Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
17
HOOFSTUK 2 DIE FUNKSIONERING VAN 'N
OMGEWINGSENTRUM
In die vorige hoofstuk is die agtergrond tot 'n
omgewingsentrum bespreek. In hierdie hoofstuk word aandag
geskenk aan die manier waarop data versamel is, insameling
van die data en die resultate van die data. Elke aspek wat
ondersoek is, word individueel bespreek.
Die navorsingsvoorstel behels die insamel van data ten einde
vas te stel in welke geval 'n omgewingsentrum as
omgewingsbestuursinisiatief vir die Noord-Kaapprovinsie
(Upington) kan realiseer. Voortvloeiend uit die voorstel
word die volgende sub-probleme identifiseer:
• Die funksionering van omgewingsentrums in Suid-Afrika;
hierdeur word die toepaslikheid van 'n omgewingsentrum
aan die hand van bestaande sentra se funksionering,
geëvalueer.
• Kenmerke van Upington in die Noord-Kaapprovinsie; waar
bepaalde omgewingsprobleme vasgestel word.
• Houding-, gesindheid- en aktiwiteitsbepaling van die
plaaslike inwoners (in die Upington omgewing).
• Hoedanig 'n omgewingsentrum in die Noord-Kaapprovinsie
kan realiseer.
18
2.1 DATA-INSAMELING: WERKSWYSE
Insameling en verwerking van data word hanteer met die doel
om antwoorde te verkry ten einde vas te stel of 'n
omgewingsentrum as bestuursinisiatief vir die Noord-
Kaapprovinsie kan realiseer.
Die navorsingsverloop word saamgevat in die vloeidiagram
soos uitgebeeld in Figuur 1.
ORIëNTERING - omgewing - onderwys - probleemstelling - omgewingsbestuursperspektief - omgewingsentrum
Literatuurstudie Onderhoude
DIE FUNKSIONERING VAN OMGEWINGSENTRUMS
Literatuurstudie Onderhoude Besoeke
UPINGTON, DIE RIVIERSTAD - kenmerke van die gebied - identifiseer omgewingsvraagstukke - aktiwiteits- en gesindheidsinligting
van plaaslike inwoners
Literatuurstudie Besoeke aan gebied Onderhoude Vraelyste Foto's
ANALISE
Vraelysontleding met behulp van statistiek, tabelle en diagramme
SINTESE - oorsig oor studie - analise - gevolgtrekkings - samevatting
Foto's
FIGUUR 1: Diagrammatiese voorstelling van werksmetodologie
19
Die insameling van die data is onder die volgende punte
hanteer:
• Funksionering van omgewingsentrums in Suid-Afrika
• Kenmerke van die Noord-Kaapprovinsie (Upington)
• Profiel oor die plaaslike inwoners
2.2 DIE FUNKSIONERING VAN OMGEWINGSENTRUMS IN
SUID-AFRIKA
Om te bepaal of 'n omgewingsentrum as omgewingsbestuurs-
inisiatief in die Noord-Kaapprovinsie kan realiseer, is die
volgende inligting oor bestaande omgewingsinstellings en
–programme ingesamel:
• tipes bedryfsaktiwiteite van die instellings,
• betrokkenheid van verskillende rolspelers by die sentra,
• omgewingsbestuursbeginsels wat binne 'n omgewingsentrum
aangespreek word, en
• omgewingsvraagstukke wat aangespreek moet word.
Sekondêre bronne, soos boeke, tydskrifte, foto's en kaarte,
is met die insameling van data gebruik. Primêre inwinning
van data het deur middel van besoeke aan die gebied geskied.
Onderhoude is met kundiges op verskillende vlakke gevoer.
Waardevolle inligting wat nie in konvensionele bronne
aangedui word nie is so bekom.
Data van 44 natuursentrums en/of parke is oor 'n tydperk van
vyf jaar ingesamel. Sommige van die sentrums staan in gewone
20
omgangstaal nie as omgewingsentrums bekend nie. Hulle is
meer bekend as nasionale parke, gemeenskapsentrums,
natuurskole, avontuursentrums, inligtingsentrums en
omgewingsprojekte. Inligting bestaan in sommige gevalle nie
in geskrewe boekvorm nie en is slegs in brosjures
beskikbaar. Dit bevat egter belangrike inligting oor die
visie en missie van die betrokke sentra en is deur die
navorser as waardevol beskou.
