63
26 HOOFSTUK 2 DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS Hoofstuk 2 fokus op die geskiedenis van Suid-Afrika. Die agtergrond word belangrik geag aangesien dit al die voorouers geraak het, elk op sy eie unieke manier. Die oplewing van die nasionalistiese gevoel in die 1900s kan slegs werklik waardeer en verstaan word as die geskiedenis kernagtig gelees en die geheue weer verfris is. Hoewel hierdie Brinklyn geen direkte deelname in die Groot Trek of die Eerste Vryheidsoorlog nie gehad het nie, het hierdie gebeure wel ‘n invloed later op die familie gehad. Hoofstuk 2 fokus ook kortliks op die fyn maar tog kritiese verskil tussen die groepering Afrikaner en Boer 1 . 2.1 Die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie Jan van Riebeeck het uit Nederland op 24 Desember 1651 met vyf seilskepe, De Drommedaris (die vlagskip), De Reijger en De Goede Hoop vertrek. Die drie skepe seil Tafelbaai op 6 April 1652 binne en op 8 April gaan Van Riebeeck aan wal. De Walvis en De Oliphant, wat oorspronklik deel van die konvooi sou uitmaak, bereik die Kaap egter eers op 7 Mei 1652. Nie minder nie as 130 bemanningslede van laasgenoemde twee skepe sterf op see en baie is siek by hulle aankoms aan die Kaap. Alhoewel die eerste Blankes, 90 in totaal, in 1652 aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, het hulle nie hierheen gekom as setlaars nie. Hulle was Nederlanders wat 'n verversingstasie vir hulle skepe wat na en vanaf die Ooste reis, kom vestig het. Kaapstad 2003 Die VOC het nie in die kolonilisering van die Kaap belang gestel nie, maar dit het gou duidelik geword dat die amptenary nie die boerdery op 'n groot genoeg skaal sou kon behartig nie. Na aanleiding van Van Riebeeck se vertoë, stem die Here XVII op 30 Oktober 1655 in dat vryburgers toegelaat word om op sekere voorwaardes te boer. Die belangrikste hiervan was dat hulle hul produkte teen vasgestelde pryse aan die VOC moes verkoop. Van Riebeeck het geskikte amptenare aangemoedig om vryburgers te word en in Februarie 1657 is die eerste vrybriewe uitgereik aan nege wat die voorwaardes aanvaar het. Ten ooste van die Amstel Rivier (later die Liesbeeck) is die nedersetting 't Groene Velt en aan die westekant De Hollantsen Thuijn uitgelê. Vyf vryburgers is in 't Groene Velt (ook as Harman's Kolonie bekend) en vier in De Hollantsen Thuijn (bekend as Steven's Kolonie) gevestig. Die groep by 't Groene Velt sou hoofsaaklik graan verbou terwyl dié by De Hollantsen Thuijn hulle op graan en vrugte sou toespits. Albei groepe moes ook met beeste, varke, ganse, eende en hoenders boer. 1 Die term “Boer” was deur Goeweneur van der Stel in 1707 gebruik as hy na sy vyande in die boerdery gemeenskap verwys het. Bron: History of South Africa, p10 deur WJ de Kock, uitgegee deur die Departement van Inligting in 1971.

HOOFSTUK 2 DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS · rede vir Nederlanders om hulle welvarende land te verlaat en immigrasie na die Kaap het baie stadig plaasgevind. 'n Aantal Duitsers het

  • Upload
    others

  • View
    25

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

26

HOOFSTUK 2

DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS Hoofstuk 2 fokus op die geskiedenis van Suid-Afrika. Die agtergrond word belangrik geag aangesien dit al die voorouers geraak het, elk op sy eie unieke manier. Die oplewing van die nasionalistiese gevoel in die 1900s kan slegs werklik waardeer en verstaan word as die geskiedenis kernagtig gelees en die geheue weer verfris is. Hoewel hierdie Brinklyn geen direkte deelname in die Groot Trek of die Eerste Vryheidsoorlog nie gehad het nie, het hierdie gebeure wel ‘n invloed later op die familie gehad. Hoofstuk 2 fokus ook kortliks op die fyn maar tog kritiese verskil tussen die groepering Afrikaner en Boer1. 2.1 Die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie Jan van Riebeeck het uit Nederland op 24 Desember 1651 met vyf seilskepe, De Drommedaris (die vlagskip), De Reijger en De Goede Hoop vertrek. Die drie skepe seil Tafelbaai op 6 April 1652 binne en op 8 April gaan Van Riebeeck aan wal. De Walvis en De Oliphant, wat oorspronklik deel van die konvooi sou uitmaak, bereik die Kaap egter eers op 7 Mei 1652. Nie minder nie as 130 bemanningslede van laasgenoemde twee skepe sterf op see en baie is siek by hulle aankoms aan die Kaap. Alhoewel die eerste Blankes, 90 in totaal, in 1652 aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, het hulle nie hierheen gekom as setlaars nie. Hulle was Nederlanders wat 'n verversingstasie vir hulle skepe wat na en vanaf die Ooste reis, kom vestig het.

Kaapstad 2003 Die VOC het nie in die kolonilisering van die Kaap belang gestel nie, maar dit het gou duidelik geword dat die amptenary nie die boerdery op 'n groot genoeg skaal sou kon behartig nie. Na aanleiding van Van Riebeeck se vertoë, stem die Here XVII op 30 Oktober 1655 in dat vryburgers toegelaat word om op sekere voorwaardes te boer. Die belangrikste hiervan was dat hulle hul produkte teen vasgestelde pryse aan die VOC moes verkoop.

Van Riebeeck het geskikte amptenare aangemoedig om vryburgers te word en in Februarie 1657 is die eerste vrybriewe uitgereik aan nege wat die voorwaardes aanvaar het. Ten ooste van die Amstel Rivier (later die Liesbeeck) is die nedersetting 't Groene Velt en aan die westekant De Hollantsen Thuijn uitgelê. Vyf vryburgers is in 't Groene Velt (ook as Harman's Kolonie bekend) en vier in De Hollantsen Thuijn (bekend as Steven's Kolonie) gevestig. Die groep by 't Groene Velt sou hoofsaaklik graan verbou terwyl dié by De Hollantsen Thuijn hulle op graan en vrugte sou toespits. Albei groepe moes ook met beeste, varke, ganse, eende en hoenders boer.

1 Die term “Boer” was deur Goeweneur van der Stel in 1707 gebruik as hy na sy vyande in die boerdery gemeenskap verwys het. Bron: History of South Africa, p10 deur WJ de Kock, uitgegee deur die Departement van Inligting in 1971.

27

Die arbeidstekort het egter voortgeduur en na oorweging van verskeie voorstelle, word die eerste groep van 174 slawe op 28 Maart 1658 aan boord die Amersfoort ingevoer. Op 6 Mei 1658 kom 'n verdere groep van 228 slawe met die Hasselt in die Kaap aan. Na 'n verblyf van ongeveer tien jaar vertrek Van Riebeeck en sy gesin op 7 Mei 1662 na die Ooste waar hy sy diens by die VOC in Malakka, Maleisië, (tans Melaka), Maleia en Batavia, tans Djakarta, Indonesië voortgesit het. Zacharias Wagenaar het op 6 Mei die bewind aan die Kaap by Van Riebeeck oorgeneem. Jan van Riebeeck is op 18 Januarie 1677 op 58 jarige ouderdom in Batavia oorlede. Nadat die verversingstasie aan die Kaap gevestig is, was dit egter 'n ander groep Europeërs wat 'n kern van ware setlaars in die Kaap gevorm het. Hulle het met ander woorde gekom met die doel om aan die Kaap te vestig. Hierdie setlaars is afkomstig van verskeie Europese lande soos Duitsland en Frankryk en 'n paar ander lande. Baie van hierdie mense was Protestante en het as vlugtelinge weens godsdiensvervolgings in Suid-Afrika aangekom. Die meeste kom uit Frankryk asook die weste van Duitsland, en die laaglande van die provinsie Holland in Nederland weens die Rooms-Katolieke vervolgings in daardie tye. Hierdie golf van Protestanse immigrasie het gelei tot die vestiging van 'n sterk Protestantse geloof in Suid-Afrika en tot die einde van 21 ste eeu die oorheersende Christelike geloofsoortuiging in Suider-Afrika. Met die uitbreek van die oorlog tussen Nederland en Engeland, verander die VOC sy beleid ten opsigte van die Kaap. Vanweë die Kaap se strategiese belangrikheid op die handelsroete na Indië word besluit om die nedersetting se verdediging op te knap. Die Kasteel, ‘n fort, wat deur Wagenaar herbou en vergroot is, word voltooi en die garnisoen aansienlik versterk. Die ekstra uitgawe noop egter die Here XVII om die burgerbevolking te probeer vermeerder om sodoende die garnisoen te verklein - dit kon 'n groot besparing beteken. Daar was egter weinig rede vir Nederlanders om hulle welvarende land te verlaat en immigrasie na die Kaap het baie stadig plaasgevind. 'n Aantal Duitsers het oor die jare aan die Kaap gevestig - sommige as soldate - en teen die einde van die 17de eeu was tussen een-sesde en een-vyfde van die Kaapse koloniste van Duitse afkoms. Van Riebeeck is deur 'n aantal kommandeurs opgevolg wat vir kort termyne aan die Kaap gedien het en nie veel tot die nedersetting se ontwikkeling kon bydra nie. Die koms van Simon van der Stel in 1679 het 'n nuwe tydvak ingelui waartydens die kolonie aansienlike groei ondervind het. Sy vlytigheid word in 1685 beloon toe die VOC aan hom 'n groot plaas skenk, Constantia, en hom in 1691 bevorder na Goewerneur van die Kaap. Toe Simon van der Stel diens aanvaar aan die Kaap, bestaan die nedersetting uit 'n aantal plase aan die voet van Tafelberg, die Kompanjiesposte by Saldanhabaai, Hottentots-Holland en Tygerberg en 'n paar verspreide opstalle van boere wat tydelik in die binneland gevestig was. Slegs sowat 22 burgergesinne lê hulle ernstig op akkerbou toe. Van der Stel vestig nuwe nedersettings by Stellenbosch en Drakenstein. Waar veeboerdery aanvanklik 'n bybedryf aan die Kaapkolonie was, het vryburgers om verskeie redes hulle meer en meer op veeboerdery begin toespits. Vanweë 'n oorproduksie het dit, veral na 1700, steeds moeiliker geword om 'n afset vir wyn en graan te vind terwyl veeboerdery 'n gunstiger toekoms gehad het. Dit was ook goedkoper om 'n veeboerdery te begin. Simon van der Stel se seun, Wilhem Adriaen van der Stel, wat sy pa in 1699 as goewerneur opgevolg het, het anders as sy pa, veeboerdery aangemoedig. Na klagtes deur die vryburgers oor Wilhem Adriaen van der Stel en ander amptenare se privaatboerdery en verwaarlosing van hulle pligte, word hy en sy mede-beskuldigdes in 1707 deur die VOC ontslaan en na Nederland teruggestuur.

28

Veeboere, later as trekboere bekend, het weggetrek van die Kaap op soek na goeie weivelde. Namate veetroppe in getalle toegeneem het en die bestaande weivelde uitgeput geraak het, het boere al verder van die bewoonde gebiede getrek. Die bewind aan die Kaap het dié uitbreiding probeer stuit deur grense te bepaal, maar dit het nie geslaag nie. Nuwe landdrosdistrikte is geproklameer, byvoorbeeld Swellendam in 1745 en Graaff-Reinet in 1786, wat dui op die VOC se onvermoë om die beweging te keer. Die veeboere het op 'n vroeë stadium met die Boesmans (Khoisan) begin bots. Dié nomadiese volk het nie geplant of vee aangehou nie, maar hoofsaaklik van wild gelewe wat hulle met hulle boë en gifpyle platgetrek het. Hulle het veeboere se plase aangeval, boere en veewagters vermoor, plaashuise afgebrand en vee geroof of vernietig. Die eerste burgerkommando is in 1715 op die been gebring om die Boesmans te stuit en in 1739 word kommandodiens verpligtend. Daar is voortdurend vergeldigingstogte teen die Boesmans geloods. Hierdie konflik het gelei tot onenigheid met die Xhosas en die Hottentotte. Die laaste dertig jaar van die 1700s word deur 'n bloedige guerilla-oorlog vol haat en bitterheid gekenmerk. Jagters, handelaars en trekboere het reeds omstreeks 1702 met die Xhosa in die oostelike gebiede kennis gemaak. Gedurende die 1770s begin die trekboere en die Xhosa meeding om weiding in die Suurveld wes van die Visrivier. Goewerneur Van Plettenberg besoek die oosgrens, sedert 1771 was dit die Gamtoosrivier, en poog deur samesprekings met die Xhosa om die Visrivier as grens tussen die VOC se gebied en dié van die Xhosa te vestig. Alhoewel 'n paar hoofmanne hiertoe instem, steur die meeste van die Xhosa hulle nie aan die ooreenkoms nie. Verhoudinge tussen die trekboere en die Xhosa versleg vinnig en in 1779 breek 'n grensoorlog uit. Die Xhosas roof baie vee en strafkommando's tree in 1779 en 1780 teen hulle op. Die VOC benoem die boer Adriaan van Jaarsveld tot kommandant aan die oosgrens, met die opdrag om die Xhosa uit die Suurveld te verdryf. Sy kommando, bestaande uit boere en Khoikhoi voer die opdrag uit en konfiskeer vee van die Xhosa. Die onrus en plundertogte duur voort en die burgers raak bitter ontevrede met die landdros, Honoratus Maynier, se hantering van die grensprobleme. Hy rapporteer in 1794 aan die Politieke Raad dat die gerugte oor Xhosa-strooptogte die gevolg is van die burgers se begeerte om die Xhosa aan te val om hulle eie veegetalle aan te vul. Op 4 Februarie 1795 ruk burgerleiers, onder andere Marthinus Prinsloo, op na Graaff-Reinet en dwing Maynier om die distrik te verlaat, en 'n waarnemende regering word aangestel. Dieselfde lot tref die landdros van Swellendam, Anthonie Faure, toe 'n sestigtal burgers op 17 en 18 Junie 1795 onder leiding van Petrus Delport die drosdy beset en hom en sy ondersteuners hulle ampte laat neerlê. Op dié wyse kom die Colonie van Graaff-Reinet en die Colonie van Swellendam tot stand. Hoewel die Kompanje se seggenskap afgeskud word, erken die kolonies egter die vrye Republiek van Nederland. Gedurende die 1700s werk verskeie faktore mee tot die verswakking van Nederland se onafhanklike en welvarende posisie: � Die Nederelandse vloot se heerskappy op die handelsroetes kom tot 'n einde. Engeland en

Frankryk se invloed brei uit en hulle word doeltreffende mededingers op handelsgebied. � Tydens die Vierde Anglo-Nederlandse Oorlog (1780 tot 1784) dien Engeland die

Nederlandse vloot 'n vernietigende nederlaag toe.

29

� Die interne konflik tussen die Patriotte en die ondersteuners van die koningshuis van Oranje, lei tot inmenging van Frankryk en Pruise.

� Die Patriotte neem die leisels in Nederland oor en dwing Willem V om na Engeland te vlug.

� Die Nederlandse Republiek word deur die Bataafse Republiek (1795 tot 1806) vervang waartydens Nederland 'n protektoraat van Frankryk word.

As gevolg van hierdie verwikkelinge word die Kaap van minder belang vir die Nederlanders. Die VOC en alles wat daarmee gepaard gaan word ontbind. Daarna sou die Kaapkolonie deur verskeie rondtes van Britse en Nederlandse besettings gaan. Die eerste Britse besetting duur van 1975 tot 1803. 'n Britse vloot onder admiraal Elphinstone met troepe onder die bevel van generaal Craig kom in Junie 1795 in Simonsbaai aan. Gerugsteun deur 'n brief van Willem V, die Prins van Oranje, uit Engeland, versoek hulle om die Kaap in beskerming te neem teen 'n moontlike aanval deur die Franse. Toe kommissaris-generaal Sluysken, in oorleg met die Politieke Raad weier om die besetting toe te laat, loop dit uit op konflik en die verdediging aan die Kaap word tot oorgawe gedwing. Hiermee verdwyn die VOC se gesag vir goed. Dit is dié tydperiode waarin Johannes (b7) en Cornelis Brink (b7c5), voorouers van hierdie Brinklyn gelewe het. Die distrikte van Swellendam en uiteindelik ook Graaff-Reinet onderwerp hulle aan die Engelse bewind aan die Kaap waar generaal Craig aanvanklik as militêre bewindbebber optree. In 1797 neem graaf McCartney oor as goewerneur met generaal Francis Dundas as ondergoewerneur en bevelvoerder van die troepe. Die versoeningspolitiek van die Engelse en die herverskyning van die gehate Maynier veroorsaak 'n chaotiese toestand aan die oosgrens. Baie Hottentotte voeg hulle by die Xhosas en verwoestende plundertogte op boereplase volg. Die boere tree weer teen Maynier op en hy word terugverplaas Kaap toe. Teen die einde van die Engelse bewind is die toestand aan die oosgrens in 'n harwar. Honderde huise en plase was afgebrand en verlate. ‘n Bitter vyanskap tussen boer en Hottentot kenmerk verhoudinge. Die Xhosa beset groot dele van die koloniale gebied in die ooste en baie grensboere swerf weswaarts met hulle gesinne en vee. Vir die tweede keer in ‘n betreklike kort periode verander die besetting aan die Kaapkolonie en staan dit bekend as die Bataafse bewind vanaf 1803 tot 1806. Na die ontbinding van die VOC is die Committé tot de zaken van den Oost-Indischen Handel in die lewe geroep wat in 1800 vervang word deur die Raad van Aziatische Zaken en bezittingen. Dié raad is direk ondergeskik aan die staatsbewind en verantwoordelik vir die administrasie van die inkomste uit die Betaafse Republiek se koloniale besittinge. Na die Vrede van Amiens op 28 Maart 1802 kry kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist, lid van die Asiatiese Raad, opdrag om die Kaap van die Engelse oor te neem en die bestuur en administrasie te reël. Jan Willem Janssens2 word in 1803 goewerneur van die Kaap en die Politieke Raad en die Raad van Justisie word heringestel. De Mist stig die distrikte van Uitenhage (uit dele van Graaff-Reinet en Swellendam) en Tulbagh (uit die noordelike deel van Stellenbosch). Die Bataafse bewind kon nie die probleme op die oosgrens met beslistheid aanpak nie en die Xhosas het steeds die Suurveld beset. Die oorlog tussen Engeland en Frankryk word hervat en Napoleon se plan om Engeland binne te val word gefnuik. 'n Britse vloot land troepe aan Blauwberg onder bevel van generaal-majoor Baird wat die Nederlanders verslaan; Kaapstad word aan die Engelse oorgegee en die tweede Britse besetting neem in aanvang. 2 Die finale ondertekening vind plaas op die Brink plaas Knorhoek, eiendom van Johannes Justinus Brink (b7c14), sien hoofstuk 3. Seun van hierdie Brinklyn se voorvader, Johannes Brink (b7).

30

Die tweede Britse besetting kan gerieflikheidshalwe in 'n aantal fases opgedeel word. Voorlopige besetting van 1806 tot 1814. Die eerste burgerlike goewerneur van die nuwe bewind, graaf Caledon, het aan die hoof van die uitvoerende, wetgewende en regtelike gesag gestaan. Dié outokratiese regeringsvorm maak nie eers vir 'n raadgewende liggaam voorsiening nie - die goewerneur regeer deur middel van proklamasies en is slegs aan die minister van Kolonies in Londen verantwoordelik. Die groot afstand tussen die Kaap en Engeland beteken egter dat beheer vanuit Londen weinig beteken het. Caledon verdeel die kolonie in kleiner distrikte, herverdeel sommiges en stel assistent-landdroste aan. Die oostelike deel van Swellendam word bv die aparte distrik, George. In 1809 maak Caledon die Hottentotte onderhewig aan die koloniale wette. Hulle word as onderdane van die staat beskou, maar as 'n spesiale klas met beperkte vryheid. Op 16 Mei 1811 stel Caledon die Rondgaande Howe in - 'n kommissie van die Hooggeregshof moes die verskillende drosdye van tyd tot tyd besoek en sake verhoor wat buite die regspraak van die landdroste gelê het. Caledon se grensbeleid misluk toe hy nie kans sien om die Xhosas terug te dryf oor die Visrivier nie en roof en moord deur plunderende indringers bly aan die orde van die dag. Sir John Cradock wat Caledon in 1811 as goewerneur opvolg, besef dat militêre optrede nodig is om die toestand op die grens te bestendig. Hy stuur luitenant-kolonel. Graham om met 'n mag bestaande uit Britse soldate en 'n kommando koloniste om die Xhosa sistematies terug te dryf. Teen 1812 is dié doel bereik en Cradock rig 'n aantal bemande forte op langs die Visrivier met die nuwe dorp, Grahamstad as hoofkwartier. Die Britse regering keur nie Cradock se militêre optrede goed nie en Lord Liverpool, minister van kolonies gee opdrag dat hy die klagtes oor mishandeling van Hottentotte ondersoek en die skuldiges swaar straf. Die sendeling, Read, moes getuienis insamel en 'n groot aantal koloniste van die distrikte van Graaff-Reinet, Uitenhage en George word aangekla. Vanweë die groot aantal sake waarin swartes die klaers is word na die rondgaande hof as die Swarte Ommegang verwys. Die koloniste beskou hierdie gebeure as 'n belediging en die regters vind dat Read en Van der Kemp nagelaat het om die opgekookte klagtes deeglik te ondersoek. As gevolg van die Swarte Ommegang versleg die verhouding tussen die koloniste en die Britse bewind aansienlik. Permanente besetting in 1814. Die einde van die Napoleontiese oorloë word deur die vrede van Parys verseël waarvolgens Nederland, onder andere, die Kaap aan Brittanje oorgee. Lord Charles Somerset word in 1814 goewerneur aan die Kaap en sy outokratiese inslag word dadelik duidelik. Die Slagtersnek-rebellie met sy verreikende gevolge vind vroeg gedurende sy bewind plaas. Frederik Bezuidenhout, 'n boer in die vallei van die Baviaansrivier word deur Hottentot-soldate doodgeskiet. 'n Aantal grensbewoners kom in opstand, sommige word doodgeskiet, andere word verban, beboet en tronk toe gestuur. Vyf boere word opgehang ten spyte daarvan dat die galgtou met die eerste probeerslag breek. Hierdie gebeure lei tot baie Afrikaners se blywende weersin in die Britse bewind. Aan die oosgrens het onrus steeds gebroei en toe Somerset kant kies tussen strydende stamme breek 'n verdere grensoorlog uit. Die swartes word verjaag en 'n bufferstrook word gevestig met 'n reeks forte langs die Keiskamma.

31

Lord Charles Somerset en latere goewerneurs stel verskeie maatreëls in om die kolonie te verengels. Hollands as taal van die howe en die regeringskantore word stelselmatig met Engels vervang. Engelse en Skotse predikante en onderwysers word ingevoer in 'n poging om die proses onder die koloniste te versnel. Alhoewel die stedelike inwoners die beleid van verengelsing in die staatsdiens nie sterk teengestaan het nie, het die pogings om Hollands in die kerk en onderwys te neutraliseer, protes uitgelok. Die poging om die kolonie te verengels kry 'n hupstoot met die aankoms van 3,124 Britse Setlaars in 1820 deur die bemiddeling van die Britse regering. Dié immigrante word meestal in die Suurveld tussen die Boesmans- en die Visrivier gevestig om 'n goedkoop verdediging van die oosgrens te vestig. Die Setlaars belewe aanvanklik heelwat ontbering en kom in botsing met Somerset wie se bewind as tiranniek en korrup bestempel word. Na Somerset se vertrek neem generaal Richard Bourke waar as goewerneur. Dr John Philip, superintendent van die Londense Sendinggenootskap se stasies in Suider-Afrika, beïnvloed Bourke om alle wette te herroep wat swartes belet om die grens oor te steek. Niemand word nou toegelaat om gesteelde vee terug te neem nie en alle militêre ekspedisies word gestaak. Ordonnasie 50 bepaal dat Hottentotte, Boesmans en vrye gekleurdes toegelaat word om grond te besit en beperkings ten opsigte van beweging, woonreg, lewenswyse, ens., word opgehef. Dié wetgewing maak egter nie voorsiening vir die beskerming van koloniste teen rondswerwers en leeglopers nie. Die aanhou van slawe het 'n belangrike rol in die ekonomie van die Kaap vervul; teen die tyd van die permanente Engelse besetting was etlike duisende slawe in die koloniste se diens. Vanaf 1816 word wetgewing oor die aanhou van slawe periodiek geproklameer wat vir die eienaars 'n groot irritasie word. Uiteindelik loods die Britse parlement in 1833 'n wet wat slawerny vanaf 1836 in hulle kolonies tot niet maak. In 1834 word 39,021 slawe aan die Kaap getel en hulle waarde word bepaal. Aanvanklik word 'n redelike aantreklike vergoeding aan eienaars belowe, maar dit loop op 'n fiasko uit. Teen 1835 word aangekondig dat die skadevergoeding drasties verminder word en dat eienaars hulle uitbetalings in Londen in ontvangs moet neem. Administrasiekostes wat gehef word, vreet nog verder in die beperkte bedrae wat uitbetaal word en die kolonie se inwoners ly ernstige skades wat sommige verarm. Die goewerneur, Sir Benjamin D'Urban, sien die noodsaaklikheid van wetgewing teen leeglopery van die vergrote getal vry gekleurde bevolking in, maar is magteloos solank Ordonnansie 50 geld en dr Philip en sy ondersteuners die Britse regering se vertroue geniet. Gedurende 1834 neem die onrus op die oosgrens in intensiteit toe. Xhosas neem hulle intrek in die neutrale gebied en veediefstalle vind op gereelde basis plaas. Op 21 Desember 1834 val nagenoeg 12,000 tot 15,000 swartes die kolonie binne, vermoor 'n aantal boere, brand honderde huise af en steel groot getalle perde, beeste en skape. Grensboere verlaat hulle plase om skuiling te soek in Grahamstad en in laers. Sir Benjamin D'Urban stuur luitenant-kolonel Harry Smith om die verdediging op die grens te organiseer en hy volg ‘n ruk later om self die opperbevel van die magte wat hy gemobiliseer het, oor te neem. Die veldtog teen die Xhosas is suksesvol en D'Urban annekseer die gebied tussen die Keiskamma en die Kei en noem dit die Province of Queen Adelaide. Alhoewel sommige groepe swartes in die gebied toegelaat word, woon hulle daar onder die gesag van luitenant-kolonel Harry Smith. Onder invloed van dr Philip en Andries Stockenström se propagandaveldtog in Engeland en hulle getuienis voor die Aborigines Committee, stel Lord Glenelg, die nuwe minister van kolonies, Andries Stockenström aan as luitenant-goewerneur met die opdrag om die verhoudinge tussen blank en swart op 'n verdragstelsel, en nie vergelding nie te grond. Glenelg regverdig die

32

plunderaars se geweldadige optrede en gee die koloniste en die Kaapse gesagsvoerders die skuld vir die onrus. D'Urban se grensreëlings word omvergewerp en die geannekseerde Province of Queen Adelaide word aan die swartes teruggegee. Lord Genelg se ongewilde uitsprake en reëlings is vir baie grensboere die laaste strooi. Baie gesinne tref voorbereidings om die binneland in te trek - plase word verkoop of verruil, kosvoorrade en kleding word aangekoop en kruit en lood vir die gewere word aangeskaf. Die owerhede tref verskeie maatreëls om die trek te probeer stuit. Eers word wetlike stappe ingestel en toe probeer D'Urban die voornemende Trekkers paai deur toegewings te maak betreffende skadevergoeding en veiligheid. Beperkings word op die hoeveelheid lood en kruit geplaas wat elke persoon mag vervoer, maar die Trekkers vind maniere om dié items te bekom. Niks kan die Trek nou meer keer nie en in 1835 was die uitwaartse tog in volle swang. Die geskiedenis oor die beheer van Suid-Afrika kan soos volg opgesom word: � 6 April 1652 Kaapkolonie, geadministeer deur die VOC � 16 September 1795 Brittanje annekseer die Kaapkolonie � 5 Maart 1797 Kaapkolonie word amptelik ‘n Britse kolonie � 21 Februarie 1803 Kaapkolonie onderbeheer van Nederland � 10 Januarie 1806 Britse herannekseer die Kaapkolonie � 13 Augustus 1814 Nederland dra offisieël die Kaapkolonie aan Brittanje oor � 31 Mei 1910 Kaap, Natal, Oranje Vrystaat en Transvaal verenig as ‘n Unie � 31 Mei 1961 Republiek van Suid-Afrika word uitgeroep. 2.2 Die vrou en die algemene samelewing Vanuit die staanspoor was daar aan die Kaap veel minder vroue as mans gewees. In Jan van Riebeeck se geselskap van 90 mense was daar slegs ses getroude vroue gewees. Skaarste aan vrouegeselskap sou voortduur tot aan die einde van die 18de eeu. ‘n Studie van die opgaafrolle van die Kaapkolonie bring die volgende gegewens aan die lig:

Jaar Getal mans Getal vroue 1702 418 242 1718 691 390 1788 3,481 2,440 1793 4,032 2,730

Simon van der Stel was verontrus oor die gebrek aan die balans tussen vroue en mans en het die Here XVII se aandag verskeie kere hierop gevestig. In April 1687 skryf hy aan die Kamer van Amsterdam dat die meeste van die jong mans in Stellenbosch ongetroud is en dat hulle deur die huwelik tot 'n suiniger en bedaarder lewe gebring kan word. Hy vra dus dat 'n aantal jong dames van goeie wandel en arbeidsame aard en verkieslik uit die armer dele van Nederland, na die Kaap gestuur moet word omdat hulle hier goed sal aanpas. Die skaarste aan Europese vroue het ondermeer veroorsaak dat sommige mans met slavinne getroud is. ‘n Studie van die 1731 sensus toon dat 59 persent van Kaapse Europese mans en 51 persent van die plattelandse mans egter nooit getrou het nie. Van die Brink voorgeslagte het almal met Europese vrouens getrou. Hoewel die vrouens se familielyne nie almal gekontroleer is nie, dui rekords daarop dat die Snymans en die Möllers wel slawebloed het, sien die skoonfamilie van Arend (b7c5d3e9). In 1807 het slegs 5 persent van ‘n verteenwoordigende steefproef van dooplinge in die Reformeerde en Lutherse Kerk gekleurde grootouers gehad.

