4
1 KOMMUNIKASIEBRIEF 2/2015 25 Maart 2015 Geagte Ouer(s)/Voog(de) Aan die einde van ʼn volgepakte kwartaal wil ons graag u aandag op die volgende tersaaklike inligting plaas. RAPPORTE/AKADEMIESE VERSLAE U kind ontvang vandag ‘n verslag van sy/haar akademiese vordering sodat u ‘n aanduiding kan hê van sy/haar prestasie in die deurlopende assessering (informele-, formele toetse en take) wat tydens die eerste kwartaal plaasgevind het. Neem asseblief kennis dat die rapporte van die eerste en tweede kwartaal nie 100% vergelykbaar sal wees nie omdat die verslag tydens die eerste kwartaal oor min werk was en nie 'n eksamen ingesluit het nie. Die tweede kwartaal se verslag (rapport) is ‘n kombinasie van assesseringstake, siklustoetse en ʼn volledige eksamen. Die hoeveelheid werk waaroor leerders tydens die tweede kwartaal geëksamineer word, sal beduidend ook meer wees in omvang en volume as die afsonderlike assesseringstake en toetse van kwartaal een. Die slaagvereistes van elke toepaslike graad word aan die onderkant van die rapport gedruk Teken asseblief vir ontvangs van die rapport by die toegekende plek in u kind se dagboek. Saam met die rapporte ontvang u ook ʼn verslag van oortredings en meriete. TOETS- EN TAAKROOSTER Die taak- en toetsrooster van die tweede kwartaal word op 14 April 2015 aan die leerders uitgedeel sodat hulle hul werk daarvolgens kan beplan. Hierdie roosters moet in hul dagboeke geplak word en onderwysers en leerders moet streng by dié rooster hou.

Hoërksool Ferdinand Postma Kommunikasiebrief 2/2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kommunikasiebrief 2 van 2015

Citation preview

  • 1

    KOMMUNIKASIEBRIEF 2/2015

    25 Maart 2015 Geagte Ouer(s)/Voog(de)

    Aan die einde van volgepakte kwartaal wil ons graag u aandag op die volgende tersaaklike inligting plaas.

    RAPPORTE/AKADEMIESE VERSLAE U kind ontvang vandag n verslag van sy/haar akademiese vordering sodat u n aanduiding kan h van sy/haar prestasie in die deurlopende assessering (informele-, formele toetse en take) wat tydens die eerste kwartaal plaasgevind het. Neem asseblief kennis dat die rapporte van die eerste en tweede kwartaal nie 100% vergelykbaar sal wees nie omdat die verslag tydens die eerste kwartaal oor min werk was en nie 'n eksamen ingesluit het nie. Die tweede kwartaal se verslag (rapport) is n kombinasie van assesseringstake, siklustoetse en volledige eksamen. Die hoeveelheid werk waaroor leerders tydens die tweede kwartaal geksamineer word, sal beduidend ook meer wees in omvang en volume as die afsonderlike assesseringstake en toetse van kwartaal een.

    Die slaagvereistes van elke toepaslike graad word aan die onderkant van die rapport gedruk

    Teken asseblief vir ontvangs van die rapport by die toegekende plek in u kind se dagboek. Saam met die rapporte ontvang u ook verslag van oortredings en meriete.

    TOETS- EN TAAKROOSTER Die taak- en toetsrooster van die tweede kwartaal word op 14 April 2015 aan die leerders uitgedeel sodat hulle hul werk daarvolgens kan beplan. Hierdie roosters moet in hul dagboeke geplak word en onderwysers en leerders moet streng by di rooster hou.

  • 2

    Onderwysers mag geen uitstel aan leerders gee vir laat inhandiging van take of skryf van toetse nie. Slegs die hoof/adjunkhoof mag in uitsonderlike gevalle toestemming gee. Indien n leerder a.g.v. siekte of n ander geldige rede nie n toets/taak op die toegekende datum of tyd kan skryf of doen nie, moet die hoof/adjunkhoof waar moontlik reeds die vorige dag of vr 08:00 van die betrokke toets- of taakopdragdag geskakel/gespreek word.

    Slegs mediese sertifikaat (uitgereik op grond van n mediese ondersoek, nie n telefoniese mededeling nie) sal as geldige verskoning aanvaar word vir afwesigheid van toetse en take as gevolg van siekte. Leerders moet hierdie mediese sertikate ingee op die eerste dag waarop hulle n die siekte/besering terug is by die skool. Leerders wat nie wettige sertifikate ingee nie, sal nul vir die betrokke toets, assesseringstaak of eksamenvraestel kry. Ouers/voogde moet die adjunkhoof/hoof soos reeds gemeld ook vr 08:00 op die betrokke toetsdag skakel en inlig in verband met die afwesigheid.

    Take wat een dag laat is, word met -5% en take wat twee dae laat is, met -10 % gepenaliseer. Indien take later as twee dae is, word alle punte verbeur. n Mediese sertifikaat dien nie as kwytskelding van die ingee van take nie. Leerders wat a.g.v. n geldige mediese rede (mediese sertifikate) nie n taak op die geskeduleerde datum kan ingee nie, moet dit op die eerste dag terug by die skool wel ingee. Alle leerders moet dus al hul take doen en ingee om te kan slaag.

