4
Die nuutste vanaf Owen Wittridge Hello Winter … Hello winter! En hello aan almal van julle! Die winter is hier en ons het gelukkig tot dusver goeie reën gehad. Dis interessant dat ons in die tydperk van Maart tot Junie vanjaar minder reën gehad het as in die- selfde tyd verlede jaar. Daar was meer reëndae, maar die hoeveel- heid reën per dag was minder. Dit is duidelik dat ons waterprobleme nog nie verby is nie en dat ons wa- ter steeds spaarsaam moet gebruik. In die vorige nuusbrief het ek ge- noem dat die roete van die ABSA Cape Epic ook deur die reservaat loop. Whaauw, wat ‘n ervaring! Baie van julle het die gebeure kom dophou en van julle het uitstaande foto’s op die Vriendewebwerf geplaas. Ek het dit geniet om die bystandspan te help en was trots toe die deelne- mers vol lof was na die dag se skof. Almal het gesê dat die skof moeilik maar pragtig was. Ek voel dikwels dat ons as reservaatpersoneel afge- stomp raak in die uitvoering van ons werk en so verstrengel raak in die rompslomp, dat ons nie meer ons asemrowende omgewing raaksien nie. Dankie aan al die Vriende wat gehelp het met voorbereidings om die geleentheid glad te laat ver- loop – ons waardeer dit. Beplan- ning vir die nuwe veeldoelige sentrum is op dreef en ons skakel goed met die projekspan. Die reservaarbestuur het, met die goedkeuring van die Advies- raad, die finale planne vir die ontwikkel- ing, geteken. Die fokus is op ‘n “groen” gebou, waar die idees van ‘n volhoubare leefwyse by die leerders (wat die gebou gaan ge- bruik) ingeskerp kan word. Die “groen” tegnologie wat ons vir die gebou gaan gebuik, gaan die grondslag wees waarop die meeste van die lesse gebaseer gaan word. Dit sluit vermindering van vullis en herwinning, waterbesparing en die verantwoordelike gebruik van elek- trisiteit in. Ek is opgewonde oor die projek en kan nie wag dat dit begin nie. Tans lyk dit asof dit later vanjaar in aanvang sal neem. Ons sal julle inlig soos wat ons vorder. ‘n Groep personeel van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram het by ons aangesluit. Die span van 13 kom van Sir Lowryspas, Firgrove, Strand en Khayelitsha en staan die veldwagters by in verskeie projekte in die reservaat.Ons is dankbaar vir die bykomende hulp en het ‘n aan- tal agterstallige takies afgehandel sedert hulle aankoms. Betreffende die personeel: gelukwense aan Craig Smith, ons vrywilliger by die Opvoedkundige Sentrum. ‘n Jaar- lange kontrak as Omgewingsintern is aan hom toegeken – die Kaap- stadse Omgewingsopvoedkundige Trust betaal daarvoor, befonds deur CATHSETA. Sisipho Yikwani, voor- heen ‘n intern van die Stad, het op hierdie program by Craig aangesluit. Welkom van die Reservaatbestuur en voorspoed aan beide van julle. Ek moet ook “totsiens” sê. Soos meeste van julle weet, gaan Alec Dampies aan die einde van Julie aftree. Alec werk al van 1 Desem- ber 1992 in die reservaat. Hy het begin as ‘n gewone werker en tree af nadat hy vir baie jare as Be- soekersbeheerbeampte opgetree het. Alec ken almal en die meeste mense ken hom. Hy is ‘n waarde- volle lid van ons span en ons sal hom mis. Die Reservaatbestuur saam met die Vriende van die Natuurreservaat wil hom ‘n geseënde aftrede toewens en hom bedank vir sy betrokkenheid en toewyding aan die bestuur van die reservaat. Alec, laat dit jou goed gaan en geniet jou aftrede! Die Vriende sal donasies vir Alec se aftreegeskenk insamel doen asseblief navraag by die besoeker- sentrum. Die Algemene Jaar- vergadering van die Vriende was in Mei. Dit was goed om so baie van julle daar te sien. Die Reservaatbestuur wil erkenning gee aan die die komitee vir hulle

Hello Winter - Helderberg Nature Reserve

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Hello Winter …
julle! Die winter is hier en ons het
gelukkig tot dusver goeie reën
gehad. Dis interessant dat ons in die
tydperk van Maart tot Junie vanjaar
minder reën gehad het as in die-
selfde tyd verlede jaar. Daar was
meer reëndae, maar die hoeveel-
heid reën per dag was minder. Dit is
duidelik dat ons waterprobleme
ter steeds spaarsaam moet gebruik.