33

Oujongnooiens aan die Kaap was ongewoon. Enige hubare vrou wat aan die Kaap aangekom het, is feitlik onmiddellik getroud. Toe die vryburgers aan die Kaap hulle voete begin vind het, het hul vrouens, dogters, niggies en ander familielede na die Kaap laat kom. Die aansoekers om vrybriewe is vriendelik deur die VOC versoek om hulle vrouens of beloofde vrijsters uit Nederland so spoedig moontlik te laat kom. Dit is vanselfsprekend dat die Nederlandse bydrae tot die populasiegetal die grootste sal wees, omdat die Kaap tot in 1795 onafgebroke onder Nederlandse beheer was. Die Nederlanders het vroegste op die toneel verskyn en daarom is families van Nederlandse herkoms die talrykste in Suid-Afrika. Die deurslaggewende faktor is egter die feit dat die Nederlandse stammoeders in die meerderheid was. Die feit dat die meeste vroue aan die Kaap van Nederlandse afkoms was, het op die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuur ‘n uiters belangrike invloed gehad, ook wat die taal betref, want gewoonlik praat die nageslag die taal van die moeder. Dit is trouens ook dié vroue wat in die huis die oorgeërfde omgangsvorme, sedes en gewoontes, volksgebruike, rympies, raaisels, volksverhale en huislike feeste soos huweliksvierings en doopfeeste in stand gehou het. Ook op die gebied van die godsdiens speel die vrou ‘n belangrike rol omdat sy die kinders van kleins af met die Bybel en godsdiens vertroud gemaak het. Dit was waarskynlik die groot rede waarom die kern en grondslag van wat later die Afrikanervolk sou word, Nederlands sou wees. Daar moet egter onthou word dat 'n groot persentasie van die mans aan die Kaap wel Duitsers was. Die sindelikheid en hardwerkendheid van die Nederlandse huisvrou van die 16de en 17de eeu het al spreekwoordelik geword. Daar is in die voorjaar, najaar, weekliks en daagliks, totdat alles van helderheid kraakte skoon gemaak en gewerk. Die Nederlandse vrou was ook bekend vir haar godsdienstigheid en getroue kerkbywoning en vir die hoë peil van haar sedelike lewe. Die dogters is baie streng opgevoed en was skugter en ingetoë. Die Nederlandse vrou was ook liggaamlik sterk. Vroue uit die werkersklas het harde fisiese werk gedoen en onder meer kruiwaens met sand gestoot en met die maak van strate gehelp. Vir die dogters was die swaarste arbeid 'n nietigheid. Met gemak is die groot swaar emmers tot bokant die kop opgetel. Na 'n bevalling was 'n vrou meestal na ongeveer nege dae weer op die been en aan die werk. In die loop van die 17de en 18de eeu het daar 'n ononderbroke stroom Duitse immigrante in die Kaap aangekom, sodat daar teen die einde van die 18de eeu tussen 1,400 en 1,500 Duitsers in die land was. Onder die groot aantal Duitsers was daar baie min vroue. Uit 'n totaal van 233 stammoeders vanaf 1657 tot 1747 noem Heese, ‘n bekende genealogiese navorser, dat slegs 19 Duitse vroue is. Dit is opvallend dat baie vroue wat die Kaap bereik het, op ‘n ongewenste manier, naamlik as verstekelinge op skepe aangekom het. Waarskynlik moet dit toegeskryf word aan desperaatheid om die armoede en swaarkry van hul vaderland te ontvlug. Dit het ongetwyfeld 'n hoë mate van persoonlike moed vereis om die gevaarlike seereis na die Kaap aan te durf sonder om te weet wat aan die einde daarvan wag. Wat durf en deursettingsvermoë betref, was hierdie vroue 'n aanwins vir die jong kolonie gewees. Opvallende eienskappe van die Franse Hugenotefamilies was, was dat hulle kinderryk was en nog lank by voorkeur onder mekaar getrou het. Bloedvermenging met ander volke het ook minder onder die Franse voorgekom. Die Franse vrou het bygedra tot die godsdienstigheid, wellewendheid, blymoedigheid, vernuftigheid en welsprekendheid, wat gewoonlik aan die Franse toegeskryf word. Die Kaap was as gevolg van sy ligging minder geïsoleerd as wat verwag kon word. Skepe uit Nederland, Engeland en Frankryk het gereeld in die hawe van

34

Kaapstad anker gegooi, terwyl offisiere en soldate in Kaapstad huisvesting gesoek het. Dit is bekend dat baie Kaapstadse huisgesinne betalende gaste gehuisves het. Die gevolg was dat Europese modes, gebruike, danse en musiek aan die Kaap oorgedra was. Die lewe van die VOC amptenare was gekenmerk deur amper ongelooflike weelde, prag en praal. Kultuurhistoriese museums in die Kaap en in ander dele van Suid-Afrika besit ryk erfenis van oorgeblewe meubels, ingevoerde glaswerk, porselein, koper, juwele en Kaapse silwer uit hierdie tydperk. Geskiedskrywers maak melding van die pragtige huise, swierige en modieuse kleredrag, spoggerige koetse en oorvloedige maaltye. Daar word bygevoeg dat die skyn van welvaart en rykdom by vele uit klatergoud bestaan as gevolg van die kwynende posisie van die VOC. aan die einde van die 18de eeu. Dit is dus geen wonder nie dat die Prag- en Praalwette uitgevaardig is nie. Die talryke beperkings het onder andere ook die vrou geraak, so byvoorbeeld is dames wie se man 'n rang as onderkoopman en laer beklee het, is nie toegelaat om syklere met sy geborduur of fluweel skouermantels te dra nie, terwyl die boete op die dra van 'n sleeprok Rds25 was. Gedurende die laaste twee dekades van die agtiende eeu het die swier en weeldesug 'n hoogtepunt bereik, as gevolg van die aanwesigheid van 'n Franse regiment aan die Kaap weens die uitbreek van die Vierde Engelse oorlog in 1780. Die teenwoordigheid van die Franse het nie slegs tot 'n ekonomiese oplewing gelei nie; ook op sosiale gebied was die Franse invloed onmiskenbaar, sodanig so dat besoekers na Kaapstad as 'n klein Parys verwys het. In die tyd is talryke huise gebou en die Kaaps-Hollandse boukuns het 'n hoogtepunt bereik. Swierige plaashuis in die Drakensteinse gebied

Daar is interessante navorsing oor die tipe persoon wat na die Kaap toe gekom het. Ad Biewenga, ‘n Nederlandse navorser, het ondersoek ingestel na die geskooldheid van nuwe burgers in Suid-Afrika. Hy het die Stellenboschdistrik vir die jaar 1704 nagevors en bevind dat 49 persent van die manlike en 42 persent van die vroulike burgers kon lees of skryf.3 ‘n Groot persentasie was dus nie ongeskoolde vlugtendens nie. Vir mense wat al soveel smart, hartseer en ontvlugtings moes deurmaak, was die

lewe in diens van die VOC beslis ‘n kans tot uitkoms gewees. Met dit as agtergrond kan daar alreeds ‘n begrip ontwikkel word waarom die stamvaders so hoë premie geplaas het op wet en orde en hul gevolglike hantering van die slawe. Ook moet in gedagte gehou word dat gedurende die VOC tyd vasgestel is op die relatief rype ouderdom van 25 jaar of met huwelik. Mense jonger as 25 jaar kon vir veniam aetati vra, dit wil sê die reg om hul eiendom self te bestuur. Dit was ook die wetlike beginsel in Nederland. (Met die Engelse oorname het die wetgewing in 1806 verander na 21 jaar of met ‘n huwelik.) En wie was die eerste persoon volgens opgetekende rekords wat homself ‘n Afrikaner genoem het? Hendrik Bibouw. Volgens Hermann Giliomee, skrywer van The Afrikaners, was Hendrik in Maart 1707 in 'n onderonsie met landdros Starrenburgh van Stellenbosch gewikkel. Hendrik

3 Sien www.sun.ac.za/afrndl/tna.

35

Bibouw en sy drie vriende Jan Cloete, Hans Beijer en Matthys Greef was lawaaimakers en dronkaards. Hulle het wild met hulle perde op en af in die strate gejaag het en geskreeu en tekere gegaan. Jan Cloete het ook die vrou van Simonsz uitgeskel as 'n dame van losse sedes. Met Bibouw se astrante houding teenoor Starrenburgh, het hy gesê dat hy nie sal swyg nie. In die woordewisseling het Bibouw gesê: …ik wil niet lopen, ik bin een Afrikaander, al slaat de landrost mijn dood… Die politieke betekenis hiervan was dat Bibouw homself nie meer wou beskou as 'n setlaar Hollander wat deur die VOC uit Amsterdam deur 'n landdros in Stellenbosch regeer word nie. Hy het homself as inheems beskou en wou onafhanklik wees. Die geskiedkundige voorval eindig waar Starrenburgh vir Bibouw met ‘n rottang slaan en Bibouw dit probeer gryp, Dirk Simonsz wie se vrou uitgeskel was, sy sabel uittrek met die gevolg dat Bibouw toe weghardloop. Hendrik Bibouw het ten tye van sy oorlye langs Douwe Gerbrantsz Steyn en Maria Lozee gewoon, asook langs die vryswartes Louise en Domingo van Bengale en Maria Hansdochter, 'n vrygestelde slafin. Hy het ook 'n kind by 'n slaaf gehad. Die eerste Afrikaner was dus maar ‘n wille man in meer as een opsig gewees. Regspleging het egter op ‘n vreemde en brutale manier plaasgevind. Die VOC het van baie strafmetodes gebruik gemaak. Vrouens wat owerspel pleeg is aan 'n paal vasgebind en verwurg. Terwyl haar minaar met 'n skerp paal in sy anus opgesteek was, en moes op die paal sit totdat hy dood was. Mense was in sakke gestop en in die see gegooi om te verdrink. Moordenaars en dié wat skuldig was aan sodomie op skepe, is vasgebind aan hulle slagoffer of makker en in die see gooi. Die VOC het mense aan die Kaap verbrand. Andere was in stukke geskeur, of hulle tonge was uitgesny, ore afgesny. Mense se mae was oopgesny en die ingewande was uitgetrek. Andere se straf was dat hulle vleis afgeskeur was met vuurwarm ystertange en swat hulself moes eet. Daar was gevalle waar vuurkole op mense se monde en tonge geplaas was. Hande was afgekap. Geen wonder die voël Jan Fiskaal is genoem na die Fiskaal van die VOC nie. Die Fiskaal was die volgende betaal vir sy hande werk: � Breek van bene Rds12 � Slaan met warm ysters Rds4 � Brand met warm ysters Rds12 � Onthoofding Rds8

� Hang Rds8 � Verwurg Rds6 � Martel Rds10 � Afkap van hand Rds4.

Daar is onsekerheid of die donker middeleeue se strafmetodes erger was as dié wat toegepas was deur die VOC aan die Kaap. Erger in die opsig dat meer gestraf was? Erger omdat daar meer pyn aan verbonde was? Dit is amper soos om te sê dat iemand kies Kaapstad eerder as Cape Town. Beroepe wat die vryburgers in die VOC verrig het vir die periode 1657 tot 1705 en die aantal persone betrokke by die werk. Dit gee 'n mens die geleentheid om Andries se posisie wat hy in die VOC beklee het na waarde te skat: Senior amptenare Goewerneur 1 Onderkoopman 1 Boekhouer 1 Assistent 4 Adelborst 33 Chirurgyn 3 Krankbesoeker2

Dienaars Landmeter1 Kuiper 1 Saalmaker 1 Wamaker 2 Klipkapper 1 Messelaar 3 Houtkapper 1 Timmerman 1 Tuinier 3

36

Stalmeester 1 Wadrywer 2 Kok 1 Koksmaat 1 Slagter 2 Beroepsoldate Luitenant 1 Vaandrig 2

Sersant 3 Korporaal 6 Landspassaat 1 Soldaat 223 Bosschieter 33 Konstabel 1 Konstabelsmaat 1 Trompetter 1

2.3 Die vestiging van die Kerk Dit word algemeen aanvaar dat die eerste gemeente aan die Kaap met die volksplanting in 1652 tot stand gekom het. In die begin moes die koloniste egter met die dienste van 'n godsdiensonderwyser en sieketrooster Willem Wylant tevrede wees. Die eerste nagmaalsbediening aan die Kaap word op 12 Mei 1652 deur 'n besoekende leraar, ds Johannes Backerus, waargeneem. Die eerste doop word egter meer as ‘n jaar later op 24 Augustus 1653 vir die eerste keer aan die Kaap bedien. Uiteindelik, nadat die volksplanting goed op dreef gekom het, besluit die Here XVII in Amsterdam om die eerste voltydse leraar in die Kaap aan te stel. Op 18 Augustus 1665 land ds Johannes van Arckel in Tafelbaai. In ds Van Arkel se dienstermyn het dit ook nodig geword om 'n houtgebou as kerk te gebruik. In Desember 1665 is die gebou van 'n steengewel en 'n vloer voorsien. Later, in 1672, is die eredienste in die “Kat”-raadsaal van die Kasteel gehou. Die eerste volwaardige kerkgebou, waarvan die boukoste 'n som van £2,200 beloop het, is eers in ds Petrus Kalden se dienstyd, op 6 Januarie 1704, ingewy.

Ds Petrus van der Spuy was die eerste gebore Afrikaner wat predikant geword het. Gedurende 1704 is besluit om die kerk te vergroot. Dit word teen 'n bedrag van £4,000 gedoen en in 1781 ingewy. Die teenswoordige pragstuk van 'n preekstoel word teen 'n bedrag van £708 deur die ervare beeldhouer Antonie Anreith uit die beste Indiese hout gebeitel en in November 1789 ingewy. Later moes hierdie kerkgebou egter afgebreek word en is die nuwe gebou, die Groote Kerk, in 1841 plegtig ingewy. Al wat van die gebou van 1704 behoue gebly het, is die huidige toring. Die vestiging van die kerk aan die Kaap het saam met die bevolking versprei namate hul oor die land uitgebrei het. Baie stamouers van die vroeë Kaap was ook betrokke by dieselfde kerke. Dit is verbasend dat die eerste 150 jare daar baie min kerke aan die Kaap was. Verskeie geskiedkundiges skryf dit toe dat die mans te lui was en in ongeloof gelewe het. In 1770 is 90 persent4 van die vroulike burgers as gereelde kerkgangers bestempel terwyl slegs ongeveer ‘n derde mans enigsins aan ‘n kerk behoort het. Die Kaapse Sinode het eers in 1824 totstand gekom. Die Kerkraad van Kaapstad het die sinode byeengeroep vir 2 November 1824 ter bevordering van die belangen der gezamentlijke Nederduitsche Christelijke Hervormde gemeenten. Die kerkraad van die hoofstad het met die Kommisaris-Politiek, die Edele Agbare Heer PJ Truter ontmoet. Raad van Justisie het in die konsistorie sitting geneem om die geloofsbriewe van die afgevaardigdes te ontvang.

4 AW Biewenga, Die Kaap de Goede Hoop, een Nederlandse Vestigingskolonie, 1680 tot 1730, Vrije Universiteit, 1998.

37

Die volgende was onder andere teenwoordig: � Abraham Faure, ouderling van Stellenbosch en sien verdere besonderhede onder die

skoonfamlie van Johannes Brink (b7) � Jan Hendrik Hofmeyr, senior, ouderling van Stellenbosch en sien verdere besonderhede

onder die skoonfamilie van Cornelis Brink (b7c5d3) � Jacobus Christiaan Faure, ouderling van Paarl en sien verdere besonderhede onder die

skoonfamlie van Johannes Brink (b7). Op die vergadering is ds Berrangé verkies tot die eerste moderator en ds Borcherds tot sekretaris. Hoewel die Brinks nie direk deelgeneem het nie was hulle wel aangetroudes familie van bogenoemde families. Johannes Brink het ook bygedra om Abraham Faure se seun Abraham te help om sy mediese studies in Brittanje te onderneem. Naas dorpe en stede wat as hawens ontstaan of gestig is soos Kaapstad, Simonstad en Mosselbaai, en informele landbou vestigings soos die Paarl en Swellendam, is die meeste vroeë Suid-Afrikaanse dorpe as kerkdorpe uitgelê. Die proses kan as volg beskryf word: 'n behoefte ontstaan in 'n afgeleë kontrei aan 'n eie gemeente en kerk. Die sinode keur dan die afstigting tot eie gemeente goed. 'n Stuk plaas word gekoop; 'n landmeter meet 'n aantal strate en erwe uit, waaronder 'n prominente kerkerf en 'n pastorie-erf. Van die erwe word verkoop en van die opbrengs word 'n kerk gebou. In 'n stuk of vyftig Kaapse dorpe is die kerk die dorp, en die dorp die kerk. Ongelukkig is bewaring van die ou kerkgeboue meestal nie ‘n prioriteit gewees nie. Eenvoudige ou godshuisies wat in die beginjare opgerig is, het met ‘n dorp se groei te klein of bouvallig geraak. Hulle is dan deur vooruitstrewende kerkrade ontruim en deur moderne geboue vervang. In sommige gevalle is hierdie meer moderne kerkgeboue ook weer vervang. Die vestiging van gemeentes in die Kaapkolonie: 1665 - Kaapstad 1686 - Stellenbosch 1691 - Paarl 1743 - Tulbagh 1792 - Graaff-Reinet 1813 - George 1817 - Uitenhage

1818 - Cradock 1825 - Somerset-Oos 1826 - Colesberg 1831 - Albanie 1843 - Franschoek en Richmond 1846 - Burgersdorp

Die kerkverband wat Jan van Riebeeck in Suid-Afrika vanaf Nederland in die Kaap gevestig het, is in die eerste 190 jaar ondermeer verwys as die Gereformeere Kerk, die Hervormde Kerk, die Hollands Gereformeerde Kerk ens. Dit was eers in 1842, tydens die Sinode, dat daar na die Nederduitse Gereformeerde Kerk verwys is. In dieselfde jaar het ds Lindley van die Kaapse Nederduitse Gereformeerde Kerk die gemeente in Potchefstroom, die eerste gemeente oorkant die Vaalrivier, en Winburg in die Vrystaat gestig. Die Vrystaatse gemeentes het besluit om deel te wees van die Kaapse Sinode na die Proklamasie van die Vrystaat as Britse Gebied in 1848. Die Over die Vaal gemeentes het egter nog getwyfel of hulle sou deel wees van die Kaapse Sinode. By 1852 het die Lydenburgse, Potchefstroomse en Rustenburgse gemeentes skynbaar ooreengekom met ds Neethling van die Kaapse Sinode op watter voorwaardes hulle sou deel uitmaak van die Kaapse Sinode.

38

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Reitz Met die aankoms van ds Van der Hoff in Potchefstroom in 1852 en is die naam Hervormde Kerk meer gereeld gebruik vir die gemeentes in die Transvaal wat toe nog bekend was as die Zuid-Afrikaanse Republiek. Met die aanvaarding van die Nuwe Grondwet van die Zuid-Afrikaanse Republiek is die Hervormde Kerk erken as die enigste amptelike kerk in die Zuid-Afrikaanse Republiek. Met die koms van ds Cachet in 1865 by die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Utrecht wou hy duidelikheid kry hoekom die naam van die kerk verander het na die Hervormde Kerk. Ds van der Hoff het voet by stuk gehou en na sy gemeentes verwys as Nederduitse Hervormde en ds Cachet aan die ander kant, was nie bereid om

die Utrech gemeente se naam te verander nie. Sommige gemeentes het Van der Hoff ondersteun en die ander vir ds Cachet - dit was die begin van die twee afsonderlike kerke. In 1873 vertrek ds Cachet terug na Nederland en in 1881 sterf ds Van der Hoff. Hierna vind toenadering weer plaas - 'n proses wat eindig op 7 Desember 1885 met die aanvaarding van die nuwe kerk met die naam van die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk - die samevoeging van die twee kerkgroepe. Die Gereformeerde Kerk van ds Postma het egter nie saamgespeel nie, ten spyte daarvan dat hy aanvanklik deel gehad het aan die gesprekke rondom kerkvereniging. Die versoening het slegs vier jaar geduur en daarna het die kerke weer apart gedryf. Die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is amptelik in 1859 in Rustenburg gestig. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk se eerste gemeente was in Kaapstad 1665 gevestig terwyl die Nederduitse Hervormde Kerk in 1842 gestig is. 2.4 Plekname Die volgende plekname word gebruik en om die omgewing of gebeurtenisse te verstaan word enkele plekke bespreek: � Transvaal of dan ook die ou Zuid-Afrikaansche Republiek, is na die algemene verkiesing

in 1994 onderverdeel in kleiner provinsies naamlik Gauteng, Noordelike Provinsie, Mpumalanga en Noord-wes.

� Bataafse Republiek, die Kaapkolonie onder die Britse vlag. � Batavia is bekend vandag as Indonesië maar word ook eers Jakarta genoem. � Bokkeveld Karoo - Bookeveld genoem omdat daar so baie Springbokke in die vroeë dae

was. Die boere in die Koue Bokkeveld het omtrent almal 'n Karooplaas waarheen hulle in die winter met die vee getrek het. Op-die-berg in 'n oostelike rigting oor die Katbakkies dan is dié Karoo reg voor . Baie noem hierdie die Ceres-Karoo, dit kon ook vermoedelik die Bokveld-Karoo wees. Daar is egter ook die Bokkeveld wat noord van die Hantam lê, en dit sou ook seker as Bokveld-Karoo gesien kan word.

39

� Drakenstein (Groot en Klein) - Die streek waar die Franse Hugenote gevestig was en beslaan rofweg die gebiede Franschhoek, Wemmershoek, La Motte, Simondium, Paarl ens. Gelëe teen die Drakenstein bergreeks. Tussen Paarl en Franschhoek.

� Koue Bokkeveld - Ceres in 'n noordelike rigting deur die dorpie Prince Alfred's Hamlet en op pad na Gydopas, dan is die geweste die Koue Bokkeveld. Dit is by uitstek appel en peer wêreld, waar die warmer Warm Bokveld ook nog ander vrugte soos perskes, appelkose en pruime verbrou word. Om sake nou verder te kompliseer benoem die Kou-Bokvellers nou ook nog sekere streke Holland en Skotland, nav die voorkoms van die omgewing, maar dit is byna onmoontlik om grense te trek, want soveel sinne soveel grille en elke boer sal vir jou anders verduidelik. Die Koue Bokkeveld lê egter ten ooste van die Skurweberge, maar wes van die Ceres-Karoo.

� Mapochsgronde - ook bekend as Mapogseland, Makoppaland, Mapoggerland: Noord van Middelburg, Transvaal, ongeveer 42 000 morge groot. Verdeel in drie dele, naamlik Hoëveld, Middelveld en semi-Bosveld. Op die oostelike grens is 'n berg wat loop van suid na noord en Mapogse-berg genoem word. Die oostelike grens van Mapogse-land is teen die oostelike hang van die berg, sodat omtrent die hele berg in Mapogse-land val. Hierdie berg loop ewewydig met die Steenkampsberge.

2.5 Die Burgerkrygsraad en die Heemraad Die verversingspos aan die Kaap is op 6 April 1652 met net een doel voor oë gestig. Dit was om die VOC in staat te stel om sy sake meer winsgewend te bedryf, deur die voorsiening van vars voorrade5, aan sy handelsvloot. Die Here XVII was ook deurgaans bedag op 'n aanval op die Kaap deur veral Brittanje of Frankryk. Saam met Jan van Riebeeck het 'n garnisoen soldate van aanvanklik 70 man na die Kaap gekom, maar hul getalle het deur die jare gewissel volgens die aard van 'n verwagte buitelandse bedreiging. As gevolg hiervan is van tyd tot tyd baie geld en energie aan verdedigingswerke bestee. Dit was ook van die begin af duidelik dat die voltydse garnisoen nooit groot genoeg sou wees om hierdie bedreiging doeltreffend af te weer nie. 'n Voltydse garnisoen is duur en daarom het die VOC sy magte met 'n stelsel van deeltydse militêre diens aangevul. Uit die oogpunt van die landsburgers het deeltydse militêre diens egter om 'n heel ander rede noodsaaklik geword. Die eerste Vryburgers het in 1657 hul plase ontvang. Botsende aansprake op dieselfe weidingsgebiede deur Vryburgers en die Khoikhoi-veeboere het reeds in van Riebeeck se tyd op konflik uitgeloop. Op 1 Mei 1659 het die Politieke Raad besluit om die weerbare burgers in te deel in 'n kompagnie schutters, georganiseer op 'n soortgelyke basis as die garnisoen. Die crijgsofficieren, een sersant en twee korporaals, sou jaarliks verkies word. Die eerste aanvoerder van die milisie was 'n oudlid van die Burgerraad, Steven Jansen, bygestaan deur die landbouer Harman Remagienne en die meulenaar Wouter Mostert. Aanvanklik was militêre diens vrywillig, maar vanaf 1672 het dit verpligtend geword. Gereelde krygsoefeninge het uit die staanspoor plaasgevind. Op 3 Augustus 1715 het Geertruy du Toit, die tweede vrou van heemraad Pierre Rousseau, woonagtig op die plaas L'arc d'Orleans in Drakenstein, by die Kasteel opgedaag. Sy het teenoor Goewerneur de Chavonnes oor die diefstal van haar trop skape en die moord op haar veewagter gekla. Sy het toestemming gevra vir haar bure om die boosdoeners agterna te jaag en die vee terug te bring. Skriftelike magtiging is verleen en dertig vrywilligers onder aanvoering van Hermanus Potgieter het die rowers agterna gesit, maar sonder sukses.