Inligting is aan die hand van die volgende vrae, wat as
riglyne gedien het, ingewin:
• Wat is die vertrekpunt van 'n bepaalde omgewingsentrum?
• Wat is die sentrum se uiteindelike doel?
• Wat was die ontstaansrede vir die sentrum?
• Watter programme word deur die sentrum aangebied?
• Hoe word fondse gegenereer?
• Hoe sien die personeelsterkte en personeelopleiding
daaruit?
• Bestaan daar terugvoeringsprosedures van individue wat
die sentrum besoek het?
• Het die sentrum oor jare 'n verandering ondergaan?
• Watter omgewingsbeginsels word deur die sentrum vanuit 'n
omgewingsperspektief nagestreef?
Op grond van die verkreë antwoorde is die sentra in drie
verskillende kategorieë geplaas. Hierdie kategorieë is
saamgestel deur die ouderdom, doel, teikengroepe,
programmatuur sowel as bemarkingseffektiwiteit as kriteria
te gebruik.
21
Dit het gelei tot die indeling in drie basiese groepe,
naamlik:
• 'n kategorie een-instelling
• 'n kategorie twee-instelling en
• 'n kategorie drie-instelling.
2.2.1 KATEGORIE EEN-INSTELLING
Sentra wat onder hierdie groep sorteer het baie onlangs
(ongeveer 5 jaar oud) gerealiseer. Die groep vertoon
kenmerke soos:
ONTSTAANSREDE - om basiese behoeftes aan te spreek
- ‘n vorm van inkomste vir die inwoners te
genereer
- ontwikkelling van vaardighede sodat inwoners
hulself kan bemagtig
DOEL VAN DIE SENTRA
Alle moontlike belangstelling word ontlok om
instandhouding van natuurlike hulpbronne te
verseker en om die kwaliteit van lewe van alle
inwoners te verbeter
TEIKENGROEP
Alle inwoners, ongeag hul vlak van geletterdheid
22
AKTIWITEITE/PROGRAMME
Programme word aangebied om bewusmaking oor
omgewingsvraagstukke aan te wakker
PERSONEELSTERKTE EN
-OPLEIDING
Min permanente werkers met heelwat tydelike
werkers. Opleiding word verskaf soos die behoefte
ontstaan
GENEREER VAN FONDSE
Fondse word bewillig deur betrokkenes in die
omgewing, soos inwoners, boere, formele sektore
soos banke, nie-regeringsorganisasies en donasies.
Kompetisies, aktiwiteite soos karnavalle ens. word
geloods om fondse te in. Sommige buitelandse
groepe belê ook in sentrums.
VOORBEELDE VAN SODANIGE
SENTRUMS
- Bethel Gemeenskapsentrum
- Schoemansdal Omgewingsentrum
- Borakalalo Park
- Wildlewe Navorsingsentrum, Pelindaba.
2.2.2 KATEGORIE TWEE-INSTELLING
Sentra wat onder hierdie groep sorteer vertoon 'n ryke
geskiedenis van omgewingsbetrokkenheid. Die groep bied ook
'n wye verskeidenheid aktiwiteite aan. Dit word soos volg
saamgevat:
Uit bogenoemde word die volgende sake beklemtoon:
23
24
25
26
27
28
Uit bogenoemde word die volgende sake beklemtoon:
• Alle omgewingsinstellings het onstaan weens 'n
spesiefieke rede, wat op bepaalde behoeftes in die
omgewing gebaseer is. Mettertyd het die aktiwiteite en
ontwikkeling van sentra 'n rimpeleffek getoon: groei het
plaasgevind, verdere ontwikkeling is gestimuleer en
groter uitbreiding het plaasgevind. Alle sentra het
'groeipyne' ondervind, maar tyd en betrokkenheid was
deurgaans die deurslaggewende faktor vir sukses.