    EKSAMENROOSTER Die eksamenrooster sal op 5 Mei 2015 aan die leerders uitgedeel word en kopie daarvan sal ook aan die kommunikasiebrief van 15 Mei 2015 geheg word.

    OUERAAND Die oueraand vind op 20 April 2015 plaas. Ons sien daarna uit om l ons ouers by die skool te ontvang.

    Leerders en hul ouers kan personeellede sonder afspraak van 17:30 18:00 ontmoet en volgens afspraak vanaf 18:00 19:30. U kan deur u kind 10-minuut-afsprake met onderwysers maak. Ons tref hierdie reling om te probeer verhoed dat u in lang rye voor personeellede se deure staan. Afsprake word skriftelik deur u as ouer/voog en onderwyser bevestig. U word vriendelik versoek om u afsprake na te kom en onderwysers nie in die vasgestelde afspraaktydgleuf (18:00 19:30) te wil spreek sonder n afspraak nie.

  • 3

    WINTERSKLEREDRAG, SPORTDRAG EN HARE Die dra van wintersdrag is verpligtend vanaf 4 Mei tot 28 Augustus 2015. Die rels in verband met leerders se hare en algemene voorkoms geld vanaf die eerste dag van elke kwartaal. Leerders moet te alle tye aan alle voorkomsrels voldoen wanneer hulle die skooluniform dra.

    Die dra van skoolsweetpakke is verpligtend op LO PT-dae. Vanjaar is dit op dag een. Bestel asseblief dring vir u kind sweetpqk indien hy/sy nog nie een het nie. SS Skooldrag het vanjaar vergunning gemaak en met die bestelling kan u die keuse uitoefen tussen twee soorte voerings: baie warm en minder warm. Neem asseblief kennis dat leerders onder geen omstandighede hul skoolsweetpakbaadjies by hul formele skooldrag mag dra nie. Leerders moet skooltruie en hul kleurbaadjies (blazers) saam met hul formele skooldrag dra gedurende die winter. Dogters dra swart langbroeke wat slegs by SS Skooldrag gekoop mag word of die gewone skoolromp saam met swart lycrasykouse.

    PULSE PLESIERIG AAN DIE OEFEN Daar word baie hard onder die professionele leiding van Chris Steyn (regisseur) aan die musiekblyspel, HONK! geoefen. Die speelvak is 18 tot 21 Augustus. Teken hierdie datums gerus in u dagboek aan.

    Die Pulse-ouers word opreg bedank vir hul volgehoue ondersteuning en die lede van Pulse verdien veer uit die hoed vir hul deurlopende toewyding, getroue oefening en uitnemende harde werk.

    Die lede wat reeds hul R80-ledegeld betaal het, word bedank en daar word vriendelike, dog dringende beroep op diegene wat nog nie betaal het nie, gedoen om onverwyld te betaal. Die fondse word aangewend vir dekor en versnaperinge tydens lang oefensessies.

    Volgepakte oefenskedule lvoor en almal word bedank vir hul positiewe ingesteldheid en samewerking.

    SPORTTOER NA SPORTWENI Die eerste- en o/14-netbalspanne toer tydens die Aprilvakansie van 7 tot 11 April na Sportweni in Margate. Hierdie toer is gemik op die finale voorbereiding en afronding vir die ligawedstryde wat tydens die tweede kwartaal plaasvind.

    Die dogters word sterkte toegewens en opregte dank aan Me. van Jaarsveld, Geldenhuys en Mnr. Geldenhuys wat hulle vergesel.

  • 4

    CHRISTIANA-NAWEEK Die rugby- en netbalspanne gaan vanjaar die naweek van 17 April Christiana toe. Ons gaan kamp by Christiana on Vaal en speel Saterdag rugby en netbal teen Christiana. Die koste beloop R250,00 per spanlid en sluit alles vir die naweek in. Ouers is welkom om saam te kom kamp. Skakel gerus vir Brenda by 072 450 5708 om u kampplek te bespreek.

    LANDLOOPDATUMS Landloopatlete moet asseblief op die volgende belangrike ligadatums let:

    Datum Liganommer Klub/Skool Dorp 16 Mei 2015 Liga 1 Goudkop Primr Klerksdorp 23 Mei 2015 Liga 2 + Interprov. NWU-Pukke Potchefstroom 30 Mei 2015 Liga 3 La Hoff Primr Klerksdorp 6 Junie 2015 Liga 4 Wolmaransstad Primr Wolmaransstad 25 Julie 2015 Liga 5 Ottosdal Atl.klub Ottosdal 1 Aug. 2015 Liga 6 Promosa Atl.klub Potchefstroom 8 Aug. 2015 Liga 7 Namaste At.klub Klerksdorp 15 Aug. 2015 Liga 8 Noordvaal Primr Orkney 22 Aug. 2015 ACNW Kamp. NWU-Pukke Potchefstroom 12 Sept. 2015 SA Kamp. Mpumalanga Middelburg

    SPELOLIMPIADE Ferdies se jaarlikse spelolimpiade in beide Afrikaans en Engels vind vanjaar onderskeidelik op Donderdag, 16 April (Afrikaans) en Maandag, 20 April (Engels) plaas. Ouers word vriendelik versoek om die belangrikheid van keurige spelling op hul kinders se harte te druk.

    TEN SLOTTE Mag die blaaskans van die komende vakansie welverdiend wees! Vriendelike Ferdiegroete. ____________________ A.J. LABUSCHAGNE HOOF