5 Arend Brink (b13c5) was bekend was vir sy groente verbouing in Houtbaai in die vroegste tye. Dit was naby Kaapstad en kon hy maklik al die mense en verbygaande skepe van groente voorsien. Hy was bekend as die blomkool koning met gewillige kopers wat altyd op sy aankoms in Kaapstad gewag het.

40

Aanvalle deur die Khoisan het vermeerder en later in dieselfde jaar is 'n kommando bestaande uit dertig vrywilligers onder leiding van burgervaandrig SW van der Merwe en wagmeester JH Potgieter uitgestuur om die vee terug te kry. Hulle het streng opdrag ontvang en moes by hul terugkeer verslag doen aan die landdros van Stellenbosch. Verdere Khoison strooptogte in 1728, 1731 en 1738 in die Piketberg en Bokkeveldomgewing het gelei tot oproep van klein kommando's, wat nog steeds uit vrywilligers bestaan het. In 1739, toe die stryd met die San weereens opgevlam het, het kommandodiens verpligtend geword. Met die snelle uitbreiding van die Kaapkolonie gedurende die agtiende eeu, asook die feit dat die VOC op geen tydstip 'n polisiemag gehad het om orde te handhaaf nie, het die burgermilisie 'n verdere en betekenisvolle ontwikkeling ondergaan. Die Burgerkrygsraad van die Kaap het op 4 Julie 1740, na aanleiding van 'n voorstel deur luitenant Rudolf Siegfried Aalman, die president, besluit om een Veld-Corporaal onder het Caabse district aan te stel. Andries Brink word tot Wagtmeester op 11 Oktober 1740 verkies. Sy opdrag was om alle wandade wat deur gedroste slawe gepleeg is, asook verdere onheijlen teen te gaan en te voorkom. Hy het magtiging ontvang om, indien nodig, manskappe op te roep om hom by te staan. In 1759 was daar ten minste vyf veldkorporaals en teen 1774 was die hele kolonie verdeel in dertien distrikte, elkeen met sy eie veldkorporaal Hulle opdrag was om goed toesig in hul distrikte te hou, sodat alle disorder en samenrotting van slawe verhinder en teengegaan kon word. Geoordeel aan die uitgestrektheid van die distrikte, het hierdie veldkorporaals 'n baie groter verantwoordelikbeid gehad as die gewone korporaal in die milisie. Die Burgerkrygsraad van Stellenbosch het dit gevolglik goed gevind om tydens 'n vergadering gehou op 28 Maart 1774 die hoër rang van wagmeester aan hulle toe te ken, om as aanmoediging te dien vir die getroue nakoming van hul pligte. Voortaan sou hulle van die milisie se jaarlikse krygsoefeninge vrygestel wees. Die Burgerkrygsraad van Stellenbosch het op 28 Desember 1773 'n brief van die inwoners van die Hantam en die Roggevelde oorweeg. Die strooptogte gepleeg deur die San het sodanig toegeneem dat daar versoek is dat 'n kommando daarheen gestuur moes word. Daar is verder versoek dat die taak van aanvoering nie aan een van die veldkorporaals oorgelaat moes word nie, maar aan 'n veldkcommandant wat vir hierdie doel oor hulle aangestel moes word. 'n Voorstel van die landdros is goedgekeur, waarvolgens die advies van die betrokke veldkorporaals ingewin moes word, voordat 'n finale besluit aangaande die aanstelling van een gesag hebbend officiere en die uitstuur van die kommando geneem sou word. Die veldkorporaals het opdrag ontvang om die vergadering van 28 Maart 1774 by te woon. Die Burgerkrygsraad van Stellenbosch het op daardie dag, na aanleiding van 'n voorstel van die landdros, eenparig besluit om Godlieb Rudolph Opperman, een van die veldkorporaals, aan te stel as veld commandant oor die dertien distrikte met hulle veldkorporaals. Vanaf 1770 het die konflik met die Khoisan verskerp, veral in die omgewing van die Nuweveld- en Sneeuberge. Dit sou tot aan die begin van die negentiende eeu voortduur. Teen 1778 het die veeboere en die Xhosa aan die Oosgrens teen mekaar te staan gekom in die eerste van 'n reeks grensoorloë wat, met onderbrekings, vir 'n eeu sou aanhou. Dit moet verder in ag geneem word dat burgers wat op kommando uittrek, normaalweg geen vergoeding ontvang het nie. Gebuite beeste is wel in sommige gevalle onder lede van die kommando's verdeel. Sommige van hierdie offisiere was so dikwels in die veld, dat hulle persoonlike bedrywighede skade gelei het. Een so 'n persoon was Opperman, wat op 6 Oktober 1777 by die Heemraad van Stellenbosch aansoek gedoen het om die amp van veldkommandant neer te lê.

41

Bewoning Suid-Afrika teen 1800 deur die setlaars

As gevolg van die uitgestrektheid van die land en die bedreiging deur die Khoisan in die Noorde en die Xhosa in die Ooste, het 'n gekombineerde vergadering van die Heemraad en die Burgerkrygsraad van Stellenbosch op 10 Oktober 1780 in beginsel besluit om meer as een veldkommandant aan te stel. Dit is verder goed gevind om vir elke veldkommandant ook 'n onderkommandant aan te stel, om hom by te staan en in sy plek waar te neem in geval van afwesigheid en siekte. Aan die bekleërs van beide ampte sou gepaste range in die burgermilisie toegeken word. As kommandant in die Ooste is Adriaan van Jaarsveld benoem en in die Noorde Charl Marais, albei met die rang van luitenant. Die onderkommandant in die Ooste sou David Schalk van der Merwe wees en in die Noorde Dawid de Villiers, albei met die rang van kornet. Die poste van kommandant en onderkommandant is soms ook eerste en tweede kommandante onderskeidelik genoem. In 1682 het Simon Van der Stel vier van die vryburgers aangestel om as Heemrade op te tree en geskille onder die burgers te besleg. Die eerste plaaslike liggaam is op 31 Augustus 1682 deur Simon van der Stel en sy Politieke Raad in die lewe geroep. Daar is bevind dat te veel van die Raad van Justisie se tyd in beslag geneem word deur klein geskille en twisgedinge. Derhalwe is besluit om 'n hof van klein sake in die lewe te roep. Twee amptenare en twee burgers is aangestel as Raadslede. Een van die amptenare het die voorsitterstoel ingeneem, terwyl die sekretaris ook 'n amptenaar was. Tydens dieselfde vergadering is besluit om ook in Stellenbosch sake van minder belang te laat verhoor deur 'n plaaslike hof. Die vier lede van dié Raad is Heemrade genoem en was almal vryburgers. Gedurende die Bataafse Tydperk was daar ook in elke distrik 'n landdros, bygestaan deur ses burgers as Heemrade en 'n sekretaris, om administratiewe pligte te vervul, huwelike te voltrek en as geregshof met beperkte mag op te tree. Gedurende die VOC tydperk was daar vir elke distrik vier Heemrade saam met die landdros in die Collegie van Landdros en Heemrade. Hulle is vir 'n tydperk van twee jaar aangestel en twee van hulle het jaarliks afgetree. Oud-Heemrade kon nie dadelik weer aangestel word nie.

42

Vier name is jaarliks aan die Goewerneur deur die Collegie voorgelê, waarvan enige twee aangewys kon word, maar dit was normaalweg die eerste twee op die lys. Andries Brink jnr is aan die einde van die onderstaande jare aangewys om van die begin van die jaar aangedui vir twee jaar in Drakenstein se raad te dien: � 1772 Andries Brink, Jr en Jan Blignaut � 1776 Andries Brink, Jr en Jacobus de Villiers, Sr. Andries, die stamvader, het in Stellenbosch vir die onderstaande termyne gedien: � 1752 Andries Brink saam met Nicolaas Vlok � 1755 Andries Brink saam met Arnoldus Maasdorp � 1759 Andries Brink saam met Hendrik Cloete.

2.6 Die Groot Trek Die Britte se aankoms in die Kaapkolonie het daartoe gelei dat die Boere weggetrek het uit die Kaap weens hulle verset teen die Britse bewind in die Kaap, slawe-vrystelling e gebrek aan ondersteuning aan die Oosgrens. Die Boere se verset teen die Britse bewind in die Kaap het 'n hoogtepunt bereik met 'n gewapende rebellie in 1812 en 1813, bekend as die Slagtersnek Rebellie. Die wyse waarop die rebelle gestraf is, het verdere verbittering jeens die Kaapse Engelse regering veroorsaak. Volgens die bevelskrif 27 November 1815 was die volgende mense betrokke:

Hendrik Frederik Prinslo, Stephanus Cornelis Bothma, Cornelis Johannes Faber, Theunis Christiaan de Klerk, Abraham Karel Bothma, Willem Frederik Kruger, Frans Marais, Adriaan Engelbrecht, Andries Meijer, Andries Hendrik Klopper, J. zoon Nicolaas BalthaZuid-Afrikaanse Republiek Prinslo, M. zoon, David Malan, Hendrik Petrus Klopper, H. zoon, Johannes Bronkhorst, Thomas Andries Dreijer, Pieter Laurens Erasmus, L. zoon, Hendrik Andries Gustavus van der Nest, Pieter Willemse Prinslo, N. zoon, Andries van Dijk, Willem Jacobus Prinslo, W. zoon, Johannes Prinslo, M. zoon Cornelis van der Nest, Philip Rudolph Botha, C. zoon, Christoffel Rudolph Botha, C. zoon,

Abraham Lodevicus Botha, C. zoon, Pieter Jacobus Delport, Jacobus Marthinus Klopper, J. zoon, Johan Theunis Muller, Hendrik Johannes Liebenberg, Johannes Frederik Botha, C. zoon, Joachim Johannes Prinslo, M. zoon, Willem Adriaan Nel, Adriaan Labuscagne, Leenert Labuscagne, Barend de Lange, Frans Johannes van Dijk, Gert Koenraad Bezuidenhout, F. zoon Klaas Prinslo, W. zoon, Theunis Theodorus Fourie, Christiaan Laurens Drijer, Frans Smit, Lucas van Vuuren, Stephanus Frederik Grobbelaar, Gerrit Pieter Bezuidenhout, Pieter Rasmus Erasmus, P. zoon, Martha Faber, weduwe van wijlen Johs. Bezuidenhout, Willem Prinslo, N. zoon.

43

‘n Kaart wat die Groot Trek se roetes aandui

Die Groot Trek se eerste beweging het sy ontstaan dan in die Oos-Kaap gehad. Die Boere wat tussen 1835 tot 1840 uit die Kaapkolonie weggetrek het was bekend as die Voortrekkers is aan die sowat 14,000 mense. Die hoofrede vir die Groot Trek was die verset van die Boere teen die Britse koloniale onderdrukking van die Oos-grens Boere. Daar was kleiner faktore ook, maar opsommenderwys kan gesê word dat dit die Boerevolk se hartsbegeerte was om vry en onafhanklik van koloniale oorheersing te wees, wat aanleiding tot

die Groot Trek gegee het. Dit is ook ‘n feit dat mense soos Piet Retief nie baie geneë was met die afskaffing6 van die slawwewette nie en ook nie met hulle nuwe algemene status nie. FA van Jaarsveld se boek Van van Riebeeck tot Verwoerd, 1652 tot 1966 p80: “Die bestuurswisseling van 1806 het egter ook meegebring dat die Afrikaners waarvan daar sowat 26,000 was en wat teen die middel van die 19e eeu tot ongeveer 150,000 aangegroei het, danksy natuurlike aanwas...” Geen melding word op hierdie stadium van ander bevolkingsgroepe gemaak nie. Hy sê verder op p83: “... in 1820 tot 1821 is sowat 5,000 Britse Setlaars in die land gebring...wat, tesame met die 4,000 Britte wat tussen 1806 en 1820 die land binnegekom het, die totaal op 9,000 gebring het teenoor sowat 43,000 Afrikaners, 30,000 Hottentotte en 35,000 slawe - 'n totale koloniale bevolking van sowat 112,000 siele.” Hoewel die 14,000 ‘n redelike beduidende aantal mense was, het dit geensins die meederheid mense verteenwoordig nie. Wat die syfers aan betref was dit konserwatief veral as na die volgende inaggeneem word: In 'n publikasie - Farming Industries of Cape Colony (P.S.King & Son, Londen.1896) deur Robert Wallace (Professor of Agriculture - Univ. of Edinburgh), gee die outeur die bevolking van die Kaap Kolonie as volg aan (hy noem dat dit laaste sensus van 1891 se syfers is) “European or white – 376,987; Malay –

6 Die slawe is op 1 Desember 1834 vrygestel. Die vrystellingsproses en die swak kompensasie word beskou as een van die oorsake van die Groot Trek. Kompensasie vir 40 persent van die geraamde waarde van die slawe is gedurende 1835 aangekondig, maar dit was onderhewig aan veel moeite en onkoste, sodat baie slawe-eienaars hul regte vir die helfte (of minder) van die sigwaarde aan agente verkoop het.

44

13,907 Hottentot – 50,388; Fingo – 229,680 ; Blacks and Bechuanas – 608,456; and Mixed and others – 247,806.” Hy meld verder dat sedert die vorige sensus van 1875 “the rate of increase of Cape-born whites has been 42.94% and of coloured people 35.2%.” Die persepsie dat die meerderheid mense getrek het, is dus nie korrek nie, en dit is dus nie vreemd dat die Brink voorgeslagte nie deel van die Groot Trek was nie. Daar is vier moontlike redes hiervoor:

� Eerstens was hulle gevestig in die westlike gedeelte van die Kaapkolonie en nie blootgestel aan die grensoorloë of die direkte gevolge daarvan nie;

� Tweedens is daar ‘n vermoede dat hulle nie noodwendig gekant was teen die heersende Engelse bestel was nie. Abraham Faure se seun, Abraham is per slot van sake geldelike ondersteun deur Johannes Brink om medies in Brittanje te gaan studeer;

� Derdens was Cornelis Brink op die stadium van die Groot Trek goed gevestig in Stellenbosch;

� ‘n Verdere rede kon wees dat Johannes Brink reeds sterwend was, hy is oorlede in 1838, en dat sy seun Cornelis dus nie op daardie stadium ‘n trekkery oorweeg het nie.

Die geskiedenis van die Voortrekkers bly egter baie belangrik en word gevolglik verder bespreek. Die Voortrekkers wou hulle eie heil uitwerk in ‘n onafhanklike gebied. Die beweging na die binneland het plaasgevind byna tweehonderd jaar na Jan van Riebeeck sy voet in Kaapstad aan wal gesit het. In die binneland het die Voortrekkers te kampe gehad met nuwe uitdagings. Die inboorlinge wat hulle teengekom het, het nog nooit 'n blanke gesig gesien het nie en het die Voortrekkers as indringers en duiwels beskou.

Die inboorlinge het ook nie iets die konsep van individuele eienaarskap geken nie. In stamverband het alles aan almal behoort. Wanneer hulle van die Voortrekkers se beeste geneem het, het bitter konflik ontstaan. Die Voortrekkers moes op verskillende wyses aanpas by ‘n poiniers-trek-bestaan. Toe hulle die Kaapkolonie verlaat het, kon hulle net enkele items saamneem om die lewe vir hulself te probeer vergemaklik. Ligte, eenvoudige meubels moes die plek inneem van die swaarder stukke van die elegante Kaapse huise. Kos is gemaak oor 'n oop vuur, en 'n miershoop is uitgehol om as bakoond vir brood te dien. Die Voortrekkers moes in die oop veld leef, met die ossewa as enigste beskerming in hulle voortdurende beweging noordwaarts.

Na die moord op Piet Retief het Dingaan opdrag gegee dat sy impis (soldate) onmiddellik moet vertrek om alle Voortrekkers in Natal om die lewe te bring. Drie Zoeloe-regimente is gekies vir hierdie grusame taak. Hulle het bestaan uit 10,000 soldate, tot die tande toe gewapen. Gelukkig was die Tugelarivier in vloed en was die res van Natal beskerm teen 'n onmiddellike volskaalse Zoeloe-inval. Die Zoeloemag het met streng militêre presisie opgetree - goed gedissiplineer en met sterk leierskap. Hulle aanvalsplan was om uit die ooste te kom al langs die verskillende laers af. Die beginpunt sou Rensburgspruit wees, en hulle sou opwerk tot by Colenso.

Die Voortrekkers het geen idee gehad dat daar 'n aanval op hulle beplan word nie want hulle het geglo dat Dingaan hulle goedgesind was. In die vroeë oggendure van 17 Februarie 1838, het die Zoeloes aangeval. Die laers is totaal onverhoeds betrap. Die eerste aanvalle was op die Liebenberggesin by Moordspruit. Daarna is Wynand Bezuidenhout se groep uitgewis, en terselfdertyd is die Rossouws aangeval. Al langs Moordspruit en die Boesmansrivier is hele gesinne uitgewis.

45

Die Bloedrivier terrein Therese Viglione, vrou van 'n Italiaanse handelaar, het haar perd opgesaal en so vinnig as moontlik gery om die ander laers van die aanvalle te sê. Dick King, legendariese held, is te voet weg om die Voortrekkers naby Weenen te waarsku dat Piet Retief vermoor is, maar hy was te laat. Hy kon egter hulp verleen en help om die Maritz-laer te verdedig. By Doornkop het Piet Retief se volgelinge steeds angstig gewag op hulle leier se terugkeer, steeds onbewus dat hy en sy groep in 'n

lokval gelei is. Hierdie laer het uit omtrent 78 waens bestaan. Sarel Celliers was by 'n kleiner laer by Boesmansrivier; Maritz se laer was omtrent 7 km suid van die Boesmansrivier, net voor die samevloeiing met die Tugela, waar dit by twee kleiner stroompies aansluit. Tussen hierdie riviere, onder bome en teen 'n lang helling, was verskeie familiegroepe: De Beer, Liebenberg, Bezuidenhout, Botha, Bresler, en Smit. By die hoofspruit was die families van Rossouw, Engelbrecht, Greyling, Roberts, Hatting, Van Der Merwe, Prinsloo, Bothma, Klopper en Steenkamp. Sowat 34 km laer af by Rensburgspruit, was die laers van die Van Rensburg-groep. Naby Willow Grange was die groepe van Malan, Swart en Breed. Naby die huidige Chieveley was Van Dyk, Scheepers, Roets, Van Vuuren, Geyer, en Prinsloo. Almal is uitgewis. ‘n Voorstelling van die Slag van Bloedrivier

Teen die winter van 1838 het die Voortrekkers in Natal verskeie kwaai terugslae beleef naamlik Bloukrans, moord van Piet Retief en sy groep, en die Vlug-Kommando wat Dingaan nie kon verslaan nie. Siekte en koors in die laers het die mense lam gelê en die diere het nie genoeg weiding gehad nie. Op

die 23ste September sterf die leier Gerrit Maritz. 'n Deputasie is uit Natal gestuur om Andries Pretorius om hulp te vra. In Oktober het Pretorius 'n konvooi van 68 waens uit die Kaap gelei. Hulle kom op die 22ste November by Sooi-laer aan. Pretorius word verkies as Kommandant. Op die 27ste November ruk die Kommando op na die Zoeloe-hoofstad, Umgungundlovu. Die mag het bestaan uit 464 Voortrekkers, 3 Britse Setlaars en 120 Port Natal-inboorlinge. Met hulle aankoms by Waschbank, het Sarel Cilliers die kommando in gebed gelei en 'n gelofte aan God afgelê dat hulle en hulle nageslag die dag sou heilig as hulle die Zoeloe-oormag kon verslaan. Op pad verby die huidige Dundee, het die kommando kontak gemaak met groepe Zoeloe krygers. Op die 14de Desember was hulle in sig van wat vandag die Bloedrivier slagveld is. Andries Pretorius het sy basis

46

goed gekies. Aan die een kant was die Ncomerivier (Bloedrivier), met 'n diep sloot aan die oostekant. 'n Laer bestaande uit 64 waens is opgestel. Die Zoeloe-aanval het op 16 Desember 1838 begin, in die hartjie van die somer in Afrika. Ou Grietjie – die kannon

Die oggend van die 16de was mistig. Die Zoeloe-krygers, onder leiding van Ndlela en Dambuza, het in die mis kontak met sommige van hulle regimente verloor. In plaas van die beplande aanval as 'n geweldige oormag, het hulle in groepe aangeval. Die Voortrekkers se kanon, met die naam van Ou Grietjie was gelaai met stukke metaal en potskerwe. Hulle het gate deur die aanvallende massas geskiet. Die

Zoeloes het skuiling gaan soek in die sloot, waar hulle so dig opmekaar gepak was dat die Boere 'n vernietigende aanval kon loods. Toe die Zoeloes op die vlug slaan, is die Voortrekkers te perd agterna. Die krygers het in die rivier gehardloop, waar hulle in groot getalle afgemaai is. Die water is rooi gekleur deur hulle bloed, wat aanleiding gegee het tot die naam Bloedrivier. Die slag van Bloedrivier was verby. Sowat 3,000 Zoeloes het gesterf. Drie Voortrekkers is gewond. Hierdie veggees, soos by Bloedrivier geopenbaar, het bly voortduur en in 1852 was die Britse Ryk uiteindelik gedwing om self die Boere se onafhanklikheid met die Sandrivier Konvensie te erken. In daardie vroeë stadium is nie net een nie, maar twee onafhanklike Boere republieke erken. Dit is ook interessant om kennis te neem dat toe melding gemaak is van die onafhanklike republieke, daar altyd verwys is na die Boere republieke en nooit na die Afrikaner republieke nie. Dit dien dus as bewys dat die Boere 'n afsonderlike identiteit as die Kaaps/Nederlandse Afrikaner gehad het. Die Afirkaanssprekende wat die met die Groot Trek noorde getrek het, sou voortaan in die volksmond bekend wees as die Boere, terwyl die groep wat in die Kaap agtergebly het Afrikaners sou heet. 2.7 Die Eerste Vryheidsoorlog Op 12 Februarie 1877 annekseer Sir Theophilus Shepstone die Zuid-Afrikaanse Republiek as ‘n kolonie van Brittanje. Dit was 'n verbreking van die Sandrivier Konvensie van 1854 waarin Brittanje die onafhanklikheid van die Boere-republieke gewaarborg het. Na drie en half jaar van aanhoudende proteste by die Britse regering, kry die regering van die Zuid-Afrikaanse Republiek geen antwoord nie. Die Britse regering het hoër belastings opgelê met die gevolg dat daar in Potchefstroom 'n opstand uit breek. Op 10 Desember 1880 vergader 10,000 Boere by Paardekraal (Krugersdorp) en die Republiek se onafhanklikheid word met 'n proklamasie uitgeroep.

Toe die Eerste Vryheidsoorlog uitbreek, was die luitenant-goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris van Suid-Afrika, Sir George Pomeroy Colley, die opperbevelhebber van die Britse magte in Suid-Afrika. Hy het twee keuses ten opsigte van hierdie oorlog gehad. Hy kon die maklike uitweg volg en wag totdat versterkings uit die buiteland opdaag en daarna na Transvaal opruk. In die geval sou die posisie van die beleërde Britse troepe in Transvaal in gevaar gestel sou word. Hy het eweneens besef dat versuim om onmiddellik op te tree daartoe kon meewerk dat simpatieke Vrystaters en Kaaplanders hulle by die Transvalers kon skaar. Gevolglik het sy keuse op die tweede alternatief, naamlik om met die beskikbare troepe die beste van die saak te maak en het gevolglik dadelik tot aksie oorgegaan.

47

Generaal Piet Joubert Piet Joubert7 was die Kommandant-Generaal van die sowat 600 Transvaalse burgers. 'n Ernstige belemmering vir sy Boeremagte was die gebrek aan ammunisie. Na berig word, het hierdie burgers gemiddeld oor 11 patrone elk beskik, voorwaar geheel en al ontoereikend vir 'n oorlog. Die eerste ding wat Joubert by die uitbreek van die oorlog laat doen het, was om die Britse garnisoene by Pretoria, Potchefstroom, Rustenburg, Middelburg, Standeron, Wakkerstroom en Marabastad (Pietersburg) in 'n staat van beleg te laat plaas. Om te voorkom dat Britse troepeversterkings van Natal na Transvaal gestuur word, het die kommandant-generaal aan die hoof van 'n sterk kommando na die Natal-Transvaalgrens vertrek en hulle op die strategiese Laingsnek, tussen Volksrus en New Castle, ingegrawe.

Die eerste geveg in hierdie oorlog het egter nie aan die Natalfront plaasgevind nie, maar ver daarvandaan by Bronkhorstspruit, in die Zuid-Afrikaanse Republiek, later Tranvaal. Dit was deels toe te skryf aan 'n oordeelsfout van Colley. Hy was van mening dat die Boere papbroekig was en dit het hom daartoe beweeg om die Britse troepe in Transvaal na 1,800 te verminder. Kol Anstruther het opdrag gekry om met sowat 260 man van Lydenburg na Pretoria te gaan. Terwyl hulle voortbeweeg het, was die voorste en agterste deel van die mag omtrent een en 'n half kilometer uitmekaar. So houtgerus was Anstruther dat hy al die ammunisie op van die 30 waens en vier muilkarre wat hom vergesel het, gelaai het en die soldate loop en perskes eet het wat hulle langs die pad gestroop het. By Bronkhorstspruit het generaal Frans Joubert die Engelse met 150 burgers ingewag. Hy het Anstruther oor die uitbreek van die oorlog ingelig en hom in die lig daarvan versoek om te bly waar hy was. Anstruther het geweier en verklaar dat hy 'n opdrag ontvang het en van plan was om uitvoering daaraan te gee, met die gevolg dat 'n kort, sowat 10 minute, maar hewige skermutseling plaasgevind het, waarin Anstruther en honderd lede van sy mag en twee Boere hulle lewens verloor het. Hierdie was die eerste oorwinning wat die Boere in die geskiedenis oor die Engelse behaal het en dit het ongetwyfeld hulle saak versterk, alhoewel in Brittanje beweer is dat die gebeure by Bronkhorstspruit niks anders as 'n massamoord was nie. Intussen het die stryd na die hooffront, Natal, verskuif. Op 28 Januarie 1881 het die 45 jarige Colley, 'n briljante oorlogsteoretikus wat praktiese oorlogservaring kortgekom het, die Boere by Laingsnek aangeval. Colley het sy kamp by Mount Prospect, suid van Laingsnek, ingerig. Die artillerie-offisiere in die Colleymag van 1,100 man het hulle daarop beroem dat hulle die nek by Tafelkop binne 15 minute sou oopskiet. Laingsnek was egter 'n uitstekende natuurlike verdedigingstelling, met die gevolg dat die oormoedige Engelse nog 'n keer bedroë daarvan afgekom het. Die geveg wat om 9:30 begin het, was om 12:00 verby. Die Engelse het die aftog geblaas met die verlies van 74 gesneuweldes teenoor 14 Boere wat dood is. Op hulle beurt het Boere daarop aanspraak gemaak dat die Engelse mag deur slegs die 80 man by Tafelkop verslaan is.