In die vorige nuusbrief het ek ge-
noem dat die roete van die ABSA
Cape Epic ook deur die reservaat
loop. Whaauw, wat ‘n ervaring!
Baie van julle het die gebeure kom
dophou en van julle het uitstaande
foto’s op die Vriendewebwerf
geplaas. Ek het dit geniet om die
bystandspan te
die dag se skof.
Almal het gesê dat
rompslomp, dat ons nie meer ons
asemrowende omgewing raaksien
gehelp het met voorbereidings om
die geleentheid glad te laat ver-
loop – ons waardeer dit. Beplan-
ning vir die nuwe veeldoelige
sentrum is op dreef en ons skakel
goed met die projekspan. Die
reservaarbestuur het, met die
die finale planne vir die ontwikkel-
ing, geteken. Die fokus is op ‘n
“groen” gebou, waar die idees van
‘n volhoubare leefwyse by die
leerders (wat die gebou gaan ge-
bruik) ingeskerp kan word. Die
“groen” tegnologie wat ons vir die
gebou gaan gebuik, gaan die
grondslag wees waarop die meeste
van die lesse gebaseer gaan word.
Dit sluit vermindering van vullis en
herwinning, waterbesparing en die
verantwoordelike gebruik van elek-
projek en kan nie wag dat dit begin
nie. Tans lyk dit asof dit later vanjaar
in aanvang sal neem. Ons sal julle
inlig soos wat ons vorder. ‘n Groep
personeel van die Uitgebreide
kom van Sir Lowryspas, Firgrove,
Strand en Khayelitsha en staan die
veldwagters by in verskeie projekte
in die reservaat.Ons is dankbaar vir
die bykomende hulp en het ‘n aan-
tal agterstallige takies afgehandel
sedert hulle aankoms. Betreffende
die personeel: gelukwense aan
Opvoedkundige Sentrum. ‘n Jaar-
lange kontrak as Omgewingsintern
stadse Omgewingsopvoedkundige
CATHSETA. Sisipho Yikwani, voor-
hierdie program by Craig
aangesluit. Welkom van die
aftree. Alec werk al van 1 Desem-
ber 1992 in die reservaat. Hy het
begin as ‘n gewone werker en tree
af nadat hy vir baie jare as Be-
soekersbeheerbeampte opgetree
volle lid van ons span en ons sal
hom mis. Die Reservaatbestuur
Natuurreservaat wil hom ‘n
geseënde aftrede toewens en
en toewyding aan die bestuur van
die reservaat. Alec, laat dit jou
goed gaan en geniet jou aftrede!
Die Vriende sal donasies vir Alec se
aftreegeskenk insamel – doen
sentrum. Die Algemene Jaar-
in Mei. Dit was goed om so baie
van julle daar te sien. Die
Reservaatbestuur wil erkenning
2
en is bevonds met geld wat deur
die Vriende ingesamel is. Elke
komiteelid het tyd opgeoffer om
die Vriendevisie en – missie uit te
leef. Sodoende is die visie en missie
bereik. Ons dank aan ieder en elk
van julle en die lede van julle porte-
feuljes vir julle bydraes en onder-
steuning. Geluk aan die nuwe
komitee – ek is oortuig dat ons lek-
ker sal saamwerk.
van die Helderberg Natuur-
staat stel om ons te ondersteun. Ek
doen ‘n beroep op julle om die
reservaat ook in die winter te be-
soek en te geniet. Alles van die
beste tot ‘n volgende keer.
