of sameswering gedien het,iii. deur ’n persoon wat van 2 of meer verkragtings aangekla is,iv deur ’n persoon wat weet dat hy VIGS het of MIV positief is.

b. waar die slagoffer ’n meisie van jonger as 16 jaar is, ’n lig-gaamlik gestremde vrou is, ’n vrou met ’n geestesiekte is soos beskryf in die Wet op Geestes-gesondheid.

c. wat gepaard gaan met die toedien van ernstige liggaamlike leed.

3. Roof wat die volgende insluit:•die gebruik van ’n vuurwapen deur die beskuldigde of enige medepligtiges of deelnemers,•die toedien van ernstige liggamlike leed deur die be-skuldigde of enige medepligtig-es of deelnemers,•die steel van ’n motorvoertuig.

4. Onsedelike aanranding van ’n kind van jonger as 16 jaar, waar ernstige liggaamlike leed veroorsaak is.

Die wetegewer het dus die be-wyslas in aansoeke om borgtog

onder misdrywe gelys onder skedule 5 en 6 verskuif na die beskuldigde. Prakties gesproke is dit dus moeiliker vir ‘n be-skuldigde om op borgtog vry-gelaat te word in die geval van misdrywe gelys onder skedule 5 en 6.

Die aanhoor van ‘n borgaansoek word gewoonlik in ‘n hof gedoen (landdros-, streeks- of hoog-geregshof). Die beskuldigde kan sy aansoek bring deur ‘n geskrewe eedsverklaring op te handig of mondelingse getui-enis te lewer waar hy aanvoer waarom hy op borgtog vry-gelaat moet word. Dit behels aangeleenthede soos bo reeds verduidelik wat insluit die bewys-las sowel as praktiese toepassing in die hof. Dit is daarom wys om die dienste van ‘n prokureur vir dié doel aan te skaf. Indien jy nie die dienste van ‘n prokureur kan bekostig nie, kan jy by die regshulpraad aansoek doen om gratis regshulp.

Dit is belangrik om daarop te let dat borgverrigtinge in die hof opgeneem word en later as be-wyse teen jou gebruik kan word. Indien die hof jou aansoek om borg weier, kan ‘n nuwe aansoek slegs gebring word in die geval

Page 23: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTE MAART 2009 BLADSY 23

REGSHULP GEVALLE STUDIES 2009

van nuwe feite voor die hof. Dit beteken dat jy nie op dieselfde ou feite as wat voorheen voor die hof was ‘n nuwe borgaan-soek kan bring nie.

REGSHULP GEVALLE STUDIESBespoediging van borgtog aan-soeke

In die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof het die Regshulpraad ’n uitspraak verkry waarvolgens landdroste in streekhowe borgtog aan-soeke moet aanhoor en dit nie eenvoudig na distrikshowe mag terugverwys nie. Dié beslissing spruit voort uit ’n geval waar ’n man van Uitenhage wat van verkragting aangekla is, 16 maande lank aangehou is terwyl hy verhoorafwagtend was. Op grond van DNA-getuienis is hy uiteindelik onskuldig bevind.

Die uitspraak was die gevolg van ’n gesamentlike aansoek deur die Regshulpraad en die Grahamstadse direkteur van openbare vervolging. Dit was ongewoon in dié opsig dat die betoog in belang van toe-komstige sake voortgesit is, al was die huidige saak nie meer van toepassing nie en slegs van akademiese belang. In hul kommentaar op die aksie wat ingestel is, het die regters gesê: “ …selfs al word die appellant se regte nie meer bedreig nie, word dié van ander aangek-

laagdes wel bedreig, en sal hul voortgaan om nadelig geraak te word tensy ’n beslissende uitspraak gelewer word.”