7 Maria Magdalena Brink (b1c6d3) gebore op 13 Maart 1798 oorlede in 1850 was die stammoeder van die Joubert familie in Suid-Afrika. Die Brink-familie van Suid-Afrika deur Johan Brink. ‘n Geslagregister van 1737 tot die hede.

48

Paardekraal Monument Die volgende geveg het 'n week en 'n half later plaasgevind. Die Engelse verbindingslyn vanaf New Castle na Mount Prospect (Natal) was vir Colley van die uiterste belang en hy sou uiteraard alles in werking stel om dit te beveilig. Dit was juis hierdie verbindingslyn wat die Boere, soos te begrype, wou afsny. Derhalwe is generaal Nicolaas Smit op 5 Februarie 1881 met 200 man gestuur om dit te doen. Ofskoon die Engelse van die Boere-teenwoordigheid bewus geraak het, het Colley, toe hy op 8 Februarie met 'n patrollie van 300 man vertrek het om die verbindingslyn te patrolleer en voorradewaens te begelei, nie teenstand van hulle verwag nie. Die Engelse het maar net nie geleer nie. Colley was só gerus dat hy nie eers kos en water vir sy mag saamgeneem het nie. Smit het beplan om die Engelse in die omgewing van twee driwwe in die

Ingogorivier, waar die pad deur 'n kloof gaan, aan te val. Die terrein was daar baie ongelyk met baie uitstaande rotse, terwyl die water kniediep gevloei het. Die Engelse het die Boere egter betyds gewaar en toe die hoërliggende terrein by Schuinshoogte beset, wat aan hulle 'n strategiese voosprong besorg het. Die geveg wat gevolg het, het om 12:00 begin, is om 17:00 deur 'n hewige donderstorm onderbreek en gestaak toe dit reeds donker was. ’n Kaart van die Majuba aanslag

Tydens die geveg het die Boeremagte op die twee Engelse kanonne gekonsentreer en telkens die kanonniers en perde doodgeskiet, met die gevolg dat Colley die Boere naderhand laat bestorm het. Dit was 'n yslike flater, want talle Engelse het as gevolg daarvan in die stof gebyt. Albei kante het tydens die geveg, wat uiteindelik uitgeloop het op 'n skietwedstryd tussen skerpskutters, versterkings gekry. In hierdie geveg het 76 Engelse en agt Boere gesneuwel. Gedurende die nag het Colley Schuinshoogte stil-stil verlaat en

na Mount Prospect teruggekeer, terwyl Smit terug is Laingsnek toe. Soos tevore, en sovele kere daarna, het die Boeremagte die Engelse laat wegkom sonder om hulle gunstige posisie te benut en hulle sukses op te volg en af te rond. Dit wil voorkom of Colley uiteindelik uit sy ondervinding met die Boere begin leer het. So het hy byvoorbeeld die voordeel van hoërliggende stellings begin insien. Derhalwe het hy op sy eie 'n briljante plan beraam om Majuba (wat in Zoeloe die berg van kransduiwe beteken) te beset. Die berg is 2,000 meter bo seespieël en het oor die Boerestellings by Laingsnek ten ooste daarvan uitgetroon. Sy doel was om die goeie oorwinnings wat die Boere reeds

49

behaal het meteens uit te wis. Dit sou hom terselfdertyd in toekomstige onderhandelings met die Boere in ‘n beter posisie plaas. Op 26 Februarie 1881 het Colley om 21:30 sowat 660 man, tesame met 'n paar swart gidse en draers, laat aantree. Eers kort voor sy vertrek het hy twee senior offisiere in sy vertroue geneem en Kommandeur Romilly as sy tweede in bevel aangewys. Alhoewel Majuba net omtent 5 kilometer van Mount Prospect af is, het die besettingsmag ‘n winkelhoek ompad van 8 tot 9 kilometer geneem sodat die Boere op Laingsnek niks moes agter kom nie. Onder weg is twee kompanies op verskillende plekke in verskuilde posisies agtergelaat. Dit het aanstons geblyk geen kinderspelejies te wees om die steiltes van Majuba met volle mondering en voorrade uit te klim nie. Om 3:40 op Sondag 27 Februarie 1881 was die eerste soldate bo-op die kruin, wat 'n driehoekige plato, met punte na die noorde, suide en ooste vorm. Die kruin was ‘n plato in die vorm van 'n piering - dit het ‘n kom in die binnekant gevorm wat 13 meter laer as die kante was. Teen 5:40 was die laaste manskappe bo-op die kruin. Op die plato was vyf koppies en 'n rotsrif het die plato in min of meer 'n noordelike en 'n suidelike gedeelte verdeel. Colley het sy bevelspos en die hospitaal in die suidelike deel ingerig omdat dit die laagste en mees beskutte deel van die kom was. Sowel Colley as sy troepe het gedink dat hulle posisie onaantasbaar was en dat hulle aanstons van hier af die oorlog sou wen deur die Boeremagte by Laingsnek te bestook en uit hulle stellings te verdryf. Daarna sou die Britse mag optrek na Pretoria en dit inneem. Dit was nie Colley se enigste vergissing nie. Van bo-af het dit gelyk of die hange van Majuba regaf was en dat dit dus vir die Boere onmoontlik sou wees om dit te bestyg. Van die Engelse soldate het in hulle voortvarendheid dan ook 'n uitdagende en uittartende houding ingeneem deur op die Boere te skreeu en vir hulle vuis te wys. 'n Luitenant Lucy het selfs sover gegaan om om 5:45 op 'n Boerebrandwag los te brand. Teen die tyd dat hierdie voorvalle plaasgevind het, was die Boeremagte, tot hulle ontsteltenis, reeds bewus daarvan dat die Engelse op Majuba was. Na bewering was generaal Piet Joubert se vrou Hendrina en 'n mev. De Jager, 'n Boerevrou van 'n plaas aan die anderkant (wes) van Majuba, die eerste om die Tommies (die Boerenaam vir die Engelse soldate) te gewaar. Dit het as 'n baie groot skok vir hom gekom, aangesien hy voortdurend op sy hoede was en elke nag, ook op die kruin van Majuba, brandwagte laat uitsit het. Gedurende die nag van 26 Februarie was daar egter om een of ander rede geen wag op Majuba nie. Joubert het onverwyld vir generaals Frans Joubert en Nicolaas Smit opdrag gegee om die Engelse te gaan afhaal. Piet Joubert het vir Smit in bevel geplaas en Smit het vrywilligers gevra, waarop 150 man na vore gekom het. Generaal Smit was 'n uitstaande militêre leier, en word later as volksraadslid vir Ermelo gekies en word in 1887 as vise-president van die Zuid-Afrikaanse Republiek . Internasionaal word hy hoog geroem: Pruise maak hom ‘n Ridder van die Rooi Adelaar en in Nederland word hy Kommandeur van die Orde van die Nederlandse Leeu. Die groep van 150 vrywilligers is in drie groepe verdeel met assistant-veldkornette Danie Malan, Stephanus Roos en kommandant Joachim Ferreira in bevel. Tot aan die voet van Majuba is op perde gejaag, waarna die veldtog, teen die steil hange van Majuba uit, te voet onderneem is. Die ouer mans in die Boeregroep het hulle aan die voet van Majuba ingegrawe en van daar af die vyand voortdurend bestook. Die strategie wat deur die vrywilligers toegepas was, was om te vuur en beweeg. Terwyl een groep vorentoe beweeg, het 'n ander groep dekkingsvuur gelewer. Wanneer die agterste groep tot by die voorste groep beweeg het, het die voorste groep weer gevuur, waarna dit weer die voorste groep se beurt was om vorentoe te beweeg en so het dit aangehou. Roos en

50

Telegram van Generaal Joubert aan Lady Colley

“Regret extremely sad the fate of Colonel

Colley, who fell in action at one ‘o clock, February 27, in attempting to hold mountain fortress forming right of Boer position. Regret he should have fallen in a war, the outcome of a policy which he had not caused; also that he should fall in such an unprovoked and unholy war against the Boer people struggling for freedom. Can only aid you in your sorrow by giving every facility for the removal of the

corpse of your gallant husband.”

Ferreira het die noord- en noordwestelike hange respektiewelik bestyg, terwyl Malan, vergesel van assistent-veldkornet Stephanus Trichardt, die oostelike hang aangedurf het. Teen 11:00 was die eerste Boeremagte naby die noordelike platorand. Tot die laaste eer betoon

Terwyl die Boere ontplooi het, was die Engelse steeds houtgerus en Colley het selfs gaan slaap - dit ten spyte van die vrese wat sommige van sy offisiere teenoor hom uitgespreek het! Roos en Ferreira het intussen die kruin bereik en die Engelse onder kruisvuur geplaas. Toe die Malangroep ook nog intussen die kruin bereik, het die Engelse hulle in 'n baie benarde situasie bevind en was al hulle bravade iets van die

verlede. In die doodsnikke van die geveg wat maar uiters 'n halfuur geduur het, het Colley ook 'n kopskoot gekry waarna die dissipline verbrokkel het en die offisiere nie in staat was om die orde te handhaaf nie. 'n Dolle vlug het gevolg waarin waarskynlik menige soldate na hulle dood geval het. Die Engelse verliese by Majuba was 96 dooies teenoor 'n enkele Boer wat gesneuwel het. Hiermee het die Transvalers 'n roemryke oorwinning behaal. Die neerlaag wat die Britte tydens die Eerste Vryheidsoorlog gely het wat in 1880 begin het en tot 1881 geduur het, was die enigste wat die Britse leër in die 19de eeu toegedien is en seersekerlik die vernederendste van alle tye. Dat dit nie in hulle klere gaan sit het nie, is gewis so. Veral die neerlaag by Majuba het al wat Engelsman is met weerwraak vervul. Geen wonder dus dat die slagkreet Remember Majuba 'n refrein geword het wat sonder enige twyfel twee dekades later 'n rol gespeel het in die aanloop en verloop van die Tweede Vryheidsoorlog. Die Britse eer sou ten alle koste herstel moes word. Vir die Boere was die oorwinning tydens die Eerste Vryheidsoorlog vanselfsprekend soet. Hierdie oorwinnings het egter ook 'n wyer uitwerking gehad: dwarsdeur Suid-Afrika het nasionalisme, wat onlosmaaklik in die volksgeskiedenis veranker is en sy begeestering uit die volk se heldedom kry, soos nog nooit vantevore nie opgebloei. Dit sou ook waarskynlik die eerste stap wees na ‘n eengesinde Afrikaner nasionalisme. 2.8 Die Tweede Vryheidsoorlog

Om vyf-uur die middag van Woensdag, 11 Oktober 1899, het die Zuid-Afrikaansche Republiek se ultimatum aan Brittanje dat sy troepe van die Republiek se grense moet terugtrek, verstryk. ‘n Toestand van oorlog het tussen die magtigste ryk ter wêreld en die twee Boererepublieke geheers, want president MT Steyn het sorg gedra dat die Vrystaat kragtens sy verbond ook sy lot met dié van Transvaal sou inwerp. In teenstelling met die algemene Britse

51

militêre verwagting dat die oorlog nouliks drie tot ses maande sou duur, het die Transvalers en Vrystaters met die steun van die Kaapse rebelle en enkeles uit Natal die stryd tot agting en bewondering van die ganse beskaafde wêreld vir bykans twee-en-dertig maande volgehou. Van ‘n weldeurdagte krygstrategie aan Boerekant was daar eintlik geen sprake nie. Hoewel die opperste leiding by die regerings in Pretoria en Bloemfontein berus het, was die krygsplan in wese defensief, naamlik die verdediging van die Republieke se grondgebied. Met ander woorde daar is geen offensief gevoer om Britse grondgebied te verower nie. In die moderne sin van die woord was die Republieke ook alles behalwe paraat vir die stryd. Van ‘n opgeleide en gedissiplineerde leër was daar so te sê geen sprake nie. Naas die artilleriekorpse van die Vrystaat en Transvaal en die polisie van Transvaal (die Zuid-Afrikaanse Republiek), moes die Republieke staatmaak op burgerlike bevolking onder wapen, met ander woorde ‘n volksleër waarvan die oorgrote meerderheid die geweer slegs by jagtogte gehanteer het. Ook die hoogste offisiere, die verkose kommandant-generaal in Transvaal en die aangewese hoofkommandant slegs in oorlogstyd in die Vrystaat, kon op geen krygsopleiding aanspraak maak nie. Range wat gebruik was, is die volgende: � kommandant-generaal � assistent-kommandant-generaal � hoofkommandant � assistent-hoofkommandant � veggeneraal � kommandant � assistant-kommandant � veldkornet � assistent-veldkornet � gewone burger. Lys van Kommandogebiede in die Transvaal met die uitbreek van die oorlog was: � Bethal � Bloemhof � Carolina � Ermelo � Heidelberg � Krugersdorp � Lichtenburg � Lydenburg � Marico � Middelburg � Piet Retief

� Potchefstroom � Pretoria � Rustenburg � Standerton � Utrecht � Vryheid � Wakkerstroom � Waterberg � Wolmaransstad � Zoutpansberg

Altesaam 22 kommandante en 80 veldkornette het aanvanklik in die burgermag van die Transvaalse gedien. In die Vrystaat was daar 19 kommandante, 42 wyksveldkornette, 42 assistent-veldkornette en 18 dorpsveldkornette. Dus kan die nageslag voorwaar trots wees op enige van die voorgeslagte wat hierdie range tydens die oorlog beklee het. Volgens getalle kon die Republieke met die uitbreek van die oorlog sowat 35,000 burgers opkommandeer. Die getal weerbare mans tussen 16 en 60 jaar sou in totaal nie meer as tussen 50,000 en 55,000 beloop nie. Hierdie geledere kon net met jong seuns en

52

bejaardes van oor die sewentig jaar aangevul word. Vir almal was daar nie eers Mausers beskikbaar nie, en met die verloop van die oorlog toe die Mauserammunisie opraak, is van die gebuite Lee-Metfords van die Engelse gebruik gemaak. Wat artillerie betref, sou die Boerekanonne nie meer as 70 teenoor die letterlike honderde grofgeskut en veldstukke van die Britse leër kon opweeg nie. Bronne dui daarop dat die Britse regering £200m (oftewel £3.7bn in 2004 se geldwaarde) gekos het om die oorlog te finansier. Teenoor hierdie ongedissiplineerde en militêr onervare Boeremagte het die goed-gedissiplineerde en militêr-opgeleide en ervare Britse leër gestaan. Hulle getalle het aanvanklik uit sowat 50,000 bestaan, maar teen die einde van die oorlog tot 450,000 aangegroei. Vir elke burger wat die Republieke in die stryd gewerp het, is daar militêr sowat tien teen hom ingespan – ‘n oorweldigende meerderheid. Vir die Republieke was die Britse krygstrategie aanvanklik nie duidelik nie. Hulle het verwag, maar hulle ook daarmee vergis, dat die Britse opmars en aanslag net soos in 1880 en 1881 in Natal sou plaasvind. Die Britse leërleiding het trouens reeds so vroeg as 1896 besluit om vanuit die Kaapkolonie langs die bestaande spoorlyne die Republieke aan te val. Al waaroor hulle in daardie stadium nog nie duidelikheid gehad het nie was, of die offensief vanuit die suide deur die Vrystaat na Transvaal, of langs die westelike grense van die twee Republieke geloods moet word. Die feit dat die Britse opperbevelhebber in Suid-Afrika, generaal Buller, met ‘n aansienlike mag na Natal beweeg het, het die Boere mislei. Intussen is Kimberley, Mafikeng en ander belangrike spoorwegsentrums in die weste met troepemagte versterk totdat genoeg troepe in Suid-Afrika sou aankom om die groter offensief te laat ontplooi. Die Boere hoofmag van byna 17,000 man onder bevel van generaal Piet Cronjé het Noord-Natal binne geval. Newcastle word beset en Joubert se linkervleuel onder kommandant Lucas Meyer lewer die onbesliste slag van Talana waar generaal Symons, dood geskiet word. Sy opvolger, generaal Yule, is egter genoodsaak om daarna na Dundee terug te val en laat al sy voorrade en ammunisie agter. President Steyn en Generaal De Wet en burgers

Hierdie sukses is geneutraliseer deur die feit dat generaal JHM Kock vanweë oorhaastigheid op 21 Oktober hom by Elandslaagte vasgeloop het. In hierdie slag is die Hollanderkorps en die hele Duitse Korps van Adolf Schiel, saam met byna helfte van die kommando gewond en gevange geneem. Generaal Kock self is kort daarna

aan sy wonde oorlede. Hoewel Sir George White met ‘n mag van 5,000 man die druk op die terugvallende Yule by Rietfontein verlig, moes die Britse magte na Ladysmith terugval. In ‘n poging om die Boeremagte wat besig was om die dorp te omsingel, uitmekaar te dryf, is hy op 30 Oktober by Modderspruit verslaan en na Ladysmith teruggedryf. Om sout in die wonde te vryf, het waarnemende kommandant De Wet, toe

53

nog ‘n kommandant, by Nicholsonsnek, ten noorde van die dorp, deur van Majubataktiek in die nag gebruik te maak generaal FRG Carleton se hele mag van sowat 800 man tot oorgawe gedwing. Hierna is die omsingeling van Ladysmith voltooi. Met sowat vier-vyfdes van die Britse in Natal by Ladysmith vasgekeer, het die Boere in ‘n gunstige posisie verkeer om selfs na Durban op te ruk. Na ‘n suksesvolle opmars na Weenen, Estcourt en Mooirivier in die loop van die volgende maand, wil die jong generaal Louis Botha dit waag om na die kus op te ruk, maar hiervan wou generaal Joubert nie hoor nie. Sy ideaal en oogmerk is om die Britse magte by Ladysmith tot oorgawe te dwing. Juis daardeur het hy die insiatief uit sy hande laat glip. Buller wat aanvanklik besluit het om met sy leerkorps langs die Kaapse spoorlyne op te ruk, het die situasie in Natal so ernstig gevind dat hy besluit het om hierdie korps te verdeel en self in Natal te gaan optree. Ongehinderd kon hy sy troepe in Durban land en die opmars teen die Boere begin wat nou tydelik onder die bevel van generaal Botha gestaan het nadat Joubert vanweë ongesteldheid na Pretoria is. Buller se eerste slagveld ontmoeting met Botha was rampspoedig. Dit val saam met twee ander groot nederlae wat die Britse magte in dieselfde week, die sogenaamde Black Week, in Desember by Stormberg en Magersfontein ly. Om die laasgenoemde nederlae te wreek, besluit Buller op 12 Desember ‘n frontaanval teen Botha se stellings by Colenso8 te waag wat van Spioenkop tot by Bosrand gestrek het. Ten spyte van ‘n oormag van 23,000 Engelse soldate en 42 kanonne teenoor 5,000 Boere burgers en 10 kanonne word Buller op 'n verpletterende wyse teruggeslaan. Afgebrande plaashuis met verslae mense

‘n Maand later, teen die helfte van Januarie 1900, loods Buller ‘n tweede aanslag op die Boerelinies aan die Tugela, maar die keer met 30,000 man en 60 kanonne en die hulp van generaal Charles Warren. Die geweldige aanslag lei tot die groot Boere oorwinning by Spioenkop, 24 Januarie, toe die bergkop beset en

onmiddellik daarna deur verwarring en misverstand ontruim is en die Boere as die oorwinnaars gelaat het. Aan Britse kant was daar meer as 1,600 ongevalle met 300 gesneuweldes, terwyl die Boere se verliese ongeveer 50 gedood en 120 gewond was. Oor die Britse mislukking is tot in lengte van dae bitter verwyte random Buller en Warren geslinger. Vir 'n derde keer sou Buller hom teen die Boerelinies werp, maar dié keer by Vaalkranz nie vêr van Spioenkop nie. Na ‘n hewige bombardement deur sowat 70 kanonne, moes kommandante Viljoen en Du Preez9 (sien verdere besonderhede in hoofstuk 3 oor die voorouers) se kommando uiteindelik die kop prysgee, maar Buller moes ontdek dat Vaalkranz geen besondere sleutelposisie was om na Ladysmith deur te dring nie.

8 Rachel Magdalena Johanna Brink (b1c5d13e7) verloor haar eggenoot Francois Johannes Lombard, op 15 Desember 1901 tydens die Slag van Colenso. 9 Pa van Ansie du Preez wat met Bertie Brink trou (b7c5d3e9f2).

54

Boere soldate naby Magersfontein Op die wesfront en suidfront sou die Boere se offensief ook met oorwinnings en terugslae afgewissel word. Reeds op 13 Oktober het waarskynlik die eerste skote in die oorlog geklap toe generaal De la Rey, by Kraaipan, suid van Vryburg, ‘n Britse gepantserde trein buitmaak. Met dieselfde traagheid en oorversigtigheid as generaal Joubert aan die oosfront sou generaal Piet Cronjé mannekrag verspil om die vindingryke Baden-Powell by Mafeking vir sewe maande lank te beleër en ‘n nog groter mag

inspan om Kimberley te omsingel. Terwyl die Boere met hierdie beleëringstaktiek of stellingoorlog besig was, kon Lord Methuen feitlik ongehinderd vanuit Kaapstad sy troepe, ammunisie en proviand na Oranjerivierstasie aanbring. Van generaal De la Rey en die ander jonger offtsiere se begeerte om die Kaapkolonie op groot skaal binne te val, wou Cronjé niks weet nie. Hy het verkies om die Engelse in hul neste vas te trek, of hulle in te wag. Vanaf 21 November het Methuen met die spoorlyn in die rigting van Kimberley beweeg. Op die 23ste word die Vrystaters onder kommandant Prinsloo by Belmont teruggeslaan, en twee dae later sou hulle met die steun van generaal De la Rey by Graspan die Britse mag swaar verliese toedien, maar sonder om die opmars te stuit. Generaal Cronjé haas hom ook nou na hierdie front. By die samevloeiing van die Modder- en Rietrivier sou die Boere hul heldhaftig in die walle van die riviere verdedig, maar Cronjé besluit om die stellings te verlaat en so kry Methuen se mag kans om aan die Modderrivier te laat uit te rus. Cronjé wou agter die rante van Magersfontein die Britse opmars stuit, rnaar met die steun van president Steyn wat die front besoek, word aan generaal De la Rey se skitterende taktiese plan om voor die rant stelling in te neem, voorkeur gegee. Dit lei tot die roemryke oorwinning van Magersfontein op 12 Desember toe Methuen se frontaanval van 12,000 man deur weinig meer as ‘n duisend burgers afgeweer is. Die grootste gedeelte van die Boerlaer van meer as 6,000 burgers is nie eers in die stryd gewerp nie. Die keur van Skotland se brigades en hul bevelvoerder, generaal Andy Wauchope, is hier verslaan, sodat die Britse ongevalle byna ‘n duisend en die Boere se gesneuweldes nouliks meer as ‘n honderd getel het. In plaas van sy sukses op te volg soos generaals De la Rey en De Wet, wat nou as veggeneraal op die wesfront aangestel is, aangedring het, naamlik om die Britse verbindingslinies tot diep in Kaapland af te sny en Methuen se mag uit te honger, het Cronjé verkies om vir bykans twee maande die Britse mag by Magersfontein se rante in te wag vir ‘n tweede aanval wat toe nooit gebeur het nie. Aan die suidelike front sou die Boerekommando’s teen die begin van November Kaapland binneval en met generaal WF Gatacre en generaal JDP French te doen kry. Die algemene verwagting was nog steeds dat die Britse magte op groot skaal langs hierdie front sou opruk. President Steyn het tevergeefs om groter Transvaalse steun in hierdie

55

sektor gepleit. Toe die Boerekommando’s onder generaal IH Olivier, Aliwal-Noord en Burgersdorp beset, het talle Kaapse rebelle by hulle aangesluit. In reaksie hierop is krygswet in hierdie streke, asook in Griekwaland-Wes en Prieska aangekondig, waar die Boererepublieke wye steun vir hul vryheidstryd geniet het. In ‘n nagtelike aanval op die Boerestellinge by Stormberg word Gatacre deur Olivier met ‘n verlies van byna ‘n derde van sy mag van 3,000 troepe aan dooies, gewondes en gevangenes teruggedryf. Saam met die oorwinnings by Magersfontein en Colenso het dit die Boere die kroon op Brittanje se Black Week gespan. Kerke is afgebrand en later herbou deur die Boere - NG Kerk Frankfort

Die gevoelige en vernederende Britse nederlae in Suid-Afrika het die Britse opperbevel genoop om kragdadig op te tree - veral in die lig van die spot en hoon wat daar in Europa teen die magtige Britse ryk opgegaan het. Nog meer troepe sou inderhaas in hul duisendtalle na Suid-Afrika gestuur word. Veldmaarskalk Lord Roberts, die held van Kaboel en Kandahar, reeds 67 jaar oud word aangestel as opperbevelhebber en befaamde strateeg om saam met die knap militêre organiseerder, Lord Kitchener van Kartoem, sake op die militêre fronte reg te ruk. Toe Roberts op 8 Februarie in Methuen se kamp aan die Modderrivier opdaag waar hy vir twee maande lank rustig geleentheid gehad het om sy wonde te lek en massa voorrade op te bou, het die Boere nog nie die erns van hul posisie besef nie. Die hoofaanval wat hulle nog altyd vanuit die suide gevrees het, het eers met die massale Britse beweging van 30,000 voet en berede soldate in die rigting van Kimberley die ontnugtering gebring dat daar al die maande niks gedoen is om hierdie mag se monstering te verhinder nie. Die kavallerie-afdeling van French het meesterlik Cronjé se posisie by Magersfontein verbygetrek en op 15 Februarie Kimberley met sy vasgekeerde Cecil Rhodes ontset. Die Boeremagte rondom Kimberley was genoodsaak om in die rigting van Boshof terug te val. Cronjé self het nou gevaar geloop om by Magersfontein omsingel te raak. Hy het met sy swaar wa-laer en groot aantal vroue en kinders wat by die kommando’s beland het, in ‘n oostelike rigting langs die Modderrivier opgetrek in ‘n poging om Lord Roberts se knyptangbewegings te ontkom. Die Britse ruitery wat nou op groot skaal gebruik is, het Cronjé se ondergang blyk te wees. Hy is uiteindelik deur French se kavallerie verbygesteek en in die loop van die Modderrivier by Vendutiedrif in die omgewing van Paardeberg vasgekeer. Terwyl generaal De Wet, wat intussen ‘n groot Britse konvooi by Watervaldrif buitgemaak het, verwoede pogings aangewend het om vir Cronjé ‘n pad oop te skiet, het laasgenoemde hom al dieper in die walle van die rivier ingegrawe en met hewige verliese aan Britse kant

56

die aanslae op hom afgeweer. Die kans om wel uit te breek, het hy nie benut nie en op 27 Februarie 1900, moes hy met 4,000 burgers oorgee10. Al hierdie burgers insluitende kommandant Wolmarans11 wat skaars vier maande in aksie was se krysdae is beëindig, en dit sou onteenseglik die Boere se moraal geweldig negatief beïnvloed het. Hiermee het die gety teen die Boere gekeer. Op dieselfde dag is Buller se vierde aanval op die Tugela linie met sukses bekroon toe hy by Pietershoogte met ‘n oormag van 40,000 man en 72 kanonne die 5,000 burgers van Botha verslaan het. Verslaendheid het die Boere op die wes- sowel as oosfront oorval. Terwyl die Boeremagte in wanorde en mismoedig vanuit Natal na Transvaal teruggestroom het, het Botha tog daarin geslaag om die getroues ‘n linie in die Biggarsberge te laat vorm, maar Butler sou vir eers geen aanval op hulle loods nie. Ook in die suide het die Boere weerstand as gevolg van hierdie teenslae verkrummel en kon Clements, Gatacre en generaal Brabant feitlik ongehinderd die Oranjerivier oorsteek. Behalwe vir die rebellebedrywighede in Noord-Kaapland en Griekwaland-Wes, wat deur ‘n ekspedisie van generaal PJ Liebenberg ontketen is, het die Vrystaat, dit wil sê republikeinse grond, nou die hoofgevegsterrein geword. Terwyl generaal Cronjé en sy 4,000 mede-krygsgevangenes na voorlopige aanhoudingskampe in Groenpunt, Kaapstad, en by Bellvue te Simonstad weggevoer is om uiteindelik na St. Helena, Bermuda, Ceylon en krygsgevangekampe in lndië gestuur te word, het Roberts sy opmars na die Vrystaatse hoofstad voortgesit. Boere innovasie – ossewa tenks

Generaal De Wet wat nou as hoofkommandant van die Vrystaatse magte aangewys is en nie langer onder die Transvaalse opperbevel sou staan nie, het by Poplar Grove en Abrahamskraal12 saam met De la Rey nog ‘n laaste wanhoopspoging aangewend om Roberts se opmars te verhoed, maar met sy gedemoraliseerde kommando’s was by nie by magte om teen die oormag staande te bly nie. Daar is besluit om

Bloemfontein nie te verdedig nie, en op 13 Maart ruk Lord Roberts die stad binne om die Vrystaatse Vierkleur met die Union Jack te vervang. Die Vrystaatse regering het intussen na Kroonstad uitgewyk. Op 5 Maart het presidente Kruger en Steyn hul op die Britse Eerste Minister, Lord Salisbury, en die Europese regerings beroep om die bloedvergieting te staak, maar ‘n

10 Daniël Willem Brink POW nr 649, Daniël, POW nr 650, Abraham Brink , POW nr 3665, Hendrik Paulus Brink POW nr 5184, Frederick Jacobus Brink POW nr 5185, Albertus Johannes Brink POW nr 5186, Gert Jan Brink POW nr 5187, Francois Christian Brink POW nr 6903 is almal gevang. Carolus Brink (b7c9d6e3) ontsnap en word later ‘n generaal in die Suid-Afrikaanse Weermag. 11 Sien Arend (b7c5d3e9f2g1h4) wat getroud is met Sarie Petronella. 12 JJ Brink is hier in aksie op 13 Oktober in aksie oorlede, verdere besonderhede sien Senekal NG Kerk Monument.