- Owen Wittridge
Mei, gehou – daar was 55 lede
teenwoordig. Die voorsitter, Penny
kenkundige beampte, het hulle
oor die werksaamhede van die
Vriende oor die afgelope jaar in
samewerking met die reservaat-
bestuur. Roy Ernstzen, Owen
bedank vir hulle ondersteuning.
Stand van die Finansies
sies is gunstig danksy goeie bestuur
deur Alistair Munday, ons tesourier.
Die komitee besluit gesamentlik
word wat uit ledegeld,
Verlede jaar se uitgawes:
keerarea buite die hek
trum om by die nuwe vensterrame
te pas
voltooi
kantoor is verbeter
meer toepaslik en verbruikers-
was daar 5358 betaalde lede en
teen 15 Mei vanjaar het 2680 lede
hul lidmaatskap hernu of aange-
sluit.
O'Halloran, wat die databasis
bauer wat die stelsels op datum
hou.
Besoekersentrum
Ons waardeer dit en sê dankie vir
hulle toewyding oor die jare. Dit
was goed om ‘n paar nuwelinge by
te kry. Dankie ook aan Bev Smith
wat verskeie take in die kantoor
hanteer en ons Facebookbladsy,
tum hou.
die Besoekersentrum en die hoof-
hek mooi ten spyte van die water-
beperkings.
Blomuitstalling
altyd ‘n trekpleister. Linda Wienand
en haar span doen uitstekende
werk om voortdurend die blomme
wat in die reservaat blom, uit te
stal.
en naguitstappies aangebied. Ons
het en Margie Humphris en Bev
Smith wat die reëlings getref het.
Die maandelikse staptogte met
U3A en die Gantouwvoetslaanklub
Uitroeisessies
jaar het die 83 vrywilligers ‘n total
van 26 werkdae se diens gelewer
en ons dank aan die lede van die
Reservaatbestuur wat hulle by-
sistent is Berenice Minnaar. Sowat
18 skole is by die projek betrokke,
maar as gevolg van verhoogde
registrasiefooie, het slegs 8 skole tot
dusver hiedie jaar geregistreer. Lot-
to of eksterne bevondsing is nie
meer beskikbaar om enige skole te
subsidieer nie. Die Vriende onder-
steun steeds die busvonds (H.E.E.P.)
wat leerders na die reservaat of
ander opvoedkundige plekke
iemand of organisasie weet wat
kan help, kontak Freya Brett.
Skemerkonserte
aangebied. Verskeie kunstenaars
Jaarlikse finansiële state
Voorgelê deur Adriaan Roux, Rekenkundige beamp- te. ‘n Kopie van die inkomste - en ba- lansstaat is vir alle lede op versoek
beskikbaar. Kontak die Besoekersentrum of stuur
‘n e-pos aan die Vriende.
3
opbrengs.
groot waardering vir Hendrik
Dieckmann en sy entosiastiese,
sioneel hanteer het.
Vriende en aan die
Vriendekomitee vir hulle onder-
steuning gedurende die afgelope
Facebook en Instagram
Opvoedkundige Sentrumnuus In die 2de kwartaal is ‘n stampvol
biodiversiteitsprogram aangebied:
gram het oorgeloop tot in Junie.
Met ruim bevondsing deur die
Vriende, is hulpmiddels gekoop/
deur die leerders.
wyer gemeenskap. Dankie aan Bev
wat die advertensie op die Vriende
se Facebookblad geplaas het.
insluitend gelukkigetrekking en
21 Aug Flamingo Chicks bedryf reddingspoging
by Kamferdam. - deur Romy Klusener
“Vir al die fotografie-entosiaste,
as jy by ons HNR fotoklub
wil aansluit. (076 676 8145)
In die verlede het die Eko- skole swaar
geleun op bevondsing deur Alston Cor-
poration en die Lotto vir vervoer.
Aangesien hierdie bevondsing gestaak
leerders na verskeie opvoedkundige
het jare lank die nodige finansiële
ondersteuning gekry. Die vonds hou
letterlik die wiele aan die rol en ge-
durende Mei het 5 skole die Reservaat
besoek om biodiversiteitsmaand te vier.