Lof vir beslissing verkry deur prokureur van Regshulpraad

Sivuyile Mnyute het verlede jaar ’n kliënt wat van winkeldiefstal aangekla is, verteenwoordig. Die kliënt het na bewering ook ’n epileptiese aanval gehad terwyl hy probeer het om items in ’n winkel te steel en was reeds onder sterk medikasie vir epilep-sie. Mnyute het op eie inisiatief die winkel waar die voorval plaasgevind het, besoek en ’n skriftelike verklaring van die bestuurder verky wie die kliënt goed geken het. Die bestuur-der was geensins bewus van ’n voorval van winkeldiefstal nie en wou haar nie laat vervolg nie. Hy het ook die kliënt se psigiater besoek en ’n verklaring aan-gaande haar mediese toestand verkry. Al dié dokumente is aan diehof voorgelê en die saak is teruggetrek. So het die kliënt die potensieël ernstige gevolge van ’n skuldigbevinding vrygespring. Landdros Larney de Villiers Opperman het ’n aanbevelings-brief vir Mnyute geskryf waarin hy sê: “Ek het nog altyd mnr. Mnyute se integriteit as mens en as prokureur bewonder en gerespekteer. …Hy is stiptelik, hoflik, goed voorberei, bondig

en reguit, en hy het ’n heerlike sin vir humor. …[Die] regbank vind beslis baat by ’n man van sy kaliber.”

Regshulpraad bekom vryheid vir man wat wederregtelik aangehou is.

Die Regshulpraad het daarin geslaag om geregtigheid en dus ook vryheid te bekom vir ’n man wat wederregtelik 10 jaar lank gevangenisstraf uitgedien het. In 2001 is mnr. N, ’n sersant in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, saam met drie ander mans tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir moord en poging tot moord waaraan hy hom na bewering 11 jaar tevore skuldig gemaak het, toe mnr. N elf jaar oud was. Ten tye van die von-nisoplegging is verlof tot ap-pél geweier. In 2004 het die Hooggeregshofeenheid van die Durbanse Regsentrum namens mnr. N. ’n aansoek om verlof tot appél by die Hooggeregshof ingedien. Dit is toegestaan en in September 2004 is die saak na die volle regbank van die Natalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof ver-wys. Die Regsentrum se Hoog-geregshofbestuurder, advokaat Mbekhwabe Mncwabe het aan die hof getoon dat die regter in sy beoordeling van die feite gefouteer het deur slegs die staatsgetuie se weergawe te

oorweeg. Volgens Mncwabe het hy nie, soos deur die wet vereis word, volle oorweging aan die beskuldigde se weergawe gegee nie wat redelik moont-lik waar kon wees nie. “Ek was oortuig dat die uitspraak ver-keerd was en moes my argument daarvolgens voer”, het advokaat Mncwabe gesê. “Gelukkig het die appélregters met my saam-gestem.” Die Natalse Provinsiale Afdeling het mnr. N vrygespreek, en na meer as 10 jaar in die gevangenis is hy vrygelaat.

Bespoediging van borgtog aansoeke

In die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof het die Regshulpraad ’n uitspraak verkry waarvolgens landdroste in streekhowe borgtog aan-soeke moet aanhoor en dit nie eenvoudig na distrikshowe mag terugverwys nie. Dié beslissing spruit voort uit ’n geval waar ’n man van Uitenhage wat van verkragting aangekla is, 16 maande lank aangehou is terwyl hy verhoorafwagtend was. Op grond van DNA-getuienis is hy uiteindelik onskuldig bevind.

Die uitspraak was die gevolg van ’n gesamentlike aansoek deur die Regshulpraad en die Grahamstadse direkteur van openbare vervolging. Dit was ongewoon in dié opsig dat die betoog in belang van toe-komstige sake voortgesit is, al was die huidige saak nie meer van toepassing nie en slegs van akademiese belang. In hul kommentaar op die aksie wat ingestel is, het die regters gesê: “ …selfs al word die appellant se regte nie meer bedreig nie, word dié van ander aangek-laagdes wel bedreig, en sal hul voortgaan om nadelig geraak te word tensy ’n beslissende uitspraak gelewer word.”