57

week later het ‘n kortaf antwoord hulle bereik dat Brittanje vasbeslote was om die republieke te verower. Die Republieke het nou hulle hele hoop op buitelandse hulp gevestig, en hoe ywerig dr Leyds en die deputasie, te wete ADW Wolmarans, Abraham Fischer13 en CH Wessels, hulle ookal daarvoor ingespan het, sou dit nooit werklikheid word nie. Hoeveel simpatie die Boere ook al by die gewone Europeërs gewek het - selfs by ‘n sterk pro-Boer-beweging in Brittanje, was nie een van die regerings bereid om hulle die vyandskap van Brittanje op die hals te haal nie. In die praktyk was intervensie ook haas onmoontlik omdat Brittanje ter see van niemand iets te vrese gehad het nie. Op 17 Maart besluit presidente Steyn en Kruger by Kroonstad dat, ten spyte van die feit dat die vyand in ‘n besondere magsposisie verkeer het, om die stryd met alle mag voort te sit. In die Vrystaat sou De Wet die grondslag lê wat die volgende twee jaar sou voortwoed. Die walaers is afgeskaf en met kleiner kommando’s is die vyand se verbindingslinies en opslagplekke voortdurend aangeval. Sannaspos, Mostertshoek en Wepener sou almal klinkende voorbeelde van sy geniale guerillataktiek wees, hoewel hy by laasgenoemde slag nie die Kapenaars in diens van die Britse leër tot oorgawe kon dwing nie. Lord Roberts was haastig om oor ‘n breë front na Pretoria op te ruk en die oorlog spoedig te beëindig maar ‘n uitgeputte leër en ‘n maagkoorsepidemie het hom ses weke lank in Bloemfontein vertraag. Teenoor meer as 100,000 troepe wat na Transvaal opgeruk het, het generaal Botha skaars 12,000 burgers kon monster. Hy, wat generaal Joubert na sy afsterwe op 28 Maart as generaal opgevolg het, kon nouliks meer as agterhoede gevegte voer.

Toe Roberts op 12 Mei Kroonstad inneem, het president Steyn en sy regering rondgeskuif na Heilbron, toe Reitz, en uiteindelik na Bethlehem uitgewyk om daarna by De Wet se kommando aan te sluit en die stryd tot die bittereinde te voer. Die hoofdoel was om die stryd so lank as moontlik uit te rek met die hoop dat buitelandse inmenging moontlik sou word, of om die Britse belastingbetaler soveel geld uit die sak te jaag dat hulle die regering sou dwing om die oorlog te staak. Terwyl Roberts na Pretoria opruk sou De Wet sy verbindingslinies by Biddulphsberg en Lindley weer swaar teister, maar die inname van Johannesburg14, 31 Mei, en Pretoria, 4 Junie, was onafwendbaar. Vir ‘n oomblik het die Transvalers dit oorweeg om oor te gee, maar president Steyn, soos ook by latere geleenthede, het dit skerp afgewys. Ook De Wet se vernietiging van R500,000 se militêre voorrade by Rooiwal, 7 Junie, het aan die Transvalers nuwe moed gegee.

Rooiwal op 7 Junie 1900 Op die heel westerfront is Mafeking na meer 200 dae deur generaal Hunter ontset, en sou die vrygestelde Baden-Powell later die South African Constabulary oprig om die verowerde gebiede teen die Boerekommando’s te beskerm. Die trae Buller het eers in Mei Ladysmith met 45,000 man verlaat om deur die Boerelinies by

13 Advokaat Abraham Fischer het in 1907 die Eerste Mininster van die Vrystaat Republiek geword. Sy moeder was Catharine Anna Margaretha Brink (b7c8d1). Hy het ‘n seun ook ‘n advokaat bekend as Braam Fischer wie op 3 Desember 1963 die senior lede van die ANC in die opspraakwende verhoor verdedig het. Hy was in die Rivonia-verhoor die verdediging as hoofadvokaat en was ‘n gelyste kommunis. 14 Johan Jacobus Sarel Brink (b1c6d12e2f7) is tydens die inname van Johannesburg swaar gewond.

58

Biggarsberg deur te breek en na die slag van Allemansnek, 11 Junie, Volksrust beset. Vandaar beweeg hy na Standerton om uiteindelik by Roberts se magte aan te sluit. Intussen het president Kruger na Machadodorp uitgewyk, terwyl generaal Botha wat by Donkerhoek die Engelse ‘n goeie hou toegedien het, ‘n linie dwarsoor die oosterspoor ingerig het en by Witpoort die Engelse voorhoede sou terugslaan. In die Wes-Transvaal waarheen generaal De la Rey terug gekeer het nadat hy tot en met Donkerhoek saam met generaal Botha opgetree het, sou die stryd nog lank nie gewonne wees nie. Hier het veral generaals ER Snyman, FA Grobler en later ook generaals JCG Kemp, CF Beyers en ‘n ruk lank JC Smuts teen keur-offisiere soos Baden-Powell, Smith Dorrien, Carrington en niemand anders as Lord Methuen self met herhaalde suksesse opgetree. Ten spyte van sy skouspelagtige opmars na die twee republikeinse hoofstede en die proklamering van die Republieke tot Britse kroonkolonies, was die Boereverset allermins gebreek, en het Roberts niks daarby gebaat nie om die Boere nou as rebelle, guerillas of rowerbendes uit te kryt nie. In die noordweste van Kaapland, veral die streek Hopetown, Kenhardt en Kuruman, sou die verset ook volgehou word en moes Kitchener en later Warren daarheen om dit te onderdruk. Geleidelik is ook die hele Kaapkolonie onder krygswet geplaas en is die Bondsregering van WP Schreiner deur die van Sir Gordon Sprigg vervang wat die Britse regering veel sterker in sy oorlogspoging gesteun het om die Afrikaner-rebelle van Kaapland die doodstraf op te lê. Die eerste krygswet is op 16 Oktober 1899 in die distrikte van Vryburg, Mafeking, Barkley-Wes, Kimberley en Herbert afgekondig. Ander distrikte het later gevolg totdat die hawens ook hierby ingesluit is. Brinks wat Kaapse Rebelle was waarvan sommige verhoor15 was sluit in: � Jacobus Johannes Brink (b1c7d5e2f7), ongetroud, dood in aksie op 10 Maart 1900

by Abrahamskraal. � Cornelius Brink van Van Rhynsdorp. Wapen neergelê. Skuldig bevind onder

proklamasie 100/1902 te Van Rhynsdorp. � Casparus Johannes Brink van Drommelvlei, Piketberg. Sluit aan by Generaal Malan

se kommando in Oktober 1901. Hy het ook geveg vir Fouché. Skuldig bevind onder proklamasie 100/1902 in Cradock op 4 Jullie 1902 en aangehou. (Die Woonburger van 15 Augustus 1998 stel dat hy lid van Maritz se kommando was.)

� Constant Laubscher Brink (b11c4d4e2) van Potvlei van Van Rhynsdorp. Wapen neergelê. Skuldig bevind onder100/1902 te Clanwilliam op 30 Junie 1902.

� Abraham Johannes Brink (b11c3d3e1f4) van Drommelvlei, Piketberg. Hy was gearresteer deur die Britse troepe en aangekla dat hy vir generaal Maritz se kommando tydens die Kersefonteinbrug skermutseling geveg het. Hy skuldig bevind en tronk toe gestuur.

� Louis Brink wat tereggestel is op 23 jarige leeftyd. Woonagtig op Faith in Mafeking. 23 jaar oud. Sluit aan op 11 Oktober 1899. Gevonnis in Mafeking deur ‘n Spesiale Hof op 11 November 1901 vir die moord op ‘n swarte. Skuldig bevind en gehang. Sy suster Frances Brink skryf ‘n memoir genaamd ‘A Girl's Story of Her War in the

15 Depot: KAB , Volume: 2039 Description: Anglo-Boer War and High Treason: Malmesbury: Brink C Depot: KAB, Volume: 2041 Description: Anglo-Boer War and High Treason: Piquetberg: Brink AJ Depot: KAB, Volume: 2041 Description: Anglo-Boer War and High Treason: Piquetberg: Brink, Cornelius: Petition for release.

59

War'. In it she described her brother's role in the shooting of Black refugees ejected from Mafeking while under siege. General Snyman gave orders that if they saw a Black, they were to shoot him. So Louis shot him dead on the spot, then took the gun and the assegaai and went to the laager'. He was hanged with Arnoldus Renike on 28-12-1901 at Mafeking by the executioner Blake in the presence of the Deputy Sheriff and Dr Tom Heyes, the District Surgeon. The natives took a great interest in this hanging as it was the first palpable local punishment for the very frequent, cold-blooded shooting of natives during the siege. Brink insisted to the last that he was not guilty as he was carrying out the orders of a superior officer to shoot a Black who had an assegaai, was without a pass and was probably planning a robbery.

� Johan Neethling Brink16 (b1c7d5e7f1) wat onder die bevel van generaals De la Rey en Jonathan Crowther geveg het.

� Casper Johannes Bosman Brink (b11c4d8e1) van Piketberg veg onder gesag van generaal Wynand Malan. Casper was voor sy dood in 1972 in die ouderdom van 93 jaar die langslewende stryder van die laaste groep rebelle van die Sandveld. Hy het sonder sy ouers se toestemming aangesluit.

� Petrus Johannes Brink van Piketberg veg vir generaal Wynand Malan. � Wouter Cornelis Justinus Brink (b12c9d5e3f1) was nog op skool in die Paarl Boys

High toe die oorlog uitbreek. Sluit aan by Danie Theron se verkenners aan. Wouter word gewond by Hopetown en as krygsgevangne na Indië gestuur. Na sy terugkoms stuur sy pa hom terug skool toe.

� Cornelius Brink. Gelys in ongedateerde Algemene Indeks van Moontlike Rebelle as nommer 163.

� Cornelius Brink van Vryburg. POW nr 393. Kieser 41 in Wyk 1 in 1899, Vryburg Kiesers Rol. Kassier. Sluit aan tussen 20 Oktober 1899 en 30 April 1900. Gelys as voortvlugtende rebel in 1900 in AG2109. Gevonnis te Penal Servitude tot 10 jaar op 30 Mei 1902 te Vryburg vir Hoogverraad. Royal Commission verminder vonnis tot 3 jaar. Gedeeltelike amnestie ontvang in Maart 1903.

� Cornelius Brink van Apies in Piketberg. Gevonnis in terme van Penal Servitude tot 3 jaar op 12 Desember 1901 te Wittedrift, vir bystand verleen aan vyand. Royal Commission bevestig vonnis. Vonnis verstryk op 11 Desember 1902.

� Cornelius JP Brink van Postmasburg. Gelys in Algemene Indeks as Moontlike Rebel as nommer 164. Gelys as voortvlugtende in 1900.

� Daniël Brink van Stellenbosch. Ongeveer 20 jaar oud. Ouers kom van Rustenburg, Transvaal af. Gelys onder Algemene Indeks as Moontlike Rebel nommer 165. ‘n Skolier van Gymnasium. Gelys as voortvlugtende in 1900.

� Daniël Brink van Kimberley. Registeer in die Kimberley Verkiesingslys as Kieser nommer 486 in Wyk 2. Bestuurder. Verhoor onder die Indemnity and Special Tribunals Act of 1900 tydens die sitting van die kommissie gehou te Kimberley op 19 Maart 1903, saak nommer 16. Verloor kiesregte tot 19 Maart 1908. Klas 2 rebel. AG2117.

� Daniël Brink (b11c1d3e3f1) van Drommelvlei in Piketberg. Sluit aan op 9 Oktober 1901. Lê wapen neer. Gevonnis onder proklamasie 100/1902 te Clanwilliam op 28 Junie 1902. Vrygespreek.

� Egbert Eliza Brink (b7c2d5f4e8d7) van Kopjeskraal, Calvinia. Lê sy wapen neer. Gevonnis onder proklamasie 100/1902 te Clanwilliam op 11 Julie 1902. 1/CWM 1/2/1/1; AG2116. (Later die wenner van die eerste Fietsresies oor 100 myl in die Transvaal.)

16 Depot VAB, Die Huisgenoot. Deel 34; 10 Mrt. 1950; no. 1459. Adjudant JN Brink: “Die leeu slaan terug! Generaal De la Rey se grootste oorwinning 48 jaar gelede.”

60

� H Brink van Kleigat, Piketberg. Sluit aan op 7 Oktober 1901. � Hendrik Gideon Brink van Vryburg. POW nr 394. Kieser 40 in Wyk 1 in 1899

Vryburg kiesers lys. Klerk; sluit aan tussen 20 Oktober 1899 en 30 April 1900. Gelys in Algemene Indeks as rebel nommer 166. Gelys as voortvlugtende in 1900 in AG2109. Gevonnis in terme van Penal Servitude tot 10 jaar op 30 Mei 1902 in Vryburg vir Hoogverraad. Royal Commission verminder vonnis tot 3 jaar. Verkry gedeeltelike amnestie verkry Maart 1903.

� Jacob Daniël Brink, (b1c7d5e2f5). ABO 26812 van Bultfontein. Veldkornet. Verskyn saam met generaal Smuts, Mantz en ander in noord Kaap op ‘n foto.

� Jan Brink van Stellenbosch, 18 jaar oud. Ouers van Rustenburg. Gelys in die Algemene Indeks as Moontlike Rebel nommer 167. Gelys as voortvlugtende rebel in 1900.

� Jan Brink van Wellington. Ongeveer 21 jaar oud. Gelys as voortvlugtende rebel in 1900.

� Johannes Hendrik Brink (b11c1d3e15) van Zuurfontein, Piketberg. Registrasie as kieser onbekend, maar moontlik Wyk 2. Boer en seun van Andries Brink. Lê die wapen neer voor Kolonel McCracken van die Berkshire Regiment te Hope Town op 7 Junie 1902 - oorhandig naamlik 1 geweer, 1 bandolier, 30 rondtes, 1 perd, 1 muil, 1 saal en toom. Gevonnis onder proklamsie 100/1902 te Hope Town.

� Johannes Hieronymus Brink (b7c2d7e2) van Kopjeskraal in Calvinia omgewing. Lê die wapen neer. Gevonnis onder proklamasie 100/1902 te Clanwilliam on 11 Julie 1902.

� Johannes Petrus Brink (b11c1d3e3) van die Paarl, voorheen van Wellington, 42 jaar oud. Veldkornet.Gevang te Fouriesburg op 30 Julie 1900 en verskaf ‘n vals adres as synde Maquatling, Ladybrand in die Korannasberg gebied. POW nommer 8772. Gestuur na Ceylon. Verlaat Wellington in 1896.

� Marthinus Cornelis Petrus Brink, DTD ABO. Vryburg. Kieser 39 in Wyk 1. Meulenaar. Gelys onder Algemene Indeks as Moontlike Rebel nommer 168. Gelys as voortvlugtende in 1900. Veg in Van Deventer se kommando en later dien hy op generaal Smuts se staf. Betrokke in die geveg te Middelpost op 5 Februarie 1902.

� Petrus Johannes Brink van Rooiverlorenvlei, Piketberg. Veg vir Malan en Fouché se kommando’s. Lê wapen neer. Gevonnis onder proklamasie 100/1902 te Cradock op 4 Julie 1902.

� Philip Brink van Stellenbosch, ongeveer 16 jaar oud. Sy ouers was van Rustenburg, Transvaal. Gelys onder Algemene Indeks as Moontlike Rebel nommer 169. Skolier van Gymnasium. Gelys as ‘n voortvlugtende rebel in 1900.

� Petrus Johannes (Piet), (b11c11d7e2) visserman van beroep. Brink van Bontheuwel, Piketberg. Sluit aan op 9 Oktober 1901.

Die man wat Roberts egter die meeste hoofbrekens besorg het, was De Wet. Daar is besluit om hom saam met president Steyn ten alle koste vas te trek. Dit geskied ten dele toe sowat 7,000 burgers in die Brandwaterkom in die Oos-Vrystaat vasgedruk word, maar De Wet ontglip met 2,600 by Slabbertsnek die omsingelingsbeweging om daarna tussen Bethlehem en Senekal, oor die Vaalrivier tot by die Magaliesberge meedoënloos deur generaal Broadwood agtervolg te word.

61

Generaals De Wet, De la Rey en Botha.

Dié Generaals van die Oorlog Hy skud hulle egter af om uiteindelik weer na die Vrystaat terug te keer. Intussen het die res van die kommando’s wat in die Brandwaterkom agtergebly het, die onbekwame Marthinus Prinsloo as hoofkommandant verkies in die plek van die knap generaal, ds Paul Roux, wat deur De Wet in die posisie aangewys is. Met al die geleentheid om uit generaal Hunter se net te breek, soos wat kommandante Haasbroek en Froneman dit wel gedoen het, besluit hy egter om met byna 4,000 man oor te gee. Die kaal kol by Surrender Hill waar al hulle gewere, ammunisie en voorrade deur die vyand aan die brand gesteek is, getuig vandag nog van hierdie daad wat so goed as aan verraad gegrens het. Ook generaal Botha sou vir Roberts verder hoofbrekens besorg. Hoewel Roberts weens

De Wet se optrede nie onmiddellik teen hom kon optree nie, sou Botha ‘n paar uitgesoekte Britse generaals op 26 en 27 Augustus by Dalmanutha, naby Machodorp, stormloop en in die laaste groot stellingslag terdeë ondervind hoe dapper 5,000 burgers hulle teen ‘n geweldige oormag kon verweer. Botha was hierna genoodsaak om in die rigting van Baberton en Lydenburg terug te val en ook hier tot ‘n bewegingsoorlog teen die Engelse oor te gaan. Soos in ander streke sou French, Pole-Carew en Buller tevergeefs die verset hier probeetr beëindig. Op hierdie stadium is besluit dat president Kruger wat weens hoë ouderdom nie saam met die kommando’s kon beweeg nie, hom na Europa moes wend om daar die Boeresaak te bevorder. Generaal Schalk Burger sou as vise-presidenti in sy plek waarneem. President Steyn wat die gevaarlike tog na Oos-Transvaal onderneem het, was een van die persone wat by die Portugese grens van hom afskeid kom neem het, om daarna na die Vrystaat en De Wet terug te keer en die siel van die vryheidstryd te word.

Norvalspont Konsentrasiekamp

Ten spyte van baie hensoppers en verraaiers was die kleiner vegtende kommando’s nou gelouterde, taaie en geharde vegters wat met meesterlike verkenningswerk en die allergrootste vernuf die Britse kolonnes, oral oor, nooit ruskans gegee het nie. Hoeveel

62

agting die Britse generaals ook vir manne soos Botha, De la Rey en ander gehad het, was De Wet dié een wie hulle die graagste in die pan wou bak. Na ‘n gevoelige hou by Fredrikstad, 24 Oktober, word ‘n tweede groot drive of jag teen hom georganiseer. Met 1,500 burgers trek by van Bothaville tot by Sprinkaansnek, lewer ‘n slag teen die vyand, beset Dewetsdorp en trek daarvandaan na die Oranjerivier met die oog op Kaapland binne te val, maar word deur die vol rivier gekeer. Generaals JBM Hertzog en PH Kritzinger slaag egter wel daarin om die Kaapkolonie binne te val en om respektiewelik Lambertsbaai en Willowmore te bereik, maar De Wet self draai in sy spoor om, om weer die einde van die jaar digby Senekal blaaskans te soek. Lord Roberts, of “Bobs” soos die soldate hom genoem het, is teen die einde van 1900 terug na Brittanje sonder dat sy belofte om die oorlog spoedig en finaal te beëindig nagekom is. Lord Kitchener het hom as opperbevelhebber opgevolg, en die vegtende Boere sou met nuwe taktiek te doen kry. Die hele land is met blokhuislinies deurkruis waarteen die bewegende kommando’s vasgedruk sou word en dryfjagte deur berede kolonnes uitgevoer sou word, met ander woorde die Boere sou met hulle eie taktiek beproef word. Verder sou konsentrasiekampe vir vroue en kinders opgerig word, kwanseins uit humanitêre oorweginge, wat dit in die praktyk nooit was nie, omdat die land van die een kant na die ander van wonings, besittings, vee en enige vorm van voedsel deur vuur en swaard gestroop sou word. As die Boer nie op ‘n eerbare en manlike wyse te velde oorwin kon word nie, sou hulle hom met ‘n beleid van verskroeide aarde wat ook sy vrou en kind sou tref, probeer breek. Die last gentlemen’s war sou na Desember 1900 verander in iets wat volgens moderne perspektief op volksuitwissing neergekom het. Met generaal French se groot dryfjag wat hy tussen Januarie en April 190117 met 40,000 tussen die Delagoa en Natalspoorlyn tot by Swaziland en terug van stapel gestuur het, is teen Botha militér haas niks bereik nie, maar in die proses is ontsettende verwoesting aangerig en baie vroue en kinders aangekeer. In die weste waar De la Rey en Beyers by Nooitgedacht reeds die vorige Desember vir Clements ‘n deeglike loesing gegee het, het Beyers, Smuts en Kemp in die voorjaar van 1901 hulle oral laat geld. Hoewel nooit op groot skaal nie sou die klein kommando’s van generaal Manie Maritz in Noordwes-Kaapland en die van Kritzinger, Wynand Malan, Lötter, Scheepers, Conroy, regter Hugo, Lategan, Naudé en Myburgh in die Kaapse Middelande en ten ooste daarvan duisende Britse troepe besig gehou en van ander fronte weggehou. Ook hierdie kommando’s, wie se geledere dikwels merendeels uit Kaapse rebelle bestaan het, se waaghalsigheid en dapperheid het deel van die vryheidstryd se legende geword, en veral omdat elke rebel wat aan die stryd deelgeneem het, geweet dat die vuurpeloton by gevangeneming vir hom wag. Kaapse Rebelle statistieke is as volg: � Totaal wat wapen opgeneem het was 10,577 persone; � Ter dood veroordeel en teregestel is as rebelle was 44 persone. Van die 44 is 29

deur 'n vuurpeleton tereggestel, 11 gehang, en 4 in kakiklere is sonder verhoor gefusiller. 27 se grafte is bekend en geïdentifiseer, terwyl 17 se graf onbekend is.

17 Johanna Marthina Brink (b7c6d2e5f2) word wedewee nadat haar eggenote Albertus Bernardus Willer van Nikerk op 28 April 1901 sneuwel.

63

Die tragiese gebeurtenis van die 16-jarige seun Johannes Petrus Coetzee wat op 13 Junie 1901 te Cradock as rebel opgehang is, is deel van hierdie statistiek;

� Ter dood veroordeel, maar begenadig was 335 persone; � Na Bermuda verban was 360 persone; en � 1012 persone was gevangenisstraf opgelê. Aard van aanklagte volgens klagstate van tereggesteldes sluit die volgende in: � hoogverraad � moord op Britse soldate � poging tot moord op Britse soldate � brandstigting � in kakie-klere gesien � in besit van sagtepuntpatrone. Summiere teregstellings sonder verhoor het die volgende aanklagte ingesluit: � Skiet onder wit vlag 5 persone � Verbreking van neutraliteitseed en parool 5 persone � In kakie-klere 4 persone � Sameswering en hoogveraad 3 persone � Vergiftiging van perde 2 persone � In besit van wapens 2 persone � Spioenasie 1 persone � Skiet van 'n gewonde 1 persoon � Opblaas van ‘n trein 1 persoon. Nadere besonderhede van enkele Kaapse Rebelle oor wie die doodsvonnis uitgespreek en voltrek is gedurende die Tweede Vryheidsoorlog is: � Hendrik van Heerden, veroordeel en doodgeskiet op 2 Maart 1901. � Karel Nienaber, Petrus Nienaber en Jan Nieuwoudt. Tereggestel op De Aar op 10

Maart. Beskuldig dat hulle gehelp het met die ontsporing van 'n trein by De Aar op 18 Februarie 1901.

� FA Marais, tereggestel op Middelburg, op 10 Julie 1901. � JP Coetzee, tereggestel op Cradock op 15 Julie 1901. Hierdie sestienjarige penkop

van Paardekraal, Cradock, is saam met Claassen en Marais op Wildefontein gevang en op 24 Junie 1901 op Dordrecht verhoor. Die klag teen hom was ewe eens hoogverraad en poging tot moord op manskap Gibbons. Johannes het erken dat by by die Boerekommando aangesluit het, maar het ontken dat by ooit moord probeer pleeg het. Hy is nietemin op altwee klagte deur die militêre hof skuldig bevind en die doodstraf opgelê. Johannes se vader is nie toegelaat om sy liggaam te verwyder nie. Dié is op 'n skotskar, getrek deur vier bandiete, na sy graf iewers langs die Visrivier geneem. Net die vader en ds Reyneke is toegelaat om die stoet na die graf te volg.

64

Die gemeente is toegelaat om 'n roudiens te hou. 'n Swart vlag het bo die tronk gewapper. Tragies - sy familie het nooit sy graf gevind nie.

� Petrus Willem Kloppert, tereggestel op Burgersdorp op 20 Julie 1901. � C Claassen, tereggestel op Somerset-Oos op 24 Julie 1901. Hy het by die

Republikeine aangesluit en het as perdewagter diens gedoen. Hy was wat 'n mens sou noem arm van gees.

� Hendrik L Jacobs en Abraham Christiaan Jooste, tereggestel op Kenhardt op 24 Julie 1901.