• Al bogenoemde sentra se aktiwiteite sluit nou by die
doelwitte van die plaaslike, nasionale en internasionale
omgewingsbeleide aan. Sodoende word verseker dat wette,
beleide, prosedures en programme in ooreenstemming met
wêreldstandaarde is. Doelwitte word voortdurend hierby
aangepas om volhoubare ontwikkelingsmetodes toe te pas en
daarvolgens te leef. Daar word inderdaad na 'n balans
tussen menslike behoeftes en die behoeftes van die
omgewing gestreef.
• Die sentra onderskryf die UNESCO (1989:7) doelwit oor
omgewingsvraagstukke '… aims to foster clear awareness of
and concern about economic, social, political and
ecological interdependence in urban and rural areas, to
produce every person with opportunities to acquire the
knowledge, values, attitudes, commitment and skills
needed to protect and improve the environment and to
create new patterns of behaviour of individuals, groups
and society as a whole towards the environment'.
29
• Kultuurbetrokkenheid word nie misken nie. Dit bevestig
die siening van Saveland (1976:197) wat beweer dat ‘…
According to the law of creativity, each child sees
himself as an individual different from all others. The
goal of education is not to achieve an acceptable mean,
or to level the differences; on the contrary, diversity
constitutes a richness to be encouraged'.
• Omgewingsinstellings word normaalweg bedryf as 'n
Maatskappy 21-instelling. 'n Raad van verteenwoordigers
vorm die topbestuur. Hierdie raad verteenwoordig
verskillende vlakke in die samelewing, soos
universiteite, formele sektore, ekonome, regslui en
diegene wat 'n opregte omgewingsbelangstelling toon.
Inligting ingewin rakende die veranderinge wat omgewings-
instellings kan ondergaan en die terugvoeringsprosedures wat
bestaan, word kortliks bespreek.
2.2.4 HET SENTRUMS OOR JARE VERANDERINGE ONDERGAAN?
Die antwoord op hierdie vraag is veral gevind onder die ouer
groep omgewingsentrums. Daar was inderdaad 'n verandering
te bespeur. Klem is vroeër jare slegs op omgewingsbewaring,
uitwissing van bedreigde spesies en die aanspreek van
omgewingsvraagstukke gelê sover dit die natuurlike geraak
het.
Nie net het daar 'n verandering ingetree ten opsigte van die
omgewingvisie nie, maar ook ten opsigte van die toeganklik-
30
heid van sentrums vir alle inwoners van Suid-Afrika.
Voorheen was dit slegs toeganklik vir 'n groep bevoorregtes.
Ander veranderinge wat navore getree het, is die toenemende
betrokkenheid van inwoners in die gebiede. Klem word ook
op toerisme, bemagtiging van inwoners, gesamentlike
fondsgenerering en die ontwikkeling van kulturele diversi-
teit van alle rolspelers in die betrokke gebied gelê.
Beeton, in Shongwe (1996:75) dui op 'n soortgelyke
bevinding, met '… if we go back to how the Centre started
and got going, originally it was looking purely at nature
and conservation of nature and the programmes offered ten
years ago focused on those two and over time we have moved
to focus more on the broader environment…'.
Die verandering word deur Beeton in Shongwe (1996:75)
verklaar deur die beklemtoning wat tans val op '… educating
our youth of all races…'.
'n Verdere verandering word soos volg beskryf: '… involving
the target group in physical exercises, we require the
individual to perform certain actions personally, which
illustrate the concepts of soil formation, uses of soil,
erosion; water cycle, uses of water, water pollution; food
chains and ecology, land pollution, water pollution, over
stocking of land, uses of resources, land use practises…’
(Gold Fields Programme Outline, 1990:5).
Ivan Yaholnitsky was een van die stigterslede van die Bethel
'Business and Community Centre' en het met 'n paar
hulpbronne in 'n verafgeleë gebied, te midde van
grootskaalse omgewingsagteruitgang en armoede, groot sukses
31
behaal, deurdat hy die gemeenskap by hul omgewing betrek
het.
Advies vir die oprigting van omgewingsentrums1 kan soos volg
saamgevat word:
• 'the secret is to start small and to persevere
• the community should be involved at every step along the
way so that the end result belong to them and not to
outside funders'.