Lof vir beslissing verkry deur prokureur van Regshulpraad

Sivuyile Mnyute het verlede jaar ’n kliënt wat van winkeldiefstal aangekla is, verteenwoordig. Die kliënt het na bewering ook ’n epileptiese aanval gehad terwyl hy probeer het om items in ’n winkel te steel en was reeds onder sterk medikasie vir epilep-sie. Mnyute het op eie inisiatief die winkel waar die voorval plaasgevind het, besoek en ’n skriftelike verklaring van die bestuurder verky wie die kliënt goed geken het. Die bestuur-der was geensins bewus van ’n voorval van winkeldiefstal nie en wou haar nie laat vervolg nie. Hy het ook die kliënt se psigiater besoek en ’n verklaring aan-gaande haar mediese toestand verkry. Al dié dokumente is aan die hof voorgelê en die saak is teruggetrek. So het die kliënt die potensieël ernstige gevolge van ’n skuldigbevinding vrygespring. Landdros Larney de Villiers Opperman het ’n aanbevelings-brief vir Mnyute geskryf waarin hy sê: “Ek het nog altyd mnr. Mnyute se integriteit as mens en as prokureur bewonder en gerespekteer. …Hy is stiptelik, hoflik, goed voorberei, bondig en reguit, en hy het ’n heerlike sin vir humor. …[Die] regbank

vind beslis baat by ’n man van sy kaliber.”

Regshulpraad bekom vryheid vir man wat wederregtelik aangehou is.

Die Regshulpraad het daarin geslaag om geregtigheid en dus ook vryheid te bekom vir ’n man wat wederregtelik 10 jaar lank gevangenisstraf uitgedien het. In 2001 is mnr. N, ’n sersant in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, saam met drie ander mans tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir moord en poging tot moord waaraan hy hom na bewering 11 jaar tevore skuldig gemaak het, toe mnr. N elf jaar oud was. Ten tye van die von-nisoplegging is verlof tot ap-pél geweier. In 2004 het die Hooggeregshofeenheid van die Durbanse Regsentrum namens mnr. N. ’n aansoek om verlof tot appél by die Hooggeregshof ingedien. Dit is toegestaan en in September 2004 is die saak na die volle regbank van die Natalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof ver-wys. Die Regsentrum se Hoog-geregshofbestuurder, advokaat Mbekhwabe Mncwabe het aan die hof getoon dat die regter in sy beoordeling van die feite gefouteer het deur slegs die staatsgetuie se weergawe te

oorweeg. Volgens Mncwabe het hy nie, soos deur die wet vereis word, volle oorweging aan die beskuldigde se weergawe gegee nie wat redelik moont-lik waar kon wees nie. “Ek was oortuig dat die uitspraak ver-keerd was en moes my argument daarvolgens voer”, het advokaat Mncwabe gesê. “Gelukkig het die appélregters met my saam-gestem.” Die Natalse Provinsiale Afdeling het mnr. N vrygespreek, en na meer as 10 jaar in die gevangenis is hy vrygelaat.

BASIESE REëLS TE OPSIGTE VAN SKULD•Voorkoming is beter as om die situasie te probeer herstel•Gesels met jou krediteure•Pasop vir kortpaadjies•Gaan sien ‘n goeie prokureur•Skuld adminitrasie is ‘n duur proses•Wees seker dat jy verstaan wat van jou verwag word asook die gevolge daarvan.

Grocott’s Mail sal hou van Martin Sccoltz te dank en almal by die Presidente se toekennings vir die manier gebruik van hul fotografieke vir verder inligting kontak; The Presidents Awards aan 046 622 7273

Page 24: GROCOTT’S SPESIALE UITGAWE 2009afrihost.grocotts.co.za/files/Afrikaans.pdf · SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPER GM MAART 2009 BLADSY 2 KEN JOU REGTE D ie doeltreffendheid

SOUTH AFRICA’S OLDEST INDEPENDENT NEWSPAPERGM

KEN JOU REGTEMAART 2009 BLADSY 24

HANTERING VAN APPELLESedert 1 Januarie 2004 moet

persone wat in ’n hof aan ’n misdaad skuldig bevind en

van mening is dat die voorsittende beampte (landdros of regter) ’n fout gemaak het, en wil hê dat ’n hoër hof weer na die saak moet kyk, by dieselfde landdros of regter wat by die oorspronklike saak voorgesit het, aansoek doen. So ’n aansoek word ’n aansoek om verlof tot appèl genoem, en dit is hoe daar met ’n appèl begin word. Wanneer ’n hof besluit het dat iemand skuldig is aan ’n misdaad, word daar gesê dat die persoon skuldig bevind is.