� Petrus Jac Fourie, Jan van Rensburg en LFS Pheiffer. Vroeg die oggend van 19 Augustus 1901 tereggestel op die plaas Semelpoorthoogte, Graaff-Reinet.

� Daniël Olewagen en Ignatius Nel, tereggestel op Graaff-Reinet op 26 Augustus 1901.

� Johannes Hermanus Roux, tereggestel op Graaff-Reinet op 7 Oktober 1901. � Hendrik Jan Veenstra, J van Vuuren en F Toy tereggestel op Colesberg op 4

September 1901. � Johannes Gert Wolfaardt Jansen en ‘n ene Rautenbach, tereggestel op Vryburg op

11 Oktober 1901. � Jacobus Schoeman, tereggestel op Tarkastad op 12 Oktober 1901. � Kommandant Johannes Cornelius Lötter, tereggestel op Middelburg op 12

Oktober 1901. � John Alexander Baxter, tereggestel in die distrik Aberdeen op 13 Oktober 1901

Pieter Jacobus Wolfaardt, tereggestel op Middelburg op 15 Oktober 1901. � W Kruger en DC Breed, tereggestel op Cradock op 17 Oktober 1901. � N van Wyk, tereggestel op Colesberg op 12 November 1901. � Willie H Louw, tereggestel op Colesberg op 23 November 1901. � Johannes Kühn en Hermanus Kühn – twee broers, tereggestel op Vryburg in

November 1901. � Bester, voorheen lid van die Kaapse polisie. Tereggestel in die distrik Tarkastad in

Desember 1901. � Louis Brink en Arnoldus Reineke, tereggestel op Mafeking op 28 Desember 190118.

Die 23 jarige Louis Brink was skuldig bevind aan die moord op 'n swart gewapende plunderaar, maar hy het volgehou dat hy die swart man geskiet het op bevel van sy meerdere. Hy kon sy doodstraf nie aanvaar nie en het tot aan die einde bly hoop dat hy begenadig sou word. Hy was wanhopig toe hy hoor dat hy opgehang sou word, maar later het hy aan sy leraar gesê dat hy hom vergis het deur op begenadiging te bly reken. Hy het egter tot sekerheid van sy verlossing gekom en hom geheel en al aan die Here oorgegee. Toe het hy die skavot kalm bestyg. Mafeking was een van die weinige dorpe waar 'n galg betyds gekry kon word. Die teregstelling het by die tronk plaasgevind. Louis Brink en Arnoldus Reineke se grafte is onbekend en geen foto's bestaan van hulle nie. So ver bekend, is ook geen grafsteen vir hulle opgerig nie.

� Izak Bartholomeus Liebenberg, tereggestel op Aliwal-Noord op 11 Januarie 1902. � Kommandant Gideon Jacobus Scheepers, tereggestel op Graaff-Reinet op 18

Januarie 1902. � Francois Edward Davis, tereggestel op Somerset-Oos op 25 Januarie 1901. � Jacobus Francois Geldenhuis, tereggestel op Graaff-Reinet op 14 Februarie 1902. � F du Rand, tereggestel op Cradock op 5 April 1902.

18 So het hulle gesterf gedenkboek van teregstellings van Kaapse Rebelle en Republikeinse burgers tydens die Anglo-

Boereoorlog 1899 tot 1902 Deur Graham Jooste en Abrie Oosthuizen. Uitgegee deur JP van der Walt, Pretoria, Eerste druk 1998.

65

Onbekende Boere-kind in konsentrasiekamp.

� PW van Heerden, tereggestel op Tarkastad in 12 November 1901. Die teregstelling van veral kommandant Gideon Scheepers en kommandant Johan Lötter het die verbittering teen die Brit verder laat toeneem.

Die Hardheid van ‘n oorlog Ook De Wet sou weer van hom laat hoor toe hy besluit om vanaf Winburg oor Dewetsdorp en Philippolis weer die Kaapkolonie binne te val ten einde nuwe steun by die Kaaplanders op te wek. Met die Briste magte van Knox, Hamilton en Lyttleton op sy hakke sou De Wet se derde dryfinval in die Kaap ‘n epiese omvang aanneem. Van 26 Januarie tot 11 Maart 1901 ontwyk hy die Britse agtervolging wat hom tot by die vol Brakrivier oos van Prieska sou neem om uiteindelik weer by Bothasdrif die Vystaat binne te dring. Na ‘n tog van byna 1,500 kilometer bevind president Steyn en sy kommando hul weer in die omgewing van Doornberg tussen Winburg en Senekal, militêr feitlik ongeskonde, terwyl die wêreld vir die duisende Britse agtervolgers sou

lag wat met die grootste oortuiging verkondig het dat De Wet aan die einde van sy krygspad gekom het. Min het hulle geweet dat daar nog ‘n volle jaar van hierdie kat-en-muisspeletjie vir hulle voorgelê het. Milner wat hom intussen op Johannesburg kom vestig het, en niks anders as ‘n volslae militêre oorwining oor die Boere wou hê nie en Kitchener daaroor geen rus gegee het nie, moes egter in 1901 erken dat die oorlogstoestand vir Brittanje in Suid-Afrika agteruitgegaan het. Al uitweg was om nog sowat 50,000 troepe uit Brittanje te laat kom waar oor die Britse volk allermins gelukkig gevoel het. Die Britse ongevalle en koste van die oorlog in Suid-Afrika het al hoe groter murmereringe in Brittanje laat opgaan. Dit was ondenkbaar dat byna ‘n kwart miljoen Britse troepe nie die klein en swak Republieke na al die maande van oorlog kon onderwerp nie. ‘n Vroeër poging van Kitchener om deur middel van sogenaamde Burgher Peace Commitees, hensoppers in diens van die vyand na die kommando’s te stuur en hulle tot oorgawe oor te haal, het jammerlik misluk. Ook van Kitchener en Botha se onderhandelinge in Februarie 1901 om die stryd te beëindig, het daar niks van gekom nie, omdat Milner niks minder as ‘n algehele en onvoorwaardelike oorgawe wou hê nie. Sy ideaal om die Afrikanderdom te breek, soos hy gesê en later wou ontken, het hom deurentyd verteer. Met honderde verraaiers in diens van die Britse leër wat veral as gidse en verkenners opgetree het en swartes wat die rol van drywers en spioene vervul het, het die stryd vir die Boeremagte al hoe moeiliker geword en was dit volgens generaal De Wet één van die hoofoorsake waarom hulle uiteindelik moes oorgee. Ook die sterfte en lyding van die vroue en kinders in die kampe het demoraliserende uitwerking op die Boeremagte gehad. In die veertig ondoeltreffende kampe met hul skreiende wanadministrasie wat uiteindelik tot ‘n bevolking van byna 120,000 gestyg het, sou 27,927 die lewe laat waarvan 22,074 kinders was. Sowat 20 persent van die Boere-bevolking is op die wyse uitgewis. Volgens rekords van 14 konsentrasiekampe tot my beskiking was daar geen direkte Brink voorgeslag in die konsentrasiekampe oorlede nie.

66

Daar het wel verskeie Brink kinders in die konsentrasiekampe gesterf en hulle was: � Maria Sussanna Elizabeth Brink (b11c1d3e1f8) †6 Junie 1901 as nege-jarige in

Kimberley konsentrasiekamp. Die volgende tot en met George was almal broers en sussies gewees19.

� David Stephanus Brink (b11c1d3e1f9) †26 Julie 1901 as ses-jarige in Kimberley konsentrasiekamp.

� Louisa Elizabeth Brink (b11c1d3e1f10) †3 Augustus 1901 as vier-jarige in Kimberley konsentrasiekamp.

� George Hendrik Frederik Brink (b11c1d3e1f11) †26 Julie 1901 as 10 maande-oue baba in Kimberley konsentrasiekamp.

� Aletta Jacomina Brink (b12c9d7e5f1) †31 Desember 1901 as drie-jarige kind in Kroonstad konsentrasiekamp.

� Barend Jacobus Brink (b12c17d4e4f3) †24 April 1901 as twee-jarige kind in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp.

� Stephina Cathrina Abrahamina Brink (b12c17d4e4f4) †26 Desember 1900 as ses maand-oue baba in die Bloemfonteinse konsentrasiekamp.

� Anna Brink (b12c17d4e1f?) †22 Oktober 1901 vier maand-oue baba in Pietersburg. � Paulina Beatrix Brink (b11c4d5e4f5) †28 Januarie 1901 as een-jarige in

Bloemfontein. � Getruida Anna Susanna Brink waarskynlik (b12c9d5e4f8) †3 Desember 1901 as

nege maand-oue baba in Merebank. � Daniël Johannes Brink waarskynlik (b7c2d8e4f9) †8 Februarie 1902 as agt maand-

oue baba in Merebank. � Daniël Brink (b12c1d3e3f1) †30 Mei 1902 as 19-jarige in Brandfort. � Daniël Jacobus Smuts Brink (b13c7d4e6) †19 Desember 1901 in Norvalspont. � Grace Brink (b12c17d6e4f3) as vier maand-oue baba in Vredefort. � Myra Vera Brink (b12c17d6e4f2) as twee-jarige oue in Vredefort.

Die Britse grafte Boere vroue en kindergrafte

Nadat Emily Hobhouse die kampe besoek en haar skokkende verslag in Brittanje bekend gemaak het, sou die pro-Boer-ondersteuners in Brittanje, onder andere William T Stead, die groot Boerekampvegter, daarin slaag om die militêre owerheid te beweeg om die toestand in die kampe aansienlik te verbeter om die verhongering en siekte-epidemies te bekamp. Selfs die harde Milner moes erken dat Kitchener se gedagte van konsentrasiekampe en die toepassing daarvan ‘n fout was. Weer het die Transvaalse

19 Andries die vader van hierdie vier kinders was gevang en gestuur na Indië (POW nommer 20810). Later is nog twee van hulle seuns binne drie dae van mekaar in 1918 aan griep oorlede.

67

regering in Mei 1901 aan vredemaak gedink en weer moes president Steyn dit teenstaan. Vir hom moes die stryd tot die bittereinde gevoer word, want al sou hulle nie die oorlog wen nie, moes hulle sorg dat juis deur hulle optrede, die vrede wen. Boereoorwinnings by Vlakfontein en Wilmansrust onderskeidelik deur generaals Kemp en Chris Muller en ‘n boodskap van president Kruger het die Boereregerings naby Standerton laat besluit om die oorlog met krag voort te sit. Generaal Smuts sou ‘n aanval in die Kaapkolonie loods om die druk op die Republieke te help verlig. Smuts se epiese tog vanuit die Suid-Vrystaat na Tarkastad se wêreld sou hom uiteindelik oor Graaff-Reinet wes- en noordwaarts na Calvinia lei, waar hy tot die einde van die oorlog saam met sowat 3,000 burgers saam met Manie Maritz, Jaap van Deventer, Wynand Malan en Hendrik Lategan opgetree het. Boere gee oor op Wakkerstroom

Generaal Botha, wat al lank ‘n inval in Noord-Natal beplan het, het in September 1901 sy kans gekry en die vyand oral knoue toegedien. Die veldtog het egter niks meer vermag as om die druk in Oos-Transvaal effens te verlig nie. Presies twee jaar ná die uitbreek van die oorlog bevind hy hom weer te Ermelo om generaal Viljoen van die kolonnes van

luitenant-kolonel Benson te bevry. Op 30 Oktober lewer generaal Botha by Bakenlaagte ‘n skitterende slag. Benson self sneuwel en sy kolonnes word opgebreek. Weer dink generaal Botha aan vrede maak, maar weer keer Steyn en De Wet, sodat daar vir hom tot die einde van die oorlog niks anders oorgebly het as om in Oos-Transvaal met die Transvaalse regering te bly vlug nie. Herhaalde dryfjagte teen hom en die ganse Britse besetting van Oos-Transvaal het hom na die berge van Vryheid laat padgee. Tot oorgawe het dit nooit gekom nie. Wel is generaal Ben Viljoen teen die einde van Januarie 1902 in een van die hierdie dryfjagte aangekeer en na St Helena gestuur. Ingegrawe in die Vrystaat

In Wes-Transvaal sou De la Rey en Kemp ook met die nimmereindigende aanvalle van die berede Britse kolonnes onder bevel Kekewich en Methuen te doen kry. By Moedwil en Zeerust weet die vyand egter dat die leeu van Wes-Transvaal, De la Rey, nog nie sy slagtande verloor het nie. In die volgende jaar sou hy by Ysterspruit en veral by Tweebosch toon hoe

gevaarlik hy kon wees. In laasgenoemde slag is Methuen gewond en het by in De Ia Rey se hande geval, maar die grootmoedige veldheer kon hom medies nie behoorlik versorg

68

nie en is hy weer aan sy mense uitgelewer - ‘n daad wat die Britse gevegsmetodes nog skerper in hul aakligheid laat staan het. Die tafel in Melrose House waar die Vrede onderteken is

Steeds is De Wet met die Vrystaatse regering die prys waarna elke Britse veldheer in Suid-Afrika smag. Tussen Lindley, Reitz en Bethehem trek ‘n oorweldigende Britse mag weer teen hom saam om hom teen die sogenaamde ondeurdringbare blokhuis-linies vas te druk, maar De Wet breek deur waar dit hom pas. By Groenkop behaal hy selfs ‘n skitterende oorwinning op Kersdag 1901

toe hy die Britse kamp op die kop oorrompel. Weer word in Januarie ‘n ring van 10,000 man met verskeie Britse generaals aan die spits teen hom gevorm, maar by Elandskop breek De Wet op 8 Februarie deur net om agter te kom dat nog ‘n ring van 30,000 man teen hom ingespan word. Op die Vrystaatse republiek se 48ste verjaarsdag, naamlik 23 Februarie 1902, breek hy vir die soveelste, maar ook die laaste keer, ten suide van Vrede deur die net om hom teen die helfte van Maart by generaal De la Rey in die Lichtenburgse distrik te gaan aansluit. Al die voorspellings, verwagtinge en versekeringe dat generaal De Wet uiteindelik as ‘n soort krygstrofee na Brittanje gebring sou word, het ten spyte van alle Britse vernuf en ontsaglike blokhuiskoste, misluk. ‘n Mevrou Brink20 en gesin in Bloemfonteinse Kamp

Maar die einde was in sig. Nie die ydele Britse papierbomme van September 1901 wat verkondig dat al die vegtende Boeremagte as rebelle en rowers beskou en hulle offisiere verban sou word, of die inspan van sowat 1,500 volksgenote as National Scouts teen hulle nie. Dis die ellende en smarte in die konsentrasiekampe en die strydensmoë Transvalers wat die Boeregeneraals laat

besluit dat een of ander ooreenkoms wat op vrede uitloop, gemaak moes word. Sonder om die Vrystaatse regering te raadpleeg het vise-president Schalk Burger dit op hom geneem om aan Kitchener vredesvoorstelle te maak. Toestemming is verleen dat die twee regerings op 9 tot 11 April 1902 by Klerksdorp samesprekinge kon voer, en hoewel dit geblyk het dat president Steyn en generaals De Wet, De la Rey en Hertzog

20 Data verkry by Federasie van Afrikaanse Kultuur – FAK http://www.fak.org.za/FAKABOFoto.htm.

69

Kinderkrygsgevangenes op Bermuda. Piet Cronjé (9) en Tjaart van der Walt (11) speel albaster.

hoegenaamd nie vir vredesonderhandelinge met die Engelse te vinde was nie, is ‘n voorstel tog aanvaar om met Kitchener samespreking te hou wat ander meer daarop sou berus dat die Republieke se onafhanklikheid behoue sou bly. Toe onderhandelinge wel aangeknoop is, was dit duidelik dat die Republieke nie hul onafhanklikheid sou terugkry nie. Terwyl Milner steeds op ‘n onvoorwaardelike oorgawe aangedring het, het Kitchener se invloed meegewerk dat ‘n ooreenkoms gesluit sou word waaraan Brittanje hom wel teenoor die eertydse Republieke aan sekere beloftes en verpligtinge sou verbind. Die voorstelle is aan die Boeremagte te velde voorgelê dat vir elke Republiek dertig afgevaardigdes gekies sou word om vanaf 15 Mei by Vereeniging byeen te kom om die onderhandelinge verder te voer. Ook hier sou De Wet en ander hul steeds teen die neerlê van wapens verset, maar om verdeeldheid en skeuring onder bittereinders te voorkom, is uiteindelik besluit om die stryd te staak om, soos sommige gemeen het, dit later weer op te neem. President Steyn wat intussen ernstig siek geword het, het ‘n dag voor die ondertekening van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 in Melrose House te Pretoria sy amp as Staatspresident van die Oranje Vrystaat neergelê en so sy troue belofte aan twee burgers wat by Magersfontein die lewe sou laat, nagekom om nooit sy hand op papier te sit wat die Vrystaat se vryheid sou vernietig nie. Vir die ander Boeregeneraals het niks oorgebly as om die Boeremagte aan te sê om die wapen neer te lê nie.

Twee kinderkrygsgevangenes Met die besetting van die Vrystaatse hoofdorpe al met die spoorlyn langs van Bloemfontein oor Brandfort en Kroonstad na Johannesburg het Boere in toenemende getalle oorgegee. Hulle het gedink dis oor. Volgens tradisionele reels, was ‘n oorlog verby as die hoofstad val, maar baie Boere het daardie reëls nie geken of erken nie. Van die wat voor die vredesooreenkoms wat oorgegee het, was daar twee tipes: die Hensoppers, wat die wapens neergelê het en die eed van getrouheid afgelê het, en die Joiners wat 'n stap verder gegaan het en die wapen teen die Republieke opgeneem het. Die Hensoppers en hulle gesinne het 'n probleem gehad - hulle kon nie terug plaas toe nie, want

die Boere wat nie die besetting erken het nie het hierdie Hensoppers as verraaiers beskou. Van hulle is terreggestel. Vir hulle en hulle gesinne is die Refugeekampe gestig. Die kampinwoners is ook Hanskakies genoem. Toe Kitchener in 1901 begin met sy Verskroeide Aarde optrede, moes hy plek kry vir die vrouens en kinders wat gekonsentreer is ter wille daarvan dat hulle nie meer die Boere, wat toe in guerilla-fase van die oorlog was, sou kon ondersteun met vleis en graan nie. Die logiese plek was om hulle in die reedsbestaande vlugtelings-kampe te stop, wat toe al reeds vir meer as 'n jaar bestaan. Daar was dus vrywilligers en gedwongenes in die bestaande kampe. Maar daar was nie

70

genoeg plek nie. Daar word dus nuwe kampe, nou ware konsentrasiekampe, gestig naas die kampe van gemengde aard. Met die ondertekening van die Vrede van Vereniging op 31 Mei 1902, is die Tweede Vryheidoorlog amptelik beëindig. Dit het ook die einde van die onafhanklike Boererepublieke, die Zuid-Afrikaanse Republiek en die Republiek van die Oranje Vrystaat, beteken. Terselfdertyd is die Boerekommando's gedemobiliseer en het hierdie eiesoortige verdedigingstelsel opgehou om te bestaan. Een aspek van die kommandostelsel het egter in die volksmond en in die praktyk behoue gebly, naamlik die range wat 'n groot aantal Afrikanerleiers tydens die oorlog verwerf het. Persone wat hulself op die slagveld bewys het, het op politieke en ander lewensterreine tot in die veertigerjare groot invloed uitgeoefen. Onder hulle was generaals Botha, Hertzog en Smuts21, aldrie op hul tyd eerste minister van die Unie van Suid-Afrika. Na die be-eindiging van die Tweede Vryheidsoorlog op 31 Mei 1902 kon die Transvaalse en Vrystaatse burgers na hul woonplekke terugkeer. Die krygsgevangenes in oorsese kampe is so spoedig moontlik gerepatrieer. Voordat dit kon plaasvind moes hulle die eed van getrouheid aan die Britse Koninkryk onderteken. Hierdie verslane krygers kon ook aansoek doen vir oorlogkompensasie asook ‘n repatriasie-lening soos deur die Britse regering beloof was. Met die Kaapse Rebelle wat hul goed en bloed vir die twee Boererepublieke opgeoffer het, was dit egter nie die geval nie. Nadat hulle die wapen neergelê het, is hulle van hoogverraad aangekla. Die wat die amp van veldkornet of vrederegter in die Kaapse goewerment beklee het of die rang van kommandant in die rebelle- of Boeremagte gehad het, is swaar gevonnis (meestal gevangenisstraf). Ander is wel op aanklag van hoogverraad skuldig bevind, dog het slegs hul stemreg vir vyf jaar verloor en is vrygelaat. Die rebelle wat voor vredesluiting gevonnis is, moes hulle straf uitdien. Baie van die rebelle wat in die buiteland was - veral die wat offisiersrange beklee het - was huiwerig om terug te keer uit vrees dat hulle op hoogverraad tereg moes staan. Die van hulle wat selfs na 'n jaar of langer na vredesluiting teruggekom het, is steeds aangekla. ‘n Hartseer feit is ook die verkragtings wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het. Hierdie feit is gekontroleer by die Nasionale Kultuur Historiese Museum in Pretoria. Daar is rekords wat na die afloop van die oorlog saamgestel is oor die oorlogsmisdade. Daarin is amptelike verklarings wat afgelê is deur Boere vrouens wat getuig dat hulle verkrag is. Tydens die Verskroeide Aarde beleid het die Britse soldate in kolonne gemarsjeer en die Boerewonings afgebrand en die vrouens en kinders dan weggevoer na die konsentrasiekampe. Klaarblyklik het die Britse aanvoerders/offisiere voor die soldategroepe gery en het nie beheer gehad oor wat agter gebeur met die agterhoedes nie. Soms het dit dan gebeur dat hierdie soldate van die vroue en kinders verkrag het. Dit het ook gebeur as 'n soldategroep wat sonder toesig was huise en plase besoek het. Baie vroue het stilgebly daaroor maar geskiedkundiges neem dat soveel as 30 tot 35 persent verkrag kon gewees het.

21 Marthinus Cornelis Petrus Brink, was die adjudant op die stawwe van generaals Jan Smuts en De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

71

‘n Kaart wat aandui waarheen die Boere Krygsgevangenes gestuur was

Wat die Brink voorgeslagte aanbetref kan die volgende oor hulle geboekstaaf word. Volgens berekeninge was daar ongeveer 900 Brinks aan die einde van die 1900’s in Suid-Afrika. Die volgende statistieke is van belang:

� Dood gedurende die Tweede Vryheidsoorlog: 29,711 � Totale aantal Boere krygsgevangenes tydens die Tweede Vryheidsoorlog: 31,651. � Volgens die South African Heritage Resources Agency is daar sewe Brinks tydens die

Tweede Vryheidsoorlog op die slagveld oorlede. Hulle was: � Walter Harding Brink (b2d1e9f5), dood in aksie op 6 Oktober 1900 by Groot

Olifantsrivier en is in Middelburg begrawe. Walter sneuwel as lid van die regiment Nesbitt’s Horse. Sy ouer broer George Palmer (b2d1e9f2) is deur die bors verwond tydens dieselfde skermutseling. Hulle neef Gerrit Christoffel (b2d1e6f8) was gevange geneem as kommandolid nommer 14310. Hier is stawende getuienis hoe die Tweede Vryheidsoorlog die Brinkfamilie beïnvloed het deur aan al twee kante te veg.

� Johannes (Jan) W Brink, waarskynlik (b7c5d9e7f2) dood as gevolg van wonde op 7 Januarie 1900 op die plaas Klipgat en is in Murraysburg begrawe.

� Cornelis Andries Brink (b12c4d1f1) Fauresmith Kommando, dood in aksie op 19 Januarie 1900 op die plaas Tafelkop in die Vrede/Frankfort distrik in die Vrystaat en is in Fauresmith begrawe. Vrou en vier kinders word agter gelaat. Hy was 41 jaar oud gewees. Die Engelse magte steek die droë rivier oor sonder enige moeite en bestorm Tafelkop om so voordeel daaruit te kry. Danie Theron en 17 burgers veg so goed dat hulle ‘n totale Engelse mag van 400 die hele dag besig hou en ook sowat 100 beeste buit. Die Engelse verloor 30 man en 155 word gewond, terwyl die Boere drie manne verloor en 18 gewond word.

� Jacobus Johannes Brink (b1c7d5e2f7), ongetroud en dood in aksie op 10 Maart 1900 by Abrahamskraal en is in Senekal begrawe. Na generaal Cronjé se oorgawe poog generaal De Wet op 7 Maart om die opmars van die Engelse na Bloemfontein by Poplar Grove teen te staan. Drie dae later het De la Rey se burgers vir die laaste keer gepoog om die opmars te stuit by Abrahamskraal (Driefontein) maar moes terugval nadat hulle in gevaar verkeer het om omsingsel te word maar tydens hierdie offensief sterf

72

Jacobus. Op 13 Maart 1900, het Lord Roberts Bloemfontein geannekseer sonder enige teenstand.

� JCJ Brink van Krugersdorp, dood in aksie op 11 April 1902 by Roodewal en is in Rykstraat, Randburg begrawe. Die Boereverkenners het generaal Kemp op hoogte gehou van die naderende Engelse kolonnes in 'n aaneengeslote linie en hy het onder geen illusie verkeer van wat aan die kom is nie. Kemp se kommandos op die vooraand van Roodewal; was onder bevel van generaals Liebenberg, Celliers en kommandant Potgieter. Potgieter het bevel oorgeneem van Kemp se eie kommandos nadat Kemp by De la Rey die hoofbevel oorgeneem het. Die krygsraad het Vrydagaand 10 April vergader om finaal te besluit of die Boeremag moet retireer of aanval. Die oormag was duidelik. Kemp, haastig en voortvarend soos altyd, het voet by stuk gehou dat hulle die Engelse die volgende oggend moes storm. Daar was ernstige meningsverskil die aand en kommandant Potgieter het vir Kemp gesê hy is dwaas om aan te val. Die Engelse was ingegrawe aan die oewers van die Brakspruit, terwyl die Boere uit die oop vlaktes en mielieland wat vir haas geen muis skuiling bied nie, moes aanval. Kemp het hierop vir Potgieter van lafhartigheid beskuldig. Kemp is in sy besluit om aan te val, beïnvloed deur die feit dat volgens sy verkenners, die Engelse linie nie in posisie was nie. Met eerste lig die oggend van 11 April, het die Boere met hulle toe reeds beroemde stormaanval, op die vermeende swak skakel in die Engelse linie begin. Dit was egter spoedig duidelik dat hulle die vyand se mag op daardie flank totaal onderskat het. Hulle beland onder hewige spervuur van die versteekte Kakies en word genadeloos afgemaai. Die burgers op die linkervleuel slaag daarin om deur te dring tot naby die waens, maar in die middel van die Boerelinie word hulle eenvoudig platgevee. Om sake te vererger daag Rawlinson met 'n sterk berede mag op en dryf Liebenberg op die regterflank terug. Kemp gee onmiddellik bevel dat die kommandos moet terugval. Vir die dapper kommandant Potgieter was dit reeds te laat. Hy het gevorder tot 70 treë van die vyand se bajonette voordat hy neergevel word met 'n skoot in die kop. Die Britse teenaanval het eers 'n halfuur na Kemp se aanslag begin. Honderde perde is doodgeskiet (in total 250 perde is dood) en het weggehardloop onder die oorlogslawaai. Dit alles het die teenaanval vertraag en kon eers begin toe Rawlinson opdaag van Oshoek en Boschpan. Kemp het teruggeval tot by Brodericksvlei en Simonsvlei, waar hulle teenstand probeer bied het. Die slag was egter gelewer en die kommandos beweeg verder suidwaarts in die rigting van Schweizer-Reneke en Vleeschkraal. Die Boereverliese word op 50 dood en 120 gewond beraam teenoor die Engelse se verliese van slegs 1 dood en 56 gewond. Die Slag van Roodewal was een van die hewigste veldslae tydens die hele oorlog. Nie sosseer vanweë die getal gesneuweldes nie, maar weens die intensiteit daarvan. Die vreesaanjaende stormaanval en die felheid waarmee dit teruggeslaan is.