Die klem was op die uitwissing van spe-
sies en die newe-effekte wat dit vir die
planeet het. Die leerders het handaf-
drukke gemaak om hulle verbintenis tot
die bewaring van ons kosbare fauna
en flora te bewys Die busvonds bied
skole ook die geleentheid om verder as
hul onmiddelike omgewing te reis.
Zandvliet Hoërskool het die Koeberg
Kernkragsentrale besoek en die leer-
ders was gefassineerd om te hoor dat
daar baie min gevaar aan die gebruik
van kernenergie is. By Butterfly World
het die graad R-groep van One-Life-
Kids meer geleer oor bestuiwing en die
rol wat insekte speel. Mondeor Eko-
Skool se aspirant wetenskaplikes het ‘n
opwindende oggend by die CT Sci-
ence Centre deurgebring. Geen van
die bogenoemde sou sonder vervoer
moontlik gewees het nie en ons jeug
sou ‘n geleentheid ontneem gewees
het om hul algemene kennis te ver-
beter en om die natuur te beleef. In-
dien jy graag ‘n busrit wil
borg, kontak:
en inwoner van
skemeruitstappie is beplan.
08 Sep: Inheemse Bome begin 08:00
25 Sep: Voëls begin 07:00
29 Sep: Fynbos begin 08:00
23 Okt: Voëls begin 07:00
27 Okt: Medisinale plante begin 8am
Die uitstappies duur ongeveer 3 uur. Deelnemers
ontmoet by Besoeksentrum, is in die onderste gebied
van die reservaat en is nie veeleisend nie. Dra ge-
maklike skoene, hoed en bring iets om te drink
saam.
26 Okt: Nuwemaan/Vuurvliegies
begin 19:00 Die uitstappies duur ongeveer 3 uur, is in die onderste
gebied van die reservaat en is nie veeleisend nie.
Deelnemers ontmoet by die ingang van die reser-
vaat. Dra gemaklike skoene, warm jas, ’n flits en
bring iets om te drink saam.
28 Sep: Skemerpiekniek / Nuwemaan
ontmoet by die Besoeksentrum. Die uitstappie sal
geleidelike klim na die bo-punt van Caracal Trail
behels – matige graad van fiksheid is nodig. Daar-
vandaan sal ons die sonsondergang dophou.
Bring ‘n flits en jou piekniek.
Leiers Andreas Groenewald sal al die uitstappies lei –
behalwe die voëluitstappies wat deur Jill Morti-
mer gelei sal word.
oorplasing gedoen.
gekanselleer word weens weer ens., stuur 'n e-
pos en ons sal u bespreking na ’n ander uitstap-
pie verander.
6 Jul 8.30 West Peak 3C
3 Aug 8.30 2B
7 Sep 7.30 2B
5 Okt 7.30 2B
2 Nov 7.30 3C
Gradering:
1A: maklik, geen bloodstelling nie, Maklik loop op 'n geves– tigde pad met 'n relatief gladde oppervlak.
2B: matig, bietjie bloodstelling, Stap op 'n pad, dikwels rotsag tig (maklike klouter).
3C: moelik, matige bloodstelling, Stap op of sonder 'n pad, gereelde gebruik van hande om op te klim / steil afdraan- des met los klippe/roetes waar goeie balans of sterk en- kels nodig is.
Hierdie staptog- te vind elke
eerste Saterdag van die maand plaas. Ontmoet by Oak Café.
Gepaste skoene is noodsaaklik Bring warm,
waterdigte klere, water (1.5L), ‘n hoed en eet- goed saam.
Vir meer inligting skakel
Uitgegee deur: Die Vriende van die Helderberg Natuurreservaat NWO Registrasie Nr: 062-777-NPO
Posadres: Posbus 2075, Somerset-Wes 7129 E-pos: [email protected]
Besoekersentrum 021 851 4060 Mike Woods Omgewingsopvoedkundige Sentrum 021 444 9745 Webtuiste: www.helderbergnatuurreservaat.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/helderbergnaturereserve