Wanneer die hof op ’n straf besluit het, word die persoon gevonnis. As die eerste hof saamstem dat ’n ander hof weer na die saak moet kyk, beteken dit dat die aansoek om verlof tot appèl geslaag het (of suksesvol was). As die hof dink dat ’n ander hof nie anders sal besluit nie, word die aansoek om verlof tot appèl geweier. Die persoon

wat skuldig bevind is en wat die aansoek doen, word die appellant genoem. ’n Appèl is ’n versoek dat ’n ander hof na ’n saak kyk om te besluit of die eerste voorsittende beampte die regte uitspraak gelewer het. Daar sal altyd ’n staatsaanklaer teenwoordig wees om die appèl teen te staan. Die aansoek om verlof tot appèl moet binne 21 dae nadat die vonnis uitgespreek is, aan die landdros of regter oorhandig word. Landdroste hoor aansoeke in die landdroshowe (distriks- sowel as streekshowe) aan, terwyl regters aansoeke in die hoër howe aanhoor (hooggeregshowe en hoogste hof van appél.) ’n Mens kan gewoonlik nie onmiddellik teen ’n skuldigbevinding appelleer nie, maar moet wag tot ’n vonnis uitgespreek is voordat ’n aansoek om verlof tot appèl ingedien kan word. Onder hoogs uitsonderlike omstandighede kan ’n appèl teen ’n skuldigbevinding egter aangehoor word voordat ’n vonnis uitgespreek is. ’n Mens kan

appèl aanteken teen slegs die skuldigbevinding, of teen slegs die vonnis, of teen albei. ’n Appèl is anders as ’n hofsaak. As die appellant ’n regsverteenwoordiger (’n prokureur of advokaat) het, hoef hy nie in die hof teenwoordig te wees nie aangesien sy regsverteenwoordiger namens hom sal verskyn. Die hof sal altyd probeer verseker dat die appellant ’n regsverteenwoordiger het om haar met die appèl by te staan. As die appellant nie kan bekostig om ’n regsverteenwoordiger te betaal nie, kan hy altyd by die Regshulpraad om regshulp aansoek doen. Die kontakbesonderhede vir die Regshulpraad se kantore in die Oos-Kaap verskyn elders in hierdie publikasie. Die regsverteenwoordiger sal die dokument (wat bekend staan as die “betoogshoofde”) waarin die redes waarom die hof die eerste hof se beslissing moet verander, opstel en indien. Hy sal ook die betoog (argument) namens die appellant in die appèlhof voer. Die hofsaak en alles wat daartydens in die eerste hof gebeur het, sal uitgetik word. Dít word die hofrekord genoem. Die appèlhof is volkome gebonde aan die hofrekord, en mag dus nie getuies roep nie behalwe onder uiters ongewone omstandighede. As daar aan jou verlof tot appèl toegestaan is teen die skuldigbevinding óf teen die vonnis, en die appèlhof is van mening dat die vonnis te lig was, kan die vonnis verswaar word, selfs al het jy slegs teen die skuldigbevinding appelleer. Die appèlhof kan dit slegs doen indien dit vóór die appèlsaak die staat en die appellant of sy regsverteenwoordiger in kennis stel dat die appèlhof ’n argument wil hoor waarom die vonnis nie verswaar moet word nie. Die appèlhof kan dus na aspekte van die hofrekord kyk waarna die appellant nie gevra het dat daar gekyk word nie. As die aansoek om verlof tot appèl in die landdroshof onsuksesvol is, kan die appellant ’n versoek indien by die hoof van die hof, wat bekend staan as die regter-president van die hoër hof wat jurisdiksie oor die saak het. As daar in die landdroshof verlof tot appèl toegestaan word, moet jy wag vir ’n datum vir die appèl in die hooggeregshof. Sodra die datum bepaal is, sal die appellant of sy regsverteenwoordiger ’n kennisgewing ontvang wat hulle van die datum van die appèl in kennis stel. Die appèl sal in die hooggeregshof deur twee regters aangehoor word. As die appèl in die hooggeregshof van die hand gewys word, kan ’n versoek aan die hoofregter van die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein gestuur word. As die hoofregter