� Louis Brink, dood na te regstelling as Kaapse Rebel op 28 Desember 1901 in Mafeking.

� Gerhardus Petrus Hendrik Brink (b11c10d12e3), seun van Gerhardus Petrus Hendrik is op 10 November 1900 gevang. Sy broer Cornelis het vir generaal Smuts geveg. Gerhardus se jonger broer Daniël is ook op 27 Februarie 1900 gevang.

73

� Die 40 Brinks wat as krygsgevangenes tydens die Tweede Vryheidsoorlog geneem is, is die volgende:

Naam POW Datum Waar Kamp nommer gevang gevang aangehou Daniël Willem22 649 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Daniël 650 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Johannes Francois 651 27 Feb 1900 Paardeberg Parool 6 Jul 1900 Jacobus Hendrik* 3128 30 Mei 1900 Elandsfontein SriLanka/Ceylon Abraham 3665 25 Nov 1899 Escourt St Helena Hendrik Paulus 5184 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Frederick Jacobus 5185 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Albertus Johannes 5186 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Gert Jan 5187 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Francois Christiaan*** 6903 27 Feb 1900 Paardeberg St Helena Andries Petrus 8771 30 Jul 1900 Fouriesburg SriLanka/Ceylon Johannes Petrus** 8772 30 Jul 1900 Fouriesburg SriLanka/Ceylon Lourens Marthinus Erasmus** 8773 30 Jul 1900 Fouriesburg SriLanka/Ceylon Johan Neethling23 8774 30 Jul 1900 Fouriesburg SriLanka/Ceylon Daniël 10501 30 Jul 1900 Fouriesburg Onbekend Cornelis*** 12445 7 Okt 1900 Kotzeedam SriLanka/Ceylon Pieter Matthias*** 12446 7 Okt 1900 Kotzeedam SriLanka/Ceylon Garret Christopher24 14310 10 Okt 1900 Jagersfontein Groenpunt Gerhardus Petrus Hendrik 15102 10 Nov 1900 Haaskraal St Helena Jan Hendrik6* 15728 29 Nov 1900 Vereeniging St Helena Andries 15729 27 Nov 1900 Bank Stasie St Helena Jacob Hendrik Morkel 15730 26 Okt 1900 Boshof St Helena Willem Hermanus 17507 26 Aug 1900 Langberg Natal Jacob Andries 17767 24 Des 1900 Ventersdorp Bombay Wouter Cornelis Justinus 18515 27 Feb 1901 Hopetown Deelfontein Hsp Dirk Johannes 18516 25 Apr 1901 Tolosburg Madras, Indië Johannes Nicholas Hendrik 19567 4 Mei 1901 Zaaihoek Bermuda David Stefanus 19568 7 Jun 1901 Lockhoek Bermuda Wouter Cornelis Justinus 20808 27 Feb 1901 Hopetown Groenpunt Schalk Richard 20809 23 Jul 1901 Johannesburg Ladysmith, Natal Andries26 20810 8 Aug 1901 Tuinpan Indië Johannes Daniël* 22636 31 Aug 1901 Kromdraai Noordoos-Indië Andries Jacob 24580 22 Okt 1901 Nooitgedacht Indië Johannes Mattheus 24581 17 Aug 1901 Sterkfontein Indië Jacob David 26812 9 Jan 1902 Bultfontein St Helena Johannes Jacobus* 26813 9 Jan 1902 Kaalfontein St Helena Phillipus Bernardus* 26814 9 Jan 1902 Kaalfontein St Helena Cornelis Vorster*** 28753 14 Feb 1902 Klipppan Indië Albertus 31427 14 Apr 1902 Vlaklaagte Indië Arend Christiaan Ludolf*** 31428 17 Apr 1902 Wolkberg Umbilo, Natal.

22 Was die broer van Arend (b7c3d5e9) voorvader van hierdie Brinkstamlyn. 23 Die adjudant vir generaal Jonathan Crowther, wat ten spyte van die Engelse naam ‘n Boere generaal was. 24 Sy korrekte name was Gerrit Christoffel maar oorlog rekords dui aan Garret Christopher. Die * beteken is almal van Johannes se Brinklyn is, ** pa (Johannes) en Lourens wat 16 jaar oud was, *** pa (Cornelis) en seuns. 26 Verloor tragies vier kinders in een jaar in Kimberley-konsentrasiekamp. Later is nog twee seuns binne drie dae van mekaar in 1918 aan die groot griep epidemie oorlede. Hy het 10 kinders gehad.

74

Daniël Willem en Jan Hendrik was die ouer broers van Arend (b7c3d5e9). As ‘n soort van vergelding teen bogenoemde kan dit darem gemeld word dat dr Leander Starr Jameson in 1897 op ‘n Brink plaas Vlakfontein naby Krugersdorp oorgegee het na sy mislukte aanslag. Hierdie plaas het in 1995 deel van Soweto geword. Andries Jacob Brink (POW nr 24580) en sy jonger broer Jacob Andries (POW nr 17767) was deel van generaal Cronjé se manskappe wat Jameson tot oorgawe gedwing het. Andries en Hendrik Brink, die eienaar van die plaas, was wel familie van mekaar maar nie direkte neefs nie. Ben Viljoen wat toe nog ‘n veldkornet was het vir Andries versoek om met die koevert waarin Jameson se gevangeneming27 bevestig word na Johannesburg te neem om dit aan die hoof van die polisiemag oor te dra.

Hendrik Brink se plaas, Vlakfontein waar die Jameson in 1896 gevang is

Die avontuur van die Jameson-inval sorg dat Andries stemreg verkry in die Transvaal. Na afloop van die mislukte inval, het die Zuid-Afrikaanse Republiek regering besluit om alle kolonialers wat hulp verleen het om Jameson tot oorgawe te dwing, stemreg te gee, mits dit deur minstens twee-derdes van die wyk se burgers goedgekeur word. Andries het egter verder avontuur beleef tot hy ook ‘n aandeel gehad het in die gevangeneming van Winston Churchill28. In die boek “Hou goeie moed” word daar beskryf hoe die Boere die trein ontspoor het en waar Churchill gevange geneem word met sy rewolwer nog in sy hand. Hendrik het egter weer later vir groot nuus veroorsaak. Op 16 April 1902, enkele weke voor die vredesluiting en tydens die skietskilstand, het ‘n aantal Britse offisiere sonder toestemming Vlakfontein betree om die plek waar Jameson hom oorgegee het te besoek. Hendrik Brink en sy seuns Wouter en Martin het die Engelse etlike ure lank in die waenhuis aangehou omdat hulle die plaas onwettig betree het. Martin Brink was later skoolhoof by Monument Hoërskool. Arend (b7c3d5e9f2g1h4) was baie goed bevriend met Jan Brink du Plessis op skool, kleinseun van Martin Brink. Sien ook die begrafnisfoto in hoofstuk 4. Nie een van die direkte voorgeslagte is opgeneem in die Medaljerol nie, 'n lys van die persone aan wie medaljes uitgereik is vir die blote deelname aan die oorlog. Die amptelike verklaring van die Anglo-Boere Oorlog museum was dat Jacob Samuel du

27 Hou goeie moed, deur die vuur en uit die asse van die Anglo-Boere Oorlog, Andries Brink, Clinic-Cardive Uitgewers, 1999. 28 George Henry Brink (b11c1d3e14) in sy hoedanigheid as Sekretaris van die Krygsraad tydens die Tweede Vryheidsoorlog, het hy lady Sarah Wilson ‘n tante van Winston Churchill, uitgeruil vir ‘n Tranvaalse burger. Tydens sy termyn as burgermeester van Pretoria is die Krugerstandbeeld opgerig.

75

Preez, Jacob Carel Kruger en Lambert Johannes Groenewald, almal voorvaders van aangetroude familie, nie aansoek gedoen het nie en daarom is daar nie medaljes aan hulle toegeken is nie. Nie naastenby almal wat gekwalifiseer het vir 'n medalje, het ooit een ontvang nie, en dus sal hulle name nie in die rol verskyn nie. Die rede is omdat persone self moes aansoek doen vir 'n medalje en omdat die aansoeke eers bykans 18 jaar in 1920 na die oorlog aangevra is. Dit beteken dat teen daardie tyd was baie oud-stryders alreeds oorlede, baie het nie meer belang gestel om aansoek te doen nie, baie het nie eers daarvan geweet nie en laastens party het wel aansoek gedoen, maar het die medaljes nooit gaan afhaal nie. Die volgende Brinks het wel aangesoek gedoen en hulle medaljes ontvang: � Abraham Johannes Brink – Burger – Gen Smuts Kommando � Andries Jacob Brink – Burger – Heidelberg Kommando � Andries Jacob Brink – Burger – Krugersdorp Kommando � Andries Jacob Eksteen Brink – Burger - Kliprivier Kommando � Carolus Brink – Kaptein – Ermelo Kommando � Cornelius Brink – Kaptein – Kroonstad Kommando � Cornelis Brink – Veldkornet – Gen Smuts Kommando � Daniël Willem Brink – Burger – Potchefstroom Kommando � George Henry Brink – Luitenant – Marico Kommando � Jacob Daniël Brink – Burger – Gen Smuts Kommando � Jacobus Andries Brink – Burger – Krugersdorp Kommando � Jacobus Hendrik Brink – Burger – Artillerie � Jacobus Myburgh Brink – Burger – Ermelo Kommando � Jan Neethling Brink – Adjunk Veldkornet – Ladybrand Kommando � Johan Jacobus Brink – Burger – Krugersdorp Kommando � Johannes Daniël Brink – Burger – Heidelberg Kommando � Johannes Hieronymus Brink – Burger – Carolina Kommando � Marthinus Beyers Brink – Kaptein – Vryheid Kommando � Marthinus Cornelis Petrus Brink – Kaptein/Adjudant – Staf van Gen Smuts � Wouter Cornelius Justines Brink – Burger – Wolmaranstad Kommando. Wie van die voorouers anders as die Brinkvoorgeslagte het in die Vryheidoorlog betrokke geraak? In die volksmond of te wel dan seker ook in die familiemond het verskeie mense ander range gekry en het dieselfde persoon soms ook van range tydens veldslae verander. Net so word die rang van 'n individu eenvoudig as amp gebruik, soos byvoorbeeld 'die kommandant', wanneer daar na 'n eenheidsbevelvoerder verwys word. Die kommandostelsel van die Boererepublieke het sy oorsprong teen die einde van die sewentiende eeu aan die Kaap gehad. Die kommando's was 'n vorm van deeltydse militere diens wat tot op die been gestroop was van alles wat nie absoluut noodsaaklik was nie. In ander wêrelddele is tradisionele militêre gebruike soos uniforms, parades, salueer en eerbewyse, asook slaafse gehoorsaamheid aan bevele, as normaal beskou. Vir 'n pioniersgemeenskap wat voortdurend gewikkel was in ‘n stryd om te oorleef, was hierdie aspekte van krygsdiens heeltemal onaanvaarbaar.

76

Nietemin ongeag die rang, sekere van ons voorouers was vername name gewees en hulle is: Kommandant JS du Preez: sien ds Cornelius Bertie Brink (b7c5d3e9f2) en Anna Maria du Preez.

Jacob du Preez was die assistent-kommandant oor 'n mag van tussen 300 tot 400 Johannesburg burgers tydens die geveg op 5 Februarie 1900 by Groenkop en Vaalkrantz. Hy en kommandant Ben Viljoen wat later generaal geword, het glo kwaai weerstand gebied. Later in Februarie was hy waarnemende kommandant by die geveg by Kliprivier naby Johannesburg en kommandant by Koedoesrand en Poplar Grove. Buller se loesing by Colenso het gelei tot sy vervanging as opperbevelvoerder van die Britse

magte deur Lord Roberts op 18 Desember 1899. Voor Roberts se aankoms by die soldate poog Buller egter weereens om Ladysmith te annekseer. Hy besluit om die Tugelarivier 'n paar kilometer wes van Colenso oor te steek en om regs van die Boere se flank te beweeg. Op 16 Januarie het generaal Warren die rivier oorgesteek met die doel om Spioenkop oor te neem en sou so 'n bedreiging vir die Boere op Tabanyama Hoogte wees. Op 24 Januarie 1900 het die Britse kolom met 2,000 man onder bevel van generaal Woodgate onder hewige vuur van die Boere gekom. Die Britte verloor 225 man, 122 word vermis, 550 is gewond en 178 word gevang. Aan Boerekant is 85 dood29 en 140 gewond. Die derde poging om Ladysmith van die Boerebeleg te ontset misluk. Hierdie suskses word direk toegeskryf aan the courageous defence of the Johannesburg commando and the Boer artillery...30. Viljoen en Du Preez het met generaal Joubert gebots oor die fiasko by Elandslaagte en laasgenoemde was woedend oor die skynbare ongehoorsaamheid van die kommando's. Dit het gelyk asof Joubert dit op Viljoen se kommando met Du Preez as sy ondergeskikte, wat hom na Newcastle voorafgegaan het, uitgehaal het en 'n bitter Viljoen het die res van die Natalse veldtog daaraan gewy om sy kommando se naam in ere te herstel. Nieteenstaande sy eie bedenkinge betreffende Elandslaagte, was dit maar Viljoen se eerste botsing met verouderde veterane soos Joubert. Dit is ironies, Joubert se kwalik bedekte skimpe oor die lafhartigheid van die kommando in ag genome, dat daar min twyfel bestaan dat indien meer jong leiers van Viljoen se kaliber vroeër na vore getree het, die uitslag van die Natalse veldtog anders sou gewees het. Weens uitermatige versigtigheid en, in Joubert se geval, selfs bygelowigheid, is die inisiatief by talle geleenthede verloor. Tot Viljoen se ergernis het sommige van sy burgers moed verloor en huis toe gegaan na hulle vuurdoop. In 'n vurige toespraak by Newcastle het hy die oorblywendes aangespoor om na die front terug te keer en hulle eer te herstel. Na die aanvulling, of te wel, toe-eiening van voorraad wat by Elandslaagte verloor is en die versameling van sy kommissariaat-waens wat op Newcastle agtergelaat is, het Viljoen

29 Johanna Christina Brink word weduwee op 12 Desember 1899 nadat haar eggenoot Louis Albertus Wessels sneuwel te Scholtznek. 30 The making of a nation, DW Kruger.

77

Joubert se bevele tot die teendeel verontagsaam en hom by die hoof Boerekommando rondom Ladysmith aangemeld. Dit was egter in die gevegte langs die Tugela31 dat Viljoen met Du Preez32 in sy geledere hulle onderskei het, veral by die slag van Vaalkrantz, 5 tot 7 Februarie 1900. Na die ineenstorting van die Natalse front het Viljoen en Du Preez hulle by die Boeremagte aangesluit wat probeer het om die hoof Britse opmars na Pretoria te stuit. Met die oorgawe van die twee Boererepublieke in Mei 1902 was Postmasburg, soos groot dele van Noord-Kaapland, onder beheer van die Boere. Baie was van mening dat die Republieke die rebelle in die steek gelaat het en almal wat gerebelleer het, is van hoogverraad aangekla en voor 'n spesiale hof ingestel ingevolge The Indemnity and Special Tribunals Act 1900, gedaag. Die meerderheid Boere se straf was die verlies van stemreg vir vyf jaar, maar aan sommiges, veral die wat offisiersrange beklee het soos Jacob, aan oorlogsmisdade skuldig was of met die uitbreek van die oorlog 'n vrederegter, veldkornet of ander amp onder die Kaapse regering beklee het, is tronkstraf en swaar boetes opgelê. Jacob se dapperheid bewys hy weer gedurende die verdediging van Krugersdorp. By Doornkop en Klipriviersberg so 10 km suid-wes van Roodepoort is op 29 Mei 1900 'n redelike stewige aksie gevolg. Dit het die beleg van Johannesburg voorafgegaan waar hulle 160 Engelse doodgeskiet het. Jacob se kanonniers word almal dood geskiet en hy en sy adjudant Mostert het stelling agter die kanonne ingeneem. Jacob en Mostert word ook gewond - Jacob met verskeie skote in sy longe. Hulle word gevange geneem maar ontsnap later. Na die beleg van Pretoria waar Jacob in die hospital is, word hy na Kaapstad gestuur om daar te herstel. Sien verdere besonderhede in hoofstuk 3. Jacob Carel Krüger en Lambert Johannes Groenewald grootvaders van Sheila Margareth Topham getroud met Arend Hermanus Hofmeyer Brink (b7c5d3e9f2g1) Jacob en Lambert se gevangenis besonderhede is as volg: POW nommer Gevang Kamp Lambert Johannes Krüger 25767 4 Des 1901 Bermuda Jacob Carel Groenewald 13194 24 Sep 1900 Ladysmith Kommandant MJ Wolmarans: Grootvader van Petronella Fransina le Roux - Arend (b7c5d3e9f2g1h4) en Sarie Petronella. (Die rang Kommandant is gebruik vir sy genomineerde militêre dekorasie hoewel deur sy familie na hom verwys as Veggeneraal Wolmarans) Hy neem deelaan die geveg by Kraaipan en die beleg van Mafikeng waar hy gewond word. Daarna veg hy onder generaal Kemp en later Cronjé en word na Cronjé se oorgawe Ceylon toe gestuur. Hy het agt seuns op kommando gehad van wie een 'n kommandant onder generaal Liebenberg geword het. Die besondere rol wat die Gatsrand as prominente gebied tussen Potchefstroom en Pretoria gespeel het gedurende die regeringsperiode van die Zuid-Afrikaansche Republiek 1844 - 1901, is waarskynlik aan die meeste mense onbekend.

31 Daniël Brink (b7c6d2e7f1) neem deel aan die veldslae van Tugela, Spioenskop en Pietershoogte en later ook aan die staking van 1922. 32 J.H. Breytenbach , Geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog, Deel III, word die geveg by Groenkop beskryf op pp. 308-311. Die geveg duur van 5 tot 7 Februarie 1900.

78

Die militêre aktiwiteite van die eertydse Gatsrand wyk wat as deel van die distrik Potchefstroom bekend was, vorm tans deel van die ryke kultuurherinneringe van die Carletonville munisipale gebied. Namate die streek ekonomies ontplooi het, en dorpe vervolgens geproklameer is sowel as gebiedsgrense geherstruktureer is, het die naam Gatsrand as verwysing na die eertydse wyk vervaag. Kommandant MJ Wolmarans33

Die ongeveer 550 weerbare burgers van die Gatsrand het opdrag gekry om die plaas Kleinfontein bymekaar te kom. Die Potchefstroom-Kommando, bestaande uit burgers van die verskillende veldkornetswyke van die distrik Potchefstroom, het onder leiding van generaal Cronjé die Transvaalse wesfront (met Mafikeng as sentrum) verdedig. Na ongeveer twee maande het generaal Cronjé in opdrag van die regering suidwaarts vertrek om die Vrystaters wat nog by Belmont was te help om die Britse opmars te stuit. Generaal Cronjé was skaars by die Vrystaters toe die regering hom opdrag gegee het om by generaals de la Rey en Prinsloo aan te sluit.

Die Potchefstroom Kommando, waarvan die Gatsranders deel was, met onder andere kommandante MJ Wolmarans, JT Martins en TFJ Dreyer van die Gatsrand, het vroeg in Desember 1899 op Magersfontein naby Kimberley posisie ingeneem. Lees ook die vorige gedeelte oor Magersfontein. Die Boeremagte het op 11 Desember 1899 die Britse troepe oorwin. Generaal Cronjé se mag het hulle tydens die aanval onderskei en daarvoor het hulle 'n telegram van gelukwensing van president Kruger ontvang. Generaal Cronjé se kommando het na die slag van Magersfontein in die omgewing van Kimberley agtergebly met die doel om die Britse garnisoen wat hulle in die dorp bevind het tot oorgawe te dwing. Vir diegene wat naby die Modderrivier stelling ingeneem bet, het hierdie taktiek eintlik op 'n lang rustydperk uitgeloop. Kommandant JF Martins het in 'n brief aan assistent-veldkornet JF van der Merwe onder meer melding gemank dat op Modderfontein over het algemeen is het hier betrekkelijk stil, behalwe dat die vyand elken dag eenige aantal bommen zendt, nie over Maertins kopje, uitwerking niets dan stof. 'n Burger van die Gatsrand, veggeneraal JJM Breytenbach, het opdrag van generaal Cronjé gekry om met 300 man laer langs die Modderrivier34 stelling in te neem om Britse omsingeling te verhoed. Lord Roberts het egter Cronjé se 4,000 man by Paardeberg vasgekeer. Kommandant Martins het voorgestel dat 'n biduur gehou word ten einde die Almagtige te vra om leiding aan die offisiers te verskaf en dit is deur Cronjé aanvaar. Kommandant MJ Wolmarans het hom verset teen die latere voorstel dat daar deur die Britse linie gebreek moes word en generaal Cronjé se manne is op 27 Februarie tot

33 Malan, J., Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog, 1899 tot 1902. Pretoria 1990. Beskrywings en foto's van sowat 550 Boere-offisiere uit die oorlog. 34 Breytenbach, Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog, IV, p13. Vergelyk ook Carletonville (PU vir CHO) verw 1: Herinneringe A P Nel, p7.

79

oorgawe gedwing35. Die oorgawe was vir die Gatsranders in die besonder 'n gevoelige verlies, aangesien die meerderheid berede burgers van die omgewing saam met kommandant JT Martins en MJ Wolmarans gevange geneem en sommige na plekke soos St Helena verban is. Inskrywingsbesonderhede: Prisoner number - 3550; surname - Wolmarans Christian names – Marthinus Johannes; age -58; home address - Welverdiend; town or district - Potchefstroom; field cornetcy or commando - where captured - Paardeberg; date of capture - 27 February 1900. In 1920 het die Verdedigingshoofkwartier36 van die Unie van Suid-Afrika besluit om erkenning te gee vir diens gedurende die Tweede Vryheidsoorlog. Die medalje, die Dekoratie voor Trouwe Dienst, is in 1922 aan elf offisiere van die Gatsrand uitgereik. Hulle was kommandant JT Martins, kommandant TFJ Dreyer, kommandant MJ Wolmarans, kommandant FGA Wolmarans, veggeneraal JJM Breytenbach, veldkornet FO Breytenbach, assistent-veldkornet WP Grey, veldkornet PJW du Plessis, veldkornet PA Vermaas, veldkornet JF van der Merwe en veldkornet J Geldenhuys. 2.9 Die Kultuur Organisasies Na die Vryheidoorloë was die eertydse Republieke van die Transvaal en Vrystaat ekonomies en sosiaal verpletter. Die “burned earth” beleid het geweldige ekonomiese implikasies gehad – die mense was bankrot. Daarby was die effek van die konsentrasiekamp sterftes op die populasie grootte ook ingrypend. Die Boere was gedemoraliseer en ekonomies teen die grond. Hulle het nie hulpbronne gehad om die plase weer op te bou nie en kon weens gebrek aan opleiding nie met die Engels talige stedelinge vir werk meeding nie. Hierdie gebeure het die Afrikaners magteloos gehad. Kultuurorganisaies het ontstaan om die Afrikaners ekonomies en sosiaal op te hef. Hiermee is die Afrikaners se politieke aspirasies ook ontkiem. Die Broederbond

Die Afrikaner Broederbond oftewel die Broederbond, het in 1918 as organisasie ontstaan. Die ideaal van die organisasie was om vir die Afrikaner - wat nederlaag, armoede, magteloosheid en vervreemding op politieke en sosiaal-ekonomiese gebied ervaar het, nuwe hoop en visie te gee. As mense sonder enige mag of invloed kon die stigters hulle op geen besondere strukture beroep nie. Hulle het net twee hulbronne tot hulle beskikking gehad:

� die voordele wat Afrikaner selfhelp gehad het, en � die inherente motivering en kwaliteite van die mense wat hulle met die ideaal

vereenselwig. Die selfhelpideaal het gebou op die Helpmekaarbeweging wat gedemonstreer het wat selfhelp in die praktyk kon bereik. Die stigting van Afrikaanse ondernemings soos Nasionale Pers, Santam en Sanlam het ook getoon dat saamstaan werk. Die stigters van die Broederbond moes teen hierdie agtergrond aan die konsep van selfversorging en selfhelp inhoud en struktuur gee. Groepsverhoudinge, ekonomiese opheffing en

35 Breytenbach, Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog, IV, pp395-406. 36 De Westelike Stem, 8.11.1922, p 6. Vergelyk ook D R Forsyth, Dekoratie voor Trouwe Dienst in Krygshistoriese Tydskrif 1(11), 11 Desember 1967, pp 14-18 en P H S van Zyl, Waar en trou, p 129. Die SAWA besit lyste van aanbevelings van persone wat aansoek gedoen het, of namens wie aansoek gedoen is, vir die 'Dekoratie voor Trouwe Dienst.'

80

ontwikkeling was sensitiewe politieke vraagstukke van die dag. Die stigters moes verhoed dat hulle strewe vir opbou en opheffing met politieke kwessies verstrengel raak. Die stigters het ook 'n groot en dramatiese skema in gedagte gehad nie - dit sou slegs 'n bydrae van 'n klein groepie entoesiastiese mense wees, nie die begin van 'n volksbeweging nie. Die politieke worsteling van die Afrikaner om 'n billike aandeel in die landsregering en -ekonomie te bekom, het egter momentum aan die Broederbond gegee. Hierdie beweging is versterk deur die Britse rekonstruksie aktiwiteite in die Transvaal en die Vrystaat en die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog en het die Broederbond ‘n baie magtigde organisasie geword.

Die Voortrekkermonument in Pretoria

Organisasies wat uit die Broederbond se aksies gevorm is sluit in: � Noodhulpliga as teenvoeter vir St John's Ambulance � SABRA as teenvoeter vir die Institute of Race Relations � Afrikaner Handelsinstituut as teenvoeter vir die Chambers of Commerce and

Industry � Die Voortrekkers in plek van die Boys Scouts. Die jare dertig het 'n intense opbloei van betrokkenheid by die Afrikanersaak. Ná die stigting van die FAK het 'n reeks ander organisasies soos die Voortrekkers, die ATKV, die Noodhulpliga, die Reddingsdaadbond, die Afrikaanse Handelsinstituut en nog meer, op eie inisiatief ontstaan. Dit het ook 'n periode ingelei waarin die Afrikaanse boek en toneel 'n bloeitydperk beleef het. 'n Sterk historiese bewustheid is verder deur herdenkingsdae en volksfeeste versterk, wat deur die Voortrekkereeufees (1938), die inwyding van die Voortrekkermonument (1949) en die Van Riebeeckfees (1952) tot hoogtepunte gevoer is. Bertie Brink (b7c5d3e9f2) vervul in hierdie opsig ‘n belangrike rol in die geskeidenis.