Bogenoemde stellings beklemtoon dat omgewingsinstellings
groei en verander net soos die gemeenksap se behoeftes
verander.
Daar bestaan terugvoeringsprosedures by die omgewings-
instellings. Dit word aangewend om voortdurende behoefte-
bepaling en aanpassings te maak om die effektiwiteit van die
instellings te bevorder.
Elke sentrum het 'n eie manier ontwikkel waarin terugvoering
oor 'n afgelope besoek, kursus, konferensie en/of
bemagtiging gegee kan word. Sommige verslae word deur die
groepe as geheel voltooi ander weer deur die individu.
Sommige sentrums nooi besoekers uit om hul besoeke in die
vorm van sketse, kompetisies, inkleurkaarte, modelle of
foto's aan te dui. Negatiewe kommentaar word ook waardeer,
veral omdat dit as aanduiding vir verbetering dien. Hierdie
terugvoering is egter baie subjektief. Daar bestaan baie
min wetenskaplik-gedokumenteerde bevindings oor die
evaluering van sodanige programme.
1 Persoonlike mededeling: D. Beeton. Delta Omgewingsentrum: 1999.
32
In wese streef elke sentrum deur eiesoortige program-
aanbiedinge breë omgewingsbeginsels na wat vervolgens genoem
word.
2.2.5 OMGEWINGSBEGINSELS WAT AANDAG GENIET
Verskillende omgewingselemente en hul onderlinge verwant-
skappe vorm die basis van omgewingsopvoeding by die
verskillende sentra. Om die mens toe te rus met kennis,
vaardighede, evalueringsvermoë en betrokkenheid oor
omgewingsake, is die volgende beginsels uit die ingesamelde
data geidentifeseer wat in omgewingsprogramme en –beleide
voorkom:
• Alle lewende en nie-lewende dinge is van mekaar en hul
omgewing interafhanklik.
• Die mens is die grootste faktor wat plant-en-dier en
omgewingsprosesse manipuleer en affekteer.
• Omgewingsbestuur behels die toepassing van kennis oor 'n
wye spektrum dissiplines.
• Omgewingsbestuur het 'n effek op individue en sosiale
instellings.
• Die moderne mens is die grootste beïnvloedingsfaktor van
die strukture in sy omgewing.
• Estetiese hulpbronne en ontspanningsfasiliteite, hetsy
33
van ekonomiese of nie-ekonomiese waarde, raak toenemend
in vryetydsbestedingsaktiwiteite belangrik.
• Sosiale en tegnologiese veranderinge kan veranderinge in
verhoudinge, belangrikheid en gebruike van natuurlike
hulpbronne veroorsaak.
• Hulpbronagteruitgang kan vertraag word deur die
ontwikkeling en toepassing van alternatiewes.
• Die mens se behoefte aan voedsel, minerale en brandstof
verhoog sodra die bevolkingsgroei verhoog, wat gevolglik
druk op die natuurlike hulpbronne verhoog.
• Bestuur berus op tegniese en wetenskaplike navorsing wat
toegepas word om 'n bepaalde doelwit te bereik.
• Die bestuur van hulpbronne is direk aan die kultuur
verbind.
• Nageslagte en toekomstige generasies moet steeds van die
bestaande bronne kan gebruik maak.
• 'n Groot verskeidenheid institusionele strukture is by
beplanning en bestuur van die omgewing betrokke.
• Beskikbare vervoer, verhoogde belangstelling, voldoende
fondse en verhoogde ontspanningstyd plaas groot druk op
bestaande ontspanningsfasiliteite en vereistes ontstaan
dus vir nuwes.
34
• Buitelug-ontspanning is 'n toenemende belangrike deel
van die mens se kultuur en die ekonomie.
• Die ekonomie van 'n streek hang af van die gebruik van sy
natuurlike, menslike- en kulturele hulpbronne en
tegnologie oor 'n lang periode.
• Ekonomiese bemagtiging en effektiwiteit eindig nie
noodwendig in die bewaring van die natuurlike hulpbron
nie.
• Individue is geneig om eerder korttermyn ekonomiese
winste te selekteer en nie die duurder langtermyn
omgewingsvoordele nie.