die versoek weier, word die saak in die howe afgehandel. Die appellant kan nog steeds die Staatspresident om kwytskelding vra. As ’n regter verlof tot appèl in ’n saak in ’n hooggeregshof toestaan, sal die appèl deur ’n volle regsbank aanghoor word, m.a.w. drie regters sal dit gesamentlik aanhoor. As die volle regsbank die appèl van die hand wys, kan die appellant ’n versoek by die hoofregter in Bloemfontein indien. In ’n siviele saak in die landdroshof moet enigiemand wat appèl wil aanteken, of sy regsverteenwoordiger, die landdros eers vra om redes vir die uitspraak te verskaf en dan ’n kennisgewing van appèl indien en die appèl verder volgens wetlike voorskrifte voer. Enigiemand wat teen ’n siviele uitspraak in die hooggeregshof wil appelleer, sal eers verlof tot appèl van die voorsittende regter moet vekry.

“Appèl is ’n versoek dat ’n ander hof na ’n saak kyk om te besluit of die eerste voorsittende beampte die regte uitspraak gelewer het. Daar sal altyd ’n staatsaanklaer teenwoordig wees om die appèl teen te staan. Die aansoek om verlof tot appèl moet binne 21 dae nadat die vonnis uitgespreek is, aan die landdros of regter bestel (oorhandig) word. Landdroste hoor aansoeke in die landdroshowe (distriks- sowel as streekshowe) aan, terwyl regters aansoeke in die hoër howe aanhoor.”

REGVERDIGE VONNIS“Regshulp het my in staat gestel om nie net ’n regverdige verhoor te kry nie, maar ook ’n regverdige vonnis”, het mnr. Richard Kopps, wat aangekla is van aanranding met die doel om ernstig te beseer, gesê. Die klaers was twee seuns van onderskeidelik tien- en elfjarige ouderdom. Die staat het die bepalinge toegepas van Artikel 51 (2) (b) van die Strafproseswet, wat bepaal dat ’n hof ’n vonnis van minstens tien jaar gevangenisstraf vir ’n eerste oortreder in so ’n saak moet oplê. ’n Pleit- en vonnis ooreenkoms kragtens Artikel 105A van die Strafproseswet is aangegaan, en mnr. Kopps het op albei aanklagte skuldig gepleit. Die partye het saamgestem dat daar wesenlike en uitsonderlike omstandighede was waarom die vonnis tot drie jaar gevangenisstraf vir elk van die aanklagte verminder moes word, en dat die twee vonnisse gelyktydig uitgedien moes word. Die formele pleitooreenkoms is deur die hof bekragtig. “Ek was baie tevrede met die uitkoms van die verrigtinge. Geregtigheid sou nie geskied het as mnr. Kopps tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis is nie”, het Mike Burmeister van die Port Elizabethse Regshulpsentrum, wat die beskuldigde verteenwoordig

het gesê.

Die Presidents Toekening vir Jeug Ontwikkeling werk met jong mense tussen die ouderdomme van 14 en 25 jaar in Suid Afrika. Daar word met meer as 300 volwasse vrywilligers nasionaal gewerk. Hul missie is om jong mense te ontwikkel van skole, tronke, residentiële jeug fasiliteite, so wel as gemeenskaps jeug groepe. Dit word gedoen deur ‘n gebalanseerde, nie-kompeterend raamwerk om hul self-beeld te verbeter, sowel as hul kapasiteit om te suskes te bereik in hoegenaamd enige konteks waarin hulle hulself mag vind. Sodoende word daar gesorg dat hulle verantwoordelike burgers in hul gemeenskap word. Serdert 1983 het naastenby 100,00 jong mans van ‘n verskeidenheid sosio-ekonomiese en kulturele agtergrond, hulle verbind aan die program in Suid Afrika.