Ironies genoeg was dit ook die tydperk van groot politieke verdeeldheid onder Afrikaners. Te midde van hierdie geesdrif aan die een kant en woelinge aan die ander kant het die Broederbond 'n stille bindingsrol gespeel wat 'n bydrae tot die skep van 'n belangrike mate van stabiliteit en toekomsvisie moontlik gemaak het. In die ontplooiing van regeringsbeleid ná 1948 het die Broederbond min inisiatief geneem. Op die Bondsraad van 1952 is die regering se maatreëls gesteun van aparte woongebiede en het die Broederbond sy beginselstandpunt van 1934, dat die logiese

81

konsekwensie eie swart state beteken, herbevestig. Die Broederbond het dit as sy taak gesien om mense te beïnvloed om hierdie logiese konsekwensie te aanvaar. Die verset van swart kant teen die skeidingsbeleid was 'n saak waaraan die Broederbond deurlopend aandag gegee het. Die Broederbond se ideaal dat die skeidingsbeleid tot goeie verhoudinge moes lei, het vereis dat die beleid deur swart aanvaarding legitimiteit moes verkry. Die feit dat dit nie gebeur het nie, is vir baie lank in Broederbond geledere gesien as wanbegrip van die werklike oogmerke van die beleid - as 'n tydelike verskynsel wat sou verdwyn sodra die positiewe ontwikkelings- en moderniseringsaspekte van die beleid in werking tree of beter begryp en waardeer word. Daarom het die Broederbond in sy nadenke voortdurend gesoek na maniere waarop die beleid meer doeltreffend, meer ontwikkelingsvriendelik en meer mensvriendelik gemaak kan word. Daarom het die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (SABRA) in 1948 tot stand gekom om 'n studie van die saak te maak, en onder andere ook die Broederbond van die korrekte inligting oor wat werklik aangaan te voorsien. Die inherente spanning wat later as "die spanning tussen ideaal en werklikheid" bekend sou staan, het inderdaad ook van tyd tot tyd tot spanning en botsing tussen SABRA en die uitvoerende raad van die Broederbond gelei. Die hede en verlede

Twee fases in hierdie spanning het ontstaan vanweë die teenoorstaande aard daarvan. In die jare vyftig is SABRA deur raadslede verwyt dat SABRA 'n te liberale houding inneem. In die jare sewentig en tagtig het raadslede SABRA dit verwyt dat dit 'n te onrealistiese en idealistiese siening van die werklikheid het! Die eerste botsing het daaroor gegaan dat SABRA daarop aangedring het dat die regering se beleid gekritiseer moet word omdat hy nie in die praktyk die ideale van die beleid ten uitvoering bring nie, te veel konsentreer op fisieke skeidingsmaatreëls en te min doen aan

die ontwikkelings- en moderniseringsaspek van die beleid. Die liberale Stellenboschers in SABRA is vervang en die hoofkantoor van die organisasie het van Stellenbosch na Pretoria verskuif. Daarmee het 'n belangrike klemverskuiwing ingetree in SABRA se benadering, wat ook mettertyd in Broederbond-sieninge neerslag gevind het. Namate die regering ná 1950 met die implementering van sy beleid voortgegaan het, het twee denkrigtings binne die Broederbond uitgekristalliseer. Albei groepe het die basiese uitgangspunt van die beleid van afsonderlike ontwikkeling aanvaar, maar die een het die klem op afsonderlikheid en die ander een op ontwikkeling gelê. Dit het ook die kern gevorm van die twee standpunte binne SABRA. Die een groep het die klem gelê op die noodsaaklikheid om krities teenoor die regeringsbeleid te staan en die beleid altyd te toets aan die vraag, óf dit tot vooruitgang en ontwikkeling, menswaardigheid en mede-menslikheid kan bydra. Die ander groep het dit getoets aan die mate waarin skeiding sekuriteit vir 'n blanke land sou skep. Die debatte van die jare vyftig en sestig binne die Broederbond, toon hoe daar geworstel is met die vraag om dié twee keersye van die beleid met mekaar te harmonieer. Albei het 'n sterk idealistiese benadering gevolg, naamlik die oortuiging dat die sosiaal-ekonomiese werklikhede by die ideaal kan aanpas. Verskillende benaderinge binne die Broederbond is tot 1961 in 'n belangrike mate oorheers deur die entoesiasme waarmee vir republiekwording geywer is, en die mate waarin die konsep van selfregerende swart state die hoop geskep het dat die beleid van afsonderlike ontwikkeling betekenisvolle swart steun en legitimiteit sou verwerf. Ná 1961

82

is die aandag meer op hierdie sake toegespits. Dit blyk veral uit die Broederbond se besluit om in 1960 'n spesiale taakgroep oor rasseverhoudinge saam te stel. Deur die werk van hierdie taakgroep sou die Broederbond toenemend van die vraagstukke wat deur die beleid geskep word, bewus word. Die uitgangspunt dat die Afrikaner aan ander rassegroepe gun wat hy vir homself opeis soos reeds in 1934 geformuleer, is beklemtoon. Daarom is dit as die Broederbond se taak gesien om die publiek op te voed om in hulle optrede teenoor ander rassegroepe altyd die hoogste eerbaarheid te handhaaf. Die doel van die wetgewing is nie willekeurige diskriminasie of benadeling nie, maar om te help en te beskerm. In die jare sestig en sewentig het die verskille in Broederbond-geledere oor die toepassing van die beleid toegeneem. Die onafhanklike Transkei, Bophutastwana, Ciskei en Venda het nóg binnelands nóg buitelands steun verwerf. Sommige swart leiers het wel die status van selfregerende state aanvaar, maar wou dit nie tot die logiese konsekwensie van volledige onafhanklikheid deurvoer nie. In 1960 en daarna het swart verset 'n meer gewelddadige karakter aangeneem wat die land se veiligheidsituasie in die gedrang gebring het. Sharpeville, Nyanga (1960), Soweto (1976) en die talle kleiner geweldsdade het die feit onderstreep dat swart verset doeltreffend georganiseer is en groot veiligheidsrisiko’s ingehou het. Die internasionale veroordeling van die Suid-Afrikaanse beleid en die druk vir totale isolasie van Suid-Afrika het toegeneem. Die Soweto-onluste wat onder die vaandel van 'n stryd teen Afrikaans gevoer is, het sterk tot Broederbond-lede gespreek. Die Broederbond het per slot van sake die teenoorgestelde nagestreef: die beleid moes ‘n positiewe gesindheid teenoor Afrikaans skep. Die veiligheidsituasie het die Broederbond nie onaangeraak gelaat nie. Hy het sy lede ingelig oor die omvang van die onrus en oor metodes om 'n bydrae tot die verbetering van die veiligheidsituasie te lewer. Ná 1965 is as gevolg van die kommer oor die veiligheidsituasie, van tyd tot tyd met die Veiligheidsdienste gesprek gevoer en in 1974 was die tema van die Bondsraad Landsveiligheid. Die klem in die Broederbond se benadering het geval op die wen van steun onder die gematigde gekleurdes ten einde 'n gemeenskaplike front teen die verspreiding van rewolusionêre aktiwiteite te vorm. Die skep van goeie gesindhede oor kleurgrense heen het in hierdie strategie 'n belangrike rol gespeel. 'n Teenrewolusionêre strategie is in 1986 geloods waarin alle Broederbondlede opgeroep is om uit te reik na ander gemeenskappe, om sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder en lewensomstandighede daardeur te help verbeter. Onder die druk van praktiese omstandighede, die veiligheidsituasie en sosio-ekonomiese en demografiese werklikhede het die regering begin soek na weë en middele om van rigoristiese skeidingsmaatreëls weg te beweeg. Voorstelle is geformuleer oor snelvervoer tussen die PWV-gebied en die tuislande om die druk van die toevloei na stedelike komplekse te verlig. Luukse geriewe soos groot sportstadions moes eerder in die tuislande as in die stedelike gebiede opgerig word. Geen vorm van politieke seggenskap moes aan swartes in stedelike gebiede verleen word nie. Die konsolidasie van die tuislande moes versnel word en die komitee het hieroor spesifieke gedetailleerde voorstelle ontwikkel. Nywerheidsdesentralisasie moes versnel word om werksgeleenthede in of naby die tuislande te skep om die migrasie na stede te probeer omkeer. Die moontlikheid om politieke beheer oor ’n blanke tuisland te behou, sou bepaal word deur die mate waarin swartes - ook dié in die blanke gebied - betekenisvolle politieke regte in hulle eie state kon uitoefen as alternatief vir politieke regte in die blanke land. As

83

dit nie kon gebeur nie, het die beleid voor 'n morele dilemma te staan gekom, want dan sou die weiering van politieke magsdeling met swartes nie gehandhaaf kon word nie. Hierdie erkenning van 'n potensiële morele dilemma het die Broederbond in 1974 voor 'n belangrike keuse te staan gebring: in die organisasie se strewe om vir die blanke in die algemeen en die Afrikaner in die besonder selfbeskikking te verseker: moes hy sy energie en vermoëns wy aan pogings om die ontwikkeling van die tuislande te versnel in 'n poging om die gestelde doelwit te bereik, óf moes hy aanvaar dat die doelwit nie bereik kon word nie en dat hy aan alternatiewe vorme van magsdeling moes begin dink? Suid-Afrika se groeikoers het sodanig verswak dat daar net nie meer kapitaal vir ontwikkeling beskikbaar was nie. Werkloosheid onder swartes het toegeneem. Snelvervoer sou onbekostigbaar wees. Buitelandse druk en vyandigheid was aan die toeneem. Die vraag na alternatiewe strategieë is met groter dringendheid gestel. ‘n Nuwe Suid-Afrika sou binne ‘n afsienbare tyd volg. Die Reddingsdaadbond Die Reddingsdaadbond is gestig nadat ‘n volkskongres bymekaar geroep is om oor die toekoms van die Afrikaner te besin, en veral oor sy ekonomiese toekoms. Die jaar 1939, so is destyds geoordeel, moes die jaar word van die selfreddende volksdaad, ‘n daad wat ‘n einde moes maak aan die Afrikaner se ekonomiese knegskap in sy eie vaderland. Die gebeure was die vervulling van ‘n ideaal wat ds JD Kestell, die kommando-predikant van generaal De Wet, lank gekoester het. ‘n Volkskongres wat deur meer as 750 mense bygewoon is, het besluit dat … een groot volksorganisasie, Christelik-nasionaal in sy grondslag, tot stand moes kom om die spaarkrag, die koopkrag en die produktiewe vryetydsbesteding van die Afrikaner in eie belang te mobiliseer. ‘n Persoon wat geweldig baie energie hieraan gespandeer het was dr Nico Diederichs, later ‘n Staatspresendent. Die Reddingsdaadbond het toe, onder andere, die volgende doelwitte gehad: � die bevordering van die Afrikaner se ekonomiese selfstandigheid, � die organisering van die Afrikaner se arbeidskrag, � die organisering van die volk se vryetydsbesteding, � die opleiding en voorligting van die Afrikaner op ekonomiese gebied, en so meer. Na vyf jaar het die Reddingsdaadbond by die 400 takke en ongeveer ‘n 70,000 lede gehad. Elkeen het met ‘n beskeie maandelikse ledegeldjie, honderde ekonomiese ondernemings regstreeks en onregstreeks gesteun, versterk of tot stand gebring. Seker die belangrikste uitvloeisel van die Reddingsdaadbond se saambondeling van kragte was die oprigting van Federale Volksbeleggings37 en kort daarna die stigting van die Afrikaanse Handelsinstituut. Uiteindelik het die Reddingsdaadbond in 1957 ontbind omdat geoordeel is dat sy doelwitte bereik is. Die invloed van goud

Teen 1898 was die Witwatersrand al reeds die grootste produsent van goud ter wêreld. Daar was egter probleme aan die kom, en bitter min mense het dit raakgesien. Een rede was was omdat die banke ‘n geweldige liberale en ongeorganiseerde bestuursbenadering

37 Christoph Hendrik Brink (b12c9d5e3f1g1), stigterslid en voorsitter van Federale Volksbeleggings terwyl

Bertie (b7c5d3e9f2) ook ‘n ingeskrewe lid van die Afrikanerbroederbond37 en Reddingsdaadbond en Arend

(b7c5d3e9f2g1) lid van die Afrikanerbroederbond was.

84

gevolg het. Hulle het gierig geraak omdat elke tweede kliënt gelyk het of hy ‘n fortuin gaan maak en het toe geld uitgeleen op grond van ongesonde sekuriteit - gewoonlike sekuriteite in die vorm van aandelesertifikate in ander goudmyn maatskappye. Verder was daar grootskaalse bedrog by die stigting en promosie van goudmynmaatskappye. Aandeelhouers is doelbewus mislei. Een skrywer het min of meer die volgende gesê: every speculator could float a dunghill and call it a mining company. Baie praktyke wat vandag op ons aandelebeurse geheel en al onwettig is, was destyds dood normaal. Jy kon goedsmoeds aandele uitreik op die beurs van jou keuse. Jy kan reusagtige bedrae stigtersaandele uithou, bloot om jouself te vergoed vir jou visie en verbeeldingrykheid. Dit kon jy dan later verkoop en weghardloop met die geld terwyl die res van die aandeelhouers maar self moes sien kom klaar. Aandele is lofryk besing in swierig-geïllustreerde prospektusse, terwyl daar basies omtrent niks was om op die grond te wys nie. Mens het belê op blote beloftes en hoopvolle verwagtings en geld het die land ingestroom soos water. Die kopers was so gierig dat hulle eenvoudig aanhou koop het al was dit duidelik ‘n kopersbedrog. Mense het belê in maatskappye wat geen opbrengste gelewer het nie, en aandelepryse was astronomies oorwaardeer op grond van die blote verwagting dat daar hopelik dalk eendag goud geproduseer sal word. Waarskynlik die grootste fout van almal was dat beleggers twyfelagtige aandele gekoop het met geleende geld. Die banke het ‘n miljoen pond uitgeleen op grond van beleggings wat volgens die Standard Bank, slegs 2 ½% rente op kapitaal gelewer het. Hulle kon sien die situasie was nie volhoubaar nie, maar niemand kon vreeslik baie doen om die komende ramp te probeer keer nie. Teen 1890 was daar al honderde maatskappye bedrywig op die Rand, waarvan omtrent 450 betreklik groot was. Die probleem was net so groot dat dit buite enigiemand se beheer geraak het. Dit het almal teen wil en dank ingesuig soos ‘n reuse maalkolk van dreigende verwoesting. Die hele toestand het uiteindelik tot ‘n skouspelagtige einde gekom toe die diepste goudmyne skielik en sonder waarskuwing deur die boonste rotslae boor en skielik in ‘n tipe rots beland waaruit hulle eenvoudig nie meer goud kon uithaal nie. Hierdie “piritiese erts” het steeds baie goud bevat, maar daar was op daardie stadium nog nie ‘n algemeen-bekende industriële proses waarmee die edelmetaal uit hierdie tipe harde rots gehaal kon word nie. Dit was al wat ‘n baie senuweeagtige en emosionele wêreldmark se spekulante nodig gehad het om al hulle poppe by die venster uit te gooi. Die reaksie was ‘n skouspelagtige vertoning van massa histerie. Die oomblik toe die nuus bekend word het almal gelyk probeer om van hulle aandele ontslae te raak en niemand wou dit natuurlik meer koop nie. Verlam van vrees het weduwees, middelklas beleggers en ryk spekulante in Brittanje, Frankryk, Duitsland en Nederland hulle hande saamgewring in skok en ongeloof toe hulle sien dat hulle spaargeld eenvoudig met een slag feitlik uitgewis was. Dit was ‘n bloedstollende groot ramp vir een en almal. Oornag is daar aangekondig dat die Rand se dae getel was en dat Johannesburg in ‘n spookdorp gaan verander. Spekulante het die banke eenvoudig net so gelos en soos bankrot rotte van ‘n sinkende skip afgespring en laat spat. Die Union Bank se val was die grootste. Figuurlik het die bloed in die finansiële strate van Johannesburg gevloei. Omtrent die helfte van die aandelemakelaars in Johannesburg was onderdeur. Omtrent 169 van hulle is in ‘n enkele dag uitgeskud. Die Johannesburgse aandelemark het waarskynlik meer as 90 persent van sy waarde verloor. Die meeste geldmagnate het fortuine voor hulle oë sien opgaan in die desperate rook van verkopers-paniek. Omtrent 60 of 70 groot maatskappye is onderdeur, terwyl baie ander maar net-net oorleef het. Selfs die beste maatskappye het driekwart van hulle waarde verloor.

85

Minder gesonde maatskappye se aandele het deur die vloer geval en duisende aandele in pakette verkoop vir ‘n miserable 4 sjielings of minder. Barney Barnato alleen, het glo ‘n asembenemende £3 miljoen (party sê slegs £1m) verloor aan aandelewaarde. Dit was miskien nie alles in Randse aandele nie, maar gesien in die lig van die feit dat die Rande aandelebeurs gekapitaliseer was teen £11 miljoen, was dit nogtans bitterlik baie geld. Mens kan aanvaar dat Johannesburg nie sterk genoeg pille gehad het vir sy hoofpyne in 1890 nie, maar nogtans was sy senuwees omtrent die sterkste van almal. In iedere geval toe dit gebeur het, was dit ‘n sensasionele gebeurtenis en daar het sommer hope geraamtes uit die banke se kaste geval. Een bankbestuurder het sommer die hasepad gekies en verdwyn. Oornag het aandeelhouers se duur-gekoopte aandele feitlik waardeloos geword. Die ineenstorting het die hele Suider-Afrika geraak, van Kaapstad tot Durban en regdeur tot by die Zambezi. Selfs die finansiële beurse in London en Parys is geruk. Daar was heelwat Boere wat versigtig in aandele begin belê het, en hulle is bitter swaar getref. Dit kom voor asof daar toe al reeds taamlik baie arm Boere gewoon het in arm-gebiede soos Brickfields, naby die Booysens lokasie, en in die latere Vrededorp. Byna oornag het soveel myne en besighede tot stilstand gekom dat die armblanke vraagstuk miskien hier vir die eerste keer ‘n ware kwessie begin word het. Om alles te kroon was 1890 ‘n katastrofiese droogte-jaar. Op die plase het dit raamspeodig met die Boere gegaan. Hulle vee en gesaaides is daarmee heen, of so swak dat hulle dikwels nie eers die pot aan die kook kon hou deur transportwerk te probeer doen vir die Rand nie. Die prys van kos het die hemel ingeskiet. Na die ekonomiese ineenstorting het ‘n golf van misdaad oor die Rand gespoel. Derduisende mense is in armoede en bittere ellende gedompel. Elke dag het hulle in strepe teruggestap of gery terug Durban of Kaapstad toe, en van daar af oorsee. Later moes hulle geskok en hulpeloos toekyk hoe die aandele wat hulle nie eers vir ‘n dop whiskey kon verruil het nie, vinnig weer hul waarde herwin, en toe oortref. Die rede was omdat die McArthur-Forrest sianied ekstraksieproses in 1891 die Rand bereik het. Dit het die goud-herwinningsprobleem oornag opgelos en ‘n nuwe era van welvaart vir die hele Transvaal aangekondig.

Die Voortrekkerbeweging en die Volkspele Dié beweging is al in die verlede met so bietjie humor as touknopers-en-krappers-in-die-as-van-die-verlede beskryf. Die Voortrekkers is nie-partypolities hoewel die bande met organisasies soos die Broederbond en Rapportryers baie duidelik in die verlede was. Hierdie kultuurbeweging streef om die Afrikaanse kinders en jongmense te leer hoe om in die

praktyk hul Christenskap uit te leef, hul trots te maak op hul taal en kultuur en om hul prakties te leer om dit uit te leef. Voortrekkers word geleer om die geskiedenis te waardeer en respek te hê vir staatsimbole.

Die Voortrekkers bou aan gebalanseerde eietydse Christen-Afrikanerkinders; ontwikkel hulle leierskap; bring hulle in wisselwerking met die nuwe omgewing waarin ons tans leef; bied kampe en avontuur; ontwikkel hulle algemene kennis en lewensvaardighede; gee aan hulle die geleentheid om in 'n span saam te werk én 'n Christen-Afrikanervisie op die geskiedenis.

86

Die Volkspele organisasie op sy beurt poog om liefde vir kultuur en historiese liedere en danse by die jeug te ontwikkel en te behou. Dit is geskoold op die liedere en danse wat die Voortrekkers baie tydens hulle omsweringe gesing en gedans het. 2.10 Eietydse geskiedenis Die politiek

Apartheid het nie 1948 ontstaan nie. Nee die eerste negatiewe rasse aanmerking is lank te vore gemaak. Volgens navorsing deur dr. A.J. Böeseken38 het daar teen die einde van die sewentiende eeu etlike vryswartes tussen die blanke koloniste in die Kaap gewoon - sommiges op erwe in Kaapstad en Stellenbosch, ander op plase. So het Anthony van Angola, ook genoem de Swart Anthony, ‘n plaas naby Stellenbosch besit en Louis van Bengalen die plaas Leef op Hoop in Jan de Jonkershoek. Hierdie vryswartes het slawe besit en knegte in diens geneem, van wie sommiges blank was. Volgens Böeseken was daar teen die einde van die sewentiende eeu waarskynlik nie meer as honderd vryswartes nie. Blykbaar was dié wat van Bengale afkomstig was, die suksesvolste as vryburgers. Van die vryswartes gedurende die agtiende eeu is daar weinig bekend. Getuienis dui daarop dat kleurvooroordeel teen die einde van die agtiende eeu reeds aan die Kaap voorgekom het. Lady Anne Barnard maak in 1798 melding van ‘n jongmeisie, Catharina van den Berg, wat teen die sin van haar vader met ‘n Engelse kaptein wou trou. Jacobus Johannes van den Berg en Elizabeth Kamp was die eerste wat deurgeloop het. Elizabeth was die dogter van Jacob Kamp en Elizabeth Arendse. Hulle het dus verwys na Catharina Elizabeth se ouma Elizabeth Arendse wat 'n slaaf was, en daarom het die gemeenskap haar vermy en haar nie besoek nie. Die Kaapse dames wou haar nie besoek nie she has a dash of the Blew, her mother’s mother having been a slave. Verder: I have much offended two of the quality by asking if they were acquainted with her... Die vraag ontstaan wanneer die bewustheid van anderskleurigheid en die gevoel van sosiale meerderwaardigheid saamgesmelt en tot die ontstaan van Kleurvooroordeel gelei het. Apartheidstekens

Na die ontstaan van kleurbewustheid en die daarvan in die binneland, waar dit deur die kennismaking met die swartman versterk is, vind ons bykans geen bloedvermenging meer tussen die Afrikaanse koloniste en gekleurdes nie. En vandag die jaar 2004, is die ANC besig om weg te beweeg van sy veelgeroemde veelrassige benadering na

toenemende Afrikanisering op alle terreine en alle vlakke van die samelewing. Die reënboognasie wat so tydig en ontydig verkondig word, het eintlik net een beginsel en dit is Afrika meerderheid. Daar is weinig of geen gevoeligheid vir die sentimente en geskiedkundige erfenis van die Blanke in die algemeen nie. Al die belangrike simbole

38 AJ Böeseken, Van Verversingspos tot Volksplanting (Deel 1 van Böeseken, Kruger en Kieser, Drie Eeue)

87

moet alles plek maak vir Afrikasimbole en Afrika-kultuur. Die ongemagtigdes in die ANC het 'n obsessie om alles uit die verlede te vernietig of te verander. Dit is geen nuwe verskynsel nie. Dit is trouens 'n kenmerk van alle regerings wat deur 'n ideologie beheers word. Alles wat die regerende party se bewindsoorname voorafgegaan het, is per definisie sleg en boos en alle sigbare tekens en simbole van die vorige bedeling moet vervang en uitgewis word. Dit sluit in name en benamings van plekke, geboue, strate, damme, lughawens, standbeelde, monumente, ensovoorts in. Net so het die Bolsjewiste ná die Russiese Rewolusie van 1917 haas niks uit die tsaristiese bedeling onaangeraak gelaat nie. Kerke is in museums of openbare vergaderplekke verander, kloosters is gesluit en standbeelde omgeruk. Ná die Hitler-oorname in Duitsland, in 1933, is boeke wat ingevolge die amptelike ideologie as ongewens beskou is, verbrand. Die Iraanse Rewolusie van 1978 het die Iraanse samelewing van bo na onder getransformeer. Waar die Sjah gepoog het om die land binne 'n geslag te moderniseer en 'n eersterangse rolspeler te maak, wou die Moslem-fundamentalistiese regering van die Ayatolla Khomeini, Iran weer streng volgens die voorskrifte van die Koran regeer. Die verandering in Suid-Afrika kan nie presies met enige van die bogenoemde vergelyk word nie. Waar die genoemde rewolusies dikwels ingrypend begin en daarna afgeplat het, het die Suid-Afrikaanse verandering relatief mak en ondramaties begin. Tydens die eerste vyf jaar ná die 1994-verkiesing, het die ANC redelik versigtig beweeg. In 'n poging om 'n goeie beeld na buite met die oog op buitelandse beleggings te skep, is die indruk van geleidelike hervorming eerder as 'n radikale omwenteling geskep. Die fase van transformasie wat nou aanbreek, gaan veel sigbaarder en meer ingrypend wees as wat tot nog toe die geval was. Afrikaans wat waarskynlik uit die regstelsel gaan verdwyn, 'n nuwe Afrika-aangesig vir onder meer die Uniegebou en Paleis van Justisie, is maar die begin. Waar die politieke kragte sedert die Tweede Wêreldoorlog ‘n dominante rol gespeel het in die wyse waarop state gefunksioneer het, het daar sedert 1995 ‘n buite politieke krag na vore gekom, wat naas die politiek begin opereer het - die Inligtingsrevolusie het ‘n wêreld oopgemaak wat aan die politiek vreemd is. Die vraag ontstaan soms seker omwillekeurig oor waarom so baie Suid-Afrikaanse burgers die land na 1994 verlaat het. Daar is seker ‘n lys solank as wat ‘n mens dit wil maak maar hier word bepaald gekyk na motiverings wat meer persoonlik van aard is. Vir die familie wat wel uitgewyk het, was dit ‘n baie rasionele besluit gewees. Dit het nie bepaald gegaan oor politieke veranderings nie maar eerder oor die lewenskwaliteit en die voortsetting daarvan. Ook was daar geen lang debatte gevoer nie maar was die besluit in ‘n betreklike korttyd geneem. Binne ses weke was feitlik al die eiendom verkoop. Eers nadat bepaalde perspektiewe gevorm is, en getoets is teen verwagtings kan uitsprake getoets word. Wat die toekoms betref sal die “buitelanders” seker altyd na Suid-Afrika as geboorteland verlang. Die bosveld met sy unieke geluide, stof en natuurverskynsels sal altyd bly. Wat egter die teenwig is, is die persoonlike vryheid van gees en die afwesigheid van onderlinge ongenaakte Afrika realiteit.

88

2.11 Samevatting

Hierdie agtergrond behoort in gedagte gehou te word wanneer mens sekere tendense en patrone in familiegeskiedenis probeer verklaar. Veral wanneer redes vir armoede of maatskaplike agteruitgang in families gesoek word. Sulke finansiële rampe laat dikwels ‘n rimpel-effek in families wat vir twee of drie geslagte nog ‘n effek toon. Sulke insidente verklaar ook miskien gedeeltelik waarom baie van ons voorvaders so teësinnig om geld in die bank te sit. Na 1890 is daar insidente opgeteken waar Boere in sake-transaksies eenvoudig niks anders as harde goue ponde aanvaar het nie. Mynplase is later vir duisende ponde van Boere gekoop, en die ou omies en tannies het geduldig gesit en berge goud aftel terwyl die kopers niks anders kon doen as om gefrustreerd te sit en wag tot hulle klaar was nie. Ook het die oorloë die voorouers gehard en gebrei en die saad geplant wat later deur ander vertolk sou of kan word as blote arrogansie of dan verknogtheid aan sekere beginsels. Tog ten spyte van wêreld propoganda en vyandige geskiedskrywers, dar die beste van Afrikaneradel ‘n bors van integriteit, warm gasvryheid, respek vir medemens, opregte uitlewing van Christelike oortuigings, waarop kind en nageslagte op trots mag en moet wees.