• Die keuse tussen die behoeftes en begeertes is dikwels in
konflik met mekaar (Saveland, 1976; Fuggle & Rabie,
1996).
• Aanvraag en voorsiening in ooreenstemming met die waardes
wat deur 'n gemeenskap gehandhaaf word, bepaal wat as 'n
hulpbron beskou word, en watter ekonomiese waarde daaraan
geheg word.
• Natuurlike hulpbronne is interafhanklik en die gebruik of
misbruik van 'n hulpbron sal 'n ander beïnvloed.
• Hernieubare hulpbronne as basis kan verleng word deur
hersirkulering, hernude groei en effektiewe bestuur.
35
• Natuurlike hulpbronne word geaffekteer deur en affekteer
dan die materiële welvaart van 'n gemeenskap; so ook
word die natuurlike hulpbron direk of indirek geraak
deur filosofie, godsdiens, regeringsbeleid en die kunste.
Bogenoemde beginsels word in programme implementeer om mense
toe te rus sodat hulle op verskillende vlakke en terreine
kan funksioneer in hul verskeie omgewings. Hierdeur word
gepoog om 'n bevolking te ontwikkel wat bewus is van en
besorgd is oor die omgewing en sy verwante probleme en om
individue toe te rus om oplossings vir huidige probleme te
vind.
2.3 SAMEVATTING
'n Omgewingsentrum streef daarna om gedragsverandering,
waardeverandering, insigverandering en denkverandering by
verskillende rolspelers te bewerkstellig: by die
professionele sowel as gewone lede van 'n gemeenskap.
Om hierdie strewe te verwerklik word 'n basiese 'plan van
aksie' geloots. 'n Baie eenvoudige plan kan die volgende
praktiese stappe inhou:
- elke lid van die gemeenskap word op een of ander wyse met
deelname aan 'n aktiwiteit gekonfronteer;
- besorgdheid is die volgende stap: hierdie aksie moet die
individu so aanspreek dat dit diepe besorgdheid
veroorsaak vir òf die natuur, òf die mens òf beide;
36
- hierna moet daar tot aksie oorgegaan word. Hierdie aksie
geskied nie lukraak of onwillekeurig nie. Dit word in
samehang met ander aktiwiteite en doelwitte gerealiseer.
Dit word in balans met inhoud, vaardighede, tegnieke en
beskikbare hulpbronne uitgebou.
Die missie, doelwitte, programme, teikengroepe en beskikbare
personeel word so aangewend dat dit uiteindelik tot
volwassenheid oor omgewingsake lei. Op hierdie wyse word
individue bemagtig. Hierdie bemagtiging kan ook op
verskillende vlakke en in diepte verskil, dit kan vergelyk
word met 'n kursus oor 'n aantal jare. Sodra daar van die
basiese wegbeweeg word, word daar na die intermediêre en dan
na die gevorderde inhoude, gevorder.
Dit word gedoen sodat:
- alle miskonsepsies wat individue oor mekaar se kulture
het uit die weg geruim word,
- inligting oor die staat waarin die gemeenskap verkeer
uitgeruil kan word;
- die gemeenskap hulself in oënskou met die wêreld kan sien
en oriënteer, en
- kultuur as die manier waarop die mens hul op die aarde
organiseer om 'n bepaalde bestaanswyse te voer, gesien
kan word.
'n Omgewingsentrum vervul die funksie waarin mense bymekaar
gebring word – mense uit verskillende kulture, milieu's en
agtergronde, hetsy plaaslik, nasionaal of internasionaal.
37
In hierdie hoofstuk is die funksionering van
omgewingsinstellings ondersoek. Elke instelling het die
behoeftes van die onmiddellike gemeenskap op die hart. Net
soos die gemeenskap ontwikkel en verander, verander die
instelling sy doel en doelwitte. Die uiteindelike doel wat
nagestreef word is om gedragsverandering by die individu te
bewerkstellig, sodat dit in verantwoordelike optrede sal
resulteer. Op hierdie wyse word individue bemagtig.
'n Omgewingsentrum kan samevattend opgesom word as 'n medium
wat gebruik word om alle hulpbronne deur die 'bril' van 'n
totaliteitsbenadering te bevorder.
38